.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1201 
Die Lewende leeu van Juda.

Sondagnag 22 Augustus 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op land en see word ʼn suis-geruis hoorbaar. 
Die hemele fluister: luister, ja- hoor net daar. 
Kyk dit is die sewende engel wat ons gewaar.
Bekleed in ʼn spierwit wolk staan hy nou daar. 
Met ʼn reënboog om sy hoof – verhewe kosbaar. 

Sy gesig is soos ʼn son- wie durf na hom staar. 
Hy kom op stralende lig- elke been ʼn vuurpilaar. 
Met sy regtervoet op see laat hy golwe bedaar. 
ʼn Linkervoet op land kom hy slegs Sion bewaar. 
In sy hand ʼn geopende boek, wat lees hy daar. 

Hy is die Lewende leeu van Juda, die veroweraar. 
Hy brul en die aarde bewe, onder sy kommentaar. 
In stormgeweld sewe donderslae wat nie bedaar. 
ʼn Seël is gebreek en die oordeel word nou waar. 
ʼn Gerub lig ʼn hand hoog vir almal om te gewaar. 
Hy laat dit val vir ʼn ou oordeel so oneindig swaar. 

Die hemel fluister: luister, hoor net ʼn bietjie daar. 
Kyk dit is die sewende engel wat ons nou gewaar. 
Hy lig sy basuin en die verborgenheid is opgeklaar. 
Luister na die gejubel vanuit ʼn sedige profeteskaar. 
Hulle roep: ʼn bitter-soet boodskap word opgeklaar. 

So kom staan voor Elohim nou die twee kandelaars. 
Vir 42 maande lê die heiligdom, so vertrap, onklaar. 
In 2 getuies sal ʼn wêreld sy eie ondergang gewaar. 
In 1260 dae word die oordeel op die aarde uitgebaar.

Oor land en see, word ʼn groot geruis nou hoorbaar. 
Die hemele fluister: luister, ja, hoor net bietjie daar. 
Kyk: dit is die sewende engel wat ons nou gewaar.


Openbaring 1202 
My Alles Ewig Altyd.
Maandag 23 Augustus 2010 13:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In alles is ek afhanklik van U. 
In pyn en ellende vra ek na U.
In al my stiltes soek ek na U. 
In my liefde jubel ek so in U. 
In al my strewes neig ek na U.
In my verwerping huil ek oor U. 
In my val roep ek slegs om U. 
In droefnis ween ek net om U. 

Is ek verdwaal vra ek- waar is U. 
Is ek verward- spartel ek om U. 
Is ek verlore- roep ek bang na U. 
Is ek siek sê ek- my Dokter is U. 
Is ek verstote- my tuiskoms is U. 
Is ek gestrand- my hawe is by U. 
Is ek stukkend- my troos is by U. 

My opstaan en my slaap dit is U. 
My kom ook my gaan alles is U. 
My hoop en geloof bestaan uit U. 
My vreugde, ja my liefde dit is U. 
My lewe ook my strewe is net U. 
My geboorte en dood is net vir U.
My dierbares dra ek op net aan U. 
My hart behoort ewig slegs aan U.


Openbaring 1203 
Waar staan ons volk regtig.
Maandag 23 Augustus 2010 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek wou van U weet, O’ Vader, waar ons volk nou regtig staan. Maar in 
teenvraag het dit gekom; wat gaan regtig met hierdie volk aan. Kyk, hulle 
is besig om nou finaal onder te gaan. Maar al wat hul kan doen is om 
mekaar in alles teen te staan. 

Ja, die een beskou hom bo die ander as so vernaam. Leierskap is die 
enigste onderwerp wat in hul midde rondgaan. Aan skerwe lê hul volk 
so verpletter na die maan. In twis en tweedrag kan onmoontlik ʼn goeie 
leier uit hul midde opstaan. Terwyl kosbaar Boerebloed daagliks in moord 
en doodslag vergaan. Kibbel en kyf die weerbare manne soos ou vroue; 
wie moet as leier vorentoe staan. Ja, hul skel en baklei en poog om mekaar 
te verlei terwyl die volk wegtaan. 

Juis as gevolg van leierskap is hierdie volk sonder slag of stoot verslaan. 
Omdat hul vorige volksleiers in groter wêreldleierskap vorentoe wou staan. 
Daarom het hul openlik agter wêreldorde aanbiedinge aangegaan. Hoeveel 
keer het Ek nie al, vanaf Saul, hierdie volk vermaan. Om ewig nooit terwille 
van hul oorlewing agter mense aan te gaan. Maar as hoogmoedleiers wil 
hulle oor My kudde staan. Ja, as die nommer een in My plek- sonder om 
hul te skaam. 

Jy wil van my weet waar julle volk nou eintlik staan. Ek antwoord jou: met 
soveel leiers is daar kwalik volgelinge oor wat nader kan staan. Terwyl hul 
mekaar so nydig met hulle woorde stukkend slaan en hul onder mekaar 
stuur die een na die ander trojaan. Hul vyande hul spottend dophou en dink 
die Boer is die bobbejaan. Sê Ek nou aan jou – niemand anders as hulself 
het hul verslaan. In plaas van om hul oë na die berge en My op te slaan. 
Het hierdie volk verkies om agter elke drekgod aan te gaan. 

So is die Boervolk deur die vrymesselaars in eie midde verslaan. En terwyl 
die bekgevegte oor leierskap in jul midde rondgaan. Is daar klaar vanuit 
dieselfde vrymesselaarorde nuwe leiers wat wag om nader te staan. Sodat 
die laaste edelbloed in Bileamsverbastering tot niet kan gaan.

So! Waarom wil jy van My weet waar julle volk nou staan. Terwyl almal wéét 
hierdie volk lê onder onrein voete, nou vertrap-verslaan. Daarom sal My engel
self in hulle midde rondgaan. Die kaf sal hy van die koring skei in elke korrel 
van die graan. In groepies van een, twee, drie of vier sal hy die uitverkorenes 
laat nader staan. Vanuit hierdie handvol sal daar weer onder My Melgisedek-
leierskap ʼn edelras ontstaan.


Openbaring 1204 
Die kaalvreter bondgenootskap.

Dinsdag 24 Augustus 2010 19:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra: waar kom die sprinkaanplaag vandaan.
Kyk net- in hul getal is hulle oneindig om te beraam. 
Ja, as voetgangers besig om op ʼn oes toe te slaan. 
ʼn Kontinent lê binnekort kaalgevreet, heel verslaan. 

Iemand sê: Genade! Terwyl ek oor die land bespied.
Gewaar ek nou in die kaalvreter ook die geel termiet. 
In vliegtuiggegons – niemand wat die Chinees verbied.
So kom die chaos uit die beplanning van die Edomiet. 

ʼn Engel roep: vertrap-vertrap, die heiligdom is verslaan. 
In die kaalvreter skuil ʼn geel rysmier en ʼn sprinkaan. 
Kyk oneindig in hul getalle kom hulle om toe te slaan. 
Onder aanvoering van ʼn slang-draak kom hulle saam. 
In krag van getal kom hulle as manne van groot naam. 

Maar min wetend – ook hierin sal Elohim se wil geskied. 
Daarom word hul nie die land van die heiligdom verbied. 
Sodat elke openbaring volgens God se wil kan geskied. 
Het ʼn engel eens, die heiligdom uitgemeet met sy riet. 

Terwyl ʼn wag op ʼn toring die verwoesting nie verstaan. 
Tevergeefs probeer beraam waar lê die vreeslike blaam. 
Terwyl Edom verbouereerd so oor sy vele foute bontstaan. 
Geheel ʼn wêreld skrikwekkend vinnig, so agteruit gaan. 

Iemand sê: terwyl ek nou oor geheel die gebied bespied. 
Staan in kombinasie so saam – die sprinkaan en termiet. 
Iemand roep wanhopig, wat word van die suiwer Israeliet. 
Kyk: hulle word nou heeltemal oorweldig deur die Kusiet 

Ja, in die kaalvreter skuil ʼn geel rysmier en die sprinkaan. 
Kyk- in bondgenootskap staan hulle as ʼn eenheid saam. 
Om onder hul verwoestende pote ʼn heiligdom te verslaan. 
So val in die stof van Afrika ʼn droewige enkel engeltraan. 

Terwyl die draak se stert, gevaarlik nou in sterre verskiet. 
Terwyl die sprinkaan en termiet- oordek die hele gebied. 
Enige teenstand teen hulle voorkom as tevergeefs-verniet. 
Hul hande in onskuld was, die ewig vraatsugtige Edomiet.

Roep nog ʼn stem: luister! Daar is iets wat jul nie verstaan. 
Klaar het ʼn Goddelike verseëling, oor sommiges gegaan. 
In ʼn al nouer kring trek engele beskermend om hul saam. 
Sodat hul as God se getuies- die eindtyd kan gadeslaan.


Openbaring 1205 
ʼn Ongelooflike drang. 

Donderdag 27 Augustus 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So is daar nou ʼn kleine kudde met ʼn ongelooflike drang. 
Om die Meester van die ewigheid in hulle hart te ontvang. 
Kyk, vir satan in al sy glorie is hulle lankal nie meer bang. 
Maar voorwaar is hul nou moeg vir die wêreld se gedrang. 

Ja, so is daar nou die heiliges- met ʼn ongelooflike drang. 
Om ewig die Wysheidswoord van Elohim aan te kan hang. 
Wat hul liefde vir hul God met niks meer kan of wil vervang.
So staan hul paraat, gereed om teen te staan – die ou slang. 

So staan die verseëldes, nou met ʼn onverklaarbare drang. 
Om hulle hart vir God te kan open, as bruikbare deurgang. 
Sodat ook die verlorenes nou deur húl vir God kan ontvang. 
Om so die donker duisternis vir ewig met die lig te vervang. 

So staan ʼn kleine Sion nou met hierdie ongelooflike drang. 
Om haar heerlike Bruidegom in haar midde te kan ontvang. 
Migael hou haar veilig terwyl hy vegtend neerwerp- die slang. 
Gabriël staan hulpvaardig nader, as die strooijonker in rang. 

So staan bruilofsgaste nou nader- met ʼn ongelooflike drang. 
Om die Geestelike gawes van God uit die hemel te ontvang. 
Met soveel hemelgawes, word hulle nou oorvloedig behang. 
So word hulle vir God se Eersgeborene, ʼn lieflike deurgang. 

So staan geheel die hemelskares met ʼn ongelooflike drang. 
Om die glorie van Elohim, ewig altyd in hul wese te ontvang. 
Luister daarom nou jul heiliges na die lieflike engele gesang. 
ʼn Aarde kry haar gereed om die Nuwe Jerusalem te ontvang.


Openbaring 1206 
ʼn Volks-Godsgedig.

Sondag 29 Augustus 2010 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Eens het ʼn volk in een taal saam gepraat.
As opregte naastes ja, as mekaar se maat.
Maar swart en wit word grys om God te tart.
So verbaster ʼn volk in sy wese, siel en hart.

Soos ʼn wit swaan teenoor ʼn donker makou.
Ja, kyk- sonder enige berou in ʼn duister grou.
Word ʼn bastervrug vir ʼn leë toekoms gebou.
Droewig ween ʼn aarde in ʼn toestand van rou.

Slu word versoek- kyk gesteelde water is soet.
Maar wat gebeur met die laaste suiwer bloed.
Een kind is wit maar ʼn ander- swart soos roet.
Alles voor die voet, word nou aanvaar as goed.

Met kerke wat preek – kyk almal is jou naaste.
Maar vir eie bloed – kom die liefde heel laaste.
So staan die Waarheid as ʼn absolute skaarste.
Globaal raak ʼn wêreldopvoeding nou vol barste.

Met alles agter die rug keer niemand weer terug.
Luister na die sagte snik, met ʼn smartvolle sug.
Met Hormone uit plek, nou net ʼn verwronge vrug.
Hoe draai ʼn verlore volk, die horlosie weer terug.

O’ Wee, O’ Vader, U volk het voor Satan geswig.
Dit wat eens donker was, is nou net ʼn halwe lig.
Kyk- alles so onmoontlik- maak ons nou ons plig.
Verkeerd word reg- en reg is ʼn ondenkbare klug.
Sonder toekoms alles net ʼn dynserige vergesig.

