.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1501 
In elke lengte en ook breedtegraad.

Donderdag 12;00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kruis en dwars in elke lengte en ook in die breedtegraad.
Daar trek die stormswermvoël- as die rykmans-pendelaar.
Terwyl lusteloos daar ewig nooit hulle onrus gaan bedaar.
Staan Mammon as die skrale troos met alles beskikbaar.
Terwyl die ydelheid baljaar- in goeie wyn, kreef en kaviaar.
Ween die rykman-siel oor ʼn voortbestaan ewig nie bewaar.

Kruis en dwars in elke lengte- en ook in die breedtegraad.
Staan deur gierige bankiers- die ekonomie so deurmekaar.
ʼn Skoot wat klap- in nog ʼn selfmoord val ʼn ontwikkelaar.
Wyl die aasvoël wag in vindingrykheid van die swendelaar.
Staan baie wêreldskuld- in rooi- heeltemal onberekenbaar.
Met konings wat wêreldoorlog as oplossing begin aanvaar.

Kruis en dwars in elke lengte- en ook in die breedtegraad.
Staan demokrasie- as flou verskoning- vir die Weste daar.
Wyl hul, 'onderdruktes' as hul verantwoordelikheid aanvaar.
Moedig hul die onmin aan en oral gaan dit so hot en haar.
So lyk dit globaal so onstabiel- en oraloor nou onrusbaar.
So klop ʼn eenwêreldorde hul op die skouer as veroweraar.

Kruis en dwars in elke lengte- en ook in die breedtegraad.
Staan bakhand wêreldwyd- die armes as net die bedelaar.
In hongersnood met meel en olie nêrens meer beskikbaar.
Met swak gesondheidsorg moet hul- minste maar aanvaar.
Terwyl ʼn onlus in hulle midde- net nooit weer gaan bedaar.
Kyk hulle hoe die rykes- steeds met die beste rondbaljaar.

Kruis en dwars en elke lengte en- ook in die breedtegraad.
Daar maak die aarde tot in haar diepste kern nou beswaar.
Ja, sy sidder en beef- in haar aardbewings nou aanmekaar.
In haar wentelbaan- maak sy haar- teen die indringer klaar.
So raak finaal haar weerpatroon nou heeltemal deurmekaar.
Met haar lawa, ook tsunamis, wat hulleself nie gaan spaar.

Maar kruis en dwars in elke lengte en ook die breedtegraad, 
Daar trek die stormswermvoël, ja, as die rykmanspendelaar.
Terwyl lusteloos daar ewig nooit so hulle onrus gaan bedaar.
Staan Mammon as skrale troos- daar- met alles beskikbaar.
Terwyl die ydelheid so baljaar in goeie wyn- kreef, ook kaviaar.
Ween die rykman-siel oor sy voortbestaan vir ewig nie bewaar.


Openbaring 1502 
ʼn Koerslose wêreldskuit.

Saterdag 30 Julie 2011 10:05 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Koersloos dobber ʼn wêreldskuit soos ʼn weggooi-stukkie kurk.
ʼn Biskop staan voor ʼn Engelse klooster en sug diep- so bedruk.
Hy gluur na die Verenigde volke wyl hy sy woede so onderdruk.
Terwyl hy sy bitter emosie jeens die valse vredevors terugsluk.
Sê hy woedend: kyk- alles het misluk, so verskriklik net misluk.
So word die kerkgemeentes op die end sonder genade verdruk.
Onder onmenslike belastings- gaan geheel ʼn mensdom gebuk.

Terwyl globaal ʼn wêreldweg so definitief- so in twee dele invurk.
Staan op die linkerbaan satan, oorwinnend daar as ʼn Basterturk.
Terwyl al die volkere gedienstig-buigend voor hom begin te hurk.
Buig hy so spottend voor God- en roep: ek- is die briljante skurk.
Die wêreld behoort aan my- ek bepaal voorspoed- of die ongeluk.
Wyl almal op die end sonder keuse my bose vrugte net sal pluk.
Val so die wêreldling nou in Hades, ja, een vir een- stuk vir stuk.
Kyk, daar uit die wynvat- pars klaar die bloed en hulle moet sluk.

Laat die dogters van die wêreldhoer weet- hulle almal het misluk.
Wee daarom elke predikant wat hulle nou so vir satan op wil ruk.
Hul het self die dobbelsteen gegooi en self oor ʼn Sheol-lot beskik.
Terwyl al die nasies nou so gedienstig- gedwee, voor satan hurk.
Begin daar die suiwer maagde uit te roep in hulle hemelse geluk.
Hul staan daar voor hulle Bruidegom so diep deur Hom beïndruk.
Met hemelskares wat luister na hulle nuwe lied- diep salig verruk.
So staan Sion daar- so suiwer van gelaat- sy word nie onderdruk.


Openbaring 1503 
Die doel van die ewige bestaan.
Sondag 31 Julie 2011 09:10
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nadat jy nou jou materiële bestaan vanaf jou aardse ontstaan deeglik deurdink 
en in oënskou geneem het om uiteindelik tot ʼn sekere mate tevrede te wees met 
die oorsaak, doel en uiteinde daarvan- wil jy nou ook van My weet hoe jy as wese, 
in vorm en doel in die geestelike realm daar uit sal sien en ook funksioneer. 

Ek antwoord jou dat jy niks meer of minder is as bloot dit wat jy as data of inligting vanaf jou oeroorspronklike ontstaan binne jou dra nie. Soos wat jy nou die beeld 
van jou aardse bestaan vanuit jou innerlike- deur ʼn uiterlike beeld na buite dra- kom daar verseker ook ʼn dag waar jy ontslae van jou uitgediende aardse liggaam, ja, net soos ʼn bevryde gevangene- jou ware beeld, bestaande uit jou ewigheidsdata as ʼn hemelse bate- vanuit jou geestelike dimensie in geestelike manifestasievorme- as geesteskommunikasie- tot erkenning vir ander wesens sal uitdra. 

Daarom is dit so belangrik om tydens jou aardse bestaan wat per slot van rekening niks anders is as ʼn toets en wat ook ʼn proeflopie is om so deur ʼn goed-ontwikkelde onderskeidingsgees tussen jou gees (waarheid) en jou liggaam (illusie – leuen) te 
kan onderskei om so behoorlik te kan identifiseer tussen die Lig en duisternis. 
Die Waarheid is daarom niks anders as Goddelike praktyk- wat dit op sy beurt met 
die Liefde klee- om so daadwerklik om te sien na alles en almal wat teenwoordig is 
in die betrokke wese se geestelike dimensie en arbeidsgrense- vir sowel die onderhouding- asook vir die positiewe ontwikkeling daarvan, terwyl hierdie volmaakte- nou met die hemel geklede wese- diensbaar raak in een van die vele dimensies van die ewige lewende koninkryk van Elohim. Terwyl daarteenoor die draers van die leuen net ʼn selfgesentreerde drogbestaan voer wat sonder enige 
vorm van diensbaarheid hulle bloot as ʼn droom illusie in ʼn ewige doodstoestand sonder enige funksie bevind. 

Moet julleself daarom nie langer identifiseer met dit waarvoor julle materiële liggaam staan nie, maar veel eerder met dit wat julle in julleself as ewige inhoud , ja, as ʼn ewige hemelskat bewaar.


Openbaring 1504 
Lig- duisternis en grys areas.
Dinsdag 2 Augustus 20:11 09:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Leser vra wat beklemtoon ʼn suiwer ras, ʼn suiwer volk, en wie die Boervolk 
en die volk Sion is. 

Ek antwoord jou: daar is lig en daar is duisternis en so is daar ʼn nag en ook ʼn dag 
en waar dit bymekaar uitkom – daar is grys-areas. So was daar oer-oorspronklik net twee suiwer DNA spirale; een lig en een donker en nadat dit in ʼn versteurde orde bymekaar uitgekom het, was daar grys areas. So was daar in ʼn prehistoriese tydvak 
ʼn pre-Adamitiese bloedlyn en daarna in ʼn meer ontwikkelde tydvak- na die Skepper 
se goeddunke en direkte wil- ook ʼn Adamitiese Goddelike bloedlyn en nadat die twee direk teen Elohim se opdrag bymekaar uitgekom het- was daar grys areas, So kan almal wat in die nag of in grys oggendlig voordat die son opkom gebore word onmoontlik met die open van hulle oë die son aanskou en so kan ook dit- wat blind 
in die dag gebore word, ook nie die son sien nie. 

Daarom sê Ek vir jou; daar is oer-oorspronklik net twee- elkeen in sy eie orde- rasegte bloedlyne en dit is swart en wit, met alles daartussenin net grys-areas. 

So is daar vanuit een sonskyndag twaalf broers gebore en vanuit hulle het weer kinders, siendes- sowel as blindes voortgekom wat oor die oppervlak van die aarde, tussen en met die grys areas, vermenigvuldig en versprei het en waarvan beide aan die einde van die tye in twee krale, ja, een vir die valse engel van lig as wêreldkudde bymekaar gemaak sal word en waar die ander baie kleiner kudde- Sion- weer Elohim se Persoonlike eiendom is. So is daar menigtes deur hulle vrye wil na die strale van 
die son geroep, maar bitter min van hulle is vir die ewige dag- waar Elohim as ewige Son oor hulle sal skyn-uitverkies.


Openbaring 1505 
Heilig Apart Enig.

Woensdag 3 Augustus 2011 12:27
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra: was of is Apartheid ʼn groot sonde wat ons volk teen Elohim en die wêreld gepleeg het en is dit die rede waarom hierdie volk so gehaat word deur die wêreld.
 
Antwoord: Die woord apart, terug vertaal in ou oorspronklike Hebreeus, beteken 
heilig, ook enig. Apart op sy beurt beteken eenkant (afgesonder) en enig is sinoniem met byvoorbeeld ʼn volk, individu of voorwerp wat enig in sy soort is. So- 'bravo!' vir 
ʼn verotte wêreld wat met sy duister agenda sy leuen, ja, sy vervalste woord -wetend 
of onwetend- ironies genoeg as 'heilig' met ander woorde onder die term apart klassifiseer en dit terwyl hulle die ware Woord; wees Heilig (Enig) soos wat julle Elohim Heilig (Apart) is- tot in die kern van die waarheid daarvan verkrag-tot die wêreldse skeldnaam,  ja, die woord apartheid. 

Daarom sê Ek: wee hulle! omdat hulle die weg van Kain bewandel het en vir 
ʼn wêreldloon hulle in dieselfde verleiding as Bileam gewerp het en waarom hulle dan ook in die groot oordeel van Elohim gaan omkom. Hulle is die skandvlekke in julle Heilige Aparte maaltye terwyl hulle vreesloos saam met julle feesvier. 
Terwyl hulle- hul so op die vervalsing van hulle eie verdraaiingsleer vetvoer, is hulle maar net waterlose wolke so deur hul eie smerige liberale winde voortgedryf terwyl hulle so op hulle ewige oordeel afstuur. 

Omdat julle die baie klein oorblyfsel uit ʼn reeds so klein volk nog enig en apart is,
ja so heilig vir julle Elohim bewaar, maak dit van julle en nie die Jodedom, soos wat 
so baie dit graag wil glo nie, die mees gehate volkie ter wêreld en daarom sê Ek aan die wat aan My behoort; bly Heilig (Apart) soos wat Ek- julle Hemelse Vader as ewige Elohim altyd ewig heilig (Apart) is.


Openbaring 1506 
Sion ween oor Jerusalem se verlies.

Donderdag 4 Augustus 2011 15:35 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die dogter van Jerusalem se goeie koraal lê bedek onder ʼn bolaag van verwerpte silwer wat Elohim nie behaag, met die room van ʼn volk wat agter dooie glans aanjaag met slegs ʼn paar voete op die weg van geregtigheid- stadig en traag. 

So omgord Sion haar met ʼn roukleed om die dood nie uit te daag- sy beween 
haar suster se gestorwe kinders; luister daarom, O’ Jerusalem, terwyl sy so 
droewig oor jou klaag- sodat God se Son van genade nie oor al jou kinders sal vervaag. 

Kyk, vanuit Skeba spruit daar niks meer wat Elohim kan behaag, ja, vanuit 
die landstreek Kus- van bo uit die Noorde tot onder in die Suide- daar trek 
die verslindende sprinkaanplaag. Dit trek met ʼn vlerkgegons onder donderende voetgangerpote en vernietig twee derdes van die verwerpte silwer-bolaag. Soos 
vuur verteer dit die laaste landerye- so staan Afrika daar- brandmaer met ʼn leë 
maag, terwyl dit in volksmoord alles uit Europa en Asië die see in wil jaag. 

Maar ʼn gees van verskrikking kom om die verswakte sprinkaanplaag uit te daag 
en so klink in die dreunings van aardbewings ʼn vreeslike geweeklaag. Met oseane 
wat donderend oor landstreke jaag kom daar in ʼn geweldige sterrereën ʼn vyand 
uit die ruimte en kom lê oor die aarde- so laag. 

