.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1851 
Stilte en Oordeel.

Woensdag 20 Februarie 2013 12: 45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Op ‘n feesmaal waar almal so lekker sit en smul, sit daar 
‘n vrou en op haar kop is ‘n skewe gruwelkroon en haar 
kraag staan oudmodies in 'n dik ‘frill’. 

Migael en Gabriël kyk saam op die aarde neer met hulle 
oë koud en kil en gelyktydig laat val elkeen ‘n skaal en 
dit verander in ‘n aanstormende leeu en ‘n bul en die vrou 
se gesig vertrek verskrik en sy los ‘n bloedstollende gil en 
op daardie oomblik stol die tyd en alles staan versteen, so 
stil, waarna die aarde begin te tril en die see maak in ‘n 
reuse golf ‘n eienaardige krul wat die laagtes met baie 
water vul. En terwyl soveel mense vir ewig in skrik verstil, 
val ook die effektebeurs nou tot nul. Gabriël sê: Dit was 
voorwaar Elohim se wil en Migael beaam dit en sê: Dit was 
voorwaar ook tot die uitverkorenes se beswil. 

Ja, vir ‘n oomblik stol die tyd en alles staan versteen- so stil 
en dit is die stilte voor die storm en die stilte in die hemel- en 
dit raak ook tyd vir Sion om eerbiedig te verstil en te bid vir 
Jerusalem se ontwil. 


Openbaring 1852 
'n Gesig

Sondag oggend 24 Februarie 2013 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n gesig sien ek ‘n groot vierkantige pikswart klok wat loodreg 
in ‘n diep mynskag na benede stort. 


Openbaring 1853
 Raai raai…
Woensdag 27 Februarie 2013 09:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar sit twee jongelinge en hulle speel 'n spel en daarin word 
deur woordspeling wild geraai- met die een se raaisel wat lui: 
Daar sit 'n ou man wat deur baie ou geskrifte blaai terwyl 'n 
droewige wind die woorde daarvan na niks en nêrens in 
vergetelheid wegwaai en kyk, dit is net die doderyk wat nog 
koning kraai want die wêreldstede se strate lê rooi van bloed, 
so taai. En die oorblywende lewe sien daaruit so leeg en saai 
met net die dood se wurm-maaiers wat vlytig in ontbinding 
maai terwyl soveel kanonne dit met nuwe bomme herlaai. 

Daar staan twee jong soldate en hulle speel 'n spel en daarin 
word deur woordspeling wild geraai, met een se raaisel wat lui: 
Daar is 'n ou man, ja, 'n Joods ortodokse rabbi wat deur baie 
ou geskrifte blaai, terwyl 'n droewige wind die woorde daarvan 
in vergetelheid na niks en nêrens waai, terwyl hy profeteer en 
sê: Luister, O’ oudstes en luister jongelinge; lank genoeg het 
die Jood gekrap in anderman se slaai en so begin die 
oorlogwinde van Oos na Wes, van Noord na Suid te waai, want 
wat die afknyper laat oorbly het het die treksprinkaan afgemaai 
en wat die treksprinkaan laat oorbly het die voetganger nie 
versmaai en wat die voetganger laat oorbly het, daaroor gaan 
die kaalvreters mekaar verraai en dit met Raka wat in armoede 
en hongersnood net oor sy eie smart gaan koning kraai.  

So het ook die vals profeet die hoer van Babilon lank genoeg 
met leë beloftes gepaai en wie gaan nou vir wie versaak en 
verraai want kyk, die wêreld lê woes en verwoes en dit is nog 
net die dood se wurms wat suksesvol maai. 


Openbaring 1854 
Vir Henk.
Donderdag 28 Februarie 2013 10:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
So kom staan daar voor my ‘n gees in die vorm van ‘n jong 
persoon en hy sê: Ook ek het hierdie aarde kortstondig bewoon 
en kyk, ek het voluit gelewe sonder om te skroom en daarom hou 
ek my oor my lewe hier op aarde ook nie onnodig skynheilig of 
vroom. Maar my liefde, dit het ek graag op my eie unieke manier 
aan my geliefdes getoon en dit wat ek wou doen, dit doen ek toe 
ook volstoom en daarom was my lewe hier op aarde vir my nou 
soos ‘n kosbare droom. Maar my tyd het gekom om in 'n nuwe 
dimensie te gaan woon en daarom wil ek weet, van hier na waar 
en hoe kom ek daar op my eie stoom. 

En ek antwoord hom: Gaan na die Ryk van Lig, Lewe en Liefde, 
daar waar ons Abba Vader, ons Verlosser YaHWeHshua woon. 
Gaan sonder versuim en moet jouself van die Heerlike Saligheid 
nie een oomblik verskoon. Gaan staan nou voor Sy troon waar 
jy gereinig deur Sy kosbare Bloed, jou as verloste aan almal kan 
toon sodat ook jy, as Sy kosbare kind, kan ontvang jou ewige 
oorwinnaarskroon. Daar waar die ewige lewe die verganklike 
dood in oorwinning hoon. Ja, in ‘n onbeskryflike leefruimte 
waar die Glansende Lewende Ligsubstansie vanuit Elohim 
se troon oor en deur alles stroom om alles daar vir ewig in 
ondenkbare Liefde en Wysheid te omsoom. 


Openbaring 1855 
Juda brul…
Vrydag 1 Maart 2013 11:10
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kyk, die vier perde van openbaring beur in hulle stang en die leeu 
waak nou oor die ooi en die lam en Juda se brul maak al die volke 
en nasies onrustig, vreesbevange en bang. 

Daar waar ‘n vreemde Ribbok so vreesloos staan teen ‘n baie 
hoë gevaarlike hang, daar waak Dan oor sy langvergete baster-
halfbroer, Iran.  

Daar waar die Nyl deur duisende jare kronkel soos ‘n vrugbare 
slang en waar die voëllewe lank reeds verstil het in hulle vrolike 
gesang, daar staan so gevaarlik, ja, stil, donker en dreigend nou 
Islam.  

Daar waar Londonbrug so majestueus oor 'n groot rivier hang 
terwyl Edom en Efraim so onversadigbaar na al die aarde se 
rykdomme en skatte verlang, daar word die oordeel nou in 
ongekende maat vir ook die Westerling opgedam.  

In die Suide van Afrika, in ‘n radius van agthonderd kilometer 
om 'n droë soutpan daar treur Jakob in die land van Skeba en 
die San en Raka vertrap hom maar hy draai gedweë sy ander 
wang. 

Waar satan ook al probeer om Sion globaal te verban terwyl hy 
begeer om haar in al haar lede te verlam, daar sing sy dapper 
haar Sions-lied terwyl sy net na haar Elohim verlang. 

Kyk, die kind speel nou met die adder en die leeu waak oor die 
ooi en die lam en Juda se brul maak almal onrustig, vreesbevange 
en bang en die vatikaan is besig om dit self in selfmoord op te 
hang. 


Openbaring 1856 
Die Hemel.
Saterdag 2 Maart 2013 02:48

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Nuuskierig en geboei lees ek 'n wonderverhaal van ‘n 
droomvisioen met ‘n geopende hemel aan iemand getoon. 
Ja, met strate van suiwer goud en lewende riviere van kristal 
aan hom getoon. Waar hemelse musiek opklink in suiwere 
engelekoor en waar spelende kinder-engele almal bekoor. 

Ek lees van ‘n hemel so suiwer en skoon waar die siele 
van afgestorwenes tussen ligengele woon en waar almal 
in ‘n ewige rus geluksalig loom. Die Skepper was geklee 
in skitterende rooi en purper en Hy het as Koning tussen 
al die volmaakte siele gewoon. 

Oorgretig het ek voorbarig gevra of ook ek hierdie 
wonderskone hemel mag sien en my oë het hoopvol die 
ewigheid deurpriem opsoek na die idilliese hemel wat ek 
toe nooit in my fantasie sou sien. Maar ek was toegelaat 
om my eie kleine genade-hemel in my hart te sien en my 
hemel het op die oog af maar droewig en armoedig daar 
uitgesien. Oral om my was daar net ellendiges, armes, 
blindes, oues en siekes te sien en daar was ook vele 
eensames, vertraptes en verstotelinge en ek was toegelaat 
om hulle deur die Genade van YaHWeHshua in naastediens 
te dien. Hierdeur verander my hemel in ‘n wonderskone plek 
en wat ‘n voorreg om die honger en dorstige nie net met 
fisiese voedsel maar ook met die Lewende Brood en Water 
te kon bedien. 

Dit raak ‘n verruklike hemel om die armes te klee en die 
blindes deur my oë te laat sien. Ja, dit verander in ‘n skone 
suiwer hemel om die oues van dae en die siekes met die 
skamele kragte van my eie swak liggaam te dien en hierdeur 
het ek gesien die ware hemel is niks anders as daadwerklike 
opofferende liefde wat die naaste net wil dien en dien. Die 
nederige stofstraatjies van my hemel was nie van goud en 
nêrens was daar robyne of diamante te sien en ook was My 
Elohim nêrens in ‘n purper koningskleed te sien. Maar in 
lieflike Eenvoud het Hy tussen sondaars beweeg, hulle 
omhels en selferkende armes van Gees, dié het Hy met 
Waarheid en Wysheid bedien. 

My hemel was gevul met YaHWeHshua se Liefde, Genade 
en Geduld en daar was in oorvloed Barmhartigheid, Geloof 
en Hoop en Sy Goddelike Erns en Orde het in Regverdigheid 
gedien. My hemel was voorwaar nie ‘n luilekker idilliese 
Paradys-rusoord, maar wel ‘n plek waar jy met hemelse 
vreugde jou naaste in vlytige naasteliefde kon dien. Hierdie 
hemel, bestaande uit diensbaarheid tot die naaste, kon ek 
net in my eie eenvoudige hart sien en dit het bestaan uit 
YaHWeHshua en nogmaals YaHWeHshua wat ewig Sy 
kinders in Goddelike Goedertierenheid en Liefde dien. 


Openbaring 1857 
'n Dreigende gevaar.
Sondag 3 Maart 2013 23:55
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n skrikwekkende droomvisioen kyk ek op na die hemelruim en 
die stand van die sterre soos wat ons dit ken lyk anders en vreemd 
en skielik bevind ek my in die donker buitenste ruim saam met ‘n 
onbekende hemelwese en hy wys my waar die aarde dit bevind. 
Ek sien hoedat 'n groot gevaar op die aarde afstuur en dit is van 
so ‘n geweldige aard dat dit alle lewe en bestaan op die aarde 
bedreig. Onwillekeurig maak ek die volgende stelling dat dit tog 
nie moontlik is dat dit kan plaasvind nie, omdat daar nog heelwat 
van die boek Openbaring is wat nog in vervulling moet gaan en 
die wese antwoord my dat die gruwels van hierdie aarde ten 
hemele skreeu, sodat totale uitwissing ‘n opsie in die hemel 
begin raak. Ek wil bid maar kan nie omdat ek weet dat die kind 
van Elohim asook Sy verseëldes nie sonder Sy Genade 
uitgelewer sal wees nie. En so bly ek sonder woorde in 
die koue donker buitenste ruim terwyl ek vasgenael na 
die komende gevaar staar terwyl ek steeds wonder wat 
die uiteinde daarvan gaan wees. 


Openbaring 1858 
'n Dwase kerkleer.

7 Maart 2013 10:59
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Jy vra My na die kerkleer wat beweer dat wanneer die mens 
sterf, hy daarom om alle praktiese redes na liggaam en siel 
dood is en daarom in 'n nie-bestaan iewers in God se geheue 
geliasseer is waarna hulle iewers in ‘n onbekende ewigheid in 
‘n sogenaamde jongste dag opgewek sal word. 

