.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1601 
Hoe lank gaan tyd nog hou.
Vrydag 9 Desember 2011 07:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met die vyeboom wat bot en ʼn wêreldpopulasie so lou, ja met die skrif aan die muur met gemeentes wat hierdie Waarheid uitjou met ʼn graf klaar vir die goddelose gegrou vra ek O’ Elohim, hoe lank die tyd dit nog gaan hou en God antwoord: dit is vir My om te weet en vir jou om te aanskou.  

Met die ratwerk van die tyd so uitgewerk dat dit nie meer veel langer kan hou terwyl 
die mensdom so gruwelik op elke gebied verbrou met satan wat so seëvierend as oorwinnaar lag in sy mou terwyl die konings op die skatte van die aarde vertrou- 
so vra ek O’ Elohim, hoe lank die tyd dit nog kan hou en God antwoord: dit is vir 
My om te weet en vir jou om te aanskou. 

Met Babilon seëvierend in haar hoerery en ontrou wyl ook die troue maagde nou langsaam aan die Waarheid begin kou wyl hul murmurerend begin bely; dit raak moeilik om God te onthou vra ek O’ Elohim, hoe lank die tyd dit nog gaan hou en 
God antwoord: dit is vir my om te weet en vir jou om te aanskou.  

Terwyl die mensdom God en hemel so lasterlik begin uitjou met die groot gruwel wat hul uittartend op die heiligdom hou met ʼn aarde wat haar kontoere in aardbewings nie gaan behou terwyl die see vir oulaas desperaat aan sy grense probeer klou, ja, met ʼn giftige atmosfeer met soveel suur en onsuiwerheid in die reën en die dou met ʼn hemel nou selde suiwer en blou waar dit verander in grys en vaalgrou vra ek O’ God, hoe lank die tyd dit nog kan hou en Elohim antwoord: dit is vir My om te weet en vir jou te aanskou. 

Met die vyeboom nou versorg maar wat in vrug nie wil bot- met nasies op die vooraand van oorlog daar diep in hul rou, ja, met mense wat sê: ons wou nog aan God sweer ons ewige trou maar kyk- in ons liefde was ons vir Hom te lou- so het ons lojaal agter satan en die wêreld aangetou en daarom vra ek nou hoe lank O’ God die tyd dit nog gaan hou en Elohim antwoord my dit is slegs vir My om te weet en vir jou om te aanskou. Staan daarom vas terwyl jy in volle geloof stewig aan My hand vashou.


Openbaring 1602 
Ongure politieke winde.

Vrydag 9 Desember 2011 11:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Daar is politieke winde wat van Oos na Wes- Suid na Noord net waai en waai terwyl 
die duiwel daar krysend soos ʼn pikswart kraai om die blinkende glans van Mammon draai en draai en so lê geheel die wêreld binnekort met nuttelose geld besaai terwyl 
die groot moondhede se koopmanne mekaar verraai om te kan oes waar nie een van hulle ooit sou saai en so krap Rusland nou openlik daar in Amerika se slaai met die dollar daar nou in sy maai is dit te laat vir bykans elke geldstelsel om nou om te draai en so staan die effektebeurs nou binnekort van kop tot tone taai en ook daar in Suid-Afrika vaar daar skepe sonder brandstof in Saldanha en ou Mosselbaai en anderkant die ewenaar vanuit Afrika weerklink daar nou ʼn groot lawaai met niemand meer wat  die regerings van die kontinent wil paai.  So begin die sterk lande om die 
swakkeres se goud vir hulself op te laai terwyl die ongure politieke winde van Oos na Wes daar wild net waai en waai


Openbaring 1603 
Vanuit sewe hoof-dimensies.

Saterdag 10 Desember 2011 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
By die spruit van Krit het Elia probeer om homself te verstaan en sy woorde van wanhoop  het vanuit sy materie in die gees na Elohim opgegaan en sy pleitroep 
was: Wat is dit wat ek nie verstaan en waar kom ek as oergees vanuit my materiële geheueverlies vandaan, ja as ʼn wese het ek nou eenmaal nie spontaan ontstaan maar in my weg in die vlees moes ek om die een of ander rede oor hierdie planeet gaan en ek weet dit is om deur die weg as mensekind die verlossingsplan van Elohim te verstaan en om terselfdertyd Sy Woord- verborge in my- so vry soos ʼn spierwit duif 
in vlug- tot voordeel van ander te laat gaan maar ek is ʼn verstoteling en dit kan ek nie verstaan en so kom die Woord van Elohim en antwoord hom: vir drie tye sal jy hier kom en gaan en eers met jou laaste vertrek hiervandaan sal jy My Raadsplan mooi 
kan verstaan. 

Kyk met jou eerste pelgrimstog deur al die dimensies van tyd en ruimte het jy gekom om in die gevangenis van die materie hier te staan om die konings van jou tyd en daardeur die mense van die tydgleuf oor soveel foute en misstappe te vermaan, ja, jy het gekom om die Baälpriesters in hulle leuen-verleiding te verslaan sodat die suiwer volk van God kan weet dat hulle vas in die geloof moet staan en so sal jy met jou tweede koms vir Myself die weg oop kom baan sodat Ek as Verlosser-Mens en nie as Oordeel voor My suiwer volk kan staan, ja, sodat My ewig lewend Gees soos ʼn duif- ʼn spierwit duif- oor My kan gaan waarna Ek in oorwinning oor die dood die poorte van die ewige gevangenis kan stukkend slaan sodat hy wat aankla, ja, satan, nooit weer voor My kan kom staan.  

So sal jy weer vir jou derde koms as ʼn verstoteling deur die vlees moet gaan om die mense met My Woord te kom vermaan en terwyl ʼn verrotte tydvak om jou sal verbrokkel en vergaan sal jy in jou laaste oomblikke daar My Grote Wil mooi verstaan wanneer die volle impak van die hemeldimensies voor jou oop sal gaan en Sion in al haar prag voor jou sal staan sal jy as My strooijonker haar nader aan My laat staan en jy sal weet Elia, Johannes, Juda wie jy is en was en waar kom jy vandaan om vanuit sewe hoof-dimensies as die kleinste van hul almal as Gabriël voor my te staan.  

So, laat in hierdie tyd die twee olyfbome nou nederig in sak voor die Boom van die Lewe naderstaan en kyk- ook die twee Gerubs wat voor Elohim staan, staan daaroor verruk betraan en terwyl nog vyf hoofengele saam in ʼn volmaakte sirkel om Elohim kom staan met die nuwe Jerusalem wat nou stewig op twaalf pilare staan daar in sy ewige bestaan.


Openbaring 1604 
Vir sestien Desember.
Donderdag 15 Desember 2011 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar staan geskryf- moenie sweer nie, ja, nie by die hemel en ook nie by die aarde 
nie- omdat bogenoemde die hoof van Elohim voorstel en laasgenoemde die voetbank van Sy heilig- aparte voete is, maar laat julle ja- ja wees en julle nee- nee en weet- enige
iets meer as dit is vanuit die hel self gebore. 

Vandag, op hierdie dag van sestien Desember was daar eens deur die voorgeslagte
van hierdie volk ʼn eed gesweer, ja, deur ʼn gelofte was die volgende menslike belofte 
gemaak en dit was dat indien Elohim hierdie volk in die bloedige veldslag wat sou 
volg sou uitspaar- dat hulle, sowel as hulle nasate, die dag sowel as die gelofte- in 
die komende jare wat sou volg, ja vir solank as wat hierdie volk sou voortbestaan 
dit sou herdenk en eer, maar helaas het hierdie gelofte op ʼn paar opregte pogings 
na in ʼn jammerlike- godslasterlike, ja, ʼn liberale versoeningsdag ontaard. 

Maar anders as wat die eenreënboognasie nou hierdie dag herdenk- staan daar
vandag nog ʼn paar bittereinders voor hulle El en laat hul kop in skaamte sak- dit 
nie net vir hulle eie nie- maar ook vir die res van hierdie wêreldvervalle Boervolk 
se tekortkominge en vra Hom om vergifnis vir die laakbare troubreuk teen Hom
gebreek en daarom staan ons nederig en in ootmoed in volle afhanklikheid voor 
U en wil U vra om ons in die donker toekoms wat op ons wag teen ons vyand- die 
bose te bewaar en terselfdertyd wil ons van die geleentheid gebruik maak om weer
opnuut ons trou en lojaliteit in ons nietige swakheid aan U te beloof- maar gedagtig
aan ons vorige mislukte pogings- vra ons daarom aan U- O’ Vader- om ons in ons
liefde en trou teenoor U te versterk sodat ons in volle geloof tot op die bitter einde- 
vir U as U eindtydstryders sal staan en daarom bid ons dat U ons met U volle
Wapenuitrusting  vir die stryd wat voorlê sal klee- om met hoop en geloof
maar bowenal die Liefde- as ewige wenners en dit alleen vir U- uit die stryd te tree.


Openbaring 1605
 
In Sions Liefdes-bot.
Dinsdag 20 Desember 2011 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos ʼn doodsveroordeelde wat bewend staan voor die skavot, ja, voor die poorte 
van Hades met daaragter ʼn afskuwelike donker grot- terwyl ʼn verotte wêreldgees 
my uittartend koggel en spot. Ja met my erfenis uitverkoop soos die wingerd van Nabot- met soveel trane oor ʼn tevergeefse aardse toekoms gestort- as deel van ʼn vertrapte volk se onvermydelike eindtyd lot. 

So sit ek daar in my wanhoop op ʼn ashoop net soos Job- dit midde in ʼn 
gruwelwêreld eens net soos ou Lot- met oral om my die afskuwelike gruwels van genot, terwyl ʼn verlore wêreld seëvierend trots daarin tot hul ewige ondergang begin verrot. In hulle selfmoord sirkel hul nader om die vlam van die ewige dood soos ʼn gehipnotiseerde mot- met satan wat seëvierend lag oor sy dodelike plot. 

So sien ek in die tekens van die tyd die laaste vyeboom nou in volle bot met ʼn nuwe lente wat in die koue winter van ons harte oop begin bot. So swewe die uitverkorenes nou op arendvlerke van Waarheid en Wysheid na die hemele op- om triomferend te kan land op ons ewige stewige Rots en dit is die Liefdesvastigheid van ons enige 
God en kyk in die Goddelike ontwikkeling van ons siel en gees is daar ewig meer 
geen verbod. 

Staan daarom, O’ Sion, nou vanuit jou klaaglied met ʼn nuwe jubellied op- met trane 
van blydskap voor jou Elohim gestort, want kyk- jy is die vlam, ja die nuwe vlam, op 
die heilige altaar- as Elohim se enigste ewige Liefdesgebod. 


Openbaring 1606 
Al sou ek…
Saterdag 24 Desember 2011 08:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Al sou ek die intellektuele vermoëns van Albert von Einstein hê en al sou ek oor die diepe insig van Freud beskik en al sou die profetiese insig van Nostradamus myne wees, ja, al sou ek oor al die bereik- of onbereikbare gawes van die mensdom beskik en al sou ek oor die sterstatus, skoonheid en talent van die mees gewildste akteur beskik en al sou ek meer geld as die Rockefellers, of al die bankiers saam van die wêreld hê ook al sou ek oor die hoogste politieke mag beskik of al sou ek die mees kragtige charismatiese prediker ter wêreld wees of al sou ek kon skilder soos Da Vinci en in my liggaam meer aanskoulik wees as die Mona Liza en al sou ek mooier komposieë kon komponeer as Bach of ʼn globale geloofsverandering te weeg kon bring soos Luther.

Al sou ek ʼn magtiger politikus groter as Obama wees of al sou ek die grootste veldheer ooit gebore wees of al sou ek net in my onmiddellike omgewing die mees suksesvolle wees of selfs net die mees gewaardeerde gemeentelid van my kerk wees of al sou ek ook net die besgeklede modegek van al my kennisse wees, ja, al sou ek ten aanskoue van almal al hierdie oënskynlike groot dinge kon doen terwyl ek in die oortreffende trap tekort skiet aan die nederigheid dan het ek van dit alles niks en staan ek voor Elohim en die hemel naak, wees en alleen en daarom vra ek U, O’ Vader, ontneem 
my eerstens van alle onnodige rykdom, eersug, hoogmoed en mag sodat ek sonder hierdie obstruksies, vir my ʼn onvernietigbare skat in die hemel kan vergader en 
stroop my ook daarom van enige onnodige bose wêreldse intellek wat net vir my 
U hemelpoort sluit en open die deur van Goddelike Wysheid en Liefde sodat ek daardeur- nie net tot voordeel van myself nie- maar ook vir ander kan ingaan sodat ons tesame as liefdevolle naastes die ware doel van die Godgegewe lewe ten volle 
kan verstaan en ons daarom met U as ons Rolmodel as die nederigste en kleinste 
van al U kinders as U persoonlike verteenwoordigers in die nederige geloofsgewaad 
van sak- diensbaar vir U oor die aarde kan gaan en ek daarom kan weet- ek hoef U 
nie soos ʼn nagtegaal met die talent van ʼn engel toe te sing nie maar slegs in my swakke  nietigheid ʼn hand van hulp en bystand na vriend of selfs vyand in nood hoef uit te steek, ja sodat ek kan weet dat ek U juis daar op my trouste dien en ek sal weet- al sou ek sonder die intellektuele vermoëns van al die grotes voor U kom staan- maar gevul is met die innerlike liefde tot U en my naastes- dan weet ek, my nietige lewe op hierdie planeet het sy hoogste doel gedien. 

