.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1401 
ʼn Siklus vergaan in ʼn nuwe ontstaan.
Dinsdagnag 5 April 2011 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wanneer die planeet staak- lê die velde wyd- verdor en vergaan.
Wanneer die son in verduistering vergaan, waar kom lig vandaan.
As byeswerms nie meer bestaan- gaan vrugbaarheid wegtaan.
As koring en graan vergaan hoe sal die honger dit ooit verstaan.
As die sout laf vergaan waar kom die soutsmaak weer vandaan.
Storms in weerlig nie meer slaan hoe sal die oes voortbestaan.
As erdwurms sal vergaan hoe sal suurstof deur die grond gaan.
As skole vis nie meer deur die see gaan, sal honger naderstaan.
As die man sy plek nie meer vol staan sal die vrou ophou kraam.

Wanneer ʼn ouer nie meer vermaan hoe sal die kind dan verstaan.
Wanneer die traanklier sou verdor- waarvandaan kom dan ʼn traan.
Wanneer die mens ophou skaam is dit onsedelik- wat nader staan.
Wanneer Mammon ophou beraam is alle geld vir ewig na die maan.
Wanneer die bas en bariton verstil antwoord so suiwer die sopraan.
Wanneer haat vergaan- sal ewig net die suiwer Liefde voortbestaan.
Wanneer woede weg sal taan- gaan die vrede ewig voort bly staan

As Sion die draak omslaan- lê ewig verslaan- die sintetiese trojaan.
As Migael oorwinnend oor Lucifer sal staan- sal die hemel verstaan.
Wanneer die eerste atoombom val- weet, die tyd is volmaak beraam.
As vulkane se rook om die aarde gaan- sal die verseëldes verstaan-
ʼn groot aardbewing om die aarde gaan, is dit te laat om te verstaan.
As tsunamis wyd om kuslyne gaan sal God Sy arms om Sion slaan.
Ja, as die groot moondhede vergaan sal vrede onder Elohim opstaan.
Wanneer die aarde rus- sal ʼn nuwe tydvak in herstel- weer opstaan.


Openbaring 1402 
Gif in siektes, pes en plaag.

Woensdag 6 April 2011 03:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen word daar deur die pos twee groot emmers soppoeier 
waarvan een se bestanddele uit kaas bestaan, aangestuur. Waarna daar 
na die gebruik daarvan ʼn babaseun blind en ʼn jongmeisie lam word. 
ʼn Jong vrou kry erge lewerprobleme en haar man word waansinnig, nog 
ʼn man kry ʼn eienaardige soort polio, terwyl ʼn ouer vrou haar gevoel in 
haar ledemate verloor en soos hierdie gif onder die mense versprei breek 
daar oral erge siekte toestande, pes en plaag uit.


Openbaring 1403 
Sy Naam is Wonderbaar.

Donderdag 06:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens vanuit die hemele is die lewende Woord gebaar.
Om so die ewige lewe vir ons in Elohim te kan bewaar.
So kom die Seun van die mens, Sy Naam is Wonderbaar.
Oor die see van Galilea het Hy met Sy skuitjie kom vaar.
Om die Brood te kom breek- en die onkunde op te klaar.
Hy het Hades, ook die doderyk oorwin as die Veroweraar.
Om so Elohim se eiendom vir die ewigheid te kom bewaar.
Sodat Satan se versoekinge vir ewig voor hulle sou bedaar.
Drup suiwer genesing op Golgota vanuit die Goddelike aar.

In die Lig wat in die doderyk inskyn- staan YaHshua daar.
Hy wink ʼn sondaar nader ook ʼn hoer en selfs ʼn tollenaar.
Ja, ook vir jou en vir my, die wink Hy nader so wonderbaar.
Hy roep: kyk, julle staan rein en genees- Ek sê dit voorwaar.
Julle juk het Ek gebreek- julle sondelas is nie meer swaar.
In die weergeboorte staan Ek en jy al nader aan mekaar.
Ja, in Liefde en Waarheid raak Ons ʼn onafskeidbare Paar.
Ons in oorwinning oor Satan, die aanklaer, as sy veroweraar.
Om nooit weer te luister, ja, na sy aanklag of kommentaar.

Eens het My geliefdes- My treurig na die hemele sien vaar.
Maar Ek het beloof hulle sal My weer op die wolke gewaar.
My Gees het Ek by hulle agtergelaat sodat hul kon bedaar.
So word weer vanuit die hemele My lewende Brood gebaar.
Sodat My kudde My in die liefde van hulle harte kan gewaar.
In hulle weergeboorte weet hulle- Ek leef in hulle voorwaar.
Om die ewige lewe so deur hulle- in Elohim self te bewaar.
So kom die Seun van die mens en Sy Naam is Wonderbaar.


Openbaring 1404 
Slaap nie meer so vas.
Vrydag 8 April 2011 16:25

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Tussen nag en dag is daar ʼn hewige kontras.
Slaap daarom nie meer langer so diep en vas.
Soos ʼn dief in die nag- word die mens verras.
Moet jou nie langer met die wêreld meer belas.
Moet ook nie langer saam met die wêreld bras.
Heg jou daarom aan die Liefde- van Elohim vas.
Sodat Sy oordeel jou nie saam met hulle klas.

Terwyl ʼn mensdom in groot duisternis rondtas.
Word in demoniese oorlog derduisende vergas.
Ook in ʼn biologiese oorlogvoering raak dit kras.
Deur ʼn plaag word so miljoene higiënies veras.
Maar ʼn oordeel weier en verslap nêrens sy pas.
Terwyl dit deur sy storms kontinente skoon was.
Raak dit in groot streke- ʼn modderige moeras.
Op ander plekke groei daar in droogte nie gras.
Met nuus wat berig; nog aardbewings – sopas.
Begin al hoe meer lande met hulle oorlog verras.

Terwyl menigtes agter die eenwêreldorde mars.
Met V.N soldaatstewels- wat oor dooies knars.
Klink skrikwekkende bomme- wat oral losbars.
Met oral giftige waters- amper nêrens meer vars.
Staan in ʼn eienaardige hoek die planeet Mars.
Maar steeds laat die kerk hul deur satan betas.
Hulle baljaar daar, ja, waar die ou hoer ontlas.
Daarom slinger die aarde verwoed om haar as.
So reageer die oordeel vanuit die hemele oplas.
Terwyl die mensdom nou in duisternis rondtas.

Tussen nag en dag- is daar ʼn hewige kontras.
Slaap daarom nie meer so gerus- diep en vas.


Openbaring 1405 
Sion en haar Goddelike Liefde.
Sondag 10 April 2011 07:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Sion steek haar hand na haar Vader uit en sê: neem my saam.
Sy vlei haar teen Hom aan en kom staan so dig teen Hom aan, 
Sy roep Satan astrant toe: ek is Syne- met geheel my bestaan.
Ja, ek staan so heilig verseël onder Sy enige grote Aparte Naam.
Met my getalle voor die grondlegging van die aarde reeds bepaal.

Ja, daar staan ʼn jonge dogter in haar skoonheid- eens so skaam.
ʼn Jonge maagd eens so verkleineer, staan nou nader so vernaam.
Sy sê: ek het nie gehuiwer om my deur die Wysheid te vermaan.
Ek het haar deurgrond- om my Elohim se Liefde beter te verstaan.
Daarom het ek dit nou weer- deur Sy Heilige sakramente beaam.
Daarom sal ek staan terwyl ʼn grote bose wêreld om my vergaan.

Terwyl ek, Sion, my Vader eer met geheel my gereinigde bestaan.
Terwyl ʼn oordeel so verwoestend van elke hoek tot kant sal gaan.
Roep Sion oorwinnend Hom op Sy enig-ewig, heilig, Aparte Naam.
Terwyl honger oor alles gaan- ontvang sy uit Sy hand hemelgraan.
Hy maak haar hoof vet met olie en die hele wêreld staan beskaam.
Hy salf haar met die Wysheid, sodat baie Melgisedek kan verstaan.
Hy vervang haar hart van vlees met ʼn ewig- geestes liefdes-orgaan.

Terwyl die Goddelike Liefde nou as ʼn ewige gordel so om Sion gaan.
Roep die gerubs: sy is die bruid, terwyl geheel die hemel dit beaam.
Sion hou haar hand na Hom en nestel so liefdevol, dig teen Hom aan.
Terwyl geheel ʼn bose wêreld so eensaam in die eie oordeel vergaan.
Lê so Satan die aanklaer neergewerp, verslaan, eenkant en vergaan.


Openbaring 1406 
Geen nasie word gespaar.

Maandag 11 April 2011 23:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek sien ʼn enkele groot druppel bloed vanuit die hemel op die aarde 
val waarna dit in ʼn perfekte ronde sirkel in alle rigtings spat en ek 
hoor ʼn Stem wat sê: Die oordeel gaan geen nasie spaar.


Openbaring 1407 
ʼn Visioen van groot ongelukke.

Dinsdag 12 April 2011 03:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn hoop verwronge staal en hoor iemand vra: Is dit van ʼn vliegtuig 
of ʼn trein? Waarop iemand antwoord: Van beide kom daar ʼn groot ongeluk.


Openbaring 1408 
Terwyl die oordeel weier

Dinsdag 12 April 2011 08:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
Ek hoor ʼn stem wat hardop sing met die volgende woorde: Die wêreldorde 
wik en weeg en gooi hul aas, hul roep vermakerig en sê: Kyk ons is die baas.  
Terwyl die oordeel weier om te blaas, dink ʼn verrotte Verenigde Nasies hulle 
is kaas, die media het ʼn karnaval en blaas op 'brass', terwyl die kataklismes 
hul vooruit haas, word die dodetal in koerant en op die ‘net’ geplaas, terwyl 
die massas droewig ween en kyk deur ʼn waas. Die Rooikruis roep: die verband 
is klaar en so die gaas. Kyk ons moet ons klaar weer na die volgende chaos haas. Stamp die Verenigde Volke hul voet en sê: Ons bly baas, moet jul daarom glad nie 
oor die volgende skuif verbaas, met soveel aardbewings en ook oorlog wat oral 
begin te raas.


Openbaring 1409 
Sharpeville gister en vandag.
Woensdag 13 April 2011 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In noodkreet klink daar oor wanbesteding en bedrog ʼn gil.
In die Sharpeville van gister en vandag is so weinig verskil.
Kyk- in Ficksburg, lê daar ʼn liggaam nou so onnodig stil.
Met staatsmoorde in gister- nou vandag- se politieke wil.
Word ʼn wrede polisie altyd so na die staat se wil gedril.
Wee daarom die massas wanneer hulle oor die onreg jil.

Met die owerhede se harte in die magspel so koud en kil.
Mag kiesers oor enige onreg net nooit van ʼn staat verskil.
In die Sharpeville van gister en vandag is daar weinig verskil.
Binnekort lê daar meer as net een liggaam, onnodig so stil.
Eens het die woord rassisme die wêreld kwansuis laat ril.
Waarom laat die politiek en polisie-optredes baie nou gril.


