.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1751 
My inner temple.
Dinsdag 11 September 2012 24:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Neither a Christian nor a Buddhist - a Muslim or a Hindu. But there before my 
YaHWeHshua’s door, yes there in glories love, there I score, and in my inner 
temple where I kneel to pray- there I love Him for eternity- there on my humble 
little floor forever more and more.


Openbaring 1752
'n Globale probleem.
('n Gruwel embleem)
Woensdag 12 September 2012 01:02
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op ‘n walglike wêreldorde vrymesselaars embleem staan ‘n gruwel gerub beeld 
uitgestal op ‘n bok se been en in die stad London ontstaan ‘n groot probleem en 
die Weste raak in hul besluitneming so ekstreem en ‘n groteske bose swart 
demoon staan voor die Lig- van vrees versteen en die Weste raak in hul 
besluitnemings nou so ekstreem. 

So kyk ‘n skrikwekkende engel nou oor groot kontinente heen en die bose swart 
demoon staan voor die Lig verskrik van vrees versteen en menig infrastrukture 
stort meedoënloos nou ineen en deur die gees van verwarring roep massas uit: 
waar nou heen? Terwyl Etiopië en ander globale lande vra: stuur ons net ‘n bietjie 
reën en so kla Amerika en ander gebiede oor ongewone temperature, ja, selfs in 
hul grond en veen en terwyl die enorme Engel roep: onttrek van hierdie lande al 
hul seën- hang daar ook om Engeland se nek nou ‘n baie swaar meulsteen. 

Want op ‘n walglike wêreldorde vrymesselaar embleem staan ‘n gruwel gerub 
beeld uitgestal op ‘n onrein bok-been en laat daarom ook nou vir Griekeland 
weet- hulle suig tot op die heel laaste aan die vrymesselaarbok se agterspeen. 

So wag daar ook ‘n ongewone einde op ‘n baie belangrike Deen en in nog ‘n 
sluipmoord sterf daar in ‘n ander land nog ‘n baie belangrike een. Met elders- 
en ook ‘n Oosterse land wat weer oor ‘n groot aardbewing en dalk ‘n tsunami 
gaan ween. 

Ja, die groot Engel roep luid: op geheel die wêreld wag daar ‘n enorme probleem-
want kyk, hulle staan reeds ‘n geruime tyd van God vervreem. Daarom raak al hoe 
meer volke en nasies se harte nou van vrees versteen en dit raak vir die kerke 
ook te laat om nou skynheilig voort te wil teem want in hul vrees verlaat haar 
lidmate haar nou een vir een terwyl almal desperaat probeer om met hul nuttelose 
geld iewers net ‘n bietjie kos in ‘n groot hongersnood te leen. 

So val daar nou iets uit die ou koningin se kroon en dit is ‘n enorme steen en ‘n 
myn in Suid-Afrika sê vermakerig: dit was eens op ‘n tyd ons eie een- maar nou 
is dit Engeland se verlies en groot probleem want deur gepoogde gewelddadige 
myn-nasionalisering raak die Rand nou van die Euro en die Pond vervreem- want 
kyk- op ‘n walglike wêreldorde embleem het Cecil John Rhodes reeds lank gelede 
vir sy koningin gesteun en van Suid- Afrika se rykdomme het hy heeltemal te veel 
vir Engeland deur slinkse steel geneem en so wag daar op Europa ‘n enorme 
resessie en daarna ‘n depressie-probleem en die bankiers roep beangs- waar nou 
heen want op die myne van Suid- Afrika kan ons nie veel langer sonder ‘n 
wêreldoorlog steun. 

So, laat die groot geldwisselaars en handelaars nou maar treurig ween want 
hulle wêreld staan voor ‘n enorme probleem- want op ‘n walglike wêreldorde 
vrymesselaars embleem staan ‘n dubbele gerub beeld uitgestal op onreine 
bokke-been.




Openbaring 1753
Thula Afrika baba.
Saterdag 15 September 2012 10:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die gees van Afrika wieg in haar arms ‘n dooie baba en terwyl sy nóg ’n 
dodelike siek kind op haar reeds krom rug rond-abba loop daar bloedtrane 
oor haar wange en sy sing verdrietig 'thula -thula sana, ja, thula- thula nou 
my baba- kyk, jy bloei en ly my kind want Raka-Juju is jou wrede tata'. 

Haar suster, die gees van Skeba staan haar by en terwyl sy stilweg saam haar 
suster ly begin sy om ‘n millennium-oue geheim fluisterend aan haar te bely 
en sy sê: in my jong dae was die tyd vêr- maar nou is dit naby en vir die oeroue 
sondes van Kanaän-Kus moet jy, my suster en jou kinders, nou ly en daar is 
niks waaroor julle julle gaan kan verbly- want kyk, die einde van jou tydvak is 
ook naby en daar slaan 'n sekel en goeie sowel as slegte metale word nou van 
jou- die Afrika-klei geskei en onder die verbrokkeling daarvan gaan geheel die 
wêreld moet ly. 
 
Die gees van Afrika wieg in haar arms 'n dooie baba en terwyl sy nóg ‘n dodelike 
siek kind op haar reeds krom rug rond-abba, loop daar bloedtrane oor haar hol 
wange en sy sing verdrietig: thula- thula sana, ja, thula- thula nou my baba- kyk, 
jy bloei en ly my kind want Raka-Juju is jou wrede papa. 

Haar suster, die gees van Skeba staan haar by om haar net deur die volgende 
woorde nog erger te laat ly en sy vra aan haar: waarheen gaan jy, my suster, jou 
dooie kinders heen karwei, want kyk- jou bondgenoot die Oosterling het jou ook 
mislei en so het almal om jou na jou Afrika-skatte gevry- maar kyk die hele wêreld 
gaan nou openlik daarom baklei en jy gaan agterkom, met jou bloed het jy verniet 
vir ander baklei, want ook uit jou eie midde het net 'n paar vet beeste in jou 
rykdomme rondgewei en van die monding van die Nyl tot en met die oog van 
die Oranje is jou oppervlak vir oorlog uitgeplavei. 

Die gees van Afrika wieg in haar arms ‘n dooie baba en terwyl sy nóg ‘n dodelike 
siek kind op haar reeds krom rug rond-abba- sing sy verdrietig: thula- thula sana, 
ja, thula-thula nou my baba- kyk jou bloed die loop en jy ly my kind, want Raka-Julius 
is jou wrede 'tata.' 

Maar haar suster, die gees van Skeba, staan haar by en terwyl sy saggies bely; 
vanaf Salomo se tyd het ek oor millenniums heen weggekwyn net om weer in 
die laaste tyd, ja, in profetiese vervulling te verskyn- om saam jou te stry terwyl 
jy O’ Afrika, in jou ondergang gaan ly, want vir die oeroue sondes van 
Kanaän-Kus moet jy ly, so, thula thula nou my Afrika-baba, want Kain-Kus 
was vanaf die begin jou baie wrede moordenaar papa. 


Openbaring 1754
Die Volkswagen embleem.
Saterdag 15 September 2012 14:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek staan by ‘n werksplek terwyl my telefoon skielik lui met ‘n somber hartseer 
boodskap van drie mense wat verongeluk het en op daardie oomblik val my oë 
op geroeste rommel wat daar rondlê met in die middel daarvan ‘n Volkswagen 
embleem en dit herinner my duidelik aan ‘n gesig wat ek ‘n klompie jare gelede 
gehad het (openbaring 466 ) en ek hoor ‘n stem wat sê: Weet, die tyd het naby 
gekom en die bal is aan die rol. 


Openbaring 1755 
Ballade van die laaste tyd.

Maandag 17 September 2012 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die ballade van die tyd klap daar ‘n skoot en val daar ‘n kluit en terwyl die 
dood skaterlag begin die eindtyd ‘n treurige deuntjie te fluit en vanuit hel en 
Hades lok en roep satan nou luid terwyl die Goeie Gees ditself van die wêreld 
in Godverlatenheid afsluit en aan weerskante van ‘n skaal lê ‘n dollar en ‘n 
pond en beide is ‘n nuttelose duit en Anglo American dreig om sy deure vir 
altyd te sluit en menig rykaard verloor hul huis, haard en huid. 

In die ballade van die eindtyd klap daar outomatiese masjiengeweervuur terwyl 
‘n vreesbevange kleuter sy oë afvee en sy neus uit snuit en hy loer na buite deur 
die skerwe van ‘n stukkende ruit en beangs sien hy hoe word sy pa geskiet en 
sy ma verkrag en opgesluit en hy staan verlore in ‘n waansinnige wêreld van 
haat en nyd en in sy kindergemoed weet hy, daar is niks wat die globale waansin 
gaan kan stuit. 

In die ballade van die eindtyd verdwyn in soveel stakings die arbeid en die vlyt 
en in die lug hang ‘n mengsel van swael en buskruit en wêreldwyd klink daar 
die dreunings van oorlogsgeluid en in verwarring van politieke besluit begin 
verskillende weermagte en polisie ook te muit en terwyl die klok aan die muur 
getuig- my ratwerk is uitgeslyt en daar is niks meer oor wat die val van die skale 
kan stuit. 

In die ballade van ‘n vreeslike tyd kan die hoer van Babilon in haar laaste 
barensnood skielik nie ontsluit en iemand klop dringend aan die Vatikaan 
se ruit met ‘n boodskap; dit is te laat om globale vernietiging te probeer stuit 
en die pous vloek dat almal se ore daarvan tuit en so begin die banke om hul 
deure vir kliënte te sluit en goud verhandel vir minderwaardige olie en droë 
beskuit en die koring is deurtrek van miet en die mensdom oortrek van ‘n 
gevaarlike myt en ‘n klein engelgees roep kordaat: dit is alles te danke aan 
my besluit. 

In die ballade van die laaste tyd loer kerkgangers deur die vensters van hul 
kerke se dowwe ruit en terwyl die dood skaterlag raak dit te laat om met God 
‘n verbond te probeer sluit, want luister na die rylied van verskrikking en weet- 
dit is vier verskriklike boodskappers wat daar fluit en so klap daar 'n skoot 
en daar val op menig kis 'n kluit en dit raak ‘n vreesaanjaende oordonderende 
geluid. 


Openbaring 1756 
‘n Mafia beleid. 
Saterdag 22 September 2012 15;45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n land niks anders as ‘n Mafiastaat, daar heers die vakbond saam 
met die burokraat en die regter en die swendelaar is mekaar se goeie 
ou maat en die outokraat regeer onder die dekmantel van die demokraat 
en ‘n polisiemag staan vir die Mafiastelsel daar gereed paraat en Wee 
O’ Wee die man op straat, ja, wee hom die dag wat hy besluit- oor dit 
alles raak hy nou obsternaat want sy persoonlike opinie gaan hom net 
mooi niks kan baat. 

In 'n land niks anders as ‘n Mafiastaat, daar gons dit soos al wat politieke 
party net wil praat en praat en wraak, O’ wraak roep ‘n uitgeskopte despoot 
nou desperaat, eers word my misdade net weggepraat- maar moedig ek die 
massas aan om net so ‘n bietjie te staak word daar skielik oor my misdrywe 
nou van inhegtenisname gepraat. Maar kyk, as ‘n pikswart mamba bly ek so 
paraat. En die jonges luister graag na my raat en binnekort raak hulle almal 
sommer baie kwaad. 

In ‘n land niks anders as ‘n Mafiastaat, daar heers die vakbond saam met die 
vrymesselaar en ook die burokraat en elke outokraat beweer skynheilig hulle 
is net die beste demokraat en so raak die belastingbetaler nou bleek in die 
gelaat en hulle weet nie meer enige raat want betaal- betaal dit moet hulle 
doen van vroeg tot laat- want anders loop hulle hul vas in die mafiabaas 
en so lê menig landsburger binnekort plat op hulle rug se naat, ja, heeltemal 
van al hul geld, besittings en eiendom verlaat. 

In ‘n land niks anders as ‘n Mafiastaat, daar lê binnekort ook die goeie ou 
siekefonds uitgegooi op straat en siektetoestande is nie meer enige een 
se maat want ook die eens goeie ou Boere raat is reeds lankal vervang met 
die homeopaat en ook toordokters weet kwansuis deesdae die beste raat 
en hulle sê slinks: vermy gesonde voedsel en ook die koolhidraat en maak 
jou daardeur teen hongersnood paraat, ja die toordokter en sangoma sê: 
kyk, ook ons is deel van die Mafiastaat en hier heers regters as ‘n hoë-profiel 
vrymesselaar- as die eintlike mafiabaas, ja, onder die dekmantel van regerings 
as die kwansuise regverdige demokraat en dit terwyl hulle uit die mond van die 
Engelse koningshuis praat. 


