.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1151 
ʼn Derde van ʼn laaste derde.
Vrydag 9 Julie 2010 24:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk hoe die sekel nou slaan – terwyl die oes vergaan. 
ʼn Derde van ʼn laaste derde het agter ʼn afgod aan gegaan. 
Skouer aan skouer juigend vir ʼn sokkerbal opgestaan. 
Terwyl hul kruiperig met die dood – skouer skuur saam. 

So min is oor! Roep ʼn engel terwyl hy die getal beraam. 
Oor soveel Goddelike verraad, swyg stil- selfs die haan. 
So klink die rylied van die dood – duisende is verslaan. 
Stil skuif ʼn wêreld sy toekomsplanne nou van die baan. 

Oor verlore rykdomme vee die rykes skelm weg ʼn traan. 
Terwyl liberaal tevergeefs berouvol in sak en as vergaan. 
Ja, kyk hoe die sekel slaan terwyl die oes nou vergaan. 
Verskrik roep baie die dood toe: waar kom jy vandaan. 
Hy gryns hulle toe terwyl hy hulle na Hades laat gaan. 

In hulle godverlore toestand kan baie nou nie verstaan. 
Waarom God nie op hul smeekbedes wil nader staan. 
ʼn Derde van ʼn laaste derde het agter Ubuntu gegaan. 
Laat hul nou die drom vir die voorvadergees loop slaan. 

Vir ʼn sitplek op ʼn pawiljoen kon hulle ʼn plan beraam. 
Maar die ordeswet van God – dit kon hulle nie verstaan. 
So slaan die sekel terwyl die oes op die land vergaan.


Openbaring 1152 
So weinig wat hul nog kwel.
Saterdag 10 Julie 2010 23:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk die aarde is swanger met ʼn boosaardige kind geswel. 
Met ondenkbare getalle word oral met rekenaars geld getel. 
Terwyl die handelaars hulle oor valuta en effektebeurs kwel. 
Mynmasjinerie net al hoe dieper agter rykdomme aan dwel. 

Terwyl verbruikers onversadigbaar net meer en meer bestel. 
In ʼn skrikbewind heers oor geheel die aarde ʼn Satanskartel. 
Terwyl hul handlanger – die kerk aan die mens net leuens vertel.
Die mens hulle nie meer langer oor sy eie ondergang ontstel. 

Aartsvyande hand om die skouer, verbeel hul is mekaar se pel. 
Oor die aarde uitgeskud is die totale inhoud van die grote hel. 
Die aarde kreun – kyk ek is kwaadaardig verrot tot in elke sel. 
Terwyl engele fluister: niks op die aarde is meer gesond of wel. 

Ja, ʼn tydvak smartlik sterf en niemand roep haar toe vaarwel. 
Daar is so min wat probeer om verlore drade met God op te tel. 
Selfs die heiliges huiwer om ander van God se genade te vertel. 
Maar met kwaadaardige nuus kan die mense mekaar vinnig bel. 
Om met leedvermaak, mekaar so van ander se val te kan vertel. 

Kyk die aarde is swaar swanger met ʼn boosaardige kind geswel. 
Maar terwyl ʼn mensdom net al hoe dieper in sy sonde rond dwel. 
Is daar so weinig mense oor wat hulle nog werklik hieroor kwel.


Openbaring 1153 
ʼn Edel olyftakkie.
Sondag 11 Julie 2010 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O Sion bring in hierdie dae nou jou volle kant. 
Ja, versterk die werkingskragte van jou hand. 
Rig na God die volle werking van jou verstand.

Net julle het as ʼn losprys nie julle siel verpand. 
Oor jou grondgebied het die bose geen verband. 
Aan hierdie oorblyfsel bring ek ook nou My kant. 

As smet en vloek was julle lank genoeg gestrand. 
In die huis van Israel is my seën spoedig konstant. 
As edel olyftakkie- is julle Suid van Afrika geplant. 

Deur al die moondhede is jul wreed rondgestamp. 
ʼn Wêreld het jul uitgekryt as vertraag en verkramp.
Op elke manier was jul aangeval op jul weerstand.

O Sion- bring in hierdie dae nou openlik jou kant. 
Smee met waarheid en regspraak ʼn hegte band. 
Kyk midde in Sion, in Jerusalem vestig Ek My amp. 

Die gelofte in Jakob hou Ek in Sionsberg gestand.
Op die pleine van Jerusalem sal My volk ontspan. 
Kyk alles onrein word vanuit die nuwe stad verban. 


Openbaring 1154 
Donderweer en bliksemstraal.

Sondag 11 Julie 2010 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die brandreuk van donderweer en bliksemstraal. 
Roep die oordeel – die tyd raak nou min en skraal. 
Wraak is reg om wreed te begin met skerp staal. 
Skellend roep dit; alles is ons sʼn – sonder omhaal. 

Kyk, in die slag van ʼn donderslag se bliksemstraal. 
Is dit te laat om God se Liefde te win, of loop haal. 
Om tussen goed en kwaad te besin is nou skraal. 
Ja, ewig te laat om oor te begin – so lui die verhaal. 

In die dodelike verterende vuur van ʼn bliksemstraal.
Bloedbelope oë van barbaar – wat waansin uitstraal. 
Die woord genade raak nou min en dit is so waar.
Die profetiese woord was mos net ʼn onsinverhaal. 

In die doodskruitdamp van die skerp bliksemstraal. 
Is dit ewig te laat om die ewige lewe te win – sowaar. 
So roep die oordeel; die tyd raak so min en skraal. 
Tyd word aan niemand meer vergun – word gesmaal. 
So kom die oordeel in die slag van ʼn bliksemstraal. 


Openbaring 1155 
Die kop van die dier.

Sondag 11Julie 2010 22:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ die dier, ja die kop van die dier.
Is nou net ʼn nuwe gier – ja ʼn gier.
Word as god toegejuig; hy is hier.

Die dier, ja, die kop van die dier.
Die wêreld is met sy gesig versier.
Almal roep: sy krag is soos 'n stier.
Voor hom moet buig- selfs die tier.

O’ die dier, ja die kop van die dier. 
So is die tyd ook vir hom bestier.
Kyk, hy raak nou siek in elke nier.
Ja heeltemal vergif tot in elke klier.

Iemand tel – een, twee, drie, vier.
Binnekort vir hom meer geen plesier.
Maar sy lyk word as heilige versier.

O’ die dier, ja die kop van die dier.
Word nou verewig op goud en papier
Maar in die hel verskyn hy as vampier.
Hier het niemand aan hom meer plesier.
Nou is hy kleiner as die kleinste mier.


Openbaring 1156 
So klein die offer.

Dinsdag 13 Julie 2010 14:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Vanuit 'n gekompakteerde energieontploffing.
Word glansryk vanuit niks 'n son voortgebring.
Vanuit die son word God se boustene uitgebring.
Om en om die son, begin die boumateriaal te kring.
Deur magnetisme word gelyksoortiges saamgebring.
Met ʼn eerste omwenteling begin 'n massa se rotering.
Terwyl dit in ʼn siklus- om sy moederson begin te spin.
Is dit soos ʼn eier- wat wag op sy lewensbevrugtiging.
Vanaf die heel eerste mosplantjie en baie klein varing.
Loop in frekwensie Goddelike DNA ragfyn soos garing.
So suiwer die lewe – in die Goddelike ordes se bewaring.
Om deur liefdesmagnetisme in gelyksoortiges se paring.
ʼn Offer van suiwerheid in hulde aan die Skepper te bring.
So is in sewe eons ʼn planeet in voorbereiding gebring.

Vanuit suiwer materie is die mens se liggaam gebring.
Vanuit volmaakte eter- die boustene vir die siel gebring.
God het Sy Gees in die neus van Sy beelddraer gebring.
Vanuit sy eie DNA is vir die mens weer 'n maat gebring.
So het die spieëlbeeld van God in volmaaktheid ontspring.
Met ʼn wet – moet nie die verbasteringsvrug na die lippe bring.
Dit onvolmaak – word nooit voor die ontoeganklike lig gebring.
Maar as voorsorg het God 'n volmaakte boom laat ontspring.
Slegs hierdeur sou die mens die ewige dood vry kon spring.

Maar so het die aarde se tye vergaan in gruwelverbastering.
So klein die volmaakte offer ten einde laas voor God gebring. 


Openbaring 1157 
ʼn Tradisionele leier se lyk.

Dinsdag 13 Julie 2010 22:40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek die lyk van ʼn tradisionele leier of koning wat geklee 
in ʼn luiperdvel lê en wat in sy val opgeskuif het om sy dikkerige buik 
te ontbloot. Sy bo-arm lê oor sy gesig wat verhoed dat ek hom identifiseer.


Openbaring 1158 
ʼn Visioen oor ʼn vuur.

Woensdag 14 Julie 2010 23:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In my gees sien ek in ʼn donker nag ʼn vuur wat in oomblikke droë hout 
tot as verband – waarna die dag nou oor die nag begin breek. In die grys 
oggendlug sien ek die koue as van dit wat oorgebly het lê, waarna 
ʼn warm sonnetjie oor die horison begin verskyn wat ʼn vonk uit die dooie 
as laat ontspring, waarna ʼn sterk hand stewige houtstompe daarop plaas 
waaruit ʼn vuur warm en baldadig begin knetter.


Openbaring 1159 
Morsig en vuil.

Woensdag 14 Julie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel roep luid; kyk hoe morsig is die land.
Kyk dit is besmeer – so bevuil van kant tot kant.
Veroordelend wys hy nou daarna met sy hand.
Hy roep sy maat- wys aan hom die land se stand.
Hy wil weet, hoe bring ek dit aan hulle verstand.
Om dit op te ruim – van elke hoek tot elke kant.

Sy maat gee raad: wees met hulle so blatant.
Vra aan hul hoe God in dié gemors moet land.
Vertel aan hul; slaan aan die ploeg nou jul hand.
Anders sal ek met vuur dit skoon kom brand.
Waarna ek die kwaad na Hadesland sal verban.
Hier lê julle vir ewig so in julle eie drek gestrand.

