.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 1951 
Om te verstaan…
Sondag 4 Augustus 2013 16:45
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Kyk, daar is iemand wat vermaan, maar daar is min wat verstaan, 
want daar is 'n volk- blind in sy eie duisternis vasgebind. Ja, daar 
is volk met wange nat-betraan, maar hulle laat hulle nie deur die 
Gees vermaan en so staan hulle daar soos ‘n moedswillige kind 
en hierdie kind word binnekort deur die wêrelddraak verslind. 

So stuur Ek ‘n boodskapper om die wederstrewige volk te 
vermaan, maar hulle weier om My Woord te verstaan en daarom 
maak ek die meerderheid van hierdie volk se gemoed nou swaar 
sodat hulle hart in vrees nie sal bedaar. 

Daar was Iemand en Hy het onvermoeid en ononderbroke vermaan, 
maar op ‘n oorblyfsel na het bykans niemand in hierdie volk hulle 
herkoms of hulle toekoms verstaan en daarom sal hulle vyande 
hulle nog meer vertrap en verslaan en hulle volks-identiteit sal 
hierdeur bykans heeltemal vergaan. 

So kom daar wel ‘n tyd en die verseëldes maak hulle vir die laaste 
tafereel klaar en Sion sal met moeite die Gees van Waarheid baar 
en hierdeur is Jerusalem nie meer so diep beswaar, want daar is 
‘n klein, maar edel oes vir die voortbestaan van die ewigheid 
bewaar. So, blaas die basuin op Sionsberg en trek haar saam 
in ‘n laer sodat die nasies afgunstig na My eiendom kan staar. 

Kyk, daar is Iemand wat vermaan en uiteindelik is daar iemand 
wat begin verstaan so, wie is daar wat die uitverkore verseëldes 
kan verslaan, want alles draai op die einde slegs om hulle 
voortbestaan en daarom sal alles wat onrein is, soos kaf in die 
vuuroond vergaan. 


Openbaring 1952 
Wees net lief vir My… 
Maandag 5 Augustus 2013 11:12
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Iemand skryf: 
Hierdie kant kan ek nie die woorde van openbaring 1950 uit my 
kop kry nie: Is jy lou? 

Ek ken nie die bybel goed nie en ek moet erken dat Serubbábel 
nie bekend geklink het nie. Ek het die naam Serubbábel ‘gegoogle’ 
en gelees dat, nadat die volk uit ballingskap gekom het, het hy en 
Joshua, wat baie belangrike instrumente van ons Vader was, die 
stad weer op Sy Instruksie herbou. 

Dat ons ook nou uit ballingskap (in ons eie land) gaan kom is 
goeie, goeie nuus. Dat ons nou die "stad" Sion moet bou, sodat 
Jerusalem, die ander deel van die heilige volk, by ons kan aansluit, 
dit verstaan ek. Maar ek is ook baie dom soos die eunug en so sit 
ek ook angstig en wag vir Vader om iets te doen. Wat is dit wat ek 
mis of nie verstaan nie en wat kan ons doen om Sy huis te bou, 
nou hier in ons eie land. Ek het eerlikwaar nie ‘n idee nie. Help tog 
hierdie dom sondaar. 

Antwoord: 
Kyk, Ek is die Pottebakker en jy, Sion, is My klei. Wees daarom 
altyd, vanuit ‘n warm hart, opreg lief vir My en as jy ‘n opdrag van 
My, hoe groot of hoe klein, in jou eie hart kry, moet nie daarteen 
baklei of stry. 

Ja, Ek is die Pottebakker en vir jou het Ek gevorm vanuit die grote 
heelal se heel beste suiwer klei, sodat julle as My eerstelinge, My 
saak vir My teen ‘n bose wêreld kan baklei. 

Sion, Ek is jou Pottebakker en daarom het Ek in die Gestalte van 
‘n Mens vir jou op Golgota gely en daardeur het Ek vir jou die 
weg na My in die hoogste hemel uitplavei en daarom verlang Ek 
op My beurt om deur julle weergeboorte in die Sions-huis, vir My 
gebou, te gaan bly, ja, daar waar al die skape van My kuddes op 
groen weivelde, om hierdie huis sal wei. 

Ek is jou Pottebakker en jy, Sion, is my uitgesoekte klei, wees 
daarom elke sekonde met jou hele hart, uitermatig lief vir My. 


Openbaring 1953 
Israel in verborgenheid.
Donderdag 8 Augustus 2013 16:20 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Eens in ‘n droom dra 'n bakker drie mandjies brood op sy hoof 
en kyk, na drie dae het kraaie die oë van die bakker uit sy kop 
uitgeroof en sy lewenslig was in die duisternis van die dood 
uitgedoof. So dra daar in ‘n droom nou ‘n liberale volk die seën 
van Jakob in drie mandjies op hulle hoof, maar al die werke van 
hulle hand en verstand word deur Raka geroof en na drie kort 
tydjies kom daar pikswart voëls van die duisternis, om die lig 
vanuit die oë van die liberalis te roof en so word alle Waarheid 
in die duisternag van die wêreldlewensdag uitgedoof.  

So het ‘n koning eens die helfte van sy koninkryk aan 'n 
danseres beloof, maar hierdie hoer vra op advies van die groot 
hoer, eerder om Johannes die doper se hoof en so word sy hoof 
van sy liggaam afgekloof (onthoof) en hierdie waarheidsbron word 
vir ewig van daardie wêreldgeslag geroof. Maar gelukkig was die 
Waarheid reeds klaar aan die verlore skape van Israel, deur hulle 
Messias, aan hulle beloof. 

So het die hedendaagse wêreldorde nou geheel die wêreld met al 
sy rykdom aan hulleself beloof en dit terwyl satan hulle siel vir 
homself sou roof en so verskyn daar tussen die ware Sion en 
geheel die wêreld 'n onoorbrugbare kloof, want die Lig en die 
Waarheid was vanaf die oerbegin slegs aan ‘n suiwer Jerusalem 
beloof. 

So dra daar in ‘n droom weer ‘n bakker (wêreldorde) drie mandjies 
brood op sy hoof. Maar in drie baie kort tydjies kom drie kraaie om 
die laaste bietjie lewenswysheid uit geheel die wêreldkerk te roof 
en kyk, al die lewenslig is klaar in die totale duisternis van ‘n 
eenwêreldorde uitgedoof en die hoer van Babilon vra hierdie keer 
deur haar hoerdogters, om die voorlopers van die nuwe Jerusalem 
se hoof. Maar kyk, die hoof van ewige Hoop word nooit weer van 
sy liggaam gekloof want die ewige Lig van Waarheid is reeds klaar 
aan slegs die verlore kudde van die ware Israel beloof. 


Openbaring 1954 
Het ek nog hoop…
Vrydag 8 Augustus 2013 10:33  
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Op hierdie vraag het ek die volgende openbaring ontvang. 
Iemand skryf, ek wil weet: Is dit klaar te laat of sal God my  
nog inlaat. Ek het so laat wakker geskrik. So lank het ek Sy  
Waarskuwingstem geïgnoreer. Het ek nog hoop? 

Antwoord: Dit voel dikwels vir die kind van Elohim hy/sy het 
alles klaar verloor. Maar waar daar nog hoop is, is daar wel 
nog geloof en waar daar geloof is, daar skuil die liefde en waar 
die liefde is daar is Ek en waar Ek waaragtig teenwoordig is, 
daar is die Redding en waar Redding is, het Ek reeds vanaf 
die oerbegin verseël. Jy sou nie bogenoemde geskryf het 
indien jy reeds sonder enige hoop was nie. Laat daarom jou 
volle geloof nou tot sy reg kom sodat My Ewige Liefde jou in 
My Reddende Arms kan opraap sodat jy tot jou volle potensiaal, 
ja, tot dít waarvoor jy oorspronklik geskape is, kan ontwikkel. 


Openbaring 1955 
Hef jou lied aan O’ Sion.

Sondag 11 Augustus 2013 5:10 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Sing O’ Sion en voeg die woord by die daad terwyl jy al jou 
moed bymekaar skraap om jou dapper op jou Skepper te 
verlaat. Kyk, óm jou en in jou midde lê daar 'n vernietigende 
draak, wat gulsig die eiendom van Elohim bewaak. Met die 
wilde wesens wat vermakerig dink, die God van Abraham, 
Isak en Jakob, ja, die Elohim van Israel het Sy kinders 
vergeet en versaak. 

Sing daarom Sion op die wysie van Geregverdigde haat en 
begin om jou vyand met ‘n passie te haat. Omdat Elohim 
se skeppings-aarde, ja, die Werke van Sy Hande nie meer 
by die suiwer kronieke se teenwoordigheid baat. Laat die 
regverdiges daarom nou vanuit hulle dooie slaap ontwaak, 
want die verseëldes staan gestroop en naak en hulle 
grondgebied lê broos en braak en wat is daar nog oor 
waarby hulle kan baat. 

Hef daarom jou lied aan O’ Sion, terwyl jy jou op Elohim 
verlaat, ja, om Hom met oorgawe te loof in al jou spraak. 
Kyk, dit is tyd dat jy dikwels voor Sy Aangesig stil moet 
raak om jou in diepe gebed op Hom te verlaat. So raak 
dit nou tyd om deurentyd te bid en te waak want dit is 
onheilspellend koud en baie laat en die Lig is besig om 
die rokende olielamp te verlaat. Daarom kom Elohim 
met Oordeel en Wraak sodat die aarde haar daardeur 
verskrik oop sal kraak, sodat die dood kan ontaard in 
‘n gulsige vraat, terwyl die wilde wesens skielik min in 
getalle sal raak en die skeppings-aarde in ‘n nuwe tydvak 
kan ontwaak. 

Sing daarom O’ Sion op die wysie van Elohim se Geregverdigde 
Wraak en vertel Hom met die klank van jou kinderlike spraak; 
jy is klein, nietig, broos en naak en dat daar ‘n vyand is wat jou 
bangmaak, vra Hom dat Hy as jou Grote Vader beskermend oor 
jou moet waak. 


Openbaring 1956 
Die finale uur.

Maandag 12 Augustus 2013 04:25 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Die weer is vaalgrys en guur en so roep daar 'n Stem: Hoe lank, 
hoe lank moet EK nog die wêreld verduur, want vir haar boosheid 
is daar geen geneesmiddel of kuur. So kom daar nou die finale 
uur en daar is min wat vreugde, maar baie wat pyn gaan verduur. 
‘n Ou antieke skrif is reeds klaar in hierdie moderne uur geskryf 
teen ‘n baie ou piramiede se muur en ‘n oeroue boodskapper is 
klaar met ‘n boodskap vooruitgestuur om ‘n klein, maar edel oes 
saam te bind vir Elohim se nuwe Jerusalem-skuur. Kyk, in die 
Ooste brand daar ‘n onrusbarende vuur, met ‘n groot engel wat 
stip na die Suide toe tuur, terwyl hy hardop uitroep: Wêreldwyd 
is die onlusweer nou baie guur en die gemoedere van die konings 
en die grotes is dik en suur. So raak dit nou tyd om die laaste 
werkers vir Elohim se wingerd te huur en kyk, hulle word in al 
vier die windrigtings uitgestuur. Maar die dogter van Jerusalem 
is lui en sy word haastig beveel; gaan kyk na die arbeid van die 
flukse mier en word wys, want daar teen die horison staan reeds 
slaggereed die ruiters van Openbaring en hulle verwoestende 
getal is vier. Ook in Europa roep daar nou iemand om wraak en 
dit is 'n bloeddorstige Ier en sy slagtande lyk soos dié van ‘n 
wrede tier. 

Ja, die weer is vaalgrys en baie guur en so roep daar ‘n Stem: 
Hoe lank, hoe lank moet Ek nog die boosheid van die wêreld 
verduur want kyk, die skrif is lankal geskryf teen die eindtydmuur 
en die see sowel as die meeste rivier raak rooi soos bloed van 
‘n giftige wier en so kom daar ‘n pes en dit ontsteek die klier en 
daardeur verswak dit die dier sowel as die menslike nier. Daarom 
is die dood in sy volle verskrikking hier, met ‘n onnosele mensdom 
wat steeds fees wil vier. Ja, hulle dans en hulle sing en hulle drink 
wyn en bier en soos malles volg hulle steeds elke modegier. Maar 
die son begin brand soos 'n vreeslike vuur en bykans geen mens 
of dier kan die hitte daarvan langer verduur. Daarom roep die 
mensdom benoud na die hemel en vra om ‘n sonverkoelings-kuur. 
Maar God antwoord Hy het lank genoeg te veel van hulle sondes 
en gruwels verduur. Wyl ‘n groot engel stip na die Suide toe tuur 
roep hy na Sion en sê: Kyk, dit is nou jou ontwakings-uur en dit 
raak tyd vir jou om Elohim se saak hier op aarde te bestuur. Begin 
daarom en bind die twaalf edelgerwe saam vir Elohim se Nuwe 
Jerusalem-skuur, want die kaf word binnekort na die verwoestende 
vuuroond gestuur. 

Ja, die eindtydweer is nou vaalgrys en uiters guur en hoe lank, 
hóé lank, moet Elohim nog ‘n gruwelmensdom voor Sy Aangesig 
verduur. 


Openbaring 1957 
Die ware shalom. 

Woensdag 14 Augustus 2013 05:35 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Wanneer dit om jou storm en woed wees nie bevrees nie, 
want Elohim sal jou bewaar en behoed. Op die dag wanneer 
die pantserkarre se wiele sal ry deur plasse van bloed, hou 
goeie moed, want op daardie dag sal Elohim die opregtes vir 
hulle lojaliteit vergoed. 

