.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1651 
Plaag.

Donderdag 1 Maart 2012 15:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar sterwend nog ʼn aangevalde Boer in sy eie bloed lê en klaag, kom 
die lied van ʼn skaal so eentonig soos die deuntjie van ʼn lem se saag en so 
roep die engel droefgeestig: lê nou laag- lê nou laag. 

Ja, daar was ʼn duister ras wat God blatant mos uit wou daag en so arriveer 
daar op ʼn sonskyndag op die pikswart vlerke van ʼn vlermuis ʼn dodelike 
plaag en koorsig slaan dit eerste uit onder Raka se donker kraag en terwyl 
ʼn mensdom ween en klaag staan die medici daar globaal so dom-vertraag- 
terwyl die plaag onverpoos arriveer in vlaag op vlaag- met die dood wat 
dit self met groot getalle begin behaag- terwyl die dodelike kwaal versprei 
van die brein tot in die maag- begin die plaag nou in elke land op te daag. 

So roep die engel nou luid: red U volk O’ Oordeel van die plaag, ja, met ʼn 
ander plaag en laat ook dit wat liberaal is van U planeet vervaag. ʼn Bose 
wêreld het in alles ontoelaatbaar mos alles gewaag- U ordes het hulle 
versteur net soos wat dit hulle sou behaag- terwyl hulle U uittartend mos 
uit wou daag. 

Maar kyk daar op die pikswart vlerke van ʼn vlermuis verskyn ʼn dodelike 
plaag- wyl ʼn skaal eentonig sing: daar was eens ʼn arrogante ras wat satan 
so gedienstig mos net wou behaag.


Openbaring 1652 
Hoop in die lewenskreet van ʼn kind.
Vrydag 2 Maart 2012 11:45
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar ʼn wêreld op die vooraand van vergaan vrolik rinkink- met die 
hoer van Babilon wat uitspattig vir almal inskink- waar sy vrolik met die 
pous en valse vredevors glase klink- wyl sy haar glas lig om die laaste 
heildronk te drink. 

Met Mammon se bote van voorspoed wat al hoe vinniger begin te sink en 
verbruikers wat desperaat uitreik na die laaste klatergoud se blink en terwyl 
die volkere mekaar suspisieus begin verdink- met hulle soldate wat in gelid 
globaal begin marsjeer paraat en flink. 

So roep ʼn verlore mensdom; kyk- in ʼn onlosmakende wêreldbinding is 
bykans ons almal vasgebind- terwyl satan ons siele onverbiddelik die een 
na die ander begin verslind. So roep hulle wanhopig; waar O’ waar- word 
daar nog hoop vir ʼn leë toekoms gevind en so antwoord daar in die eerste 
kreet van ʼn pasgebore kind; kyk, die hoop van die toekoms lê daar in die 
waarde van ʼn suiwer Adamitiese kind- omdat die mens altyd ʼn 
oorlewing-oplossing vir sy uitspruitsels sal probeer vind. 

En terwyl ʼn blinde wêreld doelloos rondstrompel sonder om hulle pad na 
Elohim terug te vind met ʼn oordeelstyd wat nader waar bykans alles gaan 
ontbind- terwyl die klank van wêreldwye kataklismes oral sal weerklink, 
ja, in die geweeklaag van die eindtydwind, dit terwyl ʼn mensdom desperaat 
uitroep; waar O’ waar word daar nog hoop vir ʼn leë toekoms gevind. 

Maar so antwoord daar in die eerste asemteug in die lewenskreet van ʼn 
pasgebore kind: kyk, die hoop, die geloof en die liefde, ja, die toekoms 
van ʼn duisendjarige vrederyk, lê in die waarde van die nuutgebore Sionskind


Openbaring 1653
U Groot Genade.
Dinsdag 6 Maart 2012 07:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
U, Elohim, is die troos in my bang- ook die berou in die traan op my wang 
en daar is niks wat U ewig kan vervang- ook verdring U die bose in my drang 
terwyl ek uit U hand alle Genade ontvang. Met U liefde word ek in oormaat 
behang, ook is U die loflied in elke engel-gesang daarom is dit slegs na U 
wat my siel dors en verlang- terwyl my siel die Lewendige Woord vanuit U 
Gees ontvang. 

Ek luister na U in die branders wat daar dreun- na die naggeluide van ʼn 
seekoei wat steun- terwyl U Oordeel skuil in die aardbewing se vreeslike 
kreun en in die verskrikking van die uitwissing van die leuen. Ja, ek luister 
na die druppels van seën in die reën- wyl ek oor U groot onverdiende Genade 
ween en so vertrou ek op U steun en ek staan satan teen- wyl ek luister na die 
eindtyd-storms se gedreun terwyl ek op U, my El se sterk arm steun. 

Ek sien U in U lang wandelpad in die melkweg se gang en ek weet U is die 
genesing waarna ons almal verlang, ja, ek sien U in die majestueuse mistige 
blou kranse se hang en ek hoor U in die klein voëltjie se vrolike gesang. 
Ook sien ek U in die doudruppel wat aan ʼn roosblaar hang en ek weet dat 
ek in my hart ewig na U verlang en ek kyk na die seisoene se siklus in hul 
onverstoorbare gang en ek weet U is die hoogste orde in die Goddelike Rang. 

So luister ek na U in die oseane se gedreun ja, ek luister na U Almag in 
aardplate wat kreun en ek ondervind die onsienlike krag van magnetisme wat 
mekaar afstoot of op mekaar steun en ek sien U Oordeel in U Haat vir Babilon 
se groot gruwel-leuen. Maar ek sien ook U groot deernis vir ʼn sondaar wat in 
berou ween en ook U wondergenesing van ʼn ongeneeslike sieke onder U seën 
en ek luister na U in die druppels van die reën en ek sien U in U skepping oral 
om my heen- terwyl ek oor U Groot onverdiende Genade ween.


Openbaring 1654 
Die Lig in my lamp.
Woensdag 7 Maart 2012 13:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die een is kwansuis verlig en die ander verkramp terwyl almal mekaar nou 
uit die pad probeer stamp en so kies die Ooste en die Weste binnekort openlik 
kant en die moondhede beledig mekaar nou blatant sodat ʼn skielike resessie 
ontaard in ʼn dodelike depressie en globaal lê die ekonomie heeltemal 
gestrand. 

Die valse vredesvors raak moedswillig heeltemal astrant en so slaan die 
wêreld nou in onlus en oorlog aan die brand en biljoene staan onvoorbereid 
heeltemal onkant. Maar die verseëldes roep; Elohim U is die Lig van my lamp 
en die Wegwyser op my pad sodat ek my nie teen die wêreldse obstruksies 
sal stamp en daardeur in die komende hel op aarde sal beland. 

So antwoord Elohim langsaam, ja, vader tyd raak nou heeltemal te lank 
en geel in die tand- so kom, My verseëldes en kom staan aan My Regterkant- 
want kyk, julle is van ewigheid veilig in My persoonlike huishouding aan My 
verwant, so, kom staan aan My Regterkant en kies in hierdie vreeslike tyd 
niemand in die wêreld se kant- want almal wat deel het aan hierdie wêreld 
gaan in die ewige doderyk beland. 

Kyk- Ek kom gou- soos ʼn onverwagse dief in die aand en Ek betrap menigtes 
daardeur heeltemal onkant en deur soveel onlus, oorlog en kataklismes lê hele 
koninkryke binnekort heeltemal uitgelewer en gestrand en menig regerings 
word onverwags deur ontevrede massas omgestamp en die blinkvet jakkalse 
spring op vliegtuie en vlug paniekerig heeltemal openlik blatant- met elke Jan 
Rap en sy maat wat uitroep kyk- ek is nou die leier van die land- met soveel 
verbouereerde liberaliste wat uitroep; hoe wens ek nie ek was in geheel my 
wese ook liewer verkramp. 

Maar die verseëldes roep vol selfvertroue; Elohim, U is die Lig in my lamp- 
sodat ek in hierdie vreeslike duisternis my voet teen geen klip sal stamp.


Openbaring 1655
ʼn Vlag en chaos.
Sondagnag 11 Maart 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn toekoms-droomvisioen sien ek hoe ʼn groot skare ʼn gehyste vlag 
van Suid-Afrika aan sy tou van ʼn skuins gemonteerde paal afruk waarna 
daar groot chaos uitbreek terwyl daar mense desperaat van die onlus 
probeer wegvlug.


Openbaring 1656 
Wie sal ooit verstaan.

Dinsdag 13 Maart 2012 15:03 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn Raaisel wat geen verstand ewig ooit sal kan beraam en daar is 
ʼn Naam, ʼn Grote Naam, wat die grootste gerub tot die kleinste natuurgesie 
nooit sal kan verstaan en so is daar niemand wat kan bepaal hoe het die 
Skepper eens ontstaan of waar kom HY as Eerste Oerwese vandaan en so 
is daar ewig niemand wat die volle diepte van Sy oneindige Liefde sal kan 
verstaan. 

Wie is daar wat die getalle van al die sterre, ja, al die hemelliggame kan 
beraam en wie weet hoeveel sandbrokkies in hulle getal om die aarde 
gaan en wie weet hoeveel korrels huisves die somergraan. 

Wie verstaan werklik die invloed van die volmaan, ja, van die weerkaatsing 
van die sonlig wat in volheid daaroor gaan- sodat die water van die aarde 
die aantrekkingskrag daarvan nie kan weerstaan en wie is daar wat die 
werking van sy eie gedagtes werklik kan verstaan en wie is daar wat weet 
waaroor die ewigheid werklik gaan. 

Wie verstaan die emosionele weemoed in die hartseer traan en watter volk 
op aarde kan verklaar; kyk- ons leef suiwer, daar so vreedsaam en wie is daar 
wat kan sê: in die dood sal my liggaam nooit vergaan en so is daar ook geen 
vyand wat my ooit sal kan verslaan. 

So is die lewe een groot raaisel wat niemand op aarde kan verstaan en ook 
is daar sekere kennis wat geen verstand hier ooit sal kan beraam en daar is 
ʼn Naam, ʼn Grote Naam wat net die Skepper Self, in Homself, ewig sal kan 
verstaan.


Openbaring 1657 
Luister na die Heilige Wind- heilige kind.
Vrydag 16 Maart 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister na die gefluister van die heilige wind en laat jou daarom nie deur die 
baster-Billeamsleer van die hoerkerk Babilon verblind en weet- daar waar 
Elohim Syne vir ewig in Sy Apartheid saambind- alleen daar word Sy suiwer 
volmaakte Liefde gevind. 

Ja, in die heilige kronieke deur Goddelike bande van edelbloed saamgebind- 
daar juig die hemelleerskares oor elke suiwer Adamitiese kind. Weet daarom, 
O’ Israel, jou liggaam is uit die Adama van jou aarde saamgebind en daarom 
skyn Elohim se heilige Lig net vanuit jou oë en daarom is jy nie geestelik blind. 

So word die klank van suiwere engelekoor ook net in jou oor gevind en op jou 
vel daar dartel Elohim se Gees saggies in die Koel Bries van die wind en deur 
Sy groot Genade Seën is Sy Skeppingsgees ook net jou denke goedgesind. 

Daarom kan Satan Sion ewig nooit werklik verblind en so kan die doderyk 
haar Godgegewe gees ook nooit verslind en so sal daar deur haar volmaakte 
weergeboorte elke verlore seun, ja, elkeen op sy eie tyd- sy pad na die 
Vaderhuis weer terugvind. 

So, luister na die gefluister van Elohim se Heilige Wind en laat jou daarom 
nie deur die Babiloniese Nimrods-leer van ʼn veragtelike wêreldorde verblind.


Openbaring 1658 
Twee mandjies vye.
Saterdag 17 Maart 2012 14:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ysige winde van wêreldverandering wapper daar ʼn gruwelvlag en daar 
val iets met ʼn oorverdowende vreesaanjaende slag- terwyl globaal ʼn 
wêreldbevolking verskrik elkeen na sy wêreldgod uitroep; gee ons net 
die nodige krag. 

Maar vanuit die hemel daal daar ʼn vreeslike aanklag en weerskante van ʼn 
skaal hang twee mandjies vye en ʼn engel doen verslag en hy sê: kyk, in die 
regterkantste mandjie is daar vrugte- goed genoeg vir Elohim se tafel en hulle 
is gesond, ryp en sag, ja, dit is voedsaam en vol van goeie krag. Maar dié in 
die linkerkantste mandjie is oneetbaar- vrot en word daarom vir niks goed 
geag. Daarom beland dit in Hades op die ashoop terwyl satan opgewonde 
daaroor as uitwerpsel lag. 

