Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1901 
Reënboog oor my hoof. 
Dinsdag 7 Mei 2013 17:45
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In 'n eensydige gesprek van ‘n monoloog, daar waar 
‘n soekende siel wanhopig vlug van die kweekskool- 
dwaasheid van die teoloog, terwyl die soeker homself 
deur die gees in Goddelike Wysheid begin verhoog. 
So roep hy in sy nuutgevonde vryheid: O’ kom span 
oor my hoof die belofte van die Goddelike reënboog 
tot daar waar die adelaar sweef in die hemel so hoog. 
Ja, hy roep: Kom span oor my hoof, God se reënboog 
sodat ek dorstig soos ‘n suigeling aan die Wysheid 
kan soog en die Liefde daarom nooit in my hart kan 
opdroog. 

So roep daar ‘n Adamiet: Kyk, ek is geskape na 
Elohim se beeld om te kan bloos en so staan ek 
hier as ‘n eindtyd-godskind, soos lank gelede reeds 
aan Abraham beloof, terwyl die satan desperaat poog 
om my van my kindskap te beroof. Maar vir die bose is 
dit alles nodeloos want die Trooster wat in my woon is 
daar om my deurentyd te versterk en te vertroos. 

So roep daar in vryheids-verrukking nou ‘n salige siel: 
O’ kom luister iemand nou na my monoloog want ek is 
verlos van die dwaasheids-boeie van die teoloog en 
daarom word die Seun van die mens se Waarheid nou 
in my hart verhoog. O’ Kom span daarom oor my hoof 
die belofte van die reënboog, ja, daar waar die Wysheid 
soos die arend sweef in Hemelliefde, so hoog. 


Openbaring 1902
Salig is hulle. Maar wee dié… 
Saterdag 11 Mei 2013 16:30

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Salig die een by wie Barmhartigheid, Sagmoedigheid en Geduld 
nooit opraak, ja, salig is die een by wie se liefde almal baat. 

Salig is die een wat onverwyld sy woord voeg, daar by sy goeie 
daad en wat 'n bose mens nie vergeld na sy eie kwaad. 

Salig is die een wat met 'n goddelike glimlag verhelder, sy gelaat, 
terwyl hy die wat moedeloos is, die hele tyd net moed inpraat. 

Salig is die een wat getrou bly waak al is die eindtyd ook hoe 
onheilspellend donker en al is dit ook hóé laat. 

Salig is die een wat trots is op sy kronieke se suiwer saad en 
wat sê: Voordat ek verbaster bly ek liewer selibaat. 

Salig is die een wat verraad met sy alles smaad, maar wat bereid 
is om te sterwe vir sy maat. 

Salig is die een wat sy rug toekeer op die gruweldaad, terwyl hy 
net bereid is om by dit wat goed is, te baat. 

Salig is die een wat hom nie op wêreld-vermaak verlaat, terwyl 
hy die heeltyd in sy hart net met sy Elohim wil praat. 

Salig is die een wat jaloers oor die Waarheid waak maar met die 
leuen- daar steek hy graag spottenderwys die draak. 

Salig is die een wat die hoer van Babilon se baälpriesters vurig 
haat, ja, wat met hul spot en sê: Luister na die bose geeste wat 
soos brulpaddas kwaak. 

Salig is die een wat sê: Daar is geen predikant of kerk wat my 
geestelik emosioneel kan raak, maar vir my Elohim, daar staan 
ek ewig vir Sy Goeie saak. 

Salig is die een wat sê: Vir dit wat die wêreld bied het ek geen 
smaak, maar daar waar Elohim se Gees my ly, daar maak ek Sy 
Opdrag my goeie taak. 

Wee die oog wat neerhalend neerbuig oor ‘n ander se goeie 
weldaad want so 'n mens is besig om sy eie siel te skaad. 

Wee die een wat kortaf en ongeduldig met sy naastes praat, 
want met so ‘n mens weet die Goeie Gees van God weinig raad. 

Wee die een wat van vroeg tot laat van ander net kwaad wil praat 
want so ‘n mens staan voor God en engel in skande, naak. 

Wee die luiaard wat met ‘n flou verskoning altyd net wil staak, 
want geheel ‘n land word deur hulle in ellende en hongersnood 
gelaat. 

Wee die liberalis wat deur sy eie toedoen oor alles net gal wil 
braak, want oor hulle, daar ontplooi Raka wel sy wraak. 

Wee die een wat sy eie bloed vir ‘n ander ras versaak, want op 
die dag van sy eie nood het God met hom geen simpatie of saak. 

Wee die een wat die Waarheid bespot of smaad, want op daardie 
een wag hel en Hades in al hul boosheid, kwaad en wraak. 

Wee die gierigaard wat opgewonde oor al sy rykdom raak, want 
onder daardie een sal die aarde haar in oordeel oop kom kraak. 

Wee die gewetenlose psigopaat, want Lucifer self betaal vir 
daardie een se reis na die hel, ja, sy passaat. 

Wee die een wat van die oggend tot die aand altyd net groot wil 
praat, want so ‘n mens staan siel alleen tot in alle ewigheid net vir 
sy eie saak. 

Maar Wee, O’ Wee elke een wat vir Sion haat, want oor Sion se 
vyand, daar Tier Elohim in al Sy Grote Wraak. 


Openbaring 1903 
Westerse wêreldling, Ek wou…
Sondag 12 Mei 2013 08:00 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
O’ Westerse wêreldling, vanuit My Barmhartigheid het Ek ook vir 
jou aanskou en met al My Goddelike Geduld het ek aangehou om 
jou te onthou, want die nuwe stad Jerusalem was oorspronklik 
ook tot jou voordeel gebou sodat ook jy, die Seun van die mens 
in lewende lywe kon aanskou en Ek wou jou daarom in My Ewige 
Liefde styf teen My bors vashou. 

Ek wou aan jou toon die waarde van opregte berou en Ek wou 
jou van al jou sondes reinig sodat Ek ook in ewige eenheid in 
die weergeboorte met jou kon trou. Ek wou jou bevry van die 
knellende bande van satan se kou en Ek wou jou verlos van die 
vreeslike binding van die draak se klou. Ek wou die skatkamers 
van die vryheid en die prag van die ewige lewe voor jou voete 
ontvou, ja, Ek wou trots met jou aan My sy as die terugkerende 
verlore seun voor geheel My skepping skou. 

Maar in jou liefde, lojaliteit en trou teenoor My, daar staan jy toe 
lou en jou liggie skyn in hierdie donker wêreld toe uiters flou. In 
jou enigste poging, daar het jy net walglike kerke gebou en trots 
het jy die werke van jou eie hande aanskou en dit terwyl jy 'n 
aggressiewe vuis na my ware hemelbodes sou uithou. 

O` Westerse wêreldling, Ek kon jou met niks vertrou, want in 
alles wat heilig was daar het jy net verbrou. Maar steeds het 
Ek My Groot Genade mildelik oor jou hoof laat uitdou want 
Ek het My verbond met Abraham onthou en daarom wou Ek, 
ja, Ek wou, ook jou ewig in My oneindige Liefde Koesterend 
teen My Goddelike Bors vashou. Maar al wat Ek nou kan doen 
is om in heimwee oor jou te rou. Want Ek het gesoek en gesoek 
maar jou naam kon Ek nêrens aanskou en daarom moet Ek nou 
finaal die Boek van die Lewe, tot jou ewige verseëlde lot, toevou. 


Openbaring 1904 
'n Eeue oue kombinasie.
Woensdag 15 Mei 2013 07:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Mona Lisa glimlag geheimsinnig want sy weet iets wat ‘n ou 
en hedendaagse wêreldorde nooit sou kon vermoed terwyl ‘n 
marmerbeeld van koning Dawid na niks en nêrens staar, want 
ook dooie klip weet goed waarom twee geskilderde uitgestrekte 
hande uitmekaar dryf want dit is tyd vir geliefdes om mekaar 
vir ondenkbaar baie eons te groet. 

Lank-lank gelede val daar eens ‘n enorme klip en so sterf die 
heel laaste Mammoet terwyl ‘n prehistoriese tydvak groet. So 
raak dit tyd vir Elizabeth en net soos Beatrix pak sy haar goed 
en vir oulaas ry sy deur die strate in 'n stoet en wuif met haar 
slap hand in ‘n groet en kyk sy lig vir die skare oor haar grys 
hare nou haar hoed en dit raak die einde van nog ‘n tydvak en 
die mensdom roep: Die hemel moet ons asseblief behoed.  

In ‘n donker hemelruim verskyn daar ‘n bloedrooi gloed en oral 
brand daar vure en die lug raak swart van roet en pantserkarre 
staan tot by hulle wiele in die bloed terwyl soveel mense van ‘n 
siekte bloed begin te hoes met reuse infrastrukture wat onder 
‘n reuse aardbewing gaan groet. 

Mona Lisa glimlag geheimsinnig, want sy weet iets wat ‘n ou of 
hedendaagse wêreldorde nooit sou kon vermoed. Terwyl ‘n 
marmerbeeld van koning Dawid na niks en nêrens staar, want 
ook oënskynlike dooie klip weet baie goed waarom twee 
uitgestrekte hande uitmekaar dryf want dit raak tyd vir geliefdes 
om mekaar vir ondenkbaar baie eons te groet, want Michael Angelo 
was onder andere Migael Engel en visueel het hy hom van bo na 
onder en ook onderstebo op hierdie aarde in die vlees uit kom 
woed. 

Michel de Nostredame (Nostradamus) was ‘n hemelwagter, ja, 
sterrekundige, maar ook profeet en hy ly geslagtelange konings 
na niks en nêrens aan hul snoet en so versteek Da Vinci, ook 
‘n engel in die vlees, sy openbarings en onthullings sodat die 
vrymesselaars tot heden en vandag nie die waarheid kan 
vermoed en in al drie se werke het goed en kwaad teen mekaar 
gewoed. So nader daar in ‘n kombinasie van hul uitsprake nou 
die vervulling van Middeleeuse profesieë in die moderne tyd met 
'n spoed en in ‘n baie groot skeiding begin geliefdes, as- van bo- 
en onder gebore oergeeste- mekaar vir ondenkbaar baie eons in 
‘n vaarwel, ja, so wéér te groet.  


Openbaring 1905 
Die twee getuies. 
Vrydag 17 Mei 2013 08:24 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n vraag wil iemand die volgende weet: 
Volgens Lorber, die evangelie van Johannes, (boek een) is 
Elia en so ook Johannes die doper, die engel Michael. Die 
een getuie sal weer Johannes die doper (Elia) wees omdat 
hy aan Jahshua getwyfel het toe hy in die tronk was. Die 
ander een is Daniël, (Henog). In die openbaringe aan jou, 
lyk dit asof Gabriël as Elia (Johannes) beliggaam word. 
Wat het van Migael geword? Ek meen dieselfde engelgees 
wat destyds in Johannes was moet ook tog nou weer as 
Johannes terugkeer. 

Voordat ek jou vraag beantwoord wil ek noem dat ek 
geweldig respek vir Lorber se werk het. Maar soms 
gebeur dit dat verskillende boodskappers 'n boodskap 
verskillend ontvang en weergee en daarmee het Vader 
verseker wel 'n goeie rede. 

Volgens wat ek ontvang het gaan al die aartsengele en  
nog duisende ander engelgeeste by die wederkoms van 
ons Messias betrokke wees. Maar ek het duidelik ontvang 
dat die engel Gabriël altyd die aankondiger en voorloper 
van onse Meester is en daarom was dit hy wat betrokke 
was tydens die Melgisédek-Kind se geboorte, vanuit die 
skoot van die negentigjarige Serafina (Sofonima), die 
priester Nur se vrou. Dit was ook hy wat die Melgisédek-
Kind terug-gevoer het na die troon van Elohim tot Sy 
latere koms na die aarde as Koning Melgisédek, die 
Koning van Salem.  

In die latere geskiedenis het hy (Gabriël) sy opwagting in die 
vlees as die profeet Elia gemaak om veral die kinders van 
Elohim vanuit die duisternis van hulle Baäl-aanbidding na 
die Suiwer Waarheid terug te bring.

Later was dit ook hy wat Maria (Miriam) sowel as Josef, 
ingelig het oor die koms (geboorte) van YaHWeHshua en 
daarom het hy as die doper, ook die mense van daardie 
tyd op die Verlosser en Sy Suiwer Leer voorberei en 
daarom sal hy ook weer die een wees wat in hierdie tyd 
as die voorloper en aankondiger sal optree.

Henog is die engel Rafael en daarom word Henog ook die 
vriend van Elohim genoem en volg hy YaHWeHshua altyd 
en oral waar hy gaan en so sal jy ook in die geskrifte van 
Lorber vind dat hy as engelgees altyd en oral in die 
teenwoordigheid van die Messias was en tot nou toe is. 
Daarom sê ek altyd graag dat as ek van die teenwoordigheid 
van Henog (Rafael) bewus sou raak, ek verseker sou weet 
dat ook ons Messias daar in Persoon teenwoordig sou wees. 

Ek beklemtoon weer dat al die aartsengele sowel as duisende 
ander engelesfere, net soos hulle by Sy menslike geboorte 
betrokke was, weer by Sy Wederkoms betrokke sal wees. Maar 
die twee getuies wat in menslike persoon die Messias in hierdie 
tyd voorafgaan, afkomstig is vanuit die engelesfere van Migael 
(Daniël) en Gabriël (Johannes) wat ook eens verteenwoordig 
was in die persone van Daniël en Johannes die doper. 

Henog was en sal nie weer as mens nie, maar kan wel as 
volmaakte engelgees, op die aarde teenwoordig wees en dit 
is omdat hy nie as mens gesterf het nie maar in volmaakte 
verglansing (weergeboorte) in die hemel opgeneem was. 
Nog net twee wesens, gebore vanuit en in die vlees, naamlik 
Henog (Rafael) en YaHWeHshua (YaHWeH) is in so 'n volmaakte 
toestand vanuit die materiële dimensie in die geestelike realm 
opgeneem. 

Elia wat later weer as Johannes die doper gebore sou word, is 
tydens sy heengaan as Elia met 'n geestelike hulpmiddel in die 
vorm van 'n vurige wa in die hemel opgeneem en daarom was 
dit nie ‘n volmaakte verheerliking nie. Hy het ook nie weer in die 
persoon van Elia gekom nie maar wel as Johannes die voorloper 
en doper en niemand het hom as Elia herken nie en daarom het 
iemand aan die Meester gevra, deur die stelling te maak, dat Elia 
eers voor die Messias sou kom en net so sal weinig vir Daniël 
(Migael) en Elia/Johannes (Gabriël) in hulle hedendaagse 
persoonlikhede, ja, as die missiedraer en die voorloper herken. 


Openbaring 1906 
Tiendes het kerke versleg.
Sondag 19 Mei 2013 06:04 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar is mense wat met hul tiendes van kerk tot kerk rondswerf 
en die kerke word net ryker terwyl daar armes is wat van honger 
sterf. So het die kerk met Mammon’s hulp deur bedel, donasies 
en kerkbasaars lank genoeg vir God geterg en lank genoeg het 
die kerk, weduwee en wees se geld in bankrekenings vir hulself 
geberg. 

So het deur die toedoen van die tiende geheel die kerk in baie 
opsigte nou heeltemal versleg en daarom het hierdie saak nou 
die aandag van die hele hemel geverg en so word daar eenparig 
besleg en `n wrede strafsweep word ywerig gevleg en glo my vry 
die Sweep-Hanteerder is geen kleine swakke dwerg. Maar dit is 
die Meester Self en vir die hedendaagse kerk het Hy, net soos 
destyds met die tempel, Homself nou goed vererg en binnekort 
voel menig ryk gemeentes dit hardhandig aan hul nerf. 

Want lank genoeg het hierdie strukture al hulle lede verrot, bederf 
en tot in hulle wese versleg. Die kerk se fondament is mos gebou 
op Mammons werf en die weduwee en wees word in die tiendegawe 
mos heeltemal onterf en dit wat hulle toekom word vir woekerrente 
in die banke geberg. 


Openbaring 1907 
So Godverlate…
Maandag 20 Mei 2013 22:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Die Boervolk was eens 'n doener en 'n dader maar nou staan 
hulle daar so Godverlate. Luister daarom nou na satan wat 
wild daar skater want dit raak laat en die tyd raak net al hoe 
boser en kwater. 