Openbaring 1757 
Elohim se Liefde
Saterdag 22 September 2012  20:18 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Al dansend die druppels wyl waterplasse al wyer uitkring terwyl 
lewendgewende vog die aarde deurdring met groen weivelde wat 
baldadig oral ontspring en so word Elohim se Liefde na dorre 
landskappe gebring. 

Al dansend ‘n meisie, aan haar vinger ’n ring, terwyl sy so stralend 
haar minnaar se liefde besing met haar wêreld wat nou om hulle 
samesyn uitkring so word Elohim se Liefde na verliefde paartjies 
se harte gebring. 

Vrywillig word ‘n leerling nou na sy Meester gebring wyl hy so ernstig 
die Goddelike Waarheid wil deurdring sodat sy diensbaarheid ook wyd 
oral kan uitkring en so word Elohim se Liefde na baie gebring. 

So glansend teen ‘n donker hemelruim- sterre wat blink met die maan 
wat ook so helder tussendeur blink terwyl naggeluide so misterieus 
oral opklink- so word Elohim se Liefde ook in die aandskemering nader 
gebring.

In glase wat vrolik op `n goeie fees teen mekaar klink met die Gasheer 
wat Sy gaste so gasvry na die feestafel naderwink terwyl Hy Sy heel 
beste wyn so gul begin inskink, word so Elohim se Liefde in seën na 
Sy kinders gebring.

In die sonstrale wat so baldadig op die see se golwe blink terwyl die 
Visserman se net in die dieptes daarvan wegsink met edelvisse se 
lywe wat so pragtig daarin blink- word Elohim se Liefde so in die vangs 
nader gebring. 

Met die dood wat die lewe in die sterwe verdring terwyl die pyn die 
gesonde verstand en sinne verdring- kom daar ‘n goeie engel om die 
vrees te verdring en so word Elohim se Liefde ook na die sterwende 
gebring. 

Terwyl satan so slu ‘n sondaar nader wink om tot nadeel van sy 
ewige lewe rond te rinkink- kom daar ‘n Verlossingsbrief geskryf 
in Golgotha Bloed-ink en so word Elohim se Liefde ook na sondaars 
gebring. 

Al dansend die druppels wyl waterplasse al wyer uitkring terwyl 
lewendgewend die vog dorre streke deurdring met groen weivelde 
wat baldadig oral ontspring en so word Elohim se Liefde na dorre 
landskappe gebring. 


Openbaring 1758 
Sondes van nou en weleer.
Sondag 23 September 2012 15:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In die dae van Sodom en Gomorra is jonge meisies onteer en seuns 
gesodomiseer en het ouers durf waag om hieroor te murmureer was 
hulle maklik in die openbaar geteer en geveer en sou ‘n buitestaander 
hieroor protesteer het ‘n korrupte regstelsel so ’n persoon in alle 
lewensmiddele gerantsoeneer. 

So is daar ook towenaars en hekse gehuur en mense het mekaar oor 
en weer vervloek en besweer en in hulle godsdiens aanbidding het 
hulle hulle hoofde kaal geskeer en hulle lywe oraloor laat tatoeëer en 
so val hulle voor die afbeeldings van afskuwelike demone neer terwyl 
hulle dit godslasterlik met Elohim se Naam vereer. 

Ja, die mans van Sodom en Gomorra het hulle al in daardie dae as 
transvestiete triomfantlik laat transformeer en om onskuldige mense 
wreed te martel, daarin het hulle ook gespesialiseer en selfs hul heel 
mooiste kinders lê hulle as offerandes voor hulle drekgode neer en 
terwyl hulle oor die afskuwelikste dade sou fantaseer verwek hulle 
weer nuwe kinders terwyl hulle sou verbaster en met alles hoereer. 
Maar suiwer bloed in hulle midde het hulle met hulle alles besweer 
terwyl hulle ook hatig oor die suiwer Waarheid sou murmureer. 

En so het Elohim self as ‘n Engel Hom na hierdie stede gekeer om 
dit in ewige vernietiging om te keer en met swael en vuur is Sodom 
en Gomorra in steriele soutpilare gekristalliseer en vir millenniums 
het menig volke en nasies hieruit ‘n baie duur les geleer. 

Maar die moderne mens het laggend daaroor begin gekskeer en in 
‘n baie onfatsoenlike leer word vandag dramaties beweer dat dit so 
aanvaarbaar is om terwille van elke siek behoefte, elke geslag-orde 
te versteur- ook om met alles en almal te verbaster en na willekeur 
te hoereer en dit terwyl die kerke in guns van al hierdie gruwels met 
hulle lidmate goedig daaroor kommunikeer terwyl hulle godslasterlik 
beweer dat van die homoseksueel tot die verbasteraar is alles tot God 
se eer en terwyl pedofiele kleine meisies onteer, met ander- en baie 
daarvan priesters, wat jong seuns sodomiseer en sou iemand hieroor 
protesteer word hulle maklik vir naamskending aangekeer en in 
satan aanbidding-kringe word hekse gehuur terwyl mense mekaar 
oor en weer vervloek en besweer met manlike modeslawe wat hulle 
koppe kaal laat skeer terwyl hulle hul oral laat tatoeëer en so val 
baie voor die televisiestelle neer terwyl hulle aanbiddend die walglikste 
pornografie vereer terwyl sommige transvestietmans hulleself so 
triomfantlik as vroulik transformeer. 

En in lande soos Suid Afrika word onskuldige mense, veral blankes, 
wreed gemartel en vermoor, ja, daarin word gespesialiseer en enige 
suiwer bloed word met alles besweer terwyl ‘n eenwêreldorde die 
mensdom leer om as ‘n eenwêreld-baster te triomfeer. 

Maar so kom daar ‘n dag en Elohim kom self as die Oordeel op geheel 
die aarde neer en niemand gaan die vreeslike vernietiging kan keer en 
so sal ‘n handvol uitverkorenes leer om Elohim en Sy Ordes vir ‘n 
duisendjarige vredestydperk te eer en respekteer. 


Openbaring 1759 
Straf en loon.
Maandag 24 September 2012 17:12
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Hoe groot die heelal en klein die atoom en hoe duister die 
donker nag maar glashelder die suiwer stroom- met die hel 
en die hemel wat soms in een verstand saam woon met ‘n 
mens se siel wat verward daar tussen in woon. 

Hoe klein die niksbeduidende persoon en hoe hoogmoedig 
die draer van ‘n kroon en hoe salig die engele wat in die Ligryk 
woon terwyl satan so naywerig vanuit Hades hoon. Ja, in tyd 
waar die geestelike realm ditself in ‘n materiële wêreld vertoon 
met Sion wat as tussengangers daar tussen die mensdom woon 
sodat die son ook in die land van die duisternis kan woon en 
Goddelike Lig donker siele binne kan stroom. 

Hoe groot die heelalle en klein die atoom en hoe groot die 
onregverdige se straf en onmeetlik die goeie se loon en dit 
op ‘n kleine aarde waar patriarge, profete en apostels nou 
saam woon om as eindtyd getuies Melgisedek te kan kroon 
en so suiwer klink daar nou die pragtige engeletoon terwyl 
satan naywerig die heiliges tergend probeer hoon en so 
verskyn daar nou in ‘n baie rare eindtyddroom die heengaan 
van ‘n baie belangrike ikoon met ‘n tsunami wat ‘n groot 
kusstreek gaan omsoom terwyl 'n aardbewing skrikwekkend 
op die rigterskaal vertoon. 

So, wie word gestraf en wie word beloon, ja, wie word vir Hades 
nader gewink, en wie word van die hemel verskoon terwyl die hel 
en die hemel in een verstand saam woon. En so sal elke siel hom 
vir sy dade nie kan verskoon. 


Openbaring 1760 
Wee die teenstander van die Lewende Woord.

Dinsdag 25 September 2012 11:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar is ‘n faktor, ja, ‘n faktor wat kliphard probeer- om die 
Waarheid, gebring deur die Innerlike Woord, met geweld toe 
te smeer en so begin hulle eerstens om heftig daarteen te 
protesteer en so gebruik satan se trawante die Christenleer 
en ook die bybel om daarteen te kritiseer- maar sonder die 
gawe van die Gees het hulle verniet probeer. 

Daarna probeer hulle deur mag en krag om slim te debatteer 
om so die hedendaagse openbaring daardeur te verrinneweer 
terwyl hulle dit van vroeg tot laat probeer swartsmeer. Maar 
ook dit baat hulle ewig nimmermeer en so loods hul hierna ‘n 
aanval op ‘n boodskapper om die in elke opsig te onteer. Maar 
hulle loop hulle vas in die niksseggendheid van ‘n nietige mens 
en daarteen moes hulle weereens retireer en so saai menig 
pastoor, predikant en skrifgeleerde nou ook hulle hoogdrawende 
terreur. 

Maar onverstoorbaar laat die Innerlike stem Hom hierdeur ook nie 
keer en so besluit satan woedend om vuur met vuur te beveg en 
hy stuur menig gesant wat nou skielik beweer dat God ook direk 
met hulle deur sy Innerlike stem kommunikeer. Maar deur die 
Gees van Onderskeid kan die verseëldes maklik die Waarheid 
van die leuen in twee groepe verdeel. 

En so staan menig rekenaardeskundige nou nader om deur 
webbladterreur hulle slag te probeer- wat net bewys, ‘n wêreldorde 
raak in sy vele tentakels nou erg geïrriteerd. Ja, al sal die wêreld 
wat ookal probeer- moet hulle maar net eenmaal weet dat wanneer 
die Stem van Elohim deur Sy Gees, waar en wanneer ookal, wil 
kommunikeer, daar niks, maar ewig niks is, wat Hom gaan kan keer. 

So, laat daarom elke teenstander van Hom- nou duidelik weet- 
die tyd het gekom en die swaard van vergelding kom op hulle 
eie hoof neer- terwyl hulle eie vergeldingsvloek in vreeslike 
verlies en droefheid na hulle terug gaan keer. 

Openbaring 1761 
Wêreld onrus.
Woensdag 26 September 2012 16:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die middel van Siberië staan twee Russe en die een sê aan 
sy maat: kyk, ons moedertjie het ons vir die ekonomie versaak 
en dit is tyd om almal globaal te begin haat- so kom ons voeg 
die woord by die daad en hou met ‘n bondgenoot kajuitraad 
want met Ortodoks en Kommunis het ons beide meer geen 
raad, maar by die Oosterling, daar gaan ons definitief baat. 

Ja in die middel van Rusland staan daar twee Russe en terwyl 
hulle ernstig met mekaar praat- roep daar ‘n stem en sê ook in 
Leningrad raak dit nou laat en selfs die afstammeling van die 
eens dapper Kossak raak nou bleek in die gelaat, want ook in 
Asië staan menigtes binnekort verhonger en naak en almal wag 
op Rusland om te weet waar sy haar vir die groot oorlog gaan 
skaar. want niemand word vir die komende wêreldoorlog 
vrygespreek of gespaar. 

So staan daar twee partye in die Withuis van Amerika wat globaal 
kalmerend uitroep- kan almal asseblief net so ‘n bietjie bedaar en 
so antwoord die Arabiese lande nou onbeskof astrant: kyk jy moet 
swyg- want jou dollar gaan jou dalk binnekort versaak en in jou 
ekonomie verskyn daar reeds ‘n onherstelbare kraak en jy is 
niks meer anders as net ‘n ou sieklike mankoliekige draak en jou 
bondgenoot Europa, die stel ons ook binnekort aan die kaak, want 
geheel die wêreld raak nou moeg van jou valse vredevors en 
Babilon se dubbelsinnige spraak. 

In die middel van London staan twee superryk vrymesselaar- 
bankiers en die een sê vir die ander- speel jy in die huis van 
kommentaar nou jou uiters belangrike kaart, want iemand 
moet Israel in sy nood versaak- so saai daarom ook in al die 
Brickslande genoeg verwarringsaad, want kyk daar vaar ‘n valse 
vredes-illusieskuitjie na Kammaland en die onrus in Suid-Afrika 
gaan nie bedaar terwyl daar in onlus net meer massas gaan staak 
en dit neem op geheel die wêreld-ekonomie nou sy wraak, want 
almal wil nou desperaat, in onder andere, goud en platina baat. 