Openbaring 1410 
Stryd tussen lig en duisternis.

Woensdag 13 April 2011 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So trek My aardsgebore knegte nou die geestelike swaard.
Hul onttrek hul van ʼn kunsmatige wêreld van huis en haard.
Hul omgord hul met gawes van die Gees en maak hul klaar.
Om op die skuit van geloof teen Satan se konflik in te vaar.
Terwyl die gemeentes- teen My goeie knegte begin uitvaar.
Maak nuwe Protestante hulle vir die groot protes nou klaar.

Ja, in die krygers van die Lig word God se krag nou gewaar.
Waar hul vreesloos, ʼn leuen in sy groot onreg nie gaan spaar.
So raak valse leraars teenoor hierdie heiliges nou baie naar.
Soveel klippe word deur hulle- vir God se knegte opgegaar.
Teen suiwer Woord, in ontwikkelde- innerlike harte gespaar.
Daarteen maak die hedendaagse skrifgeleerdes erg beswaar 
Daarom word openlik oorlog- teen vryheid van gees verklaar.

So begin die hemelwesens hul nou by God se knegte skaar.
So maak Lig en duisternis hulle nou vir die groot stryd klaar.
Ja, die Waarheid teenoor die leuen- vir ewig altyd as ʼn onpaar.
Staan die hoer van Babilon as die moeder van die kerke daar.
Teenoor ʼn suiwer handvol, deur hulle eie Verlosser uitgespaar.

So trek My aardsgebore knegte, nou hulle geestelike swaard.
Ja, ʼn Kleine Sion maak korte mette, met die groot leuen klaar.
Terwyl Satan dit gewaar staan hy bekommerd- so diep beswaar.


Openbaring 1411
Afrika in wêreldvergryp.
 
Donderdag 14 April 2011 09:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Afrika in jou dieptes lê soveel rykdom deur almal begeer.
Jy was as maagdelike land deur al die kontinente geëer.
Daarom het ʼn wêreld jou bewoners as christene bekeer.
Die vryheid van jou siel- met ʼn dwangleer kom besweer.
Die kaalvoet beeswagter, die smet van die Weste geleer.
Jou tale verkrag om in Frans en Engels te kommunikeer 
Die kierie uit jou hand geneem en daarin gelê die geweer.
Sodat jou stamme mekaar so in uitwissing kon elimineer.
Die Weste het so jou indoenas tot jou val kom konsulteer.

Al die jare was jou landskap so skoon nou word dit verteer.
Deur mynmasjinerie word jou maagdelike vlies so onteer.
So is jy geleer- om teen jou eie natuurwette te murmureer.
Terwyl almal vraatsugtig jou goud, ook diamante kollekteer 
Het die vrymesselaarsiel met stede jou veld en woud onteer.
Daarom wil ook die Ooste nou vraatsugtig oor jou triomfeer.
Terwyl ook Rusland nou oor jou vele skatte begin fantaseer.
Ja, so wil al die moondhede as ʼn landvoog oor jou triomfeer.
Soos honde wil elk as eienaar- oor jou grondgebied urineer.

Terwyl jou eie getalle na die land van die dood moet retireer.
Is die Weste die voorbok om onlus in jou lande te orkestreer.
Om so jou vrye wil oor jou eie Afrika-sake te kom elimineer 
Sodat hul as jou verlosser in jou landsake kan kom interfeer.
In jou Suide het ʼn edel loot tot jou oorlewing gefunksioneer.
Maar daarteen het die gierige Weste- so luid- geprotesteer.
Daarom het hulle die heilige volk slu tot ʼn val gepenetreer.
In illusie vir hul ʼn valse paradys sonder sanksies geïllustreer.

So staan O’ Afrika- jou grote bodem nou so erg verrinneweer.
Terwyl ander lande se mynmasjinerie jou grond en lug onteer 
Wil almal deur ʼn laaste wêreldoorlog oor jou skatte triomfeer.


Openbaring 1412 
ʼn Profetiese lied versus vryheidslied.

Vrydag 15 April 2011 24:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is geen volk te vergelyk met die Boervolk wat betref hulle ongelooflike vindingrykheid, inisiatief, skeppingsvermoë en oorlewing nie en daarom is daar 
tereg so dikwels na die gesegde ʼn Boer maak ʼn plan' verwys. Maar terselfdertyd
is daar op ʼn paar uitsonderings na ook geen volk in die wye wêreld so beïnvloed-
baar en naïef as die deursnit blanke Suid-Afrikaner nie. 

Ja, in ʼn volk wat spontaan vanuit verskillende Saksiese volkere tot ʼn edelras 
ontstaan het, om met hulle ongelooflike kwaliteite die mees Suidelike punt van 
Afrika, die Kaap, nie vir hulself nie, maar in hulle naïwiteit vir die topmoondheid 
van die sestiende eeu te kom tem. Net om later in ʼn onafhanklike sug na vryheid 
met ʼn ongekende deursettingsvermoë, dapper, die wilde binneland van Suidelike Afrika te tem in ironies genoeg so agterbaks maar tog so deeglik fyn beplan deur 
Engeland & kie (Joodse vennote) in ʼn georkestreerde eksodus, wat op sy beurt aangehelp is deur Engelse opgesteekte Hottentots brande en moorde op Vryburgerplase. 

Ja, sodat bogenoemde sataniese orde met gemak die rykdomme van hierdie 
kontinent kon kom oes. Maar in ʼn latere oomblik van helder Boere insig en 
met die gepaardgaande drang na vryheid wat tot die beskermingsdrang van
hulle eie gelei het en wat op sy beurt weer gelei het tot die selfverdediging in 
die Anglo-Boereoorlog wat weereens gepaard gegaan het met die moorde, 
op veral Boerevroue, kinders en ook bejaardes, op uitgebrande boereplase 
en wat daarna opgevolg is met meer moorde in wrede Engelse konsentrasie-
kampe en waardeur die Boer se moed tydelik gebreek was. 

Waarna die Engelse wêreldorde so gewetenloos met die oes van Afrika se skatte 
kon voortgaan. Ja, Engeland en haar Joodse vennote waaronder maatskappy 
soos Anglo American en de Beers ongestoord met die beste deel van hierdie landstreek se diamante, goud en ander rykdomme kon wegkom en waarna hulle doodluiters- onskuldig, kamma so goedgunstiglik, tot Suid-Afrika se onafhanklik-
heid onder blanke outoriteit kon instem omdat hulle nou deur ʼn vrymesselaarorde geïnfiltreer was in die kwansuis meer opgeleide intellektuele wêreldorde universiteit gegradueerdes ook deur die sakelui en daardeur die 'leiers' en regeringsbinnekringe van die blanke Suid-Afrikaner kon opereer en so regstreeks regeer. 

Maar weereens het daar in ʼn helder toekomsvisie van die meer suiwer Boer, wat tot 
die beskerming van Suid-Afrika se natuur, mineraal en ander hulp-bronne gelei het 
en wat dit op sy beurt weer moeilik vir die bestaande wêreldordes se toegang tot 
Suid-Afrika se minerale rykdomme en ander hulpbronne gemaak het. Waarna bogenoemde vyand met ʼn meer gekultiveerde media-oorlogvoering in massa opsweping geheel ʼn wêreld teenoor hierdie jongste en seker een van die kleinste bevolkingsgroepe aangehits het, deur almal te laat glo, dat hierdie Boervolkie die 
mees wrede en monsteragtige onderdrukkers denkbaar van ander swakker en
selfs minderheidsgroepe is en wat hulle daarom die mees gehate volk ter wêreld gemaak het. 

Terwyl hierdie handvol blankes bloot in selfverdediging hulself in ʼn weereens wêreldorde georkestreerde aanslag op hulle landsgrense verdedig het en so 
het ʼn Engels-Joodse-eenwêreldorde deur sy opruiende media indirek ook tot 
die veelbesproke vryheidslied "skiet die Boer' aanleiding gegee en waar hulle 
nou weer met behulp van hulle en let wel, selfs Boere-organisasies, deur ʼn Vrymesselaarorde pasaangewende regstelsel weer tot hul eie voordeel as die 'onderdruktes' in hierdie geval nou die 'Boer' se 'verlosser' na vore wil tree, om 
so weer die een of ander eie verskuilde agenda te ondersteun. 

Maar daar is nog ʼn lied, ja, ʼn profetiese lied 
en dit klink as volg:

Daar is ʼn wêreldregstelsel wat sy kop so verwoed krap.
Om ʼn volk te ontset is ʼn lied georkestreer- word verklap.
Skiet die Boer word luid gesing terwyl die impies rondtrap.
Deur vrymesselary se breinkrag is so op die Boer getrap.
Nou word deur hul howe gepoog om dit aanmekaar te lap.
Sodat hulle deur ʼn ompad- in die politiek rond kan krap.
Nou wil hulle as die Boer se groot 'verlosser' vooruit stap.

Terwyl hulle ook nie een van die vele partye- om wil krap.
Het die eenwêreldorde se regstelsel nou te veel afgehap.
Die naïewe wit-pion die kon hulle so na willekeur rond klap.
Maar die gewaande swart-pion is self slu so goed deurtrap.
Hulle skaar hulle by Rusland en dink die Weste is 'n grap.
Hulle roep: kyk die wit bosluis- die trap ons binnekort pap.
Terwyl ʼn heel nuwe wêreldorde die oue se kop af gaan kap.

Kyk: binnekort is die Jood en Engelsman- net ʼn ou loslap.
Afgeskeur van ʼn verenigde nasie se vlag wat so effens flap.
So raak die vrymesselaar in Boere-midde nou ʼn groot grap.
In die lied skiet die boer: begin skote ook om hulle te klap.


Openbaring 1413 
ʼn Verhaal wat op ʼn ou deuntjie draal.

Sondag 17 April 2011 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
 Die kinders van Israel verlang na ʼn baie ou-ou storie.
Van vergete dae se neerlae maar ook oorwinningsglorie.
 
Van Sondes van vaders met moeite deur kinders betaal.
Van ʼn volk in hulle swakheid gelouter tot suiwere staal.

Van nasies wat hulle jaloers op God se volk sou wreek.
Maar net nooit Elohim se Gees in hul midde kon breek.

Die kinders van die Boere verlang na ʼn baie ou storie.
ʼn Storie gegeur en gekleur in soet hemelse potpourri.

Hulle vra na ongehoorsame stamvaders diep beswaard.
Van konings soos Saul deur sonde geval in eie swaard.

Hulle vra na oorwinnings van dappere rigters met moed.
Hul vra na verhale waar God sorgsaam Sy volk sou voed.

Die uitverkore kinders verlang, ja, na ʼn baie ou-ou storie.
Van vergete dae se neerlae- maar ook oorwinnings glorie.

Hulle vra oor oorloë waar vyande ou antieke stede beleer.
Oor voorsate wat hul vinnig in die omstandighede bekeer.

