Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 151 
Blinde navolgers van verdraaide leerstellings. 

20 Oktober 2007 06:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Net soos aan My leerlinge van ouds sê Ek aan julle: Wie My 
in hierdie tye vanuit die opregte liefde van jul harte wil volg, 
volg My. Ook aan die blindes wat aan die hand van ewe blinde 
wêreldkinders wil ronddwaal, doen ook julle, volgens die keuse 
van julle vrye wil. 

Die wêreldbevolking bestaan huidiglik meestal uit ʼn klomp 
gestagneerde navolgers, wat dit wat hul meester, die 
Wêreldmoondhede, as treffer van die dag vir hulle aanbied, 
of dit nou die politiek, tegnologie, mode of die geloof is, 
slaafs navolg.

My kinders het Ek op hierdie aarde as kreatiewe vindingryke 
wesens geplaas, wat deurentyd met nuwe gedagtes en idees 
na vore kan kom en die vermoë het om op eie stoom te kan 
ontwikkel. Een van die redes dat julle volkie die hele tyd besig 
is om koppe te stamp, is juis as gevolg van die feit dat bykans 
almal onder julle ook met sterk leierseienskappe toegerus is. 

Daarom sal die van julle, wat tot die geestelike eindronde van 
hierdie getraumatiseerde eindtye, in My Naam sal kan deurdring, 
deel uitmaak van My Melgisédek orde, wat niks anders sal wees 
as ʼn geestelike wêreldse parlement, bestaande uit Goddelike 
koningskinders nie. Wees daarom kreatiewe kinders van God, 
wat My, julle Verlosser, keer op keer nuut en lewend, vanuit 
julle harte aan julle naastes sal voorstel.

Ja, leef volgens julle eie unieke standaarde en karakters en 
moenie blinde navolgers van verdraaide leerstellings wees 
nie. Staan in hierdie tye soos Daniël van ouds vas en moet 
julle knieë nie voor een enkele faset van die wêreldmoondhede 
se vele afgode buig nie.


Openbaring 152 
Soort sal soort vind. 

22 Oktober 2007 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die skrif staan daar geskryf dat twee mossies se waarde 
gelykstaande aan ʼn onbeduidende muntstuk is, maar Ek sê 
aan julle dat in hierdie dae, ʼn enkele mossie meer werd as 
baie menselewens gaan wees. 

Ek het gewaarsku; ʼn sluipmoord word beplan en dit het in 
vervulling gegaan. In ʼn bomaanval, het baie met hul lewe 
betaal en dit is bloot die begin. Sluipmoord en staatsgreep 
gaan aan die orde van die dag raak. In die toekoms gaan 
niemand nêrens meer op veiligheid kan aanspraak maak nie. 

Soos wat die tyd lankal nie meer rustig aanstap nie, maar 
net vinniger voortsnel, so sal kataklisme en onbeheerste 
waansin, soos ʼn liefdespaar, hand aan hand, oor die 
oppervlakte van die aarde gaan. 

Goed of kwaad – soort sal soort vind. Spontaan sal daar 
oral groepe en bendes ontstaan en baie regerings sal 
beheer en ook hul mag verloor. Die oorlewingswet van 
die natuur, die sterkste sal oorwin, sal oral aanklank 
vind en daar sal onder die mense ʼn verdrukking wees 
soos wat daar nog nooit voorheen was, of ooit weer 
sal wees nie. Op die einde van die dag sal goed en 
kwaad, as twee groepe vir oulaas teenoor mekaar staan. 

As aanvangsteken sal daar wees ʼn ongekende muskiet- 
en muggieplaag.


Openbaring 153
Hongersnood en pes as verwoester.

23 Oktober 2007 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
As verwoester sal hongersnood en pes oor die aarde staan en
maer die koei en koringaar van die Aarde se teëspoed jaar. As 
ongekende pes sal God se doodsengel oor die aarde gaan en 
verdrietig gaan die mens alleen daar staan en niemand gaan 
hom aan sy sy kom skaar.

Die winde sal warm oor die oppervlakte van die Aarde gaan en  
swart die kiem van elke koringaar en bakhand sal regerings 
bymekaar kom staan, want in goeie jare het hulle weinig opgegaar. 
Honger en wanhopig sal hoop in vele oë stadig wegtaan 
en star sal soveel kinderoë in ʼn hongerdood ewig die niet in staar. 


Openbaring 154 
Abba Vader is nie tydsgebonde nie.

24 Oktober 2007 08:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Meer as tweeduisend jaar gelede is daar van My gesê dat Ek van 
die duiwel besete en kranksinnig is, maar ander het beweer dat 
dit onmoontlik vir die duiwel is om die oë van blindes te kan open. 
Baie woorde wat deur My aanjou gegee is, het reeds en sal by 
herhaling weer in vervulling gaan.

Ook die woorde dat mense jou nog erge dinge in die toekoms sal 
wil aandoen, is besig om in vervulling te gaan. Weer sê Ek vir jou: 
steur jou nie te veel daaraan nie. Ek is nie tydgebonde nie.

Ja, alle tye is aan My wil onderwerp en elke Woord, in welke 
tydvak deur My gespreek, is klaar ʼn volbringde daad en sal in 
hierdie tyd van alle tye in vervulling gaan. My skape ken My Stem 
en deeglik toegerus met My Onderskeidingsgees, sal hulle wel die 
Waarheid ken. So sal hulle onderskeid kan tref tussen leë holrug 
geryde woorde en My daadwerklike Woord. 

Daarom sê Ek weer, Ek is die Lewende Brood wat uit die Hemel in 
ontvanklike harte neerdaal en wie van hierdie Brood eet, sal tot in 
ewigheid leef.


Openbaring 155 
Versteurde ordes in die waters.
 
25 Oktober 2007 08:00
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur voortdurende wisselende temperatuurvlakke, is versteurings 
besig om teen ʼn geweldige tempo in die oseane van die aarde 
plaas te vind, wat die delikate balans van die suurstofvlakke 
binne die waters van die aarde erg versteur. 

Deur versnelde ontbindingsprosesse van mikroskopiese en 
groter organismes, is die see besig om homself te vergiftig. 
Soos ʼn omgekrapte maag, wat van sy eie besoedeling ontslae 
wil raak, sal die seë massas seediere en vis op wêreldstrande 
uitbraak. Ja, bloedig sal die seë deur rooigety die mens ʼn les 
kom leer.


Openbaring 156
Daarvoor is julle heeltemal te lig bevind.

26 Oktober 2007 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die mense wat vir aardse voordeel daarop aanspraak maak 
om as een kudde, onder die veiligheid van ʼn eenwêreldorde 
te wil staan, het met hul keuse, ʼn skeiding tussen hulle siel 
en My Gees gemaak. 

Ja, ywerig het baie Israelkind met die wêreld saam flankeer. 
Wyn gedrink en met die god van handel gehoereer. Vele male 
het Ek die wêreld dringend vermaan, om nooit op hul knieë 
voor Mammon te gaan staan. 

Maar enkel en alleen het slegs My kleine Sion vir haar God bly 
staan. Daarom sal daar vir die wêreldling, teen die gruwelmuur 
van Babilon, die oordeels-woorde in hierdie eindtyd staan; Op 
ʼn skaal is jul vir God se koninkryk gebring. Sorgvuldig is jul 
met jul dade afgeweeg; as inwoners van My nuwe stad Jerusalem, 
daarvoor is julle heeltemal te lig bevind.



Openbaring 157
Ek kom soos ʼn dief.
 
27 Oktober 2007 05:00
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vir duisende jare is daar geprofeteer oor dit wat vandag in jul 
midde gebeur, maar vrolik gaan die mens sy gang. Vir niks en 
niemand is hy enigsins bang. Verkeerdelik dink die mens dat 
Ek hom in sy dag van vrees, veilig gaan vang. 

