Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 

              judithdebeer@webmail.co.za
            
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 201 
Altyd 'n aardse koning.

Saterdag 08:00 29 Desember 2007
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Op versoek van die wêreld is ʼn koning as oordeel en straf vir die 
mens deur God vir hierdie wêreld verskaf. Daarom was ʼn koning 
in opdrag van God deur die hand van ʼn profeet met olie van die 
aarde gesalf. Waar op sy beurt ʼn ware profeet direk vanuit die 
hemel gesalf is deur die Gees van God Homself.

Vra daarom nie vir ʼn reeds verdoemde aarde die heerserstaf van 
ʼn koning. Vra nog minder vir die oordeel wat ʼn profeet met sy 
mond na die aarde bring. Gaan in die binnekamer van die hart 
daar waar elke mens se heiligdom homself bevind. Daar sal jy 
die ewige Koning van die Liefde vind wat jou self met Sy eie 
Hand met die nodige Wysheid van die ewigheid sal salf.

Openbaring 202 
Tevergeefs hulle smagting.

31 Desember 2007 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
My Woord van Waarheid sal Ek uit elke opregte hart vanuit elke 
kind van My kom haal. As 'n oordeel sal Ek dit oor alle nasies uit 
laat stort. Daar waar Ek vanuit My heilige volk sal kom om met 
'n ystersepter oor alle volkere te regeer. 

In hierdie tye sal daar baie wees wat My Lewende Woord binne 
hulleself sal begeer. Maar omdat die lewende vibrerende 
liefdesklank van My Stem nie met hulle liefdelose siele sal kan 
kommunikeer sal hulle in die stilte van die mees verdoemendste 
nag tevergeefs na My en die Goddelike Waarheid smag.

Uit 'n wêreld waaruit Ek Myself gaan onttrek gaan 'n ongekende 
nood wees van wêreldwye geestelike gebrek. Oneindig gaan die 
eensame geestelike vlaktes wees waar nêrens iets te vinde gaan 
wees van My Heilige Gees.

Oral waar die mense My desperaat gaan soek gaan hulle My slegs 
in die oordeel van die Waarheid vind wat Ek vanuit elke opregte 
hart gaan onttrek om as oordeel oor die wêreld oor elke volk en 
enkeling uit te stort.

Openbaring 203 
Verpand nooit jou kosbare siel.

Dinsdag 1 Januarie 2008 21:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Dink net nooit nie daaraan wanneer satan lokkend met 
wêreldsgoedere voor jou kom staan. Om jou kosbare siel aan 
hom te verpand. Al skitter wêreldsgoedere ook hoe mooi in sy 
hand. 

Wat sal die mens hom hierna ooit weer kan bied as ʼn losprys vir 
sy verlore siel. Met sy siel het die mens al dikwels gewoeker en 
gedeel. Ja, daarmee het hy na hartelus gespeel. Met sy vrye wil 
het al dikwels die mens hul siel bindend in ʼn goedkoop kontrak 
aan die bose vir materie verpand.

Vir ewig is daarom die verlies van die mens se kosbaarste besit 
naamlik sy enige siel. Absoluut niks is daar wat die mens nou sal 
kan bied in ruil vir die terugkoop van sy Goddelike siel. Oneindig 
groot is die skade en ook die verlies van dit wat die Liefde die 
mens sou kon bied wat in besit was van sy kosbare Goddelike 
siel.

Openbaring 204 
Versag vir Hom die smart.

Woensdag 2 Januarie 2008 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Volmaak was Hy Self die lewende kruis daar waar Hy vertikaal 
met Sy Goddelike liggaam van die folterpaal vasgespyker aan 
Sy Hande van die dwarslat sou hang. Vir eenmaal was daar in 
die hemel die wanklank van sagte droewige engel gesang. 