Oor ʼn volk wat in benoudheid God weer vinnig kon gewaar.
Deur eeue Sy Woord tog getrou vir hul kinders kon bewaar.

So verlang die kinders van Sion, ja na ʼn baie ou-ou storie.
ʼn Verhaal gegeur en gekleur in ʼn soet hemelse potpourri.

Hulle vra oor ʼn paar- wat by die voet van die kruis sou treur.
Oor gordyne van onkunde wat voor Waarheid oop sou skeur.

Hulle vra na hulle Verlosser- eens na die hemele opgevaar.
Hulle vra verlangend wanneer hulle Hom weer gaan gewaar.

Hul roep hartstogtelik na Hom- kom help, ons is so blind.
Kom help ons om die pad na U- ook die ewigheid te vind.

Die nuwe kinders van Israel verlang na ʼn baie ou-ou storie.
Van vergete neerlae, maar ook ʼn nuwe Jerusalem se glorie.


Openbaring 1414 
ʼn Baie erge aardbewing

Maandag 18 April 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn geesteservaring begin die aarde onder my en alles reg rondom my erg te skud waarna ek in ʼn gesig so ʼn erge aardbewing sien dat mense letterlik daarvan hulle balans verloor en omval terwyl hulle wêreld om hulle in duie stort. Hierdie gesig gaan met ʼn erge geraas wat amper soos ʼn diep ononderbroke gedonder klink gepaard met daar tussen die angswekkende gille van mense.


Openbaring 1415 
Rotte en siekte.
Maandag 18 April 2011 01:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen verskyn eienaardige rotte waarvan groot dele van hulle gesigte deur die een of ander kiem weggevreet is en waarna hierdie rotte mense en ook diere begin byt wat ʼn dodelike siekte tot gevolg het.


Openbaring 1416 
Liefdesdade is beter as liefdeswoorde.

Dinsdagmiddag 01:05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl Elohim se verhaal van liefde voor Gees en materie ontvou.
Sing helder ʼn hemelse engelekoor: Sion wees trou, ja, bly getrou.
Dit is deur suiwer dade en Waarheid wat Elohim Sy Liefde uithou.
Moet daarom nie deur woorde en tong- jou liefde na ander uithou.
Soos die brak fontein- bly ewig die tong die orgaan van die ontrou.

Ja, met menslike woorde- waar die liefde- voor versoeking verflou.
Waar woorde van haat, ook liefde, aan een en dieselfde tong klou.
Is daar maar weinig wat op die werke van hulle spraak kan vertrou.
Met selfverheffende woorde- uitgesprei- soos die vere van die pou.
Word so dikwels ʼn ontydige graf vir sogenaamde geliefdes gegrou.

Ja, so dikwels kom ydel die woorde, kyk: ek is so baie lief vir jou.
In soveel egbreuk sê dikwels ʼn man dit aan een na die ander vrou.
Terwyl soveel hoopvol- tevergeefs, so dikwels fataal, daarop vertrou.
Met ʼn wanhoop- wat soos ʼn pikswart depressiegees om baie vou.
Bly ʼn paar desperaat tot die bitter einde aan die illusie-liefde klou.
Maar ʼn valse liefdestong toon hieroor- nie in die minste die berou.

Soos ook die tong wat gereeld beweer; my ou broer ek is lief vir jou.
So neem dieselfde tong in die bose verraad, so dikwels die voortou.
Terwyl Elohim se eie verhaal van Liefde voor hemel en aarde ontvou.
Laat ons daarom net Sy suiwer Liefde- as enigste voorbeeld onthou.
Weet, deur Sy opregte Liefde in liefdesdade word Sy beeld uitgehou.
Laat daarom ook die spieëlbeeld van jou liefde so in jou dade ontvou.


Openbaring 1417 
Elia staan nou daar.
Donderdag 21 April 2011 09:22

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel verklaar; gaan sê vir die wêreld Elia staan nou daar.
Die Woord en Oordeel van Elohim staan gereed kant en klaar.
Om oorlog teen ʼn bose verrotte wêreldsisteem te kan verklaar.
Om op die elfde- van die elfde- van die elfde jaar- te kan verjaar.
Om op die twaalfde- van die twaalfde- die laaste twaalf te spaar.
Sodat op die dertiende die wêreld die pes en plaag kan gewaar.

ʼn Engel verklaar: gaan sê ook vir Rusland- Elia staan nou daar.
Kyk uit die sfeer, ja by monde, van ʼn baie ou langvergete Tsaar.
Word so as oordeel, Rusland kortstondig, vir die Weste verklaar.
Terwyl die Rooi beer ʼn gevalle afgestorwe Afrika nie gaan spaar.
Terwyl die dood haar oordele nou wêreldwyd- so bloedig uitbaar.
Word ʼn oorlog tussen Oos en Wes ook Suid en Noord verklaar.

ʼn Engel verklaar; gaan sê vir Amerika, kyk, Elia staan nou daar.
Sodat hulle ook hul oordeel in enorme kataklismes kan gewaar.
In hulle see en drinkwater wat stink- sal hulle rooi bloed gewaar. 
Ja, in hongersnood het ʼn magtige Amerika nie genoeg opgegaar.
Hul kinders lyk soos uitgeteerde Afrika-kinders- so siek en maer.
Terwyl hulle in waansin hulle steeds as wêreldmoondheid verklaar. 

Die engel Gabriël  verklaar: gaan sê ook vir die Ooste- Elia is daar.
Kyk, vir hulle word die grootste aardbewings en tsunamis gespaar.
So verskeur die see hul grondgebied en oordek diep al hul koraal.
Terwyl die dood so in moesonvloede en modderstortings baljaar.
Sal hulle ook op die rooi oorlogsperd wreed hul ondergang gewaar.
Terwyl daar ʼn dodelike wêreldwye pes- hulle getalle nie sal spaar.

ʼn Aartsengel verklaar: gaan sê ook vir die Noorde- Elia staan daar.
Van Noord na Suid, ja, in Suid- Afrika word dit heel eerste gewaar.
Ja, in ʼn gees van verskrikking staan dit grotesk in ʼn oordeel daar.
In totale gees van verwarring, vertrap nasies hulself en ook mekaar.
In snaakse weersomstandighede verkluim hulle en brand ook gaar. 
Terwyl hulle nêrens om hul enige mediese hulp- of kos kan gewaar.

Die Engel Gabriël  sê: gaan sê vir die Weste en Rome- Elia is daar.
Kyk; In die Vatikaan is dit weer vir ou Baäl wat hy nou daar gewaar.
Jezebel die hoer van Babilon en haar baälpriesters word nie gespaar.
Ja, Elia het gekom om vir Elohim teen Babilon oorlog te kom verklaar.
Kyk, in hulle koningshuise kom staan die dood as ʼn oorwinnaar daar.
Vanwaar die hele bose wêreld nou Elohim se eie oordeel kan gewaar.

ʼn Engel verklaar; gaan sê vir die hele wêreld die Elia-gees staan daar.
In aardbewings. droogte, vloede, oorlog, pes en plaag- staan hy daar.
Vanwaar ʼn baie bose wêreld, Elohim se reinigingsproses kan gewaar.
Met Mammon geval, staan hy teenoor die merk van die dier heilig daar. 
Ja, in groot Skale wat val word die oordeel nou wêreldwyd so uitgebaar.
Terwyl Elohim se engele hul so om aartsgebore verseëldes kom skaar.
 

Openbaring 1418 
ʼn Vreesaanjaende furie.
Saterdag 23 April 2011 08:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn visioen wat bewende harte so ontstel verskyn daar ʼn vreesaanjaende 
furie vanuit die hel om in ʼn vlammesee alles om haar neer te vel staan sy in 
skroeiende hitte om die nasies te kom ontstel. Knetterend kom sy al huppelend 
deur velde, dorpe en stede om almal te kwel so roep sy laggend haar slagoffers 
in pikswart brande toe vaarwel. Ja, so kom ʼn furie vanuit die hel met vlamme 
dansend op haar bevel in vernietigende vure oral te veel om te tel roep soveel 
ryp graanoeste die oes toe- vaarwel. Oral raak dit nou moeilik om van al die 
kataklismes te herstel met ʼn mensdom wat tevergeefs roep na hulle eens so langvergete El.


Openbaring 1419 
ʼn Groot probleem.
Maandag 25 April 2011 08:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
Die aarde breek en kraak terwyl dit dreun, ja, dreun
Met aardbewings wat die mens laat kreun, ja, kreun.
Probeer mense fataal op hulle kerk steun, ja, steun.
Hul roep na ʼn pous stuur ons die Seun, ja die Seun.
Maar ʼn Engel sê: die mens staan van God vervreem.
Gebukkend gaan die nasies onder ʼn groot probleem.
So weet niemand meer verseker waarheen- waarheen.
Satan wys na die afgrond en sê: daarheen- daarheen.
In die poel van vuur word so baie, van hul siel ontneem.

In donder, ook bliksemstraal kom ʼn gedreun- gedreun.
Met die slagoffers wat in hulle nood so kreun en kreun.
Probeer volke tevergeefs op mekaar te steun- te steun.
Vals troos hulle mekaar net weer met die leuen, ja, leuen.
Ook die super-rykes word van hul rykdomme- vervreem.
So raak armoede op aarde nou so ekstreem- ekstreem.
Die mense ween en sê: nêrens is meer seën, ja, seën.
Terwyl die oordeel oor geheel die wêreld reën, ja, reën.


Openbaring 1420 
O’ Wondermaand van Mei.
Maandag 25 April 2011 11:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ Wondermaand van Mei- met Sion van Satan geskei
Met die ontwaking van die Gees wat die verseëldes lei.
Noukeurig vorm en maak U, U brei modder tot edel klei.
ʼn Replika van U eie beeld met U lewende Gees toeberei.
Sodat die verleier ewig nooit vir Sion- soos Eva sal verlei.
U is ons Stok, ook ons Staf, met genade vir ons toeberei.

Ons staan as U priesters voor U- Melgisedek, so toegewy.
In die nuwe stad Jerusalem- in ons Elohim- se eie kontrei.
Waar ons op groen weivelde, oor U genadevlaktes sal wei.
Terwyl ons as U eie kudde, ons voor U troon, neer sal vly.

So staan elf volmane nederig, buigend voor die maand Mei.
Terwyl engeleskares hul so oor Sion se ontwikkeling verbly.
Waar die suiwer Waarheid op arendsvlerke van Wysheid ry.
Weet hemelskares- God word in weergebore harte gekry.

O’ wondermaand van Mei jy wat jou so oor jouself kan verbly.
Terwyl ʼn verlore wêreld in donkerduisternis na agtertoe gly.
Met nasies en volke- wat onder ʼn vreeslike oordeel moet ly.
Met groot onlus, ook kataklismes wat baie begin onderkry.
Met die begin van die einde wat so in ʼn vernietiging agterbly.
Terwyl ʼn pikswart duisternis- onheilspellend oral begin uitdy.
Met soveel wat hoopvol uitroep: O dood, wanneer is dit verby.