ʼn Engel roep luid – kyk net hoe morsig is die land.
Ja, met sonde besmeer – bevuil van hoek tot kant. 


Openbaring 1160 
Die laaste uur.

Donderdag 15 Julie 2010 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn tydglas waarvan die laaste sand uitloop, waarna ʼn hand 
uitgesteek word om dit ferm op te tel en omdraai om dit met 
ʼn klapgeluid neer te sit terwyl ʼn Stem sê: Die laaste uur het begin.

Openbaring 1161
Sion se trou teenoor wêreldse lou.

Donderdag 15 Julie 2010 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, so gehawend, gedaan en gestrand.
Het ʼn wêreld Satan aanbid – so blatant.
Ja, so gehawend so, gedaan en gestrand.
Waar was die nasies en volke se verstand.
Geheel so gehawend, gedaan en gestrand
Hoe het geheel die wêreld tog hierin beland.
Kyk, so gehawend, so gedaan en gestrand.
Lê biljoene oorwonne – Satan nou tot klant.

Maar uiters gelouter, so gesout en getrou.
Vanuit almal, toon slegs Sion haar berou.
Ja, so uiters gelouter, so gesout en getrou.
Vanuit hulle almal was net Sion te vertrou.
Tot die uiterste gelouter, gesout en getrou.
In haar liefde was Sion net nooit nie ontrou.
Ja, so uiters gelouter, gesout en ook getrou.
Word Sion as voorbeeld vir almal uitgehou.

Maar so geduldig, so gedienstig en gedwee.
Agter die sonde rek die wêreldling hul treë.
Ja, so uiters geduldig gedienstig en gedwee.
ʼn Wêreld voel oor God nie die minste verleë.
Kyk; so geduldig, so gedienstig en gedwee.
ʼn Mensdom is geheel in sondesmet beklee.
So uiters geduldig, so gedienstig en gedwee.
Saam Satan- het die mensdom planne gesmee.

Maar uiters gelouter, so gesout en ook getrou.
Oor Sion het Elohim ewig nooit enige berou.
Kyk, so gelouter so gesout en uiters getrou.
So het Sion, Satan die spit laat afbyt en kou.
Kyk so gesuiwer, gelouter, gesout en getrou. 
Roep die engele: Sion kyk; God hou van jou.

Generasies so gehawend, gedaan en gestrand.
Onverskillig het hulle hul erfporsie so verpand.
Generasies so gehawend, gedaan en gestrand.
In hul groot liefde vir satan was hulle so blatant.
Generasies so gehawend, gedaan en gestrand.
Hul is so verslete – geslyt deur die tyd se tand.
Generasies so gehawend, gedaan en gestrand.
Kyk biljoene lê nou so in hulle eie lot gestrand.

Maar gelouter, gesout – tot die einde so getrou.
Word Sion as goeie voorbeeld vir almal gehou.
Kyk gelouter, gesout, tot die einde so getrou.
In haar liefde was Sion teenoor Elohim nie lou.
Ja, so gelouter, so gesout, altyd uiters getrou.
Vanuit geheel ʼn wêreld toon net Sion haar trou.
Tot die uiterste gelouter, gesout en ook getrou.
Roep die kleine Sion: My Elohim ek hou van Jou.

Maar so uiters gedaan, gehawend en gestroop.
Kyk – in vele sonde-uitputting daar lê die knoop.
Tot die uiterste gedaan, gehawend en gestroop.
Geheel ʼn wêreld het sy siel aan Satan verkoop.
Ja, so uiters gedaan, ja gehawend en gestroop.
Is daar biljoene wat na hel en Hadesland loop.
Kyk, uiters gedaan, gehawend en so gestroop
Was die groot leuen, mos so soet soos stroop.

Maar tot die uiterste gelouter- gesout en getrou.
Roep Sion: Elohim ek aanbid slegs net vir JOU.
Tot die einde so gelouter, gesout en so getrou.
Is Sion as die skone bruid vir Elohim uitgehou.
Uitermatig so gelouter, gesout en ook getrou.
Word Sion as voorbeeld vir die ewigheid gehou.
Ja, so gelouter – so gesout tot die uiterste getrou,
Roep die hemel: Sion – God is uitermatig lief vir jou.


Openbaring 1162
Wéét jy kan.
Vrydag 16 Julie 2010 11:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wanneer jy skielik onverwags na benede val.
Ja, so onder jou meegee- geheel jou lewensdal.
Wanneer die soete lewe verander in bitter gal.
Jy in jou wanhoop dink, kyk nou raak ek mal.

Wanneer toekomshoop in tonnelvisie versmal.
Jy magteloos uitroep: kyk ek gaan- ja, ek sal.
Maar jy jou vasloop in ʼn ondeurdringbare wal.
Jy uitroep: ek soek ʼn deurgang – ook hoe smal.

Wanneer alles om jou ineenstort met ʼn knal,
Ja, so onder jou meegee geheel jou lewensdal.
Steek uit jou hand – gryp SY kleed vas in jou val.
Roep: deur my hoop in U, sal ek kan, ja ek sal.
Kyk my God - U bemin en lief ek- so sonder tal.

Weef jou vingers om sy kleed – lief hom met jou al.
Weet – jou vingers sal Hy nooit losmaak in jou val.
Na Sy Vaderhart sal Hy jou bring en sê: weet veral.
Saam sal ons in eenheid sê: weet jy kan, ja jy sal.
 

Openbaring 1163 
Bring die kinders na My toe.

Vrydag 16 Julie 2010 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Laat die kinders na My toe kom en verhinder hulle nie. Maar die moderne ouer 
verhinder sy kind deur hul tot in die afgrond te bederf. Ja, hulle verhinder hulle 
deur hul, soos ʼn jong vrug, tot ontydige volwassenheid oorryp te druk en waar 
die kneusplekke tot vrot kolle in latere volwasse lewens ontaard. 

Die kinders word in hulle geestelike toenadering tot My verhinder deurdat hul
heeltemal gestroop van ʼn toelaatbare kinder vrye wil, deur ouers en ook 
massabeheer as goed geoliede outomate in die ratwerk van huishoudings 
en verotte samelewings moet opereer. 

Kinders word weerhou om na My te kom omdat hulle daarvan weerhou word 
om soos kinders, soms stout, maar tog so kreatief, hul as kinders uit te kan leef 
en ook om hul op brose ouderdomme reeds tot verwronge volwassenheid papvrot 
te druk. Daar is niks so skoon soos ʼn ongeskonde kindersiel onbewus van kaste- 
en klasseverskil wat onskuldig in kinderpret met ander kinders baljaar nie. 

Bring die kinders na My toe en verhinder hulle nie deur die vryheid van hul 
kindergees so te intimideer en onderdruk deur hul van jongs af te laat glo hulle 
is in alles beter, weet beter en is superieur oor die naaste in enige opsig nie. 

Ja, bring die kinders van die volk, goed ingelig vir hul ouderdomsvlak, maar spelend 
en kaalvoet na My toe, sodat EK hulle teen My Hart vas kan druk en daarom herhaal 
Ek My woorde van tweeduisend jaar terug – weet dat dit vir ʼn ouer beter is om 
homself met ʼn swaar gewig om sy nek in die dieptes van die see te werp, as om een 
van hierdie kosbare kinders van My te laat val.


Openbaring 1164 
Polities-korrekte kerkleuens.

Saterdag 17 Julie 2010 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Polities korrek leer kerke mense die leuen as waarheid verstaan. 
Binne die duister – donker gevangenis van hierdie leuen se raam. 
Laat hulle geen ruimte vir die Waarheid om sy man te kan staan. 
So sal in ʼn gebrek aan lig- die insig in onkunde moet vergaan. 

Ja, in ʼn donker nag probeer die pelgrim om sy pad oop te waan. 
Maar met ʼn goeie skerp Lig sal hy met sekerheid voort kan gaan. 
Paniekerig sal ʼn blinde in onkunde alles om hom stukkend slaan. 
Met die hulp van ʼn goeie Gids, sal hy veilig deur sy lewe gaan. 

In die gevangenis-geloofstrukture het biljoene vergeefs gestaan. 
In die doderyk het hulle vir ewig nooit- geen enige nut hieraan. 
Laat almal hulle daarom slegs deur God se heilige Gees vermaan. 
Alle Waarheid insig en Lig kom ewig alleenlik slegs hier vandaan. 

Polities so korrek leer kerke mense die leuen as waarheid verstaan. 
Terwyl hulle net die gruwelleuens van ʼn bose wêreldorde uitkraam. 
Ja, die wêreld en sy massas sal verwonder agter die leuens aangaan. 
Terwyl net ʼn handvol daarna smag om Lig en Waarheid te verstaan. 
Hulle wat weet dat Waarheid slegs vanuit Goddelike insig ontstaan.


Openbaring 1165 
Broederlike hoogmoedigheid.

Maandag 19 Julie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra: waarvandaan kom skielik die souterige reën. 
Die antwoord kom: kyk- dit is die engele wat nou so ween. 
Die eerste stem wil weet – wat is nou eintlik hulle probleem. 

Die antwoord kom: kyk; alles is nou uitermatig ekstreem. 
Terwyl ʼn wêreld so in ʼn bose eenheidsprogram toeneem. 
Staan die heiliges, mekaar so hatig in bykans alles teen. 

Terwyl die broederliefde oral drasties in hul midde afneem. 
Begin daar splintergroepies oral in hulle midde toeneem. 
Ironies, hoe meer hul hulself aan die kennis begin uitleen.
Hoe meer staan hul mekaar nou in die samewerking teen. 

So val hulle Satan so maklik ten prooi, ja menig baie een. 
In splintergroepies raak ʼn volk nou van mekaar vervreem. 
So verswak hulself in hulle midde nou die Goddelike seën. 
Maar om oor mekaar te kan heers – dit wil bykans elke een. 
 