Wanneer die maan soos ‘n harige sak sal skyn in ‘n eienaardige 
gloed en die son rooi sal wees soos vars bloed, met ‘n tydvak 
wat vinnig na sy einde toe spoed, ja, op daardie dag moet die 
verseëldes op Elohim vertrou met al hulle moed. 

Wanneer die pikdonker nag op sy duisterste sal wees so swart 
soos roet en Sion weet op die wêreld rus daar 'n vreeslike vloek, 
moet sy ook weet, in haar hand, hart en verstand hou sy Elohim 
se Woord in ‘n ewige geestelike heilige boek. 

Wanneer Gabriël die aarde met ‘n enorme aardbewing besoek 
om landskappe op te rol soos 'n nuttelose doek, sodat die 
doodsengel groot gebiede kan besoek, weet, daar is geen 
wêreldkrag wat dit kan keer of verhoed. 

Op die dag wanneer die hoer van Babilon sonder klandisie sal 
staan op ‘n morsige wêreldhoek, om die sondes van die vadere 
in die kerklidmate te besoek, wéét, die nuwe nagmaalwyn is 
reeds lankal in die ou wynsak vervloek en daar is niks meer 
heilig omtrent die ongesuurde koek. 

Op die dag wanneer vreeslike storms oor die aarde sal woed 
wyl Sion verklaar: Die Oordeel is bitter, maar die Regverdigheid 
daarvan is soet, weet, op dáárdie dag het die Liefde van Elohim 
Sy weergeborenes besoek. 

Op die dag wanneer die Groot Visserman Sy net kom verruil vir 
‘n enkele vishoek, weet, op daardie dag word daar na die lááste 
edelvis hier op aarde gesoek en met hom/haar aan die hoek, sal 
daar ‘n stem roep: Daar is niks meer wat die lot van die aarde kan 
verhoed. 

So, wanneer dit verwoed om Sion en Jerusalem sal woed, weet, 
Elohim sal hulle net soos ‘n hen haar kuikens besitlik onder haar 
vergaar, hulle ook bewaar en behoed. Elohim sal Sy Aangesig oor 
hulle laat skyn en haar in Sy groot Genade behoed, ja, Elohim sal 
Sy Aangesig oor julle, Sy verseëldes, verhef en Sy kinders sal 
mekaar altyd met Sy Ewige Liefdesvrede, ja, met die ware 
Vredes-woord (Shalom), groet. 


Openbaring 1958 
‘n Onverwagse sterrereën…

Donderdag 17 Augustus 2013 01:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In die skouspel van 'n onverwagse sterrereën is dit die blink trane 
van engele, wat daar oor die aarde ween, want op ‘n handvol na is 
Jakob vir ewig daarmee heen. So skuil daar in die opbrengs van 
die aarde meer weinig seën, want Chinees en Jood en ook elke 
ander een wil onversadigbaar van die aarde net neem en neem 
en niemand staan hulle in hul misbruik, net so ‘n bietjie teen. 

In die tekens van die hemel waar ‘n dwaalster soveel ruimterommel 
saam dit neem, daar beweeg dit deur die ruimtes en van ‘n 
vasgestelde wentelbaan is dit heeltemal vervreem en so staan 
menig sterrekundiges binnekort daaroor, heeltemal versteen. 

In die diereriem, daar teen die hemelwand, beweeg 'n onbekende 
enorme ruimte-steen en in ‘n onverwagse sterrereën weet die 
mensdom; dit is hierdie keer die Oordeels ’een. Ja, in die skouspel 
van ‘n onverwagse sterrereën is dit engeletrane wat in blink strepe 
deur die ruimte ween want op ‘n handvol na, is die suiwer kronieke 
in hierdie tydvak bykans heeltemal daarmee heen. 


Openbaring 1959 
Die grote Melgisedek-taak.
Maandag 19 Augustus 2013 14:52
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Kyk, daar staan 'n goedversorgde gladgeskeerde man en hy 
is bleek in sy skynheilige gelaat en hy roep diep beswaard: 
my naam is Edom en daar is niks meer oor waarby ek werklik 
kan baat, want globaal het alles, danksy my, heeltemal ontaard 
en in ‘n bose wêreld wil almal mekaar nou skaad, ja, almal 
vergeld mekaar nou kwaad met kwaad en kyk, oraloor begin 
daar burgeroorlog waar bloedbroers mekaar tot die dood toe 
haat en die enigste oplossing is die een na die ander mislukte 
mandaat en op die versukkelde Mammon kan ons ons ook nie 
veel langer verlaat. 

Teenoor hom staan daar ‘n Man met ‘n lang blonde baard en Hy 
sê: My Naam is Juda, die Leeu en daar is so baie waarby Ek wel 
tot in alle ewigheid kan baat, want kyk, Ek reageer net op My Eie 
Goeie Raad en daarom is Ek die Teenstander van alle kwaad en 
kyk, in My Hand hou Ek die tweesnydende Swaard en Ek Kap 
daarmee vreesloos deur Sion se hand na die wêreldwyses in 
hulle pikswart toga-gewaad. In My ander Hand hou Ek ‘n houer 
met die heel beste goeie saad en Ek soek na vrugbare grond waar 
dit op sy beste gaan aard, want die oes daarvan word vir die skure 
van die Nuwe Jerusalem bewaar. Kyk, die Sionskind is op ‘n paar 
na reeds klaar gebaar en die meel van die goeie oes word as brood 
daarom net vir die skure van Jerusalem bewaar. 

Hieroor raak die Edom-man nou eers diep beswaard en grys in sy 
gelaat, sê hy: Enige selfbejammering sal my nou glad nie baat en 
al wat vir my oorbly is om te funksioneer op volkome haat en 
daarom saai ek nou met mening my eie groot sak met bose saad 
en kyk, geheel my oes sal die God van Jakob en sy kleine kudde 
met my alles spot, terg en smaad en in die laaste oorlog sal ek 
geheel in die eindtyddier-draak ontaard en satan self sal hom in 
my midde skaar om die vals profeet en valse vredevors met al 
hulle gesante as ‘n eenheid uit te baar en geheel die wêreld sal 
teen Sion eers in  ‘n geestelike en dan ‘n fisiese oorlog ontaard. 

Maar die Man met die lang blonde baard sê: Ek is die Leeu 
van Juda en kyk, vier aartsengele noem My nie verniet hulle 
heel beste Kameraad, want hulle is altyd daar om hulle by My 
te skaar en Saam-Saam sal Ons die kleine Sion vir haar grote 
Melgisedek-taak bewaar. 


Openbaring 1960 
Talita-Tabíta koemi, staan op!

Woensdag 21 Augustus 2013 05:46 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Eens roep die Meester van alle meesters: Luister, Talíta O’ dogtertjie 
van Jaïrus, staan vanuit jou dooie slaap op! Ja, om te kan groei tot 
jou volle wasdom. Net so roep Petrus, die Rots, ook eens: Tabíta, 
luister O’ vrou, staan vanuit jou dood op en kom as dissipelin weer 
tot jou volle wasdom. 

So roep daar op die vooraand van hierdie tydvak die Lewende Gees: 
Talíta-Tabíta, dogter-vrou van Sion, staan vanuit jou dooie slaap op 
en word gesond en groei tot jou volle wasdom en open tot eer van 
Elohim jou geseënde mond, want lank genoeg was jy stil en stom. 
Kyk, in jou midde- daar staan Elohim en Hy skyn oor en in jou as jou 
Ewig Lewende Son, want aan jou, Talíta-Tabíta, dogter-vrou van Sion, 
is die vlerke van Wysheid gegee, rig jou daarom op tot eer van Hom 
en luister! Dáár, vanuit die midde van Edom, kom die eindtyddraak 
se wrede grom. Kyk daarom soos die vrou van Lot nie meer na die 
verlokkinge van die wêreld om, ja, sodat jy nie weer in 'n doodslaap 
om sal kom. 

Eens roep die Meester van alle meesters: Talíta koemi! O’ dogtertjie, 
staan vanuit jou doodslaap op en net so roep ook die rots, Petrus, 
eens: Tabíta, luister O’ Dorkas, staan nou vanuit die dood op. 

So roep daar nou aan die einde van hierdie tydvak die Lewende 
Heilige Gees: Talíta-Tabíta koemi, dogter-vrou van Sion, staan 
nou tot jou eie en ook die voordeel van die dogter van Jerusalem 
op! Ja, daar waar jy woon in die land van Skeba in die Suide, waar 
Raka onder die aanvoering van die Jodedom nou gevaarlik vir jou 
begin te grom. Kyk, binnekort kom ook die dom maagde in jou midde 
vir altyd om en ook die liberale denker in die christendom raak vir ewig 
stil en stom. Daar is 'n globale valse lam wat gevaarlik grom en al die 
gemeentes staan stil-verstom want hulle wéét, in die nabye toekoms 
kom ondenkbaar baie mense in die verskeurende kloue van die ewige 
dood om. 

Eens, lank-lank gelede roep YaHWeHshua, die Meester van Verlossing 
en Lewe: Talita Koemi! Dogtertjie van Jaïrus, staan nou vanuit jou slaap 
tot vreugde van almal om jou op en net so roep daar nie lank daarna, ook 
die stem van Petrus: Tabíta Koemi! Luister Dorkas, vrou, staan nou vanuit 
jou dood op. 

En so roep nou ook in hierdie tyd, die Lewende Gees van Elohim: 
Sion Koemi! Kind-vrou, voortgebring vanuit My Ewige Liefde, staan 
vanuit jou dooie slaap in jou weergeboorte as My bruid op en open jou 
geestelike oë, jou hart en verstand en wéét, vanaf die oerbegin was en 
is jy, My ewig geseënde persoonlike Eiendom! 


Openbaring 1961 
Mens, wilde dierwese en dier.

Saterdag 24 Augustus 2013 13:45 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Die diere van die veld, ja, alle wilde diere sowel as die meer 
mak vee, beskik nie oor die onderbewussyn of die intelligensie 
van homosapiens om iets vanuit ‘n hoër orde aan te leer. Waar 
die wilde dierwese, Raka, weer in sy intelligensievermoë oor die 
wilde diere van die veld sowel as die meer mak vee triomfeer. En 
so beskik hierdie wilde wese ook oor die vermoë om die Adamiet 
in sy denke en werke te kan kopieer. 

Maar omdat die Skeppingsgees van Elohim in hierdie wilde wesens 
ontbreek, kan die Oorspronklikheid van die Skeppingskrag nie vanuit 
hulle opereer en daarom kan Raka homself in alle ewigheid nie na die 
Beeld en daarom as 'n kind van Elohim transformeer, maar hy mag 
hom wel van sy goed deurdagte, verkeerde weë omkeer. 

So het die profeet Jona eens oor die stad Ninevé geprofeteer en 
die koning van daardie stad het vreesbevange daarop gereageer 
en hy het sy onderdane beveel en die volgende geproklameer; Ja, 
dat elke mens en dier (wilde wese) hulself in ‘n rougewaad moes 
klee om ernstig tot God te kon spreek en om hulle daarna in berou 
van hulle bose weë te bekeer. Verder het Jona gespesifiseer dat 
ook geen diere, die wildes sowel as die meer mak vee, wat onder 
die versorging van die mens sou verkeer, ja, dat al die viervoetige 
diere wat hulself nie met ’n stem of ‘n taal na God kon keer en wat 
ook nie ‘n roumantel om hulle diereliggame in kleding kon drapeer, 
enige voedsel in hierdie routydperk mog verteer.  

So het mens, wilde wese, sowel as dier die wens van hulle koning 
gerespekteer en hulle het hulle in sak en as in diep berou na God 
gekeer en Elohim het hierdie poging aanskou en ook dat die 
bewoners van daardie streek hulle van hulle bose weë wou bekeer 
en daarom het Hy Sy Grimmigheid van die stad Ninevé weggekeer. 

Maar ‘n hele paar dekades later het hierdie stad se bewoners weer 
begin om na hulle sondige weë terug te keer en hulle het in die 
ergste verbastering met mekaar begin hoereer en so is al die 
mense, wilde wesens sowel as al die mak vee van daardie stad 
deur die grimmigheid van Elohim, ja, in Sy Oordeel, is hulle 
heeltemal verteer. 


Openbaring 1962 
Om die Liefde te onthou…
Dinsdag 27 Augustus 2013 11:53 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar is vele wat hierdie boodskap gaan lees om dit net 
weer vinnig te vergeet, maar op die dag van groot berou 
gaan baie dit wel weer onthou, want op hierdie boodskap 
word die fondament van die nuwe Jerusalem gebou. Laat 
hierdie boodskap daarom nou in julle harte ontvou, want 
dit is die mees belangrike boodskap wat julle vir ewig moet 
onthou en dit is om mekaar in liefde, verdraagsaamheid en 
geduld toe te vou en daardeur julle onbreekbare lojaliteit aan 
mekaar toe te vertrou. Ja, sodat julle saam die Aangesig en 
Heerlikheid van Elohim kan aanskou. 

Daar is baie wat gaan sê: Hierdie boodskap gaan ek wel goed 
koester en onthou, maar wat dit wel weer vinnig gaan vergeet 
wanneer hulle hul Godgegewe naastes geïrriteerd toe gaan snou. 
En dít op die kritieke tydstip wanneer hulle veronderstel is om die 
vaandel van Sion en Jerusalem omhoog te hou. Waarom brand 
die lewegewende Lig van die Liefde so vinnig en so maklik flou, 
wanneer die ego van die eieliefde dit altyd in selfregverdiging so 
kordaat hou. Ja, sodat daar antagonisme tussen oerwesens 
ontvou en dit wanneer hemelbroers veronderstel is om mekaar 
styf in die liefde regop te hou. 