Op die lippe van ʼn bose verbaasde wêreld lê daar ʼn ewig gestorwe vraag- so blaas 
die oordeelsblaasbalk met gesmelte verworpe silwer, alles vir Hades vergaar met storms wat vir ʼn Goddelike oomblik oor die ontblote goeie koraal van Jerusalem bedaar- sing dansend met tamboeryn, Sion nou daar terwyl sy haar in blydskap 
om haar suster- die dogter van Jerusalem skaar, met die oordeel wat vir ʼn kort wyle 
in respek vir Elohim bedaar- voordat die Gog en Magog hulle vir die heel laaste 
vertoning vergaar.


Openbaring 1507 
ʼn Leë verlede en hede.

Sondag 7 Augustus 2011 10:05 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn verlore wêreld- met soveel dorpe- en ook baie stede.
Sterf elke oomblik soveel mense in armoede en ook weelde.
So staan menig siele- met die hoof in skaamte na benede.
In elke hand hou hul ʼn skrale oes- met hulleself ontevrede.
Hul staan daar- met in hul linkerhand hulle smerige verlede.
Daar in hul regterhand hou hul ook ʼn minderwaardige hede.
In hulle selfregverdiging staan hulle daar- sonder enige rede.
So hoopvol bring hulle nou na die hemel ook hulle leë bede.
Terwyl hulle weet hul slaag nie die toets van die ewige lewe.

In ʼn verlore wêreld- met soveel dorpe- en ook soveel stede.
Woon ek, ook jy- is dit nou- of reeds oorlede- in die verlede.
In net ʼn leë illusie wat ons almal so hoopvol noem; die lewe.
Met leë drome- net op ons materiële hartstogte aangedrewe.
Om soos miswolke vir ewig na niks en nêrens te kan swewe.
Met nuttelose lewens ewig in ons eie duisternis opgeskrewe.
Kom so ons laaste dag- vir ewig te laat, om voor God te bewe.
Ja, ewig te laat om nou na die goeie ewige lewe te wil strewe.

In ʼn verlore wêreld, ja, met soveel dorpe en ook soveel stede.
Vergeet ʼn tydvak heeltemal sy eie verlede- en groet sy hede.
Met ʼn oordeel so vernietigend oor armoede- sowel as weelde.
Wyl ʼn mensdom steeds kniel voor eie handgemaakte beelde.
Staan grotesk ʼn bose wêreld- as leviatan- daar in al sy lede.
In ʼn illusiewêreld is daar nêrens meer te vinde ʼn bietjie vrede.
So kom die oordeel- as vier ruiters, op vier perde- daar berede.
Vanuit vier windrigtings kom daar tevergeefs soveel leë gebede.
Vir ʼn laaste oordeel, ewighede gelede reeds vir nou opgeskrewe.

Op ʼn erg vernielde aarde met soveel dorpe en ook soveel stede.
Staan ʼn kleine meisie in reinheid- haar gesig bo-aards verhewe.
In haar hand hou sy ʼn blom vir die Skepper – dit is Sion se bede.
So staan heilig haar liggaam nou daar in al haar volmaakte lede.
So klink daar nou die lied uit ʼn verre gereinigde kronieke verlede.
Wat jubelend meng- met die suiwer klanke- van die nuwe hede.
So klink daar nou die nuwe lied van ʼn nuwe duisendjarige vrede.


Openbaring 1508 
Die Sanger se Heilige lied.
Sondag 7 Augustus 2011 17:42
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn Troebadoer- Hy sing ʼn lied van soggens tot saans.
Hy bring ʼn Heilige lied van verlange van heinde en verre saam.
Met Heilige Woorde- sodat net die verseëldes dit kan verstaan.
So- huppel die melodie daarvan op vleuels van die wind saam.
Met dansend daarnaas- verterende vuur wat deur die oes gaan.
Met ʼn Maaier wat verbete- met Sy sekel die vlam vooruitgaan.
Ja, vir ʼn baie skraal oes- slegs vir ʼn enkel handvol edelgraan.
Klink daar die lied van die Troebadoer wat nou kragtig vermaan.
Ek is die Meester YaHWeHshua, ja, dit is My ewig Heilige Naam.
My eer bring Ek Sion- dit moet geheel ʼn wêreld- goed verstaan.
Ek gee dit aan geen ander- oor ʼn bose wêreld sal dit nooit gaan.

So het ou en nuwe profete met My lied gekom ook weer gegaan.
Met My blye boodskap wat in My nuwe testament oor sou gaan.
Het Ek as die volmaakte Mens so self in hulle midde kom staan.
Sodat gereinigde sondaars deur My hulle ewige lewe kon ingaan.
Om as My eie skape- My eie kudde- ewig, om My te kom staan.
Terwyl Ek al hul vyande- ʼn drogwêreld nou vir ewig kom verslaan.
Kyk, Ek breek hul kerk-ers, met My sweep sal Ek dit kom slaan.
Mammon sal Ek verslaan terwyl Ek al hul handelstafels omslaan.
Ook vir Babilon sal Ek van elke hoek, ook kant- deeglik deurgaan.
Oor geheel ʼn wye wêreld sal niks wat boos is voor My kan staan.
Sing daarom tot eer van jou Koning- O’ Sion- so lustig nou saam.
Sodat al die nasies en volke jou uitverkore lied mooi kan verstaan.
Sodat ʼn bose wêreld so kan weet hul het die toets nie deurstaan.

So kom daar ʼn Sanger Hy fluit Sy deuntjie van soggens tot saans.
Hy bring Sy lied van verlange wat net die uitverkorene kan verstaan.


Openbaring 1509 
ʼn Reuse ontploffing.

Sondag 7 Augustus 2011 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen hoor ek ʼn verskriklike slag en ek sien ʼn reuse ontploffing 
waar mense doodbrand.


Openbaring 1510 
ʼn Gesig met verskillende gebeure.

Maandag oggend 8 Augustus 2011 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig kyk ek uit oor ʼn groot oppervlakte van die see waarna die lug 
skielik deinserig en dof begin raak. Hierna sien ek ʼn groot maalkolk wat 
in die atmosfeer vorm waarna ʼn groot eienaardige pikswart voël met ʼn 
spoed deur die senter daarvan trek. 

Net hierna begin geweldige vernietigende storms wat groot skade aanrig 
losbars terwyl riviere erg afkom met oral modderstortings wat plaasvind 
waarna dit vir my voel asof ek na ʼn ander toneel verskuif waar die aarde 
onder my skielik geweldig begin ruk en beef terwyl groot klippe van ʼn 
berg afrol sien ek in die verte beboude gebiede wat onder ʼn aardbewing
deurloop. 

Net hierna bevind ek my weer bokant die see en ek sien hoedat die oppervlak 
daarvan onrusbarend begin daal net om die volgende oomblik hoog op te styg. 

Ek bevind my hierna weer op ʼn ander plek en ek hoor ʼn geweeklaag met 
stemme wat uitroep: het julle gehoor hy is dood? Met ʼn ander stem wat roep: 
wie is dood- is dit die swart dier wat uit die see opgekom het of is dit dalk 
Mammon? Waarop die eerste stem uitroep: beide is kort na mekaar vir ewig 
daarmee heen.


Openbaring 1511
Ek sien...

Dinsdag 9 Augustus 2011 12:23
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn grysvaal karnaval waar verwese wesens in ʼn  optog ronddwaal, 
met heelvoor terminale siekes met ʼn vreeslike kwaal, terwyl dokters met 
doodsklede hulle sonder mediese hulp kom haal. 

Ek sien in ʼn pikswart karnaval, oues geklee in vodde sonder ʼn pensioen 
ronddwaal, terwyl regeringshoofde hulle op klippe in plaas van brode 
onthaal, met hardvogtig daar die kerke wat hul troos om hul op die ergste 
te staal. 

Ek sien ʼn bloedrooi karnaval waar gewonde soldate in ʼn optog rondmaal, 
terwyl ʼn doodse stilte voor ʼn ontsaglike bloedvergieting neer kom daal. 
So wag daar die engel van die dood om duisende vir hom te kom haal. 

Ek sien ʼn bruinvaal karnaval waar honger wesens in die optog rondmaal, 
met ʼn sterwensklaaglied wat na nêrens heen spiraal, staan hul almal daar 
so siek en skraal terwyl hul gretig wag dat die dood hulle moet kom haal. 

Ek sien ʼn grysvaal karnaval waar massas opstandig rond in maal, met 
plakkate van ʼn wêreld se ongelukkige verhaal moet die grotes en die 
konings hulle nou teen die ergste staal. 

Ek sien ʼn siekgroen karnaval waar verskillende gelowiges verdwaal om 
kostafels van kosher en ook Halaal, terwyl ʼn verlore christendom hulle 
teen die ergste staal, staan daar die pous nou so gestroop en kaal.


Openbaring 1512 
Siel, liggaam en sintuie.
Woensdag 10 Augustus 2011 !7:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn oog wat duidelik sien maar nederig weet uit eie verdienste
word niks verdien, maar wat nogtans geen moeite ontsien om sy El 
met alles in sy wese na sy beste te dien. Ja dit is so ʼn oog wat hoop 
om God in die ewige lewe self te kan sien. 

Daar is ʼn oor wat hoor, ja, selfs die geluid van ʼn engelekoor kan hoor 
maar ongeag daarvan homself steeds in die lokstem van die wêreld
loop en verloor en daardeur is sy Verlosser verniet vir hom deurboor.

Daar is ʼn neus wat ruik, ja, wat homself verlustig in die aroma van blom 
en edelstruik, wat hom daardeur laat lok na die lewenswyn in God se 
goeie kruik en daarom weet om dit wat heilig is vir sy ewige lewe te 
gebruik. 

Daar is smaakkliere wat hulle nie deur enige smaak laat kul, sodat die 
daardeur so gul sy liggaam en siel net aan die heel beste laat smul-
wakend teen bras- om homself daardeur nie uit die hemel te verkul.

Daar is ʼn vel wat goed kan voel om te weet wat is vir sy liggaam bedoel- 
raak dit te warm- smag dit om af te koel, terwyl dit sy siel herinner aan 
sy ware aardse doel- met vermorste lewe se uiteindelike doel nou net 
bedoel vir die hel se poel. 

Deur sintuie kan die siel deur sy liggaam kies en keur- in ʼn lewe met 
spyse en smake gegeur, om soms deur omstandighede ook baie 
daarvan te ontbeur, terwyl dit so leer om deur die lewe- soet of bitter- 
na die eindbestemming voort te beur.


Openbaring 1513 
Amerika O’ Amerika.

Vrydag 12 Augustus 2011 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
New York- New York, ja, oor jou het baie hulle so verbly.
New York- New York, met woorde van ʼn lied wat weg gly.
Gaan daar van jou niks, ja, nie eers- jou murasies oorbly.
Nadat onluste ook kataklismes- jou in die aarde gaan ry.

Los Angeles- Los Angeles, ook jy staan op voete van klei.
Los Angeles- Los Angeles hoe het jy die nasies nie verlei.
So gaan daar hordes, ja in ʼn moordlus in jou strate baklei 
Dit is vir jou nou te laat- om jou op die ergste voor te berei.

Dallas O’ Dallas- hoe lank het jy nie op jou rykdomme gery.
Dallas O’ Dallas- op jou ryk- pikswart oliebaan rondgegly.
So val daar al jou rykes, ja met die mat onder hulle uitgegly.
Met jou bewoners- wat bitter saam met jou susters gaan ly.

New Orleans- New Orleans, jou perke lankal reeds oorskry.
So het jy vir jouself lankal reeds net ʼn suiwer hel voorberei.
Wyl jy in ʼn bloedkarnaval- jou bewoners- self die dood inlei.
Word daar so in jou strate tot ʼn laaste druppel bloed baklei.

Amerika O’ Amerika- al jou stede en ook dorpe gaan nou ly.
Amerika O’ Amerika met jou tyd van welvaart vir ewig verby.
Jou oordeel sit met pikswart vlerke- wyd oor jou oopgesprei.
So trek daar nou die dood en plunderaar oor jou hele kontrei.

Noord en Suid Amerika- oor jouself, het jy jou so baie verbly.
Met ʼn dooie verlede en geen toekoms waarin jy nou weggly.
Magteloos kan jy onlus, storms, ook aardbewings nie bestry.
Ja, jy kan nie Elohim- se groot oordeel- oor jou langer vermy.


