.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 1051 
Spoedig word baie opgefrommel.

Dinsdag 13 April 2010 07:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
`n Byenes is verlate en eensaam vlieg ʼn hommel. 
Eenkant sit iemand op ʼn drom en trommel. 
Terwyl hy sing: die wêreld gaan dit self opfrommel. 
Luister almal noukeurig na die groot gerommel. 
Daarin word binnekort so baie opgefrommel. 

Verslae sit hierna sovele soos ʼn arme ou drommel. 
Hul ween en sê: kyk alles is omgeskommel. 
Geheel ons omgewing is uitermatig opgefrommel. 
Van ons dorpe en stede bly daar nou net ʼn klomp rommel. 
Ja eenkant sit iemand op ʼn drom en trommel. 
Hy neurie; kyk die wêreld gaan dit self opfrommel.


Openbaring 1052 
Die spreuke van ons tyd. 

Woensdag 14 April 2010 05:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur die spreuke van ons tyd wil niemand leer. 
Die oorsaak van die probleem sal hul kom keer. 
`n Sot wat dink hy is slim kan nooit iets leer.
`n Trotsaard kan ook nooit die hoogmoed beheer. 
`n Trotse koning laat hom deur sy onderdane eer. 
Maar oor die swak in sy ryk voel hy weinig teer.

Wanneer die skoonheidswêreld net effens suggereer. 
Die voorgeskrewe gewig is altyd lig soos `n veer. 
Begin al wat skone domme dame is hul uit te teer. 
In `n mode-dodemars begin geraamtes rondmarsjeer. 
Deur die matriks-sisteem laat die wêreld massabeheer- 
tot in die verste uithoek van die aarde nie wegkeer.

Geld se slagspreuk lui: altyd net nog bietjie meer. 
In vraatsug kan die rykes hul selde beheer of keer. 
Hul wat in kerke glo laat hul moeilik tot God bekeer. 
So word die wít leuen nooit van die Waarheid weggekeer. 
In die eggoklank laat die papegaai sy stem vibreer. 

Afrika het sy vele foute by die Weste loop aanleer. 
`n Enorme gewig in sy volle vaart laat dit nie keer.
Wie is daar wat die volle loop van die tyd kan beheer. 
Pes en plaag is daar om `n onnosele mensdom te kom leer. 
In enorme getalle laat die sprinkaanplaag dit nie beheer. 


Openbaring 1053 
Visioen oor peste en plae.

Woensdag 14 April 2010 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In ʼn geestelike ervaring bevind ek myself in ʼn benouende kloustrofobiese
toestand te midde van ʼn opruiende meestal swart skare. ʼn Sagte Bries
streel oor my wang wat my summier rustig stem. ʼn Stem spreek my aan en
sê: steek uit jou hand en gryp die wind vas en slinger dit na jou vyand.

Ek wil weet- waarom nie eerder die vuur nie- waarop die Stem sê: Die krag
van die wind word altyd onderskat en die vuur word aangeblaas deur die
wind. Daar waar die wind nie waai nie- verswelg van dors elke dier en
mensekind. Werp daarom met gematigde krag nou die wind. 
Onwillekeurig gehoorsaam ek waarop alles voor my gesigsveld verdwyn. 

Die Stem sê: kyk na die wolke- 
waarop ek spikkels soos aasvoëls in die lug sien dryf. 
Weer kom die Stem en sê: dit is die liggame van die wat Sion bedreig- 
gooi dit daarom neer net daar waar jy dit begeer. Verskeie plekke onder andere 
ook die Uniegebou skiet deur my gedagtes maar weer antwoord ek onwillekeurig: 
laat dit val waar dit U behaag. Waarop die Stem antwoord: 
van nou af word die aarde ernstig besoek 
deur elke denkbare kataklisme, pes en plaag.


Openbaring 1054 
Die Boervolk en Sion.

Woensdag 14 April 2010 15:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za  

Judith de Beer
Jy vra My na- en of daar ʼn verskil tussen die Boervolk en Sion is 
en Ek antwoord jou: 
Die Boervolk is saamgestel uit die mees edelste bloedlyne vanuit 
die Saksiese volkere en daarmee saam beskik hulle oor die heel beste
vermoëns, eienskappe asook die talente waartoe Homosapiens instaat is.

Omdat hierdie Boervolk in sekere opsigte hoogmoedig hiervan bewus is,
benodig hul My nie as hul Vader, Losser, Leidsman of Koning nie. 
Sion daarenteen is ʼn klein dogtertjie (groepie) wat hoofsaaklik vanuit 
hierdie Boervolk sowel as vanuit die ander Kaukasiese groepe bestaan. 

Anders as die Afrikaner of meer spesifiek die Boervolk hardloop hierdie
klein 'meisietjie' rond en probeer desperaat met die grootte, die krag en veral 
die Liefde van haar Hemelse Vader te spog. Maar helaas is weinig vanuit die 
groter Boervolk bereid om na haar lofrede te luister. 

Maar Ek sê vir julle:
heilig is die dag wanneer die kleuter haar volle maagdstatus gaan bereik.


Openbaring 1055 
Twee aktuele vrae.

Vrydag 16 April 2010 16:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het opdrag ontvang om die volgende uittreksel vanuit `n brief as vraag
en daarna as antwoord openbaring te plaas.

BRIEF: Ons verhouding met die swartes: Volgens my begrip is hulle nie my
naaste nie en ek lei af dat daar 'n straf oor hulle gaan kom- aangebring
deur hul eie toedoen. My probleem is hoe ek hulle moet behandel. Aan die
een kant is daar diegene onder hulle wat ons volk bitter seer maak en aan
die ander kant is daar van hulle wat sekerlik beter mense is as wat ek
ooit sal kan wees. Wat is my verantwoordelikheid teenoor hulle? My eie
volk is besig om onder te gaan en my eie mening is dat ek my energie moet
gebruik om my eie volksgenote te probeer help, aangesien my volksgenote 
na my mening my naaste is. Die opdrag is tog duidelik, bly apart en rein.
Sluit dit ook in die weerhouding van kontak en/of hulp aan andere?

2. Die Boerevolk se plig. Dit blyk duidelik dat ons, ons erfporsie weggegooi het 
deur ons eie toedoen. Wat van die pad vorentoe? Bly ons biddend op ons knieë 
en wag vir verlossing of is daar 'n plig tot optrede op ons. Ons voorvaders het 
streng volgens die Bybel geleef, maar tog nie net gesit en wag op verlossing nie. 
Hulle het in die naam van ons Vader geveg vir hulle behoud.

ANTWOORD: Oor die ingebore meelewende menslikheid wat `n vanselfsprekende 
onderafdeling van die goddelike Gees is en wat op sy beurt `n interne deel 
uitmaak van die siel, wese en gees van die suiwer Adamitiese bloedlyn 
en wat bykans altyd spontaan reageer op `n prikkel aangebring deur die 
Heilige Gees om in die regte tyd en plek in praktyk oor te gaan, daaroor
hoef julle jul weinig te bekommer, want net soos Ek weet om na My groot
skepping met sy oneindige ordes en wesens- na elkeen se behoefte om te
sien- net so weet My ware opregtes waar, wanneer en ook hoe, om teenoor
ander op te tree.

Wat die vraag betref rondom die natuurlike reaksie ten opsigte van `n volk
of nasie se selfbeskerming en voortbestaan in `n gevaarsituasie, antwoord
Ek julle dat elke lewende organisme, plant, dier sowel as die mens
toegelaat en ook toegerus is om in gevaar na hul Godgegewe selfverdedigings-
meganisme oor te skakel tot hul oorlewing. Maar graag bring Ek weer die
volgende baie belangrike feit tot My geliefdes: vertrou in hierdie tyd volkome 
op My as julle groot Aanvoerder, omdat ook Ek in hierdie tyd deur My oordeel 
tot die stryd teen die bose optree.


Openbaring 1056 
Satan se sweep. 

Saterdag 17 April 2010 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kreunend-steunend swik in die tuig vir oulaas die os.
Gebind in `n wêreldsisteem, wie kom ooit hieruit los. 
Uittartend klap Satan sy sweep vanaf sy pikswart vos. 
Verdrietig kom die weeklaag: wie gaan ons verlos. 
`n Valse leer aan hul verpand- dit het hul siel gekos. 

O Heilig elkeen- betyds vanuit `n valse kerk gedros. 
Die werkingskrag van die Gees was in hulle nie vermors. 
Heilig-heilig elkeen wat desperaat na die Waarheid sou dors.
Dit wat die wêreld bied het hul betyds gelos. 
Kyk heilig-heilig vanuit die hemel kom hul Vors. 
Om self Sy edel oes van hierdie aarde af te kom dors.
Nie `n enkel korrel word van hierdie oes gemors.

O waarom lyk `n hele wêreld hieroor nors. 
Oor `n reine kind wat lê aan Elohim se bors. 
Maar Satan klap sy sweep, ook hy is hier om te dors. 
Van `n wêreld wingerd val daar nou `n oorryp druiwetros. 
In `n bitter vat word daar bloed getrap vanuit die mos. 
Biljoene siele roep: die wêreld het ons, ons siel gekos.