Iemand vra verwonderd: waarvandaan kom die louwarm reën. 
Die antwoord kom: kyk- dit is God se engele wat so ween. 
Terwyl ʼn wêreldorde nou so kragtig in sy eenheid toeneem. 
Wil die heiliges so hoogmoedig oor mekaar die leiding neem. 

Waar elk verklaar: kyk oor ons skyn God se salwings-seën. 
So kyk hulle nou om hulle heen- en sien hulle staan alleen. 
Vanuit hulle midde klink dit nou so verward: waar nou heen? 

Oor die nederiges van hart neem mildelik toe – God se seën. 
In plaas van om te sê: kyk ons sal die voortou-leiding neem. 
Staan hulle nader, om mekaar se laste oor te begin neem.


Openbaring 1166 
Bloedrooi sak die son.

Woensdag 21 Julie 2010 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos bliksemstraal flits die vlymskerp swaard van 'n beul. 
In die kerngloed wat skouspelagtig om die atmosfeer smeul. 
Lag dawerend die dood en roep: ‘O hoe goed het ek nie geheul’.
In die vraatsug na kennis kon die mense hulle net nie beteuel. 
So bloedig- morsig pars uit die ratwerk van die tyd se meul. 
Dit wat eens mens was maar hulle nie kon beheer of beteuel. 
Die mens roep uit; van heeltemal te veel raak ons nou verveel.

Bloedrooi sak die son en die maan skyn eienaardig helder geel. 
Met die rot nou trommeldik – raak galbitter eens gesonde meel. 
Met die kennis tot hul beskikking om wispelturig mee te speel. 
Word onoordeelkundig die vooruitgang met agteruitgang toebedeel. 
Ja, met God se boustene was uitermatig onverantwoordelik gespeel. 
So word die einde van ʼn beskawingspeil deur sy wetenskap verseël. 

Bloedrooi sak die son- en die maan skyn eienaardig, helder geel. 
Kyk die lotsbestemming van 'n planeet word in eie kernkrag verseël. 
Ja, soos ʼn bliksemstraal flits die vlymskerp swaard van die beul. 
In kerngloed wat onheilspellend-spookagtig om dié planeet afspeel. 
Lag dawerend die kennis in die dood, O hoe goed het ek nie geheul.


Openbaring 1167 
ʼn Voltooide ruiker.
Woensdag 21 Julie 2010 19:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het opdrag ontvang om die volgende uittreksel vanuit ʼn leseres se
brief onder die leiding van die Gees so aan te pas om dit as ʼn openbaring
te plaas.

In Openbaring 1159 word gevra waar Vader in hierdie vuil met sondebesmette
wêreld moet kom land. Ons weet dat Hy eerstens geestelik in ons harte gaan
neerdaal en na aanleiding hiervan het ek in gebed gevra dat Vader my/ons sal
help om ons te suiwer van alles onrein soos hoogmoed, liefdeloosheid, afguns, 
onvergewensgesindheid, jaloesie, eiesinnigheid en hoogmoed omtrent die 
kennis waaroor ons dink ons beskik en ook ons traagheid om te ywer in Gees 
asook die begeerte om bykans altyd in alles voor te wil loop in plaas daarvan 
om veel eerder diensbaar teenoor ons naaste te raak terwyl ons deurentyd in 
selfondersoek tot volle erkenning oor en in ons swakhede kan ontwaak sodat 
daar reiniging sowel as genesing binne ons kan plaasvindwaarna ons hierna 
met gereinigde harte ons kan versier vir ons Bruidegom, soos wat net 'n bruid 
haar op haar mooiste kan tooi vir die groot liefde van haar lewe.

Wat 'n ongelooflike voorreg sal dit nie wees om ons harte te versier vir die 
volmaakte Bruidegom van alle tye nie. Om dit met die fraaiste blomme
bestaande uit ons liefde en totale oorgawe in en tot Hom, ja, met pragtige
lelies van ywer om Hom te behaag en daardeur volgens Sy wil te kan lewe 
en om dit hierna af te rond met vars loof, bestaande uit ywer gekombineer
met liefde, geduld en diensbaarheid teenoor ons naaste. 

Hoe wonderlik sal dit nie wees om hierdie voltooide ruiker van barmhartige 
nederigheid en deemoed aan Hom te oorhandig nie, sodat Hy in elke dag se 
handel en wandel meer gestalte in ons sal kry. Miskien kan ons mekaar 
hierdeur aanspoor tot groter werksaamheid en net miskien kan ons ook 
daardeur die Engele se onnodige trane afweer en so ons Vader se smart 
omkeer tot groot vreugde oor sy Sionskind.


Openbaring 1168 
Dooie geloof sonder liefde.

Vrydag 23 Julie 2010 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister net na die heimwee-klank in die roep van die pou. 
Dit klink soos die kreet van ʼn kind wat aan die lewe klou. 
So brand die hoop nou laag en die liefde is so bitter flou. 

Soos ʼn stomme dier wat lusteloos daar staan en herkou. 
Staan baie onbetrokke hul lewenshandewerk en aanskou. 
Hul wonder waarom hulle so wanhopig aan die lewe klou. 
Met geen behoefte om meer lojaal nog te sweer hulle trou. 

Kyk, geloof raak koud en skraal en die liefde brand so flou. 
Op los sand was vergeefs ʼn mensdom se toekoms gebou. 
Vanuit watter hoek die wêreld ookal sy handewerk beskou. 
Kyk, in alles maar alles – het hulle net uitermatig verbrou. 

So leweloos en fataal, voel menig baie man sowel as vrou. 
Hulle geloof en hoop lê laag en waarheen is hul liefde nou.
Met barmhartigheid gedaan, genade in vergetelheid weggevou. 

In ʼn geestesdorsland sonder bietjie Godsgenade wat uitdou. 
Brand die liefde, ja die oorkoepelende liefde so uitermatig flou. 
Terwyl deernis en omgee nou vervaag en in haat die oë vernou. 

Wat voer Satan vir die heel laaste ronde nou weer in die mou. 
Kyk, oor die mensdom sak in ʼn donker kleed nou in volle rou. 
Luister daarom na die heimwee klank in die skreeu van ʼn pou. 

Na die sekel wat slaan- terwyl die oordeel so waansinnig skrou. 
Kyk hoe desperaat probeer bloedige hande om die dood weg te hou.
Maar nog steeds brand die hoop so laag en die liefde bly flou. 
In die dorsland van dooie geloof is daar net nog ʼn graf gegrou.


Openbaring 1169 
ʼn Jong mens se ervaring.

Saterdag 24 Julie 2010 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek was die afgelope twee weke intens betrokke by ʼn (eens) jong wêreldling,
om meer presies te wees ʼn wel belese en berese, gegradueerde jongman wat 
in (semi) afsondering na die dieper doel en betekenis van sy bestaan wou
deurdring. Na sy vertrek vanoggend het ek op opgefrommelde aantekenings
afgekom en ʼn geestelike opdrag ontvang om die volgende uittreksel hieruit as
ʼn openbaring te plaas:

In my intense geestelike soeke, na onder andere my God in myself het ek
ontdek dat my siel niks anders as net ʼn leë vertrek by my geboorte was
nie, met slegs die Gees van God wat soos ʼn kers daarbinne gebrand het. 

Soos wat ʼn mens met die ontwikkeling van jou verstand jou eie besluite begin
neem op grond van jou ingebore asook aangeleerde oordeel- beginsel- en
onderskeidingsvermoëns, word hierdie kamer mettertyd gevul met objekte wat
jou dade verteenwoordig, hetsy dit goed of sleg is, so het ek gevind dat
alle goeie dade ligte-voorwerpe verteenwoordig waardeur die kamer van die
siel ophelder soos die lig van ʼn vlammetjie wat duisendvoudig deur helder
spieëls weerkaats word. 

Waar onrein gedagtes en onsuiwer dade as donker, duister voorwerpe nie 
die vermoë het om lig te kan weerkaats nie en daarom die kamers van die 
siel so laat verduister totdat dit die vlammetjie so verswak waarna dit dan 
ook spoedig uitbrand om alles binne die siel in ʼn donker toestand te laat. 

Al wat nou vir die siel tot redding oorbly is om daardie donker voorwerpe 
onder die suiwer lig van alle LIG na die voet van die kruis vir suiwering 
sowel as vergewing te bring en daaruit te leer om nie weer dieselfde foute 
te begaan nie. 

Die wederkoms van ons Messias sal daarom eerstens plaasvind in die 
gesuiwerde kamers van ons harte wat deur ʼn geneesde siel vir Hom in 
voorbereiding gebring is.


Openbaring 1170 
ʼn Vrye suiwer gees.

Sondag 25 Julie 2010 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, so uiters breekbaar en prosieus. 
Ja, in die gevangenisse van die vlees.
Roep so hoopvol- desperaat die gees. 
Ongebonde in my vryheid wil ek wees.
Waar geen bande oor my kan heers. 

Ja, so uiters breekbaar en prosieus. 
Roep ʼn siel benoud – haarself so hees. 
In binding wil ek nie meer langer wees. 
Ja, in kettings van die bindende vlees. 
Heers ewig nooit nie die vryheidsgees.
Soos in arendsvlug wil sy net vry wees. 
Wee elkeen hier wat wette voor wil lees. 

Kyk, so uiters breekbaar en prosieus.  
Roep die siel in gevangenis so bedees. 
In strukture kan ek nie meer langer wees.  
Slegs in vryheid heers die Goddelike fees. 
Met geen meer vyande wat hier kan heers. 
Hoe volmaak om suiwer gees te kan wees.


Openbaring 1171 
ʼn Duister wêreldkarnaval.

Sondag 25 Julie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn wêreldkarnaval beweeg daar bose feë. 
Skaamteloos soos ʼn hoer – naak en ontklee. 
Om uittartend, uitdagend die kollig te betree.
Voel menig Christen in die minste nie verleë. 
Om openlik met satan hulle planne te smee. 