Op ʼn planeet waar die wêreld so ongekend onder oordeel ly.
Roep jubelend al die verseëldes: O’ wondermaand van Mei.
Hoe salig, ja, salig- het ons Elohim- jou nie vir ons toeberei.


Openbaring 1421 
Lank genoeg het Sy Woord vermaan.
Dinsdag 26 April 2011 11:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Sekel swiep en swaai- dit slaan deur leë graan.
Daar staan ʼn skrale oes dit is so verrot- vergaan.
Terwyl ʼn hoopvol Maaier so treurig daardeur gaan.
Met ʼn oes te skraal- vir die hemel om te verstaan.
Wat steeds so hoop dat daar iets van op sal staan.
Die sekel slaan terwyl God nog desperaat vermaan.
Sodat miskien nog ʼn paar- Sy Liefde- kan verstaan.

Die Sekel swiep en swaai- dit slaan deur leë graan.
Met ʼn oordeelsengel wat woedend daardeur gaan.
Hy roep: dit is steeds nie te laat om julle te skaam.
Kom staan net nader en roep Elohim op Sy Naam.
Kyk die hemel staan oor julle grote val- so betraan.
Oor soveel siele wat in hel en Hades moet vergaan.
Maar ʼn sekel slaan terwyl Satan gretig nader staan.
Hy lag en sê: in die dood sal hul vinnig wel verstaan.

Die sekel swiep en swaai- dit slaan deur leë graan.
Terwyl ʼn Engel- met ʼn enkel, edelgerf, daar staan.
Al die wesens ween en sê: ons kan dit nie verstaan.
O’ Waarom het die mensdom- hulself, so laat gaan.
Om nie meer God se Woord te kan en wil verstaan.
Hul so trots nie meer deur Sy Liefde te laat vermaan.
Terwyl hulle gretig vir die materie net wil naderstaan.

Die sekel swiep en swaai- dit slaan- deur leë graan.
Daar staan net ʼn leë oes- so verrot, ja, so vergaan,
Terwyl ʼn hemel dit so treurig nie wil of kan verstaan.
Met soveel leë kaf- wat vir ewig in die wind vergaan.
Begin die Maaier die leë graan nou woedend slaan.
Aan sy vlymskerp sekel, hang- ʼn bloederige traan.
Lank genoeg het Sy Woord so tevergeefs vermaan.


Openbaring 1422
Die geheime van Openbaring.
Donderdag 28 April 2011 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn engel wat die eerste deel van openbaring verklap.
Hy roep en sê: ook dié sonder verstand- sal dit kan snap.
Te lank is Edom in geestes-ontug en verbastering betrap.
Te lank het Saksiese volke as Babilon die Waarheid vertrap.
Te lank het Europa haar liefde vir Satan so openlik verklap.
Te lank het die valse Jood- as Juda- die wêreld omgekrap.
Lank genoeg het ʼn bose wêreldorde die heiligdom getrap.
Lank genoeg beskou hierdie bose draak Elohim as ʼn grap.
So weergalm daar vanuit die geestelike realm nou ʼn slag.
Die mensdom staan verslae- hul weet nie wat om te verwag.

ʼn Engel oorhandig aan die Boervolk eerste hulle aanklag.
Vanuit die volke en nasies had net nog hul vir God ontsag.
Vanuit meeste volkere put slegs net hulle vanuit Hom krag.
Terwyl uit hulle midde nog ʼn klompie trou op Sy koms wag.
Maar ongeag dit- het satan- oor hulle meerderheid die mag.
Omdat hulle die Jesebelleer so ernstig in hulle gemeentes ag.
In hul hoerery geniet hul ʼn Wêreldraad van kerke se verkrag.
Daarom skuil die boosheid- nou in die fetus- van hulle drag.
Waar Satan hoop om weer in die vergadering van God te lag.
ʼn Engel roep: laat die gemeentes nou weet wat op hul wag.
In ʼn pikdonkernag volg daar so ʼn verskriklike- bloedige nag.
Maar op Sionshoof rus Elohim se hand so gerusstellend sag.

Daar is ʼn engel; wat nou die middel van openbaring verklap.
Hy roep en sê: ook die sonder verstand sal dit nou kan snap.
Lank genoeg is Edom-Engeland in heers- ook hebsug betrap.
Lank genoeg as selfaangestelde heerser oor die aarde gestap.
Ja, vanuit jou vele valse sinagoges- as die valse Jood ontsnap.
Om die hartklop van Satans bose werke oral oor te verklap.
Sal jy in jou laaste tyd, jou kop so wanhopig- onkundig krap.
Jy dink jy is die oorwinnaar- maar Oos en Noord trap jou pap.
Terwyl die oseaan- jou brutaal van jou kontinent af gaan klap.
Word die oordeelsbeker tot oorlopens met bloed vir jou getap.
O’ Seuns van Isak, vanaf Esau was Elohim net vir jul ʼn grap.
Daarom het die edelbloedlyn deur Jakob na die einde gestap.
Om die geheime van openbaring aan die einde te kom verklap.


Openbaring 1423 
ʼn Volslae einde weens bedrog.

Vrydag 29 April 2011 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn monoloog wat van êrens maar nêrens die feite uitklaar. Ja, vanuit 
ʼn twee-dubbele dimensie wat niemand kan verklaar, antwoord negatief 
vir Positief- kyk, my troepe wat hul na my wil bymekaar skaar, in ʼn wêreld 
deur sy eie onkunde- binnekort klaar. Ja, met ʼn moondheid wat net foute 
by ander lande kan gewaar, wat lieg deur te sê: kyk- onder julle diktators 
gaan dit met jul so baie swaar. Daarom moet julle- jul teen jul eie outoriteite 
skaar, terwyl die gees van bloedvergieting so in jul eie midde sal baljaar. 
Verswak julle so julle eie geledere voordat ons as die oorwinnaars julle 
midde binnevaar en voordat jul besef is dit die mak marionet uit jul eie 
geledere wat jul in jul regerings gewaar, terwyl hul vir julle en so vir ons- 
as willose slawepoppe- aan die hand van ʼn eenwêreldorde-poppemeester
laat baljaar. Met al jul rykdomme en skatte nou veilig vir ons koningshuis 
gespaar, staan die Weste se ekonomie weer binnekort so kragtig daar. 

ʼn Negatiewe pool lag en neurie, terwyl hy deur sy eie verbeeldingswêreld
baljaar- sing hy: diktators- diktators, oral waar jy hulle gewaar, ja, net julle 
blote teenwoordigheid pas my voorwaar, in jul verlede kry jul onderdane 
nie regtig onder julle swaar, maar in ʼn sluwe oorlogvoering wat niemand 
so dom kan gewaar is die enigste groot diktator nie van plan om iemand 
anders in sy groot oorlog te spaar. 

In ʼn monoloog wat van nêrens maar êrens die feite uitklaar, ja, vanuit
ʼn twee-dubbele dimensie wat niemand kan verklaar. Antwoord Positief
vir negatief O’ vader van die leuen Ek en jy bly vir ewig ʼn onpaar,
maar eenmaal het jy vanuit jou eie verotte wese die waarheid oor
jouself uitgebaar. Terwyl jy jouself reeds as die groot diktator oor
almal gewaar, het jy nagelaat om ook die volgende feite te verklaar 
en terwyl jy jou teen jou eie wrede einde blindstaar is jou koningskap
in ʼn rekord kort tydjie so vinnig klaar. In jou verwoeste nalatenskap
gaan dit in ʼn Godverlate periode met die mensdom oneindig swaar,
kyk- in die oorblyfsel en brokstukke van lande en nasies word ʼn groot
warboel gewaar en vanuit hier staan woedend die Gog en Magog nou
teenoor mekaar, ja, op ʼn verwoeste planeet deur die mens se vraatsug
en gruwels van die oordeel nie gespaar, val daar nou die laaste
atoombomme en op honderd-vier-en-veertigduisend na is dit met
homo-sapiens nou klaar.


Openbaring 1424
Die oordeel staan vas.
Maandag 2 Mei 2011 09.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Oordeel roep: dit is te laat- te laat vir sak en as.
So onrein, ja, onrein is die volk- deur Satan betas.
So liberaal- liberaal hul deur die wêreld laat belas.
Met Mammon saam wou hul in al sy feeste bras.
Hul het die Gees bedroef wat hul skoon wou was.
Daarom word hul nou onder die goddelose geklas.

ʼn Engel roep luid: dit is nou te laat vir sak en as.
Die oordeel staan verdoemend daar- verseker vas.
Soos ʼn bliksemstraal hardloop sy kruis en dwars.
In die reënboognasie- spaar sy geen volk of ras.
Gebreek-versplinter lê die rykmanshuise van glas.
Die dood staan in hulle midde- in ʼn pikswart jas.
Geruisloos sypel sy oral in net soos reuklose gas.
In veroordeelde lande waarin niemand kan verkas.

Sewe geeste roep uit: te laat – te laat vir sak en as.
Met ʼn Koningskap wat ewig Elohim s’n is en was.
Laat Sion haar in ootmoed rein voor God kom was.
Terwyl die missiedraers in haar midde ernstig vas.
Kan ʼn wêreld in Satans ontlasting maar rondplas.
Kyk die grotes van die wêreld speel so rof en kras.
Terwyl hul die massa as willose gepeupel nou klas.


Openbaring 1425 
Skrikwekkende toekomsgebeure.
Dinsdag 3 Mei 2011 03:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor ʼn Stem wat praat wat sê: kyk na die toekoms in hierdie
droomvisioen en treur. Waarna ek kyk en sien hoedat grafieke wild 
na die nommer tien toe beur, sodat die aarde op verskillende plekke 
in diep skeure oopskeur. Terwyl daar oral-wyd aardbewings gebeur 
en daarna nou oral skrikwekkende taferele soos enorme olierampe,
ontploffings, kernrampe, geweldige brande en wilde storms gebeur. 
Ook sien ek ʼn rivier van oseaan tot oseaan deur ʼn kontinent skeur. 
Waarna my blik gefokus raak op wit kinders wat skuiling vind in ʼn 
enorme skeur.


Openbaring 1426
So goed ken Ek jou.
Woensdag 4 Mei 2011 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Lank- lank gelede voor jou fisiese ontstaan.
Ook lank- nadat jou liggaam gaan vergaan.
Weet Ek elke tree van jou kom- ook gaan.
Lank voordat jou moeder jou sou vermaan.
Ook lank voordat iemand jou sou verstaan.
Het Ek My arms reeds- so om jou geslaan.

Lank voordat jy op hierdie aarde sou staan.
Lank voordat jy as mens daaroor sou gaan.
Ken Ek jou reeds so lankal op jou voornaam.
Lank voordat jy ʼn eerste sonde sou begaan.
Lank voordat jy ʼn oneerlike plan kon beraam.
Het Ek jou reeds in vergewing- vooruit gegaan.

