.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1101 
ʼn Brandende plakkerskamp.

Woensdag oggend 26 Mei 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Ek ruik die reuk van brand en sien op ʼn distansie in ʼn rooi gloed iets
soos eienaardige klomp blokkies wat brand. Skielik vergroot die gesig en
nou sien ek dat dit ʼn plakkerskamp is wat buite beheer brand.


Openbaring 1102 
ʼn Skaal gaan val.
Donderdag 27 Mei 2010 15:45 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk- ʼn Skaal wat val. 
Op ʼn gruwelike dal. 
Verdowend is die knal.
In chaos roep almal. 
Oral is net diefstal. 

Ja, ʼn skaal wat val.
Iemand skop ʼn bal. 
Bitter bars die gal. 
In ʼn Nasie se val. 
ʼn Regering gooi wal. 

Met ʼn skaal wat val. 
Op ʼn gruwel uitgestal. 
So raak almal nou mal. 
Roof en diefstal veral. 
Maar almal skop ʼn bal. 

Met ʼn skaal wat val.
Verdowend kom die knal. 
Soveel lyke lê uitgestal. 
Verskriklik in hul getal.


Openbaring 1103 
ʼn Eensaam donkere nag. 
Donderdagnag 27 Mei 2010

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn skrikwekkende eensaam donkere nag. 
Word ʼn klein volkie nou wreed verkrag. 
Terwyl hul vyand uitbundig oor hul lag. 
Is daar niemand wat luister na hul klag. 

In ʼn skrikwekkende eensaam donkere nag. 
Word ʼn heiligdom vertrap onder satansmag.
Lam lê hulle verslaan- sonder enige krag.
In geweeklaag kom hulle noodroep so sag. 

In ʼn skrikwekkende eensaam donker nag. 
Rus swaar op hierdie vertraptes die drag. 
So begin die Boer te knak onder die vrag. 
So roep hierdie volk dringend maar sag.

In ʼn skrikwekkende eensaam donkere nag. 
Roep hulle: op ons Elohim sal ons bly wag. 
Terwyl ons so verlang na die hemel se prag. 
Waar ons saam hemelleerskares gaan lag. 

In ʼn skrikwekkende eensaam donkere nag.
Word die Boervolk nou minagtend betrag. 
Geen teenkanting word van hulle verwag. 
Ja, terwyl hulle in hulle nood versmag. 
Spottend word hul deur ʼn wêreld uitgelag. 

In ʼn skrikwekkende eensaam donker nag. 
Kom oordeel oor hul vyand in God se krag. 
Hierdie omwenteling het niemand verwag.
In die weeklaag van God se oordeelsdag. 
Kom alles tot stilstand onder God se Krag.


Openbaring 1104 
Hoe lank nog?
Vrydag 28 Mei 2010 09:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn tydvak so onverstaanbaar goor en guur. 
Met die skrif lankal geskryf teen die muur. 
Die eerste slag geslaan van die laaste uur. 
Roep baie; hoe lank moet ons dit nog verduur. 

Soos ʼn straatvrou wat haar liggaam uitverhuur. 
Word gemeentes deur die groot hoer uitgestuur. 
Al gaan ʼn vuil, onrein wêreld nou deur die vuur. 
Ewig nooit weer tot genesing- vir hulle ʼn kuur. 

Desperaat roep die volkere onseker so oorstuur. 
Alles was so uiters onverantwoordelik bestuur. 
Met geld so waardeloos en alles nou tog so duur. 
Geen geleentheid om ons arbeid uit te kan verhuur. 
Is dit onmoontlik om tot oorlewing deur te skuur. 

Ja in ʼn tyd so uiters ondenkbaar uitermatig guur. 
Begin God se kinders nou angstig na die hemel tuur. 
Hul roep: O God wanneer kom nou U oorwinnings uur. 
Ons kan hierdie lyding net nie meer langer verduur. 

Ook die engele roep: dit kan nie langer so voortduur. 
Kyk die room is klaar afgeskei maar die res is suur.
Dit is tyd vir Babilon om haar eie gruwels te verduur. 
Stuur haar tot vernietiging nou deur die oordeelsvuur.


Openbaring 1105 
Probleme vanuit die Ooste.

Vrydag 28 Mei 2010 24:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen staan ʼn klomp Indiërs en ander Oosterlinge saamgedrom
in ʼn groot winkel. Totaal verskrik staar almal na ʼn plek in die winkel
waar ʼn enorme slang sonder ophou vanuit ʼn gat peul – daar word aan hulle
verduidelik om te kalmeer omdat sy kop platgeslaan is – waarop een van
hulle antwoord: wanneer ʼn probleem van die Ooste oënskynlik opgelos is
peul ʼn ander een net tien keer erger weer uit.


Openbaring 1106 
Salomo se gruwels.

Sondag 30 Mei 2010 21:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer      (Twee tye)
Vir soveel duisende jare word Salomo deur soveel duisende geslagte as die
eerlikste onder die eerlikes sowel as die wysste onder al die wyses -
geprys, geloof en geëer. Ja hy word veral onthou oor die indrukwekkende
struktuur wat hy as Godshuis en tempel vir die enige Elohim van hemel en
aarde laat bou het. 

Dieselfde Salomo wat sonder enige gewetenswroeging die wet verbreek het 
wat lui: Jy mag vir jou geen ander gode voor My aangesig bring nie en jy mag 
vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel 
of onder op die aarde is nie en nooit mag jy jou voor hulle neerbuig en hulle 
dien nie. 

Ja, een en dieselfde Salomo wat so ywerig ʼn tempel vir sy El laat oprig het- 
het met dieselfde ywer vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, ʼn pragtige 
hoogte op die oostelike berg naas Jerusalem laat oprig en so het hy ook 
dieselfde vir Molog die drek-verfoeisel van Ammon laat doen. Ja, agter Astarte- 
die godin van die Sidoniërs, sowel as agter Milkom, die gruwel van die Ammoniete, 
het hy ywerig gegaan. 

Maar deur al die eeue bly Salomo die rolmodel waarop vele wêreldmoondhede – 
insluitende die huidige wêreldorde met daaronder die wêreldwye oorkoepelende 
Vrymesselaarsorde se strukture gebaseer is en wat onder die outoriteit van die 
koningshuise en regerings geslagte lank reeds poog om onder die sogenaamde 
wêreldwye hereniging van die "Jode" die verwoeste tempel van Salomo te 
herkonstruktueer om dit weer die lig te laat sien, maar wat inderwaarheid niks
anders is as 'kitsverbruikersbeskawings' wat op die minerale sowel as die 
industriële pilare van Boas rus ten koste van die vryheid van die mensdom 
en wat hulle ook meestal suksesvol ten koste van die Waarheid deur ʼn 
walglike baster-Bileams leer, wat alle afgodery onder sy vlerk akkommodeer, 
ten uitvoer bring. 

Maar so het die dag naby gekom waar Ek hierdie verfoeilike 'koningskap' met 
geweld van hierdie drogstrukture gaan afskeur om dit tot verdoemenis in die 
ewige afgrond te werp.


Openbaring 1107 
Die heilige waters.

Maandag 31 Mei 2010 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek ontvang ʼn droomvisioen en onthou duidelik dat ek dieselfde gesig meer
as twee en ʼn halfjaar gelede ontvang het maar nie neergeskryf het nie. 
In hierdie gesig woon ek in ʼn baie klein woninkie oorkant ʼn groot goed
ingerigte hoewe waar baie armes en gekneldes vanuit die Boervolk
geakkommodeer word en terwyl ek diep ingedagte na hierdie rehabilitasie
oord' kyk word ʼn man van die perseel weggejaag.

Omdat ek jammer vir hom voel gaan ek na my kombuisie en vat ʼn papiersak 
met ʼn vars gesonde bruinbrood om dit vir hom te gee – maar word by die 
netjiese hoewe deur die hoof van die rehabilitasiesentrum voorgekeer wat 
op sy beurt ʼn handvol aartappelskyfies in die kardoes gooi met die opdrag: 
gee dit ook aan hom. 

Hierdie opdrag stuit my teen die bors maar die man is besig om oor die 
horison te verdwyn daarom hardloop ek agter hom aan, skielik het ek die 
vermoë om soos die wind te hardloop en met elke tree vlieg ek letterlik 
honderde treë deur die lug – waarop ek die man ook vinnig inhaal. 

By hom aangekom draai hy skielik en onverwags om en ek kyk vas in die 
dooie koue oë van die vals profeet waarop ek verskrik omdraai en 
terug hardloop soos wat ek gekom het en terwyl ek oor my skouer kyk 
sien ek hoedat hy twee demone in die vorm van enorme swart eunugmans 
agter my aan stuur- wat my egter min pla omdat ek so goed kan hardloop. 

