.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1801 
Daar staan ‘n volk… 
Woensdag 28 November 2012 18:00
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar staan ‘n kleine volk en sy naam is Swyn en hulle staar 
met leë niksseggende oë in die vêrte terwyl hul laaste hoop 
oor die vêrste rantjie verdwyn en terwyl hierdie volk in hulle 
getalle vinnig begin wegkwyn- ontwaak daar in ‘n oorblyfsel, 
ja, ‘n handvol edelkoring, 'n verskerpte bewussyn- terwyl ‘n 
Man, geklee in Wit, aan hulle in hulle weergeboorte verskyn 
en Hy roep: luister O’ Jerusalem en hoor O’ Sion, na die 
naklank, ja, die eggo van die oordeels-basuin en weet, jou 
Elohim het gekom om te reinig en op te ruim. Ja, kyk na die 
onstuimige oseane wat daar wild staan in vuil skuim en sien 
hoe die toppe van die berge daar bewe tot in hulle hoogste 
kruin, terwyl hemelliggame uit hulle bane skuif daar in die 
verre hemelruim. Wanneer julle dit sien moet julle weet julle 
Elohim is in ‘n baie slegte luim, want op My uitverkorenes na, 
het My verbondsvolk My in alles ondermyn en hulle het in hulle 
taak hulle missie versuim. 

Daar staan ‘n volk en sy naam is Onnosele Swyn en hulle staar 
niksseggend na nêrens terwyl al hulle seëninge agter die vêrste 
rantjie verdwyn, want die Oordeel van Elohim staan teenoor hulle 
in geniepsige venyn en ‘n beker word vir hulle geskink en dit is 
galbitter soos aalwyn en dit is ‘n beker vol walglike slym en ‘n 
engel roep uit: kyk, dit is die werke van Israel se hande, ja, dit is 
syn en hul loon is regverdig. Kyk net na die oë van die Skepper- 
dit is so hartseer en vol bitter pyn, want Sy volk, Sy geliefde volk, 
het Hom is alles ondermyn en daarom sal Sy son van seën nie 
meer langer deur die Kaukasiese volkere oor die wêreld skyn, 
maar Sy Oordeel sal alles wat onrein en verbaster is, uit die weg 
kom ruim en soos kaf in die vuuroond sal dit vir ewig in Hel en 
Hades wegkwyn. 

Daar staan ‘n volk met die naam van Onnosele Swyn en hulle 
staar met leë oë na nêrens, terwyl die goeie, ewige lewe oor 
hulle vêrste horison verdwyn met soveel verlore siele wat in 
'n skrikwekkende pikswart hel-trein verdwyn en hulle word 
deur die ewige dood weggevoer na ‘n afgryslike terrein, want 
hulle het hulle Elohim in al Sy Ordes ondermyn. Maar so roep 
daar ‘n Groot Stem: Jerusalem en Sion sal Ek in My Groot 
Genade na veiligheid ontruim, want kyk, so nederig roep hulle 
na My soos ‘n kind daar klein en hulle vra: O’ Onse Elohim, 
maak in hierdie laaste oomblikke van die tydvak ons harte 
skoon en rein en verlos ons van ‘n wêreldgeoriënteerde brein-
sodat ons in U kan uitroep, O’ Abba Vader, ek is net U kindjie 
klein-maar vir ewig altyd, is U mein. 


Openbaring 1802 
In die ballade van die dood.

Vrydagnag 30 Desember 2012 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Wie staan nou daar as die aangeklaagde voor God se troon 
en wie word vir sy dade verhoor en wie is nou die Regter en 
wie is as die aangeklaagde nou onder skoot. Ja, wie is nou 
die intellektueel en wie is die vrymesselaar-idioot. So, luister 
na die ballade van die dood en kyk, daar word nog 'n lyk die 
ewige duisternis ingestoot en die een na die ander ou man 
van Afrika gaan van die lewe in die dood oorboord en van 
oraloor kom daar ‘n simpatieke woord en ‘n reënboognasie 
se hart voel soos lood, want in nog so ‘n ouderdomsdood 
kom daar dalk ‘n baie groot opstoot. 

Ja, in die ballade van die dood sing die doods-engele nou in 
'n koor: kyk, die regstelsel was die afgelope tyd heeltemal 
agterstevoor en die balie het nog so baie advokate en regters 
om te verloor en so verskyn daar nog ‘n paar groot name en 
die dood besluit watter een word volgende uitgeloot en so 
verkeer ook die geestelike leiers in dieselfde boot en binnekort 
word nog iemand vanuit die kerke, die regstelsel, of dalk vanuit 
die politiek, as ‘n genomineerde in die doods-poorte ingestoot. 


Openbaring 1803 
Raka se obskure deuntjie.

Saterdag 1 Desember 2012 05:00 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Raka draf deur die land terwyl hy ‘n obskure deuntjie fluit en 
hy sing ‘n liedjie in ‘n leuenverhaal wat vertel van onderdruktes 
wat wroegend swoeg vir net ‘n waardelose duit en daarom moedig 
Raka hulle aan om baldadig te muit en ook te buit en sommer alles 
voor die voet vir die grap te vergruis en terwyl die woorde van die 
lied deur die hele land ruis sit die getroue kerklidmate so sedig en 
hou hulleself kwansuis sonder enige oortredinge tog te kuis en dit 
terwyl hulle getuig dat hulle nie vrees nie want God self sal hulle 
beskerm en ook persoonlik omsien na hulle veiligheid, belange 
en geheel hulle haard en huis. Maar sommige van die liberale 
voel hulle self nie meer so veilig in Suid-Afrika so lekker tuis en 
wil daarom nou skielik soos van hulle voorgangers na elders 
verhuis. Hulle noem hulle eens so geliefde reënboognasie nie 
meer hulle naastes, maar nou ‘n vuile gespuis wat net daarop 
uit is om hulle te vernietig en in alles te vergruis.

So dans Raka al spelend deur die hele land terwyl hy ‘n obskure 
deuntjie fluit en ‘n volk sit in hul selfgeskepte palisade-hokke met 
al hulle kosbaarhede in kluise toegesluit en baie van hulle besluit, 
hierdie vakansie bly ons liewer tuis. En terwyl daar onheilswinde 
deur die boorde en landerye van die landbou suis, staan die 
grootste gedeelte van hierdie volk met hulle kop versteek in die 
sand net soos ‘n bang volstruis en hulle voel hulleself in hulle 
eie land so onveilig, onwaardig en ook ontuis want hulle weet, die 
moeitevolle werke van hulle hande word dalk binnekort net ander 
se buit. Daarom roep hulle desperaat na die hemel in dit klink nou 
so vals en so luid- maar die hemel antwoord in swye, ja, sonder ‘n 
enkele geluid. 

So draf Raka deur die land en terwyl hy ‘n ongure deuntjie fluit, 
lig hy in aggressie nou ‘n boosaardige, ja, 'n aggressiewe pikswart 
vuis en die vakbonde wys na alles wat blank is en sê: daar skuil 
die lae luis. Kom staan daarom nou nader O massas en neem 'n 
vaste besluit en laat ons daarom begin plunder en oral te muit. 
So sit die gemeentes passief en luister na die al hoe nader 
komende onheilspellende geluid en terwyl hulle ore nou daarvan 
begin te tuit, voel hulle vrymesselaarkerke vir hulle skielik nie 
meer ‘n bloue duit. Met die Oordeel wat nou spottend uitroep; 
dit is nou te laat om te huil en julle neuse so pateties uit te wil 
snuit, want ruik net die skerp reuk van vars kruit en luister na 
die dodelike klapgeluid van die klip en die kluit en kyk na julle 
dapper manne, ja, julle voorlopers en besluitnemers daar in julle 
regters en predikante wat nou daar bewend staan soos ‘n bange 
klein muis en draf daarom maar weer na julle mensgemaakte 
kerke, ja, daar na Baäl se eie godslasterlike huis- terwyl julle 
luister na die ongure- obskure deuntjie, wat Raka spesiaal net 
vir julle daar fluit. 


Openbaring 1804 
Ongekende teëspoed. 

Sondag 2 Desember 2012 00:45
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Kyk, die grotes van die aarde staan so effe verveeld want van al 
die rykdomme van die aarde het hulle nou eenmaal net te veel. 
Ja, met die konings en regerings wat deur hulle regstelsels almal 
net rond wil beveel, wyl die groot handelaars en bankiers die 
massas op ‘n slinkse wyse besteel, met die oorskiet wat hulle 
soos gode onder die armes uitdeel sodat die in afhanklikheid na 
hulle pype moet dans en speel, dit terwyl hulle so skynheilig ‘n 
vernielde aarde kwansuis weer tot sy reg wil heel. 

Maar kyk, daar kom ‘n engel en hy hou ‘n boodskap en dit is deur 
Elohim self verseël en die engel breek nou hierdie seël en die 
grotes van die aarde gryp geskok na hulle keel want ongekende 
oordeel word oor geheel die aarde uitgedeel. En so begin die 
grotes en die konings van die aarde om oor al hulle teëspoed  
te ween wat nou met soveel oordeel sonder ophou op hulle neer 
reën. 

En die ou koningin en haar Vrymesselaar-ridders begin om onder 
hulle sware las te kreun- met oorlogstuig wat globaal oral begin te 
dreun, met soveel arm lande wat nou sonder genade net op hulle 
wil steun en skielik is die grotes van die aarde nie meer so baie 
verveeld want al hulle ellende raak in ‘n kort tydjie vir hulle net een 
te veel.


Openbaring 1805 
Net 'n papvrot oes.

Sondag 2 Desember 2012 05:00 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Ek hoor ‘n mensestem wat sê: baie dankie vir die welkome seën 
in die mildelike reën en ‘n ander stem antwoord: kyk, van dit is 
net 'n papvrot oes en dit word tot niks verwoes. 


Openbaring 1806 
'n Vreeslike verhaal.
Maandag 4 Desember 2012 13:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar staan 'n engel en hy leer 'n man terwyl hy sê: Luister so 
'n bietjie na my, my goeie meneer- daar was eens 'n volk en 
hulle was deur hulle vadere geleer om hul Elohim met geheel 
hulle hart te respekteer en eer en so was hulle geloof ook net 
op die Wet van die Liefde gebaseer en daarom kyk hulle ook 
nooit neerhalend op een van hulle naastes neer. Maar hierdie 
volk het begin om dit wat ander volke najaag, te begeer en oor 
alles wat blink en ydel was, het hulle van vroeg tot laat begin 
fantaseer en hulle het dit alles met ‘n passie begeer en daardeur 
het die Liefde Hom toe van hulle harte weg begin keer. So het 
hierdie volk begin om neerhalend met hulle minderbevoorregte 
bloednaastes die gek te skeer en dit terwyl hulle in elke sonde 
met ander nasies en volke wou sosialiseer. Ook het van die 
mans en vroue van daardie volk hulle geslag laat transformeer 
en net soos in die dae van Sodom en Gomorra het mans begin 
om mans te penetreer en dit terwyl hulle kerke ten gunste van 
hierdie sondes luid sou beweer dat God dit alles kwansuis onder 
Sy kruisdood goed sou keur en so was bykans elke gruwelsonde 
as aanvaarbaar op menseregte gebaseer 

Daar staan 'n engel wat 'n man leer en hy sê: Luister 'n bietjie 
hierna, my goeie meneer: eens was daar 'n uitverkore volk en 
hulle het hulle kinders so goed geleer om hulle Elohim maar 
ook hulle vaders en moeders met respek te eer en hulle geloof 
was op Elohim se Wet en Liefde gebaseer en alles wat boos was 
het hulle met outoriteit in hulle midde besweer. So plaas hulle 
ook hulle liefdegawes so getrou en nederig voor hulle behoeftige 
naastes neer-  terwyl hulle self nooit onnodig op mekaar se 
goedheid sou teer en hierdie suiwer volk het mekaar in nood 
nooit die rug toegekeer en hulle gasvryheid was wyd onder ander 
volkere geëer en menig volk het begeer om die Elohim van hierdie 
rasegte suiwer volk te kon eer. 