Lank voor jy soos ʼn Judas My teen sou staan.
Lank voor jy soos Petrus jou vir My sou skaam.
Het ek reeds- My genade-arm, om jou geslaan.
Nog lank voordat jy die waarheid kon verstaan.
Voordat jou liefde in jou ongeloof weg sou taan.
Het Ek jou reeds oor Satan se leuens vermaan.

Lank voordat die maan om die aarde sou gaan.
Lank voordat goud gevorm is en so ook uraan.
Was jy klaar as ʼn gees gevorm in jou bestaan.
Lank voor die melkweg, ja, se enorme ontstaan.
Nog voordat Lucifer se glans ewig sou vergaan.
Was Ek en jy in ons Liefde- reeds lankal saam.

Voordat die lig ʼn pad deur duisternis sou baan.
Voor God se Woord in skepping oor sou gaan.
Ken Ek jou, My kind, reeds op jou eerste naam.
Ook lank- lank nadat die tyd ewig weg sal taan.
Lank nadat alle materiële skeppings sal vergaan.
Ken Ek jou, My liefde- steeds- op jou voornaam.


Openbaring 1427 
Die oordeelshand van God.
Donderdag 5 Mei 2011 12:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In damp en swael waar die storm nie wil bedaar.
Word die oordeelshand van God met vrees gewaar.
In vreesaanjaende storm waar wolke nie op wil klaar.
Waar ʼn wêreld nou die eindtyd-kataklismes gewaar
In bloed en dood- daar bespeur almal die groot gevaar.
Maar hul weet- net ʼn paar word vir die end uitgespaar.

In pes en hongersnood waar die wanhoop nou baljaar.
Weet al die nasies nou hulle het nie genoeg opgegaar.
In onluste en oorloë- wat oral oor- soveel vrees uitbaar.
Staan die wêreldraad van kerke so sonder kommentaar.
Vanuit die stand van sterre nader daar nou groot gevaar.
Sonder antwoorde- weet die wetenskappe nie van waar.

In soveel aardbewing wat die mens nou oral oor gewaar.
Weet hul die aardplate gaan die oppervlak nêrens spaar.
In tsunamis waar die oseane oor landstreke rondbaljaar.
Staan daar oorlewendes wat na al die verwoesting staar.
In soveel modderstortings wat op dorpies weeg so swaar.
Word spontane massagrafte- oor die wêreld oor gewaar.
Oral word daar met ontsag na sikloon en orkaan gestaar.
Terwyl bewend daar soveel harte nie in vrees wil bedaar.

Ja, oor die media klink daar luid die eindtyd kommentaar.
Terwyl die kooplus nêrens, iewers so ʼn bietjie wil bedaar.
In soveel sonontploffings- daar brand die mensdom gaar.
Terwyl hul minagtend Godslasterlik teen ʼn hemel uitvaar.
In verbastering waar baie hulle met almal nou verswaer.
Daar onttrek vir ewig God se Gees- sonder kommentaar.
In damp en in swael daar waar die storms nie wil bedaar.
Word die oordeelshand van God met groot vrees gewaar.


Openbaring 1428 
Daar is verskil…
Vrydag 6 Mei 2011 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vermom as ʼn boemelaar roep ʼn engel so hardop.
Kyk na die groot verskil tussen walging en versot.
Kyk na die verskil tussen die rot en wilde Marmot.
Kyk na die verskil- tussen die kasteel en die krot.
Kyk na die groot verskil tussen vars, ook papvrot.
 
Vermom as ʼn soldaat- roep ʼn engel nou hardop.
Kyk na die verskil tussen ʼn doodskis en babakot
Kyk na die verskil tussen welvaart en ook bankrot.
Kyk die verskil tussen geestelike intellek en ʼn sot.
Kyk na die verskil tussen die verraaier en ʼn patriot.

Vermom as ʼn huisvrou- roep ʼn engel nou hardop.
Kyk na die verskil tussen die verseëldes en uitskot.
Kyk na die standverskil- tussen Jesebel en Nabot.
Kyk na die verskil tussen ʼn vry mens en die robot.
Kyk na die perd wat stilstaan en die een op galop.

Vermom as ʼn arm myner roep ʼn engel so hardop.
Kyk na weelderige landgoed en die armoedige plot.
Kyk na ʼn armsalige vent en die hoogmoedige snob.
Kyk na ʼn ryke se feesmaal en die arme se flou sop.
Kyk na die vonkel in sjampanje en arm-dop se skop.

Vermom as regverdige regter roep ʼn engel so hardop.
Hoe groot is satan se getal en hoe klein God se trop.
Hoe luidrugtig klink ʼn wêreld en hoe sag God se klop.
Hoe lank tart ʼn wêreldorde en hoe lank word opgekrop.
Hoe lank laster die mens- en wanneer word dit gestop.

Vermom as die oordeel- roep aartsengele nou hardop.
Lank genoeg is ordes versteur en almal moet pasop.
Lank genoeg is die heiligdom vertrap- en dit gaan stop.
Lank genoeg tart ʼn wêreld en lank genoeg is opgekrop.
Lank genoeg is gemaak en breek en God se geduld is op.


Openbaring 1429 
My kinders van die eindtyd…

Maandag 9 Mei 2011 12:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ My kinders van die eindtyd kom vir raad om My staan.
Terwyl Ek My arms vertroostend- liefkosend om jul slaan.
Kom luister na My Stem- in die oerwese van julle bestaan.
Sodat jul gees- die groot rede vir die eindtyd kan verstaan.
Laat die Gees julle daarom so oor jul swakplekke vermaan.
Sodat jul weet dat haat nie tussen bloedbroers kan bestaan.
Sodat jul weet, in jul liefde leef jul vir mekaar se voortbestaan.
Dat jul weet om ʼn arm van vertroosting om mekaar te slaan.
Sodat julle weet- om vir julle naastes- deur die vuur te gaan.
Dat jul weet jul plant nie vir julself- maar vir mekaar die graan.
Om troostend nader te staan- om te droog- ʼn volk se traan.
Sodat jul weet om in opregte nederigheid mekaar te vermaan-
om te fluister; my broer- dit is sodat jou siel nie sal vergaan.
Om mekaar te bemoedig- om God se Stem te kan verstaan.
Mekaar te motiveer om vir ewig- op Sy Heilige weg te gaan.

My Kinders van die eindtyd- kom vir raad- nou om My staan.
Sodat My Aparte Son van Genade oor julle hoofde kan gaan.
Sodat julle trots as God se uitverkore volk- nader kan staan.
Ja, ʼn trotse volk wat hulle nooit weer vir hulle EL sal skaam.
Terwyl soveel volke en nasies- vir ewig verbrokkel en vergaan.
Sal My bruid- My Sion- in haar Goddelike glorie voortbestaan.
Terwyl konings en regerings mekaar verwyt met ʼn bitter blaam.
Met My Son van genade, ja, wat ewig oor hulle sal ondergaan.
Sal My nuwe volk vir ʼn nuwe tydvak reeds nuwe planne beraam
So-staan my eindtydkinders- reeds dig teenaan- om My saam.
Terwyl Ek My grote Vaderarms so teer in Liefde om hulle slaan.
Kan Satan wat My betref- met al sy bose werktuie maar vergaan.
Terwyl Ek as My volk se enige God- gelukkig in hul midde staan.


Openbaring 1430 
ʼn Grillerige gesig.

Maandag 9 Mei 2011 20:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn erg grillerige gesig sien ek ʼn gevleuelde engel wat verbouereerd 
deur die lug soos ʼn weerligstraal skiet waarna iets dit met ʼn slag tref 
sodat dit met ʼn slag op die aarde val waarna dit as ʼn pikswart gedaante 
op dun bokbene en pote orent sukkel om sy groot swart vlermuisagtige 
vlerke te sprei waarna dit lomp begin weg vlieg terwyl ʼn enorme groot 
swerm piepende vlermuise in ʼn donker wolk daarom saamdring


Openbaring 1431 
ʼn Baie blye dag.
Woensdag 11 Mei 2011 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar kom ʼn dag ʼn baie blye- blye- ewigheidsdag.
Waar Sionsvolk- voor God staan- in groot ontsag.
Met ʼn hart gerig na Hom terwyl hul na Hom smag.
Met ʼn rug gedraai op satan terwyl hul hom verag.
Terwyl hulle ʼn nuwe suiwer toekoms so bly toelag

Daar kom ʼn dag, ʼn baie blye blye- ewigheidsdag.
Waar ʼn prooi nou omswaai om ʼn jagter nou te jag.
Waar ʼn eens verslane volk opstaan in God se krag.
Hulle lê op die aarde- hulle erfenis, nou hulle beslag.
ʼn Skone aarde, ja, deur God herstel in verlore prag.

Daar kom ʼn dag, ʼn baie blye- blye- ewigheidsdag
Waar engele juig en die hemelskares se hart versag.
Terwyl Elohim met wyd-oop arms op Sy kinders wag.
Staan hulle skoon- gereinig voor Hom in groot ontsag.
Hul oorhandig aan Hom die Koningskap en die mag.

Daar kom ʼn dag, ja, ʼn baie blye- blye ewigheidsdag.
Waar die engele naderstaan met ʼn oordeelsverslag.
Waar die duisternis moet wyk voor glans van die dag.
Waar die aarde antwoord met ʼn oorverdowende slag.
Waar die dood ewig omkom, ja in sy eie donker grag.
Waar Hel en Hades hulself oor hulle duisternis verag.

Daar kom ʼn dag, ja, ʼn baie blye- blye- ewigheidsdag.
Waar Sion in verrukking sug; op U- het ons so bly wag.
Na U Glans en Heerlikheid het ons onverpoos bly smag.
Daarom put ons in die oordeelstyd slegs uit U ons krag.
Terwyl ons die laaste duisternis- so vasberade deurnag.
Sing ons vrolik- blymoedig: O' blye- blye, ja, blye dag.


Openbaring 1432 
‘Die volgende uur.’

Donderdag 12 Mei 2011 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel roep: luister en kyk na die volgende uur, tussen halfvier en tien 
voor vier slaan die klok teen die muur, terwyl die dood so gulsig om dit 
gluur, klink daar ʼn slag en oral oor versprei die vuur waar dit reinig in 
ʼn wrede kuur, terwyl die oordeel nog aardbewings oor die aarde stuur, 
raak die mensdom deur soveel vloede nou oorstuur. 

Hulle ween en vra: hoeveel moet ons nog verduur, terwyl die hemel ons 
bestaan op elke denkbare manier versuur, raak dit nou so swaar vir die 
infrastruktuur om dit self nog funksioneel te kan bestuur. 

ʼn Engel fluister: kyk daar na die klok teen die Hoë muur en luister na 
die klokkespel van elke uur, ja, luister na die nood wat die mensdom 
gaan verduur, kyk net na die weer so guur en waarom raak die water 
so bitter giftig en so suur, met al die kos nou ook so uitermatig duur,
word niemand in die chaos en werkloosheid vir ʼn loon gehuur. 