Openbaring 1514 
Godverlate in ʼn valse rus.
Saterdag 13 Augustus 2011 16:45
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elohim het eens die Sabbat goedgedink- sodat die mens Hom in die rus
 daarvan kon vind. Ja, soos ʼn ewige koel wind het die Gees probeer om 
deur die salige rus die mens vir Hom te win. Maar kyk, so nutteloos lê nou 
die Sabbat in ʼn kunsmatige wêreldsondag vermink, ja, in ʼn gruweltydvak- 
daar lê die siel in sy eie nimmer-rustende materie verslind, sonder dat die 
mens die moeitevolle, liefdes arbeid, van die Goeie Gees deurdink, wat so onbaatsugtig die mens nader na sy Elohim- in ʼn ewige Sabbat wou wink. 
So raak ʼn laaste flou wêreldse poging om God in ʼn valse Sondag- in valse 
kerke te probeer vind, net nog ʼn tevergeefse gejaag na doellose wind. 

O’ Wat het die mens gedink om hulself so rusteloos tot niks te vermink, 
kyk- die Gees staan bedroef- nêrens in die valse rus is Sy Vrede of Liefde 
te vind. So nader daar nou die Godverlate toestand en die mens staan deur 
eie toedoen verwese, verstote- soos ʼn nuttelose weggooikind, in sy hand 
sy aardse skatte net nuttelose Mammons-munt. Terwyl hulle hoopvol ander wêreldkinders naderwink om oulaas op die hoeke van wêreldstrate met hulle 
nuttelose munte te kan rinkink, klink daar nou so droewig die lied van die 
sterwende wind; in ʼn Godverlate toestand is Elohim vir die wêreld- ewig 
nêrens, meer te vind.


Openbaring 1515 
Die Woord met ʼn vraag.
Maandag 15 Augustus 2011 20:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl my siel so mistroostig sy lot beklaag het die Woord tot my gekom 
met die volgende vraag; is jy, O' mensekind op die aarde geplaas om mense 
te behaag of in jou lewensdoel voor God te slaag? 

Die Woord het weer tot my gekom met nog ʼn vraag; is jy op die aarde geplaas 
om jou in verwronge nederigheid voor die mense te verlaag of is jy op die aarde geplaas om die leuen vreesloos uit te kom daag. 

Vir die derde keer het die Woord tot my gekom met weer ʼn vraag; Is jy op die 
aarde geplaas om voor ʼn gruwelwêreld laag te kom seil op jou maag- terwyl jy 
so trietsig oor hulle verkeerde keuses klaag, of is jy op die aarde geplaas om  
tot op die einde alles vir jou Elohim te kom waag. 

Weereens het die Woord tot my gekom en gevra: O' mensekind, waarom is jy
in jou antwoorde so traag- terwyl jou siel so oor die verlore toestand van die 
wêreld klaag, terwyl jy moedeloos voel dat jy nie in jou persoonlike doel hier 
op aarde slaag. Weet daarom O' mens- jy is slegs hier om vir die ryk van  
Elohim- jou alles te kom waag. Ja, jy is hier, net om HOM alleen en geen mens  
te kom behaag. 

Kyk, Ek, jou El het jou op die aarde geplaas sodat jy as kleine mens jou 
nederig voor My as My kind kan kom verlaag sodat jy daardeur My as jou  
Hemelse Vader kan behaag om daarna met die krag van ʼn gerub, satan 
en die leuen uit te daag en daarom hoef jy vir niemand, selfs nie ʼn koning, 
te kom seil op jou maag. Staan daarom geestelik op en trek reg jou skewe  
goiingrige kraag en kyk hoedat die Oordeel oral in Sy doel begin slaag. 
 
Kyk, Ek stuur vier engele, ja, vier skale- elkeen met sy eie plaag, ja, dit raak 
laat- dit is die laaste uur met die skrif al oud en vervelig geskryf teen die muur- 
daarom stuur Ek die engel van vuur en hoe lank kan die mensdom sy toorn 
verduur met woedende vlamme wat die aarde skoon kom skuur. 

Kyk- daar teen die horison sak die son in ʼn bloedrooi tint. Terwyl ʼn pikswart  
nag die laaste dag verslind, stuur Ek nou die engel van die wind en hy is 
voorwaar die mens nie goedgesind, terwyl hy woedend sy weg heen en weer 
deur enorme chaos vind, met verwoesting en dood in miljoene huishoudings vasgebind. 
 
Kyk, dit raak nog later met die Oordeel in al sy woede net al hoe kwater. 
So stuur Ek nou die engel van water. Terwyl dit in al sy vorms en elemente 
vergader- word dit in die oordeel die grootste doen- en dader. Soms skitter 
dit in afwesigheid terwyl dit miljoene ontwater met die dood wat grynslaggend 
vrolik daaroor skater. 
 
Kyk- die langwyser staan op twaalf en die mensdom kyk verskrik om hulle 
rond- so kom God soos ʼn dief in die nag- skielik en terstond. Ek stuur die 
engel van grond met ʼn aarde wat haarself oopskeur en verwond- sodat haar 
riviere nou op nuwe plekke uitmond- lê daar ook miljoene dood en gewond, 
met bittermin nog lewend en gesond. So word die eindtyd- ja, met die groot 
oordeels-wraak afgerond.
 
 
 Openbaring 1516 
ʼn Monster genaamd demokrasie.
Dinsdag 17 Augustus 2011 08:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn engel wat sing: dit is te laat om te waak
Daar is hordes armes, agterlik- armoedig, ook naak
Wat agter elke bakatel- so moedswillig wil staak.
Daar is superrykes met onversadigbare duur smaak.
Die skouers onverskillig opgetrek met niks wat traak.
ʼn Aarde besig om haar op swakplekke oop te kraak.

Daar is ʼn engel wat sing, ja dit is te laat om te waak.
Daar is ʼn draak met ʼn paddakop- gierig in sy wraak.
Die draak se naam is demokrasie wat chaos uitbraak.
ʼn Wêreldorde het ʼn monster- tot hul eie val gemaak.
Met kerke wat beterweterig oor alles hul gal wil braak.
Maar die draak stel hul as sy mondstuk aan die kaak.

Daar is ʼn engel wat sing, ja, dit is te laat om te waak.
Met ʼn monsterdemokrasie wat almal klaar kom maak.
Met die armes wat hul met ander se goed wil vermaak.
Klou die superrykes aan Mammon soos grillerige plaak.
Met die werkersklas- wat wêreldwyd- nou oral wil staak.
Staan voor ʼn verdrukking, die gemeentes dof, ook vaak.

Daar is ʼn engel wat sing; Kyk- dit raak te laat vir waak.
So laat ʼn illuminatie hulself met hul demokrasie vermaak.
ʼn Monsterdraak wat bloed oor sy skeppers uit wil braak
Met boosaardige massas wat in bloedopstande ontwaak.
Met ʼn aarde wat haar- op haar swakplek oop kom kraak.
Begin so demokrasie om die regerings nou klaar te maak.

Daar is ʼn engel wat sing: so is dit te laat om nog te waak.
In demokrasie is daar spasie- vir elke Jan Rap en sy maat.
Vanuit outokrasie roep daar na demokrasie om te ontwaak.
Daar is ʼn draak met ʼn paddakop wat boos- hardop kwaak.
Met helse- bose- geeste wat globaal oral begin te ontwaak.
Met ʼn smaak na baie bloed- ook ʼn drang- na soete wraak.


Openbaring 1517 
Eersgeborene of eersteling.
Woensdag 17 Augustus 2011 11:55

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

 Judith de Beer
ʼn Leser vra wat word bedoel waar YaHWeH sê: Al die eersgeborenes is
myne- van mens sowel as dier.

Antwoord: Hier moet duidelik gespesifiseer en daarom mooi verstaan
word dat slegs dit wat uit ʼn rasegte geslag deur ʼn maagd die eerste
lewenslig aanskou- edel genoeg geag word om as persoonlike eiendom 
van Elohim- as die veronderstelde, ja, verantwoordelike verteenwoordiger
vir die res waaruit dit gebore is te kan staan en dit is nie noodwendig altyd 
die oudste vanuit ʼn familie nie. 

Neem as voorbeeld vir Josef wat nie die oudste van sy broers was nie 
maar wel die eersgeborene vanuit sy moeder se skoot en hoedat hy op 
ʼn jong ouderdom reeds gevul met die Gees, deur drome gesien het hoedat 
nie net sy ouers nie maar ook sy broers nederig voor hom buig en net 
soos wat Israel deur hom in Egipteland beland het, is daar ook in die 
latere geskiedenis van Israel vanuit die Saksiese (Isak se seuns) volkere 
ʼn laatlam- maar ook eersteling gebore wat in die Suidpunt van Afrika as 
edelloot sou opgroei om aan die einde van die tydvak onder die direkte 
leiding van Elohim as ʼn groot deel van die liggaam van Sion oor ʼn 
duisendjarige vrederyk saam met HOM te regeer. 

Weet daarom ook dat uit die koringoes die eerste edelgerf Elohim se 
eiendom is en berei julle daarom as eerstelinge voor om skoon en 
gereinig voor Hom te kan staan en weet daar is so baie vir hierdie 
taak geroep- maar net ʼn handvol daarvan is hiervoor uitverkies.


Openbaring 1518
Na die dood- wat dan…
Sondag 21 Augustus 2011 16:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die vraag na die individu se gees na dié se onmiddellike toestand na die ligaamlike dood kom dikwels na vore met die altyd daarna vele uitspruitende verskillende sienings en die daaropvolgende antwoorde waarvan een van die meer gewilde sienings- vanuit ʼn dikwels teologiese oogpunt gesien- dat die liggaam na die 
fisiese afsterwe tesame met sy ontslape siel tot die stoftoestand waaruit die 
liggaam onstaan het sal terugkeer terwyl die gees daarvan op sy beurt terugkeer 
na die Gewer, ja, die Skepper daarvan waar dit in ʼn totale onbewuste toestand- 
wat vergelyk kan word met ʼn droomlose slaap- in ʼn nonbestaansvorm sal verkeer 
tot en met die dag van die wederkoms waar dit weer in ʼn materiële liggaam toegerus met siel en gees sal opstaan om voor die regterstoel van Elohim te verskyn. Waarna bepaal sal word of dit in ʼn ewigheid van saligheid- of oordeel sal voortbestaan. 

Maar Ek sê vir julle dat die Adam vanuit die stof van die aarde as lewende siel na die beeld van sy Elohim geskape is en daarna met Sy eie Gees tot die ewige lewe gewek 
is en soos wat die Gees van Elohim soms in Sy Heilige Sabbats Saligheid sluimer maar ewig nooit in ʼn onbewuste toestand van Homself kan slaap nie- omdat Hy ewig altyd aktief betrokke by die instandhouding en onderhouding van sy materiële sowel as geestelike skepping is- kan ook Sy Lewende Gees wat in die menslike siel inwoon 
ook ewig nooit vir watter lang of kort tydsbestek ookal in ʼn totale onaktiewe, onbewuste slaaptoestand oorgaan nie, omdat juis dit op ʼn werklike doodstoestand sou dui. Ja, net soos wat Elohim deurentyd bewustelik betrokke is by Sy totale skeppings- net so is die mens, goed of sleg, en of dit nou in die materie, siel of gees 
is, deeglik van hulself  as ʼn eenmalige aktiewe identiteit in ʼn beter of ʼn slegter geestesdimensie bewus. 

Weet daarom dat julle van voor die grondlegging van die aarde tot in lengte van dae 
by die naam deur julle Liefdevolle Vader geken word.


Openbaring 1519 
Definisie van die leuen.
Maandag oggend 22 Augustus 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl ek in ʼn gesprek met iemand is hoor ek duidelik ʼn Stem wat sê:
Die definisie van die leuen is niks anders as net ʼn onvermoë om die 
Waarheid te kan sien- dit te erken- om dit hierna volkome as ewige
geestelike bate te verstaan- om dit so tot voordeel te kan gebruik nie. 

Daarom is die leuen niks anders as net egosentries aangepaste en 
daardeur dikwels verdraaide opvattings of begrippe gebore vanuit 
meestal totale onkunde en wat deur wêreldgesinde hoogmoediges 
met boonop ʼn  gebrek aan ware geestes-intelligensie wat hulle 
waardelose illusie-leuenbegrippe tot hulle eie voordeel deur die een 
of ander vorm van dwang op ander probeer af forseer nie.


Openbaring 1520
ʼn Gedig.

Woensdag 24 Augustus 2011 12:43 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek het die volgende gedig van ʼn leser ontvang en deel dit graag 
as ʼn openbaring met ander.

Lied van die Liefde.
Dit is my eenvoudige interpretasie van die Lied…
ek weet woorde kan nooit reg daaraan laat geskied.
Lied van die Liefde, suiwer en skoon.
Waarvandaan kom dit, waar wil dit woon?
Betowerende note, op heilige toon.
Onbekend, soos ʼn skone droom.
Hier op aarde, die plek van smart.
Roepend na uitkoms, die sondaarshart.
Alles is donker, die afgrond wat tart.
Wie gaan versag, wie gaan verhard?