Abba Vader wees U daarom my Leermeester en Berader en 
laat Sion in U Grote Naam vergader en wees U Alleen U volk 
se Redder en Berader en laat alles wat suiwer is, nou in U 
Naam vergader.


Openbaring 1908 
‘n Droomgesig.

Donderdag 23 Mei 2013 01:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n droomgesig verskyn daar ‘n baie ou man wat ‘n baie outydse 
hoenderhok bou terwyl hy ook ‘n nes van gras daarbinne voorberei. 
Op die nes gaan sit ‘n spekvet hoenderhen en nadat sy opstaan merk 
ek onder haar ‘n ewe vet duif en nadat sy op haar beurt opstaan is 
daar veertien kleinerige eiers onder haar, waarna die hele omgewing 
skielik verdonker in ‘n onheilspellende grys kleur en ‘n stem sê: Dit 
wat kom, vermenigvuldig vinnig. 


Openbaring 1909 
Almal wat na S.A. vry.

Donderdag 23 Mei 2013 01:00 06:52 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
So nader vinnig nou die einde van die maand van Mei en met 
die rooi mat word die weg nou verwelkomend vir almal uitplavei. 
Van alkant word daar nou wild om Suid-Afrika baklei en vanuit 
die Ooste en die Weste, ja, vanuit elke land en kontrei word wild 
gevry en dit alles net om 'n stukkie van Suid-Afrika te kry. 

So bereik die herfs nou sy end daar in die onderpunt van Afrika 
aan die einde van Mei en nêrens vind ‘n mens meer ‘n hommelby, 
want die tyd van voorspoed en vrugbaarheid gaan verby en dit 
raak tyd vir die mensdom om te ly en alles wat onrein is, word 
na die land van rykdom en belofte aangery. 

So nader vinnig die einde van die maand van Mei en kyk, ‘n wrede 
winter is naby en in ‘n komende verdrukking word niemand meer 
bevry want elke globale politieke party probeer om sy kloue in 
Suid-Afrika te kry en terwyl China en Rusland openlik Suid-Afrika 
daarom vly, word ook Obama binnekort na Suid-Afrika aangekarwei 
en met die rooi mat word 'n selfvernietigende weg verwelkomend 
deur ‘n dom Suid-Afrika voorberei.

So nader vinnig  die einde van Mei en ‘n globale bose paddakoor 
verstil in Suid-Afrika se vuil mynmodder vlei, want almal wil nou 
met mekaar daaroor baklei en Mammon se beeld met sy voete 
van yster en klei se tyd raak nou ook vinnig klaar en verby, want 
homosapiens wou mos soos verstandloses saam met die dier 
van die veld, ja, Raka rondwei en daarom moet die mens in hulle 
lyding nou maar vir hulle kry. 

So nader die einde van die maand van Mei en terwyl almal om 
Suid-Afrika vry word die rooi mat soos in ‘n rivier van bloed in 
oorlog voorberei want binnekort word daar nie meer gevry, maar 
bloedig om die grondstowwe van Afrika baklei. Want satan het 
suksesvol deur Mammon al die volke verlei en daarom is dit met 
die globale ekonomie ook reeds lankal verby. 



Openbaring 1910 
Fenikse Gerubs en Serafs. 

Vrydag 24 Mei 2013 17:05  
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer  
Fenikse- Fenikse sewe in getal, vir die wêreld is julle 
bitter soos gal, want julle is die oordeelskale wat vanuit 
die hemel na benede moet val. 

Fenikse- Fenikse sewe in getal, in die kosmos heers elk 
van julle oor 'n skynende sonnebal en julle dien Elohim 
met geheel julle al. 

Fenikse- Fenikse sewe in getal, daar is ‘n weg na die hemel, 
maar dit is uiters smal en waar dit gevaarlik kronkel, heers 
dit oor die dodedal. 

Fenikse- Fenikse sewe in getal, soet soos heuning, maar 
bitter soos gal, want keer op keer herrys julle in nuwe 
geboorte vanuit die materie se verval. 

Fenikse- Fenikse sewe in tal, in jou sfere versamel daar 
engeleskare in ontelbare tal en glansend loof en prys hulle 
Elohim terwyl hulle soos een man op hulle knieë voor Hom 
neerval. 

Gerubs- Gerubs sewe in getal, verglans staan julle daar vanaf 
die groot oerknal en julle ken alle besonderhede van satan se 
groot val. 

Gerubs- Gerubs sewe in getal, eens staan julle óm ‘n mensekind, 
gebore in ‘n nederige stal en julle juig, want julle weet Hy is die 
ewige Koning van geheel die groot heelal. 

Gerubs- Gerubs sewe in getal, in die skrikwekkende gedruis 
van julle vlerke word alles wat verbaster het, minagtend diep 
verag en ‘n bose wêreld word op groot skaal deur julle gejag. 

Gerubs- Gerubs sewe in getal, in julle voorkoms so onbeskryflik 
deemoedig en sag, maar kyk, in sterkte is julle oneindig in julle 
krag. 

Gerubs- Gerubs sewe in getal, oor julle skone aangesig skyn 
daar die ewige Dag, daar waar julle met al julle wonderskone 
prag Elohim in geheel Sy Wese altyd Hoog ag. 

Serafs- Serafs sewe in getal, wié van die mense word vergewe 
en wie word gestraf, want Lucifer word tot in alle ewigheid verag. 

Serafs- Serafs sewe in getal, wat hou julle daar vas, is dit dalk 
‘n stok en ‘n staf om die nasies mee te straf? 

Serafs- Serafs sewe in getal, kyk, daar in die wind waai nou 
die nuttelose kaf en op 'n bose mensdom wag daar ‘n enorme 
massagraf. 

Serafs- Serafs sewe in getal, kyk, dit is die ruiter van die dood 
wat daar deur die kontinente draf en wie gaan die kos in die 
komende hongersnood verskaf. 

Serafs-Serafs sewe in getal, in ‘n sonsverduistering bly die lig 
van die son vir ‘n onbepaalde tyd in duisternis af terwyl julle 
geheel die wêreld oor die ontheiliging van die aparte Verbondsark 
gaan straf. 


Openbaring 1911 
'n Gesig.

Dinsdag 28 Mei 2013 00:45 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n gesig sien ek reuse klippe wat deur die ruimte trek en ek 
hoor ek 'n gerammel en ek sien geboue wat wild heen en weer 
swaai waarna dit begin kraak en verkrummel en oraloor is daar 
die swart rook van brande. Ek sien grond en klippe wat teen 
hange afrol en donderstorms wat modderstortings veroorsaak. 
Ook sien ek bome en bos wat deur wilde elemente ontwortel 
word terwyl daar op ‘n ander plek lawa teen ‘n berg begin afloop. 
Daar word tsunami waarskuwings uitgestuur en ek hoor ‘n stem 
wat roep: Kan iemand vanuit die wêreld asseblief vir ons net 
bietjie kos, mediese voorrade en drinkwater stuur.


Openbaring 1912 
Daar is twee broers…

Dinsdag 28 Mei 2013 04:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar is twee broers; die een se naam is Onrus en die ander een 
heet Onlus en binnekort kan niemand meer die onheilsvure blus. 
So roep daar ‘n stem: Wat is dit wat daar in die globale heksepot 
kook en gis en watse giftige slang is dit wat so gevaarlik vir ‘n 
ander giftige slang sis. Kyk, Rusland gee nou vir Amerika ‘n 
skynheilige broederkus en China lag spottend en voel daaroor so 
houtgerus. Die nuwe pous slaan hieroor die Katolieke kruis en hy 
lei ‘n onheilspellende mis en hy spreek ‘n valse vrede in ‘n valse 
rus want die Vatikaan was die heeltyd die Leviatan in die gedaante 
van ‘n onedel roofvis wat in genootskap met die Jodedom alles 
wat werklik Heilig is tot in sy fondament uit wil wis. 

Daar is twee broers en die een se naam is Onrus en die ander een 
heet Onlus met Europa wat haar in ‘n wêreldoorlog begin berus. 
So staan daar in Engeland ‘n Vrymesselaar galg en van sy balk 
hang daar ‘n bloedrooi en pikswart lus want Raka-Kus wil alles 
voor die voet met sy bloedige kapmes uitwis. So lê daar nou ‘n 
opgekapte lyk in ‘n goedkoop houtkis maar almal wag nog steeds 
op ‘n gepreserveerde gebalsemde lyk in ‘n staats-glaskis. In ‘n 
koue winter in Afrika brand die armes vir ‘n bietjie hitte- huise, 
winkels, polisie voertuie en ook die Putco bus en niemand voel 
meer knus, veilig of houtgerus want ‘n eens spierwit minus word 
nou ‘n pikswart plus terwyl Raka met sy kapmes alles voor die 
voet net uit wil wis. 

Daar staan twee broers en die een se naam is Onlus en die ander 
een heet Onrus en wêreldwyd raak almal nou van ‘n groot gevaar 
bewus want oor ‘n vriendskaplike handskud glimlag daar teenoor 
mekaar nou die Moslem en die Boeddhis en hulle beklemtoon; 
daar is ‘n globale gevaarlike onedel Christelike roofvis en hulle 
sê: Dit sal ons saam uitwis. En kyk, die nuwe pous is van dit alles 
baie goed bewus, maar hy maak steeds of daar oral net vrede is 
en misleidend lei hy steeds onverstoorbaar die Hoer van Babilon 
se gruwel-mis. 


Openbaring 1913
Wysheid en liefde in hergeboorte.
Dinsdag 28 Mei 2013 14:05
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Terwyl ontelbaar baie mense met ‘n leë bakhand, bedelend voor 
die hoer van Babilon staan terwyl nie een van hulle die doel van 
hulle lewe hier op aarde werklik kan verstaan. In die skemerte 
van 'n driekwart maan met ‘n ou tydvak wat vinnig besig is om 
te vergaan sodat die nuwe tydvak in die Melgisedek-orde op kan 
staan. Ja, in ‘n tyd waar die apostels nou soos een man vir die 
Geestes-wederkoms naderstaan, met Sion wat klein, stil en skaam 
blosend as ‘n bruid voor haar Meester staan want dit raak ook tyd 
vir die strooimeisie, Jerusalem, om vanuit haar eie as op te staan. 

Terwyl ontelbaar baie mense met 'n leë bakhand voor ‘n gruwel 
eenwêreldorde staan, terwyl hulle wéét- hulle verkoopte siel gaan 
ewig in hel en Hades vergaan. So drup daar vanuit die hemel ‘n 
enkel droewig traan want bykans geheel die wêreld is deur satan 
verslaan. Maar eenkant staan daar ‘n ernstige engel en in sy hand 
hou hy ‘n klein maar suiwer goue bak vol van edel-goeie graan wat 
as groen koringlande oor die nuwe aarde sal staan en hieroor juig 
geheel die hemel nou spontaan. So raak dit tyd vir die apostels om 
op te staan en vanuit 'n verre verlede, daar by Betábara oorkant 
die Jordaan tot in die hede hier vér in Suid-Afrika, is dit iets wat 
slegs Elohim se uitgekose boodskappers kan verstaan en dit raak 
tyd om satan vir ‘n duisendjarige vredetyd deur die Wysheid te 
verslaan en daarom het Johannes eens sy volgelinge duidelik laat 
verstaan dat die Lam van Elohim in daardie- en hierdie- en ook 
elke tyd, in Gees , Waarheid en Liefde, Sy vissers in Wese en Gees 
vooruit sal gaan en so raak dit tyd vir Andreas, Petrus, Nataniël, 
Phillipus en die ander om deur Waarheid, Wysheid en Liefde te 
verstaan en daardeur die hemel voor hulle oop te sien gaan. 

Terwyl ondenkbaar baie gemeentelede met leë bakhande voor 
dooie kerkdeure staan en nie één van hulle die doel van die lewe 
mooi kan verstaan. Ja, in die skemerte van die tyd waar 'n harige 
sak voor die driekwart maan staan met ‘n ou tydvak wat nou vinnig 
besig is om te vergaan. So kom daar in hierdie tyd die Volmaakte 
Lam van Elohim in hergeboorte weer in Sy vissers, tot redding van 
die uitverkorenes te staan. 


Openbaring 1914 
Vervloekte Suideland.
Donderdag 30 Mei 2013 15:45
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar in die land van die Suide waar die Indiese en Atlantiese oseaan 
die kusstreek omsoom; in daardie land staan die intelligente volk as 
die globale moroon. Ja, in die land waar hulle en Raka onder een 
struktuur saamwoon daar styg Raka hoër en hoër terwyl hy bokant 
hulle uittroon terwyl hulle net laer en laer neerdaal word hulle deur 
al die nasies bespot en gehoon. Hierdie vervloekte volk sal gestraf 
word met kanker, tering en allerhande koors en swere en geswelle 
sal hulle gesondheid nie verskoon. 

In die land waar die vervloekte liberalis en Raka saamwoon, daar 
word uitgesoekte blanke maagde nou as bruide vir Kus vertoon 
en die kapmes sal die wit jongelinge van daardie eens uitverkore 
volk nie verskoon want hulle het hulle eie Aparte heiligheid verloën. 
Kyk, die wit dogters en seuns word nou as ruilhandel aan ook die 
Oosterse nasies vertoon, ja, aan volkere hard van hart wat die oues 
van dae en die kleuters in die wreedste verdrukking nie sal verskoon. 
Ook word al die gewasse en graan van hulle lande deur droogte, 
oorstromings en die kaalvreters nie verskoon en onder die hand 
van Raka sal al die bloed vanuit die slagare van hulle vee stroom. 
Want vervloek is hulle stede en dorpe en elkeen wat daarin woon, 
ja, hulle wat eens spottend die Suiwer Aparte Waarheid sou Hoon. 

In die land van die Suide, daar waar die Indiese en Atlantiese oseaan 
die kusstreek omsoom, in daardie land het 'n selfverheffende volkie 
God geterg en gehoon en nou staan daardie volk as ‘n bespotting 
as die globale moroon. Só, vervloek is die land van die Suide met 
Raka en die Liberalis wat onder een struktuur in haar woon. 


Openbaring 1915 
Patetiese wêreldleierskap. 
Woensdag 5 Junie 2013 16:45
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Terwyl ‘n wêreldorde ditself soos 'n pronkpadda opblaas, met 
die wêreld se magtiges en rykes wat oral soos brommers op 
menslike fesies rond-aas en dit terwyl hulle dink hulle is hoër 
as God en hulle is elke sterfling se baas. Maar so pateties is die 
konings en regerings ook maar net ‘n walglike vrymesselaarorde 
se klaas. Luister daarom nou net na Mammon se gruwelwerpsels 
se groot geraas, want daar waar die aasvoëls sirkel, daar lê die 
papvrot aas en binnekort staan al die moondhede diep verbaas, 
want al hulle mag en hulle glorie word voor hulle neuse weggeraap 
en daar is niemand vanuit hulle lamsakkige midde wat iets positief 
of nuttig tot die volkere se oorlewing bymekaar kan skraap, want 
uit hulle midde bestaan daar geen aap wat iets Goddelik kan na-aap. 

Terwyl die moondhede met hulle bankiers hulleself soos walglike 
brulpaddas opblaas, met die wêreld se politieke leiers wat oral soos 
groen brommers op ander se mishope rond-aas en dit terwyl hulle 
walglike propaganda sy snotterige neus deur die wêreldmedia 
uitblaas. Met satan se gespuis wat globaal oral so raas, is daar niks 
so onnosel en dom soos globale regerings so vas aan die slaap en 
vanuit hulle midde bestaan daar geen aap, ja, wat iets Goddelik of 
kreatief kan naboots of na-aap. 

Terwyl die skynheilige tweegesig-Pous met sy ewe onnosele 
biskoppe en priesters asook ander kerkleiers hulleself soos bose 
slymerige brulpaddas opblaas, ja, daar in hulle kerkmoerasse 
maak hulle ‘n groot padda-orkes geraas en die tema van hulle 
lied is; 'ons koningin, die hoer van Babilon, is elke wêreldslaaf 
se baas' en kyk, in haar hand hou sy ‘n gruwelvaas en dit is 
gevul met die bloed van die gemeentes wat sy globaal sou aas. 
Want daar is niks so onnosel en morsdood soos die siele van 
kerklidmate so vas aan die slaap, want hulle sit met leë oë soos 
lyke op kerkbanke en al wat hulle kan doen, is om die tyd om te 
gaap. 