Kreunend-steunend in die tuig swik oulaas die os. 
Sy ewige geestelike vrugbaarheid het dit hom gekos. 
Honend klap Satan se sweep vanaf sy pikswart gruwelvos.


Openbaring 1057 
ʼn Dodelike lot.

Saterdag 17 April 2010 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luidrugtig word gepropageer; binnekort word ’n sokkerbal afgeskop.
In aardse vodde geklee profeteer ’n askeet: hulle moet pasop.
Al hoe dieper sink ʼn verlore wêreld nou in die sop.
Twee aardplate meet kragte en die oppervlak trek op ʼn knop.

Vyf aartsengele bespreek openlik hul taak nou hardop.
Hul murmureer en sê: ons het heeltemal te lank opgekrop.
Die tyd is hier om die planeet nou skoon te kom skrop.
Verlig die druk en ruk vanuit die aarde nog ʼn grondprop.

Uit een mond roep hul luid: wie is daar wat ons kan stop.
Laat daarom los die swart perd van die dood, op volle galop.
Kyk, in haat en nyd trek oral al hoe stywer- die oorlog strop.
ʼn Engel roep: die bewoners van Afrika moet maar pasop.
Hy sê: die lafaard en die hond jag altyd in ʼn wrede trop. 
In baie bloed en pyn, lê vir hul wrede barbaarse genot.

Hy vra: hoe lank gaan vlees en bloed dit op kan krop.
Maar die kaf word van die koring geskei en die getalle moet klop.
Op elke liberale denker val daar nou ʼn baie wrede lot.
In ʼn al hoe nouer kring om die vlam, verbrand die mot.
Hoe ondraaglik die pyn terwyl hulle roep: O, ek was ʼn sot.
Maar ʼn engel antwoord: ook was julle heeltemal verrot.

Slegs tot redding van die verseëldes kom die dood oor die plakkerskrot.
Wit en swart, in die stank van die dood- soveel vlees wat vrot.
Maar luidrugtig word gepropageer; binnekort word ʼn sokkerbal afgeskop.


Openbaring 1058 
God se oordeel kom in groot gerig.

Sondag 18 April 2010 22:50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So word geheel die wêreld nou in elke opsig ontwrig. 
In hul ritme versteur, staan almal nou ontstig. 
Oor die nuusbulletin kom die een na die ander nuusberig. 
Van kataklisme, pes en plaag wat groot skade aanrig. 
Van onlus, opstand en oorlog wat alles kom ontwrig. 

Dit vertel van strome vlugtelinge wat na nêrens heen vlug. 
Van wrede bendes in hul skrikbewind- so uiters berug. 
Van politiek en regerings die heeltyd net `n grote klug.
Van een uithoek tot die volgende kom `n enorme sug. 
Oor die oordeel van God wat kom in groot gerig. 
Terwyl die mensdom steeds aan valse vrede hoopvol wurg. 

Oor die nuusbulletin kom aanhoudend `n nuusberig. 
Oor hael en vuur wat groot skade aan kom rig. 
Almal staan verskrik- buite die ruimte skyn `n enorme lig. 
Bring dit hoop of gaan dit net weer skade aan kom rig.
In `n giftige atmosfeer en water bring Alsem sy plig. 

Maar `n wêreldorde woed voort in hul verlore klug. 
In wêreldeenheid probeer hul-hul teen Elohim oprig. 
Deur die merk van die dier probeer hul om orde te stig. 
In `n Godverlate toestand verlang hul nie meer na God toe terug. 
In haat en nyd wil hul nou die hand teen die heiliges lig. 

Vanuit ongeneeslike bose swere loop vuil etter en sug. 
Ook die nuusbulletin raak oor geheel die wêreld nou ontwrig. 
In die grynslag van die dood word hongersnood na almal uitgelig.
In kannibalisme begin die mense aan mekaar se vlees te wurg. 
Na gate en grotte begin die konings van die aarde te vlug. 
Maar die hand van God hou hulle nou ferm terug. 
Slegs vir die uitverkorenes is daar `n veilige hawe ingerig.


Openbaring 1059 
Vrees nie satan se dreigemente nie.

Dinsdag 20 April 2010 12:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanaf die oerbegin is die val van Satan altyd voor af gegaan deur die feit
dat hy sy eie hand oorspeel het deurdat hy hom verbeel het dat hy groter
as Elohim self is. Neem maar as voorbeeld die baie bekende verhaal van die
oorspronklike blink morester en sy baie groot val. 

Ook tydens My persoonlike bediening op aarde met My vervolging wat die 
mishandeling sou voorafgaan waar Ek stil en weerloos soos `n skaap ter 
slagting na My kruisiging gelei sou word en juis deur hierdie handeling het 
Satan homself maar net weer tot `n val gebring en deur die handeling van 
sy wêreldgesante waar Ek inderdaad op `n fisies mishandelde wyse gekroon 
was as die Koning van alle konings en die Martelaar van alle martelare 
en wat ook die ewige fondament geword het waarop My suiwer leer in die 
vorm van die nuwe stad Jerusalem vir alle ewigheid sou rus. 

So is ook die boustene van hierdie Stad gevorm uit die bloed van latere 
martelare wat in My voetspore sou volg en waardeur My leer juis telkemale 
weer van alle leuens tot volmaakte suiwerheid gelouter is. 

Vrees daarom in hierdie tyd nie wanneer `n wêreld julle openlik deur 
dreigemente met vervolging probeer dreig of manipuleer nie. 
Dit is maar net weer Satan wat in sy onnosele grootheidswaan besig is 
om suiwer martelare te skep wat juis weer tot sy eie val en ondergang gaan lei.


Openbaring 1060 
Die begeerlike Suideland.
Woensdag 21 April 2010 17:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is so baie wat die ryk Suideland diep begeer. 
Sonder skaamte het hulle alles in haar onteer. 
Met dit wat heilig is, gespot en ook die gek geskeer. 
Die wêreld het al sy drek na Jakob uitgekeer. 
Liberaal het hulle die heilige volk kom leer. 

Om skaamteloos met dit wat onrein is te hoereer. 
Om op drogleerstellings hul geloof te baseer. 
Ook as ’n gruwelvolk trots vir Satan uit te passeer. 
So het hul-hul goeie God nie meer waardeer. 
Ja, teenoor hul Skepper voel hulle nie meer teer. 

Vir Satan het hul van die oggend tot die aand geëer. 
In die opvoeding die bose nie meer van die kinders weggekeer. 
As mode gekke het die heilige volk hul nou poleer. 
Soos die heidene hulle ook oral laat tatoeëer. 

Daar is so baie wat die ryk Suideland diep begeer. 
Daarom het hul die heilige volk in swakheid weg laat teer. 
Die kerke het hierdie volk soos Bileam kom leer. 
Om deur verbastering met ander volkere te hoereer. 
So het die Heilige Gees hom van hierdies weg kom keer.
Die grote Elohim laat Hom nie deur onreines onteer. 

Daarom sal die vyand hierdies nou kom teer en veer. 
Tevergeefs roep die kerke in hierdie tyd ‘heer O heer’. 
Nooit is die gemeentes Sy ware Naam geleer. 
Maar luidrugtig roep hul al hoe harder heer O heer. 
Sal U die dood van ons liggame weg kom keer. 

Ja, daar is so baie wat die Suideland diep begeer. 
Die gruwelhuis van Europa het ook sy bes probeer. 
Maar elke gruwel word binnekort op sy dak omgekeer. 
Dit wat liberaal is kry vir ewig nou baie seer. 
Hul selfgeskepte naaste sal hul ʼn bloedige les kom leer. 
Maar oor Sion daar waak God nou baie sag en teer. 

Die Suideland met sy rykdom wat baie so diep begeer. 
Word deur kragtige engele vanuit die hemel beleer. 
As bruidskat word dit vir ewig na Jakob en Sion toegekeer. 


Openbaring 1061 
Die Aarde se smartvolle toestand.

Donderdag 22 April 2010 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit die dieptes van die planeet kom 'n diep gedreun.
Dit is die aarde wat daar so wanhopig kreun.
In haar nood en pyn is daar niks om op te steun.
Ja nêrens 'n kruk of stut waarop sy kan leun.

Ook die maan in haar wentelbaan- eensaam en alleen,
begin oor die toestand van die aarde droewig ween.
Sy roep en sê: jou siektetoestand is ook my probleem.
Deurdat ek my wentelbaan van jou krag ontleen.

Maar vanuit die aarde kom net dieper die gedreun.
Gebore vanuit haar nood kom harder die gesteun.
Vanuit haar diepte skeur sy haar oop, verby grond en veen.
Sy kla en skreeu terwyl sy droewig, bitter ween. 
Sy huil en sê: vir my kinders- nêrens meer die seën.

Verwytend slinger sy na die hemel nou menig baie steen.
Morsig keer dit na haar terug in 'n modderreen.
Venus roep haar toe, jou bewoners is die probleem.
Mars gee raad; raak ontslae van elke een.

Terwyl die aarde in haar pyn net harder kreun.
Haar aardplate noodlottig teen mekaar druk en steun.
Begin die maan al hoe nader aan die aarde leun. 
Die see styg en daal- ook dit raak nou ekstreem.