By omdraai verby, O’ waarom was ʼn volk so dom.
Alles was ʼn luidrugtige geslaan, op ʼn leë drom.
Verkeerd was verkeerd laat dit daarom nou kom.
Die skoonste wesens- staan hieroor stil verstom.
Hoe kon so iets ooit oor Elohim se eie volk kom.

So kyk ons verlore om ons rond en vra waarheen.
Ja reg in die rondte is nêrens meer ʼn suiwer een.
So suig ook die opregtes aan die agterste speen.
Maar selfs dit word van hul afgevat, ja, weggeneem.
Met nêrens meer ʼn huis, ja, met heenkome geen.
Tragies is ʼn eens edelvolk, van haar God vervreem.

Liefste Abba-Vader, langs U, wil ek steeds staan.
Help hierdie sondaar- deur sy eie sambok geslaan.
My eie woorde mag my dalk teenstaan, ja verslaan.
Maar terwille van U, O’ God, sal ek net weer opstaan.
Ja, bloot as sondaar so onbenullig- in niks vernaam.

So sal elke uitverkorene opstaan, om U toe te juig.
Vanuit hul liefde openlik voor die wêreld vir U getuig.
Ja, al is die pad vorentoe ook hoe moeilik en so ruig.
Met ʼn Waarheid so lynreguit, niemand kan dit buig.
Vader vir U, wil ons dapper-werksaam sterf in die tuig.


 Openbaring 1207
 ʼn Banier word gehys.

 Maandag 30 Augustus 2010 18:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
ʼn Banier herrys waarop in hoofletters geskryf staan. 
Daar is ʼn volk- ja, ʼn volk wat besig is om op te staan. 
Op hulle banier staan daar trots geskryf, ja heelbo aan. 
ʼn Heilige Naam, ja hul ewig-lewend Elohim se Naam.

Met Hom aan hulle sy word ʼn oorlewingsplan beraam.
Opgewonde soos kinders dring hulle dig teen Hom aan. 
Vreesloos roep hul die bose toe: ons gaan jou verslaan. 
Met God aan ons sy gaan jy nou lelik moet bontstaan. 
Ons is hier om jou tot in die ewige afgrond te verslaan. 

Niemand sal ewig ooit kan sê: nooit was ons vermaan. 
Boodskappers was uitgestuur so nederig en vreedsaam. 
Ja, soveel waarskuwings het tot vervelens toe uitgegaan. 
Die heiliges was bespot- ja skindernuus het rondgegaan. 
As martelare was hul so vergruis in moorde so grusaam. 
Steeds word daagliks teen God se knegte planne beraam.  

Maar ʼn banier herrys met woorde wat in hoofletters staan. 
Daar is ʼn volkie- kleine volkie wat besig is om op te staan. 
Ja, ʼn Gideonsbende kom nou orent- versigtig, behoedsaam. 
In hulle doen en late is hulle nou uiters wakker waaksaam. 
Teenoor mekaar raak hulle ook nou liefdevol-verdraagsaam. 

Ja, as heilige eenheidsliggaam is hul besig om op te staan. 
Terwyl hulle mekaar spontaan teen die valstrikke vermaan. 
Skep hulle ʼn eie infrastruktuur- wat net hulle kan verstaan. 
Uit die edeltak is hulle die voorlopers wat Sion vooruitgaan. 

Oor hulle staan grote hemelskares- emosioneel erg betraan. 
Ja, die engele fluister ernstig: ons gaan hul in alles bystaan. 
Kyk, soos kinders drom hulle so opgewonde om God saam. 
So, laat Satan, hel en Hades die volgende nou mooi verstaan. 
Ja, ʼn Banier word gehys waarop in hoofletters geskryf staan. 
Daar is ʼn skerm in die wind wat alle winde teen gaan staan. 
Ja, ʼn suiwer edeltak wat bot om as volwasse boom te staan.


Openbaring 1208 
ʼn Onverwagse besoek.

Dinsdag 1 September 2010 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
So kom God weer eendag onverwags tussen die mensdom te staan. 
Heel eerste gaan klop Hy as ʼn 'domkop' by ʼn ywerige skrifstudent aan. 
Hier bied Hy Sy vriendskap effe lomp maar so uiters vriendelik aan, ja 
Hy sê: kom Ons doen as vriende soveel dinge saam. 

Maar die slim bybelstudent begin Hom oor sy 'onkunde' te vermaan, 
hy bombardeer Hom met skrifkennis om God so beter te kan verstaan, 
terwyl hy Hom met die skerpte van sy swaardkennis stukkend slaan. 
So besluit God om maar liewer verder te gaan en Hy laat die ywerige 
skrifstudent met ʼn bybel sonder liefdesinhoud staan. 

So kom God nou onverwags by ʼn pastorie as ʼn gebrokene aan. 
Hy klop en ʼn predikant vra geveinsd- waar kom jy vandaan, 
waarop die Besoeker kla: Ek het soveel probleme miskien 
sal jy as berader dit verstaan. Maar die predikant antwoord: 
jy is nie van my gemeente daarom gaan dit my nie aan. 

Daarom besluit God om maar weer verder te gaan en so kom 
Hy onverwags by ʼn geneesheer aan, ja, gehawend en bebloed 
kom Hy voor sy deur te staan. Waarop die dokter Hom nors 
aankyk en vra waar kom jy vandaan, waarop die beseerde kla: 
kyk, rowers het My so stukkend geslaan, daarom kom Ek 
beroof en stukkend sonder geld voor jou staan. Waarop 
die dokter nou sonder kommentaar die deur in Sy gesig 
toeslaan. 

Daarom besluit God om maar weer verder te gaan, omdat 
die geneeskunde nie meer die verhaal van die barmhartige 
Samaritaan verstaan. Hierop besluit God- Ek sal na My 
uitverkore volk toe gaan, ja as ʼn arm weduwee sal Ek in 
hul midde gaan staan. So gesê so gedaan en eenvoudig 
kom God toe tussen sy geliefdes te staan. Maar O’ wee, 
uit hoogmoed kyk hul die arm vroutjie nou so meewarig 
aan en as uiters belangrike menere kan hul haar nie ʼn 
enkele woord toestaan, ja, hovaardig keer hul haar die 
rug toe om hul siening te beaam. 

So besluit God om vir oulaas verder te gaan en so kom 
Hy nou in ʼn kroeg vol sondaars te staan. Daar eenkant 
staan toe juis ʼn sondaar wat in dronkverdriet vergaan, 
waarop God na hom stap om liefdevol Sy arm om hom 
te slaan, so win Hy ʼn vriend in ʼn sondaar so spontaan. 
Die dronkaard – nou nugter, wil God nie vir een oomblik 
nou laat staan. 

Hy vertel aan God- vir jou neem ek na elkeen van my 
sondaarsvriende saam. So kom God nou deur sy nuwe 
vriend voor ʼn hoer te staan, waarop dié voor Sy voete 
neerval om haar arms liefdevol om Sy bene te slaan. 
So groei die groepie van sondaars om God so fluks 
aan, waar die een meer ywerig as die ander met 
God in hul midde rond wil gaan. 

Ja, so kom God weer onverwags eendag tussen die 
mensdom aan, om tussen nederige sondaars as die 
groot EREGAS te staan.


Openbaring 1209 
ʼn Wraakgierige laksman.

Donderdag 2 September 2010 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So leef die bewoners van die aarde uiters rojaal. 
Van die oggend tot die aand verkeer hul sosiaal. 
Midde hierdie fees staan die regerings so sentraal.
Kyk, uitspattig doen hulle in alles mee- so joviaal. 
Ja, as parasiet-poliep vertoon hul uiters kolossaal. 

Maar ʼn vernielde aarde moet ʼn bitter prys betaal. 
Desperaat roep sy: kyk ek is verlam- ja serebraal. 
Geen planeet was ooit met my lyding opgesaal. 
So klink haar noodroep wat na die sterre spiraal. 
Met aardplate wat so kreunend vertel- die verhaal. 
Haar klaaglied ontspring vanuit haar ragfyn koraal. 
Haar velde beaam dit, kyk hul is so dood en vaal. 

Maar ryk sowel as arm- leef so uitspattig sosiaal. 
Vir dit beskeie sê hulle nee- hul neig kontinentaal. 
Vir die heel beste is hulle nie skaam om te betaal. 
Hulle roep groen terwyl hul na nuwe rykdom dwaal. 
Die aarde roep: O’ waarom is ek met dit opgesaal. 
Ja, so klink haar klaaglied wat na die hemel spiraal. 

Waar ʼn laksman wraakgierig wag vir dié tipe verhaal. 
Terwyl hy onder menig naam tussen die sterre dwaal. 
Met ʼn tydsberekening- wat niemand nog kon bepaal. 
As Nibiru kom hy lomp en skrikwekkend- so kolossaal. 
Maar as Alsem het hy spoed van lig vir hom opgesaal. 

Kyk, as die Rooi draak- kom hy met sy stert oorgehaal.
Sodat die misbruikers van ʼn planeet – duur kan betaal. 
Maar onverstoord leef almal hier so uitspattig – so rojaal. 
Ja, van die oggend tot die aand verkeer hulle sosiaal. 
Terwyl die aarde se noodroep wanhopig na bo spiraal.


Openbaring 1210 
Malaria.

Donderdag 2 September 2010 21:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl ek besig is om te bid sien ek in ʼn vergrote beeld ʼn helder gesig 
waar ʼn enorme muskiet op ʼn menslike vel sit terwyl sy haarself tot 
versadigens vol aan bloed drink. 
Langsaan staan in hoofletters MALARIA geskryf.


Openbaring 1211 
ʼn Geloofsdoder.

Saterdag 4 September 2010 17:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, ook die goeie graan vergaan onder foutiewe insekdoder.
In Oorwinning het Satan, met ʼn leuen ʼn wêreld kom verower.
So staan nou globaal ʼn mensdom in ʼn illusie-leuen betower. 
Vir ʼn Waarheid se roep-lokstem raak almal net meer dower. 
Oorwinnend grynslag hieroor nou die groot gruwel- sielerower.
Oor ʼn kosbare verlore oes tevergeefs vir ʼn vuuroond verower. 
Die laaste bitterstryders voel elke poging van hul is so power. 
So vergaan die laaste graan onder die ongeloof se eie doder. 

Maar ʼn engel roep luid: kyk die tyd is te min om oor te begin. 
Maar daar is ʼn Godsgenadetyd oor- om oor alles te besin. 
Ja, kosbare tyd oor om verlore hoop en geloof te kan herwin. 
Ja, genoeg tyd oor om God met geheel jou hart te kan bemin. 
Om Sy groot Liefde en genade as geesteshulpbron te ontgin. 
Om die groot Waarheidsgees, tot voordeel van almal te win. 
Genoeg tyd om die Wysheidsleer in rekordtyd na bo te klim.
Daar is genoeg tyd om Satan te kan erken as ʼn illusie skim. 

Ja, ʼn engel roep luidrugtig: kyk die mens is van alles beroof. 
Deur ʼn groot leuen lê hulle siel so broos, naak en oopgekloof. 
Maar vir God se liefdevolle lokstem, bly hulle steeds so doof. 
Kyk- so gevaarlik, ja, al hoe wyer strek nou die skeidingskloof. 
Maar nog steeds is daar baie hoop in die krag van die geloof. 
Ja, daar is wonderlike hoop in ʼn belofte aan die kruis beloof.
Dit is heeltemal gratis- niemand hoef hulle hiervoor af te sloof. 
In hul verlossing kan hul triomferend uitroep: God is ons hoof. 

ʼn Engel roep uit: kyk dit is ʼn verskrikkingstyd van die dood. 
Aanmatigend staan hy uitdagend daar as ʼn gruwel despoot. 
Skrikwekkend steek hy na almal uit- sy gruwel pikswart poot. 
Hy gooi ʼn hel-doods-dobbelsteen om lewens uit te kan loot.
So eis hy onverbiddelik elke mensesiel wat aan hom behoort. 
Maar kyk, steeds stuur God na ʼn mensdom Sy genade boot. 
Vir hul wat ten einde laaste besluit hul is eerder God se soort. 
Ja, vir hulle wat vir ewig eerder in die hemel by Hom wil hoort. 