Ek antwoord jou dat onverbeterlike duiwels van ouds beslis baie 
meer geweet het as vandag se kerkpredikers. In legio- wat beteken, 
ons is baie, kom die besetene van Gadara tydens My aardse lewe 
eendag voor My te staan en hulle vra vreesagtig: Meester, het U 
nóú al gekom om ons te oordeel en hulle het My gesmeek om hulle 
nie na die onderwêreld te stuur nie, maar om aan hulle ‘n ander 
tydelike woning toe te staan en daarom het Ek hulle ook toegelaat 
om volgens hulle wens ‘n trop varke daar naby te bevaar. Nou sal 
Ek graag van die ‘geleerde' predikante wil weet hoe Ek, wat juis 
bekend staan om My Liefde, Regverdigheid en Barmhartigheid 
dit in my hart sou vind om duiwels, wat in elke geval niks anders 
is as die onverbeterlike siele van afgestorwenes nie, die voorreg 
van ‘n volle bewussyn in 'n eiesoortige hiernamaals te gun, terwyl 
Ek geredde kinders van My, in ‘n nonbestaan sonder enige 
bewussyn in ‘n vergete toestand wat niks anders as ‘n Godverlate 
liefdelose toestand is nie, sal laat. Waarna Ek eendag in 'n eon- 
onbepaalde tyd sal besluit om hulle uiteindelik as My kinders 
op te wek. 

Ja, Ek sal graag wil weet of die kerke reken Ek is nie bevoeg om 
My kinders onmiddellik na hulle liggaamlike dood van ‘n hemelse 
woning te voorsien nie en Ek sal ook graag van hulle wil weet of 
hulle self bereid sou wees om, terwyl hulle self al die voorregte 
van die lewe geniet, hulle eie kinders in ‘n koue nie-bestaan 
sonder enige Lig, Lewe en Liefde te plaas tot wanneer dit hulle 
sou behaag om hulle tot lewe te wek- en ook sal ek graag wou 
weet wat die doel van hulle kinders in hierdie toestand sou wees 
en daarom sal Ek baie graag wil weet waarom hierdie uiters dom 
kerkleer dit van My verwag. 

Staan daar nie duidelik as ‘n voorbeeld in die skrif geskryf dat 
nadat die boemelaar Lasarus gesterf het, hy na die boesem 
van Abraham in die hemel gedra was en ook die rykman het 
gesterf en nadat hy begrawe is, is hy in die doderyk opgeneem 
en by sy volle bewussyn het hy Lasarus in die beter Oord gesien 
en hy het gevra dat dié na sy broers gestuur moes word om hulle 
oor die toestand na die dood aan die anderkant te waarsku. Die 
antwoord daarop was dat as hulle nie na Moses en die profete 
wou luister nie, waarom sou hulle dan na die ontslape Lasarus 
luister. 

Daarom sê Ek ook nou in hierdie uur van hierdie moderne tyd: 
wie ore het laat hom hoor en laat daarom die dom gemeentelede 
na hulle ewe dom kerkleraars en predikante luister. Maar vir My 
kinders sê Ek net soos wat Ek vir die sondaar langs My aan die 
kruis, ja, die folterpaal gesê het: Vandag sal jy saam Met My in 
die paradys wandel. Of sal die predikante dalk wil beweer dat 
Ek ook aan hom sou sê: In jou jongste dag sal Ek jou opwek om 
saam met My in die paradys te wees? 

Maar aan julle wat in My en die ewige lewe glo sê Ek weer vandag: 
In die Huis van My Vader is daar duisende wonings en Ek het 
reeds gegaan om vir julle, My kinders, ‘n plek te berei, daar waar 
julle ná julle aardse lewe in volle bewussyn die ewige lewe ten 
volle kan lewe en waar julle sonder skroom kan vra: dood, waar 
is jou angel en doderyk, waar is jou verskrikking. 


Openbaring 1859 
Linnekleed- Koningskleed.
 
Sondag 10 Maart 2013 14:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
By Getsémané het die aandwind eens droewig diep gesug 
want dit was spoedig tyd dat die Messias sou moes ly, ja, 
met geselhoue oor Sy rug. Met ‘n swaard gewapen, het een 
van Syne sy hand omhoog gelig en hy doen toe na Sy eie 
goeddunke toe sy plig en die oor van die dienskneg van die 
hoëpriester, vlieg afgekap deur die lug. Maar die Meester, as 
'n eenmalige Wonder-Chirurg, sit die oor van die man sonder 
meer toe weer terug. ‘n Jongman, geklee in net ‘n linnedoek, 
besluit ook hy staan nie vir die wrede skare terug en hy het 
Hom gevolg, maar arglistig het jong soldate hom gegryp en 
hy het uit die linnedoek, naak van hulle weggevlug. 

Net so sal in die laaste dae van die gruwelleuen en die klug, 
ja, in die tyd van die groot gerug ‘n baie klein kudde opstaan 
en in My Naam is hulle geheilig en gestig, om hulle Waarheids-
mening teen geheel die wêreldorde te kan lug. Al sal die wêreld 
se gereg hulle gryp, sal hulle hierdie keer na nêrens heen wil 
vlug, want hulle oë bly net op My gerig. Omdat Sion wéét, op 
haar weg na die ewigheid is Ek haar Leidsman, haar Redding 
en haar Oorgangsbrug. So staan sy in die komende tyd met 
leë hand blootgestel en naak, maar met staal in haar bene en 
haar murg, en vir geen kerk of gesag staan sy ooit weer terug. 
Daarom gee Ek self die eens verlore linnedoek nou as 'n purper 
koningskleed aan My getroue volgelinge terug en Sion sal saam 
met My oor ‘n duisendjarige vrederyk, die Septer oorwinnend lig. 


Openbaring 1860  
Wanneer satansbruid baar. 

Maandag 11 Maart 2013 09:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Op 'n geblokte wit en swart vrymesselaar-marmervloer is 
die vatikaan ‘n skaakbord en groot bankiers asook wêreldorde 
politici speel 'n gevaarlike pot Russiese roulette-skaak. Want 
kyk, die suiwer maagd van Openbaring het klaar gebaar en 
satan, wat God in alles wil kopieer en ewenaar, staan ook met 
sy gruwelbruid, ja, die hoer van Babilon gereed en klaar. Ook 
sy staan op die punt om nou te baar. So verskyn daar vanuit 
haar verrotte lendene die eerste kop van ‘n Siamese tweeling-
draak en dit op sigself is ‘n tweegesig pous wat godslasterlik 
roep om globale wraak. 

So klink daar vanuit Afrika die ritmiese eeue-oue voorvadergees 
drom en Raka dans sonder rede wild en kwaad, want hy is en bly 
ewig die oerdier-barbaar en hy maak hom vir groot dinge klaar. 
Daarom roep hy elke toordokter, sangoma en goëlaar- en Egipte 
asook Etiopië laat weet; kyk, ons slaan saam met jou die ghitaar 
en kort voor lank hoop ons, Israel is uiteindelik vir ewig klaar. 

So maak ook Noord en Suid Korea asook baie ander nasies 
hulle nou vir die groot oorlog klaar, want die ander kop van 
die Siamese tweelingdraak is ook nou uitgebaar en dit met 
‘n goed ontwikkelde gruwel ysterkaak, ja, met sewe ystertande 
bo en onder en elk daarvan is ‘n baie goed ontwikkelde 
wêreldstaat en in bondgenootskap is hulle mekaar se goeie 
vriend en beskermingsmaat. So begin die tande van die draak 
alles te vermorsel, want hierdie draak is die Leviatan en hy is 
‘n baie groot vraat wat by al die skatte van die wêreld wil baat. 

Ja, geheel die vatikaan is nou ‘n wit en swart skaakbord en 
die heel magtige rykes van die aarde speel in ‘n dobbelspel 
‘n baie gevaarlike potjie selfmoord-skaak. So staan die hoer 
van Babilon gereed om ‘n gruwelpous uit te baar terwyl 
geheel die christendom hulle eenparig agter hierdie gruwel 
skaar en daarom lê geheel die wêreldkerk in die toekoms 
heeltemal vermink en klaar, want haar eenwêreld orde, ja, 
haar Nimrod-god gaan haar nie kan spaar of bewaar. 


Openbaring 1861
‘n Wonderwese se verhaal.
 
Woensdag 13 Maart 2013 13:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Eenkant en alleen sit ‘n Goddelike Wese en weens ‘n gebrek 
aan ‘n gehoor vertel Hy aan die gras en die bome van die veld 
‘n ou-ou verhaal en eenkant, onder ‘n groot ou Wilger, sit daar 
‘n meisie en sy luister aandagtig na Sy verhaal, terwyl die res 
van die mensdom as getroue lidmate in kerke/rs sit en luister 
na die hedendaagse moderne Baäl. 

Ja, die Wese vertel Sy verhaal van ‘n volk wat Elohim vir 
duisende geslagte sou faal, want hulle aanbid nog steeds 
die afgod Baäl en dit selfs nadat hulle voorgeslagte sporadies 
daarvoor ‘n duur prys sou betaal. Hy vertel van Elia wat alleen 
teenoor honderd en vyftig profete van Baäl sou staan en hoedat 
Elia met hulle sou spot en dit nogal in hulle eie taal en hoe hy 
hulle daarna sou slag en fyn laat maal. 

Ook vertel hy aan die bome, blomme en die gras van die veld, 
asook die meisie onder die groot ou Wilger, die verhaal van 
Gideon Jerubbaal, ja, ‘n man van staal wat sy Elohim nie vir 
die afgod Baäl sou faal en ook hy vernietig op sy tyd Baäl se 
heilige boomstam en sy altaar en in die plek daarvan bou hy 
vir Elohim ‘n ewige altaar. Hy vertel van Daniël Béltsasar wat 
nie tot op sy knieë voor ‘n afgod goue beeld neer sou daal. 

Eenkant en alleen sit ‘n Wonderwese en Hy vertel aan die gras 
en die bome van die veld ‘n tragiese verhaal en eenkant onder 
‘n groot ou wilger sit ‘n kleine meisie en sy luister met groot-oë 
en gespitste ore na hierdie verhaal, terwyl getroue kerklidmate 
in kerke/rs sit en luister na die hoer van Babel se leuenverhaal, 
ja, terwyl hulle luister na die moderne priesters van Baäl. 

So nooi die Goddelike Wese die meisie nader en sê: Sion, kom 
sit hier dig teenaan My en luister nog méér aandagtig na My 
verhaal en weet, die geskiedenis het ‘n manier om ditself te 
herhaal. So, open nou jou geestes-oor en luister na die globale 
kerk-kabaal en luister, hulle baälpriesters noem selfs vir My so 
brutaal daar ‘here-here Baäl’ en dit terwyl hulle oor my suiwer 
Waarheidsleer smaal. So raak dit nou die tyd en jy, Sion, is My 
Elia, My Gideon Jerubbaal en My Daniël Béltsasar wat My in 
hierdie tyd nie gaan faal. Want kyk, daar in jou hande hou jy 
self die eindtyd-oordeelskaal en My eindtyd-kudde skuil daar 
veilig in jou kraal en terwyl die stilte van die hemel nou saggies 
om jou neerdaal sodat die lig van weergeboorte uit jou oë kan 
straal. 

So raak dit tyd vir die wêreldgemeentes om hulle skuld 
teenoor My te betaal en hulle wat My in hierdie tyd wil 
aanspreek as here-here; hulle smeekredes val op dowe 
ore, want daardie aanspreekvorm is vir ewig fataal. Daarom 
sal jy, Sion, met die krag van ‘n Elia, die gemeentes met hulle 
Baälpriesters slag en fynmaal. Met die krag van ‘n Gideon 
Jerubbaal vernietig jy hulle heilige kerktorings en hulle 
gruwel-altaar en in die plek daarvan vestig jy YaHWeH jou 
Elohim se ewige Heilige Naam en Sy Altaar. Soos Daniël 
van ouds sal jy nie op jou knieë voor hulle neerdaal, want 
jou naam is Sion en jy sal jou Elohim, nóóit nie faal. 


Openbaring 1862 
Die grote grief...

Donderdag 14 Maart 2013 16:22 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is iets wat die liberalis tog so diep kan grief en dit is 
die verseëldes, want hulle is Elohim se eie kleine hartedief, 
Ja, daar is honderd-vier-en-veertigduisend en hulle behoort 
aan God- so uiters eksklusief en in hulle liefde en geloof tot 
Hom is hulle nooit passief. 

Daar is iets wat die kerke tog so diep kan grief en dit is die 
suiwer bloedlyn, in alles tog so kreatief en so staan hulle 
raseg daar in hulle wese alte positief want hulle weet hul 
God het hulle oor hul suiwerheid baie lief en Hy behandel 
hulle nooit nie stief. 

Daar is iets en dit laat geheel die wêreld uiters depressief 
en dit is die suiwer kroniek van die Jakob-Israeliet en hulle 
woon daar in Afrika in `n Suidelike gebied. Ja, in die land 
van die onkreatiewe dom Kusiet wat soos `n vallende ster 
in die einde van die tye vir ewig gaan verskiet. 