Met hul sonde uitspattig uitgestal soos trofeë.
Word biljoene aan hulle vele gruwels bestee. 
So bitter min sit hul nog teen die sondes tee. 
Terwyl massas die breë wêreldweë nou betree. 
Openlik blatant gaan hul nou op Satan se weë. 

Aanbiddend is hul liefde nou net in hom geleë. 
Vir dit wat die wêreld aanbied, sê hulle nie nee. 
Op hulle swart sabbat word om Lucifer geskree. 
Terwyl hul-hul kosbare siel gratis aan hom gee. 
Vereer hul die bose nou met hul duister poësieë. 

Kyk- in hierdie karnaval is almal in swart geklee. 
Met ʼn gruwel-trippel-ses op hul voorkop as trofeë. 
Dans mense as demone – gekamoefleer as bose feë. 
O’ kyk hoe walglik drom hul nou saam soos vlieë. 
Terwyl hul teen die heiliges nou hul planne smee.

So kom die oordeel om onverbiddelik nader te tree. 
Om dit -uiters verrot- van die aarde weg te kom vee. 
Spoel reinigend daar oor droë gebiede nou die see.
Waarom voel die massas nou so lam in hul knieë. 
Ja, waarom roep hulle nou so paniekerig – O' Wee. 

Waarom gee alles onder die wêreldkarnaval mee. 
Die mensdom staan nou verslae soos stomme vee. 
Kyk in ʼn doodskleed staan die kermis nou geklee.
Ewig te laat was hulle voete op die verkeerde weë.


Openbaring 1172 
In een asem.

Maandag 26 Julie 2010 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ kyk – die wêreld is in alles nou so uiters banaal. 
In goed sowel as kwaad sien hul net potensiaal. 
Geloofstrukture staan teenoor alles so neutraal. 
In een asem aanbid hulle God- sowel as vir Baäl. 
Hul geniet die heilige sakrament en smul halaal. 

Hul priesters hou die mis en spreek in heilige taal. 
Saans is hul homoseksueel en dans uitspattig kaal. 
Maar gemeentes stroom steeds na die katedraal. 
Om te luister na ʼn verwronge gruwel-leuenverhaal. 

Terwyl hulle so rojaal in die kerkskatkis inbetaal-
geestesarmoede net al hoe meer op hulle neerdaal. 
Word hatig in die rigting van die opregtes gesmaal. 

O’ kyk – die wêreld is in alles nou so uiters banaal. 
Die dom gemeentes dink hulle is net die sonstraal. 
In hul leë geloofstrukture voel hulle tog so sosiaal. 
Vir hierdie voorreg word hulle kerke so ruim betaal. 

Ja, in een asem aanbid hulle God- sowel as vir Baäl.
Hulle geniet die heilige sakramente en smul halaal.



Openbaring 1173 
Die stilte voor die storm.
Dinsdag 27 Julie 2010 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk- in die stilte voor die baie groot storm.
Word in konveksiestroom onheile gevorm.
Terwyl die weer nou oral gevaarlik donder.
Wek weerstoestande- oral groot kommer.

Kyk- in die stilte voor die baie groot storm.
Word in lugdruk ʼn groot ‘hurricane’ gevorm.
Weer en wetenskaplikes begin bekommer.
Maar hul lieg blatant en sê dit is sommer.

Kyk- in die stilte voor die baie groot storm.
Word deur winde baie groot chaos gevorm.
Oor klimaatstoestande raak almal dommer.
Onder die oordeel buig almal net krommer.

Kyk- in die stilte voor die baie groot storm.
Word in konveksiestrome nou hael gevorm.
Terwyl die weer nou oral boosaardig donder.
Begin vele mense oor hul sondes te wonder.


Openbaring 1174 
Raka se verwoestingspoor.
Dinsdag 27 Julie 2010 14:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Onder sy voete lê die velde van die aarde dof en braak. 
Daar waar sy oë val – daar moet hy net stukkend maak. 
Sy ma, so dom, is heeltemal deur intelligensie versaak. 
Soos uitskot is hy vanuit die aarde as vuilis uitgebraak. 
Sy pa, sy gruwelvader is niemand anders as die draak. 
Sy naam is Raka, om te vernietig en breek – dit is sy taak.
As veldwagter, moes Adam wakker oor hom kom waak. 
Maar Adam, ja, die Adam, het Raka sy baas kom maak.

Onder Rakas’ voete lê groen weivelde as woestyne braak. 
Onder sy hand verwelk alles – met bome word vuur gemaak. 
Want Raka, ja die Raka, het met sy planeet net geen saak. 
Kyk hoe dof en leeg is sy oë – sensitiwiteit het hom versaak. 
Terwyl hy dans en lag, geniet hy dit om alles dood te maak. 
In mens sowel as dier se lyding, daar lê verskuil sy vermaak. 
Luister na die geraas as hy blaas, dit is bome wat so kraak. 
In dorre dooie vlaktes- daar sien jy lê Raka se wrede wraak. 

Ja, onder sy spore lê eens groen velde van die aarde so braak. 
Waar sy pote trap daar besluit die Vrugbaarheid om te staak.
Met Raka wat teel is sy getalle besig om alles klaar te maak. 
Die Weste het gepoog om hom as beskawing te laat ontwaak. 
In sy opvoeding is daar alles probeer, met net geen deurbraak. 
Al wat bereik is, is ʼn koue bose woede wat in hom sou ontwaak. 

Hy stamp met sy voete en smak sy lippe- vir ʼn bloedsmaak.
Terwyl bose geeste- soos paddas vanuit sy siel begin kwaak, 
verpletter hy die bome sonder dat suurstof vir hom saak maak. 
Met sy ma so dof, is hy heeltemal deur intelligensie versaak. 
Sy pa, ja sy gruwelvader, is toe niemand anders as die draak. 
Israel in jou groot woede wanneer jou woorde jou nie kan traak. 
Moet ewig nooit jou bloedbroer in skeltaal as ʼn Raka uitmaak. 
Oor die wese van Raka- sal ewig nooit die heilige Gees waak. 

Onder sy spore lê eens groen weivelde nou as woestyne braak. 
Engele vergaap hulle aan 'greenpeace' wat Raka koning maak, 
terwyl hy sy voete stamp en bome afkap om vuur te kan maak.
Daarom kom die tyd- wat die Aarde haarself gelyk gaan maak. 
Woedend sal sy haarself van Rakas’ werke skoon kom maak. 
Sodat die saad van bome en plante weer in haar kan ontwaak. 
Sonder dat Raka weer met haar kosbaarhede vuur sal maak.


Openbaring 1175 
Geen toekoms situasies.

Woensdag 28 Julie 2010 20:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met ʼn toekoms sonder toekoms situasies. 
Sit die mensdom nou met soveel aspirasies. 
Ja, so sit oud en jonk nou- al die generasies. 

Vasgevang tussen vele keuses en variasies. 
Staan siel teenoor gees met konfrontasies. 
In menig lewe veroorsaak dit konsternasies.

In menig wingerde is hierdie klein jakkalsies. 
Wat gestalte kry in menig baie fieterjasies. 
So ontstaan in owerspel- nou vele flirtasies.
Gesinne word vernietig deur hierdie dierasies. 

Met ʼn toekoms nou sonder toekoms situasies. 
So kom en gaan die dae in eentonige rotasies. 
In menig wingerde is dodelike klein jakkalsies. 
Deur hul toedoen ontstaan soveel fieterjasies. 

Jongmense raak meer uitspattig met klerasies. 
Oude dames verjong hulleself deur operasies. 
Ou geil bokke loer nou na jong lote vir variasies. 

So vra almal nou vir ruimte, ook groter spasies. 
So ontstaan in owerspel ontroue vuil flirtasies. 
Ou huwelikstrukture verander nou in murasies. 
Ja kyk, in stede en dorpe en ook al die plasies. 

Met ʼn toekoms sonder enige toekoms situasies. 
Verander verhoudings nou soos bose mutasies. 
Verhoudings kwyn in woorde se dooie resitasies. 
Ja, die getrouheid maak plek vir onreine variasies.


Openbaring 1176 
Sewe boodskappervorste.
Saterdag 31Julie 2010 15:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Fronsend loop Satan en mompel: ek bemerk ʼn ligte gloed. 
Hierdie lig is verseker tot my val, ja, dit is wat ek vermoed.
Dit kom van die ligdraers wat my verdere werk wil verhoed. 
In hierdie ligte bemerk ek sterk geloof en vasberade moed. 

Hy voer ʼn monoloog en sê: ek soek desperaat hulle bloed. 
Ek moet hulle net vind, regdeur die wêreld sal ek hul soek. 
Daarna sal ek hul slinks nader met ʼn baie vriendelike groet. 
Met my beproefde tegniek van woorde so vals – maar so soet. 
Stelselmatig, maar so slim ook hulle op my groot leuen voed. 
Deur mag en materie sal ek dat die twyfel wild in hulle woed. 
My aas sal ek na hulle uitgooi, met Mammon aan my hoek.

Ja in groot verleiding sal ek hierdie heiliges nou ook besoek. 
Die suiwer waarheid sal ek besoedel, met vuil pikswart roet. 
Terwille van oorlewing as verskoning sal ek hul nou besoek. 
So loop Satan fronsend en mompel; kyk ek bemerk ʼn gloed. 
Kyk my tyd raak min- ek weet dit sonder om dit te vermoed.

Luister net na die ketting-geraas – dit is Gabriël wat my soek. 
In ʼn duisendjaar gevangenskap- moet ek mos gaan boet. 
Daarom sal ek nou met die hele hel die aarde kom besoek. 
God en mens sal eenmaal sien hoe lyk werklik – vuil wasgoed. 
Brullend soos ʼn leeu, sal ek ieder en elk, nou kom besoek.

Ja, in ʼn ligglans bemerk ek al hoe sterker hierdie reine gloed.
In menslike identiteite sal ek sewe boodskappervorste soek. 
Soet soos heuning sal ek hul heel eerste met ʼn leuen besoek. 
Ja hul menslike karakter sorgvuldig vir swakplekke deursoek. 
ʼn Eed teen hul gesweer, ja in die voortyd van die Mammoet. 