Terwyl Raka en sy werpsels hulleself soos blouswart paddas 
opblaas terwyl hulle hul eens skurwe, maar nou versorgde pote 
stamp met ‘n groot geraas en dit terwyl hulle hul verbeel hulle 
is ‘n god en daarom dink hulle hul is almal wat asemhaal se 
baas. Raka die dans soos ‘n mal vlakhaas en terwyl hy oral vure 
aanblaas dink hy net hy is kaas. Maar alles is vir hom onwerklik 
en hy kyk daarna deur ‘n baie dom waas. Ja, met satan se gespuis 
wat nou globaal oraloor so raas met die wêreld se magtiges en 
kyk, hulle is soos verstandelik-agtergeblewenes vas aan die slaap 
en vanuit hulle midde bestaan daar geen aap wat iets verhewe, 
Goddelik of kreatief kan naboots of na-aap. 


Openbaring 1916 
Bittersoet kentering in vlees.
Woensdag 5 Junie 2013 23:40
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In die onverwagse veelkleurige prag van 'n swewende lugballon. 
In die majestueuse vlug van die arend, waar dit dryf op ‘n lugstroom, 
so stil en stom. In die onheilspellende brom van die maanhaarleeu 
se grom. In die moeilike skuifelgang van ‘n mens, so oud, siek en 
krom. In die perfekte simmetrie van ‘n stad, gebou van verganklike 
materie van glas en beton. In die wanhoop van die filosoof wat in 
sy grootste wysheids-oomblik besef, voor God bly hy ewig uiters 
dom. So roep daar ‘n wese hartstogtelik uit: O’ waarom, ja, waarom 
is ek in die vleeslike kentering in die gedaante van ‘n mens vermom 
en wanneer, ja, wanneer gaan ek terug na daar waarvandaan ek 
oorspronklik kom. 

In die akwamarynblou van ‘n silwerskoon koel waterbron. In die 
volmaakte prag van die perskebloeisel en die Amandelblom. In 
die vernietigende onversadigbare vraatsug van die geldgod 
Mammon. In die onheilspellende ritmiese klank van Raka se 
oorlogdrom. In die weerlose bloedplasse na nog ‘n bomaanval 
tot ere van die oorlog-afgod Dagon. In die roepstem van soveel 
siele wat smekend roep: Wanneer gaan die Meester nou kom. 
So roep daar ‘n wese hartstogtelik uit: Waarom, O’ waarom is 
ek in die vleeslike kentering in die gedaante van ‘n mens vermom 
en wanneer gaan ek terug na daar waarvandaan ek oorspronklik 
kom. 

In die tydlose tik-tak van die Big-Ben in die Engelse stad London. 
In die vatikaan waar Lucifer skuil as ‘n engel van die lig vermom. 
In Frankryk waar gruwels weggelag word en verbloem word met 
‘n stuitige pardon. In Israel waar die Jode almal gul groet met ‘n 
suspisieuse valse vredes-shalom. In ‘n plek waar haat nie sy 
grense ken nie, daar noem hulle trots die land- Libanon. In Sirië 
waar soveel mense, oud en jonk, daagliks wreed omkom. In 
China daar skuil die dood in ‘n onsigbare maar intelligente kiem 
vermom. So roep daar ‘n wese uit: Waarom, O’ waarom is ek in 
die vleeslike kentering, ja, in die gedaante van 'n mens vermom 
en wanneer gaan ek terug na daar waar ek oorspronklik vandaan 
kom. 


Openbaring 1917 
In die skimme van die verlede... 
Donderdag 6 Junie 2013 16:00 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Daar waar 'n treurige deuntjie in verlange bly draai, met ‘n haan 
wat op die agtergrond drie keer verloënend kraai. 

In die skimme van die verlede speel spookkinders blikaspaai, ja, 
hulle speel ‘n speletjie en roep: Raai-raai wie is die edelvis en 
wie is die haai en wie van ons nasate gaan die kinders van ons 
toekoms eerste verraai. 

Daar waar ‘n treurige deuntjie in ‘n verre verlede nostalgies bly 
draai, daar het die swaar klanke van die kerkorrel die Boervolk 
lank gelede reeds verraai en die suiwer kronieke van God is 
minagtend vir die Belhar versmaai en daarom lê die toekoms 
nou met wit lyke besaai.  

In die skimme van die verlede sing daar ‘n eensame troebadoer; 
'aai-aai die witborskraai van hier na Mosselbaai' en kyk, daar is 
‘n ou geskiedenisboek met geel bladsye waardeur niemand meer 
wil blaai en dit vertel van vergete Boerehelde deur hensoppers 
verraai en in die hedendaagse tyd is dit steeds die hanskakie se 
liberale nasate wat hulle rug op hulle eie bloed draai. 

Daar waar ‘n treurige Boere-deuntjie in die verre verlede bly draai, 
daar krap die vrymesselaars toe alreeds in die Boere se slaai en 
dit was die 'Union Jack' wat saam met die Oranje, Blanje, Blou 
sou waai en daar word fluks vir die 'Engelse Queen' in Suid-Afrika 
gemyn en gesaai en kyk, ‘n volk is daarom kort na sy geboorte 
reeds in sy maai. 

Daar waar ‘n droewige deuntjie in verloëning en verraad bly draai, 
daar roep die gees van 'n stoere ou Boer: Kyk! Die voorlaaiers was 
tevergeefs gelaai want later sou Sap en Nat mekaar in die politiek 
in verraad om die bos ly en paai en nog later sou ‘n Judas de Klerk 
‘n volk sy rug op sy bloed-erfenis laat draai en daarom is hulle 
hede en toekoms nou met wit lyke besaai.

Daar waar ‘n treurige identiteits-deuntjie in volksverlange bly 
draai, met ‘n haan wat op die agtergrond drie keer verloënend 
kraai. Ja, in die skimme van die verlede speel Afrikaanssprekende 
spookkinders blikaspaai. Hulle speel ‘n speletjie en roep: Raai raai 
wie van ons nasate gaan die kinders van ons toekoms heel eerste 
verraai. 


Openbaring 1918 
Stilte van die Aleph en Taw.
Dinsdag 11 Junie 2013 07:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In die Alfa en die Omega van Heilige Stilte wat deur geheel die 
skepping neerdaal sodat die heiliges weet, Elohim het hulle 
nooit gefaal. Ook in die rumoer van hel en Hades in ‘n groot 
kabaal, waar satan en sy gesante weet hulle het weer ‘n keer 
gefaal en daarom raak dit tyd vir ‘n bose wêreld om vir al sy 
gruwelfoute te betaal. 

In die Alfa en die Omega van ‘n Ewige Suiwer Hemelkateraal, 
ja, daar waar die Ewige Superieure Denke van Elohim stil en 
kalmerend om eindelose engeleskares draal, daar weet die 
heilige verseëldes die Groot Raadsplan van Elohim kan ewig 
nooit faal, want Elohim het as 'n nederige Mens vir Sy kinders 
se foute kom betaal. 

In die Alfa en die Omega word in ‘n Heilige Stilte Elohim se 
besluitneming bepaal en om Sy Troon staan daar twee derdes 
en hulle is ewig lojaal en vanuit hulle midde tree daar tien, elkeen 
met ‘n skaal en kyk, die vier perde van Openbaring staan gereed, 
opgesaal en op die Vaal perd sit die dood om die valse vredevors 
se siel te kom haal en in die dood is daar weinig verskil tussen die 
vlees van Homosapiens en die Pluraal. 

In die Alfa en die Omega van ‘n Apartgestelde Stilte word die 
Eindelose Lewende Woordeskat van Elohim nou in die Oordeel 
bepaal en kyk, satan het deur sy eenwêreldorde heeltemal gefaal. 
So staan ook die hoer van Babilon binnekort heeltemal gestroop 
en kaal en die wêreldhandelaars vra: Eet ons nog kosher of liewer 
halaal en dien ons daarom nou die god van die Ooste of dien ons 
steeds die Weste se Baäl, want kyk, in ons werke het ons Elohim 
lank gelede reeds gefaal en die horison van die aarde staan klaar 
skuins en nie meer horisontaal. 

In die Alfa en Omega van ‘n Aparte Stilte skyn daar ‘n Lewende 
Lig vanuit 'n Pragtige Opaal en Sewe geeste sê: Kyk, Sion raak 
in haar geestesontwikkeling nou fenomenaal en daarom raak dit 
tyd vir ‘n bose wêreld om vir sy bloedgruweldade te betaal. Laat 
daarom die Alfa en die Omega van ‘n Aparte Suiwer Stilte, in nog 
‘n Goddelike verseëling in elke verseëlde se kosbare hart neerdaal. 


Openbaring 1919 
'n Dooie toekomsdroom. 
Woensdag 12 Junie 2013 08:30
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In die nabetragting van ‘n gevalle edelvolk se leë 
toekomsdroom, daar waar dit so droefgeestig soos 
die wind waai deur die droë dorre takke van ‘n dooie 
boom, met geen voëls van die hemel wat meer daarin 
woon en ook met geen edelvrug om aan God te toon. 
In hierdie dooie droom staan ‘n eens blanke ras, in hulle 
siel swart gekloon en hulle het geen land om te kan toon, 
ja, vir hulle kinders se kinders om daarin te kan woon. 

In die nabetragting van ‘n gevalle eens edelvolk se leë 
toekomsdroom, daar waai die wind so droefgeestig 
deur die dooie dorre takke van ‘n pikswart gebrande 
boom. So fluister daar die wind: Daar is geen hoop 
vir die liberalis om in God se vergadering te kan staan 
voor Sy troon. So, luister daarom nou na satan wat 
krysend soos 'n aasvoël langs die dooie boom oor 
die oorblyfsel-reste van ‘n karkas hoon, want sy vangs 
bestaan uit die beste vanuit al die volkere se ryk room. 


Openbaring 1920 
‘n Leë kruitvat. 
Woensdag 12 Junie 2013 12:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n gesig sien ek dit is nag met ‘n donkermaan en ek sien ‘n 
dowwe weg wat na niks en nêrens gaan. Ek sien ‘n ramshoring 
wat langs ‘n leë kruitvat staan en ek sien daarnaas ‘n stomp 
seremoniële swaard met klatergoud beslaan.

Ek sien ‘n masjiengeweer deur roes vergaan en ek sien ‘n volk 
sonder naam wat sonder water staan, ja, daar langs 'n kurkdroë 
kraan. Ek sien ‘n land met pikswart verbrande graan en daarnaas 
staan ‘n jonkvrou en oor haar wang rol ‘n pikswart traan, want 
sy sien die lyk van haar baba wat besig is om te vergaan. 

Ek sien 'n liberale volk wat wanhopig om hul rondslaan en ek 
weet die tyd is besig om vinnig weg te taan en ek hoor ‘n stem 
wat sê: Dit help niks om hierdie liberale deel van die volk te 
probeer vermaan, want daar is niks van die Waarheid wat 
hulle ewig ooit sal kan verstaan. 

Openbaring 1921 
Die veronderstelde edelloot.
Vrydag 14 Junie 2013 08:10
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
 
O’ Jerusalem, jy’ die veronderstelde edelloot wat van ewigheid as 
eiendom aan My moes behoort. Kyk, vanuit My ryklike Woordeskat 
gaan Ek met jou heeltemal oorboord en vanuit My hoogste hemel 
stuur Ek jou My heel beste Woord. Maar weinig van julle gaan 
daarmee akkoord, maar met venyn kyk julle na My boodskapper 
met moord en julle vertrap My kosbaar Woord. 

O’ Maagdelike Sion, edelboom vanuit My suiwer hemelboord is jy 
om die Boom van die Lewe geplant om ewig aan My te kan behoort 
en daarom is jy, Sion klein, maar terselfdertyd oneindig groot en in 
jou takke woon die Spierwit Tortelduif wat aan Elohim behoort en 
dít is die Gees in Suiwer Woord. 

Maar jy, Jerusalem die veronderstelde edelloot, op Sion moet 
Ek jou okuleer, maar soos 'n wilde voëlent wil jy aan die wilde 
wêreldbos behoort en in jou eie oë is jy groot en daarom is jou 
takke dor en dood en daar is geen edel hemelgevleuelde wat in 
jou woon maar jou dooie dorre takke word gebruik in 'n ruiker 
wat aan die hoer van Babilon behoort. 

O’ Jerusalem, jy' die veronderstelde edelloot, hoe weinig suiwer 
is daar nog in jou Saksiese midde oor wat nog aan My behoort, 
ja, jy O’ Weste, is niks meer anders as net nog ‘n wêreld-idioot 
want in jou identiteit-selfmoord is jou eie naaste lankal nie meer 
jou soort. Maar met jou geslagtelange vyand gaan jy akkoord en 
jy kyk na jou suster, Sion en in jou oë skuil daar jaloers koue haat 
en moord. Daarom gaan daar vanuit jou midde slegs één uit 
tienduisend vir veiligheid na Sion, Suid en die res tot verdoeming 
na die ewige afgrond, Noord. 

O’ Jerusalem, jy' die veronderstelde edelloot wat as eiendom aan 
My moes behoort. Kyk, vanuit My ryklike Woordeskat gaan Ek 
heeltemal oorboord en vanuit My hoogste hemel stuur Ek jou My 
heel beste Woord. Maar weinig van julle gaan daarmee akkoord 
maar met venyn kyk julle na My boodskapper en in julle oë, daar 
skuil haat en moord. 


Openbaring 1922 
Die Melgisedek Lied.
 
Sondag 16 Junie 2013 15:10
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar is iets wat ek graag vertroulik wil fluister in jou oor, ja, aan 
die een wat bereid is om dit vrywillig aan te hoor, want iewers op 
jou ewigheids-missie het jy dit al voorheen gehoor en net soos 
vir my, het dit jou uitermate baie bekoor. Ja, op 'n baie belangrike 
reis buite tyd en ruimte, vanuit ‘n geestelike dimensie binne-in die 
grense van tyd en ruimte, ja, op weg na nog ‘n materiële realm was 
ek deur 'n spesifieke missie aangespoor en ek weet daar was iets 
omtrent al die heelalle en dit het my uitermate bekoor. Maar ek het 
dit iewers tussen hier en die sterre verloor en ek gee nie om of ek 
dit ooit weer op sal spoor. Want op my reis vanuit ‘n geestelike 
ruimte na ‘n materiële dimensie het ek iets wonderbaarlik gehoor 
en dit het my missie verander en my onverwyld na hierdie kleine 
aarde aangespoor. 

So het ek op Ewige Suiwer Klankgolwe die Lied van Melgisedek 
gehoor en dit was so duidelik oorgedra sonder enige misleidende 
metafoor. Die boodskap het gelui dat die Ewige Onomvatbare 
Lig, ja, die Ewige Liefde was tot die mens se Redding deur Sy 
eie Oorgawe op die kleine planeet aarde deurboor en hierdeur 
het satan sy mag oor die suiwer verseëlde kinders van Elohim 
verloor. Daardeur word die heelal se gevangenis; Hel en Hades 
toe heeltemal ontspoor waardeur die leuen en illusie ook hulle 
trefkrag sou verloor. En daardeur bly aan die einde van hierdie 
tydvak slegs die Liefde in Waarheid en Werklikheid in die Nuwe 
Stad Jerusalem oor en dit is al wat my nou in my ewigheidsreise 
sal kan bekoor. So staan ek nou op hierdie kleine aarde en ek 
fluister dringend in jou oor, sodat ook jy weer opnuut die Lieflike 
Lied van Melgisedek kan hoor. So, maak dit ook jou missie en dra 
dit oral met jou in al jou geestesreise saam en so aan die ewigheid 
oor. 


Openbaring 1923 
'n Verspotte witgans.