Ja, daar is iets wat Edom tog so diep kan grief en dit is die 
deur almal gehate laaste suiwer Boere in hul oorlewingstryd 
steeds positief want almal weet hulle bly ewig God se kleine 
hartedief en kyk, ondanks alle verdrukking bly hul steeds 
geseënd en baie kreatief, want hulle bly Elohim se eiendom 
vir ewig- so eksklusief. 


Openbaring 1863 
Slaan U arms om my…

Saterdag 16 Maart 2013 18:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Hoe ek ook al my lewensweg deur hierdie donker tyd probeer 
baan- met onreg, haat en nyd waar ek ook al gaan. Terwyl die 
leuen verwronge, maar as aanvaarbaar teenoor die Waarheid 
staan en ek ook hoe hard probeer om die doel van hierdie 
gruweltyd te probeer verstaan. Wyl ek myself alte dikwels tot 
geduld vermaan en dit vir my voel of my siel onder dit alles gaan 
vergaan in ‘n donker put van swaarmoedigheid waar ek dit alles 
nie kan verstaan. 

Hoe ek ook al desperaat met my laaste lewenskrag voortbeur in 
hierdie eindtydbestaan en al roep ek U so desperaat op U Grote 
Naam terwyl ek in my bitter stryd weet, indien U nie vinnig kom, 
ek beslis sal vergaan. Ja, in hierdie tyd waar satan so selfvoldaan 
as die valse engel van die lig oor die wêreld staan en die mensdom 
hulle daardeur nie meer deur die Waarheid laat vermaan en dit 
terwyl die lig van die laaste regverdiges besig is om vinnig weg 
te taan en so raak dit al hoe moeiliker om in ‘n donker put van 
wanhoop die doel van alles te verstaan. 

Hoe ek ook al gefrustreerd in my wanhoop oor globale onreg 
om my wil slaan terwyl ek weet, dit is maar net die begin van 
die groot verdrukking wat oor ons gaan en so begin ek soos 
‘n duisend ander ook te twyfel oor my voortbestaan. Terwyl 
ek sonder die luukse van ‘n wanhooptraan na U roep om my
 te help om dit alles net so ‘n bietjie te verstaan- wyl ek tog 
duidelik weet ons is hier om as swakke mense vir U te staan 
en dit terwyl ons so swak nie eens vir ons self op kan staan. 
En so raak dit al hoe moeiliker om in ‘n donker gat van 
depressie die doel van alles te verstaan. 

Terwyl die weerlig daar teen die Ooste slaan en die son so rooi 
soos bloed teen die Weste staan en U kinders onwrikbaar weet, 
die tyd is besig om einde toe te staan sodat die wêreld, soos wat 
dit daar nou uitsien, kan vergaan. Ja, terwyl die tekens van die tye 
ons nou aanmekaar so dringend vermaan om vas en seker vir 
U Naam te staan en ons in ons swakheid dit so moeilik vind om 
regop te bly staan. Daarom roep U kinders U nou luid om hulp 
op U Naam en ons vra U om in hierdie vreeslike tyd asseblief 
U grote Vaderarms troostend om ons te slaan. 


Openbaring 1864 
Gruwelpous, doen dit gou!
Sondag 17 Maart 2013 09:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n sonverduistering waar Gabriël se engeloë soos ‘n son 
vernou kom daar ‘n vreeslike tyd en glo my vry- dit is nou
 en dit is te laat vir diep berou. So, doen jou gruwelwerke, 
gruwelpous- en doen dit gou want wyd die poort na jou 
verderf en nêrens is dit soos die goeie weg smal en nou 
en kyk, jou tyd kom nou baie gou. 

In ‘n maanverduistering in ‘n donker nag sal elke kerk tot hul 
diep berou onthou; daar was eens vryheid buite satans-kou en 
die gemeentes sal uitroep: Ons was nie warm en ook nie koud, 
maar in ons dwaasheid staan ons uitermatig lou en teenoor God 
had ons geen goeie trou en daarom brand ons vlam van hoop, 
nou baie flou. 

In 'n stikdonker nag val daar as teken nêrens ‘n bietjie dou, wyl 
Jood en Vrymesselaar steeds hulle gruweltempel probeer herbou 
en so staan 'n gruwelpous, terwyl hy met satansklou ‘n valse 
vredesteken omhoog hou om vir oulaas ‘n eenwêreldorde geloof 
te probeer bou, maar kyk, Gabriël verbrysel twee gruwel 
Vrymesselaargerubs op bokpote gebou. 

In 'n sonsverduistering waar aartsengele se oë koud vernou, 
staan daar op aarde ‘n gruwelbok wat verbete aan ou wêreldskatte 
herkou en satan skud sy vere reg soos ‘n goedkoop pou want dit 
is tyd en dit is nou. So, doen jou valse vrede gruweltekens, 
gruwelpous en doen dit baie gou-want Gabriël staan gereed met 
‘n ketting en ‘n tou en terwyl die afgrond vir jou wag, lag hy vir jou, 
want in jou het satan maar net nog ‘n keer weer verbrou. 


Openbaring 1865 
Eenwêreldorde gruwelbeeld.
 
Donderdag 21 Maart 2013 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek skrik een aand van die vrolike geluid van charismatiese 
godsdiens musiek wakker en ek sien ‘n duidelike, skrikwekkende 
beeld skuins bokant my bed in die lug hang. Hierdie beeld is 
saamgestel uit al die afgodery van die wêreld en dit het onder 
andere die vet boepensbuik van Boeddha en die vele arms en 
hande van nog ‘n afgod. Dit het die kop van die Sjinese draak 
en die vel van ‘n slang. Oor die bors staan Ubuntu geskryf en 
dit is in ‘n Protestantse predikants-toga geklee. 

Op die hoof van die beeld pryk die vis-voorstellende hooftooisel 
van die pous en in die boonste hande van die arms aan 
weerskante van die lyf pryk daar in die regterkantste hand 'n 
geopende bybel en in die linkerkantste hand- die oop Torah. So 
is daar in die onderste hande ook die Koran en die Mormoonse 
bybel en in die ander hande na onder ook al die ander verskillende 
geskrifte van die gelowe van die wêreld. 

Hierdie beeld staan voor ‘n helderkleurige blokkies agtergrond 
en terwyl ek daarna kyk vergroot die blokke sodat ek duidelik 
kan sien dat dit al die landsvlae van die wêreld voorstel. Bokant 
die beeld staan daar in dik swart syfers, trippel ses (666) geskryf 
en ek weet sonder meer dat die geheelbeeld hiervan die groot 
gruwel is. En ek weet ook onwrikbaar dat bykans almal, groot en 
klein, wetend of onwetend, besig is om hierdie beeld te aanbid 
en dat die tyd hier is… 

Hierdie gesig ontstem my so geweldig dat dit my ‘n paar dae neem 
om al my wilskrag bymekaar te skraap om dit in detail te herleef 
sodat ek dit neer kan skryf. 


Openbaring 1866 
Olka bolka… 
Sondag 24 Maart 2013 19:08
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar sit 'n kleine meisie en sy speel ‘n spel en in haar spel 
sing sy die volgende lied: Olka bolka riebiekie stolka, O’ engel 
van vuur, wat het jy om ‘n bose wêreld aan te bied. Het jy dalk 
‘n vuurspuwende berg, of het jy dalk ‘n helder meteoriet wat 
skouspelagtig deur die atmosfeer in vuurwerke gaan verskiet 
om chaos te kan skep oor 'n redelike groot gebied. Of het jy 
dalk enorme brande wat deur woud, veld of beboude gebied 
kan skiet, ja, sodat God se wil oor ‘n bose mensdom kan 
geskied. 

Daar sit ‘n kleine meisie en sy speel ‘n spel en in haar spel 
sing sy die volgende eentonige lied: Olka bolka riebiekie 
stolka, O’ engel van aarde en grond, wat het jy om hierdie 
keer aan ‘n verdorwe mensdom te bied, want kyk, daar op 
jou oppervlak- daar teer hulle soos ‘n onuitroeibare parasiet 
en hulle verrinneweer jou op elke moontlike myngebied en 
terwyl hulle vanuit jou ingewande oes beskou hulle dit as 
heeltemal gratis en verniet wyl hulle jou in ruil daarvoor 
niks kan bied. Gaan jy daarom as straf dalk 'n aardbewing 
oor ‘n groot gebied tot hulle verdriet laat geskied of het jy 
dalk reuse grondverskuiwings of nog sinkgate om aan te 
bied. 

Daar sit ‘n kleine meisietjie en in haar spel sing sy ‘n 
waarskuwende lied. Ja, sy sing: Olka bolka riebiekie stolka 
O’ engel van die lug en wind, wat het jy om ‘n bose mensdom 
aan te bied, want die nasies is verbaster en wat is nog die verskil 
tussen die Hetiet, Israeliet of Kusiet en jy, O’ engel van die wind, 
waai maar net oor ‘n aardse rowersnes wat krioel van diewe, 
moordenaars en menig baie prostituut en al waaraan ‘n bose 
mensdom nog kan dink is net hulle eie gerief. So, gaan jy daarom 
nou deur stormwind, ‘hurricane’, sikloon en orkaan Elohim se 
grote Wil laat geskied. 

Daar sit ‘n kleine meisie en in haar spel sing sy ‘n onheilspellende 
lied, ja, sy sing: Olka bolka riebiekie stolka, O’ engel van water, 
wat het jy om in hierdie vreeslike tyd aan te bied. Kyk, almal is 
boos, van die pous tot die koning en van daar tot by Jan publiek. 
So, gaan jy die grote see oor die landoppervlak gebied of gaan jy 
ongekende stormreëns oor groot gebiede laat geskied sodat 
riviere magtig oor hulle banke kan skiet en die damwalle daarteen 
geen weerstand sal kan bied. Ja, daar sit ‘n kleine meisie en haar 
naam is Sion en sy sing: Olka bolka riebiekie stolka, O’ aartsengele 
julle is die skale wat nou Elohim se grote Wil moet laat geskied. 


Openbaring 1867 
Dink aan die vrou van Lot.
Woensdag 27 Maart 2013 12:10
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wanneer die vyeboom bot en in die tekens van die tye niks meer 
wil vlot. Wanneer onlus begin uitbreek in plakkerskamp en krot 
met soveel wit moorde op plase en plot. Terwyl soveel desperaat 
begin te roep na God, terwyl hulle weet in Sy Swye is daar geen 
oplossing of genade-aanbod. So raak dit tyd om te vergeet van 
wêreldse genot en om eerder te dink aan die gruwel-lot van die 
vrou van Lot. 

Wanneer die vyeboom begin bot en in die eiers van die sprinkaan 
en die mot skuil daar ‘n vreeslike plaag en lot. Met ‘n Boerenasie 
wat verlore op die ashoop sit net soos ‘n afgeleefde Job. In ‘n tyd 
wanneer die konings en grotes begin skuil in mensgemaakte grot 
terwyl hulle die massas oorlaat aan hulle eie lot. In hierdie tyd 
moet die mens vergeet van wêreldse genot, om eerder te dink aan 
die vreeslike lot van die vrou van Lot. 

Wanneer die vyeboom begin bot en almal wat verlore is skielik 
begin verlang na die Koninkryk van God. Maar die hemel uitroep: 
O’ Wee! Daarvoor is julle heeltemal te verrot. En so word daar nou 
met die spotters gespot en dit terwyl hulle weeklaag en roep: Kyk, 
in globale hongersnood is daar geen vleis of meel in ons pot en 
dit terwyl ons sterf van ‘n vreeslike siekte aangedra deur die 
walglike rot. Dink daarom in jou tevergeefse vlug, O’ mens, aan 
die gruwel-lot van die vrou van Lot. 

Wanneer die vyeboom bot en in die tekens van die tye niks meer 
wil vlot. Ja, wanneer die Hamer van Oordeel val in God se Hof en 
Raka soos die treksprinkaan ditself met moeite voortsleep in die 
stof en die ryk liberalis so moedeloos agterna slof. Terwyl die 
onberouvolle ja-stemmers se oë vir ewig in ‘n ewige dood gaan 
verdof. Dink daarom O’ liberalis, in hierdie dag aan die vrou van 
Lot en haar eens vreeslike lot en wéét, in julle omkyk, dit is vir 
ewig ook julle lot. 