So staan daar ʼn engel met sy klag en hy sê: my naam is Daniël en ek doen 
weer profetiese verslag en so het my tyd weer gekom en ek staan uiteindelik 
voor die veraf, ja, die langverwagte toekomende geslag en dit is die tyd van 
die tye en ʼn halwe tyd en kyk, die Groot Gereg het gesit en die heerskappy 
van Babilon val met ʼn oorverdowende slag en so verskyn tot Seën vir die 
heiliges, die Suiwer Lam vanuit Dawid se kroniekegeslag, ja, die Leeu van 
Juda, waarvoor die heiliges al so lankal wag en kyk, Hy ontvang namens 
Sion die ewige heilige Priester- en Koningskap. Blaas daarom die basuin 
O’ dogter van Sion en Jerusalem en laat almal wat lewe nou bewe voor Sy 
groot deurlugtige Dag.


Openbaring 1659 
Verheerlik U Grote Naam.

Saterdag 17 Maart 2012 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Kyk, die sekel slaan en die kaf word geskei van die koring in die laaste 
wêreldgraan- terwyl satan woedend deur middel van sy wêreldorde om hom 
rondslaan. Ja, sodat hoor en sien moedeloos daarvan wil vergaan en soveel 
begin te twyfel in hulle ewige voortbestaan- met ook hul planeet wat deur 
soveel kataklismes dreig om te vergaan terwyl die mensdom steeds 
tevergeefs nog probeer oorlewingsplanne beraam en dit terwyl weiniges 
nog hul arms in liefde om mekaar slaan en bykans niemand meer hulle oor 
die onreg oor hulle naastes gepleeg ʼn bietjie skaam. 

Ja, so is daar huidig niks meer skaarser as ʼn opregte berouvolle traan- terwyl 
die laaste kosbare tyd besig is om weg te taan met die gruwelkerke en hulle 
skrifgeleerdes wat die waarheid maar net weer aan ʼn folterpaal vas wil slaan 
en dit terwyl soveel gemeentelede tevergeefs in hulle illusiewaan gaan 
vergaan. 

So roep die verseëldes: O’ Vader, Abba Vader, verheerlik in hierdie vreeslike 
tyd asseblief U Grote Naam en neem ons op U Goeie Weg in saligheid met U 
saam en leer ons om hierdie vreeslike tyd te kan verstaan sodat ons as 
gesuiwerde eerstelinge saam met U, YaHWeHshua, voor U Heerlikheid kan
staan- om as U kinders te kan uitroep: O’ Abba Vader, hoe Heerlik is U Mooie 
Grote Naam. 

En terwyl die sekel so onverpoos voortgaan om die oes uit te slaan kom daar 
ʼn Stem vanuit die mees innerlike hemel wat antwoord en sê: Ek het Dit eens 
Verheerlik en gaan Dit nou weer Verheerlik en wee elkeen wat hom vir My 
Naam, YaHWeHshua, sou skaam- want kyk, daar kom ʼn dag- vir ewig te laat vir 
die berouvolle traan- waar dit die mens gaan berou oor sy eie bestaan en hulle 
die dood sal smeek om hulle te vernietig in die ontbinding van die vergaan. 
Ja, daar waar die mens wenend sal bely- deur hulle eie foute is hulle vir ewig 
tot verdoemenis verslaan. 

Maar op hierdie dag roep die verseëldes: O’ Vader, Abba Vader, Verheerlik in 
hierdie vreeslike tyd U Grote Mooie Naam en neem ons op U Goeie Weg met U 
in ewige saligheid saam.


Openbaring 1660 
“here-here-baäl”.

Sondag 18 Maart 2012 07:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl heilig- aparte engele nou met die Jakobsleer op en af en heen en weer 
tussen hemel en aarde neerdaal- sing al die engele wat nou afwaarts neerdaal 
O’ Elia, ou Testamentiese man van staal- so goed vermom het jy in hierdie tyd 
tussen die mense neergedaal- kyk daarom na die wêreldlinge wat uitdagend 
sing en dans- hulle loof en prys en noem Elohim here-here ja hulle noem Hom 
uittartend Baäl terwyl hulle vanuit hulle vervalste geskrifte die een na die ander 
leuen-teksvers aanhaal en dit terwyl hulle met oorgawe die hoer van Babilon 
vir haar gruweldienste met Mammon’s bloedgeld betaal. 

Ook onthaal hulle onder een sambreel Christen en Boeddha met ʼn Joodse 
kosjer feesmaal en hulle smul terselfdertyd ook halaal, ja, hulle dans om ʼn 
miljoen Hindoe gode terwyl hulle hul lofredes ook blymoedig vir die 
voorvadergees vertaal. 

So spog hulle godslasterlik en sê: Kyk, teenoor YaHWeH staan ons neerhalend 
neutraal en so staan al ons afgode in een kring as ons here-here Jesus-Baäl, 
wat aangebied word deur ʼn vrymesselaarorde oor die wêreld nou grotesk 
kolossaal en elke losie verklaar- kyk, jou god is my god en ons praat saam in 
een wêreld Engelse taal en terwyl al ons gruwels nou so uittartend na die 
hemel toe spiraal- beoog ons om met die merk van die dier elke verbruiker te 
bestraal. 

Ja, die engele sing: O’ Elia, ou Testamentiese man van staal- hoe goed 
vermom het jy in hierdie tyd met jou vuurperdewa neergedaal- kyk, die getal 
van die opregtes raak nou min, skraal en minimaal, met die wêreldkerk wat 
self as die antichris poog om alles wat werklik heilig- apart is fyn te maal want 
hulle here-here god baäl- soek net ʼn eenwêreld gruwelgemeente in sy bose 
kraal. 

So neurie tien van die menigte engele wat nou na die aarde neerdaal- Elia, 
ou Testamentiese man van staal- breek nou die laaste seël en vertel aan die 
wêreld jou oordeelsverhaal, terwyl jy jou met Elohim se krag teen die aanslag 
van die baälpriesters staal. Kyk- ons snel die heiliges te hulp en elkeen van 
ons dra ʼn vreeslike skaal en so raak dit tyd vir die gruwelgemeentes van ʼn 
eenwêreldorde met sy gruwel here-here baäl om hulle skuld voor Elohim te 
betaal- sodat die opregtes kan uitroep: O’ YaHWeH, U Alleen is ons Man en 
ewig nooit word U weer gebring in ʼn gruwel godekring met die assosiasie van 
ʼn Here-Here U is ons Jesus Baäl en terwyl in hierdie tyd die predikante soos 
Baälpriesters waansinnig rondspring met ʼn wêreldorde wat hulle vir hierdie 
gruweldienste met Mammon’s bloedgeld betaal- begin die heilige engele om 
met die Jakobsleer in vuurvlamme na die mensdom neer te daal en kyk, die 
Vatikaan en sy babiloniese hoerkerke word met ʼn vreeslike oordeel verslaan.


Openbaring 1661 
Bely slegs My.
Maandagnag 19 Maart 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die hoer van Babilon slinger rond en sy is buite haar perke besope en dronk. 
Sy lig die laaste druppel heilige bloed na haar lippe, ja, haar gruwelmond en 
sy is oud, verwaarloos en eensaam, maar verbeel haar sy is steeds mooi, 
gewild en jonk. Sy werp haar verleidelik pateties voor die konings van die 
aarde terwyl sy vir oulaas desperaat pronk. 

Maar die grotes snou haar toe- jy en jou hoerdogters, die kerke, het vir ons 
nutteloos, ja, waardeloos geword- want julle is ongeneeslik siek en so 
ongesond. Maar kyk, met satan sluit ons nou ʼn nuwe desperate bond 
en daarom gaan ons nou met die heiliges probeer bond. Kyk, tot ons 
verskikking word die kind van Openbaring gebore en Sion staan met hom 
in haar arms en sy is blosend, jonk, blond en blakend gesond en in hierdie 
donker wêreldduisternis is sy Elohim se enigste skouspelagtige helder vonk. 

Daarom nader ons haar listig- versigtig met ʼn nuwe vriendelike front en ons 
nooi haar vir ʼn heildronk en maak haar met ons wêreldaanbiedinge dronk 
en ons neem haar kant en beskuldig haar- eens deur ons selfgeskepte 
onderdrukkers- as die agterbakse gemene hond en ons gooi selfs van haar 
vyande tot haar troos in die tronk en dit terwyl ons saam met haar spot en lag- 
oor jou – gevalle ou Babilon. 

Ja, ons sal sê: kyk, die ou hoer en haar dogters lê en gloei net soos ʼn ou 
uitgebrande stronk- maar jy, Sion, is Elohim se uitverkore blink vonk- daarom 
wil ons graag aan jou sy- met jou in die nuwe beloofde land rondpronk en met 
jou tot ons eie redding vooraan gaan veg in Armageddon se voorfront. 

Maar hier antwoord die Gees van Elohim terstond. Waak, O’ Sion en weet om 
ewig nooit met die konings van die aarde te bond- kyk, vanuit jou uitverkore 
volk is daar steeds die wat hoopvol met die grotes van die aarde tot hulle eie 
ewige ondergang wil bond en terwyl hulle met hul jammerlike plakkate voor 
hierdies rondpronk, ja, met noodroepe daarop wat smekend verklaar; ons 
word vermoor en ons omstandighede is bloeddorstig ongesond. 

So is dit die ontroue maagde wat tot hulle oorlewing met ʼn vuil wêreld wil 
bond- maar jy O’ Sion luister na My en bely slegs vir My met jou heilige aparte 
mond en weet- My heilige engele staan as jou wagters oral om jou rond en 
weet ook die konings en die grotes kyk binnekort verskrik om hulleself rond- 
want al hulle vertrouelinge lê verstrooi en so dodelik gewond. 

Sing daarom Sion en prys net Elohim met jou mooie sagte mond en weet- jy 
staan met Openbaring se kind in jou arms en jy is beeldskoon, blond, blosend 
en blakend gesond.


Openbaring 1662 
Suiwer liefde op liefde.

Dinsdag 20 Maart 2012 13:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met ʼn satansgeoriënteerde wêreld niks anders as een grote bose kartel- 
roep die uitverkorenes nou die blink aanbiedinge van Mammon en die 
wêreld vaarwel en terwyl hulle op hulle nuwe pad net soos die barmhartige 
Samaritaan hulle gevalle naastes optel- om hulle liefdevol te lei op die pad 
van die ewige herstel. Klink daar so in hulle gemoed die lied van die liefde 
wat alles vir hulle so duidelik stel en die woorde van die lied klink vir hulle 
so mooi en wel- terwyl dit vir hulle die volgende feite vertel; Luister O’ heiliges 
daar is niks meer waaroor julle- jul hoef te ontstel en ook is daar niks meer 
om julle oor te kwel- want suiwer liefde op liefde- dit kan julle nou in oormaat 
in julle eie harte bestel. 

Dink daarom elke keer daaraan wanneer jy jou broer in oorgroot liefde omhels-
 en sê aan jouself: ek het my Elohim eerstens met my hele hart liefgehad want 
alleen Hy is my Goeie EL en daarom is dit vir my moontlik om jou, my broer, as 
my naaste lief te hê net soos myself. Daarom sal ek voortgaan om net soos die 
goeie Samaritaan so ver as moontlik my vernielde broers op hulle rowernes 
wêreldpad op te tel- sonder dat ek my vir een oomblik self voorop sal stel. 

Ja, in ʼn satansgeoriënteerde wêreld- niks anders as een grote-bose 
satans kartel- daar roep die heiliges die blink aanbiedinge van die wêreld 
nou toe- vaarwel.


Openbaring 1663 
ʼn Ewige Pasga.
Vrydag 23 Maart 2012 11:19 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn brief, op die volgende stelling en vraag, het die volgende antwoord 
gevolg; Abba Vader het vir ons ʼn boodskap met ʼn geestelike boodskap 
in ʼn openbaring gegee en die strekking daarvan is dat die diegene wat 
getrou volhard in die geloof, die laaste 'geykte' pasga herdenk het.
Hiervandaan breek Vader sy Brood in ons en betree die Pasga ʼn ander 
dimensie. 

So vra die skrywer van die brief verder- kan daar asb. ʼn bietjie meer lig 
gewerp word oor wat die betekenis is dat laasjaar die laaste pasga vir 
sommiges was en nadat ek my in stilte ontrek het antwoord die Gees my 
soos volg:

Kyk- op die elfde dag van die elfde maand in die jaar tweeduisend en elf- het 
julle as ʼn vertrapte maar heilige volk reeds bykans sewentien en ʼn halfjaar- 
wat dit drie en ʼn halfjaar in politieke termyne maak- onder die onrein voete, 
soos wat daar in die boek van Openbaring gewaarsku was, deurgeloop. 
Maar die pad het gevurk en ʼn klein gedeelte van hierdie volk het geestelik vry 
geword en daarom het hulle as een liggaam My Brood, ja, My Lewende Woord 
geword- wat deur die Melgisedek-orde tot redding van die toekomende 
geslagte gebring sal word en daarom het Ekself laasjaar op julle- die heiliges 
se onderskeie pasgas, die Beker van Vergifnis in julle midde gelig en aan julle,
 ja, My geliefde- maar tog so horende doof verseëldes- deur My Gees gesê: 
Kom kinders kom drink almal nou hieruit, terwyl Ek ook gesê het: nooit weer 
sal My opregtes van die vrug van hierdie leuenwêreld-wynstok drink, tot op 
My dag, waar ons dit opnuut saam sal drink en daarom antwoord Ek: slegs by 
jou O’ Sion- wat die gasheer sal wees waar Ek weer die toekomende ewige 
Pasga saam My uitverkorenes in die weergeboorte van hulle mees innerlike 
(gees) wat volmaak sal saamsmelt met hulle uiterlike dimensie en wat deel sal 
uitmaak van My volmaakte Koninkryk, ja, die Nuwe Jerusalem en so sê Ek vir 
julle- in hierdie vreeslike aanvangstyd van die groot globale onderdrukking- 
dat die liberale faktor waaronder die wêreldraad van kerke- met al sy 
onderskeie kerke en lidmate- My reeds vir dertig silwerstukke, ja, vir hulle 
selfgesentreerde wêreld-agendas verraai het.