ʼn Engel roep uit en sê; kyk en luister na die klok daar teen die muur- 
dit is die mens self wat hulle toekoms so sou versuur.


Openbaring 1433 
Die Ware vas voor God.

Vrydag 13 Mei 2011 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand wil van jou weet wat die doel van die vas is en ook wat dit
behels en Ek sê vir jou dat die ware vas nie soseer bestaan uit die
onthouding van voedsel vir die liggaam nie, maar veel eerder uit die
onthouding van dit wat onsuiwer vir die siel is, sodat die Gees in ʼn 
gesuiwerde sielsomgewing tot volle kapasiteit in ʼn gereinigde sfeer
kan ontwikkel, sodat die deursettingsvermoë op sy beurt kan oorgaan 
in die Goddelike Wil en krag wat op sy beurt lei tot die suiwer geloof,
hoop, liefde, ja, ook die deemoed en erns en wat op hul beurt al die
ander Goddelike eienskappe insluit. 

Ongelukkig beskou menig wêreldgeoriënteerde geloofstrukture- 
waaronder ook die christene, die vas as ʼn selfkastydingsmiddel om 
God na hulle pype, behoeftes en wense te laat dans en so daardeur 
te manipuleer en dit terwyl hulle koud en afsydig omtrent Sy Waarheid 
en Wette staan terwyl hulle dit na goeddunke aanpas om ʼn bose wêreld 
daarin te akkommodeer. 

Maar soos wat daar geskryf staan sal die blindes in die laaste dae nog 
blinder word en Ek sal in hierdie tye vir elkeen volgens sy versoek gee 
en wie deur ʼn onnadenkende vas van My vra; dat Ek satanies georiënteerde 
regerings moet seën en wrede moordenaars sonder enige gees met krag 
moet vul, dit sal Ek tot nadeel van hulself doen en Ek sal die konings en
regerings se harte verder verhard en die moordenaars sal Ek vrye
teuels gee- omdat die dom ydel gemeentes- dit in ʼn volkselfmoord van
My eis.


Openbaring 1434 
Die teken van die sekel.
Saterdag 14 Mei 2011 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar die teken van die sekel teen die hemel staan.
Voordat ʼn groot vernietiging oor ʼn verrotte wêreld gaan.
In die stilte voor die groot storm- is daar klaar vermaan.
Voor die hand van God in oordeel alles stukkend slaan.
Aan die einde van ʼn tydvak- waar beskawings vergaan.
Sodat die nuwe aarde weer rein, ook vars op kan staan.
Daar waar Satan sy vyand- die lewe- wild gaan verslaan.
Verstaan die dood nie van die rou en nie die bitter traan.

Daar waar die wêreld hulle nou vir hulle God wil skaam.
Daar jubel Sion- in haar groot liefde- vir Hom spontaan.
Onder die diereriem daar waar die bul so dreigend staan.
Kom vanuit die hemel ʼn sekel- wat oor die aarde slaan.
Terwyl ʼn sekelmaan soos bloed teen die hemele staan.
Trek daar nou pyle van die dood, ja, oor die hemelspaan.
Terwyl in haat die mense nou net van oorlog wil verstaan.
Met ʼn planeet wat in vele kataklismes- oral wil vergaan.
Terwyl die laaste menslikheid nou so wêreldwyd wegtaan.
Staan nou so verseël en gesluit- Elohim se genadekraan.

Daar waar ʼn vreemde stormgeweld- nou oor Afrika gaan.
Lê in ʼn bloedrooi plas- vergruis ʼn eens wit sierlike swaan.
Op ʼn sonskyndag met ʼn wit sekel wat in die hemel staan.
En mense steeds nie- eindtydwaarskuwings kan verstaan.
Roep die groot Maaier- dit is tyd- om deur die oes te gaan.


Openbaring 1435 
Die Wysheidsbron deur Goddelike werktuie.
Sondag 15 Mei 2011 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het die eerste mens uit die Wysheidsliefdes-asem van Elohim ontstaan, 
maar voor die krag van die skoonheid van ʼn vrou sou dit so vinnig moes 
vergaan, sodat almal deur sy val deur die donker poort van die dood moes 
gaan, maar deur Henog het die Wysheidsleer van Elohim voortgegaan om 
in Noag vir die mensdom voort te bly bestaan. So het Melgisedek self vir 
Abraham kom leer; roep jou Elohim in Wysheid altyd op Sy Voornaam, 
sodat jou nageslag in Isak, ja, in ʼn oorblyfsel nooit sal kan vergaan en 
daarom het die liewe Skepper sy Stem van Waarheid deur vele van Sy 
profete laat voortbestaan om met Moses persoonlik self- Sy ewige 
Wysheidswaarheid-liefdeswette te kon deurgaan. 

So het Elohim eers Elia en later Johannes as ʼn bondgenoot van die 
Waarheid oor die aarde laat gaan, tot op die dag waar Hy self as die 
Seun van die mens, ja, as YaHWeHshua- Sy kinders op die weg van 
die Wysheid en Insig sou laat gaan. Daarom het Hy eenvoudiges die
hemelwet van die Liefde laat verstaan, sodat hul as vissers van die
mense sy vangs nie in verdoemenis sou laat gaan en so het Hy ook 
vir Paulus laat naderstaan sodat ook Edom en heiden iets hiervan 
kon verstaan en hoe die skrifgeleerdes die mense oor die einde van 
die Bybel wil vermaan, om hulle so te waarsku dat Woord en Wysheid 
daarna nooit weer deur mense voort kan gaan, sal die ontwaking van 
die Wysheidsbron deur Goddelike werktuie ewig vir verskillende
ontwikkelings tydvakke voortbestaan. 

Daarom het deur die eeue, wysgere en filosowe, soos Swedenborg 
en Lorber opgestaan en herdenk daarom ook vir Sokrates en vergeet 
ook nie Freud se naam, ja, beide wat die menslike psige en ook die insig 
so goed kon verstaan. Maar vergeet ook bowenal nie om in die binnekamer 
van jou siel verlangend te fluister; O’ Vader van die Waarheid open U deur 
van Wysheid sodat ook ek U Grote Liefde kan verstaan en dat ek daarom 
met my weg wat ek deur die vlees moet gaan, in die dimensies van my gees 
hieroor nooit sal stort- ʼn ewig verlore traan.


Openbaring 1436
God se reinigingsproses.
Maandag 16 Mei 2011 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ laat die Gees Homself nou openbaar, oor ʼn suiwer paar mense wat
hulle in ʼn land van chaos bymekaar skaar, ook in kleine dorpies kom
hul bymekaar, om die netheid en orde om hulle te probeer bewaar, terwyl 
hul gedwee die rommel van Rakas’ feeste opklaar, daar sug hulle en raak 
oor hul omstandighede so diep beswaar. Terwyl die Gees hulle saggies 
vermaan om te bedaar en Hy wys hul- hulle is besig om hul by die werke 
van hulle Vader te skaar, ja Hy nooi hul om hul om Hom te skaar en Hy 
vertel aan hulle; in Sy materiële skepping is Satan ook oral daar, waar hy 
met sy onrein geeste daardeur vaar terwyl hy met sy rommelwerke daardeur 
baljaar, is dit God self wat dit maar weer met Sy reiniging moet bewaar. 

Weet daarom, wanneer julle die werke van kataklismes oral oor die wêreld 
gewaar, dit is God self wat Sy Liefdevolle reinigingsproses oor geheel die 
aarde nie spaar.


Openbaring 1437 
Vliegtuig ongelukke.

Maandag 16 Mei 2011 22:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek die wrakstukke van ʼn groot wit vliegtuig wat in
ʼn noodlanding probeer land het en net daarna sien ek die afgebreekte
vlerke van nog ʼn vliegongeluk.


Openbaring 1438 
Ewig is U altyd waar.
Donderdag 19 Mei 2011 16:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens roep Johannes: ek doop met water in die Jordaan staan ek daar.
Maar daar kom Een baie sterker- vir wie ek my- as Sy dienaar bewaar.
Maar om Sy skoenriem los te maak daarvoor is ek te nietig, ja sowaar.
Daarom roep ek Sy kinders sodat ons-ons kragtig om Hom kan skaar.
Daarom was ek hul met hoop en geloof en berei hulle so vir Hom klaar.
Ontwaak daarom, verseëldes, in Gees en bemerk- Hy staan reeds daar.
Hy kom vir jou en my, ook eenvoudige sondaars, selfs ook die tollenaar.
Hy is die Boom van die ewige lewe as die Erfgenaam so vir ons bewaar.
Die een voor wie die wildste storms so gehoorsaam so saggies bedaar.

Terwyl alle hemele en alle aardes Hom as die Seun van Elohim verklaar.
Roep ʼn voorloper: ontwaak!  Maar HY giet die Gees en Vuur uit sowaar.
Terwyl dood en hel retireer, ook Hades opper vreesagtig geen beswaar.
Terwyl aartsengele eerbiedig fluister; ewig- ewig is Elohim ongeëwenaar.
Laat daarom nou die goddelike kinders hulle om hul heilige Vader skaar.
Met Elia wat uitroep: voor my Meester- daar raak my woordeskat onklaar.
By Sy voete wil my siel- in ʼn ewige verrukking- nooit weer ophou bedaar.
Daarom spring ek op om net soos ʼn Dawid dansend om Hom te baljaar.
Terwyl ek Satan terg en sê: O konkelaar met jou is dit so binnekort klaar.
Kyk: Sy skop is klaar in Sy hand en Hy maak so met die dorsvloer klaar.
Ja, terwyl die kaf vergaan- maak Hy Sy edelkoring- sorgsaam bymekaar.

Ja, voor die troon van Elohim- word die verseëldes- Sy Sion- nou vergaar.
Terwyl die Gees Hom liefdevol so mildelik oor al die uitverkorenes uitbaar.
Roep ʼn stem vanuit ʼn grasgroen woestyn: O, Woord ewig is U altyd waar.
Kyk; in die midde van U heilige volk- staan Elohim self- ewig, lewend daar


Openbaring 1439 
ʼn Vernielde aarde se aanklag.

Vrydag 20 Mei 2011 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die herfs buig nederig diep en retireer met groot ontsag.
Die winter is swanger met spierwit sneeu swaar in drag.
Sy kreun en vra: O’ waar raak ek ontslae van hierdie vrag.
Ja, in my barensnood kreun die velde onder my aanslag.
Terwyl ek baie wreed- in soveel sinkhuisies gaan oornag.
Roep die armes: te lank- te laat, op dienslewering gewag.
Daar skuil geen warmte of hitte in ons eenparige eendrag.
Gebreek- verbrokkel lê gewaande mag voor natuur se krag.