Sion en Jerusalem, ook vanuit julle midde is daar vele wat hierdie 
boodskap gaan lees om dit weer vinnig te vergeet. Maar tot julle 
skaamte sal julle dit wel weer onthou, want op hierdie boodskap 
word sonder uitsondering, die Sewe Geeste van Elohim in julle 
weergeboorte gebou. Leer daarom om op te hou om so krities 
mekaar se swakhede en foute te beskou, terwyl julle eerder die 
balk in julle eie oog aanskou en poog om liewer deurentyd die 
hand van liefde en vriendskap na die hemelbroers en susters uit 
te hou, want ware liefde is opreg, hartlik en warm en nooit nie lou. 
Wees daarom, ondanks jou eie voorkeure of behoeftes, 'n duisend 
keer aan die Liefde getrou en wéét, slegs as één liggaam sal Sion 
as die bruid, Elohim kan aanskou. Werk daarom daaraan om in 
liefdes-eenheid aan Sy Koninkryk hier op aarde te bou. 

Daar is vele wat hierdie boodskap gaan lees om dit vinnig 
net weer te vergeet, maar op die dag van groot berou sal 
baie dit weer tot hulle ewige spyt onthou. Ja, op die vreeslike 
dag wanneer menigtes oor die verlies van geliefdes sal rou, 
terwyl hulle wanhopig aan klein kosbare herinneringe probeer 
vasklou. Op daardie dag sal hulle roep: O’ waarom was 
ek nie aan die Liefde getrou, sodat ek daardeur vir my ‘n 
kosbare skat kon versamel in die Nuwe Jerusalem-huis vir 
alle ewigheid gebou. So, probeer op hierdie dag, om vir elke 
toekomende dag te onthou, om jou Godgegewe naastes in 
jou onbaatsugtige ernstige liefde, deernis, barmhartigheid 
en geduld toe te vou en weet, daardeur sal jy die liefde vir 
jou Elohim, trots omhoog hou vir elkeen wat jou lewenspad 
kruis om duidelik as ‘n voorbeeld te aanskou. 


Openbaring 1963 
O’ vervloekte land…
Donderdag 29 August 2013 04:41
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer. 
O’ Suideland, ja, woeste land, in die middel van jou dag is 
dit reeds pikdonker-aand, want kyk, hulle wat daar in jou 
woon het geen verstand en so sit 'n liberale ras in sy eie 
selfgeskepte rioolmoeras gestrand. 

O’ Suideland, eens skone land, maar nou net ‘n verwoeste 
land, op ‘n handvol na sluit God ewig nooit weer met jou ‘n 
band, want die vryheid van jou siel het jy mos aan ‘n satan-
slawe-sisteem verpand en so loop daar uit die uurglas van 
die tyd, nou jou heel laaste sand. 

O’ Suideland, ja, vervloekte land, kyk waar staan die dollar 
teen jou nikswerd Rand en so vertrou jy ook verniet op jou 
nuttelose kontant, want teen jou so-geliefde vyand is jy nie 
bestand en binnekort maak dié jou genadeloos vankant en 
vanuit geheel die wêreld hou niemand uit na jou, ‘n helpende 
hand. 

O’ Suideland, eens vaderland, maar nou net ‘n vertrapte land, 
kyk, binnekort staan jou laaste bastion, die kerke, ook gestrand, 
ja, met jou stede, dorpe en plase swart verbrand, want aan satan 
het jy jou as bloedfamilie verwant wyl jy jou hart en siel vir geld 
en sport sou verpand. 

O’ Suideland, eens beloofde land, maar nou is jy net alleman 
se land en tot jou skande is jou eens suiwer maagd vervang 
deur ‘n baster debutant en daarom draai God nou na jou Sy 
Oordeels-kant en kyk ,daar is ‘n wrede Swaard in Sy Hand 
terwyl die dood skrikwekkend in jou midde kom land. 

Suideland O’ woeste land, eens was jy die skoonste, mooiste 
land, maar vir ewig is jy nou in jou liberale hel gestrand en kyk, 
in die middel van jou illusie-sonskyndag is dit reeds pikdonker-
aand met jou reënboognasie in hul selfgeskepte rioolmoeras 
gestrand.  


Openbaring 1964 
My Elohim sál ek eer…
Saterdag 31 Augustus 2013 09:45
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Al werp my vyand my 'n duisend keer hoe hardhandig ookal neer, dan 
staan ek moedig op om hulle te trotseer om so daardeur my Elohim weer 
en weer en nog ‘n keer met al my hoop te kan eer. 

Al is my omstandighede in hierdie land ook hoe te betreur en al het ek 
daarteen ook géén verweer, sal ek my nie daardeur laat keer, maar my 
rug sal ek minagtend op my vertrappers keer terwyl ek my Elohim weer 
en weer, ja, nog ‘n keer met al my geloof sal eer. 

Al verguis kerk en predikant my ‘n duisend keer, terwyl hulle neerhalend 
oor my doel hier op aarde spekuleer, sal ek nie ‘n oomblik retireer en oor 
hulle beledigings sal ek ook nie murmureer en terwyl ek hul leuens met 
hernude krag sal opponeer, want met die hoer van Babilon sal ek nie 
hoereer, maar my Elohim sal ek weer en weer, ja, nog ‘n keer met geheel 
my hart en liefde eer. 

Al werp die sisteem my ‘n duisend keer op elke moontlike wêreldse 
manier neer, dan staan ek op en probeer ek weer terwyl ek my Elohim 
met my alles eer, want daar is niemand vanuit ‘n wêreldorde-midde wat 
my iets kan leer en deur Mammonsglans laat ek my ook nie poleer. 

Al lê ek in my eie bloed verwond en erg beseer, dan kruip ek op my 
knieë om op te beur en probeer ek moedig nóg ‘n keer al is dit ook 
my heel lááste keer, terwyl ek my Elohim weer en weer, ja, nog 'n 
keer, met geheel my wese, sal eer. 


Openbaring 1965 
Die edel-oes se klag. 
Maandag 3 September 2013 18:45 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Aan die einde van 'n baie lang gewag, O’ hoe moeg is die 
verseëldes nie om hulpeloos in die donker duisternis van 
die donker wêreld rond te tas, terwyl hulle siel dorstig net 
op YaHWeHshua wag. 

Ja, lank genoeg het hulle in hierdie donker wêreldnag oornag 
waar niemand meer die heiligheid van Elohim bo alles ag. Luister 
daarom nou na die laaste edel-oes se klag, met die laaste opbrengs 
wat ook onder ‘n globale mag se geestesdroogte begin versmag. 

So verswak daar ook in die kerk se reeds swak midde hulle heel 
laaste krag. So, luister daarom nou na satan se onheilspellende 
aanklag, ja, daar in die middel van sy pikdonker wêreldnag waar 
daar soveel verlore siele in die dood se duisternis versmag, want 
die hoer van Babilon het klaar elke gemeentelid se siel verkrag 
en terwyl satan daaroor oorwinnend lag, begin die groot hoer 
meedoënloos nou ook op Sion en Jerusalem te jag. 

Maar onder 'n spierwit vaandel en ‘n vlag, is dit die kleine Sion 
wat op die einde oorwinnend lag, want luister; vanuit die hemel 
kom daar terstond 'n Grote Slag en dit is die Woord se enorme 
Krag en almal, ja, groot en klein, staan stil-verstom in groot 
ontsag oor Elohim se Groot Almag. 

So, luister nou na Sion se oorwinningslied, daar in die middel van 
haar ewige Goddelike Sonskyndag, ja, daar waar engeleskares 
nou uitbundig vrolik lag, terwyl YaHWeHshua Verwelkomend op 
Sy honderd-vier-en-veertigduisend wag, ja, daar in Sy nuwe stad 
Jerusalem, met al haar toebereide prag. 


Openbaring 1966 
Donderweer en heuningkwas profete. 
Dinsdag 4 September 2013 11:10

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
O’ die Skoppensboer, die werker van die hel en vanuit almal wat 
hom blindelings volg, is daar weinig wat hulle oor hul siel nog 
kwel want vir die laaste oes word net 'n handvol edelkoring 
uitgehou vir die Melgisedek-ordebestel. 

Terwyl daar in die eindtyd soveel vals profete ronddwel roep die 
een na die ander Godslasteraar spoedig weer vaarwel. So, daarom 
moet My opregtes hulle nie deur soveel valse woorde laat kwel, 
want weet, onder ‘n valse naam (alias) sal Ek nooit my Waarheid 
en My Woord uitspel. Maar deur die hart van elke opregte kind, 
daar spreek Ek wel. 

Die skoppensboer, ja, die werker uit die hel, het sy hart lankal 
reeds vir satan oopgestel terwyl hy baie vanuit die suiwer volk, 
ja, sou werf vir satan se kartèl, terwyl hy deur monde van soveel 
vals profete rond sou dwel. So weet daarom dat ook deur 'n 
volksvreemdes mond wat my heilige volk eens so lasterlik uit 
sou skel terwyl hy hulle vyand ver bokant hulle sou stel, deur 
daardie mond sal Ek nooit My Kosbaar Profetiese Woord uitspel, 
want so ‘n mond het alte dikwels in die vuilste hel rondgedwel. 

Daarom moet julle, My verseëldes, julle nie deur die valse profete 
met hulle oordeels- of andersins heuningkwas-woorde laat ontstel 
terwyl hulle tog so dapper graag vertel: "selfs ons eie dood in ons 
arbeid, sal ons nie ontstel" en dit terwyl hulle hulself in 
vreesagtige geheimhouding oor My heilige volk as ‘n 'Alias' aan 
wil stel. 

In hierdie tyd waar soveel vals profete hulself so ydellik onder My 
Naam as My Stem aan wil stel, terwyl hulle hul nie een oomblik oor 
hulle eie oordeel kwel want Godslasterlik stel hulle hulself teenoor 
Elohim nou parallel terwyl hulle die een na die ander oordeel 
namens Hom wil vel en dit terwyl hulle nie eens die getal van hulle 
eie oortredinge teenoor Hom begaan kan tel. 

Lank- lank gelede het Ek My volk eens gewaarsku en hulle vertel 
van valse profete wat hulle in hierdie tyd oraloor op sou stel, maar 
laat die wat agter hulle aan wil dwel, hulle eie oordeel daardeur vel. 
Terwyl daar in die eindtyd soveel vals profete ronddwel, daar roep 
die een na die ander vals profeet wel spoedig weer vaarwel want 
die onderskeidingsgees laat Hom nie ‘n spul leuens vertel. 

Daarom moet die opregtes hulle nie deur hierdie valse donderweer 
of heuningkwas-woorde laat ontstel, want weet, onder ‘n valse 
naam (alias) sal Ek ewig nóóit My Waarheid uitspel. Maar deur 
en in die hart van elke opregte kind van My, daar spreek Ek baie 
duidelik wel. 


Openbaring 1967 
Die aantrekkingskrag van soortgelykes.
Sondag 8 September 2013 03:12 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Iemand skryf en wil graag meer weet oor siele en hulle verhoudinge 
met mekaar in die vlees sowel as die gees. Ook wil hy weet; bestaan 
sielsgenote of nie. Hoe is dit dat sekere mense hulle geliefdes vind 
en ander gaan weer deur die lewe gebuk onder mislukte huwelike of 
as ongetroudes. Hoe is dit dat die mens soms iemand raakloop en 
onmiddellik is daar ‘n slegte of ‘n goeie 'vibe' al ken die mense 
mekaar nie. Is engele in die vlees byvoorbeeld meer tot mekaar 
aangetrokke en meer materiële mense weer tot mekaar. 

Antwoord: 
In die uitleef van die aardse liefde heers daar geen vasgestelde 
reëls nie en dikwels trek twee teenoorgestelde pole mekaar juis 
aan. Maar kom ons begin by jou vraag oor engele gebore in die 
vlees en wat beter bekend staan as die van bo-geborenes. 

Hierdie wesens wat afkomstig is vanuit 'n baie hoë geestelike 
orde waar hulle die heeltyd bewus was van die Alomteenwoordige 
Saligmakende Teenwoordigheid van Elohim, is daarom wetend of 
onwetend, ja, bewustelik of onbewustelik die heeltyd soekend na 
daardie Alles-Vervullende Teenwoordigheid en sal daarom baie 
vinnig bewus raak van die Werkende Gees van Elohim in 'n 
soortgelyke nuutgevonde naaste. Daarom sal hulle eerstens 
hierdie Teenwoordigheid in die naaste liefkry met die hele 
hart, siel en verstand en omdat die van bó-geborene nou iets 
gemeenskaplik, soos die gedeelde liefde vir Elohim, ja, soos in 
‘n spieëlbeeld in hierdie naaste ontdek, sal hulle hierdie persoon 
liefkry net soos hulleself en aan hierdie Liefde hang die hele wet 
met al sy profete omdat hierdie Liefde mekaar weer in Elohim 
gevind het. 

So ‘n ewigheidsliefde was dan ook vanaf die oerbegin deur 
Elohim saamgevoeg en daarom mág en kán geen mens of 
wese, van welke orde ookal hierdie liefde ooit weer skei nie. 
Net so vind ‘n mens ook soms dieselfde Goddelike 
saamgevoegde liefde, ja, tussen man en vrou en waar hierdie 
twee geeste ook vanaf die oerbegin vir mekaar tot in alle 
ewigheid bestem was. Daarom sal sulke geeste indien hulle 
in dieselfde tydsbestek hulle vleeswording deurgaan en 
mekaar deur Goddelike vooraf-bepalende omstandighede 
sou raakloop, dan ook bykans altyd en nie soseer fisies nie, 
maar eerder geestelik, tot mekaar aangetrokke wees en sulke 
egpare sal dan ook hier op aarde hulle lewenspad enduit 
saamloop tot daar waar die ligaamlike dood hulle vir ‘n 
geringe tydelike tydperk sal skei. 