Daar staan 'n engel wat 'n man leer en hy sê: Luister 'n bietjie 
hierna meneer: Eens was daar 'n volk wat sy Elohim met geheel 
sy hart sou eer en hulle het hulle kinders en mekaar geleer om 
Elohim en die naaste met al hulle liefde te eer. Maar helaas is 
die oorblyfsel van hierdie volk nou diep te betreur want hulle 
het die Liefde , ja, die Liefdewet met smet onteer en hulle Grote 
Elohim het hulle nie meer as hulle Outoriteit geëer en selfs Sy 
ewige Naam, dit het hulle ook onteer en in plaas van EK IS, noem 
hulle hom toe Baäl, ja, heer O’ heer en geheel hulle geloof word 
toe in 'n leuen omgekeer, terwyl hulle hierdie drogleuen-/leer 
onder Christenskap na ander volke en nasies sou keer. In 'n 
onversadigbare mag- en hebsug het ook Mammon as die geldgod 
hulle harte beleër en die Liefde, ja, die Goddelike Liefde, dié het 
hulle nie meer langer begeer. 

Daar staan 'n engel wat 'n man op 'n waarheidsverhaal trakteer 
en hy sê: Luister 'n bietjie hierna, my liewe meneer. Eens was 
daar 'n volk en hulle het in liefde hulle Elohim met geheel hulle 
harte gerespekteer en hulle geloof was op Sy Wet en Sy ewige 
Liefde gebaseer. Maar die laaste geslag van hierdie volk het 
hulle rug nou op hulle God gekeer en deur hulle kerke het 
hulle Sy Ordes bespot en daarmee die gekgeskeer en oor 
elke gruwel, daaroor wou hulle van vroeg tot laat fantaseer 
terwyl hulle hulself net van kop tot tone wou laat tatoeëer en 
so het baie van hulle ook graag naak rond geparadeer en in 
wellus hulleself in verbastering onteer. Ja, so het hulle hulself 
verloor in elke kleur en geur en hierdie volk is nou diep te 
betreur, met die hemel wat sy gesig nou in skaamte van hulle 
wegkeer en so word in die begin van hulle einde die Oordeel 
nou na hulle gekeer en in die doodsnikke van die tyd sal hierdie 
volk moet leer om in ewige vrees voor die aangesig van Elohim 
weg te retireer. 

So staan daar 'n engel wat 'n man op 'n vreeslike verhaal trakteer 
en hy sê: Luister so 'n bietjie na hierdie storie, my goeie meneer: 
Kyk, daar was eens 'n uitverkore volk maar nou is daar net 'n 
handvol oor, deur Elohim Self uit hulle midde uitgekeer en dit is 
hierdie edel gerf wat haar Elohim met geheel haar hart en liefde, 
ja, met haar alles eer en dit terwyl die res van die wêreld met haar 
daaroor spottend die gek skeer en so is daar ook niemand vanuit 
Babilon wat met haar wil sosialiseer en kyk, elke kerk sien so 
minagtend op haar neer, terwyl hulle haar in alles net wil 
verkleineer en onteer. Maar Elohim kyk so uiters Liefdevol en 
teer op Sy bruid, die kleine Sion neer, terwyl geheel die hemel 
haar in al haar lede eer. En so kom daar 'n tyd en die aarde begin 
al slingerend in haar wentelbaan te roteer en die skale val en die 
Oordeel word op die aarde uitgekeer. Met die hemel wat nou met 
'n bose mensdom die gek begin skeer. Maar Sion word in haar 
verseëling deur hulle almal geëer en dit net omdat sy haar Elohim 
tot op die einde met geheel haar hart en haar liefde, ja, met haar 
alles sou respekteer. 


Openbaring 1807
 
Ewige AL.
Vrydag 7 Desember 2012 18:11
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Vanuit die Alfa se AL verskyn die resultaat van 'n enkele oerknal 
en daarin lê geheel die skepping uitgestal en so verskyn daar 
op die grense van ‘n grote heelal ‘n kleine aarde en sy aartsengel 
roep uit: was dit maar al, want kyk, tussen goed en kwaad word 
hierdie planeet ‘n onontbeerlike speelbal en tussen die lewe en 
die dood skuil daar die keuse van ‘n ewige voortbestaan of ‘n 
ewige verval en daardeur smaak die lewe soms so soet soos 
heuning en ander kere weer so bitter soos gal en so wyd is 
die weg wat na die verderf lei, maar na die ewige saligheid 
strek dit so ver en so smal en niks verbonde aan die lewe 
kan toegeskryf word aan enige toeval. 

So verskyn daar in die skynsel van ‘n akwamaryne blou kristal 
die gedruis van ‘n wonderskone lewende waterval en in ‘n visioen 
verskyn daar óm ‘n pragtige groen dal en ‘n aartsengel roep uit: 
was dit maar al. Kyk, al Elohim se grote Liefde word juis hierin 
uitgestal, want kyk, Sy eniggebore Seun lê eens op hierdie 
planeet, gebore in ‘n kleine stal en so word die Melgisedek Kind 
op ‘n kleine blougroen planete-bal so vir totaal die ewigheid 
uitgestal. 

In die resultaat van ‘n enkele oerknal lê geheel ‘n ongelooflike 
skepping vir ewig altyd uitgestal en sewe aartsengele kniel voor 
Elohim terwyl hulle fluister: was dit maar al, want kyk net na die 
menigtes van ontelbare hemelwesens en hulle is ewig sonder tal 
en ook hulle staan voor Sy troon en baai salig in Sy ewige LIG wyl 
hulle eerbiedig roep: ewig altyd is U die ALFA, ja, ons ewige AL. 


Openbaring 1808 
Die Hemelman en die meisie.
Maandag 10 Desember 2012 18:14
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die grote hemelruim word daar nou baie tyd aan elke 
hemelliggaam se stand bestee, want dit is 'n grote tyd en 
‘n nuwe dimensie word ook in die geesteryk betree. En so 
staan daar op die hemelstrand, ja, daar by ‘n grote ewige 
see ‘n Wese en Hy is in skitterwit geklee. Voor Hom staan 
daar ‘n kleine meisie en sy lyk so skaam-verleë en in haar 
hand hou sy iets wat sy graag aan Hom wil gee.

Daarom nooi Hy haar nou so vriendelik nader om so ‘n 
bietjie nader aan Hom te tree en Hy sê aan haar die tyd 
hiervoor was nog nooit so goed geleë want dit is nou die 
tyd vir die nuwe Melgisedek weë. En terwyl sy nader staan 
straal sy haar liefde na Hom uit en in haar hand hou sy 
haar hart wat sy aan Hom wil gee en terwyl sy trane van 
ewige geluk uit haar oë uitvee, vra sy aan Hom: hou my 
in die grote liefde tot U, vir ewig nooit nie teë, sodat ook 
ek die ewige ryk van die Lig mag betree. 

So antwoord hierdie Hemelman nou hierdie vrou: vir jou 
sê Ek ewig nooit nie nee en so word Sion op haar eie 
versoek vir die grootste Bruilof ooit, deur ligwesens in 
skitterwit geklee. En so kom staan elke hemelliggaam 
nou in ‘n reguit lyn om hul eerbetoon aan Elohim te gee 
en so gee die duister ryk van satan onder die nuwe 
Melgisedek-orde weë, ja, onder die suiwer ryk van 
Waarheid, vir ewig altyd mee. 


Openbaring 1809 
Nuus in waansintyd.
Dinsdag 11 Desember 2012 15:30 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Iewers uit die wêreld kom daar ‘n bloedstollende kreet 
en ‘n wêreldse boodskapper, ja, ‘n nuusleser staan gereed 
en hy is buitengewoon bewerig en besonder bleek en terwyl 
sy onmiddellike hoofde iets baie ernstig so druk bespreek,- 
staan hy daar eenkant en wag om die nuus wêreldwyd te breek, 
want ‘n maghebber lê in ‘n siek- of is dit 'n sterfbed, nou so swak 
en week. Maar die regerings staan effens verbouereerd want hulle 
glo nie die massas is nou daarvoor en ook vir ander ontstellende 
nuus gereed, omdat al hierdie nuus ‘n groot impak gaan hê op 
elke wêreldstreek. Daarom kontak hulle die pous wat dit op sy 
beurt weer met al die kerke bespreek en die predikante kry opdrag 
om die volgende vir die gemeentes te preek en die boodskap lui; 
wees te alle tye kalm en gereed en moet in geen omstandighede 
julle op mekaar begin wreek- terwyl almal ‘n helpende hand na 
mekaar uit moet steek, sodat daar nie oral chaos uit moet breek. 
Maar juis hierdie boodskap veroorsaak dat daar nou oral chaos 
uit begin breek en menigtes raak paniekbevange so bevrees en 
dit oor wat hulle in die toekoms gaan eet en so begin baie mense 
om halsoorkop kos weg te steek. 

Iewers uit die wêreld kom daar ‘n waarskuwende kreet en 'n engel 
begin om noukeurig net die heiligdom uit te meet en daar staan ‘n 
wêreldse boodskapper, ja, ‘n nuusleser en hy wil ongeduldig weet- 
wanneer raak dit nou tyd om die nuus te breek, want iewers in die 
aardkors ontstaan daar ‘n kommerwekkende spleet en die 
wetenskaplikes voorspel ‘n aardbewing en tsunami en hulle sê dit 
is hoog, wyd en baie breed en dit gaan ‘n rekord op die rigterskaal 
meet. So staan die nuwe wêreldorde nou nader en sweer onder 
eed hulle het die ideale oplossing vir dit alles beet en so word die 
merk van die dier nou oral druk bespreek terwyl dit die woede van 
die hemel net verder ontsteek. 

Van iewers uit die wêreld kom daar ‘n bekommerde kreet en ‘n 
wêreldse boodskapper, ja, ‘n nuusleser staan gereed om die nuus 
globaal te breek en so staan die pous en valse vredevors nader 
om die massas toe te spreek en hulle belieg alweer die man op 
straat en behandel hulle soos altyd soos ‘n onnosele leek en 
terwyl die massas in chaos weg begin breek vind hulle met ‘n 
skok uit- die weermag is globaal rigied en uiters wreed en so staan 
menigtes in ‘n waansintyd boonop in 'n roukleed geklee en terwyl 
hulle tevergeefs by hulle owerhede om 'n bietjie genade smeek en 
vir dit wat kom is niemand op aarde in die minste voor gereed en 
so begin die mensdom om die nuus maar onder mekaar oop te 
breek en almal vertel aan almal hoe vreemd is die weer en terwyl 
modderstortings dit oral op die mense begin omkeer begin hulle 
mekaar te troos en te sê; miskien is dit tyd om na ons God terug 
te keer- terwyl hulle voor hulle siel weet dat terwille van oorlewing 
moet hulle sonder keuse die nuwe wêreldorde in alles, ja, tot hulle 
dood toe eer.


Openbaring 1810 
O’ kom vertel my weer…
Woensdag 12 12 12 12 :00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O’ vertel my weer die ou-ou verhaal- van voor die grondlegging 
van die skepping was dit reeds opgeskryf in engeletaal en dit 
ontsluit alles in sy somtotaal en dit is die verhaal van die Boom 
van die Lewe wat geheel die skepping nie sou faal en dit vertel 
van die Liefde van Elohim wat die mens sou kom genees van 
elke kwaal. 

O’ vertel my weer die ou-ou verhaal van onmeetlike Liefde 
waarvoor niemand hoef te kompenseer of betaal en hoedat 
hierdie liefde die wysheidsgraad van elke soeker tot sy 
ewigheidsbestemming sou bepaal en sodat die weergeborene 
vir ewig nooit weer in die duisternis sou verdwaal. 

O’ vertel my weer die ou-ou verhaal van die Skepper met Sy 
Liefde so onmeetlik rojaal, ja, van Elohim wat self as kleine 
mens tussen sondaars neer sou kom daal sodat almal wat 
asemhaal hulle hoogste geestelike ontwikkeling kon behaal 
en hulle daarom in oorwinning oor die dood kon smaal. 

O’ kom vertel my weer die ou-ou verhaal van Liefde en nogmaals 
Liefde sonder weergawe te verhaal, terwyl die ewige Vrede dit 
self daarin sou uitstraal sodat Elohim weer die mens as die verlore 
seun na sy ewige tuiste terug kon haal en in `n hemelse feesmaal 
die engele daaroor kon verkeer- so uitbundig sosiaal. 

O’ vertel my weer die ou-ou verhaal van God se Liefde vir die 
sondaar, elkeen so spesiaal, sodat elkeen van hulle weer vir ander 
kon skyn soos `n ligstraal sodat almal op die einde hulle daarom 
teen die sonde sal staal en die ewige dood daarom nooit weer oor 
hulle sal kan smaal.