Reeds is die hele wêreld midde-in groot gebeure en 
skrikwekkende tye, maar steeds is die ganse mensdom in 
ʼn dooie slaap. Wanneer gaan My Stem tot die mens deurdring, 
sodat hulle kan ontwaak? Daarom sal Ek My maar weer herhaal. 
Wie ore het om te hoor: laat hom hoor. In die middel van dit 
waarmee julle besig is, sal julle skielik oorval word. 

Kyk, Ek kom soos ʼn dief in julle dooie lewensnag. Nêrens gaan 
daar ʼn lig wees wat sal skyn in julle eensame geestelike nag.


Openbaring 158 
Wee die mens in hierdie grote dag!

28 Oktober 2007 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vreesloos sal My uitverkorenes, op die teëspoed dag van 
alle dae, as alleen-oorwinnaars in My grote Naam bly staan. 
Verwonderd sal hulle met hul oë die groot vernietiging van 
ʼn bose mensgemaakte wêreld aanskou. Woedend sal die 
Moederaarde bewe. Haar kinders wat soos parasiete aan 
haar klou, die sal die hemelliggaam in afsku van haar skud. 

Alles deur mensehande opgebou, die sal sy in haar ingewande 
vou. Ontslae van hierdie hinderlike las, sal sy haarself van alle 
gruwels skoon wil was. Met lawavuur sal sy haar eie oppervlakte 
skoon laat brand. In skrik en bewing sal die grotes van die aarde, 
hulself in spelonke skuil wil hou. Saggies sal hul bewend, oor die 
groot verwoesting van die aarde rou. Smekend sal hul die hande, 
hulpeloos na ʼn onsigbare god uithou. 

Ja, op hierdie teëspoed dag, sal Sion ongeskonde, as alleen 
oorwinnaar in My grote Naam bly staan. As ʼn skone paradys 
sal die aarde haarself weer voor hul oë ontvou. ʼn Goddelike 
koninkryk, die sal My koningskinders weer op die nuwe aarde 
bou.


Openbaring 159 
By ʼn gevalle Babilon se riviere.

29 Oktober 2007 10:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vertrap en verslaaf was My volk in Egipte. 
Deur ʼn eed aan hul vaders het Ek ʼn land van melk en heuning 
aan hul beloof. Getrou aan My Woord het Ek ʼn gereinigde 
nageslag na die beloofde land gebring. Verslae het weer hul 
nageslag, by die riviere van Babilon gesit, treurig was die 
klaaglied wat hul laat opklink het na My Vaderoor. 

Ja, ʼn verstrooide volk het Ek telkemale met My eie Vaderhande 
bymekaar gemaak. So het Ek deur al die eeue My volk van "val 
en opstaan" bygestaan. In hierdie tyd van alle tye, waarin die 
mens homself bevind, begin daar weer vanuit ʼn verstrooide volk 
se swaarmoedige midde, die eerste rou klanke van ʼn klaaglied 
opklink na My oor. Spoedig sal dit van ʼn eenmanslied oorgaan 
tot ʼn volk se koor. 

By ʼn gevalle Babilon se riviere, sal ʼn verslae volkie weereens sit. 
Hartseer sal hul lied se tone opklink in My Vaderoor. Op hul lied 
sal Ek gehoor gee, hul klaagtoon met My Liefde aanhoor. 
Weereens sal Ek My oor My volk ontferm. Die plaag wat Ek oor 
die wêreld bring, die sal Ek van My ware, uitverkore kind afwend.

 

Openbaring 160 
Moet nie baie leermeesters wil wees nie.

30 Oktober 2007 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elke mens is met ʼn vrye wil toegerus om sodoende tot die volle 
potensiaal in sy eie karakter en identiteit te kan ontwikkel. Stel 
My daarom deur die nodige liefde en kennis aan mekaar bekend 
en nie deur middel van baie verwarrende leerstellings nie. 

Die Babelse verwarring wat huidiglik onder die Christendom 
heers, is toe te skryf aan bogenoemde. Satan se wenresep 
bestaan juis daaruit, deur daar waar eendrag heers, chaos en 
verwarring te skep. Die dilemma waarin julle volk hom tans 
bevind is ʼn uitstekende voorbeeld hiervan. 

Die wêreld staan op die vooraand van ʼn oorlog wat ʼn globale 
impak wêreldwyd en op elke land en indiwidu kan hê. Die mens 
se sterkste wapen gaan juis in die standvastige selfdissipline, 
gebore vanuit ʼn sterk en kerngesonde geloof, lê. 

Om hierdie twee eienskappe op eie inisiatief en keuse deel van 
die karakter te maak, sal verseker dat elke mens se sterkste 
eienskappe na vore sal tree. Wat in hierdie komende krisistye, 
nie net vir hom of haarself tot voordeel sal wees nie, maar ook 
vir die naaste.

Openbaring 161 
Julle grootste geskenk.
 
31 Oktober 2007 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Behalwe die Godgegewe lewe, is My grootste geskenk aan die 
mens sy vrye wil. Met die woord "natuur" word nie net die aarde 
met sy omgewing bedoel nie, maar alles wat natuurlik is. 

Dit sluit alle materiële wêrelde van alle kosmosse van die 
oneindigheid in; ja, vanaf die heel kleinste organisme tot en 
met die heel grootste heelalson. Selfs die lug en die oneindige 
ruimtes bestaan uit materiële substansies en alle bestaande 
materie, hetsy dit in ʼn oënskynlike onbeweeglike dooie toestand 
is, of as bewegende lewende organismes daar is, dit is altyd aan 
My ordewet onderworpe. 

Neem as voorbeeld die mees onsienlike waterdeeltjies wat, 
hoe klein ookal, die volledige eienskappe van water bevat. 
Hoe veranderlik die toestand daarvan ookal is, of dit nou 
stoom, vloeistof of ys is, die basis is en sal altyd water bly. 
Aan ʼn wingerd gaan mens druiwe kry. ʼn Hoenderhen gaan 
eiers lê en so opereer alles in hulle onderskeie vasgestelde 
ordes. 

Maar aan elke mens het Ek ʼn vrye wil geskenk, waarmee hy 
na sy goeddunke kan handel. Vinnig sal iemand nou sê; wat 
van ʼn persoon wat teen sy wil gedwing word om iets te doen. 
Hier antwoord Ek dat ook die natuurlike liggaam in al sy selle 
en atome as materie, onder presies dieselfde orde en wet as 
alle ander materiële substansies val en daarom aan die dwang 
en ook die dood onderworpe is.

Maar die ongebonde menslike gees is met die Goddelike vryheid 
toegerus, om deur middel van sy bewussyn en denke, 
onafhanklike besluite namens homself, hetsy dit goed of kwaad is, 
te kan neem, wat aan die einde van die mens se lewe sy 
ewigheidsbestaan sal bepaal. 

Oral is invloede van goed en kwaad wat die mens se vryheidswil 
prikkel en stimuleer sodat hy vir homself besluite kan neem. 
Hier is My Onderskeidingsgees van kardinale belang en op 
aanvraag, skenk Ek dit graag aan diegene wat dit begeer. 



Openbaring 162 
Groei in die Liefdevolle genade.

1 November 2007 09:10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eenmaal het daar twee manne gegaan om te aanbid. 
Selfverheffend het die een, vir almal om te kan sien en ook 
om sy sondige broer te manipuleer, homself vir God aangebied. 
Terwyl die ander sy sondige hoof in skaamte voor My laat hang 
het, om in opregte berou vir verlossing nader te staan. Elkeen 
weet watter een van die twee My genade ontvang het.

So kom vele leerstellings en leraars met die vagevuur en die 
verdoemenis, om fisiese en denkbeeldige bloeiende Christusfigure 
by die mens te kan opwek, om sodoende elke gelowige die gevoel 
te gee, dat hy of sy persoonlik verantwoordelik vir My kruisdood 
was. So manipuleer hulle die mens deur ʼn wanaangepaste gewete 
en onnodige skuldgevoelens. 