ʼn Engel roep so luid; kyk dit is nou die tyd vir elkeen se loon.
Ja, kom vergader almal daarom nou hier, om Elohim se troon. 
Laat almal groot en klein naderstaan om hul werke te vertoon. 
Met ʼn loon van Goed of kwaad word almal vir ewig nou beloon. 
Ja, wat bepaal waar elkeen vir die ewigheid gaan leef en woon. 
So staan die oordeelsengele flink nader om hulself te vertoon. 
Slegs in ʼn handvol, vind hul vir die koninkryk rein en skoon. 
Ja, slegs ʼn handvol ontvang nou die suiwer oorwinnings kroon. 

So vergaan van die laaste goeie graan onder ʼn geloofsdoder. 
So staan op die einde biljoene verlore, so deur Satan verower. 
O’ Waarom was die mensdom in hul soeke so power.


Openbaring 1212 
“Rift valley fever”

Saterdag aand 4 September 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek ontvang ʼn herhaling van die gesig waar ʼn reuse muskiet 
op die menslike vel verskyn het met ʼn boodskap dat ook 
"Rift valley fever" meer intens en dodeliker as voorheen 
deur muskiete oorgedra gaan word.

Rift valley fever 


Openbaring 1213 
ʼn Spotlied oor Babel.

Sondag 5 September 2010 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Verhef, ja verhef oor die grote Babel jul spotlied. 
Kyk, daar is niks meer oor wat hul kan aanbied. 
So stelselmatig krimp, ja, verklein hulle gebied.
So verdwyn ʼn oorheerser se staf nou in die niet. 
Volke lê verwoes in die grimmigheid van die Jesuïet. 
Wreed oor nasies geheers oor elke land en gebied. 

Verhef daarom oor ʼn eenwêreldorde- die spotlied. 
Hul eie god- Mammon, behandel hul binnekort stief. 
Al die konings en regerings raak hieroor verontrief. 
Kyk hoe staan hul infrastrukture skielik so primitief. 
Hulle name verdwyn – nêrens is daar vir hul ʼn argief. 
In hulle vlees woeker wurms en maaiers so kreatief. 
Geval, ja geval lê die blink morester- vir ewig verskiet. 

Verhef, ja verhef oor die groot hoer nou die spotlied. 
Verstote staan sy gestroop van ʼn slaafse publiek. 
Haar katedrale stil – sonder sang en vervelige mimiek. 
Nêrens meer gemeentes wat roep: ons het jou lief. 
Babilon kruip op die knieë, roep desperaat; asseblief. 
Hades roep spottend uit, niemand het jou meer lief. 
Al wat daar vir jou oorbly is slegs my groot ongerief. 

Verhef nou oor die grotes, ja die konings ʼn spotlied. 
Oor ʼn aarde, wat vir ewig nooit- word hulle gebied. 
Oor hulle name, wat nêrens verskyn in die kroniek. 
Vaste grond onder hul voete word hul ewig verbied.
Ver bokant Elohim wou hul mos vestig- hul bergpiek. 
Daarom word hul in hul val tot die uiterste verontrief. 
In jou val, O’ Babel, blyk alles nou vir jou so negatief.


Openbaring 1214
Klankgolwe, lig en frekwensie.

Dinsdag 7 September 2010 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek staan en kyk waar water deur verskillende persone met verskillende
metodes aangewys word. Een persoon maak gebruik van metaaldrade 
ʼn ander weer van ʼn varsgesnyde wilgertak en waarvan beide op sekere 
plekke vanself na onder buig. Waar die derde persoon weer gebruik maak 
van ʼn leë bottel wat hy op sy handpalm balanseer en wat op spesifieke 
plekke spontaan omval. 

Ek verwonder my hieraan en vra na die werkingskragte hiervan, positief 
sowel as negatief – geestelik of materieel. Waarop die lug om my skielik 
in ʼn kleurespel ontplof en waar sommige verskillende helder kleure teen 
mekaar bots, terwyl ander weer egalig in- en deurmekaar vloei en waarna 
dit lyk asof die kleurespel in ontelbare flitsende vibrerende grafiekpatrone 
verander en ek in ʼn angsaanval paniekerig vra dat dit moet weggaan.

Waarop alles dadelik versag en stelselmatig vervaag en nadat my hartklop
bedaar het, vra ek na dit wat ek ervaar het. Die antwoord kom dat alles om 
ons, die lug sowel as die water, asook alle vaste materie- klankgolwe, lig 
en frekwensie is, wat bloot verskil in die graad van hul digtheid volgens hul
gelyksoortigheid en daardeur ʼn magnetiese aantrekkingskrag vorm waardeur 
elektriese ladings (kragte) opgewek word in ʼn siklus van nimmereindigende, 
ja, voortdurende wrywing wat op sy beurt weer ʼn magnetiese veld veroorsaak, 
waarin alles met mekaar en teenoor mekaar in ʼn frekwensie 
verbindings-verhouding staan.

So kan die mens wat reeds op ʼn hoë ontwikkelingsvlak is, maklik deur middel 
van sy sintuie en hoogs ontwikkelde frekwensieratwerk van sy brein die 
verskillende klankgolwe se data-frekwensie (inligting) in ʼn magnetiese veld 
bymekaar uitbring en ook weer uitstuur en daarom is die manifestasie van die 
afwaartse buig of die val van die bottel, niks anders as magnetisme wat in ʼn 
spesifieke magnetiese veld na mekaar in gelyksoortigheid neig nie. 

Waarop die stem nou voortborduur en sê: maar helaas het die mens wat nie 
meer in kontak met sy omgewing wil staan nie, hierdie vermoë deur hul eie 
toedoen verbeur, terwyl die diereryk in baie gevalle nog sterk oor hierdie 
uitstekende frekwensie kommunikasie kwaliteit beskik en dit is hoekom hulle 
soms dae voor die tyd van komende aardbewings en ander kataklismes weet 
en dit is ook waarom dolfyne en walvisse maklik in hul rigtingbepalings versteur 
kan raak deur versteurde aardplate se frekwensies. 

Neem as voorbeeld weer die sogenaamde ‘selfmoord-uitswem' van hierdie 
spesies ʼn paar dae voor die laaste groot aardbewing.


Openbaring 1215
T
alente en begaafdhede.
Woensdag 8 September 2010 20:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl ek ingedagte onder die sterre lê en filosofeer oor die groter doel van die 
mens se lewe en bestaan, kom die volgende onwillekeurige vraag by my op.

Wat is werklik die doel van ʼn intelligente of soms minder intelligente bewussyn 
wat toegerus is met sy onderskeie talente en begaafdhede, wat oor die 
potensiaal beskik om dit maksimaal te ontwikkel, terwyl die betrokke brose lewe 
slegs tydelik gehuisves word in ʼn verganklike organiese liggaam, wat na die 
afsterwe daarvan in ontbinding disintegreer- waarna daar oënskynlik niks oorbly 
van dit wat eens as siel in die lewe waarneembaar was nie, terwyl die talente soms 
deur die werke en daardeur die vele uitvindings, ja, die verskillende komposisies, 
letterkunde, kunste en vele meer bly voortbestaan. 

Gesien vanuit die oogpunt van ontwikkeling, oorlewing en voortbestaan van 
die groter groep en ook volgende generasies, verskil die lewe van die mens, 
in sekere opsigte weinig van dié van ander spesies wat op hul beurt die beste 
en sterkste gene tot voortbestaan van hul soort voortdra.

Waarop die reeds nou so bekende, altyd uiters bedaarde geliefde Stem, my
rustig antwoord, dat dit onder andere inderdaad so is dat die mens deur
die ontwikkeling en uitleef van sy talente – willekeurig of onwillekeurig – ʼn liefdes 
nalatenskap tot ontwikkeling, verbetering, ja soms ook tot oorlewing vir ander 
nalaat en daardeur tog iets van hulself in die materiële wêreld laat voortbestaan. 

Maar dat die kosbare lewe met die afsterwe van die liggaam oënskynlik in die niet 
verdwyn soos ʼn lig wat afgeskakel word, is baie ver van die waarheid, omdat die 
onsterflike menslike bewussyn, wat tydens sy aardse bestaan met ʼn vrye wil 
toegerus was, om sodoende willekeurig te kon ontwikkel tot op ʼn geestelike vlak 
waar die wese na die afsterwe van die materiële liggaam, nou juis tot volle 
geestelike wasdom en volmaaktheid in sy voorkeure en liefdes kan ontwikkel. 

Daarom is alle geestes-lewensbewussyn onderworpe aan ʼn Enig Soewereine, 
ja, Superieure Alwetendheid, wat elkeen tot verantwoording gaan roep, oor wat 
gedoen is tydens die aardse lewensbestaan en wat toegerus was met eerstens 
die kosbare Goddelike Liefde, daarna die graad van elkeen se intellek, ja, elke 
gawe en ook die vele talente en wee elkeen wat geredeneer het dat dit veiliger 
is om ʼn talent, hoe beskeie ookal, onder ʼn maatemmer te verberg.


Openbaring 1216 
ʼn Seisoen van kataklismes.
Donderdag 9 September 2010 13:10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit die bloute laat ʼn tenoor nou hoor. 
ʼn Seisoen van kataklismes- lê nou voor. 
Hierop antwoord in een stem, die hele koor.
Soveel aardbewings gaan van hul laat hoor. 
In ʼn luide applous reageer hieroor die gehoor. 
Lank genoeg soek die mens met God skoor.

In refrein beaam ʼn sopraan nou in metafoor. 
Niemand is so doof as een, wat nie wil hoor. 
Menigtes staan voor Mammons glans bekoor.
Terwyl hulle so in hul eie duisternis versmoor. 
In sagte getrommel laat ʼn drommer ook hoor. 
Dreungeluid van aardbewing wat alles ontspoor.

In dieretuine raas so onrustig nou die karnivoor. 
Ook oor vlaktes vlug wild, verward die omnivoor. 
In ʼn wilde klimaks laat hoor luidrugtig die koor. 
ʼn Wilde seisoen van kataklismes lê nou voor. 
Oor die aarde lê nou ʼn verwoesting-stormspoor. 
In mislukte oes – globaal nou leeg ʼn wêreldstoor.
Noodlottig lê die ekonomie dood, totaal ontspoor. 

So vanuit die bloute laat ʼn tenoor van hom hoor. 
Ja, ʼn seisoen van wilde kataklismes lê nou voor.


Openbaring 1217 
Walglike winde van verandering.

Donderdag 9 September 2010 15:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Bloedig die namiddagson na die Ooste gedraai.
ʼn Sekel wat flits, om die laaste oes af te maai.
Oor Afrika se vlakte lê bloed nou so dik en taai.
Maar in weerstand geen geweer – om te herlaai.

Liberaal was ʼn reine waarheid mos so verdraai.
Ja, dit is ewig te laat, om nou terug te wil draai.
Op edelbloed was so minagtend die rug gedraai.
Deur die tong van verraad wat maklik kon verraai.

Bloedig staan die son nou na die aarde gedraai.
Oor walglike winde van verandering eens gewaai.
Ewig te laat vir ʼn wêreld om nou om te wil draai.
Ja, ook te laat om oor vele foute terug te wil blaai.
So ook dit te laat, om die haat te probeer ontlaai.

Niemand steur hul aan die vredesvloot in hul baai.
Terwyl die liberalis vreesbevange in eie foute baai.
Oor ʼn fatale eindresultaat- sou hulle nooit kon raai.

Bloedig skyn ʼn middagson- na die Ooste gedraai.
ʼn Bloedbevlekte panga, wat so flitsend rondswaai.
Hatig staan konserwatief- kwaad na liberaal gedraai.
Terwyl laasgenoemdes desperaat probeer omdraai.

Maar verseëldes staan paraat- gereed, klaar gelaai.
Met hulle gesigte staan hulle na die Weste gedraai.
Terwyl ʼn Koel Wind, nou kalmerend oor hulle waai.
Toon ʼn engel hul die weg in die vlug van die kraai


Openbaring 1218 
Die gesalfde tweeling.
Sondag 12 September 2010 11:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk daar is net Een, ja, Elohim is ewig ons Koning. 
Laat alles wat leef daarom hulle hulde nader bring. 
ʼn Duisternis het tevergeefs om Hom probeer dring. 
Waarheidsreg is ewig die grondslag van Sy vesting. 