Na ʼn ruk verlaat ek sonder enige rede die pad en begin deur ʼn bos met 
pragtige bome hardloop na waar ek wye waters gewaar. Die oomblik 
waarop ek die enkeldiep water betree is daar skielik ʼn baba dogtertjie in 
my arms waarby ek weer omkyk en sien dat die demone nou gevaarlik 
naby gekom het waarop ek desperaat dieper in die water probeer beweeg 
sodat dit diep genoeg is en ek na ʼn pragtige sterk stroom wat ek in nou die 
middel van hierdie waters gewaar kan swem, wat ek bo alle twyfel weet my 
en die kind na veiligheid sal neem. 

Op hierdie stadium is die babameisietjie so oneindig swaar dat dit vir my 
onmoontlik voel om net tot by my knieë in die water te beweeg, waarop 
ek desperaat begin bid en vra om net tot by my heupe in die rivier te kan 
kom sodat ek kan afsak en dryf om die baba bo te kan hou. 

Net voordat hierdie droomgesig vervaag hoor ek ʼn Stem wat sê: 
lees Esegiël 47, ja, gaan lees oor die heilige waters.


Openbaring 1108 
Voorbereidings en bedrywighede.
Dinsdag 1 Junie 2010 12:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek baie treine en trokke in rangeerwerwe bymekaar gebring
vir die een of ander groot operasie – net daarna sien ek dieselfde
bedrywighede maar hierdie keer is dit groot vrag- en passasiers vliegtuie op
verskillende lughawens wat ook besig is met voorbereidings.


Openbaring 1109 
ʼn Meteoriet.

Dinsdag 1 Junie 2010 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn enorme eienaardige voorwerp wat soos steenkool 
met lae metale tussen in lyk – ek kan dit nie identifiseer nie en wil weet 
wat dit is – waarop ʼn Stem antwoord: dit is ʼn meteoriet met ʼn ongelooflike
digtheid.


Openbaring 1110 
ʼn Onheilspellende gesig.

Woensdag 2 Junie 2010 00:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Ek skrik wakker en word bewus van ʼn bloedrooi gloed wat ʼn skerp kontras-
agtergrond vorm vir ʼn dimensionele gesig. 

Op die voorgrond is uitgestrekte grasvelde met daaragter bosse en woude 
en weer daaragter die wolkekrabbers van stede wat uitsteek met voor die 
rooi agtergrond ʼn enorme pikswart rookpilaar wat na die hemel opstyg 
terwyl ʼn bloedige son besig is om oor die horison te verskyn. 

Alles in hierdie gesig lyk neerdrukkend, gevaarlik en uiters onheilspellend.


Openbaring 1111
Paddastoel profete.

Donderdag 3 Junie 2010 11:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos giftige paddastoele wat nou oral opspring. 
Staan vals profete spottend in ʼn internet kring. 
Om hulle aan alles wat leef en beef op te dring. 
Om 'direkte' boodskappe van God nader te bring. 
Sodat almal hulle as heiliges lof toe kan sing. 

Die vals profete is in getal voorwaar nie gering.
Geen salwing van die Gees is oor hul hoof gebring. 
Graag spog hulle met die getal van hul bekeerling. 
Maar hulself was nog nooit ʼn Geestelike leerling. 
Direkte boodskappe van God dit wil hul naderbring. 
Onder Gods’ outoriteit hul eie agenda na vore bring. 

Die hemel sug al oor hierdie tipe van valse lering. 
Orals veroorsaak dit net verwarring asook skeuring.
Een na die ander word hul vele leuens nader gebring. 
Waarvan niks daarvan tot enige waarheid ontspring. 

Maar die ware profeet word erken in die verstoteling. 
Geen heilige stralekrans word na hulle hoof gebring. 
Vinnig word klippe nader gebring tot hul steniging. 
In ʼn nederige profiel skuil hul as ʼn verstekeling. 

Vir die wêreld is hulle klein, agterlik en gering.
Daarom is hulle dikwels onbeskof in hulle houding.
Dikwels staan hulle verstote buite die liefdeskring. 
Terwyl baie hulle so graag om die lewe wil bring. 

Geen media wat die ware profeet na vore gaan bring. 
Maar Waarheid is altyd in die Woord wat hulle bring. 
Weet daarom dat wanneer die valses hul weer opdring. 
Dat die Gees van Onderskeid jou sal stig tot lering.


Openbaring 1112 
Pelotonne en eskadronne.

Donderdag 3 Junie 2010 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Net voordat ek aan die slaap raak sien ek in ʼn visioen ʼn peloton 
manskappe netjies in gelid marsjeer – skielik verskyn daar meer 
van hierdie groepe – elkeen verteenwoordig ʼn land. Afrika se 
peloton staan soos ʼn seeroog uit. Hulle marsjeer in stokou 
uniforms met ou harde safarihoede en op ʼn paar na wat gewere 
dra paradeer die res van Afrika se troepe net met stokke. 
Hierdie pelotonne smelt inmekaar en vorm groot eskadronne.


Openbaring 1113 
Die tweegesig eienskap.

Vrydag 4 Junie 2010 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elke staat, struktuur, volk en land het die 'tweegesig eienskap' met hul
dubbelagendas vervolmaak en daarom beskik hul oor die vermoë om hul
toegeneetheid of aggressie willekeurig onder die politieke woordjie
protokol' rond te swaai. 

Maar Ek sê vir julle vanuit hulle almal het Suid-Afrika hierdie kuns so 
bemeester, dat die uitdrukking tweegesig baie eerder in hul geval, 
na 'vele gesigte' verander behoort te word, soos wat hierdies poog 
om in een asem nie net allemans vriend maar terselfdertyd ook 
allemans vyand te wees nie. 

Dit gaan dan ook die groot oorsaak wees, waarom Suid-Afrika, 
midde van die toekomende chaos gaan wees.


Openbaring 1114 
Ontwikkeling in eenheid.

Sondag 6 Junie 2010 12:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Alles in ʼn liggaam staan in afhanklikheid teenoor mekaar om indiwidueel
maar opsioneel tot voordeel van mekaar te opereer. Ja, saamgebind as ʼn
eenheid is dit onmoontlik om as verskillende lede heeltemal onafhanklik
van mekaar te funksioneer en daarom is elke onderskeie lid in sy orde
professioneel so toegerus om in sy spesifieke funksie tot voordeel van die
hele liggaam te funksioneer. 

So is die voete deur middel van die bene nodig om die liggaam van die een 
punt tot ʼn volgende te dra – sodat die arms op hul beurt uitgesteek kan word 
om deur middel van die hande ʼn taak tot funksie vir die liggaam te hanteer. 
So is ook die oë as lamp en wegwyser vir die liggaam daar en die neus weer 
op sy beurt om deur verskillende reuke te kan onderskei en die smaakkliere 
is weer tot genot vir die hele liggaam daar. 

Ja die lede in al sy dele is afhanklik van mekaar om as eenheid saam te kan 
funksioneer en so is elkeen se funksie en doel deur My self bepaal sodat al 
die verskillende dele van die liggaam indiwidueel maar terselfdertyd 
gemeenskaplik in hul onderskeie werksaamheid vir mekaar tot voordeel kan 
wees. 

In die gesonde toestand van ʼn liggaam jubel elke deeltjie van die liggaam 
daaroor, maar wanneer die heel kleinste onsienlike senuweetjie in byvoorbeeld 
ʼn tand protesteer gaan geheel die liggaam in rou daaroor, ja, alles in die liggaam 
ondervind nou ʼn toestand van ongemak en daarom probeer elke deel om op die 
een of ander manier ʼn bydrae lewer om die spesifieke pyn te verlig. So moet julle 
poog om mekaar in alles – maar elkeen volgens sy eie doel en profesie – sonder 
om mekaar se geestelike take te beny, tot diens te wees. 

Maar wat julself sowel as julle indiwiduele geestelike groei aanbetref, moet julle 
in elke situasie die potensiaal raaksien om julself ten volle tot voordeel van die 
weergeboorte te ontwikkel.


Openbaring 1115 
Met haat wat ontkiem.

Sondag 6 Junie 2010 18:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met haat wat in Jood en Moslem se hart ontkiem. 
Is spoedig die vredesonderhandelinge uitgedien. 
Daardeur gaan niemand meer vir niemand ontsien. 
In mutasie word ʼn moordkiem nou slim deurpriem. 

Met haat wat in menig wêreldburger hart ontkiem. 
Skreeu boos volke vir mekaar; julle sal nou sien. 
In biologiese oorlogvoering- mekaar nie ontsien. 
ʼn Enkel bom beantwoord ons maklik nou met tien. 

Met haat wat tussen die Ooste en Weste ontkiem. 
Begin die Moondhede mekaar ook nie meer ontsien. 
So raak globale geldstelsels oral nou uitgedien. 
Sonder lewensmiddele moet baie hulself deursien. 