Satan loop fronsend en mompel; kyk ek bemerk ʼn ligte gloed. 
In donderslag en aardbewing gaan Uriël die aarde nou laat boet.
Rafael is hier om God se verseëldes met die suiwer lig te voed. 
Migael kom deur groot chaos die nasies en volkere nou beboet. 
Met Raguel om die grotes en ook konings om te bring in bloed. 
Surakael slaan meedoënloos sy sekel, tussen kwaad en goed. 
Met Remiël wat sorg dat die Gog met Magog skoor moet soek. 

Maar luister na die ketting-geraas- dit is Gabriël wat my soek.
Haastig moet ek hulle daarom vind, ja om hulle te kan versoek. 
Eens het ek listig ook hul Meester in die woestyn loop besoek.  
Ek het met alles – maar alles probeer, om Hom te kon versoek. 
Maar in alles word ek toe maklik oorwin deur God se eie moed. 
Daarom het ek hom so wreedaardig aan ʼn kruishout laat boet.
Tot my spyt merk ek verbaas ook in die doderyk hierdie gloed. 
So het die Lig van God helder deur die helduisternis gespoed. 
Tot hulle redding was menig verlore siele self deur God besoek. 

So loop Satan en mompel: ek bemerk weer hierdie ligte gloed. 
Dit is boodskappervorste – kyk as mense loop hulle nou te voet. 
Demone sal ek stuur om hul te vind – skynheilig sal ek hul groet.
Ek sal hulle toets – deur die grootste verleiding sal ek hul besoek. 
Deur hoogmoed, mag en materie, sal ek dat twyfel in hul woed. 
Ja, my aas sal ek na hulle uitgooi, met Mammon aan my hoek.


Openbaring 1177 
Die hemel se beswaar. 

Sondag 1 Augustus 2010 17:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Terwyl ʼn mensdom biddend vra- God moet hul bewaar. 
Maak geheel die hemel hierteen nou baie erg beswaar. 
Hul voer aan- daar staan die mensdom nou as bedelaar. 
Maar kyk in hul oortredings, daar wil hul glad nie bedaar. 
Hulle bou kerke as Godshuis- kwansuis tog so kosbaar. 
Maar daar dien hul Mammon en hou vrolik ʼn kerkbasaar. 

Terwyl die mensdom vra dat God hulle nou moet bewaar. 
Maak die engele teen hierdie versoek so ernstig beswaar.
Hul sê voor God hou die mens hulself so moeg en klaar. 
Maar met die klank van hulle geld hou hul net jubeljaar. 
Met bloedbevlekte hande staan daar oral ʼn moordenaar. 
Ja, om elke hoek en draai skuil daar menig geweldenaar.

Terwyl ʼn mensdom biddend vra God moet hulle bewaar. 
Maak die groot leërskares hierteen ook nou erg beswaar.
Hul wys op gru-regstelsels wat die grootste onreg uitdra. 
Wat die skelm regerings en kartélle as onskuldig uitklaar. 
Die waarheid word onder eed verkrag, tot vals en onwaar. 
Maar oor onskuldig vergiete bloed- moet families bedaar. 

Terwyl ʼn mensdom biddend vra vir God om hul te bewaar. 
Lag Satan skaterend en sê: kyk nou net so ʼn bietjie daar. 
Van Oos na Wes spoed die mens so vrolik as ʼn pendelaar.
Vir elkeen van my vele gruwels is hul tog so uiters vatbaar. 
Alles wat ek voorstel word deur hul so sonder meer aanvaar. 
Hulle haat mekaar en maak so teen elke liefdeswet beswaar. 
Hulle vermink hulle aarde – kyk niks is meer vir hulle kosbaar. 
Van God en sy gebod dink hulle lankal meer niks – sowaar. 

Maar wanneer die onheil om hul roer en hul gevaar gewaar- 
staan hulle so vinnig met hul hande gevou nou biddend daar. 
Om hulle kamma oorgroot liefde nou aan hul God te verklaar. 
In nood is God goed genoeg om hul miserabele lewe te spaar. 
Terwyl Satan skaterend lag en sê: kyk nou net ʼn bietjie daar. 
Maak geheel die hemel- beslis, teen hierdie versoek beswaar.


Openbaring 1178
Job en die Boervolk.

Dinsdag 3 Augustus 2010 15:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So staan satan eendag in die vergadering van God. 
Hy kla ʼn mensdom aan as groot gemors en uitskot. 
Maar God praat: daar is ʼn uitsondering onder die lot. 
So sonder God vir Job nou uit – as sy baie groot patriot. 

Maar satan lag snedig-luid en vra: Wie! Dáárdie ou sot. 
Gee my net geleentheid en ek smee teen hom ʼn plot. 
Hierna sal U vind hoe vinnig hy nou sy toets kan dop. 
Kort voor lank vloek hy U dan ook nou maklik hardop. 

Met God se toestemming vertrek Satan toe op galop. 
Behalwe vir die lewe- was op sy oordeel geen verbod.
So verloor Job kinders, sy huis en haard, ja die hele lot. 
Hy skeur sy mantel- maar juig God toe met al sy lof. 
Maar so wreed en weer tref Satan hom met nog ʼn lot. 

Ja, so sit ou Job met bose swere en sy oë- so opgepof. 
So gedwee sit hy en krap hom met die skerf van ʼn pot. 
Terwyl sy vlees stadig van sy gebeentes weg begin vrot- 
bring hy al sy eer en hulde, ja ook sy liefde nou na God. 

Ja, so sit Job nou in sak en as onder ʼn baie ou Karob
So versigtig- so skynheilig nader drie vriende nou vir Job. 
Op ʼn afstand hou hulle hom nou so ondersoekend dop. 
Kyk: in medelye vir hom trek hulle kele nou op ʼn knop. 

Hulle skeur hulle mantels en werp hulself ook in die stof.
Hulle kry hom so jammer en hul oë raak van trane so dof. 
Kyk in selfbejammering raak Job se woordeskat nou grof. 
Hy vervloek sy eie geboortedag- uiters banaal nou so rof. 

Maar sy vriende skud die kop- en gee nuwe raad daarop. 
Maar al hulle raad klink vir hom so uiters verkeerd en dof. 
So bely Job nou voor hemel en aarde sy skuld hardop. 
So seën God weer Sy geliefde Job en hef hom vinnig op. 

So staan Satan weer eendag in die vergadering van God. 
Hy kla die mensdom aan as groot gemors en ook uitskot.
Maar God sê: daar is verseker ʼn uitsondering onder die lot. 
So sonder God nou die Boervolk uit as Sy spesiale patriot. 

Maar Satan lag so snedig en vra: Wie! Daardie kleine sot? 
Gee my ʼn geleentheid en ek smee teen hul ʼn bose plot. 
Hierna sal U vind hoe vinnig hulle hierdie toets gaan dop. 
Kort voor lank vloek hul U openlik nou so maklik hardop. 

Hierna vertrek Satan nou vinnig na Suid-Afrika op ʼn galop. 
Op hierdie arme kudde se oordeel was daar geen verbod. 
So verloor hul ʼn land, geliefdes, infrastruktuur – die hele lot. 
Kyk hul ween en murmureer maar juig hul God toe met lof. 

So sit ʼn volkie so verstote en alleen, met hulle gaan dit rof. 
Ja, so sit ʼn Boervolk nou so verdrietig oor al hul foute en tob. 
Maar deur dit alles plaas hulle hul liefde vir hul God voorop. 
Voor die hemel en aarde bely hulle nou hulle skuld hardop. 
So Seën God die Boervolk in Sion en hef haar liefdevol op.


Openbaring 1179 
In ewige onkunde.

Woensdag 4 Augustus 2010 22:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Tevergeefs, tevergeefs het die Gees so desperaat vermaan. 
In tronkmure van onkunde waar tralies om die siel toeslaan. 
Terwyl die toekomsewigheid so tragies nou tot niks vergaan. 
In ʼn verlore ewigheidsdimensie, ewig te laat om te verstaan. 
Terwyl ʼn wese nou so angstig desperaat om haar rondslaan.
Kyk- in die ontbinding lê haar nuttelose vlees nou en vergaan. 
Terwyl tyd en ewigheid in ʼn onontwikkelde siel, stil kom staan. 

Tevergeefs, ja, tevergeefs het die Gees so desperaat vermaan. 
Vir die siel om daadwerklik in die Goddelike Wysheid op te staan. 
Die siel het verkies om agter die lokstem van die vlees te gaan. 
So het die dood in die ewige onkunde nou op haar toegeslaan.
O’ waarom kan die mens nie die weg van die Wysheid verstaan. 
Slegs in geestelike ontwikkeling kan jy voor jou Skepper staan.
In onkunde en duisternis is die lewe nou bloot net ʼn illusiewaan.

Tevergeefs, ja, tevergeefs het die Gees so desperaat vermaan. 
Vir die wese om met haar lewe op die Wysheidsweg te gaan. 
Kyk in ʼn oogwink is die mens se lewe so gou verby – gedaan. 
Slegs ʼn graf is al wat herinner aan eens- ʼn mens se bestaan.
Voorwaar, voorwaar was die kosbare lewe- net ʼn illusiewaan. 
Op sy heel meeste werd, miskien die val, van ʼn enkele traan.
So kom die mens in die hiernamaals voor sy inhoud te staan. 

Tevergeefs, ja, tevergeefs het die Gees dikwels kom vermaan. 
Kyk, tussen die tronkmure van onkunde waar tralies toeslaan. 
Terwyl die kosbare lewe vergaan in ʼn onontwikkelde bestaan. 
In geestesrealiteit, is slegs uit Wysheidsliefde geheel die bestaan. 
Hoe onbegrens is hierdie dimensie waaruit die wese sou bestaan. 
Maar in ʼn kort aardse bestaan waar die mens dit moes verstaan.
Verkies hy dit om agter die lokstem van verganklike vlees te gaan.