Die herfs buig nederig diep en retireer met ʼn groot ontsag.
Skale verstryk en hul val die een na die ander met ʼn slag.
Te laat roep beangs die mens: O’ hoe groot is God se krag.
Die aarde ruk en beef- daar val meer as net een mynskag.
So lê aardbewings- op lande en lewens- hulle groot beslag.
Terwyl verwoestende storms soveel lande vergruis in verkrag.
Staan dreigend die Oordeel en lê op al sy eiendom beslag.
Terwyl Hy minagtend- ʼn Babiloniese eenwêreldorde verag.
Word die hart van die hemel- nie deur smeekbedes versag.

Die herfs buig nederig diep en retireer met ʼn groot ontsag.
Wie het kon raai die dood kom soos ʼn bruid in spierwit prag.
Wie het geweet hoe groot die offereis op haar wittebroodsnag.
Met yskoue winde wat huilend loei terwyl die dood honend lag.
Staan ʼn vernielde aarde op aandag voor God- met ʼn aanklag.
Sy oorhandig so eisend aan Hom- haar verdoemende verslag.
Sy eis- verwyder van my oppervlak nou biljoene in hul ontslag.
Sy vra haar sustersplanete; skud my aardplate met julle krag.

Die herfs buig nou nederig diep en retireer met groot ontsag.
Terwyl natuurkragte die vernielsugtige mense- so diep verag.
Met die oordeel wat weier om teenoor die parasiete te versag.
Eis soveel kataklismes nou hul wrede loon met brutale krag.
Hul hoon die mens wat globaal probeer saamstaan in eendrag.
So staan die winter swanger met spierwit sneeu swaar in drag.
Sy kreun en vra: waar raak ek nou ontslae van my sware vrag.


Openbaring 1440 
Alleen God kan die tyd bepaal.

Saterdag 21 Mei 2011 05:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn wet van gemiddeldes- wat sonder skroom bepaal.
Vir elke woord of handeling word die een af ander tyd betaal.
Waar woorde glorie kan behaal of redenasie so fyn kan maal.
Waar woorde onderskei tussen fantasieë- of die ware verhaal.
Waar slegs tekens van die tye- die eindtydwaarheid bepaal.
Waar Goed en kwaad hulle afskei, ja, elkeen in sy eie kraal.
Waar haat of liefde so die swaarste gaan weeg op die skaal.
Maar haat in oorwinning herrys as die Leviatan- so kolossaal.

Waar ʼn klein kudde- hulle by hulle Verlosser skaar- so lojaal.
Voordat daar ʼn beslissende- groot Goddelike stilte neerdaal.
In ʼn stilte voor ʼn geweldige eindtydstorm- wat alles fynmaal.
Waar eilande onder water verdwyn, so ook groot streke koraal.
Waar eindtydkataklismes rekordgetalle vir die dood kom haal.
Terwyl die kooplui ween oor vergane rykdomme eens so rojaal.
Staan gestroop in armoede ʼn wêreldbevolking honger en kaal.

Deur moordende pes sonder hoop met ʼn weerstand minimaal.
Lê ook Mammon nou verslaan- gestroop van al sy potensiaal.
Lê ʼn aarde verrot onder ʼn dwaalster deur openbaringe bepaal.
Betaal die mense die prys vir verraad- waar hulle God sou faal.
So sit die dood nou in swart geklee- op die Vaal perd opgesaal.
Met die Rooi perd se wrede oorlog verhale in al die tale vertaal.
Terwyl die Gog en Magog teenoor mekaar staan in hulle totaal.

Daar is die wet van gemiddeldes wat so sonder skroom bepaal.
Vir elke woord en handeling word daar een of ander tyd betaal.
So is dit alleen Elohim- wat die laaste tyd- op die aarde bepaal.

Openbaring 1441 
Nie net brood nie maar ook die Woord.
Maandag 23 Mei 2011 11:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Luister, O, verseëldes na die Roepstem en dringende klank van God se klop.
Luister na die sagte Stem van die Herder wat roep na Sy kudde, ja, Sy trop.
Van brood alleen sal Sion nie langer kan leef- maar van elke Woord van God.
Hul sal leer en daarom weet- slegs die Liefde alleen is Elohim se groot gebod.
In hierdie dae sal onvrugbares baar- terwyl die vyeboom- in die winter sal bot.
Die dobbelsteen sal val en wié ontwyk die woede, oordeel en ook ʼn wrede lot.

Daar waar die glans van satan lok, ja, daar dartel in selfmoord die verlore mot.
Daar waar verspilde bloed stol om sonder ʼn siel in die dood saam te kan ‘klot’.
Slaan aardse intelligensie haar wenend op die bors en sê: ek was net ʼn sot.
Luister na my toekoms- daar in Hades sluit agter my so oorverdowend die slot,
terwyl Sion soos lieflike- geurige vrugtebome in die Nuwe Jerusalem gaan bot.
Met die gruwel, die dier en die valse profeet wat ewig oor die afgrond gaan stort.
Vir ewig verlore, ja, in die poel van vuur, dryf daar ewig nêrens geen genadevlot.

So ontvang die doderyk nou ʼn kleine aarde se ongelooflike vuilis, ja die uitskot.
Waar alle hoop en pogings van die regerings en konings vir ewig in gaan verrot.
Lê nou so verslaan al die rykes- ook groot bankiers- vir ewig verlore- so bankrot.
Staan in ʼn spieëlbeeld ʼn Withuis en Buckingham-paleis as ʼn spookagtige krot.
Met demone wat seëvierend daaroor triomfeer- as Satan se persoonlike patriot.
Met ontelbare siele wat so wenend weeklaag: ons was net op ʼn illusie versot.

Waar stuiptrekkend die dood- nou in onwillekeurige bewegings- vir oulaas skop.
ʼn Aarde oorverdowend deur middel van kataklismes sê: ek het genoeg opgekrop.
Roep die engele: luister, O’ Sion, na die dringende klank van jou Elohim se geklop.
Luister na die Stem van die Goeie Herder wat so roep na Sy kudde, ja, na Sy trop.
Weet- van brood alleen sal Sion nie meer leef- maar van elke Woord van haar God.


Openbaring 1442 
Die Pous en die gruwel.

Dinsdag 24 Mei 2011 17:22
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Die pous staan voor die skare- as die skynheilige vrome.
Sy skadu strek wyd oor vele lande in afskuwelike patrone.
As veelkoppige draak is elke kop al die konings se klone.
So staan die eenwêreldorde- onder edelmetale van krone.
Een liggaam kan nie gelyktydig sit op verskillende trone.

So weerklink Nebukadneser se opdrag weer in harde tone.
Al die volkere val neer en aanbid in godsdienstige patrone.
Satan staan as die engel van lig- deur kerke as die skone.
ʼn Groot gruwel herrys- groot en klein staan nader vir lone.

Maar die skale reageer en oral antwoord nou die neutrone.
Die aarde skuif op haar as deur samewerking van protone.
Donderslag en bliksemstraal reg rondom so al die monsone.
In gate en spelonke skuil soos rotte die belangrike persone.
Maar ʼn pous staan as vals profeet en vou sy hande as vrome.


Openbaring 1443 
ʼn Grusame vliegongeluk.
Dinsdag 24 Mei 2011 22:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn vliegtuig in die lug waarvan die bokant 
met ʼn slag afskeur voordat dit grusaam neerstort.


Openbaring 1444 
Junie die middelkind.
Woensdag 25 Mei 2011 08:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Junie is ʼn middelkind as ʼn tweeling in die diereriem versteek.
Terwyl sy so ongesiens wag om ook haar wreed te kan wreek.
Roep sy uitdagend, sodat niemand weer Junie sal kan vergeet.
Soms word ek beskou as bestendig- maar nou sal almal weet.
Sonder my bydrae staan hemel en so ook aarde nie kompleet.
So staan ek nou dominant in die kosmos en kyk op alles neer.
Wat ek sien- laat my soos die ander sterretekens- murmureer.
Daarom raak dit moeilik- om die boosheid daarop- te ignoreer.

Junie is ʼn middelkind, ja as tweeling in die diereriem versteek.
Met twee verskillende persoonlikhede- wat sy nie wil wegsteek.
Sy boots ʼn weegskaal na met in die regterhande- ʼn skaal beet.
Terwyl sy dit so noukeurig op seker plekke op die aarde afmeet.
Sê sy: kyk net na die gruwels en luister na die vervelige gepreek.
Met soveel valse kerke wat gemeentes bind tot ʼn nuttelose leek.
Sy wik en weeg en redeneer watter kataklisme op watter streek.
So lank dit net as die groot chaos- van die maand Junie sal heet.

Junie is die middelkind- as die tweeling in die diereriem versteek.
Hulle speel op ʼn kosmos-strand en verkyk hul aan die rooi kreef.
Met eienaardige, ja onbekende spikkels wat dit so oral om begeef.
Is daar voorwaar iets geheimsinnigs wat nou so aan Junie vaskleef
Met die wetenskaplikes wat op menig intelligente manier beweer.
Dat alles hulle maar altyd- met hul natuurwette in siklusse uitkeer.
Staan ʼn mensdom steeds ontbloot en broos sonder enige verweer.
Hulle staan so magteloos uitgelewer- onder 
ʼn baie eienaardige weer.

Junie is net die middelkind as ʼn tweeling versteek onder die kreef.
Met die maan een oomblik baie helder dan weer siek en ook bleek.
Bly die maand Junie gedetermineer om ook haar hier te kom wreek.
Terwyl sy onluste op onluste in ʼn baie groot maat oral af kom meet.
Roep sy: bring oor die slegte mensdom- nou soveel moontlike leed.
Ja, laat die aardplate onder aardbewings nou buitensporig baie beef.
Terwyl meer kokende magma dit onverpoos na die oppervlak beweeg.
Weet daarom; die oordeel is regdeur ʼn diereriem vir oordeel ingeweef.


Openbaring 1445 
Wyse spreuke.
Donderdag 26 Mei 2011 14:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
HY wat Wysheid van bo verkry, het die ware lewe lief.
Maar hy wat wysheid om ydelheid verkry, lewe verniet.

ʼn Boodskapper met ʼn ware boodskap leef in ongerief.
Hy bring die Waarheid en het sy Elohim- bo alles lief.

Maar ʼn vals profeet verlang na groot roem- ook gerief.
Ja, hul beur altyd na vore- so diep op hulle self verlief.
Kortstondig is hulle oomblik- maar so groot hul verdriet.

Daar is altyd een wat roep: sien my net raak asseblief.
ʼn Ander rig weer nederig aan God- hul liefdevolle brief.

ʼn Opregte vriend het sy naastes- onvoorwaardelik lief.
Die valse vriende verloën en verraai agteraf so aggressief.

Die kerk verwerp soveel Waarheid as onsin en apokrief.
Terwyl hul hemel en aarde met enorme leuens verontrief.

Die predikante vertel hul ryk gemeente- God het julle lief.
Maar armes, weduwees en wese- die behandel hul stief.