Met die haat wat nou tussen swart en wit ontkiem. 
Staan die einde nou geskryf onder die diereriem. 
In bloedvergieting word niemand nou meer ontsien. 
Soveel geliefdes wat mekaar nie weer lewend sien. 

Met haat wat in Jood en Moslem se hart ontkiem. 
Is spoedig die vredesonderhandelinge uitgedien. 
Daardeur gaan niemand meer vir niemand ontsien. 
In mutasie word ʼn moordkiem nou slim deurpriem.


Openbaring 1116 
Vir ʼn oomblik stol die tyd.
Maandag 7 Junie 2010 22:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Gestol staan die tyd vir ʼn oomblik stil. 
Skielik blaas daar ʼn fluit hard en skril. 
Terwyl ʼn mensdom uitspattig genotvol jil. 
Draai om ʼn vuil-gruwel nou die hele spil. 
Eenkant staan engele ook heiliges en gril.
Die mensdom gaan verloor met ʼn ronde nul. 
Maar hul hart bly teenoor God koud en kil. 

Vir ʼn Oomblik staan gestol die tyd stil. 
Dawerend die applous van miljoene wat jil. 
Terwyl die aarde onder voetegestamp tril. 
Kreun menigtes genotvol- O’ Satan ons wil. 
Vir jou sal ons God maklik veruil en verkul. 
Ons liefde en lojaliteit vir Hom staan op nul. 
Maar teenoor geheel die wêreld is ons gul. 

Gestol staan die tyd- vir ʼn oomblik stil. 
Terwyl baie Satan staande-juigende toejil. 
Deur massabeheer is hul as Zombies gedril.
Nie een van hierdies het meer hul eie wil. 
Om ʼn speelbal- draai nou hulle hele spul. 
Vir hulle tot genesing is nêrens geen pil. 

Vir ʼn oomblik staan die tyd gestol- stil. 
Eenkant staan engele- ook heiliges en gril. 
Soos een man sê hulle: nou is dit God se wil. 
Te laat val van die mensdom ʼn duister bril. 
Ja, te laat kom hulle agter hulle is verkul. 

Gestol staan die tyd vir ʼn oomblik so stil. 
Terwyl miljoene op hul vuvuzela blaas en jil.
Begin hier en daar party vir hulself te gril. 
Onheilspellend begin die planeet oral te tril. 
Van oral kom daar die klank van mense wat gil. 
In die dood lê baie vergruis- vir ewig so stil. 
Terwille van genot was hul teenoor God so kil.


Openbaring 1117 
Terwyl almal rinkink.

Dinsdag 8 Junie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl die nasies nou so vrolik rinkink. 
Die beker van plesier- oorlopens inskink. 
Om hulle self in al die genot te verdrink. 
Word baie van hul nou op die pad vermink. 

Terwyl die vreugdes-krete nou orals opklink. 
ʼn Reënboognasie wil wys hoe hul kan blink. 
Maar hulle onder dit alles verskriklik stink. 
Hul ook nie die dag van more kan deurdink. 

Terwyl ʼn nasie hulself so voos gaan drink. 
Staan- soveel het gesterf, nou nat in die ink. 
In woeste gevegte het hul mekaar ook vermink. 
Dit kom toe voor, nie een kan behoorlik dink. 

Terwyl ʼn reënboognasie so uitspattig rinkink.
Hulle so onwaardig voor God- hul nie bedink. 
Maar Satan se ramshorings oral laat opklink. 
Almal van hul net al hoe dieper die hel insink. 

Terwyl die nasies nou so vrolik bly rinkink. 
Is Afrika besig om in hongersnood weg te sink. 
Soveel wat mank in hul ellende weg gaan hink. 
Maar wie is daar wat dit nou wil deurdink.


Openbaring 1118 
Die aarde weeklaag.

Woensdag 9 Junie 2010 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die aarde kla: ek is misvorm en so ontsier. 
Aan my bewoners het ek net meer geen plesier. 
Die mens gedra hom erger as die wildste dier. 
Eenkant staan verskrik- selfs die dapper stier. 

So ook die eens onverskrokke wilde wrede tier. 
Ook my orde is versteur: kla die kleine mier. 
Die beeld van God, die mens, lyk soos ʼn vampier. 
Niks kan hulle stuit of keer in elke nuwe gier. 

Die aarde weeklaag: ek is so misvorm en ontsier. 
In elke litteken staan geskryf- die mens was hier. 
Met alles so onrein is sy nou siek in elke nier. 
Soveel gifstowwe pomp vanuit ʼn septiese klier. 

Sy ween en sê: ek moet ly oor die mens se gier. 
Hulle gedra hul erger as die mees wildste dier. 
Sy roep na God en sê: kyk nou net bietjie hier. 
Was dit U wil, ja, was dit miskien so bestier. 
Dat ek moet ly terwille van die mens se plesier.


Openbaring 1119
Geen afgodsvoorwerp ooit weer.

Donderdag 10 Junie 2010 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nie die geluid van die wat sing in oorwinning. Ook nie die weeklaag van ʼn 
verloorder se wening. Maar die geluid van afgodsverheerliking – word aan 
ʼn goue kalf uitgebring. Hieroor word in opdrag van God, broer deur broer 
om die lewe gebring. Wee daarom elkeen wat ʼn afgod lof toesing.

In Dura in die provinsie van Babel is ʼn goue beeld gebring. Vanaf staatshoofde 
tot slawe moes hulle hulde hieraan bring. Met die geluid van luit, siter harp 
en ook die horing, moes stamme, volkere en nasies neerval in aanbidding. 
Ja, so moes elkeen in Babilon hulde aan ʼn goue beeld bring.

So word nou ʼn goue beeld in Suid Afrika gebring. Triomferend kom die valse 
klank van ʼn plastiese horing. Hosanna word ‘fifa’ en ʼn afgod word toegesing.
Ikone word biddend lof en eer toegebring. So kom oor die aarde nou ʼn 
skrikwekkende dreuning. In xenofobie kom daar oor hierdies ʼn bloedskeuring. 

Maar kyk – in hierdie tyd word ʼn goue ark ook na vore gebring. Die versoendeksel 
word geopen om ʼn suiwer offer vir Elohim te bring. O’ hoe skoon die klank van 
engeleskares wat nou sing – terwyl hul Sion as bruid vir die bruidegom nader bring. 
Hoe kosbaar die heiliges in hul getalle so min en gering- maar kyk; die Son van 
geregtigheid word in hul midde gebring. Hef daarom aan jou nuwe lied O’ Sion 
en begin te sing. 

Kyk die nuwe Jerusalem word vir ʼn nuwe tydvak na die aarde gebring. Reinig 
daarom aartsengele – kyk, alles onsuiwer word nou in geregtigheid omgebring. 
Laat alles in die ewigheid weet, om nooit weer ʼn goue afgodsvoorwerp voor 
Elohim se aangesig te bring.


Openbaring 1120 
ʼn walglike Geskenk.

Vrydag 11 Junie 2010 02:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomgesig staan en kyk en na die voorbereiding van ʼn oënskynlik
reuse heerlike koek – ek sien die resep eenkant lê en lees verbaas dat
menslike ontlasting een van die bestanddele uitmaak. Terwyl ek nou in
walging na die koek kyk, word ʼn pragtig toegedraaide geskenk die vertrek
ingebring en aan ʼn grootkop van ʼn maatskappy oorhandig. Die persoon
probeer van die geskenk wegvlug – maar ek ruk dit oop – waarop ondenkbaar
baie kokkerotte uitpeul en oral begin versprei. 

In die vertrek staan ʼn pragtige skoon vistenk wat onverwags skielik met slyk, 
wurms, goggas en allerhande onsuiwerhede gevul word – ʼn Stem sê: ook die 
water van hierdie planeet gaan binnekort so lyk.

Openbaring 1121 
Loof jul ELOHIM.
Vrydag 11 Junie 2010 15:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Loof O’ hemele en aardes, ja, loof jul ELOHIM.
Wat het die mens gedoen om HOM te kan verdien.

Loof O’ hemelskares en sfere- loof julle ELOHIM.
Laat SY liefde tienvoudig in julle hart ontkiem.

Loof O’ sondaar, in die weergeboorte jou ELOHIM.
Nie in ontoeganklike lig, maar as ʼn mens is HY gesien.

Loof van die kleinste tot die grootste son- ELOHIM.
Deur genade siklusse laat HY lewe- dit weer hersien.

Loof O’ hemele en aardes in blydskap julle ELOHIM.
In nog ʼn sondeval- het ʼn wêreld HOM nie verdien.

Loof O’ Sion, ja loof YHWH jou enig- geliefde ELOHIM.
Omdat jy HOM met jou eie oë gaan kan aanskou en sien.