Openbaring 1180 
Chaos in Mafikeng.

Donderdag 6 Augustus 2010 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen bevind ek my midde in groot onrus en chaos wat dit self in
Mafikeng afspeel. Ek gewaar twee blanke jongmans, wat heeltemal onsigbaar 
vir die woedende skare, tussen hulle rondbeweeg – waarop ʼn derde, ook 
onsigbare, swart persoon na hulle gaan en sê: beide van julle lyk na baie 
goeie persone, kom daarom weg uit hierdie situasie, omdat dit niks met julle 
te doen het nie en hierdie situasie oral in die land gaan afspeel.


Openbaring 1181 
ʼn Goddelike lering.
Saterdag 7 Augustus 2010 16:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het die groot Meester eens die mens kom leer. 
Om dit wat boos is so vasberade die rug toe te keer. 
Jou vader en ook jou moeder- moet jy respekvol eer. 
Laat jou eerste vir die werke van die liefde nomineer. 
In nederigheid, jou oor sondes en foute ook korrigeer. 

Al die versoekings moet jy so vurig van jou wegkeer. 
Neem jou kruis op sonder om eenkeer te murmureer. 
Teen elke leuen- moet jy dapper staan en protesteer. 
Vreesloos voor konings gaan staan- vir God se eer. 
Pasop vir die listige tong van dit, wat is skrifgeleer. 

Ja, wees versigtig vir die suurdeeg van die fariseër. 
So het God eens as Rabbi die mens self kom leer. 
Om hul van Satans bose wêreldwerke weg te keer. 
Terwyl hulle getrou al Sy kosbaar liefdeswette eer. 
Ja, Hy het hul geleer – sien nooit op die naastes neer. 

Met moord en diefstal moet jul nooit nie assosieer. 
Maar gaan red die swakkes uit die wilde stormweer. 
Gaan leer die sondaars om hulle na my toe te keer.
Maar wees uiters versigtig vir die leer van die fariseër. 
Ja vir die suurdeeg van dit – wat is so uiters skrifgeleer.


Openbaring 1182 
ʼn Patetiese verhaal.
Sondag 8 Augustus 2010 17:30
  
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So lê in die kaalvreter se plaag ʼn patetiese verhaal. 
Waar in die vlerkgegons biljoene insekte rondmaal. 
Die lug sonder sonsverduistering duisternis uitstraal. 

Daar roep ʼn stem: O’ wee! O kyk! Die land raak kaal.
Met slegs nog ʼn paar wat hulle belasting kan betaal. 
Teen die voetganger-sprinkaan moet Afrika dit staal. 

Terwyl ʼn hongerverskrikking op sy bewoners neerdaal. 
Raak die Weste teen Afrika nou skielik so antisosiaal.
Net soos wit is swart ook nie meer by hul so spesiaal. 
Aan skerwe lê ʼn liberale droom – so sonder potensiaal.
So tevergeefs was die Bybel toe ook verkeerd vertaal. 

Kyk so lê in die kaalvreter se uiters patetiese verhaal. 
Net ʼn stem wat roep: O’ wee! O kyk! Die land is kaal. 
Trek daarom styf elke belt, ook die graan raak skraal.
Teen hongersnood moet Afrika dit desperaat nou staal. 

Kyk- in die oorvloedsjare lewe almal mos so ruim rojaal. 
Met soveel miljoenêr- ook biljoenêrs orals in die pluraal. 
Kom die maer woestynbeeste om ook hul deel te haal. 

Kyk, in vlerkgegons waar soveel honger insekte rondmaal. 
Waar die lug sonder sonsverduistering, duisternis uitstraal. 
Terwyl die dood minagtend- oor die kosbaar lewe smaal. 
Ja, die kaalvreter niks oor het om van die lande af te haal. 
Lê aan skerwe ʼn liberale droom sonder enige potensiaal.


Openbaring 1183 
ʼn Gesig oor ʼn missiel.
Maandag 9 Augustus 2010 06:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl ek diep ingedagte voor my op die vloer staar begin ʼn gesig in ʼn wit
wolk vorm, waarna ʼn spierwit missiel daaruit skuins, maar doelgerig, vanuit
my gesigsveld verdwyn.


Openbaring 1184 
ʼn Onverdiende hemel.

Maandag 9 Augustus 2010 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk in die hemel, ja, die hemel wil almal woon. 
Met vrede en ook harmonie- so mildelik beloon. 
Wil hul nou dra die hemelse oorwinningskroon. 

Ja, in die hemel wil hul staan voor God se troon. 
Om te luister na lofliedere in suiwer engeletoon.
Met ʼn Goddelike goue lig, wat die eter omsoom. 
Waar daar rus is – in wye groen weivelde skoon. 

Maar met hul lewe op aarde het hul God verloën. 
Van die sonde wou hulle hul net nooit verskoon. 
Van Satan was hulle so eg, ʼn ware kleine kloon. 

Sondae was hulle in die kerke so kamma vroom. 
Om die res van die week, in sonde te kon loom. 
Van aardse rykdom het hulle hul nooit verskoon. 

Die wellus van hul liggaam hou hul nooit in toom. 
So gee hulle toe die vrye teuels aan die hormoon. 
Die reine waarheid so dikwels- so blatant verloën. 

Maar in die hemel, ja, die hemel wil almal woon. 
Met God se vrede, ook harmonie, so ryklik beloon. 
Wil hul as godskinders dra die oorwinningskroon. 

Ja, in die hemel wil almal staan voor God se troon. 
Om te luister na die lofliedere in skone engeletoon.


Openbaring 1185 
Die volgende groot aardbewing.

Dinsdag 10 Augustus 2010 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek hoor ʼn groot dreuning en ʼn stem wat sê; die volgende groot aardbewing
is nie meer ver, waarop ʼn ander stem vra hoe ver, waarop die eerste
antwoord: vanaf die aarde se mees interne deel is alles ewe ver.


Openbaring 1186 
Die Liefde nou in praktyk.

Woensdag 11 Augustus 2010 07:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister na die stem wat roep: maak Sy Weë gelyk. 
Lank genoeg is daar hoopvol na die wolke opgekyk. 
Kyk, Hy kom, ja die Messiaskoning – liefde in praktyk. 
So is duisternis nou besig- om voor die Lig te wyk. 

ʼn Askeet roep so hardop uit; laat almal daarom kyk.
Staan dadelik op O’ Sion, ja vanuit jou modderslyk. 
Bring aan Elohim nou jou hulde, eer en liefdesblyk. 
Kyk: as sieraad gaan jy vir Hom oor die aarde pryk. 

Saam- maak ons daarom van nou af Sy weë gelyk, 
lank genoeg het ons hoopvol- na leë wolke gekyk. 
Sonder Hom wou ons almal al moedeloos beswyk.
Sonder Hom voel ons heeltyd leweloos soos ʼn lyk. 
Maar met Hom in ons midde, is ons so lewensryk.

Ja kyk net die nag is besig om voor die dag te wyk. 
Luister na die stem wat roep: maak Sy weë gelyk. 
Kyk HY kom, HY kom as die liefde nou in praktyk.
Ewig sal ons, ons nou aan ons Messias kan verkyk. 
Bring daarom aan jou Meester O Sion jou huldeblyk.


Openbaring 1187 
Soos Simon die towenaar.

Woensdag 11 Augustus 2010 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die wêreld roep verwonderd- kyk net bietjie daar. 
Ook ons, het iets daarbo in die wolke gewaar. 
Kyk! – Dit is ons valse engel van die lig sowaar. 
Met ʼn kul jou hier is hy deur kerke ʼn goëlaar. 

Op skynwolk kom hy soos Simon die towenaar. 
Van die Waarheid het hy die mense gevrywaar. 
Van al die sondes wou hy hulle nooit nie spaar. 
Onder sy duister mag kry hulle nou baie swaar.

Eentonig tokkel hy vir die mens- op een snaar. 
In wêreldeenheid, lê al die probleme opgeklaar. 
Terwyl hy oral graag sy valse vrede uit wil baar. 
Staan Satan oor die wêreldling as ʼn veroweraar. 

Aan ʼn einde van ʼn gruweltyd in ʼn pikswart jaar. 
Roep die Vatikaan luid: kyk nou net bietjie daar. 
Die kerke was Satan se voorloper – ja sowaar. 

So roep menig kerk- kyk ook ons het iets gewaar. 
Dit is ons selfgeskepte valse Messias, ja sowaar. 
Wat ons net in ons eie illusiewolke nou gewaar.
Hy kom op leuenvlerke soos Simon die towenaar.


Openbaring 1188 
Raka se oomblik.

Woensdag 11 Augustus 2010 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn oomblik van erns staan Raka nader en vertel sy verhaal, ja, in die dreun 
van dromme vertel hy sy verhaal. Hy vertel van heilige waters by die oog van die 
Molemane anderkant Lichtenburg daar kom die groot watergees-slang vandaan. 
Ja, naby die kop van Silkaats gaan Ubuntu en Gabriël in vergadering teenoor 
mekaar staan en die waterslanggees gaan baie mooi verstaan, dat die bloed van 
die blinkgeeste hom glad nie aangaan, maar die bloed van die wit moruti (liberalis) 
is die kos van die waterslanggees op sy volmaan. 

Daarom beveel Raka sy swart morutis, toordokters en sangomas om hul te was 
(doop) in die waters van die Molemane voordat hul weer na Moria toe gaan, ja, hy 
sê oor die hele land moet die musiman, die umfaan ook die tombozaan, in die 
lyndans van die groot watergees-slang staan. 