Vreesaanjaend begin die stormwinde dit uit te ween.
Terwyl die mensdom roep- waar  is dit met ons nou heen.
Roep die natuurkragte- nie een van jul is ons probleem .


Openbaring 1062 
Wanneer slaaf baas word.

Donderdag 22 April 2010 21:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Maak nou eenmaal van ʼn slaaf ʼn baas. 
Spoedig hoor jy vanuit ʼn leë blik ʼn groot geraas. 
Soos elke klaas homself as ʼn koning vooruit haas. 
Elke loonarbeider skreeu – ek soek my eie plaas. 
So verwelk die vrugbaar grond onder die nuwe baas. 

Maak nou eenmaal van ʼn slaaf ʼn baas. 
Staan die denker voor die volgende erg verbaas.
Oor die stommiteit van elke belaglike politieke relaas. 
Oor die ekonomie en landbou na die maan geblaas. 
Terwyl elke sot dink hy is nou net die kaas. 

Maak nou eenmaal van die slaaf ʼn baas. 
Soos die wind kom agteruitgang aangehaas.
Reg en geregtigheid word in die onreg oorgeplaas. 
So word die lewe nou vinnig na die dood verplaas. 
Ja, oor die spreuk van toeka en nou, kan jy jou verbaas. 

Maak nou eenmaal van ʼn slaaf ʼn baas. 
En spoedig hoor jy vanuit 'n leë blik ʼn groot geraas.


Openbaring 1063 
Kinderhoof en oumenshart.

Vrydag 23 April 2010 22:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n vaalgrys toekoms voel alles ellendig goor. 
Vanuit Suid-Afrika styg omhoog `n klaaglied koor. 
In `n gitswart donkernag het `n volk sy God verloor. 
Deur plaas, dorp en stad slinger daar `n bloedspoor. 
Oud en jonk, al hoe meer, word so sinneloos wreed vermoor. 
Kinderhoof en oumenshart- alles word brutaal deurboor. 

Deur `n ja stem het `n meerderheid hul alles verloor. 
Agter die wêreld hardloop die liberalis los heelvoor. 
Ons is een; skreeu hul luidrugtig saam met die wêreld koor. 
Hul was gewaarsku maar hardkoppig wou hulle nie hoor. 
Maar in Mammon se aanbieding het hul hulself verloor. 

Vir die verdrukking het hulle God nie in hul hart gestoor. 
In `n Godverlate toestand is daar vir hul niks meer oor. 
So raak alle infrastrukture binnekort heeltemal ontspoor. 
Terwyl al hoe meer in hul vrees begin verstik en versmoor. 
Hul roep na God en wonder waarom Hy hulle nie wil hoor. 
Hul vergeet, terwille van `n wêreld het hulle Hom verloor.

Dwarsdeur Suid-Afrika slinger afgryslik nou `n bloedspoor. 
Oud en jonk al hoe meer word sinneloos nou wreed vermoor. 
Kinderhoof en oumenshart- alles word nou brutaal deurboor.


Openbaring 1064 
God kyk en God sien.

Saterdag 24 April 2010 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek sien `n volk vir ewig in `n wêreldorde driehoek toegebou. 
Op `n vrymesselaars handdruk het hulle vir `n toekoms vertrou. 
Ek sien `n volk sonder enige spyt of `n bietjie berou. 
Ja, `n volk steeds pronkerig opgetof net soos `n pou. 

Ek sien `n volk in sy groot getalle in die kerkgebou. 
Maar in hul hoop en geloof bly hul so uitermatig lou. 
Ek sien `n volk- deur kerkvaders het hulle links gehou.
In hul val weet hul nie om op My, hul Vader, te vertrou. 

Ek sien `n volk wat hulle self as 'magtige mans' beskou. 
Ja `n 'magtige muis' wat nou bewe voor die kat se klou. 
Ek sien `n volk wat groot agter `n valse profeet aantou. 
Waarom wil die moord en doodslag in hul midde nie ophou. 

Ek sien `n volk so ywerig het hul aan `n eie graf gegrou. 
Terwyl hul wenend oor `n verlore siel en leë toekoms rou. 
Ek sien `n volk in elke opsig het hul uitermatig verbrou. 
Maar hul verwag van God om oor hul te bly staan so getrou. 

Ek sien `n volk so vals met die hande voor My saam gevou. 
Nie in staat om hul foute en sondes so `n bietjie te herkou. 
Ek sien `n volk wat nou bewend onder hul eie vrees invou. 
Wat stert tussen die bene vir veiligheid na ander lande tou. 

Ek sien My oordeel het klaar vir hierdies hul graf gegrou. 
Ewig altyd staan hul teenoor My afsydig en uitermatig lou. 
Ek sien ook `n skaapvel van geloof nou so nederig uitgevou. 
My genade sal Ek ruim oor hierdie klein groepie uit kom dou. 

Ek sien `n kleine kudde wat roep: O God ons het so diep berou.
Wat nederig en klein hul hoof voor my respekvol na benede hou. 
Ek sien ook hoedat Sion haar handjies nou smekend na My uithou. 
En hoedat Ek haar liefdevol-veilig beskermend in My arms toevou.


Openbaring 1065 
Visioen oor onluste.

Saterdagnag 24 April 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n droom visioen beweeg treine oorlaai met onwettige immigrante oor 
die landsgrense. Taxi’s begin oral bymekaar kom terwyl groot groepe mense
saamdrom- erge onluste breek onder Afrika bevolkingsgroepe uit.


Openbaring 1066 
Sewe wesens.

Sondag 25 April 2010 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Sewe wesens tree na vore die hand gelig in heilige groet. 
Hul sê gelyk: Heilig-heilig, ewig altyd is Elohim so goed. 
Hulle blaas op die ramshoring en alles beweeg in volle spoed. 

Die eerste sê: regverdig-regverdig gaan die bose nou moet boet. 
Die tweede sê: kyk in die oordeel kom daar nou baie bloed. 
Die derde sê: Ook die eter raak nou pikswart soos roet. 
Die vierde sê: In aardbewings sal die aarde haar nou uitwoed. 
Die vyfde sê: in die son se gloed gaan ook baie boet. 
Die sesde sê: In die pes lê die grootse begrafnis stoet. 
Die sewende sê: Waar mens kyk- oral daar strek die vloed. 

Sewe wesens tree na vore en die ergste word nou vermoed. 
Met hul gesig verglans roep hul: 
Heilig-heilig, Elohim is ewig-altyd goed.


Openbaring 1067 
Soveel smart en oordeel.

Maandag 26 April 2010 10:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soveel smart en oordeel word nog vir die wêreld gestoor. 
Van vroeg tot laat kom die woorde: het jy gehoor. 
Deur kataklismes raak die wêreldspens nou leeg gestroop. 
Vir oulaas glimlag Mammon breed oor hierdie verloop.
Stadig maar seker gaan die regerings hul greep verloor. 

Van oor geheel die planeet kom `n groot hongerkoor. 
Bykans nêrens word daar meer `n goeie oes gestroop. 
Die Jode poog om wêreldwyd al wat silo is leeg te sloop. 
Terwyl die planeet onder menig kataklisme deurloop. 
Is die superrykes besig om kos te koop en te verkoop. 

So begin die massas mekaar nou in wanhoop wreed vermoor. 
In `n klaaglied kom wêreldwyd globaal `n wanhoopkoor. 
Die mensdom sug; nêrens is daar vir ons bietjie kos te koop. 
Bakhand bedel `n wêreld met sy laaste bietjie hoop. 

Maar in groot kataklismes word daar net meer verloor. 
Daar bly niks meer oor van dit eens in oorvloed gestoor.
So vervaag vir die wêreld nou vinnig die laaste hoop. 
Oor `n tekort in kos word die wêreld nou in bloed gedoop.


Openbaring 1068 
Visioen oor riviermonde.

Maandagnag 26 April 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n visioen sien ek rivier monde van oor die wêreld, ook in Afrika, 
wat in `n verskriklike chaotiese toestand as gevolg van vloede is, 
in Mosambiek sien ek hoedat die Limpopo en die Zambezi 
se rivierloop by veral die mond verander het.

Openbaring 1069
In ʼn tyd soos dié.

Dinsdag 28 April 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n tyd so uiters ongenaakbaar koud en hard. 
Kan jy jou steeds na God toe haas met al jou smart. 
In `n tyd so heeltemal deurmekaar en verward. 
Is daar steeds geleentheid om aan Hom te bied jou hart. 

In `n tyd waar die bose die goeie net uit wil tart. 
Kan jy sê: my hart bly rein en nie pikswart. 
In `n tyd met `n wêreld so totaal koud en baie hard. 
Kan jy sê: by God voel ek veilig- nie verward. 

In `n tyd waar alles verrot tot in elke kwart.
Kan jy steeds sê: ek staan trou vir my God se part. 
Ja in `n tyd waar die bose, God in alles uit wil tart. 
Kan jy bely: aan my Elohim behoort my hele hart. 

In `n tyd met alles so ekstreem, deurmekaar benard.
Kan `n sondaar steeds by God gaan kniel met al sy smart. 