Maar ongelukkig verwar die meeste mense ligaamlike 
aangetrokkenheid in ‘n valse euforie van die sogenaamde 
'chemistry' en so word die erotiese dikwels met die volmaakte 
liefde verwar en so ‘n liefde strand dan ook meer as dikwels 
op ongenaakbare harde rotse, ja, met die uitbrand van die 
so dikwels lastige hormone. Daarom word daar ook in die 
Woord verwys dat die wat trou soms goed doen maar die 
wat nie trou nie dikwels baie beter doen. 

Weet daarom, die enigste ware liefde van alle liefdes is 
die LIEFDE waar onse ELOHIM áltyd die MIDDELPUNT 
daarvan is. 


Openbaring 1968 
Wie se brood jy eet…

Maandag 9 September 2013 09:18 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Kyk, in Jerusalem se midde val 'n nagemaakte vaas wat stukkend 
breek, want die een se brood wat jy eet is die een se woord wat jy 
spreek. So, laat Jerusalem net van YaHWeHshua se tafel eet sodat 
sy net Sy Suiwer Woord kan spreek en laat Sion die lamp van die 
Ware Lewenslig aansteek want slegs die Suiwer Waarheid kan die 
leuen weerspreek. 

Op die Bruidegom se Bruilof skuil ‘n gas geklee in ‘n valse kleed 
en die Meester vra: Wie is dit wat hom daar tussen My gaste so 
versteek en daarom word die strooijonker nou beveel: Kry hom 
daar aan sy kraag nou beet en gooi hom in die buitenste duisternis 
waar hy met 'n tandegekners sy tyd sal bestee. Daar in hel en Hades 
word verniet gesmeek, want welke vloek die mens ookal uitspreek, 
dikwels keer dit terug om dit op daardie dieselfde een te wreek. 

Kyk, in Jerusalem se midde val ‘n goedkoop vaas wat stukkend 
breek want die een se brood jy breek is die een se woord jy spreek 
en in die valse preek is daar ewig nóóit iets konkreet en sou iemand 
met ‘n duister leuen sy maatstaf meet, word daar met die skerpte 
van die Waarheid-swaard weer vir hom gemeet, want ‘n blinde leek 
lei die opregte soeker net na ‘n donker streek. 

Kyk, in Jerusalem se midde val ‘n valse vaas wat stukkend breek 
want met die maat waarmee hy meet word nou vir hom gemeet. 
So, waarom moet Sion haar werke van die Lig onder ‘n maatemmer 
versteek wyl die werkers van ‘n valse lig satan vooruitgaan met ‘n 
oorwinnings-kreet. Want kyk, van die een se tafel waarvan jy af eet 
is daardie selfde een se woord jy spreek. So laat Jerusalem en Sion 
nou net van YaHWeHshua se tafel eet sodat sy alleen net Sy Suiwer 
Woord sal spreek. 


Openbaring 1969 
Die eindtydmuur...
Saterdag 14 September 2013 12:00 

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
O’ Hoe lank moet Elohim nog die boosheid van hierdie wêreld 
verduur en hoe lank is dit nog voor die aanbreek van die heel 
laaste uur. Kyk, die Withuis is met duur smaak versier en op 
‘n rooi tapyt staan 'n magtige man so nonchalant, so trots en 
fier, maar langs sy oënskynlik laggende mond spring daar ‘n 
senuweeagtige spier. Want vanuit Rusland grom daar ‘n reuse 
rooi beer en ‘n gevaarlike magtige tier en kyk, eersgenoemde 
dier was eens met ‘n doodsgevaarlike bloeiende wond teen 
sy kop versier. Maar na ‘n dekade staan hierdie dier weer 
gesond en fier, want hy is vir die einde van hierdie tydvak 
as die magtige Magog bestier. 

O’ Hoe lank moet Elohim nog die boosheid van die konings 
en die magtiges verduur, want kyk, die Oordeelskrif is lankal 
reeds geskryf teen die globale oordeels-muur. Kyk, daar voor 
Amerika verteer daar reeds ‘n onsigbare vuur en agter Europa 
ontstaan daar in 'n verterende brand ‘n vlammemuur, ja, met ‘n 
wêreldekonomie wat die druk nie meer veel langer kan verduur 
en daarom raak regeringsverhoudinge met mekaar nou dik en 
suur. Met die Weste wat die Ooste nou vreesbevange aangluur, 
want die verfynde liberale Westerling is baie bang vir die geknetter 
van geweervuur, maar hoe hulle ookal alles tot hulle eie voordeel 
in ‘n rigting probeer stuur, ‘n globale oorlog is wel kort voor lank 
vir almal hier. 

O’ Hoe lank moet Elohim nog die heerssug van die wêreldmagtiges 
en die bankiers verduur, want kyk, geheel die geldstelsel is klaar 
met die nommer trippel ses ingesuur. Goud is vervang deur silwer 
en silwer deur koper en koper deur nikkel en nikkel deur goedkoop 
plastiek en papier en binnekort is die ‘microchip’ vir almal, ja, vanaf 
die vrye mens tot die wêreldslaaf hier en so is geheel die wêreld, nou 
satan se self-afgebakende hoofkwartier. Vanuit hierdie hoofkwartier 
word soldate van alle nasionaliteite oor en weer vir Oos sowel as Wes 
gehuur, ja, vir ‘n oorlog wat chemies, biologies en met kernwapens 
hoogty sal vier en daarom ruk daar in die wêreld se veronderstelde 
magtigste man se wang ‘n senuweeagtige spier. Voor Amerika en die 
verenigde volke brand daar reeds ‘n onsigbare magtige vlammevuur 
en agter Europa ontstaan daar ondeurdringbare verterende vlammemuur. 
Ja, die laaste skrif is klaar geskryf op die eindtydmuur en ook in Israel lyk 
dinge binnekort grys en baie onguur, want nêrens is daar ‘n oplossing vir 
die huidige wêreldprobleme op die lange duur. So, hoe lank moet Elohim 
nog die boosheid van hierdie wêreld verduur. 


Openbaring 1970 
Stinkende Lokaas. 
Maandag 16 September 2013 13:05
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
 
Die duiwel skaterlag en gooi deur die soveelste vals profeet 
sy stinkende lokaas, ja, daar in ‘n hel-arena sit ‘n enorme 
demoon skare en hulle maak ‘n helse geraas. Dit jil en raas 
met vele demone wat hulle van pure genot tot barstens toe 
soos brulpaddas opblaas. Op ‘n verhoog verskyn daar nou 
‘n pikswart duiwel en hy blaas luidrugtig op ‘n goedkoop 
trompet van ‘brass’, sodat al die demone net vir ‘n oomblik 
moet ophou met raas, want satan self staan nou belangrik 
nader want hy is mos die hel se héél gróót baas. 

So staan hy nou voor die helse skare en dink hy is net die 
kaas en in sy openingsrede val hy met die deur in die huis 
terwyl hy sê: Soos almal weet, is ek alle kwaad se eie baas 
en daar in Suid-Afrika het ek ‘n baie goeie Klaas en vir die 
afgelope dekade maak hy deur vele vals profete vir my ‘n 
baie groot geraas. Deur vrees aan te blaas het hy dan ook 
al ‘n groep mense van die een na die ander plek verplaas en 
in hulle oorhaastigheid het hulle hul na niks en nêrens heen 
gehaas en daardeur verloor sommige hulle besittings, huis 
en plaas en deur hulle eie naïewe goedgelowigheid is hulle 
toe hoogs verbaas. 

In die hel-arena maak die demone nou laggend hieroor een 
helse geraas sodat die pikswart duiwel eers weer dringend 
op sy goedkoop trompet van ‘brass’ moet blaas, ja, sodat 
die demone net weer vir ‘n oomblik moet ophou met raas. 
Hierna buig satan spottend in al die windrigtings en terwyl 
hy homself op die bors slaan sê hy: ek bly nou maar net 
eenmaal alle kwaad se eie bobaas. Hierna staan hy weer 
pronkerig orent en terwyl hy dink hy is net die kaas hervat 
hy weer sy toespraak in ‘n nuwe relaas en hy sê: Soos almal 
teen hierdie tyd weet is en bly ek vir ewig alle kwaad se 
koningbaas en daar in Suid Afrika het ek in die Skoppensboer 
‘n uiters goeie Klaas en vir die hoeveelste keer maak hy onder 
die Boervolk deur sy vals profete weer ‘n helse geraas. 

Ja, die duiwel skaterlag en gooi sy papvrot valsprofete-aas 
terwyl hy laggend uitroep: skryf Lokaas! Ja, skryf Lokaas! 
Terwyl jy die vrees onder die kleingelowiges aanblaas en 
vertel aan hulle om aangedrewe deur hulle vrees te vlug 
en om hulle so na niks en nêrens heen te haas sodat hulle 
ware vyand hulle oor hulle skuilplekke nie langer sal verbaas, 
ja, om hulle vanuit hulle laaste toevlugsoorde na tronke oor 
te kan plaas. In die hel-arena maak geheel die demoonskare 
nou skaterlaggend eers ‘n helse geraas en hulle klap hulle 
kloue teen mekaar en stamp hulle gruwelpote terwyl hulle 
agter satan in eggo aanblaas: skryf Lokaas, ja, skryf Lokaas, 
terwyl jy die vrees en nie die geloof, onder die kleingelowiges 
aanblaas. 


Openbaring 1971 
Wie is Skoppensboer?

Dinsdag 17 September 2013 10:01 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
 
Iemand vra: Wie is die Skoppensboer? 

Daar in ‘n ou Kameeldoringboom waar ‘n swart bastertortelduif 
luidrugtig koer terwyl die Skoppensboer van agter elke skelmstreek 
na oral loer om veral die koningin van diamante vir sy eie rykdom te 
kan ontvoer en dit, terwyl hy al die edelpêrels vir sy hansvarke voer, 
ja, dáár woon die skoppensboer. 


Onder ‘n Kameeldoringboom, tussen stof en pendorings op ‘n 
opelug dansvloer, daar dans Raka nou in ‘n kreupel wals met die 
Skoppensboer terwyl Babilon se groot hoer nou tevrede in hulle 
rigting loer, want vir die klank van geld, word deur ‘n Judaskus 
uitverkoop menig siel, van ‘n eens edelbroer. 

Daar onder ‘n dorre Kameeldoringboom waar ‘n aasvoël na ‘n 
ontbindende karkas loer, dáár sit die Skoppensboer as ‘n geraamte 
met ‘n pikswart hoed en loer, terwyl die laaste lig vinnig na sy einde 
spoed om te verdwyn in 'n baie donker gloed, ja, so donker soos 
die swartste roet, wyl soveel siele in die dood se strik moet boet 
en vrolik lag daaroor, nou die Skoppensboer. 

Daar by ‘n drif staan ‘n Kameeldoringboom waar 'n swart 
bastertortelduif luidrugtig koer terwyl die Skoppensboer haastig 
nou die Waarheid met ‘n leuen moet snoer, want die tyd raak min 
en te lank het hy gesloer, wyl Mammon hom met geld sou voer en 
so verkwansel hy die siel van menig baie goeie Boer, want sy naam 
is nie verniet die dood, ja, Judas, die Skoppensboer. 

Openbaring 1972 
Sion se spotlied.
 
Donderdag 19 September 2013 10:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Hef O’ Sion nou jou spotlied aan en vra soos Elia van ouds eens 
aan die volk sou vra: Hoe lank word daar reeds op twee gedagtes 
gehink. As God daarom Elohim is volg Hom na en as die here baäl 
is, volg hóm na. Elia wou weet watter een was die ware EEN maar 
niemand het hom geantwoord, waarop Elia aan die volk sou sê: 
ek alleen het as profeet van Elohim oorgebly terwyl daar baie 
valsprofete van here-baäl is. 

So, laat ons daarom bymekaarkom sodat hulle die naam van hulle 
here-god-baäl kan aanroep en ek sal die Innerlike Verborge Naam 
van my Elohim aanroep. Elia het met die valsprofete gespot 
voordat hy hulle sou slag en hy het laggend gesê: Roep harder! 
Ja, harder! Want met die spotters van die Naam van Elohim en 
die Waarheid, sal daar gespot word. 

So is daar in die laaste dae baie vals profete wat uitroep: O’ EK IS- 
EK IS, het ons in U Naam nie duiwels uitgedryf en van die oggend 
tot die aand U Grote Aparte Naam ydellik misbruik en onder U mees 
Aparte Heilige Naam het ons van vroeg tot laat ons eie ego-agendas 
uitgeskryf. So is dit nou die einde van die tydvak en daar is baie 
dromers, ja, skandvlekke in die midde van Jerusalem wat sonder 
enige vrees, saam Sion fees wil vier. Waterlose wolke deur afvallige 
geloofswinde rondgedryf, bome in die nasomer van die eindtyd 
sonder enige vrugte, ewig gestorwe. 

Hef daarom jou spotlied aan O’ Sion en vra soos Elia eens aan die 
volk sou vra: Hoe lank nog word daar op twee gedagtes gehink. 


Openbaring 1973 
‘n Gesig
.
Saterdag 21 September 2013 02:45 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n gesig sien ek ‘n volmaakte engel wat op ‘n pragtige 
panfluit blaas met daarnaas ‘n jong bul, ja, ‘n rooi stier 
en ek hoor ‘n stem wat sonder enige seremonie beveel: 
Kies een van die twee en sonder om te dink, kies ek die 
bul, waarop die engel sonder meer verdwyn en ‘n hele 
klomp priesters, geklee in swart, hulle verskyning maak 
waarna hulle die jong stier neem om dit te slag sodat 
hulle dit op ‘n altaar kan offer. 