Aan My geliefdes wil Ek egter sê dat daar die van Myne was, wat 
hartseer en magteloos daar rondgestaan het en heeltemal 
onskuldig aan My kruisdood was. Ook vir hulle het Ek tot 
verlossing gesterf. Groei daarom tot geestelike volwassenheid in 
die liefdevolle verlossende genade van My kruisdood en moet nie 
deur skuldgevoelens en dwang julleself probeer regverdig nie. 

Altyd is Ek daarop gefokus om julle in Liefde vry te maak en nooit 
sal Ek julle aan enige bindinge of dwang onderwerp nie. Iets wat 
gebind is, is nie tot groei in staat nie.


Openbaring 163 
Die verskil tussen nederigheid en kruiperigheid.

Vrydag 2 November 2007 13:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die woord nederig moet nie gedefinieer word met die laagste 
denkbare klein wurmpie wat homself magteloos in die stof van 
die aarde bevind nie. Om nederig te wees beteken om jouself 
nooit bo jou naaste aan te stel of te verhef nie, maar jou plek 
voor jou God en Skepper te ken. 

Enige mens wat homself die nodige outoriteit aanmaan om sy 
medemense ernstig oor die nederigheid aan te spreek het self 
ʼn probleem deurdat hy homself ongevraagd aanstel. Die opregte 
nederige sal sonder enige ophef of baie woorde, sy nederigheid 
voor sy medemens as praktiese voorbeeld uitleef. Daar is ook ʼn 
hemelsbreë verskil tussen die nederigheid en om te kruip. 
Nederigheid en opregtheid loop hand aan hand, terwyl kruip en 
valsheid ʼn bose paar vanuit die hel is.



Openbaring 164
Waak teen soetklinkende woorde.

Saterdag 3 November 2007 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit die mees soete volmaakte blom, kom daar baie maal die 
dodelikste gif na vore en net so berg ʼn onaansienlike struik soms 
die mees genesende en helende eienskappe binne homself. Waak 
daarom teen die soetklinkende woorde wat na die ewige verderf 
lok en skryf die soms seer tugtigende woorde wat na My en die 
volmaaktheid lei, op die tafels van julle harte neer. Waar hulle soos 
kosbare pêrels in julle eie unieke persoonlikhede sal ontwikkel en 
sal groei tot kosbare versierings vir julle ewige Goddelike 
woonhuis in die nuwe Jerusalem.


Openbaring 165
Die regte beeld.

Saterdag 3 November 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk, Ek kom soos ʼn tweeledige dief in jul lewensnag. Ja soos ʼn 
dubbele visie sal Ek voor jou aangesig kom staan. By jou naam 
sal Ek jou persoonlik roep met die opdrag "volg My". 

Terwyl die beeld voor die oë van die mens in twee verskillende 
rigtings vanuit mekaar sal gaan, sal Ek in slegs een van daardie 
twee beelde wees… 

Hoe sal een nou weet of hy My of die illusie op sy ewigheidsweg 
gaan vind. Oefen jou daarom deeglik in die Waarheid en die Liefde. 
Maak My die Minnaar van jou hart en in die wegwyser van die 
Liefde, sal jy My, jou Skepper en Verlosser vind.

 

Openbaring 166
Visioen oor swart krygers.

Maandag 5 November 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Net voordat ek aan die slaap geraak het, het ek die volgende gesig 
gehad. 

Rye en rye swart krygers wat in volle tradisionele oorlogsgewaad 
in netjiese rye gehurk sit en aandagtig na iemand luister. Elkeen 
het ʼn wit volstruisveer op sy kop. 

Ek het hierna aan die slaap geraak om ure daarna wakker te skrik 
met die woord "SAVAGE" in groot vet blinkende hoofletters oor 
my hele kamer geskryf. Ek het ʼn geweldige angsaanval ervaar.


Openbaring 167 
Wie sy lewe liefhet.

Dinsdag 6 November 2007 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die einde of dood van ʼn verlossingsperiode is die afsluiting van 
dit wat was en nooit weer sal wees nie. Ja, dit is die 
sterwensproses wat ʼn nuwe geboorte voorafgaan. Daar is baie 
onder die mense wat met bloeddorstige opgewonde afwagting, 
uitsien na die sensasionele einde van die wêreld en die 
vernietiging van biljoene lewens. Dit, terwyl hulle hulself in hul eie 
aangestelde volmaaktheid, as die alleen oorlewendes en daarom 
die alleen erfgename van die aarde beskou en verhef hulself 
daarom tot die Goddelike uitverkorenes. 

Dit is aan hierdies wat Ek sê; "Die een wat bereid is om sy lewe 
terwille van My af te lê, die sal dit vir ewig win". 


Openbaring 168 
Die ewige onsterflikheid.

Woensdag 7 November 2007 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die mens se identifisering van homself, sowel as sy soeke na 
die volmaakte Godheid, is hy inderwaarheid op soek na die ewige 
onsterflikheid binne homself. 

Wie kan sy vinger op ʼn spesifieke plek op hierdie planeet druk en 
sê, hier is die middelpunt, want waar die mens ookal op ʼn ronde 
bal druk, daar is dit altyd die middelpunt. So is die middelpunt en 
hartklop in die onmeetlike eindeloosheid van die ewigheid, altyd 
gesentreerd in die lewensvonk van elke denkebewussyn wat van 
homself, as ʼn onsterflike identiteit bewus is. 

Namate elke mens meer tot sy ontwikkeling kom, sal daar altyd 
gestreef word na dit wat gelyksoortig aan sy wese is en goed en 
kwaad sal beide in een lewe na vore tree. Dit wat die oorheersende 
faktor is, daarmee sal die wese homself binne sowel as buite mee 
verbind.

In die kwaad sal die mens homself van die Godheid skei, om in ʼn 
bevryde toestand vir ewig van God af weg te dryf. Waar die mens 
weer in die Waarheid, homself binne sy sentrum, hegter met die 
oerewige Lig van Lewe en Liefde sal verbind, om so tot ʼn 
volmaakte lewe, in eenheid met My- sy God en Skepper te kan 
kom.


Openbaring 169
Die swaard van verdeling.

Donderdag 8 November 2007 07:00 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Net soos met My menswording tweeduisend jaar gelede, kom Ek 
nie om vrede te bring nie. Ek kom met die swaard van verdeling 
en reiniging. 

Ek sal alles wat onsuiwer is vanuit julle midde sny. Ouer en kind, 
ja, broer en suster sal teenoor mekaar staan en terwyl die leuen 
vir ewig in die stof van die aarde sal bly lê, sal die waarheid as 
die alleen oorwinnaar oor alle skeppinge en ewighede bly staan. 

Ook sal Ek My swaard van twyfel herhaalde male tot reiniging in 
My uitverkorenes inslaan. Kragtig en gelouter sal hulle na vele 
beproewinge, met ʼn sterk en ʼn onbuigbare geloof, ewig vir My, 
hul Vader, as Koningskinders, oor al My skeppinge bly staan.


Openbaring 170 
Selfs My uitverkorenes is lou.

Vrydag 9 November 2007 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In My Almag-hand sal Ek My babakind veilig vashou, terwyl 
Ek met My ander hand hom saggies sal omvou. Terwyl die 
aarde vergaan in diep berou, sal klein Sion soos ʼn kindjie 
aan My soom vasklou. 

Rooi sal wees die gloed wat om die wêreld vou, terwyl 
menigtes in angs hul lippe stukkend sal kou.Terwyl almal 
sal ween en rou, gaan daar nêrens iemand wees, wat vir 
die dooies ʼn graf gaan grou.

Steeds is daar niemand met enige berou. Selfs My 
uitverkorenes is maar baie lou. 

Openbaring 171 
Die geestelike weer- of hergeboorte.