Openbaring 1070 
Satan se wêreldmag landmerke.
Woensdag 28 April 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die sug na globale wêreldmag was die volkere altyd daarmee heen.
In die toring van Babel was die gruwel as `n landmerk so ekstreem. 
So kyk ook eens Nimrod as selfaangestelde god oor die wêreld heen. 
In hierdie blik dink Satan sal hy sy troon bokant God s’n neem. 

In totale verwarring stuur God die volkere toe oor die aarde heen. 
In eie identiteit, taal en kultuur kom vryheid toe vir menigeen. 
Juis deur landsgrense kom vir die volkere toe menig baie seën. 
Met hul bloed beskerm hul die grondgebied deur genade aan hul geleen. 

Deur `n verbond het `n spesifieke volk van God verneem. 
As Jakob staan jy tot voordeel van die aarde as My geliefde een. 
Ewig nooit mag jy deur verbastering jou deur die wêreld op laat neem.
Al moet Ek jou verneder as `n slaaf- van hul koningskap vervreem. 

In jou val sal Ek slegs die edelkoring vanuit jou midde neem. 
Om dit vir `n nuwe aarde te plant tot ewige seën. 
Ja, in die sug na wêreldmag is dit altyd vir die aarde daarmee heen. 
So kyk as `n mensgemaakte god- Obama oor ʼn eenwêreld bevolking heen. 

In wêreldorde-sokkerstaduims is die gruwel landmerke weer ekstreem. 
Ja, Jakob se grondgebied is weereens slu van hom afgeneem. 
In totale verwoesting stuur God nasies en volkere nou oor die afgrond heen. 
Ewig te laat vir hul om oor verlore grondgebiede te ween.
Slegs die uitverkorenes word tot seën vir die nuwe aarde aangeneem.

 

Openbaring 1071 
Ewig te laat.

Donderdag 29 April 2010 23:55
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In hierdie tyd geniet Satan homself so terdeë. 
In `n sondekleed staan `n hele wêreld geklee. 
Oneindig in getal staan hul wyd soos die seë. 
Nie een vanuit hul geledere voel voor God verleë. 

Na elke satans aanbieding rek hul die treë. 
Ja, oor die eindelose breë sondige wêreld weë- 
daar dans hul met oorgawe soos bose feë. 
Terwyl hul-hul kosbare siel aan Satan oorgee.
Verdof hul oë en die lig word ewig daaruit gevee. 

Vir die aangebode hand van God, sê die wêreld nee. 
Triomfantlik hou hul die leuen omhoog as hul trofee. 
In `n wêreld drukgang stamp en stoot hul soos redelose vee. 
So het die wêreld nou finaal die pad na die afgrond betree. 
Ewig te laat kan hul nooit weer omdraai in hul wee. 

So kom vanuit Hades in galgehumor nou bose poësieë. 
Oor Satan wat laggend `n wêreldval geniet tog so terdeë. 
Ja, oor `n wêreld wat oor God voel nie meer verleë. 
Maar wat uitdagend die ingang na die hel betree. 

Ewig te laat lê daar vir hul in die dieptes niks geleë.
Niemand luister na die weeklaag of die noodlottige skree. 
Steeds stamp en stoot soveel op die breë weë. 
Na `n leë toekoms vir ewig in die dood geleë.


Openbaring 1072 
ʼn Fakkel vanuit die kosmos.
 
Vrydag 30 April 2010 16:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So word die Liefdevolle hand van God weggestamp. 
Die groot gruwel kom tevoorskyn in swael, vuur en damp. 
Dit is Satan met `n sokkerbal in die hoogste wêreld-amp. 

Maar vanuit die hemelruim kom `n fakkel wat brand. 
Met sy stert trek hy om die aarde `n nare klamp. 
Ja, vanuit die kosmos skyn binnekort `n eienaardige lamp. 

Op land en see kom dit as bitter alsem land.
Voor die voet word alles nou met gif verbrand. 
Nêrens baat die wêreld nou by die menslike verstand. 

Die mensdom staan verskrik voor `n uitwissings ramp. 
In hul vrees roep hul nou na God openlik blatant. 
Maar in antwoord kom: jul het jul siel aan Satan verpand. 
Slegs na Sion hou God nou uit Sy goeie hand.


Openbaring 1073 
Ja! Waarheen?

Saterdag 02 April 2010 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarheen sal `n volk in sy nood heen verhuis. 
Terwyl `n nasie mekaar met woorde verguis. 
Ook broers hatig teenoor mekaar lig- hulle vuis. 
Terwyl die haat so vurig deur hul are bruis. 
Selfs oor die Woord van God wil hul swaarde kruis. 

Waarheen sal `n volk in sy nood heen verhuis. 
Terwyl die oordeel neerkom in `n enorme vuis. 
In hierdie tyd sal dapper manne bewe soos `n muis. 
Verlate staan daar nou oral menig baie leë huis. 
Eensaam sal die wind deur verlate strate suis.

Waarheen sal `n volk in sy nood heen verhuis. 
In `n tyd waar so baie vergeet van die kruis. 
Hul gesluit is vir hul naaste soos `n kluis. 
Geen liefde vir ander meer in hul harte bruis
Terwyl die een die ander toesnou as `n lae luis. 

Waarheen sal `n volk in sy nood heen verhuis. 
Tot hul voortbestaan is nêrens meer `n maagd rein en kuis. 
Terwyl die leuen teen die suiwer Waarheid indruis. 
Die volk mekaar in haat net wil stenig en vergruis. 
Ja, in `n tyd waar niemand meer neerbuig by die kruis.


Openbaring 1074 
ʼn Engelse openbaring.

Maandag 3 Mei 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In the riddle of the simple rhyme. 
Who is the master and who the clown. 

In the riddle of the clever rhyme. 
Who shall survive and who shall drown. 

In the middle of the little rhyme. 
Somewhere along the road falls the crown.

In the riddle of the stupid rhyme. 
Ironically loud- there laugh Gordon Brown. 

In the riddle of the clever rhyme. 
Who is smart and who is the swine. 

In the riddle of the little rhyme. 
Fall somebody out of a world order line. 

In the riddle of a simple rhyme. 
Become the blood now red as wine. 

In the riddle of the clever rhyme. 
In blue blood there lay the major swine. 

In the middle of the Masic rhyme. 
Too late for the Queen now to frown. 

In the riddle of the traitors rhyme. 
See how the stars come finally into line. 

In the riddle of the perfect rhyme. 
What was good and what was crime. 

In the riddle of the simple rhyme. 
To the top all of them want to climb. 

Yes in the middle of an age old rhyme. 
There in the weak point lays Gordon Brown.

In the riddle of a simple rhyme.
On land and sea is England quick to drown.


Openbaring 1075 
Zimbabwe se vloek.

Maandag 3 Mei 2010 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Koper is `n edelmetaal wat deur yster en bloed tot groen kan roes. 
In die skoonheid van `n paradys word daar altyd `n slang vermoed. 
So lê in die grondgebied van Zimbabwe menig traan en baie bloed. 
Verlangend was `n reënwoudkoningin se oë na koperarmbande se gloed. 
So verlaat sy en haar volkie die woude met hope durf en moed. 

In die ruïnes van Zimbabwe- in sy voorkoms- nou so verlate woes. 
Was eens `n dwerg-koningin met haar hare so effens wild en kroes. 
In nat myngate het klein pigmeë die eerste TB in bloed uitgehoes. 
Na jare van net duisternis, het hul verskrik van sonlig weggekoes.

In `n koper-wêreldhonger het die Arabiere hul as slawe kom verwoes. 
Onder geselhoue hoor hul aanmekaar net die wrede woorde: julle moes.
So het die San vir hul lewe tot die verste punt van Afrika weggekoes. 
Om krappe en krewe tot hul oorlewing vanaf strand en see te kon oes.

Terug na die reënwoude besluit hul om liewer in die woestyn te vertoef.
Verdrietig raak die Bosman se gesig beplooid in die Boesman s’n stroef.
Hul vervloek die koper- ook alles en almal wat in Zimbabwe sou vertoef.
In die eeue wat sou kom het menigeen deur TB die lewe in bloed uitgehoes.

Hul vervloek die land en ook elke volk wat sporadies in haar sou vertoef.
Hul vervloek al haar bewoners om hul altyd in oorlog uit te wil woed.
So vervloek hulle die inwoners om as slawe onder wrede konings te boet.
So lê in die aarde van Zimbabwe menig bitter traan en baie-baie bloed.
So word hierdie vervloekte land weer binnekort vir baie bloed opgeskroef.


Openbaring 1076 
Tussen lig en duisternis.

Dinsdagnag 4 Mei 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
So gaan eens `n tweelingbroer saam oor die aarde hul gang.
Daar is min wat die opregte liefde vir mekaar kan vervang.
Ja, elkeen in sy eie wêreld van hoop en keuse vasgevang.

Na dit wat die materie bied is die een se drome en drang.
Maar saggies en dwingend kom die ander se geestes sang.
Heerlik vertel dit van `n liefde wat vurig na God verlang.

Standvastig staan hierdie broer voor die dood nie bang. 
Hy vermaan sy broer: moet jou siel nie deur Satan laat vang.
Moet nie terwille van materie oor die ewige afgrond hang. 