Openbaring 1122 
Nou ʼn swart area.

Saterdag 12 Junie 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek hoor die volgende woorde: mensekind, daar is gesien hoedat Ek ʼn swart
wolk oor Europa stuur – hierna het die mens gesien hoedat ek ʼn swart vlek
oor die oseaan toelaat – binnekort sal die mensdom verstom staan oor die
swart-area wat Ek oor die land (droë grond) gaan bring.


Openbaring 1123 
Waaragtige werklike geloof.

Sondag 13 Junie 2010 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waaragtige geloof in geestelike praktyk is eers ʼn werklikheid wanneer
iemand onverwags en skielik alles verloor het en daar werklik niks meer
oor is waarop hy kan staat maak nie, maar nogtans hoopvol om hom rondkyk
opsoek na iets in die oënskynlike leë materiële – sowel as geestelike
ruimte om hom en daar skielik ʼn wonderbaarlike glimlag op die se gesig
deurbreek by die wonderlike ontdekking dat hy steeds sy kosbare God te
midde van al die ellende gewaar, terwyl hy onvoorwaardelik weet dat hy
niks verloor het nie – maar inteendeel net die kosbare ewigheid vir
homself gewin het. 


Openbaring 1124 
ʼn Ontydige wêreldse graf.

Maandag 14 Junie 2010 01:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Markiestent het herrys met ʼn ritmiese gekap. 
Vir ʼn volksparty so uiters dik aangemaak die pap. 
ʼn Veelkleurige feeskleed is nou aanmekaar gelap. 
Verwelkomend word vir gaste gelig die tentflap. 
Met ope-arms word vriendskaplik na mekaar gestap. 
Eufories in valse liefde op die dansbaan getrap. 

By die kroegtoonbank word daar so oormatig getap. 
Staan nader my ou broer word daar speels gegrap. 
Vinnig staan menig dronkaard met hul knieë so slap. 
Kort voor lank word iemand nou in owerspel betrap.
Opgevoede dames wil nou wreed mekaar se oë uitkrap. 
Met wrede walglike woorde word daar na mekaar gehap. 

Kyk hoe word hierdie party nou in chaos omgekrap. 
In groot rumoer hoor jy in gevloek net vuiste klap. 
Met alle waardigheid daarmee heen is almal nou laf. 
Terwyl ʼn hele buurt se honde waansinnig saamblaf. 
Begin ʼn orkes nou vinnig oppak om weg te kan draf.
Hul weet die party het gesterf in ʼn ontydige graf. 

So het sokkerstadions herrys met ʼn ritmiese gekap. 
Vir hierdie fees was uiters dik aangemaak die pap. 
Met verskillende stamme is ʼn feeskleed saamgelap. 
Verwelkomend word nou gelig Suid-Afrika se tentflap. 
Met ope-arms word in vriendskappe na mekaar gestap. 
ʼn Bodem van ʼn land word met valse-liefde deurtrap.

In koop en verkoop word nou vraatsig oormatig getap. 
Staan nader my ou broer word oral kruiperig gegrap. 
Willoos staan menslike-outomate met knieë so slap. 
Maar kort voor lank, word iemand met jaloesie betrap.
Opgevoede volke wil mekaar nou wreed die oë uitkrap. 
Met naywerige woorde word ook wreed na mekaar gehap. 

Kort voor lank is ʼn wêreldgebeurtenis ʼn yslike grap. 
So word ʼn groot fees deur woede- in chaos omgekrap. 
In groot rumoer hoor jy nou oral net vuiste wat klap. 
Met waardigheid daarmee heen is al die volke nou laf. 
Terwyl nasies oral in waansin-rumoerig saam begin blaf. 
Begin die orkes haastig oppak om vinnig weg te kan draf. 
Hulle weet- hierdie fees het gesterf in ʼn ontydige graf.



Openbaring 1125 
Onthou- Ek is lief vir jou.

Dinsdag 15 Junie 2010 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wanneer die wêreld jou begin onderkry. 
Onthou net altyd- jy het vir My.

Wanneer jy in ʼn gat van depressie ingly. 
Onthou net altyd; daar staan Hy. 

Wanneer jy in doodsangs dink alles is verby. 
Onthou, in My liefde- daar is jy. 

Wanneer jy onseker na iewers heen moet ry. 
Onthou net altyd; jy het vir My.

Wanneer Satan homself aanlokkend nader vly. 
Onthou net altyd; daar staan Hy. 

Wanneer iemand hom oor jou diepe leed verbly. 
Onthou, in My liefde- daar is jy. 

Wanneer jy sukkel om met alles by te kan bly. 
Onthou net altyd; jy het vir My. 

Wanneer moeilike tye jou begin te onder kry.
Onthou net altyd; daar staan Hy. 

Wanneer jy moedverlore dink alles is verby.
Onthou, in My liefde- daar is jy. 

Is jy moeg gestry maar die sonde bly jou by. 
Onthou net altyd; jy het vir My. 

Wanneer jy jou oor jou eie swakheid wil kasty. 
Onthou net altyd- Ek is so naby. 

Wanneer jy in hierdie donker tyd so swaar kry. 
Onthou, aan ʼn kruis het Ek gely. 

Wanneer jy so moedig die stryd aanhou stry. 
Onthou- oor jou is Ek so baie bly.



Openbaring 1126 
ʼn Reuse golf.

Dinsdag 16 Junie 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn visioen voel ek die aarde tril en sien direk hierna ʼn reuse golf
ver oor die land uitspoel.


Openbaring 1127 
Die lot het geval.

Woensdag 16 Junie 2010 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za  

Judith de Beer
Daar waar ontbinding lê- is brommers saamgedrom. 
Kyk – die lot het geval en Britannia moet omkom. 
Selfvoldaan dink Nederland sy staan in volle blom.
Maar te lank was die kwaad ook aan haar vasgegom. 

België staan hieroor verskrik totaal nou verstom. 
Omdat sy weet die val gaan ook haar kant toe kom. 
Frankryk probeer homself nou desperaat te vermom. 
Ook Duitsland proklameer ʼn baie vinnige keer-om. 
So is die oordeel om Europa heeltemal reg rondom. 

Daar waar ontlasting lê- is brommers saamgedrom. 
Kyk- die lot het geval en Europa moet nou omkom. 
Almal sien die klug-koningshuis was boonop so dom. 
Oor hul hoof het geskyn ʼn valse vrymesselaars son.

Elizabeth en Beatrix troos mekaar nou stil-verstom. 
Die koninginne roep: as ons-ons maar net kon vermom. 
Sodat ons net weg vanuit al hierdie ellende kon kom. 
Voor ʼn katolieke klooster huil nou kliphard ʼn non. 

Griekeland sê benoud: my ellende weeg sowaar ʼn ton. 
Oor my velde skyn voorwaar seker nooit weer die son. 
Rome roep desperaat – O’ God vertel ons net waarom?
Switserland sê: rykdomme het ek versteek wat ek kon. 

Daar waar ontbinding lê is baie brommers saamgedrom.
Kyk – die lot het geval en Britannia moet nou omkom. 
Daarom moedig sy Israel aan – laat val eerste jou bom. 
Sodat dit wyd oor al die Arabiese lande oop kan blom. 
 
Kyk – waar die aasvoëls vir ʼn feesmaal saam gaan kom. 
Daar – kan ons in bondgenootskap almal saam gaan drom.


Openbaring 1128 
Terwyl almal luilekker loom.
Donderdag 17 Junie 2010 23:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl ʼn verlore wêreld luilekker loom. 
Hulle so oor al die aardse rykdomme droom. 
Die een land beplan om die ander te onttroon. 
Om hulself met ander se minerale te bekroon. 

Terwyl geheel ʼn wêreld so luilekker loom.
Die mensdom so gierig oor skatte voortdroom. 
Hulle daarom streef na die hoogste magsloon. 
Hul self ook as ʼn suiwer ras probeer kloon. 
Hulself so as konings van die aarde te kroon. 

Terwyl ʼn verlore wêreld so luilekker loom. 
Hul so oor al die aardse rykdomme dagdroom. 
In ʼn wêreldorde verbeel hul is net die room. 
Die massas as slawe manipuleer in ʼn stroom. 
Ja, gebruik maak van predikante tog so vroom. 

Terwyl nasies en volkere so luilekker loom. 
Om in lande van euforie en sport te kan woon. 
Hef hul vir hul afgode aan ʼn juigende toon. 
Om juis die sportgod as hul hoofgod te kroon.

Terwyl ʼn verlore wêreld so luilekker loom. 
Om oor goud, platina en ook diamante te droom. 
Hulle self te verhef- ver bokant God se troon. 
Ja, in koop en verkoop- daar is hulle volstoom. 