Wee daarom elkeen wat ten koste van My Heilige Aparte Gees- sy hand in 
hierdie kerk-wêreldorde se pasga skottel sal steek en so sê Ek nog ʼn keer- 
wee daardie een, omdat dit vir hom baie beter sou wees om nooit gebore te 
gewees het nie.


Openbaring 1664
Die laaste Goeie Saad.

Dinsdag 27 Maart 2012 15:23 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So spreek die Woord en sê: hoe dikwels het Ek nie van vroeg tot laat
gepraat- My knegte- die profete gestuur met soveel goeie raad en so
saai Ek, die Saaier, My Woord deur soveel goeie maar dikwels versmade
saad, ja, Ek vermaan en sê: breek met die kwaad en moet die goeie weg
nie verlaat en weerhou julle van alle bose wêreldraad. Spreek teen jou 
broer geen verraad- maar versag deur die liefde jou gelaat en open jou 
hand dikwels in ʼn goeie daad en vergeld die kwaad nie met die kwaad- 
maar waak daarteen om teenoor ʼn ander minagtend te wil smaad.

Ja, die Gees spreek en sê: Kyk- so dikwels het Ek met julle van vroeg 
tot laat gepraat en my knegte- die profete gestuur met baie goeie raad 
en so saai Ek, die Saaier, My Woord terwyl Ek praat en sê: laat jou lamp 
skyn soos ʼn diamant van goeie karaat en verlig daardeur jou naaste, 
broer en elke maat- sodat jy daardeur vir die Goeie Gees ʼn deur oop 
kan maak en sit die satan so daardeur in skaak en leer om ook jou vyand
nie te haat want daardeur kan die liefde ewig nooit by baat, ja, staan 
teen die bose sterk paraat en wees vir Elohim deurentyd ʼn goeie soldaat. 

So spreek die Meester en sê: ook Ek het as die Seun van die mens op die 
aarde ʼn draai kom maak om eerstehands te vertel van My grote hemelsaak 
en so het Ek van vroeg tot laat- dikwels met die mense gepraat en so saai 
Ekself as die goeie Saaier deur predikasies, leringe en gelykenisse My Goeie 
Saad.  Maar slegs die skape van My kudde luister en herken My spraak en 
voeg die woord by die daad en vanuit elke geslag ontwaak daar ʼn paar wat 
desperaat deur die eeue oor My Suiwer Woord bly waak, ja, hulle maak dit 
hulle taak om van vroeg tot laat die mensdom te bedien met My Waarheid 
en Goeie Raad en hulle ook te waarsku oor die eindtyddraak se bose saak.

So spreek daar voor die einde van die tydvak die Lewende Woord en sê:
Ek het dikwels met julle gepraat van vroeg tot laat en so saai Ek, die Saaier, 
nou vanuit die mees innerlike Woord die laaste Saad en Ek vermaan en sê: 
Kyk, dit is nou die tyd van die bose wêrelddraak en satan staan voor julle 
deur met soveel haat en wraak en hy laat die wêreld koud, honger en naak 
en terwyl hy sy bitter gal oor die heiliges probeer uitbraak- verlei hy met sy 
valse- engel van die lig-voorkoms, ja, sy soet verleidings-leuenuitspraak- die 
nasies en volke en so handel die wêreld nou net volgens sy smaak- terwyl 
hulle My, die Goeie Saaier, heeltemal versaak. 

So spreek die Woord tot die wêreld en sê: hoe dikwels het Ek nie met julle 
van vroeg tot laat gepraat, ja, my knegte, die profete, gestuur met My Goeie 
Raad- maar julle het wederstrewig my pad verlaat en julle ore nie weerhou 
van die bose se wêreldgeoriënteerde raad en so spreek en wreek julle jul 
teen julle eie bloed met groot verraad en julle versag deur die liefde nie julle 
harde gelaat en so raak dit nou baie duister en laat en weet daarom- dit is 
nou die tyd wat Ek julle gaan verlaat en daarom trek My Oordeel teen die 
wêreld nou Sy vlymskerp Swaard en daarom stuur Ek ʼn teken en die aarde 
gaan haarself op verskeie plekke oopkraak.


Openbaring 1665 
Brood (Woord) vanuit innerlike hemele.
Donderdag 29 Maart 2012 11:23 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In nog ʼn brief laat iemand weet: in ons geledere is onsekerheid of die 
pasga hierdie jaar fisies gehou moet word- al dan nie. Ek lees in ʼn 
onlangse openbaring dat die pasga ʼn nuwe dimensie binnegaan en 
dat Vader self die Brood (Woord) binne ons gaan breek en dat die pad 
gevurk en ʼn deel van die volk geestelik vry geword het en daarom deel 
gaan uitmaak van die ewige Melgisedek orde en daarom is die fisiese 
onderhouding van die pasga nie meer noodsaaklik nie- of is die fisiese
onderhouding van die pasga nog nodig- omdat hierdie nuwe liggaam 
nou self Sy brood geword het. 

ʼn Mens is geneig om vele foute in die lewe te maak- maar met YHWH se 
Woord kan ons nie bekostig om foute te maak nie en is ons daarom bang 
om ons hand in die wêreldorde se skottel te steek. Die een klomp sê ja- 
die ander weer nee- omdat dit ʼn kwessie van uitleg is. Iewers moet die 
pasga tog in die mees innerlike gees saamsmelt met die uiterlike dimensie 
wat deel uitmaak van die nuwe Jerusalem- wat as die suiwer geestelike 
leerstelling vanuit die hemel ontvang sal word. Ons bid dat Elohim in Sy 
barmhartigheid vir ons ʼn duidelike aanduiding sal gee- siende dat die 
Pasga ʼn ewige instelling is.

En Ek antwoord julle; laat die Gees van Onderskeid elkeen van julle-
presies daar waar julle jul, op julle eie onderskeie geestelike vlak 
bevind lei, sodat elkeen deur sy Godgegewe vrye wil kan besluit- of 
hy/sy- die heilige pasga in sy mees innerlike, ja, heilige-geestes-tempel, 
saam met My, in ewige salige Eenheid wil geniet en of hy/sy dit eerder 
ten aanskoue van die wêreld- in ʼn seremoniële ritueel wil laat geskied. 
En terwyl julle heeltemal eerlik teenoor julle self hieroor nadink- vra julle 
self gerus ook die volgende af-terwyl julle julself in julle geheue daaraan 
probeer herinner, ja, aan elkeen van julle vorige deelnames aan die 
pasgas en wat die breek van daardie fisiese brood vir julle self asook 
vir enige van julle naastes- tot ewige geestelike voordeel ingehou het 
en terwyl julle terselfdertyd ook daaraan dink oor watter impak die breek 
van die geestelike Brood (Woord) gepaargaande met die opregte liefde- 
nie al op menigtes tot hulle ewige saligheid gehad het nie. 

Tydens My laaste pasga as die Seun van die mens op hierdie aarde- 
was daar aan My- deur My leerlinge gevra: waar wil U hê moet ons 
klaarmaak om die pasga te nuttig en Ek het hulle na iemand spesifiek 
daarvoor uitgekies gestuur en so is dit nou weer die tyd en vele van 
My missiedraers is reeds vooruitgestuur, ja, vir die bereiding daarvan 
en My ewige feesmaaltyd is klaar in die innerlike sfeer van Sion vir die 
ewigheid in die Melgisedek orde voorberei. Weet daarom, net soos wat 
Ek in daardie tyd nadat Ek die fisiese brood vir die laaste keer gebreek 
en die wynbeker tussen my apostels aangestuur het en dit terwyl Ek aan 
My leerlinge gesê het: van nou af sal Ek nooit weer van hierdie vrug van
hierdie wêreldwynstok drink tot op daardie dag waar Ek dit opnuut saam 
met julle in die Geestelike Koninkryk van My Vader sal drink en daarom 
sê Ek as die enigste Lewende Woord (Brood) aan julle- dat Ek reeds in 
sommige van julle se harte neergedaal het en daarom sal Ek ook nie deur 
hierdies deelneem aan ʼn wêreldse fisiese seremoniële ritueel nie. 
Maar verseker sal ek daar in julle midde wees waar een, twee of meer van 
Myne saam vergader om die geestelike Brood (Woord) vanuit My mees 
innerlike hemele onder mekaar te breek en om dit so in liefde te deel. 

Vra jouself daarom af of ʼn werklike ewige instelling in die verganklikheid 
van ʼn verganklike seremoniële handeling lê en of ʼn ewige instelling nie juis 
in die onverganklike volmaaktheid van die ewige onsterflike lewe saam met 
My- julle Elohim en Vader lê nie. Maar weer herinner Ek julle daaraan dat Ek 
die vrye wil aan die mens geskenk het- om daarmee volgens sy eie keuse te 
handel en laat dit daarom vir elkeen van julle- volgens sy eie wil wees.


Openbaring 1666 
Die Woord het tot my gekom.
Dinsdag 3 April 2012 11:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So het die Woord van Elohim tot my gekom; ja, in die dae voordat die groot 
gryse valse vredesvors om sou kom- en die Woord het gesê: so moet jy sê: 
luister, jy, O’ Sion wat as die oorblyfsel gaan bly draai, ja, luister na My kleine 
volk op wie geheel ʼn wêreld sy rug in die laaste dae minagtend gaan draai 
sodat jy daardeur tot jou redding in hulle wêreldse voorspoed nie sal deel. 

In hierdie dae van die laaste dae sal ook die groot valse profeet spreek en 
beveel: verhoed ten alle koste dat die ware profeet in die laaste Waarheid 
sal spreek en profeteer en poog daardeur dat die komende oordeel nie net 
die wêreld- maar sodat ook die dogter van Jerusalem haar oor die einde nie
sal veel. 

Ja ook sal die gruwel sê; laat al die valse profete nou gesamentlik na vore 
tree- sodat hulle oor die radio en TV- die massas met gerusstellende leuens 
toe kan spreek en laat ook elke predikant sy wêreldgeoriënteerde- 
voorgeskrewe- preek nou vir die gemeentelede afsteek en maak die laaste 
soekers so deel van ʼn volkome eenwêreldkudde leek en poog daardeur om 
ook die laaste opregtes te leer- om die wat die Waarheid spreek koelbloedig 
onder die klippe te steek- sodat almal daardeur hulle sonder enige rede maar 
so wraakgierig op Elohim se opregte knegte kan wreek. 

Terwyl die hoer van Babilon haar hoerdogters, die kerke, sal beveel- om 
hulle gemeentelede se ore met soetsappige leuens te streel sodat dié tot 
op die heel laaste- nog hul tiendes gretig met die kerke sal deel- terwyl hulle 
hul nou selfgerusstellend verbeel- dat hulle hierdeur hulle nie meer oor hulle
hiernamaals hoef te veel. 

Ja, so sit menigtes in swak geloof in hulle kerke terwyl hulle hul inderwaarheid
morsdood verveel, maar steeds verhoed hulle ten alle koste ook die wat wel 
in die saligheid van die hemelse Koninkryk wil deel. Luister daarom O’ laaste 
vertraptes vanuit ʼn reeds wêreldvertrapte volk en weet dat vanuit julle eie, 
reeds so verswakte midde, daar trek die kerkgeoriënteerdes, wat deur hulle 
eie trotse hardnekkigheid nie in die ewige Waarheid wil deel-die dolk waarmee 
hulle julle dood wil steek. 

Maar laat niemand in hierdie tyd julle moed breek en weet onwrikbaar- julle is 
deur Elohim se ewige onbreekbare Seël so vir die Ewigheid verseël. Luister 
daarom ook nou alle volke, ja, luister almal saam- sodat ook die Gog en Magog 
vir die laaste groot oorlog kan verdeel en kyk deur die besit van kernkrag- 
en wapens bly die aarde op die einde ook nie heel- want kyk, Elohim trek 
uit Sy woonplek en Hy daal op die hoogtes van Sion neer- terwyl Hy die 
aarde op baie plekke oop kom skeur met vreeslike oordeelstorms wat 
globaal opsteek en so kom die tyd wat Elohim Hom op die goddeloses
gaan kom wreek.


Openbaring 1667 
ʼn Droomvisioen.