Groot was hul verlange om Sy bloeiende hande teen hul 
engelharte vas te kan vang. Juis deur hul liefde vir Hom 
het God Sy engele se hande vasgebind sodat nie een van 
hulle die wêreld met sy bewoners in hulle woede kon verslind. 

Met trooswoorde is daar plegtig aan hul belowe dat hulle 
seëvierend saam met Hom op Sy volgende missie na die 
aarde sou kom. Glansryk gaan Sy engele nou trots saam 
met Hom na die aarde kom. 

Vals gaan daar ʼn enkele droewige noot in hul oorwinningslied 
opklink oor al die baie verlore sondaars vir wie Hy verniet op 
hierdie aarde moes omkom. Voeg daarom ook jou lied van 
verlossing saam met die oorwinningslied van hulle wat saam 
met Hom op die wolke kom. Versag vir Hom daarin die smart 
oor verlore kinders wat nie huis toe gaan kom. 

Openbaring 205 
Die oordeelsgees van Skeba.

Woensdag 2 Januarie 2008 18:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
As oordeel staan die gees van Skeba woedend met ʼn kapmes 
in haar hand. Gestroop van al haar koper en ivoor- haar goud en 
diamante was vir Engeland se kroon. Waar haar kinders nou in 
verre lande woon, haar eie bodem met doodsbeendere wit 
vertoon.

Daar staan die oordeelsgees van Skeba woedend met ʼn panga 
in haar hand. Uit die wreed versteurde ordes van Afrika roep 
woedend haar omvêrgewerpte D.N.A. Soos ʼn herfsblaar wat los 
raak in die wind so is ook die een wat sy weg na die voorvaders 
toe gaan vind.
 
As oordeel gaan die gees van Skeba met ʼn bebloede kapmes 
in haar hand. ʼn Offer van die wêreldwyses vra om ʼn gestorwe 
koning die doderyk in te dra. Sonder skroom sal die wêreldorde 
aan die versoek toegee, as offer sal hulle wit duiwe aan haar gee.
 
Oorwinnend gaan die gees van Afrika vanuit doodskedel na 
hierdie suiwer offer kyk. Die blanke oorblyfsel aan die Suidpunt 
van Afrika, dié sal die konings knipogend aan haar gee as ʼn 
bloedige trofeë om so hul skuld mee te betaal. Liberaal word 
menig Engelssprekende ook deur hul eie mense vir hierdie 
gruweltaak versaak.

Openbaring 206 
Die tyd is amper verby.

Donderdag 3 Januarie 2008 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die gordyne sak en die tyd is amper verby. Wie is daar wat hom 
oor hierdie donker nag gaan verbly. Orals en altyd wil alles wat 
leef en beef heers en regeer- is waarna almal streef. Flambojant 
is menig regering se konferensiesaal, ja, in ronde raadsaal kom 
die grotes bymekaar om die struktuur van God se kinders 
uitmekaar te haal.

In bondgenootskap roep die duiwel syne bymekaar. Al hul woede 
wil hulle op My uitverkorenes uithaal. Daar waar die bose hulself 
hoe slim ookal vergaar, daar het My oordeelsengele hulself reeds 
klaar geskaar. Op ʼn verhoog in die poort van Salomo staan sterk 
die Vrymesselaar met ʼn bondgenoot- handskud kom hulle nou 
bymekaar.

Die swart gerub se vlerkspan dié strek nou baie wyd. As ʼn donker 
ark wil hy nou die hele wêreld omsluit. Om sy guns moet menig 
regerings en baie lande kruip. Uit die beker van bloed en gruwels 
gaan baie hulself vol suip. Daar kom die dood wat nou vir almal 
grynsend nader sluip

Die gordyne sak en die tyd is nou amper verby. Wie is daar wat 
hom oor hierdie donker nag gaan verbly.
 
Openbaring 207
Al waaraan almal gaan dink.