Terwyl ʼn verlore mensdom so luilekker loom. 
Word geprik hulle seepbel in ʼn aaklige droom. 
Genoeg is nou genoeg- so sê die aarde se osoon. 
Alles word gewas deur ʼn skrikwekkende monsoon. 
In vlam en vuur word die oordeel ook vertoon. 
Geen volk of land word nou deur Elohim verskoon.


Openbaring 1129 
Elohim gaan triomfeer.

Vrydag 18 Junie 2010 02:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So wil die Weste geheel die wêreld beheer. 
ʼn Wêreldorde wil alles in sy pad besweer. 
Daarom dat hul alles voor die voet onteer. 
Soveel volkere is onbevoeg word nou beweer. 
Elke poging word deur hul met modder besmeer.

Maar in een drogliggaam wil hul alles beheer. 
In menig koppe as een beheerliggaam triomfeer. 
Deur geloofsdenkrigtings die mens motiveer.
So sit die draak in elke stap sy voete neer. 
Amerika het hulle self as ʼn diamant poleer. 

In snobisme wou Europa hoogmoedig triomfeer. 
In navolging het die Ooste ook hard probeer. 
So staan Rusland daar as die bloedrooi beer. 
In ontwikkeling het Australië ook getriomfeer. 
Soos ʼn papegaai wou Afrika – hom ook laat leer. 

Triomferend strek die draak om hom te laat eer.
Maar ʼn kleintjie kom maak die draak toe seer.
Honderd-vier-en-veertigduisend gaan triomfeer. 
Terwyl Gog en Magog mekaar nou ʼn les wil leer. 
Word die aarde met Elohim se wederkoms vereer. 
Met gemak vel die kleine Sion die draak neer. 

Terwyl mens en hemelskares Elohim staande eer.
Daal statig die nuwe Jerusalem op die aarde neer.


Openbaring 1130 
Aan jou My liefling.

Vrydag 18 Junie 2010 12:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, om ʼn heilige Bruidegom wat sing. 
Staan ʼn strooijonker om hulde te bring. 
Met heilige engele om hulle in ʼn kring. 
Van heel groot tot klein nie een gering. 
Met die hande so respekvol saamgewring. 

So klink die skone-lied van HOM wat sing. 

Sion My beminde- Ek hou so baie van jou. 
Soos ʼn baba wil ek jou vir ewig vashou. 
Kyk, slegs alleenlik terwille net van jou.
word My genade oor ʼn nuwe aarde uitgedou. 
Kyk, ook die nuwe Jerusalem is klaar gebou. 
Om My bruid vir ʼn duisend jaar te onderhou. 

So klink dan die lied wat die Bruidegom sing. 
Aan Sy- sy, die strooijonker om hulde te bring.
Met hemelskares om hulle, in ʼn liefdeskring. 
Vanuit hulle almal is nie een van hul gering. 
Die kleinste is daar om die Goddelike ring- 
op ʼn kussing van Sy genade nader te bring. 

Ja, so klink die lied wat die Bruidegom sing: 

O’ Sion kyk, Ek hou so uitermatig baie van jou. 
Kyk net; die uitgestrekte hemele- so mooi blou. 
Het Ek spesiaal met My hande net vir jou gebou. 
Daarom aan jou My liefling- My hart in ewige trou. 
Oor jou skyn die Genade-son ewig nooit weer lou. 
Oor elke seer gestorte bitter traan van jou- 
sal Satan, Hades en hel dit vir ewig berou. 

Kyk, My liefling, ʼn heerlike stad het Ek gebou. 
Waarin ek jou vir ʼn duisend jaar gaan onderhou. 
Ook in die ewigheid behoort alles net aan jou.


Openbaring 1131 
Die olielek.

Sondag 20 Junie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Jy wil pertinent van my weet of openbaring 45 in verband staan met die
olie-lek in die golf van Mexiko en Ek antwoord jou: inderdaad en waar daar
menslike ontlasting in ʼn waarskuwings-visioen of geestelike boodskap
voorkom – beteken dit altyd dat die mensdom self die oorsaak van so ʼn
probleem is en dat dit niks te doen het met ʼn kataklisme van natuurlike
oorsprong nie – maar dat dit wel ʼn verdere natuurlike kataklisme met
katastrofiese gevolge tot gevolg kan hê. 

Ook sou dit moontlik wees indien Ek sou wou – dat dit ook weer in die 
vorm van ʼn natuurlike kataklisme weer herstel sou kon word. 
Maar helaas – wat het die mensdom onlangs gedoen wat enige genade 
sou verdien.


Openbaring 1132 
ʼn Groot begrafnis. 
Maandag 21 Junie 2010 04:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomgesig sien ek ʼn baie groot begrafnis waarvan die verrigtinge
tot op plattelandse dorpies en gehuggies strek. Mense skep papierborde vol
kos vanuit enorme buitelug potte – terwyl dromme onophoudelik ritmies
geslaan word. Geskenke soos peperduur sonbrille en klere met uitgesoekte
etiketname – asook allerhande ander luukses – word ook seremonieel begrawe
en ek wonder by myself wat die dooie persoon daarmee gaan doen.


Openbaring 1133 
Twee swart voete.

Dinsdag 22 Junie 2010 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl ek besig is om te werk verskyn daar in ʼn onverwagse visioen ʼn 
paar enorme swart voete wat seker maklik twintig meter in deursnee is.
Terwyl ek my nog verwonder aan die detail soos die skoon toonnaels maar
terselfdertyd die onversorgde voete – lig die een voet baie hoog op om
hard neer te kom. Terwyl die aarde sidder begin hierdie voete alles in hul
pad tot stof te vertrap.


Openbaring 1134 
Verlep, verwond en uitverkoop.

Dinsdag 22 Junie 2010 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So lê ʼn kleine volkie nou so verlep en verwond. 
Geheel hul wese lyk so sieklik en baie ongesond. 
Hul val was fyn beplan deur ʼn nare broederbond.

So lê hul nou plat, getrap tot teenaan die grond. 
In hul waarde niks beter as net ʼn rondloperhond. 

Hul was so mooi blosend rooi- so blank en blond.
Na die beeld van God was hulle in wese afgerond. 
Maar hul is uitverkoop deur ʼn bose broederbond. 

Vir so min as ʼn Rand, dollar en ʼn gruwel pond.
In ʼn reënboognasie raak hul nou as baster bont. 
So aanbid hulle Raka se god vanuit hul volksmond. 

So lê ʼn kleine volkie nou so verlep en verwond.
Hul bloei hulle dood vanuit ʼn aaklige oop wond. 
ʼn Eens trotse volk word rondgeskop soos ʼn hond. 

Willoos lê hul al hoe nader aan die ewige afgrond.
So min wat biddend vra- O’ God, maak ons net gesond. 
Hef ons op- raak ons aan en verbind asseblief ons wond. 
Maar helaas bly hul net so lê- verlep en ongesond.


Openbaring 1135 
Verstote en alleen.

Woensdag 23 Junie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eenkant so geminag ja verstote en alleen. 
Sit ʼn klein goddelike kudde, wees en ween. 
Droefgeestig kyk hul verwese om hul heen. 
Terwyl hulle hartseer oor ʼn wêreld ween. 
Wenend vertel- van die mensdom se probleem.
Van ʼn wêreld so totaal van God vervreem. 
Wat hulle self so deur die bose laat seën. 
Om trots te staan onder sy gruwel embleem. 

Ja so apart, eenkant, verstote en alleen. 
Vra ʼn kleine kudde; O’ God waar nou heen?
Ons verlang baie om van U te kan verneem. 
Kyk: ʼn bose wêreld het ons alles ontneem. 
Maar trou wag ons op U wederkoms- ja elkeen. 
Ons het U baie lief – weet dat ons dit meen. 
So wag ons geduldig- op U Goddelike seën.
Om oorvloedig in genade- oor ons te reën. 

Eenkant klein gering so verstote en alleen. 
Staan die verseëldes nou op hul laaste been.
Terwyl hul hartseer oor verlore broers ween. 
Kyk hul steeds hoopvol- soekend om hul heen. 
Om nog ʼn bietjie krag van God te kan leen. 
Daarmee staan hul Satan nogeens dapper teen. 
Sodat iemand vir oulaas van God kan verneem. 
Uit die vuur word geruk- nog menig baie-een. 

Ja, verstote, vertrap, eenkant en so alleen. 
Staan dapper die kleine Sion die duiwel teen. 
ʼn Loflied hef hul aan vir almal om te verneem. 
Hoe groot is ons Elohim Hy is die enigste een.
Daarom sal niemand ons die voorreg kan ontneem. 
Binnekort woon ons in Sy nuwe stad, ja elke een.


Openbaring 1136 
In jou hulpkreet.