In die middel van Duitsland staan twee Duitsers en die een sê aan 
die ander: met die tweede wêreldoorlog had ons op die einde glad 
geen raad- maar kyk, dit raak weer sulke tyd en die nasies raak vir 
mekaar boosaardig kwaad en in Turkye kom daar binnekort ‘n 
noodberaad en of ons wil of nie- geheel die Weste bly onlosmakend 
ons ou maat en vanuit Suidwes-Namibië gaan ons baie lande seermaak. 

Maar twee Sjinese staan- een in Zimbabwe en die ander in die middel 
van Suid-Afrika en hulle fluister- kom ons steek so ‘n bietjie met die 
Weste draak, ja, kom ons speel so ’n bietjie skaak, want niemand het 
so goed deurdag soos ons oor die laaste dekade in die Suide van 
Afrika gewaak en daarom sal ons kleingeld met ons mededingers 
maak, want met al die Afrika-grondstowwe weet ons die heel beste 
raad en so slaan ‘n Verenigde Nasie troep en Sjinese soldaat wild 
na mekaar en die inwoners van daardie land raak van al die bloed 
so siek en naar. 

So staan daar in die middel van die aarde twee persone teenoor 
mekaar en die een is Gog en die ander Magog en die oorlogs gerugte 
gaan nie weer bedaar en so kom geheel die wêreld op die einde in 
twee groepe vir ‘n allesvernietigende oorlog bymekaar. 


Openbaring 1762 
Suiwer Boer- my edel broer.

Donderdag 27 September 13:55 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ vervloekte grond, ja, vervloekte land- waar die as en mynhope 
saamsmelt in onwelriekende stank met gras en weivelde oral 
pikswart verbrand met onooglike plakkerskampe wat grens aan 
elke dorp en stad se alkant en dit alles net aan die liberalis se 
besluitnemings te dank- met net nog ‘n kleine handvol edelbloed 
aan mekaar verwant. So kyk, ek gee jou my hart en ek gee jou my 
helpende hand want jy bly ‘n suiwer Boer my edel broer en 
daarvoor God ewig My dank. 

O’ vervloekte grond- vervloekte land, in jou eie banvloek lê jy nou 
gestrand, ja, vanaf die Komati tot by die Kaapse strand daar het 
hel en Hades in jou neer kom land- om dit wat eens suiwer was 
aan satan te verpand- draai daarom O’ liberalis vir alle ewigheid 
aan jou onderdrukker jou wang- want jou tyd het gekom en slim 
het sy baas gevang- maar God Sy dank vir ‘n handvol edelbloed 
nog aan mekaar verwant en daarom gee ek aan jou O’ suiwer Boer, 
ja, jy my ewigheidsbroer nou my hart en my helpende hand. 

O’ Vervloekte grond, ja, vervloekte land- kyk jou einde kom en jy 
staan op die ewige afgrond se rand en vanuit jou sentrum styg 
daar ‘n doodstank- met jou infrastrukture binnekort kruppel en 
mank en so roep daar die doodsengel- vertel my O’ veragtelike 
land waarom proe al jou produkte en goeie wyne skielik so suur 
en frank- terwyl jy O’ Suid- Afrika so magteloos aan jou eie 
galgtou hang en so het jy jouself in jou eie wip gevang. Maar God 
Sy dank vir ‘n handvol edelbloed nog aan mekaar verwant- gee 
daarom O’ suiwer Boer aan jou ewigheidsbroer jou hart en jou 
liefde asook jou aangebode helpende hand- terwyl jy jou Elohim 
en jou volk min met jou hele siel en verstand. 


Openbaring 1763 
Babilon O’ Babilon.
Woensdag 3 Oktober 2012 08:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O’ Babilon, ja, Babilon- hoe is dit dat jy nou tot in jou fondasies 
begin skud en vibreer terwyl ‘n wêreld georiënteerde media eers 
dit en dan weer dat beweer- met ‘n Illuminati-mag wat by alles wat 
heilig is sweer dat slegs die verligtes oor ‘n laaste uitkoms vir die 
wêreld kan kommunikeer en dit terwyl hulle hul teenstanders op 
elke wyse afbreek en kritiseer om daardeur alleen al die rykdomme 
en grondstowwe van die aarde te beheer en so ly almal onder jou 
O’ Babilon se terreur. 

O’ Babilon, ja, Babilon- waarom is dit nou dat jou hoer so droewig 
treur terwyl sy in rou haar skarlakenrooi rok begin stukkend skeur 
want kyk ook haar eindtyd-dier waarop sy ry is kruppel en beseer 
terwyl sy haar kelk met heilige bloed op haar eie hoof in oordeel 
begin omkeer en terwyl sy in magtelose woede van haar eie 
biskoppe begin elimineer speel sy haar laaste troefkaart en dink 
die merk van die dier- trippel ses- gaan triomfeer. 

O’ Babilon, ja, Babilon, kyk hoe begin die aarde nou onder jou 
skud en vibreer, want te lank en te veel wou jy elke uitvindsel 
onder jou naam misbruik en patenteer om daardeur alles te kan 
beheer- maar kyk, jou tyd is nou besig om uit te passeer en jou 
handelskepe lê binnekort in alle opsigte verwoes en verrinneweer 
en ook jou handels treine staak om te rangeer en so gaan nie een 
van jou handels-are meer kan opereer- want op elke land, nasie en 
volk wou jy net altyd teer. 

O’ Babilon, ja, Babilon, as ‘n eens viriele reus-staan jy nou daar 
so hulpeloos naak en gekastreer, terwyl jou eie goed-deurdagte 
planne teen jou draai om jou self te terroriseer en vanuit jou eie 
midde raak jou pionne traag om jou as wêreldheerser te nomineer 
met die Westerse lande wat in klaagliedere begin murmureer terwyl 
geheel die wêreld jou in elke opsig begin kritiseer. 

O’ Babilon, ja, Babilon kyk, jou oënskynlike magtige fondasie is 
besig om te skud- verkrummel en te vibreer want kyk, die magtige 
Jood lê dood- maar lank lewe die suiwer weggesteekte Hebreër- 
want sy Meester word nie verniet genoem die Ewig Lewende 
Nasireër en so word jou Babiloniese godslasterlike dier nou saam 
met jou valse profeet vir die ewige afgrond aangekeer en dit raak 
te laat vir jou Vrymesselaars, ja, jou konings- jou grotes asook 
regerings om daarteen te protesteer. 

O’ Babilon, ja, Babilon, jou groot handel-hoerstad is besig om 
uitmekaar uit te skeur en jou koopmanne staan daar eenkant en 
hulle is rasend-gefrustreer- terwyl hulle so hartroerend oor jou 
treur want die skrif is aan die muur en jou val staan wyd in die 
boeke van die hemele gepubliseer en uit jou as, herrys jy ewig 
nimmermeer want in jou hebsug wou jy mos as ‘n valse Sion oor 
die wêreld triomfeer en Elohim se ware edel loot- dit het jy onder 
jou onrein voete beseer, ja, ‘n heilige volk het jy vertrap en onteer- 
maar kyk, hulle Verlosser het Hom tot Hulp weer na hulle gekeer 
en daarom sal hulle saam met Hom as konings en priesters- 
vir ewig oor Sy oneindige ryk regeer. 


Openbaring 1764 
In vryval.
Woensdag 3 Oktober 2012 14:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Twee gerubs staan in teenoorgestelde windrigtings terwyl hulle 
mekaar vriendskaplik toewuif en in ‘n vryval verskyn daar vanuit 
'n hemel dimensie ‘n kraai en ‘n duif en ‘n hamer val en dit 
vermorsel die koringkorrel sowel as die druif en die wêreld roep 
boosaardig: dit is nou tyd om vir oulaas te bras en te fuif. 

Terwyl die wêreld vir oulaas voor ‘n sterwende Mammon buig 
met die breë weg vir die wêreldling so misleidend en ruig-  so 
begin daar nou globaal die massas te muit en almal hoop hulle 
oorlewing lê verskuil in hulle patetiese buit en in die heel mooiste 
land, so vêr daar Suid- klink daar ‘n geweeklaag so hard en so luid- 
terwyl die dood stilswyend swyg voor die kapmes en die klipklap 
van die kluit. 

Die Ark van Genade se deur het toegeskuif en ‘n reddings-gleuf 
word vir ondenkbare tye toegesluit en vanuit die hemel verskyn 
daar in vryval die pikswart kraai asook die spierwit duif en in ‘n 
vreeslike oordeel word die wêreldling se lewe nou met die dood 
bestuif en goed en kwaad word vir ewig van mekaar weg geskuif. 

Terwyl ‘n enorme planeet in verduistering tussen die son en die 
aarde inskuif- staan twaalf apostels en vier-en-twintig wyse 
oudstes om oor Elohim se groot werke te juig- terwyl miljarde 
engel sfere voor Sy troon neerbuig en so begin die martelare 
om nou openlik te getuig- terwyl die verduistering die laaste 
sonstrale van die aarde af opsuig. 

Terwyl al die aartsengele nou in afwagting nader skuif- begin ‘n 
hemelse aandwind saggies te ruis met koel Paradys stroompies 
wat kabbelend so vrolik daar bruis. En so verskyn daar in ‘n 
onbeskryflike gesig- ‘n Man geklee in Suiwer Wit en oral oor 
verstil in afwagting die heilige hemelgedruis en Sion roep in 
verrukking: hier in my weergeboorte is ek in my hemelse huwelik 
uiteindelik tuis. 


Openbaring 1765 
Aardklop.

Woensdag 3 Oktober 2012 16:12 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
 
Aardklop- aardklop die keiser is kaal maar die land se slimmes staan 
so beperk bymekaar ingeprop daar op aardklop en Afrikaans stuur af 
op 'n afgryslike ramp, ja, 'n flop. Waar die selfaangestelde intellektueel 
hulle self dood verveel en hul daardeur probeer troos met `n stywe dop. 

Daar by aardklop lê nuttelose talent verstrengel in sy eie gemors en elke 
Afrikaanse aanbieder staan op sy eie mishoop en slaan homself op sy 
bors en aan 'n tekort aan talent probeer baie aandag  trek deur te skok 
en hulle sê: Jesus Christus is 'n baster vrou in diepe rou want wit mans 
het haar in verkragting omgedop  en terwyl die liberalis so wild na die 
meer konserwatiewe skop, roep 'n baie getroue kerklidmaat hardop uit 
op aardklop en hy/sy roep satan opgewonde toe: kyk, ek is jou stoute 
lollipop en vanaand moet almal net vir my pasop. 

Maar op aardklop duur die goedkoop konserte voort en in 'n  moderne 
dans, dans daar iemand soos 'n hoender met 'n afkop en in mimiek 
verbeel iemand anders hom hy is 'n badprop en elke Jan Rap en sy 
Vrymesselaar-maat ry op hulle kragtige ysterbok na aardklop en die 
motorfietsryers maak hulle eie tipe amok- want almal in Afrikaanse 
geledere is koel en wil net skok- want eenmaal 'n jaar is dit mos die 
uiters belaglike aardklop en die keiser bly kaal en elkeen verduidelik 
op sy eie manier sy verhaal en afgeleefde ooms en tantes beskou 
hulself as koel en flambojant en nie vaal want dit is mos aardklop en 
die meer liberale deel van die volk is 'n yslike flop- want godslasterlik 
maak hulle mos geestelike amok. 

Maar luister gerus vanjaar, ja, almal daar by aardklop- die horlosie tik-tok 
en die skrif is aan die muur en van Marikana tot by Potchefstroom regoor 
die land verstil daar binnekort menig hartklop- want God het genoeg van 
hierdie volk opgekrop.  Maar dit is weer Aardklop en die keiser is kaal maar 
die land se sogenaamde slimmes hou hom noukeurig dop terwyl hulle hom 
op sy skouer, oor sy mooi klere, klop. 


Openbaring 1766 
Die son bly brand.
Vrydag 5 Oktober 2012 09:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die son brand gaar en die kos raak klaar en wie word van die 
groot hongersnood gespaar en teenoor ‘n enkel gewer staan 
daar ‘n menigte van bedelaars terwyl regerings maan; dit is tyd 
om te rantsoeneer en op alle kos te bespaar. 