Maar sy wêreldbroer lag hom toe en gaan vrolik sy gang.
Terwyl hy mildelik die materie vanuit Satanshand ontvang.
Hy lag en sê: ek reik na die sterre deur `n wêreldrang. 

Hy lok sy broer en toon aan hom Mammon se goue gang.
Terwyl hy terg oor ouvrou-bangmaakstories van die slang.
So gaan `n tweelingbroer saam oor die aarde hul gang.
Met bykans niks wat die liefde vir mekaar kan vervang.

Na die ewige lewe en wat God bied is die een se drang.
In die hart van die ander seil die dood in die vorm van `n slang.
So kom die swaard van skeiding onverwags neer in volle dwang.

Tussen lig en duisternis mag die liefde nie aanmekaar bly hang.
So kom die dood om die wêreldling vir ewig in sy kloue vas te vang.
Terwyl in `n heimweelied die een broer na die ander verlang.

Al wat oorbly van die broederliefde is `n traan op elk se wang.
Maar sag oor die aarde kom steeds die dwingende geestes sang.
Heerlik vertel dit van `n liefde wat altyd na God sal verlang.


Openbaring 1077 
Deurmekaar weersomstandighede.

Woensdag 4 Mei 2010 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek hoedat saadjies skielik in die middel van die winter
begin ontkiem – waarna tamatieplante oral begin opskiet net om direk
hierna van die koue te vrek. Net hierna verskyn daar groen lote en
blaartjies aan winter wingerdstokke wat met sneeu oortrek is – dieselfde
gebeur weer en die groen lote met hul piepklein druiwetrossies verbrand 
van die koue. 

`n Stem sê: alles in die natuur raak nou deurmekaar as gevolg van die 
klimaat- en weersomstandighede.


Openbaring 1078 
Soos ʼn dief in die nag.

Donderdag 6 Mei 2010 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Stem wat roep: wanneer word die heilige volk nou opgewek. 
Die antwoord kom: kyk die heiliges is al klaar vir God gemerk. 

ʼn Stem wil weet: wat gebeur nou met die gemeentes in die kerk. 
Die antwoord kom: Kyk, oor alles kom die een of ander tyd `n perk. 

ʼn Stem wat roep: het die Linkses ook ʼn plan wat vir hulle werk. 
Die antwoord kom: dit moet hulle maar gaan vra aan 'ou de Klerk'. 

ʼn Stem wil weet: wanneer moet die volk regmaak om te kan vertrek. 
Die antwoord kom: wanneer hulle sien die wêreld raak kens en berserk. 

ʼn Stem wat roep: hoe ver gaan God se genade werklik oor almal strek. 
Die antwoord kom: wyd oor die aarde om gemaklik oor Sion te kan trek. 

ʼn Stem wil weet: weet Sion waar in die wildernis is haar veilige plek. 
Die antwoord kom: gelei deur die Gees sal sy reguit daarheen trek. 

ʼn Stem wat roep: gaan Satan haar in haar weë stop, keer of beperk. 
Die antwoord kom: hy gaan probeer maar sit daardeur in sy eie drek. 

ʼn Stem wil weet: wanneer kom die dier nou nader met sy handelsmerk. 
Die antwoord kom: wanneer Mammon vir ewig stil gaan lê- dood gevrek. 

ʼn Stem wat roep: hoe lank gaan die tyd dit self nog stadig uitrek. 
Die antwoord kom: Kyk onverwags soos ʼn dief in die nag- daar kom EK.


Openbaring 1079 
ʼn Onverwagse sterfte.

Donderdag 6 Mei 2010 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In `n gesig sien ek hoe sterf `n Suid-Afrikaanse minister 
skielik en onverwags.


Openbaring 1080 
Dinge loop skeef.

Vrydag 7 Mei 2010 02:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n visioen begin alles skielik skeefloop. 
Ongekende koue weerstoestande breek onverwags uit en die 
elektriese toevoer kan nie voorbly in die verbruikers aanvraag nie. 
Oral raak ook die vervoer sisteme chaoties en baie mense staan 
gestrand terwyl bykans alle infrastrukture met rasse skrede agteruit gaan.

Openbaring 1081 
Luister; daar word wreed gefluister.

Vrydag 7 Mei 2010 04:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister, word gefluister, van iewers kom ʼn wrede grom. 
Soos wat rook vanuit die neusgate van ʼn draak uitkom. 
So gaan die rook vanuit vulkane oor die aarde oopblom. 
In doodsverskrikking gaan menigtes magteloos saamdrom.
Terwyl daar miljoene wêreldwyd baie wreed om gaan kom. 

ʼn Wêreld roep paniekerig-verward-verskrik: O’ God waarom! 
Met hul rug teen die muur en ʼn wêreld so wreed rondom. 
Is My volk so genadeloos vertrap en verkrag- ja daarom. 
Luister nou tot jou val, O' wêreld, na die oordeel se wrede grom. 
Vanuit Afrika sal Ek alles vertrap tot by die Jodedom. 

Oor Europa sal My oordeelsarm gaan en alles sal omkom. 
Ook die Ooste gaan nie verstaan- hul dink mos God is dom. 
Oor Asië sal Ek gaan om almal met vernietiging te verstom.
Onder My oordeelshand word Amerika oornag stok oud en krom. 

Maar Afrika sal Ek die seerste met my oordeel kom verstom. 
Kain-Kus, wat het jy gedink om as ʼn baas oor Set te wou kom. 
Waarom beplan jy om My kinders in tronke om te laat kom. 
Slu het die Weste in verleiding as die slang na jou gekom.

Luister, ja luister nou na My wrede oordeel se laaste grom. 
Net soos die rook wat vanuit ʼn draak se neusgate uitkom. 
So gaan die rook van jou vernietiging vir ewig uitblom. 
Kind van Kus, laat vibreer vir oulaas oor Afrika jou drom. 
In die dag van jou vernietiging sal jy goed weet waarom.


Openbaring 1082 
ʼn Nuttelose offer op mankoliekige altaar.

Vrydag 7 Mei 2010 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn gesig sien ek ʼn berg wat toe is onder swart dreigende onweerswolke
en ek vra daarna – waarop ʼn Stem hardop sê: Ek wil dit so hê. 

Hierna verskyn ʼn klein mankoliekige-vierkantige altaar waarop ʼn man 
vanuit die volk patetiese pienk vleisies probeer braai. 
Weer praat die Stem en sê: al wat Ek vra is dat hierdie volk My waaragtig moet eer. 
Skielik sien ek oral Wendy opslaan huisies met slegte wrede honde wat daar 
rondstaan -waarop ek probeer om hulle te verdryf, maar hul verskyn telkemale 
net weer op ʼn ander plek.


Openbaring 1083 
Elohim self – die Woord.

Saterdag 8 Mei 2010 06:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is so baie wat wil weet en ander wat wil beweer dat alles rakende die
Woord van God ewig klaar volledig saamgevat in die Bybel is en dat niks
hiervan weggeneem of bygevoeg mag word nie. 

In hierdie Bybel wat begin met die woorde – in die begin het God die hemel 
en die aarde geskape – maar later staan daar ook geskryf dat Ek julle reeds 
voor die grondlegging van die aarde by die naam geken het en weer op ʼn
ander plek dat hierdie hemel en aarde sal verbygaan terwyl hierdie woord 
ewig sal bly voortbestaan.

Graag sal Ek daarom wil weet of die mens My vir die ewighede wat voor lê
gaan beperk, tot en met op die laaste woord wat in die Bybel geskryf staan. 

Ja, daar staan geskryf Ek is die Alfa en die Omega die Begin en die Einde -
hoe is dit moontlik om dit wat ewig Was - Is - en sal Wees – in geskiedkundige 
en soms nie eers baie geloofwaardige inligting van verskillende boekrolle 
en bundels wat die Bybel uitmaak, saam te vat en daarna te beweer dat dit 
die totale woord van die ewig lewende Skepper Elohim is. 

Kom ons neem ʼn klein voorbeeld rakende die geloofwaardigheid van 
hierdie 'heilige' woord. Soos almal behoort te weet is alle lewe op hierdie 
planeet afhanklik vir die ontkieming sowel as groei en voortbestaan van sonlig, 
ja, in die totale afwesigheid van die son met sy gepaardgaande sonlig is 
veral plantlewe sonder sonlig volgens die Goddelike orde bykans heeltemal 
onmoontlik, maar in julle Bybel staan daar alreeds op die heel eerste bladsy 
geskryf dat die aarde -en let wel- dit kwansuis met God se wil, wat daarom 
direk teen Sy eie orde sou indruis, grasspruite en plante wat saad gee, 
sowel as bome wat vrugte dra, voortgebring het en dit nog voordat God 
die son aan die uitspansel van die hemel sou plaas.

Dit sê voorwaar nie baie vir die geloofwaardigheid van ʼn Bybel wat volgens 
die kerkleerstellings die enigste lewende ware woord van God is nie. 

Maar Ek sê vir julle reg vanaf die begin tot aan die einde van hierdie boek, 
soos saamgestel onder die outoriteit van Konstantyn, dit deurspek is van 
verskillende teenstrydighede wat heeltemal indruis teen die Waarheid 
en Ordes van Elohim self. 