Woensdagnag 4 April 2012 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen verskyn ʼn reuse ysberg en ʼn groot woestyn-sandduin
langsmekaar met daarnaas ʼn reuse kernkragprojek. Met buite die omheining 
daarvan ʼn klomp wetenskaplikes wat met al hulle toerusting daar uitkamp. 
Net hierna sien ek fyn sneeuvlokkies en haelkorrels op die ysberg neerdaal 
terwyl die wind reuse opwaartse sandverskuiwings op die sandduin 
veroorsaak. Waarop ek een van die wetenskaplikes nou ʼn waarskuwing 
hoor uitroep waarin hy beweer dat ʼn 'twaalf' die aarde gaan tref en ek hoor 
myself hardop vra of dit moontlik is dat die rigterskaal twaalf kan registreer. 

Net hierna is daar ʼn geskarrel by die kernkragprojek en ʼn blonde man 
probeer desperaat om ʼn skakelaar af te skakel maar verbrand in ʼn oomblik 
tot ʼn hopie as toe hy daaraan raak. Iemand anders kry opdrag om dit af te sit 
en die persoon bedek sy hand met ʼn wolagtige omhulsel en sit dit na twee 
probeerslae af maar die skakelaar sit dit vanself weer aan- wat nou groot 
paniek veroorsaak. 

Net hierna begin ek myself saam met ʼn klomp mense op ʼn erge nag van 
kataklismes voorberei- maar die aand wat daarop volg verloop stil en almal 
slaap rustig, waarna almal die volgende oggend ontspanne en rustig op ʼn 
strand bymekaar kom. Die volgende oomblik verskyn ʼn onverwagse golf 
omtrent vier keer groter as die normale en stoot ʼn hele paar meter verder 
as wat die gety dit op daardie oomblik toelaat oor die strand en die seevlak 
styg so ver as wat my oë kan sien met ʼn hele paar meter terwyl ek 
waarskuwend uitroep: Kyk, dit gaan begin en terwyl die atmosfeer om ons 
skielik sterk donker en onheilspellend raak met winde wat woes begin waai- 
terwyl die grond wild en onbeheers onder ons begin tril en beef, weet ek op 
daardie oomblik onwrikbaar- hier kom ʼn ding en dit moontlik in ons nabye 
toekoms- waarop die mens homself nie in sy wildste drome kon voorberei het 
nie.


Openbaring 1668 
Fatale broedertwis en onmin.
Dinsdag 10 April 2012 09:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
ʼn Engel roep: O’ wie is daar wat die liefde werklik nog opreg onder mekaar wil bewaar-
kyk- daar is ʼn volk, ʼn kleine volk, wat net onmin uit kan baar en selfs in die doodsnikke
van hulle volksbestaan maak hulle teen mekaar steeds net beswaar. Die een trek hier
en die ander daar en van hierdie volk word bittermin uitgespaar, ja, die een trek hier 
en die ander daar en in hul twis en tweedrag kan die ‘boervolk' nou eenmaal net nie
bedaar en so is hulle van die ryk man tot die bedelaar in hulle tweedrag vanuit al die
volke ongeëwenaar en terwyl die een hom teen die liberale wêreldorde-leuens blind
bly staar-verbeel die ander hom hy is net die een wat met sy insig elke probleem uit
kan klaar en wee elke siel wat met sy inset dalk net ʼn bietjie beter wil vaar. 

So is daar ʼn heilige volk met soveel edelbloed in elke aar- maar in haat en nyd- daar
trek hulle teenmekaar met soveel teenstand en groot beswaar nou finaal uitmekaar.
Die een trek hier en die ander daar en die sekel slaan en maak bykans almal klaar 
en terwyl die tyd kom en gaan, staan die laastes vinnig nader aan die dae van die
laaste jaar en dit terwyl die twis en tweedrag in hulle midde steeds nie wil bedaar. 

So begin die laaste bloedfamiliebande mekaar ook nie langer uit te spaar en terwyl 
die duiwel so baldadig in hulle midde rondbaljaar- word die laaste liefde ook nie 
langer uitgespaar. En terwyl bloedbroers nou hatig in hul verraad teen mekaar 
uitvaar, roep daar ʼn Engel: Wie is nog oor wat die opregte liefde onder mekaar 
kan bewaar- en gaan ʼn edelkoring-oes werklikwaar net ʼn handvol edelkoring vir 
die eindtyd uitbaar.


Openbaring 1669 
ʼn Visioen oor sleutels.
Donderdagnag 12 April 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droomvisioen staan daar ʼn reuse- stokou tafel met ʼn hele paar ou 
geroeste sleutels daaroor versprei. Dwars oor hierdie tafel en sleutels 
lê ʼn dik laag stof met oral spinnerakke daaroor en ek hoor ʼn stem vra: 
Hoe lank nog voordat hierdie sleutels gebruik gaan word…


Openbaring 1670 
ʼn Vars edel oes.
Saterdag 14 April 2012 14:56

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl Babilon nou voor haar groot val bokant die wêreld uit toring-
saai ʼn Saaier Sy laaste handvol goeie koring en Hy sing ʼn antieke lied
van goddelike geestelike skoling, ja, Hy sing van ʼn geestesdimensie 
eens in baie groot ontsporing en van hel en Hades wat eens kortstondig
bo alles uit wou toring. 

Hy vertel: eens was daar wreed-skouspelagtig ʼn bloedige vertoning en 
die hoofrol word vertolk deur die heel Grootste Koning. Op Sy hoof pryk 
daar toe ʼn kroon, gevleg vanuit pendoring en aan ʼn folterpaal sterf Hy 
toe hoofsaaklik van pyn-uitputting en versmoring en tot vandag bied die 
Jodedom daaroor- geen verskoning. 

So saai ʼn Saaier Sy laaste handvol goeie koring maar driekwart daarvan 
vergaan onder ʼn wêreldson se gruwel-betowering terwyl satan ʼn driekwart 
van die orige kwart wen in verowering-waarvan nog ʼn driekwart van die 
laaste kwart verander in wêreldorde kloning terwyl net ʼn enkel korrel groei 
en dit lewer weer ʼn gerf gesonde edelkoring- wat bokant alles op hierdie 
aarde begin uittoring. 

So blaas Gabriël en Migael nou uitbundig op hulle ramshoring en met ʼn 
groot geruis val oral oor die aarde nou elke kerktoring en die gemeentes 
staan verslae sonder enige verskoning. Maar ook Rafael en Uriël blaas op 
hulle basuin en daar klink ʼn lied uit die mond van ʼn ten volle weergeborene- 
wat jubelend weerklink deur elke geestesdimensie tot in elke suiwer woning. 
Ja, hy sing: hoe groot is my vredesbeloning en hoe groot is U, my Elohim, 
my ewige Koning. 

So glimlag die Saaier tevrede- en Hy oes opnuut ʼn handvol vars, suiwer 
hemelkoring.


Openbaring 1671 
ʼn Ontrou maagd.
Sondag 15 April 2012 14:15
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Onverantwoordelike maagd staan doelloos rond met haar lampie in 
haar hand en op die vooraand van ʼn baie donker nag kwel sy haar nie 
oor die vlam wat laag begin brand. Haar meer verantwoordelike suster 
raas met haar hieroor so blatant- maar die ontrou maagd ruk haar hieroor
op- so astrant. 

ʼn Pierewaaier van die wêreld sien dit raak en buig oor die ontrou maagd 
se hand- nou so galant- sy vlei haar teen hom aan en fluister: O’ jy is so sterk, 
ja, so dominant. Hy kap sy hakke flink teen mekaar terwyl hy flankeer en sê: 
kyk, ek vertoon op die oog af so ietwat stagnant- maar ek is inderwaarheid 
ook ʼn millitant, ja, ʼn soldaat vir Mammon en hy betaal my met harde kontant- 
daarom het ek my siel aan hierdie wêreld verpand en staan daarom as soldaat 
slaggereed vir satan se groot opstand. 

Maar die troue maagd sien alles raak en waarsku haar suster nou dringend 
blatant terwyl sy sê: verloor tog net nie in hierdie krisis-uur jou verstand en 
moet jou kosbaar siel ook nie aan die wêreld loop verpand- want kyk, satan 
eis besitreg daarop in ʼn ewige verband. Maar die ontrou maagd lag hieroor 
en sê: ek voel met hierdie wêreldvryer aan my sy- so ʼn noue band, daarom 
gee ek hom gretig nou my hand en pryk trots oral rond met sy troupand. 

Maar so kraai daar in hierdie uur ʼn haan en uit ʼn tydglas loop die laaste sand 
en terwyl die laaste olie in die ontrou maagd se lampie uitbrand- roep sy so 
verwilderd na haar suster en sê: in hierdie pikdonkernag sien ek voor my oë 
nie meer my eie hand- bring daarom, O’ my suster, na my jou lamp wat so 
helder brand- want kyk, niemand bied my in hierdie donker- wrede- wêreldnag 
ʼn helpende hand. 

Maar haar suster roep vanuit die verte- ook my Bruidegom het gekom en Hy 
vra my om my hand en jy kan nie meer na die LIG toe kom want jy is ewig aan 
die duisternis verwant. 

So staan ʼn onverantwoordelike maagd vir ewig verlore doelloos rond, gestrand, 
ja, met haar dooie lampie in haar hand.


Openbaring 1672 
Die Boom van die lewe.
Donderdag 19 April 2012 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn heilige gedig waaroor ʼn eenvoudige skrywer net verlangend kan 
droom- verskyn daar ʼn dimensie- verfraai deur reine engele wat oral 
daar woon en met woorde nie te beskryf, staan daar glansend- Elohim 
se troon. In die middel van die mees Allerheiligste plek met ʼn wonderskoon 
onverganklike lig omsoom- daar groei Goddelik so weelderig die ewig 
onsterflike Wonder Boom. Kyk, vanuit Sy wortels ontspring daar ʼn lieflike 
genesende helder Stroom- wat vloei om ʼn volmaakte stad waar die uitverkore 
verseëldes in woon, ja ʼn edel oes geskei vanuit geheel die skepping as die 
suiwer room- met op elke bewoner se hoof ʼn kleine replika van hulle Koning
 se kroon en daardeur word hulle as goddelike kinders vir geheel die ewigheid 
aangetoon. 

In ʼn heilige gedig waaroor ʼn eenvoudige skrywer maar net hoopvol kan 
droom, ja, in ʼn dimensie waar helder die volmaakte lied klink in suiwer 
engele toon. Daar staan Sion in haar eenvoud en skoonheid so edel en 
vroom- terwyl Elohim haar met Sy hoogste Liefde beloon. Sy neem van 
die vrugte van die ewige onsterflike Wonder Boom- terwyl die Waarheid 
op daardie oomblik die leuen triomfantlik oorwinnend so hoon en daardeur 
word elke geredde siel gereinig- nou skoon en word so vir ewig van die dood 
nou verskoon- maar slegs Sion word as die bruid aan die heilige stad se 
bewoners vertoon. 

In ʼn heilige gedig waaroor elke digter net verlangend kan droom- verskyn 
daar ʼn volmaakte hemel en aarde waaroor elke lewende asem nou wil droom, 
ja, in ʼn heelal met planete waarop daar net suiwer bewoners nou woon en 
waar suiwer liefde op liefde ditself ewig nooit weer kan verloën en waar die 
aanklag van satan nooit weer kan spot of kan hoon- want elke heilige aarde 
word deur die skoon onverganklike Liefdeslig van Elohim omsoom.


Openbaring 1673 
ʼn Vreesaanjaende gesig.

Donderdag 19 April 2012 17:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig, ʼn vreesaanjaende gesig, kom ʼn boodskapper aangehardloop en hy 
tree sonder huiwering oor ʼn bloedbevlekte brug. Hy kom met ʼn boodskap- ʼn 
Godvresende gerug en hy sing ʼn lied- ʼn Goddelike oordeelslied wat menigtes 
nou totaal ontstig wat hulle vreesbevange, terwille van oorlewing, na niks en 
nêrens heen laat vlug. 

So staan die hemel-eindtydvorste nader en hulle lyk onverskrokke en 
gevaarlik- gedug maar ʼn duiwelse bondgenootskap staan ook nader en 
verklaar; ons self is uiters berug- trek daarom, O’ Vorste van die Lig, nou 
so bietjie terug. 

Maar Migael lig sy swaard en elke demoon slaan verskrik op die vlug- maar 
spoedig keer hulle met die gruweldier van openbaring terug en hy storm 
gevaarlik met sy kop omhoog met al sy horings nou regop in die lug en kyk, 
die hoer van Babilon sit so bloeddorstig vasgegespe op sy rug- terwyl die 
kerk luidrugtig getuig: ons was toe werklikwaar die heeltyd net ʼn leë klug. 

So staan pous en biskop nader terwyl hulle godslasterlik hulself as die 
gemeentes se heilige god toedig- met die duisternis wat dit self steeds 
liberaal verduidelik as verlig en so sien die gemeentes in die doodsnikke 
van hulle bestaan nog steeds nie die Lig en hulle storm oor die ewige 
afgrond as net nog ʼn leë klug.