Die son brand gaar en die groen raak klaar en Elia gaan in sy 
missie nie bedaar en so beweeg die droogtes van hier na daar 
en die mensdom staan so diep beswaard, 

Die son brand gaar en die wingerd staan verdor en klaar en kyk 
hoe droog hang daar die somerblaar en oral oor is die brood 
ook klaar terwyl menig swanger vrou weet dat hulle verniet gaan 
baar. 

Die son brand alles dood en gaar en die mensdom raak van 
honger heeltemal deurmekaar en in soveel dorp en stad staan 
gestrand- die gereelde pendelaar want die ekonomie staan op sy 
knieë nou moeg en klaar. 

Die son brand alles ongenadig gaar en die hongersnood dreig 
vanaf die pole tot en met die ewenaar en mens, vee en wilde 
diere is almal ewe maer met drinkwater nou orals baie duur en 
skaars. 

Maar die son bly brand en die graan raak wêreldwyd skaars en 
klaar terwyl honger kinders so leweloos voor hul uitstaar en so 
raak die tyd ook nou op en klaar en Elia gaan in sy God-gestuurde 
missie nie bedaar. 


Openbaring 1767 
'n Onsigbare kiem.
Sondag 7 Oktober 2012 07:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is iets so klein en ongesien om mens en dier met die dood 
te kom bedien en so kom daar ‘n kiem, ‘n dodelike kiem, en die 
mensdom kry wat hulle verdien, want na satan en sy ryk het hulle 
mos opgesien en in elke gruwel- daar het hulle hom gedien. 

So, kyk nou op daar na die grote diereriem en weet, daar kom 
iets so klein en ongesien, ja, iets so klein- net deur ‘n baie sterk 
mikroskoop te sien en so kom daar 'n dodelike kiem en ‘n 
mensdom kry wat hulle verdien. 


Openbaring 1768 
'n Misgewas kind.
Sondag 7 Oktober 2012 07:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Dit is ‘n donker duisternag en geheel die wêreld strompel rond- 
heeltemal blind terwyl ‘n vallende wêreldster sy pad na die planeet 
toe vind en daar kom ‘n aankondiging; iemand verwag ‘n koninklike 
kind. Maar ‘n engel roep: O’ laat dit in sy eie vrugwater verdrink, want 
kyk, die fetus se D.N.A is verrot en dit stink. So, laat elke oor nou hoor 
dat elke koningshuis in die einde van hierdie tydvak gaan ontbind. 

So word daar in die duisternag vir die wêreld ‘n bloedbeker ingeskink- 
met die pous wat in heildronk eerste daarvan drink en satan vra sy 
offer en dit is ‘n koninklike kind- terwyl ‘n koningin van Europa ‘n 
rouband om haar linker bo-arm vasbind. 

So vlieg daar 'n engel van Noord na Suid- van Wes na Oos en 
hy is vinniger as die vinnigste wind en hy gooi sy skaal en ‘n 
deel van die see en ‘n deel van die land begin te stink terwyl 
geheel ‘n wêreldstad verdrink. 


Openbaring 1769 
'n Pikswart gerf
Sondag 7 Oktober 2012 10:36
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
‘n Aartsengel begin om ‘n merk op ’n stokkie uit te kerf 
en ‘n aasvoël sweef oor die land en in sy klou is daar ‘n 
pikswart gerf en kyk, soveel kos in Suid-Afrika en elders 
op die wêreld raak af en bederf terwyl elke kwaadwillige 
klipgooier in Suid-Afrika sonder enige oënskynlike rede 
gaan sterf, want in die ruimte kom daar ‘n enorme klip as 
‘n onstabiele wandelaar aangeswerf en die hoop van 
gruwel-nasies word vir ewig bederf en so staan daar ‘n 
oordeelskaal wat die lugruim oor Afrika en elders pikswart 
begin verf en die laaste bose gees ontsnap vanuit die verderf 
terwyl hulle kruis en dwars oor geheel die wêreld swerf sodat 
elke bose wêreldling sy regmatige plek in die hel kan erf. 


Openbaring 1770 
Ek dank U Vader...
Sondag 7 Oktober 2012 18:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek dank U Vader vir elke mooie dag 
en vir elke kind wat vrolik-bly daar lag. 

Ek dank U vir al die mooie blommeprag 
en vir elke siel wat lydsaam op U wag. 

Ek dank U vir my bed so warm- sag, 
vir my voedsel waaruit ek put- my krag. 

Ek dank U Vader vir elke skone nag 
met sterre aan ‘n hemelwand in al hul prag. 

Ek dank U Vader vir U Vaderliefde sag 
wat so geduldig luister na my vele klag. 

Ek dank U Vader dat U my as sondaar ag, 
vir my het U ‘n sware kruis gedra as vrag. 

Ek dank U Vader dat my siel so na U smag 
wyl ek afwagtend op my weergeboorte wag.

Ek dank U Vader vir U grote Krag en Almag 
waar nederig skuil- my siel in groot ontsag. 

Daarom dank ek U, my Vader, vir elke dag 
waar ek hoopvol op U wederkoms mag wag. 


Openbaring 1771 
Op hierdie dag…
Dinsdag 9 Oktober 2012 
17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op die dag wanneer die Jode die land in hulle duisende begin 
verlaat- op die dag staan menig liberalis bleek in hulle gelaat. 

Op die dag wanneer die kerke hul gemeentes begin versaak- 
op die dag is dit vir elke kerklidmaat heeltemal te laat.  

Op die dag wanneer ook die polisie en die weermag besluit 
om te staak- op die dag wreek elkeen sy eie vendetta en wraak.  

Op die dag wanneer die VN rapporteer Suid-Afrika is nou ons 
verantwoordelikheid en taak- op daardie dag staan die moondhede 
teenoor mekaar in ongekende haat. 

Op die dag wanneer die kapmesse kap van vroeg tot laat- 
op daardie dag weet almal in verskrikking nie meer enige raad. 

Op die dag wanneer die rykes nie meer deur Mammon kan baat- 
op daardie dag is dit ook verby met die huidige staat. 

Op die dag wanneer doodskrete opklink vanuit elke hoek en straat- 
op daardie dag stel die vrees elke lafaard aan die kaak. 

Ja, op die dag wanneer niemand meer opdaag vir hulle daaglikse 
taak-op so ‘n dag het geheel ‘n volk in wanhoop en vrees gestaak. 

Op die dag wanneer die duiwel hom met Suid- Afrika begin vermaak- 
op daardie dag speel hy met almal as sy willose pionne skaak. 

Maar op die dag wanneer die Jode in hulle duisende die land begin 
verlaat- op daardie dag weet elke liberalis, hulle wêreldgod het 
hulle as nuttelose vuilgoed agtergelaat.


Openbaring 1772 
'n Aartappelboer en 'n gruwelbeker.
Dinsdag 9 Oktober 2012 07:45 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nog 'n gruwel word ingeskink, so- luister na die glase wat weer in 
Vrymesselaar-kringe klink terwyl die rykes so hoopvol saam ‘n 
wyntjie drink en so daal die hel neer met vuur en swael wat stink, 
ja, met 'n ou aartappelboer wat weer vir almal moet dink en so 
staan die bokryers se ysterbokke gechroom en blink terwyl die 
wapad vanuit elke windrigting wink. Maar watter planne die ou 
spul ook al saam met die kerke bedink- die wipplank-ekonomie 
gaan op die einde net al hoe dieper wegsink. 

Nog 'n gruwel word ingeskink en 'n reënboognasie lê op die einde 
vermoor en vermink maar 'n ou aartappelmoer moet sy kant vir sy 
meesters bring en so word moontlike oplossings desperaat bedink 
terwyl die woordjie versoening alweer oral opklink en so staan die 
ysterbokke gereed, gechroom en blink- terwyl die wapad van die 
Kaap tot en met Rustenburg wink. 

Nog 'n gruwel word ingeskink en nuwe ooreenkoms-kontrakte lê 
nat in die ink terwyl die Jode se oë opnuut gierig begin blink en 
so staan daar 'n groot vrymesselaar met 'n rooi das en 'n pinkie-
ring maar 'n aartsengel lag terwyl hy vir die bokpootgerub 'n nuwe 
probleem nader bring en dit is 'n pikswart verbrande akkerblaar 
wat die koningin van Skeba en Rut verskrik uitmekaar uit laat 
spring.

En so word 'n gruwelbeker weer ingeskink en 'n selfvernietigende 
plan word in die kamer van mynwese uitgedink en die hel daal 
neer met vuur en swael wat stink en die Ooste reageer paraat en 
flink en so lê 'n koningshuis se planne binnekort vermorsel en 
vermink- terwyl probleme globaal begin uitkring- want waar pous 
en evangelis wil dink, daar het Satan laggend rond gerinkink.


Openbaring 1773 
In woorde nie te verstaan.

Donderdag 11 Oktober 2012 07:35 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In 'n duisend woorde nie te verstaan- hoe verduidelik mens 
aan 'n blinde die prag van die kom en gaan van die wilde golwe 
van die grote oseaan- terwyl spierwit seemeeue so krysend 
in hul hongervlug al draaiend daaroor gaan. 

In ontelbaar baie woorde wat weinig mooi kan verstaan, hoe 
verduidelik mens die moederliefde wanneer haar blik moeg 
maar trots vir die eerste keer oor haar eersgeborene gaan. 

In 'n honderd woorde wat 'n paar helder denkers vir ewig nooit 
nie sal verstaan, ja, wanneer die kerkklokke so luid daar slaan-
met so baie lidmate wat so dikwels vir leë boodskappe daarheen 
gaan. 

In 'n duisend woorde nie te verstaan- hoe beskryf 'n mens die 
grote krag van die aardbewing en die vulkaan terwyl niemand 
werklik die volle impak daarvan kan verstaan. 

In soveel verskuilde woorde, hoe beskryf 'n mens die ontstaan 
van die eerste draai van die wentelbaan van die son, aarde en 
die maan, daar waar dit so onverstoorbaar voortbeur in hulle 
wentelbaan. 

In duisende woorde wat so maklik in die wind vergaan- hoe 
verduidelik mens die Verlosser se vergifnis-genade wat die 
sondaar vooruitgaan- sodat die kind van Elohim weer sy plek 
as goddelike kind in die hemele vol kan staan. 

In soveel woorde wat niemand ooit nog werklik kon verstaan- 
hoe beskryf `n mens die hoogmoedtrots van 'n koning wat 
daar staan, ja, terwyl sy volk van armoede en ellende vergaan. 

In miljoene woorde wat geen wese ooit sal kan verstaan- waarom 
satan Elohim waansinnig in alles- altyd net teen wil staan terwyl 
hy weet hy word telkemale neergewerp, verneder en verslaan. 

In honderde woorde wat niemand werklik kan verstaan- hoe 
verduidelik mens die magtelose traan van 'n bloedrooi kleuter 
wat hom oor sy eerste foute skaam terwyl hy magteloos om 
hom rond skop en slaan. 

In 'n duisend woorde nie te verstaan- hoe verduidelik 'n mens die 
vreugde van die landbouer wanneer Elohim na 'n lang droogte 
Sy reëns mildelik oor dorre landerye en streke laat gaan. 

In miljoene woorde wat ek ewig nooit nie sal verstaan- is waarom 
die liberale deel van 'n uitverkore Boervolk hulle oor hul 
Godgegewe identiteit voor ander volkere skaam, terwyl hulle so 
kruiperig voor ander rasse agteruit staan. 

In 'n biljoen woorde wat niemand ooit mooi sal kan verstaan- hoe 
verduidelik 'n mens die liefde van hemelbroers wanneer hulle-hul 
arms in toegeneentheid en liefde, hartlik om mekaar slaan. 

In 'n enkel ewigheids-woord wat geen engel of sterfling ewig ooit 
ten volle sal kan verstaan- hoe beskryf 'n mond, Elohim se LIEFDE 
vir die sondaar- wat ewig nooit, ja, nimmermeer kan vergaan. 


Openbaring 1774 
Wyse spreuke.

Saterdag 13 Oktober 2012 08:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die songroet van baldadige hitte op ‘n wang, 
daar word die liefde van Elohim met niks vervang. 

In Vryheid sonder enige beperking of dwang, 
net daar waar die adelaar in ewige vryval hang. 

In die melodie van vroegoggend-
voëlgesang 
wat die oggend stilte met jubelende klank vervang. 

In die wilde drifti
ge stryd van die oerdrang, 
daar waar ‘n jong edelperd beur in sy stang. 

In soveel mooie hartjies getrek op nat seesand, 
geteken deur soveel jong verliefdes se tere hand. 