Kom na ons, O’ lieflike Lied.
Al is daar niks wat ons U kan bied.
Met ʼn gemoed so dikwels morbied.
Net ʼn hart vol verlange, wagtend op U Lied.
Luister, luister, na die sagte geluid.
Dit kom op die bries wat onhoorbaar daar fluit.
En land soos doudruppels sag teen die ruit.
Van die kleine venster in die hart van die Bruid.
Dis heeltyd nog die Liefde Self.
Wat skitter soos ʼn Ster aan die hemelgewelf.
Wat niemand kan sien terwyl hulle blind in geskrifte delf.
In die pad is die gordyn van die selfsugtige self.

Hoor die Lied, liefling van my.
Laat ons die deuntjie in ons harte kry.
Van nederige Liefde, wat vir jou sal ly.
En vir jou sal baklei.
Wat verklaar… jy is altyd vry.
Om in Liefde te bly.

Hemelse Lied, Lied van verlange.
Laat die trane loop oor ons wange.
Laat U water stroom oor die hange.
Van harte vry en onbevange.
Ons moet vertrou.
Van altyd tot nou.
raak Liefde nooit flou.
Dit is getrou.
Dis die Lewe in jou.
As jy in jou hart aan die wysie klou.
Raak die donker lugruim weer helderblou.
Dat ek baie van jou hou...
so klink die Lied nou vir jou.

Openbaring 1521
Wilde storms en groot aardbewings.
Woensdag 24 Augustus 2011 3:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn deinserige wentelbaan in haar sfeer so krom en skeef met 
ʼn hemelliggaam wat haar stampend en stotend daarop begeef- met 
ʼn rooi stoflaag wat die atmosfeer omgeef, terwyl alles wat daarop leef
nou verskrik sidder en beef- terwyl hulle desperaat aan ʼn miserabele 
lewe probeer vaskleef, begin oraloor wilde storms hulle met groot 
aardbewings deurweef met ʼn mensdom wat hulle nou tevergeefs 
na God en hemel probeer begeef.


Openbaring 1522
Die huwelikslied.

Woensdag 24 Augustus 2011 16:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar alle Waarheid vanuit die Oerbron ontspring.
Herrys vanuit die nuwe stad oor die ewigheid ʼn toring.
Met ʼn suiwer lig- wat al die duisternisse kom verdring.
So staan oor suiwer wit lammers ʼn nuwe skaaptoring.
So klink daar die skone lied wat Elohim Sy eer toesing.
In vier stemme, word vier strofes, uit vier liedere gesing.
Terwyl die aartsengele die Melgisedek-kroon naderbring.
Wat die spotterskroon van dorings vir ewig kom verdring.

Terwyl miljarde hemelskares, ja, nie een van hulle gering.
Die Ewige- Heilige- Aparte Naam- van hul Elohim toesing.
Staan as hofknaap Uriël- in sy hande hou hy die trouring.
Met ʼn strooijonker- Johannes as die vriend nou ingebring.
Met Henog en Abraham- wat as getuies die hulde bring.
Staan twaalf stamme in ereboog vir Elohim saamgebring.

Terwyl twaalf apostels- Hom- met hulle nuwe lied toesing.
Word op hemelmarsmusiek- nou die bruid Sion ingebring.
Terwyl ʼn Bruidegomshart vir haar in groot Liefde ontspring.
Wyl Dawid as dirigent in klimaks- musiek tot stilte dwing.
Klink as ʼn enkel tenoor, Gabriël  se lied wat alles deurdring.
Terwyl hy as ʼn brose mens- sy hart as trougeskenk bring.

Daar waar Waarheid en Liefde vanuit ʼn Oerbron ontspring.
In ʼn groot huweliksfees oor oneindige eons saamgebring.
Klink daar die lied van die uitverkorenes- vir hul EL gebring.
Ja, dit is die soete lied van Lig oor duisternis in verowering.
Daar, buite die huweliksfees- dit wat onrein is as verstoteling.
Sonder hul feesklere word hulle na ʼn ewige afgrond gebring.


Openbaring 1523 
Die maand September.

Woensdag 24 Augustus 2011 19:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met Augustus- wat nou so trietsig in September vergaan.
Met bloeisels wat daar dapper- teen kaal stamme staan.
Met soveel dooies wat tevergeefs in hul opstand vergaan.
Terwyl ʼn wind droefgeestig oor reeds vergete grafte gaan.

Met winter wat so droewig in ʼn nuwe lente moet vergaan.
Met die bloeisels wat verdor- op soveel kindergrafte staan.
Met die wêreld wat vinnig in sy agteruitgaan moet vergaan.
Met die valse wêreldhoop- wat net in ʼn leë illusie bestaan.

Met donker Augustus nou binnekort ook ewig na die maan.
Met lentebloeisels wat ʼn hoopvol oes nou ernstig vermaan.
Oor ʼn toekomshongersnood wat ʼn wêreld nie kan verstaan.
Met Mammon van ʼn resessie tot depressie so gou verslaan.

Is dit nou Augustus- wat trietsig in September moet vergaan.
In ʼn September wat groot oordeel van wit tot swart uitkraam.
Waar in wilde winde groot storms alles kom stukkend slaan.
In soveel ondergang val so tevergeefs die mensdom se traan.

Ja, dit is September wat daar dapper in haar bloeisels staan.
Terwyl die wêreld- stadig maar seker- om haar begin vergaan.
Terwyl sy dit as die vrugbare- eenmaal nie kan of wil verstaan.
Met soveel aardbewings- wat nou onrusbarend oor haar gaan.

Ja, so is dit September wat in haar bloedbloeisels daar staan.
Met ʼn Maagd wat met haar oordeel in die weegskaal vermaan.
Sy vertel van ʼn oordeel wat eenmaal oor die aarde moet gaan.
Met Elohim se groot genade- wat stadig maar seker- wegtaan.

Is dit nou September- wat met mooi- maar leë bloeisels staan.
Terwyl sy haar so broos oor haar eerste onvrugbaarheid skaam.
Om in ʼn leë godverlate vrug min vir die somer uit te kan kraam.
Met droogtes en vloede- wat hand aan hand oor die aarde gaan.


Openbaring 1524 
Vuurvonke teen die donkernag.
Vrydag 26 Augustus 2011 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar in die vuurvonke teen die donkernag se vuurgloed.
Met ʼn see van vlamme wat vernietigend oor velde spoed.
Om te verdwyn oor verre horisonne nou swart soos roet.
Daar sluip Raka versigtig in sy brandstigting nou te voet.
In sy donker denke sonder rede- moet die Christen boet.
Daar kronkel ʼn pikswart slang- wat hatig roep om bloed.

Daar in die vuurvonke teen die pikdonkernag se vuurgloed.
Hang daar in die eter- die reuk van brand se walglike soet.
So bulk daar wild die beeste- van die blanke boer se stoet.
Met hulp wat van Bo ontbreek kan die Boer dit nie verhoed.
So drup daar nou ʼn traan, ja, ʼn traan van edel Boerebloed.
ʼn Volk lê broos en week- so gebreek- nou die Boeremoed.

Daar in die vuurvonke- teen die pikdonkernag se vuurgloed.
Waar in ʼn ou verlede, Boereplase eens in vlamme sou boet.
In ʼn donker toekoms- dieselfde plase weer swart soos roet.
Met Raka wat seëvierend- die witman- tartend kom besoek.
In ʼn oorwinningsdans daar soek hy al hul eiendom en goed.
Terwyl ʼn einde van Afrika se toekoms nou na nêrens spoed.

Ja, daar in die vuurvonk teen die pikdonkernag se vuurgloed.
Waar die liberalis in hulle selfmoord steeds niks wil vermoed.
Wyl hulle soos die swyn- in drek rondvroetel met hulle snoet.
Daar staan twee derdes so in swart geklee in ʼn donker stoet.
Met die doodsengel wat hulle so gul en hartlik, ja, kom groet.
Terwyl hul so vir hulle sondes teen die hemele nou moet boet.

Breek daar nou in die nuwe skemeroggend- die helder gloed.
Terwyl ʼn oordeelsengel- Sion se vervolgers persoonlik besoek.
Met alle groot en klein riviere van Suid-Afrika nou in volle vloed.
Vloei daar oor geheel die wêreld in ʼn oorlog nou so baie bloed.
Terwyl globaal dit alles vinnig na sy finale einde begin te spoed.
Skiet daar vuurvonke- in die pikdonkernag- se helder vuurgloed.


Openbaring 1525
ʼn Bitter beker van gal.
Sondag 28 Augustus 2011   
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So soet soos heuning, ja, maar so bitter soos gal.
ʼn Walglike kerk niks anders as ʼn politieke speelbal.
So staan satan in ʼn jong diktator se persoonlike stal.
Met die hardnekkige liberaliste verlore in hulle eie val.
Raak ʼn pad na die einde so onherbergsaam en smal.
Met die op die weg van die verlorenheid so sonder tal.

So soet soos heuning, ja maar ook so bitter soos gal.
Staan daar lande- nou op die afgrond van hulle eie val.
Vanuit die hel klink daar die onrusbarende harde knal.
Met oral oor massas- histeries, onbeheerbaar en mal.
Met oral die wêreldstrukture wat  nou uitmekaar uit val.
So raak dit te laat vir offensief- van ʼn verdedigingswal.

So soet soos heuning, ja, maar ook so bitter soos gal.
Raak geheel ʼn wêreld so net ʼn bloedige doderyk dal.
Met soet reuk van ontbinding, ja, goor- oraloor en pal.
Roep die oorlogsugtiges- ons wil- ons kan- en ook sal.
Met die masjiengewere se klank wat oraloor nou knal.
Is dit meestal die liberalis wat oral nou so grusaam val.

So soet soos heuning, ja, maar ook so bitter soos gal.
Moet regerings hou wat hulle het- voordat hulle ook val.
In lande met strukture oral in hulle onherstelbare verval.
Staan massas mekaar nou teen- oneindig in hulle getal.
Met daar heelvoor die kerke niks anders as politieke bal.
Drink die gemeentes so bitter aan hulle eie beker van gal.


Openbaring 1526 
ʼn Gesig oor vier wesens.
Maandag 29 Augustus 2011
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek vier wesens wat rug teen rug met hulle gesigte na
die vier windrigtings staan- waarna hulle soos een man goue trompette
lig waarna elk onderskeidelik na die Ooste, Weste, Noorde en Suide
blaas- om hierna weer soos een man hulle trompette vertikaal na bo te
lig om nou oorwinnend na die hemel te blaas, om net hierna voor hulle
uit te kyk om weer ʼn keer te blaas. Waarna elkeen van die wesens vier
tree na vore loop terwyl hulle gang die vorm van ʼn goue kruis agterlaat 
waarna hulle tot stilstand kom om nog ʼn keer te blaas.

Hierna sien ek ʼn goue arend vanuit die hemel reg in hulle midde neerdaal 
terwyl vier skale vanuit die hemelruim elk na een van die engele neerdaal 
Skielik verdonker die lug met oral skrikwekkende donderslae en weerligstrale 
terwyl die aarde woes begin skud en skommel.


Openbaring 1527 
Vir Sion in onlus en chaos.
Woensdag oggend 31 Augustus 2011
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl onlus en chaos die wêreld nou oral binnevaar.
Spreek jy, O’ Sion, nou so tot jou hart en sê aan haar.
Laat jy
, hart van bewingsvrees, jou in stilte nou bewaar.
Terwyl jy jou nou dapper- vir jou naastes gaan bewaar.
Sodat jy in volle wapenuitrusting- by jou El kan skaar.
Sodat jy as Godsgetuie- na die oordeel om jou staar
Met die dood, ook verwoesting daar oral waar jy staan.
Terwyl die angs oorverdowende klop in hart en elke aar.

Met soveel onlus en geweld wat nou net nie wil bedaar.
In soveel chaos, ja, gaan dit wêreldwyd oral baie swaar.
In hierdie tyd van ellende- in die ewigheid ongeëwenaar.
Trek daar die vlugtelinge van plek tot plek as pendelaar.
Weet, O’ Sion, in die tyd word jy as ʼn getuie uitgespaar.
Met pes en hongersnood globaal nou oral-oor te gewaar.
Terwyl regerings so desperaat hulle laaste graan opgaar.
Met bedelaars wat smekend bedel by ʼn ander bedelaar.
Staan verspoel maar ook verdor- so daar ʼn leë koringaar.
Terwyl ʼn ou vier duisendjarige tydvak so in dit self verjaar.

Terwyl die onheil en chaos- die wêreld nou oral binnevaar.
Met vuur, vloede, aardbewing en tsunamis nie te verklaar.
Met die oorlogsdreunings- wat wêreldwyd ook nie bedaar.
Spreek, O’ Sion nou tot jou bewende hart- en sê aan haar.
Laat O’ Hart van vrees, jou in Elohim se stilte nou bewaar.
Weet- in ʼn oordeelstyd gaan dit oor die aarde baie swaar.
Terwyl jou Elohim jou in ondenkbaar groot gevaar uitspaar.