O’ vertel my weer die ou-ou ewige Liefdesverhaal van voor die 
grondlegging van die aarde was dit reeds opgeskryf in engeletaal 
en hierdie verhaal ontsluit alle Barmhartigheid in Sy somtotaal en 
dit is die verhaal van die Boom van die lewe wat geheel die 
skepping nie sou faal. 


Openbaring 1811 
O’ bitter berou…
Saterdag 13 Desember 2012  15:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
O’ bitter berou, ja, bitter berou, terwyl die kronieke dit self begin 
ontvou en so loop daar deur ‘n gekaapte basterbloedlyn vanaf 
koning Dawid tot nou, die Jood en die Engelsman se ewige 
ontrou en so klop daar in die baarmoeder van 'n aangetroude 
koninklike vrou- nie die hartklop van Jakob, maar wel van Esau. 
Maar die vrymesselaarorde hou vol; die bloed van die misgewas 
is koninklik-blou en daarom word die koningskap deur dit van 
Efraim afgeskeur en van gemengde bloed word dit nou weerhou. 
Want kyk, die Elohim van Israel lieg nooit en Hy toon oor Sy 
Oordeel ook geen berou. 

O’ bitter berou, ja, bitter berou, waarom skyn Heylel, die eens 
gevalle môrester, skielik so flou terwyl die Oordeel dit onsimpatiek 
op aarde begin uitdou en waarom begin die draak, ja, die slang, 
deur sy eie wêreldorde vir homself ‘n diep, pikswart graf te grou, 
want vanaf Saul tot en met nou word die huidige koningskap ‘n 
baie benouende kou en die vlam bokant daardie troon brand 
onrusbarend flou, terwyl die hemel ook die ontrou van Israel 
teenoor haar Elohim onthou en so verskyn daar in die Phoenix 
'Feniks' se linkerklou iets wat die Jood en die Engelsman vir 
ewig tot in hulle hiernamaals sal onthou. 

O’ bitter berou, ja, bitter berou, terwyl 'n gruwel kronieke lyn 
ditself nou ontvou en so loop daar deur die bloedlyn vanaf 
Salomo tot en met nou ‘n gruwel koningskap waaroor al die 
volke en nasies tot op hede net sou berou en dit terwyl die 
Jodedom die ware Sions bloedlyn in onderdrukking en 
slawerny sou hou. Maar terwyl die hemel elke daad van 
hierdie gruwel-koningskap onthou het dit tyd geword vir 
Koning Melgisedek om Sy Koningskap oor geheel die 
skepping te ontvou, ja. met die ware Sion aan Sy sy daar- 
ewig in haar trou. 

O’ bitter berou, ja, bitter berou, terwyl ‘n wêreldse koninklike 
bloedlyn ditself ontvou en so loop daar in ‘n gekaapte baster 
bloedlyn, ja, vanuit koning Dawid tot in die Jood en die 
Engelsman- ‘n ewige gruwel-ontrou en kyk, spoedig staan 
daar voor hulle deur, die ewige berou. Want in die ritmiese 
hartklop, daar in die baarmoeder van ‘n aangetroude koninklike 
vrou, skuil die laaste stuiptrekkings van die- deur God gehate 
Esau. So, was Engeland se liefde maar warm of koud, was daar 
dalk iets tot haar behoud, maar kyk, 'n groot gedeelte van Europa 
word uitgespuug, want sy was in alles altyd net uitermatig ontrou 
en lou. 


Openbaring 1812 
Vals profete en bedrieërs.
Dinsdag 18 Desember 2012 14:59 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Kyk, O’ kyk, God se veronderstelde woord raak nou so 
kommersieel met soveel valse profete wat die ore sagkens 
kom streel, terwyl hulle die goedgelowige se beursie van 
alkante besteel en soos paddastoele herrys hulle in getalle 
van alkant nou heeltemal een te veel en die leuen, ja, die 
groot leuen is nou oral aan te beveel en so word die Woord 
van Jahshua in vervulling oopgebreek want so het Hy in Sy 
bergpredikasie eens tot die skares gespreek en Hy het gesê: 
in daardie tyd sal daar baie bedrieërs in valse profete wees 
wat net vir almal van vroeg tot laat wil preek en so verlei hulle 
menigtes en omskep baie tot ‘n dwaas of 'n stomme leek en 
so staan daar dan ook in hierdie tyd baie valse profete regoor 
die aarde in bykans elke land en streek. 

Kyk, ja, kyk net na al die valse profete wat nou soveel ore tot 
hulle voordeel wil streel terwyl hulle meeding om die kalklig 
van die profete verhoog te steel en vir rande en sente breek 
hulle na willekeur die een na die ander vervalste leuenagtige 
seël- terwyl hulle arrogant die skale rond probeer beveel- om 
ontydige oordele oral uit te deel. En so raak die mense nou 
van al die onvervulde sensasie heeltemal verveeld- sodat die 
Waarheid hulle nie meer in die minste kan skeel en die duiwel 
die lag terwyl hy net al hoe meer valse profete laat aanteel, ja 
soveel, dit raak amper selfs vir die internet te veel. 

Kyk, O’ Kyk, God se veronderstelde woord raak nou so 
kommersieel met soveel valse profete wat skaamteloos in 
plagiaat oral daar steel. Terwyl baie ook beweer dat hulle 
deur geloofsgenesing die siekes kan heel en so adverteer 
hulle; vir slegs ‘n donasie- ‘n bietjie kontant of ‘n tjek- is 
hulle regtig aan te beveel en so dink ook menig valse profeet 
hulle is Elia, maar nie een van hulle vermeerder die weduwee 
se olie of meel- want die gruwelgeld in hulle beurs behoort net 
aan hulself in sy geheel. 

Luister, O’ luister hoe verdag maak die valse- die ware profeet, 
terwyl die bedrieërs maak asof hulle alles van die eindtyd af 
weet. Ja, hulle roep selfs vanuit die woestyn en bykans elke 
streek- terwyl hulle beweer hulle is geklee in die harige sak- 
profetekleed. En so het die Messias ook eens tot die skares 
gespreek en gesê: een van die tekens van die eindtyd sal juis 
wees wanneer soveel valse profete sal begin preek en Hy het 
gewaarsku en gesê: wees op julle hoede en moet hulle nie in
 julle midde welkom heet- maar weet; soos die weerlig uitslaan 
in die Ooste om te skyn tot in die Weste so sal die koms van 
die Seun van die mens in daardie dae wees. 


Openbaring 1813 
Sterre konstellasies.
Donderdag 20 Desember 2012 12:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Tussen die groot hond en die bul, ook daar binne die kraal, in 
'n baie ou murasie, ja, in ‘n ongelooflike kunswerk, lê uitgestal 
daar teen die hemelruim so grafies en daarin skuil die assosiasie 
van sewe dimensies in twaalf konstellasies en die kwansuis heel 
wyses van die aarde kyk daarna sonder enige begrip, maar met 
groot konsentrasie. Maar op hierdie planeet ken net die profetegees 
die kode van die kombinasie en so staan daar tussen die kreef en 
die leeu, ja, vêr verby die skerpioen se konstellasie ‘n engel en hy 
kyk verwonderd na die skepping se oer-fondasie en hy fluister 
verwonderd: die sleutel van die oplossing lê verskuil in die suiwer 
D.N.A van die Kaukasies. 

Kyk, daar teen die hemelruim in ‘n baie groot konstellasie kronkel 
die slang, ja, die rivier van die doderyk met as inhoud daarin al 
satan se opgekropte ewige gebinde frustrasie en hierdie baie 
groot duister gevangenis-lokasie, ontvang in ‘n kort bestek in 
groot konsentrasie geheel die aarde se baie bose demokrasie 
waar elke siel hierin vir ewig gebuk sal gaan onder satan se 
uiters wrede outokrasie. 

Tussen Goed en kwaad het die weegskaal sy eie tipe kombinasie 
en daarom staan verskillende hemelligame in reguit groepering in 
hulle eiesoortige konstellasies en die kameelperd ontbrand in ‘n 
baie hoë koerasie en twee konstellasies skuif inmekaar en dit 
veroorsaak ‘n eienaardige sterre mutasie en so lê ‘n ongelooflike 
kunswerk uitgestal teen die hemelruim so pragtig, maar ook 
skrikwekkend grafies. 


Openbaring 1814 
Die doderyk se wurms wag…
Vrydag 21 Desember 2012 15:33
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Hoe groot die krag- hoe wyd die mag en vir elke lag en elke 
traan is dit op die einde net die doderyk se wurms wat daar 
wag. 

Hoe mooi die skoonheid van die jonkvrou-prag, terwyl sy ‘n 
nuwe lewe verwag, maar op die einde is dit maar net weer 
die doderyk se wurms wat op beide wag. 

Luister daar na ‘n wêreld wat spot en lag en oraloor maak 
hulle God se bestaan verdag- maar aan hulle almal kom ‘n 
einde en dit is net die doderyk se wurms wat op hulle wag. 

Met die filosoof wat die wysheid van alkant af betrag en alle 
kennis op die hoogste vlak net wil ag- maar ook daaraan kom 
‘n einde en dit is net die dood se wurms wat op alles wag. 

Hoe wonderskoon die helder dag en hoe duister is die donker 
pikswart nag- maar aan die einde van elke dag en nag is dit 
maar weer net die dood se wurms wat op baie wag. 

Met die prooi so weerloos sag terwyl die roofdier daar 
bloedig jag-maar op die einde is dit op beide wat die 
doderyk se wurms gretig wag. 

Hoe hoog die vlag terwyl die vyand oorwinnend lag en 
niemand luister na die onderdrukte se klag- maar op die 
einde is dit die doderyk se wurms wat op almal wag. 
 
Hoe swaar die oorlogsvrag en so skrikwekkend klink daar 
die bom se harde slag en op die einde is dit alweer die dood 
se wurms wat honger wag. 

So pronk ‘n wêreldorde in sy globale mag en oor hulle eie 
krag staan hulle in diep ontsag- maar op die einde is dit 
die doderyk se wurms wat ook gretig op hulle wag. 

Terwyl ‘n boemelaar in armoede op sy einde wag- sterf daar 
'n maghebber so goedversorg in ‘n bed so sag en kyk, op 
beide se einde is dit die doderyk se wurms wat op hulle wag. 

En terwyl ‘n wêreld vandag op die einde van die Maya- 
kalender so lekker spot en lag- wag daar op elkeen die een 
of ander tyd ‘n versekerde dood wat niemand ag. Ja, met 
die doderyk se wurms wat so gretig op hulle wag.


Openbaring 1815 
Besige dag, gruwel dag.

Maandag 24 Desember 2012 16:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O’ besige dag, ja, inkopie dag- eers deur die rykstes, dan tot by die 
armstes gehoor en so klink daar wêreldwyd die Nimrods-lied van 
'n demoniese koor en dit is Mammons’ lied wat slegs vir satan 
daar loof. 

O’ gruwelboom, versier met elke denkbare blinkpatroon met 
soveel goedkoop liggies wat jou wêreldwyd oraloor omsoom 
en so staan soveel mense om jou, skynheilig-vroom, terwyl hulle 
leë drome droom, want watse gees is dit wat werklik in hulle harte 
woon. 

O’ gruweldag, ja, ontheiligde dag- vanaf die vatikaan tot en met die 
kleinste kerkie te hoor en so neig die gemeentes net na satan hulle 
gehoor en hulle juig, want hulle wêreldredder is daar en hulle hou 
hulle vir die roepstem van Elohim heeltemal doof, terwyl hulle 
gebukkend staan voor geskenke onder die gruwelboom. 

O’ besige dag, ja, chaotiese dag, so kom daar 'n tyd en jou kerse 
word vir ewig uitgedoof- want jou tong het vir Mammon en nie vir 
God geloof en daarom word soveel siele binnekort vir Hades 
geroof want die mens het hulle tevergeefs net vir die geldgod 
afgesloof. 