Ook in die hoop en beloftes van die troupand, 
met paartjies op hul lewensweg- hand aan hand. 

Maar in die hand van ‘n bedelaar wat ontvang, 
terwyl hy so na die beter lewe van sy gewer verlang. 

Met mammon uitgeworpe daar eenkant, 
wyl ‘n resessie dit in ‘n depressie- wêreldwyd verpand. 

Met die grond wat soveel bloed en trane gaan ontvang- 
vang ‘n globale oorlog menigtes onkant. 

In die twyfel voordat soveel selfmoordenaars hulself gaan hang- 
terwyl hul tog so desperaat na redding verlang. 

In die wêreld, onregverdig- ja, so afstootlik en frank, 
bestaan daar niks waaroor die wêreldslaaf sy meesters kan bedank. 

Onder die kontrak van lenings van geldwisselaars en die bank, 
ja, daaronder ly die stomme klant lewenslank. 

‘n Skone dame wat haar lewe lank net wil verslank-
moet maar weet, op haar oudag loop sy van osteoperose 
krom en krank. 

In wêreldstede en dorpe wat deurloop onder hul eie afval en 
s
tank, die het niemand anders as net hulself om daarvoor te bedank. 

In die jeug se stormdrang
word so baie in ontydige, vroegtydige verantwoordelikheid 
tot hul spyt vir die res van hul lewe vasgevang. 

Maar ondanks alles kom tog daar ‘n goue oomblik in elkeen se 
lewe en ‘n sonstraal word vasgevang terwyl die mens Elohim 
vir die lewe bedank. 

So, in die oggendsongroet van baldadige hitte op elke wang, 
word die liefde van Elohim met niks vervang. 


Openbaring 1775
U E
wigheids-beleid.
Sondag 14 Oktober 2012 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor ‘n stem wat sê: “ And they shall live for all eternity.” en ek 
vra wie is dit wat sal lewe tot in alle ewigheid en ek hoor die stem 
wat sê: “All of Sion who belongs to the only one Trinity” en ek sê: 
“O Elohim, help ook my om te kan hou by U Ewigheids-beleid en 
dat ons sal veg vir U stryd.”


Openbaring 1776 
Nog ‘n laaste opstand…

Dinsdag 16 Oktober 2012 05:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soos Israeliete van ouds eens in ‘n woestyn-hongerverdrukking 
vasgevang, terwyl hul so hartstogtelik na die vleispotte van Egipte 
sou verlang
- met hul hart gerig na die behoefte van hul eie wellus- 
en ook ‘n hongerdrang-
 wyl hulle nie meer langer wou dink aan 
hul nuwe toekoms in die beloofde land en so het hulle hul liefde 
vir Elohim met verwyt vervang en hartstogtelik uitgeroep “dit is 
na die vleispotte van Egipte wat ons terug verlang”. 

So vra hulle: “O Moses, waarom het jy ons nie ons gang laat gaan, 
want
 kyk, ons was gewoond om na ons onderdrukkers te draai- 
ons ander wang- en selfs ons kinders- as ons straf in hul mure 
as boustene vasgevang, dié kon ons gerus maar weer net met 
nuwe kinders gou vervang. 

In ons klaagliedere het ons wel na ons Elohim en die beloofde land 
verlang en ons weet dat ons uit Sy grote hand kwartels en manna 
tot ons oorlewing sal ontvang.
 Maar steeds is dit na die oordadige 
vleispotte van Egipte wat ons verlang- en selfs na hul afgode- 
daarheen neig ons drang. 

En so het die bevryde Israeliete eens droewig gesing: kyk, daar 
agter ons kronkel die Nyl soos ‘n vrugbare slang met groen 
koringlande om haar vasgevang
 en dit is na daardie land met 
haar onderdrukkers wat ons verlang en ons is bereid om selfs 
onse Elohim daarvoor te vervang. 

Ja, net soos die Israeliete eens in die woestyn in hul nuwe Vryheid 
vasgevang, wyl hulle so verlangend na die vleispotte van Egipte 
sou terug verlang. Net so sal die oorblyfsels van die Boervolk na 
dit wat die materiële wêreld hul eens sou bied terug verlang, ja
daar waar hul in kleine groepies saam sal sit met die oorlewings-
genadegawe van hul Elohim in hulle hand, daar sal hul verlang na 
hulle verlore R
ande in die bank, en ook na hul vernielde vertrapte 
land. 

So slaan die sekel en nog ‘n paar verloor hul insig en verstand terwyl 
hulle na Spur, die Wimpy en McDonalds terug verlang en selfs na die 
illusie-gemak van die huisverband. En hulle sal sing: Kyk, ons verlang 
nie meer soseer na die Nuwe Jerusalem, maar baie eerder na ons 
vertrapte land, e
n selfs in die Heilige geledere ontstaan daar vir 
oulaas nog ‘n laaste opstand. 


Openbaring 1777 
Die woorde van hul lied.

Dinsdag 16 Oktober 2012 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In die lied van die liberalis wat so baie kan verdra, klink daar die 
woorde “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika” 
en terwyl die predikante met leë woorde in die kerke bla bla 
bla…daar sterf die siel van elkeen, wat sonder enige berou 
teen ‘nee’ sou stem vir ‘ja’. 

Terwyl die wêreldling hul god om redding vra, wyl hulle ook 
oor die verskriklike tye begin te kla, ja, daar het hulle steeds 
in hulle ewige val geen insae.
 Terwyl hulle die vrag van hulle 
onderdrukkers in nasionalisering en grondhervorming gaan 
verdra terwyl hul steeds hul kerk sal toeroep “O kyk, jy bly 
my pa” en vir die regering: “jy is my ma”. 

Ja, in die lied van die liberalis en vrymesselaar, wat ter wille van 
geld so baie kan verdra, klink daar die woorde van hul lied ‘Nkosi 
Sikelele- ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”. 
Want kyk daar na die Ooste, daar kom ons ekonomiese sonskynwa 
en ons regte god se naam was al die tyd toe Ra. 

En in Babilon raak ons van dit wat heilig is ontslae en die oorloë van 
die groot moondhede maak binnekort groot opslae. En die tyd raak 
kort en duister en van Suid-Afrika tot globaal kom daar groot plae 
terwyl die wêreld-ekonomie ineenstort onder sy eie groot bedrae 
met die liberale denker wat vir ewig aan sy sware las sal dra. 

Maar steeds klink daar die woorde van hul lied- “Ons sal lewe 
ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”. 


Openbaring 1778 
‘n Tweesnydende swaard. 
Woensdag 17 Oktober 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met ‘n tweesnydende swaard slaan ‘n engel met die reine Woord 
en al die skale gaan met mekaar akkoord en hulle sing so luid 
daar in ‘n koor: Kyk, ons gaan voort soos dit in Openbaring 
hoort m
et chaos en verwarring van Suid na Noord, sodat alles 
wat daarom aan Satan behoort nou kan verval in muit, roof en 
moord, want wawyd oop staan daar- die hel se poort en almal 
begin groepeer- soort by soort. 

Ja, met die swaard ontbloot roep daar ‘n engel: Laat almal hoor, 
kyk, daar val ‘n skaal en dit is ‘n dubbeldoor en die myne begin 
al hoe minder boor. Terwyl die ekonomie probeer om met al sy 
nuttelose geld te toor. 

So laat die Withuis ook nou van hom hoor, maar die Ooste 
antwoord aggressief: 
Dit gee ons ‘n pyn tot in ons middeloor 
en daarom beleër ons dalk binnekort bo in Afrika die groot-
skepe- watervoor e
n so sal ons maar sien wie gaan wen 
en wie gaan verloor, want vir ‘n globale oorlog het ons genoeg 
kernwapens opgeberg en gestoor sodat die Weste in hul eie 
vrees kan versmoor. 

So staan daar met ‘n tweesnydende swaard ‘n engel- en vanuit 
sy mond kom daar ‘n sware woord en dit verklap die geheime 
van enorme volkeremoord wat georkestreer is deur Babilon en 
‘n valse vredevors in die gestalte van ‘n donker baster-Moor. 

Kyk, hy raak arrogant en soek met almal skoor, maar die 
Westerling
 staan steeds onder sy charisma heeltemal bekoor 
en hul dink hul gaan wen, maar verseker gaan hulle op die einde, 
almal net verloor. 


Openbaring 1779 
'n Wese sonder 
medelye of siel.
Donderdag oggend 18 Oktober 2012

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor Esegiël sê: Daar is ‘n wiel in ‘n wiel en die seël word 
gebreek en die wese onder die koepel het geen medelye of siel 
en die aarde word verskriklik verniel


Openbaring 1780 
Die verwronge liberale dubbele standaard.

Maandag 22 Oktober 2012 05:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die ryk liberalis se meublement word net gesny vanuit die 
heel beste edelhout en ook net die beste snitte vleis word 
ingevryf met die aarde se suiwerste sout. 

Onder suiwer wol, nie vermeng met sintetiese stowwe, ja, 
daar kry hulle nooit nie koud en in sy organiese groentetuin 
spog daar net erfsaad-gewasse want enige bastersaad laat 
hulle totaal koud. 

So sal ‘n liberale landbouer ook geen baster dier in sy stoet 
aanhou en nog minder sal sy hoogmoedige vrou 'n baster 
troeteldiertjie teen haar boesem vashou.  Ja, oor elke produk 
minderwaardig en vermeng, daaroor val hulle maklik flou. 

Maar raai, word hulle eie D.N.A vermeng, pronk hulle 
daaroor soos ‘n goedkoop pou en is hulle tog so trots 
om ‘n baster-kleinkind teen hulle harte vas te klou. 


Openbaring 1781 
Hou my ‘n bietjie vas...
Woensdag 24 Oktober 2012 07:05
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ Vader, hou my troostend net so ‘n bietjie vas- terwyl die 
ongekende vrees vanuit die wêreld-duisternis my bewende 
hart betas- en sal U my siel in U bloed rein kom was, want 
kyk, so versmorend hou soveel swakhede my nog vas. 

O’ Vader, hou in U Goddelike Genade, my styf teen U boesem 
vas en verlos ons van ons sware wêreldlas sodat ook ons in 
U grote legkaart net soos die verlore seun in ons tuiskoms in 
sal pas- daar waar ons in ‘n ewige rus ons sal neervly op U 
groene hemelgras.

O’ Vader, hou my asseblief in U reine Waarheid stewig vas, 
ja, tydens my verblyf in hierdie wêreld wat rondomtalie draai 
op ‘n illusieleuen-as- daar waar soveel geloofstrukture voed 
op elke leuen wat satan ontlas- terwyl oneindig baie siele hulle 
weg na saligheid so na die ewige lewe verpas. 

O’ Vader, ek is net ‘n kind wat in onsekerheid om my rondtas- 
so, hou my asseblief teen U kosbare Vaderhart altyd styf vas- 
terwyl U my teen alles wat so bang maak op sal pas en verlos 
my van my juk- ja van my sware wêreldlas- sodat ek as U kind 
reeds op hierdie aarde as ‘n weergeborene in my veilige 
hemelplekkie in sal pas. 


Openbaring 1782 
Van helderblou na grys-grou
Woensdag 24 Oktober 2012 09:48 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Die hemelruim verander van helderblou in ‘n trietsige grys-grou 
en vanuit ‘n wêreld-wildernis kom daar 'n eensame stem wat roep: 
Kyk- 'n eens heilige volk het sy eie graf gegrou want wyd is die 
weg wat na die verderf toe hou, ja, vir hierdie volk sonder enige 
spyt of berou terwyl hulle hul reënboognasie in baster getalle 
wyd uitbou. 

Die hemelruim verander oor Suid- Afrika van helderblou na 'n 
onheilspellende grys-grou en vanuit 'n wêreld-wildernis roep 
daar 'n stem: Dit is te laat vir enige berou want kyk, 'n eens 
edelnasie se grondgebied word nou deur ander as eiendom 
vasgehou en Jakob is deur Esau uitoorlê terwyl die Engelsman 
die Boer nou spottend uitjou terwyl hulle laggend sê: vanaf die 
Anglo-Boere oorlog word julle nog altyd deur ons vir die gek 
gehou. 

Maar die hemelruim verander ook oor Europa van helderblou tot 
'n donker grys-grou en vanuit 'n wêreld-wildernis roep daar 'n 
stem: dit is tyd vir die wêreld om te rou- want kyk, die groot gruwel 
is klaar op die heiligdom gebou en satan het met sy bruid, die 
Weste, getrou en op 'n wêreldse huweliksonthaal moet die gaste 
nou gloeiende kole stukkend kou, terwyl hulle fluister; satan het 
'n afskuwelike vrou. 