Dinsdag 18 Junie 2013 07:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar is iemand só onnosel, maar sy hou haar tog so bekkig 
en hans en dit is ‘n vrou en almal vra: Is haar naam dalk Bets 
de klets of dalk ou Zella la Gans. En daar is 'n koerant en 
die antwoord: Dit is verseker die verspotte ou witgans wat 
daar om die pype van ou Raka die dans en kyk, sy verkeer 
onder ‘n politieke spel en is in ‘n trans, want sy is 'n willose 
marionet wat na die land se intelligensie die dans. 

Ja, daar is ‘n ou willose pop wat na haar politieke meesters 
se pype die dans en sy hou haar tog so dapper, so bekkig 
en hans en almal vra: Is dit dalk ou Bets de klets of dalk ou 
Zella la Gans, want laasgenoemde is ‘n heks en sy dokter 
ou mans en kyk, sy is heeltemal van balans, want teenoor 
haar eie soort staan sy met ‘n swaard, ‘n stok en ‘n lans 
terwyl sy haar eie bas vir veiligheid agter ander verskans. 

Daar is iemand so uitgesproke en sy hou haar so hans en 
almal vra: Is dit dalk Bets de Klets of dalk ou Zella la Gans 
en daar is ‘n koerant en dié antwoord: Dit is verseker die 
uitgediende vertraagde ou witgans en onder haar vlerk is 
‘n vreeslike leuen verskans en so hang daar om haar nek 
nou 'n pikswart krans terwyl sy in ‘n pikdonker nag voor 
die sekelmaan dans.

So roep daar ‘n engel: Vir baie is daar ‘n tweede geleentheid 
maar vir ou Zella La Gans is daar ewig, geen tweede kans. 


Openbaring 1924 
Melgisedek vanaf die Oerbegin.
Woensdag 19 Junie 2013 11:08 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Iemand skryf en vra na die Melgisedek orde en wil weet wat is 
die verbintenis van Melgisedek vanaf die oerbegin tot en met 
die beliggaming van Jahshua. 

En Ek antwoord julle: In die begin was alles in Elohim en Elohim 
was geestelik een Groot Gedagte maar Elohim was Enkel en Alleen 
en hy het na Geselskap verlang en die Liefde het in Elohim ontbrand 
en daar het ‘n geweldige behoefte in Hom ontstaan om hierdie al hoe 
groter wordende Liefde uit te kon stort. Maar terselfdertyd was daar 
ook die behoefte dat die uitgestorte Liefde weer in beantwoorde 
liefde na Hom moes terugkeer. 

So het die Enige Ewige Groot Gedagte ‘n spieëlbeeld vanuit Homself 
na vore gebring. Maar hierdie spieëlbeeld was slegs in staat om soos 
dit ‘n spieëlbeeld betaam alles na te boots en te kopieer en daarom 
het Elohim besluit om Hierdie spieëlbeeld met ‘n vrye wil toe te rus. 
Waar daar egter ‘n vrye wil heers moet daar ‘n keuse wees en vir 'n 
keuse om te kan heers moet daar ‘n teenpool wees en omdat daar 
op hierdie stadium nou twee oergedagtes was, moes hulle daarom 
mekaar se teenpool wees en so was hulle op daardie stadium, 
alhoewel onvoldoende, tog wel geselskap vir mekaar. 

En so het daar weereens ‘n behoefte vir groter geselskap ontstaan en 
Elohim het besluit om vanuit Homself ‘n oneindige getal oerwesens as 
eerstelinge, wat as die seuns van Elohim bekend sou staan te bring. 
Maar in Elohim se Alwetendheid het Hy geweet dat hulle juis as gevolg 
van die vrye wil en daardeur die keuse tussen Hom en Sy vrygemaakte 
spieëlbeeld sou kies en Hy het geweet dat, om te verseker dat Sy 
uitgestorte Liefde na Hom sou terugkeer, Hy voorsorg sou moes tref 
en daarom het Hy, tot alle wesens se toekomstige redding, vanuit al die 
eersgeskape seuns van Elohim die mees Ongekompliseerde en 
Eenvoudige Een vanuit almal gekies en Hy het Hom as Teenvoeter en 
Teenkrag, ja, as die Positiewe Krag; Lig, Liefde, Waarheid en Wysheid 
teenoor die negatiewe krag; duisternis, illusie, leuen en haat geplaas. 

So is daar teenoor die groot glansrykheid van die eersgeskape spieël-
beeld die kleinste in Nederigheid tot Redding van die eersgeskape 
Seuns van Elohim en daardeur die res van die skepping geplaas en 
Hy is as die Boom van die lewe in die Sentrum van alle Liefde geplant 
en so is die ewige stewige fondasie van die Melgisedek Priester- en 
Koningskap gelê. 

Hierna het daar onder die leiding van die eerste geskape ligdraer 
(Lucifer) ‘n rebellie in die Geesteskepping ontstaan en soos 
algemeen bekend het daar een derde van die seuns van God, 
hulle by Lucifer teen Elohim geskaar en daarom het hulle die 
Glans, ja, die Lig, wat die Verteenwoordiger van alle Waarheid 
en Wysheid afkomstig vanuit Elohim is verloor. Hierdie nou-
gevalle engele was in hulle getalle minder as die twee derdes 
lojale getroue seuns van Elohim en daarom het hulle vanuit 
hulleself ontelbaar meer onvolmaakte duisterwesens na vore 
gebring en daar het ‘n groot oorlog in die hemel (geestesryk) 
uitgebreek en Elohim het besluit om die gevalle geeste in 
gevangenskap naamlik die materie te kenter. 

So het daar deur sy groot Skeppings Krag en Almag, ja, deur 'n 
geweldige oerknal is heelalle met hulle sonne, planete en mane 
na vore gebring en daarom is alle materie niks anders as gebonde 
gees wat die teenpoolryk van die suiwer volmaakte geesteryk is 
nie. En so het deur ontelbare eons die ewigheidsgeskiedenis sy 
loop ook deur Adam en sy sondeval en daardeur die lot van die 
mens gevind en die kleine aarde op die uitskot van die heelal se 
grens was as uitsoek planeet vir die terugkerende seuns van 
Elohim bestem. 

Die Melgisedek-Kind is vir die eerste keer kort voor die groot vloed 
deur ‘n Wondergeboorte vir slegs 'n kort rukkie na Sy aardse huis 
van die Priesterskap gebring. Waarna Hy deur die aartsengel Gabriël 
weggeruk is na Sy plek in die hoogste hemel waar die sentrum van 
die Liefde is. Hierna het Hy later weer Sy verskyning as die Koning 
van die konings en die Priester van die priesters in die stad Salem 
wat later as die stad JeruSalem bekend sou staan gemaak. Nadat 
Hy Abraham en ook ander konings die volmaakte beginsel van die 
hemelryk kom oordra het is Hy weer teruggeruk na die Oersentrum 
van die Groot Lig en Liefde en die mense van daardie tyd het gesê: 
Niemand weet waarvandaan Melgisedek gekom het en waarheen 
Hy weer gegaan het nie. 

Die geskiedenis het weer sy loop geneem en die profetiese Woord 
was ryk aan belofte oor Melgisedek wat weer, maar dié keer as die 
Verlosser van die mens, na die aarde sou kom. Ja, sodat dié staande 
kon bly teen die leuenverleidingskragte van satan in die materie en 
so het Melgisedek op die regte tyd en plek weer in ‘n Wondergeboorte 
vanuit die skoot van ‘n maagd as die Kind YaHWeHshua (YaHWeH met 
ons) na die aarde gekom en so is die Ewige Lig van Elohim in Liefde, 
Waarheid, Nederigheid, Orde, Erns, Wysheid en Barmhartigheid na 
die mens gebring en die Ontoeganklike Lig het in die vorm van ‘n 
Spierwit Tortelduif op hierdie Nederige Boom van die Lewe kom rus 
en Elohim Self, het tussen die mense kom woon. Hy het die vors van 
dood en duisternis die mag oor sy vleeslike liggaam gegee en deur 
Sy liggaamlike dood is die mag van die leuen en duisternis (materie) 
oor siel en gees gebreek en daarom kan die uitverkorenes van bo 
en onder nou deur hulle vrye wil en keuse as terugkerende liefde 
na die Ewig Volmaakte Liefdesbron in die Nuwe Stad JeruSalem 
terugkeer. 

Ja, om vandaar nou self as volmaakte Melgisedekpriesters die 
ewige ruimtes van Elohim te deurkruis om so die Boodskap van 
Melgisedek die Ewige Koning en Priesterskap van YaHWeHshua 
(Elohim met ons) tot Verlossing van die eersgeborenes en 
daardeur die sekondêre skeppings te bring. 


Openbaring 1925 
Die Mafeking konsentrasiekamp.

Donderdag 20 Junie 2013 02:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In die nasmaak van ‘n baie bitter frank, daar in die verre verlede, 
van ‘n wrede Engelse Mafeking konsentrasiekamp, ja, in ‘n 
nat koue winter tussen stank, rook en damp het daar soveel 
weerlose Boerevroue en kinders onskuldig in beland. In daardie 
eens wrede konsentrasiekamp, ja, in koue donker aande langs 
‘n swart rokende olielamp, roep daar dikwels die stem van nog 
‘n sterwende kind wat in pyn weg kramp: "O’ Mamma gee my as 
troos vir oulaas net jou hand, want die dood is hier en more-vroeg 
word ‘n paar van ons lykies deur die wrede Engelsman se hand 
in nog 'n vlak graf in gestamp”. 

Daar waar die son vir meer as ‘n honderd jaar sak teen ‘n horison 
se bloedrooi wand, ja, daar in Mafeking se bloedgekoopte grond 
skuil daar ‘n baie bitter ramp. Daar waar soveel Boerevroue en 
kinders in verwaarlosing sou sterf aan die Engelsman se hand. 
O’ Wee, ja, Wee daarom vir Engeland, want vir goud en diamant 
het hulle hul siel vir ewig aan die hel verpand. 

In Mafeking se eens wrede oorlogs-konsentrasiekamp, daar roep 
siek en uitgehongerde Boerekinders desperaat sonder enige 
weerstand: O’ gee ons asseblief net 'n mondvol meel of ‘n handvol 
mieliesamp, want elke oggend word ‘n paar van ons brandmaer 
lykies saam in een vlak graf ingestamp. Maar in Engeland roep 
elke vetgevrete Engelsman " God save our Queen en laat ons 
daarom nou vir Mammon vir Suid-Afrika se bloedskatte bedank". 

In die nasmaak van ‘n baie bitter frank, daar waar soveel 
Boerevroue en kinders verniet sou sterf in ‘n nat damperige 
konsentrasiekamp, het daar elke dag een van God se uitgesoekte 
aartsengele kom land en so neem hulle die siel van elke sterwende 
Boerevrou en kind persoonlik by die hand en hulle neem hulle as 
martelare na Elohim se regterkant. So loop vanuit die tyd se 
uurglas nou die heel laaste sand. Wee! daarom nou elke mens, 
vrou of man van watter nasionaliteit of amp, ja, wat sy hand 
uitsteek om hierdie martelaargrafte te open of te skend of die 
grond vir iets anders te verpand, want so ‘n grafskendingsdaad 
van die Mafeking se konsentrasiekamp, is ‘n eindtyd teken en in 
‘n onverwagse tyd vang die wrede Oordeel van God, ‘n verrotte 
wêreld hieroor heeltemal onkant. 


Openbaring 1926 
Die kleinlettergod. 
Donderdag 20 Junie 2013 12:45
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Terwyl die mensdier, Raka, op sy dromme slaan, kom die 
kleinlettergod op sy oorlogskippie in Suid-Afrikaanse waters 
aan en uitbundig klap die mensdom hulle hande hieroor saam, 
want hulle voel hulleself daaroor tog so vernaam. So staan hulle 
daar vir hom, daar om die rooi tapyt, in 'n erelaan en terwyl hulle 
elke dom woord van hom so intelligent as moontlik probeer 
beaam, is hulle beperkte illusiewêreld reeds besig om te vergaan. 
O’ waarom is dit dat ‘n mens die boek van Openbaring na duisend 
jare nog nie kan verstaan, want voorwaar het God die mens oor 
en oor, ja, oor die einde van hierdie tydvak vermaan, maar hulle 
verkies eerder om in ‘n duister toestand te vergaan. 

Terwyl die oerdier, Raka, op sy dromme slaan, kom die 
kleinlettergod, Obama, op sy oorlogskippie in Suid-Afrikaanse 
waters aan en hy staan as die mondstuk van ‘n bose eenwêreld-
orde bekend as die Leviatan en hy bult sy spiere en kyk die ander 
moondhede aggressief oor die Afrika-kontinent aan. So staan daar 
in die geesteryk vanaf die eerste patriarg, al die kronieke nou diep 
beskaam, want hulle laaste nasate verkeer in ‘n baie diep waan en 
hulle kyk die dier van Openbaring aanbiddend aan en hulle laat 
hulle nie deur die Wysheid of die Liefde vermaan, maar verkies 
om eerder in ‘n derde wêreldoorlog te vergaan. 


Graag deel ek hierdie stuk met ons mense…

DIE GOEIE HERDER 
24 Junie 2013 

Ernst van Zyl.
Hierdie skrywe is gerig aan elkeen wat hom of haar met die begrip 
“boerehart” kan vereenselwig, en spesifiek aan alle blanke 
veeboere. Julle is uniek in jul soort want ons Hemelse Vader 
het julle beroep as voorbeeld gebruik toe Hy gepraat  het van die 
Goeie Herder wat omgee vir sy skape, wat hulle beskerm en na 
hulle omsien. As kind is dit soos ek veeboere leer ken het, eers 
my oupa en my pa, en later toe sien ek maar ek is self ook so 
lief vir die diere en raak fanaties as daar van die skape sou 
wegraak deur roofdiere of diefstal of wanneer hulle siek sou raak 
of wanneer ‘n lam uit sy ma uit sou raak. En my mede-veeboere 
is ook so. Hulle sal ook na ‘n verlore skaap gaan soek, hulle sal 
ook in die nag na die trop toe gaan as daar ‘n bedreiging van 
viervoetige of tweevoetige roofdiere is. Hulle sal ook ‘n klein 
lammetjie, waarvan die ma gevrek het, huis toe vat en vir hom 
melk gee en versorg tot hy self kan wei. 

Ons Vader, Wie die Liefde Self is, is ook so oor sy kudde. Hy het 
die boodskap van Liefde na Sy kudde gestuur deur sy profete, 
en dit Self met Woord en Daad gedemonstreer toe Hy hier op die 
aarde was. Die Goeie Herder het die enigste Waarheid, naamlik 
die Liefde, na Sy kudde gebring en selfs Sy lewe afgelê vir Sy 
kudde, sodat hulle ‘n Brug sou kon hê om terug te kan keer tot 
Hom. 

Ten spyte van die drastiese stappe wat deur die Goeie Herder 
geneem is, het Hy tog steeds vryheid aan Sy kudde gegee om 
self te besluit wat elkeen van hulle gaan doen, sodat hulle as vrye 
kinders kon ontwikkel en kies. In hierdie hele proses van aardse 
vryheid het die roofdiere nie agtergebly nie, die wolwe en jakkalse 
het self skaapwagters geword.  Die wolwe en jakkalse word gevind 
oraloor, tussen die liberales, gematigdes en regsgesindes wat 
teksverse uit die skrifte aanhaal, daarom moet jy uiters versigtig 
wees en na jou hart luister om te onderskei. Leuens word steeds 
as die waarheid voorgehou. 

Elementêre leuens soos byvoorbeeld dat alle mense skape van 
dieselfde kudde is. Die skaapboer weet baie goed dat die skaap 
en die bok en die jakkals beslis nie saam tot sy kudde behoort 
nie. Maar die kerk wil jou leer dat almal maar dieselfde is en 
welkom is, bloed is mos dieselfde kleur. Maar vra vir die 
eenvoudige Boerekind wat self kan onderskei en oplet dat die 
waardes en karakter van verskillende groepe totaal verskil deur 
bloot na hul optrede te kyk. Die een soort is oor die algemeen 
van nature in staat tot goedheid en is kreatief, hardwerkend en 
goed en gee om vir ander en skep en bou en beskerm. Die ander 
soort is soos ‘n parasiet wat eerder wil teer op ander en gryp en 
eien wat nie aan hom behoort nie, wat eerder afbreek en vernietig 
soos ‘n plaag sprinkane wat alles in hul pad verorber en net kaal 
lande agterlaat. 