Openbaring 1868 
In hierdie raaisel…

Donderdag 28 Maart 2013 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ waarom baar homosapiens sy eerste oer-astronoom 
want daardeur word die aarde met ‘n vreemde dodelike 
kiem beloon. In die helder verwarrende kleure van, onder 
andere, 'n koudbloedige reptielagtige persoon, 'n paddastoel 
en ook ‘n vreemde Anemoon, skuil daar ‘n groot gevaar wat 
versteurings veroorsaak tot in die kleinste atoom. 

So begin daar ook in hierdie tyd ‘n snelwerkende mutasie 
wat voed op veral glukogeen en dit verander die D.N.A van 
mens en dier se hormoon en dit beïnvloed hulle gevestigde 
groeipatroon. Daarvoor help geen medikasie, van antibiotika 
tot kortisoon en deur urine-uitskeiding besoedel dit menig 
waterbron en elke helder stroom. Terwyl menig plant en 
boom daardeur al hoe kleiner en swakker begin vertoon 
sodat 'n minderwaardige suurstof oor die aarde loom en 
daardeur begin die kankergewas die mens in al hoe groter 
verskrikking hoon. 

In die begin, in die tuin van Eden was alles sonder mikroskopiese 
indringers heeltemal rein en skoon. Maar in die sondeval het satan 
homself in meer as net die mens gekloon en daarom het die dood 
in elke lewende organisme kom woon om as heerser oor die lewe 
uit te kan troon en daardeur verander die verganklikheid die mens 
se aardse bestaan in 'n tydelike illusie-droom. Waar die onsterflike 
siel slegs in hoop deur die geloof en liefde in ‘n geestelike realm 
in ewige realiteit kan woon. 

In hierdie raaisel wat menigeen in frustrasie sal hoon, word aan 
die einde van hierdie tydvak slegs die verseëldes daarvan verskoon, 
want ewige genesing word slegs in die werke van die Vrug van die 
Boom van die Lewe vertoon en so word slegs die uitverkorenes 
deur die weergeboorte met die ewige lewe bekroon om die nuwe 
stad Jerusalem op ‘n skoon aarde te kan bewoon. 


Openbaring 1869 
Siek en gesond- siek en gesond...
Vrydag 29 Maart 2013 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kyk, dit is Paasfees en 'n valse vredes-lam se gevaarlike tande is 
afskuwelik ontbloot en suur is die wêreldraad van kerke se wyn 
en papvrot hulle brood, want hulle groot valse vredevors word nie 
aan 'n folterpaal gedood. Maar iemand word siek en gesond- siek 
en gesond... maar uiteindelik gaan hy tóg dood. 

En so staan goed en kwaad teenoor mekaar en ‘n duiwel vra 
aan ‘n engel: Gaan ons in ‘n weddenskap iets uitloot, ja, gaan 
ons nou daaroor akkoord. Maar die engel lag terwyl hy sy 
gevaarlike swaard nou ontbloot en ‘n wit lam en ‘n swart skaap 
word op dieselfde dag die slagpale ingestoot en die paashaas 
rek sy oë hieroor uitermatig groot want hy weet, sy vrugbaarheid 
is nie net in nood maar lê vir altyd dood. So lê ‘n reënboognasie 
binnekort gestrand in ‘n baie breë diep sloot en die sloot word 
net dieper en wyer want 'n massagraf word vergroot. 

Kyk, om die hawens van Suid-Afrika vaar daar ‘n gemengde 
vloot en in die middel daarvan skuil in die dieptes ‘n gevaarlike 
duikboot. In ‘n doodsaluut klink daar die eerste skoot en ‘n volk 
roep uit: O’ wee! Kyk net hoe groot is ons nood. So gryp menig 
vrymesselaar en liberalis oorhaastig na hulle paspoort en die 
res hardloop elkeen bang en verbouereerd na hulle eie soort. 

Maar 'n tweestryd het teen tyd verloor terwyl ‘n konserwatiewe pa 
sy liberale dogter brutaal van hom wegstoot. So begin bloedbroers 
mekaar ook nou openlik te verstoot, terwyl ‘n ma aan haar liefling- 
seun sê: Jammer, maar ek en jy het aan verskillende gelowe 
behoort. Goed en kwaad staan nou teenoor mekaar en ewig nooit 
gaan hulle weer oor iets met mekaar akkoord en in bloedbande lê 
die liefde deur verkeerde besluite vir altyd morsdood. Want kyk, 
die ware Wit Lam word weer vir silwer uitverkoop en daarom lê 
die swartskaap in hierdie moderne tyd binnekort ook morsdood. 


Openbaring 1870 
'n Swart bees.
Sondagnag 31 Maart 2013

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n droomvisioen kom die volmaan ‘n paar keer na mekaar op 
waarna die donkermaan sy voorbeeld volg en drie groot lywige 
swart mans meld hulle aan vir ‘n werk. Waarna hulle begin om 
‘n groot swart bees te slag. Iemand gee hulle opdrag om die dier 
se vel vir die toedraai van 'n liggaam eenkant te hou. Hulle begin 
in ‘n ritueel om ook die dier se ingewande (pens) spierwit te krap. 

Dit alles geskied terwyl die stem van ‘n voorvadergees in 
herhaling waarsku dat dit sleg met die kinders van Afrika sal 
begin gaan op die dag wanneer hulle die afgestorwe liggaam 
van ‘n koning, op sy familie na, vir almal sal uitstal.  


Openbaring 1871 
Babel- toe en nou.

Maandag 1 April 2013 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In eenvormige eenheid het die mens eens vir hulle ‘n stad gebou, 
ja, met ‘n toring wat sou  wegraak in die hemel se blou. So daal 
Elohim neer om die stad en toring te sien- deur mensehande 
gebou. Nadat Hy dit teleurgesteld sou aanskou het Hy gespreek 
en gesê: Kyk, daar is hulle nou en luister, in een taal is hulle klaar 
besig om in godslasterlike spraak My uit te jou en dit is maar net 
hulle begin om in alles te verbrou. So, laat Ons neerdaal om hulle 
van hulle bose werke te weerhou en laat Ons daarom hulle taal 
verwar sodat hulle nie verder aan hulle bose stad, Babel, kan bou 
en so het God deur grense, volke en nasies uitmekaar gehou. 

Maar duisende jare later besluit die mens om hulle weer slimmer 
as God te hou en kyk, in enorme getalle begin hulle, om veral deur 
hulle kerke, agter die valse engel van lig, ja, agter ‘n valse Jesus 
aan te tou en aan die hoer van Babilon, aan dié sweer hulle toe 
hulle ewige trou. In ‘n mengelmoes kardoes begin wit en swart, 
vrou met vrou, man met man, asook Christen, Boeddhis, Hindoe 
en Moslem met mekaar te trou en Engels word as hulle 
eenwêreldtaal uitgehou. So begin satan daardeur weer vir 
homself 'n eenwêreldnasie oor die aarde uit te bou en daardeur 
is die mensdom besig om vir hulleself ‘n diep donker graf te grou. 

Kyk, die uurglas loop leeg en die maat raak vol en Elohim sê aan 
Sy gerubs, Sy aartsengele , Sy skale en profete, kom, laat Ons 
neerdaal om hulle werke te aanskou en Hy sê: Kyk, daar is hulle 
in hulle boosheid weer nou en in 'n eengruweltaal, Engels, is hulle 
klaar weer besig om My godslasterlik toe te snou terwyl hulle hul 
bose werke weer ver bokant My troon probeer bou. Maar hierdie 
keer het die mens sy perke heeltemal oorskry en hulle het te veel 
verbrou. So, laat ons hulle nou op ‘n handvol na heeltemal 
verwoes en uitwis sodat hulle nie verder aan hulle bose werke kan 
bou. 

En terwyl Elohim Sy Septer uithou begin die laaste gedeelte van 
die boek van Openbaring oor die aarde ontvou en terwyl die skale 
een vir een val begin die wêreldpopulasie verskrik te rou. Maar dit 
is te laat want kyk, die ewige dooies het deur die werke van hulle 
hande net hulle eie graf gegrou. 


Openbaring 1872 
Uitgestal op rooi fluweel.
Maandag 1 April 2013 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel lê daar ‘n pronkstuk 
van 'n baie kosbare juweel en ‘n bankier en ook ‘n mafiabaas 
besit daarin 'n aansienlike aandeel en ‘n baie dom koningin 
weet nie eers sy is lankal besteel. 

Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel lê die bankwese se 
goue sleutel en kosbare seël en Suid-Afrika se hulpbronne 
word onder die BRICS lande verdeel en Raka, die dief, word 
nou self deur ander besteel. 

Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel staan ‘n glas bloed 
afkomstig vanuit Suid- Afrikaanse prieel en iemand gryp in 
doodsroggel benoud na sy keel terwyl die kerke steeds die 
lidmate se ore met hulle gruwel leuens streel. 

Uitgestal op bloedrooi satyn en fluweel lê daar die dodelike 
kapbyl van ‘n wrede beul en meer witmense word genadeloos 
gedood in bloedige Afrika ritueel terwyl dit die wêreld weinig 
kan skeel. 

Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel lê daar ‘n hart vanuit 
‘n Boere borskas gesteel en dit behoort nou aan Mammon 
want dit klop ritmies so kommersieel. 

Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel lê ‘n jong draak vanuit 
die Ooste geteel en kyk, oor sy kop span ‘n helderkleurige 
sambreel want hy regeer reeds universeel. 

Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel lê ‘n swart kat wat rustig 
spin terwyl sy eienaar oor sy kop streel en kyk, hy ignoreer ‘n 
spekvet rot wat mors in Afrika se laaste goeie meel. 

Uitgestal op dieprooi satyn en fluweel lê ‘n gloeiende kool wat 
rokend smeul en uit dit ontstaan ‘n vonk wat ‘n vuur word en 
niemand kan dit blus of beteuel en kyk, groot brande word 
wêreldstreke en stede se deel. 

Uitgestal op bloedrooi satyn en fluweel lê daar ‘n gevaarlike kiem 
wat vinnig muteer en aanteel en dit ontstaan in die keel en word 
'n globale siekte wat niemand kan heel. 

Uitgestal op diep rooi satyn en fluweel lê ‘n nagemaakte 
waardelose juweel en dit behoort aan globale valuta en elkeen 
voel besteel en die ekonomie beteken wêreldwyd nie meer veel. 


Openbaring 1873 
Elke Dag.
Woensdag 3 April 2013 13:13 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ Elke dag, Aparte dag, so lank het ek op jou gewag, want op elke 
dag het ek met my Elohim my onontbeerlike innerlike interaksie- 
dag, ja, op my eie ewig heilig salig Sabbatdag. 

O’ elke dag, Heilige dag, is jy O' dag, my Messias se geboortedag, 
want waarom sal ek elke kosbaar dag van die jaar verag terwyl 
ek elke nuwe dag Sy Geboorte in my hart verwag. 

O’ elke dag, my Heilige Aparte dag, word jy O’ dag, my Pasga 
dag, waar ek die breek van Brood in Woord bo alles ag, wyl 
ek as sondaar voor U folterpaal op my Verlossing wag. 

O’ elke dag, ja, Heilige dag, staan jy in jou glans as teenvoeter 
vir die duisternis van die nag en so word elke dag 'n unieke 
feesdag waar Sion- Elohim loof en prys terwyl sy sonder 
ritueel vry en ongebonde sing en lag. 

O’ elke dag, my kosbaar dag, word jy my ewig altyd jongste 
dag waar my siel en gees buite tyd en ruimte in ewige liefde, 
my Skepper kan betrag. 

O’ Elke dag, my Agtste dag, hoe skoon en heilig vertoon jy 
daar in jou ewige prag, waar ek nooit weer vir 'n week of jaar 
vir Elohim op `n uitgesonderde feesdag hoef te wag, want elke 
Dag is Sy Dag en die een dag word nie bo die ander dag geag. 

O’ Elke dag, Aparte dag, my Weergebore dag, hoe lank het ek 
nie smagtend op jou gewag want op jou word ek op hierdie 
onbeskryflike Liefdesdag vir ewig een met YaHWeHshua in 
`n ewig nimmereindigende Goddelike dag. 

n.s. 
Graag sonder ek hierdie openbaring uit as een van die 
kosbaarste openbaringe wat ek tot op hede ontvang het. 