Openbaring 1528 
Die ego van die eie ek.
Vrydag 2 September 2011 11:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ my Abba, ja, my El, so kom my dag van selfondersoek en ek voel 
nie wel en ek weet wat het die prediker van ouds so diep gekwel- terwyl 
ek in die vele duister hoekies van my eie ek ronddwel. So vind ek geheel
my bestaan as net ʼn kwaal met die ego van my eie ek daarin verdwaal,
terwyl satan oor my vele val- so luidrugtig daaroor smaal staan ek voor 
U, O’ Vader so armsalig, ja, so gestroop en kaal. Ja, 
ék die kranke- so 
klein- gering, maar ek vind U is my Genesing en Liefdesgenade na my 
so ruim gebring en daaroor wil my siel U ewig groot lof toesing terwyl 
ek U met geheel my hart bemin. 

Maar in my selfondersoek het ek in die selfsug van my ego ook diepe 
haat gevind wat my siel onwetend tot geen groei sou bind- terwyl die 
dood daardeur my geestestoekoms wou verslind, maar gelukkig het ek 
ook gevind dat U- U in U groot vergewing ook in my bevind en ek daardeur 
ook my weg na U as U kind steeds kan vind. So het ek in die selfondersoek 
van my ego, my in my eie hoogmoed vasgeloop en daar sit ek toe van 
opregte naasteliefde heeltemal gestroop sonder ʼn hemel toekoms, ja, 
ʼn toekoms sonder hoop, waar my siel haar so verbouereerd na U toe 
noop en ek vind- U self het U aan die nederigheid uitverkoop om my 
so tot ʼn ewige lewe in U Liefdesbloed te doop. 

O’ my Abba, ja, my El, so kom my dag van selfondersoek en ek voel 
daaroor nie te wel en ek weet wat het die skrywer van Klaagliedere so 
gekwel- daarom reageer ek op die aanklag van my gees nou as bevel 
en oor my vele foute begin ek my nou diep te kwel. Ek vind in my 
ongeduld maak ek my eie foute ander se skuld en spoedig voel ek my 
onbemind en so ongewild- daarom raak my pad na U nou ʼn sware bult, 
maar weer vind ek U, ja, in Deemoed, wat soos ʼn lasdier dra aan al my 
sware skuld. 

So het ek myself in die leë barheid van my ego- as net illusie en leuen 
gevind- maar hiervoor het U klaar weer gekompenseer as Waarheid 
en gee my so toe oor myself die nodige klaarheid en ek vind in U lig- 
U toegewyde Gees van Onderskeid en ek weet in U groot genade 
is U deurentyd bereid om U as my Leidsman, ja, my te lei op my 
ewigheidsweg na U berei.


Openbaring 1529 
ʼn Gesig oor oorlogtuig.

Maandag 5 September 2011 oggend ure 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek vanuit die lug heelwat eienaardige kewers 
wat in netjiese rye maar in stofwolkies agter mekaar aankruie. 
Skielik vergroot die gesig en ek sien dit is oorlogtuig wat 
onverbiddelik in ʼn stofstorm voort beweeg.


Openbaring1530 
Laat Elohim jou leer.
Maandag 5 September 2011 08:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Daar is net een Elohim- Almagtig is Sy oorkoepelende Sfeer.
Met al die skeppings, heelalle en ewighede, onder Sy beheer.
Wyl Hy die grootste liggaam tot die kleinste atoom kontroleer.
Onderhou Hy dit alles, ja, onder Sy enige, opregte- liefdesleer.
Terwyl Hy vanuit die laagste- tot die hoogste hemele triomfeer.

Al poog die Satan- om Hom deur die leuen en illusie te kopieer.
Is daar geen mag vanuit geen realm wat Hom ooit kan beheer.
So is daar ook niemand- wat hul teen Sy oordeel kan verweer.
Ja, ook is daar geen tong- wat Hom in Sy Almag kan besweer.
Met versteurde ordes wat hulle weer na Sy wil moet uitsorteer.

So het God eens as man op aarde in ʼn Liefdesleer getriomfeer.
Waar tempeldienaars as opregte duiwels- Hom sou terroriseer.
Ja, Hom beskuldig het- dat Hy deur Beëlsebul se mag opereer.
Wyl hel-demone in erkenning Hom as die Seun van God sou eer.

Die duiwels van Gadara werp hul onderdanig by Sy voete neer.
Terwyl hul Hom smeek- om hul nie na die hel terug te laat keer.
Laat Hy hulle lankmoedig toe om hulle in ʼn trop varke in te keer.
Waarna hulle- hul nou so in ʼn eiesoortige ondergang uitsorteer.

Maar die bose tempeldienaars- kon uit hierdie les niks nie leer.
Maar as deurtrapte duiwels- het hulle Hom- na die kruis gekeer.
Om Hom daar wreed- onder die ergste geselhoue te verkleineer.
Laat daarom My dienare van hierdie tyd iets positief daaruit leer.

Werp daarom onder Migael se wysheidswaard ware boses neer.
Waar hul in die kerk as valse engele van lig almal in binding leer.
Om so oor wêreld populasies- deur ʼn leuen- in binding te triomfeer.
Maar met een, twee of drie wat werklik daarvoor kan kompenseer.

Om vanuit die lug van Migael-sfeer so oor die bindings te triomfeer.
Is daar net een Elohim, ja so Almagtig in Sy oorkoepelende Sfeer.
Met al die skeppings, heelalle en ewighede onder Sy groot beheer.
Daarom sal slegs Sy Almag so vir ewig oor alles en almal triomfeer.


Openbaring 1531 
Van hier na waar…
Dinsdagnag 6 September 2011
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Van hier na waar, ja, van oral oor ook ver vandaan.
Terwyl niemand meer- hulle kom en gaan verstaan.
Wat, O’ God, is nog die nut van ʼn mens se bestaan.
Wyl alles net in ʼn duisternis- van die dood vergaan.
Niemand meer die doel van hulle lewe kan verstaan.

Van hier na daar- van alles so oneindig ver vandaan.
Wyl nuwe lewe ontstaan met oues wat weer vergaan. 
Met die aarde wat vinnig onder misbruik agteruitgaan.
Terwyl vandag se vriende mekaar more hatig verslaan.
Met soveel politieke onmin- wat wêreldwyd ontstaan.
 
Van hier na waar, ja van oral oor ook so ver vandaan.
Waar soveel lewe kom om maar net weer te vergaan.
Wyl soveel siele hoopvol hoop- op net ʼn nonbestaan.
Met die mense wat alles so om hulle stukkend slaan.
Staan die mensdom daar met hulle oë so nat betraan.

Van hier na daar, ja met alles so oneindig ver vandaan. 
Met volkere wat hulle kom en gaan- nie meer verstaan
Terwyl hulle met Mammon saam steeds planne beraam.
Gaan ʼn wêreld binnekort in groot hongersnood vergaan.
Terwyl die laaste uur- oor die Godverlate toestand slaan.

Van hier na waar, ja van oral oor- ook baie ver vandaan.
Word die Vaalperd ook nou- met nuwe hoewe beslaan. 
Om in ʼn donker- duister gang oor ʼn aarde te kan gaan.
Met die dood wat aggressief so na alles om hom slaan.
Poog die konings om steeds daar as vernaam te staan.
 
Van hier na daar, ja, van alles so oneindig ver vandaan.
Terwyl die ondergang sy planne vir Suid- Afrika beraam.
Met soveel oë wat nou gierig oor sy grondstowwe gaan.
Word ʼn kapmes met aggressie- diep in ʼn volk geslaan.
Met soveel hoop- wat nou in dowwe liberale oë wegtaan.

Van hier na daar, ja, van alles- so oneindig ver vandaan.
Met ʼn aarde wat in groot aardbewing nou gaan vergaan.
Terwyl soveel wrede storms alles om dit stukkend slaan.
Met ʼn donker pes wat so dodelik oor ʼn mensdom gaan.
Wyl soveel siele, ja, hoopvol hoop op net ʼn nonbestaan.


Openbaring 1532 
En so buig die mensdom neer.
Woensdag 7 September 2011 04:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Met die skares wat luidrugtig- in oorwinnings triomfeer.
Met uitsoek sportmanne so kieskeurig hiervoor gekeur.
Om hulle oorwinnend op sportvelde selfs te kan beseer.
Sodat die skares hul so uitbundig daarvoor ook kan eer.
Met ʼn wêreldorde wat massas as outomate nou beheer.
Kom buig die geesdriftiges- hul nou voor hul ikone neer.

Met ʼn mensdom wat nou vry- oor elke gruwel fantaseer.
Terwyl hulle elke sonde- nou as aanvaarbaar uitprobeer.
Met mans wat in geslagsverandering hulle selfs kastreer.
Deur verbastering, ja, verkondig hul ook die Bileamsleer.
Sodat die mense- onder Elohim se oordeel gaan krepeer.
Ja, so kom buig hierdies hulle voor hulle eie gruwels neer.

Met dié oorlogsugtig, wat deur baie bloed net wil triomfeer.
Om so deur roem en magsug baie gebiede te kan beheer.
Terwyl hulle vyande oor soveel verslane lyke moet retireer.
Begin wêreldwyd soldate- om globaal- almal te terroriseer.
So kom buig die wêreld hulle voor die god van oorlog neer.

Met gemeentes wat die pous nou so respekvol- eervol eer.
Om hulle self- deur ʼn wêreldraad van kerke te laat beheer.
Terwyl hulle, ja, so slaafs, hul deur die groot leuen laat leer.
Met die Waarheid wat hul nie- van ʼn gewisse val kan keer
Roep hulle tevergeefs in ʼn groot verdrukking- Heer O’ Heer.
So buig die gemeentes hulle- nou voor hul eie beelde neer.

Met die mense wat vra om goud en geld- net meer en meer.
Terwyl hulle- hulle siel deur die vraag na materie nou onteer.
Sien hulle op alles so suiwer nederig, ja, ook Goddelik neer.
Terwyl hul weet dat hul deur hul eie gierigheid gaan krepeer.
Moet hul so deur oordeel nou gaan leer om baie te ontbeer
En so buig die mensdom hulle kruiperig voor Mammon neer.


Openbaring 1533 
ʼn Erge aardbewing.
Woensdag 7 September 2011 05:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn geesteservaring voel ek ʼn erge vibrasie en sien ʼn aardbewing
wat verwoesting veroorsaak.


Openbaring 1534 
Alsem.
Woensdag 7 September 2011 15:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit die middelpunt van digte donker-energie daar gaan ʼn son
kortstondig vanuit sy eie swaartekrag verskiet sodat die Rooi draak 
met ʼn sigbare plofkop deur die ruimte kan skiet, om daarna in ʼn rooi 
gloed skouspelagtig deur die hemelruim soos ʼn koeël oor ʼn baie groot
gebied te kan verskiet. Maar kort voor lank verdwyn die kop weer in sy
eie donker energie terwyl die aggressiewe stert teen alles sy groot
weerstand bied- terwyl dit alles in sy nabyheid, in sy magnetiese veld
in ontbied. 

So klink daar kort voor lank in Elohim se tydtafel nou Alsem se baie bitter 
lied, ja, vanuit sy stert kom daar ʼn dodelike giftige meteoriet wat deur ʼn 
inmenging in twee dele in gaan verskiet, om daarna in die see en ook op 
land sy uitermatige groot skade aan te bied. 

So kom daar dae en die konings en die grotes kruip in gate rond soos 
kokkerotte en die termiet- maar kyk teen Alsems krag is dit alles puur 
verniet. Ja, vanuit die middelpunt van onsienlike en ontasbare donker 
energie- daar druk atome mekaar plat in die krag van hulle eie niet 
en so verskyn daar uit hierdie krag ʼn rooi lig wat deur die ruimte skiet- 
met die mens wat in hierdie tydvak niks meer van hulle hande arbeid 
gaan kan geniet. 

So is dit nou een van 'Niburus kinders', ja, Alsem wat almal in sy pad 
kom hiet en ook gebied.


Openbaring 1535 
Versnel so self die pas.

Saterdag 10 September 2011 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So raak die tyd uitgeloop en baie gaan hulle ewige toekoms moet verpas en so 
kyk Elohim nou teen ʼn gruwelmensdom vas terwyl Hy na Sy verseëldes roep 
en sê: Kyk My kind, vir jou gryp ek die laaste kosbaar tyd nou stewig vas, sodat 
jy nie saam met ʼn bose wêreld vir ewig na die hel toe moet verkas. 

Ja, daar waar almal nou onder ʼn gruwelreënboog so feesvier, fuif en ook bras- 
terwyl hulle hul so trots onder satanswerke as aanvaarbaar klas met hul spraak 
in Godslastering nou so kru en uiters kras, terwyl hulle soos in die tyd van Sodom 
en Gomorra mekaar in wellus oral oor betas- om in ʼn gruwel-wêreldkarnaval onder skouspelagtige vuurwerke hul ewige salige hemeldimensie te verpas. 