Vrydag 4 Januarie 2008 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Angstig gaan sterwendes hoopvol na vlugtelinge wink. Maar wie 
is my naaste, ja, wie is my kind. Oorlewing is al waaraan almal 
gaan dink. Bitter die alsem wat die mens vir oulaas gaan drink. 
As enigste vriend word die dood nou vriendelik nader gewink.

In bunkers sal grotes van die aarde nou bewend skuil. Teen 
ongekende spoed sal winde om kranse en klowe van woede 
huil. Diamant en goud alles wat kosbaar is sal die mens vir 
brood nou ruil. Hoopvol sal ʼn kleuter by ʼn vreemdeling vir 
ʼn kossie pruil.

In verlate stede gaan wrede bendes teen die elemente skuil. 
Nie een gaan in sy nood by ʼn ander oor ʼn swakheid huil. 
Menig weerlose vlugteling vroue bring hulle na hul dodekuil. 
Vir drank en sigarette word vroue laggend onder mekaar uitgeruil.

Magteloos die trane wat uit vele oë gaan blink terwyl die mens 
magteloos van gewonde geliefdes wég hink. Oorlewing is al 
waaraan die mens in ʼn tyd soos die gaan dink. In ʼn eindtyd 
soos die wie is my naaste, ja, wie is my kind. 

Openbaring 208 
Die geweldige geestelike stryd.

Saterdag 5 Januarie 2008

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Geen geskiedkundige geestelike stryd wat in watter omstandig-
hede of gebeure in die verlede afgespeel het kan vergelyk word 
met die geweldige geestelike stryd waardeur menig duisende 
van My volgelinge huidiglik mee worstel nie. Ja, in hulle intense 
begeerte en soeke na die ontwaking van My Gees in hulle harte 
wat nie net tot hulle eie voordeel nie, maar ook terwille van ander 
sal geskied.

Menigeen van My kinders sal kan getuig van die soms bykans 
onmenslike hoogtes en laagtes asook die dieptes en die breedtes 
van die emosionele onstabiliteit wat hulle geestelike groei hulle 
tot dusvêr teweeggebring het. Ja, die een oomblik ry die 
geestelike stryder op die golf van geluksalige oorwinning net 
om die volgende oomblik in ʼn verpletterde hopie van onvermoë 
en selfverwyt na My, sy Skepper en Verlosser te roep.

Baie min mense is daarvan bewus dat dit juis in hierdie oomblik 
van selferkende geestelike nederlaag is wat so sonder enige 
pretensies geskied dat dit presies die regte toestand van opregte 
nederigheid is en dat dit in hierdie goue oomblikke is waar Ek met 
My Gees vir Myself ʼn woning in die harte van My opregtes begin 
voorberei.

Ja, juis in hierdie geestelik stryd lê die geheim van die dra van 
die kruis wat die ware kommunikasie tussen die Skepper en die 
skepsel is. Ja, daar waar die mens struikelend val daar gaan Ek 
hom opraap nog voordat hy kan roep: "my God! Waarom het U 
my verlaat". Met verbasing sal hy sien tot wat is hy met My in 
sy hart in staat. 

Weet daarom dat geen sondaar, hoe hoog hy of sy geestelik
ookal aangeskrewe in sy eie oë is nie, My op ʼn Goddelike vlak, 
in ʼn sosiale familiêre gesprekkie gaan vind nie. Maar die goeie 
stryder wat My desperaat soek dié een sal My op ʼn goeie dag 
as ʼn reeds gevestigde Inwoner in sy eie hart vind.

Openbaring 209 
Hoe wyd was God se hart.

Sondag 6 Januarie 2008 15:15 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Swewend soos ʼn arend in vrye vlug wat op lugstrome van buite 
na binne kring. Waar sy in die kern van haar vlug die ewigheid in 
ekstase laat sug voordat sy haarself meedoënloos laat tuimel in 
ʼn dodelik val om akkuraat haar prooi te kan vang. Ja, hoe wyd is 
die moederhart van die heel kleinste valk wat haar oë na die vêrte 
oopspalk om voedsel na kleine snawels te kan vat.