Ontneem my daarom, O’ Vader, van die alewige sug na rykdom, erkenning, mag of roem en ontneem my van trots en hoogmoed- maar bowenal ontneem my van die eie ek sodat ek diensbaar in die Liefde tot die ewige lewe kan ontwaak.


Openbaring 1607 
Die verloën van die verraad.

Dinsdagaand 27 Desember 2011
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In die verloën van die verraad, ja, in die sameswering van die beraad- daar waar 
mense mekaar toeroep- kameraad- maar waar die waarheid in die leuen ontaard- 
so is die samevoeging daarvan ʼn dodelike konsentraat.

Net soos die val van ʼn volk in ʼn gruwel ontaard waar suiwer bloed in bastersaad ontaard, ja met vooruitgang waarby niemand meer baat. Wat baat in nood jou daar 
ʼn nuttelose maat want kyk almal is nou vir almal kwaad en die wêreld staan sonder enige raad terwyl nasies mekaar in ʼn wêreldoorlog gaan haat- daar weet niemand in die hongersnood ook enige raad. 

In die vooruitgang waarby niemand baat met geen wysheid meer in die silwer baard- wat baat die wysgeer nog sy universiteitsgraad want in die ekonomie se val weet niemand meer raad- terwyl volkere hulle regerings net meer smaad so lê daar binnekort nou die gevalle staat- wat wou luister na uitgediende kommunistiese raad.

In nuttelose kaart en transport sonder huis en haard- daar val die infrastrukture met 
ʼn vaart- met soveel donker kamerade wat mekaar haat, weet niemand meer wie is vyand en wie is maat. 

Ja, in die vooruitgang waarby niemand meer baat- raak in die land van rykdom almal nou kwaad- met nuttelose geld waarby niemand meer baat- waar die geseënde oes in leë are ontaard en waar valse vrede ook in chaos ontaard. Daar leer die mense wat is 
ʼn polisiestaat- terwyl groot rykdomme in armoede ontaard en so val humanisme met 
ʼn dodelike vaart en almal weet dit raak nou baie laat- met satan so seëvierend in sy baie bose kwaad- staan niemand in hierdie wêreld meer vas en paraat.


Openbaring 1608 
ʼn Sterwende land.

Woensdag 28 Desember 2011 01:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Grotesk hardloop Raka met Mammon hand aan hand- hulle struikel en hulle val want beide is mank, ja, daar teen die rooi gloed van die hemelwand- met die son wat sak teen ʼn pikswart maanlose aand terwyl die uurglas leegloop met die laaste sand word soveel siele vir oulaas aan satan verpand. 

So roep daar die pou sy roulied oor ʼn sterwende land- kyk, die skip van voorspoed 
lê onherroeplik gestrand- met ʼn ekonomie wat in groot moeilikheid gaan beland- 
daar fladder in woeste winde- die nuttelose rand- in ʼn geldlose stelsel wie benodig 
nog kontant- met die rekenaar in debiet en krediet nou die bank en wie steur hom 
nog aan die behoefte van die klant. 

Ja, daar in Kammaland se fantasie-illusie-wand, met die wysheid vergaan in die verrotte verstand- in die stuiptrekkings van ʼn sterwende land- daar staan nog net 
ʼn geringe getal aan God se kant- met die eindtyd wat in woeste stormwaters beland- 
wie roep nog aan ʼn drenkeling: gee my jou hand. Ja, niemand roep meer- gebruik 
net jou gesonde verstand want die gruwel-wêreldwysheid is aan satan se kant en 
so staan die wêreldpopulasie nie teen die gruwel bestand. 

In die sterwende rooi gloed van die hemelwand waar die pou sy roulied skreeu oor 
ʼn sterwende land- met die dood wat uitdagend in elke land kom land- daar staan die nasies so hulpeloos siek en ook krank- met oraloor die dood se verottende walglike soet stank- met soveel verlore stemme wat smekend roep- reik my jou helpende hand, maar oral is dit te laat met biljoene wat in Hades beland. 

So lig die hoer van Babilon haar beker en dit is frank- terwyl die heiliges roep: die laaste tyd was toe nie so lank- laat ons daarom onse Elohim daaroor bedank- kyk, 
ons staan veilig daar in Sy Regterkant se flank- terwyl die groot gruwel soos ʼn seekat oor die wêreld rank- sterf daar in die rooi gloed aan die hemelwand die voorspoed van ʼn eens beloofde maar nou- sterwende land.


Openbaring 1609 
Twintig twaalf
Woensdag 28 Desember 2011 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op ʼn aarde met ʼn mensdom met ʼn selfvernietigende verhaal- wat gaan die toekoms 
uit twintig twaalf nou vir homself haal- terwyl die mensdom vir sy eie vele foute moet betaal- waarmee het die verlede die toekoms nie mee opgesaal- met ʼn ongekende duisternis wat op aarde neerdaal- daar buig die kerk steeds getrou voor Mammon 
en Baäl- terwyl hulle satan as die eregas onthaal. 

Met Dagon aan sy- sy staan Zeus as ʼn god van oorlog kolossaal- kyk- hy trou met Venus en ʼn gruwelkind word gebore en dit is afgryslik en kaal so lê dit in die uitwerpsel van Raka se kraal- met Skeba wat smaal; dit is tyd vir Salomo om vir sy Vrymesselaarorde te betaal en terwyl ʼn heilige swarte met sy lewe moet betaal- roep die voorvadergees kermend uit die wese van elke pluraal. 

Ja, met die Ooste wat uitroep dit is tyd om te vas, eet daarom net halaal- kyk die 
Weste moet betaal voordat hulle ons almal uithaal en terwyl die grotes en konings 
die grootste rykdom uit twintig twaalf wil haal- stort in duie die koopkrag van minerale en metaal en kyk- kos op die handelsrakke raak peperduur en ook minimaal- met ʼn planeet wat haarself met groot kataklismes opsaal- terwyl aardbewings, vloedgolf, storms, modderstortings en brande landstreke opmaal- met ʼn groot swart wolk wat oor die aarde neerdaal- kom daar ook droogte en pes en ʼn aartsengel sê: dit is 
bykans die somtotaal- so word ʼn baie belangrike persoon deur ʼn skerpskutter uitgehaal en terwyl ʼn geskokte groot stilte oor die wêreld neerdaal- word al vier 
die perde van Openbaring opgesaal- met die skale wat val terwyl ʼn mensdom vir 
sy foute moet betaal- roep al die kontinente: O’ God- hoe het ons nie gefaal.


Openbaring 1610 
ʼn Woeste wilde golf.
Vrydag 30 Desember 2011 08:45
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos ʼn dronkaard, ja, ʼn alkoholis met ʼn gereelde onaangename nadors verskyn in wrede hallusinasie die dood op die vaalperd as ʼn vors en so lees daar op die internet in onsimpatieke pos, ja oor soveel kataklismes wat die mensdom nie uit wil los- dit rapporteer oor soveel onwelkome dood wat baie ongevraagd verlos en so heers daar ook teen ʼn verminkte kus nou soveel patos. 

Kyk- daar teen die omgedolwe strand- staan daar eensaam ʼn siek albatros, ja, daar tussen dooie vis en lyke daar deur ʼn woeste wilde wrede golf gelos en so het hierdie wilde waterkolos ook vir kilometers die land ontbos- met soveel verrotte seekos minagtend deur die see daar gelos- in ʼn tyd van hongersnood waarom begin die natuur so met kos te mors en waarom verbrokkel oraloor nou die aarde se kors. 

Ja, wyl seevoëls krysend deur die lug oor landstreke vlug daar in hul gros, teen ʼn onheilspellende sonsondergang in ʼn bloedrooi blos- begin die see bitter-grasgroen 
te raak soos mos en die onheil wil die mensdom nie meer uitlos, met hul noodkreet 
wat roep: kyk ons is honger en ons is dors- laat die regerings dit daarom ontgeld
terwyl ons almal skors en terwyl ʼn wilde woeste golf ʼn kusstreek in chaos los- roep
soveel verlore siel; was ek maar net oppad na die hemel as ʼn agteros- maar eensaam
daar tussen dooie vis en lyke- lê ook sterwend nou die siek albatros.


Openbaring 1611 
ʼn Oujaar en nuwejaar skud hand.
Saterdag 31 Desember 2011 19:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So skud die oujaar twintig elf met die nuwejaar twintig twaalf hand en die twee sluit in onheil ʼn hegte band met die nuwe jaar wat fluister: kyk- vader tyd raak oud en seniel sonder verstand en so raak dit tyd dat alles bestaande nou sporadies tot as gaan verbrand- sodat ʼn nuwe tydvak tot voordeel van voortbestaan moet ontbrand en daarom gaan die wêreld nou op elke gebied in die moeilikheid beland. 

Terwyl die oujaar nou sterwend-wankelend staan na sy einde se kant met ʼn nuwejaar wat skouspelagtig in vuurwerke ontbrand- terwyl dit reeds vroeg in sy bestaan in die moeilikheid gaan beland, ja, kyk- in menig land roer daar reeds die groot opstand- met dorpe en stede wat net so skouspelagtig soos die vuurwerke gaan brand. 

So verswak die ekonomie en plaaslik staan die koper verwese met ʼn nuttelose Rand- terwyl ook die bankiers in groot moeilikheid gaan beland, maar dit is nuwejaar en vrolik reik almal mekaar met goeie wense die hand- hulle jubel en juig en jongmense hardloop onbevange oor die strand en hulle wys na die vuurwerke teen die hemelstand- minwetend wat vanuit ʼn oorlogsruimte op hulle gaan land en so lag en speel die mensdom roekeloos want hulle siel is klaar aan satan verpand. 

So skud ʼn erg verswakte oujaar met ʼn reeds veroordeelde, ja, ʼn verdoemde nuwejaar die hand en kyk- dit is ʼn minuut voor twaalf en die kerke bring ook hul kant- met ʼn klokkespel vanuit die hel ontbrand- met die uurglas wat leegloop met sy laaste sand- so jubel die massas op straat oor ʼn nuwejaar in ʼn reënboog-vaderland- terwyl ʼn oordeelsengel so stilweg ongesiens soos hierdie openbaring in hul midde land en kyk- daar in sy hand hou hy ʼn vuur waarmee hy al die kaf kom verbrand; hy neurie ʼn deuntjie en sing: dit is twintig twaalf en die nasies gaan op elke gebied in die moeilikheid beland- maar dit is nuwejaar en die mensdom reik mekaar dronk en baldadig die hand.


Openbaring 1612 
Ewig bymekaar.

Maandag 2 Januarie 2012 16:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar moedverlore so hoopvol na leë wolke staar- met ʼn moeë gees wat weier 
om iets kosbaar vir sy geknakte siel uit te baar. So ween daar ʼn wese droewig as net 
ʼn verlore geestesbedelaar en so maak dit wenend diep teen ditself beswaar en sê beswaard; O’ God, met my lewe het ek so uiters swak gevaar- en na soveel mislukte pogings is ek nou moeg en klaar. 

Kyk- daar in my soeke na die groot kennis- reis ek van Oos na Wes- Suid na Noord- 
as ywerige pendelaar en so ook in my geloofsoeke reis ek van pool tot pool oor my 
eie ewenaar en ek onderneem ʼn pelgrimstog en deurkruis woord en bybel oor en 
oor om my eie onsekerheid te probeer opklaar en so troef ek as ʼn teenpool ook die noodlot as ʼn onverskrokke dobbelaar. Ja, so deurpriem my oë ook die hemelruim 
en ek wonder waar is U en of my siel ook eendag na U op sal vaar- maar die sterre knipoog geheimsinnig oor duisend ligjare heen en laat my vraag onbeantwoord daar. 