Openbaring 1816 
Die groot gruwel.
Dinsdag 25 Desember 2012 09:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
En driemaal kraai daar ‘n haan en in ‘n optog kom die pous 
heel voor aan en hy ly ‘n mis terwyl hy deur ‘n skare gaan en hy 
vertoon kwansuis so minsaam, maar in die uitdrukking in sy oë 
is dit geheel die ongenaakbare duister doderyk wat daar staan. 
'n Katolieke tenoor en 'n sopraan hef ‘n gruwellied aan terwyl 
al die Christenkerke gretig nader staan en so het die Woord van 
Elohim die mensdom vir meer as tweeduisend jaar vermaan oor 
die groot gruwel wat in die eindtyd daar sou staan. 

So is dit ook nou die tyd van sy duister bestaan en in die visuele 
gruwel wat op vier donker pilare in die vatikaan staan- is daar 
'n godslasterlike naam wat in Latyn vir al die tale van die wêreld 
in Engels geskryf staan. Ja, met ‘n bose wêreld wat in refrein 
uitroep "we are one, ja, ons is een" en hulle voel hulleself daaroor 
so gemeensaam en so begin die donker duister hoer van Babilon 
as die dertiende apostel in die jaar twintig dertien na vore staan. 

Met die wêreld gemeentes wat soos een man as die christendom 
op hul knieë voor die groot gruwel staan en in drie maal drie eks 
kwadraat drie, slaan daar ‘n simbaal met Mammon wat die getal 
van die merk van die dier uiteindelik as sy eie verstaan en terwyl 
die nasies gretig daarvoor naderstaan raak dit te laat om die 
mensdom verder te probeer vermaan. Kyk, in een groot vlag is dit 
al die vlae van die wêreld wat saam daar staan, met die slagspreuk 
van die groot gruwel wat in goue letters geborduur daar onder 
staan en dit lui: "we are one' sodat geheel die wêreld dit moet 
verstaan. 

En driemaal kraai daar weer ‘n haan terwyl ‘n reuse aardbewing 
oor die aarde sal gaan. 


Openbaring 1817. 
2013
Maandag 31 Desember 2012 17:04
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In 'n gesig sien ek swart, rooi
 en grys en ek hoor 'n stem wat sê: 
swart is vir die duisternis, rooi vir bloed en grys is vir die dood.
Dit is wat gaan geld vir 2013. 


Openbaring 1818 
Twintig-dertien in die diereriem.
Dinsdag 1 Januarie 2013 14:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar bokant die kleine aarde in die grote diereriem begin ook 
nou die jaar twintig-dertien en wie gaan die Goeie en wie gaan 
die kwaad in hierdie jaar verdien want wat gaan werklik in hierdie 
oorwegend bose jaar ontkiem. 

Reg rondom die aarde, in die grote diereriem, verskyn nou ook 
die jaar twintig-dertien en die wêreldorde staan hoogaangeskrewe, 
maar Sion laag in globale aansien en al vier die aartsengele tel 
ongeduldig tot by tien en sê: nou het ons alles gesien. 

Daar onder die melkweg lê wyd die grote diereriem en Johannes 
die doper buk gretig by sy Maker se Skoenriem en hy sê: ek is 
hier om my Elohim te dien en die Gees begin om in Elohim se 
gerf edelkoring te ontkiem en die Melgisedek-orde kom in 
beweging om geheel die skepping te bedien. 

Regdeur die hemelruim in die grote diereriem begin vandag die 
jaar twintig-dertien en Goed en kwaad begin onderskeidelik na 
God of na satan op te sien en wie gaan die ewige lewe en wie 
die ewige dood verdien, want dit is die jaar waar sewe weerligte 
die ewigheid gaan deurpriem. 

Daar bo in die hemelsfeer in die grote diereriem verskyn nou ook 
die jaar twintig-dertien en eienaardige tekens word oral skielik 
gesien en baie wil weet, is dit die jaar van die oorlog of groot 
kataklisme en die engel van vuur antwoord: miskien, want die 
mens het Mammon vir te lank te hard gedien en te lank het 
hulle na die hoer van Babilon en haar dogters- die drogkerke 
opgesien. 

Daar bokant die kleine aarde in die ligspikkels van die grote 
heelal in die diereriem staan daar geskrywe dat ‘n paar grotes 
van die aarde die dood beslis verdien en die engel van die wind 
tel van tien tot negentien en hy sê: daar is massas wat hulle einde 
gaan sien. 

Daar bokant die kleine aarde in die grote diereriem begin ook 
nou die jaar twintig-dertien en wie gaan die Goeie en wie gaan 
die kwaad in hierdie jaar verdien, want wat gaan werklik in hierdie 
baie bose jaar ontkiem. 


Openbaring 1819 
Wyl ek na U verlang…
Vrydag 4 Januarie 2013 14:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Met My lewe hier op aarde, terwyl ek so na U verlang, prys ek U 
in my oggend- en aandlied met my nederige sang en ek besing 
U lof met geheel my verstand, want uit U ewige Almag het ook 
ek as oerwese my siel en identiteit ontvang. So bring U ook U 
Liefde na my kleine hart en U Wysheid na my nietige verstand 
en U deurdring my met U Gees en maak my só teen satans 
aanslae bestand en daardeur toon ek aan die wêreld ek is as 
U kind, ewig aan U verwant. 

O, waar ek ook al in die wêreld gaan in watter streek of land 
en al is ek ook hoe arm in harde kontant en al is daar in my 
bankrekening ook geen sent of rand sal ek my kosbaar siel 
vir ewig nooit vir iets verpand want met geheel my wese loof 
ek U ewig altyd so konstant. 

Elke oggend en elke aand voed U, O’ Vader, my vanuit U eie 
hand en U leer my ook so daardeur om aan my naaste te bring 
my eie kant en daardeur verstewig ek met U, O’ Elohim, nog 'n 
hegter band. 

Tydens my lewe hier op aarde terwyl ek so na U, my Hemelse 
Vader verlang prys ek U, my God, in my oggend- en aandlied 
in my geloofs-gesang en ek dank U vir die voorreg van 'n 
gesonde verstand en ook vir die arbeidsvrug van my hand. 
Ek dank U dat U in 'n donker nag verdryf- my vrees en bang 
en dat U my beskerm teen satan- die bose slang. 

Ek dank U my Vader dat U my troos as ek te veel verlang 
en dat U my leer dat ek ook vergewensgesind na my naaste 
moet draai my ander wang en ek dank U O’ Elohim dat U my 
wys om ondanks wêreld-druk steeds my eie gang te gaan en 
in my vrye wil vas te staan maar om ook sterk te staan teen 
elke onwelvoeglike drang al beteken dit dat ek soms eensaam 
daar moet staan so eenkant. Maar bowenal dank ek U, O’ Vader, 
vir U grote Liefde en U Wysheid wat U so mildelik bring na 
Sions kant 


Openbaring 1820 
'n Ewige ode in akkoorde. 
Saterdag 5 Januarie 20138:00 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar staan ‘n hemelkoor na vore en so ruis daar dawerend die lied 
van hulle akkoorde en uit die mond van suiwer engele-tenore kom 
daar 'n ode; open nou die innerlike ore want ons lied vertel 'n 
ewigheids verhaal vir eers net vir ‘n handvol beskore en so dartel 
die note van hulle lied se tone en dit vertel van Elohim eens as ‘n 
mens op ‘n kleine planeet gebore en daardeur tree mensgebore 
sondaars nou as volmaakte kinders van Elohim na vore en hulle 
breek as Melgisedekpriesters vir oneindige menigtes die ewige 
Waarheids Toonbrode en daardeur oorwin die lewe so triomfantlik 
die ewige dode. 

Ja, daar staan nou ook ‘n hemelbode na vore en so ruis daar 
dawerend sy lied in skone akkoorde en die suiwer woorde van 
sy lied oorwin al die wêreld se sintetiese gode en dit vermorsel 
'n eenwêreldorde se duister kode en dit vergruis 'n slaafse 
eenvormige wêreldmode en so val die noukeurig beplande 
satans wêreldkoninkryk van die Jode- wat hulleself nog altyd
beskou het as die wêreld se selfaangestelde gode. 

So staan daar nou 'n enkel Tenoor na vore en dawerend ruis daar 
die Lied van Sy akkoorde en die Woorde van Sy Lied waarsku oor 
illusie-wêreldboorde waar satan Sion desperaat probeer verlei met 
wêreldse rykdomvrugte vanuit sy bose hand aangebode. Maar kyk, 
die Boom van kennis van Goed sonder enige kwaad is die kleine 
Sion nou beskore en daarom tree sy as Elohim se oorwinnaar nou 
na vore en terwyl sy stralend juig, getuig sy: kyk, ek is volmaak in 
YaHWeHshua weergebore en daarom trek ek as Elohim se 
Melgisedekpriester nou na my- geheel die kosmos se grote 
gehore. 


Openbaring 1821 
Tyd in versnelde vaart.
Dinsdag 8 Januarie 2013 14:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Skielik trek die tyd weg met versnelde vaart en ‘n grote engel 
trek aggressief sy swaard en om die een of ander rede raak die 
son onredelik kwaad en die aarde weet daarmee ook meer geen 
raad. So roep daar nou die menigtes; ons ruik ‘n rot- daar is 
onraad, maar die wêreldregerings praat dit alles af, so sag, 
bedaard en hulle vra, waarom raak die mense nou so onnodig 
kwaad, want vir elke gebeurtenis is die moderne mens mos so 
paraat en daarom kan hulle hul mos op al hulle hulpmiddels en 
die tegnologie verlaat en so troos ook die eenwêreldorde en sê 
hulle sal die volke en nasies nooit versaak. Maar in die tussentyd 
is dit oraloor net verraad op verraad en in elke wêreldberaad begin 
die grotes van die wêreld net die heel beste vir hulle self te kaap. 

Vader tyd staan daar so grys in sy reeds al te lange baard met die 
hel wat in al sy glorie nou op die aarde ontaard en so snel die dae 
in weke in nog ‘n jaar en dit met ‘n enorme vaart en die duiwel gooi 
sy laaste kaart en sê: so sit ek die heiligdom nou in skaak en 
vanuit die groot bankiers grom die grote draak terwyl hy deur die 
mond van die valse profeet praat en so begin die beeld van die 
dier uit die mond van ‘n wêreld-president godslasterlike spraak 
te braak- terwyl Oos en Wes mekaar openlik begin te haat en baie 
lande staar na die land Israel met onverbloemde haat en een van 
die dae skiet soveel bomme sekuur en raak. 

So trek die tyd nou weg met 'n enorme vaart en die aarde slinger 
om haar eie baan en die maan sê: ek kan dit alles nou eenmaal net 
nie mooi verstaan want waar die aarde ook al gaan moet ek in my 
wentelbaan sonder enige keuse altyd by haar staan en moet ek 
haar altyd volg in haar baan en dit veroorsaak by baie aardse 
mense ‘n tipe van ‘n waan en binnekort staan soveel mense in 
depressie met hulle oë nat betraan want vanuit die ruimtes kom 
daar iets skrikwekkend aan en terwyl die tyd nou vinnig begin 
wegtaan begin ‘n klein gedeelte van die mensdom nou heeltemal 
te laat tóg iets te verstaan. 

En so snel die dae in weke en maande in nog ‘n jaar en om die 
een of ander rede raak die son nou onredelik kwaad en ‘n engel 
sê: kyk, daar val ‘n skaal wat die aarde oop gaan kraak en dit is 
Elohim se eie Wraak want Sy heiliges staan daar so uitgelewer, 
weerloos en naak en die draak staan voor hulle met sy wyd 
oopgesperde kaak en daarom sal die aarde tot hulle redding 
haarself oop maak om tussen Sion en die draak ‘n enorme rivier 
uit te braak en Sion sal by al die natuurkragte tot haar oorlewing 
baat, terwyl die Gees van Elohim die wêreld tot sy eie oordeel vir 
ewig sal verlaat. 


Openbaring 1822 
n Dooie swartmamba.

Woensdagnag 9 Januarie 2013 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In ‘n droomvisioen sien ek ‘n dooie swartmamba wat in twee 
gekap is voor die universiteit van Noordwes (Mafikeng) lê. 
Ek kyk in sy bek en sien dat dit pikswart daarbinne is en ek 
hoor ‘n stem wat sê: Sy eiers lê versteek by al die universiteite 
in die land en dit gaan alles uitbroei. 


Openbaring 1823 
Geen oplossing of kuur.