Ja, in ʼn gesig, ʼn vreesaanjaende gesig, kom ʼn boodskapper aangehardloop 
en hy bring ʼn boodskap met ʼn Godvresende gerug. In sy een hand hou hy 
ʼn sleutel en in die ander ʼn skaal wat hy gelyktydig opsteek in die lug. 

Migael tree nou na vore en sy swaard kom geweldadig neer en dit is te laat
vir die hoer van Babilon om te vlug en terwyl sy nou in haar doodsnikke 
dramaties sug word die dier van Openbaring wreed vermorsel en hy word 
so deur die eindtydvorste tot sy verderf getug- al die bankiers verloor hulle 
verstand en beland almal in ʼn hel-gestig en so klink vanuit hulle geween 
oor die aarde die eerste konkrete wêreldoorlog gerug en terwyl ʼn vreeslike 
kataklisme die nasies tot ʼn onsuksesvolle eenwêreld geldstelsel verplig 
begin sommige lande om hulle graan vir brandstof uit te lig, terwyl biljoene 
in globale hongersnood begin te sug. 

So kom daar in ʼn vreesaanjaende gesig ʼn boodskapper aangehardloop 
en hy tree sonder huiwering oor ʼn bloedbevlekte brug.


Openbaring 1674 
Die uitverkorenes se lied.
Vrydag 20 April 2012 19:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ luister na die lied wat die uitverkorenes bring, ja luister na die blye 
boodskap wat hulle mekaar toesing en kyk, daar om hulle staan Elohim 
se aartsengele in ʼn kring en geen mag kan ewig deur hulle beskerming 
dring en so klink die woorde van die lied wat die aparte heiliges sing 
daar waar dit die eindes van die skepping deurdring. 

O’ bring aan almal nou die blye-blye tyding van Verlossing en van ewige 
Bevryding en bring ook die goeie tyding van Goed en kwaad in ewige 
skeiding. Bring nou die blye tyding van ʼn nuwe Ryk sonder dood en lyding 
waar net die Liefde gedy en niemand verskil in venyn deur enige wrywing. 

Kom luister na die heilige lied op ʼn Goddelike wind nader gebring terwyl 
al die hemelleerskares in oorgawe saamsing- ook na die weerklank daarvan 
wat selfs ʼn paar verharde harte vir oulaas sagkens deurdring. Luister 
daarom na die lied wat die verseëldes bring en na die blye boodskap wat 
hulle mekaar stralend toesing en so klink die woorde van die lied in liefde 
na mekaar gebring. 

O’ Bring nog eenmaal aan almal die blye-blye tyding van Verlossing 
en Genade Bevryding ook van Goed en kwaad se ewige skeiding, ja, 
bring die blye tyding van die nuwe Godsryk sonder dood en enige lyding.


Openbaring 1675 
ʼn Ontnugterde liberale kroos.
Saterdag 21 April 2012 13:15
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar kom ʼn Goddelike stilte en laat elkeen wat ore het dit daarom hoor, want 
kyk, daar in die land van die Middernag-Moor, lê daar ʼn gewonde- gevaarlike 
leeu se spoor en daar is geen vergifnis en genade oor in die wese van hierdie 
karnivoor. Sy naam is Juda en hy word deur die Gees van Elohim aangespoor 
en die grote Krag van Waarheid is in sy wese gestoor. Wee daarom elkeen wat 
teen die kind van Openbaring oorlog probeer voer, omdat hulle die geveg 
jammerlik gaan verloor. 

Maar daar by donker Afrika se riviere vergader Jakob se laaste uitgeworpe 
liberale kroos en wenend bely hulle: ons was nog nooit so breekbaar en 
broos. Hieroor reageer hel en Hades nou skielik spottend so uit die oude doos 
en daar kom tot die gemeentelede se kastyding 'geles' en hulle kom by hulle 
duisende vanuit Oos en kyk dit bekommer nou ook die Engelsman en die 
Jood, want die Oosterling staan op die skatkis-skaal so swaar soos gewigtige 
lood en vanuit hulle gierige oë- daar straal die dood. Kyk, daar oor die oseaan 
kom nog vele meer met ʼn magtige vloot en vanuit ʼn enorme groot goed geoliede 
loop klink daar so donderend ʼn gevaarlike skoot en terwyl die Verenigde Nasies 
nou self ʼn missiel in daardie rigting instoot- sink daar met groot ophef die eerste
oorlogsboot. 

Maar anderkant Kus se riviere, daar kniel en bely Jakob se ontnugterde 
liberale kroos en hulle sê: ons is so hulpeloos en broos, ja, ons is nie meer 
menswaardig en voel tot in ons wese so vertrap en voos en kyk, deur ons eie 
toedoen is ons van ons grondgebied en ons identiteit beroof en daarom voel 
ons so Godverlate en swak in ons geloof. Die wêreld het ons ʼn pot vol goud 
aan die einde van ons reënboognasie beloof en hulle het ons denke met die 
klank van geld kom verdoof, daarom het ons Babilon so getrou in ons kerke 
geëer en geloof en ons hou ons daardeur vir die goeie Waarheid so doof. 

Daar by Afrika se riviere vergader so moedeloos ʼn volk wat te laat oor hulle 
wandade wil bloos, maar hul vyand vertrap die laastes en hulle lê daar so 
vernietig en voos en daar kom ʼn goddelike stilte en laat elkeen wat ore het 
daarom nou hoor en kyk, daar in die land van die Middernag-Moor, lê daar ʼn 
gevaarlike gewonde leeu se spoor en daar is geen vergifnis en genade in die 
wese van hierdie karnivoor oor- sy naam is Juda en hy word deur die Gees 
van Elohim aangespoor en kyk, al die Krag van die Waarheid lê in sy wese 
gestoor. Wee daarom elkeen wat teen die kind van Openbaring oorlog voer, 
want hulle gaan hierdie geveg jammerlik verloor.


Openbaring 1676 
Die wese van Goed en kwaad.
Sondagnag 22 April 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn droom hoor ek myself vra: gee my ʼn definisie van die persoonlikheid 
wat satan uitstraal en ek hoor ʼn Stem wat sê: dit is onmoontlik vir satan om 
iets uit te straal- omdat alle lig en liefde in die swart gat van die selfsugtige 
eie ek inplof en daarom is satan niks anders as die menslike ego, ja die eie 
selfgesentreerde liefde wat woonagtig is in elke bose hart en wat deur die 
dowwe verwronge spieëlbeeld van God- naamlik die mens- tot eie voordeel, 
maar die nadeel van ander, uitgedra word. Terwyl hierdie selfsugtige maar 
intelligente bewussyn nou onafgebroke net om die as van sy eie spil draai 
en dit terwyl dit gewetenloos die Stem van die gewete, ja, die 
Waarskuwingstem van Elohim minagtend verraai. 

Hierna hoor ek myself nog ʼn keer vra: gee my ʼn definisie van die 
Persoonlikheid wat Elohim uitstraal en ek hoor ʼn Stem wat sê: Elohim is 
die Goeie Skepper wat as die Sorgsame Onderhouer van Sy skepping so 
onbaatsugtig deur die totaliteit daarvan om die sentrum daarvan draai en 
die Sentrum is Sy eie Oneindige Lewende Liefde (Hartklop) wat Hy in 
onbaatsugtige Liefde weer na alles en almal, soos ʼn onuitputlike 
polsende voedingstroom- tot alles ontvanklik daarvoor- tot ewige lewe
uitstraal en salig is daarom elke Adamiet wat dit ontvang om dit op sy
beurt weer as die volmaakte spieëlbeeld van Elohim as suiwer
onbaatsugtige Liefde na buite uit te straal.


Openbaring 1677 
Twaalf apostels met My sewe geeste.
Dinsdag 24 April 2012 15:10
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Luister na die roepstem wat in herinnering ʼn ou melodie fluit en ontwaak 
daarom in julle geheue, so lank reeds toegesluit. Eens het ʼn Man met Sy 
twaalf leerlinge in ʼn skuit gevaar met sy boot na die streek Dalmanuta Suid. 
Maar daar redeneer fariseërs so onnosel heeltemal te luid en die geselskap 
vertrek verder met net een brood in die skuit en terwyl twaalf manne al 
spelend om die broodjie wil muit- waarsku die Man Sy bemanning nou 
ernstig in die skuit en Hy sê: wees vir die fariseërs ewig nooit tot buit, 
want kyk, hulle suurdeeg maak van goeie brood net droë oneetbare beskuit. 

En terwyl die manne redenerend verklaar- ons verstaan hiervan geen 
dooie duit en dit te danke aan net een eetbare broodjie in ons skuit. 
Maar die Meester begin om hulle denke te ontsluit en Hy betig hulle 
en sê: julle het die gebruik van al julle sintuie- maar dit is toegesluit 
en Hy vra hulle: onthou julle nie- daar was vierduisend wat van honger 
wou beswyk- maar Ek vermeerder sewe brode en voed almal en vra 
niemand daarvoor ʼn bloue duit en julle vergader daarna met soveel 
vlyt nog sewe mandjies brode vir die eindtyd verseël en toegesluit 
en op nog ʼn geleentheid voed ek met vyf brode- vyfduisend- sodat 
ook hulle nie aan ʼn ewige honger beswyk en van die orige brokstukke 
vergader julle twaalf mandjies om in getal by die ander aan te sluit. 

Daarom sal aan die einde van die tydvak twaalf apostels met My sewe 
geeste ontsluit om die Brood van die Lewe uit te deel, ja, so Wyd en Suid. 
Maar wees in daardie tyd op julle hoede en op die uitkyk en waak teen 
Babilon want die suurdeeg van die kerke maak van ʼn goeie vars brood 
net droë oneetbare beskuit.


Openbaring 1678 
Die ewige salige diensbaarheid.

Dinsdag 1 Mei 2012 12:22 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesprek waaroor die onderwerp gehandel het oor die oergees (wese)
van die mens het die Stem van die ewige Oerwese tot my gekom en gesê:
O’ mensekind, waarom is dit dat die mens oor die algemeen glo dat hy/sy 
liggaamlik sowel as geestelik vir sy eerste keer sy ontstaan te danke het 
aan die oomblik van sy bevrugting wat dan ook die gevolg van sy menslike 
aardse bestaan insluit en dit terwyl Ek so dikwels deur die Lewende Woord 
dit vir julle uitgespel het- dat Ek julle reeds van voor die grondlegging van 
die aarde- op julle naam geken het. 

Waarom is dit ook dat daar menigtes vanuit julle onderskeie geloofstrukture 
is wat steeds vas glo dat dit na die afsterwe van julle aardse liggame, dit vir 
eers, met julle as totale wese gedaan is en dat dit juis daarom is- dat soveel 
kerke steeds verkondig dat die mens na sy afsterwe hulself in ʼn soort van ʼn 
geen-bewussyn, ja, ʼn volkome dooie slaaptoestand bevind tot en met dit die 
Skepper eendag sal behaag- om almal ontslape- tot ʼn ewige lewe op te wek. 

Omdat hierdie vraag dikwels na vore kom sal Ek dit daarom vir julle so eenvoudig 
as moontlik op ʼn natuurlike wyse verduidelik; kom ons neem daarom die eerste
geestelike sowel as natuurlike mens uit julle geskiedkundige oorsprong as 
voorbeeld. Kyk, Elohim het Adam uit die stof van sy Adama (aarde) geskep en in 
sy neus die Lewende Gees met al Sy nodige eienskappe geblaas en daardeur vir
Adam- as die oerwese wat hy reeds van voor die grondlegging van die aarde was- 
nou as ʼn mens, ja, met ʼn doel en taak op hierdie aarde geplaas om sodoende as 
die spieëlbeeld van Elohim tot voordeel en ontwikkeling van alles en almal, hulle 
so binne hulle onderskeie ordes te motiveer- te prikkel en te stimuleer, sodat 
elkeen binne sy eie potensiaal, tot sy volle ontwikkeling kon presteer. 

Daardeur kon Adam weer op sy beurt sy eie ewige lewensfeer (geestelike lewens- 
en arbeidsgebied) deur die praktiese uitvoering van sy liefde- tot sy eie ewige salige
geestesvoordeel verbreed. Maar die oerwese van alle kwaad het hierdie soewereine
plan van Elohim op ʼn slinkse wyse ingedring en dit deur die vrye wil van die
sekondêre skepping vanuit Adam, ja, dit wat uit hom as man- tot vrou geneem is 
en wat op haar beurt weer die spieëlbeeld van Adam was en wat daardeur die dood
van die natuurlike mens tot gevolg gehad het, maar ewig nooit, kon dit die ewige 
geestelike mens tot ʼn ewige niebestaan-naamlik die ewige dood bring nie. 

Daarom het Elohim lank voor die grondlegging van enige materiële skepping 
deur Sy Alwetendheid deur die Boom van die lewe voorsiening gemaak sodat 
elke wese wat gevul is met die Aparte Gees van Elohim- tydens sy pad deur 
die vlees die voorreg van die keuse deur sy vrye wil kon smaak om ondanks 
die sondeval van die oer-ouerpaar, weer hulle weg terug na die Vaderhuis te 
vind. 