Donderdag 15 November 2007 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die geestelike weer- of hergeboorte van die mens 
word altyd voorafgegaan deur 'n selfreinigende 
proses. Hiermee word soveel gesê dat die mens 
met erns daarin moet poog om homself so goed 
dit menslik moontlik is van alle selfgesentreerde 
en egoïstiese eienskappe, soos byvoorbeeld selfsug, 
eiedunk, hoogmoed en dies meer te reinig. 

Omdat elke mens in 'n onvolmaakte geestelike toestand 
gebore en ontvang is, word dit juis vir hom as 'n geleentheid 
gebied om met sy vrye wil en My hulp na sy volmaakte toestand 
op aarde te streef. Indien die mens nie van hierdie geleentheid 
gebruik maak nie, het hy 'n eenmalige geleentheid in sy eie 
ewigheid verspeel. 

Indien hy egter hierdie proses van weergeboorte en daardeur die 
strewe na sy vervolmaking met erns aanpak, sal Ek hom soos 'n 
sagte Koel Bries nader. Ek sal hom in sy volle menswees met My 
alomvattende Liefdesgees omhels en omvou. Vanuit hierdie 
toestand sal die mens as 'n volmaakte unieke identiteit, dienend 
na vore tree om in Waarheid en Liefde werksaam in die Goddelike 
orde te raak. 

Vanuit sy opnuut geskape en gewekte gees kan hy nou vanuit sy 
ewige lewende kern, die volgende bekende woorde spreek: Nou 
leef nie meer ek nie, maar die Volmaakte Gewer van alle lewe, leef 
binne my.


Openbaring 172
Politiek en kerk indoktrineer mense.

Donderdag 15 November 2007 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Om na vryheid en onafhanklikheid te streef is 'n ingebore 
kwaliteit wat deel van elke potensiële Goddelike kind is. 
Wat ook die herkenbare verskil is tussen 'n altyd inskiklike 
wêreldburger en My soms rebelse kinders, wat sterk op hulle 
eie indiwidualisme en identiteit aanspraak maak. Hulle is nie 
bereid om hulle Godgegewe vryheid vir enigiets wat hierdie 
wêreld bied te verruil nie. 

Ja, deur baie eeue en vir geslagte lank is die mensdom deur 
politiek en kerklike instansies so geïndoktrineer dat hulle vas 
daarvan oortuig is dat dit vir hulle slegs moontlik is om in 'n 
voorgeskrewe sisteem raamwerk as eendersdenkende kuddediere 
te kan oorleef en funksioneer. 

So is groot gedeeltes van die mensdom in 'n rigiede samelewing 
tot kopiërende diere omvorm, wat alles wat aan hulle voorgeskryf 
word, soos goed-afgerigte papegaaie gehoorsaam en naboots, 
hetsy dit kleding, spraak, geestelike groei en ontspanning is. 

So is dit 'n eenwêreldorde wat as die alleen poppemeester die 
massas dirigeer, terwyl hulle as willose diere 'n dooiemansdans, 
ter ere van die god van die wêreld, "Lucifer" soos siellose zombies
 uitvoer.


Openbaring 173
Leer uit My kruisiging.

Woensdag 21 November 2007 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met 'n somtyds bloeddorstige behae ontleed die mens elke 
moontlike bloedige detail van My kruisiging en leef hulself met 'n 
tipiese Middeleeuse swartgallige bloedgenot daarin uit, en word 
die grootste Goddelike verlossingsdaad van alle 

tye en ewighede en wat deur My nie net met die grootste menslike 
nie, maar ook Goddelike waardigheid geskied het, tot 'n goedkoop
 moderne riller omvorm. 

Met die uitblaas van My laaste asem van My materiële liggaam, het 
Ek dit moontlik vir alle wesens gemaak om vry van die bindende 
bande van die materie en daardeur die sonde te raak. Dit is die 
grootste geskenk wat die Godheid deur middel van die Seun van 
die mens ooit aan alle skepsele van alle ewighede bewys het. My 
kruisdood was, is en sal nooit 'n sweep wees waarmee Ek My 
kinders dreig, afpers of mee slaan nie.

Leer daarom die volgende vanuit My kruisiging; net soos wat My 
aardse liggaam op die kruis by Golgota gesterf het, so moet julle 
in julle sondige aard sterf. Soos wat Ek in 'n verheerlikte liggaam 
vanuit ʼn dooie materiële toestand opgestaan het, net so moet julle 
deur 'n vasberade besluitneming, vanuit julle sondige dooie 
natuur, tot die ware lewe in My ontwaak.

Terwyl julle dan julle ou sondige natuur, saam met My kruisiging 
begrawe, kan julle terselfdertyd met 'n verlossende vreugdevolle 
gemoed, My en julle opstanding vier.



Openbaring 174
Nagevolge van dwang.

Donderdag 22 November 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die eendenkende riglyn wat deur die Wêreldorde daargestel 
is om deur middel van massabeheer, volle beheer oor 'n totale 
wêreldbevolking te kan verkry, dra sterk daartoe by dat daar 'n 
innerlike rebellie by sommige individualiste ontstaan, wat in noue 
kontak met hulle vrye wil en identiteit wil wees. 

Dit het tot gevolg dat sommige mense so in opstand teen die 
aanvaarbare gebruik van die dag kom dat hulle hulself deur 'n 
onaanvaarbare rebelse gedrag, teen 'n sisteem uitdruk wat almal 
tot eenvormigheid wil dwing. 

Ongelukkig ontstaan daar vanuit hierdie situasie die misbruik van 
drank, dwelms en ander gruwels wat weer tot misdaad en ander 
ongerymdhede lei, wat op die lange duur 'n nadelige uitwerking 
op enige beskawingspeil, goed of sleg het en ook hier, lag satan 
vir die mensdom in die mou.



Openbaring 175 
Die koninkryk van God het naby gekom.

Vrydag 23 November 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die gejubel van die mensdom sou onophoudelik oor die 
oppervlakte van die aarde weerklink het indien hulle tot 
die volle besef kan kom oor hoe naby die koninkryk van 
God, tot die mens, in hierdie dae gekom het. Ja, die volheid 
van die Heilige Gees wat self deur die verheerlikte Seun van 
die mens toegelaat gaan word, om tot volle manifestasie binne 
die menslike identiteit te kan ontwikkel. 

Net soos wat 'n meesterskilder, die meesterstuk van sy lewe met 
die ondertekening van sy naam tot voltooiing bring, om dit daarna 
as fees vir die oë uit te stal, sodat die besigtigers daarvan, nie net 
behae daarin kan vind nie, maar ook hul gees daardeur kan verryk 
en ontwikkel, net so is die diktaat en geïnspireerde Woord vanaf 
My deur jou daarop gemik om by te dra tot die ontdekking, asook 
die ontwaking en ontwikkeling van die Goddelike Gees, wat binne 
elke persoon teenwoordig is.

Indien die mens tot die volle besef sou kon kom dat hyself die 
Goddelike onsterflike lewe is, wat hy binne homself dra. Ja, as 
hy in hierdie wete tot volle wasdom kan ontwaak, sou hy tot die 
bykans onmoontlike besef kom dat hy net soos Adam die lewende 
asem of lewensvonk van die Godheid self is. 

By hierdie volle besef sal die Goddelike Liefde tot volle wasdom 
in die mens ontwaak en as 'n volledige weergebore kind, sal 
elkeen se indiwiduele gawes of talente geaktiveer word sodat 
elkeen werksaam as 'n afsonderlike deel van My liggaam kan 
word. 


Die mens is geneig om die Goddelike gawes tot genesing, die 
spreek van tale, die gawes van profesieë of skrywers te beperk. 
Maar daar is oneindig baie, waarvan die gawe van skepping, die 
grootste is.



Openbaring 176 
Die lig van geregtigheid.

Dinsdag 27 November 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hierdie hemel en aarde sal in sy huidige toestand verbygaan. 
Sy plek soos wat hy nou daar uitsien sal daar nie meer wees nie. 