Ja, vuur gaan vooruit om ongeregtigheid om te bring. 
Terwyl berge hul nederig voor Hom na benede bring. 
Voor Sy aangesig slinger die aarde in haar rotering.
Voor Sy troon lê verguis, ja, verslaan al die konings. 

So lê aan skerwe verstrooi, eens magtige regerings. 
Geregtigheid juig daaroor- sonder enige meelewing. 
Terwyl Sy bliksemstrale nou die duisternis verdring. 
Beskaamd staan hulle wat Babilon wou nader bring. 
Ontbloot lê die leuen nou in ʼn gruwelkerk se lering. 

Ja, ʼn ewige vervloeking skuil in die onpaar tweeling. 
Verstik in hulle eie bloed lê sterwend die Westerling. 
Eenmaal geval, tweemaal gestorwe lê die Oosterling. 
So kom ʼn oordeels boodskap nou in groot triomfering. 

Sion hoor dit – luister na die vreugde in haar jubeling. 
Ook die dogters van Juda, word na die Suide gebring.
As gunsgenote, word ook hulle na veiligheid gebring. 
Ja, Sion en Juda was vir ewig, die gesalfde tweeling.

Hef daarom aan jou nuwe lied Sion en begin te sing. 
Kyk daar is een Elohim-JaHWeH, Hy is jou KONING.


Openbaring 1219 
Tot die einde sal Ek twis.

Sondag 12 September 2010 20:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O' Volkie wat woon daar ver anderkant die riviere van Kus. 
So min wat weet waar die lewende fontein van water is. 
Tot op die einde sal Ek met die wederstrewige volk twis. 
In jou midde huisves jy so gasvry- ʼn wêreldorde politikus. 

Agter afgodery in hoerery – jouself gesien as die optimis. 
Maar teenoor die lewende woord staan jy as ʼn pessimis. 
Onder ʼn valse reënboog huisves jy almal – ook die sosialis.
Aan jou boesem koester jy liefdevol die siellose kommunis. 

Ruggraatloos lê jy so weerloos onder die voetsool van Kus. 
Onder globale wêreldbeheer, het jy jou skaamteloos berus. 
Ja, jou volk word wreed vermoor, maar jy staan houtgerus.
Om jou vyande op jou erfporsie te voed – is jy ʼn fanatikus. 
Daarom sal Ek tot op die einde met jou redekawel en twis. 

Kyk in jou midde stuur Ek daarom, groot rumoer en onlus. 
In jou oomblik van groot nood sal jy weet wie God regtig is.
In ʼn groot pynlike skeiding gaan jy vind Ek is ʼn Spesialis. 
Jy gaan vind jou God is voorwaar, die grootste perfeksionis. 
Een uit ʼn stad, ja, twee vanuit ʼn geslag is al wat Myne is.

O’ volkie wat woon, daar ver anderkant die riviere van Kus. 
Waarom kan jy in jou dors toestand, die volgende nie wis. 
In jou midde ontspring ʼn fontein wat die lewende water is. 
Maar jy verkies ʼn dor woestyn, beklee met die duisternis. 

So graag wil ek jou styf teen My vasdruk, ja jou innig kus.
Maar jy stoot My van jou weg en laat jou deur afgode sus. 
Daarom sal jy nou in My vind die grootste skeidingskritikus. 
Ja, tot die einde sal Ek met hierdie wederstrewige volkie twis.


Openbaring 1220 
ʼn Supervulkaan.
Sondag 12 September 2010 22:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn enorme rookpilaar vanuit die aarde die lug in trek en ook hoedat
rook op verskillende plekke vanuit die grond kom. Hierdie is ʼn skrikwekkende
gesig en ek vra daarna waarop ek in antwoord kry dat dit ʼn supervulkaan 
'super vulcano' is wat op die mensdom wag.


Openbaring 1221 
In ʼn geesteswoestyn.
Dinsdag 14 September 2010 19:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So sit in  ʼn geesteswoestyn menig siele en ly. 
Hul sug en kla: ons wêreld is ʼn leë woesteny.
Niks is meer oor waaroor ons, ons kan verbly.
Ja, so is alles besig, om ons nou onder te kry.

Hul kerm en kla, ja hul roep- O’ God, kyk na my.
Ja, kyk ek is besig om in ʼn donker put af te gly. 
Voordat ek my kan kry het Hades my beetgekry. 

Ja, so sit in ʼn geesteswoesteny menig siel en ly.
Wat so wanhopig roep: God, bly in my nood by my.
Luister daarom wanneer Hy troos: kyk, Ek is naby.
Luister na Sy raad, wat jou wilde vrese wil bestry.

Vasberade moet jy nou Wysheid en Insig bykry.
Die bose so moedig met al jou teenstand bestry.
Manmoedig moet jy verklaar – met God aan my sy.
Gaan ek die listige lokstem van die wêreld vermy.
Dat dit nooit weer ʼn sonde-houvas op my kan kry.

In my nuutgevonde vryheid sal ek my in Hom verbly.
Ek sal soos ʼn kind, my voorbarig aan Sy voete vly.
Terwyl ek my liefde so oor en oor aan Hom sal bely.
Weet daarom- niemand hoef in ʼn geesteswoestyn te ly. 
Luister altyd na Sy stem wat sê: kyk, Ek is so naby.


Openbaring 1222 
Liefdeloos en verdor.
Donderdag 16 September 2010 19:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, in ʼn lenteboord staan sonder botsel die Amandel. 
By ʼn groen oase staan sonder ʼn vrugtevrag die Dadel. 
Ja, ook in die bos staan sonder geur- verdor, die Sandel. 

In die kerk herrys sonder ʼn liefdesboodskap ʼn vaandel.
Wat ʼn wêreldboodskap sonder ʼn Waarheid verkwansel. 
Terwyl hul mekaar met ʼn tong van haat en nyd afransel. 

ʼn Trietsige wêreld staan in die liefde geklee, so skamel. 
Terwyl ʼn mensdom mekaar net al hoe slegter behandel. 
Niemand meer die goeie weg van Elohim wil bewandel. 
Herrys oor ʼn wêreld nou weer dieselfde ou gruwel-Babel. 

Kyk, in ʼn somerboord staan sonder vrugte – die Amandel. 
Bykans al die graan is voos gevreet, deur bose kalander. 
In hierdie bose tyd hou die vredevors homself so skrander. 
Terwyl hy geheel ʼn wêreld tot ewige ondergang verander. 
Oor die wêreld spoel die boosheid soos ʼn reuse brander. 

Ja, so staan verdor, die dooie hout van eens ʼn Amandel.
So het die mensdom kosbare liefde – vir haat verkwansel.


Openbaring 1223
Uit die meul.

Vrydag 17 September 2010 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel staan nader om van sy maat te hoor. 
Hy vra: hoeveel heiliges is daar nog regtig oor. 

Sy maat sê: in hulle getalle het hul vêr verloor.
Die einde is dit nie, so baie word nog vermoor. 

ʼn Engel wil weet: maar waarom, ja, waarvoor. 

Sy maat sê: uit die meul – kom die beste voor. 
Uit alle tyd is die kosbaar oes vir God gestoor. 
Hy sê; kyk dit is so moeilik, om dit te verwoord. 
Oor ʼn edel-oes wat eksklusief aan Hom behoort. 

So vra ʼn engel oor die doel hiervan, ja waarvoor. 

Sy maat sê: dit gaan oor Melgisedek, ja, daaroor. 
Oor ʼn Priesterorde wat die Woord gaan laat hoor. 

So staan ʼn engel nader om van sy maat te hoor. 
Weet hierdies dat hul eksklusief aan God behoort. 

Sy maat sê: ja, hulle weet verseker hul is Sy soort. 
Meeste stap reeds so getrou – na die hemelpoort. 
Ongeag onreg, stap hul deemoedig, nederig voort. 
Om as Sy uitverkorenes aan Hom te kan behoort.


Openbaring 1224 
Wees gebalanseerd.

Vrydag 17 September 2010 19:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Sorgvuldig probeer die mens terwille van hulle oorlewing te oorleef, 
waardeur hulle vir hulself doelwitte daarstel om na te kan streef. Waarna 
hul nou desperaat elke moontlike metode begin aankleef. Kort voor lank 
besef menigeen hulle het nou oorgenoeg om van te oorleef, maar 
inhalig gaan hul nou eers ywerig voort om na meer en meer te kan streef. 

Spoedig begin hulle om hulself met al die luukses van hul tyd omgeef. 
Terwyl hul hoogmoedig al hoe meer soos konings begin te leef, begin 
hul ook nou om Mammon as hul god aan te kleef. So bedroef hul nou 
die Goeie Gees wat hul nie meer langer wil omgeef. 

Ja, spoedig beskou menigeen hulself nou as so verhewe- so ontwikkeld,
ja, so kompleet. Hierdeur begin baie om wetend of onwetend hul innerlike 
geestesbande met God te verbreek en terwyl hul hulself nou so met die 
wêreldkleed beklee, is hul besig om ten koste van hul ewige lewe as satan 
se eiendom sy verderflike domeine te betree. 

Hier is hulle so afgestomp hul voel daaroor nie die minste verleë, maar hul 
illusie-rykdomme – die geniet hulle nou so uitermatig terdeë. Maar met die 
maat waarmee elkeen meet, word weer vir elk gemeet. 

So kom die sterwensdag waar die mens nou in doodsangs sweet, ja op 
hierdie oomblik waar hul nou so onwrikbaar weet, dat al hul aardse skatte 
hul vir ewig nou gaan ontbreek, gaan hul nou ʼn geestelike ryk betree waar 
die mens sonder geeste-skatte gaan staan as die heel armste stomme leek. 
Nou is dit te laat om God om genade te wil smeek. 

Laat elkeen daarom nou die volgende wysheid weet – om terwille van 
oorlewing gebalanseerd na die nodige te streef, ja om ook te weet 
wanneer genoeg genoeg is om te kan oorleef. Terwyl die mens nou so 
ywerig daarna streef, om ook nou terwille van ewige geestelike oorlewing, 
na soveel moontlik geestelike skatte te streef.


Openbaring 1225 
ʼn Dag van baie groot berou.

Saterdag 18 September 2010 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ja, so kom daar ʼn dag, ja, ʼn dag van baie groot berou. 
Waar die liberalis die werke van hul hande gaan aanskou. 
Waar hulle staan voor ʼn graf deur hulle eie hande gegrou. 
In hierdie dag val soveel tere liberale mans en dames flou. 
Terwyl hul mekaar nou so hatig as stommerikke toesnou. 

So kom uiteindelik ʼn dag, ja, ʼn dag van baie groot berou. 
Waar elke wêreldling gaan sien hoe sleg het hulle verbrou. 
Ja, met hulle voete op ʼn valdeur – om hul nek die galgtou. 
Op Satan se brousels, was hulle fondamente mos gebou. 
In hulle val het hul nou ʼn ewigheid, om hieraan te herkou. 

So kom uiteindelik ʼn dag, ja, ʼn dag van baie groot berou. 
Waar die kerke nou weet- hul het op die groot hoer vertrou. 
Waar haar lidmate hatig roep: waarom brand jou lig so flou. 
In jou boustrukture, was jy altyd mos opgetooi soos ʼn pou. 
Maar uiters pateties lê jy nou daar oor jou eie dood en rou. 

So kom uiteindelik ʼn dag, ja, ʼn dag van baie groot berou. 
Waar die politiek in haar val, so desperaat probeer vasklou. 
Terwyl die groot moondhede vir oulaas nou hulle oë vernou. 
Al die nasies mekaar nou so openlik hatig blatant wantrou. 
In hoofopskrif letters, die woord derdewêreldoorlog uitskrou. 

So, kom uiteindelik ʼn dag, ja, die dag van baie groot berou. 
Waar die liberalis in Suid-Afrika, hulle lyf so dun gaan hou. 
Hulle openlik gaan lieg en sê: ek was ʼn konserwatiewe ou. 
Terwyl die dood hulle uitlag en sê: jul verskoning is so flou. 
Jul liefde en lojaliteit vir jul eie sowel as vir God was so lou. 
Dubbel kom daarom nou julle oordeel, ja, oor julle valse trou. 

So, kom uiteindelik ʼn dag, ja, die dag van baie groot berou. 
Waar menigeen gaan roep, waarom het ek my so slim gehou.


Openbaring 1226 
ʼn Sterk wind.