So probeer ek maar lighartig om in my grondgebied rond te baljaar- waar ek maar weereens faal want in my land daar heers seëvierend die moordenaar en maak ek 
met my arbeid daar iets bymekaar- behoort ook dit maar net weer aan die plunderaar. 

So besluit die mens sy ewige geluk en voortbestaan skuil in twee- daar in die paar en hy begin om sy liefde vir ʼn vrou te verklaar- sodat dié sy d.n.a vir die toekoms uit kan baar en so kom daar toe ook die ooievaar en die mens raak oor sy kind se toekoms nou eers erg diep beswaard- omdat hy nie weet hoe om die geheim van die lewe vir 
sy kroos op te klaar en so besluit daar nou die ywerige ouerpaar- om die kerk vir 
hulle ewige toekoms binne te vaar en terwyl die mens met leë oë na predikant en preekstoel staar- daar wil die vrees oor ʼn ewige dood nou minder as ooit bedaar. 

Dit is hier waar die sondaar se hart nou angstig glad nie meer wil bedaar en waar moedverlore nou weer so hoopvol na leë wolke staar- terwyl sy hart hom nou met geweld by Elohim wil skaar en so lewer in tweegesprek siel en gees nou elk hulle kommentaar en besluit saam- kom ons staan die lokstem van die wêreld teen as 
een, ja, so bymekaar- sodat die swakke siel nou al die werke van die duisternis 
kan laat vaar, ja sodat Elohim se Goeie gees die Waarheid in die gemeenskaplike 
hart uit kan baar. En wyl die wese weer so verlangend na die sterre staar- begin 
hy die oneindigheid as die ewige lewe in sy eie hart te gewaar en terwyl die vrees 
vir die onbekende en die dood in sy hart begin bedaar- begin die moedverlorenheid 
vir ewig voor God se Lig op te klaar en so roep daar nou blymoedig ʼn eens sondaar, kyk- my Elohim en ek is in siel en Gees- daar in my eie kleine hart vir ewig bymekaar.


Openbaring 1613 
ʼn Gruwelfees.
Woensdag 4 Januarie 2012 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met ʼn vlymskerp lem wat bloeddorstig slag lê daar gestorwe nou ʼn pikswart bees 
en so val daar nou dolosbene en ʼn toordokter roep homself hees en so antwoord Ubuntu daar in die voorvadergees en swart en ook wit- staan saam as een donker gruwelvlees. 

Hulle sing en hulle dans en vier hulle eeufees en daar is nie een van hulle wat Elohim werklik respekteer of vrees en terwyl hulle dink dat almal hulle moet eer en vrees- kom daar vanuit die geestesrealm ʼn gedonder met Elohim se Stem na die aarde gekeer. 

Kyk- Sy engele werp dodelike onsigbare pyle neer- om nasies en volke te verstrooi 
en om alles om te keer, ja, om hulle daardeur te leer- wat gebeur wanneer iemand dit waag om oor Sion te wil triomfeer en dit terwyl sy haarself so swak nie kan verweer. 

So flits daar nou ʼn lem en ʼn bloedstraal word na die aarde gekeer en terwyl die aarde in Afrika-ritme pols en vibreer met tromme wat slaan word Ubuntu nou uitbundig geëer en so word alles Kaukasies nou vir oulaas besweer en dit terwyl ʼn gruwelgeslag God so lasterlik tempteer. 

Ja, Elohim se gesig word nou genadeloos na die aarde gekeer en sidderend val ʼn 
paar heiliges op hul aangesig neer- omdat hulle weet niks kan meer die oordeel van die Allerhoogste oor hierdie wêreld wegkeer- sing daarom, O’ Sion nou tot jou Elohim se eer- want kyk- Sy Oordeel maak ontelbaar menigtes in twintig twaalf- oneindig baie seer.


Openbaring 1614 
Wie…
Vrydag 6 Januarie 2012 15:10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarom dink leiers hul beskik oor goddelike mag- 
terwyl hulle hart vir die onderdruktes nie versag. 

Wee daarom die wat Elohim se kinders nou bind- 
hulle het reeds hulle ewige plek in Hades gevind.

Wie luister so oplettend na die jakkals se gelag- 
wie skrik so onnodig vir die reeds dooies se krag.

Wie voer die heerskappy oor die water en wind- 
en wie kan die groot golwe van die see vasbind.

Wie bepaal die stikdonkerte, ja van die laatnag- 
en watter koning het die mag oor die helder dag.

Wie besluit wat die groot brande moet verslind- 
en hoe verduidelik jy die kleur aan iemand blind.

Wie beheer die krag van die aardbewing se slag- 
en wie beveel die dood om eers ʼn bietjie te wag. 

Wie verstaan hoe die heelal sy wentelbaan vind- 
en waarom ʼn swart gat dit teen sy einde verslind.

Wie verstaan werklik die vloedwater se groot krag- 
wie verstaan die seer traan in ʼn laksman se lag.

Wie besluit hoeveel die dood in pes gaan verslind- 
ja en wie almal in die groot oordeel moet ontbind.

Wie bepaal die seën van die vrugteboom se vrag- 
en wie bepaal die jong leeuin se suksesvolle jag.

So dink konings hulle beskik oor goddelike mag- 
terwyl hul hart vir die onderdruktes nie wil versag.

Laat die goddeloses daarom feesvier, eet en drink- 
met hul oë wat so gierig en bloeddorstig kan blink.

Kyk- daar kom ʼn dag- van groot Goddelike Krag- 
waar die wat laaste lag so oorwinnend gaan lag.

Want kyk- daar waar die karkas so lê en stink- 
daar het die gruwelregering van die wêreld gedink.

Wie luister so oplettend na die jakkals se gelag- 
en wie skrik so onnodig vir die reeds dooies se krag.


Openbaring 1615 
Foute uit verlede en hede.
Saterdag 7 Januarie 2012 15:42
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Daar in die geskiedenis in ʼn baie ou argief, was daar eens ʼn man- sy naam was 
Piet Retief en kyk daar was ʼn wet van God wat hom baie sou grief, ja, ʼn wet wat 
sê; behandel jou vyand met die banvloek baie stief en neem daarmee saam ook 
verlief- met jou vyand onderhandel jy beslis nie, definitief. 

Maar Piet Retief meen toe hierdie wet is heeltemal te apokrief en hy neem toe ʼn transaksiebrief na Dingaan met ʼn baie groot asseblief en hy onderhandel en sê: 
kom ons wees saam so konstruktief en hul vlei daarmee ʼn grote moordenaar en 
ʼn dief en Dingaan speel die spel en sê: ook ek het jou kamma baie lief- kom bêre 
nou jou wapens asseblief en kom sit hier in my kraal vir jou ontspanningsgerief. 
Maar skielik raak die impies toe baie aggressief en terwyl Dingaan se stem deur 
die atmosfeer skeur met ʼn klief, ja, met woorde van- maak dood die towenaar 
want hy is die dief. 

So, waarom is dit dat hierdie inligting die liberalis net nog nooit kon grief- is dit dalk omdat die lafaards hulle daardeur nie wil laat verontrief- want net soos Retief- kruip hulle voor hulle selfaangestelde onderdrukkers met ʼn nederige ‘groot asseblief’ en 
die vyand speel die spel en sê: deur julle valse kerke is ons almal vir mekaar mos 
baie lief- daarom ontwapen ons julle, vir ons eie gerief en ons vier ons fees en behandel die wit ras baie stief, ja, deur swartbemagtiging verloor jul- jul bates en jul werk nou so definitief- so tap ons jul bloed uit ʼn klip en beveel- raak bietjie meer konstruktief en gebruik julle Godgegewe inisiatief en raak daarmee tot ons voordeel nog meer kreatief en sodoende ook baie meer produktief en lei so terwille van julle oorlewing nou nog meer groot ongerief- want jul kerke leer julle mos- wees vir julle vyande met teerheid tog so baie lief en maak vir julle staan as ʼn rolmodel ʼn man soos Piet Retief en terwyl julle geweeklaag deur Suid-Afrika se ruimtes klief- moenie dink Elohim neem met die liberalis se jammerlik asseblief, ja, met sy negatiewe klaaglied, nou enige verlief- en so raak ook hulle ondergang en dood nou net vergeelde data 
in ʼn baie ou argief.


Openbaring 1616 
Dood in duisend kataklismes.
Sondag 8 Januarie 2012 14:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl sonbesies sing en brommers brom met ʼn aarde verskroei onder die hittestrale van die son en selfs die aandblom verwelk staan daar in sy blom en die doringboom so verdor- sy wonde nie kan heel met sy eie gom. 

So klink daar vanuit die buik van die aarde ʼn diep gegrom en die nasies staan oor 
al die kataklismes diep verstom- want kyk oraloor daar verbrokkel nou die beton 
en ʼn engel roep: O’ waar is nou jou gebede O’ Christendom en waar is al jou eens onverbeterlike infrastrukture O’ Jodedom en waarom staan julle nou daar so weerloos om en dom, dit terwyl julle- jul oor nog vele meer gaan verstom en wat baat daar nou 
al julle skatte en julle goud daar by die ton- want kyk- daar op julle verre horison daar verskyn die eerste stof van ʼn wêreldoorlog aan die kom.

Ja, die engel roep: O’ Afrika, ook jy moet omkom- luister na die sonbesies wat sing 
en die brommers wat brom en kyk daar in jou hongersnood waar miljoene tevergeefs saamdrom, ja, jy was verwaand maar nou staan jy stom- met geen vriende wat daar 
tot jou redding kom en so staan daar in jou midde ʼn Luiperd wat kwaadaardig grom- terwyl die dood in duisend kataklismes na jou toe kom.

Net so sal die dood as ʼn wraakgierige Draak daar in die Ooste staan terstond- met aardbewings en tsunamis reg rondom en terwyl biljoene in vloede gaan omkom- met ook atoombomme wat daar in jou midde oop sal blom en so verwelk ook jy in jou eie as- as jou slotsom en terwyl die sonbesies sing en die brommers brom- verskroei die aarde wreed daar onder die hittestrale van die gloeiende son.


Openbaring 1617 
Staan jou staan.
Dinsdag 10 Januarie 2012 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Al sou die wêreld om jou val om vir ewig te vergaan- terwyl jy weet dit is ook die 
einde van jou bestaan, wees ʼn man en staan vir God jou staan- terwyl jy weet Hy 
is van ewigheid nog altyd jou voortbestaan.

Ja, al sou die einde van die tyd al hoe nader staan en jy dink dat jy van blote vrees 
gaan vergaan- wees ʼn man en staan vir Elohim jou staan- omdat jy weet dat alle tyd 
in Hom stil gaan staan. 

Al staan ʼn skone brose vrou as Jesebel daar met ʼn traan- terwyl jy voel jy is so 
manlik daar verantwoordelik vir haar voortbestaan- wees ʼn man en staan vir jou 
Skepper daar jou staan terwyl jy weet sy sleep jou nie na die hel se poorte saam. 

Al sou ʼn wêreldpopulasie om jou van honger vergaan en net jy het al die mag daar 
oor die laaste graan- sodat die mensdom deur jou mag kan voortbestaan- wees ʼn 
man en staan vir God jou staan- terwyl jy weet die mens kan slegs deur Sy genade 
voortbestaan. 

Al sou die dood dreigend voor jou deur kom staan en hy roep jou luid daar op jou 
naam, ja, met so ʼn wrede heengaan daar vir jou beraam- wees ʼn man en staan vir 
Elohim jou staan terwyl jy weet dat jy ewig deur Hom gaan voortbestaan. 

Al sou die vyand jou ʼn duisend maal verslaan terwyl jy as Elohim se volgeling 
dit nie kan verstaan- dan is dit die tyd om jouself te vermaan- staan daarom vir 
HOM jou staan omdat jy weet dat jy as Sy soldaat daar vir ewig sal bly voortbestaan. 

En al sou ʼn wêreld jou vervolg, ja, jou martel en jou slaan met tronkdeure wat 
daar dawerend agter jou toeslaan- wees ʼn man en staan vir God jou staan- want 
weet jou Selmaat is Elohim Self wat daar langs jou staan. 

Ook al sou ouderdom of siekte kom om jou nou so weerloos om te slaan- terwyl 
jou lewenstyd daar treurig begin wegtaan- wees ʼn man en staan vir God jou staan- 
omdat jy daar in Sy ewige Jeug en Gesondheid voort sal bestaan. 

En al sou al die kataklismes gelyktydig in chaos om jou ontstaan en jy weet dit is 
die tyd vir die aarde om te vergaan- is dit nou die tyd om daar moedig op te staan- 
so, wees ʼn man en staan vir Elohim jou staan en weet blymoedig dit is die tyd vir 
die nuwe aarde se ontstaan. 