En kyk, ek het 'n vrou gesien en haar voorkoms was die van 'n 
mens, maar in haar borskas, daar waar haar hart sit, het ek 'n 
lewende son van God sien skyn. Die lig van hierdie son was direk 
vanaf die Troon van God oor haar uitgegiet. Soos wat die aarde in 
sy sondige nag al hoe dieper in sy duisternis weggesink het, so 
het hierdie son van geregtigheid al hoe meer ontbrand

Daar was niemand wat rein genoeg op hierdie aarde was om die 
glans van hierdie lig te kon verdra nie. Selfs die vrou se oë was 
vir hierdie lig versluier. Nou het die tyd naby gekom vir die son 
van geregtigheid, om oor die aarde losgelaat te word. 

Aan die suidpunt van Afrika sal hierdie lig van geregtigheid in sy 
volle gloed begin skyn, om alles wat onrein is, vanaf die aarde te 
reinig. Vandaar sal dit oor die hele kontinent versprei om hierna 
die hele wêreld te oordek. 

Die vrou self, saam met haar gelyksoortiges, sal op 'n plek van 
veilige bewaring, wat deur Myself voorberei is, gebring word, om 
as 'n nuwe suiwer ras, 'n nuwe smetlose aarde te berei. Geseënd 
is hierdie heiliges omdat die dood van hierdie tydvak geen mag 
oor hulle sal hê nie.


Openbaring 177 
Die begrip pyn, fisies en geestelik.

Donderdag 29 November 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vir tweeduisend jaar is baie gelowiges van elke tydvak geneig om 
op die liggaamlike pyn wat Ek met My kruisiging deurgemaak het 
te fokus en sal ons daarom vandag by die begrip pyn, stilstaan. 

Daar is twee fasette onder hierdie begrip waarvan die een fisies 
en die ander geestelik is. Eersgenoemde is op die liggaam en 
daarom die materie van toepassing en wat deur My Wysheid, 
as 'n suiwerings vuur daargestel is, om deur middel van 
liggaamlike loutering, die mens tot goue Geestelike suiwering 
te bring 

 Die teenpool van pyn is genot en deur genot bring My teenpool, 
"Lucifer" weer op sy beurt die mens tot 'n val. Deur hierdie val 
delf en dool die mens weer al hoe dieper in die materie van sy 
aardse vlees, op soek na nog meer sinnelose genot en word so 
begrawe in die ewige verganklikheid van die materie en daarom 
die dood. 

Ja, dit is dikwels die liggaamlike pyn wat daartoe bydra dat die 
mens in deemoed na My om hulp roep, sodat Ek op My beurt hom 
op 'n diskrete wyse kan onderskraag en bystaan, sodat hy nie net 
liggaamlike nie, maar ook geestelike voordeel uit 'n onaangename 
pynlike situasie kan trek. Daarom is dit dat Ek die mens deur pyn 
en nie genot nie, nader na My toe trek. 

Met My kruisiging het Ek Myself van niks gespaar, van dit wat Ek 
in My Wysheid daargestel het, om die mens op sy ewigheidsweg 
na My te lei nie. In My aardse vlees, het Ek die volle smartlike 
beker, van die liggaamlike lyding geledig, om ook dit vir die mens 
te volbring.


Openbaring 178 
Dikwels was julle sag vermaan.

Maandag 3 Des. 2007 03:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
As erfdeel sal Ek ʼn nuwe Aarde aan My kinders gee. Elke 
wêreldling sal Ek uit die boek van die lewe vee. Al sy krag is hom 
ontneem, deur die mens wil satan nou My skepping begeer. Listig 
het hy homself oral oor die wêreld in gefiltreer. Met bose mag wil 
hy oor elke land en kind regeer. Deur valuta, bank, kerk en politiek 
wil hy elke indiwidu beheer. Deur goud en glans wil hy My 
uitverkorenes van My wegkeer. Platina, oliebron en goudneerslag, 
dit alles bring satan in groot aanvraag. In wêreldoorlog gaan die 
mens verslae by My kom klaag. 

Dikwels het Ek hul sag vermaan, ongenaakbaar gaan wees My 
oordeelsvraag. Het jy My, of satan met jou kosbare lewe hier op 
Aarde behaag? Ja, as erfdeel, sal Ek nou ʼn nuwe Aarde aan My 
kinders gee. Elke wêreldling sal Ek uit die boek van die lewe vee.


Openbaring 179
ʼn Mensgeskepte katastrofe.

Dinsdag 09:00 4 Des. 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Onder die aanvoering van satan, is die beplande eenwêreld-
beheer-wat die breinkind van die sogenaamde supermoondhede 
is, in so ʼn gevorderde stadium om van hulle grootste probleem, 
naamlik ʼn te groot wêreldpopulasie ontslae te raak, dat die tyd vir 
hulle ryp geword het, om tot aksie oor te gaan.

Ja, onder die regte temperature, in die mees gevorderde 
laboratoriums word dodelike virusse knus in "veilige" kluise 
vir sekere doelwitte bewaar. Beplanning en voorbereiding is 
oor baie jare onder die vaandel van die sogenaamde besorgde 
gesondheids beheerliggame in gereedheid gebring vir ʼn groot 
gedeelte van die wêreldbevolking, veral onder die meerderheid 
armoedige wêreldklas, wat ʼn las vir die industriële wêreld, met 
sy gevorderde tegnologie geword het en nie meer afhanklik van 
die hande arbeid van die vele geslagtelange onderdrukte 
werkersklas is nie. 

Hierdie, asook hele bevolkingsgroepe se immuniteitstelsels 
is so deur middel van HIV verswak, dat met die loslaat van 
die bogenoemde gemanipuleerde en gemuteerde virusse ʼn 
mensgeskepte katastrofe sal ontstaan, wat die huidige 
wêreldbevolking met biljoene sal verminder. 

Om hierdie situasie tot sy maksimale potensiaal voor te 
berei is ʼn globale oorlogstoestand wat meeste infrastrukture 
sal lamlê, die ideale toestand omdat dit die verspreiding van 
lewensmiddele en medikasie, asook georganiseerde hulp oor 
verspreide gebiede onmoontlik sal maak.

Ja, met briljante neon kleure van valse gesondheidsorg en 
vrede hipnotiseer satan biljoene mense deur middel van 
korrupte wêreldregerings, wat met eiebelang slegs daarop 
gefokus is, om vir hulle self, asook hulle eie, ʼn gemaksone 
in ʼn selfgeskepte wêreldparadysie daar te stel.


Openbaring 180
Lis teen die Goddelike genepoel. 

Maandag 08:10 10 Desember 2007 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oor My Goddelike genepoel het Ek My Asem saggies heen laat 
spoel. Soos ʼn Koel Bries sal Myne My in hulle harte voel. As ʼn 
Goddelike geslag is hulle vir die onverganklikheid bedoel. Ja, 
in ʼn enkele mensepaar is My Goddelike Geen bewaar. Jaloers 
het satan met sy saad in die slang gevaar. Van vernietiging en 
dood wou hy homself vrywaar. Slu het hy met die onverganklike 
saad kom paar. 

So het hy die dood na God se suiwer genepoel gebring. Ontelbaar 
het satan oor baie tye heen in menigtes uitgekring. Om voort te 
plant was al hoe die mens die dood kon oorwin. Om die Goddelike 
Genepoel vir die oneindigheid terug te win, het God self as mens 
die slang en dood op hierdie aarde kom oorwin. Die Adam het sy 
eie saad gefaal en as ʼn volmaakte tweede Adam, het God self 
vanuit die dood gegaan om Sy kosbare Genepoel, gesuiwer vanuit 
die vuur te haal.

Openbaring 181
In natuur en mens is ʼn afwagtingsgees.

11 Desember 2007 Dinsdag 08:55
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In natuur en mens is daar ʼn afwagtingsgees. Dit alles kan mens 
in die tekens van die tye lees. In Afrika gaan daar chaos heers. Wit 
gaan swart in doodsangs vrees. In oorlogsdans gaan voete op die 
aarde stamp. Doodstank gaan daar hang in ʼn bloedige damp. In 
woede gaan die aarde haarself oopskeur.