Hoe wyd was die hand van God wat geopen het om Sy skepping 
met deernis te kon omvat. Daar het Hy in die kern van Sy Liefde 
engeleskare van ekstase laat sug. Homself het Hy laat kruisig 
om ontelbaar baie siele voor die poort van die hel weg te ruk. 

Ja, hoe wyd was die Goddelike Vaderhart wat alleen in Sy smart 
deurdringend Sy Oë na die ewigheid sou rig om verlore kinders 
na veiligheid te bring.

Openbaring 210
Die Weste se val.

Maandag 7 Januarie 2008 14:45 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer  
Sluimer, saggies sluimer, lomerig dut ʼn selfvoldane reus. Soos ʼn 
vuis vanuit die bloute gaan kernwapens op haar reën. Vanuit alle 
volkere was hierdie wit ras die mees geseënd. Geval, geval het 
klaar die dubbel toring van die ewig verlore skaap. Ja, in die 
duister wat nou skelm oor die aarde fluister sal rooi en geel 
heeltemal onverwags vanuit die see en lug na hierdies kom.

Terwyl die Weste saggies sluimer gaan haar vyand die slag van 
Pearl Harbor na ʼn kinderteepartytjie laat lyk en dit wat van haar 
oorbly gaan nooit weer tot sy prag kan herrys.

Sluimer, saggies sluimer- slaap ʼn selfvoldane reus. Soos ʼn vuis 
vanuit die bloute gaan haar ondergang vir ewig oor haar kom. 
Vanuit almal wat op hierdie aarde lewe was hierdies die mees 
geseënd.

Openbaring 211 
My Losser en my Lied!

Dinsdag 8 Januarie 2008 12:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
U is my Losser, U is my Lied 
deur U gaan die ewige lewe vir my geskied.
Wat kan die wêreld my in hierdie tye tot antwoord nog bied. 

U is my Losser my ewige lied, 
vir U wil ek nou my hele hart bied. 
Deur al my sonde, ja, deur al my verdriet 
wil ek nou dat slegs U Wil in my hart geskied. 
Al die glans en vermaak wat die wêreld nou uitbundig bied 
dit verdwyn in die niet 
My Koning se koms gaan nou in my hart geskied. 

U is my Losser, ja, U is my Lied 
U wil ek nou my hartjie vir ewig aanbied 
vir my gaan U ʼn woning by U self aanbied.
As ʼn engel van die lig wil satan homself nou vir die wêreld aanbied 
die val van menigtes gaan nou ook deur hom geskied.
Maar U is my Losser, my blydskap, ja my oorwinningslied 
U koms na hierdie wêreld het vir ʼn sondaar soos ek geskied.

Openbaring 212 
Stiltes voor die storms.

Woensdag 9 Januarie 2008 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Reeds vanuit die vroegste tye is dit aan die mens bekend dat 
die ergste storms dikwels deur die mees misleidende en intense 
stiltes vooraf-gegaan word.

Nou meer as ooit tevore gaan die tempo toeneem waar alles 
in die natuur gelate en in stilte gaan swyg voordat sy haarself 
bulderend in enige denkbare storm onder hierdie son op hierdie 
aarde gaan uitwoed.

Maar die stiltes wat die planeet haarself tussen aardbewing en 
vulkaan gegun het die gaan nou bykans nie meer bestaan nie 
omdat deur die voortdurende beweging van haar aardplate die 
aarde nou bykans deurentyd iewers op haar oppervlakte, 
geweldige aardskuddings met gepaardgaande vulkane gaan 
ondervind.

Weet daarom ook dat die vele misleidende stiltes wat nou 
wêreldwyd sporadies en dikwels onder politieke winde gaan 
voorkom slegs die voorlopers van ongekende uitbarstings 
van wêreldwye onluste en oorloë gaan wees.