Donderdag 24 Junie 2010 01:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In wanhoop sit daar soveel sondaars gestrand. 
Hul weet nie links of regs nou na watter kant. 
Met hul vele sondes het hulle so ʼn hegte band. 
Hul weet hul moet kies na die een of ander kant. 
Maar in swakheid bly hul in hul sonde gestrand. 

Die wysheidslig brand swak; binnekort is dit aand.
Slegs ʼn paar wat vra O God gee ons net verstand. 
Om ons kosbaar siel nie meer aan Satan te verpand. 
Ja, wanhopig sit daar soveel sondaars nou gestrand. 
Hul vrees ʼn hel met vlamme wat hoog gaan brand. 

Terwyl Satan steeds- hul lieg bedrieg- so blatant. 
Begin vele sondaar teen hom opstaan in weerstand. 
Hul roep na God en vra: kom vat asseblief ons hand. 
Om vrolik saam met U te stap oor ʼn skone hemelstrand. 
In wanhoop sit daar oral soveel sondaars gestrand. 

Maar so vinnig is die Gees nou daar met Sy bystand. 
Sy Wysheidslig skyn nou so helder oor hul verstand. 
Deur Sy vergewing smee Hy nou met hul ʼn hegte band. 
Na die hemelpoort wandel Hy met hulle- hand aan hand. 
In die laaste ronde verloor Satan nou klant op klant. 

Weet daarom, O’ liewe sondaar waar jy sit so gestrand. 
In jou hulpkreet is Elohim klaar reeds aan jou kant. 
Jou weg het Hy klaar vir jou berei na die hemelwand.
Neem sonder enige verdere versuim- Sy grote Vaderhand.


Openbaring 1137 
Verbeurde kanse.

Donderdag 24 Junie 2010 02:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Onverskillig het ʼn rykaard deur sy lewe gespoed. 
Maar so kom hy eendag wreed om- in sy eie bloed. 
So kom hy as ʼn sondaar by die hemelpoort te voet. 
Aan ʼn baie groot goue deur klop hy nou verwoed. 
ʼn Engel kom nader en vra kortaf wat hy daar soek. 
Selfvoldaan sê hy: ek is hier om God te kom besoek. 

So neem die engel hom nou na die verste hemelhoek. 
Daar sit God; in Sy hand hou Hy ʼn baie groot boek. 
Terwyl Hy met sy vinger so noukeurig daardeur soek. 
Sê Hy: in jou lewe het Ek jou baie dikwels besoek.
As ʼn Arme voor jou gestaan sonder ʼn hemp of broek. 
In plaas van hulp- het jy my verwilder en gevloek. 

As ʼn Buurman in nood het Ek jou dikwels ook besoek. 
Maar jy het gesê- vir My dom foute moet Ek maar boet. 
As Bedelaar voor jou gestaan, in My hand was My hoed. 
Jy het na My afgekyk en gesê: weg met die vuilgoed. 
As Visserman het Ek dikwels na jou gegooi- my vishoek. 
Maar My liefdevolle aas- die het jy net nooit gesoek. 

Ek wou jou beskerm- maar jy sit jou tee- so verwoed. 
Nooit het Ek jou vrye wil geskaad deur te sê- jy moet. 
Aan ʼn kruis vir jou gehang, gehawend en so bebloed.
Jou sondes wou Ek was al was dit so swart soos roet. 
Meer as dikwels jou ook so geseën- met aardse goed. 
Die lewe maak Ek menigmaal vir jou so goed en soet. 

So dikwels het Ek jou getroos in ʼn begrafnis stoet. 
Ten tye van al jou siektes- het Ek so om jou gekloek. 
Ek het jou genees, maar jy wou dit net nooit vermoed. 
Soveel keer vir Satan verslaan as hy jou wou versoek. 
Nou staan jy hier voor My met ʼn baie groot versoek. 
So tevergeefs het Ek jou naam in hierdie boek gesoek. 

Na die doderyk en Hades sal jy nou sonder keuse moet. 
Hoe hartverskeurend is dit om God vir oulaas te groet. 
Terwyl jy vir ewig oor verbeurde kanse moet gaan boet.


Openbaring 1138 
Op Aarde vir ʼn doel.

Saterdag 26 Junie 2010 21:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So word van bo-gebore wesens nou na hierdie aarde gebring. 
Om as kleine mense- aan hul Elohim hulde te kan bring. 
Ook om teen te kom staan – die bose eindtyd gruwel ding. 
Eens was hul groot maar in hul gemoed nou klein – gering. 
Trek hul nou laer om as eenheid hul Leidsman toe te sing. 

So klink die lied wat hulle nou uit volle bors gaan sing. 
Eens in hemele-sfere trek ons in die kosmos ʼn ligkring. 
Voordat ons deur die laagste hemelsfeer na benede dring. 
Hoe vernederend vir ʼn engel om heel onder oor te begin. 
Maar hul kruis wil hul dra om aan Elohim hulde te bring. 

Diep het hul oor hierdie besluit nagedink en ook besin. 
Eenparig besluit om in nederigheid hulde aan Hom te bring. 
In dienslewering teenoor ander heiliges- Hom so kom min. 
Sodat Hy ons as nederige werktuig ook noem- My kleinding. 

Kyk – as voorbeeld is Hy ook vir ons onder ʼn kruis gebring. 
Daarom sal ons Hom ook volg as ʼn voorbeeldige leerling. 
Vir die wêreld sal ons wees in hul vlees ʼn nare doring. 
Die leuen sal ons kom breek en die Waarheid na vore bring.
Al word ons op hierdie missie wreed om die lewe gebring. 

Ons kom as kleine mense om hulde aan ons Skepper te bring. 
So is van bo-gebore wesens nou na hierdie aarde gebring. 
Kyk in eenheid trek hul saam in ʼn al kleiner wordende kring. 
So word ʼn nuwe lied uiteindelik op die aarde nou gesing.


Openbaring 1139 
Vier vinnige visioene.

Sondag 27 Junie 2010 00:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In vinnig agtereenvolgende flitse ervaar ek die volgende visioene. 
Skielik sien ek die voortrekkermonument wat omring is van onophoudelike
weerligstrale – vir ʼn oomblik dink ek dit is miskien oor die heiligheid daarvan, 
maar ʼn Stem sê: nee – dit simboliseer die vernietiging van die gruwel 
vrymesselaarsimboliek en waarvoor dit maar nog altyd as ʼn landmerk daar staan. 

Net hierna sien ek die toring van Babel glashelder en ek verstom my oor 
die boustyl daarvan, terwyl ek nog daarna kyk stort dit sonder waarskuwing 
inmekaar wat groot verwarring en onmin tot gevolg het.

Direk hierna sien ek ʼn reuse moderne stadion waarvan die helfte uit ʼn ou
Middeleeuse kasteel bestaan. Op die stadion sien ek groot skares ʼn spel
oorverdowend toejuig- terwyl boogskutters op die mure van die kasteel
stelling inneem om met pyl en boog op hul los te brand. 

Hierna sien ek hoedat ʼn pikswart tonnel oor ʼn groot watervlak stadig 
na die Withuis toe beweeg.


Openbaring 1140 
ʼn Desperate sielsgebed.

Maandag 28 Junie 2010 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So dikwels beweer die siel in haar verontskuldiging. 
Daarom wys sy maklik haar vinger in beskuldiging. 
Kyk in die lokstem van die wêreld lê my verminking. 
Waarin ek nou verlore rondspartel soos ʼn drenkeling. 
Daarom roep ek desperaat om hulp in my mislukking. 
Ja – ek ontbloot my eie swakheid tot my verdediging. 

Tog so uiters weerloos was ek net ʼn wêreldbesitting. 
Daarom voel ek so uiters swak, pateties en gering. 
Ja, in elke wêreldnorm het ek getrou my kant gebring. 
Ook in die kerk het ek elke Sondag vroom voorgesing.
My tiende ook so getrou na my predikant toe gebring. 
Aan elke voorgeskrewe reël my tog so lojaal vasgebind. 

Waarom voel ek steeds so leeg in my selfontwikkeling. 
Ja voorwaar het ek my self deur die wêreld laat verslind. 
Waarom kan ek geen siels- gemoedsrus nou hierin vind. 
Terwyl ek so na hierdie leë wêreld kyk voel ek so blind. 
Desperaat roep die siel nou in haar eie verontskuldiging. 
Bly ek nou vir ewig altyd net ʼn leë wêreld se besitting. 
Waarom voel ek steeds so leeg in hoop en verwagting. 

Luister na my O’ God; ek is net ʼn stomme drenkeling. 
Kyk ek het gefaal- niks is meer oor in my selfbeskikking. 
O, hoe verlang my siel nie nou na u rus en verkwikking. 
So vinnig raak die tyd uitgeloop vir U ewige beskerming. 
Daarom bid my siel desperaat alleen- om U genesing. 
Wil U O’ Vader, nie U hand van genesing nader bring. 
Sodat U grote liefde- ook tot my hart kan deurdring. 
Voor U Vergewingskruis wil ek my nou vinnig bring. 
Sodat ook ek tot redding- kan baai in U vergewing. 