Maandag 20 September 2010 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien in ʼn gesig hoedat daar in ʼn erge windstorm baie hoë bome heeltemal 
ontwortel lê. 

Hierna sien ek hoedat mense van gelyksoortige denkrigtings groepe vorm. 
Die groep waarin ek my bevind sit rustig en georden voor ʼn redelik verwoeste 
plek, waarna ʼn ander groep waarvan almal in blou geklee, uitspattig in ʼn 
karnaval-atmosfeer by ons verby beweeg. ʼn Vrou steek vas en nooi vrolik dat 
ons maar by hulle moet gaan rugby kyk. Waaroor ek baie ontsteld oor hierdie 
ligsinnigheid vra hoe hulle nog in ʼn tyd soos hierdie kan rugby kyk, waarop 
sy my laggend antwoord: jy moet die groep in Natal sien. 

Ek hoor ʼn stem wat vra: het julle die berig gehoor van koningin Elisabeth 
wat so ʼn slegte openbaring ontvang het, waarop ʼn ander stem antwoord, 
ja, dit is deur prinses Diana voorgelees.


Openbaring 1227 
Luidrugtig kom die akkoorde.

Dinsdag 21 September 2010 19:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die Ooste, Weste, Suide sowel as die Noorde. 
Op elke politieke vergadering lui luid die akkoorde. 
Van soveel doelstellings maar alles is leë woorde. 
Met nuttelose oplossing afkomstig van baie oorde. 

In Suid-Afrika paradeer heelvoor ʼn politieke bode. 
Hy propageer gesondheidsorg en goedkoop brode. 
As ʼn geprogrammeerde mondstuk praat hy in kode. 

Deur massabeheer regeer wêreldwyd nou die Jode.
Hul regeer oor willose menslike outomate as gode. 
Slaafs volg massas hul- te bang hul is uit die mode. 
Daarom – die Wysheidsweg vir hierdies, nou verbode. 
So skaar biljoene hul as 'zombies' nou by die dode. 

Ja, in die Ooste, Weste, Suide sowel as die Noorde. 
In ontelbare toesprake – kom luidrugtig die akkoorde. 
Oral is daar biljoene woorde sonder enige antwoorde.
So staan binnekort baie verstom oor politieke moorde.


Openbaring 1228 
Die kind is dood.

Woensdag 22 September 2010 17:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het ʼn satansgesant haarself probeer verwoord. 
Maar die betrokke kind is lank gelede reeds dood. 
As misgewas land dit reeds by geboorte in die sloot.
Selfs die nageboorte was oneindig swaar soos lood. 

Daaruit het ʼn helgedrog dit tot ʼn lewe kom ontbloot. 
Met ʼn naelstring aan Afrika kom heg, met ʼn koord. 
Tot ʼn enorme leviatan-poliep, dit so kom vergroot. 
Maar die betrokke kind is lank gelede alreeds dood. 

Maar ʼn dier probeer dit met ʼn poot, tot lewe stoot. 
Ewig nooit kom dit in die nuwe Jerusalem se poort.
Maar in ʼn ou Jerusalem woon steeds ʼn valse Jood. 
Wat in ʼn leuen-testament ʼn erfenis verkeerd verwoord. 

Ja ʼn erfenis wat hulle aan ʼn ander wil laat behoort. 
Sodat hulle dit vandaar slu in hulle rigting kan stoot. 
Maar die erfgenaam is om alle praktiese redes dood. 
Daaruit het vir almal net ʼn enorme parasiet vergroot. 
Solank dit op alles kan teer gaan dit met alles akkoord. 

Kyk, uit ʼn paar miljoen, verstaan net ʼn paar die Woord.
So het ʼn satansgesant oor haar woord- in selfmoord, 
in Hades gevind- die kind is lank vergete alreeds dood.


Openbaring 1229 
Woorde.

Donderdag 23 September 2010 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Woorde is gedagtes, idees en ook fantasie vasgevang in ink. Maar woorde is
ook abstrakte denke, soms filosofiese gedagtes waarvan die beste wegwaai 
in die wind. Ja, woorde is tere emosies wat mense in liefde saambind. 

Maar so is woorde ook die mees gedugte wapen om ander mee te vermink. 
O’ hoe skoon is die woorde van ʼn opregte se loflied wat voor God opklink. 
Maar hoe walglik die woorde uit ʼn verotte verstand tot voordeel vir Satan 
bedink. Kyk hoe suksesvol is ʼn politikus wat blitsvinnig reageer met woorde 
so flink – terwyl hul deur vleitaal die toekoms van ʼn land en volk sink. 

Deur eeue het digters vrolik met woorde deur die digkuns rinkink. Maar so 
het vele skrywers met donker woorde baie in depressie laat sink. Dit is deur
erotiese woorde wat ʼn minnaar sy maat die liefdespel in wink – terwyl sy
haarself koketterig met liefdeswoordjies aan hom vasbind. 

Met sagte trooswoorde is soveel emosionele wonde al verbind – maar dit is 
met bitter woorde wat die mens mekaar se ondergang bedink. Met heilige 
woorde word die ewigheidsdieptes bedink. Maar deur valse woorde word 
in leuen taal die duisternis ewig aan die mens vasgebind. 

Ironies hou juis die kerke deur verdraaide woord die mensdom blind. Maar 
weet ook – Elohim is die ewig lewende Woord wat die mens liefdevol- vriendelik 
na die goeie ewige lewe wink.


Openbaring 1230 
Die Reus.

Saterdag 25 September 2010 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eendag lank gelede was daar ʼn man, sy naam- Sebedeus. 
Hy was net ʼn eenvoudige man, maar so regverdig gewees. 
Teen woekeraars had hy sy vendetta, ja, ook teen Saggeus. 
So had hy uitsonderlike seuns, die donderreus- Sebedeus. 

So besluit sy seuns; hulle dien slegs die heel sterkste reus. 
Die heel regverdigste wat hom deur geen onreg laat oorheers.
So gaan hul ywerig deur die land en vra wie sal dit nou wees. 
So kom hulle by ʼn groep wat ywerig leer – dit is ons god Zeus. 

Maar spoedig vind hul die leer geweldadig en so effe amoreus. 
Hul vind dit so uiters grappig en hou hulle spottend so bedees. 
Vrypostig lewer hulle kommentaar en sê: ons verlaat julle eers.
Omdat julle jul uiters dom deur ʼn beëlsebulgees laat oorheers. 
Eendag kom ons terug en kom vertel jul oor die goddelike reus. 

So ywer hulle vlytig voort in hul soeke, die seuns van Sebedeus. 
So skaar hulle hul spoedig by ʼn uitsonderlike askeet – vir eers. 
Hy leer hulle van ʼn wonderlike Verlosser wat kom om te heers. 
Tot op ʼn dag wat die doper uitroep, so hartstogtelik- ja so hees. 
Hy roep: Kyk- soos ʼn duif, daar daal God se Gees op Hom neer. 

Baie opgewonde besluit eenparig, nou die seuns van Sebedeus. 
Hulle het uiteindelik gevind, ja gevind, hul Meester, die grote Reus. 
Daarom haas hul-hul na Hom en sê; Kyk, U dienare wil ons wees. 
Daarom leer Hy hulle- in plaas van groot, moet julle nederig wees. 
Wees My vissers en bring na My elke sondaarvis, so gekneus. 

So klink oor eeue heen, die roep van die seuns van Sebedeus. 
Hy is Meester, Hy is God – Hy is die heelal se Liefdevolle Reus.


Openbaring 1231 
Hedendaagse kerkgeloof.

Maandag aand 27 September 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ die geloof- die hedendaagse geloof wat baie so onderkry.
Deur ritueel word wild verbeel en daaruit ontstaan ʼn prekery. 
Doop groot of doop klein word geroep om lidmate by te kry. 
Deur hemelgawes word soveel kwansuis van duiwels bevry. 

In spreek van tale word baie nou in ʼn babbeltaal beetgekry. 
Terwyl so baie eufories dink hul het die weergeboorte verkry. 
Die gemeente moet nou hoor – die tiende mag hul nie vermy. 
Ook in die basaar en koekverkoping moet hul-hul so verbly. 

Op hul feeste word gejol en gefuif, maar dít word nooit bely. 
In die gemeentes, ja, die gemeentes is ewig altyd ʼn stryery. 
Terwyl Diaken en Diakones fluks met ʼn bedelbeurs rondry.
Ontstaan in soveel beradings – soveel onwelvoeglike vryery. 

Met ʼn geldjie hier, ʼn skapie daar – vergeet nie die omkopery. 
In die geloof, ja die kerkgeloof is dit net ʼn walglike dwepery. 
Wat soveel kerk lidmate – stadig maar seker begin onderkry. 
Met ʼn kul jou hier en daar, het baie in hul geloof seergekry. 

Maar deur die ontnugtering daarvan, word so baie nou bevry.


Openbaring 1232 
Iets soets in die dood.

Dinsdag 28 September 2010 12:32 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens was daar ʼn man, ja so magtig soos ʼn stormwind. 
Dit was moeilik om te bedink hy was eens ʼn brose kind. 
In brute krag kon hy met sy hande vermorsel en vermink. 
Vir ʼn hele volk se oorlewing handel hy brutaal op instink. 
Maar baldadig in sy vreugdes, kon sy oë so prettig blink. 
Oor sy liefde vir Elohim so skaamteloos ʼn traan wegpink. 

Ja, eens was daar ʼn man so magtig soos ʼn orkaanwind. 
Op sy voorhoof was die verseëling van Elohim vasgebind.
As askeet mog hy nooit, van die wynstok vir hom inskink. 
Maar die oorlewing van God se volk, dit moes hy oordink. 
Angswekkend oor die velde- het Simsons' kreet weerklink. 
Terwyl hy terwille van Elohim se volk sou moor en vermink. 

Eens was daar ʼn man hy was kragtiger as die noordewind. 
Nie in ʼn man – maar in ʼn leeu, sou hy sy teenstander vind. 
In die oorwinning hiervan sou hy sy eie soort wysheid bedink. 
In die karkas van die leeu het hy gesien- alles moet ontbind. 
Maar selfs in die dood se arms – is soms iets soets te vind. 
Die vrug hiervan is as ʼn liefdesgeskenk na sy ouers gebring.

So was daar ʼn man in jeugdige krag- doller as ʼn warrelwind. 
Ja, van Elohim se eie krag was stewig in sy hare vasgebind. 
Nie eers ʼn duisend man of meer, kon hom uitoorlê of oorwin. 
Maar die swak slanke hand van ʼn vrou, kon hom nader wink. 
Daarom nie deur ʼn leeu- maar ʼn hoer- is hy maklik oorwin. 
So het die nag, in Simson se eens blink oë, ʼn tuiste gevind. 

Eens was in ʼn tronk daar ʼn man – treurig soos die aandwind. 
Innig het hy verlang na die dood wat hom moes kom verslind. 
Maar in sy eie verseëling- was hy steeds aan God vasgebind. 
Waardeur hy deur grote krag nog eenmaal sy weg moes vind. 
Waar hy soos ʼn groot stormwind, alles om hom sou vermink. 

Weet daarom O’ Boervolk, waar jy jou in jou blindheid bevind. 
In jou eiesoortige verseëling is jy steeds aan God vasgebind. 
Kyk in jou midde stuur Ek, as gids vir jou ʼn swak mensekind. 
Om vir jou tot hulp, jou pad deur die duisternis, na My te vind. 
Jou arms sal jy in krag, om twee vrymesselaarpilare vasbind. 

Vanuit hierdie volk, selfs vanuit ʼn vervloekte liberale oogpunt. 
Sal in duie neerstort- alles boos wat ʼn wêreldorde sou bedink. 
In die dood, sal ʼn deel van die volk, weer iets soets terugvind.


Openbaring 1233 
Naasteliefde en omgee.

Donderdag 30 September 2010 13:31 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So besluit menigeen – vandag is die dag wat ek regtig omgee. 
Ja, in naasteliefde gaan ek voorwaar probeer vorentoe tree. 
Met deernis en ook in omgee daarmee gaan ek my beklee. 
In plaas van oordeel gaan ek nou voor my eie deur skoonvee.
In hierdie dag gaan ek my tiende in liefdes-optredes bestee. 
Met armes omgaan en daaroor voel- nie een oomblik verleë. 