Maar net voor hulle die dier doodsteek om sy bloed eers
op te vang, verander hierdie dier in ‘n pragtige spierwit 
perd en ek hoor ‘n stem duidelik uitroep: Dít is die Suiwer 
Woord. Waarna hierdie perd op sy agterpote spring terwyl 
al die priesters al vallende in alle rigtings spat. 


Openbaring 1974 
Wie gaan die stormwind vasbind. 
Maandag 23 September 2013 04:00
  
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
‘n Klaaglied kom oor die vlakte aangehink want die oë van 
'n verdwaalde volk raak afgeleef en blind en daar is weinig 
oor wat die Wysheid nog kan bedink want die meerderheid 
is die leuen in al sy aspekte so goedgesind. Daarom lê daar 
soveel doodsberigte binnekort nat in die ink terwyl die dood 
onwelriekend begin te stink, want landelike gebied, voorstad 
en plakkerskamp lê verwoes en vermink en daar is niemand 
wat die stormwind vas kan bind. 

Met een uit 'n miljoen wat die ware Wysheid nog so ‘n bietjie 
oordink raak die Oordeel nou fluks en flink en so kom daar 
‘n verwoestende wind en as teken vermorsel dit die lente-nes 
van die vlytige vink terwyl die elemente sy kuikens verslind 
want dit is die Hand van Elohim wat die verwoesting naderwink 
om in storm en wind soveel infrastruktuur te kom vermink. 

Met trane wat nat op wange blink roep daar soveel beseerdes 
O’ wie gaan ons wonde kom verbind, want bitter ons smart en 
rojaal word daar vir ons vanuit die Oordeelsbeker geskink terwyl 
regerings en kerke tot ons verdere verval steeds vir ons dink. 
So lê daar nuwe nuusberigte nat in die ink en koerante slaan 
uit doodsberigte baie munt, terwyl die dood onwelriekend 
begin te stink. 

So kom daar ‘n klaaglied op die tone van ‘n verwoestende wind, 
ja, oor die vlaktes aangehink en kyk, die son is rooi soos bloed 
getint en daar is geen mensehand wat die stormwind kan vashou 
of bind en binnekort lê infrastrukture in landelike gebied, voorstad 
en plakkerskamp, verwoes in die wind. 


Openbaring 1975 
Hoeveel tyd is daar nog oor…

Woensdag 25 September 2013 23:45 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Hoeveel tyd is daar nog oor om aan die verbetering van die 
siel te bestee terwyl die vier aartsengele reeds vanuit hulle 
vier elemente- vuur, water grond en wind na vore tree. Met 
stormwinde wat oor die aarde vee, terwyl die grond onder 
groot aardbewings meegee. 

O’ hoe lank gaan die mens nog die breë weg betree terwyl 
hulle hul siel aan die ewige dood oorgee en dit terwyl die 
Oordeel in al vier sy elemente verwoestend na vore tree. 
So, kyk net na die golwe van die woeste see en oral gee 
die infrastrukture onder die geweld van stormreëns mee. 

O’ hoeveel tyd is daar nog oor, want in ‘n globale bloedbad 
skreeu die nasies, Wee! o Wee! Want onder ‘n Babiloniese 
eenwêreldorde-heerskappy gee al die eens Godgegewe 
grense nou heeltemal mee, wyl almal mekaar se grondgebiede 
oortree en so raak die tyd van ‘n bloedige oorlog nou goed 
geleë. 

O’ Hoeveel tyd is daar oor om aan siel en fisiese voorbereidings 
te bestee want kyk, daar kom geweldige hitte en vuur wat oor die 
aarde gaan vee en ook die witbloedsel sit hom nie langer teen die 
groot pes teë en vanuit twintig, oorleef daar net twee en wat baat 
dit die weeskind om nog oor die verlies van sy ouers te skree, 
want niemand steur hulle meer aan 'n ander se wel en wee. 

Hoeveel tyd is daar nog oor voordat die mens hom oor die ewige 
afgrond laat vee, want bykans niemand sit hulle meer teen die 
groot leuen tee en omtrent niemand is meer oor die genade van 
Elohim verleë en dit terwyl die Oordeel in al vier sy elemente- 
vuur, water grond en wind, verwoestend oor die aarde begin vee. 


Openbaring 1976 
In die volmaakte maat. 

Donderdag 26 September 2013 02:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In die volmaakte maat lê daar twaalf weerskante van Elohim 
se skaal en vier en twintig vorm die fondasie vir ‘n hemelse 
katedraal waar die nuwe Jerusalem vanuit ‘n suiwer dimensie 
vir honderd-vier-en-veertigduisend neer sal daal en wie is daar 
wat Elohim vir Sy Liefde, Goedertierenheid en Barmhartigheid 
kan betaal. 

In die volmaakte maat lê daar twaalf aan weerskante van Elohim 
se skaal en daar is vele wat hulle vir die werk van ‘n dissipel kan 
staal, maar daar is net twaalf wat deur Sy Uitverkiesing die status 
van apostel sal behaal en slegs hierdie twaalf kan die volle, Suiwer 
Waarheid van Elohim se Menswording vanuit die Volmaakte Gees, 
ja, die Melgisédek-orde priesterskap in die tale van die mens en 
die kosmos vertaal. 

Want soos slegs hulle Hom eens in die wolke van die Gees na 
die mees suiwer dimensie sou sien spiraal, so sal slegs hulle, 
as eerstelinge, Hom weer eerste en dit volgens Sy belofte aan 
hulle, in Gees en Waarheid in hulle midde sien neerdaal en 
vanuit hulle monde sal die eerste wederkoms straal. 

Wees daarom in die liefde trou en barmhartig teenoor mekaar 
sodat julle in die volmaakte weergeboorte nie sal faal en julle 
daarom Sy Volmaakte Beeld vanuit julle eie harte na vore vir 
ander sal kan haal en vanuit julle suiwer weergeboorte sal 
twaalf Melgisedekpriesters, vissers ‘n enorme ewigheidsvangs 
vanuit 'n siele-see, gebind in duisternis en onkunde, vir die 
Ewige Lig en lewe haal. 

In die volmaakte maat lê daar twaalf weerskante van Elohim se 
skaal en wie dit oor en oor met mekaar maal sal vind dat hulle 
die getal van honderd-vier-en veertig duisend haal. Moet julle 
daarom nie vir die werke van die liefde met die klank van geld 
laat betaal en daarom moet ewigheid-naastes nooit vir mekaar 
sê: Vir jou het ek eens die kalf uit put loop haal maar nou raak 
dit tyd dat jy op jou beurt jou vir my guns moet betaal. Weet 
daarom, met die maat waarmee jy gee, sal Elohim Self weer 
vir jou betaal. 

Ja, in die volmaakte vier-en-twintig maat lê daar in die weegbakke 
twaalf in weerskante van Elohim se skaal en daar is vele wat hulle 
vir die werk van dissipels kan staal maar daar is slegs twaalf wat 
deur die Oer-uitverkiesings van die Suiwer Liefde, die status van 
Twaalf Apostels sal behaal. 


Openbaring 1977 
In 'n wêreld…

Vrydag 27 September 2013 09:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n wêreld waar niemand meer die Ordes en Beginsels van 
Elohim ag, raak dit nou ‘n uiters droewige dag waar kinders 
nie meer onskuldig kan speel of lag en so leef daar iewers, 
tussen niks en nêrens, ‘n ewig-altyd verlore menslike geslag 
in die duisternis van ‘n uitgediende moderne pikdonker nag. 

In ‘n tydvak waar bykans niemand meer die goeie ou waardes 
ag maar alle gruwels onder valse liberale menseregte probeer 
versag terwyl globaal, demonies-georiënteerde kerke al die 
oer-sedewette van God met minagting verkrag en so woon 
daar, in hierdie laat uur van hierdie eons-dag, ‘n ewig-altyd 
verlore geslag. 

In ‘n tyd waar die mens sy siel so maklik verkwansel vir 'n 
Mammons bedrag en terwyl hulle op alles wat sinteties en 
blink is jag, is hulle besig om net na die materiële verganklikheid 
te smag, terwyl hulle die Goeie en die Waarheid met geheel hulle 
wêreldse verstand verag en so leef daar in hierdie tyd ‘n ewig 
verlore mensegeslag. 

In ‘n wêreld met al hoe groter wordende groeiende stedeprag, 
daar luister weinig nog na die sterwende natuur se aanklag. 
Ja, in dieretuinhokke waar die leeu en die tier nie meer volgens 
hulle ordes kan jag, terwyl hulle siel tevergeefs na die vryheid 
van oerwoud en vlakte smag en so woon daar ook in hierdie 
stede, in wooneenhede-hokke, ‘n ewig verlore mensegeslag. 

In ‘n wêreld waar mense mekaar erger as diere vermoor en 
verkrag en op die besittings van die regverdiges lê hulle beslag, 
maar onder die moderne wet is dit wat suiwer is verdag, terwyl 
boewe uitbundig en vry in die samelewing lag, sit daar menig 
onskuldiges in tronke wat op vonnisse wag en so woon daar 
in hierdie tyd ‘n ewig verlore menslike geslag. 

Ja, in ‘n wêreld waar niemand meer die Ordes van Elohim bo 
alles ag, is dit nou ‘n uiters droewige dag waar kinders nie meer 
onskuldig kan speel of lag en so leef daar nou tussen niks en 
nêrens ‘n ewig-altyd verlore geslag, ja, in die duisternis van ‘n 
uitgediende moderne pikdonker nag. 


Openbaring 1978 
'n Vraag. 
Vrydag 27 September 2013 16:15
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Iemand skryf: ek volg die boodskappe gedikteer aan Lukaas van 
Hout en wil weet of dit moontlik is dat Elohim kan wanhoop omdat 
daar in hoofstuk 22- boodskap no 21 in ‘n sin so daarna verwys 
word en die spesifieke uittreksel vanuit hierdie stuk lui as volg: 
“Die wat Ek gestuur het en diegene wat van hulle self gepraat het 
en wat gelei was deur hom wat My teenstaan, hy wie se naam My 
vul met wanhoop selfs wanneer Ek dit uiter...”

Antwoord: 
Dit is in géén opsig ewig moontlik dat Elohim Homself in enige 
ondergeskikte of minderwaardige posisie soos wanhoop of 
magteloosheid kan bevind nie en dit veral nie voor enige vorm 
van teenstander hetsy dit satan self, ‘n demoon, ‘n gerub van 
watter orde ookal, 'n engelgees, wese of mens sou wees nie. 
Ja, van enige iets afkomstig van bo uit die hoogste hemel of 
van onder die aarde vanuit die laagste hel nie, want Hy is ‘n 
Enige Elohim en alles anders in Sy skepping is aan Hom 
onderworpe en ondergeskik en die blote noem dat Elohim 
in Selfherkenning deur wanhoop gevul word, grens aan 
Godslasterlike uitlatings. 


Openbaring 1979 
In dispuut.

Saterdag 28 September 2013 09:41 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
In ‘n dispuut oor openbaring 1978 waar daar deur e-pos 
korrespondensie die volgende beweer word- en ek haal 
vanuit die betrokke brief aan, “die mens het ‘n vrye wil 
want HY meng nie met ons keuses in nie en daarom vul 
dit HOM met wanhoop...”

In antwoord hierop plaas ek graag die volgende brief as 
‘n openbaring antwoord. 

Is dit nie juis die Liefde, Geduld en Barmhartigheid van Elohim 
wat die mens deur sy eie vrye wil toelaat om deur sy ontwikkeling, 
oor watter tydsbestek ookal, huiswaarts te keer nie. Iemand wat 
wanhoop is letterlik op sy laaste en tot niks meer in staat nie en 
Liefde, Geduld en Barmhartigheid is volgens my beskeie mening 
juis die teenoorgestelde van die wanhoop en daarom is wanhoop 
definitief nie een van die sewe Geeste van Elohim nie. Dus is my 
Vader nie ‘n wanhopige skepsel nie. Die lewenspad is uitgelê, 
dit hang van jouself af of jy deur die vrye wil die lang- of die 
kortpad gaan kies. So, waarom sal Vader wanhopig raak deur 
die ruimte wat Hyself vir jou in die vrye wil gelaat het.  


Openbaring 1980 
‘n Brief. 

Sondag 29 September 2013 09:45
http://www.openbaringe.co.za/
Graag plaas ek hierdie pragtige getuienis, gestuur deur 
een van ons volk. 

Hoop en geloof versus wanhoop en twyfel: 
Die Koninkryk van Vader is 'n Koninkryk van Hoop. 
Hoop deurspek elke aspek van 'n gelowige se lewe. 
Waar Vader teenwoordig is, is daar hoop op- en vir 
die lewe. Alles wat Hy sê of doen, daaruit word hoop 
vir die mens gebore. 

Maar die koninkryk van die Bose is 'n koninkryk van 
wanhoop, duisternis, ongeloof en twyfel. Waar wanhoop, 
duisternis, ongeloof en twyfel is, is Vader nie werksaam 
nie. 


Openbaring 1981 
‘n Vreemde lig aan die hemelwand.

Sondagaand 29 September 2013
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Ons was ‘n rustige groepie mense wat omstreeks twintig 
oor sewe om 'n gesellige braaivleis vuurtjie gekuier het. 
Skielik het daar 'n redelike groot bewegende lig in die 
hemelruim verskyn en iemand uit ons midde het ons 
daarop attend gemaak. Die kommentaar was; “miskien 
is dit 'n buitensporige groot satelliet”. Die lig het verdwyn 
om net weer ‘n paar minute later sy verskyning te maak 
en dit het in ons rigting beweeg waarna dit tot stilstand 
gekom het en seker maklik sewe keer groter as die volmaan 
vergroot het. Hierna het dit weer 'n ent beweeg en weer tot 
stilstand gekom en nadat ons dit deeglik vir ongeveer tien 
minute bekyk en probeer fotografeer het, het dit in ‘n wit 
wolk verdwyn. 