Die hemelruim verander ook nou oor Amerika van helderblou tot 
'n mistroostige grys-grou en vanuit 'n wêreld-wildernis roep daar 
'n stem: Ook hierdie massas het hulle eie graf gegrou- wyl ellende 
op ellende dit op Suid en Noord uit gaan dou en 'n verduistering 
val oor 'n verkiesing en menigeen val oor die eindresultaat 
daarvan flou- terwyl geslagte lange trou tot niks verflou. 

Die hemelruim verander van 'n eens glashelder blou tot 'n 
miserabele grys-grou en 'n stem roep vanuit 'n wêreld-wildernis: 
Dit is tyd vir 'n bose wêreld om oor al sy misdade te rou- want 
kyk, dit is tyd en Elohim kom gou en Hy vind die groot gruwel 
op sy Aparte altaar, ja, op Sy Heiligdom gebou en in Sy 
Oordeelwoede word 'n enorme graf tot in die ewige afgrond 
in gegrou. 


Openbaring 1783 
Twee sakgekledes.
Vrydag 26 Oktober 2012 14:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar staan twee sakgekledes en die een lyk soos 'n verflenterde 
boemelaar en die ander een weer soos 'n verwaarloosde bedelaar 
en die wêreld maak hierteen eers spottend dan diep beswaar en 
kyk, alles is skielik net heeltemal deurmekaar en terwyl almal 
skielik die voortbestaan van die planeet probeer bewaar terwyl 
elke poging net groot chaos uitbaar en so raak menig energiebron 
nou heeltemal onklaar en in Afrika val daar binnekort 'n 
hoofskakelaar en geniale ingenieurs staan oor Koeberg diep 
beswaard terwyl die media reageer deur te propageer dat almal 
nou krag moet bespaar 

So staan daar twee kandelaars en die wêreld ignoreer openlik 
hulle kommentaar en so raak die seisoene heeltemal deurmekaar 
terwyl regerings desperaat probeer om kos en proviand op te gaar 
en so besef miljoene mense hulle het verniet so getrou hulle geld 
gespaar want ook hulle pensioen en mediese fondse raak skielik 
nou onklaar en die angs wil in menig harte net nie meer bedaar 
want satan is deur sy eenwêreldorde 'n onverbeterlike konkelaar 
en so val die finansiële mark, want dit was oor 'n lang tydperk ook 
maar niks anders as net 'n goedkoop basaar. 

Daar staan twee olyftakke en 'n oesjaar raak uiters maer want die 
weer is ook nou heeltemal deurmekaar en wêreldwyd staan daar 
vee uitgeteer en maer en die massas raak van honger heeltemal 
onhanteerbaar en 'n virus of bakterie laat hulle siek en naar en 
oral is daar soveel lyke bymekaar- maar in Egipte sak 'n baie ou 
piramide skielik inmekaar en terwyl almal verskrik na die sterre 
staar- roep daar 'n engel: daar kom 'n vreeslike aardbewing wat 
met sy naskokke nie vinnig gaan bedaar want twee aardplate 
skuif op 'n swak plek oormekaar en dit veroorsaak 'n kettingreaksie- 
ongeëwenaar. 

Daar staan twee getuies en alles is nou deurmekaar en die hoer 
van Babilon wil hieroor glad nie bedaar want die kerke het mos 
geprofeteer dat God almal sou bewaar en terwyl die pous hom 
pateties nou by haar skaar- roep die regerings, konings en die 
grotes: kom ons maak ons vir die groot oorlog klaar sodat ons 
kan bewys die nuwe wêreldorde is die aarde se regmatige eienaar 
en so staan die verligtes nou openlik in vyandskap teenoor Elohim 
oral daar- gereed met hulle Godslasterlike spraak. 

Maar daar staan twee sakgekledes en die een lyk soos 'n verflenterde 
boemelaar en die ander soos 'n verwaarloosde bedelaar en beide van 
hulle praat in suiwer Afrikaans en dit stoot geheel 'n wêreldorde heeltemal 
van sy balans terwyl engele-sfere Elohim se krag in die getuies beaam- 
met al die wêreldkerke wat die volle impak van 'n enkeling se volle 
weergeboorte nou verstaan- terwyl die materie so nietig teenoor die 
Gees daar staan en so word die grootste wêreldkrag deur die nietigste 
geestelike krag verslaan en die konings van die aarde kan dit glad nie 
verstaan en daarom word die twee getuies deur 'n liggaamlike dood 
verslaan- sodat hulle ten aanskoue van almal in die ewige lewe se 
bestaan op kan staan. 


Sondag 28 Oktober 2012 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Graag deel ek die volgende stukkie geskryf deur 'n leser met U. 
Die gebed van 'n eens verlore sondaar. 

J.F. 
O’ Vader laat my toe om U toe te laat- ja, O’ Gees van Elohim 
my visie is troebel en my geloof is broos 
wees U daarom my troos. 
Die vlees, ja, my swakke vlees roep uit: O’ wee. 
maar U lok en U roep en U versoek- so na aan my hart 
sien daarom O’ Elohim tog my smart. 

U goedheid is 'n voorreg soos min 
maar reeds reg aan die begin- het die vlees my reeds oorwin. 
Hoe kan ek die drange van die vlees in my dood 
Onder my lyding roep ek uit na U- 
Luister na die klaaglied van my woord- hoor my nood. 
Voor U kan my vlees nie bestaan-
want veragtelik is dit voor U aangesig-
maar die vlees bly deel van my bestaan 

O’ hoe moet ek daarmee te werk gaan- 
sodat dit nie langer tussen my en U sal staan. 
U Gees lig my vanuit 'n diepe donker dal- 
O’ ja so vreeslik was eens daar- my grote val. 
U Grote Liefde en trou, dit was verseker my behoud. 
Hoeveel keer moet ek nog streef- 
na dit wat my swakke vlees net wil beleef. 
U, die Elohim het my tog geweef 
laat my swakke vlees na beter streef- 
sodat my gees vir ewig in U voort kan leef. 


Openbaring 1784 
Daar kom 'n reeks...

Dinsdag 30 Oktober 2012 23:59 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In 'n droomgesig roep daar 'n stem: in verwoestende winde word 
openbaring 1746 oopgebreek en nog 'n skaal het geval en dit het 
stukkend gebreek en kyk, Sandy is 'n feeks maar in soveel oordele 
kom daar 'n hele reeks en soveel onheilsvure word wêreldwyd 
aangesteek terwyl soveel kataklismes infrastrukture plat kom vee 
om ten einde laaste geheel 'n verrotte wêreld af te breek, met 
soveel volke en nasies wat in aanbiddingsplekke verniet gaan 
smeek en so roep daar 'n stem: bring nog 'n skaal in gereedheid 
vir die volgende streek. 


Openbaring 1785 
U wil- Sion’s wil.

Dinsdag 30 Oktober 2012 10:09 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar staan 'n stier, ja, 'n bul en daar roep 'n stem: niemand het 
oor die komende oordele se impak enige benul want kyk, die nuwe 
dimensie moet begin op 'n ronde nul en daar is geen versoeker 
wat die mens in die duisendjarige vrederyk gaan kan verkul. 

Daar staan 'n vaal perd grotesk en stil, met soveel salpeter oor 
haar lyf terwyl sy ril. Op haar rug sit daar 'n Ruiter en sy oë is koud 
en kil en aan haar sy staan daar 'n vurige jong rooi hingsvul wat 
trippel en hy is nie 'n oomblik stil- terwyl soveel soldate in 
verskeie flanke aan weerskante van hulle dril- terwyl die nasies 
oor dit nou oraloor verskrik verstil. 

 Daar staan 'n swart perd met iemand wat vreesaanjaend gil en in 
menig eggo sterf daar skielik die vrye wil en die tyd staan vir 'n 
paar sekondes stil en die effektebeurs gaan staan onverklaarbaar 
op nul met die rykes wat murmureer- ons is voorwaar gekul. 

Daar staan 'n wit perd en ou-ou openbaringe word vervul en op die 
wit perd se rug sit daar 'n Bruidegom en Hy nooi Sy gaste gul en 
Hy sê aan Sion: jy is hier teenwoordig om my ontwil- want kyk, in 
die hemel raak dit nou stil en daarom raak My wil nou jou wil en 
weet, dit is alleen Elohim se Grote Wil. 


Openbaring 1786 
Aan ELOHIM vir dringende AANDAG…
Dinsdag 30 Oktober 2012 18:15
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
'n Hemelbode staan voor Elohim se troon met 'n dokument in 
sy hand en daarop staan in groot letters geskryf- AANDAG en 
in die koevert is daar 'n dringende verslag en die verslag is in 
bloed geskryf en dit is die martelare se vreeslike klag en dit 
vertel van sinnelose moorde en vreeslike verkrag- en van 'n 
klein heilige volk se pikdonker nag onder die aanslag van Raka 
se wrede mag waar swart vir wit soos redelose diere slag- terwyl 
die buitewêreld dit nie die moeite werd ag om hulle harte oor 
hierdies se omstandighede in die minste ‘n bietjie te versag. 
So fluister die engele- dit alles is mos uiters verdag en waarom 
sal Elohim daarom op Sy beurt Sy Hart in Sy Oordeel oor die 
wêreld se wandade versag en so retireer groot engelesfere nou 
in diep ontsag. 

Die hemelbode staan weer nader en neem nou vanuit Elohim 
se hand 'n koevert en daarop staan in bloedrooi letters geskryf- 
vir die aartsengele se dringende AANDAG en in die koevert is 
daar 'n dringende opdrag en daar staan geskryf; die tyd het 
aangebreek- tref daarom nou die grotes met 'n enorme slag en 
laat hulle sidder onder mekaar se vreeslike aanslag en verbreek 
daardeur al hulle onregverdige mag en laat die aarde haar ook 
ontgeld met al haar kataklismiese krag- sodat sy al die groot 
stede tot by die klein dorpies sal stroop van hulle prag- sodat 
daar in menig land sal wapper- die pikswart vlag en daarom 
daarin sal verstil die alewige vrolike gelag en laat weet die voëls 
van die hemel dat ‘n lang beloofde feesmaal op hulle wag- terwyl 
volke en nasies mekaar sonder enige oënskynlike rede begin te 
slag. 

So kry die aartsengele van Elohim opdrag om nie meer sulke lang 
periodes op hulle te laat wag en dat al die elemente, ja, die grond, 
wind, water en vuur- die mens nie meer langer moet ag- maar om 
in vernielsugtige vernietiging die wêreld se wandade diep te 
verag en so kom daar 'n dag en onmeetlik swaar raak elke 
wêreldling se vrag en so staan daar nou 'n hemelbode en in sy 
hand hou hy 'n brief en daarop staan in groot letters geskryf- 
Aan ELOHIM vir dringende AANDAG. 


Openbaring 1787 
Satan as 'n BBP.
 
Woensdag 31 Oktober 2012 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In 'n baie groot wêreldstad staan ‘n wêreldplatform waarheen 
soveel mense nou in hul massas kom en satan se grootste 
demoon slaan eentonig op ‘n drom en alles lyk skielik vir 
Elohim se kinders nou skeef en krom. So is satan nou as ‘n 
baie belangrike persoon vermom- terwyl hy as die hoofspreker 
die wêreld met sy bekkigheid verstom en hy praat groot woorde 
van hervorm en hoe hy alles onder trippel ses gaan omvorm 
en tussendeur  roep hy net valse vrede, ja, shalom- shalom. 

So loop daar tussendeur dit alles ook ‘n engel as ‘n mens vermom 
en hy hou hom uitermatig dom- maar skielik lag Gabriël hardop so 
verstom, want die duiwel beweer hy, Lucifer, is die suiwer ligdraer 
en daarom die groot wêreld-grondbaron en hy noem homself die 
'jesuskind' en sê elke kerk hier op aarde weet van hom en elke 
kerklidmaat gee in soveel soetsappige liefde vir hom so baie om.  

Ja, hy sê geheel die Christendom is uitermatig dom en daarom 
hou hy hulle weë nog altyd vir hulle krom. En so staan nou ook 
die ou pous gereed in Italië op 'n swart perron- om saam met die 
duiwel op die wêreldverhoog te kan kom en so laat weet menig 
koningshuise dat ook hulle na die demoniese vergadering gaan 
kom en daarom vereis hulle heel eerste die teenwoordigheid van 
die Jodedom. 