So word met opregte, goedbedoelde pogings na vore getree. 
Daar word so ruim- aan die eerste beste, behoeftige gegee. 
Maar O’ wee, met so baie wat nou met bakhand nader tree.
Gee die naasteliefde nou so verskrik voor die irritasies mee. 
Kort voor lank, word daar nou baie kwaad op almal geskree. 
Oor soveel luiaards- wat nie in die minste oor ander omgee. 

So besluit menigeen om maar op ʼn ander manier om te gee. 
Na ʼn buurman sal ek uitreik deur in vriendskap nader te tree. 
Ja, ek sal hulle so vriendelik nader in ʼn goeie buurmansgees. 
So sal ek hul uitnooi na ʼn goed voorbereide vriendskapsfees. 
Maar O’ Wee – kyk ek klop en klop en roep myself heel hees. 
Daar word so kwaad geskreeu – jou stommerik kan jy nie lees. 
Daar is ʼn nota op my deur wat lui; kyk ek wil nie gesteur wees. 

So staan die goeie Samaritaan nou in sy voorneme so verwees. 
Steeds besluit menigeen vandag is die dag wat ek gaan omgee. 
Met naasteliefde gaan ek uitreik, ja, ek sal my daarmee omgeef. 
Spoedig bevind hulle, hul nou na die oud en krank op volle dreef. 
Na die ouetehuis waar ʼn bejaarde sit- aan ʼn rolstoel vasgekleef. 

Met knopperige rumatiekvingers- terwyl kanfergeur hulle omgeef. 
In elke plooi staan daar luid geskryf – kyk ek het voorwaar geleef. 
Met waterige ogies wat nou so hoopvol in afwagting begin te leef. 
Terwyl die silwer-gryse hoof so onbeheers in sy ouderdom beef.
Word elke krummel van die liefde, dankbaar in sy hart vasgeweef. 
Weet, O’ barmhartige Samaritaan- jy wat liefde het om weg te gee.
Daar is so baie swak en eensaam, ja, so alleen- oud en afgeleef.


Openbaring 1234 
Daar is…

Vrydag 1 Oktober 2010 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn monster gebore – aan ʼn hartaanval sterf die ginekoloog. 
So span Migael paraat teenoor die antichris nou sy dodelike boog.

Daar is ʼn pot vol van suiwer goud aan die einde van die reënboog. 
ʼn Land met baie ryk minerale – die groot droom van elke geoloog.

Daar is ʼn wêreld vol van armoede nou heeltemal aan die uitdroog. 
Wat oulaas desperaat probeer – om hul Mammonsgod te verhoog.

Daar is oorbevolkings wat desperaat – aan ʼn baie maer koei soog. 
Met wêreldregerings wat staan as ʼn mees uitermatige slegte voog.

Daar is menig werklose wat desperaat met hul laaste kragte betoog. 
Hulle bloed word verspil terwyl hul so pateties deur hul getalle poog.

Daar staan twee olyfbome- kyk hulle voer nou ʼn ernstige monoloog. 
Deur menig oordeel kom hul om Elohim se heilige naam te verhoog.

Daar is ʼn monster gebore, kyk – aan ʼn hartaanval sterf die ginekoloog. 
Vanaf die top van sy piramide kyk oor die wêreld heen ʼn bose oog.

Daar staan kerke oor die wêreld opgerig vir Satan as sy eie verhoog. 
In die hel word gekweek sy dissipels as sy mondstuk – die teoloog.

Daar is ook ʼn hel-eiendomsmerk, wat kom op menigeen se voorhoof. 
Wat ʼn sagte Goddelike geestelike lig in menigtes se oë kom uitdoof.

Daar is ʼn wrede monster gebore, wat almal valse vrede- kom beloof. 
Terwyl hy aardse skatte en rykdom – vir Satan sy meester, kom roof. 

Daar is siellose massas, wat hulle so ywerig vir ʼn wêreldorde afsloof. 
Tussen hulle en die laaste heiliges – ontstaan ʼn onoorbrugbare kloof. 

Daar is ʼn pot vol van suiwerste goud aan die einde van die reënboog. 
Op Suid-Afrika is nou so hoopvol gerig elke gierige ontwikkelaars-oog. 

Maar daar is twee getuies wat alles – ook die ekonomie uit kom droog. 
Daar is droogtes en ook kataklismes wat God se naam kom verhoog. 
Terwyl menig sonontploffings oor die planeet kom soos vuurwarm loog. 

Daar is ʼn skaal wat val en ʼn dodelike pyl trek nou uit ʼn engel se boog. 
ʼn Enorme ontwrigtende aardbewing kom om die aardkors oop te kloof. 

Daar is ʼn monster gebore, kyk, aan ʼn hartaanval beswyk die ginekoloog. 
Teenoor die antichris kom span Migael nou so paraat- sy dodelike boog.


Openbaring 1235 
Die grootste aanklag.

Saterdag 2 Oktober 2010 20:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hoe oneindig eensaam lank en donker is die nag. 
Waar Raka weer oorwinnend lag, in sy wrede jag. 

Hoe oneindig eensaam lank en donker is die nag. 
Waar beangs ʼn kind langs ʼn ouer-lyk moet wag. 

Hoe oneindig eensaam lank en donker is die nag. 
Terwyl sy oor sy koue voorhoof streel so baie sag. 

Hoe oneindig eensaam lank en donker is die nag. 
In ʼn land waar geen toekoms op ons kinders wag.

Hoe slaap ʼn man soos de Klerk rustig in die nag. 
Terwyl hy weet- op hom wag die grootste aanklag. 

Hoe slaap ʼn man soos de Klerk rustig in die nag. 
Deur sy toedoen word iewers nog ʼn vrou verkrag. 

Hoe slaap ʼn man soos de Klerk rustig in die nag. 
Terwyl die hoeveelste moord op nog ʼn Boer wag. 

Hoe slaap ʼn man soos de Klerk rustig in die nag. 
Terwyl hy weet – dat die heilige engele hom verag. 

Hoe oneindig swaar, lank- ook donker is ons nag. 
Terwyl geheel ʼn wêreld, vrolik oor ons dilemma lag. 

Hoe oneindig swaar, lank- ook donker is ons nag. 
Met ons moed gebreek – waarvandaan put ons krag. 

Hoe oneindig swaar, lank- ook donker is ons nag. 
Vanuit ons eie midde word die suiwer bloed verag. 

Hoe oneindig swaar, lank- ook donker is ons nag. 
Op U, O’ God – sal ons steeds so moedig bly wag.


Openbaring 1236 
Ongesiens sal dit kom.

Maandag 4 Oktober 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So sit ʼn wêreld so verwese – so erg getraumatiseer. 
Teenoor dit, waarmee hul so graag wou identifiseer. 
Hul kla en vra; waarom is alles nou so gekompliseer. 
Hulle sê: hoe hard ons deur ons standpunte probeer. 
Niemand luister na ons klaaglied waar ons protesteer.
Terwyl die mens hul desperaat teen outoriteite verweer. 
Kom daar net meer wette en belastings op hulle neer. 

Terwyl die massas terwille van oorlewing vorentoe beur. 
Hulle hulpkreet die atmosfeer na die hemel oopskeur. 
Die mensdom hulle bestaan openlik voor God betreur.
Lewe outoriteite ʼn bestaan om van te kus en te keur. 
Terwyl willose slawe- noodsaaklikhede moet ontbeer. 
Word hul in ʼn matriksbestaan willekeurig gemaneuvreer. 

So sit die mensdom verwese – nou erg getraumatiseer.
Deur vrye stemregkeuse het hul menslikheid verbeur. 
Teenoor ʼn slim wêreldorde wat nie gaan kompenseer. 
Terwyl die mens die Godgegewe vryheid moet ontbeer. 
Sit walglike koningshuise en regerings, so gekultiveer. 
Terwyl hul die wat protesteer, sondermeer elimineer. 

So sit die menigtes verwese – nou erg getraumatiseer.
Onder wetgewings en belastings wat hul wreed beheer. 
So breek die verdrukking ongesiens in hul midde deur. 
Wee die een- of groep wat daarteen probeer protesteer. 
Hulle word sondermeer aangekla van opruiende terreur. 
Vryheid van spraak en indiwiduele denke word afgekeur. 

So sit die nasies verwese – nou so erg getraumatiseer. 
Teenoor dit waarmee hul so graag eens wou assosieer.


Openbaring 1237
Besprekings en chaos.

Dinsdagnag 5 Oktober 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomgesig sien ek hoe vergader die regering, parlementslede, baie
vooraanstaande besigheidsmanne sowel as ander politieke partye se lede 
op ʼn nasionale pad in ʼn groot saamtrek, waar daar druk iets bespreek word.
Die een oomblik is alles rustig net om die volgende oomblik in totale chaos
uit te breek, waar almal nou wild op almal begin skiet.


Openbaring 1238 
Weet wie jou vyande werklik is. 

Woensdag 6 Oktober 2010 15:14
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So lank, ja, heeltemal te lank, is daar op die louere gerus. 
Terwyl ʼn volk so moedswillig in haar eie ondergang berus. 
So lank – heeltemal te lank is ʼn nasie aan die slaap gesus. 
Ja, in ʼn volk-selfmoord, daar staan hul gemaklik, houtgerus. 
Eens kon die Boere kryger so onverstoord aanlê in dooierus.
Maar hul patriotiese vurige gees, is in hul nasate uitgeblus. 

Die staan nou daar as ʼn bleek, versteurde, blanke passivis. 
Wat hom in die ondergang van eie bloed-volksgenote berus. 
In die vuilste verraad span hulle vir hulle eie bloed die vanglus.
Selfs God se knegte word minagtend vervolg, as die terroris. 
Terwyl hierdie swakkelinge hulle self beskou as ʼn optimis. 
Draai hul-hul selfvoldaan na hul eie soort met die Judaskus. 
So lank – ja, heeltemal te lank, is daar op die louere gerus. 
Terwyl ʼn volk so moedswillig – in haar eie ondergang berus. 

Luister daarom na die Afrika drom, die verhaal wat dit opdis. 
Dit lui: verskerp jul natuurlike sig en kyk, O’ kinders van Kus. 
Ons is lankal nie meer verleë, oor die werke van die kolonis. 
Om ons guns kruip nader die Ooste sowel as die Kommunis. 
Kyk, in silo’s staan die mielies oorgenoeg -vir ons- in surplus. 
Ja, kyk die mooi woonhuise in die woonbuurt van die kapitalis.
Spoedig kom die tyd om die wit skuim in ons midde uit te wis. 
Hul wat as Christene gekom het onder die embleem van die vis. 

So dreun die Afrika dromme voort sonder dat die wittes dit wis. 
Hulle is te besig, ja, te besig om op hulle liberale louere te rus. 
Ja, in hulle gemaksone- tot hulle val en ewige ondergang gesus. 
Hoe lank vra die hemel: moet ons nog die haat teen julle blus. 
Terwyl jul openlik opstandig teenoor God, julself in alles berus. 
Weet daarom O’ volkie daar waar jy so veilig voel, ja, so knus. 
Dat jy besig is om jouself so roekeloos – met Elohim te vergis. 
Ontwaak daarom en staan nou teenoor jou toekoms verontrus. 

Kyk nou paraat om jou rond en weet wie jou vyande werklik is. 
Wéét hulle droom al eeue lank daarvan om die gehate kolonis- 
meedoënloos, moorddadig te jaag, ja te jag, tot teenaan die kus. 


Openbaring 1239 
Ratte-Ratte.

Woensdag 6 Oktober 2010 19:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die ratwerk van die tyd knars daar soveel Ratte-Ratte. 
Een, twee, drie- kyk nou net in hoeveel Stappe-Stappe. 

Hoeveel verduur die Boer, ja kyk soveel Klappe-Klappe.
Alles het begin deur kruipers – soos die Sappe-Sappe.

Deur vrymesselary is dit oorgedra, na die Natte-Natte.
Maar nou kom alles voor Elohim – op die Lappe-Lappe.

Iemand het gedink hy is toegedraai in Watte-Watte.
Wee die oorlopers wat loop soos skewe krappe-krappe.

Een, twee, drie- kyk nou net in hoeveel Stappe-Stappe.
Deel die doodsengel ywerig uit – soveel Klappe-klappe.