Liefde groete in ons Messias 
Judith de Beer. 


Openbaring 1874 
Waar die dweper dweep… 
Donderdag 4 April 2013 06:45 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Daar waar die dweper dweep, daar klap sy sweep en deur die 
redding van armsalige sondaars, daar trek die dweper self sy 
streep. Omdat net die dweper kwansuis die Waarheid weet en 
daarom is hulle altyd besig om ander se sogenaamde boosheid 
te ontleed. 

Daar waar die dweper dweep, word altyd fanaties geleer en 
gepreek en daar word wild gedreig en gesmeek en met die 
opregtes word daar spottend die draak gesteek en almal wat 
van hulle verskil, word verdoem na 'n helse streek. 

Want waar die dweper dweep, daar klap sy sweep en deur God 
se groot reddingsplan, daar trek hulle self ‘n dik swart streep. 


Openbaring 1875 
Wêreldorde lappop. 
Donderdag 4 April 2013 18:05 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar staan ‘n skaal en hy roep: Pasop-pasop! Kyk, daar kom die 
perd van Openbaring aangegalop. Ja, hy roep: O’ kyk, daar kom 
‘n groot gemors want die wêreldorde is net ‘n willose lappop en 
binnekort raak die brandstof en kos skaars en op- en oral staan 
die nasies skielik bankrot en Afrika se infrastruktuur is heeltemal 
papvrot en so is almal globaal nou heeltemal in die sop. Want in 
die tekens van die tyd raak ‘n maghebber se tyd ook op en in die 
gerugte van oorloë daag daar ook ‘n dodelike kiem op en Oos en 
Wes maal rond in ‘n wilde onbeheersde trop, want die wêreldorde 
is maar net ‘n willose lappop. 

Daar staan ‘n engel en hy roep pasop-pasop! Daar is één land en 
hulle het te lank te veel opgekrop en daarom gaan die doodsengel 
oral aanklop want die tyd is verby en God se Genade raak ook nou 
op en die hoop is laag en die goeie geloof lê vertrap in die stof. 


Openbaring 1876 
Die EK. 
Vrydag 5 April 2013 09:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In die diknek van die ego van die eie ek, staan die hoogmoed 
heeltemal van satan deurtrek en in elke gesprek klink daar 
altyd net die woordjie EK.

In die diknek van die ego van die eie ek, is daar in bykans in 
elke geselskap ‘n grootbek wat wil beweer ander is in hulle
denke boos en daarom net ‘n verlore gek. 

In die diknek van die ego van die eie ek, daar nooi mnr./mev. 
perfek graag ander na hulle volmaakte woonplek sodat die 
kan deel in die hoogmoed van hulle eie ek en elke gesprek 
is altyd deurtrek met die woordjie Ek. 

In die diknek van die ego van die eie ek staan daar mense 
wat altyd hul neuse vir God se sondaars optrek terwyl hulle 
met preek en gebed lostrek terwyl hulle God dank hulle is 
nie so sleg soos die verlore sondaargek. 

In die diknek van die ego van die eie ek skiet die ego vraat 
dikwels graag met spek en is hulle goeie werke kwansuis 
ook altyd onbeperk maar die pogings van ander is volgens 
hulle net drek. 

In die diknek van die ego van die eie ek staan daar in menig 
plek ook altyd ‘n kerk en die duiwel hou daar sy eie tipe 
konsert met gemeentes wat in hoogmoed hulle neuse vir 
alles en almal optrek. 

Hoe wys is die nederige man wat homself onttrek, ja, van die 
ego van die eie ek en wat bely deur te sê: Voor my EL is ek net 
‘n swakke sondaargek en kyk, voor die Allerhoogste en ander 
sondaars ken ek liewer my nederige plek terwyl hy sy eie swak 
hand uitsteek om mede sondaars te probeer optrek. 


Openbaring 1877 
Wyl die kritiek oor my gaan.
Vrydag 5 April 2013 14:36
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek dank U, O’ Vader, vir die kritiek wat daagliks oor my gaan, 
want U leer my daardeur om my nederig deur ander te laat 
vermaan, sodat ek in my hart U Goeie Weë meer duidelik kan 
verstaan. O’ Vader, hier waar ek as sondaar voor U staan, leer 
my ook om U Wet in elke opsig te kan verstaan en help my in 
my weg waar ek oor die aarde gaan, sodat ek U in geen opsig 
mis sal verstaan en U daardeur miskien sal verontagsaam. 

Sal U daarom stap vir stap U Wet weer opnuut met my deurgaan, 
sodat ek nie in aanbidding ‘n ander god of gesnede beeld voor 
my aangesig sal laat staan en U daarom nie my nageslag in U 
toorn met my straf sal slaan. Maar maak my aan U trou, sodat 
U Goeie Goedertierenheid vir ewig oor my kan gaan. Help my 
ook dat ek U Grote Naam nie ydellik vir eie gewin oor my sondige 
lippe sal laat gaan en U straf daardeur ver van my sal staan. 

U is my Rus, U is my Sabbat, laat ek daarom U, Ewige Sabbat 
heilig met geheel my klein bestaan en ek sal weet, U het ook 'n 
rusdag vir my aardse liggaam beraam, waarin ook geen ander 
mens of dier in hulle arbeid vir my hoef krom te staan. Maar leer 
my ook dat die grote liefde nie onder hierdie wet hoef te vergaan, 
maar dat ek vir my naaste in nood op die menslike Sabbatdag 
mag naderstaan, want so dikwels is die kalf in die put en daarom 
moet die liefdeswerk mildelik voortgaan. 

My aardse vader het lankal reeds heengegaan en my gryse 
moeder is ver van my vandaan, leer my daarom om al my 
naastes te eer, sodat ek ook hierdie Liefdeswet volkome 
kan verstaan. Maar nie sodat my aardse dae verleng mag 
word, maar sodat ek na U in U Vaderhuis mag gaan. Deur 
U Genade het ek nog niemand dood geslaan en in verbastering 
en egbreek wil ek ook regtig nie naderstaan en as ek ander se 
besittings sou begeer om daardeur te begin te steel, laat my 
daaroor, myself morsdood skaam. Maar bowenal vra ek U om 
dig teenaan my te staan en my te bewaar, sodat geen valse 
getuienis van my naaste oor my lippe sal gaan. 

O’ Vader hier waar ek as sondaar voor U staan, leer my weer 
en nog ‘n keer, dat ek met geheel my hart, siel en liggaam in 
liefde vir U oor sal gaan en om my naaste lief te hê soos myself 
dit moet ek asseblief ook duidelik verstaan. Want aan hierdie 
gebod hang elke wet en ook die profeet en daarsonder sal elke 
lewende siel verseker heeltemal vergaan. 


Openbaring 1878 
Die Nuwe Vrederyk.
Saterdag 6 April 2013 14:05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n dimensie so skoon, wyd en oop, daar op 'n nuwe aarde 
waar geen sonde hoort. Op daardie plek waar ligengele tussen 
mense rond gaan loop en waar YaHWeHshua vir ewig saam 
Syne gaan woon op ‘n nuwe gereinigde aarde in die volmaakte 
oord. 

In die Nuwe Jerusalem met net die Liefde as die wagwoord 
en waar haat geen uiting kan vind in broedermoord. Ja, daar 
waar Vrede heers as die enigste antwoord en waar elke gees 
alleenlik voed op Elohim se Lewende Woord. 

Op die nuwe aarde- rein, wyd en oop, op daardie plek waar 
Melgisedek-priesters tussen mense rond sal loop terwyl 
engelekoor sal opklink in suiwer noot. Ja, op daardie plek 
waar satan en demoon ewig nooit weer die opregtes kan 
beskimp of hoon, want op daardie plek groei ewig Elohim 
se Wonderboom en die Boom se Olie en Vrugte maak elke 
eersteling vir ewig rein en skoon. 

In die nuwe stad Jerusalem waar net dit wat rein vanuit 
Jakob is mag woon. Op daardie plek waar geen gevalle 
engele hulle self weer in kan kloon, ja, op daardie plek 
word Nagash en sy werpsels ewig van verskoon want 
niks onrein mag ewig ooit hierdie skone plek bewoon, 
want hier ontvang die weergebore kind van Elohim sy 
verseëling loon. 

In ‘n dimensie so ewig wyd, oop en skoon, op daardie 
plek waaroor die kind van God nog altyd droom, ja, van 
die nuwe vrederyk met die nuwe stad Jerusalem waar 
aartsengele tussen mense rond sal loop. Kyk, in die 
middel van daardie stad staan Elohim se Troon en op 
Sy Waardige Hoof skyn 'n Ewig Lewend son as Sy 
kroon en daar ontvang die weergeborene van Hom 
sy loon. 

In die nuwe stad Jerusalem waar honderd-vier-en-veertig- 
duisend vrygekooptes van die aarde gaan woon met niks 
onrein wat tussen hulle sal woon want in hierdie Suiwer 
Huishouding van Elohim voer slegs Sy Waarheid en Liefde 
ewig die bo-toon en hier word elke wese van die wet 
verskoon omdat geen sonde in wetsoortreding ooit weer 
in hulle kan woon. 


Openbaring 1879 
Turkye
Maandag 8 April 2013 01:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek word wakker met die woord Turkye wat deur my kop maal 
en ek sien 'n stad met baie koepels en ek wonder of dit `n stad 
van Rusland of Turkye is. In die middel van hierdie stad staan 
daar op `n plein 'n enorme groot mandjie vol stekelrige turksvye
en ek neem aan hierdie leidraad verwys wel na Turkye. Skielik 
sien ek `n reuse hand verdwyn in die mandjie met turksvye 
waarna die hand verskeie van hierdie turksvye wat oortrek is 
van stekelrige dorings na verskillende Westers-Europese lande 
asook Amerikaanse state slinger. 

Hierna sien ek `n tweede mandjie vol van edel vrugte naas die 
mandjie met turksvye staan. Ek sien hoedat dieselfde hand van 
hierdie edel vrugte aan veral Oosterse lande begin te uitdeel. 
Griekeland asook ander lande staan bakhand vir hierdie vrugte 
nader. Maar die mandjie val om en ek sien die res van die vrugte 
uitrol en alles is papvrot. 


Soos u sou agterkom het die vorige ses openbaringe nie op 
hierdie blad verskyn nie maar dit was wel op die alternatiewe 
openbaringe blad. Maak daarom asseblief seker op die 
alternatiewe blad.


  


Openbaring 1880 
Sien Siener sien
Dinsdag 9 April 2013 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar roep ‘n stem: Sien Siener sien en kyk wat word daar nou 
vir die nasies opgedien en vertel vir ons wat is feite en wat net 
miskien en wat kom daar oor die wêreld wat die mens verdien. 

So word die Siener se gesig geopen sodat hy kan sien en kyk, 
daar voor hom lê uitgesprei die grote diereriem en oor dit alles 
troon ‘n draak van groot menslike aansien en terwyl helder 
oordeel-bliksemstrale ‘n duisternag deurpriem, val daar in die 
helder flitse, skale wat die wêreldling nie gaan ontsien. 

En die Siener sê: Kyk, ek sien Sjina en ander lande, onderdruk 
die ware feite van ‘n dodelike kiem en ek sien ‘n lyk in staatsie 
van groot aansien met ‘n eerbetoon wat dit nie verdien. Ja, ek 
sien ‘n reuse aardbewing wat die mensdom lankal reeds verdien 
en groot vloedgolwe van ver gesien. 

So roep daar ‘n stem: Sien Siener sien- en kyk wat word daar 
vir geheel die wêreld opgedien en vertel vir ons wat is feite 
en wat net miskien en wat kom daar oor die wêreld wat die 
mens verdien. 

En terwyl die Siener sien roep hy: Kyk, daar ver in die grote 
diereriem kom ‘n ruimte-wandelaar wat die kleine aarde nie 
gaan ontsien en dit is ‘n dwaalster van groot aansien en in 
sy pronkerige stert is daar meteoriete soos nog nóóit gesien 
en kyk, daar in dieselfde diereriem staan twee gedrogte 
teenoor mekaar, die Gog en Magog, wat mekaar se wraak 
verdien en oral op die aarde word net oorlogsrook gesien. 
Kyk, dit alles is vir die lewendes ‘n voldonge feit maar vir 
die dooies net ‘n groot miskien. 