So kyk Elohim af, op ʼn baie bose sondige wêreldras en Hy vra Sy uitverkorenes 
die volgende af; waarom O’ My kinders, bid julle dat Ek julle soos ʼn dief in die nag moet kom verras- terwyl julle wenend sê: O’ Vader wat in die hemel woon, in hierdie wêreld waar ons nie meer inpas- terwyl ons so swaar gebukkend gaan onder ʼn gruwel-wêreldras, raak ons lewe en ons toekoms nou net ʼn onoorkombare sware 
las en ons vrees om binnekort soos die blindes van die wêreld in die duisternis rond 
te tas en dit terwyl julle weet om julle nooit onder dieselfde orde as die wêreldling te klas- verlang julle juis daarom so desperaat dat hierdie tydvak moet vergaan in die oordeel van sy eie as. 

En so kyk Elohim vanuit Sy Aparte heiligdom, oënskynlik, geduldig teen al die bose werke van ʼn gruwelmensdom vas, terwyl Hy troostend aan Sy Sion sê: Kyk- net vir 
jou gryp ek steeds die kosbaar kortstondig tyd nou stewig vas sodat jy jou in 
nederige verootmoediging vir My deeglik skoon kan was, sodat Ek jou as eindtyd-getuie deur die strafste geestelike ontwikkeling vir die nuwe geestelike dimensies 
kan klas, Sodat selfs die hoogste gerubs- oor die eindresultate hiervan sal staan- uiters hoogs verras. 

Weet daarom O’ eindtyd-uitverkorenes, terwyl julle so hartstogtelik wens dat Ek 
julle soos ʼn dief in die nag met My wederkoms moet kom verras, ja, weet- die 
heeltyd woon Ek alreeds as Eregas daar in die tempel van julle eie hart en so is 
Ek ook as jul wegwyser die heeltyd daar as julle persoonlike Kompas. 

So- gryp My daarom in jou liefde met geweld teen jou eie boesem vas en versnel 
so self die resultaat van die eindtyd pas.


Openbaring 1536 
ʼn Visioen oor ʼn boom.
Sondag 11 September 2011 oggend ure

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen kom sê iemand my dat ʼn jongman ʼn ou enorme reuse droë boom gaan afsaag en dit ontstel my om die een of ander onverklaarbare rede so erg dat ek verbouereerd rondhardloop om die persoon te se soek om dit te stop- net om op die toneel af te kom waar die boom op een droë tak na met ʼn groot geraas neerstort terwyl ek steeds desperaat na die jongman soek om hom te keer om die oorblyfsel van die boom ook te vernietig maar ek word verhoed om hom te vind.


Openbaring 1537 
ʼn Gesig oor toordokters.
Sondagnag 11 September 2011

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig beweeg daar ʼn skuitjie op die oseaan naby Suid-Afrika-waarna dit in ʼn riviermond by Oos-Londen inbeweeg om teen ʼn oewer vas te spoel. Hierna spring 
ses versteekte toordokters daaruit waarvan almal met oorlogsverf besmeer is en 
begin om in die een of ander donker ritueel ses beesvelsakkies vol dolosbene op 
die land uit te gooi- om net hierna in ʼn wilde bloeddorstige dans oor te gaan.


Openbaring 1538 
Hoe ver gevorder is die eindtyd.
Woensdag 14 September 2011 13:24 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra hoe ver gevorder die eindtyd is en hoe ver ons volk- in veral sy geestelike verval al daarmee heen is en ook wat die langtermyn oorlewingsmoontlikhede- vir 
ons as ʼn unieke volk inhou en indien ons dit sou oorleef of ons weer op die een of ander politieke basis sal voortbestaan en Ek antwoord jou: Op slegs die uitverkore verseëldes na is die grootse gedeelte van julle volkie deur sy eie liberale, ja, sogenaamde verligte keuses, reeds oor die ewige afgrond van hul eie geestelike duisternis neergewerp en is daarom reeds so besig om in die ewigheid van onkunde na nêrens heen te stort met geen opsie of enige kans, op ʼn verganklik- materiële, of ewig- geestelike oorlewing nie. Hierdie verlore toestand word dan ook onomwonde 
die eiegeskepte, ja, heltoestand genoem. 

Wat die tydsbestek van die stand van die eindtyd aanbetref is dit alles alreeds so 
ver gevorder dat toeskouers vanuit die geestelike realm hul asem in afwagting 
ophou op die oorverdowende slag wat moet volg op die finale ineenstorting van ʼn reeds kunsmatige, ja, ʼn aan die lewendhouende Mammon- wat meteens en skielik 
op die een of ander reuse kataklisme sal volg en wat die reeds verswakte wêreldkosproduksie in ʼn katastrofiese hongersnood sal verander- terwyl pes- en siekte-toestande soos veldbrande oor die wêreld sal versprei, terwyl ineengestorte infrastrukture van bykans geen nut meer sal wees nie en dit terwyl ʼn bykans totaal versteurde mensdom heeltemal handuit sal ruk. 

Hierna sal die oorblyfsel van die bestaande nuwe wêreldorde weer beheer oor die mensdom- deur die merk van die dier probeer verkry, waarna die totale oorblyfsel vanuit Homosapiens in twee groepe sal verdeel, ja, die groot meerderheid sal nou openlik vir satan staan terwyl die ander, baie kleiner groepie- tot op die einde vir 
hulle Elohim sal staan en waarna slegs die verseëldes as die erfgename vir die vredestydperk dit sal oorleef. 

Wat die vraag oor die blanke bevolking hier aan die Suidpunt van Afrika aanbetref 
sal daar wel altyd die wees wat deur die een of ander politieke maneuver ʼn poging 
sal probeer aanwend vir die een of ander voorspoed of oorlewing en net soos tans 
in Libië- sal ook die blankes weer net soos in hulle verlede- as pionstukke misbruik word tot voordeel van ʼn wêreldorde en wee elkeen wat hul tot hul oënskynlike oorlewingsvoordeel deur hierdie wêreldstrukture laat misbruik omdat nie een van hierdies, ja, net soos die Israeliete van ouds, Kanaän- in hierdie geval die duisendjarige vrederyk, sal aanskou nie. 

Weet daarom dat die tyd reeds baie ver gevorder in sy val is en dat daar ʼn 
verskriklike tyd soos wat daar nog nooit was en weer sal wees nie op elkeen 
wag, waar die natuurwet- ‘elkeen vir homself’- aan die orde van die dag sal wees.


Openbaring 1539
 
Innerlike geestelike ontwaking.
Donderdag 15 September 2011 15:27 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Iemand vra hoe weet- of waaraan meet mens die stand van jou innerlike geestelike ontwaking en groei en hoe weet mens en wat laat jou vermoed dat jy moontlik een 
van die baie gelukkige verseëlde uitverkorenes kan wees.

Antwoord: 
Een van seker die mees onfeilbare maatstawwe waaraan iemand sy/haar 
definitiewe innerlike geestestoestand en groei aan kan meet is wanneer 
daar ʼn spontane geestelike weerstand plaasvind wanneer iemand ongevraag blootgestel en gebombardeer word deur selfaangestelde geestelike bewakers 
en predikers wat deur hulle dikwels aangepaste, ja ook geykte bybelverse- 
kwansuis goedbedoelde prekies en sedelesse- wat ironies genoeg- selde deur 
hierdie verspreiders van hulle leer self onderhou word en waarvan meestal 
hiervan dan ook die volgende kosbare lewenslesse dikwels tot niks afwater 
en wat bykans altyd ook die volgende lesse insluit en dit is om die 'naastes' 
wat dan ook altyd sonder uitsondering alles en almal insluit- net soos jouself 
lief te hê en daarom in alles wat vir jou heilig is te akkommodeer terwyl die 
verskillende lewenswaardes van al die biljoene mense op aarde meestal 
hemelsbreed in sienswyses van mekaar verskil. 

So moet jy ook terselfdertyd altyd die wang in die grootse beskeidenheid en nederigheid na jou vyand draai om elke moontlike loesing- komende vanuit 
al die boosheid wat daar in jou vyand heers- te absorbeer terwyl jy alles en 
almal- hoe boos of verkeerd hulle werke ookal is- onvoorwaardelik (so asof 
die mens oor die vergewingsoutoriteit van God beskik) hulle hul oortredings 
te vergewe en dit terwyl van die verseëldes, ja, wat soms so hard poog om
geen bose agenda in hulle rond te dra nie, tog net nooit aan ander moet doen 
wat hulle nie aan hulself gedoen wil hê nie. Meer as dikwels word al hierdie bogenoemde wette deur die bogenoemde predikers verkondig as die uitsluitlike wilsbesluit van Elohim. 

Maar gelukkig ondervind die persoon met ʼn meer ontwikkelde innerlike geestelike toestand ʼn spontane weerstand teen hierdie tipe van ongevraagde- gedwonge lewenslesse en ook leerstellings wat meestal afkomstig is vanuit- ironies genoeg- onderontwikkelde en ook valse bronne. Maar omdat die Liefdeswette van Elohim reeds op die tafels van Sy opregtes se harte neergeskryf is- is dit vir hulle daarom spontaan moontlik om met behulp van hulle Goeie Hemelse Vader se Wysheid wat onbeperk verkrygbaar is in die skatkamers van hul eie harte en wat met behulp van 
Sy Goeie Onderskeidingsgees altyd tot akkurate opsommings kom om daarna 
vanuit die opregte liefde van hulle harte die regte besluite te neem om daarna slegs daarvolgens te handel. 

Ja, die meeste mense erken hulle eie geestelike ontwikkeling wanneer geen 
menslike leerstelling hulle vrye wil in hul gevestigde geloofsdenke deur die 
een of ander emosionele opsweping of geestelike afpersing kan omverwerp 
nie. Ja, wanneer die mens onwrikbaar weet dat slegs Elohim se Goeie Gees 
hul in opregte Waarheid en Liefde kan lei sodat hulle daardeur nou hul vrye 
wil gretig aan dié van Elohim se Goeie wil onderwerp om so daardeur altyd 
net die regte keuses en besluite te kan maak. Net so sal die mens ook 
onwrikbaar weet- dat hy/sy- deur die genade van Elohim se alles omvattende Wysheidsgees- tot diensbaarheid in Elohim vir die naaste tot ewige saligheid 
verseël is. 

Daarom sal ʼn begrip of lewensles soos byvoorbeeld geneem vanuit die gebed 
en wat gerig is aan Onse Vader wat in die hemel woon en waar daar onder 
andere verwys word na vergewe ons ons skulde- net soos wat ons die wat aan 
ons verskuldig is hulle hul oortredinge teenoor ons vergewe, ja, so sal die volle betekenis en openbaring van die woorde daarvan in ons gees tot wasdom 
ontwaak en ons sal weet dat volle vergifnis slegs kan spruit uit ʼn vrye wil 
wat opreg vanuit die liefde wil vergewe en nie vanuit ʼn wet wat onder dwang 
voorskryf; jy MOET alles en almal altyd voor die voet vergewe nie en weet 
daarom ook dat julle Hemelse Vader julle jul oortredinge vergewe- omdat Hy 
julle dit in Sy oorgroot Liefde vir julle dit wil vergewe- en nie omdat Hy daartoe 
deur ʼn spesifieke voorskrif verplig is nie.


Openbaring 1540 
Wanneer Liefde maar ook Oordeel kom.
Sondag 18 September 2011 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wanneer Elohim se Liefde in volheid na ons gaan kom.
Wanneer die duister nag- in die oggendstond oopblom.
Wanneer slegs die Waarheid staan as ewige slotsom.
Wanneer die leeu nie meer langer vir sy prooi sal grom.
Wanneer satan nie meer staan as engel van lig vermom.

Wanneer Lig ewig om die aarde gaan skyn- reg rondom.
Wanneer die Seun van die mens, ja, weer na Syne kom-
vou die aarde oop en sluk al die bose stede in van beton.
Wanneer Elohim as die Oordeel in die eindtyd gaan kom.
Klink daar globaal nou wanhopig- Lucifer se laaste grom.

Wanneer die strale van ʼn skroeiende son so wreed kom.
Ja, wanneer Elohim se strale van oordeel neer gaan kom.
Staan heilige hemelskares- van die bataljon tot eskadron.
Wanneer volke en nasies benoud uitroep: O’ God waarom.
Kom daar so ontelbaar menigtes in hulle eie boosheid om.

Wanneer die Meester op die wolke van julle eie harte kom.
Wanneer ʼn klein oorblyfsel gaan staan as dapper Gideon.
Roep ʼn Boervolk oor sy geloof nie meer skaam uit- pardon
Wanneer ʼn eerste atoombom oor die aarde oop gaan blom.
Sluit die kontrak van die wagters eens op die berg Hermon.