Maar Afrika begin oor dit alles onderlangs ontevrede brom 
en hulle wil weet waarom die Ooste ook nie vinnig nou mag 
naderkom. Maar die duiwel het dubbel-standaarde en wil nie 
hê sy twee belangrikste faksies moet dit agterkom- daarom 
verander hy vinnig sy gesprek en sê Mammon dra al die skuld 
want hy is oud en krom en die finansiële geldstelsel kan nie 
meer verder as sy uitgediende ou plafon kom en daarom is die 
merk van die dier, Oos en Wes se enigste oplossing en slotsom. 

En die massas, deur hulle kerke verblind, beaam dit alles soos 
redelose diere- dom en stom en hulle sê in ‘n koor: O’ valse engel 
van die lig, u is ons enigste lewensbron, ja, u alleen is ons groot 
wêreldgrondbaron- laat daarom u trippel ses op ons hand en 
voorhoofde kom- sodat geheel die ewigheid weet ons is u ewige 
eiendom. Maar daar loop ook ‘n engel as ‘n mens vermom in die 
bose wêreldvergadering rond en Gabriël sê: Dit is die teken vir 
Sion om uit die wêreldsisteem te kom want elkeen van hulle weet 
in sy hart, hulle is in verseëling net Elohim se eiendom. 

So staan daar in 'n groot wêreldstad ‘n globale wêreldplatform 
en ook die profeet Daniël waarsku nou die heiliges om nie in 
globale aanbidding hierheen te kom en hy sê: Net op die dogter 
van Jerusalem en Sion na, gee niemand uit die wêreld meer vir 
die Waarheid en Geregtigheid om. 


Openbaring 1788 
'n Sinkende boot.

Donderdag 1 November 2012 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In 'n onverwagse gesig verskyn daar 'n wit en rooi boot wat met 
sy agterkant skeef in die water hang en dit lyk asof dit ditself met 
moeite voortsleep, terwyl dit al hoe dieper in die water in sink. 


Openbaring 1789 
'n Panga-sabel
Saterdagnag 3 November 2012
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
 In ‘n droomgesig verskyn ‘n groot swartman wat geklee is in 'n 
outydse Engelse khaki baadjie waarvan die vele sakkies op die 
bors gevul is met patrone en in sy hand hou hy ‘n baie skerp 
panga wat in die vorm van ‘n krom sabel gebuig is, terwyl hy 
daarmee ‘n irriterende ritme teen ‘n metaalagtige voorwerp kap. 


Openbaring 1790 
In visioene wat nie bedaar. 
Sondag 4 November 2012 10:50
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
In vreeslike visioene wat nie wil bedaar sien ek gesigte en 
ek wonder of ek hallusineer of droom, ja, ek sien ‘n verdorde 
vrugteboom en 'n leë koringaar en ek sien ‘n dooie vaal perd 
met ‘n stukkende toom en oraloor die leë bakhand van menig 
bedelaar. 

En kyk, daar is ‘n eens heilige volk wat onder die verdrukking 
van die groot gruwel woon terwyl die dood met ‘n pikswart 
skuit wraakgierig na die Weste vaar. 

Ek hoor ‘n oorverdowende klokkespel met predikante wat Elohim 
godslasterlik hoon, terwyl die uitgekeerde hel op aarde nie wil 
bedaar.

Ek luister na die sinnelose gebabbel van ‘n baster moroon en 
ek sien hoe die wêreldgeoriënteerde mens hulle by die duiwel 
skaar. 

Ek voel ‘n verskriklike hittegolf met vog wat verander in stoom 
en ek sien groot grasvlaktes- so dor, geel en gaar. 

Ook sien ek ‘n eenwêreldorde wat ‘n helgedrog uitbaar en ek 
luister na die klaaglied van ‘n eensame Mormoon. 

Ek kyk na ‘n lelike skewe goue kroon en die gesig, ja, die merk 
van die dier, word so grafies vir oulaas op die laaste banknote 
uitgeklaar. 

Ek hoor die gefluit van ‘n missiel op ‘n baie hoë toon terwyl 
‘n reuse paddastoelwolk teen die hemelruim nie op wil klaar. 

Ek sien die aarde en almal wat daarop woon met enorme storms, 
vulkane, aardbewings en vloedgolwe wat nie wil bedaar. 

Ook sien ek ‘n kleine aardbol wat kantel en dit lyk vanuit ‘n verre 
hemelruim soos ‘n kleine atoom en in ‘n kring verskyn daar om ‘n 
nuwe ewenaar. 

Ek sien ‘n emmer melk en Sion en Jerusalem word afgeskei as 
suiwer room terwyl biljoene leë oë in die ewige vreeslike leë 
afgrond instaar. 

Ja, in vreeslike visioene wat nie wil bedaar sien ek gesigte en ek 
wonder of ek hallusineer en of ek droom en ek sien swart verdorde 
vrugtebome en 'n leë koringaar en ‘n dooie vaal perd met daarnaas 
‘n stukkende toom en oral oor die leë bakhand van menig 
sterwende bedelaars. 


Openbaring 1791 
‘n Baie duur les. 
Sondag 4 November 2012 13:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens op 'n tyd het ‘n Farao, Abraham's vrou, ja, vir Sarah begeer 
en so het die dood oor hierdie land se bewoners wreed regeer en 
die farao het hierdeur ‘n baie duur les geleer. 

En so het daar op nog ‘n dag ‘n onsuiwer koningseun, Jacob’s 
dogter, ja, vir Dina vir homself begeer en ook hier het die dood 
wreed oor hom en sy manne regeer. 

So kom daar ook ‘n toekomsdag waar ‘n Arabier ‘n Sionskind se 
kind sal begeer en op daardie dag wanneer die Oosterling hierdie 
vrou sal penetreer- op daardie dag sal baie rykdomme van die 
Arabiese lande in Sanksies weg begin teer en op daardie dag sal 
Hagar's kinders nie meer soos die sand van die see in hulle getalle 
formeer. 

Ja, so kom daar 'n toekomsdag waar die Christen so graag met die 
Moslem wil assosieer en op daardie dag het Elohim ook klaar met 
die Christendom probeer en dit is die tyd waar hulle mekaar se 
stede in wrede oorlogvoering sal beleër en die dood sal wreed 
oor Noord en Suid- maar veral oor die Weste en die Ooste in groot 
getalle regeer. 


Openbaring 1792 
Ongure onheilsvure.

Saterdag 10 November 2012 16:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
'n Onheilsweer is besig om in Suid-Afrika op te steek en ‘n kurkdroë 
stok word opgetel en in twee gebreek en Links en Regs staan teenoor 
mekaar so strak en bleek. Terwyl ‘n stem so droewig breek, ja, dit 
roep: geweeg- geweeg maar kyk, die opnamehouer is hol en leeg en 
geheel die land is net ‘n obskure steeg. Ja, net ‘n rowernes en daar 
word alles van hoerery tot moord gepleeg- terwyl ‘n verdoemde volk 
sy Baälpriesters om redding raadpleeg en in elke kerk raak die mos 
nou suur en die brood word gebak van papvrot deeg. Maar satan staan 
steeds sterk as ‘n strateeg maar sy oë bly kil, koud en leeg- terwyl 
volks-uitwissings al hoe nader beweeg . 

So is die onheilsweer ook nou besig om oor die vasteland op te steek 
en daar val ‘n kleipot wat in talle stukke stukkend breek- terwyl hier 
en daar nog ‘n stem desperaat om Afrika-eenheid smeek- terwyl al wat 
predikant is nou desperaat om politieke gewin begin te preek. Ja, met 
die ou hoer van Babilon wat al haar dogters in die werk begin te steek 
en so lui die gruwel kerkklokke nou in elke streek maar die lidmate voel 
skielik swak en week. Hulle weet hulle tyd het aangebreek want die vure 
van vernietiging word nou oral aangesteek en elke liberale huis word 
aan stukke gebreek terwyl hulle tevergeefs hulle selfaangestelde meesters 
om genade smeek. 

'n Onheilsweer is besig om gevaarlik op te steek terwyl ‘n beeld se voete 
van yster en klei besig is om te verbrokkel en te breek en Sion en die 
wêreld staan teenoor mekaar so strak en bleek met Elohim wat Hom 
met Woede op die wêreld kom wreek. Ja, daar is ‘n stem wat droewig 
breek- terwyl dit roep: geweeg- geweeg maar kyk- elke liberalis is hol 
en leeg en so is dit nou die tyd om ‘n baie belangrike seël oop te breek 
en 'n spesifieke skaal val om dit op Afrika te kom wreek en so roep daar 
nou menig baie droë keel om ‘n bietjie water en ‘n bietjie mieliemeel 
en soveel bewoners staan daar so siek, koorsig en baie geel- terwyl die 
wêreld hulle hieroor nie juis veel kan skeel- want hulle eie probleme 
raak vir hulle heeltemal te veel en so hou hul- hulle doof terwyl Afrika 
nou ononderbroke oor hulle haglike toestand begin te neul en dit 
terwyl oorlogsvure wêreldwyd begin te smeul- en so is dit ongure 
onheilsvure wat globaal wêreldwyd oraloor begin te smeul. 


Openbaring 1793 
Onnatuurlike ys. 

Maandag 12 November 2012 05:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien in 'n gesig hoedat enorme hoeveelhede ys die aarde 
tref en ek kan nie uitmaak of dit hael of ys is nie. Dit was so 
onnatuurlik gewees dat dit soos groot ys- of sneeuballe gelyk 
het. 


Openbaring 1794 
Die ou man of Sharon? 
(Die Pous staan op 'n perron)
Dinsdag 13 November 2012 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met satan wat nou gevaarlik met ontblote tande grom terwyl 
die wêreldmassas om hom, as hulle afgod, saamdrom en so 
staan grote engelesfere oor dié alles stil-verstom, omdat hulle 
weet die laaste tyd is ook weldra om. Maar kyk, die geroepenes 
staan steeds dom en stom en ook hulle buig daar steeds, ja, so 
gedwee voor hulle afgod Mammon. 

So roep die pous nou hartstogtelik na sy minnares- die hoer van 
Babilon en hy bied haar 'n roos en dit is ‘n pikswart blom en die 
kerke sê eenparig: O’ ons meester, slegs na u sal ons nou kom 
en kyk, ons bied jou al die wêreldstede van glas en beton en dit 
sluit alles in vanaf Kaapstad tot en met New York, ook London. 
Maar die stad Parys roep daaroor liggeraak so puntenerig uit- 
'pardon' kyk- ek is nou wel die uitgesproke ateïs maar waarom 
suig ek hieroor aan die agterspeen, ja, waarom. 

Maar die Vatikaan troos en sê dit is omdat Berlyn op hierdie 
stadium eerste kom- maar miskien sal dit tog beter wees as 
julle twee saam na Rome kom. Maar julle moet miskien maar 
vinnig kom, want kyk die pous staan binnekort gereed op ‘n 
wêreld perron en in sy linkerhand hou hy ‘n banknoot 
en trippel ses is in die gesig van die dier daarop vermom 
en in sy ander hand hou hy ‘n doodskleed en iemand vra: 
is dit vir die ou man van Afrika of miskien vir Sharon? 

Maar die pous reageer deur te sê: hoe dit ook al sy, dit is tot 
voordeel van die Jood, ja, vir geheel Edom en so staan die 
engelesfere oor dit alles stil verstom, want hulle weet die 
laaste tyd gaan nou vinnig om en dit terwyl soveel verseëldes 
ledig rondstaan, ja, so uiters dom en stom. 


Openbaring 1795 
Twee afsonderlike jukke.
Sondag 18 November 2012 09:30
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
'n Engel roep: Luister na die droewige geweeklaag en die 
gesnik, want gebuk, ja, gebuk en dit onder ‘n vreeslike juk 
gaan die Adamiet nou krom gebuk. Met Raka wat hulle nou 
op die ergste maniere gaan verdruk en hy spot en hy lag- 
terwyl hy roep: Kyk, daar loop ‘n kruppel- mank volkie sonder 
die ondersteuning van ‘n kruk- want hulle wou hulle mos nie 
na die Goeie Wil van hulle Elohim skik en kyk, hulle struikel 
en hulle val en daar is niks meer tot hulle voordeel of ewige geluk. 