Daarom sê Ek vir julle dat die enigste suiwer Waarheid die Woord self is 
wat vanaf Elohim uitgaan en wat so ewig soos Elohim self is en reeds lank 
voor hierdie relatiewe klein sonnestelsel tesame met sy planete bestaan het 
en waarvan julle baie klein nietige planeet maar net een is en wat nadat dit 
weer lankal vergaan het sal die Lewende Woord van Elohim steeds soos 
ʼn ewige vars fontein altyd weer in nuwe Goddelike Woord ontspring 
en dit is wat werklik bedoel word met ek sien ʼn nuwe Hemel en ʼn nuwe 
Aarde kom wat vry van alle leuens is en op hierdie nuwe ryk sal die nuwe 
Jerusalem vanaf Elohim op die nuwe aarde neerdaal – wat niks anders as 
die ewige lewende Woord van Elohim self is nie.


Openbaring 1084 
ʼn Vliegtuigwrak.

Maandagnag 10 Mei 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig identifiseer ek tussen wrakstukke die stert van ʼn vliegtuig
met die Suid-Afrikaanse vlag daarop.


Openbaring 1085 
ʼn Mensdom so oneindig wreed. 

Dinsdag 11 Mei 2010 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In ʼn wêreld met ʼn mensdom- so oneindig wreed. 
Waar haat en nyd alles net wil stukkend breek. 
In ʼn wêreld met Satan se bitter gif deurweek.
Waar die Waarheid en liefde van God ontbreek. 
Is nêrens meer te vind 'n skoon en rein streek. 
Daarom kom die oordeel nou alles stukkend breek.

ʼn Wêreld staan voor God geoordeel net ʼn leek. 
Tevergeefs die tong van haat wat om genade smeek. 
In díe dag staan die onrein van gees baie bleek.
Ontbloot staan baie met hul gruwels nou deurweek. 
Dit is net hul eie sondes wat nou die hel ontsteek. 
Ewig het Hades-kettings hul vir die afgrond beet. 

Hoe graag wil baie nou hul eie bose motief ontleed.
Waarom hulself die oorsaak is- dit wil hulle weet. 
Maar aan elke woord en daad word hulle nou gemeet. 
Duister en vuil vou ewig om hulle ʼn pikswart kleed. 
Vanuit Hades kom smekend ʼn angs- skrikwekkende kreet.
Van soveel siele wat nou tevergeefs om genade smeek. 

Laat elkeen nou die volgende Waarheid duidelik weet. 
Om die voete te weerhou wat loop na die sondestreek. 
Die tong in toom te hou wat net wil stukkend breek. 
Om nie hul hande gretig na al die sondes uit te steek. 
Ja, om hul nooit op die onskuldige bloed te wil wreek. 
Nooit die heilige Gees bedroef- moet hul verseker weet. 

In Hades en dood wag daar eensaam ʼn Godverlate streek.
Waar God se warm sagte Liefde vir ewig gaan ontbreek.


Openbaring 1086 
So raak die tyd nou uitgeloop.

Woensdag 12 Mei 2010 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel sing: kyk, so raak die tyd nou uitgeloop. 
Hoeveel water het nie verniet in die see geloop. 
So word die mensdom binnekort van als gestroop.
Daar bly niks meer oor waarop hulle kan hoop. 
Geld raak waardeloos en niemand kan meer koop. 
Binnekort staan soveel koskaste leeg gestroop.

Die engel sing: kyk als word nou in bloed gedoop. 
Verniet is vir verligting op ʼn sokkerbal gehoop. 
Obama gaan ook nie die finansiële val kan ontknoop. 
Tevergeefs soveel siele aan ʼn wêreldorde uitverkoop. 
ʼn Uitgediende koningin word ook nou uitverkoop. 
Wie gaan globaal die oes in groot onluste kan stroop. 

ʼn Engel sing: kyk, so raak die tyd toe nou uitgeloop.
Terwyl boosaardiges geweldadig na regerings hardloop. 
Om te eis wat was so oordadig- kleurig aan hul beloof. 
Klaend vra hul, waarom het ons-ons so verniet afgesloof. 
Kyk in die stembus het ons ruim belê in al ons geloof.
So is ons van ons hede en ook ʼn toekoms wreed beroof. 
Groot ellende en smart ruim gebring oor hul eie hoof. 
Ja, daar was geen tyd om God opreg te dien en te loof. 

ʼn Engel sing: kyk alles word nou wreed in bloed gedoop.
In ʼn materiële wêreld is alles nou so ellendig goor. 
Weet die mens hulle is nou besig om alles te verloor. 
Hulle weet vir ʼn leë toekoms is daar niks gestoor. 
So word alle infrastrukture ook binnekort ontspoor.
Verslae weet die mens- daar is vir hul niks meer oor.


Openbaring 1087 
ʼn Vermaning.

Donderdagnag 13 Mei 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Ek hoor ʼn slag en daarna ʼn Stem wat sê: dit is die aarde wat binnekort
op ʼn swak plek in haar dieptes gaan ingee. 

Ek vra ‘waar’ en kry ʼn kortaf antwoord: wat help dit om jou te sê; jy laat 
jou aandag aftrek deur aanslae van Satan en let daarom nie op nie en 
gee ook nie getrou weer nie- soos in die vorige gesig van die vliegongeluk 
en jy die vlag op die stert verkeerd geïnterpreteer het. 

Direk hierna kry ek ʼn vinnige flits van nog ʼn vliegongeluk wat in die nabye 
toekoms wag.


Openbaring 1088 
ʼn Wêreld wou mos loom.

Vrydag 14 Mei 2010 07:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Tussen slaap en wakker het te veel te lank geloom. 
Tussen wik en weeg te lank oor materie gedroom. 
Vir ʼn oomblik geskrik wanneer kataklismes hul kom toon. 
In hul oomblik van vrees- God gevra om hul te verskoon. 
Om Hom net die volgende oomblik in alles te verloën. 

Tussen koud en lou is daar nou te lank geloom. 
Op en wakker is daar deurentyd van materie gedroom. 
In spog en vertoon het so baie hulself as satan gekloon. 
Die nederiges van hart is spottend deur hul gehoon. 

Ja, in ʼn tussen-toestand wou ʼn wêreld mos loom. 
Die kerk het verkondig God gaan hul mos in alles verskoon. 
Deur hul industrieë bou die mens vir hulself ʼn goddelike troon. 
Daardeur beskadig hul geheel die aarde se osoon. 
ʼn Eenwêreldorde breinspoel almal in ‘n eendenke stroom. 
Almal word verbruikers wat in ʼn gekkeparadys woon.
In hul blinde toestand word hul deur illusie beloon. 

Tussen slaap en wakker het te veel te lank geloom. 
Met elke oordeel vra hul vinnig aan God om hul te verskoon. 
Die mens dink kataklismes kom in ʼn vasgestelde patroon. 
Daarom volg hul satan en die materie sonder skroom. 

Die engele sug en besluit die mens is beslis ʼn moroon. 
Hul vra aan God om ʼn verrotte wêreld nie langer te verskoon. 
Hul sê: gee aan elke een volgens hul dade en werke hul loon. 
Kom vestig op ʼn nuwe aarde U nuwe stad en troon. 
Sodat dit wat heilig is in Geestelike voorspoed hier kan woon.


Openbaring 1089 
Materie en intelligensie.

Saterdag 15 Mei 2010 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Materie, of dit nou vanuit die minerale, plant- of diereryk afkomstig is,
is bloot organiese illusie wat onstaan om maksimaal te kan ontwikkel,
waarna dit stelselmatig deur die een of ander vorm van verwering
disintegreer tot waar dit weer in die niet verdwyn. 

Maar intelligensie beskik oor die vermoë om inligting te kan absorbeer,
dit daarna vergelyk om dit te kan erken aan dieselfde of soortgelyke 
inligting wat reeds aanwesig in die verstand is en waar dit na die 
gebruik daarvan weer netjies geliasseer word in die geheuebank 
tot aanvulling en toevoeging van die bestaande data en waardeur 
die betrokke intelligensie-energieveld deurentyd verbreed word. 

Die mens beskik daarom oor die vermoë om alles te kan erken wat 
reeds teenwoordig is in die databank van sy verstandelike vermoëns. 
Presies dieselfde geld in die geestelike realm waar die wese slegs dit 
kan erken en identifiseer wat reeds teenwoordig in sy sfeer is.

Daarom is elke unieke menslike identiteit niks anders as geestelike 
intelligensie wat funksioneer in ʼn materiële liggaam waar dit deur middel 
van verskillende emosies ʼn innerlike wêreld skep wat rus op ʼn unieke
persoonlikheids kern, wat op sy beurt weer beheer word deur afkeure 
sowel as voorkeure, ja, deur die liefde of haat en vanuit hierdie innerlike 
wêreld projekteer die mens dit wat hy in homself huisves weer deur sy
materiële liggaam na buite. 