Die mens het alle kans op verbetering verbeur. Siekte en 
dood gaan daar oral wees. Skaars gaan wees die Goddelike 
oorlewingsgees. Weereens sal daar wees, ʼn bloedige terreur. 
Alle ordes hier op aarde is versteur. Ja, in natuur en mens is 
daar ʼn afwagtingsgees. Dit alles kan mens in die tekens van 
die tye lees.


Openbaring 182 
Visioen van 'n kluis.

Dinsdagmiddag 11 Desember 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn visioen het ek ʼn skarnier gesien wat in ʼn vierkantige 
sementblok gemonteer was. Hierdie skarnier was aan ʼn 
kluisdeur geheg. Die deur het oopgegaan en ek het verwag 
om iets kosbaars soos diamante daarin te sien. Binne die 
kluis was egter ʼn pikswart oneindige nag teenwoordig.



Openbaring 183 
Visioen van ʼn babaseun.

Woensdagoggend 12 Desember 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Skielik het ek weer dieselfde kluis gesien en weer het ek 
verwag om ʼn kosbare skat van diamante te sien, maar in 
die plek van die duisternis het ek ʼn pragtige babaseun, 
geklee in slegs ʼn doek sien lê.


Openbaring 184 
Julle laat ander volkere vir My lag.

Woensdag 09:40 12 Desember 2007 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Verskuil in Simson was My grootte en My krag.
Daarmee het hy ander volkere vir My laat lag.
Onder hierdie nasies het hy in duisternis versmag.
Eensaam en alleen was hy in sy donker nag.
So staan ook julle volkie in My grootte en My krag.
Daarmee laat julle ander volkere vir My lag.
Daarom sal ook julle in jul eie duisternis versmag.
Eensaam en alleen sal jul wees in jul donkere nag.

In ʼn eensame kerker sal jul na ʼn lang gewag,
in jul harte leer om na My en die Waarheid te smag.
Blind en kinderlik sal jul gaan, na jul selfgeskepte pilare prag. 
Self sal julle vernietig die duisternis van julle verblindende nag. 
Die tydperk van julle selfverwytende lang gewag, 
is selfbepalend na die graad waarmee julle na My smag.


Openbaring 185
’n Ongekende koue.

Donderdag 13 Desember 2007 07:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
’n Ongekende koue gaan daar oor groot dele van Europa, 
Amerika en Asië wees. Ja, ysig gaan die handskud van die 
dood vir vele wees. Swaar gaan wees die sneeu wat vele 
konstruksies plat gaan lê. Waar die menslike populasie 
baie dig gaan wees, gaan krag en gas vir verwarming ʼn 
groot tekort wees. Vreemdes sal mekaar in naasteliefde 
vind, omdat hul mekaar se liggaamshitte met hul eie 
liggame sal verslind.

Die koue en die weer, asook die baie sneeu, gaan 
die verkeer op land en in die lug aan bande lê. Moeilik 
gaan dit vir vele wees, om proviand aan hul gesinne
 te kan gee. Ja, oral gaan daar swak en siekes wees, 
wat die groot koue nie gaan kan oorleef.



Openbaring 186 
Vele wil nou van My getuig.

Saterdag 15 Desember 2007 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vele is daar wat nou van My wil getuig,
Maar min is die wat onder My juk kan buig.
Terwyl die wêreld die ware liefde uit jul suig.
Begin die donker engele oor die mens se val nou juig.
Soos doring-distels staan die sonde baie ruig. 
Voor satan is dit wat die mens nou diep voor buig.

Waar en vals is baie moeilik om van mekaar te skei.
Daar is min wat die waarheid van die leuen kan onderskei.
My koms, die wil Ek in My volgelinge se harte voorberei.
Heilig is die maal wat hulle saam met My sal eet 
met Goddelike eetgerei.
Vir vele sal hulle dit weer op hul beurt bedien.

Met Liefde het Ek dit vir baie voorberei.
As herders sal hulle die skape van die bokke skei.
Vir My kudde is daar ʼn Goddelike kraal in die hemel voorberei.
Ja, vele is daar wat nou van My wil kom getuig.



Openbaring 187 
Profeteseuns om ʼn brouselpot.

Saterdag 15 Desember 2007 12:07
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Om ʼn brouselpot het menig profeteseuns gesit. Giftig was die 
plant vanuit hul bose hand. Self het hul geëet van die bose vrug 
van hul eie verstand. In die sterwensoomblik van hul gees sal hul 
weer by My en die Waarheid wil wees.

So sal Ek vir hul stuur- die Opregtheid van My Gees wat met die 
waarheids-plant deur ʼn profetehand die brousel en die leuen, wat 
hom skuilhou in hul gemeenskaplike band, alle leuens daarvan uit 
sal brand.

Nota:
Die Gees het my na die woord verwys
en ek het die volgende gevind: II Konings 4:38-44.


Openbaring 188 
Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend.

Sondag 16 Desember 2007 Dagbreek 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Van heinde en verre sal menigtes kom. 
Oor heide en velde sal My kinders blom. 
ʼn Nuwe lied sal hul vir My- hul Vader sing. 
ʼn Pasgebore kind sal Sion vir My huis toe bring. 
Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend sal wees die totale som. 
As versamelplek sal baie na Suid-Afrika toe kom. 
My Gees sal Ek self na My kinders hier op aarde bring. 
Eerbiedig sal Mammon en sy nasies in stilte verstom. 
Wanneer hulle My op die wolke van geloof sien kom. 

Verseël in liefde sal wees elke kind, ja, elke Goddelike enkeling. 
Niemand sal daar wees wat onheil na hierdies toe kan bring. 
Van heinde en verre sal menigtes na hierdie landjie kom. 
Oor heide en velde sal My kinders vir My oopblom. 
ʼn Nuwe lied sal hul vir My, hul Koning en Verlosser sing. 
ʼn Pasgebore baba sal Sion vir My, hul Vader bring. 


Openbaring 189 
Judas as voorbeeld.

Maandag 17 Desember 2007 09:50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Dikwels word aan julle gesê “ken die geeste” en vra daarom ook 
vir julself die gawe van die onderskeidingsgees. Om vir julle meer 
duidelikheid hieroor te gee, gaan Ek as voorbeeld die apostel 
Judas aan julle gee. 

Sy mees herkenbare eienskap en handelsmerk was die 
gemeenskaplike beurs, wat hy as ʼn onafskeidbare deel aan sy 
persoon moes dra. Die gewig daarvan hoe swaar of lig dit ookal 
was, het deurentyd ʼn invloed op sy karakter gehad, wat die graad 
van sy swaarmoedigheid of blydskap bepaal het. Sy opdrag om My 
as ʼn leerling te volg, het met die gewig van Mammon op sy heup, 
vinnig in die niet verdwyn. In plaas daarvan om sondaars na My te 
lei, was hy deur die vrolike klank van geld verlei. 

Op ʼn goeie dag het sy twee liefdes voor hom kom staan en sonder 
om te wik of te weeg, ja, te blik of te bloos, het sy keuse manhaftig 
op geld kom staan. Terselfdertyd het hy ook vir My as ʼn winskoop, 
vir dertig silwerlinge verkoop.

Vra daarom vir die Godgegewe Onderskeidingsgees en vinnig 
sal Hy julle leer om te kyk na die beurs hantering van elke gees. 
Vinnig sal jul van hul karakter leer, dat wanneer die gewig van 
hulle beurs swaar na die aarde en sy materie hang, dat deur die 
swaartekrag daarvan, ook hul harte oor die ewige afgrond hang. 