Al sou jy voel dat jy as ʼn vrou altyd net nederig onderdanig eenkant toe moet staan- 
terwyl ook jy deur dit alles jou man moet staan- wees ʼn vrou- maar staan vir Elohim 
jou staan en weet dit is die tyd vir vrou en man om as gelykes voor HOM te staan.


Openbaring 1618
Die eie oordeel.
Woensdagaand 11 Januarie 2012
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar staan ʼn engel met sy een voet op land en die ander op see- maar so staan daar ook ʼn Engel met een voet op aarde en die ander in die hemel geleë wat soveel siele van hierdie kant na daardie kant oorgee en so kom daar elke oomblik siele aan wat 
van hier na daar oor tree en so word daar ʼn paar vrae deur ʼn ander Engel aan hulle deurgegee, ja, daar word gevra hoeveel liefdestyd is daar aan die naastes bestee 
en ook hoeveel brood is daar aan die armes gegee. 

Daar word gevra hoeveel hegte vriendskappe is op aarde gesmee en hoeveel 
daarvan is deur die tyd goed beleë en hoeveel gee onder twisgierigheid weer daar mee. So borduur die Engel voort en vra hoe sterk was die voete daar op God se weë en hoeveel keer sê die sondaar vir al sy versoekings nee, ja, Hy wil weet- was die mens doelgerig op die goeie smal weë of gaan hul daar toe plesierig voort op satan 
se breë. 

So vra die Engel; voel die siel nou oor sy aardse lewe so effens al verleë of geniet hy die sondige gedagtes daarvan nog terdeë, ja, soveel dat hy elkeen daarvan weer sal wil oortree en so poog menig siel om nou opreg te antwoord "nee" maar hulle weet hul staan ontbloot en kan daarom in die leuen nie meer oortree. 

So vra die Engel- het die sondaar vir sy vergifnis opreg voor die Verlosser aangetree of doen hulle na hulle flou pogings maar weer met al hul sondes mee, ja, die Engel wil weet- het jy jou hart in opregte liefde aan jou Elohim gegee of was al Sy genade maar net weer by die agterdeur uitgevee, dit terwyl die mens weer so gretig agter elke satans aanbieding aan sou tree terwyl menigtes tot hul eie gerusstelling deur hul kerke met die bose ʼn hegte band sou smee. 

Die Engel vra nou deurdringend hoeveel maal gee die nederigheid ook nie onder die hoogmoed mee en hoeveel keer staan die mens nie Elohim se goeie ordes teë en so begin die oordeel in menig siel nou self na vore tree- terwyl die afgestorwene homself aggressief aan ʼn duister dimensie oorgee- terwyl hy smalend voorgee dat hy hieroor niks omgee en so is daar elke sekonde ʼn siel wat ditself vir ewig aan satan oorgee.


Openbaring 1619 
In ontroosbare verlange

Donderdag 12 Januarie 2012 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met soveel heimwee in ontroosbare verlange- om net ʼn oomblik te kan deel 
in die heilige lofgesange. Maar verlore in oneindige eindelose dimensie-gange weerklink daar in eggo biljoene verlorenes se weeklaag teen Hades se seepgladde kranse en hange. So kleef daar soveel ewig tevergeefse trane op nat wange- met al 
die gevallenes in hulle val daar vir ewige bevange- wyl hul desperaat weeklaag oor 
hul eens menig hardnekkige drange- waar hulle eens so argloos nie kon omgee oor hulle ewige salige belange. En so verswelg daar in die hel se poorte en Hades se vuil duister oneindige gange- soveel siele in hul heimwee, ja, daar in hulle ontroosbare verlange.


Openbaring 1620 
Streef na Wysheid en nederigheid...
Dinsdag 17 Januarie 2012 11:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die sagte gekoer van ʼn duif- ook daar waar sy vlerke so kragtig deur die ruimtes wuif om sekuur soos geen ander gevleuelde na sy nes in die verte te skuif. Ja, op 
die deemoedsvlerke van die spierwit duif is die Grote Gees van Elohim na die Seun van die Mens verskuif en salig is daarom elke sondaar wat sy siel ryklik met die Gees van Jashua bestuif. 

Vanuit die ark vlieg daar eens ʼn pikswart kraai wat sy woning vir die vryheid van die natuur sou verraai, maar so is daar ook eens die kraai wat getrou dit self met brood 
na Elia- tot sy oorlewing sou draai- maar so was daar ook ʼn kraai wat die oë van ʼn skelm bakker vir homself as voedsel sou maai. So, weet- in die skerpsinnige intelligensie van die kraai- daar kan die mens as ʼn voorbeeld vir homself tot ʼn geestelike belegging gerus in gaan saai. 

Daar waar die arend en die valk tuimel en val vanaf die hoë kranse in ʼn pragtige 
dal- met so sekuur hul oë op hul prooi daar in hul val- daar weet hulle in hul wysheid, hulle kan en hulle sal en kyk hoe kragtig verskeur hul- hul prooi en verwyder die bitter gal voordat hulle dit uitlokkend voor hulle kuikens gaan uitstal. Ja, soos die Wysheid op die vleuels van die arend uitgestal- so moet die mens ook streef na die Wysheid- geheel daar met sy al. 

Die een se dood is die ander se brood en daar waar die aasvoëls daar hoog in die lug as swart spikkels om en om draai- daar weet almal die stank van die aas, ja, die verrotting van die dood word op lugstrome na hierdie adelaars geblaas en net so sal die dwaas dit ewig altyd na die lokstem van die wêreld en die sonde haas- maar aan die einde van hulle bestaan- staan hulle verontskuldigend oor hul ewige verlore dimensie hoogs verbaas. 

Kyk na die mossie- word twee nie vir ʼn stuiwer tevergeefs na die mark gebring omdat niemand hierdie waardelose voëltjies na hulle huis toe wil bring- maar tog word hulle oral gevind daar waar hulle so vrolik wip om agter ʼn nederige kossie aan te spring en ook daar word hulle lof selde of ooit besing. So word ook nie een van hulle ooit as eksoties na die goue kou van ʼn koning gebring- maar kyk- nie een van hulle is ewig ooit voor God gering- weet daarom, die nederige word aan die einde van sy lewe- in die arms van ʼn Engel na Elohim gebring.


Openbaring 1621 
ʼn Uittartende mensdom se Oordeel.

Woensdag 18 Januarie 2012 04:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met die veldlelie wat verdor staan in sy kelk met nêrens tot die wêreld se redding 
daar ʼn ware held, terwyl in hittegolwe die teerstrate oraloor begin te smelt en bos 
en boom daar op die ewenaarsbelt stadig maar seker tot ʼn vaal-grys begin verwelk. 

Ja, met ʼn mensdom wat daar in die bloedige sonstrale begin verswelg en so roep 
daar nou ʼn engel: dit is die tyd om die massas te begin verdelg, maar kyk- so min 
van hulle voel daaroor ontsteld want hul koop en verkoop en almal soek net geld. 

Maar met Mammon wat in sy laaste stryd en krag dit op elke gebied nou moet 
ontgeld terwyl nasies en volkere mekaar ook op elke gebied probeer uitmelk 
gaan ʼn komende resessie dit in ʼn vreeslike depressie moet ontgeld terwyl die 
volkere mekaar in ʼn vreeslike globale oorlog uit gaan delg. 

So staan graanlande op party plekke verspoel en op ander plekke weer heeltemal verwelk met hongersnood wat geheel ʼn wêreld dit gaan laat ontgeld terwyl in sonontploffings die mensdom in die hittestrale nou regtig begin verswelg en so 
roep daar ʼn engel luid: dit is die tyd om ʼn uittartende mensdom te kom verdelg.


Openbaring 1622 
Die laaste stryd.

Donderdag 19 Januarie 2012 07:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Kyk; die goeie hawer lê eenkant weggegooi en daar eensaam eenkant staan
opgestapel as ʼn brandstapel ook die laaste hooi en net soos onbruikbare kaf word dit deur vernietigende winde rondgestrooi en net so is die uitverkore volk lankal globaal heeltemal verstrooi en so word die laaste lewensgevaarlike waarskuwings nou na die profeet gegooi- met Edom wat sorg daar word oordadig gruwelwyn in elke nasireër se drinkglas gegooi. 

En so staan ʼn valse Christendom en loer bloeddorstig na sy prooi en die 
gruwelkerke bring as offer nie die Eersgebore Ram maar ʼn stokou uitgediende ooi- met die hemelskares wat uitroep; dit is Godslasterlik- dit is voorwaar die heel laaste strooi. Maar hieroor trek die pous sy gesig op ʼn baie lelike plooi- terwyl hy die hoer 
van Babilon vir ʼn baie groot vergadering uitnooi en hy open met ʼn onrein gebed- terwyl ses-honderd-ses-en-sestig bose paddas hulself vanuit sy mond ontplooi en 
wat in een stem kwaak: die uitverkore volk is geheel deur ons mag verstrooi, maar 
dit is tyd om hulle weer te versamel om hulle op die brandstapel te verbrand as hooi. 

Maar kyk, daar is ʼn handvol verseëldes en die dogter van Sion maak haar vir haar Bruidegom mooi en so roep uitbundig nou die hemelskares: sy was van ewigheid 
af die uitverkore nooi en terwyl sy haarself vir die grootste Bruilof nog ooit begin optooi- roep sy na haar suster- die dogter van Jerusalem om haar as haar 
strooimeisie nader te nooi. 

Sy fluister blosend in haar suster se oor en sy lyk op daardie oomblik vir Elohim so oneindig pragtig mooi, ja, sy sê alles suiwer word vir die huweliksfees na die nuwe Jerusalem genooi en elke goue straat daarvan word met heilige blomme bestrooi 
en kyk, ek- Sion, word in die suiwerste wit tabberd nog ewig ooit getooi en jy, my suster, staan daar geklee in suiwer rooi want die liefde in vergewing is oneindig 
mooi en terwyl my Bruidegom my met Sy uitgestrekte Hand nader gaan nooi is dit Dawid, die musiekleier, wat ʼn magtige hemelorkes voor al die hemelskares ontplooi 
en terwyl aparte engele diamante as confetti oor ons sal strooi- word daarbuite alles wat onrein en onsuiwer is- vir ewig in die brandende vuuroond gegooi.


Openbaring 1623 
ʼn Lied wat knaend opduik…

Donderdag 19 Januarie 2012 16:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is iemand wat sing en iemand wat fluit en die woorde van hulle lied wat knaend opduik is, gee my ʼn ou brood of stuk beskuit en kyk ek ruil dit by jou vir ʼn kilogram buskruit en so saam-saam sal ons die res vir ons moet buit en wie is daar wat op die einde die bendes sal kan stuit. Kyk al die konings kom nou bymekaar en daar word namens almal besluit wie is in die oorlewingskring en wie word uitgesluit, ja, vir wie gee ons die nodige hulp en vir wie nie ʼn bloue duit want kyk ons is die konings en niemand kan ons stuit. 

Daar is iemand wat sing en iemand wat fluit en ook die massas word bymekaar gebring om te kan besluit- wie gaan protesteer en betoog en wie gaan muit- laat daarom elke lafaard vir oulaas sy neus uitsnuit en maak vinnig ʼn besluit of anders word julle in die doderyk uitgeskuif. So kom ook kerkrade en predikante bymekaar 
en hulle besluit wie en wat is nog ʼn kandidaat om uit te kan buit- want kyk daar eenkant staan leeg die uitgebuite weduweekruik en die gewershand van Babilon is soos altyd in ʼn vuis toegesluit met predikante wat tot barstens toe vul- net hulle eie buik- sodat die gemeentes uiteindelik sien die kerk had nog altyd ʼn hart van klipharde kluit. 

Daar is iemand wat sing en iemand wat fluit en regerings kom bymekaar om saam 
te kan besluit- oor ʼn derde wêreldoorlogslied wat niemand kan stuit terwyl die valse vredesvors steeds ʼn belaglike vredeskontrak probeer sluit- loer soveel lande met begerige oë na ander se grondstowwe as buit. So kom ook die bankiers bymekaar 
en hulle besluit- wat kry ons op die einde uit dit alles nog as profyt want kyk Mammon het altwee sy voete verstuit en daar is niemand wat hom in sy val kan stuit- met verbruikers wat alles begin opgebruik so hang daar in die finansiële wêreld nou ʼn 
baie aaklige ruik. 