Waar hy gaan, lag ʼn land nie meer oor Grappe-Grappe.
Baie belangrike persone sterf dalk gegly op trappe-trappe.

Een, twee, drie- kyk nou net in hoeveel Stappe-Stappe.
Lank genoeg verduur die Boer – soveel Klappe-Klappe.


Openbaring 1240 
Waarom in Afrikaans.

Donderdag 7 Oktober 2010 13:56
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra waarom die openbaringe in Afrikaans moes wees. 
Ja, waarom nie in ʼn wêreld taal waar soveel meer dit kon lees. 

ʼn Engel sê: daar is niemand in die wêreld so toegerus in Gees. 
Vanuit geheel die Saksiese-volkere, vorm Afrikaans ʼn tale fees. 
Deur ʼn suiwer-edelras – word dit terug gevoer na oer-Hebreeus. 

Iemand vra waarom die openbaringe in Afrikaans moes wees.
Waarom nie in ʼn globale taal – waar soveel meer dit kon lees. 

ʼn Engel sê: in seëlbewaarders skuil ʼn ark – van suiwer vlees. 
Ja, as ʼn kleine kudde staan daar ʼn paar nederig – so bedees. 
Wat hul Elohim so uiters liefhet, maar ook so respekvol vrees. 

Iemand vra waarom die openbaringe in Afrikaans moet wees. 
Ja, waarom so gereserveer – sodat slegs ʼn paar dit kan lees. 

ʼn Engel sê: voorwaar kan miljoene dit gerus maar gaan lees.
Maar daar is slegs ʼn paar wat toegerus is met God se Gees. 
Gebore vanuit die oeroue kronieke- heeltemal suiwer van gees. 

Met die Goddelike vermoë – om die Waarheid raak te kan lees. 
Staan hulle nou hier – om God se ware suiwer Bruid te wees.

Openbaring 1241 
Die verseëling.

Vrydag 8 Oktober 2010 13:52 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand wel belese en ook geestelik goed ontwikkel, wil so effe angstig van
jou weet, indien die seël eers eenmaal op jou voorkop aangebring is, of dit
weer deur die een of ander sonde uitgevee kan word. 

Ek antwoord jou dat dit soms juis sulke spontane naïewe opmerkings is, 
waar Ek julle soos uiters dierbare kindertjies wil opraap, om in opbruisende 
Vaderliefde teen my bors vas te druk en teer te koester. Daarom verseker 
Ek julle dat Ek, wat die ewig alwetende Elohim is, julle- my verseëldes van 
voor die grondlegging van die aarde, nie net op die naam geken het nie, 
maar julle ook toe, vir nou en alle ewigheid, met My heilige Naam op die 
voorhoof verseël het. 

Wat daar werklik bedoel word in die opdrag aan die engele van Openbaring, 
waar beveel word dat niks aan geraak mag word, voordat die heiliges met my 
naam verseël is nie – beteken inderwaarheid dat die einde van die tydvak nie 
in vervulling sal gaan voordat Ek persoonlik tevrede met die geestelike groei 
en stand van elkeen van hierdie heiliges is nie en dat dit juis hierdie uitsonderlike 
geestelike toestand (ware weergeboorte) is, wat sigbaar vanuit hulle verstand 
(voorhoof) die duisternis (onkunde) om hulle sal verlig. 

Daarom antwoord ek hierdie kleintjie en ook elke ander verseëlde kind van My, 
waar Elohim verseël het, daar is dit vir ewig verseël en niks vanuit alle hemele 
onder My of ook vanuit die mees diepste hel beskik oor die mag om dit te kan 
verbreek nie en al sou daar in swakheid ʼn sonde gepleeg word, word die 
verseëling van die betrokke gees juis deur die Bloed van die Lam, kragtiger tot 
in alle ewigheid verseël. 

Tot verdere troos voeg Ek daarom die volgende by en dit is dat dit nie moontlik 
vir ʼn verseëlde is, om die onvergeefbare sonde te pleeg nie, juis omdat hy/sy 
daarteen verseël is.


Openbaring 1242 
Satan se informant.

Vrydag 8 Oktober 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So staan hy nou daar as die antichris so galant, ja so dominant.
Kyk, so vlymskerp in sy rede verkondig hy valse vrede so briljant.
Hy dweep terwyl hy opsweep, as baster is hy aan baie verwant.
Hy vermaak, hy laat almal lag, hy is ʼn komediant- tog so kontant.
Hy is ʼn psigopaat wat groot kan praat – hy lieg astrant so blatant.

Ja, hy is baas wat met almal raas, hy is luitenant – ook kommandant.
Hy dink hy is god, breek die gesonde verstand en alle weerstand- 
die baas- met almal sy Klaas so dominant met ʼn verotte verstand.
ʼn Wêreld lê gestrand, hy beloof proviand maar niks kom tot stand.
ʼn Skone aspirant- kom hy as ʼn debutant soos sintetiese fondant.

Hy speel ʼn Dollar teen ʼn Rand en laat baie hulle siel so verpand.
Hy staan teen die Ooste as parmant- so astrant beledig hy blatant.
Die ekonomie skoei hy op die verband en laat almal in skuld beland.
Ja, vanuit die diepste hel het hy kom land vir Satan as ʼn informant.
En so staan hy nou daar as die antichris so galant, ja so dominant.


Openbaring 1243 
O’ liewe land.
Saterdag 9 Oktober 2010 17:41

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ liewe land – kyk net, daar is ʼn land wat lê aan die Suidekant.
Waaroor groot moondhede nou openlik drup en kwyl- so blatant. 
Die een skenk aan universiteite geld, ver verby die miljoen Rand. 
ʼn Ander sê: gratis lei ons julle op- na die kommunistiese verstand. 
Nog een sê: jul hawens skerp ons op vir wêreldhandel- as klant. 
ʼn Ander gee krag en sê: nooit weer gaan jul in die donker beland. 
Iemand sê: met beter spoorweë hardloop treine spoedig konstant. 

O’ liewe land – kyk net, daar is ʼn land wat lê aan die Suidekant. 
ʼn Volk lê hier vertrap – maar almal lag en sê hul was so verkramp. 
Uit God se eie hand het hul eens ontvang, hierdie skone-beste land.
Hulle was geseën in gawes, talente en ook die wakkerste verstand. 
Selfs deur soveel sanksies- was hulle nie vir een oomblik gestrand. 
Hierdeur raak hulle in alles nou net meer onafhanklik in die verband. 
Kan jy glo- met alles aan hul kant het hul vir ʼn bal hul siel verpand. 

O’ liewe land – kyk net daar is ʼn land, wat lê- ver aan die Suidekant. 
Waar elke land deur mynskag vir rykdom in die dieptes in wil stamp. 
Ja, in ʼn stormloop waar almal dink – hulle het in Kanaän aangeland. 
Ja, na ʼn land van melk en heuning kyk ʼn wêreld nou so watertand. 
Waaroor die moondhede openlik drup en kwyl, hul kruip so blatant. 
Amal skud net hand en sluit in waansin goedkoop vriendskapsband. 
Terwyl die onreine voete- ʼn heiligdom al hoe dieper die stof instamp. 
Nader nou vinnig die dag, wat oor die aarde kom in ʼn oordeelsramp. 

O’ Liewe land – kyk net daar ver is ʼn land, wat lê aan die Suidekant. 
Oor hierdie land gaan moondhede met mekaar begin te koppe stamp.
Hul gaan sê: ons het baie gegee en wat ontvang ons in hierdie verband. 
So ontstaan in hierdie land ʼn brand, wat die wêreld swart gaan brand.
Oor hierdie land roep Israel boos: kyk ek was altyd die beloofde land.
Daarom sal ek sorg, ja dat die eerste oorlogskote vanuit my losbrand. 
Vanuit die Jodedom het nog altyd ontstaan die grootste oorlogsdamp. 

O’ Liewe land – kyk net, daar ver is ʼn land, wat lê aan die Suidekant. 
Waaroor heilige engele nou aan God vra: wat doen ons in die verband. 
Moet ons daarom nou tot almal se uitwissing, in hul midde gaan land. 
Kyk, teenoor mekaar staan volke en nasies nou soos die see se sand. 
Kyk, oor geheel die wêreld het die duisternis nou so gitswart kom land. 

Maar kyk! O’ liewe land, daar in die land wat lê so ver in die Suidekant. 
Vanuit hierdie donkernag- brand uit hierdie land- ʼn helder kleine lamp. 
As aanduiding vir God se stad – die nuwe Jerusalem – om te kom land.


Openbaring 1244 
Verlang sonder vrees…
Maandag 11 Oktober 2010 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Weet, O’ kleine kudde – in jou verdrukking kan jy maar ontspan. 
Deur eeue het moondhede nog altyd listig fyn teen jou beplan. 
Elke geslag wou jou altyd jaloers, van die groot raadsplan wan. 
Kyk, vanuit elke grondgebied- was jy nog altyd so listig verban. 

Altyd daar waar jy jou tente wou opslaan om moeg te ontspan. 
Daar het God se ryklike seën – klaar vir jou ʼn toekoms beplan.
Waar jy ook sit of staan word ʼn reënboog oor jou hoof gespan. 
Waar jy ookal prospekteer – kyk daar lê suiwer goud in jou pan. 
Kyk jou blinkvet vee, jou lieflike graan, lê in Sy groot raadsplan. 
Hoe kleiner jou troep, bonatuurlik maak Hy elke weerbare man. 

Wanneer jy jou tente afslaan – daar is alle seën ook uitgewan. 
So het slim teen jou ʼn strik gespan, en haarself daarin gevang. 
ʼn Wêreldorde het slim teen God se volk ʼn wrede boog gespan. 
So het Babel vir Sion ʼn galg beplan – om self daaraan te hang. 
Sion wees nie bang wanneer die wolf een uit jul midde wil vang. 
Sonder enige vrees, moet jou siel slegs na jou Skepper verlang. 

Kyk, vanuit die ruimte stuur ek vurige gevleueldes om hul te vang. 
In ʼn nuwe frekwensie klink in die atmosfeer ʼn vreemde gesang. 
Hul vlees word in ʼn fees verslind- deur ʼn vreemde honger drang. 
Die nasies en volkere bewe- waarom is hulle so onnatuurlik bang. 
Is dit oor vreemde verskynsels en ligte wat oral rond begin hang. 

Weet, O’ kleine kudde – in jou verdrukking – kan jy maar ontspan. 
Deur millenniums het moondhede altyd listig- fyn teen jou beplan.


Openbaring 1245 
Niemand wil dit weet.

Maandag 11 Oktober 2010 23:55
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met haar eie maat gemeet, word nou rojaal vir die wêreld gedeel.
In versnelde aksie, breek oor die aarde die een na die ander seël.
In ramp op rampe gee alles mee, nêrens bly daar meer iets heel.
Oral staan die dooie hout, eens was dit ʼn wingerd, ʼn mooi prieel.

ʼn Engel roep: beskadig die wyn, olie – ja, spaar ook nie die meel.
Laat pes en plaag ʼn oorbevolking wys hoe word daar nou geteel.
Laat ʼn bose mensdom, wat hulle nie meer aan die goeie wil veel.
Weet- met ʼn maat gemeet, word nou so rojaal vir hulle uitgedeel.

Laat die moordenaar self ervaar, om te sterf, gewurg aan sy keel.
Laat so ook die diewe, mekaar in waansin nou beroof en besteel.
So word die seëls gebreek, elke oordeelsengel kry sy eie streek.
Terwyl die son alles verwoestend-woedend stukkend begin steek.
Hang bewerig dynserig die maan nou daar – so dof, geel en bleek.

In plaas van preek, word daar so desperaat in die kerke gesmeek.
Die geleerdes wil skielik nederig naderstaan, as die stomme leek.
Maar die grotes en konings staan trots – kyk hulle word nie week.
Daarom sal hul in uitwissing hulle nou op mekaar begin te wreek.
So word ʼn wrede oorlog – globaal oor geheel die wêreld ontsteek.
Deur soveel haat en nyd lê die planeet nou in eie bloed deurweek.

Met ʼn skaal wat stukkend breek – raak tyd ook vinnig uitgemeet.
In hongersnood roep biljoene – O’ God wat is daar oor om te eet.
Baie knyp hul oë styf toe – dit wat hulle eet – dit wil hul nie weet.
Proteïen is proteïene, met mensvleis op die spyskaart, in die dieet.