Wanneer hierdie beurs weer te lig om hulle lendene hang, sal hul 
sonder om te blik of te bloos, My as winskoop van die dag, as 
uitstalgoedere om hulle nekke hang en as gewetensartikel sal hul 
My aan almal smous. Die armes sal hul as front voorhou. Ja, deur 
menige Judas, is Ek deur baie eeue heen, vir ontelbaar baie dertig 
silwerlinge gesmous.


Openbaring 190 
Hosanna sal die Jodedom gierig sing.

Maandag 17 Desember 2007 16:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Hosanna, Hosanna sal die Jodedom nou uitbundig sing. Die valse 
vredevors is vir hul na hierdie wêreld gebring Hosanna, Hosanna 
sal dit nou luid oor die hele wêreld klink. Die wyn van gruwels is in 
die beker van Babilon, vol geskink.

Uitbundig sal die antichris lag, terwyl hy homself vrolik toesing. 
Ja, Hosanna, Hosanna sal Lucifer homself pronkerig toesing. 
Hosanna vir die een wat oor elke bank en land regeer. Ja, Hosanna 
vir die een wat die hele wêreld nou beheer.

Rooi gekleur in baie bloed, sal wees sy heerserskleed. Vir die 
laaste oorlog is baie lande nou gereed. Hosanna, Hosanna sal die 
wêreld vir die valse vredevors nou sing. Terwyl hulle massas vir 
hom om die lewe bring.

Hosanna, Hosanna sal die Jodedom nou gierig sing. Die valse 
vredevors is deur Judaïsme na hierdie wêreld toe gebring.

Openbaring 191
Hier is ek nog ʼn keer.

Dinsdag 18 Desember 2007 16:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Na My toe sal My kinders hardloop keer op keer. 
Uitasem sal hul roep: Abba Vader hier is ek weer. 
In volle liefde sal Ek My aangesig na hul keer. 
Teen My Vaderbors sal Ek hul vashou-baie teer. 

Wat ookal in hierdie tye op die aarde gaan gebeur. 
Angstig hoef My kinders nooit oor My afwesigheid te treur. 
My beskermende hand sal My kinders nooit nie hoef te verbeur. 
Al wil satan alles voor die voet verskeur.

Die son en die maan, ja, die lugruim sal homself met bloed inkleur. 
Die oseaan sal al wat vasteland is in woede verskeur. 
Waar majestueuse berge hul staanplek vir ewig gaan verbeur. 
Sal lawa die buik van die aarde wreed oopskeur. 

Na My toe sal My kleintjies hardloop weer en weer. 
Uitasem sal hul roep: Abba Vader hier is ek nog ʼn keer! 
In volle Liefde sal Ek My Aangesig na hulle keer. 
Teen My Vaderbors sal Ek hul vashou baie teer. 


Openbaring 192 
Korrupte regeringsbeheer.

Woensdag 19 Desember 2007 14:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die wêreldpopulasie is in twee groepe verdeel. Die kleiner groep 
wat die massas die heeltyd wil beheer. Soos ʼn parasiet wat die 
heeltyd op sy gasheer teer. Moet almal swoeg en sweet onder 
korrupte regeringsbeheer.

Word konings en regerings vir mekaar nou oor en weer kwaad. 
Is dit die slaaf en dwaas wat sy eie lewe moet versmaad. Met sy 
lewe moet hy lojaal nou met sy bloed betaal. Vir ʼn mensgemaakte 
koning moet hy nou in die graf afdaal.


In ronde raadsaal sit alewig die regerings meneer. Self gesalf met 
goud en olie het hul hulself besmeer. Vanuit die geskiedenis kan 
die mens nooit nie iets leer. Op slaaf en dwaas- dit is waarop die 
konings nog altyd teer.


By My kom die verdrukte dikwels hul lot beklae. Van My wil hulle 
weet hoekom is die lewe tog so swaar. In bloed moet hulle vir hul 
brood betaal. Die bietjie wat hul spaar kom die staatskas nog uit 
hulle haal.

Die wêreldpopulasie is in twee groepe verdeel. Die regeringsgroep 
gaan Ek met Goddelike mag uitmekaarskeur. Die parasiet gaan 
geen gasheer hê om meer op te teer. Deur vraat- en hebsug het 
hulle alle mag verbeur.

Losbandig gaan die meerderheid nou wees in hulle vryheidsgees. 
Elke een gaan nou sy eie koning hier wil wees. In die dood en 
chaos wat nou oral gaan heers. Gaan elke goeie mens vir sy lewe 
vrees.

So sal die kwaad met sy swaard teen kwaad kom staan. Die 
lewe sal hulle woedend uitmekaar uit slaan. Apart sal My getroues 
verbaas eenkant rondstaan. Na veiligheid sal My heilige engele vir 
hul ʼn weg oopbaan.

Met rentekoers en goud sal regering vir oulaas wissel en deel. Met 
ʼn wêreldoorlog hul mag voor alle oë uitspeel. Vir oulaas word die 
kaarte vir die laaste maal gedeel. Ek Self kom vir ewig hul lot vir 
hul verseël.



Openbaring 193 
Die sakgekledes of Ek?

Donderdag 20 Desember 2007 09:50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Soos reeds genoem in ʼn vorige openbaring aan jou is die 
verskyning van die twee getuies en in die besonder die 
manifestering van Elia vir die meerderheid van die eindtyd 
gelowiges meer belangrik as die neerdaling van My Gees in 
hulle harte asook My Persoonlike Wederkoms self.

Menigeen beskou homself dan ook as die gemanifesteerde 
persoon van een van hierdie twee getuies en so is die 
boodskapper besig om ʼn baie meer prominente plek as die 
boodskap self in te neem.

Soos soveel maal tevore deur soveel eeue en omstandighede 
asook soveel male in julle eie persoonlike verhouding met My 
moet Ek, die veronderstelde Meester van julle harte, opsy staan 
sodat julle persoonlike voorkeure voorrang kan geniet. 

So word die veronderstelde Blye Boodskap van: “Kyk, ons 
Meester en Verlosser kom!” met die volgende vervang: “Kyk, 
die voorlopers, ja, die sakgekledes kom!”. 

Wee aan hierdies wat so op die wederkoms van die boodskappers 
fokus sodat hulle die Blye Boodskap mis. Volgens die begeerte 
van hul hart sal die boodskapper met sy oordeel hul deel word 
terwyl die Blye Boodskap self hulle sal verbygaan.



Openbaring 194 
Visioen van die draak.

Donderdag 20 Desember 2007 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn visioen het ek die volgende gesien: 
’n Sagte ronde draakliggaam waaruit twee lang gespierde 
nekke gegroei het. Elke nek het ʼn sterk kop voortgebring. 
Hierdie draakkoppe was oortrek met staal skubbe en toegerus 
met dodelike tande. Hierdie twee koppe van die een draaklyf het 
ʼn bloedige stryd met mekaar aangeknoop. Die een drakekop het 
die ander oorwin. Terwyl die oorwinnaar weg gewaggel het het 
die ander- oorwonne kop, aan sy eie nek agterna gesleep. Dit het 
die draak geweldig gehinder en teruggehou. 

Om van hierdie las ontslae te raak het die ‘lewende’ kop met sy 
tande die ‘dooie’ kop se nek begin afkou. In die proses het die 
draak soveel bloed deur die ander nek verloor dat die oorwinnaar 
ook dood op die grond geval het. 


Verklaring
In benoudheid het ek vir ʼn verklaring van hierdie verskynsel 
gevra en die volgende antwoord ontvang: Rusland, Iran, Korea 
en nog ander Arabiese lande en Oosterse lande, asook sommige 
Afrika lande sal in ʼn bondgenootskap gaan. As ʼn magtige 
wêreldmoondheid sal hulle die Westerse moondheid ʼn noodlottige 
nekslag toedien. Maar in die proses sal hulle self ondergaan. 



Openbaring 195 
My ware kinders.