Sien Openbaring 81 vir interessantheid. 


Openbaring 1982 
My aartsengele en My Oordeel.
Saterdag 5 Oktober 2012 05:00 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Die aartsengele is My vlytig knegte en soos weerligstrale ry hulle 
op die konveksiestrome van die stormwind om verwoestend oor 
die aarde se oppervlak te kan rinkink. Hulle blits van Oos na Wes, 
daar teen die hemelruim waar die aand en môrester helder blink 
en op My bevel word satan binnekort vir ‘n duisend jaar gebind. 

Die aartsengele is My vlytig knegte en deur die krag van water 
word alles voor die vloed verdrink, met menig mens en dier wat 
in stormwaters verdrink, maar in die sag-deurdringende reën sal 
jy ook My groot Genade vind. 

Die aartsengele is My vlytig knegte en daar is een van hulle wat graag 
huppel in die warrelwind en daar waar hy soms die vog verdring, daar 
begin die dood in droogte stink en terwyl weerligstrale in leë belofte 
teen die horison wink, is daar nêrens bietjie water vir vee en wilde dier 
om te kan drink. 

Die aartsengele is My vlytig knegte en in vuur word die oordeel na 
die planeet gebring en terwyl bloedig strale van die son die oë verblind, 
word die horison in die aandskemering onheilspellend bloedrooi getint 
en onder verskrompelde bome word moeilik nog ‘n bietjie skaduwee 
gevind en in die middel van ‘n droë pan staan as teken in lugspieëling 
‘n pienk flamink, terwyl menig dorsteling begeer om in vloedwater te 
kan verdrink. 

Die aartsengele is My vlytig knegte en in die binding van die grond word 
swaartekrag vasgebind en terwyl die aarde in haar wentelbaan soos 'n 
dronkaard al swenkend hink, met die gerammel van aardbewings wat 
oraloor begin opklink word menig baie dooies onder rommelpuin gevind 
en in haar wraak bewys die aarde nou haar bloedige punt. 

Die aartsengele is My vlytig knegte en soos weerligstrale ry hulle op die 
boek van Openbaring se oordeels-perde so vinnig soos die wind en hulle 
blits van Oos na Wes deur die hemelruim, daar waar die aand en môrester 
blink. Ja, hulle is My vlytig knegte maar binnekort noem Ek elk van hulle 
ook My dierbaar kind. 


Openbaring 1983 
My Doel en Strewe.
Saterdag 5 Oktober 2012 23:45
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Abba Vader, U is die Vastigheid van geheel my lewe, ja, U is die Doel 
waarna ek vasberade strewe. U is my Riglyn, my Hoop, my Liefde en 
in alles altyd my Goeie Gewer. U is die Adelaar wat in U Wysheid my 
beperkte begripsvermoë met Geduld en Barmhartigheid omswewe, 
daar waar ek so hoopvol na U Goedertierenheid strewe. 

U is die Lig in die lamp van my lewe en wanneer ek voor die aanslae 
van my aardse bestaan soms bewe, laat U my swak geloof in U 
telkemale opnuut weer herlewe. In die soms donkernag van die lewe, 
wanneer ek bang soos `n kind in gebed huilend tot U prewel, laat U 
my saggies en gerusstellend tel tot by Sewe en in U volmaakte getal 
voel ek my dan so getroos en selfs effens verhewe. 

Abba Vader U is die Hartklop van my lewe. U is die Geloof, Hoop 
en Liefde wat geheel my klein wese omswewe, ja, U is die ewige 
Doel waar ek so swak, maar desperaat, na strewe.


Openbaring 1984 
Waarom vrees…
Sondag 6 Oktober 2013 15:00
 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Al roep die valse doemprofete hulle heeltemal hees en al blaas 
hulle aan, ook soveel onnodige vrees en al val daar ‘n duisend 
aan my linker- en tienduisend aan my regterkant, sal dit met my 
nie so wees, want U is my Swaard en my Lans en daarom word 
my vyand die aasvoëls se fees. 

Al sal ek van die grootste denkbare bedreiginge ookal lees van 
gesinsmoorde met kinders so tragies, nou wees, dan sal ek selfs 
vir Raka op sy heel wreedste nie vrees, want onder U verseëling 
sal daar steeds honderd-vier-en-veertigduisend veilig onder U 
beskerming wees. 

Ja, ek sal nie vrees vir dit wat oor die duisternis heers en nog 
minder sal ek dit vrees wat bedreig my verganklike vlees en al 
sal ek in ‘n dal van doodskaduwee wees sal ek dit ook nie vrees, 
want ek wéét, my siel is onsterflik in Elohim se Ewig Lewende 
Gees. 

Kyk, met my God spring ek oor ‘n muur en loop ek ‘n bende 
storm, want daar wil ek verseker wees want die Bloed van die 
Ewige Lewende Lam was van alle ewighede op my deurkosyn 
gewees en daarom sal satan nie deur enige vrees oor my kan 
heers. 

So, al roep elke valse doemprofeet hulleself heeltemal hees en 
al blaas hulle oral ook aan, soveel onnodige vrees, skrik ek vir 
geen mens, wese of onrein gees, want YaHWeHshua is my Stok 
en my Staf en daarom sal ek onder Sy Beskerming, geen vyand 
kan vrees.  

Maar my GOD, Dié sal ek verseker met al die nodige respek 
vrees, want kyk, sekerlik word geseën elke man en vrou wat 
Elohim eerbiedig vrees. Mag Elohim daarom die vreeslose 
vanuit Sion seën dat hulle die voorspoed van Jerusalem mag 
aanskou al die dae wat hulle ewige salige lewe mag wees.  


Openbaring 1985 
Bly by my
.
Maandag 7 Oktober 2013 05:30 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
O’ Elohim, bly by my sodat my vyande my ondergang nie sal 
beny, ja, bly by my sodat ek ook die versoeking in al sy fasette 
kan vermy. 

O’ YaHWeHshua, bly by my sodat satan my in oorwinning nie 
onder sal kry, bly daarom by my en maak my deur U Liefde ewig 
vry. 

O' YaHWeH, bly by my want my lewensweg is met U Groot Genade 
uitplavei, so, bly by my sodat ek nie saam die wêreld oor die ewige 
afgrond weg sal gly. 

Abba Vader, bly by my sodat my vyand my daaroor kan beny, ja, 
bly by my, want U Teenwoordigheid maak my teen die hele wêreld 
vry. 

O’ Elohim, bly by my sodat U Wysheid my van die leuen kan bevry, 
bly daarom by my, ja, bly by my, sodat ek nie in die dieptes van die 
duisternis weg sal gly. 

YaHWeHshua, bly by my sodat ek nederig my ego kan bestry en 
bly by my, want ewig wil ek altyd U Grote Naam bely, 

O’ YaHWeH van die leërskare, bly by my want die tyd is naby, so 
bly by my, want vreesaanjaend kom die ruiters van Openbaring 
aangery. 

O’ my God, bly by my, want die laaste Lig is besig om in die 
duisternis weg te gly, so bly by my sodat U as my ewige Son oor 
my kan skyn. 

My Verlosser, bly by my sodat ek as een van U kudde op U 
groen weivelde rond kan wei, so bly by my en maak my deur die 
geloof, hoop en liefde teen geheel die wêreld vry. 

O’ my Skepper, bly by my, want U is my Pottebakker en ek is U 
gewillige klei, so bly by my want ek wil geheel my lewe aan U wy. 

O’ my God van Liefde, bly by my sodat ook ek my liefde vir U, aan 
U kan bely, ja, bly by my want ewig nooit kan ek genoeg van U 
Teenwoordigheid kry. 


Openbaring 1986 
Visioen oor Zimbabwe embleem.
 
Vrydagnag 11 Oktober 2013 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In 'n droomvisioen bring iemand ‘n groot koekoekklok nader 
en monteer dit teen 'n muur. ‘n Vrouehand beweeg nader en 
trek een van die kettings wat onder die klok uithang waarop 
‘n klipbeeld van ‘n arend, soortgelyk as die een wat Zimbabwe 
se embleem verteenwoordig daaruit tevoorskyn kom. Die voël 
is te swaar en kan nie weer terug beweeg nie. Dit breek af en 
val na benede waarna dit in verskeie stukke breek en uitmekaar 
spat met die kop, bors, rug en stert wat wydverspreid uitmekaar 
lê. Hierna begin die vrou desperaat na iets soek om te eet. 


Openbaring 1987 
Wie gaan daar woon?
 
Sondag 13 Oktober 2013 08:00 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Ek hoor ‘n stem wat vra: Wie gaan die nuwe aarde bewoon? 
Is dit dalk die skynheilige kerkgangers tog so vroom of is dit 
hulle wat, deur verbastering, as een ras die wêreld wil bewoon. 
Is dit die fanatiese wet-onderhouers of Sabbat aanbidders wat 
deur hulle eie werke daar wil gaan woon. Is dit hulle wat deur 
hulle valse vrede met almal as naastes die wêreld sonder enige 
grense wil omsoom. Of is dit dalk hulle wat hulle outoriteit wil 
verskuif, ver bokant Elohim se Troon. 

Ek hoor ‘n stem wat vra: Wie gaan die Nuwe Jerusalem bewoon? 
Is dit dalk die sogenaamde intellektueles wat hulself so verhewe 
van Elohim se ordes verskoon. Is dit die ryk bankiers wat deur 
Mammon altyd die wêreldse pas probeer aantoon, of is dit die 
'slim' wetenskaplikes wat ‘n nuwe ‘superieure ras’ vir die 
toekoms probeer kloon. Of is dit die Ooste en die Weste se 
onderskeie broederbond-genootskappe, beide so onnosel 
soos die heel domste moroon. 

Ek hoor ‘n stem wat vra: Wie gaan die nuwe duisendjarige 
vrederyk bewoon: is dit dalk die hoer van Babilon, haar ou 
pous met sy selfgeskepte dier en valse vredevors wat as 
satan self daar wil gaan woon, of is dit die oorlogsugtiges 
wat die bestaande aarde wil vernietig deur die krag van die 
atoom. Of is dit dalk die regerings self wat altyd die verkeerde 
weg vir die populasies probeer aantoon. 

Ek hoor ‘n stem wat vra: Wie gaan die nuwe bestel bewoon? 
Is dit dalk die verskillende geloofsdenominasies wat reken 
dit is hulle regverdige loon of is dit Raka wat dink dit kom 
hom outomaties toe, want hy is mos hierdie verontregte 
altyd onderdrukte persoon. Is dit die vatikaan met hulle 
uitspattige vertoon of is hierdie die superrykes wat hulle 
self maar weereens as die konings van die aarde wil kroon. 

Ek hoor ‘n stem wat vra: Wie gaan die nuwe vrederyk bewoon? 
Is dit dalk die gemeentelid wat dink dat hy sy weg deur sy tiende 
daarheen oop kan koop of is dit die nuwe opkomende middelklas 
wat hulleself nou so goed as die nuwe norm vertoon. Is dit die 
globale draak wat homself in al sy fasette as die versmorende 
Leviatan vertoon of is dit die ontelbaar baie skrifgeleerdes, die 
priesters, dominees of die pastore wat as selfgeregverdigde 
gode daar wil gaan woon. 

Ja, ek hoor ‘n stem wat vra: Wie gaan die nuwe aarde in die 
duisendjarige vrederyk bewoon en ek hoor ‘n ander stem wat 
antwoord: Dit is die room van die oes voor Elohim so suiwer 
en skoon. Dit is Sion en Jerusalem wat as uitgeworpenes, vry 
van enige menslike dogmas of wêreldse voorgeskrewe 
denkpatroon, net van die Liefde en hulle suiwer weergeboorte 
wil droom en wat hulle nie van die reinigende selfondersoek 
verskoon. 

Dit is honderd-vier-en-veertigduisend vanuit die suiwer 
Saksiese kronieke so raseg en skoon, wat verseël is onder 
die Priester- en Koningskap van Elohim se Kroon en kyk, 
hulle sing die Nuwe Lied op ‘n Volmaakte Toon wat die 
ewige Nuwe Weg na YaHWeHshua aan sal toon. Ja, dit is 
Sy bruid, die room van die oes, na liggaam, siel en gees 
so suiwer en skoon, wat die nuwe duisendjarige vrederyk 
op die nuwe aarde sal bewoon. 


Openbaring 1988 
Werk werk werk…

Woensdag16 Oktober 2013 15:55  

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
O’ kyk, die stomme wêreldling is so oorwerk, want vir ses dae 
moet hulle arbei en baie hard kan werk en op hul sogenaamde 
rusdag, ja, hulle Sabbatdag, sit hulle soos zombies in die kerk 
en luister na predikers wat meestal net oor die gee van tiendes 
kan strek en daarom moet hulle net al hoe harder werk, met die 
volgende ses werksdae wat eindeloos voor hulle uitstrek.  

Ja, die wêreldslaaf moet werk, werk, werk want ook belasting 
word die heeltyd daarvan afgetrek en in Suid Afrika moet die 
wít mens net nog ‘n bietjie harder werk sodat die helfte van 
hulle besigheid tot voordeel van ander rasse kan strek en die 
einde van dit alles ken geen maat of perk, want die duiwel 
staan ook vinnig nader met sy handelsmerk en dit terwyl die 
Jood uit dit alles net al hoe meer voordeel trek. 