So roep daar ‘n Wese: Kyk, die pad het lankal reeds klaar gevurk 
en daar kom ‘n Goddelike stilte en ‘n blanke ras staan verwilderd 
en verskrik terwyl die tekens van die tye benouend om ‘n Boervolk 
druk en ‘n galbitter beker word uitgehou en die oorblyfsel van die 
ware Israel in verdrukking moet dit nou onder dwang wegsluk. 

‘n Skaal roep uit: Kyk, daar staan ‘n boom en in die middel daarvan 
groei ‘n mik en die eenkant is droog maar die ander kant is ‘n groen 
stuk en daar kom ‘n kragtige wind wat dit uitmekaar ruk en daar kom 
‘n Skrynwerker en Hy bou uit beide stukke ‘n afsonderlike juk en die 
een is onafgewerk, swaar en skurf maar die ander is volmaak, sag en 
lig en links sowel as regs moet hulle nou daarvolgens skik en terwyl 
die liberale deel van ‘n volk ineenstort onder die uitermatige swaar 
gewig- word dit wat heilig en apart is, teer teen Elohim se Bors 
vasgedruk en die hemele roep hieroor uit so bly en verruk terwyl 
hulle sê: Dit is tyd om teen die gevalle hel op aarde op te ruk. 

‘n Engel roep met ‘n groot stem: Wat val daar nou uit die lug en 
wat dryf daar op die see soos 'n papvrot kurk en waarom verander 
die laaste suiwer riviere in giftige slik terwyl daar nou skielik soveel 
dorstige siele tevergeefs en te laat die vrugte van die Waarheid 
probeer pluk- want kyk, daar baar 'n vrou- en ‘n kind word vanuit 
die wêreld na wildernis weggeruk en die kerke soek daarna- maar 
in ‘n Goddelike stilte word dit nêrens deur hulle gevind en die 
gemeentes staan verskrik, want na die Waarheid wou hulle hul 
mos nie skik- en aan hulle eie leuen sal hulle nou vir ewig met 
tandgekners, hulle moet skik. 


Openbaring 1796 
Nibiru.
 
Dinsdag 20 November 201205:30  
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Met Nibiru en sy stert wat met 'n spoed deur die ruimte gaan 
terwyl wesens van ander planetêre ruimtes dit belangstellend 
gadeslaan- vra daar ‘n stem: is dit dalk die geboorte van iets 
groters wat daar ontstaan of gaan daardeur nog ‘n planeet in 
sy pad vergaan. Maar 'n ander Stem antwoord so leersaam: 
dit is ‘n ander dimensie wat besig is om oop te gaan en waaruit 
die Melgisedek-orde sal ontstaan en Hy vra: is daar niemand wat 
dit tot nou toe nog nie kan verstaan, want kyk, dit is dieselfde 
siklus wat die vloed van Noag sou voorafgaan en daardie geslag 
was ook wel deeglik gewaarsku en ook goed vermaan. Maar in 
hulle aardse voorspoed wou hulle dit eenvoudig nou eenmaal net 
nie verstaan en het hulle Godsveragterlik op hulle bose weë 
voortgegaan en so het hulle hul ook nie voor die Aangesig van 
hulle Elohim geskaam en daarom het die Goeie Skepper toegelaat 
dat slegs die punt van daardie stert die planeet Aarde geniepsig 
soos 'n sambok sou slaan en terwyl die mense desperaat teen die 
ark se deure om genade sou slaan het hulle goed in hulle 
sterwensoomblik geweet wat dit is om op ‘n aarde te sterf en 
vergaan, ja, op ‘n planeet wat net effens in die pad van die Rooi-
draak sou staan. 

Ja, met Nibiru's stert wat met ‘n ongekende spoed deur die 
hemelruim gaan- terwyl wesens van ander planetêre ruimtes die 
spoed daarvan nou sekuur beraam- wyl hulle belangstellend vra- 
of die kleine aarde nie dalk hierdie keer daardeur kan vergaan. 
Maar ‘n engel antwoord: kyk, die mensdom is gewaarsku en goed 
vermaan- maar hulle spot en lag terwyl hulle weerpatrone met ‘n 
spoed agteruit gaan en hulle koop en verkoop terwyl hulle son se 
strale so genadeloos oor hul hoofde gaan en so kom daar vanuit 
Nibiru se stert ‘n klip wat al hulle drome kom stukkend slaan en 
Alsem is sy naam want galbitter en giftig sal die aarde se water 
hierna oor sy oppervlakte gaan en die maan sal eienaardig in sy 
nuwe baan om die aarde gaan en die hoog- en laagwatermerke 
van die see sal op eienaardige plekke staan- terwyl ongekende 
sneeustorms in sekondes oor die aarde sal gaan- met die son 
wat in afskuwelike skakerings bloedrooi daaroor sal gaan. 
Ja, met donker as van vulkane wat oral neer sal slaan- terwyl 
aardbewings al grommend in vernietiging oor die aarde sal 
gaan- terwyl ‘n bose mensdom hulle steeds nie oor al hulle 
gruwel-misdrywe sal skaam. 

Met Nibiru wat met sy sekelstert daar deur die ruimte gaan- 
terwyl soveel wesens van ander planetêre ruimtes dit gadeslaan 
en so vra daar ‘n stem: weet die bewoners van die aarde steeds 
nie waaroor dit alles gaan- want kyk, die grote Elohim het eens 
self as kleine Mens op daardie planeet gestaan- sodat alles wat 
asemhaal die werkinge van Sy Grote Krag kon verstaan, ja, sodat 
Sy Genade deur die weergebore mens die ewigheid in kan gaan. 
Maar kyk, terwyl die boosheid van die mens in die gestalte van 
die wêreldorde steeds vreesloos voor die eindtyd waarskuwings 
staan-terwyl hulle weet dat hulle soos nuttelose kaf in die 
vuuroond gaan vergaan- met Elohim se Oordeelsekel, ja, Nibiru 
se stert, wat deur die laaste oes sal slaan- om as oorblyfsel te 
laat- net ‘n Melgisedek-gerf wat as Sions Ark daar sal staan- 
sodat geheel die totaliteit, Elohim se Grote Genade in Sy nuwe 
Priesterorde deur geheel Sy skepping sal kan verstaan. 


Openbaring 1797 
Die Leeu en die draak.
 
Donderdag 22 November 2012 16:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar staan ‘n Wit en ‘n goue leeu wat met ontblote tande vir 
‘n afskuwelike dier grom en dit is YaHWeHshua saam met 
Sy suiwer bloedlyn vanuit Juda in 'n handvol eindtydgeeste 
vermom. Hulle staan teenoor die draak terwyl die wêreldmassas 
onderdanig om die draak, ja, die wêreldorde saamdrom en langs 
die draak staan ‘n afskuwelike swart dier op sy agterpote en hy 
het die liggaamsbou van ‘n mens en agter hom skyn daar ‘n 
sintetiese nagemaakte son en in sy linkerhand hou hy 'n leiriem 
met ‘n troeteldier daaraan en kyk, in plaas van ‘n hond is dit die 
pous en hierdie twee het ‘n hegte bond en langs die pous kniel 
daar ‘n wulpse katolieke non en haar naam is die hoer van Babilon 
en in haar hand hou sy ‘n godslasterlike kruis terwyl die 
Christendom ekstaties daarom saamdrom en die Jodedom lig sy 
banier en daarop staan in mensebloed geskryf; vrede, valse vrede, 
ja, shalom-shalom want kyk, die goyim en die gepeupel is uiters 
dom en daarom hou die Leviatan as die eenwêreldorde hulle 
willoos, swak en dom en kyk, hulle staan waggelend op die rand 
van die ewige afgrond. 

En so gaan staan ook die koningin van Engeland aan die 
regterkant van die afskuwelike dier en sy lyk goedversorg 
en afgerond- maar sy loop uitermatig krom en vanuit haar 
hand wapper daar na die grond- die Rand, die Euro, die Dollar 
en die Pond en die Ooste vra nuuskierig: is die ekonomie, ja, 
ou Mammon, siek en ongesond- want kyk, vanuit Israel en sy 
buurlande tot onder in Suid-Afrika en dwars oor Amerika en 
Europa asook Asië lê daar ‘n dik stroom bloed op die grond 
en dit pomp vanuit ‘n afskuwelike gapende oop wond en olie 
skiet die hoogte in met ‘n astronomiese prys by die gallon en 
graan word gerantsoeneer by die ton. 

Daar staan ‘n Wit en ‘n goue Leeu wat met ontblote tande vir ‘n 
afskuwelike draak grom en dit is die Meester as die ware Juda 
in ‘n handvol eindtydgeeste vermom wat met Elohim se Oordeel 
op die aarde neer gaan kom. En so staan die mensdom oor hulle 
lot stil-verstom en hulle roep nou na die hemel en vra: gee tog 
net so ‘n bietjie om en laat daar ‘n profetiese boodskap van hoop 
na die aarde kom- want hulle weet dit is tyd en almal van hulle 
gaan wreed omkom. Maar dit bly net boodskappe van oordeel 
wat vanuit die hemel na die wêreld kom en terwyl die Wit Leeu 
van Juda grom- is dit Sion wat spot en lag terwyl sy vra- wat is 
die mens en hulle wys na die VN se elite korps, ja, ‘n magtige 
eskadron en hulle sê: kyk, dit is net soldaatjies van karton en 
die asem van die Wit Leeu waai hulle soos kaf in die wind om. 

So, laat hulle vuurpyle en bomme nou op hulle eie hoofde 
neerkom, want kyk; die skrif is aan die muur en die oordeelskale 
staan gereed om die aarde- en dit is rég rondom. En die Christen 
gemeentes roep na hulle valse engel van die lig, ja, hulle roep 
hardop en biddend uit na hom en kyk, hulle loon, die ewige hel, 
is wel aan die kom. So, laat die pous maar beweer die eindtyd is 
nog glad nie aan die kom- en dit terwyl sy gruwelgemeentes so 
getrou en gedienstig om hom saamdrom. 


Openbaring 1798 
Wall Street.
 
Vrydagnag 23 November 2012 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n droomvisioen staan ek in Wall Street en ek hoor ‘n man 
wat sê: kyk, ons as die sterkste geldmagte gaan ons van die 
effektebeurs onttrek om dit alles te sink en ek hoor ‘n vrou wat 
ween terwyl sy kla dat sy al haar geld in graan en lensies belê 
het en wat nou niks meer werd is nie en ek hoor myself sê dat 
ek dit alles by haar vir sestig duisend Rand sal oor koop en net 
nadat die transaksie plaasgevind het skiet hierdie aandele in 
ongekende rekordpryse die hoogte in. 


Openbaring 1799 
Bles Bridges. 
Saterdagnag 24 November 2012 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer. 
In ‘n droomgesig speel die ontslape Bles Bridges vir die volk op 
'n grys blokfluit en in die deuntjie daarvan skuil ‘n baie hartseer 
boodskap. Net daarna verskyn daar twee baie ou witmense wat 
sonder ophou ronde broodjies, wat besig is om droog te word, 
aan ‘n klomp swart kinders uitdeel terwyl hulle self met rasse 
skrede by die oomblik agteruitgaan en dit terwyl hulle al hoe 
meer verrinneweer raak- wyl die droewige deuntjie vanuit die 
grys fluit voortklink met weinig mense wat hulle daaraan steur. 


Openbaring 1800 
In verlede en hede. 
Sondag 25 November 2012 08:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die klaaglied van ‘n moderne prediker is alles, ja, selfs die 
vorige sekonde net onherroeplike verlede en so kortstondig 
is die bittersoet oomblik van die hede met ‘n toekoms sonder 
hoop of rede en so staan openbaring se vier perde nou gereed 
en berede en nêrens is daar op aarde meer enige vrede. 

So leeg en sonder rede klink daar nou globaal die massas 
se gebede en kyk, deur wind, vuur, water en aardbewings 
vermorsel die oordeel nou soveel dorpe en stede en die 
bewoners daarvan weeklaag en sê: kyk, net ‘n oomblik 
gelede was ons toekomsdrome nog ‘n rooskleurige hede, 
maar nou is dit alles net ‘n vermorselde verlede en ons leë 
beloftes en ons ede lê aan skerwe in al ons valse gebede 
en dit alles net omrede ons duister motiewe en ons donker 
verlede en in ons leë toekomsdrome sal die klatergoud van 
ons verlede- ewig nooit weer op kan skitter in oplewe en so 
is daar ewig niks waarna ons, die wêreldmens, ooit weer kan 
strewe.