Vrydag 21 Desember 2007 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer r
’n Opdrag het Ek in My ware kinders se harte laat ontvlam, om tot 
ontwaking in liefde vir My te ontbrand. Gehoorsaam aan My Stem 
sal hul wêreldwyd as My ware volgelinge opstaan. Toegerus met 
Goddelike Wysheid en krag sal hul bly staan, terwyl die hele 
wêreld val. Vreesloos en dapper sal My kleine bataljon die 
antichris en sy bose gevolg verstom. 

My swaard van Vergelding se geheim sal in hul onttrekking vanuit 
die wêreld wees. My Gees van Wysheid, Voorspoed en Welvaart 
was vir die wêreld in die bloedlyn van Jakob gewees. Daarom sal 
Ek in hierdie tyd van verwoesting aan Esau sy erfporsie as 
brandoffer teruggee. 

’n Wêreld wat in chaos sal muit sal alles wat die beskawing bied 
in waansin buit. Dit wat hul nie vir hulself sal kan toeëien sal as 
rookwolke die wêreld vol verskyn. Net soos met Moses van ouds 
sal Ek Myne in skippies van Goddelike Liefde en hoop veilig van 
die wêreld weghou. 

Plekkies van bewaring is daar deur My engele vir hul voorberei. 
Aan die einde van die tyd van vernietiging sal hulle wees My 
enkele dapper kleine menseskaar.


Openbaring 196

My martelare se lied.
Sondag 23 Desember 2007 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
As agtergrondmusiek sal sag die engelekoor as ʼn eenheidstem 
van ʼn volmaakte tenoor geheel die ewigheid met hulle Goddelike 
sang bekoor. In die sagte toon van die langverwagte oorwinnings-
lied gaan alles in My Skepping hulself in ongekende blydskap 
verloor.

Oorwinnend sal hierdie soete klankfrekwensie oorgaan tot die 
hoogste volmaakte Goddelike toon. Verheerlik sal My martelare 
hulself nou kom vertoon, hul klaaglied gaan verander tot die 
blydskapsboodskap van die ganse engelekoor.

Alles in My skepping gaan in stilte verstom, met die woorde van 
die langverwagte nuwe lied wat uit die mond van My maagdelikes 
gaan kom. Ja, op die golwe van melodie en klank met agtergrond 
musiek van engel gesang gaan ons God en Skepper, ja, ons 
Liefdevolle Vader, na alles in sy oneindigheid toe kom. 

Deurdring van hierdie soete heilige klank gaan elke Sionskind 
van God tot sy persoonlike volmaaktheid kom.



Openbaring 197 
Met Kerslied en kandelaar.

Dinsdag 25 Desember 2007 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In My Naam Het Mammon vir homself ʼn geboortedag uit die 
kalenderjaar gaan haal. Vanuit die industrie het hy vir homself 
ʼn seun met die naam ekonomie gebaar.

ʼn Feesdag het hy vir die hele wêreld daargestel om 
handelsgoedere voor gierige Christen-oë uit te stal. Elke geloof 
wyd en syd sal hierdie dag met oorgawe uitbuit. Laggend word 
die Christendom nou van swaarverdiende geld gemuit. Met 
Kerslied en kandelaar, ja met heidense gebruik speel menig 
christen gelowige op hierdie dag die vrolike martelaar.

Plastiek engeltjies wat saam met klokkies van boompies hang 
herinner aan kinderkoppies wat vir Nimrod as geskenkies van 
boompies hang. ʼn Dag van kerse, ja, ʼn Kersdag om My geboorte 
te bepaal is nêrens in My Woord deur ʼn pen verhaal.

Vir jul het Ek dié boodskap gelaat; kom dikwels bymekaar 
en herdenk My dood met die breek van die lewende Woord. 
Verlossend sal My geboorte in baie harte geskied. Die 
geskenkies wat julle nou aan vele sal bied sal tot die ewige 
lewe vir hul geskied .ʼn Feesdag sal elke dag van die ewigheids-
kalender nou wees. Glansend sal My heilige Naam as versierings-
kroon op elke koningskind van My nou wees. 



Openbaring 198 
Hoogmoedige diamant.

Woensdag 26 Desember 2007 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Hoe betowerend ookal die kleure straal van die mees volmaakte 
diamant, deur die regte hittegraad verdamp die hardste kern tot 
ʼn nuttelose koolstofdamp. Die prag van sy illusie is geleë in die 
digtheid van dit wat nooit nie was. 

Ja, van alles wat is en was bly daar net soos met ʼn uitgebrande 
diamant net ʼn nuttelose koolstofdamp. Begeer daarom nie 
daarna om soos ʼn vonkelende harde diamant, strale van die 
grote son op te kan vang om in hoogmoed ʼn ydelheidstraal 
oor ander siele te laat ontbrand. 

Streef liewer daarna om soos ʼn nederige fakkel in ʼn stikdonker-
nag vir ander ten koste van jouself uit te kan brand. In die sagte 
hitte en gloed van hierdie sterwende liefdeslamp sal trots die 
Bruidegom Sy bruid vir alle tye kom haal en soos ʼn lewende 
Liefdes Son sal sag Sy Volmaakte, Vonkelende Straal oor haar 
in Goddelike Liefde ontbrand. 


Openbaring 199 
ʼn Goddelike Trofee

Donderdag 27 Desember 2007 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die grootste wedloop van die tyd is nou aan die gang en as ʼn 
Goddelike trofee is dit Ek as die Seun van die Mens wat die 
wenners self gaan vang. Die beste atlete vanuit die ewigheidstryd 
neem nou deel aan hierdie wedloop teen die tyd om die wenstreep 
voor die eindtyd te kan bereik. 

In hierdie stryd, stamp en stoot ewigheidsvriende mekaar 
meedoënloos vanuit hul pad. Ja, die mens wat God in hierdie 
eindstryd van die tyd so graag met hierdie wedloop wil bereik 
behoort sonder enige voorbehoud in ware liefde te halt om ʼn 
medeloper in sy val ʼn helpende hand uit te kan reik. 

In plaas hiervan sal menig naelloper in sy haas sy naaste brutaal 
vanuit sy wedloop pad uitstamp. Die wenner van hierdie stryd wat 
oorwinnend oor die wenstreep gaan pyl, gaan verbaas tot stilstand 
kom omdat Ek hom nie as die wenner gaan vang. 

Haastig sal Ek hom verbygaan waar Ek die verloorder in sy moeë 
stryd tegemoet sal gaan daar waar hy swig onder die gewig van 
gevalle mede naellopers waar hy hulle na die wenstreep toe dra. 

Seëvierend sal Ek sy moeë hand as die oorwinnaar draer van 
sy kruis omhoog hou as die volmaakte wenner van die eindstryd


Openbaring 200
My nederige groepie.

Vrydag 28 Desember 2007 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Na ʼn kleintjie wat dink hy is groot en wys, na hom sal Ek glad nie 
kom. Maar ʼn grote wat dink voor My is hy maar baie klein na hóm 
sal Ek in hierdie tye kom. Om in grootheidswaan pronkerig in My 
Naam vir eie voordeel groot te wil praat vir hulle het die tyd van 
baie praat nou min geraak. 

Reeds is My aartsengele besig met hul taak om Myne vir die groot 
dag van alle dae vir die laaste oorlog bymekaar te maak. Een vir 
een sal Ek hul wêreldwyd vanuit groot en kleiner groepies as My 
Gideonsbende bymekaar laat maak. 

Verbaas sal die hele wêreld staan wanneer hul God se nederige 
groepie sonder enige wapens met leë hande sien staan. Vanuit 
kreupeles en lammes, ja, ook eenvoudiges van verstand, daaruit 
sal die grote krag van God na hierdie wêreld kom.

Met atoombom en kernkrag, ja, ʼn eenheidsweermag van 
ongekende krag daarmee sal satan My nederige groepie 
minagtend mee betrag. Hemelwesens gaan as stille getuies 
die finale slag betrag wanneer nederig My groepie in stilte 
en gebed ʼn hele wêreldmag in die stof gaan laat val.