Vra vir die wetenskaplike en hy sal aan jou toon dat, alhoewel die 
kleur van bloed dieselfde lyk, daar drastiese verskille in die 
samestelling van die DNA is. En as jy dit eers vermeng, het jy die 
oorspronklike goeie DNA vernietig. ‘n Boer wat rasegte Dorpers 
teel sal nooit, maar nooit, ‘n basterskaap tussen sy aanteel kudde 
toelaat nie. Dan wonder mens hoe is dit moontlik dat daar van ons 
blanke mense is wat vermenging van hul eie kinders met ander 
rasse toelaat en selfs goedkeur, terwyl dit tog algemene kennis 
behoort te wees vir enige ernstige leser van die Skrif dat die 
Hemelse Vader enige verbastering streng verbied en as ‘n gruwel 
beskou. 

‘n Skaapram loop nie agter ander ramme aan nie, hy loop saam 
met die ooie want dit is in sy natuur, soos hy geskape is. As ‘n 
skaapboer sou sien dat een van sy ramme ander ramme sou 
verkies bo die ooie, hoe lank sal hy daardie ram toelaat in sy 
kudde? Nie een dag nie! Tog keur Westerlinge en kerke dit 
deesdae goed dat mense van dieselfde geslag selfs in die 
“eg” kan verbind. Wat ‘n afgryslike gruwel. 

Leuens kom in verskillende grade. Hierbo is van die growwe 
leuens genoem. Dan is daar die leuens wat kom deur fyn 
verdraaiings sodat dit nie so ooglopend is nie, maar die gevolge 
daarvan is so verskriklik ernstig dat dit ‘n siel verlore kan laat 
gaan vir die Koninkryk van ons Hemelse Vader. Wat is die 
Koninkryk van die Hemelse Vader? Dit kan tot geen ingewikkelde 
moeilik verstaanbare begrip wees wat net toeganklik is en 
begrypbaar is deur een of ander hoogsgeleerde teologiese 
kundige nie, want Hy het Self gesê dat die kindertjies na Hom moet 
kom, en dat ons soos ‘n kind moet wees om in Sy Koninkryk te 
kom. Oor en oor het Hy die mense tussen wie Hy was die leer van 
die Liefde geleer. Hy het soveel klem op die Liefde gelê, en deur 
Sy hoogste daad van barmhartigheid het Hy, die Liefde Self, die 
hoogste offer as mens gebring. Want geen daad is groter as die 
een waar een mens sy lewe aflê vir ‘n ander nie, gedring deur die 
Allergrootste Liefde! Die Liefde Self het in die mens YaHshua 
gekom en was tussen die mense en het wonderwerke gedoen en 
het die allergrootste Liefde en Nederigheid en krag getoon deur 
Sy dade en sterwe en opstanding maar tog het feitlik niemand 
Hom as die Liefde Self herken nie! Tot vandag toe het ons mense 
oor die algemeen nie ‘n idee WIE die Vader is nie en hulle weet ook 
nie dat Sy Koninkryk die Koninkryk van Liefde is wat veronderstel 
is om in hul harte te woon nie. Ons moet deur die toepassing, dra 
en koestering van die liefde teenoor die Liefde Self, en teenoor 
ons naaste (diegene van jou kudde), self die Liefde word, in ons 
wese. Want dit is in Sy kudde se natuur, in hul DNA. 

Nou is een van die verdraaide, gevaarlikste leuens wat so vrylik 
en openlik deur kerke verkondig word, dat jy maar net Sy Naam 
kan aanroep en mondelings bely dat jy ‘n Christen is en kan glo 
en jy sal gered wees. Watter onsin! Dit terwyl Hy so duidelik 
uitgespel en gedemonstreer het dat Sy Koninkryk die Liefde is, 
dat ons die Liefde bo alles moet bemin en ons naaste soos 
onsself, dus moet ons dit DOEN om deel te word daarvan. 

Die roofdiere het hul vele vertalings van die Skrif gerieflik verdraai 
om leuens te akkommodeer, byvoorbeeld; “Gaan na al die nasies” 
terwyl daar oorspronklik bedoel was en geskryf was dat hulle na al 
die verlore stamme van Israel moes gaan. 

Die Koninkryk is nie te vind in enige kerk of geskrif nie, selfs al sou 
dit die waarheid in sy suiwerheid verkondig. Die Koninkryk is slegs 
te vind deur die omskepping van jou eie wese na die Liefde, deur dit 
te dra en te doen. Die een wat die Liefde sal dra, sal weet hoe om 
teenoor sy eie gesin en eie volksgenote op te tree. Hy sal 
die Waarheid en Wysheid van binne kry en dit ook herken as dit 
oor sy pad kom. Hy sal ook weet hoe om reg op te tree teenoor 
een wat nie van sy kudde is nie, en omdat Barmhartigheid inherent 
deel van die Waarheid is, sal hy dit ook toepas waar nodig. 

Hy sal die stem van die Goeie Herder herken. 

In die dae toe daar nog nie drade was om plase en kampe mee te 
omhein nie, en daar nog nie tegnologie soos windpompe was om 
water te pomp tot in dammetjies en krippe nie, was daar herders 
in die veld en hulle het self hul skape opgepas en na weidings en 
waterputte geneem. Nou was dit so dat daar in die droë Karoo in 
baie areas maar min waterputte was, ver uitmekaar en dikwels 
moes verskillende herders se veetroppe by dieselfde waterput 
drink. Dan was dit onvermydelik dat die troppe deurmekaar geraak 
het. Hoe het die herder nou weer sy skape bymekaar gekry tussen 
al die vee? Hy het eenvoudig begin loop en sy skape geroep. Hulle 
het die herder se stem geken en het hom gevolg. 

Die Goeie Herder het ook gesê dat Sy skape die klank van Sy 
Stem sal ken en Hom sal volg. Die Goeie Herder is die Liefde Self, 
en diegene wat Hom in hul harte koester, herken Hom en volg 
Hom. Hulle is nederig en dra die Goddelike eienskappe in hulle: 
Die Liefde, wat ook as die Goedheid of Sagmoedigheid beskryf 
kan word, Wysheid en die Goddelike Wil wat hieruit voortvloei, 
Orde, Erns, Geduld en Barmhartigheid. Hierdie mense is ongelukkig 
bittermin, want die meeste is mislei en het agter die wêreld en hul 
leuens aangegaan. Mislei deur die Katolieke kerk en sy pouse en 
priesters met hul sieklike rituele en instellings, wat nie net wil 
baasspeel oor die Vader se kinders nie, maar ook bakhand in 
die plek van die Vader wil staan en selfs as “father” aangespreek 
wil word. Mislei deur die wêreldraad van kerke, die NG kerk en 
soveel ander kollekterende kerke wat ieder en elk saamspeel 
met die leuens en verdraaiings en ons mense tot vandag bedrieg. 
Die kern van die Waarheid, die Liefde, is selde te vinde in die ou 
geykte, emosievolle “mooi” soetsappige of soms vreeslik ernstig-
vermanende preke. Die gemeentes is gebreinspoel en is vasgevang 
in ‘n orrelmusiek-illusietronk. Dan is daar ook nog die aartappel-
(b)moer wat met sy sensasionele Bybel-in-die-hand en spoegspat-
Computicket kaartjie preke ons mense verder oor die afgrond 
mislei. Die Waarheid, die Liefde Self, ontbreek volkome. 

Omdat ons voorgeslagte, die ou Israeliete, nie die leer van Liefde 
nagevolg het nie, het hul die klank van Sy Stem vergeet en die 
spoor byster geraak. Hulle is verstrooi in die Saksiese volke 
oor Europa en oor die wêreld en tog het Hy dit so bestem dat 
van daardie verlore skape hier aan die Suidpunt van Afrika weer 
‘n kuddetjie geword het. Gou het hulle, wat afgunstig was op die 
erfenis van Sy kudde, ook hier opgedaag en die kuddetjie het 
Voortrekkers geword en het ‘n bar en wilde landskap getem en 
plase en dorpe opgebou. Die swart barbare wat oorspronklik 
vanuit die Noorde gekom het, het hul aangeval en hul vee geroof. 
In die grootste gevaar denkbaar, met primitiewe voorlaaiers en met 
hul Hemelse Vader in hul harte het van hulle oorleef. Sogenaamde 
filantrope en sendelinge, gewapen met die leuen het oral infiltreer 
om die swartes te ontwrig uit hul ordes en voorvadergeeste en 
hulle te omskep in sogenaamde Christene. Dit is dan ook van 
hierdie sendelinge wat vir Dingaan aangemoedig het om die “wit 
towenaars” dood te maak Piet Retief maak ‘n verskriklike fout om 
met die swartes te onderhandel en hy en sy hele gevolg word op 
die wreedste denkbare manier vermoor. In vele aanvalle op die 
Voortrekkers word mans, vrouens en kinders toe ook wreed 
vermoor en beroof deur die swartes. 

‘n Klein groepie in doodsgevaar, lê ‘n gelofte af voor die Hemelse 
Vader en by Bloedrivier het Sy hulp sigbaar ingetree en sowat 
vierhonderd Voortrekkermans, met Hom aan hul kant, verslaan 
en verdryf ‘n oormag van meer as tienduisend aggressiewe 
aanvallers. Hier word hulle weer ‘n verenigde volkie. 

Die Boere tem die wilde land en floreer. Infrastruktuur word 
geskep, die landbou, handel en myne begin net groei, toe kom 
die Britse aasvoëls en die nuwe volkie is sommer met die intrapslag 
gedoem. Die dapper en vernuftige Boere bied erge weerstand in 
die Vryheidsoorlog en al hoe die oormag Britte, met die hulp van 
verraaiers en hanskakies, die oorhand kon kry was om lafhartig 
en wreed die Boere se plase en gesinne te vernietig deur hul 
opstalle af te brand en die vrouens en kinders in onmenslike 
konsentrasiekampe te laat vergaan. Die gevolge van hierdie dade 
sal hulle en hul nageslag nie gespaar bly nie. 

In die huidige tyd kom die Wêreldorde, met die Britse ‘koningshuis’ 
aan die spits, weer met ‘n sluwe plan om deur sogenaamde 
“menseregte”-veldtogte in die media, Suid-Afrika en sy rykdomme 
vir hulself in te palm. Swartes word opgesweep om in opstand te 
kom en met die ondersteuning van liberaliste van oorsee en 
plaaslik word die swartes selfs gefinansieer en op elke moontlike 
manier gehelp om gewapende terroriste te word. Met groot sluheid 
word ons mense bedrieg en FW De Klerk, Pik Botha en vele ander 
verraai en mislei die volkie en met ‘n “Ja” stem is ons 
bloedverwerfde geboortegrond in sy peetjie. Regsgesinde mense 
word deur die wêreldmedia, asook plaaslike media, voorgestel en 
afgekraak as minderwaardig en agterlik tot en met vandag. 

Die sprinkane is aan bewind en geleidelik kom van die ywerige 
“Ja stemmers” agter dat jy hierdie “agtergeblewenes” uit die 
bos kan probeer haal maar jy kan nie die bos uit hulle haal nie, 
sprinkaan en barbaar is in hul aard. So verarm die land en die 
volkie word al hoe meer gemelk en gemelk en barbaarsheid en 
korrupsie is aan die orde van die dag. Boere en hul gesinne word 
wreed vermoor maar niemand anders gee om nie, die media berig 
skaars nog daaroor. Nou is die misdaad en korrupsie oraloor, in al 
die staatsdepartemente en munisipaliteite is dit duidelik dat daar 
wesens in beheer is wat hoegenaamd nie oor die intelligensie, 
vaardigheid of inbors beskik om te kan regeer nie. 

Onder die vaandel van regstelling val hulle die laaste vesting aan 
naamlik die grond wat nog in die hande van wit Boere is. 
Landbou organisasies kom ook nou agter dat mens nie met hulle 
kan onderhandel nie, die Boere het geen magte of regte van enige 
aard oor nie en die sogenaamde “grondwet” beteken absoluut niks. 
Mineraleregte en waterregte word op beslag gelê, die grond is 
volgende. 

Hierdie Boervolkie is oor die afgrond, herderloos en toekomsloos. 
As die valse vredevors te sterwe kom, hom wie die wêreld en selfs 
van ons mense tot ‘n “vader” en ‘n afgod gemaak het, sal die 
vlamme van wêreld-chaos hier en regoor die wêreld verder oplaai 
en is dit die begin van die finale einde. Niemand wil dit hoor nie 
maar YaHshua het Self na die gebeure van die eindtyd verwys. 
Opstande, gerugte van oorloë en oorloë, aardbewings en 
natuur-kataklismes soos nog nooit gesien nie. Een of ander tyd 
moet dit tot ‘n einde kom, die boosheid van die wêreld het sovêr 
gevorder dat geen omdraai meer moontlik is nie. 

Alhoewel hulle van kamma vrede praat is die wêreldgod Obama, 
die dier van Openbaring, gereed om oorlog te maak en om beheer 
oor te neem, om die merk van die dier (microchip) en die 
Eenwêreldgeldstelsel in te stel. Geen handel sal moontlik wees 
daarsonder nie, maar dit is hierdie merk-inplanting wat elkeen van 
ons ten alle koste moet vermy. 

YaHshua het ook gesê dat Hy ‘n klein edelloot uithou wat bestem is 
om Liefde in hulself te dra in hierdie tyd en in die komende tyd op 
die nuwe aarde. My gebed is dat julle jul harte sal draai na die Liefde 
sodat Hy jul in hierdie tye sal beskerm teen die verskeurende roofdiere 
van die wêreld. 


Openbaring 1927 
'n Visserman en 'n voëlvanger

Maandag 24 Junie 2013 17:20
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
 
Die afgryslike voëlvanger se wip is vol van die vangs en die 
vaalperd byt wild in sy stang. So, waar is nou die eenwêreldorde 
se vrymesselaars, ja, hulle magtige mans, want kyk, die wêreld 
staan verbyster en heeltemal van balans, want die beeld van die 
dier van Openbaring stort oor ‘n seepgladde krans, daar na benede 
in ‘n ewige duister afgrond sonder enige oorlewingkans en die 
kerklidmate staan vreesbevange en beangs. Maar daar is ‘n klein 
oorblyfsel wat soos 'n Dawid van ouds al huppelend dans en kyk, 
hulle kan hulle vreugde nie verbloem of verskans, want in hulle 
liefde vir Elohim staan hulle nou heeltemal verglans en in hulle 
verseëling word hulle in Sy Beskerming verskans. 

Die afgryslike voëlvanger se wip is vol van ‘n aaklige vangs en dit 
bestaan vanuit die wêreld se mees magtige mans en die heel beste 
daaruit is vir satan nou net tweedehands en die res klassifiseer as 
derderangs en dit alles dien as minderwaardige voedsel vir Hades 
se slang. Die wêreld staan verskrik en beangs, want die beeld van 
die dier stort nou na benede oor die dood se spieëlgladde krans 
en dit terwyl die verseëldes soos ‘n Dawid van ouds al huppelend 
dans en kyk, hulle kan hulle vreugde nie verbloem of verskans. 
Want hulle weet, teenoor die afgryslike voëlvanger staan daar ‘n 
Visserman met ‘n klein maar baie edel vangs en dit is ‘n uitgesoekte 
vangs vir Elohim se tafel, ja, vir ewig verglans. 


Openbaring 1928 
In die laaste 'struggle'…
Woensdag 26 Junie 2013 04:45

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
So Beier daar ‘n oorverdowende kerkklok en dit kondig die einde 
aan van nog ‘n lewenstyd terwyl nog ‘n siel van angs en vrees 
voor die Groot Regterstoel beswyk, ja in die laaste 'struggle' op 
pad na die doderyk terwyl die laaste lewenslig uit dowwe oë 
uitwyk met 'n siel wat sy nuwe woonplek in die doderyk bekyk. 
Op ‘n eensame eiland in ‘n see van papvrot slyk is daar geen 
horison van Goeie Hoop om verlangend na te kyk. Want buite 
materie, tyd en ruimte is daar geen rykdom, mag of wêreldorde 
wat daar oorwinnend pryk.