Donderdagnag 10 Januarie 2013 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
In nog ‘n droomgesig sien ek ‘n reuse pikswart slang wat vanaf 
die Kaap dwarsdeur die land seil terwyl dit aggressief oral links 
en regs om dit rond pik. Ook sien ek ‘n Joodse dokter wat ‘n groot 
bottel teengif stukkend gooi terwyl hy laggend sê daar is geen 
oplossing of kuur vir die probleme in hierdie land nie. 


Openbaring 1824 
Pikdonker duisternis.

Vrydag 11 Januarie 2013 05:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n gesig hoor ek ‘n stem wat sê: Kyk hoe vuil is die dag en dit 
raak ook alreeds skemeraand en binnekort is dit pikdonker nag 
en so lank het ‘n volk op ‘n ou Siener se gesig gewag maar 
binnekort staan hulle daaroor in diep ontsag. 

Ek hoor weer die stem wat sê: Kyk, daar staan die wêreldorde-
draak en hy vertoon sy groot illusiemag en luister; nêrens is 
daar meer iemand wat onbevange uitbundig lag want geheel 
die wêreld loop gebuk onder sy onmenslike sware vrag. 

Ek hoor weer die stem wat sê: Kyk hoe duister is dit in die middel 
van die dag en terwyl net ‘n handvol uitverkorenes so hoopvol op 
Elohim bly wag, hys daar oor die wêreld die gruwel-eenheidsvlag 
terwyl die liberale wêreldling nie meer hulle eie vryheid ag.  

Ja, in ‘n gesig hoor ek 'n stem wat sê: Kyk hoe pikdonker is dit in 
die middel van die dag- so, hoe verskriklik duister gaan dit nie raak 
in die komende nag en terwyl die patetiese liberalis op ‘n beter 
toekoms wag is dit Raka wat daar oorwinnend lag en hy lê op 
bykans al hulle besittings sonder enige gewetensbeswaar sy 
beslag. 


Openbaring 1825 
Sion suiwer Sion. 
Saterdag 12 Januarie 2013 16:00 
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar staan ‘n suiwer spierwit engelekoor aan Elohim se 
Regterkant en vanuit hulle midde klink daar ‘n skone melodie 
so ongelooflik suiwer in klank. So klink die woorde van hulle 
lied daar waar hulle Elohim loof en bedank. Ja, die engele sing 
van ‘n spierwit aandblom daar apart geheilig eenkant en van ‘n 
sneeuwit roos wat welig deur die ewigheid rank. Hulle sing: O’ 
Sion, jy is so soepel en slank en in jou skoonheid is jy so rein 
en lelieblank en kyk, die Gees van Elohim woon net in jou hart 
en verstand want jy is Sy bruid en Sy huwelikspand pryk aan 
jou regterhand. 

Ja, die engelekoor sing: O’ Sion kyk, teenoor jou Soewereine 
blanke skoonheid vertoon alles krom, kruppel en mank en al 
jou vyande vergaan in die dood se stank, maar vir jou Sion, 
wag daar in die ewige Lig nou die volmaakte beloofde land 
met die nuwe stad Jerusalem daar ewig gevestig in haar 
stand. Want in verbastering het jy jou liggaam en siel nie 
aan die duisternis verpand. 

So staan daar ‘n suiwer spierwit engelekoor aan Elohim se 
Regterkant om Hom met lofgesang oor Sion se suiwer skoonheid 
te bedank- of is daar dalk iemand liberaal wat alweer wil beweer 
dit is ‘n pikswart engele-demoniese koor in ‘n eiesoortige klank- 
want die Waarheid smaak mos altyd vir hierdies so effe frank. 


Openbaring 1826 
Tussen die boom en die bas…
Sondag 13 Januarie 2013 14:30
   
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 

Tussen prominente kleure is daar ‘n baie mooi kontras maar 
tussen die boom en die bas sit daar ‘n baie onsekere ras en 
hulle kla; ons is nóg wit nóg swart maar verseker is ons blas 
want ons voorouers het mekaar mos onverantwoordelik in 
onsedelikheid betas sodat ons nou nêrens volmaak in die 
prentjie in kan pas en op ‘n paar bevoorregtes na is ons ‘n 
oorwegend arm ras en daarom voel ons maklik vir ander 
tot las. 

Tussen sterk prominente kleure is daar ‘n duidelike kontras 
maar tussen swart en wit word ‘n vaalgrys geklas en in die 
krot-woonbuurt spin die rondomtalie skeef op sy as want daar 
is sekere kinders wat wanaangepas ewig nooit iewers gelukkig 
in sal pas terwyl hulle in 'n skemerwêreld soos blindes rondtas 
en daarom dra swart en wit hieroor in Hades ‘n vreeslike las. 

Tussen prominente kleure is daar 'n sterk kontras en terwyl 
die kleur swart as skaduwee in kleurdimensies al hoe dieper 
inpas word die kleur wit deur wit nog witter gewas maar 
wanneer hierdie twee kleure in mekaar inpas verander dit in 
die kleur grys wat moeilik iewers inpas en so sit dit vir ewig 
tussen die boom en die bas in ‘n ewige hartseer dimensie in 
kluistering vas. 


Openbaring 1827 
Vanuit doodsbeendere van toe en nou.

Dinsdag 17 Januarie 2013 09:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n doodsvallei sonder enige lewe so Godverlate leeg 
en braak, ja, vanuit ‘n dal met doodsbeendere deur die 
doodsengel so lank bewaak. Klink daar skielik vanuit die 
stilte ‘n groot geraas soos droë hout wat breek, klap en 
kraak. 

Daaruit herrys ‘n doodsbeendere-soldate bataljon gereed 
vir oorlog in al hulle wraak. Maar gestroop van vlees staan 
die geraamtes daar so grusaam bleek, wit en naak en die 
doodsengel besluit om vir ‘n oomblik vir die verlies van 
lewe op te maak. 

So staan die bataljon geheel in vergane glorie daar nou 
heeltemal ontwaak en hul aanvoerder spreek en sê: Eens 
het ons deur ons ongehoorsaamheid onse Elohim en die 
kinders van Israel heeltemal versaak en daarom versuim 
ons toe in ons Godgestuurde missie om onse Elohim se 
lieflingvolk te bewaak en daarom het die Israelvolk deur 
'n Babiloniese ryk regoor die wêreld so verstrooid geraak. 

Maar kyk, hier aan die eindtyd het Elohim toegelaat dat 
ons geestelik weer in volle mondering kan ontwaak sodat 
die laaste geslag van die uitverkorenes by ons hulp kan baat. 
Daarom sal ons hulle help om met die hulp van Migael deur 
die wese van Daniël neer te werp- die Babiloniese eenwêreldorde 
eindtyddraak wat in hierdie tyd besig is om al sy troepe vir die 
groot oorlog bymekaar te maak. 

So, luister daarom na ons influistering O’ dogter van Jerusalem 
vir God se saak en laat julle harte daarom nou in die Waarheid 
ontwaak, sodat julle wat geestelik dood is, in die ewige lewe op 
kan staan om die wapenuitrusting van Elohim julle eie te maak. 
Maak daarom die Sewe Geeste van Elohim nou julle eindtydtaak 
sodat die Melgisedek-orde se Priesterskap deur julle weergeboorte 
vir ewig getrou oor die Waarheid- tot voordeel van alles en almal 
sal waak. 

Kyk, daar op aarde in ‘n doodsvallei so sonder lewe so Godverlate 
leeg en braak, ja, vanuit ‘n dal met doodsbeendere deur die 
doodsengel vir so lank getrou bewaar- klink daar skielik vanuit 
die stilte ‘n baie groot geraas, ja, soos droë hout wat breek, klap 
en kraak en terwyl ‘n groen loot sy verskyning daaruit maak- begin 
die eindtyddraak onrustig oor sy besitting, die wêreld, waak, want 
hy weet dit is tyd, ja, dit is tyd vir Elohim se baie groot Wraak. 


Openbaring 1828 
‘n Ode vir die Liefde.

Sondag 20 Januarie 2013 14:54 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n ode vir die Liefde roep daar vanaf die oerbegin ‘n Stem 
en Hy sê: My Naam Is Liefde en Ek is hier om jou vir Myself 
te vind- want soos dartelende note wat rondwaai in die bries 
van ‘n koel wind, terwyl dit meng met die borrelende lag van 
‘n Goddelike vrolike kind, so lok en roep die Liefde; kom, O’ 
Sionskind en begin om My, die ewige Liefde, op jou beurt met 
al jou liefde te min want My Ewige Naam is Liefde en die pad 
na jou hart wil Ek nou eenmaal vind, want vanaf die oerbegin 
is jy deur die sterkste Krag, naamlik Liefde in My Arms 
vasgebind sodat Ons Hartklop mekaar in ewige Eenheid kan 
vind, want jy, O’ Sion, is onlosmakend aan My vasgebind. 

Vanuit die ewigheid roep daar ‘n Stem: My Naam is Liefde 
en Ek is hier om jou te vind en wanneer trane van verlange 
jou oë laat blink wil Ek wéét- dit is omdat jy aan My dink. 
Kyk, jou wonde van pyn- dit wil Ek verbind en Ek wil jou 
beskerm, dat die dood en die duisternis jou nie sal verslind, 
want tussen die sterre van My kosmos, daar wil Ek met jou 
rinkink en saam sal Ons die ewige berg van Wysheid uitklim. 
Ja, daar waar die rooi dagbreek die donker nag vir ewig oorwin 
en in daardie wonderskone lig wil Ek vir jou, My Sionsbruid, 
koester en min sodat jy kan wéét; jy is vir altyd net die Liefde s’n. 

So roep daar vanaf die oerbegin ‘n Stem: My Naam is Liefde, ja, 
Liefde wat net aan jou, My liefling, wil dink en wat soos 'n helder 
stroom die dorstige- net nader wil wink om vanuit My, die Ewige 
Koel Bron, te kom drink sodat die Skone Lied van die Wysheid vir 
ewig op kan klink en daarom wil Ek as die Ewige Liefde jou liefde 
vir Myself en daardeur vir die ewigheid win.


Openbaring 1829 
Is my naam nog Boer?
Maandag 22 Januarie 2013 12:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Ek hoor 'n stem wat skaam daar fluister: kyk, my naam is Boer 
en ek staan gestroop van trots en roer, want te lank het ek gesloer 
om my liefde vir God, volk en vaderland uit te voer. Maar my ore, 
die kon ek uitleen aan die groot hoer en kyk, my kerk het my ‘n 
leuen gevoer en so is my siel van die Waarheid na die hel ontvoer. 

Ek hoor ‘n stem wat verlate fluister: kyk, my naam is Boer en 
eens staan my voorsate so trots en stoer en die grense van hul 
Godgegewe land staan vas in elke kontoer en die Gees van God 
het saggies soos ‘n Tortelduif in hulle midde gekoer en die aparte 
engele was oor hierdie Boervolk so diep ontroer. 

Ek hoor ‘n stem wat so oorwonne fluister: kyk, my naam was 
eens Boer, maar na die wêreld se aanbiedinge het ek alte graag 
geloer en die Waarskuwingstem van die Heilige Gees het ek met 
geweld toegesnoer en na die mallemeule van ‘n wêreldhel, daarheen 
het ek my vrolik laat wegvoer en daarom sal my vyand wat ek op my 
heel beste sou vet voer, nou op my erfland as die nuwe eienaar 
daarop boer. 

Ja, ek hoor ‘n stem wat saggies fluister: kyk, my naam was eens 
Boer, maar ek staan nou gestroop van my trots en roer, want te 
lank het ek gesloer om my liefde en lojaliteit jeens my God, volk 
en vaderland uit te voer. 


Openbaring 1830
Opstand in sluimerland.
Maandag 22 Januarie 2013 15:11
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Luister, daar roep ‘n engel: Liewe land! Kyk nou net na 
die groot opstand daar vêr in die mooie Suideland, ja, 
die gesteelde vaderland waar soveel liberale sonder 
enige verstand rustig slaap in hulle sluimerland. Terwyl 
daar oraloor plase, dorpe, munisipaliteite en winkels 
brand en niemand is werklik teen hierdie aanslag 
bestand, want hulle het deur hulle eie toedoen in die 
gemors beland. 

Ja, die engel roep: daar is wel ‘n paar wat hulle siel nie 
in ‘n ja stem sou verpand en aan hulle word gesê: staan 
nou rustig daar eenkant en moenie deur verkeerde besluite 
in die moeilikheid beland, want kyk, Elohim Self seën julle 
nou met gesonde verstand en Hyself lei julle na veiligheid 
met Sy eie hand. 