Ja, oor ʼn brug gebou vanuit die bitter kruishout- afkomstig van die Soet Boom 
van die ewige Lewe en weet daarom ook dat elke Elohim gevulde oergees- ewig 
nooit dormant of stagnant in die een of ander dooie bewussynstoestand kan 
verkeer nie, omdat alles wat tot ewige lewe in Elohim gewek is, net soos Elohim 
self aktief in die Liefdesdiens sal staan en daarom sê Ek weer, soos wat Ek eenkeer
lank gelede aan ʼn kneg van My gesê het, deur hierdie lui kneg van nou: Soos wat 
julle die beeld van die aarde gedra het, net so sal julle in oneindige toekomende
dimensies, die beeld van die hemele-  naamlik Myself in julle- na buite uitdra. 


Openbaring 1679 
Suid-Afrika hierdie keer.
Woensdag 2 Mei 2012 12:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Opgewonde klop daar nou soveel blydskap so bruisend deur elke engel-aar 
en terwyl hulle met konsentrasie na die kleine aarde staar- sing vir die eerste 
keer luidrugtig daar nou die grote engelskaar: Kyk, daar is ʼn vrou wat nou 
gaan baar en so lê daar binnekort ʼn goddelike brose kind in Suid- Afrika, 
ja, Suid-Afrika hierdie keer, as die kleine krippie, daar. 

So staan Gabriël nou sedig nader en roep die hemelwesens goedig om in 
ʼn heilige stilte net so effentjies te bedaar- sodat die vrou van Openbaring 
in ʼn heilige stilte, in haar barensnood, net klaar kan baar. En terwyl die 
engele nou saggies neurie- klink hulle woorde so kristalhelder suiwer daar: 
Deur geheel die oneindigheid is hierdie kind net soos Elohim se Seun 
tweeduisend jaar gelede vir hierdie tyd vir die ewigheid verseël- bewaar. 
Ja, in hierdie tyd waar satan met soveel haat en wraak na die vrou en kind
toe staar- maar kyk, elkeen van ons engele, groot en klein, staan gereed om 
haar en hom te help bewaar. 

Opgewonde klop daar nou soveel blydskap bruisend deur elke engel-aar 
en terwyl hulle met konsentrasie na die kleine aarde staar, roep geheel die 
hemel uitbundig bly: Kyk, dit is die tyd- bring daarom Elohim se eindtydkinders
bymekaar sodat hulle hul in ʼn liefdevolle heilige kring om HOM kan skaar- 
sodat die Melgisedek-kind in die Agtste dag vir ewig kan verjaar, ja, om Hom- 
wat ewig vasstaan as hulle Elohim- maar ook hulle ewige Middelaar.


Openbaring 1680 
Die lied van ewige Waarheid.
Sondagnag 6 Mei 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wie staan daar so gering- is dit dalk die kleine maagd Sion wat haar hulde 
nader bring- ja, haar hulde deur ʼn skone lied van Waarheid aan haar Elohim 
gebring. 

Watter skone klank is dit wat nou die ewige ruimtes deurdring- is dit die lied 
van ewige suiwer Waarheid na Jakob se nageslag toe gebring. 

Watse nuwe Lig is dit wat die duisternis so fel deurdring- is dit dalk weer 
ʼn wonderster wat ʼn wonderboodskap van ʼn nuwe koningskind na die aarde 
bring.

Watter eerste lewenskreet is dit wat nou die ewigheid deurdring terwyl dit 
soveel hoop met elke soete klank na elke ontvanklike oor en hart toe bring.

Waarom staan die engele so salig daar in ʼn helder heilige kring en wie is 
die wonderkind nou daar in hulle midde ingebring- is dit dalk, ja, is dit dalk 
die Melgisedek-kind...

O’ Waarom staan, na dit alles, die volke nog so blind en waarom kan die 
wêreld steeds sy weg nie na die Waarheid vind- terwyl satan deur die hoer 
van Babilon hulle steeds so maklik aan hom vasbind. 

Maar gelukkig staan daar dapper, maar so nederig gering, die kleine maagd 
Sion wat haar hulde triomfantlik naderbring, ja haar hulde deur ʼn skone lied- 
die lied van ewige Waarheid aan haar grote Elohim gebring.

Openbaring 1681
ʼn Wêreldgeoriënteerde Leviatan

Maandag 7 Mei 2012 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn gesig en kyk, in die gesig kom daar ʼn vinnige en baie giftige slang 
om Europa aangeseil en nadat hy dit verslind het, het sy stert ook die hele 
Ooste en Rusland met hom saamgesleep om daarna deur die Atlantiese 
oseaan te swem om ook beide Noord en Suid-Amerika te verorber en daarna 
het hy ook nie vir Australië en Nieu Zeeland asook die groot en klein eilande 
in sy groot honger ontsien nie. 

So het die slang hom nou in al sy lede as een liggaam bokant die waters van
die aarde, ja, die see van mense uitgelig en daar het een kragtige horing, soos 
die horing van ʼn eenhoring, aan die bokant van sy kop uitgegroei en daar het 
ʼn heersers-kroon skeef om die horing gehang en die boosaardige slangdraak, 
ja, die Leviatan het met gulsige gierige oë na die kontinent en veral die Suide 
van Afrika gestaar om nie net die ryk grondstowwe nie maar ook die kind van 
Openbaring te verslind. 

Maar ek het weer die stem hoor sê: bring die Aparte Ark van Elohim nader- 
sodat die Sterk Swaard Sy oordeel oor die Leviatan, ja die kronkelende 
vinnige slang kan bring- sodat Hy die groot draak wat heers oor die see 
van mense om kan bring en die Stem het verder gesê: moet in daardie dae 
nie die heuning van die tong van Jonathan weerhou nie- omdat Jonathan 
die wapendraer van Dawid sal wees en Dawid op sy beurt weer die wapendraer 
van die Verlosser, die ewige Koning van Juda, sal wees- omdat die koningskap 
van Saul vir ewig vernietig lê onder die Voetbank van die ewige Priester- 
Koningskap van Melgisedek.


Openbaring 1682 
Raai raai wie gaan koning kraai...

Maandag 7 Mei 2012 16:27 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig sien ek ʼn engel wat deur ʼn ou profetiese boek blaai en kyk, ek sien 
al die oeste van die wêreld is so skraal gesaai en daar eenkant staan ʼn 
magtige mikrofoon en om die staander daarvan is ʼn giftige fosforgroen slang 
gedraai en daar is ʼn man en sy naam is Obama wat met ʼn sagte, mooi maar 
ook harde venynige stem, die wêreld voortdurend sou laat wonder en raai oor 
wie op die einde regtig oor almal sou koning kraai. 

Ook het ek gesien en kyk daar was waterbewers en otters wat baldadig in 
die lugspieëling van die Sahara woestyn sou baai terwyl woeste winde nou 
die woestynsand om ʼn baie ou piramide oopwaai en dit terwyl ʼn stokou 
Stalin-orrel stakkaties sy doodsdeuntjie na niks en nêrens heen uitsaai 
en so begin ou midde-Oosterse kamerade, om mekaar vir die beskerming 
van die Weste te verraai- met hulle oeroue broers wat hulle nou minagtend 
die rug toe draai. 

So sien ek een sjeik wat dapper na ʼn ander sjeik in sy nood toe draai- terwyl 
hy hom met die volgende bemoedigende woorde paai en hy sê: vir ʼn heilige 
Arabiese dadel en ʼn olyf bied ek al jou kamele en oorlogstuig gratis verblyf 
terwyl al jou skepe kan kom anker gooi in my baai. 

Ja, ek het ʼn engel gesien wat deur ʼn baie ou profetiese boek blaai en daar 
was ʼn menigte lyke oor ʼn baie groot oorlogsgebied gesaai en die magtige 
mikrofoon het eenkant gelê en die fosforgroen giftige slang was nie meer 
langer om die staander daarvan gedraai en die droë winde van die Sahara 
woestyn het nou oor ʼn lang afstand so droefgeestig deur die dorpe en stede 
van Europa en Amerika gewaai en terwyl ʼn splinternuwe Stalin-orrel sy 
doodslied stakkaties oorverdowend oor hierdie kontinente sou uitsaai- 
probeer daar steeds desperaat ʼn arm landbouer om vanuit ʼn uitermate 
skraal oes iets eetbaars te maai en dit terwyl niemand werklik wêreldwyd 
koning sou kraai.


Openbaring 1683 
In die fantasie van die klug
Dinsdag 8 Mei 2012 13:57
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die fantasie van die klug waar die leuen nie meer langer van die waarheid 
weg kan vlug, verskyn in ʼn visioen daar hoog bo in die lug en in wolke wat 
sweef verskyn daar nou ʼn noodberig, ja, van ʼn dwaalster wat alles in sy 
omgewing met sy swaartekrag gaan verdig en terwyl engele swaarmoedig 
oor die onvermoë van die menslike geestelike waarnemingsvermoë sug- 
draai ook die tyd nou finaal op die wêreld in verwerping sy rug. 

Ja, in die tekens van die lug vlieg daar groot swerms voëls in ʼn oorhaastige 
vlug- omdat die natuur weet dit is tyd vir God om ʼn goddelose wêreld te kom 
tug. 

In ʼn Goddelike stilte waar selfs die engele nie eers meer hulle menig wil lug 
en stilswyend die wesens nie meer poog om ander te stig, daar ywer die
bose steeds onverpoos en dryf tussen bloedfamilie nou die heel laaste wig 
en terwyl daar wel ʼn paar vir oulaas van die bose probeer wegvlug, verdwyn 
in die eter, vir hulle te laat, die Goeie Oorgangsbrug. 

In die fantasie van die klug waar die leuen nie meer langer suksesvol voor die
Waarheid uit kan vlug- daar keer die verlore siel nooit weer na die Roepstem 
van die Genade terug en terwyl biljoene in doodsangs oor ʼn dwaalster se 
verskyning in hulle eie vrees verwurg- is dit nou vir hulle te laat om vir die 
behoud van hulle ewige bestaan van die bose weg te vlug.


Openbaring 1684 
Onbaatsugtige liefde.
Sondag 13 Mei 2012 15:36
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In wêreldse lugkastele gebou op illusiesand- waar haat en nyd hoogty vier 
in opstand- daar roep die wêreldling as ʼn gierigaard so hard en so konstant:
kyk, alles het sy prys en ʼn siel word maklik vir ʼn dollar of ʼn rand verpand 
en deur Mammon sluit satan so maklik met menigtes ʼn ewige haatlike band 
en so is daar altyd die een of ander magsposisie in die hel vakant en so roep 
daar van die oggend tot die aand nou die ego deur sy eie ek in haat blatant 
en dit wat hy vra, kom net van een kant en dit is die eie selfkant. Ja, dit roep: 
Gee my jou liggaam, jou siel en verstand sodat dit vir ewig saam met my in 
die hel kan verbrand. 

Maar die liefde staan nooit onbetrokke eenkant- maar dit roep onvermoeid 
van die oggend tot die aand- kyk, dit wat ek gee en dit wat ek vra- kom van 
beide kant, ja, die rustige vloei daarvan kom van alkant en dit is vir ewig 
seker en konstant en daarom roep die liefde soos ʼn jongvrou so beskikbaar 
soos ʼn maagdelike debutant, ja, sy roep: Wees my beminde en gee my jou 
helpende hand- gee my ook jou ontvanklike hart asook die wysheid van jou 
gees en verstand en in ruil daarvoor smee ek met jou die volgende ewige 
liefdesband. En kyk, die liefde antwoord nou die liefde- kyk, op my beurt gee 
ek jou my reddende helpende hand en ook al die goeie vanuit my hart so ook 
al die wysheid van my gees en verstand en so staan die Liefde nou teenoor 
die haat as die sagte oorwinnaar so nederig maar so dominant. 

Gebruik daarom, O’ mens, altyd net jou goeie insig en gesonde verstand 
en moet jou siel nie aan satan en sy selfvernietigende haat verpand, maar 
ontwaak in die liefde wat gee en nogmaals gee en wandel vir ewig daarmee, 
hand aan hand.


Openbaring 1685 
Oordeel oor ʼn bastergeslag.
Maandag 14 Mei 2012 10:20
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Deur die onvergeeflike sonde het ʼn nasie te veel afgebyt om te kan kou- weet 
daarom; in die sondes van die vaders sal die kinders dit vir ewig berou en 
daarom is daar in Hel en Hades vir hulle ʼn ewige graf gegrou. So het ʼn klein 
maar eens magtige volk, eerloos voor hulle Elohim verbrou, ja, ʼn bastergeslag 
het hulle vreesloos voor Sy aangesig gebou en uittartend het hulle gelaster 
terwyl hulle kon sien dat Sy oë oor hulle gruwels vernou. 