Oorverdowend beier daar ‘n kerkklok terwyl die laaste lewenslig 
uit dowwe oë wegwyk en terwyl net nog ‘n siel lusteloos na Hades 
aanstryk lê daar in nog 'n doodskis ‘n wasagtige lyk met geskenkies 
en boodskappe wat in strate rond pryk en terwyl die wêreld hulle 
hieraan verkyk begin ‘n nuwe kersfees in ‘n nuwe Nimrodsryk, 
want ‘n waansinnige wêreld het ‘n nuwe, maar dooie god, waarna 
hulle nou kyk. Maar dit alles is tevergeefs want dit raak spoedig 
die einde van hierdie tyd. 


Openbaring 1929 
‘n Ernstige waarskuwing.

Woensdag 26 Junie 2013 18:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Eens het Noag jare lank en met baie moeite die mense van 
daardie tydvak vermaan maar hulle het hom bespot en wou 
die Waarskuwingswoord van Elohim nie verstaan. So kom 
daar die vloed van oordeel en hulle het smekend tevergeefs 
teen die ark se deure geslaan en Noag het Elohim gehoorsaam 
en eenkant toe gestaan, want hy het geweet; as een van hulle 
deur sy barmhartigheid sou saam, geheel die ark met alles 
daarbinne in sou vergaan. 

Net so is vele mense in hierdie tyd tevergeefs vermaan en daar 
is 'n paar jaar gelede reeds aan hul gesê dat die ark se deure 
steeds op 'n skrefie tot hul redding oop bly staan, maar dat dit 
binnekort toe sou gaan, maar hulle het gespot en hulle nie laat 
vermaan. So, wéét, wanneer die sekel of die kapmes slaan en 
dit is tyd vir die moderne kaf om te vergaan moet die verseëldes 
baie mooi verstaan om nie in die weg van Elohim se Sekel te 
staan, want ook húlle sal in die weg van Sy Swaard verseker 
saam met die ander vergaan. 


Openbaring 1930
Wêreldordevergryp ná kataklisme.

Donderdag 27 Junie 2013 04:30 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Ek hoor ‘n bonatuurlike stem wat die volgende woorde sing: 
Daar val ‘n swaar klip in die water wat die kringe daarvan 
baie wyd uit laat kring en daar kom ‘n tsunami wat baie 
mense om gaan bring. So is daar aardbewings en daar is 
‘n AARDBEWING en eersgenoemdes begin na laasgenoemde 
uitkring en kyk, ‘n eenwêreldorde gaan die katastrofe misbruik 
om die volke en nasies in eenheid onder een betaalsambreel 
in ‘n geldlose stelsel saam te bring. Maar die nasies en volkere 
gaan nie dieselfde volkslied wil sing en so gaan ‘n vreeslike 
onheil in ‘n baie groot verdrukking onder die beheer en merk 
van die dier globaal uitkring. 

Ja, ek hoor ‘n bonatuurlike stem wat die volgende woorde 
hardop sing en dit lui: Sion, dit raak dringend tyd om jou kant 
vir Elohim te bring sodat die engel van die dood ook nie jou 
kinders in die groot verdrukking om sal bring. 


Openbaring 1931 
Die modderkoning van die Weste.

Woensdag 27 Junie 2013 08:05
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Terwyl dele van Indië begrawe lê onder modderslik en mense in 
'n massa-verassing van die rook verstik, ja, terwyl ‘n longkwaal 
ongesiens tussen die mense inglip, grom Rusland vir Amerika 
en vra so ewe ongeskik: Wat is jou uitdagende storie en gee jy 
my dalk die lip. Maar Amerika grinnik stilweg en spottend dink 
hy; vir jou vang ek binnekort in ‘n wip en in ‘n toekomstige 
oorlogvoering gaan ons mekaar onder 'n vreeslike biologiese 
oorlog indip. Maar intussen vaar ek waardig soos dit ‘n 
modderkoning betaam na my Afrikabesitting met my oorlogskip 
om geheel die wêreld te wys, hulle sal hulle na mý wil skik. 

En terwyl Rusland, China en die Ooste in woede hieroor stik, 
begin daar twee weë na Armageddon uitvurk en die wêreld 
staan in twee kampe as die Gog en Magog, want ou profesieë 
het dit lank gelede reeds so beskik en terwyl vrees die mensdom 
nou globaal begin verstik begin die wêreld se intelligensiedienste 
mekaar oor en weer vir groot bedrae te verklik. 

So roep die Ooste; ons het lank genoeg die Weste se oorheersing 
gesluk, ja, onder hulle godsdiensvaandel het hulle ons eeue lank 
verdruk. Kyk, daarom slinger ons nou verwoed na alles wat 
Westers is ‘n aggressiewe klip en daarom sal ons met geweld self 
die ryk vrugte van Afrika tot ons eie voordeel gaan pluk. 

Maar Amerika, dié grinnik en hy vaar met sy oorlogskip en hy 
dink, onder my as die eenwêreldregeerder sal almal hulle net 
maar moet skik. Maar binnekort is dit Amerika self wat baie 
groot gaan skrik, met menig van sy weduwees wat hartroerend 
gaan snik, want slim vang dikwels sy baas in sy eie wip. 

Kyk, daar buite in die atmosfeer is ‘n satelliet wat uit sy baan 
gaan glip want op die seebodem lê daar altyd die een of ander 
wrak van ‘n onbruikbare skip en terwyl menigtes in Suid-Afrika 
nou hardop en emosioneel gaan snik, raak Amerika met sy 
bondgenote, asook Rusland met syne, teenoor mekaar nou 
openlik ongeskik. 


Openbaring 1932 
Haai meneer Amerika…
Vrydag 28 Junie 2013 11:38

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Daar is ‘n engel wat deur die data van die tye blaai en hy sing: 
Haai-haai meneer Amerika haai, hoe lank is dit dat die politieke 
winde nou in alle rigtings begin te waai. Jy dink die weg van die 
Weste is met rose besaai, maar oral waar julle draai is dit met 
vlymskerp dorings besaai. Want die heiligdom, ja, die suiwer 
kronieke is deur julle versmaai en vir Jakob het julle aan die 
Suidpunt van Afrika verraai. 

Daar is ‘n engel wat deur die Boek van Openbaring blaai 
en hy sing: Haai-haai meneer Amerika haai, hoe is dit dat 
die ekonomiese winde nou al hoe meer deurmekaar begin 
waai, want vir ‘n Dollar, ‘n Euro en ‘n Pond krap julle graag 
in anderman se slaai. Maar julle self is deur julle eie 
sprinkaanplaag in julle maai en glo my vry, jou probleem 
is tamaai. So, wat baat jou kerke waarmee jy jouself so wou 
verfraai, want jou hoer van Babilon was die heeltyd ‘n uittand 
bastermeisie met die goedkoop naam- Meraai. 

Daar is ‘n engel wat deur ‘n stokou boekrol blaai en hy sing: 
Haai-haai mnr. Amerika haai, wat is dit wat jy so graag hier 
op wil kom laai, want kyk, die mynwese van Suid-Afrika is 
binnekort in sy maai en nie jy of iemand anders gaan die 
bewoners van hierdie land kan paai en globaal het baie lande 
reeds hulle gewere gelaai en binnekort is alles van hier tot by 
julle en so ver as Dubai heeltemal met bloed so taai. 

Daar is ‘n engel wat deur die Torah, die Bybel sowel as die Koran 
nou blaai en hy sing: Haai-haai meneer Amerika haai, gaan jy vir 
die begrafnis bly, of kom en gaan jy soos die wind jou waai, want 
kyk, ook die Ooste wil hulle nie meer langer deur jou laat paai en 
daar is iets in jou eie gesondheid wat jou binnekort verraai en 
tussen jou en die pous is een van julle twee eerste in sy maai, 
want kyk, die oorwinnaars oor die dier, oor sy godslasterlike 
spraak en teken, is reeds hier om groot verwoesting te kom saai. 

Daar is ‘n engel wat deur ‘n ou maar moderne geskrif na die laaste 
bladsy toe blaai en hy sing: Baai-baai meneer Amerika baai, klim 
in jou straler en laat waai, want kyk, op die Withuis se dak is ‘n 
hoenderhaan wat drie keer verloënend gaan kraai en dit laat die 
politieke winde nog meer wild en wakker waai en binnekort is alles 
onder 'n eenwêreldregering in elk geval in sy maai, so, baai-baai 
meneer Amerika, baai...


Openbaring 1933 
Liefde en die vrye wil. 
28 Junie 2014 07:45
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Iemand skryf. My vraag is, ek lees dikwels van Elohim en 
wesens wat Hy geskape het omdat Hy alleen was om daardeur 
Sy liefde te kon uitstort en weer terug te ontvang. Maar Elohim 
is ook Alwetend en kon maklik voorsien hoe elke wese sy vrye 
wil sou gebruik. Elohim weet dus wanneer iemand liefde gaan 
betoon. Daar is dus geen kans dat iemand Elohim kan "surprise" 
met ‘n uitdrukking van liefde soos wanneer ‘n man sy vroulief 
blomme of ‘n drukkie gee nie. Per slotsom hoe kan Elohim se 
"omstandighede" daarom veel verander- aangesien Hy alles 
weet en voorsien het? 

Antwoord: In Vader se Alwetendheid verhinder dit Hom steeds nie 
om elke wese, deur sy vrye wil, keuses toe te laat om sodoende 
sy/haar liefde of afkeure te bepaal nie. Juis deur die vrye wil het 
die eersgeskape wese vanuit Hom, teen Hom besluit en tot heden 
en vandag het elke mens en wese ‘n vrye keuse naamlik; wil ek 
of wil ek nie Elohim liefhê. Watter tipe god of persoon sou iemand 
sonder enige keuse wou dwing om hom/haar lief te hê en watse 
bestaan sou Elohim in Sy oneindige skeppinge gevoer het waar 
alles en almal Hom soos robotte, sonder enige wil, slaafs sou 
navolg en watse geselskap sou dit vir Hom wees waar almal altyd 
alles, gespreek vanuit Hom, net soos Zombies sou beaam. 

Persoonlik dink ek ons het een ongelooflike Abba Vader wat 
ons keuses toelaat sodat ons tot ons volle potensiaal en 
daardeur tot onafhanklike liefdevolle kinders van Hom kan 
ontwikkel. 

En ten slotte, al sou ‘n goeie vrou weet dat haar geliefde man 
haar met blomme of 'n drukkie gaan verras, bly sy tog altyd 
baie gelukkig oor die gebaar van liefde. 


Sondag 30 Junie 2013 

Judith de Beer
'n leseres het geskakel en gevra dat Openbaring 1809 onder 
die aandag van die ander lesers gebring word. 

Graag wil ek dit ook net noem dat dit baie insiggewend is dat 
die koningin van Engeland besig is om voorsiening te maak 
vir 'n roudiens vir Mandela vanuit die Westminster Abbey tot 
sy eer. Maar miskien is dit eerder om haarself sowel as ander 
hooggeplaastes die geleentheid te bied om hulle laaste 
eerbetoon buite die moontlike gevaarsone van Suid-Afrika 
te bring. 


Openbaring 1934 
Die groot verdrukking.

Woensdag 3 Julie 2013 10:00 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Kyk, daar sal dae van verdrukking kom en die wêreldling lewer Sion 
en Jerusalem sonder enige genade aan sinagoges en gevangenisse 
oor. Maar moenie vrees nie, klein kudde en weet dat julle aan My 
behoort en neem julle daarom in hierdie dae in julle harte voor en gee 
julleself aan My Wysheid en Liefde oor. Vrees daarom niemand, ook 
nie die wispelturige wêreldjood, wat deur sy wêreldorde-regstelsels 
julle dreig met die dood, want kyk, Ek Alleen is julle Redding en julle 
Hoop. Ja, wanneer julle reuse protes-optogte sien en hoedat massas 
hulle misnoeë uitbrul in ‘n koor en die volke en nasies soek met mekaar 
in oorloë skoor en hoedat Christen en Moslem in verskillende gevegte 
besig is om teen mekaar te verloor, terwyl almal in almal se lande agter 
mekaar se rykdomme aanboor. 

Op die dag wanneer julle hoor van groot aardbewings, van pessiektes 
en van hongersnood, ja, op daardie dag wanneer die wêreldling skielik 
om tekens begin vra, maar as teken sal vind; dit is slegs die muf en 
skimmel op die heel laaste brood. Met geen oes of vrug op die landerye 
of in die boord en nêrens is daar meer handelsware, maar die mens wil 
steeds koop en verkoop en dit terwyl die heel laaste tyd soos sand uit 
die uurglas begin loop. Op die dag wanneer die profeet sal uitroep: 
Tussen Sion en die wêreld lê daar ‘n oneindige onoorbrugbare kloof en 
daartussen lê geen brug van liefde en geloof waar bloedbande mekaar 
meer lojaliteit kan beloof, want satan het klaar die siel van die liberalis 
geroof met die verseëldes wat jubelend hulle Skepper loof. 

Daar sal dae van verdrukking kom en kyk, satan se wêreldgesante lewer 
julle sonder enige gewete aan die vervolging van die kerke oor en julle 
sal oorgelewer word deur bloedverwante en julle vriende sal julle sonder 
enige emosie kan dood. Maar vrees hulle nie, want daardeur sal julle My 
openlik voor geheel die wêreld kan loof en almal sal weet wat is die krag 
van die kleine Sion se geloof. Ekself sal julle Wysheid gee en daardeur die 
wêreld se nood uitermate vergroot en kyk, die volke en nasies se voete sal 
 swaar raak soos lood en die wyn en die meel sal Ek beskadig en hulle sal 
niks meer kan koop of verkoop en met tandegekners sal hulle hulle vir niks 
afsloof en almal sal die verseëldes haat omdat hulle weet, Ek Elohim, is 
Sion en Jerusalem se persoonlike Redder en onmiddellike Hoof. 

Kyk, die vyeboom is besig om te bot en ‘n globale wêreldbevolking is 
geestelik dood en die oppervlak van die aarde, is hel en Hades se gruwel 
ashoop en niemand vanuit die wêreld vind meer die weg na die hemelpoort. 
Maar steeds sleep die massas hulleself soos die sprinkaan met moeite voort 
na landerye en boorde heeltemal kaal gestroop. Wee daarom in hierdie dae 
die vroue met ‘n kind in die skoot en ook die wat nog soog want elke wêreldhart 
is skielik van alle simpatie gestroop en daar is nêrens meer ‘n kamma vriendelike 
filantroop en die laaste sterkes sal meedoënloos oor die swakkes loop terwyl 
doodsbeendere globaal oral op sal hoop, ja, doodsbeendere van hul eens ryk 
vlees gestroop, want kyk, globaal is daar oneindig baie nood. 

In die aanvangsdae van die groot verdrukking sal ook die wêreldling na die 
veiligheid van die Sionsberg wil hardloop en terwyl hulle harte sal beswyk 
van vrees sal hulle desperaat uitroep: O’ here- here, U weet dat ons aan U 
behoort. Maar Ek sal deur die mond van Sion laat hoor: Ek ken julle nie, want 
julle het aan die wêreld en nie aan My behoort. Maar jy, O’ Sion, hef op jou hoof 
sodat jy jou Elohim vir ewig kan loof, want aan jou het Ek My Wysheid, Liefde 
en Melgisedek-Orde koningskap vir alle toekomende tye beloof. 


Openbaring 1935 
Die sterwende hoer van Babilon. 

Vrydag 5 Julie 2013 08:15 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Die hoer van Babilon lê sterwend, uitgestrek op die rug van 'n 
rooi Afrikaner-os en sy hyg uit asem met 'n koorsige bloedrooi 
blos. Maar sy smul steeds gulsig aan giftige bessies van 'n verbode 
wêreld-bitterbos terwyl sy sterwend sê: My hoerdogters, die kerke, 
sal ek nie lewend agter los. Maar soos die oorryp druiwetros sal 
ek hulle uitpars, want dit is na hulle bloed wat ek in my sterwens 
uur dors en met die splinters van hulle doodsbeendere sal ek my 
papvrot tande mee flos. 