Openbaring 1881
’n Vergeldings-uur vir iemand gestuur.

Woensdag 10 April 2013 06:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Hoe lank moet Elohim die boosheid in die midde van 
Sy verseëldes nog verduur. Wee daarom die een wat 
sy bose werke op God se Woord probeer bestuur want 
verstikkend is die rook en die atmosfeer is 'dik van vuur'. 
En kyk, ‘n oordeelsengel word na ‘n demoon gestuur en 
vóór sy uitwissing kom daar ‘n vergeldings-uur en deur 
die onsuiwer bloed, daar stroom die suur en vir hierdie 
rumatiek is daar nie weer ‘n kuur en niemand kan hierdie 
vreeslike toestand lank verduur. 

Wee daarom die een wat sy bose werke op God se 
Woord probeer bestuur want in helse rook is die 
atmosfeer 'dik van vuur' en die Oordeelskrif staan 
duidelik geskryf daar teen die drukkers-muur. 


Openbaring 1882 
'n Kongolees se naam is Kees

Woensdag 10 April 2013 02:05 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n verwronge skildery trek die kreef in die diereriem krom 
en skeef en die lewe was eens ‘n lied maar nou is sy net ‘n 
kwaai teef. 'n Kongolees se eerste naam is Kees en kyk, hy 
baklei bloeddorstig met sy eie neef en ‘n oorlog in Afrika 
kom stadig maar seker op volle dreef en terwyl die vrees 
aan al wat leef en beef begin te kleef word daar 'n doodskleed 
vir die massas geweef. En terwyl die grotes van die aarde en 
die ryk bankiers steeds gulsig na die hulpbronne van Afrika 
streef, kom daar oor Afrika-menigtes nou ‘n vreeslike 
verskrikkingsgees. 

In die hemelruim trek die diereriem dimensioneel, ja, van 
die stier tot by die kreef, heeltemal skeef en baie soek die 
dood, want hulle reken hulle het nou lank genoeg geleef. 
In ‘n komende hongersnood roep die mensdom hulle self 
nou hees en hulle vra; wie gaan kyk en wie gaan eet, want 
selfs vir die diere van die veld is daar niks te vreet. So klink 
daar binnekort vanuit menig oord ‘n hulpkreet en ‘n profeet 
loer versigtig deur ‘n grot se spleet terwyl hy fluister: Die tyd 
raak nou kompleet en kort voor lank word die mens ‘n barbaar 
wat mekaar in kannibalisme op gaan vreet. 

In ‘n verwronge prent bulk daar 'n pikswart bees, want wie die 
bybel lees sal vind- in die einde van die tye, word groot tekens 
in die hemelruim raakgelees en in die Suide van Afrika roep ‘n 
handvol blankes hulle self tevergeefs nou hees, want óm hulle 
lê verstrooi- die reste van hulle eens spekvet fees en al wat 
oorbly is die ruïnes van hul kerke en ‘n onbeheerste- ongekende 
vrees. 


Openbaring 1883 
‘n Stilte oor heuwel en dal.

Donderdag 11 April 2013 05:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer  
In die ewige naklank van die oerknal, 
met geheel die skepping in ‘n reuse ontploffing uitgestal. 

Wanneer die aarde rondrol soos ‘n speelbal- 
en alles rondskommel in die groot heelal. 

Wanneer die groot stilte uitsak oor elke heuwel en dal, 
en sterre soos vuurwerke op die aarde sal val. 

Wanneer ‘n heuningsoet lewe bitter sal raak soos gal, 
met die weg na die ewige lewe oneindig smal. 

Met die massas in hul verwarring nou heeltemal mal, 
oor ‘n vreeslike vyand in aankoms sonder tal. 

Op die dag wanneer die verseëldes sê: Kom wat wil- ons sál. 
Die goeie weg sal ons bewandel al is dit ook hóé smal. 

In die ewige naklank van ‘n ondenkbare oerknal- 
waar alles rondskommel in die groot heelal. 

Met ook die son wat rondrol soos ‘n reuse speelbal, 
in ‘n melkweg wat uitdy soos ‘n ewige wit wal. 

Met ‘n uitgediende planeet wat uitmekaar begin val, 
terwyl miljarde engele gereedstaan sonder tal. 

Met ons Elohim in hulle midde as die Ewige AL, 
terwyl die verseëldes sê: Ons kán en sál . 

Is daar ‘n kleine planeet aarde met mense sonder tal- 
en daar staan openbaringe se perde, gereed op stal. 


Openbaring 1884 
'n Sendeling se dood.

Donderdag 11 April 2013 15:17 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Luister na ‘n moedswillige engel wat eentonig daar sing, 
ja, met oordeelswoorde wat kerkmure brutaal deurdring 
en terwyl ‘n persoon bybels na Raka, sy vrou en kinders 
bring, begin daar ‘n onlus wat al hoe wyer uitkring. 

Ja, met onlus wat al hoe wyer uitkring word ‘n sendeling 
as teken wreed omgebring en kyk, die siel word na Hades 
en nie die hemel gebring, want deur ‘n valse christenleer 
trek hierdie mens tydens die lewe om ditself ‘n pikswart 
kring en in demoniese spel was dit toe die heeltyd ‘n 
vreeslike binding, want die D.N.A bloudruk van hierdie 
persoon kom vanuit een van ‘n tweeling. En dit is hierdie 
Esau-Edom nasaat en die word in ‘n teken as sendeling 
omgebring en terwyl die onlus in ‘n volksmoord al hoe 
wyer begin uitkring word net al hoe meer sendelinge 
tevergeefs na vore gebring om bybels en nogmaals bybels 
na hulle natuurlike vyand te bring en terwyl die bybels in 
vure brand, dans Raka daarom terwyl hy bulderend sing 
en nog siele van sendelinge word na Hades en nie die 
hemel gebring. 

So, luister na die gemeentes wat droewig op begrafnisse 
sing en luister; daar tussen klink die lied van ‘n moedswillige 
engel wat spottend saamsing. 


Openbaring 1885 
Oproep gerig aan Sion. 
Saterdag 13 April 2013 14:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer  
Met emosie wat op sy hoogste vlak deur ons geestes-are bruis 
sal ons op die vlerke van Geregtigheid en Liefde, U Skepping 
deurkruis en in Barmhartigheid sal ons U vind en weet ons is 
uiteindelik by U tuis. 

Soos wit skuimende watermassas wat donderend dreun en 
druis, ja, met die open van ‘n oorvol dam se sluis terwyl die 
vernietigende watermassas alles in die pad vergruis- net so 
sal ons met 'n ooreenstemmende Goddelike krag die groot 
leuen van nou af met ‘n passie vernietig en vergruis. 

In ‘n bose matrix-wêreld voel ons ons lankal so ontuis, want 
ons is van ons vryheid ontneem en voel daarom dikwels laer 
as die laagste luis en daarom lig ons nou teen 'n bose wêreldorde 
aggressief ons geloofsvuis en deur ons Godgegewe geloof, gedra 
ons ons nie meer langer soos ‘n vreesbevange klein muis. 

Terwyl 'n diep verlange na Elohim deur ons harte bruis en ons 
hartstogtelik wens dat Hy, net soos met Adam, in ‘n Koel Bries 
om ons sal suis en daarom dra ons van nou af gedetermineerd 
ons kruis en weet ons daardeur is ons dalk binnekort in ons 
weergeboorte by Hom tuis. 

In 'n bose wêreld, met ook die kerke lankal nie meer pluis, terwyl 
die mensdom hulself net gelukkig ag met hul aardse skatte veilig 
agter slot en grendel in ‘n bankkluis, terwyl hulle die laaste opregte 
naasteliefde brutaal in hul hart vergruis. Só raak dit deur hierdie 
liefdelose handeling tyd en hierdie tydvak gaan binnekort verby 
met ‘n groot gedruis. 

Maar met Sewe Geeste wat op die hoogste vlak deur Sion se are 
borrel en bruis begin sy op die vlerke van Goddelike Liefde, Elohim 
se grote Skepping deurkruis en deur Sy Barmhartigheid sal sy Hom 
vind en Sion sal weet, sy is uiteindelik verseker tuis. 


Openbaring 1886 
Daar bars ‘n bom
Sondag 14 April 20 11:05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar staan ‘n magtige leier en hy is baie slim, maar 
terselfdertyd ook 'n bietjie dom en kyk, ‘n donker nag 
is bykans om en in die middel van die dag staan nou 
loodreg, die son. Maar ek sien daar bars ‘n bom en 
die wêreld staan stil-verstom, want die valse vrede 
was die heeltyd in die Verenigde Nasies in ‘n vals 
geloof vermom. 

Daar staan 'n magtige leier wat gevaarlik grom terwyl 
hy self nie werklik weet wat is daar aan die kom, want 
vanuit die mikroskopiese wêreld is daar ook 'n groot 
gevaarlike oorlog aan die kom en menigtes staan 
binnekort van 'n siekte heeltemal hulpeloos en krom 
en sodoende kom daar ook duisende lug- voet- en 
vlootsoldate om, want die bose is in ‘n duisend gesigte, 
goed vermom. 

Daar staan nou vier magtige leiers en al vier is in 'n 
onuitkombare situasie vasgegom en skielik bars daar 
op baie plekke nou ‘n bom en kyk, in Afrika verstil heel 
eerste die oorlogdrom, want miljoene is besig om van 
siekte en honger om te kom en ‘n regstellende massa 
vra verskrik-onnosel waarom. 

Daar staan ‘n magtige leier en as hy sou weet wat is 
daar aan die kom sou hy sy soldate gebruik voordat 
hulle om sou kom en die VN sou lankal die swye 
bewaar het in hulle skynheilige pardon, want ‘n werklik 
groot vyand is besig om gevaarlik te grom en dit is ‘n 
voorwerp wat vreesaanjaend vanuit die ruimte kom, 
sodat ‘n groot aardbewing oor die aarde gaan kom. 


Openbaring 1887 
Gee my daarom net…
Dinsdag 16 April 2013 00:05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wyl ‘n oordeelskaal 'n wêreld woedend aangluur sê hy: Kyk, die 
weer is oraloor baie guur, gee my daarom net ‘n handvol vuur 
sodat ek dit met mag en menig na die aarde kan stuur, want kyk, 
die skrif is aan die muur en soldate word wêreldwyd rondgestuur 
en oraloor klink daar globaal geweervuur wat vir ‘n onbepaalde 
tyd voort kan duur. 

‘n Wese roep: Luister net na ‘n mal mensdom se geskreeu, want 
hulle weet daar kom nie weer nog ‘n eeu- O’ gee my daarom net 
‘n handvol sneeu want in die koue vrek van voëlgriep die heel 
laaste meeu en ook pikswart spreeu en terwyl ‘n bose mensdom 
van pyn gaan skreeu, brul in oorwinning nou daar, ‘n heilige Leeu. 

Kyk, daar speel ‘n heilige engelkind en hy sê: dit raak tyd om satan 
vir ‘n duisendjaar te bind. O’ gee my daarom net ‘n handvol wind 
sodat orkaan en tolwind in Europa en veral Amerika groot dele kan 
verslind want die Weste was mos heeltemal verblind en so raak dit 
tyd vir baie lyke om te ontbind. 

Daar sit ‘n enorme engel doelloos rond en hy sê: Oraloor daar 
hardloop nou die pikswart hond en die wêreld is nou heeltemal 
ongesond en tussen mens en God is daar meer geen verbond 
want menig siel word verhandel vir ‘n Euro, ‘n Dollar en ‘n Pond. 
O’ gee my daarom net 'n handvol grond en kyk, menigtes lê 
binnekort deur natuurkragte erg beseer en noodlottig gewond. 


Openbaring 1888 
U IS DIE EEN.
Dinsdag 16 April 2013 19:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ‘n gevangenis sit daar eens 'n baie eensame een en hy voel 
homself so Godverlate, verstote en alleen en terwyl hy hartseer 
ween laat weet hy wanhopig deur ‘n bode; is U werklikwaar Die 
Een?. 

Daar sit 'n wêreldling vasgevang in sy skatte, eensaam en alleen 
en terwyl hy oor soveel foute in sy lewe droewig ween wil hy in 
sy gebede weet en hy sê: ek voel so Godverlate en alleen, is U 
daarom werklikwaar die Een? 