Ja, die stomme wêreldling is heeltemal oorwerk, want ses dae 
moet hulle arbei om baie hard te kan werk met die sewende 
dag in sy rus ook heeltemal beperk, want tussen braai, sport 
en kerk, is bykans almal op hierdie dag al klaar reeds weer 
so oorwerk. Maar iewers moet die mens tot sy voordeel uit 
dit alles tog so ‘n bietjie voordeel trek en daarom word die 
sewende dag met ‘n skynheilige godsdiens-lagie oorgetrek 
en die mens verbeel hom hy het op hierdie dag glad en geheel 
niks gewerk. 

So is die wêreldling nou heeltemal oorstuurs oorwerk, ja, met 
die arbeidsmark en ekonomie nou heeltemal berserk en wee, O’ 
wee die mens wat sê: ek sit sonder werk en uit Mammon kan ons 
nou geen voordeel trek en waarmee sal ons nou ons liggaam en 
siel mee kan versterk. So is alles onder die woordjie werk nou 
heeltemal buite perk en die ware liefdeswerke vir die naaste word 
heeltemal beperk, want in rand en sent word die tiendes mos na 
Mammons-georiënteerde kerke deurgewerk, want in ‘n gejaag na 
wind word daar net vir geld gewerk terwyl die mens hulle 
heeltemal van die ware liefdeswerk vir God se saak onttrek. 


Openbaring 1989 
'n Praatsiek vrou.
Saterdag 19 Oktober 2013 17:45
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Die hel is 'n praatsiek vrou wat haar los tong nie vir ‘n oomblik 
stil kan hou, met elke woord uit haar mond op die luisteraar se 
gehoor, 'n wrede geselhou. 

Ja, soos ‘n druppende kraan wat net nooit op kan hou en 
terwyl sy ononderbroke net kekkel en praat word elke woord 
'n gruwelklank wat ten hemele skrou, wyl almal in haar omgewing 
haar toe wil snou om net vir ‘n oomblik haar groot mond net ‘n 
bietjie toe te hou. 

Die hel is ‘n praatsiek vrou met haar man wat meer as dikwels 
vra: O’ God, waarom het ek met hierdie nimmereindigende leë 
blik-babbelkous getrou. 

Maar die hemel is ‘n vrou wat haar mond wys en diskreet 
toe kan hou en daarom kan haar man haar met al sy belange 
vertrou, terwyl sy deur haar deugsaamheid vir haar familie ‘n 
blink toekoms bou. 

Ja, die hemel is ‘n wyse vrou wat haar mond slim toe kan hou, 
maar wanneer sy wel praat is haar woorde soos sagte reën wat 
vrugbaar oor ‘n dorre aarde uitdou, terwyl almal in haar omgewing 
uitermatig baie van haar hou. 


Openbaring 1990 
Sem of Gam…

Donderdag 24 Oktober 2013 06:00 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Daar was ‘n man en iemand vra: Is dit ‘n Boer, Xhosa, Zulu of 
‘n San, want kort voor lank word iemand vanuit die parlement 
verban. 

Ja, daar was ‘n man en ‘n omroeper vra: Van watter stam, is dit 
‘n pikswart ram of dalk ‘n spierwit lam. Is dit Sem of is dit Gam, 
want binnekort braai iemand op 'n  rooiwarm pan.  

Daar is ’n man en iemand vra: Word ‘n baie belangrike persoon 
dalk binnekort vanuit ‘n politieke party verban. So, wat is nou die 
plan want die kaf word nou desperaat vanuit die koring uitgewan. 

Daar is ;n man en vir hom word nou ‘n strik gespan en iemand vra: 
Is dit ‘n Swazi, ‘n Tswana of dalk ‘n spierwit man, want hierdie man 
eet graag sushi, kaviaar en ingevoerde ham en van vroeg tot laat 
werk hy aan ‘n vinnige rykword-plan terwyl hy nog ’n wrede moord 
beplan. 


Openbaring 1991 
‘n Witwarm vuur

Donderdag 24 Oktober 2013 08:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Terwyl iemand ‘n witwarm vuur aansteek word daar in Europa 
en Amerika ‘n baie groot probleem bespreek en iemand sê: 
Omdat dit ons nou aan ‘n antwoord eers ontbreek moet die Pous 
maar net weer ‘n nuwe leuen vir die massas preek, want daardeur 
hou ons die man op straat steeds ‘n domme leek en so sal hulle 
mekaar deur protes nie teenoor ons opsteek. 

Daar is iemand wat ‘n witwarm vuur aansteek en in Griekeland, 
Frankryk, Duitsland en al die ander Europese lande begin baie 
nou oordadig sweet terwyl hulle sê: Daar is ‘n geheim wat almal 
binnekort gaan weet, want kyk, daar kom globale leed en deur 
werkloosheid en ander faktore raak skraal- menigeen se dieet 
en wat gaan mens en dier nou eet en vreet want in voorspoed 
het hulle mos heeltemal van die woord resessie en depressie 
vergeet. 

Terwyl iemand ‘n witwarm vuur aansteek klink daar ook vanuit 
die Ooste ‘n klipharde kreet en almal daar staan verskrik en 
bleek en hulle knieë voel so swak en week terwyl die politieke 
globale weer oraloor nou guur opsteek begin almal ‘n bietjie kos 
wegsteek. 

Ja, terwyl iemand globaal ‘n rooiwarm vuur aansteek word daar 
binnekort vir Afrika rantsoene afgemeet want daar is iemand wat 
beweer hierdie kontinent gaan die wêreld koskas heeltemal leeg 
vreet. So, laat hulle begin om bietjie oor hulle eie probleme te 
sweet want nie resessie, maar depressie kan binnekort sy kop 
wêreldwyd uitsteek. 


Openbaring 1992
Die hoogste loon.

Donderdag 24 Oktober 2013 09:30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
O’ luister na die toon, die mees wonderbaarlike luisterryke engeletoon, 
ja, daar om ‘n Troon, ‘n Suiwer Skone-Skone Troon, waar om daar 
so glansryk die hoogste engele woon, want dit is hulle loon, ja, 
hul heel hoogste hoogste salig loon om vir ewig altyd daar in die 
vrede van Elohim te kan woon. By daardie Troon, ja, daardie 
Glansryke Suiwer Troon, sal die weergebore kind hul so skoon 
aan hulle Vader toon om saam met Hom vir ewig daar te kan woon. 


Openbaring 1993
Liefde en haat- hand aan hand.
 
Donderdag 24 Oktober 2013 14:15 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
Deur alle eeue heen word daar dikwels oor die liefde gefilosofeer 
en oor elke faset daarvan word dikwels gespekuleer asook 
gefantaseer en om die liefde te behaag word alles probeer 
en daar word vas geglo dat die liefde oor alles sal triomfeer. 
Maar wanneer die menslike liefde dit soms so wispelturig van 
‘n geliefde wegkeer om dit na iemand anders toe te keer begin 
die verwerpte liefde om te retireer om daarna dikwels as blote 
haat terug te keer. 

So word daar deur die eeue heen ook oor haat gefilosofeer 
en oor elke faset daarvan word in donker gedagtes gefantaseer 
en daar word vas geglo dit sal in wraak oor alles triomfeer. 
Maar wanneer die haat ditself soms wispelturig na die soete 
liefde omkeer, word alle kwaad en wrewel na goed- en 
welwillendheid omgekeer en daarom word daar deur die eeue 
heen dikwels oor die liefde gefantaseer, want opregte Goddelike 
Liefde vergaan ewig nimmermeer. So gee liefde en haat deur 
alle eeue heen bykans altyd saam ‘n tree sodat die een van die 
ander in die teenoorgestelde iets kan leer. 


Openbaring 1994 
Sy Ewig Lewenslied.

Donderdag 24 Oktober 2013 14::30 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Vanuit die verre en die niet kom daar ‘n Man en iemand vra: Is 
dit dalk ‘n deugniet? Maar ‘n engel se: Nee, dit is ‘n Troebadoer 
en kyk, Hy lyk soos ‘n baie goeie Israeliet. So staan die Sanger 
nader en skalks vee Hy vanuit Sy oë ‘n windverwaaide blonde 
haarsliert en terwyl Hy opkyk is daar ‘n oneindige wye glimlag 
wat van Noord na Suid oor Sy Gesig skiet terwyl ‘n rivier van 
Liefde vanuit Sy potblou oë giet. 

Ja, vanuit ‘n verre land kom daar ‘n Man en Hy is voorwaar 
geen deugniet, maar Hy is die ewigheid se Goeie Troebadoer 
en Hy bring ‘n jubellied en met Liefde word dit in Hooglied aan 
Sion aangebied. Ja, Hy bring Sy Ewig Lewenslied en Hy noem 
dit Jerusalem se awend en oggendlied en kyk, dit is gratis en 
heeltemal verniet.  En terwyl hierdie Liefdeslied in geheel die 
sterreprag verskiet word dit die Melgisedek Kosmos lied wat 
redding aan elke sondaar bied. 

Vanuit die verre heelalle en die niet, kom daar ‘n Man en twee 
Olyfbome roep: Kyk, dit is Elohim se wil wat nou geskied en 
daarom word die heiligdom in die Suide van Afrika uitgemeet 
met ‘n riet en die Oordeel kom en dit vertrap die swart 
sprinkaan-plaag en geel termiet en alles wat vuil is word die 
nuwe stad Jerusalem verbied, want die Groot Troebadoer se 
oggend en awend Liefdeslied word net vir die suiwer kroniek 
van Jakob aangebied. 


Openbaring 1995 
'n Gesig oor beeste. 

Vrydag 25 Oktober 2013 04:00 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In ‘n droomgesig sien ek ’n baie groot dal en in die middel van 
die dal sien ek vier verskillende troppe beeste wei. Ek sien ‘n 
groot trop swart Drakensbergers, ‘n kleiner trop wit Brahmane, 
‘n klein trop rooi Afrikaner beeste en laastens ‘n trop bont 
Nguni beeste. Om al vier hierdie troppe beeste sien ek die vier 
perde van Openbaring, ja, ‘n swart, wit, rooi en vaal perd wat 
elkeen met hulle ruiters al in die rondte om hierdie troppe 
beeste in ‘n sirkel jaag. 

Ek sien hoedat die swart perd op sy agterpote steier waarna 
die swart Drakensberger beeste tot astronomiese groot getalle 
vermeerder om daarna die groen weivelde van die dal tot in die 
grond af te wei en tot stof te vertrap wat veroorsaak dat hulle 
en die ander troppe beeste verhonger tot brandmaer kuddes. 

Hierna sien ek die rooi perd op sy agterpote steier en daar 
kom ‘n brand wat die laaste groenigheid verteer sodat die 
hoë bome in daardie dal ook afbrand en hulle stamme soos 
pikswart kerktorings afgeëts teen die lug bly staan en ek sien 
die geharde inheemse rooi Afrikaner bees, het op een ná 
heeltemal van die toneel verdwyn. 

Hierna sien ek die vaal perd op sy agterpote steier en daar 
kom ‘n wind en haelstorm om al die bont Nguni beeste ook 
op een na, heeltemal te vernietig. 

Hierna sien ek die wit perd met sy Ruiter op sy agterpote 
steier en daar kom ‘n boek vanuit die hemel en die boek 
open en ‘n helder Lewende Stem kom vanuit die boek wat 
sê: Dit is vir oulaas geweeg en te lig bevind en daarom sal 
dit wat van Abraham afstam, op een ná van die groen weiveld 
verwyder word. 

Hierna verdwyn op een bees ná, die hele trop wit Brahman 
beeste en hierdie bees verander in ‘n klein, maar pragtige 
trop wit skape wat onverstoord op die groen weiveld wei 
terwyl die trop swart Drakensberger beeste saam met die 
enkele rooi Afrikaner en Nguni bees wei met die vaalperd 
wat al in stofsirkels om hulle jaag met salpeter wat oral op 
sy vel uitslaan totdat ook hierdie perd, met sy geraamteruiter, 
op sy agterpote steier. 

Waarna ‘n vaalgrys storm oor die dal beweeg tesame met ‘n 
skielike sonverduistering wat alles in die donker laat en ek 
hoor ‘n gerammel en kort daarna skyn die son weer en ek 
sien ‘n groot aardbewing het al die beeste ingesluk. Nadat 
die stof gaan lê het sien ek die groen weiveld en die middel 
van die dal is ongeskonde terwyl die spierwit skape rustig 
daarop wei. 


Openbaring 1996 
Vanuit 'n verre toekomsdag…
Vrydag 25 Oktober 2013 14:00
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer
 
In ‘n dag vanuit die verre toekoms, as ‘n voorbeeld vir nou 
geneem, roep daar ‘n suiwer volmaakte stem: Waar is al die
 trane en die droefnis heen en waarom hoor ‘n mens niemand 
meer huil of ween want kyk, van haat en nyd is daar ook meer 
niks van, géén en trots en hoogmoed is lankal ook meer geen 
probleem. 

Vanuit ‘n dag vanuit die duisendjarige vrederyk as ‘n voorbeeld 
vir hierdie bose tyd geneem, roep daar ‘n stem: Waar is siekte, 
pyn en die dood ook heen, want kyk, selfs Hades is van geheel 
sy vangs ontneem. Die leeu lê saam die lam en die kind speel 
met die slang en dit is geen probleem en daar is niemand hier 
wat mekaar deur haat en nyd opdreun. 

In ‘n verre vredesdag, as ‘n voorbeeld vir vandag geneem, roep 
daar ‘n volmaakte mens: Waar is al die winsbejag van die handel 
heen, ja, die woorde bankier en winkelier klink hier tog so vreemd 
ook die woorde bedrog en leuen is hier heeltemal ekstreem, want 
hier woon niemand wat vir vergoeding iets van ‘n ander wil neem 
en daar is geen mens wat oor ‘n ander se voorspoed murmureer 
of teem. 