Die sterwende hoer van Babilon lê klaar uitgestrek in haar doodskleed 
uitgedos en in die drie suster- sowel as die charismatiese kerke, gooi 
die Ubuntu gees sy gruwel dolos. Die wit kerklidmate staan daardeur 
betower in hulle derduisende, ja, by die gros terwyl die vaalperd 
oorwinnend runnik want hy is die dood se eie grysvos. So roep daar 
'n roubeklaer uit: Dit is te laat om uit die doods-kou van die hoer van 
Babilon te dros, ja, dit is te laat vir die kerklidmaat om die sterwende 
hoer te beveel om hulle kosbare siel uit te los. 

Daar vlieg 'n grysvaal duif en aan sy ring hang daar onheilspellende 
pos en dit lui; die tyd laat nie langer met dit mors want die aardkors 
raak onstabiel en bros en daarom raak die nuwe, vriendelike pous 
ook binnekort ongeskik en nors want sy bondgenoot, die 
veronderstelde nuwe valse vredevors, staan ook ontbloot sonder 
enige inbors en dit is na 'n bloedige oorlog waarna al die nasies 
nou dors. So word daar ook onverwags 'n biskop of twee vanuit 
die Vatikaan geskors want die nuwe pous laat nie met hom mors. 

Die hoer van Babilon lê sterwend uitgestrek op die rug van 'n dier 
en haar rydier van Openbaring was die heeltyd 'n rooi Afrikaner-os. 
Haar hare hang wild en los en sy verlei steeds die dom liberalis om 
die bos want sy laat hulle gulsig saam haar smul aan die vrug van 
die verbode giftige wêreld-bessiebos en voor die dooie seremoniële 
katolieke kruis word nie een van hulle tot ewige redding verlos, 
terwyl dit hulle so tragies hulle volmaakte weergeboorte en 
kindskap van Elohim gaan kos. 


Openbaring 1936 
'n Tweekoppige dier.

Saterdag 6 Julie 2013 08:55 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Ek sien ‘n enorme tweekoppige dier en die een kop kyk Oos en 
die ander Wes en in die middel van die koppe sien ek ‘n aaklige 
mond wat uitroep: Net mensebloed kan my dors les, waarna dit 
drie keer meedoënloos begin tel tot by ses. In die linker- én 
regterkantste kloue van die dier is daar elk ‘n groot vlymskerp 
mes en oor die dier se borskas staan geskryf; die Westerse en 
Oosterse broedergenootskappe haat mekaar soos die pes. Op 
die rug van die dier pryk daar enorme pikswart vlerke, maar 
waarheen sal die dier vlieg, want in beide die Ooste en die Weste 
het hy ‘n gerieflike nes. 

Ek sien ‘n gruwel-tweekoppige draakdier en hy verkeer onder 
geweldige stres want sy twee koppe skreeu op mekaar: ‘Vir jou 
leer ek binnekort ‘n bloedige les’ en kyk, hierna vergaan die res 
van die mensdom onder ‘n vreeslike pes. 

Ja, op die horison staan daar ‘n enorme dier met twee afgryslike 
koppe en die een kop kyk Oos en die ander kop kyk Wes en die 
Westerse vrymesselaarorde en die Oosterse broedergenootskap 
haat mekaar nou soos die pes en binnekort leer Moslem en 
Christen mekaar ‘n afskuwelike les. 


Openbaring 1937 
Sewe Feë. 
Woensdag 9 Julie 2013 22:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Daar in Engeland is een bose kartèl, kan iemand daarom dalk die 
wêreld kom vertel, oor sewe feë in 'n baie bose wêreldordespel. 
Wat is dit wat die koningshuis so kwel en waarom word die dae so 
noukeurig afgetel en dit terwyl die noodlot diep in 'n kinderwiegie 
indwel, roep vier aartsengele: Dit raak globaal tyd vir die mensdom 
om hul te kwel. 

Sewe feë in swart geklee en wat soos hekse nou met hul besems 
aan moet tree om aan 'n koninklike baba, toekomswense weg te 
gee en terwyl die eerste fee nou na vore tree, roep sy skel: ek is 
die hoer van Babilon wat myself in die Westminster abbey ontklee 
en die pous voel daaroor nie die minste verleë en terwyl die ouerpaar 
voor 'n pikswart doopbak aantree, verskyn daar teenoor mekaar nou 
twee uiteenlopende weë. 

So tree na vore nou die tweede fee en sy oorhandig aan die baba 
'n pikswart orgidee en sy sê: In dié wêreld sal jy nie baie tyd bestee 
want die koningshuis het geen medelye om aan die mense weg te 
gee. 

Die derde fee tree na vore terwyl sy sê: ek is nie verniet in swart 
geklee want in 'n week, maand, jaar of twee drink ek saam die 
weduwee-koningin 'n koppie pikswart tee. 

Die vierde fee gee haar tree en sê: 'n Globale bloedige derde 
wêreldoorlog het ek om weg te gee. Laat die nasies daarom nou 
hul bose planne smee. 

Die vyfde fee gee haar tree en sy sê: Die tyd is nou goed geleë en 
in onmenslike weerpatrone sterf daar miljoene en oral lê gevrekte 
vee, maar almal koop en verkoop want die merk van die dier beveel; 
almal moet aanhou bestee. 

Die sesde fee tree na vore en sê: Kyk, groot Brittanje is nou die 
dooie ryk van vlieë en alles gee ook onder Amerika mee want in 
Edom het die basterjood in sy gruwelbloed oortree en teen die 
suiwer heiligdom is onmenslik opgetree. 

Die sewende fee tree na vore terwyl sy 'n skedel aan die baba gee 
en iemand skree: Nee, o nee! Kyk net na die versteurde grense van 
die see en kyk, die kusstreek gee daaronder mee en Engeland is 
eerste daarmee heen. 

So is daar in Engeland een bose kartèl. Kan iemand daarom dalk 
die wêreld kom vertel oor sewe fee in 'n baie bose wêreldordespel. 
En wat is dit wat die regerings en koningshuis so kwel, en waarom 
word die dae so noukeurig afgetel en dit terwyl die noodlot diep in 
'n kinderwiegie indwel. 

So roep vier aartsengele: Dit raak globaal tyd vir die mensdom 
om hul te kwel 


Openbaring 1938
'n Souterige traan…

Woensdag 10 Julie 2013 16:45 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
So roep daar 'n stem: Wat is met die lewe en die mensdom aan 
die gang, want kyk, daar is 'n souterige traan wat doelloos stadig, 
maar doelgerig na benede rol oor 'n verlorene se wang en kyk, 
daar is 'n goedkoop hoer wat haarself kleurvol besmeer en met 
juwele behang, met 'n dwelmverslaafde wat bedwelmd luister na 
'n ‘rockster’ se onsamehangende dreunsang. 

Daar is 'n selfmoordenaar wat homself sonder enige oënskynlike 
rede ophang. Ook is daar 'n rykaard wat sonder 'n versadigingspunt 
net geld en nogmaals geld wil ontvang en daar is 'n verspotte ou 
grysaard wat so geil na sy ewig-verlore jeug verlang. Daar is 'n 
hooghartige goedversorgde kerklidmaat wat prontuit sê: Aan 'n 
arme raak ek nie met 'n tang en daar is soveel hoogaangeskrewe 
maghebbers wat na mag en nogmaals mag verlang. 

Hoe hoog of hoe laag ookal die status of rang, bykans elke mens 
gaan ongeërg sy eie gang en oral en altyd soek almal net hul eie 
belang en in die bevrediging van die menigvuldige drang skuil 
daar áltyd gekamoefleer, satan as die verleidingslang, waaronder 
die vlees onwillekeurig na die dood en ontbinding verlang. 

So roep daar 'n stem: Wat is met die mensdom en die lewe aan 
die gang, want kyk, daar is 'n souterige traan wat doelloos stadig, 
verseker na benede rol oor nog 'n verlorene se wang.


Openbaring 1939 
'n Gesig.
Woensdag nag
 10 Julie 2013
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n gesig sien ek iets wat teen 'n hoë snelheid deur die lug 
beweeg waarna dit onverwags in ‘n wit, helder vuurbondel 
ontplof en daarna in wit rooksuile na benede stort. 


Openbaring 1940 
Ontsettende brande 
Donderdag nag 11 Julie 2013 
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer 
In ‘n skrikwekkende gesig sien ek ontsettende brande waarin 
groot gebiede aangeplante bosbou deur hemelhoë vuurvlamme 
verteer word. Hierna sien ek ook groot plaas- en weidingsgebiede 
wat deur brande vernietig word. 


Openbaring 1941 
Die geestes-seun.
Sondag 14 Julie 2013 13:50
 
http://www.openbaringe.co.za/  

Judith de Beer 
Daar is sewe Geeste wat hulle stem verhef, so, laat die 
uitverkore van bo-geborene nou noukeurig oplet. Die 
hoer van Babilon is ‘n ewige onrein smerige slet en 
haar verrotte denke- die vatikaan, korrespondeer deur 
haar mond- die pous, met al die gemeentes en sy hou 
noukeurig met die wêreldorde tred, want sy besef sy 
kan haar nie teen die Westerse wêreldregerings verset 
en daarom is haar hoerdogters- al die kerke, ook met 
haar vieslike siekte besmet. Maar daar is nie één vanuit 
hulle midde wat die toekomende openbaring kan belet. 

Kyk, daar is sewe Geeste wat hulle stem triomfantlik in 
‘n weergeboorte gaan verhef. So, laat die uitverkore van 
bo-geborene nou baie goed oplet want daar verskyn ‘n 
olyftak wat reeds ‘n paar van sy eens verlore blaartjies
terug het en satan weet verskrik; nie lank van nou, word 
hy vir 'n duisend jaar in sy huidige gedaante ontset. So, 
laat Jerusalem nou haar loflied uit volle bors aanhef, want 
Sion arriveer in Suid-Afrika se eie Nasaret en sy baar ‘n 
geestes-seun en sy naam is weer Set en hierdie kind se 
bloed en gemoed is nie deur enige vorm van verbastering 
besmet. 


Openbaring 1942 
‘n Kwansuis alsiende oog.
Sondag 15 Julie 2013 19:15
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
So kom daar ‘n Stem vanuit ‘n oeroue eon en Dit sê: Kyk, van 
agter die bopunt van ‘n baie ou piramide skyn daar, vanuit ‘n 
kwansuis alsiende oog, die kleine aarde se ewe kleine son en 
deur satan se saadlyn is alles verdraai, ja, van suiwer lig tot ‘n 
baie duister bron en deur al die eeue heen hou dit die mensdom 
uiters passief en dom. Daarom word daar nou, tot redding van 
die uitverkorenes, so gefokus op die ontbloting van die hoer van 
Babilon. Deur al die eeue verpersoonlik sy die kerk in ‘n dooie 
moeder Maria beeld en kyk, daar om haar gruwelhoof skyn ook 
‘n valse heilige son en sy steun vir haar mag en krag slegs op 
die afgod Mammon. 

Mammon was op sy beurt nog altyd die koningshuis en 
ridderordes se enigste motiveringsbron en hierdie geheelbeeld 
skyn as die totale valse liefdadigheids-vrymesselaarson, waaruit 
daar altyd ‘n Nimrods-wêreldleier as ‘n valse vredevors na vore 
kom. Ja, wat skaamteloos misbruik maak van ‘n globale regstelsel 
as hulle persoonlike bastion en dit is deur hierdie mondstuk 
waardeur Mafia-wêreldregerings waarskuwend vir die meer 
vrydenkende mensdom grom. 

Wee, O’ wee daarom elkeen wat as ‘n protesteerder teen hierdie 
wêreldordes na vore kom, want menigeen van hulle kom as 
sogenaamde 'terroriste' voor die wêreld-regterstoel om en so 
kom daar deur baie eeue heen, ja, deur die regsbesluite van 
selfaangestelde konings en regeringshuise, biljoene mense 
onskuldig om. So is die vryebouers ook die brein van die 
oorlogs-afgod Dagon en dit is hierdie afgod wat elke, groot 
of klein, oorlog nog altyd vooruitkom. 

Daar kom ‘n Stem vanuit ‘n oeroue eon en Hy sê: Daar moet 
binnekort ‘n einde aan die valse son kom en daarom val daar 
binnekort ‘n wrede skaal op die glas- en betonstad London 
en kyk, ‘n baie ou monargie kom daardeur heeltemal om. So, 
laat die tekens van die tye nou baie vinnig naderkom, want 
onder die rooi stert van die kreef verskyn daar ‘n donker ster 
vanuit Hades vir ‘n Edom-koningskind wat kom. 

Maar binnekort skyn ook weer helder die ster van Betlehem, 
ja, vir die Sionskind wat in die Naam van YaHWeHshua kom.


Openbaring 1943 
Die tempel. 
Vrydag 19 Julie 2013 03:15
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 

In ‘n baie ou tempel in ‘n lang vergete donker nag met daar óm 
Hades se diep donker skag, daar hoor ek Salomo geheimsinnig 
lag wyl hy sê: In my lewe had ek al die wêreldmag en krag maar 
slegs in die Hooglied sal ek op God bly wag, so laat my breinkind, 
die wêreldling, daarom maar die rykdomme van die aarde najaag 
terwyl die hemeling vrolik in die geselskap van ligengele 
oorwinnend lag. 

So vra ék myself, O’ waarom sal ek die kennis van die wêreld ag, 
terwyl my siel net na die rus en stilte van die heelal smag en 
waarom sal my oë die klatergoud van rykdom en materie betrag 
terwyl ek net die ondeurgrondelike diepte van my Skepper ag. 
Waarom sal ek hoopvol op ‘n lewe na die dood bly smag terwyl 
die ewigheid reeds van voor die grondlegging in my siel oordag. 
Waarom sal ek vreesbevange retireer voor ‘n wêreldorde se 
globale mag, terwyl ek reeds lank voor my geboorte voed op 
Elohim se Krag en Almag. Waarom sal ek ronddwel in die 
dwaasheid van ‘n donker wêreldnag, terwyl ek die Wysheid van 
die Glansryke Dag bo alles ag. 

In ‘n baie ou tempel in ‘n lang vergete donker nag, met daar óm 
nou ‘n skoon helder grag, daar hoor ek Salomo geheimsinnig lag, 
terwyl hy sê: Daar is ‘n nuwe tempel in ‘n nuwe Jerusalem wat in 
nuwe Wysheid in 'n geestelike realm op die ontwaaktes wag en 
na die groot wêreldverwoesting daal dit neer in ongekende prag. 
En so vra ek myself, waarom sal ek die kennis of die rykdom van 
die wêreld ag terwyl ek net op die koms van my Skepper in ‘n 
soewereine dimensie wag. 


Openbaring 1944 
In die spel van die speletjies. 
Vrydag 19 Julie 2013 03:25
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
O’ Al die speletjies wat al die kerkgeloofstrukture speel, terwyl 
die een se lot die ander een weinig skeel en so staan al die kerke 
onder een sambreel, maar steeds staan alles en almal in haat en 
nyd teenoor mekaar verdeel. 

O’ Al die speletjies wat die filantrope speel, so, kyk daarom net 
na meeste van die liefdadigheidsorganisasies wat in hulle eie ego 
so kan smeul, maar kyk, dit alles bly net goedkoop kommersieel. 

O’ Al die speletjies wat die handelslui kan speel, terwyl hulle 
mekaar oor en weer met komplimente streel is hulle besig om 
deur Mammon, mekaar te besteel. 

O’ Al die speletjies wat die regerings speel, terwyl hulle van vroeg 
tot laat alles en almal se lewens net wil reel en dit terwyl nie een 
van hulle die toestand van die aarde of die mensdom kan heel, met 
die mens wat in onbeheerste bevolkings aanwas net aanhou teel. 

O’ Al die speletjies wat al die bankiers so speel, terwyl hulle die 
een na die ander transaksie aanbeveel, word die mensdom deur 
rente op rente bankrot besteel en daarom sal die resessie globaal 
nooit werklik heel. 

O’ Al die speletjies wat die mensdom speel, terwyl hulle in ‘n 
fantasiewêreld hulle tog so kan verbeel en so is elkeen maar net 
besig om sy eie lot te verseël, ja, in ‘n selfsugtige illusiewêreld 
waar almal hulleself net dood verveel. 