Daar sit ‘n kerklidmaat in ‘n selfgeskepte kerker so verwese en 
alleen en hy voel om die een of ander rede van alles en almal so 
Godverlate en vervreem, terwyl hy wanhopig vra: is U werklikwaar 
die Een? 

Daar sit ‘n kleine sondaar so verstote en alleen en kyk, die hele 
wêreld staan hom in alles teen maar hy voel homself in die 
teenwoordigheid van Elohim nooit alleen en daarom roep hy 
triomfantlik: "U IS WERKLIKWAAR DIE EEN". 


Openbaring 1889 
Wanneer Lig duisternis hoon. 
Woensdag 17 April 2013 17:27

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Op die wysie van die suiwer kronieke het ek gehoor hoe 
die LIG die duisternis uittartend hoon en kyk, so spreek 
YaHWeH Elohim op hierdie dag met gesag vanaf Sy Troon 
en Hy sê: Op die dag van My toorn sal Ek Jakob se vyand, 
nie een van die dood verskoon, maar Ek sal hulle boosheid 
vergeld en elkeen van hulle kry sy vernietigende regmatige 
loon en in Afrika sal Ek heel eerste My Woede kom vertoon. 

Ja, daar vér in die Suide waar My handvol suiwer edelkoring 
nog woon, daar maak Ek van die Ooste na die Weste, ook van 
die Suide na die Noorde alles silwerskoon en van die Limpopo 
tot by die Oranje-stroom- daar waar die kaalvreters in hulle 
duisende maal duisende getalle woon- daar sal My vreeslike 
Oordeel almal van hulle in vernietiging oorstroom. 

Op daardie dag van My Toorn en Oordeel sal Ek My simpatie 
slegs aan My suiwer kronieke toon en kyk, nie een van My 
aartsengele sal op daardie dag een oomblik skroom, ja, om 
die vyand van Jakob, sowel as die verrotte blanke liberalis 
te verskoon en hulle sal die vertrapte mismaakte land met 
vure van vreeslike oordeel omsoom. 

Op die wysie van die suiwer kronieke het Elohim die noodroep 
van Sy kinders aangehoor en Sy dag van Oordeel het naby 
gekom en Hy gaan Hom in Sy Woede aan geheel die wêreld 
kom vertoon. En so het ek op hierdie dag gehoor hoedat die 
Lig die duisternis uittartend hoon. 


Openbaring 1890 
Die Woord vanuit drie dimensies.
 
Vrydag 19 April 2013 11:55  
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer  
Dit is baie laat in die oggend en ek sit met my bybel in my hand en 
ek vra: Abba Vader, neem asseblief my hand en open U self vir my 
die skrif na die behoefte van my gees en verstand en so val my 
bybel spontaan oop met bladsye aan beide kant, ja, dit val presies 
oop tussen die ou en nuwe testament in 'n niemandsland en ek wil 
weet; waarom voel ek my tussen hierdie twee testament-periodes 
so gestrand en kyk, die Gees doen die volgende aan die hand en 
Hy sê: Trek tussen die twee die nodige verband en lees die laaste 
en eerste twee verse as ‘n eenheid aan beide kant. 

En ek lees: Ek stuur julle die profeet Elia, vóór die groot en 
vreeslike dag van Elohim aanbreek en hy sal die hart van die 
vaders terugbring tot die kinders en die hart van die kinders 
tot die vaders, sodat Ek nie hoef te kom om die land met die 
banvloek te tref nie. En die geslagsregister van YaHWeHshua, 
die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die 
vader van Isak en Isak was die vader van Jakob en Jakob was 
die vader van Juda en sy broers. 

En die Gees in my het weer gespreek en gesê: mensekind, 
gebruik jou gesonde verstand en jy sal sien Elia het vanuit 
die ou testament as Johannes die doper, ja, as die voorloper 
van die Messias self vanuit en weer in die suiwer kronieke 
kom land om as ‘n lamp, ja, as ‘n eerste lig in die duisternis 
te kon brand sodat die son van Elohim as die Ware Opvolg 
oor die wêreld in ‘n Suiwer Leer kon brand. 

So, dit is laat, baie laat in die oggend maar ek weet dit is ook 
reeds baie laat in die aand en ek sit nog steeds met my bybel 
in my hand en ek vra Abba Vader vat weer my hand en open 
U skrif weer volgens die behoefte van my gees en verstand 
en so val my bybel weer spontaan, maar die keer op die heel 
einde oop met twee blanko velle papier aan beide kant en 
tussen hierdie suiwer skoon papier is ek weer in ‘n geestes- 
niemandsland, want na die laaste woorde van die boek van 
Openbaring, wat wag daar vir die mens aan die ander nuwe 
kant. 

En vanuit drie dimensies hoor ek drie stemme in Een Stem 
sê; Kyk, Ek stuur julle weer die profeet Elia voor die groot en 
vreeslike dag van Elohim aanbreek en hy sal die hart van die 
vaders terugbring tot Sion en Sion se hart weer terugbring tot 
die oorsprong van die suiwer kroniek en in hierdie edelloot sal 
die Verlosser in heerlikheid kom land sodat die Lig van Elohim 
as ewige Son in Heerlikheid oor die nuwe stad Jerusalem sal 
brand. 


Openbaring 1891 
'n Aardbewing ook in Afrika. 
Saterdag 20 April 2013 12:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek voel die kragtige geruk en skud van 'n aardbewing asof 
dit deur my gaan en ek vermoed dat behalwe vir ‘n eiland 
en ander kontinent daar ook ‘n kragtige aardbewing in Afrika 
gaan plaasvind. 


Openbaring 1892 
Die wolvlies.
Saterdag 20 April 2013 14:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wanneer die twee olyftakke, as profeet en rigter, weer 'n wolvlies 
as teken op die dorsvloer oop sal vou. Sodat Elohim se Gees 
daarop neer kan daal soos vroeë môre-dou. Wéét, die wolvlies is 
‘n eindtyd-oorblyfsel vir die nuwe stad Jerusalem uitgehou. Kyk, 
op daardie dag staan daar voor die Troon ‘n vrou en op haar 
voorhoof staan daar geskryf 'diep berou'. Terwyl sy beide haar 
handpalms weerskante van haar na bo uithou en sy in elke hand 
saggies ‘n spierwit tortelduif vashou, begin die spierwit vlerke 
van twee gerubs haar skielik beskermend toe te vou. 

En almal sal vra: Waar kom hierdie vrou vandaan en waarom moet 
sy saam die rigter weer so vinnig na haar plek van voorbereiding 
in die wildernis gaan. Maar die stem van ‘n profeet sal bly vermaan 
en sê: Die sekel sal nou met mag en mening begin te slaan en die 
lem sal keer op keer deur die oes gaan en net 'n oorblyfsel uit die 
Boervolk sal as die dogter van Jerusalem verstaan dat Sion as 
driehonderd Melgisedek priesters die volk vooruit sal gaan om 
satan as die globale vyand te verslaan. 

So, let op die dag wanneer die twee getuies die wolvlies weer as 
teken op die dorsvloer oop sal vou sodat Elohim se Lewende 
Gees daarop uit kan dou want op daardie dag sal die dogter van 
Jerusalem en Sion onthou dat die groot dag naby gekom het waar 
hulle Elohim ewig in hulle midde sal kan aanskou. 


Openbaring 1893 
Wanneer die Gees baar…
Sondag 21 April 2013 10:07
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Op die dag wanneer die Gees opnuut begin baar 
sodat die storm in Sion se hart en siel kan bedaar. 

Ja, op die dag wanneer ‘n heilige kleuter vir die 
tweede en derde keer verjaar en die eekhoring 
sy voorraad fluks vir die winter begin vergaar. 

Op die dag wanneer Sion 'n nuwe heilige diepte 
in haarself gewaar sodat die Bruidegom uitroep: 
Kyk, Ek is nie meer langer ‘n eensame Wewenaar. 

Wanneer die magtig donderende dreuning van die 
golwe van die oseaan bedaar sodat die Meester 
saam Sy hedendaagse Melgisedek vissers op ‘n 
spieëlgladde see kan vaar. 

Ja, aan die einde van die herfs met die val van die 
heel laaste blaar en die verseëldes uit die Boervolk 
nie meer langer treurend op die ashoop sit soos ‘n 
bedelaar. 

Op die dag wanneer hedendaagse Emanuel-gangers 
(Emaus) in verrukking om hulle sal staar terwyl hulle 
die Gees in Lewende Lywe om hulle sal gewaar. 

Op die dag wanneer die kind van Elohim die groot 
gruwel op Sy Altaar gewaar en die vrees in hulle hart 
nie wil bedaar moet die verseëldes van Elohim, net 
YaHWeHshua se vrede in hulle harte ervaar. 

Op die dag wanneer die Gog en Magog hulle 
onderskeidelik by mekaar vergaar en die wêreld 
maak homself vir die derde wêreldoorlog klaar, 
moet die verseëldes weet hulle word uitgespaar. 

Wanneer die vyeboom bot en harte in angs nie 
wil bedaar moet Jerusalem en Sion weet, om húlle 
is daar Elohim se grote engeleskaar. 

Op die dag wanneer die Gees opnuut begin baar 
sodat Sion in verrukking uitroep: Kyk, ek het my as 
suiwer maagd vir my Bruidegom uitgespaar. 

Ja, op die dag wanneer ‘n heilige kleuter vir die derde 
keer gaan verjaar en die eekhoring sy voorraad fluks 
vir die winter begin opgaar... 


Openbaring 1894 
Onverklaarbare weersomstandighede.

Maandag 22 April 2013 23:11 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In dele van Amerika en Asië raak dit dor en nêrens is dit bietjie 
klam. Maar oral waar jy kyk is dit net vuur en vlam en van hitte- 
uitputting voel baie moeg en tam.  

Maar in ander dele van Amerika en Asië reën dit onophoudelik 
met water wat oral opdam en oorversadig wil die aarde nie meer 
dreineer en oraloor vorm daar nou ‘n waterpan en so raak menig 
infrastruktuur daardeur totaal verlam. 

Maar in Afrika, daar onder die ewenaar in die streke van Gam, 
daar bibber van die koue, menig baie donker stam en selfs daar 
in die Kalahari, in die verre land van die San, is dit spierwit sneeu 
wat daar teen die rooi duine hang. 

In Europa weet die mense nie meer wat is met die weer aan die 
gang, want in sonskyn, hael, donderweer en windstorms weet 
hulle nie meer wat om te ontvang, want verspoelings en droogtes 
loop hand aan hand en vreemde modderstortings gaan ook hulle 
eie gang. 

En so maak die vreemde weersomstandighede die mensdom 
wêreldwyd nou bang en die weerburo beweer daar is iewers in 
die lang gras 'n vreemde slang. Maar daar is ‘n paar wat weet 
dit is Nibiru’s stert wat daar in die kosmos in die weg van die 
wentelbaan van die kleine aarde hang. 


Openbaring 1895 
Vier aartsengele in vergadering. 
Donderdag 25 April 2013 17:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vier aartsengele kom in vier elemente saam om in 'n baie 
ernstige gesprek teenoor mekaar te staan. So klink daar op 
die melodie van die wind ‘n sopraan en terwyl dit in suiwer 
frekwensie as ‘n rimpeling oor die waters gaan, nooi hierdie 
verruklike stem die water: Kom ons gooi ons kragte saam en 
op die vleuels van my konveksiestrome neem ek jou met my 
in die atmosfeer saam en kyk, ook die vuur sal in hierdie aksie 
in ons midde kom staan en in die krag van donderweer sal hy 
sy bliksemstraal na die aarde toe slaan en die Aarde sal verstaan 
dat ook sy haar plek in hierdie oordeel vol moet staan. En so 
begin daar 'n verskriklike storm oor die aarde ontstaan terwyl 
vier aartsengele hand aan hand in ‘n volmaakte sirkel, eers 
om die son en dan die maan in 'n vog sirkel staan. 

So roep Migael uit en sê: My broers, dit raak tyd om mekaar mooi 
te verstaan sodat die skale van Openbaring in vervulling kan gaan, 
ja, sodat groot streke op die aarde kan vergaan. Na hierdie rede 
roep hy Gabriël luid op sy naam en hy vra: Hoe lank nog voordat 
jy die groot aardbewing oor die aarde sal laat gaan en Gabriël  
antwoord: Die tyd is klaar bereken en beraam en kyk, saam met 
die uitbreek van 'n dodelike kiem sal ek wreed toeslaan en die 
aardbewing sal vernietigend oor groot gebiede gaan. 