Daar is iemand wat sing en iemand wat fluit- kyk ook die media kom bymekaar om te besluit of hulle hul langer deur regerings gaan laat stuit en of hulle met die waarheid 
ʼn kontrak gaan sluit- want kyk vir die massas se lot voel niemand ʼn duit en deur soveel leuens kyk almal blind deur ʼn pikswart ruit. So kom ook die mediese personeel bymekaar en hulle besluit oor ʼn komende pes wat niemand ter wêreld kan stuit, ja, daar is geen entstof wat hulle daarvoor kan gebruik en binnekort is daar hope lyke met ʼn opgeblaasde buik. So kom ook die wetenskaplikes bymekaar om te kan besluit- daar is niks wat hulle kan doen om al die vreeslike kataklismes te stuit- daarom moet elke siel maar oor sy eie uiteinde besluit. 

Ja, daar is iemand wat sing en iemand wat fluit en die woorde van hulle lied wat so knaend opduik- is, gee my net ʼn handvol ou brood of ʼn stuk beskuit en so saam- 
saam sal ons die res vir ons maar moet buit.


Openbaring 1624 
Hemelbroers se Goddelike Liefde.

Vrydag 20 Januarie 2012 06:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Vir ʼn duisend musiekleiers op die baie ou-ou wysie van Sjiganot.

Luister; daar is ʼn engel wat met ʼn baie belangrike boodskap aanklop en kyk- 
die wêreld val daar met ʼn enorme slag tot hul ewige lot- maar in Sion waar die broederliefde uiteindelik wonderbaarlik begin te bot terwyl hul onverskillig 
staan teenoor ʼn wêreld wat hulle smaad en bespot. 

So staan Jakob daar as Elohim se eie bergtop en as ʼn toevlugsoord vir die 
oorblyfsel- woon Sion daar heel bo-op en daar is geen mag vanuit die duisternis 
wat haar in haar geestelike voorspoed kan stop. 

Maar luister jy, O’ satan- van almal is en was jy nog altyd die heel grootste sot. 
Kyk- in Sions midde staan die engele en een het ʼn ketting en ʼn slot en hulle 
gryp jou binnekort aan jou verrotte- afskuwelike kop en hulle sleep jou na ʼn 
baie diep donker gevangenis-grot, ja hulle doen dit vir Elohim en Sion met ʼn 
baie groot genot.

Vanaf die voortyd is dit geproklameer dat Sion jou, O’ satan, met Migael en Gabr
l
se hulp sal stop- sodat ʼn duisendjarige vrederyk sonder jou inmenging sal kan vlot. So, weet, die uiteinde van satan se ewige oordeels-lot skuil in die groot Goddelike Liefde wat tussen die eindtydgeeste, ja, hemelbroers, begin te bot.


Openbaring 1625 
'n Oordeel vanuit die Suide.
Sondag 22 Januarie 2012 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer

Daar teen die horison in ʼn  bloedrooi onheilspellende gloed- kom daar ʼn visioen oor Afrika vlakte en sy hardloop naak en te voet, ja, heeltemal kaalvoet- terwyl sy wuiwend soos die grasvlaktes die inwoners so morbied begroet. Dit is die koningin vanuit die Suide en in haar oordeel is sy verwoed, ja, so verwoed en sy storm oor die vlaktes soos ʼn vreeslike onkeerbare vloed- met haar asem wat jaag hang dit om haar hoof soos roet, ja, soos pikswart roet- wat miljoene soos brandende lawa in oordeel gaan laat boet. 

So kom sy aangehardloop deur millenniums heen onkeerbaar in haar spoed en terwyl al die elemente vreesaanjaend- rasend om haar woed- weerklink haar stem skril bo die geraas- Salomo ek soek my goed, ja, al my goed. Kyk- oor al die baie eeue heen het jou tempels en infrastrukture mos daarop gevoed so gulsig gevoed- terwyl ek dikwels in my hongersnood voor jou moes staan met my armsalige bedelaarshoed en tevrede moes wees met die krummels van my eie goed, ja, Afrika se goed. 

Daaroor voel die Groot Gees van die oneindigheid oor die onreg in Sy Regverdigheid ook nie goed en Hy stuur ʼn oorblyfsel vanuit Jakob om met Adam se seën ook vir my te voed- maar in my woede vertrap ek hulle en soek oor jou, Salomo, se foute gedurigdeur hulle bloed, ja, hulle aparte bloed en so vertrap ons dit wat heilig is tot niks daaronder ons voet. 

Maar kyk, daaroor staan geheel die hemel teenoor ons nou ook verwoed en moet 
ook ons saam jou onder die groot oordeel van God boet. Maar kyk, ek is Skeba die koningin vanuit die Suide en ek is hier om ook jou deur my eindtyd-oordeel uitspraak te vervloek. 

So, laat die Weste en ook die Ooste weet- God self kom breek nou al die grotes se moed, ja, hul manhaftige maar valse moed en daar is niks O’ konings en grotes wat julle kan doen om dit te verhoed. 

Ja, so kom daar op die horison van Afrika ʼn vreeslike visioen en sy hardloop in haar woede naak, ontbloot en kaalvoet- sy verkondig ʼn oordeel en dit is tyd vir ʼn baie ou wêreldorde om te groet, ja, in die groot oordeel te groet.


Openbaring 1626 
Sodom, Gomorra en vandag.

Sondag 22 Januarie 2012 17:59
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Engel sit droewig en vertel ʼn ou verhaal van weleer en hy 
poog tevergeefs om die laaste geslag iets hieruit te leer. Hy 
vertel dat eens in ʼn vrugbare maar uiters sondige dal- met 
mense van kop tot tone kleurvol getatoeëer. Ja, in Sodom en 
Gomorra met manne en vroue wat net wou hoereer en wat 
mekaar en selfs die heilige engele afskuwelik wou sodomiseer 
en waar almal op hul feesdae mekaar so walglik na willekeur 
kon penetreer- om as bloedoffers die kinders hieruit gebore, 
ja, daarmee- hulle afgode te vereer. 

In hierdie gebied waar bose wette mense na willekeur kon laat 
oortree- was in hierdie land ook die grootste misdadigers as die 
hoogste mense geëer- daarom het die mense hulleself deur hierdie 
boosdoeners laat leer- om alles wat heilig is, skandelik te onteer. 

So was daar ook onskuldige reisigers wat hierdie landstreek 
soms noodgedwonge moes deur en hulle is op elke denkbare 
manier deur die bose bewoners geterroriseer, ja, die meeste 
was beroof en tot die dood toe beseer en sou iemand vanuit 
Sodom se midde tog oor hierdie optrede protesteer- is hulle 
op die wreedste manier deur hulle eie geteer en veer en daarna 
tot die dood verrinneweer. 

Ja, die manne en vroue van Sodom en Gomorra het gehou 
van afskuwelike dierlike seks- ook van bloedskande en wrede 
moorde- van dobbel en speel en deur toordery en heksery het 
hulle mekaar ook wild besweer en so het hulle elke Heilige Orde 
baie wreed versteur en niemand behalwe Lot het hierdie toestand 
diep betreur. 

So het Elohim hierdie gruwels aanskou en dit ten sterkste 
afgekeur en so kom daar ʼn dag en met een oortreding te 
veel word daar vir oulaas deur hulle oortree en daar kom 
ʼn oordeel wat ewig oor Sodom en Gomorra sou triomfeer. 
Kyk, die aarde skeur oop en alles sink weg sonder dat die 
mense daaroor kon protesteer- deur vuur, swael en soutsuur 
word hierdie gruwelstreek gesteriliseer en hierdie eens 
vrugbare landstreek word tot die dooie see gekastreer- waar 
soveel gevalle geeste daaronder vir ewig sit om tevergeefs 
oor hulle lot te murmureer. 

En so sit ʼn engel droewig en vertel ʼn ou ware verhaal van 
toeka se weleer, ja, van die gruwels wat eens in Sodom en 
Gomorra oor ʼn beperkte gebied sou gebeur en hy sê; dit is 
niks in vergelyking wat huidig oor geheel die aarde gebeur, 
met ʼn mensdom wat hulle nie in die minste aan die 
eindtydwaarskuwings steur- terwyl hul oordadig voortplant 
eet en drink- koop en verkoop- verkrag en vermoor- terwyl 
hulle in die oortreffende trap hoereer en sodomiseer- mekaar 
ook verkrag en vermoor en so nader die tyd dat die aarde haar 
oraloor oop gaan skeur om met enorme hael, storms, vuur, 
swael en suur asook atoomkrag- haarself weer te sterliseer.


Openbaring 1627 
Tekens en betekenis.
Woensdag 25 Januarie 2012 14:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Iemand word gebore en iemand sterf- met beide wat gelyktydig na die lewegewende 
asem snak en terwyl die een asemhaling versterk met die ander wat vinnig verswak 
beweeg die einde van ʼn ontwikkelingstydvak in ʼn nuwe dimensionele vlak. 

So profeteer ʼn profeet- die tyd beweeg nou vir die heiliges teen die tempo van ʼn 
slak- daarom wil die profeet nou weet- vra ek daarom vir ʼn skaal wat val of vra ek 
dalk vir nuwe seën op ʼn baie hoër vlak. Maar op hierdie vraag ervaar die profeet 
nou die grootste ongemak en so verskyn daar as tekens voor sy aangesig ʼn 
tweespoor stowwerige grondpad, met reg in die middel daarvan ʼn opregte 
hond en daarnaas ʼn verflenterde basterbrak- terwyl ʼn donker wolk van 
bloedsuiende luise op beide toesak wat altwee, op ʼn enkele kaalgevrete been 
van die opregte hond na, dit verorber met die grootste gemak. 

Net daarna staan daar in die middel van hierdie selfde stofpad ʼn armsalige 
silwerskottel en ʼn pragtige goue bak- wat gevul is met ou hawer en goeie koring 
tot heel bo volgepak- met die voëls van die hemel wat nou gulsig daarop toesak 
en wat ook dit op ʼn enkele koringkorrel na verorber. So lê daar nou in die middel 
van die smal grondpad ʼn olyf en populiertak, ja, wat in ʼn moordende skroeiende 
son lê en bak en aan beide is blare wat snel vergeel- ook verdor en verswak wat 
op ʼn enkele groen olyfblaar na- nou in die grondpad wegsak. 

Hierna lê daar in die stofpad ʼn bloedrooi granaat en ʼn druiwetros in ʼn pragtige 
stillewe uitgestal- met ʼn enorme sprinkaanplaag wat dit van oral oor- vraatsig 
aanval en toesak- maar so klap daar ʼn weerligstraal en vernietig geheel die 
toneel met sy plaag en al en in die plek van die vrugte staan daar nou ʼn Wynvat 
met die beste EDELWYN uitgestal. Die Vat is versier met granaatjies reg rondom 
in ʼn pragtige houtgesnede kantval en ʼn stem antwoord; kyk die genade van 
Elohim behoort aan geheel die heelal. 

So vra die profeet na die betekenis daarvan asook die toekoms se voorspoed of 
sy groot val- en ʼn stem antwoord: daar is die wat weet en die wat verval- so is 
daar ook ʼn breë weg- maar die stofpad was deurentyd onbegaanbaar en smal 
en kyk, die basterbrak hoort nie daarop nie want dit is die wêreldvolk in sy ewige 
val- maar daar kom weer vlees om die opregte been en ʼn troue waghond vanuit 
Israel staan weer paraat en strak en so is die goeie koring die Woord, ja, wat die 
groot leuen ten prooi sou val- maar die hoer van Babilon lê gestorwe in Hades 
se dooie dal- terwyl die enkele Melgisedek Koringkorrel die volle potensiaal van oneindige ryp koringlande weer vir ewig uit sal stal. 

So word ook die nuttelose populiertak as die voorstelling van die kerk- na sy 
ewige ondergang, ja, na die vuuroond gehak terwyl dit poog om die olyftak- 
die uitverkorenes- tot die uiterste te verswak, maar kyk, ʼn enkel blaartjie word 
gered en dit word weer ʼn edeltak en op sy beurt ʼn boom tot aan die eindes van 
die verste hemele se dak. 

Wat die bloedrooi granaat en die druiwetros beteken en ook die Wyn in die 
Wynvat- dit kan net die heel hoogste aartsengele van die innerlike sfeer bevat. 
So word iemand gebore en iemand sterf met beide wat gelyktydig- die een so 
suksesvol en die ander weer tevergeefs, ja, so desperaat- na die asemgewende 
suurstof snak.


Openbaring 1628 
Met my Elohim…
Vrydag 27 Januarie 2012 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op die wysie van die Sewe Geeste wat die ou musiekleier van weleer so goed 
kan verstaan. Ja, dit is met hierdie lied wat Sion nou nader staan en sy sing; 
Jubel- Jubel dit is Elohim se Heilige Naam. Kyk; met my El loop ek nie ʼn bende- 
maar geheel die wêreld storm en met Hom spring ek nie ʼn muur- maar onbreekbare vestings, sal Ons vertrap en verslaan, kyk- daar kom ʼn dag wat Hy Sy vyand 
soos kaf in die wind sal verslaan- juig daarom O’ aarde en die wat op haar woon, 
want oorwinning en voorspoed- dit is Sy Heilige Naam. 