Openbaring 1945 
Bileam spreukdigters.
Sondag 21 Julie 2013 16:20 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Vanuit die mond van die spreukdigter Bileam, ja, die seun van 
Beor, het daar ‘n vloek gekom en so kom Moab onder die hand 
van Sihon om en Sihon se edelmanne het gaan woon in die 
streek Hesbon en kort daarna kom Aäron ook op die berg Hor, 
om. 

So kom Israel aan by die grens van Sihon en die hele volk van 
Sihon kom onder die hand van Israel om. Hierna besluit die leër 
van Israel om te veg teen Ammon maar Elohim self verskoon vir 
Ammon met ‘n vredes-shalom en so draai die kinders van Israel 
vir oorlog teen die Amoriete om en Og, die magtige koning van 
Basan en sy nog sterker seun Naäron, kom met die krag van 
YaHWeH onder die staf van Moses om en Israel se grondbesit 
het gestrek van die spruit van Arnon tot by die berg Hermon. 

Deur hierdie gebeure kom Moab amper van die vrees toe heeltemal 
om, maar Balak, hul wyse, het weer die spreukdigter Bileam die 
seun van Beor laat kom. Maar deur 'n opdrag van Elohim het daar 
vanuit die mond van die towenaar geen spreukvloek gekom. Maar 
daar het wel gruwelraad vanuit sy mond vir Moab gekom en dit het 
gelui: Deur verbastering kom die sterkste nasie ook wél om en so 
het daar, deur ‘n vreeslike bloedskande, tussen die kinders van 
Abraham en Lot ‘n vreeslike pes oor Israel gekom en vier-en-
twintigduisend sterk Israelmans het wreed omgekom. 

Maar Pineas die seun van Eliëser die seun van Aäron, gee nog 
genoeg vir sy volksgenote om en hy bring die verbasteraars, Simri 
en Kosbi, met sy spies in die lewe om en die pes het opgehou om 
oor die kinders van Israel te kom. Hierna het twaalfduisend sterk 
Israel mans, ja, eenduisend per stam het bloeddorstig vir Midian 
gegrom en so kom elke man van Midian en so ook Bileam, die 
seun van Beor, deur die swaard van die lewe, in die dood om. 

So, leer vanuit hierdie geskiedenis dat daar weer so ‘n tyd oor 
die aarde kom en vanuit die mond van 'n eenwêreldorde se Bileam 
spreukdigters, het weer die gruwelvloek gekom en dit wat raseg 
is staan heeltemal verstom, want globaal het daar 'n vreeslike 
bloedskande oor die mensdom gekom. So klink daar ‘n klaende 
stem vanuit die Libanon wat verwytend uitroep: Dit alles is die 
skuld van Edom! So, luister ook na die stem van Sion wat hardop 
roep: Laat kom nou die aartsengele Migael en Gabriël, sodat Elia 
en Daniël, Elohim se Spies en Sy Swaard kan werp na Edom! 


Openbaringe 1946 
'n Vulkaan borrel en bruis…
Dinsdag 23 Julie 2013 18:20
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar is 'n vulkaan besig om te borrel en te bruis en daar 
is ‘n magtige wind wat onheilspellend suis. Daar is ‘n rooi 
Westerse huis en dit staan gebuk onder ‘n geweldige kruis 
want niemand in daardie huis is suiwer of kuis, maar hulle 
teer globaal op almal soos ‘n vieslike bosluis. So staan 
daar ‘n patetiese non en sy slaan verskrik die kruis, want 
deur die vatikaan sluip daar iemand met ‘n sagte geruis en 
vanuit donker Afrika is dit Raka wat grotesk herrys en hy 
sien daaruit soos ‘n afskuwelike vlermuis. Maar hy voel 
homself soos ‘n koning daar tuis en hy lig aggressief sy 
pikswart vuis en alles wat eens heilig was word onder sy 
voet verguis. 

Die oseane is besig om te verhit terwyl dit borrel en bruis 
met die poolwinde wat ysig daaroor suis en iemand roep: 
Kyk, niks is meer pluis, want kyk hoe pateties slaan die 
ou Joodse pous die katolieke kruis en die atmosfeer in 
Engeland raak mistig en grys terwyl ‘n landsvlag iewers 
op aarde net halfmas hys en so voel die liberale denkers 
hulself in hulle gemaksone nie meer so tuis. 

Kyk, die druiwe oes word getrap terwyl die bloedrooi mos 
borrel en bruis met die draak van Openbaring wat sy gevaarlike 
tande nou vir almal wys en so staan ou Elizabeth daar stokoud, 
krom en grys met 'n pikswart kraai wat onheilspellend op die 
dak van Buckinghampaleis met ‘n somber boodskap, van die 
spruitjie Krit, krys en ‘n paar van die koningin se onderdane, 
nou in die kennis meer wys, se name kom op 'n swartlys. en 
kyk, ‘n afskuwelike volstruis vertrap ‘n delikate klein patrys. 

Daar is ‘n vulkaan besig om te borrel en te bruis en 'n aardbewing 
staan hoog op die rigterskaal se lys en in die huis van kommentaar 
is daar ‘n groot gedruis en daar is ‘n bank en dit sluit vir oulaas 
versigtig sy kluis, terwyl Mammon roep: Eens was ek magtig, maar 
nou is ek net ‘n nietige muis. Ja, daar is ‘n stem wat roep: Alles is 
lankal nie meer pluis, want kyk, die infrastrukture raak stelselmatig 
vergruis en die pous glimlag skynheilig en slaan tevergeefs sy 
Katolieke kruis. 


Openbaring 1947 
Die Skeppingskrag. 
Donderdag 25 Julie 2013 03:45 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
O’ Waarom sal God oor Sy Werke wonder of besin, want 
in Sy ongelooflike skepping met biljoene hemelliggame 
voortgebring, ja, daar waar hemelsfere van engeleskares 
die lof van die eenmalige Skepper besing, begin daar óm 
die modderpappery van ‘n jong planeet 'n atmosfeer al 
hoe wyer uitkring en terwyl die son se strale dit baldadig 
deurdring word die eerste lewende organisme daaruit 
voortgebring en kyk, dit was aand en dit was more en 
vanuit ‘n tolbeweging is die eerste dag, week, maand en 
jaar na vore gebring. 

O’ Waarom sal Elohim oor Sy skeppingswerke wonder of 
besin, want deur die son se smeltkroes word die suiwerste 
edelmetale daaruit voortgebring en deur die geduld van die 
omwentelinge in tyd, is die ontwikkeling van verskillende 
intelligentsias ook nie te gering. Daarom het Hy Sy ewebeeld, 
Adam, as heerser oor hierdie skepping na die kleine planeet 
Aarde gebring en Sy Alomvattende Gees het daardeur die 
materiële skepping deurdring en so is vir dit wat eens geestelik 
verlore was, ‘n tydelike woning gevind, waardeur dit die pad na 
die ewigheid terug kon vind, want Elohim is vanuit Sy ondenkbare 
Liefde alles in positiewe ontwikkeling, so goedgesind. 

O’ Waarom sal die Skepper oor Sy Werke wonder of besin, 
terwyl Sy oneindige engelesfere die wonderwerke van Sy 
Wese en Hande tot in alle ewigheid besing, want Hy het 
Homself vanuit die Ontoeganklike Lig, in die gedaante van 
‘n nietige mens, as versoening na hierdie aarde laat bring, 
sodat Sy Oneindige Liefde vir Hom, ja, vanuit mense, 
Godskinders in weergeboorte na vore kon bring, waardeur 
Sy ewige skeppingsmagte deur hierdies se liefdeswerke al 
hoe wyer uit kan kring en kyk, deur die geboorte van nuwe 
sonontploffings sal oneindig meer nuwe planete al hoe wyer 
uitkring, sodat die Lewende Werkende Liefdesgees van Elohim, 
in en deur Sy kinders tot in alle ewigheid in ‘n Skeppende Ligkring, 
ja, óm Hom, al hoe wyer tot in alle ewigheid uit kan kring.  


Openbaring 1948 
Die Oordeelskrag. 
Donderdag 25 Julie 2013 14:06 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
O’ Waarom sal Elohim oor Sy Oordeel besin terwyl die 
verwoesting oral oor die wêreld begin en so word daar 
binnekort in die dood nou baie ontbind, want die liberale 
denker het die Waarheid tot 'n leuen versin en so het die 
duisternis die lig verdring en dit alles net om die edelmetale 
van die aarde tot die verlorenes se eie voordeel te ontgin 
en so kom daar spoedig ‘n einde aan ‘n baie ou begin. 

Ja, waarom sal Elohim oor die eindtyd Oordeel besin, want  
alles wat onrein is het hierdie eens skone planeet ingedring 
en kyk, dit alles het eens op die berg Hermon onder die 
leierskap van Sêmfazâz begin. Die gevalle seuns van God 
het op aarde kom land as die onwelkome indringer hemeling 
en het hulleself onderling met ‘n gruwel-eedswering verbind 
en vanuit 'n gruwel-verbastering met die dogters van die aarde 
is groot maar dom reuse voortgebring en hulle het alles voor 
die voet omgebring. 

So het Sêmfazâz en Azazel, die duister engele, die mens kom 
leer om die edelmetale, eens deur die smeltkroes van die son 
voortgebring, tot die nadeel van die aarde en so die ondergang 
van die mens te ontgin. Daarom het Elohim besluit om ‘n 
water-verwoesting oor die aarde te bring en vanuit ‘n komeet 
se stert het ‘n groot hoeveelheid nuwe vog vanuit die ruimte 
die aarde se atmosfeer ingedring en die sonde van die gevalle 
seuns van God en die mens was deur ‘n reuse vloed oorwin. 

Maar Elohim het Hom in Sy Groot Genade besin en die oortollige 
water was in ‘n groterwordende oseaan deur dreinering gewin 
en daar was 'n handvol vanuit die suiwer kronieke gespaar om 
as aartsvaders en -moeders oor te begin. Maar deur millenniums 
heen beskou die mensdom hierdie les as onbenullig en gering 
en elke gruwelsonde denkbaar het hulle maar net weer oor begin. 

So, waarom sal Elohim in hierdie gruweltyd oor Sy Eindtyd 
Oordeel besin, terwyl die verwoesting reeds oral oor die 
planeet begin, want kyk, die Waarheid is weer tot die leuen 
versin en die moderne gevallenes sal geen Barmhartigheid 
by Elohim vind want die duisternis het die Lig weer verdring 
en dit alles net om die edelmetale vir die koningshuise en 
regerings te ontgin. 

Daarom sal die dae van die vernietiging nou vermeerder tot 
‘n ewige vervloeking want kyk, daar kom weer ‘n komeet en 
in sy stert het hy hierdie keer 'n vreeslike vuur wat hy na die 
aarde bring en die sonde van alles wat vuil en onrein is word 
deur die reiniging van hierdie vuur vir 'n duisend jaar oorwin. 


Openbaring 1949 
Drome in skerwe vergaan.

Saterdag 27 Julie 2013 08:46 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar waar die drome van wêreldmagtiges in skerwe 
vergaan, daar bind die doodsengel die laaste verrotte 
oes in nuttelose gerwe saam. By die spruit Krit het Elia 
eens oënskynlik doelloos rondgestaan voordat hy die 
Baälpriesters meedoënloos sou verslaan. Maar in die 
kabbelende koel stroom van die Jordaan, daar het hy, 
as Johannes die doper, eers die grootheid van Elohim 
werklik verstaan. So het in 'n duister, blinde nag van 
wanhoop, Simson ook weer opgestaan om sy vyande 
vir oulaas te verslaan en net so word die magtige 
strukture, gebou op wêreldpilare, weer deur Elohim 
se Krag verslaan. 

Daar waar die drome van magtige wêreldbankiers in 
skerwe vergaan, daar bind oordeelsengele die laaste 
vrot oes in nuttelose gerwe saam. Kyk, daar van die 
verontregte Sion se oog, drup daar ‘n moedelose traan 
en dit het die Alsiende Waaksame Oog van Elohim nie 
ontgaan. In die sentrum van die lewe klop daar ritmies 
die hart, as lewende orgaan, wyl alle toekomsdrome 
sterwend in die stilte daarvan vergaan. So kom daar 
in die gloed van 'n bloedrooi volmaan nou voor die 
koningshuise, Lucifer as wrede laksman in die 
gedaante van ‘n weerwolf te staan. 

Daar waar die drome van die grotes in skerwe vergaan, 
daar bind die eindtydskale die laaste miserabele oes in 
nuttelose gerwe saam en terwyl die laaste smeltkroes 
in vreeslike vlamme ontstaan sal alles wat onbruikbaar 
is in die vreeslike vuur van vernietiging vergaan. Daar in 
die kosmos waar die melkweg deur die hemelruim gaan, 
daar het die Phoenix vanuit sy eie as opgestaan en sal 
daarom vir altyd bly voortbestaan en so het YaHWeHshua 
vanuit die doderyk en Sy graf tot redding van Sion en 
Jerusalem opgestaan. 

Daar waar die drome van die wêreldheersers in skerwe 
vergaan, daar bind die engele van Openbaring die laaste
mislukte oes in nuttelose gerwe saam. Die koningin van 
Skeba het vir wysheid tevergeefs met ‘n ryk karavaan na 
Salomo gegaan en sy tempel se boustene het uit hierdie 
rykdomme ontstaan en daarom sal die gees van Afrika in 
hierdie tyd teen die wêreldmoondhede opstaan en die 
hoer van Babilon sal deur haar stinkende geslagsiekte 
heeltemal vergaan. Ja, net soos wat dit ‘n straatvrou van 
haar kaliber betaam en so sal die magtige drome van die 
konings en die rykes vergaan en kyk, die oordeelsengele 
bind die laaste papvrot oes vir die vuuroond in nuttelose 
gerwe saam. 


Openbaring 1950 
Is jý lou?

1 Augustus 2013 09:50 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
So roep daar 'n Enig Volmaakte Wese: Waarom sal Ek langer 
met die apartes wil kommunikeer en waarom sal Ek langer oor 
die huis van Sion spekuleer, want vanuit haar midde is daar nog 
nie één wat my genoeg eer om ‘n daadwerklike poging aan te 
wend om My Wense te eer en te respekteer en dit terwyl die 
vyeboom lankal reeds bot en die aarde ook lankal onder Sion 
vibreer. Waarheen sal Jerusalem daarom in haar benoudheid 
emigreer en waarheen sal sy haar vir veiligheid tydens die stryd 
tussen die Gog en Magog keer. 

Kyk, die Gees van Serubbábel word reeds ‘n geruime tyd in 
Sion se midde geakkommodeer, maar met die bou van My Huis 
het daar nog weinig gebeur, want met die werke en voorspoed 
van die wêreld, daarmee wil Sion tot haar skande haar nog 
steeds assosieer. Daarom is sy in haar geestesvrugbaarheid 
soos ‘n dom eunug gekastreer en sy staan handewringend en 
wag dat Ek My Grote Krag deur haar teenoor die wêreld moet 
demonstreer. Maar omdat sy so lou is, het Ek tydelik van haar 
weg geretireer en daarom begin die grotes van die wêreld nou 
ongesiens die Suideland van haar nuwe geboorte te beleër. 

Klim daarom op na jou veronderstelde geesteshoogte O’ Sion 
en hou op om oor wêreldvoordeel te fantaseer, ja, sodat Ek weer 
met jou kan begin korrespondeer en bou My nuwe Huis sodat Ek 
ook met Jerusalem kan kommunikeer. Want Ek is die Altyd Ewig 
Lewende Nasireër en vanuit My nuwe Nasaret sal My Stem oor die 
oppervlak van die aarde vibreer en elke ou profeet wat eens sou 
debatteer oor ‘n ou Nasaret waaruit geen profeet sou profeteer, 
ja, dié sal weet- in die tekens van die tye is die huis van Jakob 
getransformeer en elke siel sal weet, die nuwe Hoeksteen van 
die nuwe tempel is ewig altyd YaHWeHshua, die Ewig Lewende 
Nasireër wat vanuit Sy Nuwe Jerusalem met geheel Sy skepping 
sal kommunikeer en daarom sal Ek op hierdie dag wat Silo kom, 
Serubbábel neem en met Hom as My Seëlring sal Ek My Grote 
Krag aan ‘n bose wêreld demonstreer.