Wanneer die einde van ʼn tydvak vêr staan in sy ouderdom.
Wanneer globaal die mensdom staan, ja so moeg en krom.
Staan die kerke met hulle uitgediende leuens stom en dom.
Wanneer daar so onheilspellend oral klink- die Afrika-drom.
Begin ook al die swart rasse bloeddorstig vir mekaar te grom.

Maar wanneer Elohim in Liefde na sy uitverkorenes toe kom.
Wanneer bruid en Gees uitroep laat die dorstiges naderkom.
Wanneer Elohim oor die aarde sal skyn as die enigste Son.
Daar roep die Seun van die mens Syne toe: KYK, EK KOM.
Nie as losbandige warrelwind maar in Koel Bries sal Ek kom.


Openbaring 1541 
ʼn Maer koei.
Dinsdag 20 September 2011 10:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien ʼn blink, ja, moddervet koei wat in ʼn groen weiveld daar staan en terwyl 
die sappige gras om haar in ʼn dor- vaalbruin veld vergaan, sit daar onder haar 
die maerste swartman wat nog ooit sou bestaan wat haar melk en melk terwyl 
daar eers net suiwer room vanuit haar spene gaan, terwyl dit stelselmatig in 
flou melk en daarna net in water begin oorgaan, begin die uitgeteerde man nou 
self kortstondig soos die blinkvet koei spekvet daar staan- terwyl elke denkbare parasiet nou vraatsugtig op die koei toeslaan- terwyl sy tevergeefs- wanhopig, 
met haar stert om haar rond slaan, begin sy van haar goeie toestand tot ʼn ou brandsiek koei weg te taan- met ook die man naas haar wat ook nou self vinnig 
tot ʼn geraamte vergaan. 

So begin die koei op haar bene wankel en omkantel om onverwags morsdood 
neer te slaan- terwyl elke bloedsuiende en inwendige parasiet onwillekeurig 
saam met haar vergaan. 

Terwyl ek die volle impak van hierdie gesig nie baie mooi kan verstaan-sien ek in 
ʼn tweede gesig ʼn verskalfie wat daar eenkant -versteek- wegstaan, met daarna ʼn 
vars reënbui wat oor die dorre grasveld gaan- sodat al die velde weer grasgroen 
vir die kalfie daar kan staan en terwyl ek hierdie gesig nou helder verstaan, vra ek: 
O’ Vader hoeveel gaan daar werklik vanuit ons volkie voortbestaan en ek hoor 
Sy Stem soos ʼn Koel Bries wat voor ʼn reënbui uitgaan en Hy antwoord: net soos 
wat die son daar in die Weste ondergaan- sal daar slegs ʼn skrale handvol uit hul midde- vir My nuwe ryk bly voortbestaan.


Openbaring 1542 
Suiwer land O’ basterland.

Dinsdag 20 September 2011 14:44 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar was eens ʼn bewerkte land- eteries skoon en broos.
In ʼn vars oggendstond skyn die son daaroor, ja van Oos.
Met ʼn edel oes wat glansend staan- as Elohim se kroos.
Terwyl hulle net soos die ondergaande son rooi kan bloos.
Met ʼn aarde wat haar toekoms in hul bestaan wou troos.
Staan daar eens die suiwer volk so trots soos ʼn edel roos.

Maar so lê daar in die suiwer land nou bastersaad ontbloot.
Terwyl die donkermaan- sy duisternis nou daaroor vergroot.
So lê in verkragting- nou erosie daar- as die walglike sloot.
In die vervloekte grond staan daar die oes- so vrot en voos.
In ʼn eens edel land staan klitsgras, kakiebos en kankerroos.
Met ʼn Heilige Gees wat haar bedroef hieroor nie laat troos.

So staan die land besmet- met bastersaad as satans-kroos.
So ween die aarde droewig oor haar toekoms so kinderloos.
So klink oor geheel die wêreld, ja nou ʼn baie droewige noot.
Waar Sodom en Gomorra eens- skaamteloos nie kon bloos.
Kyk- daar is duisend geslagsdele oor die dooie see ontbloot.
So kom daar nou die Oordeel om ditself oor alles te vergroot.

Daar was eens ʼn bewerkte land- so eteries skoon en broos.
In ʼn vars oggendstond daar skyn die son daaroor, ja van Oos
Met ʼn edel-oes wat glansend daar staan as God se eie kroos.
Terwyl hulle net soos ʼn ondergaande son bloedrooi kan bloos.
Met die aarde- wat haar in haar toekoms met hulle wou troos.
Staan daar eens die suiwer volk so trots soos ʼn edel roos. 



Openbaring 1543 
Oordeelskale in die laaste ure.
Donderdag 22 September 2011 20:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met bitter fonteine- wat giftige bloedwater- na vore bring.
Klink daar luid die eindtyd-lied deur oordeelskale gesing.
So kom die dag en almal word nou tot stilstand gedwing.
Wyl die engel van die dood sy groot getalle na vore bring.
Begin die werklikheid nou tot die mensdom deur te dring.
So begin baie valse monde- desperaat God se lof besing.
So kruiperig probeer die wêreld Hom nou skielik te bemin.
Terwyl hul hatig, heilige martelare hulle hemel-loon misgun.
Probeer soveel valse profete- om die hemel-aansien te win.
Hul beweer blatant Elia en Henog se identiteit is hulle s'n.

Ja, met vuil riviere wat ʼn groot plaag van paddas voortbring.
Met soveel pes en plaag- wat wyer oor die planeet uitkring.
Wyl die engel van grond oral soveel aardbewings laat begin.
Met die engel van vuur wat oral vreeslike brande laat uitkring.
Die engel van water wat alles in sy pad vernietigend verdring.
Wyl kragtig die engel van wind met ongekende spoed begin.
Roep skynheilig die mensdom O’ God- ons wil U nou bemin.
Maar uit die eggo van hulle keuses- kom dit: ons is Hades s’n.
Vanuit ons dooie kerke- het ons so openlik net satan bemin.
Deur Mammon het ons- ons offerandes na hom toe gebring.

Met plante en bome swart- skroeiend deur sonstrale deurdring.
Klink daar so die eindtyd-lied- luid deur die aartsengele gesing.
Met ʼn Vaalperd wat baie onder sy donderende hoewe ombring.
Terwyl die Regverdiging die leë woorde Here- Here kom verdring.
Val daar ʼn klip uit die hemel- met daaragter- sterre in ʼn string.
So raak die dier vanuit die see nou stokoud, krom en so gering.
Met duister- donker demone wat mekaar vir sy siel kom verdring.
Met wit liberales hul hande tevergeefs so biddend saam gewring.
Raak die jare in die tydvak in sy laaste ure nou so uiters gering.


Openbaring 1544 
ʼn Waarskuwing aan die selfaangestelde ‘leiers’.

Saterdag 24 September 2011 15:05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Sê vir hulle, ja, aan elke persoon wat as ʼn leier oor My uitverkorenes wil naderstaan- sodat hulle kan weet- dat elke uitverkore persoon uit hierdie volk wat oor die vermoë beskik om die Waarheid vir wat dit is te erken en te verstaan en dat dit juis daarom hulle is wat terwille van hul eie sowel as hul volk se fisiese- sowel as geestelike oorlewing so die een of ander poging probeer aanwend oor hulle, so onrusbarende, toekoms en dat bogenoemde 'leiers' daarom besig is- met die room van Elohim se 
eie oes en dat van hierdie 'leiers' terwille van hulle eie ego en aansien meer as 
dikwels besig is om die enorme potensiaal waaroor elkeen van hierdie persone 
beskik te onderdruk- juis omdat hulle deur hierdie Godgegewe eienskappe bedreig voel en julle volk daarom in hierdie tyd geweldig baie aan sy natuurlik-aangebore kundigheid- asook vindingrykheid- daaroor moet inboet. 

Daarom sê Ek weer: sê aan hierdie sogenaamde 'leiers' dat Ekself My in een van 
My vele Karaktereienskappe in elkeen van hierdie kosbare kinders van My bevind 
en daarom is meeste van hierdie selfaangestelde leiers en waarvan tot nou toe- nie een van hulle- nog deur My opdrag tot koning, rigter of leier van die volk gesalf is 
nie- besig is om My in hierdie uitstaande karaktereienskappe van My volk tot nadeel van almal te onderdruk. 

My uitverkorenes is in hierdie tyd elkeen op hierdie aarde met sy eie unieke opdrag, 
ja, gawe of eienskap teenwoordig, sodat hulle as een liggaam, elk as ʼn afsonderlike liggaamsdeel in sy/haar spesialiteit- mekaar so in broer- of susterskap kan dien.


Openbaring 1545 
Verraad in elke beraad.

Maandag 26 September 2011 10:33 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Verraad- verraad, ja, so roep daar van Jan Alleman tot die burokraat
Beraad- beraad vanuit die samekomste en vergadering kom verraad.
So kom daar vanuit valse skewe raad- die stem van die demokraat.
Met elke outokraat- wat skielik- in ʼn wrede monster begin ontaard.
So stuur globaal geheel die wêreld op ʼn groot ramp af met ʼn vaart.

Verraad- verraad, so roep daar vanuit al die groepies nou tot die staat.
Beraad- beraad, vanuit elke samekoms en vergadering kom verraad.
Geskokte verbasing staan geskryf- oor soveel dooie lyke se gelaat.
Vandag allemans maat- more dood in verraad, ja, op jou rug se naat.
Geheel die wêreld gryp verbouereerd na elke grashalm so desperaat.

Verraad-verraad, so roep daar vanuit die gepeupel- tot die aristokraat.
Beraad- beraad vanuit elke vergadering en staking kom groot verraad.
Met polisiestate in weerstand- tot die tande gewapen- nou so paraat.
Met bevolkingsgroepe wat na mekaar staar in soveel onbedekte haat.
Gaan so gebukkend die wêreld onder ʼn las van selfgeskepte kwaad.

Verraad- verraad, roep daar nou van Jan Alleman ook tot die outokraat.
Beraad- beraad vanuit elke byeenkoms kom daar nou ʼn groot verraad
Ook die pous en biskop in ʼn globale kerkverraad nie meer so bedaard
Daar val ook Mammon nou met ʼn enorme reuse slag in ʼn groot vaart.
So staan daar die ekonome, ook bankiers met ʼn spierwit doodsgelaat.

Verraad- verraad, so klink vanuit die vakbonde daar ook regeringsverraad.
Beraad- beraad die tyd staan nou so ver en almal raak nou baie kwaad.
In hoë voedselprys krimp minderwaardig die waarde van die koolhidraat.
In groot diamante daar verdof die prys, ook die glans van soveel karaat.
In wol, ook katoen klee die mensdom skielik sonder enige modesmaak.

Verraad- verraad, ja, so roep daar van Jan Alleman- nou tot die burokraat.
Beraad- beraad, vanuit elke vergadering en byeenkoms kom net verraad.
Vanuit soveel valse skewe raad- daar kom die stem van die demokraat.
Met elke outokraat wat nou in ʼn onhanteerbaar-wrede monster ontaard.
So stuur globaal die wêreld nou af op ʼn yslike groot- ramp met ʼn vaart.


Openbaring 1545 
Die maand Oktober.

Dinsdag 27 September 2011 10:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oktober, jy- eens die mooiste, ja, die mooiste maand.
Vanuit al die maande staan jy nader as die debutant.
Maar in die wedloop van die tyd raak ook jy stagnant.
Teen al die aanslae staan oplaas- ook jy nie bestand.
Daar verbrokkel ook uiteindelik- jou laaste weerstand.
Vanuit jou groen loof is ook jou lentesiel nou verpand.

Oktober, jy- eens die heel mooiste maand in die land.
Jou vrugbaarheid strek verby die heel beste verstand.
Betower deur jou lentegees raak elke vryer so galant.
Vanuit ʼn diereryk tot by die mens raak hul so blatant.
Met kinders verwek uit jou verlede wat babbel kontant.
Hoe is dit moontlik dat ook jy in diepwater kon beland.

Oktober, jy- eens die heel mooiste, ja, mooiste maand.
Van soggens vroeg geniet almal jou tot laat in die aand.
Waar minnaars blosend roep- ons sien mekaar vanaand.
Waar mans- die vroue van hul drome vra om haar hand.
Maar ook jy was nie teen die eindtyd-oordeel so bestand.
Onverwags vang wispelturigheid van tyd ook jou onkant.

Oktober, jy- eens die heel mooiste maand in die hele land.
So was jy die uitverkose maand aan Elohim se eie hand.
So gaan profetekennis- ver verby elke engel se verstand.
Daar in jou tydglas hardloop so vinnig uit- die laaste sand.
Ook jy O’ mooiste maand lê in jou eie droefheid gestrand.
Versteurde weerpatrone en kataklismes vang jou onkant.