Openbaring 1831 
Uit die mond van ‘n ou profeet.
Donderdag 24 Januarie 2013 13:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Vanuit die mond van ‘n ou profeet raak die waarheid skielik los 
en hy wil weet; word die grootste gedeelte van die ware Israel 
ooit van hulle las verlos? Ja, daar waar hulle onder die juk van 
die wêreldorde voortbeur net soos ‘n gedienstige os en hy sê: 
Kyk, hulle eie foute gaan op die einde van die dag nog hulle lewe 
kos en hy staan verstom oor 'n eens uitverkore volk met 'n gebrek 
aan goeie wil en goddelike inbors daar waar hulle aan die einde 
van die tydvak staan- so dikbek en nors en dit terwyl hulle steeds 
nie na die Goeie en die Waarheid wil dors. En so staan hierdie 
volkie nou kniediep in die gemors en hulle kan steeds nie die 
boom onderskei vanweë die bos en satan, hulle eie aangestelde 
vors, lei hulle oor die ewige afgrond steeds so maklik om die bos. 

So staan daar ‘n wingerd wat wil vergaan onder die wêreldstof 
en die oorryp druiwe word binnekort ge-oes want kyk hoe swaar 
hang dit in die tros en op daardie dag sal mensebloed rooi skuim 
op die mos want die Adamiet het verleer om voor Elohim te staan 
met ‘n rooi skaamteblos en dit terwyl hulle so liberaal weier om 
die verbasteringleer uit te los. 

‘n Gerub raak met ‘n gloeiende kool aan ‘n profeet se mond 
en die waarheid kom skielik vanuit sy wese los en deur ‘n 
groen koringland hardloop daar 'n vaalgrys vos en ‘n geestelike 
droogte breek aan die Suide van Afrika los, want in die hand van 
die ou profeet is daar 'n brief en dit is verdoemende pos en daarin 
staan geskryf; maak die oë van hulle wat nie wil sien nie nou vir 
ewig blind en dof, want kyk, 'n groot gedeelte van Jakob het hulle 
self die ore toegestop. 

Luister daarom, die wat nog ore het, na die Vaalperd wat woes 
agteropskop en kyk na sy dooie oë in die wrede kop en terwyl dit 
nader met ‘n dreunende galop kry die doodsengel hom gereed om 
by baie wonings aan te klop. Want die witman staan in die Suide 
van Afrika soos ‘n willose lappop terwyl sy oorheerser hom 
spottend terg en sê: jy moet vir my pasop, want kyk, jou tyd 
hardloop uit en dit is bykans op en daarom word al die hoë bome 
in Suid-Afrika afgekap en dit nie by die terpentyn- maar by die ou 
Bloekombos en behalwe vir die verseëldes word niemand uitgelos. 

Ja, vanuit die mond van ‘n ou profeet raak die vreeslike waarheid 
skielik los en hy sê: Kyk, ‘n reeds dooie volk word net deur die 
dood verlos en so word ‘n vreeslike prys vir foute betaal wat die 
liberale gedeelte van ‘n volk sy alles gaan kos. 


Openbaring 1832 
As U sou sê… 
Vrydag 25 Januarie 2013 13:30 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
As U sou sê dat ek moet gaan, al is dit ook so vêr soos tot daar 
by die maan, dan sal ek gaan al wis ek soms dat ek U nie so mooi 
kan verstaan. 

Al sê U soms- neem op jóú, vir jou naaste, nou die blaam, ja, vir 'n 
fout deur hom begaan, dan neem ek sonder meer die blaam al wis 
ek soms dat ek U nie altyd so mooi verstaan. 

Al sê U soms dat ek sonder rede eenkant toe moet staan sodat my 
naaste in voordeel voor my kan staan, dan staan ek eenkant toe al 
stort ek daaroor `n verborge traan en dit alleen omdat ek U aldag 
nie so mooi verstaan. 

As ek val en ek voel daaroor so verniel en platgeslaan en U sê 
streng- dit is nou tyd om weer op te staan, dan staan ek op om 
blymoedig op `n nuwe weg voort te gaan. 

As U sou sê dit raak nou tyd vir die Waarheid om op te staan, al 
weet ek dat my vyand my daaroor pap gaan slaan, dan sal ek vir 
die Waarheid staan, want ek weet daar kom `n tyd wat ek U Wel 
baie mooi sal verstaan. 

As U sou sê dit raak nou tyd, verheerlik nou My grote Naam, dan 
hef ek my nederige loflied in vreugde vir U aan, want U is my El 
wat my in my swakheid nooit versaak of eensaam daar eenkant 
laat bly staan. 

As U nou sê dit raak tyd om my te onttrek van die wêreld-waan 
en in afsondering nou eenkant toe te staan, dan weet ek; dit 
raak nou tyd om in volle geloof in U oor te gaan. 

As U sou sê dit raak nou tyd vir die liefde om in oorwinning in my 
op te staan, dan weet ek; dit raak tyd om die selfsug in my teen te 
staan sodat my naaste se behoefte eerste voor my kan staan. 

As U nou sê: Dit raak tyd vir jou siel om in Wysheid oor te gaan 
dan weet ek, dit raak tyd vir my wêreldse verstand om te vergaan 
sodat U Grote Wysheid alleen in my gees oor kan gaan. 

Al is U ewigheid ook so vêr weg hiervandaan in soveel dimensies 
wat selfs die grootste geeste nie aldag mooi verstaan en U sê ek 
moet daarheen gaan dan sal ek gaan, want skielik wis ek hoe kort 
is die pad van hier tot by die maan. 


Openbaring 1833 
Wanneer die arend vlieg. 
Saterdag 26 Januarie 2013 13:55
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Wanneer die arend vlieg en die aarde in oordeel skommel 
en wieg is dit tyd vir die Waarheid om in slotsom te bieg 
dat die Woord van God oor niks sou lieg. 

Wanneer die arend in vryval vlieg en die lewe behandel die 
mensdom skielik sonder rede stief sodat die dieper denker 
se denke onwillekeurig begin verdiep, dan weet die mensdom 
al wat saak maak- was net die woordjie lief. 

Wanneer die arend vlieg en die valk na benede duik, as die 
kuikendief en ‘n mensdom staan daar, afgeleef dodelik siek 
en hulle voel hulle op aarde so onwelkom en ongelief, dan 
bekommer hulle hul nie meer oor rykdom en onnodige 
weelderige gerief. 

Op die dag wanneer die arend vlieg en in sy klou hou hy 
daar 'n Goddelike brief, terwyl daar sewe bliksemstrale deur 
die ruimte klief en die vervalste woord vergruis lê onder die 
Waarheid-fonds van ‘n baie ou apokrief met ‘n baie ou klip 
waarop daarop geskryf staan in hiëroglief; Elohim het Sion 
met Sy Alles lief. 

Wanneer die adelaar in sy vlug sweef terwyl hy so rustig 
deur die ewigheid vlieg, verskyn daar so onverwags in 'n 
pikdonker nag ‘n Dief en die eindtyd behandel die mensdom 
skielik onverwags so uitermatig stief. 


Openbaring 1834 
Op ‘n seëlring uitgegrafeer.
Maandag 28 Januarie 2013 13:40
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n seël op ‘n Goddelike seëlring staan ewig uitgegrafeer- 
‘n Naam, ja, ‘n Heilige Naam, wat met geheel die skepping en 
die ewigheid korrespondeer. Só, laat elke geestelike student, 
geskool in die Wysheid, die volgende góéd bestudeer, sodat 
hulle dit weer op hulle beurt aan die oningeligte kan leer, want 
dit is ‘n Waarheid vanaf Henog tot en met Elia en daarna weer 
deur al die profete, ook vanaf Daniël, tot en met Openbaring 
geprofeteer oor ‘n komende tyd waar ‘n kleine reine maagd 
sal ovuleer- en haar naam is Sion, so is dit van alle tye af deur 
die Hoogste Outoriteit geproklameer. 

Ja, sodat daar deur die weergeboorte van mense, Elohim 
vir ewig oor satan sal triomfeer en daardeur sal ‘n nuwe 
vredetydperk ditself op die kleine planeet- Aarde, kom 
mobiliseer. 

In ‘n ewig heilige seëlring word daar nou 'n ewiggewende Lig 
as ‘n skitterende edelgesteente gepoleer en name, van voor die 
grondlegging van die aarde, is daarop uitgegrafeer en daardeur 
word aardsgebore mense nou sorgvuldig as nuwe aartsengele 
vir die kosmos genomineer om in oneindige hemelsfere as 
Elohims-kinders te opereer en terwyl soveel demone daaroor 
nou luid protesteer, sug satan terwyl hy neergewerp daaroor 
murmureer en hy sê: In die vergadering van Elohim kom ek 
ewig nimmermeer, want kyk, binnekort lê my duister ryk daar 
in Hades, ja, die doderyk, vir ewig so verrinneweer, want daar 
is ‘n heilige maagd wat besig is om geestelik te ovuleer en kyk, 
Israel se Verlosser daal binnekort neer en Hy kom na hierdie 
aarde, ja, deur die kleine maar reine Sion tot redding van 
sondaars weer. 


Openbaring 1835 
Die vyeboom se laaste bot. 
Sondag 3 Februarie 2013 11:45
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Onder ‘n baie hoë maar ‘n vals plafon, staan daar ‘n piramide en 
daaragter skyn ‘n illusieson en daarnaas staan ‘n kerk en daaruit 
ontspring ‘n afskuwelike bron. Voor die deur staan daar ‘n hoer 
wat almal lokkend naderwink- en sy is ‘n Katolieke non en óm 
daardie plek lê ‘n draak, gekrul in ‘n sirkel soos ‘n slang van sy 
kop tot stert- reg rondom en hy hou àl die gemeentes blind en 
dom terwyl hulle in eerbied luister na ‘n pous, so afgeleef, oud 
en krom en daarom kom daar binnekort menigtes oor die ewige 
afrond om. Want kyk, ‘n oordeelskaal weeg nou baie meer as 
tienduisend ton en wêreldwyd wankel geloofstrukture, want 
dit is gebou van goedkoop plastiek en karton. 

So daal daar nou vanuit die hel na die aarde vreesaanjaende 
demone neer as ‘n magtige bataljon en vanuit ‘n ou obskure 
koningshuis regeer die gruwel-Edom en al sy bevele word 
beaam deur die Jodedom terwyl die merk van die dier al hoe 
nader aan die mensdom kom. So, kyk nou na die vyeboom 
wat vir oulaas bot en weet die somer het ook klaar geblom, 
want die wêreldling luister lankal nie meer na God se 
waarskuwingsroep en niemand van hulle draai meer na 
die Waarheid om.  

Maar kyk, daar staan nou ook ‘n baie groot engel en hy roep: 
Heilig-heilig, kyk, Hy kom, ja, ons Meester kom en so staan 
die Adamiet, dier en plant, sowel geheel die aarde hieroor 
stil-verstom, met Sion wat in verrukking roep: dit is onse 
eie Meester wat daar kom. Deur Sy groot Genade en Sy 
Liefde erken ons HOM, want kyk, dit is tot die verseëldes 
se redding wat Hy daar kom. So, laat die eindtyd nou maar 
vinnig nader, tot sy einde kom, want op die wolke van Sy 
Gees is ons Grote Redder uiteindelik aan die kom. 


Openbaring 1836

Sion- suiwer hemelras. 
Donderdag 7 Februarie 2013 07:45 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
So word die koring nou noukeurig van die kaf geklas en ‘n 
swaar juk word verwyder van Jerusalem as ‘n las en terwyl 
die kosmos ewigdurend spiraal om sy eie as, staan die kind 
van Elohim binnekort vir ewig in Hom stewig vas, want deur 
die bloed van die Lam is hulle rein gewas om vir ewig in Sy 
grote skepping in te kan pas. 