Met ʼn maat waarmee ʼn wêreld meet, word nou vir hom gemeet.
Vir ʼn bose mensdom lê die hele wêreld nou in die hel kompleet.
So het Satan elke werktuig van hom onlosmakend – stewig beet.
In hierdie tyd steur niemand hul aan ʼn ander se wanhoopskreet.
So huil of treur niemand meer – oor sy buurman se nood of leed.
Ja, die tyd is uitgemeet – maar daar is niemand wat dit wil weet.


Openbaring 1246
Op hierdie dag…

Dinsdag 12 Oktober 2010 17:21
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het Noag eens in groot geloof, ja, ook in sy goedertrou, 
ʼn Grote ark, ja ʼn enorme ark op kurkdroë grond gebou.
Terwyl die skares hom so spottend as malkop uit sou jou.
Van ver gekom om hom as besienswaardigheid te aanskou.
Hy het gewaarsku en vermaan maar daaroor is hy uitgejou.
Maar nuuskierig wou almal net die spektakel kom aanskou.

So het Noag eens in baie groot geloof, ja ook in goedertrou.
ʼn Enorme ark, ja- oorlewingsark, op kurkdroë grond gebou.
Van eerste hanekraai – werk hy van voordag af al in die dou.
Dikwels breek bloed deur eelte, dit laat sy ruwe hande rou.
Sy oë so diep beplooi, teen die son te dikwels moes vernou.
Kyk hy goedig na sy spotters en sê: weet! God hou van jou.

So het Noag eens in baie groot geloof en ook in goedertrou.
ʼn Ongelooflike oorlewingskip, ʼn ark, op droë grond gebou.
Verdiepings hoog moes hy so dikwels om sy lewe vasklou.
Sy vlytig lojale seuns probeer hard met al hulle krag byhou.
Maar onverstoord ritmies, gaan Noag voort – hy werk hul flou.
Nie een oomblik deins hy terug of dink hy het te veel afgekou.

So het Noag eens, in baie groot geloof en ook in goedertrou.
ʼn Grote ark, ja, ʼn enorme skip – op kurkdroë grond gebou.
Sy vennoot was God en Die het ʼn wiskundige plan uitgehou.
Daarvolgens is vir elke dier ʼn hok, volgens eie grootte gebou.
Vir elke dier, ja ook elke man, was genoeg spasie vir ʼn vrou.
Met meer as genoeg kos – om almal vir maande te onderhou.

So het Noag eens in baie groot geloof – ook in sy goedertrou.
ʼn Grote ark, ʼn enorme oorlewingskip, op droë grond gebou.
Dwarsdeur hierdie grote taak, het hy ook deurentyd volgehou.
Om almal te waarsku oor ʼn groot kataklisme wat sou ontvou.
Maar hieroor het almal so vrolik gelag – ja hul het dubbel gevou.
Niemand vanuit miljoene wou deemoedig naderstaan in berou.

So het Noag eens in baie groot geloof, ja ook in sy goedertrou.
ʼn Grote ark, ja, ʼn enorme oorlewingskip – op droë grond gebou.
Op ʼn goeie dag raak die mooi blou lug nou onheilspellend grou.
Op hierdie dag het die fonteine en die hemel niks teruggehou.
Op hierdie dag het God Sy goeie hand – in verseëling uitgehou.
Op hierdie dag het spotters as drenkelinge aan die ark geklou.
Op hierdie dag is nie gelag – in doodsangs is om hulp geskrou.

So het Sion eens in baie groot geloof- ook, in haar goedertrou.
ʼn Ark, ja ʼn enorme ark, in haar nederige kleine hartjie gebou.
Terwyl globaal almal haar so spottend – as malkop uit kon jou.
Dapper uit haar midde is geprofeteer, ja gewaarsku – toon berou.
Die einde van ʼn tydvak kom- vir hierdie geslag om te aanskou.
Maar almal wil koop en verkoop, in die huwelik tree – ja net trou.

So het verseëldes eens, in baie groot geloof, ook in goedertrou.
ʼn Ark, ja ʼn veilige, heilige ark – met God, in hulle midde gebou.
Op ʼn goeie dag, raak die mooi blou lug, so onheilspellend blou.
Op die dag het aardplate in aardbewing ook lawa nie teruggehou.
Op hierdie dag sal Elohim self – Sy hand oor die verseëldes hou.
Op hierdie dag word Hades se poorte wyd vir biljoene oop gehou.
Op hierdie dag word nie gelag – tevergeefs word om hulp geskrou.


Openbaring 1247 
Jul blanke reinheid.
Donderdag 14 Oktober 2010 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Om ʼn boom te laat sterf- kap bloot af die heel onderste bas.
Kyk, vir ʼn volk om te vergaan – word sy bloot in ontug betas.
So sterf ʼn edelras wanneer jy haar kinders as basters klas.

So het ʼn laaste suiwer volk – uitgevat, ja, gekoller en gedas.
In hul kerk saam die groot hoer van Babilon gefuif en gebras.
Dié het hul geleer- swart en wit is een – raak daarom nou blas.
Laat alle kultuur, nou in een opvoeding sit – in dieselfde klas.
Skep een identiteit en laat almal so in die duisternis rondtas.

So het Satan sy gruwels en leuens – in die kerke kom ontlas.
Van moeder N.G. tot Hervormer; deur almal gaan hy kris-kras.
So het die gemeentes heerlik in hierdie vuil fees saamgebras.
Maar O’ wee! So sit hierdie volk nou – met ʼn enorme babelas.
Ja, hierdie stomme volk wat nou in haar eie duisternis rondtas.
Kom met ʼn skok tot die besef – hulle het die heeltyd misgetas.

Ja, God se goeie trein na hul ewigheid- die het hul nou verpas.
Maar in hoogmoed wil hul nie erken – hul is met die hel belas.
Hardnekkig hou hulle vol om in Satan se uitskot rond te plas.
So staan uit wit en swart nou kinders geklee – in die grys jas.
Wat ewig nêrens ooit- in enige geestelike dimensie gaan pas.
Oor elkeen daarvoor verantwoordelik, hang ʼn ewige vloek-las.
ʼn Verskriklike Godverlate las, die heilige Gees het hul verpas.

Om ʼn boom vinnig te laat vrek – kap bloot af, die onderste bas.
Vir ʼn volk om te vergaan, so word haar maagde in ontug betas.
Maar aan die paar enkelinge wat nog daar staan, ja so rotsvas.
As ʼn suiwer offer moet jul voor God – in jul blanke reinheid vas.
Hou daarom stewig aan die Liefdesgebooie en ook julle God vas.
Bind Elohim jou Skepper, met Sy Liefdesgebooie, aan julle vas.
En maak ook jou suiwer naaste, vir jou ewig nooit, tot enige las.


Openbaring 1248 
ʼn Kindervragie.
Saterdag 16 Oktober 2010 15:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
ʼn Kind wil deur ʼn ouer van jou die volgende koddige vragie weet, ja van Adam 
en Eva se ontstaan wil sy nou die volgende weet. Was die eerste ouerpaar net 
soos hul nasate met ʼn naeltjie in die buik deursteek. 

Aan hierdie liewe kind laat Ek nou weet – vanuit geheel die mensdom het die 
naeltjie net by hierdie twee ontbreek. Vanuit My eie Goddelike D.N.A neem Ek 
Adam se eerste bousteen, om dit met stof van hierdie aarde te omklee – so het 
by hom die eerste lewenskreet ook ontbreek, omdat My eie Lewensgees, die 
eerste lewensasem in sy longe oop sou breek en so ontwaak hy as jongeling 
op hierdie aarde nou heeltemal kompleet, 

Oral rondom hom was wonder vrugtebome vol in drag waarvan hy net kon eet. 
Hy woon toe in ʼn paradys waar niks tot sy oorlewing hom sou ontbreek. Maar 
spoedig wou die jonge Adam ernstig weet: O’ goeie Vader, die voëls en visse, 
ja, geheel die diereryk in elke streek, die het elk ʼn maat en dit maak hulle so 
kompleet, daarom nodig ook ek ʼn maat waaraan ek myself kan meet. 

Ja, die jonge Adam staan so ernstig op sy knieë en smeek en hieroor raak My 
Vaderhart toe so sag en week. So laat Ek Adam in ʼn soete droom die heelal 
deurkruis op ʼn vurige komeet en terwyl hy slaap het Ek ʼn stukkie D.N.A vanuit
ʼn been van hom gebreek. Die het Ek nou so sierlik vroulik ook met stof van 
hierdie aarde omklee en ook My eie Lewensgees het tot lewe in haar deurgebreek. 

So staan die skone Eva daar, in vlees en gees, vanuit Adam en Myself geneem,
in plaas van ʼn naeltjie op hul buik was hul met ʼn Goddelike lewensvonk in hul 
hart geseën. Maar spoedig sou hul oor hul ongehoorsaamheid so droewig 
ween en so het hul nageslag daarna elk met ʼn nael op hul buik gearriveer,
ja, elke liewe een.


Openbaring 1249
ʼn Asemrowende bruid.
Sondag 17 Oktober 2010 15:07

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op die horison van Suid-Afrika – wat onder die gruwel staan.
Kom ʼn liberale selfverwyt wat in droewige klaaglied vergaan.
Maar oor ʼn skugter klein kudde wat nou skaam naderstaan.
Kom ʼn jubelklank van engele: Kyk hier kom die bruid aan!
In volmaakte nederigheid – in haar weergeboorte so skaam.

Soetklinkend op die melodie van Hooglied, ja so aangenaam.
Daar is iets so heilig, ja, suiwer aan die bruid wat naderstaan.
In ʼn hemeldimensie wat open – ʼn deur wat na God oopgaan.
Asemrowend in skoonheid, blosend rein- Sion wat naderstaan.
Afwagtend haar Bruidegom – Hy is die totaliteit se Erfgenaam.
In hierdie heilige plegtigheid neem Sion so trots Sy naam aan.

Ja, op die wysie van Hooglied, nestel sy so dig teen Hom aan.
Hy slaan Sy arms liefdevol om haar- Hy kus haar so spontaan.
Oorverdowend kom die applous van heelalle so ver hiervandaan.
Oor die Heilige Koningskap, in Melgisedek, nou vir ewig saam.

So lê die groot gruwel uitgestrek in Suid-Afrika se stof verslaan.
Ja, deur ʼn kleine kudde wat ʼn wrede verdrukking sou deurstaan.
Oor hul hoof vorm heilige engele ʼn ereboog om na God te gaan.

So klink op die wysie van Hooglied ʼn liefdeslied so aangenaam.
Terwyl elke engel, ja, groot en klein, dit in skone refrein beaam.
Wie is daar, ja wie, wat Elohim se Liefde vir sy volk kan verstaan.


Openbaring 1250 
Moderne spreuke.

Sondag 17 Oktober 2010 19:32
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die moderne spreuk vermom – kan die waarheid so brutaal uitkom.
ʼn Man gee aan ʼn vrou ʼn blom- in haar vergifnis is sy so uiters dom.

Soveel gelowe aanbid dom die son – as die enigste onuitputlike bron.
Die Jodedom groet sedig ‘Shalom’, maar vir vrede gee hul glad nie om.

Raka slaan vrolik op sy drom – terwyl hy aggressief vanuit sy keel grom.
Die V.N kan oor atoomkrag brom, maar hul het die grootste kernbom.

Rykdom nooi gulhartig; kom – maar dit is Lucifer, as Mammon vermom.
Trots staan ʼn bataljon wat weet hy gaan omkom, niemand vra- waarom.

Slim wil met groot oplossing kom, met die antwoord in ʼn klein neutron.
So staan die hemel verstom – die slimste nasie, hou hul so uiters dom.

Niks draai so vinnig om, soos die bang liberalis – in ʼn blitsige keerom.
So groet ook Engeland in ʼn noodsituasie met ʼn blitsvinnige wederom.

Almal kan na S.A se minerale kom- sy self bly aan armoede vasgegom.
Die Vatikaan staan preuts soos ʼn non- die ou hoer is regtig uiters dom.

Ja, in die moderne spreuk vermom- kan die waarheid so brutaal uitkom.
ʼn Man gee aan sy vrou ʼn blom – in haar vergifnis, hou sy haar- so dom.