Met my El klim ek oor seepgladde kranse tot bo-op die heel hoogste bergtop en 
die grootste teëspoed of probleem- dit sal ons so saam-saam verslaan- terwyl 
ek met die hulp van my El my aardse missie duidelik sal verstaan- juig daarom 
O’ volke en nasies oor Elohim en ook die suiwer Adamiet se bestaan- want kyk    
Geduld, Deursettingsvermoë en Goddelike erns- dit is Sy Ewige Heilige Naam. 

Met my Elohim aan my sy sal ek met deernis en liefde na my honger verkluimde, 
ja, armsalige naaste naderstaan en ek sal hulle met my besittings verhit en met 
omgee voed terwyl ek, ja, Sion- my arms van liefde in deernis om hulle sal slaan- 
so juig daarom O’ aarde en almal wat op haar woon- want Liefde en Barmhartigheid- 
dit is my Elohim se Ewig Heilige Naam. 

Met my El aan my sy sal ek berge ook dale met Goddelike Geloof nader aan my laat
staan- so sal heelalle wegvlug terwyl geestesdimensies nader sal staan- en ek sal 
my nie langer deur my vyand laat vertrap of vermaan- juig daarom O’ hemel en
leërskares- want kyk- Hoop en Geloof- dit is Sy Ewige Heilige Aparte Naam en wie 
is daar op hemel of aarde wat Sy Almag kan verstaan, ja, juig daarom O’ aarde en 
die wat op haar woon- want Jubel, ja Jubel, dit is my Elohim se Ewige Heilige Naam.


Openbaring 1629 
ʼn Gesig.
Sondag 29 Januarie 2012 13:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn groot ronde en effens vlakkerige rysmandjie- wat met groot 
ronde goue munte gevul is- met donkerkleurige sowel as ligte hande wat stewig rondom die mandjie se rand daaraan vashou. Ook sien ek omtrent so twee meter onder die mandjie ʼn opgestapelde hoop gloeiende kole met al die hande wat skielik 
en gelyktydig van alkante hard aan die mandjie begin trek en waarna dit nou in ʼn 
paar stukke uitmekaar skeur- met al die goue munte wat nou in die gloeiende vuur 
beland. Terwyl al die munte in een verwronge stuk goud in smelt en waarna al die 
hande nou verbete om die vuurwarm stuk goud begin veg. 

Maar skielik verskyn daar ʼn pikswart kraai wat die goud- wat nou in ʼn stuk doek 
toegedraai is- in sy bek opraap om daarmee weg te vlieg en terwyl ek my verstom 
aan die skielike ligte gewig van die goud- verskyn daar vanuit die bloute tien baie 
groot aasvoëls wat in vlug venynig op die kraai toesak terwyl die- die goud nou 
verbouereerd in die oseaan laat val. Waarna die nou oënskynlike waardelose stuk 
goud in ʼn swart duikboot verander- waaruit ʼn missiel met ʼn dodelike bom tevoorskyn 
kom. Hierdie missiel mis in die lug die kraai maar beweeg sekuur tussen die aasvoëls 
deur- wat hulle dood in die see laat neerstort.

Hierna sien ek die missiel oor ʼn watermassa beweeg wat vir my na die Middellandse 
see lyk- waarna dit nou ʼn land met ʼn reuse ontploffing tref en hoor ʼn geestelike stem 
wat sê; beskadig nie die olie en die meel- terwyl ʼn wêreldse stem daarop 
voortborduur; maar probeer om soveel ru-olie as moontlik te steel.


Openbaring 1630 
Sewe basuine.
Sondagaand
 29 Januarie 2012
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Twee gerubs staan opsy en vier lewende wesens met vier en twintig ouderlinge val 
in aanbidding voor die troon van Elohim neer en ʼn boek met sewe seëls word na 
vore gebring en kyk daar staan ʼn Lam, ja, die Lam van Elohim en net Hy alleen is 
waardig om deur sy volmaakte Sewe Geeste die boek oop te maak en so word die 
Asem van Waarheid, ja, die lewende kennis van die ewige lewe deur sewe basuine 
geblaas en luister vanuit die geraas van miljarde bewegende voete is daar tog 
tientalle oor wat hulle na die Bron van die Waarheid en so na die nuwe Jerusalem 
haas. 

Maar ook die tyd van die valse engel van die lig het gekom en kyk Elohim se 
teenstander bevind ditself in elke plek van wêreldaanbidding, ja, in elke 
sogenaamde kerk van 'god' as ʼn 'god' terwyl hy voorgee dat hy wel 'god self' is 
terwyl die mensdom deur die krag van die dwaling die groot leuen as hulle enigste 
waarheid aanvaar- maar ironies genoeg skuil daar in hierdie openbaring van 
wêreldse onkunde juis dit wat verseël se veilige bewaring. 

Ja, so raak dit tyd en ʼn seël word gebreek terwyl die wit perd sy kop eerste deur 
ʼn geopende dimensie steek en kyk- sy Ruiter span ʼn boog en hou dit triomferend- seëvierend- oorwinnend omhoog sodat die gruwellied van die wêreld skielik verskrik 
opdroog. 

Die tweede seël word gebreek met ʼn vuurrooi perd wat nie langer al sy haat hoef 
te versteek- die is hier om hom op alle valse wêreldvrede te kom wreek en so die 
laaste selfvoldane moed van die wêreld te kom breek. 

Die derde seël word oopgemaak en die swart perd word vir die eindtyd ingebreek, 
kyk, in sy ruiter se hand is daar ʼn skaal en die mensdom staan van die honger 
uitgeteer en asvaal en regerings laat houtsaagsels vir meel opmaal. 

So word die vierde seël gebreek en die vaal perd verskyn met sy ruiter van die dood 
en ʼn mensdom se voete raak swaar soos lood, want een uit elke vier moet deur die 
doderyk se poort. 

Ook die vyfde seël word geopen en die martelare van Elohim is aan die woord en in 
hulle versoek om vergelding gaan die hemel met hulle akkoord en kyk, nie lank van 
nou gaan geheel ʼn verrotte wêreld oor die ewige afgrond oorboord.

So word ook die sesde seël nou gebreek terwyl die aarde haarself woedend 
oopskeur- met die son wat in ʼn donker verduistering haar van die aarde wegbeur 
en ook die maan word deur ʼn stofverduistering tot bloed ingekleur- want kyk, ʼn 
Sagmoedige Lam- eens aan ʼn folterpaal so wreed stukkend geskeur- Hy is nou 
die Leeu van Juda wat Sy vyande kom verskeur en so raak dit nou die tyd vir die 
konings, regerings en elke goddelose om te ween en te treur want die dag van 
die Toorn het naby gekom- maar vanuit elk van die twaalf seuns van Jakob-Israel 
word twaalfduisend nakomelinge verseël en kyk, deur honderd-vier-en-veertig 
duisend oorlewendes word die nuwe tydvak weer ongeskonde voor Elohim 
se aangesig verseël. 

Ja, so het die tyd gekom en ook gegaan met net ʼn geringe gedeelte van die 
laaste geslag wat die betekenis van die openbaring verstaan- terwyl die 
oorgroot meerderheid hulle nie laat vermaan in ʼn tyd met sewe engele gebore 
as mensekinders wat nou voor Elohim en die aarde staan en kyk, hulle ontvang 
sewe basuine waarmee hulle die werkers van die duisternis moet kom verslaan.


Openbaring 1631 
ʼn Aardbewing en stilte daarna.

Vrydag 3 Februarie 2012 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn verwoestende aardbewing en terwyl ek na die ineengestorte 
infrastrukture kyk- wag ek vir die geluid van loeiende ambulanse en brandweer-
waens maar dit bly onheilspellend stil terwyl ʼn hittegolf oor die toneel beweeg 
en die omgewing erg met ʼn doodstank begin te stink- waarna reddingspanne 
begin opdaag wat verslae na die toneel staar en daarna traag begin werk.


Openbaring 1632 
ʼn Stilte met ʼn vloedgolf daarna.
Vrydag 3 Februarie 2012 07:15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn tweede gesig ondervind ek eers ʼn onheilspellende stilte waarna ʼn tsunami 
ʼn landstreek tref wat alles in sy pad platvee- ook hier wag ek vir die geharwar 
wat daarop moet volg maar weer ondervind ek ʼn geskokte doodse stilte en oor 
die chaostoneel hang daar ʼn gevoel van verslaentheid terwyl net hierna versteurde 
weerpatrone losbreek.


Openbaring 1633
 
ʼn Kroon van twaalf sterre…
Saterdag 4 Februarie 2012 16:40
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit ʼn Glansryke Lig tree Elohim na vore en luisterryk klink daar die klank van
hemelse akkoorde. Luister O’ luister- elke wese toegerus met horende ore- na die 
jubel oorwinningslied van glansryke engelekore, ja, na die klokhelder klank van
soprane in hemelse harmonie saam met suiwer tenore en die woorde van hulle 
lied vanuit die Waarheid gebore lui: uit ʼn edel embrio word ʼn Goddelike kind gebore-
en satan reageer hieroor aggressief want hy weet hy is daardeur vir ewig verlore. 

So tree ʼn swanger vrou met ʼn kroon van twaalf sterre op haar hoof na vore- en ʼn 
kind, ja, ʼn nuwe volk word aan die Suidpunt van Afrika gebore- met suiwer liefde 
vir hul Skepper en hul naastes hulle vir ewig beskore. So tree daar vanuit ʼn
ondenkbare Salige Ligglans, Elohim nou Self na vore- en so klink daar dawerend 
die klank van hemel-akkoorde- kyk, die Heil, die Krag, die Koning- en Priesterskap- 
is ewig altyd- net ons Elohim beskore.


Openbaring 1634 
Die gruweldier se tien koppe.
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 
ʼn Gerub roep: Hoe lank- hoe lank word die ou geskrifte nie bestudeer en 
gelees met net ʼn handvol wat die oordeel van Elohim en die eindtyd vrees. 
Vir hoe lank roep ou sowel as nuwe profete hulself nie daaroor hees maar 
so nader die tyd van die dier, ja, die onrein bees met gevaarlike horings van 
ʼn onrein eenwêreldgees- dit is ʼn afskuwelike dier met tien koppe met die 
volgende name op elke kop te lees. 

Op die eerste kop staan pous en bankier en hulle is die verteenwoordigers 
van ʼn verskuilde gruwel Zeus-Suez wat as satan self oor alles en almal wil 
heers.

Op die tweede kop staan; die hoer van Babilon met ʼn valse walglike 
christendom wat haar slaafs in die vorm van ʼn skarlakenrooi hoerrok 
aankleef- sy lig ʼn kelk gevul met heilige bloed en noem haarself laggend 
ʼn wrede teef- maar kyk, sy word deur haar minnaars verlaat en sal ook nie 
meer veel langer kan oorleef. 

Op die derde kop staan; valse vredesvors- hy is magtig, ryk en belees 
en hy laat met sy godslasterlike mond al die nasies beef. 

Op die vierde kop staan; Jesebel- Elizabeth die gruwel koninginne van 
Engeland en Europa en hul van is Mammon, ʼn reeds gestorwe geldstelsel 
wat hulle onlosmakend aankleef. 

Op die vyfde kop staan; wêreldeenheid wat desperaat die Nimrods- Bileam 
stelsel globaal wil laat herleef- maar dit is onsuksesvol en alles loop daaroor 
skeef. 

Op die sesde kop staan; sagteware-trippelses wat geheel ʼn wêreld valslik laat
glo dat hulle slegs deur hom kan oorleef- maar almal kry bose kankerswere 
en hul satelliete kom brandend na die aarde aangesweef. 

Op die sewende kop staan; Jodedom- valse Sion en valse sabbat wat deur 
ʼn Vrymesselaarorde al die wêreldse rykdomme as alleenbesitters wil omgeef-
om daardeur ʼn gruwel materiële- industriële nuwe Jerusalem-tempel te laat 
herleef. 

Op die agtste kop staan daar- dit is die dier wat was en nie is en daarom nooit 
sal wees en hy hoort by die sewe en gaan na die ewige verderf en kners op sy 
tande en ween daar met vrees.

Op die negende kop staan; Gog en Magog- die Ooste teen die Weste- so laat 
die laaste wêreldoorlog ook maar wees en hulle sal op hulle einde teen die 
Lam oorlog voer maar Hy sal deur hulle eie wapens hulle Oorwinnaar wees.