Vanuit ‘n sondaars lewe van dronkenskap, hoerery en bras 
het U, O’ Elohim, Jerusalem gelei na koel waterstrome en 
smarag-groene gras en kyk, U ly haar daarheen as U 
uitgesoekte hemel-eregas, want deur U eie bloed is sy vir 
ewig van alle smet skoon gewas, sodat die uitverkorene 
vir ewig diensbaar in die liefde van U grote skepping in kan 
pas en U lei U kudde na groen weivelde waar U hulle as die 
Goeie Herder ewig op kan pas, sodat hulle nooit weer in ‘n 
duisternag rond sal tas, want tot in alle ewigheid staan Sion 
as U suiwer hemelras en teenoor satan se duister donkernag 
staan sy soos ‘n helder sonskyndag in baie groot kontras. 

So, laat die heiliges in hulle gees nou ernstig vas, want die 
koring word nou noukeurig van die kaf geklas en terwyl die 
kosmos ewig spiraal om sy eie as, staan die weergeborene 
vir ewig in die liefde van Elohim, stewig vas. 


Openbaring 1837 
‘n Geestes ervaring. 
Donderdag 7 Februarie 2013 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 

In ‘n geestes ervaring hoor ek ‘n harde knal soos iets 
wat deur die klankgrens breek en ek sien iets in die 
lug soos ‘n helder brandende fakkel wat na benede 
val en dit raak moeilik om asem te haal so asof iets 
die suurstof uitbrand.


Openbaring 1838 

‘n Sprinkaan en 'n brommer. 
Donderdag 7 Februarie 2013 14:00

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n onverwagse gesig kom daar skielik, soos in ‘n 
sonsverduistering, 'n donkerte oor my en ek kyk op 
en sien bokant my die onderkant van 'n reusagtige 
sprinkaan wat met enorme stekelrige pote weerskante 
van my staan, waarna hy met ‘n oorverdowende geruis 
van vlerke opstyg om net ‘n ent daarvandaan op ‘n groen 
landery te gaan sit wat hy in ‘n baie kort tydjie verorber. 

Net hierna sien ek ‘n enorme swart brommer wat reg in 
die middel van ‘n vierkantige tafel gaan sit waarby vier 
wêreldheersers aan elke kant sit. Hierna spuit die brommer 
‘n aaklige vloeistof uit sy bek wat op ‘n hoop dokumente te 
lande kom wat dit onmiddellik in ‘n hoop slym laat verander. 


Openbaring 1839 
Ordes erg versteur. 

Donderdag 7 Februarie 2013 22:40 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n gesig sien ek iets op die grond rondspartel en ek 
vind dat dit ‘n voël is waarvan die vlerke teenaan sy lyf 
afgeknip is. 

Weer sien ek 'n beweging op die grond en ek sien ‘n vis 
wat rondspartel en ek wonder waar dit vandaan kom want 
nêrens in die omgewing is daar enige water nie. 

Weer sien ek in die vêrte iets wat desperaat rondspartel 
en by nadere ondersoek vind ek dat dit verskillende
soorte vee is waarvan die hakskeensenings afgekap is. 

Daarna sien ek mense wat hulpeloos op hulle hande en 
voete rondkruip en terwyl ek wonder oor al die fasette 
van hierdie gesig, kry ek as antwoord: Daar kom 'n tyd 
waarin iets buitensporig gaan gebeur wat alle bestaande 
ordes erg gaan versteur. 


Openbaring 1840 
Vertrou op Hom
Vrydag 8 Februarie 2013 06:50
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Kyk- satan lag so stuitig in sy mou, want die wêreldling sit stewig 
vasgevang in sy donker-duister kou, terwyl die mensdom koop 
en verkoop en aanhou om net al hoe groter stede te bou, wyl 
hulle soos zombies slaafs al agter Mammon aantou. So sweer 
hulle aan hel en Hades hulle ewige trou en dit terwyl hulle goed 
weet dat hulle daaroor tot in ewigheid gaan rou. 

So kom daar ‘n dag wat die verseëldes se oë die vreeslikste 
oordeel gaan aanskou en al wat hulle in hierdie vreeslike tyd 
aan die lewe sal hou is om in onwrikbare geloof stewig aan 
Elohim se Hand vas te hou en om Hom in hierdie donker tyd 
in alles te vertrou. 

Openbaring 1841
Vanuit my Skepper se Hand.

Vrydag 8 Februarie 2013 14:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Wanneer ek op ‘n warm someraand verlangend langs die see op 
ruwe rotse staan en die wind in sagte rimpeling oor kalm waters 
gaan, sodat vrolike golfies wit-skuimend daaruit ontstaan terwyl 
die volmaan vir hom ‘n goue weg oor die see uitbaan, dan weet 
ek dat my Skepper vir ewig wel bestaan. 

Wanneer die mens met sy oë, so nat betraan daar langs 'n geliefde 
se oop graf bly staan en hy die smart van verlies nie mooi kan 
verstaan en hy hoor skielik sy geliefde roep hom duidelik in sy 
hart, vertroostend by die naam, dan weet hy dat sy Goeie Skepper 
verseker wel bestaan. 

Wanneer die gedagte in die ouderdom ditself so dikwels heeltemal 
ontgaan en die kragte van die liggaam by die dag agteruitgaan met 
menig bejaarde wat die afwesigheid van geliefde kinders nie kan 
verstaan, kom daar dikwels ‘n vreemdeling wat die arms so 
deernisvol om hulle slaan en so weet die oumens dat sy Geliefde 
Skepper wel bestaan. 

Wanneer die Boer voor sy groen koringlande staan terwyl 
bliksemstraal in donderweer oorgaan en hy weet die hael gaan dit 
alles dalk stukkend slaan en hy roep daarom God desperaat op Sy 
Naam terwyl die storm skielik swaai om verby sy landerye te gaan 
met sy graan wat ongedeerd bly staan, dan weet die Boer dat sy 
Skepper wel bestaan. 

Wanneer in barensnood oorweldigende pyne kom en gaan terwyl 
‘n ongehude moeder so verwerp en eensaam sonder ‘n eggenoot 
se bystand alleen moet kraam, met haar pasgebore kind se eerste 
lewenskreet wat kragtig uit hom gaan en terwyl sy haar arms in 
beskermende moederliefde om hom slaan, weet sy dat haar 
Skepper verseker wel bestaan. 

Daar waar die blou-blou berge teen die verre horisonne staan, 
terwyl die laaste sonlig in soveel skakerings oor dit wegtaan. 
Met die eerste ster wat knipogend teen die hemelruim staan 
terwyl die sterfling Elohim bedank vir nog ‘n dag se kom en 
gaan en so weet die mens verseker dat sy Goeie Skepper wel 
bestaan. 

Ja, wanneer ek in ‘n koel somernag so verlangend na U, op 
ruwe rotse staan en U saggies in die aandwind oor kalm waters 
gaan, sodat vrolike blinkende fosfor-golfies daaruit ontstaan 
terwyl die volmaan vir hom ‘n goue weg oor die oseaan baan, 
dan weet ek dat my Skepper-Elohim, vir ewig wel bestaan. 


Openbaring 1842 
Nimrod in reïnkarnasie.
Dinsdag 12 Februarie 2013 15:15
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
 
Luister, luister- oor geheel die wêreld heers daar nou ‘n vreemde 
gees en ‘n hemelboodskapper roep homself nou behoorlik hees, 
terwyl hy al die verseëldes nader roep vir ‘n grote hemelfees. 
Van Noord na Suid, van Oos na Wes staan daar honderd-vier- 
en-veertig-duisend nou eerbiedig, stil, bedees, terwyl hulle nou 
in die tekens van die tye ‘n oeroue Waarheid raak begin te lees 
en iemand sê: Dit wat was sal weer wees en net soos in die dae 
van Noag kon die mensdom hulle mos nie voor die aangesig van 
Elohim beheers. 

Kyk daarom na die hemelruim, daar tussen die kreef en die 
bees en soek ook na die Phoenix wat tussen niks en nêrens 
onder die rivier van die doderyk rondsweef, want in hierdie 
feesjaar van die kronkelende slang van die Sjinees, is Nimrod 
besig om in reïnkarnasie in ‘n blas persoon, ja, ‘n wêreldleier, 
te herleef. 

So kom ‘n eenwêreldorde nou op volle dreef en bykans al wat 
leef begin om in bedekte vrees te beef, want ‘n baie ou Babel is 
besig om in wêreld-eenheid te herleef, terwyl Engels as die 
eenwêreldtaal om die ruimtes van die aarde sweef. 

Maar wanneer die Leviatan as die kronkelende slang, ja, as die 
grote draak oor die wêreld sal heers- op dáárdie dag sal Elohim 
in volle beskerming oor Sion wees en daarom roep ‘n hemelse 
boodskapper hom nou na al die verseëldes hees en hy nooi 
hulle nader vir Elohim se grote, ewige, blye hemelfees. 


Openbaring 1843 
Laat die Woord in Daad regeer.
Donderdag 14 Februarie 2013 07:10

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Diegene wat in hierdie tyd op enige wyse teen My 
hedendaagse profetiese Woord diskrimineer en wat 
op 'n slinkse wyse probeer insinueer- en daardeur 
beweer My ewige, nimmereindigende- voortdurende 
Woord is slegs in een saamgestelde bundel naamlik 
net die bybel vasgekeer. Hierdies wat poog om die 
bevryde denke van My kinders te beheer is sinoniem 
met vanouds se skrifgeleerdes en skynheilige fariseërs

Weet daarom, dat hulle wat in hierdie tyd probeer om die 
hedendaagse Waarskuwingswoord van Elohim te elimineer, 
ja, met woorde wat  lui; die hedendaagse openbaringe is alles 
net op ‘n vreeslike eindtyd-oordeel geprojekteer terwyl hulle 
terselfdertyd beweer dat slegs die bybel die mens alleen iets 
kan leer. So, miskien moet hierdies hulle maar self eers weer 
ten volle na die ou geskrifte toe keer, sodat dié hulle opnuut 
kan leer oor heilige Woorde eens so lank gelede geprofeteer, 
sodat dit tot verfrissing van hulle geheue weer vir hulle die 
volgende woorde kan kwoteer: "Daniël, gaan jy eers heen, 
want jy sal weer opstaan tot jou bestemming aan die einde 
van die dae om vir 'n vêraf geslag te profeteer” en ook in die 
openbaringe van Johannes is aan hóm gesê: neem hierdie 
boekie en eet en op jou tong sal dit soos heuning wees, 
maar in sy maag was dit tot bitter gal verseël en so is daar 
ook aan hom gesê dat hy weer sal profeteer. 

So, wee daarom elke selfaangestelde leraar of profeet wat in 
hierdie kritieke tyd tot eie voordeel ore wil streel en dit terwyl 
hulle beweer die eindtyd-oordeel is te erg om te verteer. Die 
hedendaagse waarskuwings oor die komende oordeel is juis 
sodat die laaste opregtes hulleself terug na Elohim, hulle 
hemelse Vader, kan keer. 

So, laat al die wat nou in My eindtydwingerd opereer, mekaar 
in hulle onderskeie take eer, want een het geplant en een het 
natgemaak maar net YaHWeHshua kan die plant in sy groei 
na die sonlig laat keer. Moet daarom nie jaloers in hierdie tyd 
mekaar se arbeid in die wingerd begeer, maar laat die aparte 
heilige eindtydliggaam in elkeen van sy onderskeie lede nou 
tot ondersteuning van mekaar opereer. Die hand mag nie as 
die voet opereer en weet, die oog mag ook nie oor die mond 
regeer, want so sal hulle net die werk van Gees en Woord in 
chaos omkeer. 

So, staan mekaar eerder in hierdie tyd in geen opsig teen 
maar laat alleen net die Woord in Daad in Elkeen van Sy 
Vorms nou regeer. 


Openbaring 1844 
'n Reeks aardbewings.

Vrydag 15 Februarie 2013 Oggend ure
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Ek voel die aarde rammel en skud en ek hoor 'n stem wat sê: 
die planeet aarde gaan binnekort onder 'n reeks erge aardbewings 
gebuk. 


Openbaring 1845 
In ‘n lied

Vrydag 15 Februarie 2013 11:50
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n lied wat beide die materiële sowel as die geestelike skeppings 
deurdring met heilige engele wat die teenwoordigheid van die 
Aleph en die Taw besing, ja, met sewe geeste wat om Elohim 
saamtrek in 'n al hoe nouerwordende kring, wyl aartsengele vir 
nuwe aartsengele plek maak in ‘n al hoe wyerwordende kring, 
met die ewige Lig wat as ewige Son nou alle duisternis verdring. 