Openbaring 213 
Sou die aarde tot stilstand kom.

Woensdag 9 Januarie 2008 17:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Indien die aarde vir ʼn enkele telling tot stilstand sou kom sou 
alle lewe daarop in ʼn oomblik omkom. In ʼn reuse mallemeule 
rondomtalie alles in hul bane ewig om die son. In vasgestelde 
ordes, is elke hemelliggaam gehoorsaam aan die hoogste Bron.

Sou hierdie aarde ongehoorsaam aan sy vasgestelde orde vir 
ʼn enkele minuut tot stilstand kom sou al die baie waters van 
die aarde oor alle land tot ver in die atmosfeer oopblom.

Sou die aarde vir ʼn minuut tot stilstand kom sou haar metgesel, 
die maan vir ewig ook van haar baan ontkom.

Ja, sou hierdie aarde vir slegs ʼn minuut tot stilstand kom sou 
alle aardplate vir ewig van mekaar loskom. Waar hierdie Aarde 
was sal ontelbaar baie brokstukke in ʼn nuwe wentelbaan nou 
kom.

Openbaring 214 
Ek sal sorg vir My kinders.

Woensdag 9 Januarie 2008 21:40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Met slegs ʼn handvol meel sal Ek ʼn kind van My met soveel gawes 
seën. Melk en heuning, ook brood en kwartel sal daar in oorvloed 
vanuit die hemel reën. Met ʼn edelvis of twee sal ʼn kind van My 
kragtig in die geloof God se werksplek self betree. Die beste 
voedsel sal hul aan menig honger mense gee. Geen haar sal 
daar van een van Myne op hierdie aarde val. As gawe sal Ek 
ook die volle wapenrusting van die hemel aan My opregtes 
gee. 

Ja, in veiligheid sal Ek self My kinders klee. Doodsgevaar-sal 
hulle met kragtige geloof weer vir ander uit die pad uit vee.

Openbaring 215
Sonder valse leermeesters.

Donderdag 10 Januarie 2008 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Met My menslike sending as Goddelike Leraar na hierdie aarde 
het Ek nie vir een oomblik My verlossende Liefdesboodskap 
op enige mens deur middel van dreigemente of dwang kom 
opdring of af forseer nie. Nog minder het Ek deur ʼn sieklike 
dwepery die mensdom probeer manipuleer of beheer. 

Reeds het Ek gekom om die mens van ʼn bedrieglike en 
onmenslike tempelleer te kom verlos. Ja, juis het Ek hulle 
kom leer dat elke mens hom slegs deur sy eie vrye wil tot 
My kon bekeer. Elke regdenkende mens is deeglik deur My 
met die nodige verstand en logika asook ʼn gewete toegerus 
sodat hy sonder die hulp van valse leermeesters sy weg na 
My kan vind. 

Ja, in die mees suiwerste menslike nederigheid, maar terselfdertyd 
ook met die grootste Goddelike waardigheid het Ek My boodskap 
van geloof, hoop en liefde na hierdie wêreld gebring. Waarna 
elkeen dit in die volle vryheid van sy gees volgens sy eie maatstaf 
kon opneem om daarmee na sy eie goeddunke te kon reageer. 

By vele plekke is Ek en My Woord dan ook diep versmaad. 
Waardig het Ek die stof van My sandale geskud om hierdie plekke 
vir altyd te verlaat. Daarom moet die wat in My Naam wat op die 
voorgrond tot ander se redding wil tree met dieselfde maatstaf 
waarmee Ek te werk gegaan het, sy naaste in respek en ook in 
die volle Waarheid akkommodeer.

Openbaring 216 
Eendrag maak mag.

Vrydag 11 Januarie 2008 09:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Dit was nie sonder ʼn goeie rede dat een van julle voorouers se 
goue slagspreuk as volg gelui het nie: Eendrag maak mag en 
waar hierdie gesegde ookal in die praktyk van toepassing was 
daar was die sterkste outoriteit nog altyd op hierdie aarde in 
beheer.