Liefdevol sê God: ja staan maar nader O wêreldling. 
Kyk as ʼn selferkende sondaar is jy nie meer gering. 
Voorwaar het die Goddelike Liefde in jou hart ontspring. 
So word jy nou in jou boetedoening na my hart gebring. 
Hef daarom aan O’ grote hemelskares en begin te sing. 
Kyk nog ʼn verlore seun word na sy Vaderhuis gebring.


Openbaring 1141 
ʼn Lieflike inspirasie.

Dinsdag 29 Junie 2010 15:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek het opdrag ontvang om die volgende geskrewe stukkie 
deur ʼn leser as ʼn openbaring te plaas.

My fokus is om ELKE DAG, Vader se Gees wat Volmaak 
in my hart woon, te laat ontbrand, om te leer en te groei 
in Sy Wysheid, in Sy Wil te handel en in Sy Orde te leef, 
die Goddelike Erns te beoefen, Geduld toe te pas, 
Barmhartigheid te toon – dit alles omvat die Goddelike Liefde 
wat ek met my hele hart graag ELKE DAG wil uitstraal vanuit 
my sondige liggaam, ja dit waarin ons vasgevang is hier op aarde.

So wil ek graag 'n Ligdraer vir Hom word om na buite te leef 
in elke dag se wandeling vir ander, sodat my siel wat die draer 
van my vrye wil hier op aarde is, eendag een te kan word 
met Sy Gees. 

Dit is van veel meer waarde vir my lewe in die hiernamaals 
as om in vrees, reëls en regulasies hier op aarde te lewe. 
Onthou – jy kan slegs iets in ander erken indien jy dit klaar 
reeds in jouself dra.

Waarom kan ons as mense mekaar nie net probeer liefhê 
in die Goddelike Liefde nie, maar ons wil mos eerder mekaar 
die hele tyd oordeel vanuit ʼn vleeslike oogpunt. 


Openbaring 1142 
ʼn Gesig.

Woensdag 30 Junie 2010 14:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek donderende branders op ʼn strand uitrol 
en hierna ʼn rivier in volle vloed, waarvan die waters verander 
in enorme hoeveelhede vis. 

Hierna kyk ek af in ʼn vallei na ʼn rivierloop en oral waar ek kyk 
sien ek net dooie vis lê waarna die gesig vervaag en ek nou 
ʼn persoon sien wat ʼn bal so hard skop dat dit tot ver buite 
die aarde se atmosfeer trek, om net, voordat dit uit die gesigsveld 
verdwyn, deur twee hande gevang word wat die bal aggressief 
opfrommel en dit uiters venynig met brute geweld na die aarde 
terugslinger terwyl dit in ʼn enorme klip verander. 

Net hierna sien ek ʼn klomp menslike silhoeëtte wat almal 
in skoolbanke sit en ek hoor ʼn Stem sê: "soveel skoolgelde 
tevergeefs betaal"


Openbaring 1143 
Die Saaier nou die Maaier.

Woensdag 30 Junie 2010 15:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
ʼn Saaier neurie: kyk van Oos na Wes – daar vlieg ʼn kraai. 
Raai raai: van Noord na Suid; Ek is nou so moeg gesaai. 
Kyk – daar waar die winde so tevergeefs om die pole draai. 
Daarheen het die meeste van My goeie saad weggewaai. 

ʼn Saaier neurie; met die laaste saad – daar vlieg ʼn kraai. 
My naam is Woord; vir tweeduisend jaar het Ek gesaai. 
Ja, om die wêreld het Ek gereis van elke kaai tot elke baai.
Met My saadvrag, voorwaar so swaar- was Ek wel oorlaai. 

ʼn Saaier neurie: kyk na Hadesland vlieg ʼn pikswart kraai. 
Raai raai – oor die wêreld het Ek My kosbare saad gesaai. 
My naam is Woord – Ek is gehoor maar is weer versmaai. 

ʼn Saaier neurie: kyk van Oos na Wes – daar vlieg ʼn kraai. 
Deur soveel leuens is die reine Waarheid so wreed verdraai. 
Raai raai: dit is na twaalf met ʼn haan wat driemaal kraai.
So kom en gaan die tyd en nou is dit tyd om om te blaai. 
Daarom sal ek in My lied die Maaier vir sy taak aanraai. 

ʼn Maaier neurie: kyk van land tot land, daar vlieg ʼn kraai. 
My sekel sal ek inslaan om alles voor die voet te maai. 
Oor die wêreld sal Ek maai - om nooit weer om te draai. 
Niks oorslaan- in My taak is ek so roofsugtig soos ʼn haai.

ʼn Maaier neurie: dalk is dit Satan- maar daar vlieg ʼn kraai.
Terwyl hy laggend krys; kyk hoe het ek die Woord verdraai. 
Die Maaier sug terwyl Hy kla – My taak is voorwaar so taai. 
Kyk - daar waar die winde so tevergeefs om die pole draai. 
Soos kaf in die wind word soveel siele vir ewig weg gewaai. 

Ja, ʼn Maaier neurie: van Oos na Wes vlieg ʼn pikswart kraai. 
O’ waarom het hierdie wêreld sy rug op die Woord gedraai. 
So sterf die woorde in die wind; ewig te laat om om te draai.


Openbaring 1144 
Hernuwing van die Goddelike leer.

Donderdag 1 Julie 2010 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die Adam, ja die beelddraer van Elohim – naamlik die mens, 
is om geen ander rede op hierdie aarde geplaas as om in 
ʼn proses van selfontwikkeling met behulp van die Goddelike 
Gees - maar in die volkome onbeperktheid van sy vrye wil 
te kan streef na die Goddelike eenwording tussen sy liggaam, 
siel en gees om so in die ewige volmaakte ryk as volmaakte 
weergebore Elohimkinders opgeneem te kan word. 

Daarom verteenwoordig die nuwe Jerusalem wat op die aarde 
gaan neerdaal niks anders as die nuwe suiwer Goddelike leer soos 
oer-oorspronklik vir Adam en daardeur die mens beplan was, 
maar deur Satan onderskep was en met die leuen gepenetreer is 
en wat in toekomende eeue en millenniums so getrou van 
generasie tot generasie deur drogleerstellings oorgedra sou 
word tot en met ʼn tyd waar Elohim self as mens en daardeur 
as Bemiddelaar vir die mens deur sy suiwer leer kom intree 
en hul juis daardeur kom leer het om die duister gordyn tussen 
die menslike verstand en die Goddelike Gees stukkend te skeur, 
om daardeur weer die persoonlike kommunikasiekanaal tussen 
God en mens te herstel. 

Ja, so sal in ʼn komende nuwe tydvak die Waarheid weer heeltemal 
van die leuen gestroop as suiwer leer oor ʼn bevryde mensdom vir 
ʼn duisend jaar in volkome vrede en ongekende geestelike vooruitgang 
skyn en waardeur ontelbaar baie wesens deur die suiwer 
Goddelike weergeboorte ook na hul grote Vaderhuis terug sal keer. 


Openbaring 1145 
Verskriklike tye vir hierdie volk.

Vrydag 2 Julie 2010 24:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen staan die gees van Hendrik Verwoerd langs ʼn pragtige 
antieke vertoonkas waarin ʼn paar kosbaarhede van die Boervolk 
uitgestal is, waarop hy sy hand in die vertoonkas steek en ʼn presiese 
klein replika daarvan uithaal om dit aan ʼn manlike persoon te oorhandig 
met die volgende woorde: daar wag verskriklike tye op hierdie volk 
maar weet dat julle baie spesiaal vir die Allerhoogste is. 

Net hierna sien ek die geeste van ʼn klompie jongmanne op ʼn brug 
waarop die nommer sewentien groot geskryf staan. Een staan na vore 
en sê: oor jare het ons vir hierdie land en volk geveg, gewen en van ons
het ook gesterf, maar niemand herdenk ons dood nie – kyk ons bloed 
het nou in ʼn donker put afgeloop 


Openbaring 1146 
Oordeel vir die grotes en konings.

Sondagaand 4 Julie 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, ʼn heilige volk is meedoënloos op hul knieë gebring. 
Daarom sal Ek die grotes en konings na benede bring.
In die oë van die wêreld was My kinders mos so gering. 
Daarom sal ek die regerings nou op hulle knieë dwing.
My Waarheid was brutaal met die groot leuen deurdring. 
Blaas daarom- O' Hemel en Engel- in oordeel jou horing.