In ‘n lied wat geheel die skepping nou deurdring nooi die engele 
die mens om ook saam te kom sing, om so hulle liefde in hulde 
na Elohim te bring en Sy lof as ewige Melgisedek-Koning en 
Priester te besing. 


Openbaring 1846 
Tekens…

Vrydag 15 Februarie 2013 12:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In donker Afrika staan ‘n vuil steekhaar basterbrak wat waansinnig 
vir die donkermaan blaf en kyk, vanuit die Noorde na die Suide 
kom 'n boodskapper haastig aangedraf en in die tekens van die 
tye staan daar ‘n wit riet, ‘n swart sekel, ‘n silwer skaal en ‘n 
bloedrooi staf. En kyk, die wit riet lê geknak en die swart sekel 
maai alles af sodat die silwer skaal val, ja, van bo na onder af 
en ‘n groot engel maak sy verskyning met die bloedrooi staf 
en geheel die oes lê nou afgekap met net ‘n handvol suiwer 
koring, geskei van die kaf. So wag daar op geheel die wêreld 
net oordeel en straf want die sout van die aarde is smaakloos 
en laf. 

In donker Afrika staan Raka, spoggerig uitgedos in ‘n snyerspak 
en om sy nek hang ‘n rooi Vrymesselaarsdas en die hemel skud 
die kop en lag oor hierdie grap en ‘n afskuwelike kokkerot word 
minagtend doodgetrap terwyl ‘n sprinkaanplaag in selfvernietiging 
vraatsugtig na alles wat groen is hap. So word in hierdie tyd die 
bloed van die laaste martelare wreed getap, terwyl die verseëldes 
na die veiligheid van Sionsberg ontsnap. 

Oor die aarde verskyn daar 'n bloedrooi maan en dit word bedek 
met ‘n harige sak en die vaalperd verskyn en sy ruiter, die dood, 
vertoon kil en strak terwyl die mensdom na hulle asem snak, want 
‘n dodelike kiem ken sy vak en menigtes steek nou die lepel in die 
dak terwyl globale oorlog oral uitsak. 

Ook vanuit die Ooste na die Weste kom ‘n boodskapper haastig 
aangedraf en in die tekens van die tye verskyn daar ‘n geknakte 
wit riet, ‘n swart sekel, ‘n silwer skaal en ‘n bloedrooi staf en die 
res van die wêreld luister na die hoewegedonder van die vaalperd 
wat onheilspellend nader draf. 


Openbaring 1847 
Die wêreld bo God.
Sondag 17 Februarie 2013 07:35
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Die wêreld- die wêreld, dít wil mens mos in alles behaag 
om die sonde, ja, die lekker sonde in alles na te kan jaag. 
Met adrenalienvlakke omhoog word die grootse uitdagings 
ook dikwels nagejaag en die kosbare lewe word minagtend 
in die waagmoed gewaag en so word die morele standaarde 
in alles verlaag terwyl die Roepstem van God in alles vervaag. 

Die wêreld- die wêreld, dit wil mens mos in alles behaag 
om die sonde, ja, die lekker sonde in alles na te jaag en 
die navolgers van die Waarheid word mos beskou as 
vertraag, maar om die leuen tot aanvaarbaar te verdraai, 
dáárin wil die mens mos met 'n cum laude in slaag om 
só die valse engel van lig en nie vir Elohim te behaag. 

Die wêreld- die wêreld, dit wil die mens mos in alles behaag 
om die sonde, ja, die lekker sonde na te kan jaag. Maar oor 
opregte vermanings, daaroor kla hulle so graag en oor 
naasteliefde in naastediens, daaroor reageer hulle dikwels 
so traag, terwyl hulle verkies om eerder die fantasie in illusie 
na te jaag, ‘wyl die geloof in die ewige lewe net al hoe meer 
vervaag. 

Die wêreld- die wêreld, dit wil die mens mos in alles behaag 
om die sonde, ja, die lekker sonde in alles na te jaag. Die mees 
belaglike modes word dikwels nagejaag en die eendag staan 
so windgat omhoog daar- die kraag, met die rok soom se lengte 
wat wissel van die een na die ander dag, van hoog tot laag. Ook 
word die liggaam deur tatoeëerkuns geskend van die kop tot 
by die maag en die mens lyk vir die hemel soos ‘n afskuwelike 
plaag. 

Die wêreld- die wêreld, dit wil die mens mos is alles behaag 
om die sonde, ja, die lekker sonde in alles na te jaag en met 
die adrenalienvlakke omhoog, word die grootse uitdagings 
so dikwels nagejaag en die goeie ou Waarheid word beskou 
as vertraag. Maar om die leuen tot aanvaarbaar te verdraai, 
daarin wil die mens mos met ‘n summa cum laude in slaag, 
want die wêreld, ja, die sonde word mos in alles nagejaag. 


Openbaring 1848 
Die brein van die edel dolfyn.
Maandag 18 Februarie 2013 23:55
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Koop en verkoop maar, O’ mens en dit terwyl die son in sy woede 
oor jou skyn, want kyk, jou toekoms is besig om te verdwyn. So, 
vier maar jou kortstondige wêreldfees en drink maar jou wyn. 

In die natuur se eiesoortige radar en klankgolf se refrein, wat 
in die dieptes van die see verdwyn, waar dit deur die delikate 
netwerk weerklink in die brein van die edel dolfyn en waar die 
spesie weet van komende kataklismes in skrikwekkende venyn. 
Ja, hulle weet van vulkane wat met aardbewings sal rym en van 
giftige water in groen slym en hulle weet van meteoriete- groot, 
klein en gruisfyn en hulle weet van brande wat rooi teen die 
horisonne sal skyn en ook weet hulle dat die mens se lag 
binnekort gaan verander in pyn. 

So, koop en verkoop maar, O’ mens, terwyl die son in woede 
oor julle sal skyn, want kyk, die wêreldmens se toekoms is 
besig om vinnig in die niet te verdwyn. So, vier maar julle 
kortstondige wêreldfees en drink maar julle wyn, want tot 
op die einde bly die hoogmoedige wêreldmens net 'n 
nuttelose swyn. 


Openbaring 1849 
Vallende skale. 
Dinsdag 19 Februarie 2013 09:10
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Dit donder, dit blits en dit reën en in die vloed skuil daar vloek 
en geen seën en soveel vlugtelinge vra: Vir veiligheid, waar 
nóú heen. 

Dit rammel, dit dreun en dit steun en luister net na die mens 
se geween, na die tandegekners en die kreun. 

Ja, dit huil, dit klaag en dit ween en vallende skale staan die 
mens in alles teen en daar is geen heuning in die korf of 
voedsame melk in die speen en oraloor is dit net vloek en 
geen seën en in voedseltekorte raak die mens maer tot op 
die been en niemand wil vir iemand net ‘n skrale handvol 
meel leen. 

Dit kreun, dit ween en dit teem en ongekende vrees beweeg 
deur iedereen en die gemeentes vra aan hulle kerke; waar 
nóú vir veiligheid heen, want die predikante se gepredikte 
god staan die mens in alles teen en spoedig is dit met almal 
vir ewig daarmee heen. 

Die aarde rammel, dit dreun en dit kreun en in aardbewings 
lyk alles vernietig en obseen en niemand weet, deur die Gees 
van Verskrikking, waar meer heen. 

Ja, dit huil, dit klaag en dit ween en vallende skale staan die 
mensdom in alles, maar alles, nou so verskriklik teen. 


Openbaring 1850 
'n Rooidag breek oor Afrika.
 
Dinsdag 19 Februarie 2013 15:43 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Dit is Sondag en die rooidag breek en ‘n rooi haan roep; 
koekeroekoekoe met ‘n rooi Afrikanerbees wat antwoord 
met ‘n gedempte vroeë-môre- “moe” en dit terwyl nog ‘n 
rooi Sjinees vir hom ‘n baken in Afrika-grond afsteek. Ja, 
terwyl daar nog ‘n Sondag aanbreek berei soveel predikante 
voor aan nog ‘n liberale gruwelpreek waarin hulle hul nuwe 
wêreldorde-meesters in alles eer en so het die heiligdom 
verleer om opreg met hulle God te kan kommunikeer en ‘n 
volk lê geval, beseer en gekastreer terwyl alles wat onrein 
is, hulle land koloniseer en Raka, hulle oorheerser, bly vir 
ewig ‘n stomme idioot en ‘n leek. 

Dit is Maandag en die rooidag breek en ‘n rooi haan roep; 
koekeroekoekoe en ‘n rooi Afrikanerbees antwoord met 
‘n gedempte vroeë-môre “moe” terwyl nog 'n rooi Sjinees 
‘n besigheid in Suid- Afrika infiltreer met ‘n witman wat 
tevergeefs om ‘n werksgeleentheid smeek en dit terwyl die 
buitelander met hom daaroor die draak steek, want satan wil 
hom ook deur hierdie Oosterse ras, op die heiligdom wreek. 

Dit is Dinsdagoggend en nog 'n rooidag breek en ‘n rooi haan 
kraai koekeroekoekoe en ‘n rooi Afrikanerbees antwoord met 
‘n gedempte vroeë-môre “moe” terwyl nog 'n rooi Sjinees vir 
hom ‘n kleim afsteek en vir sy drake-god daarvoor ‘n kers 
opsteek met swaar masjinerie wat vir Sjina nog ‘n oopmyn 
in Afrika grond oopbreek. 

Dit is Woensdagoggend en nog ‘n rooidag breek terwyl ‘n 
rooi haan roep; koekeroekoekoe en ‘n rooi Afrikanerbees 
antwoord met ‘n gedempte vroeë-môre “moe” en dit terwyl 
nog ‘n rooi Sjinees ‘n fabriek oopmaak waarin hulle soveel 
onwettige immigrante as werkers en soldate versteek vir ‘n 
groot oorlog wat in Afrika gaan ontsteek en terwyl Raka 
steeds sy hand vir selfvernietigende omkoopgeld uitsteek, 
bly hy ‘n idioot en stomme leek. 

Dit is Donderdagoggend terwyl nog 'n rooidag breek en die 
rooi haan ‘n nuwe dag toeroep met ‘n koekeroekoekoe en ‘n 
rooi Afrikanerbees antwoord met ‘n gedempte vroeë-oggend 
“moe” terwyl nog ‘n rooi Sjinees vir hom ‘n baken in die vorm 
van ‘n Boereplaas afsteek, want die tyd het aangebreek vir die 
Oosterling om massa landbouproduksie in Afrika te probeer en 
menig wit landbouer het finansieel te swak geword om hulle 
hierteen te verweer. 

Dit is Vrydagoggend en die rooidag breek terwyl ‘n rooi haan 
kraai; koekeroekoekoe en ‘n rooi Afrikanerbees antwoord met 
‘n gedempte vroeë-môre “moe” met nog 'n Sjinees wat ‘n reuse 
pad- en spoorlyn-kontrak in sy sak steek want Sjina het stil-stil 
Afrika gekoloniseer en hulle is nou die nuwe mag wat reeds 
lankal agter die gordyn regeer. 

Dit is Saterdagoggend en die rooidag breek met die rooi haan 
wat roep; koekeroekoekoe en ‘n rooi Afrikanerbees antwoord 
met ‘n vroeë-môre gedempte “moe” terwyl nog 'n rooi Sjinees 
vir hom ‘n domein in Afrika afsteek en daar word gewerk en 
geproduseer want daar is nie tyd vir ‘n af-dag Saterdag se 
gespeel want ‘n Sjinees ken nie van lyf wegsteek en die Weste 
staan verstom want ook hulle wil nog ‘n sny Afrika-koek vir 
hulle self wegsteek. 

Dit is Sondag en die rooidag breek met die rooi haan wat Sewe 
keer roep: Koekeroekoekoe en ‘n rooi Afrikanerbees antwoord 
met ‘n vroeë-môre gedempte ”moe” en terwyl ‘n rooi Sjinees 
nog ‘n stuk Afrika-grond vir homself afsteek met predikante 
wat steeds selfvernietigende globale naasteliefdepreke vir ‘n 
onnosele liberale volk afsteek en kyk, God gaan hulle hierdeur 
van hulle heenkome wegskeur en vir hulle is daar geen erfenis 
in Afrikaland of streek, ja, daar waar die rooi haan roep 
koekeroekoekoe en die rooi Afrikanerbees antwoord met ‘n 
gedempte vroeë-môre, “moe”.