As ʼn selektiewe samevoeging vanuit alle Saksiese bevolkings-
groepe het Ek My goed bewaarde Goddelike geen vanuit My 
Heilige kronieke in hierdie nuwe klein suiwer ras aan die 
suidpunt van Afrika kom vestig. Binne die suiwer orde van 
hierdie volkie was die eksklusiwiteit van kleiner splinter-
groepies heeltemal onnodig. In kort word hiermee gesê 
dat dit waarmee Ek julle toegerus het juis dit is waarna 
ʼn hele eenwêreld-orde met naywer streef.

Reeds is julle baie klein volk in twee hoofgroepe verdeel 
waarvan die groot meerderheid hulself met oorgawe in 
die arms van die eenwêreldorde gewerp het om in ʼn 
eenwêreldsisteem geabsorbeer te kan word en sodoende 
heeltemal in die niet te verdwyn. 

Waar die kleiner minderheidsgroep weer so sterk op 
hulle Goddelike identiteit aanspraak maak dat hulle hulself 
ongelukkig deur die kleinste geskilpunt in talle kleiner 
eksklusiewe groepies laat opbreek waar broer teenoor 
broer in geswore vyandskap onder mekaar ʼn onvergeefbare 
stryd sal voer oor enige iets, ja, selfs die korrekte spelling 
van My heilige Naam. In plaas daarvan om eerder My en 
My Wil in liefde onder mekaar uit te leef en sodoende juis 
ongelooflik kragtig in My Naam te kan raak.

Ja, selektief is julle deur my met My Eie Hand gekies en sou 
daar slegs ʼn paar van hierdie uitverkorenes in eenheid die 
ware Heiligheid naamlik die eenheid van die Goddelike 
broederliefde in My Naam gedenk, sou hierdie Aarde in 
sy korrekte orde geseënd gewees het. Die Aarde met sy 
bewoners sou in oorvloed onder die hand van Adam 
in volle vrugbaarheid gebloei het.

Maar helaas, daar waar twee van Myne bymekaar is daar hoef 
satan net ʼn geskilpunt in te bring en so maklik was dit vir die 
vyand om My uitverkore volk tot ʼn val te bring.

Openbaring 217 
Die eer van die nederigste vissers.

Saterdag 12 Januarie 2008 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Besig met hul alledaagse taak om visse vir proviand 
en ʼn inkomste te kan vang het nie een van My apostels 
hulself vrypostig as hoë werkers vir My kom bied nie. 
Maar as die groot Visser van alle vissers het Ek Self 
My vissers kom vang sodat hulle in plaas van visse 
vir My mense as kinders sou vang. Oor vele belangrike 
mense heen, het Ek die nederigste vissers nader geroep 
om My in My Goddelike taak te ondersteun.

Daarom sal Ek altyd weer die nederigste onder julle 
roep wat bereidwillig is om My in die kleinste taak 
met die grootste liefde te ondersteun sonder om 
jouself ongevraagd bo jou naaste aan te bied. Ja, 
van agter sal Ek jou na vore roep sodat ook jy as 
ʼn Goddelike visser My in hierdie tye kan ondersteun.

Openbaring 218 
Die veredeling van lewe.

Maandag 14 Januarie 2008 06:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In elke saad wat daar op hierdie aarde val is dit die Goddelike 
lewenskiem wat dit deur die regte liefdes-hittegraad tot sy 
soort in lewe laat ontbrand. Uit ʼn dooie saadomhulsel tree 
daar met ontkieming die lewe na vore om ʼn siklus te kan 
voltooi waarin dit weer op sy beurt vrug moet dra wat die 
Goddelike lewe ewig voort moet dra. So vind daar deur 
versnitting van takkies ook die veredeling van lewe plaas.