Maak daarom baie seker dat julle tydens hierdie kortstondige materiële 
bestaan vir julle self oorgenoeg geestelike skatte vir jul ewige bestaan 
versamel en waak vurig daarteen om nie reeds tydens julle aardse bestaan 
vir jul self die werklikheid van ʼn hel in julle binnekamers skep nie.


Openbaring 1090 
ʼn Pragtige sterrehemellaan.

Maandag 17 Mei 2010 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So kom in die hemelruim nou groot tekens te staan. 
In ʼn reguit lyn vorm vele sterre ʼn hemellaan. 
Twaalf sterretekens sal as konings daaroor gaan. 
Heelvoor gaan statig die leeu as Juda so vernaam. 
In ʼn sirkel kom dit as Benjamin in die kreef saam. 

In ʼn sonsverduistering verberg die son haar skaam. 
Hieroor voel die aarde nou emosioneel erg betraan. 
Daarom laat sy nou haar skadu oor die maan ook gaan. 
Terwyl sy fluister: dit is om die rou beter te verstaan. 

Wie op hierdie aarde gaan hierdie skouspel kan verstaan. 
Terwyl ʼn mislukte tydvak besig is om tragies te vergaan.
Sodat ʼn vars rein nuwe skepping hier vanuit kan ontstaan. 

Terwyl die sewe susters dimensioneel nou nader kom staan. 
Die Suiderkruis dit self verander in ʼn vierkantige raam. 
Kom daar in die hemelruim nou groot wondertekens staan. 

Ja, op ʼn reguit lyn van ʼn pragtige sterrehemellaan. 
Kom glansend suiwer die Goddelike Bruidegom vinnig aan. 
Om langs Sy bruid Sion op die kleine aarde te kom staan. 

Hieroor voel die planeet aarde emosioneel nou erg betraan. 
In ʼn sonsverduistering verberg die son haar gesig skaam. 
Voordat sy haar strale jubelend oor ʼn nuwe aarde laat gaan.


Openbaring 1091 
Chaos in Europa.

Maandag 17 Mei 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen verskyn twee paar hande wat iets deur tekens 
aan mekaardemonstreer waarna hul in bondgenootskap met mekaar 
hande skud. Skielik hoor ek in ʼn nuusbulletin hoedat sekere banke 
inmekaar begin stort. Chaos begin op verskeie plekke in Europa 
uitbreek en ʼn aggressiewe skare begin voor Buckingham paleis 
bymekaar te kom. 

ʼn Stem roep uit: Van London sal minder oorbly as in 1666. 
Binne die paleis heers vrees en die koningin se onderdane 
probeer haar inderhaas deur ʼn valse deur en tonnel na 
veiligheid neem.


Openbaring 1092 
Chaos in die reënboognasie.
Woensdag 19 Mei 2010 23:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl hiënas onheilspellend lag en die wildehond grom. 
Kom oor die veld die klank van die vuvuzela en die drom. 
Oral is bande wat brand en rook wat pikswart uitblom. 
Voor die mag van die duisternis staan baie stil -verstom. 
So kom die dood, stil-geruisloos in valse vrede vermom. 

Kyk die vyand staan slaggereed, gewapen reeds reg rondom. 
Daar is so min wat hierdie bloedige slagting gaan ontkom. 
Die sterkmanne staan in hierdie dag heeltemal oud en krom. 
Die vele slimmes nou heeltemal stil; so onverstaanbaar dom. 
Die liberales vra bleek-verward en verskrik: O God waarom. 
Slegs oor die kleur van hul vel gaan daar nou baie omkom. 

Vanuit die buitewêreld kom die fluitgeluid van menig bom. 
In ʼn reënboognasie gaan derduisende menigtes wreed omkom. 
Waarom staan daar so baie oor hierdie verloop nou verstom. 
Suid-Afrika was die gewildste trofee en dit is die slotsom. 

Blaas daarom jou basuin O Sion sodat jou Verlosser kan kom.
Onder Sy beskerming sal Sy geliefde bruid ewig nie omkom. 
Kyk, heilige engele staan beskermend om haar, ja, reg rondom. 
In hierdie dag sal daar vanuit die verseëldes nie een omkom.


Openbaring 1093 
Waaraan meet ons…

Donderdag 20 Mei 2010 00:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Angstig wil menig soeker nou so graag weet. 
Waaraan word die doel van die lewe gemeet. 
Daar is soveel wat wanhopig vra en smeek. 
Terwyl hul die hande biddend na God uitsteek. 

In hierdie tyd staan soveel gemeentes bleek.
So min luister nog na die eentonige gepreek. 
Hul bely; in die geloof het ons dit nie breed. 
Derduisende staan verwese in hul sieleleed. 

Baie voel geknel onder ʼn wêreldsondekleed. 
Baie is selfs bereid om te sweer onder eed. 
Dat hul met die wêreld en hul sonde wil breek. 
Daar is soveel sondaars wat desperaat wil weet. 
Aan watter standaard word die ewigheid gemeet. 

Die Bybel word van voor tot agter deurgelees. 
Ander roep hulself na Elohim en die hemel hees. 
Maar steeds voel die menigtes so alleen en wees. 
Terwyl die geestelike onkunde hul siel verteer. 
Probeer die massas om deur rituele, God te eer. 
Net om te vind hulle het net mooi niks bygeleer. 

Daar is soveel verwarde siele wat nou wil beweer. 
Hulle is seker Elohim het hul die rug toegekeer. 
Ja, voorwaar bly die menigtes in onkunde ʼn leek. 
Terwyl hul-hul woedend op valse leraars wil wreek. 

Tot vervelens is daar eentonig aan hulle geleer. 
Om die lewende brood mildelik onder mekaar te breek. 
Daarom het hul soos papegaaie bybelverse aangeleer.
Maar nooit is die vlam van liefde in hul aangesteek. 

Met die taal van engel en mens is dikwels gespreek. 
Maar die naasteliefde en deernis het oral ontbreek. 
Met lippetaal het hul God in groot vertoon geëer. 
Maar die leuen is selde met die Waarheid besweer. 

Met siter en simbaal is luid uitgeroep: Heer O Heer. 
Maar op volksgenote sien hul met minagting neer.
Maar angstig wil soveel soekers nou so graag weet. 
Waaraan word die doel van die kosbare lewe gemeet.


Openbaring 1094
ʼn Lied van verlange.
Vrydag 21 Mei 2010 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die lied van ʼn siel wat biddend verlang. 
Wat vra na die ewig nimmer rustende drang. 
Wat kla: O’ God ons is moeg van die dwang. 
Smag om vergifnis uit God se hand te ontvang. 
Vra na vryheid ewig nooit beperk in sy gang. 

Die lied van ʼn gees wat so hoopvol verlang. 
Wat triomfantlik uitroep: vir niks is ek bang. 
Kyk, selfs nie die dood kan my ewig ooit vang.
ʼn Ewige lewe het ek uit God se hand ontvang. 
Hy roep my ongeag hoe groot of klein is my rang. 

Die lied van ʼn wese wat so smagtend verlang. 
Wat roep na sy EL – met ʼn traan op elke wang. 
Wat sê: geen plaasvervanger om liefde te vervang. 
Hoe groot die genade wat ek uit SY hand ontvang. 
Daarom sal ek Hom loof met my nederige sang. 

Die lied van ʼn mens wat so kinderlik verlang. 
Koppig sê: aan Sy kleed se soom sal ek bly hang. 
Wat vertel: al maak die duiwel my ook hoe bang. 
Deur sy influistering laat ek my nie weer vang. 
Slegs na my Vader bly ewig-altyd nou my drang. 

Die siel van ʼn sondaar wat biddend bly verlang. 
Wat smag om vergifnis uit God se hand te ontvang. 
Om Ewig die leuen met suiwer Waarheid te vervang. 
Wat vra: om die haat met suiwer liefde te vervang. 
Ja, wat smag na vryheid ewig onbeperk in sy gang.


Openbaring 1095 
Na jou eie keuse.

Saterdag 22Mei 2010 17:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ hoe aanloklik was die wêreld nie in sy manifestasie. 
Ook aan die heilige volk word gebied ʼn wye variasie. 
Ontevrede bekyk ʼn eens voorspoedige volk hul situasie. 
Hul sê: in verskeidenheid ontbreek keuse en spesifikasie. 
Daarom blameer hul die sanksies uitgereik in proklamasie.

Hul mor en sê: ons het oorgenoeg van die wêreldisolasie. 
Hul kwel hul nie oor ʼn toekoms met moontlike komplikasies. 
Nog minder oor die voortbestaan van die volgende generasies. 
Onderdanig gaan kruip hul nou by die wêreldse organisasies. 

Van regs na links swaai nou ook hul kerke in die katkisasie. 
Hul verander van kleur deur verbastering en grusame mutasie.
Afgodery word nou geakkommodeer in ʼn baie breër geloofspasie. 
Daarom kom vanuit die hemel nou ʼn skrikwekkende proklamasie. 

Die Gees onttrek en laat hierdie volk in ʼn Godverlate situasie. 
Om hulle span nou stywer die strop van groot oordeels-vibrasie. 
Waarom verlang hulle nou skielik na hul Elohim in hul isolasie. 
Ja, hulle roep so benoud na Hom in hulle vrees en konsternasie. 