Oktober, jy- eens die heel mooiste, ja die mooiste maand.
Oor jou groen vlaktes- verduister daar- ʼn pikdonker aand.
Kyk, hoe sug en weeklaag daar soveel mense in die land.
Ja, kyk hoe verswak- is eens ʼn edelvolk in sy weerstand.
Terwyl hul weet hulle toekoms staan na sy einde se kant.
Met die geldstelsels wat in groot moeilikheid gaan beland.

Oktober, jy- eens die heel mooiste maand aan die wand.
Op die tiende van ʼn tiende is jy aan ʼn skerpioen verwant.
Op die elfde van die elfde van die elfde in hierdie maand.
Word daar nou groot fees gevier in die grote geesteland.
Sion staan nou eenkant toe- as Elohim se eie debutant.
As eindtyd-getuies sal hul staan in Goddelike weerstand.
Onder hul Meesters' mooie ster daar aan die hemelwand.
Staan hul so tot aan die einde vir Hom daar- nou konstant.


Openbaring 1546 
Sonne in ʼn kruis.

Vrydag 30 September 2011 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar voedend die uitstraling van die oer-middelson, ruim oor haar satelliet-sonnekinders gaan met haar kosmos wat in ʼn spiraal- soos ʼn mallemeule om haar staan terwyl ondenkbaar baie hemelliggame spontaan vanuit haar nimmereindige bousteenvoeding begin onstaan met soveel ouer oerskeppings wat in vergete tyd 
en ruimte in oënskynlike oordeel- maar georganiseerde chaos in herwinning weer moet vergaan. 

So begin nou, om hierdie oer-middelson, haar sonnekinders tesame met hul planete en mane in ʼn reguit vertikale lyn met haar as middelpunt daar te staan terwyl die ander helfte van haar sonnekinders in ʼn horisontale lyn met ook haar as hul middelpunt in 
ʼn volmaakte kruis te staan, terwyl sy as middelpunt in vier volmaakte hoeke van negentig grade- wat reguit na vore- van mekaar weg kan gaan, om as ʼn dimensionele deur daar in die ewige ruimte te staan- met haar Skepper wat reguit vanuit hierdie middelpunt in volmaakte beheer oor elke atoom van Sy skepping daar staan- sodat daar tussen die materiële en geestelike skeppinge- ʼn ewige Melgisedek-deur oop kan gaan. Met daar in die middel van die Glansrykheid die Seun van die mens wat in Sy Allesomvattende Heerlikheid daar sal staan, terwyl Sy Nimmereindige Arm van Liefde om elke wedergeborene kan gaan. 

Weet daarom O’ mens- om die volgende baie mooi te verstaan, ja, so was Hy ook 
eens as die middelpunt op ʼn kruis op Golgota vir die sondaars vasgeslaan sodat Hy as Versoeningsmiddelpunt- as ʼn ewige Liefdeson in die mens se hart op kon staan,
ja, sodat daar ʼn Goddelike dimensiedeur vanuit die materie na die Gees oop kon gaan.


Openbaring 1547 
Veldduiwels
Vrydag 30 September 2011 13:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk daar is ʼn dief wat sluip- hy kan net steel en roof.
Vir die roepstem van geregtigheid- hou hy hom doof.
Maar so kom sy dag en sy verstand word oopgekloof.
Sy besittings lê verstrooi- deur die oordeel nou beroof.

So is daar ʼn wrede moordenaar wat vermink en moor.
Kruipend en listig lê hy slagoffers in die duisternis voor.
Ja, hy kom vanuit die Suide- tot bo in die land van Ivoor.
So kom sy dag en biljoene van hom word self deurboor.

Daar is ʼn dier met ʼn mensehand en ʼn gruwelike poot.
Sy voetpad lê so vervloek- tot ʼn onvrugbare erosiesloot.
Waar hy woon verwelk vrugbare valleie tot ʼn dooie moot.
Vooruitstrewende stad vernietig hy in onbruikbare skroot.

Daar is ʼn sprinkaanplaag wat alles voor die voet sloop.
Wyl hy altyd andermans oes- as sy eie sukses verkoop.
So gewetenloos word hy ten koste van sy eie omgekoop.
In hongersnood wat hom altyd soos ʼn maer hond naloop.

Daar is die bakhand- wat wêreldwyd kan bedel in ʼn koor.
Hy murmureer en beklae sy lot voor ʼn verraderlike gehoor.
Hy verarm dom terwyl ander agter sy rykdomme aanboor.
Die dood is sy lot- pes, plaag en hongersnood lê hom voor.

Kyk- daar is die verwoester- wat hom selde of ooit afsloof.
As die veldduiwel hou hy hom altyd vir geregtigheid doof.
In die demoniese magte- daar lê sy enigste hoop en geloof.
Terwyl hy die bose, ja, luidrugtig oor al sy gruweldade loof.

Daar is ʼn walglike parasiet wat so gulsig oor sy aarde loop.
Hy kook sy vrot vleis in ʼn ou onhigiëniese geroeste driepoot.
Hy skuil onder die hand van die liberale, walglike- filantroop.
Maar so kom ook sy tyd en sy bloedlus raak ook uitgeloop.

Daar is ʼn baie siek kankergewas wat na sy einde hardloop.
Met biljoene verwronge selle in ʼn ongekende enorme toeloop 
Ja, in sy eie ondergang- tot vernietiging deur homself genoop.
Juig blymoedig ʼn aarde oor sy sterwe met soveel nuwe hoop.

Daar is die gruwel klipgooier wat skeef hardloop daar heelvoor.
Wat poog om deur klippe, ja, God se kinders te kom vermoor.
Maar so kom hulle dag met ʼn gruwelnag- nét vir hulle gestoor.
Terwyl hulle in ʼn waansin- mekaar voor die voet begin vermoor.

Ja, daar is Raka- wat alles voor die voet beduiwel en opstook.
Onder sy gruwelpote verbrand pragtige velde tot pikswart rook.
Terwyl al sy gruwelwerke nou so in ʼn laaste wêreldpot oorkook.
Raak ook sy tyd vir ewig nou uitgeloop en raai – hy weet dit ook.


Openbaring 1548 
ʼn Volk verdeel.
Maandag 3 Oktober 2011 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die Suide- daar waar U kronieke eens kaalvoet sou speel.
Ja, daar in die Somerland- van vroeg tot laat- onder U prieel.
Daar was U Waarheid en Liefde eens ruim onder hul verdeel.
Met U eie Woord- in suiwer Brood, ja, gebak van edel meel.
Maar satan het as engel van lig hul waarheid weg kom steel.
As kerklidmate het hy hulle, ja, so vir die wêreld kom verseël.
So staan hul nou willoos as outomate- in die kerk se ritueel.
Daarom reageer hulle nou net as ʼn predikant hulle so beveel.
Terwyl hul in Roomse illusie hulle in ʼn valse saligheid verbeel.
Staan daar nou U volk, ja so tragies in meer groepe in verdeel.

In die Suide daar waar U kinders eens so samehorig kon speel
In die mooie Somerland- van vroeg tot baie laat- onder U prieel
Staan hul aan U linker en U Regterkant as ʼn volk nie meer heel.
Vermom as engel van lig- het die bose- hulle wreed kom verdeel.
Ja, aan U linker en U Regterkant en kyk- hul kan mekaar nie veel.
So begin die Regterkant- nou soos kinders plaend om U ore neul.
Met liberales aan U linkerkant- om hulle nek hang ʼn sware meul.
Terwyl die opgekropte woede nou openlik aan beide kante smeul.
Met die eindtyd-oordeel- wat oral al hoe meer intens, begin beveel.
Staan daar die kleine volk in hulle tweespalt uiters intens verdeel.

In Suid-Afrika daar waar U kinders eens so onskuldig kon speel.
Daar in die Somerland dwarsdeur die dag onder U heilige Prieel.
Daar het hulle U aanbid en het hul aan die wêreld, glad nie geveel
Maar Satan het as engel van die lig hul Waarheid weg kom steel.
So gryp konserwatief en liberaal mekaar nou openlik aan die keel.
Terwyl U O’ Vader, so graag oor al U kinders se hoofde wou streel.
Maar Satan het as engel van die lig ʼn driekwart van U volk gesteel.
Wil U, O’ Grote Vader, die gebroke hart van hul broers nie kom heel.
Dat hul weet, U Grote Naam- is van ewigheid op hul voorhoof verseël.
Sodat hulle as U koningskinders in U duisendjarige vrede kan deel.


Openbaring 1549 
Rampe op rampe.
 
Dinsdag 4 Oktober 2011 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ramp op ramp- so word alles nou stukkend gestamp.
In aardbewing daar verkrummel ʼn aarde se weerstand.
In hael en vloed staan die mense daarteen nie bestand.
Terwyl vreeslike winde waai van elke hoek tot elke kant.
Met reuse fratsgolwe wat spoel oor strande en die land.

Brand op brand in soveel vure sterf daar baie so onkant.
Met soveel wilde vure- wat daar hardloop deur elke land.
Met soveel vlam wat lek deur krotbuurt en plakkerskamp.
Sit soveel dorp en stedeling deur wilde vure nou gestrand.
Deur vuurspuwende berge- kook daar fonteine en die sand.

Verband op verband so val ʼn ekonomie in nuttelose kontant.
Op ʼn perd wat agteruit hardloop bied banke nie weerstand.
Met pryse wat styg deur verswakte Euro, Dollar en ʼn Rand.
Gaan die mensdom binnekort- sy siel aan die dier verpand.
Ja, in hongersnood sit geheel ʼn wêreld binnekort gestrand.

Hand aan hand- afgode in geloofsvryheid aanmekaar verwant.
Valse vredesvors- wat Christen en Moslem- in bloed verpand.
Met Esaudom- wat gevaarlik opstaan in ʼn groot weerstand.
Is dit in oorlog en kataklismes- kerke wat daar eerste brand.
So sit die Jood en Christen verslae in hul eie leuens gestrand.

In teenstand en weerstand word lewens aan politiek verpand.
Met die Rooiperd wat in sy oorlogsgewaad op die aarde land.
Binnekort vang die Ooste- die Weste- nou onverwags onkant.
Soveel buitelanders sit globaal so in andermansland gestrand.
Met groot dele van die wêreld- wat onder gruwelbomme brand.

Rampe op rampe- so word alles nou daar stukkend gestamp.
Brande op brande- in groot vure sterf daar sovele nou onkant.
Verband op verbande- so val ʼn ekonomie in nuttelose kontant.
Hand aan hand is afgode in geloofsvryheid aanmekaar verwant.
In teenstand en weerstand word lewens so aan politiek verpand.


Openbaring 1550 
Laaste veldslag in Suid-Afrika.

Woensdag 5 Oktober 2011 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister O’ volke- na die laaste diep brom- van die bastion.
Met daartussen ʼn onheilspellende ritme van Afrika-drom.
Kyk in ekstreme weerpatrone bars ʼn laaste ou weerballon.
Met stikdonkernag waar in kontras die wit aandblom blom.
In ʼn nag waar soos paddastoele globaal kernbomme kom.
Met swart oorlogsrook wat uit die neusgate van Dagon kom.
Trek nou so die Gog en Magog se vloot- om Suid-Afrika om.
Met pantser, ook artillerie- wat oor die vlaktes van Afrika kom.

Kyk; bykans reg in die middel van Botswana daar skuil Edom.
Daar in Namibië staan die Duitsers so in die woestyn vermom.
Maar ook vanuit Lesotho- daar roep die Jood nie meer Shalom
Terwyl ook Rusland nou vanuit Mosambiek oor Swaziland kom.
Met Sjinees en Oosterling in Afrika en in Zimbabwe vasgegom.
So roep nou vanuit die Weste ʼn stem so desperaat- ʼn regsom.

So staan daar in Suid-Afrika wit liberaliste skielik oud en krom.
Terwyl hulle so wenend- klaend vra: O’ God- ons God- waarom.
Klink vanuit ʼn hol klank van hul leë siel: juis oor julself, daarom.
Vanuit julle mond- daar kwyl satan self as die groot gruwelbron.
Daarom staan die nasies so millitant, ja om jul nou reg rondom.
Terwyl olie nou verhandel vir suiwer goud by die gallon in ʼn drom.
Probeer geheel die wêreld vir ʼn toekoms in Afrika saam te drom.

Met die Gog en Magog wat weerskante van ʼn Oranje saamdrom
Met ʼn wêreldse Babelse Egipte om die ware Israel saamgedrom.
Roep daar die Engel- sodat die geruis van die rivier moet verstom.
Terwyl Sion haar stil neerbuig voor Haar Elohim, ja, net voor HOM.
Kom daar nou in die grootste veldslag, ja, die Gog en Magog om.
So skeur ʼn aarde oop, ja, met die Oranje wat nou in bloed afkom.
Met tyd wat in ruimte- vir ʼn ewigheidsoomblik- heeltemal verstom.
Luister O’ nasies en volke na die laaste diep brom van die bastion.
Met daartussen- die diep onheilspellende ritme van Afrika se drom.