Maar vreesloos het hulle steeds kerke van klip voor Sy aangesig vir hul 'here-
baälpriesters' gebou, wat hulle sou leer om die gruwel-eenheids-liefdeswette 
van die wêreld te onderhou. Maar die liefde vir hulle bloednaastes was uitermatig 
flou- terwyl hulle die kinders van die duisternis in beskerming teen hulle harte sou
vasklou- terwyl hulle met die sou pronk soos ʼn goedkoop pou en dit terwyl hulle 
die weeskinders van hulle eie ras in verwerping ver van hulle liefde sou weghou. 

So vra die Seun van die mens: O’ waarom word die brood van die kinders so ruim 
vir honde uitgehou en waarom staan jy, O’ eens edelvolk voor jou Elohim oor jou
gruwels so sonder berou- terwyl jy jou oor jou ewige heengaan oor die ewige 
afgrond nie in die minste rou. 

Maar kyk, in die tekens val daar ʼn skaal vanuit ʼn bloeddorstige arend se klou en 
ʼn Hollywood skarlakenvrou met ʼn middernagbaba aan haar bors gaan dit vir ewig
berou- met die wêreldling se aardse skatte nou alles na Raka uitgehou. 

Weet daarom, O’ liberale gruwelvolk, dit is die tyd en julle gaan dit diep berou, 
so, kyk na die hemel en weet- die tekens is nou.


Openbaring 1686 
Op ʼn sonskyndag…

Maandag 21 Mei 2012 10:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
…is daar ʼn Banier wat wapper in die wind met ʼn Naam daarop geskryf 
wat van MY Liefde getuig in die hart van elke Goddelike kind. 

Ja, ʼn Naam wat sê: O’ EK IS- EK IS en alles wat daar is-
word in MY ewig, verseker en gewis. 

ʼn Naam wat sê: O’ EK WAS- EK WAS en alles wat daar was- 
draai ewig om MY, Elohim, se ewigheids-as. 

ʼn Naam wat sê: O’ EK SAL WEES, ja ewig WEES, 
om oor geheel MY grote skepping te kan heers.

Maar voordat alles was- was EK as Oerwese so eensaam, ja, so alleen 
en daaroor het MY Liefde so onbeantwoord geween.

Daarom Het EK MY eie Hart geneem 
en dit as Liefde in die vorm van ʼn spierwit Duif geseën. 

Daarom laat EK MY Liefde in die oerbegin vry- 
al wis EK dat EK daardeur sou ly- maar so weet EK ook 
dat EK daardeur MY in MY eie kinders sou kon verbly. 

En die spierwit Duif het as MY Liefde deur tyd en ruimte gesweef, 
ja, deur ewige dimensies gegly. 

En in die arbeid van MY Vrug keer MY Liefde op een Sonskyndag 
in die vorm van ʼn spierwit Duif na MY as die Seun van die mens toe terug…

Daar is ʼn Naam wat sê: O’ EK IS- EK IS en alles wat daar is- 
word in MY ewig seker, ja, so gewis. 

Daar is ʼn Naam wat sê: O’ EK WAS- EK WAS en alles wat daar was- 
draai om MY, Elohim, se ewigheids-as. 

Daar is ʼn Naam wat sê: EK sal WEES, ja, vir ewig WEES- 
om oor geheel MY skepping te kan heers. 

Ja, EK IS en terwyl EK deur verwerpte Liefde oor verlore kinders ween- 
is EK as Oerwese nie meer alleen- want oral om MY heen 
is MY terugkerende Liefde as MY Goddelike kinders om MY heen.


Openbaring 1687
Op vlerke van vryheid.
Maandag 21 Mei 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar staan ʼn wêreld skoonheidskoningin deur haar valse liefdeswerke vir 
die ewige afgrond genomineer terwyl elke vrymesselaars-liefdadigheids- 
organisasie en kerk hulle trou aan die groot hoer van Babilon insweer- 
wyl geheel die wêreld nou die groot gruweldier van Openbaring vereer. 

So lê daar ʼn prooi, vermink in soveel dele uitmekaar geskeur, ja, daar lê 
ʼn kleine volk in bykans al sy lede uitmekaar geskeur- met die deursnit 
indiwiduele geestelike intellektuele vlak nou deur ʼn wêreldsisteem totaal 
verweer- met ʼn eenwêreld sisteem wat die globale wêreldslaaf op elke gebied 
beheer- wyl ʼn gruwelwêreld regstelsel nou onomwonde beweer: Wee elke 
eerlike tong wat teen die valse engel van die lig se aanslag protesteer, 
ja, wee die siel wat onverskrokke staan om Elohim se ordes te eer. 

Luister daarom, O’ kind van God en laat jou nie deur een van die vele 
tentakels van wêreldeenheid beheer. Ja, wees uniek en laat jou nie soos 
die dwaas deur elke modegier beheer- staan daarom jou man en laat jou 
nie as slaaf vir ʼn verwronge sisteem aankeer en terwyl jy luid- vreesloos
teen ʼn eenwêreldorde protesteer- weet, daar was eens ʼn Man, ja ʼn Nasireër 
wat enkel en alleen nie teen die aanslag van die tempel sou retireer- 
Man-alleen het Hy hulle handelstafels omgekeer en met Sy suiwer Liefdesleer 
het Hy ook hulle harde wette omgekeer- sodat die bose nie meer langer die 
opregte kind van God kon beheer. 

Moet daarom, O’ Boerekind, jou ook nie in hierdie tyd deur ʼn goddelose 
wêreldorde laat beheer- want slegs op die vlerke van vryheid word Elohim 
geëer.


Openbaring 1688 
Johannes se hoof.

Woensdag 23 Mei 2012 06:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die geheimenisse van ʼn antieke geloof staan ʼn raaisel geskryf in ʼn baie 
ou stroof en in die ring van die vrymesselaarorde word deur broederbloed
in eed beloof en die siel van die arend, ja, die Lewensbrood van Wysheid 
word vir Elia tot toevoeging- deur pikswart kraaie van die tafels van konings 
geroof en die Lig van die Lamp van God word in menig Adamiet uitgedoof.

Deur vroulike skoonheid en Jesebel-lis is daar eens in die ring van 
staatsmanne deur ʼn koning tot sy spyt in eed beloof en daardeur word 
ʼn slagaar wreed oopgekloof- maar weet, O’ wêreldorde, jy kan Johannes
nog ʼn duisendmaal onthoof- maar sy onsterflike wese sal as voorloper
in ʼn nuwe liggaam- sy Elohim vir ewig loof. 

Weet daarom, die byl lê gereed teen die wêreldstam om die boom van die 
wortels af te kloof en al sou pous, dier, koning en valse vredevors die helfte 
van die wêreldkoninkryk in bloed-eed beloof- is die mantel van profetiese 
wysheid hulle ewig nooit veroorloof.


Openbaring 1689 
ʼn Bitter boodskap.

Woensdag 23 Mei 2012 09:28 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanuit ʼn ou boekrol, ja, ʼn baie ou argief, ontvou ʼn profesie en dit is so mistiek.
Vader tyd staan nader en hy is so oud en vol rumatiek. Maar hy roep luid: 
O’ Elohim, laat U wil oor die wêreld nou geskied en in ʼn duister- donker 
Afrika-gebied staan eensaam en alleen ʼn suiwer-edel Adamiet en hy sing ʼn 
misterieuse donker morbiede lied en dit is al wat hy het om aan sy verlore 
wêreldbroers te bied. Reg teenoor hom sit daar ʼn baie lui en wrede Kusiet 
wat die opregte Israeliet onophoudelik steek en martel met ʼn baie skerp riet- 
terwyl hy tartend verklaar: daar is weinig verskil tussen ʼn kapmes en ʼn skerp 
palmiet en so lank as wat die Adamiet in die sweet van sy aangesig kan bied-
daar voed die onversadigbare parasiet terwyl dit die arbeid van andere geniet. 

So ontvou daar vanuit ʼn baie ou boekrol ʼn toekomsverhaal in wording wat 
baie droewige trane gaan bied en dit vertel van ʼn eentonige ster wat elke 
aand ʼn paar keer sou verskiet- maar in die tyd van nou is dit maar net 
ʼn hedendaagse satelliet- wat sekuur elke uithoek van die aarde noukeurig 
bespied. 

Maar vanuit ʼn baie ou boekrol ontvou ʼn verhaal en ʼn kandelaar herrys en dit 
staan seker en solied en so staan Elia nader om die wêreld nou ʼn baie bitter
boodskap te bied. Hy lig sy hand en ʼn weerligstraal tref die voorbarige- wrede 
Kusiet en ʼn vreeslike droogte kom oor ʼn baie groot gebied en terwyl 
hongersnood oor Afrika en die res van die wêreld geskied-begin die son 
vreemde klippe na die aarde te skiet en so tref ruimterommel menig baie 
satelliet en die aarde antwoord met wilde aardbewings in ʼn dreunende lied- 
wyl vloedgolwe onbeheers oor groot strandgebiede skiet.


Openbaring 1690 
In winde van vergaan.
Donderdag 24 Mei 2012 08:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die winde van vergaan waar die weerhaan doelloos rondstaan, ja, in die 
verwoesting van aardbewings se vergaan waar kerkklokke nimmermeer 
sal slaan.

In die globale chaos wat nou oral ontstaan, waar niemand weet waarheen 
om vir veiligheid te gaan is daar steeds weinig wat die oordeel van God 
kan verstaan. 

In soveel tevergeefse Goddelike vermaan waar gemeentes spottend weier 
om te verstaan daar ween hulle net oor aardse skatte wat gaan vergaan. 

In die doellose kom en gaan van die eindtyd-generasie se bestaan waarom 
pronk die grotes en konings steeds so pateties as vernaam terwyl hulle met 
ʼn spoed na die ewige afgrond gaan. 

In die bloedrooi maan wat soos ʼn harige sak daar teen die horison staan 
terwyl soveel goeie graan in verwoestende veldbrande gaan vergaan 
terwyl die wat honger is dit nie gaan kan verstaan.

In die mens se kom en gaan waar ʼn wêreldpopulasie in ʼn bevolkings-
ontploffing ontstaan word miljoene nou tevergeefs uitgekraam waarvan 
bykans almal net weer gaan vergaan. 

In ʼn wêreld waar ʼn duisend nuwe ikone daagliks na vore staan terwyl die
mensdom aanbiddend voor hulle staan is daar bykans niemand wat die
betekenis van Elohim se Naam nog verstaan. 

In ʼn tyd waar die skrif in brandende vlamme teen die muur geskryf staan 
met die perde van openbaring in gereedheid reeds in die hoef beslaan 
wis daar niemand die tydvak is reeds gedaan. 

In hittige sonstrale wat vernietigend hulle weg na die aarde baan waar 
koopman en kooplui handel dryf in ʼn waan terwyl die tyd ongesiens 
wegtaan, daar kan die wêreld steeds niks van die Waarheid verstaan. 

In ʼn tyd waar die vyeboom in volle bot staan en nasies en volke in protes 
en chaos om hulle rondslaan terwyl profete tevergeefs vermaan. 

Ja, in die winde van vergaan waar die weerhaan doelloos rondstaan om 
in die verwoesting van aardbewings te vergaan sodat die kerkklokke 
ewig nimmermeer weer sal slaan.


Openbaring 1691 
Twaalf.
Vrydag 25 Mei 2012 08:38
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Ek sien ʼn reënboog wat ʼn ereboog vorm van meer reënboë en die getal
daarvan is twaalf en ek sien die tyd en in ʼn dag is die ure twaalf en in ʼn 
nag is die ure daarvan twaalf en ek hoor ʼn klok wat slaan en die slae 
daarvan is twaalf. Hierna hoor ek ʼn stem wat sê: in ʼn dosyn vind mens 
twaalf en die maande van die jaar is ook twaalf en dit is nou die jaar 
twintig twaalf en dit word verseël met Elohim se eie watermerk van- 
twaalf- twaalf- twaalf. Want kyk, Israel se stamme bestaan uit twaalf- 
en die apostels van die Lam is ook twaalf- daarom verskyn daar in 
die tekens van die hemel ʼn vrou en op haar hoof pryk daar ʼn kroon 
van sterre en dit is twaalf en sy skenk geboorte en haar Kind se Naam 
is Melgisedek- Twaalf en Sion verskyn as klippie om tot bergvesting 
te kan staan en iewers op ʼn kalender wat te doen het met die getal 
twaalf- kom daar ʼn dag van verskrikking met ʼn aardbewing wat verby 
tien registreer tot by twaalf en die vreeslike naskokke daarvan beloop 
ook twaalf en die mensdom kreun onder ʼn bitter donker tyd en dit is 
middernag, ja, dit is na twaalf. 

Maar twaalfduisend vanuit al twaalf stamme van Israel word gered 
en die getal van die verseëldes is Honderd-vier-en-veertigduisend 
en op hul voorhoof is die watermerk- twaalf. 