Die wêreldorde minag die suiwer bloedlyn van ʼn Israeliet.
Terwyl hulle biskoppe hulself vergryp aan die edel akoliet.

So glansend staan goue koringare vir die oë om te geniet.
Onbekostigbaar vir armes wag dit op die vergryp van miet.

In die vuurwerkskouspel waar die ruimterommel verskiet.
Word daar na asem gesnak oor die kosmos se akoestiek.

In ʼn volk se val skuil daar soveel, ja oneindig baie verdriet.
Maar dit vervaag voor heldemoed- van ʼn held doodgeskiet.

Wie ween nog oor die verlies van ʼn nuttelose grondgebied.
Terwyl hul die saligheid van hul Elohim in hulle hart geniet.

Onregverdige wette kan wel die suiwer patriot rondgebied.
Maar geen menslike wette kan sy liefde vir sy God verbied.

So eentonig sing die eenwêreldorde hulle ewig-verlore lied.
Maar op die einde sal alleen ons Grote God se wil geskied.


Openbaring 1446 
Hemel en engele in blye oorwinning.
Sondag 29 Mei 2011 15:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister nou na die hemel en ook engele wat daar sing.
Terwyl die mooiste melodieë- ʼn groot heelal deurdring.
Gerubs voor die troon met hande biddend saamgewring.
So staan die sewe geeste om Elohim in ʼn heilige kring.
Met Gabriël  in hulle midde as ʼn tere kind nietig- gering.
Waar hy nou knielend sy offer aan sy Elohim nou bring.

Terwyl so die hemelskares in verrukking hulle loflied sing.
Word ʼn skone, hemel-heilige bruid nou na vore gebring.
Sy is die Bruidegom se reine maagd, ook Sy eersteling.
Vanaf die oeroorsprong- reg vanaf die heel eerste begin.
Het Elohim, Sion alleen- ewig as Sy uitverkorene bemin.
Daarom word haar deug opnuut vir hierdie tydvak gewin.
Ja, so word haar vele talente nou vir die ewigheid ontgin.

Luister daarom na engeleskares- wat so blymoedig sing.
Kyk na Sion se regterhand- daar pryk Elohim se trouring.
Kyk ook na slagordes met vaandels in getal nie te gering.
Op hul baniere daar pryk die vervulling van die openbaring.
Ook al die profesieë in vervulling- word nou nader gebring.
Daar staan ʼn engel en hy blaas op ʼn eindtyd-ramshoring.
Sodat al die plae kan vermenigvuldig in hul vermeerdering.
Tussen Goed en kwaad- kom die onoorbrugbare skeiding.

Terwyl die hemel en engele so bly in hulle oorwinning sing
Klink daar die mooiste melodieë wat die heelal deurdring.
So staan al die aartsengele om Elohim in ʼn heilige kring.
Met Gabriël  in hulle midde as ʼn kleine tere kind so gering.
Ja, Elia wat knielend- sy offergawe- na sy Elohim toe bring.
Met die hart van die vaders en die kinders- na God gebring.


Openbaring 1447 
Die Afrikagees van Skeba.

Maandag 30 Mei 2011 08:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit twee dimensies kom Salomo en Skeba om mekaar te groet.
Die Weste probeer om Afrika weer vir tempelboumateriaal te besoek.
Oor eeue heen strek die draak wat na globale wêreldoorheersing soek.
Met Nimrod as die kop- is dit die siklus wat eindig in ʼn piramide hoek.
Waar daarbo die oog van Satan sekuur oor sy dollar-koninkryke soek.
Staan waarheid en leuen nou so saamgeskryf in een saamgestelde boek.

Terwyl Mammon nou so desperaat tot sy oorlewing soveel lande besoek.
Word daar nou stroperig- om Indië en Sjina gekruip en liefdevol gekloek.
Maar Rusland snuif soos ʼn hond in die lug en sê brutaal: ek ruik bloed,
lank genoeg oes die Weste al die rykdomme en ander se kosbare goed.
Afrika sê: lank genoeg staan ek soos die bedelaar- in my hand my hoed.
Met ʼn Weste wat so weelderig baai- in al my rykdomme se goue gloed.
Terwyl Skeba hard uitroep: oor dit alles kom ek nou getuig, ja, ek moet.
My gees en bloed roep vanuit Afrika- en my wraak is nou oneindig soet.
Ja, vanuit Suid-Afrika- tot bo in Israel- staan my Afrikagees op elke voet.
So is Salomo se tempel gebou met stene van my rykdom, ja al my goed.
Steeds wil die eindtyd draak- met sy vrymesselaarorde- so daarop voed.

Maar God se oordeel is hier om geheel die planeet aarde te kom besoek,
Kyk vanuit sy hemelryk het Hy vir oulaas laat sak sy kosbaar pêrelhoek.
Vir Sy edelvangs- het Sy heilige engele- die uitverkorenes- uit kom soek.
Waar hulle nog vir ʼn klein rukkie so veilig, iewers op die aarde sal vertoef.
Terwyl ʼn oordeel ʼn bose wêreld op elke wrede wyse sal beproef en troef.
Terwyl skale en engele satan se eenwêreldorde sal fynmaal en opskroef.
Staan Skeba teenoor die Weste- in haar doodsaluut- soos pikswart roet.
Haar bewoners verslind in ʼn eiesoortige ritueel, bier- ook ʼn vaal askoek.
Met soveel derduisende impies wat skrikwekkend daar staan in hul troep
Staan Rusland en bondgenote nader- om die Weste- uiteindelik te troef.

Terwyl elke moondheid- steeds Afrika se skatte- vir hul skatkamers soek.
Word so die oordeel in bloedrooi letters geskryf op ʼn spierwit hemeldoek.
Vanuit al die rykdomme is Afrika se rykdomme deur Skeba self vervloek.
Vir ʼn Wêreldorde se nuwe tempel word tevergeefs hier na skatte gesoek.
Dit is te laat, ja ewig te laat, vir ʼn mensdom om nou weg te probeer koes.
Vanuit die ruimte slinger God ʼn grote klip- om hul beskawings te verwoes.


Openbaring 1448 
Liewer honger en naak.
Maandag 30 Mei 2011 12:30

 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Terwyl ek besig is met my tafelgebed verskyn daar in ʼn visioen 
die donker buitelyne van ʼn stad se wolkekrabbers wat afgeëts is 
teen ʼn bloedrooi tipe van vlammesee agtergrond en alles voel baie
onheilspellend en ek vra daarna- waarop ek hoor: 
Wee die stedelinge- daar kom ʼn dag wat dit beter sal gaan met die 
een wat honger en naak uitgelewer is aan die natuur en sy elemente- 
as met die een wat oënskynlik versorg is in die stad.


Openbaring 1449
Daar is ʼn Woord…

Dinsdag 31 Mei 2011 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn Woord van geduld wat gelykmatig beweer.
Vir heilige apartes is dit onnodig om ʼn land te beleër.
Met verseëldes wat staan vir ʼn saak sonder geweer.
Wat in hul geloof tot ewige oorwinnaars hergroepeer.
Wat sal staan of val om te oorleef tot Elohim se eer.

Daar is ʼn Woord van Wysheid wat so openlik beweer.
Te lank is weerloses vertrap, verneder, ja, ook onteer.
Te lank word ʼn volk deur ʼn bose oormag verrinneweer.
Te lank is ʼn vertrapte volk- deur die wêreld geïgnoreer.
Te lank- staan God se kinders- deur onreg gefrustreer.

So is daar ʼn Woord van geloof wat onwrikbaar beweer.
Uit Elohim se eie mond- word Sy uitverkorenes geleer.
Om vanuit hulle vertroue met hulle God te kommunikeer.
Vanuit onwrikbare geloof in God hul vyand te besweer.
Om engele te konsulteer om hul vyand te teer en veer.

Daar is ʼn Woord van liefde- wat so vasberade beweer.
Om Elohim bo alles te min- Hom ook met alles te eer.
Om die kwaad van die naaste met jou beste af te weer.
Om die ewige lewe- met jou hele hart en siel te begeer.
Bo alles God se Wysheidsordes met alles te respekteer.

So is daar ʼn Woord van deursettingsvermoë wat beweer.
Daar is troues wat ewig nooit hul rug op Elohim sal keer.
Wat tot op die bitter einde die bose openlik sal besweer.
Selfs in tronke sal heiliges mekaar van God se Liefde leer.
Terwyl hulle weet- daar kom ʼn dag wat God sal triomfeer.

So kom ʼn Woord van Goddelike wraak wat wreed beweer.
Wanneer Babilon en die leuen val gaan Waarheid triomfeer.
Waar honde in die hel- op dier en valsprofeet gaan urineer.
Waar demone- die verdrukkers van heiliges sal terroriseer.
Waar wenend met tandgekners Raka ewig gaan krepeer.


Openbaring 1450 
Redding en oordeel vir Israel- Kaukasies.

Woensdag 2 Junie 2011 09:55 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Boodskapper beweeg geestelik oor geheel die wêreld rond.
Hy dwaal van Rome tot in Israel en kyk geskok oor ʼn afgrond.
Hy sug en sê: eens was oor beloofde grond gesluit ʼn verbond.
Maar ʼn volk is weggevoer en so is dit nou net vervloekte grond.
So lê Israelvolk wyd versprei oral rond- siek en baie ongesond.
Ja, op ʼn handvol na- word niemand van hulle ooit weer gesond.

In smart kyk Australië en Nieu-Zeeland na hulle verwoeste grond.
In Europa tref soveel oordeel- genadeloos- hard en ook terstond.
In Amerika lê hul vergruis- vermink, onder oordeel en eie verbond.
Met aardbewing, tsunami en storm so verwoestend oor hul grond.
In Asië loop almal hulle vas- teen ʼn onbegryplike- vreeslike front.

Ja, wêreldwyd staan die Kaukasiese groep as die verwerpte hond.
Dit wat eens trots-Israel was lê ongeneeslik- so baie sleg gewond.
Te laat klink Job se klaaglied- ʼn treurmare vanuit ʼn globale mond.
Ja, dit is te laat om ʼn wêreldwye oorlog globaal te probeer ontlont.
Effekte- en valutabeurs val en bankiers is nie meer so rond-gesond.

In globale sonsverduistering breek dag in ʼn pikswart oggendstond.
In ʼn blinde toestand storm globaal die wêreld nou oor die afgrond.
Maar in die Suide van Afrika staan ʼn kleine groep blakend gesond.
Hulle roep hardop uit: kyk, ons was heel eerste so dodelik gewond.
Maar in ons ellende sluit ons toe met ons Elohim ʼn nuwe verbond.

So roep die boodskapper: kyk, ʼn kleine loot staan op vaste grond.
Vir die nuwe vredesryk staan hulle daar so rein en blakend gesond.
As aarde se nuwe gasheer kyk hulle vir God se begenadigdes rond.
So klink daar ʼn skone nuwe lied, ja, vir hul Elohim vanuit hul mond.