Openbaring 1189 
Die regte tyd.
Woensdag 11 Augustus 2010 12:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Van ʼn myl, ʼn kilometer en ʼn kraai se vlieg het ʼn ou Siener nie mooi
verstaan. Maar hy sien ʼn volk se val maar ook weer hul opstaan. 
Ja, van ʼn volk wat in Sionsberg ewig voort gaan bestaan. Hy sien ʼn weg 
wat verby ʼn Witstinkhoutboom sou gaan, na ʼn kop waar Boere eens vir 
Silkaats sou verslaan. By dieselfde berg sou Boer en Brit ook eens 
teenoor mekaar moes staan. So, van ʼn myl, ʼn kilometer en ʼn kraai se vlug
het ʼn ou siener eens nie mooi verstaan. Maar hy sien ʼn vlag geplant waar 
was Silkaats eens lank gelede so verslaan. 

Op Mosega het soveel bloed in nederlaag al vergaan – ook die kerk was 
hier so pateties sleg in die sendeling verslaan. Maar oor suiwer Boerebloed 
was hier nog nooit gestort ʼn enkel traan. Ja, met ʼn tyd wat nou spoedig na 
sy einde staan, met ʼn gruwelpolitiek wat ook binnekort op sy knieë gaan 
staan. Ja, met Mosegakop wat waaksaam op die meeste goud nog ooit 
daar staan – vir veraf geslagte wat in ʼn goue toekoms nog moet kom en gaan. 
Sal soos die kraai se vlug wat oor die Molemane gaan – oor ʼn nuwe tydvak 
waar ʼn kleine uitverkore kudde weer op hul voete gaan staan. In hul kleine 
laer sal hul Elohim self beskermend in hul midde staan.

Ja, die tyd is hier vir God se volk om dit eindelik te kan verstaan…


Openbaring 1190 
Waar Vader wil woon.

Donderdag 12 Augustus 2010 05:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het gebid: O’ Vader wat in die hemel woon. 
Hoe oneindig wyd en groot is tog U hemeltroon. 
Ek begeer om met U te praat, op ʼn hemelfoon. 
Wil U nie in my onkunde, U aan my kom toon. 
Hoe dikwels is ek nie al deur die bose gehoon. 
Hy spot en vra: waarom wil God Hom nie toon. 

Ek wil hom teenstaan, ja sonder enige skroom. 
Tevergeefs probeer ek met ʼn leefwyse so vroom. 
Maar hy koggel, ja hy lag my uit, met helle hoon. 
Hy stuur versoeking in die vorm van elke demoon. 
Hy kom met elke verleiding soos ʼn kersfees-oom.
So sleur hy my willoos mee in sy wêreldstroom. 

Ek het gevra O’ Vader wat daar in die hemel woon. 
Wil U nie in my onkunde, U tog aan my kom toon. 
Maar voor ek my kan kry verval ek in ʼn ou patroon. 
In die Wysheid voel ek swaksinnig soos ʼn moroon. 
Daarom staan ek nou so nietig voor U heelal troon. 

Angstig vra ek: O’ Vader wat daar in die hemel woon. 
Sonder blik of bloos vra ek so blatant sonder skroom. 
Om my as eenvoudige sondaar tog maar te verskoon. 
Om my deur U groot genade – U in die hemele te toon. 

Sowaar kom antwoord U my so sonder enige skroom. 
U sê: Moet My nooit soek, buite die aarde se osoon.
In ʼn klein mensehart word die hemel aan my getoon. 
Hy sê: slegs in jou hart, is al plek waar Ek wil woon. 

So draai ek my nou na die duisternis- om dit te hoon. 
Om die hemel en My God so trots, te kan vertoon. 
Ek vertel almal, God is my lewe, liefde, ook my loon. 

Nou bid ek en vra: O’ Vader wat in my eie hemel woon. 
Laat U naam geheilig word deur U werke rein en skoon. 
Laat ek deur liefde my hemel so aan ander kan vertoon.


Openbaring 1191 
Engeland O' gruwelland.
Saterdag 14 Augustus 2010 20:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Aangehelp deur ʼn vinnige wind, seil daar ʼn boot. 
ʼn Stem wat roep: hoe kosbaar is dit – aan boord. 
Dit is die uitspraak, ja God se eie ewige Woord.
Hierdie keer gaan dit met die oordeel sy akkoord. 

So begin die wind dit nou na Engeland aanstoot. 
Op papier staan geskryf in skrikwekkende woord. 
Hoe lank huisves jy al in jou midde die valse Jood. 
Medepligtig stuur jul oor die wêreld die valse woord. 

Van land tot land, pleeg julle oral net gruwelmoord. 
Deur jul toedoen is ʼn heilige volk versmaad – verstoot. 
Met Satan self, gaan jou koningshuis mos akkoord. 
Daarom word jou finansiële banke brutaal omgestoot. 

Kyk hoe sink al jou voorspoed nou soos sware lood. 
Ja, jou handel stort in duie, met ʼn enkele kopskoot. 
In jou hawens staan jou vloot – net geroeste skroot. 
Jou gruwelkatedrale staan ontbloot- nou so verstoot. 

Jou ellende word deur groot hongersnood vergroot. 
Desperaat, probeer jy van jou eeue oue buit verkoop. 
Maar met ʼn hele wêreld net gefokus op hul eie nood. 
Is daar nou niemand wat jou rykdomme aan wil koop. 

Aangehelp deur ʼn vinnige wind seil daar nou ʼn boot. 
Dit seil na Engeland met ʼn wrede oordeel aan boord. 
Dit lui: O’ gruwelland voor God is jy ewig nou verstoot. 
Kyk in jou midde kom daar die grootste nood op nood. 

Tevergeefs kyk jy nou rond, nêrens is daar vir jou hoop. 
Soos vaalgrys stormweer sak op jou toe – nou die dood. 
In jou einde word jy vir ewig onder die oseaan ingedoop. 
Ja, kyk die hele Engeland gaan sink soos sware lood. 
Vir soveel eeue het jy jouself aan Satan mos uitverkoop.


Openbaring 1192 
ʼn Boodskap aan Amerika. 
Saterdag 15 Augustus 2010 24:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So vaar die boot voort met ʼn boodskap so berug. 
Hy vaar van heinde en verre nou na Amerika terug. 
Met ʼn boodskap aan ʼn nasie, oor ʼn verotte vrug.
Waaraan niemand anders as hulle self gaan wurg. 

So kan sy bewoners in ʼn treurmare begin te sug. 
Die oordeelsboodskap lyk depressief- swart gerig. 
Dit vertel van ʼn stad en verlore engele in strafgerig. 
Van ʼn gevalle gerub- wat homself as God wou rig. 
In vryheidsdrang- menig volke so droewig laat sug. 
In wêreldoorheersing- voel sy haarself so bevredig. 
Kyk- in jolyt, brassery en vraatsug so uiters smerig. 
In haar handelshoerery vertoon sy so walglik vlesig. 

So vaar ʼn boot, met ʼn boodskap so uiters berug. 
Met ʼn oordeel wat Amerika depressief gaan laat sug. 
Haar bondgenote keer haar nou spottend toe- die rug. 
Sy staan voor ʼn oorlog wat ʼn wêreld gaan laat sug. 
Eens was sy in alles so sterk, slim – ook beterweterig. 
Graag gespog- nie weefsel maar staal is in my murg.
Oor minderontwikkelde volke was sy uiters snedig. 

Ja, Amerika was ʼn kontinent- in alles altyd voorbarig. 
Haar kamma vredestroep het haar oral verteenwoordig. 
In haar val staan ook sy nou in haar ekonomie terug. 
ʼn Enorme oorlog staar haar bloeddorstig in die gesig.
Oulaas probeer sy met haar valse vrede so stroperig. 
Maar haar vyande lag haar uitbundig uit so beterweterig. 

Ja, haar beeld van vryheid- lê nou plat op haar gesig. 
Terwyl elke kataklisme denkbaar haar begin stenig. 
In haar midde lê versteek ʼn Sionsdeeltjie- so keurig.
Slegs hulle word na veiligheid gebring op adelaarsrug. 
Voordat die dood op Amerika toeslaan met groot gerig.


Openbaring 1193 
Die Middellandse see. 

Sondag 15 Augustus 2010 23:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl die Middellandse see eers daal dan swel.
Egipte begin om die dae senuweeagtig af te tel. 
Begin regeringshoofde mekaar gespanne te bel. 
Hulle wil weet is jy in hierdie krisis nog my pel. 

In Gazastrook roep families mekaar toe – vaarwel. 
So begin ʼn grote oorlogsvloot te vaar na Israel. 
So kyk geheel die wêreld hierna hoogs ontstel. 
So gaan die volke begin om mekaar neer te vel. 

Terwyl die Middellandse see eers daal dan swel. 
Begin die Arabiere hul oor Israel-optrede ontstel. 
Globaal begin almal bid – hulle weet hier kom hel. 
In vredesonderhandeling word gesmeek vir uitstel. 

Maar die antichris lig sy telefoon om te kan bel. 
Hy is die een wat die oorlogsbeslissing gaan vel. 
Banke begin desperaat om waardelose geld te tel.

Terwyl superrykes- oornag in armoede rond dwel. 
Skares in massa optredes histeries begin te skel.
Roep die Rabbi’s in hul sinagoges- God is ons El. 
Maar heel te laat probeer hul om genade te bestel. 

Terwyl die Middellandse see eers so daal dan swel.
Roep families in die Gazastrook mekaar toe vaarwel.


Openbaring 1194 
‘Aan Abba Vader’
17 Augustus 2010 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het opdrag gekry om die volgende gedig van ʼn leser 
aan Abba Vader as Openbaring te plaas

Liefste Liefde, Skepper van my.
Hoe lank smag ek om U te kry.
Ek hou van U, innig en warm,
ek hou van U, wil bly in U arm.
Liefste Liefde, Liefling van my
hoe kan ek U, in my hart kry?

Ek hou so baie van U, liefste Vader.
Kom staan tog by my, staan nog nader.
U is onpeilbaar, ek kan U nie beskryf,
tekort aan woorde maak dat ek wil swyg.
Maar dan borrel dit weer, ek kan nie stilbly.
Soos ʼn opgewonde kind wat ʼn skat wil kry.