En so kom daar uiteindelik ook ʼn tyd van vrede en rus en die nuwe 
Jerusalem daal neer in Elohim se ewige unieke watermerk van 
twaalf- twaalf- twaalf en kyk daarom is ʼn ondeurdringbare muur 
met poorte, bestaande uit twaalf en by die twaalf poorte is daar 
twaalf engele met elkeen ʼn naam en dit is die name van die twaalf
stamme van die kinders van Israel en onder die muur van die stad 
rus stewige fondasies en dit is twaalf en daarop is die twaalf name 
van die apostels van die Lam geskryf en elke afsonderlike muur van 
die stad word wiskundig gemeet en dit is twaalf maal twaalf wat gelyk 
is aan honderd-vier-en-veertig en die gelukkige bewoners van hierdie 
stad het die troon van Elohim en die Lam wat daarop sit gesien en Sy 
Ewige Son het oor hulle geskyn en hulle het nooit weer gedink aan die 
dag wat hulle as wêreld-onderdruktes moes slaaf -omdat Sy Liefde hulle 
vir ewig van die moeite van hulle werke sou laaf en Sy Ewige Naam was 
op hulle voorhoof geskryf en hulle was verseël onder Elohim se eie unieke 
watermerk van twaalf- twaalf- twaalf.


Openbaring 1692 
ʼn Aardbewing.
Vrydag 25 Mei 2012 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
In ʼn aardbewing wat alles verrinneweer om die mens ʼn les te kom leer, 
probeer almal keer en weer, maar alles stort so genadeloos om hulle 
neer.

Al die kerm en gegil maak geen verskil- onder in toegevalde myne, 
lê duisende mynwerkers so doodstil en in omgekeerde strate begin
die lewendes oor al die dooies te ril, wyl menigtes as muiters- nou 
oor alles begin verskil.

Ja, massas lê dood en beseer en stede nou puinhope word oral 
outokraties beheer en oorblyfsels van regerings probeer beweer 
dit is om almal tot hulle eie beswil te beheer.

En terwyl die aarde steeds onophoudelik beef en tril- kyk ʼn skaal toe, 
ja, so meedoënloos en kil- wyl hy verklaar: die hemel het te veel vir 
die mensdom se gruwels begin gril en so geskied toe uiteindelik 
Elohim se Regverdige Wil.


Openbaring 1693 
Drie skepe in Tafelbaai
Saterdag 26 Mei 2012 05:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn gesig staan ek op Tafelberg en ek kyk uit oor die see en ek sien 
in die verte op die horison ʼn ou antieke seilboot naderseil- met kort 
agter dit ook ʼn stoomboot wat naderkom en kort op die hakke daarvan 
ʼn ultramoderne oorlogskip- waarna al drie langs mekaar anker gooi. 

Hierna hys hulle gelyktydig ʼn vlag en dit is die doodsbeendere en 
kopbeenvlag van buccaneers asook see- en landrowers en ʼn stem 
sê: dit is die groot wêreldmoondheid van die afgelope eeue wat oor 
meer as drie tydperke, dit wat die Afrika kontinent het, sou kom roof 
en kyk, dit het nou in ʼn klimaks bymekaargekom en in ʼn nabye 
toekoms staan Suid-Afrika- pikswart verbrand- onder globale 
oorlogs-wêreldrook.


Openbaring 1694 
Wat is groot en wat is klein
Saterdag 26 Mei 2012 09:05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer
Twee wesens wandel afsonderlik op ʼn pad langs Elohim se grote see 
en so loop die grootste aartsengel die kleinste gesie teë en die kleine
gesie staan eenkant toe, so skaam verleë. Maar Gabriël nooi hom saam 
en sê: kom wandel met my mee. Maar die kleine wese sit hom hierteen 
nou so heftig tee- en hy sê: ek is te klein om die weë van ʼn aartsengel 
te betree- maar kyk, oor my kleine grootte in die ryk van Elohim, is ek 
nie een oomblik oor verleë- omdat ek soveel meer as jy afhanklik is 
van Elohim, word daar meer tyd en Liefde deur Hom aan my bestee. 

Na hierdie woorde kort Gabriël nou vinnig in- sy lang treë en hy kyk 
aandagtig na hierdie kleine gees, ja, met die skone nederigheid so 
beklee en op hierdie oomblik weet die grote Gabriël om nie as aartsengel- 
maar as kleine kind voor Elohim aan te tree- sodat Elohim deur Soete 
Vaderliefde, hom ook met die saligheid kan klee.


Openbaring 1695 
ʼn Smartlike oorlogslied.
Sondag 27 Mei 2012 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien in ʼn donker nag ʼn spierwit aandblom wat skielik in ʼn diep-rooi kleur 
verander en die kleur daarvan is van mensebloed geleen en ek hoor ʼn miljoen 
weduwees wat in een stem ween en hulle sing ʼn droewige lied wat oor al die 
oorlog-slagvelde van die wêreld teem en die woorde van hulle lied is vanuit 
hulle eie smart geneem en dit sny deur murg en been. O’ waarom is die 
globale wêreldhart so in haat en nyd versteen en waar is al die dapper, maar 
ook lafhartige soldate skielik heen- met hul bloed het hul so duur betaal- maar 
kyk, vir ons was daarin toe geen seën. 


Openbaring 1696 
Laat U WIL geskied.
Sondag 27 Mei 2012 10:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar was ʼn prediker en in sy soeke raak hy depressief en hy kom tot die 
slotsom- alles is ʼn leë gejaag na wind en tevergeefs verniet. Ja, in die 
ewige soeke na onsterflikheid waar die onverganklike koppig teen die 
verganklikheid weerstand bied. 

Ook in die willose afhanklikheid van die eeue oue dogmatiek, waar kerke 
en strukture hul dissipels deur hulle duister leer niks meer nuut kan bied. 

So ook in die desperate soeke van uiteenlopende filosofieë- waar die 
menslike psige in stryd met alles steeds sy antwoorde probeer bied. 

Ja, in die soeke van menslik emosies waar haat as satan en liefde as 
God- die antwoord op alles so eenvoudig probeer aanbied. 

Ook in die totale losbandigheid waar menigeen desperaat dit wat die 
tydelike vir ʼn oomblik bied- met die mens wat in selfvernietiging in 
oormaat daarvan geniet. 

So soek elke spesie in die siklus van bestaan deur voortplanting so 
desperaat deur hulle uitspruitsels, ja, dit wat ʼn ewige lewe in 
onsterflikheid sou bied. 

In die tydelike eienaarskap van besit- waar Mammon deur rykdom- 
ʼn magstroosprys teen die wurms van die dood aanbied. 

Ja, in die ligte aan die hemel waar radiogolwe so misteries nie hulle 
ware goddelike inligting aan wêreld-dwase wil bied- sodat die geheim 
van die lewe net in Waarheid kan geskied. 

In ʼn prediker se soeke waar ʼn ewige straf of loon, ja, ʼn vagevuur of 
idilliese hemel- nie meer ʼn antwoord, op sy ewigheids-soeke kon bied 
en sy antwoord was: alles is net ʼn gejaag na wind so leeg en verniet. 

Daar kniel ʼn kleine sondaar en terwyl net hy onwetend die regte antwoord 
op die groot vraag van die ewige lewe bied- daar bid hy- Onse Vader wat in
U oneindige hemele woon- laat alleen U Grote WIL in my kleine hart geskied.


Openbaring 1697 
Sekel en ʼn snoeiskêr.
Maandag 28 Mei 2012 09:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In ʼn gesig kom daar van heinde en ver- en ek sien twee helder brandende
sterre in die vorm van ʼn sekel en ʼn snoeiskêr- en ek hoor ʼn skaap wat 
dringend om die beskerming van sy Herder blêr terwyl iemand vra: waar kom 
die twee eindtydgetuies vandaan en ʼn stem antwoord- hulle is gestuur van ʼn 
dimensie oneindig ver- en hulle is afkomstig van die heel eerste oorspronklike 
oeroue ster- en niemand kan hulle gang, ja, hulle missie versper. Hulle kom 
met ʼn boodskap en kyk, die kake van die dood is nou wawyd oopgesper- en 
so staan die laaste gruwelgeslag op aarde nou vol in die eindtyd se vuursper.


Openbaring 1698 
Sondaars tot die einde.
Maandag 28 Mei 2012 09:15
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Terwyl Satan nou trots oor sy grote verrotte wêreldkoninkryk troon om
homself nou as die god van die wêreld te vertoon- buig voor hom nou 
elke wêreldkind as sy eie kleine afskuwelike kloon- terwyl hulle minagtend 
die aangebode hand van die Seun van die mens nou verloën. En terwyl 
satan spottend die laaste heiliges uittartend hoon- staan daar martelare 
deur die bloed van hulle Verlosser gereinig-skoon en terwyl hulle- hul 
seëvierend aan die skale van Elohim vertoon, sê hulle: daar is niks meer 
oor wat julle van julle groot eindtydtake verskoon. 

So, vra daarom, kleine mensekind, nou in ʼn benoude fluistertoon en sê: 
O’ Vader wat daar in die hemel woon, terwyl U kleine kudde so hoopvol 
oor die nuwe vredes-aarde droom- wil U nie op hierdie dag U sondaarkind
van soveel sondes nog verskoon, want kyk, in U Grote Oordeelsdag, staan
daar geen mensekind wat kan roem- ek is alreeds so heilig vroom.


Openbaring 1699 
Israel's hoeders.
Dinsdag 29 Mei 2012 16:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ my siel, waarom wil jy jou in hierdie tyd so tevergeefs ontstel en waarom 
jou oor dit wat jy nie kan verander nie kwel- kyk, daar is jou Elohim ʼn ewige 
El en voor Sy aangesig is elke wese, goed of kwaad, lankal reeds getel en die 
groot meerderheid daarvan staan klaar in satan se verlore kartèl- maar daar 
is ook ʼn suiwer saadlyn wat die groot werke in ewigheids-oorleweringe, aan 
almal wat nog moet wees sal oorvertel. Ja, ʼn nasie met sy voete eens in slawe-
ysters vasgeknel, maar ʼn edeloes uit hierdie saadlyn word bevry en as ewige 
priesters en konings aangestel. 

So, kyk daarom, O’ Jerusalem, wie is as jou hoeders in hierdie tyd oor jou 
aangestel en jy sal sien- vier swaarde van Elohim is tot jou beskerming in 
gereedheidsgrondslag oor jou aangestel. Ja, bokant jou hoof stry Migael 
en onder by jou voete- daar waak Gabriël, aan jou linkerkant- daar veg 
dapper, Uriël en aan jou regterkant oorwin Rafael, maar bowe al in hierdie 
tyd van die tye is Elohim self jou grote Metgesel. 

O’ my siel, waarom sal jy jou daarom in hierdie tyd kwel of ontstel en terwyl 
jy jou seëninge begin te tel – roep die wêreld en sy nuttelose aanbiedinge, 
ewig toe vaarwel, terwyl jy weet jy staan in die beskermings-liefdeskring 
van jou ewige enige EL.


Openbaring 1700 
Einde Mei.

Woensdag 30 Mei 2012 06:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ My Abba Vader- U, die Goeie Pottebakker en ek, U nederige klei- U vorm
en maak my uit die vrugbare modder van hierdie aardse vlei- om aan die
einde van nog ʼn maand, die maand van Mei- in nog ʼn tydgleuf waar ek my 
oor U Waarheid kan verbly, ja, daar op U smalle weg met U lieflike Wysheid 
uitplavei, O’ laat my daarom, Goeie Vader, my ewig in U Alwetendheid verbly- 
sodat ek die duister donker aanbiedinge van die bose kan bestry. 

O’ My Abba Vader, U, die goeie Pottebakker, ek, U buigbare swakke klei- met 
die lewe wat my met stampe en stote vir U Koninkryk voorberei- terwyl U my 
so besorgd na U ewige groen weivelde lei en aan die einde van nog ʼn maand, 
die maand van Mei, waar U kinders nou so hoopvol vra: wanneer is die eindtyd 
met al sy swaar verby- sodat hulle jubelend kan bely; kyk, satan is gebind en 
U volk staan vry. 

O’ Abba Vader, U, die Alwetende Pottebakker, daar waar U as Beeldhouer 
gebukkend staan oor my- U vormingsklei en aan die einde van nog ʼn 
maand, ja, die maand van Mei- daar roep ek so hoopvol en vra: is ons 
volmaakte weergeboorte al naby- want op die vlerke van U Goddelike 
Wysheid wil ons deur ons bevryde sfere gly en van U Grote Liefde- 
daarvan wil ons in  onbeperkte oormaat kry. 

O’ Abba Vader, U, die ewige Goeie Pottebakker en ons, U nederige klei- 
hoeveel maal is ons nie deur ons vrye wil en eie foute in U loutering nie 
kasty- want U vorm en maak ons om as U volmaakte kinders te kan bly- 
daar dig teenaan U Goddelike sy en daarom vra ons aan die einde van 
hierdie maand, ja, die maand van hierdie Mei aan U, O’ Goeie Abba Vader, 
om vir ewig in ons harte te kom bly want U het eens self as swakke klei, 
ja, as mens vir ons op Golgota kom ly.