Maar as antwoord kry hulle: vanwaar kom jy so skielik Gehasi. 
Vir God had jy mos geen plek in jou lewe sowel as geloofspasie.
Na jou eie keuse kom daar oor jou nou ʼn baie nare komplikasie. 
Deur die banvloek staan hulself nou as voorbeeld-demonstrasie. 

Die Saksiese volkere staan in afgryse oor die kleursituasie. 
Te laat besef die liberalis die groot gevaar van die dierasie. 
Slegs die uitverkore verseëldes staan nou onder veilige isolasie.


Openbaring 1096 
Terwille van Sion.

Saterdag 22 Mei 2010 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn kombinasie van vlees en gees met ʼn Goddelike opdrag om in ʼn missie
te volbring, sit eens vasgevang in ʼn tydgleuf ʼn aartsengel, as ʼn profeet, 
by die spruitjie Krit. Deur sy El se Woord het Elia droogte oor ʼn groot streek 
gebring wat in hongersnood wyd oor die land sou uitkring, maar in opdrag 
van God het kraaie vir hom brood en vleis gebring. So word daar ook deur 
Sion nie net voordeel maar ook oordeel na die volkere gebring, 
maar in haar eie nood sal Elohim altyd vir haar uitkoms bring.

Na ʼn tyd raak die water van Krit tot versorging van Elia ook te min, 
ja selfs die Jordaan raak as ʼn stroompie nou baie dun, daarom word 
Elia na ʼn weduwee in Sarfat gebring en haar meel en olie was voorwaar 
tot hul oorlewing nie te gering. Maar die dood het haar huisie wreed binne 
gedring en so is haar geliefde seun toe na Hades weggebring, maar deur 
Elia se gebed is hy weer na haar arms teruggebring. 
Weet daarom O Sion al sou Satan jou siel wou ombring, sal jou El dit ewig 
altyd na die ewige lewe terug bring.

ʼn Geruime tyd daarna het hierdie profeet deur Obadja, koning Agab na hom
laat bring. Op die berg Karmel om Elia en die profete van Baäl het die kinders 
van Israel mekaar verdring, so is daar twee bulle en brandhout vir hul tot offers 
nader gebring. Soos besetenes het die profete van Baäl tevergeefs rondgespring, 
maar Elia het met twaalf klippe ʼn altaar tot stand gebring – ook is ʼn sloot met water 
daarom aangebring en selfs die offergawe is met water deurdring, waarop ʼn vuur 
van Elohim geheel die offer sowel as altaar, klip, stof en water in verdamping na die 
hemel sou bring. Weet daarom O Sion, ewig altyd word jy as ʼn kosbare offer 
voor die aangesig van jou Elohim gebring.

Met ʼn Goddelike opdrag om ʼn missie te volbring sit ʼn engel weer in ʼn kombinasie 
van vlees en gees vasgevang in ʼn tydgleuf, om in ʼn vertrapte land tussen God se kinders te kan wees. Terwille van Sion sal daar deur Elohim se Woord spoedig 
globaal oral chaos wees. Maar in opdrag van God sal daar in hierdie tyd ʼn 
veilige plek van bewaring vir Sy Sion wees.


Openbaring 1097 
In antwoord op Godslastering.

Sondag 23 Mei 2010 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In antwoord op die 'geestelike' byeenkoms op die lughawe 
en waar die seën daaroor, sowel as oor die sokker, in gebed afgevra is – 
antwoord Ek, dat die lugvaart wêreldwyd van nou af in ʼn bedenklike 
toestand sal wees en so ook die infrastrukture van Suid-Afrika.


Openbaring 1098 
Haas julle vinnig.
Maandag 24 Mei 2010 10:15 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vrolik kom menige pelgrim deur die lewe aangestap. 
Dikwels word die hakke pronkerig teen mekaar gekap. 
Eufories voel hulle hulself in die bestaan so knap. 
Terwyl hul al die pret en plesier uit die lewe tap. 
Word die lippe soos ʼn fynproewer opmekaar gesmak. 

So begeer elkeen oor sy hoof net die heel beste dak. 
Kieskeurig word hulle rakke met lekkernye volgepak. 
In die gemaksone voel hul so gerieflik-behaaglik mak. 
Die gegoedes geniet voorwaar hulle duur sagte gemak. 
Die son sien hulle moeilik oor mekaar se hoofde sak. 

Oor die armes is geheel hul wese baie koud en strak. 
Minagtend word ʼn aalmoes voor hul gesigte neergeplak. 
Met hulle tong gee hulle ander maklik geniepsig pak. 
Terwyl hulle net die heel beste na hul self toe hak.
Beskou hulle die minderbevoorregtes as ʼn vuile brak. 

Haastig word daar so vinnig na hul feeste aangestap. 
Hulle weet hoe om die genot tot die uiterste te tap. 
Daarom vergryp baie hul ook aan seks, drank en twak. 
In keurige kos-snoeperye word daar so smaaklik gehap. 
Baie van hul ken nie die smaak van water en koue pap. 
Nog nooit is hulle klere eers eenkeer gestop of gelap. 

Ja die lewe het hulle selde of ooit geniepsig geklap.
Maar hulle is so vinnig daar om die armes te vertrap. 
So kom daar menig pelgrim deur hulle lewe aangestap. 
Oor al hulle suksesse voel hulle so uitermatig knap. 

Tot op ʼn dag wat hulle die goeie lewe moet ontsnap. 
Nou moet hul vind in die doderyk is hul die lae lak. 
Hierdie kant is hulle klere in vodde aanmekaar gelap. 
Deur hulle eie tekortkominge is hul self nou die Brak. 
Deur hul gebrek aan liefde word hul nou wreed vertrap. 

In Hades is almal se gesigte so verslae, koud en strak. 
Onder wrede geselhoue is hulle hier almal nou tot grap. 
Hoe graag wil hul deur goeie werke nie die hel ontsnap. 
Maar ewig is die hel se poorte in hul gesigte toegeklap.

Dink daaraan wanneer julle so sorgvry deur die lewe stap. 
Om ander nie wild links en regs met harde woorde te klap. 
Noem ook nooit ʼn minderbevoorregte ʼn swakkeling of grap. 
Gedra jou daarom in die barmhartigheid so vlytig en knap. 

Druk jou hand vir God se armes behoorlik diep in jou sak.
Ja haas julle vinnig en gaan help die swak menslike wrak.
Plaas ook oorgenoeg spys en drank op die weduwee se rak. 
Weet daarom die dag wanneer jou son vir oulaas gaan sak. 
Gaan jy as ʼn ywerige pelgrim jou Skepper tegemoet stap.


Openbaring 1099
Die geestelike groei.

Maandag 24 Mei 2010 16:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die mens se geestelike groei moet van so ʼn aard wees 
dat hy eerstens slegs homself aan die wysheidsgraad 
van sy eie ontwikkeling moet meet en daarom nie skroom 
om homself verder krities te ontleed, om sodoende ʼn eerlike 
opinie oor homself te kan vorm en juis daardeur meer kragtig- 
tot groter volwassenheid- in sy swakkere geestelike eienskappe 
kan groei. 

Maar wanneer die mens bewus raak van sy eie fenomenale 
en kragtige geestelike ontwikkeling het dit beslis tyd geword 
om kragtig in die nederigheid te groei om sodoende die 'eie ek' 
daardeur te verswak- totdat hy in homself ʼn eerlike en gesonde 
balans kan bespeur. 

Ja, dit is uiters belangrik vir die mens om te weet dat sy sterkste 
eienskap en krag, meer as dikwels, juis in sy swakste nederige 
eienskap skuil.


Openbaring 1100 
Die dood se grynslag.
Dinsdagnag 25 Mei 2010 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In hongersnood is dit die dood wat daar spot. 
Hy grynslag in ʼn kopbeen oor die mens se lot. 
Die markplein is leeg- nêrens is daar meer kos.
Blindelings is gevlug na die velde en die bos. 
In spog woonbuurte staan daar nou baie leë krot. 
Die laaste reste word versteek in gate en grot.

Oor ʼn ander se nood reageer die mens nou nors. 
Bot word gesê: met my krummels word nie gemors. 
Nêrens word produkte meer verkoop by die gros.
Alles word geslag vanaf die bul tot by die os. 
Die neus word nie opgetrek vir vleis van ʼn vos. 
Niks word vermors en die vel word weer ʼn karos.

Die weer is snaaks- aan die wingerd is geen tros. 
Die parskuip is leeg- nêrens meer ʼn bietjie mos. 
Die infrastrukture staan en almal verlang na pos. 
Ja- hul wonder oor hulle verlore geliefdes se lot. 
In pes, plaag en die dood- kraai koning die rot. 
Oral hang die walglike stank van alles wat vrot. 

Wreed smee bendes teen mekaar nou die wrede lot. 
In kannibalisme gryp hul mekaar nou aan die strot. 
In materiële vraatsug was die mens voorwaar ʼn sot. 
Slegs hier en daar onthou iemand nog van hulle God. 
Hul roep na Hom en sê: kyk net hoe leeg is ons pot. 
Kyk in hongersnood is dit die dood wat met ons spot. 
In ʼn kopbeen grynslag hy wreed oor die mens se lot.