So blatant word soveel heiliges nou om die lewe gebring. 
Daarom sal My swaard van vergelding die bose deurdring.
Deur verbastering word die lig in die duisternis omgebring. 
Daarom word pous en bisdom na die ewige afgrond gebring.
In bespotting word my blanke beeld-draer na vore gebring. 
Daarom bring Ek oor geheel die aarde ʼn groot verskrikking.

Hul het my volk laat val deur Mammons goue versoeking. 
In ʼn klaaglied van armoede – leer die rykes van vernedering.
Myself het die wêreld ook veroordeel tot wrede kruisiging. 
Maar daardeur kom oor hel en Hades My groot triomfering.
So word die heiliges ook beskimp-bespot in Godslastering. 
Daarom sal Ek die grotes en konings nou om die lewe bring.

Kyk, deur die groot leuen is die gemeentes tot ʼn val gebring. 
Daarom laat Ek die Wêreldraad van kerke, naak in ontbloting.
Oor My heiliges word nou beplan ʼn baie wrede verdrukking. 
Vir ʼn verlore wêreld is daar geen hoop op enige verbetering.
Daarom vermeerder Ek hulle ellende in groot vermeerdering. 

Vlytig- word sorgvuldig goed en kwaad geskei in sortering.
Onder die vaalperd se pote lê nou – die dood se verskrikking. 
Vinnig haas die grotes hulle na spelonke as ʼn verstekeling.
Kyk, ʼn heilige volk is so meedoënloos op hul knieë gedwing. 
Daarom sal Ek self die konings en grotes na benede bring.


Openbaring 1147 
Amen.

Maandag 5 Julie 2010 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit Gees, tyd en realiteit – Amen O’ Amen Jerusalem. 
Net soos ʼn hen haar kuiken onder haar vlerk wou beskerm.
So het Ek My, O’ Sion, in My groot genade oor jou ontferm. 
My Liefde so snoesig om jou gevou- soos ʼn digte skerm.

Vanuit Gees, tyd en realiteit – Amen O’ Amen Jerusalem. 
Kyk My kuikentjie- jy was so swak, gebreklik en gestrem.
Soos ʼn kosbare kleinood het Ek jou teen My hart verwen. 
Ja, met My groot genade en liefde jou so sagkens omklem.

Vanuit Gees, tyd en realiteit – Amen O’ Amen Jerusalem. 
Kyk – elke uitverkore het Ek persoonlik op sy naam geken. 
Niks onaangeraak gelaat om jul guns en liefde te wen. 
Deur woestyne vir jul geloop en oor oseane vir jul geswem.

Vanuit Gees, tyd en realiteit – Amen O’ Amen Jerusalem. 
Sion oor jou het Ek my geduldig ontferm, ja jou beskerm.
Kyk My kleintjie, jy was so swak, gebreklik en gestrem. 
Daarom is jy myne- Ek het jou altyd op die naam geken.

So kom daar vanuit alle ewighede nou in een heilige stem. 
Laat ons daarom ons Elohim op Sy nuwe naam leer ken. 
In ʼn al nouerwordende kring – met al ons liefde omklem. 
Vanuit gees, tyd en realiteit – Amen, ja Amen, Jerusalem.


Openbaring 1148 
Spreuke van ons tyd.

Dinsdag 6 Julie 2010 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur rykdom op rykdom raak ʼn hart vinnig verhard. 
Maar deur loutering op loutering raak ʼn siel gehard. 

Deur moeite en verdriet raak die mens so beswaard. 
Maar deur insig en wysheid raak die wese bedaard. 

Die dobbelaar verlustig hom in die val van ʼn kaart. 
Maar ʼn wyse vlug van die dobbelhuis met ʼn vaart. 

Wysheid vertoon graag in die grysheid van ʼn baard. 
Maar wee ʼn gryse wat in jeug en jonkheid wil ontaard. 

'Dapper' en 'bloeddorstig' gryp so graag na die swaard. 
Maar 'versigtig en 'lafaard' vertrek altyd met ʼn vaart. 

Fluks weef die wewer sy materiaal – jaart na jaart. 
Terwyl die luiaard in alles wat lui en sleg is ontaard. 

Die boosdoener is op loer waar hy kwaad kan gewaar. 
Die vredemaker roep luid: laat almal tog net bedaar. 

Terwyl die tyd eindeloos oor en oor in dit self verjaar. 
Die wysheid probeer om net meer insig te vergaar. 

Terwyl die duiwel net gedrog op gedrog uit wil baar. 
Die swakkeling die een na die ander projek laat vaar. 

Soveel huweliksklokke verliefdes bevestig as ʼn paar. 
In skeihowe huwelikspare so hatig na mekaar staar. 

Die optimis positief oral nuwe geleenthede gewaar. 
Terwyl die pessimis net alles as tevergeefs verklaar. 

Kyk – daar is ʼn jongman wat roep; ek hou van haar. 
Met moeite en verdriet sal sy later swaar moet baar. 

Terwyl die selfmoordenaar vir oulaas sê: ek is klaar. 
Breek die son deur donker wolke om vrolik op te klaar. 

Terwyl 'volmaak' in afgryse na 'onvolmaaktheid' staar. 
Is dit juis die onvolmaakte wat God se genade gewaar. 

So raak deur loutering op loutering die siel so gehard. 
En deur praktyk raak menig wese so wys en bedaard.


Openbaring 1149 
Dwaasheid uit ʼn kitsprofetekring.

Woensdag 7 Julie 2010 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit ʼn kitsprofetekring word nou wyd gespekuleer. 
Daar word nou so slim- hoogdawerend gekommunikeer. 
Ja, met soveel eindtyd profete wat op en af paradeer. 
Wild en wakker word oor die wederkoms gespekuleer. 

So word die goeie woord net al hoe meer verrinneweer. 
Valse woorde saai verwarring om die skape weg te keer. 
Soos wat almal as gereïnkarneerde Elias’ nou probeer. 
Om selfs die heiliges met hulle datums te terroriseer. 

Eens was God self op aarde om die mens te kom leer. 
Om hulle nooit met uitgewerkte datums te assosieer. 
Waarom wil die mens in hoogmoed altyd spesialiseer. 
Om met heilig-Goddelike datums te probeer spekuleer.
Sodat ander hulle nou as die voorlopers moet waardeer. 
Ander daardeur van die waarheidsessensie weg te keer. 

Waarom begin hierdies nie eerder om hulself te bekeer. 
Sodat hulle nou ander die volgende waarheid kan leer. 
In plaas van om hul vrees op die eindtyd te projekteer. 
Eerder die Gees van God in hul hart te akkommodeer. 

Waar elkeen self vir 'data' met Hom kan kommunikeer. 
Om nie as profeet – maar as kind van God te spesialiseer. 
Sodat die Liefdesgees in almal se harte kan harmoniseer. 
Om daardeur God se skape so in een kraal te kan keer. 
Waar almal vreesloos op Sy koms wag om Hom te eer. 

Tot hoeveel valshede was die mens nie al geaffekteer.
Daardeur was vele in die sloot van onkunde omgekeer. 
Moet julle self daarom nie na blinde leermeesters keer. 
Wie is daar nog wat sinneloos oor eindtye wil spekuleer. 
Terwyl hulle self met God in hulle harte kan kommunikeer.


Openbaring 1150 
ʼn Gevaarlike pikswart blom.
Donderdag 8 Julie 2010 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In moderne woude gemaak vanuit glas en beton. 
Kyk – daar staan kwaad in kamma goed vermom. 
In sy hand hou hy ʼn nare giftige pikswart blom. 
Hy laat dit val en dit bars oop as ʼn kiembom. 

Die stedeling asem dit in – soms is hul so dom. 
Waarna hul nou paniekerig saam begin te drom. 
Oornag raak die eerste stad oud, grys en krom. 
Baie vertrek nou vinnig met ʼn haastige pardon. 
Maar – O wee, om die stad is troepe reg rondom. 
Massas begin nou boosaardig vir regerings grom. 

In moderne woude gemaak vanuit glas en beton. 
Daar staan die dood in ʼn baie klein kiem vermom. 
Soveel gesondes staan oornag oud, siek en krom. 
Voordat brommers om hul lyke saam begin drom. 

Gesondheidsbeheerliggame staan hieroor verstom. 
In kwarantyn sluit gesonde stede hulle reg rondom. 
Op die vleuels van die wind kan die kiem oral inkom. 
Met duisende maal duisende wat nou oral omkom. 
Roep sterwendes desperaat vertel ons net waarom. 
Daar antwoord ʼn Arabier: alleenlik vir Allah – daarom. 

Kyk – in moderne woude gemaak vanuit glas en beton. 
Meedoënloos staan die dood as onskuldig vermom.
Kyk, in sy hand hou hy ʼn gevaarlike pikswart blom. 
Hy laat dit val en dit bars as ʼn gevaarlike kiembom.