U is lig en sag en oneindig teer.
U daal soos ʼn duif se veer neer.
U is oneindig groot, almagtig en slim,
wie op aarde kan na U wysheidshemele klim?
Tog noem U ons vriend en broeder,
U is ons Lewe, U is ons Hoeder.

Ek hou van U woorde deur Judit gebring.
U stem klink so bekend, dit laat my hart sing.
Laat U wil geskied, Liefling van my
ek verstaan nog so min, kan dit nie alles kleinkry.
Laat U koninkryk kom, asseblieftog gou.
Hoe sal hierdie kinderhart dit ooit kan hou?

Moet tog nie wegbly, nooit ooit nie,
kom na ons, Vaderliefde, ons wil sit op U knieg…
Ek wil opkyk in U oë, so innig en so sag
Ek wil my oor druk teen U hartklop, as ek net mag.
Ek hou van U, Liefling van my.
Sal U asseblief by ons kom bly?

My broers en susters, pragtig elkeen,
Ons is nietig en swak, waar moet ons heen?
Ons wil net by U wees, lieflike Abba Vader.
Ons wil U so graag nederig nader.
Verskoon tog hierdie gebabbel van ʼn kind,
ek wil U tog net so graag vind

Laat ek minder word, en U net meer.
Laat die wal breek wat die water keer.
Ek nooi U, ek smeek U, daal tog neer.
Sonder U is ek alleen, my hart so seer.
Ek wil U hoor, wil U sien en U voel.
My hart is net vir U bedoel.

Liefste Liefde, Liefling van my hart.
U het alles aan ons gegee deur U smart.
Woon in my hart, in alles van my.
Waar U asseblief ewig moet bly.
Liefling van my.


Openbaring 1195 
Desperaat roep die Jood. 

Donderdag 19 Augustus 2010 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kom koop! Kom koop! die tyd raak uitgeloop.
Kyk in goud en diamante lê die laaste hoop.
Maar in ʼn oorversadigbare mark lê die knoop.
Ook die handel self, is waardeloos uitverkoop.

Kyk eens was kos in oormaat groot opgehoop.
In plaas van graan word nou net wind gestroop.
Globaal word almal in hongersnood so ingeloop.
Ja, om in oorlewingsnood hulle siel uit te verkoop.
ʼn Afslaer roep hardop uit: kyk die bod staan oop. 

Kom koop! Kom koop! die tyd raak nou uitgeloop.
In aardgasse en ruolie lê verskuil die laaste hoop.
Maar ʼn wêreld bekommer hom nou net oor brood.
Die nasies roep benoud – hoe groot is tog ons nood.
Kyk hoe lê ons banke verpletter, tot niks gesloop.

Maar steeds probeer soveel nog koop en verkoop.
In Mammon illusie, gaan hulle desperaat net voort.
So roep desperaat nou niemand anders as die Jood.
Kom koop! Ja, kom koop! Die tyd raak nou uitgeloop.


Openbaring 1196 
ʼn Gruwel drie-eenheid.

Vrydag 20 Augustus 2010 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het ʼn Bileams-Babiloniese ryk ten einde laaste ontwaak. 
Wat kom in gruwel drie-eenheid as Nagash, Raka en die draak. 
So vertoon Satan homself selfvoldaan- in sy oomblik van wraak. 
Uiters boos kronkel hy deur volke en nasies sonder enige saak. 

Teen enige teenstand sper hy aggressief wyd oop – sy giftige kaak. 
Om sy dodelike verbastering-gif oor geheel ʼn aarde uit te braak. 
So manifesteer nou in Satan die eenwêreldorde se gruwelsaak. 
Deur sy verleidingsgees het hy die nasies uiters dom gemaak. 

Hy gebruik Raka se agtergeblewe beeld vir ʼn globale deurbraak. 
Daardeur laat hy geheel die wêreld- in groot armoede nou naak. 
Maar vanuit die Ooste kom hy aangevlieg as ʼn goudgeel draak. 
Terwyl ʼn wêreld onder groot oorlogsrumoer begin kreun en kraak. 

In ʼn gru drie-eenheid staan Satan as Nagash, Raka en die draak.
Terwyl Satan skuif- dreunlag hy, hy bulder: kyk julle is in skaak. 
Hy kyk na die wêreld en sê: O, my slawe julle kan my niks maak. 
Hades en Hel juig hom luidrugtig toe in swart demoniese vermaak. 

So raak die wêreld homself nou bewus van ʼn wrang bloedsmaak.
So het ʼn gruwel Bileams-Babiloniese ryk einde ten laaste ontwaak. 
Wat in bose hel drie-eenheid staan as Nagash, Raka en die draak.


Openbaring 1197 
ʼn Vreesaanjaende gesig.

Saterdagnag 20 Augustus 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vroeër die week het ek ʼn geesteservaring ondervind wat met ʼn erge angsaanval 
gepaard gegaan het, wat my laat huiwer het om dit neer te skryf. Ek het egter ʼn 
herhaling van hierdie gesig gekry met die opdrag om dit neer te skryf. In die begin 
van hierdie gesig het ek gesien hoedat die mees gevestigde Boere (landbouers) 
in die land aanvanklik op ʼn onregverdige maar 'gewettigde' wyse van hul eiendom 
onteien word waarna dit op ʼn al hoe meer onwettige brutale wyse van hulle afgevat 
is. 

Hierna sien ek groot vragskepe en vliegtuie met enorme hoeveelhede produkte uit 
die land vertrek na ander lande wat op hul beurt deur onvoorsiene omstandighede 
in noodtoestande verkeer, ook het ek gewonder hoe dom kan mens wees, om 
kosbare kos in ʼn tyd soos hierdie, vir waardelose geld te verhandel. 

Net hierna sien ek winkelrakke, die een oomblik nog tot oorlopens toe vol produkte, 
met mense wat die winkels oorstroom om soveel as moontlik te kan koop, waarop 
daar die volgende oomblik sonder enige waarskuwing ʼn rantsoenstelsel ingebring 
word en mense nou in lang lyne vir lewensnoodsaaklikhede moet staan. 
Ook sien ek hoedat die paar blanke verbruikers deur erge intimidasie vanuit die 
lyne gedruk en verwilder word en hoedat meeste vreesbevange begin onttrek. 

Ek sien hoedat daar oor die land en ook die res van die wêreld begin chaos uitbreek. 
In een helder gesig sien ek hoe word ʼn paar blanke vroue brutaal in taxi’s ingeboender, waarna hulle na plakkerskampe aangery word – reeds binne die 
voertuie word hul klere van hul afgeskeur en by hul aankoms word hul wreed en herhaaldelik verkrag, terwyl horde kinders met hulle die spot dryf en met stokke 
slaan. Ook word van hulle gedwing om kruipend op hul knieë as 'slawe-bediendes' allerhande vernederende take te verrig. 

Hierna het ek gesien hoe word nie net blankes nie maar ook Indiërs en ander
uitlanders wreed om die lewe gebring. 

Ek wou weet: Wanneer - waarop ʼn Stem geantwoord het: 
kyk, Ek kom soos ʼn dief in die nag.


Openbaring 1198 
Dodelik giftig.

Saterdagaand 21 Augustus 2010.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomgesig verskyn daar ʼn enorme pikswart mamba waarna iemand 
met ʼn vinnige beweging die slang se kop morsaf van sy lyf met ʼn kapmes 
slaan, maar beide die kop sowel as die lyf bly leef en terwyl die lyf van die 
slang in verwoede maar doellose kronkels rondbeweeg, lê die kop eenkant 
met sy bek wyd oopgesper en terwyl dit boosaardige blaasgeluide maak, 
hoor ek ʼn stem wat sê: kyk- die kop is Malema en alhoewel geskei van sy 
liggaam (politieke party) bly hy dodelik giftig, bly daarom ver buite die bereik 
van die kop.


Openbaring 1199 
Kyk net na die weer.

Sondag 22 Augustus 2010 0 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So neurie iemand ʼn deuntjie- kyk net na die weer. 
Deur vloede verander land nou in ʼn pappery-meer. 
Kyk op mense kom daar nou modderstortings neer.
Wat die regerings ook oor aardverwarming probeer. 
Wie is daar wat die weer in hul rigting kan forseer. 
Ja, wie is daar wat God en natuur ooit kan trotseer. 

So neurie iemand ʼn deuntjie- kyk net na die weer. 
In droogtes is dit lugspieëling wat baie hipnotiseer. 
Ja, kyk hoe kom hongersnood, op die nasies neer. 
Terwyl mense en diere in groot waternood krepeer. 
Probeer soveel nasies en volke op hul reserwes teer. 
In droogtegeteisterde gebiede sit baie met ʼn kopseer. 

So neurie iemand ʼn deuntjie- kyk bietjie na die weer.
Ja alles omtrent die weer is nou heeltemal versteur. 
Hoe hard beheerliggame oor aardverwarming probeer. 
Dit is die weer wat die mens so spottend terroriseer. 
Terwyl die aarde onverstoord in haar wentelbaan roteer. 
Laat sy haar net deur die wispelturige winde adviseer.


Openbaring 1200 
Jakob die uitverkorene.
Sondag 22 Augustus 2010 17:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Sion word in heerlikheid verlig- staan op! Staan op!
Kyk die heerlikheid van God- skyn oor jou, Jakob. 
So strek die duisternis oor geheel ʼn wêreld se top. 

Maar die verseëldes word verlig, staan op! Staan op!
Verruim gasvry jou hart O’ Sion vir die res van Jakob
Van heinde en verre kom hul om by jou aan te klop. 

Kyk hul loof en prys, ja hul bring hulde aan jou God. 
Nooit weer hoef jy enige smet-vernedering op te krop. 
Ewig nooit weer sal jy so skaam terug trek in jou dop.

Kyk, almal wil jou dien- vanuit Skeba, Kedar en Nebajot. 
Vanuit die Weste, die Duitser, die Ier en ook die Skot. 
Nooit word daar oor Sion weer uitgeroep enige verbod. 
Jy is die uitverkorene, ja, nie verniet is jou naam Jakob.