In 'n dag vanuit die duisendjarige vrederyk as voorbeeld vir hierdie 
bose tyd geneem, waar mense alles in liefde net met mekaar wil 
deel sonder koop en verkoop of om iets aan mekaar te leen, ja 
op ‘n aarde waar almal mekaar in toegeneentheid as naaste net 
aan wil neem, terwyl die mildelike seën van Elohim op alles en 
almal neer reën met elke lewende organisme wat floreer onder 
God se seën. 

In ‘n vredesdag vanuit die verre toekoms, vir ‘n goue oomblik 
net vir nou geleen, roep daar ‘n stem: Waar is al die oorlog 
en die wraak nou heen en luister na die salige stilte, want daar 
is niemand meer wat oor die verlies van ‘n geliefde ween. Ja, 
waar is ook die groot leuen met al sy kerke heen met niemand 
wat meer hoef te luister na afgodediens in ‘n groot geteem, want 
Elohim self woon in die suiwer tempelhart van elke een, want hier 
is die mens van elke sonde nou vervreem en van satan is daar 
nêrens meer, ja, iéts van, géén…


Openbaring 1997 
'n Skrikwekkende gerammel…

Sondag 27 Oktober 2013 10:30 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer 
Vanuit die hemel kom 'n skrikwekkende gerammel wat dreigend 
oor die aarde vibreer en daar kom ‘n Stem wat alles in vrees laat 
retireer en dit vra wie het die tempel met mensmis besmeer en 
wie het die suiwer heiligdom met hulle vuil skoene onteer, ja, wie 
het deur die hedendaagse kerk die Aparte Vergadering van Elohim 
probeer penetreer. En wie het Mammon toegelaat om die wees en 
weduwee se tiende te beheer en om die rusdag op die songod se 
dag te eer. 

Vanuit die hoogste hemel kom daar ‘n skrikwekkende gerammel 
wat dreigend oor die aarde vibreer en daar roep ‘n Woedende 
Stem wat die aarde so erg laat vibreer dat ‘n nuwe bergreeks 
ditself begin groepeer en die Stem vra: Wie het Konstantyn in 
die eerste plek die outoriteit gegee om al die antieke geskrifte 
volgens sy persoonlike smaak uit te sorteer en om dit wat 
oorgebly het, as een boek in ‘n sogenaamde bybel uit te sorteer, 
want kyk, deur hierdie afvallige leer word die dwangweg van die 
hoer van Babilon vir die mens gekatkiseer sodat die Godgegewe 
vrye wil nie meer deur die eie keuse kan opereer en dit hulle 
daarvan weerhou om die gruwel-valse engel van die lig in die 
vorm van politiek-georiënteerde kerke te identifiseer 

Vanuit die Allerheiligste van die Hoogste Hemele kom ‘n 
skrikwekkende gerammel wat dreigend oor die aarde vibreer 
sodat ‘n vreeslike sonsverduistering al die lig elimineer en 
daar kom ‘n Stem wat vra: Wie het die beelddraer van God 
geleer om teen sy natuur in, ander mans te sodomiseer terwyl 
die sogenaamde kerke daarin spesialiseer om hierdie gruwels 
as menseregte aanvaarbaar te akkommodeer en wie het die 
vrou geleer om die Godgegewe lewensvrug in haar skoot te 
aborteer. En watter wysgeer het die jeug deur die sogenaamde 
sielkunde kom leer dat die kind nie meer sy ouer as gesag hoef 
te eer en respekteer. Ja, wie het die regstelsels kom leer om 
moord, verkragting, diefstal en naamskending onder ‘versagtend’ 
te hanteer en daarna as ongestraf weg te liasseer en bowenal, 
wie het die gemeentes kom leer om die groot leuen as die heilige 
Waarheid te verteer. 

Vanuit die hemele kom daar ‘n skrikwekkende gerammel wat 
oor al die kontinente vibreer en daar roep ‘n Vreesaanjaende 
Stem wat die waters van die see oor die droë lande laat dreineer, 
ja, sodat die aarde in haar angs dit vir ‘n oomblik oorweeg om 
op te hou roteer. Die Stem vra: Wie het die mens geleer om sy 
gesag bokant die Troon van Elohim te motiveer sodat hulle as 
‘n eenwêreldorde oor Sy skepsele kan regeer om daardeur soos 
satan, vóór die engeleval, te poog om oor die Skepper se skepping 
te triomfeer. Wie het die mens kom leer om oor al Elohim se Ewige 
Insettinge te murmureer terwyl magheb, gierigheid, hoogmoed en 
valsheid in hulle harte triomfeer en waarom is aan dit wat onrein 
en onheilig is gegee om die suiwer heiligdom, veral hier in Suid-
Afrika, te vertrap en hulle so te onteer. 

Vanuit die Hoogste Hemel kom daar ‘n skrikwekkende gerammel 
wat deur geheel die ewigheid vibreer sodat al die sterre en die 
hemelliggame verskrik verdonker in hulle hemelsfeer en die 
STEM vra: Wie het die tempel met mensmis besmeer en wie 
het die heiligdom met hulle vuil wêreldse skoene onteer. 
Ek hoor dieselfde STEM wat sê: Dit is aan satan gegee om 
vir ‘n kort tyd oor die materie te regeer sodat die oordeelsekel 
kan slaan en die vuur die kaf sal verteer en vanuit almal wat 
lewe sal daar net ‘n handvol oor wees wat sal leer om Elohim 
met elke atoom van geheel hulle wese lief te hê en Hom te eer 
en vanuit hierdie verblindende brandende groen bos sal Sion 
en Jerusalem haarself as 'n heilige aparte liggaam formeer, 
sodat die geslagte vanuit haar skoot in die duisendjarige 
vrederyk sal weet, die Allerheiligste Innerlike Tempel van 
Elohim, word nie deur vuil en verslete wêreldskoene onteer. 

Ja, Sion en Jerusalem sal Elohim met geheel haar hart en 
verstand en met al haar liefde begeer en daarom sal sy al 
Sy Ordes respekteer en haar naastes sal sy liefhê net soos 
haarself, om daardeur al die Suiwer Weë van Elohim vir alle 
ewigheid te eer.  



Openbaring 1998 
Alles tevergeefs.
Maandag 28 Oktober 2013 10:30 

http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
In 'n wêreldlied wat opklink vanuit ‘n wêreld operahuis 
gebring deur 'n wêreld sopraan word daar lustig gesing 
van een wêreldryk na die ander wat in kamma voorspoed 
kom en gaan en dit moedig die mens aan om in pas 
daarmee saam te gaan, sodat nuwe beskawings vanuit die 
werke van hulle hande en verstand vir nuwe opkomende 
geslagte kan ontstaan voordat hulle kortstondige lewens 
dalk tevergeefs in die dood vergaan. 

In 'n wêreldlied van verganklike materie in klatergoud 
beslaan terwyl die wêreldling die dieper essensie van 
‘n ewige voortbestaan duidelik nie mooi verstaan met 
die een na die ander geslag wat ook tevergeefs kom 
en gaan, wyl soveel nuttelose grafte as aanklag teen 
die illusielewe bly staan. Met die oorlewendes wat in 
‘n sloerbestaan van ononderbroke koop en verkoop 
tydelik bly voortbestaan, tot op die dag wat ook hulle 
illusiedroombestaan in die verganklikheid van die 
dood vergaan. 

Soveel eeue gelede het die prediker reeds die mens 
in 'n donker klaaglied oor hierdie tevergeefse toestand 
vermaan. Ja, hy het gesê: Tevergeefs is die mens se 
kom en ook heengaan, want al die werke van hulle 
hande sal op die langeduur nie as ‘n monument vir 
hulle na hulle dood bly voortbestaan. 

Maar in die moderne wêreldlied wat opklink vanuit die 
mond van ‘n wêreld sopraan, daar word die mens steeds 
deur die wêreldmoondhede vermaan om die hand aan die 
ploeg vir materiële vooruitgang te slaan. Kyk daarom, net 
as voorbeeld, na 'n reuse wolkekrabber wat met baie moeite 
en beplanning, trots afgeëts teen ‘n stadshemelruim staan 
om net die volgende oomblik deur plofstof in ‘n oomblik 
weer tot niks te vergaan sodat iets nuuts weer sy plek vol 
kan staan want elke poging van elke sterflike geslag kom 
en gaan met hierdie tydvak wat onverbiddelik na sy einde 
toe staan. 

Ook in die boeke van Henog, Daniël en Openbaring word 
deur dieselfde boodskap die mens dringend vermaan oor 
tydelike tydvakke wat in millenniums kom en gaan maar 
daar is weinig wat die dieper boodskap daarvan wil of kan 
verstaan. 

En so het ek ‘n ou hemel en aarde sien kom en gaan want 
al die ou vergete tydvakke het tot op die laaste een finaal 
verby gegaan en van die moeitevolle arbeid van die mens 
het niks bly staan. Maar vir hulle wat in die geestelike krag 
van die geloof vas vir die Waarheid en die Liefde sou bly 
staan, het ek ‘n nuwe stad in ‘n ewige ryk in hulle midde 
sien staan, ja, omdat die werke van die Gees ewig nooit 
kan vergaan. 

En kyk, ek het ‘n nuwe lied gehoor vanuit die mond van ‘n 
Suiwer hemel sopraan en haar lied het net om die werke 
van die ewige Liefde en Waarheid gegaan en sy het gesing 
van Elohim se Tabernakel wat in Sion se midde sou kom 
staan en wat alle dood, moeite, droefheid en verdriet ewig 
sou weerstaan en daarom sal elkeen wat oorwin deur die 
Bloed van die Lam vir ewig by Hom bly voortbestaan. 

Luister daarom, O’ mens, nie na die verleidelike materiële lied 
van die wêreld sopraan wat Mammon en die wêreldhandel in 
alles vooruitgaan, want die werke van die mens se hande in 
die materie is alles tevergeefs en gedaan en dit is net ‘n 
gejaag na wind met die dood se wurm wat onverstoorbaar 
deur alle geslagte kom en gaan. 


Openbaring 1999 
Woes en leeg.

Dinsdag 29 Oktober 2013 07:19 
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Luister na die vaalperd wat daar proes en weet, bykans 
niemand gaan van die Oordeel weg kan koes. In vreeslike 
droogte en onbeheerste vloed lyk wêreldwyd die gebeure 
nie meer so goed. Die weer lyk grys en oes en die mens 
begin van 'n vreemde dodelike longontsteking te hoes. 
Globaal is daar menig baie storm wat loeiend woed en 
baie sterf in die vreeslikste vloed. Iemand roep: Wanneer 
word die vrugte en die graan geoes voordat haelstorms 
dit kom verwoes. In ‘n vreemde sonsverduistering skyn 
die son rooi soos bloed, terwyl ‘n moedervulkaan ditself 
uitwoed. Daar kom ‘n groot aardbewing wat ‘n groot 
gebied gaan verwoes en dit lyk daarna maar baie woes. 
Oor die droë land kom daar ‘n vreeslike soutwatervloed 
en almal weet, van alle kataklismies is 'n tsunami seker 
die ergste goed. 

Ja, daar is ‘n openbaringperd wat onheilspellend proes 
en die toekoms lyk soos in die heel begin maar leeg en 
woes. Op die horison skyn ‘n vreemde bangmaak gloed 
en almal gryp verbouereerd na ‘n bietjie oorlewingsgoed. 
Ja, die wêreldnag is onheilspellend swart soos roet en 
oraloor beweeg ‘n somber begrafnisstoet. Al vier die 
elemente reageer verwoed en stadig maar seker breek 
dit die mens se heel laaste moed. In ‘n brandstofskaarste 
vlug miljoene nou te voet en langs die paaie staan soveel 
nuttelose voertuie wat net gaan roes. So, luister na die 
dood se vaalperd wat daar proes en wéét, dit is die tyd 
wat vinnig na sy einde spoed. En in die laaste 
wêreldoorlog wat globaal gaan woed vloei daar breë 
riviere, rooi van mensebloed. 


Openbaring 2000 
‘n Ewigheidsvonnis. 
Dinsdag 29 Oktober 2013 08:45
 
http://www.openbaringe.co.za/ 

Judith de Beer 
Vanuit ‘n bose wêreldorde-kartèl is ‘n sterflike mens 
as 'n regter aangestel en so word ‘n vooraf beplande 
vonnis gevel en baie staan ontstel oor verlore lewenstyd 
tevergeefs afgetel. Maar weet, daar is net Een Regter 
en Hy is die Hoogste EL en op Sy Bevel open daar die 
grendel van ‘n sel in die heel diepste hel, daar waar 
die onreg vir ewig in gaan dwel. So, daarom moet die 
martelaar hulleself nie te veel kwel, al word daar deur 
die wêreld so ru op hulle geskel. 

Ja, daar is ‘n mens as ‘n onregverdige regter deur die 
wêreldorde aangestel maar spoedig roep sy lewensdae, 
gekortwiek deur ‘n wrede siekte, hom toe- vaarwel, want 
in die getal tweeduisend skuil daar ‘n baie regverdige 
spel en so word ook ‘n politieke party se dae noukeurig 
deur oordeelsengele afgetel. 

Vanuit ‘n bose wêreldorde-kartèl is ‘n onregverdige regter 
aangestel en so word ‘n vooraf beplande vonnis nou gevel. 
Maar daar is tog iets wat hierdie regter kwel en dit is sy 
vrees, verdeel tussen die wêreldorde kartèl en die Oordeel 
van die heel Hoogste EL. Maar spoedig sal hy weet, daar is 
niks só hel, ja, soos 'n ewigheidsvonnis wat uitgedien word 
in ‘n eensaam sel van die heel diepste hel.