So roep Gabriël nou vir Rafael luid op sy naam en hy vra: Wanneer 
gaan die grootste windstorm ooit oor die sondige mensdom gaan- 
en Rafael sê: kyk, my broers, dit moet julle ook mooi verstaan, my 
kom en gaan word bepaal waar ons Meester ook al besluit om 
heen te gaan en kyk, Hy is op pad om eers as ‘n koel bries na die 
berg van Sion heen te gaan, waarna Hy in die ergste wilde storm 
ooit oor ‘n sondige wêreld sal gaan en wéét, op daardie dag is dit 
te laat vir ‘n berouvolle traan, want ‘n groot deel van die mensdom 
sal ook in hierdie kataklisme vergaan. 

Hierna roep Rafael vir Uriël luid op sy naam en hy vra aan hom 
wanneer die oordeel van die soutwater oor die aarde sal gaan 
en Uriël antwoord en sê: Die oordeel van die water sal as ‘n reuse 
vloedgolf na Gabriël se groot aardbewing oor verskeie streke van 
die kontinente gaan en op daardie dag sal ‘n bose wêreld mooi 
verstaan wat dit beteken om Elohim uittartend teen te staan. 

Na hierdie rede roep Uriël weer vir Migael luid op sy naam en hy 
wil weet wanneer die groot vure van suiwering oor die aarde sal 
gaan en Migael sê: My vlammende swaard sal in ‘n baie groot 
oorlog oor die aarde gaan en terwyl engel en demoon teenoor 
mekaar sal staan, sal ook die Gog en Magog mekaar in uitwissing 
heeltemal verslaan en terwyl alles wat boos is oor die ewige 
afgrond sal gaan sal satan verstaan, dat in sy duisendjarige 
binding is hy weereens deur die grote krag van Elohim, 
heeltemal verslaan. 


Openbaring 1896 
Wat beteken Sion…
Saterdag 27 April 2013 09:44 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Iemand wil weet wat beteken Sion. 

‘Sy Wil’ of ‘My Wil’- want Hy het eerste gekies (uitverkiesdes) 
wie Hy Wil en daarna het Hy die uitverkiesdes toegerus met 
'n vrye wil om volgens hulle liefde op hulle beurt te kies. 

Geen mens, of dit nou Jood, vrymesselaar of enige lid van 
'n Zionistiese geloofsgroep is, kan deur die woorde ‘ek wil’ 
'n uitverkiesde en daardeur Sion word nie. Dit kom daarop 
neer dat die Bruidegom vir Hom 'n bruid volgens Sy keuse 
kies, haar daarna met die ja-woord nader waarna dit die 
potensiële bruid vrystaan om volgens haar vrye wil tot die 
Huweliksaansoek in te stem of dit te weier.

Daarom is Sion eerste Elohim se keuse en daarna is Elohim 
Sion se keuse 


Openbaring 1897 
Geloof is 'n vaste wil.
Woensdag 1 Mei 2013 09:44 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Geloof is 'n ewige vaste onwrikbare wil wat verseker die 
Aangesig van Elohim sal aanskou

Geloof is 'n onwankelbare struktuur op die vaste fondament 
van stewige Goddelike Rots gebou. 

Geloof is ‘n onwrikbare wete, wyl die mens op Elohim vertrou. 

Geloof is om aan Sy Hand vas te hou, al weet jy jy het verbrou. 

Geloof is om ondanks enige obstruksie tot by die eindpunt van 
die lewe se wenstreep aan te hou. 

Geloof is om te wéét, agter die oënskynlike onweer-grou, daar 
skyn altyd die hemel se blou. 

Geloof is om so vry soos ‘n arend te sweef buite benouende 
mensgemaakte kerklike strukture, se bou. 

Geloof is om in die mees donkerste nag van die lewe, Elohim se 
Ewige Lig te onthou. 

Geloof is om onwrikbaar te weet, Vader is altyd ewig standvastig 
in Sy Trou. 

Geloof is om in jou oomblikke van swakheid en vrees soos ‘n kind 
aan Sy Hand vas te hou. 

Geloof is om jouself in die warm koesterende Seker Liefde van 
Elohim toe te vou. 

Geloof is om in verlangende hoop te weet jy sal Elohim van 
Aangesig tot aangesig aanskou. 

Geloof is om te weet YaHWeHshua het jou lief, al het jy ook hoe 
verbrou. 

Geloof is om bo alle twyfel te weet die Bruidegom gaan met 
Sy bruid Sion trou. 

Geloof is die vaste wete dat die uitverkorenes die nuwe stad 
Jerusalem sal aanskou. 

Daarom is geloof ‘n passie om die leuen te vermorsel terwyl 
jy slegs op die ewige Waarheid vertrou. 

Ja, geloof is ‘n onwankelbare liefdes-struktuur op die vaste 
fondament van stewige Goddelike Rots gebou. 

Daarom sal jy met geloof, in slegs die grootte van ‘n mosterdsaad, 
die berg Sion op sy ewige nuwe plek by Elohim aanskou. 


Openbaring 1898 
'n Minnebrief van Sion. 
Vrydag 3 Mei 2013 07:45
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
'n Volk voor Elohim se aangesig eens in hul wel en weë so geliefd, 
daar wandel hulle eens so heilig en konserwatief en onder die 
ryklike seen van hulle Elohim is daar geen volk so geseënd en 
kreatief en daarom weet elke stam en volk dat die uitverkore Israeliet 
staan bekend as Elohim se volk ewig altyd so eksklusief. Maar 
in die statistiek, daar raak negentig persent van hierdie volk in hul 
geloof so passief en daarom raak hulle toe op die aanbiedinge van 
ander volkere baie verlief en dáárom het Elohim hulle, in die land 
aan hul deur Hom gegee, so begin verniel. So het hulle El hul 
verwerp en so staan hulle vir ander volke en nasies nou as ‘n 
spreekwoord en ‘n spotlied. 

Ja, daar in die verre land van die Kusiet woon daar eens ‘n 
uitverkore volk oor ‘n groot gebied. ‘n Volk voor Elohim se 
Aangesig so geliefd, maar negentig persent raak op Mammon 
erg verlief en hulle verval hierna vinnig in weelderige gerief 
terwyl hulle die aanbiedinge van die sportgod ver bokant 
hulle Elohim begin geniet en terwyl die gifgasse van hulle 
menig baie myne en fabriek die skone land aan hulle gegee 
so verniel begin hul ook hulle skone dogters as offer vir Raka 
aan te bied en so word hulle as bastervolk, die Aangesig van 
Elohim verbied. 

Maar in ‘n nuwe Hooglied, daar skryf en sing die uitverkore 
Boer as Sion nou vir haar Elohim ‘n minnebrief waarin sy 
trots verklaar, maar ook saggies kla: O’ my Elohim, ek min 
U met my hele hart en het U daarom, ook in my suiwer naaste, 
met geheel my hart oneindig lief. So, kom nou, onse Elohim, 
ja, in hierdie duister donker wêreldnag in ‘n Weerligstraal 
soos ‘n Oordeelsdief, want kyk, ons verdrukkers behandel 
ons verskriklik stief en in hulle getalle staan hulle teenoor 
ons so massief. Ook in hulle werke, daar is hulle boos, lui en 
so passief en daarom ly U edelloot nou onder hulle verdrukking 
groot ongerief. Vergeet ons daarom nie onse Elohim en luister 
na U klein oorblyfsel, daar waar hulle draai in hulle droewige 
lied en weet; al wat hulle het om U aan te bied is net hulle 
opregte hart as minnebrief en daarin staan geskryf; weet 
asseblief, U kleine Sion het U vir ewig altyd oneindig baie lief. 


Openbaring 1899 
'n Sélf geplukte lat.
Saterdag 4 Mei 2012 14:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Terwyl ‘n diep sug ‘n engelbode se lippe ontsnap vertel hy 
‘n storie van ‘n volk, te onnosel om hulle eie foute te kan 
snap. Ja, hy vertel; iewers in die jare negentig hys daar op 
een duister donker nag ‘n nuwe vlag, ja, in ‘n skel helderkleurige 
bonte lap. Hy vertel en sê: Glo my vry, vir die meer geestelik-
ingeligte was dit van die begin af ‘n grote grap, want dit wat 
eers onderontwikkel was, word toe heeltemal oorskat en geheel 
‘n reënboognasie grou vir hulleself toe ‘n diep donker gat en die 
liberalis pluk vir hulle eie gat toe ‘n baie stewige lat. So raak die 
infrastrukture van menig dorp en stad, ja, ook menig skool en 
hospitaal eerste heeltemal sat. Maar die reënboognasie se nuwe 
stadsvaders trek hulle skouers ongeërg op en sê: Ag wat! Met ‘n 
bietjie van dit en dat, wat ons oral onwettig net vir ons vat, is ons 
vet beursies mos nooit nie plat. 

So word ‘n eens Eerstewêreldland vinnig tot ‘n derderangse derde- 
wêreld afgeplat en die betalende belastingbetaler word op elke 
gebied leeggetap, want die meeste van die leiers van die land en 
ook die regstelsel, is goed deurtrap en terwyl hulle net vir hulle in 
korrupsie vat en nogmaals vat, word al hulle foute versteek onder 
die ou geykte apartheids-mat. En terwyl weinig meer in hierdie 
aaklige land nog lekker uitbundig lag, want in moord en roof word 
vele ook elke dag wreed verkrag. Ja, met al hoe meer wat dit nie 
meer die moeite werd ag om te gaan lê, hulle martelaars-klag, want 
terwyl die slagoffers dikwels ure lank geduldig op dienslewering 
wag word hulle self soos misdadigers deur die geregsdienaars 
verag. 

Met ‘n moedelose sug wat ‘n engelbode se lippe ontsnap vertel hy: 
ek is die engel van Afrika en glo my vry, dit is geen grap, want 
Raka wat koning geword het, is besig om Elohim spottend uit te 
tart en so nader vinnig die dag en die eens helder water van veral 
Suid- Afrika word troebel, bitter en brak en ‘n vallende skaal oor 
die kontinent Afrika vernietig sy eerste, dan tweede en hierna sy 
derde kwart, met die vierde wat vergaan onder hulle selfgeskepte 
smart. Want dit wat onderontwikkel was word mos deur die kerk 
en liberalis heeltemal oorskat en so grou ‘n onnosele blanke ras 
vir hulle self ‘n diep donker gat waaruit hulle ewig-nooit weer as 
‘n volk of nasie, uit sal kan ontsnap. 


Openbaring 1900 
Dit is ongelukkig al…
Sondag 5 Mei 2013 08:00
 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In 'n bose inhalige wêreld sonder liefde en vergifnis- 
en dit is ongelukkig al, want selfs die goeie weg raak 
vir die verseëldes nou heeltemal te smal en almal wat 
daar oor die ewige afgrond na niks en nêrens heen toe 
val, raak in hul getalle ontelbaar in hul tal en so is ook 
die kleine planete-aarde bal besig om te disintegreer in 
haar verval. 

In ‘n Godverlate wêreld sonder barmhartigheid en deernis- 
en dit is ongelukkig al en daaroor braak geheel die geestesryk 
nou haar bitter gal en so vra daar in ‘n groot vergadering nou 
die aartsengele en kosmosbestuurders om ‘n nuwe oerknal 
sodat ‘n nuwe son, nuwe sondelose maagdelike planete uit 
kan stal. 

In ‘n goddelose wêreld sonder geloof en hoop- en dit is 
ongelukkig al, ja, daar waar die Adamiet, Elohim nie meer 
as Sy beelddraer geval, want as ‘n eenwêreldorde basterras 
raak geheel die mensdom in hulle waansin nou heeltemal 
mal en daarom sal menigtes mekaar in die oordele van die 
boek van Openbaring nou ontval. 

 In ‘n bose wêreld sonder toegeneentheid, vergifnis en 
begrip- en dit is ongelukkig al, daar braak ontelbaar baie 
engelesfere nou hulle bitter gal, want selfs die goeie goue 
weg raak nou vir die verseëldes heeltemal te smal en so 
vorm daar op die kleine Aarde, ja, planete bal, binnekort 
weer nuwe maagdelike berg en dal, daar waar ‘n aardplaat 
in ‘n enorme aardbewing tot globale vernietiging gaan val.