Want op die laaste kop staan; swael- vuur- atoombomme en kernkrag-
LAAT ALMAL DAAROM SIDDER EN BEEF. 

Ja, ʼn gerub roep: hoe lank- hoe lank word die ou boekrolle nie tevergeefs 
bestudeer en gelees- met net ʼn handvol wat die oordeel van Elohim en die 
eindtyd werklik vrees. 


Openbaring 1635 
U, my Elohim…

Dinsdag 7 Februarie 2012 15:40 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O' my Abba Vader U is my sit en staan en ook my kom en gaan- en soos wat 
ek dit daar in my eenvoud tog goed kan verstaan- is U die Ewige Lewe in my 
ewige voortbestaan, ja, vir ewig altyd met U, my Maker saam. 

My Elohim U is die hartklop van geheel my bestaan, ook is U die lewegewende suurstof wat daar deur my gaan. U is my lag- U is my vreugde maar in my 
weemoed- ook my eensaam traan. U is my bitter pyn wanneer U as my Vader 
my soms seer tugtig en vermaan- sodat ek die essensie van my bestaan goed 
tot my voordeel kan verstaan. O’ ek sien in U ʼn enkel goue koringkorrel maar 
U ook in al die gesonde graan, ja, U voed die kleinste organisme en geheel 
ʼn wêreld tot hulle voortbestaan. 

U is Liefde op Liefde so oneindig groot dat niemand dit werklik ooit mooi sal kan verstaan. U is my Redder- met U kosbaar bloed vir ons gestort- het U vir ons deur 
die doderyk gegaan daarom sal ek in die oomblik wanneer my liggaam sterwend 
moet vergaan, U sien daar waar U my tegemoet kom op U goue hemellaan en 
terwyl U- U arm van Goddelike Liefde ook om my sal slaan- daar gaan ek van 
suiwer saligheid skoon daarvan wil vergaan. 

O’ my Elohim U is die lewende bloed wat daar deur my are gaan- U is genade 
sonder grens of weerga wat uit U onuitputlike Bron oor alle lewe gaan. U is 
my ewige troue Vriend wat deur dik en dun altyd by my staan en U is my 
Leidsman wat U nooit vir hierdie kleine sondaar skaam. O’ my Elohim in 
hierdie gruweltyd sonder toekoms waar almal vra; waar kom ons hulp 
vandaan, Is U my Redder, ja, my Redder- wat my vyande kom verslaan.


Openbaring 1636 
Wanneer…

Donderdag 9 Februarie 2012 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wanneer vreesaanjaend aan die deure van ons harte klop- die negatiewe 
vrees en ons in ons wanhoop net in U troos wil wees- wil U, O’ Vader, in 
daardie oomblik nie met ons wees?

Wanneer ons die tekens van die tye so akkuraat raak begin te lees en ons 
in ons angs ons nie kan beheers- wil U, O’ Vader, in daardie oomblik met 
ons wees?

Wanneer ons so swak staan daar in ons vlees en ons so desperaat roep 
na U gees- wil U, O’ Vader, in daardie oomblik nie met ons wees? 

Wanneer siektetoestande ons kom en gaan begin beheers en die kwale 
ons liggame ook begin deurweef- wil U, O’ Vader, in daardie tyd nie met 
ons wees?

Wanneer donker depressie soos ʼn monster in ons begin te leef sodat ons
in ʼn donker hoekie van ons siel skuil om daar te beef- wil U, O’ Vader, in 
daardie oomblik asseblief tog nie met ons wees? 

Wanneer ʼn gruwelwêreldsisteem geheel ons lewens begin beheers en 
ons so smagtend na U vryheidsvlerke begin te streef- wil U, O’ Vader in 
die gevangenis-oomblikke van ons gees nie met ons wees?

Wanneer ons hoop ons in hierdie tye so dikwels tog begeef sodat ons 
sukkel om te kan steun op geloof- wil U, O’ Vader, asseblief nie in ons 
swak oomblikke met ons wees?


Openbaring 1637
Die lied van volmaakte Liefde.

Donderdag 9 Februarie 2012 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Grootse Vaderhart roep bly: kyk, die kinders- al My kinders word na My 
gebring en die grootste skat van die oneindigheid word nou ontgin en so 
word die verseëldes deur Elohim self nader gebring en hul word vir hul 
Goddelike Weergeboorte in gereedheid gebring om die nuwe lied van 
suiwer Liefde in eenheid saam te sing en terwyl hierdie lied die oneindigheid
gaan deurdring, word daardeur alles wat verlore is oor die langtermyn weer 
vir die Koninkryk gewin. 

So staan ʼn handvol mensekinders en kyk grootoog na hul El en sê: Kyk, 
O’ Vader, ons staan voor U- klein nederig en gering om ons eensgesinde hart 
na U as ʼn offer te bring en ons is so gretig om in ons arbeid vir U te begin. 
Ja, hul sing: ons eindtyd getalle is maar gering- maar U Koninkryk gaan ons 
ten alle koste win want oor ons ewige toekoms het ons klaar besin en deur 
U groot genade het ons Satan reeds oorwin en hul Goeie Vader roep: bring al 
die kinders, ja, bring al My kinders om My in ʼn kring, sodat hulle die nuwe 
onbekende lied, ja, die lied van volmaakte Liefde vir My, hulle Vader en die 
ewigheid kan sing.


Openbaring 1638 
Wee die een…
Maandag 13 Februarie 2012 08:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wee elkeen wat Elohim se kosbaar Liefde versmaai. Wee die een wat ywerig deur
vervalste bybels blaai. Wee die een wat uitspattig in die wereldsonde baai. Wee die
een wat ʼn kind van Elohim verraai, maar bowenal- wee die een wat oor Sionsvolk wil
koning kraai. 

Gee aan die een wat baldadig in Elohim se Liefde baai. Gee aan hul wat ywerig daar 
deur Sy Woorde blaai. Gee aan hom wie se bestaan om sy weergeboorte draai. Gee
aan hom wat ywerig onder die arm mense saai, maar bowenal- gee aan hul daar waar
Elohim soos ʼn koel windjie waai.

Wee die een wat wil maai waar ʼn ander sou saai. Wee die een wat sy offergawe vir 
Baäl en Mammon braai. Wee die een wat die noodlot vir sy dobbelspel laat draai. 
Wee die een wat toesak op weduwees en wees soos ʼn honger haai, maar bowenal-
wee die onrein een wat soos ʼn brommer om Sion draai. 

Gee aan hulle wat die aarde met goeie werke besaai. Gee aan hul wat hul omgewing
met ʼn mooi glimlag verfraai. Gee aan hul wat ywerig vir die Goeie Koninkryk maai. 
Gee aan hul wat die kaf vir die vuuroond laai, maar bowenal- gee aan hulle wat hul 
rug minagtend op ʼn bose wêreld draai.

Wee die een wat sy tong venynig na sy broer toe draai. Wee die een met ʼn valse
glimlag so skynheilig- taai. Wee die een wat kwaadaardig krap in ander man se slaai.
Wee die een wat ʼn heilige volk met valse vrede paai, maar bowenal- wee die een wat
kwaadaardig na Sion se kant toe draai. 

Gee aan hul wat doelgerig hul voet na die goeie weg toe draai. Gee aan hom wat sy
wang nederig na sy broer toe draai. Gee aan hul wat ywerig Elohim se edel-oes oplaai.
Gee aan hom wie se bestaan om sy weergeboorte draai, maar bowenal- gee aan hul-
daar waar Elohim soos ʼn koel windjie waai.


Openbaring 1639 
ʼn Slang met ʼn gesplete tong.
Maandag13 Februarie 2012 24:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk die goeie vet in die room is vir die botter van die nuttelose wei geskei 
met dwase onrein maagde wat desperaat probeer om die wyse maagde te 
verlei. Staan daarom vas O’ wyses en laat julle nie onderkry- want die olie 
in julle lampies is net genoeg om julle self by die bruilofsmaal uit te kry- 
so wees op die uitkyk vir die wolf in skaapklere so skielik in jou kontrei- 
kyk, hy staan en loer om jou vanuit jou Lig die duisternis in te lei. Kan 
voete van klei miskien Elohim se volk na Hom toe lei- wie is daarom so 
dom-arrogant om blatant met Elohim te probeer baklei en wie is so uiters 
dwaas om Sion te probeer verlei 

Kyk Sion, daar seil ʼn slang na jou met ʼn gesplete tong om jou met valse 
woorde toe te dig en te vlei. Ja, die bose lê en loer- om jou, Jakob, se nuwe 
erfenis vir homself te probeer kry- maar kyk, die bruilofsfees is klaar berei 
en die ongenooide gaste sonder ʼn feeskleed, word na die ewige verderf 
weggelei. Staan daarom vas O’ skone dogter en laat jou nie verlei- sodat 
Elohim, Hom oor jou standvastigheid kan verbly.


Openbaring 1640 
In die tekens van die hemelruim.
Maandag oggend 13 Februarie 2012
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk- My uitspansel sal Ek helder oor jou hoof oopsprei, ja, My Heilige maaltyd
het Ek klaar vir jou voorberei en terwyl julle van My Liefde sal getuig- sal die 
elemente hulle voor die krag daarvan neerbuig.

Ja, die ligte van My hemel sal Ek soos ʼn sagte deken oor julle oopsprei terwyl 
Ek die saligheid van die ewigheid vir julle berei- om as skape van My kudde 
ewig by My te kan wei. In die tekens van die hemelruim sal My Liefde vir julle 
gedy en julle sal onthou- vir julle ewige voortbestaan het Ek op ʼn folterpaal 
vir julle gely en teen satan en die doderyk het Ek as Mens vir julle baklei. 

Daarom sal Ek My uitspansel in ʼn helder glans oor julle hoofde oopsprei 
en terwyl julle van My groot Liefde sal getuig- sal die elemente hulle voor 
die krag daarvan neerbuig.

Openbaring 1641 
Die ewige deurlugtige dag.
Woensdag 15 Februarie 2012 05:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk- die deurlugtige dag van Elohim staan voor die weergeborene se deur, 
so- laat almal van hierdies nou weet- alles het sy tyd, ja, vanaf die heel grootste 
middelson tot by die heel kleinste planeet en so ook die heel langste dwaalster
tot by die mees onbeduidende komeet en net soos wat die langslewende 
organisme van sy onstaan en vergaan weet- so laat hierdie data ook nie die 
kleinste eendagvliegie in die steek.

Daarom moet elke ontwikkelde gees die volgende weet en dit is dat in alle 
tyd en ruimte met daarin- al die ontstaan, bestaan en ook die vergaan- word 
as een deurlugtige dag in die kalender van die Ewige Wese van Elohim gemeet. 

Menigeen meet sy eie tyd aan die seisoene se kom en gaan- en ʼn ander weer 
sy tyd aan die stand van die maan- met ʼn ander weer in die omwenteling van 
die aarde wat om haar eie as gaan- terwyl die mens se lewensjare tragies in 
die kom en gaan daarvan wegtaan- met soveel geslagte wat kom om maar net 
weer te vergaan. 

Maar so kom elkeen se tyd, ja, sy dag om in verantwoording voor Elohim te 
staan en al wat elkeen in hierdie oomblik werklik oor die begrip van tyd 
verstaan- is dat hulle nie in ʼn ewige Godverlate toestand wil voortbestaan. 

Daarom is dit goed vir die helder denker om die volgende te verstaan en dit is; 
wat baat die vol- of sekelmaan daar waar dit bleek teen die hemelruim staan- 
met die mens wat sy kosbare tyd daaraan meet- om meer oor verganklike 
materiële tyd te weet en wat baat die seisoene se kom en gaan die geestelike 
leek- met ʼn sonsopkoms wat elke oomblik breek oor ʼn nuwe streek- terwyl 
die ewige deurlugtige dag, ja, die ewige weergebore dag in die mens nog ontbreek.


Openbaring 1642 
Vier perde wat onrustig rondmaal.
Donderdag 16 Februarie 2012 00:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die stiltes wat draal in die winde daar skraal waar die perde van openbaring 
onrustig rondmaal- daar wapper die oorwinningsbanier aan die folterpaal. 
In ʼn Heilige stilte wat neerdaal word ʼn eenmalige kind gebore vanuit edelmetaal- 
met ʼn Goddelike wil sterker as staal en ʼn Heilige kudde word gebring in Elohim 
se kraal. 

Waar ʼn hemelse stilte na die aarde spiraal met openbaring se perde wat al vier
onrustig rondmaal- wat wag op die bevel om oor die aarde te nael met ʼn Vaal 
perd wat oorwinnend in sy taak nie wil faal- daar beur die Rooi perd om 
globale oorlog te loop haal. 

Die Swart perd stamp dreunend met sy pote en hy laat ʼn mensdom honger 
en kaal- maar die Wit perd staan oorgehaal om met sy Ewige Heilige Ruiter 
neer te daal. 

In die stilte wat draal met die koue Noordewind so skraal met soveel siele in 
die verlokking van Babilon verdwaal- met ʼn gruwelmoondheid wat die konings 
listig onthaal- wyl fabrieke vanuit witwarm staal soveel oorlogtuig haal. 

Ja, In die onheilspellende stilte wat draal met ʼn koue windjie geniepsig en skraal-
terwyl die perde van openbaring so onrustig rondmaal- word ʼn edelloot nou 
versigtig vanuit die wêreldbos gehaal en ʼn Heilige kind word gebore vanuit 
suiwer goud en edelmetaal


Openbaring 1643 
Luister…
Donderdag 16 Februarie 2012 16:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister na die wêreld se groot geraas met die grotes wat skreeu; ons, as 
die moondheid, ja, die draak is die groot baas- met die res van julle net 
ons nietige klaas. So luister na die gerugte van onlus en oorlog in ʼn al 
hoe harder geraas en weet dit is die tyd vir Elohim se horing, beul en 
basuin om nou saam te blaas. 

Luister na die aardbewings se goot geraas met vloedgolwe wat hulle daar 
oor die landstreke haas- met derduisende voete wat hulle nou na veiligheid 
probeer haas en weet dit is tyd vir Elohim se basuine en horings om 
gelyktydig te blaas. 

Luister na die geweldige storms se groot geraas- wyl massas kyk na die 
verwoesting in ʼn ongelowige waas- met elemente wat skreeuend verklaar; 
kyk- ons is toe die mens se baas en weet dit is tyd vir die skale om op horing 
en basuin saam te blaas. 

Luister na die hongerkreet van biljoene wat klaend raas- met ʼn mensdom 
wat soos honger wolwe op die laaste reste aas. So waarom staan die volke 
nou verbaas terwyl hulle luister na Elohim se horing en basuin wat saam in
 verskrikking daar blaas.


Openbaring 1644 
Die heilige inhoud van die verbondsark. 
(Sion self nou die Heilige pasga en Sakramente 
en syself word in haar lede gebreek as die lewende Woord.)
Vrydag 17 Februarie 2012 09:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elohim se Sewe volmaakte Geeste staan in ʼn Glansryke Kring en heilige 
engele is besig om die aparte Jakobs verbondsark nou nader te bring- 
om heilige welriekende voorwerpe voor Elohim se Aangesig na vore te 
bring terwyl heilige leërskares die heilige inhoud daarvan uit volle bors 
toesing en wyl gerubs die inhoud daarvan triomfantlik na vore bring, ja, 
met ʼn hemelse koor wat elke voorwerp nou salig toesing. 

So word die eerste voorwerp, die wet, nou na vore gebring en dit is nie meer 
ʼn bindingswet- maar suiwer vrymakende liefde- vanuit Sionshart na Elohim 
en die naastes gebring. 

So word ook die Sabbat na vore gebring en dit is Sion se heilige weergeboorte 
in ewige samesyn en eenheid met Elohim in die Agtste Dag saamgebring. 

Ook word die heilige Pasga nou nader gebring en dit is nie meer ʼn leë ritueel 
voor Elohim se aangesig so gering- want YaHWeHshua se Wederkoms begin 
Sion se hart in te dring en sy word in al haar lede as die Gebreekte Brood in 
suiwer Woord en Waarheid na die dogter van Jerusalem gebring om die 
Bloed van die Lam- nie as wyn in voorstelling- maar die lewende vergewing 
van oortredinge vir elke sondaar te bring.


Openbaring 1645 
ʼn Gesig oor Botswana.
Saterdag 18 Februarie 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig speel die volgende eienaardige tafereel voor my af; ek sien 
ʼn Indiese olifant wat opgetooi met kleurvolle linte en klinkende klokkies- 
met ʼn net so opgetooide maar leë drastoel op die rug- alleen en heeltemal 
verward oor die vlaktes van Botswana storm en ek sien ook ʼn kleurlingman 
wat met ʼn sterk charismatiese houding wydsbeen oor die grens van 
Botswana en Suid Afrika staan- terwyl hy met ʼn eienaardige danspassie 
heen en weer van die een na die ander kant begin spring. 

Net hierna verskyn ʼn groot trop olifante vanuit Suid Afrika se kant en storm 
oor die grens, verby die steeds verwarde Indiese olifant, die binneland van 
Botswana binne en so ver as wat hulle gaan is alles voor hulle lowergroen- 
maar agter hulle bly net ʼn rooi stofbedekte dooie landskap agter. 

Direk hierna sien ek ʼn swaard wat loodreg vanuit die hemel in die omgewing 
van Johannesburg val- terwyl dit regop en sekuur in die grond bly steek.


Openbaring 1646 
Vas aan U Goeie Vaderhand…
Dinsdag 21 Februarie 2012 08:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek woon in ʼn land in ʼn volk in sy eie gruwelsondes gestrand met soveel 
kerklidmate in leuen-kammaland, ja, sonder eie wil of gesonde verstand- 
maar U kinders bid en ons vra en deur U Gees bied ons weerstand- 
sodoende hou ons verbete vas aan YaHWeHshua- ons Leidsman se hand. 

Ons woon op ʼn aarde met ʼn globale wêreldsiel aan die materie verpand- 
waar ʼn ewige salige lewe verruil word vir harde- maar nuttelose kontant- 
almal koop en verkoop en bied teen Mammon geen weerstand- maar U 
kinders bid en ons pleit en deur U hulp bied ons die nodige weerstand 
en so hou ons verbete vas aan U- ons Elohim se hand.

Ek woon in ʼn tydgleuf met eindelose drome gebou van en op Illusiesand- 
terwyl satan verleidend- winkend verskyn en verdwyn in lugspieëlings 
maar so uiters galant- maar ons bid en ons vra en deur U genade bied 
ons weerstand en so hou ons verbete vas aan U Goeie Vaderhand.  

Ons woon op ʼn onstabiele aarde wat koersloos slinger van kant tot kant- 
met soveel chaos aan kataklismes verwant- met ook die gevaarlike opstand 
in bykans elke land- maar ons bid en ons vra en deur die geloof hou ons vas 
aan ons Goeie Skepper se hand. 

Ek woon in ʼn duister land sonder lig en ek weet dit is laat, ja, dit is lankal 
aand en ons weet ons staan met ons rug teen ʼn wêreldmuur gestrand- 
maar U kinders bid en ons vra en deur U Liefde bied ons weerstand 
en so hou ons verbete vas aan YaHWeHshua- ons Verlosser se Hand.


Openbaring 1647 
In gerugte wat rondgaan.
Maandag 27 Februarie 2012 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die ritme van dromme wat slaan met dreunings oral vandaan- is daar 
niemand wat verstaan- van ʼn wêreld in sy proses van die agteruitgaan 
in vergaan. 

In gerugte wat rondgaan, ja, van onlus en oorlog nie ver hiervandaan- 
met moondhede wat mekaar wil uitdelg en verslaan, terwyl soveel 
volks-identiteite vir ewig vergaan- hang daar binnekort ʼn harige 
sak oor die vol en sekelmaan, terwyl die laaste lig in die duisternis 
vergaan en so weet menigtes dit is die einde van ook hulle bestaan. 

In die heimwee van die traan- waar die mens ween oor sy eie vergaan, 
maar steeds voortploeter in die waan- het ʼn tydvak gekom om net weer 
te gaan. So, luister na die ritme van dromme wat oral begin slaan en kyk 
na die gerugte wat deur die koerante gaan en weet daarom- ʼn wêreldoorlog 
is nie meer ver hiervandaan.


Openbaring 1648 
Veilig in Elohim se Hand toegevou.
Maandag 27 Februarie 2012 11:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
 
Judith de Beer
Daar staan ʼn Engel wat ʼn Oordeel uithou- wyl Babilon sterwend aan haar 
laaste lewenskragte vasklou en terwyl sy vir oulaas haar pronkvere soos 
ʼn pou probeer uithou moet die gemeentes hulle eie ondergang aanskou, 
ja, in ʼn pikswart graf deur hulle eie werke vir hulle self gegrou. 

So roep die Engel: julle het Goed sowel as kwaad aanskou- maar het versuim 
om die Goeie vir julle self te behou. Was julle maar warm of was julle maar 
koud, maar kyk- julle het vir ewig verbrou want in julle liefdeswerke was julle 
so lou en daarby nog uitermatig ontrou en daarom word julle nou as die kaf 
na die ewige vuur uitgehou. 

Daar staan ʼn Man met Sy hande deurboor wat Sy trane met moeite terughou- 
terwyl Hy ʼn enorme misoes aanskou- met net ʼn handvol edelgraan wat Hy 
stewig vashou- roep Hy met ʼn groot Stem: kyk- Ek bly altyd Getrou en hierdie 
handvol edelsaad het Ekself sorgsaam vir die oneindigheid se ewige 
voortbestaan uitgehou


Openbaring 1649
 
Die eerste en ook laaste taal.
Maandag 27 Februarie 2012 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ Soetste taal, as eerste taal is jy bo in Afrika-kontinent self deur God na 
Adams’ tong gebring- om die eerste hulde vanaf die aarde- Elohim as lof 
toe te sing- sodat die suiwer edelklank daarvan elke engel-oor kon deurdring- 
waar dit jaloers bewaar was tot dit weer as Afrikaans sou ontspring. 

Ja, so word daar in die heel begin na die sondeval ook Afrikaans saam 
die paradys na die hemel teruggebring en Hebreeus en Kongolees tot by 
Sjinees het as swak afskynsels daarvan as mens-tale ontspring- maar die 
engele het getrou hulle kant gebring en in tien van Israel se stamme het ʼn 
unieke Kaukasiese deel van Afrikaans ingedring- om weer deur duisende 
jare vanuit die vrye edelmond tot baster-slawetong in Suid-Afrika as ʼn taal 
saam te kring. 

So praat daar iemand vlytig Vlaams en ʼn Fransman- Frans en die Spanjaard 
eindig op in Spaans- maar vanuit geheel die Afrika-kontinent, daar praat net 
die Boer suiwer edel Afrikaans. 

So, laat elkeen in sy eie taal maar jaloers oor hierdie inligting smaal – maar 
weet- vanuit die spreek van elke mens- of Engeletaal- bly jy, O’ Afrikaans, 
die heel mooiste verhaal. O’ Soetste taal as eerste en ook laaste taal is jy 
deur Elohim Self op Adams’ tong- van hemel- na aardse taal vertaal.


Openbaring 1650 
ʼn Volk wat kan bloos.
Donderdag 1 Maart 2012 09:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eenkant verstote en alleen staan wesens wat nog kan bloos en hulle is 
vertrap en verwaarloos- maar hulle wag hoopvol op hulle Elohim om hulle 
te kom troos- omdat hulle weet- vanuit alle volke is hulle Sy Heilige Aparte 
kroos. Ja, met die eindtyd-winde wat huil van Wes na Oos met dooie blare 
doelloos verstrooi deur die droë winde van die Noordoos- sit daar breekbaar 
en broos- ʼn Boervolk deur al die nasies en volke heeltemal verstoot- maar 
hulle is getroos- omdat hulle weet dat hulle vir ewig net aan Elohim behoort. 

Eenkant en alleen sit ʼn eens trotse volk wat nog bloedrooi kan bloos en hulle 
is so uiters weerloos en broos, ja, so swak en vuisvoos- met soveel armes in 
hulle midde nou heeltemal huis- en haweloos, maar hulle wag geduldig want 
hulle weet in hierdie bose tyd is Elohim steeds nie kinderloos- want hulle bly, 
ongeag hulle vele foute, steeds Sy enig uitverkore kroos. 

Eenkant vertrap verstrooi en verstoot in ʼn wêreld so boos- staan daar so 
weerloos ʼn handvol wat oor hulle foute nog kan bloos en terwyl hulle mekaar 
nog vir oulaas probeer troos- sak ʼn bloedrooi son en die laaste lig verdwyn 
Oos en ʼn geskokte wêreld staan sprakeloos- terwyl die engele fluister in die 
geopende geestes-oor van Elohim se kleine kroos en hulle sê: wees julle, 
O’ kinders van YaHWeH, net geduldig en getroos want elkeen van julle 
staan as een van Sy twee maagdelike dogters, as Sion of Jerusalem, ja, as 
Sy bloedrooi of spierwit- volmaakte Roos.