Ja, in eier, saad en stiggies kamoefleer die lewe haarself so 
teen uitwissing en die dood. Onophoudelik vermenigvuldig 
die materie om die lewensvonk van alles voort te dra. 
Behalwe vir die sigbare saad lê onsigbaar ook die spore van 
alle lewe se unieke DNA vir ewig in die stof van die ewigheid 
opgegaar.

Ja, in elke haar of sel waar dit tot ewige aardse stof vergaar 
daar rus die DNA oor ondenkbare tye tot herwinning voort. 
So het die lewensiklus homself as koning in elke mens tot 
'n siel voltooi. Toegerus met die Goddelike Gees en vrye wil 
kan die mens homself nou met die ewige onverganklike lewe 
bind en vir oulaas sal Sy nog eenmaal 'n nuttelose saadomhulsel 
van die ware lewensvonk laat val om as volmaakte Lewensgees 
haarself met die Oerbron van alle lewe ewig vas te bind. 

Openbaring 219
Volg My.

Dinsdag 15 Januarie 2008 06:20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In Liefde het Ek moeitevolle paaie met My lewe hier op aarde vir 
sondaars oor groot distansies kom stap. Dié stap Ek nog elke 
dag met Liefde aan die sy van elke kind van My. Al gaan dit ook 
hoe swaar, weet net, Ek is die heeltyd op jou moeilike lewenspad 
getrou aan jou sy.

Met My pad op hierdie aarde was ʼn koninklike hings My nie 
beskore nog minder ʼn kameel. As ʼn avonturier op ʼn eksotiese 
dier daarmee het Ek niemand mee bekoor. Maar met bloedblase 
op My voete was Ek My dissipels op pad na sondaars altyd een 
voor.

As baba was My skommelvlug uit doodsgevaar op die rug van 
die nederigste dier gewees. Gretig wou die mense My as koning 
ontvang maar in purper was Ek nie geklee. Die vul waarop Ek 
nog eenmaal sou ry was weer ʼn nederige esel gewees.

Die bruid wat op My wag om as ʼn ridder op ʼn sierlike perd op 
te daag die gaan teleurgesteld omdraai. Op geen eksotiese 
dier gaan Ek ʼn kind van My kom haal. Maar die moeë pelgrim 
op sy lewenspad gaan altyd ʼn getroue Metgesel en Vriend in 
My, sy Verlosser op sy moeilike lewenspad vind.

Openbaring 220 
Die ewige redding en lewe.

Woensdag 16 Januarie 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Helder soos ʼn weerligstraal wat uitslaan van die ooste na die 
weste voordat die atmosfeer sy lewegewende reën in blydskap 
oor die aarde tot nuwe lewe uitween. So sal ook die koms van die 
Seun van die mens tot ewige redding en lewe vir elke een tot sy 
allerbeste wees.

Soos wat die son homself majestueus vanuit die ooste herrys 
om homself ten volle in ʼn lewensdag van glans en glorie oor die 
aarde op sy heel beste uit te stort voordat hy skaam sy kop in 
ʼn sagte awend gloed tot welverdiende rus in die weste laat sak, 
so sal ook die koms van die Seun van die mens tot blye 
opstanding en salige rus vir die mens tot sy allerbeste wees.

So sal ook Ek in ʼn nuwe môregloed van glans, ja, verblindend 
soos ʼn helder weerligstraal in ʼn stikdonker nag, My koms 
aankondig in ʼn eensame sondaar hart wat wanhopig na My 
in sy siel na verlossing en redding smag. Sy siel sal Ek genees en 
as die Verlosser van die mens sal Ek in sy opstanding en ook sy 
rus altyd vir hom die a

rus altyd vir hom die allerbeste wees.

Openbaring 221 
Wat is hemel of saligheid werklik.
 Donderdag 16 Januarie 2008 10:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
In `n skynhemel waar daar ongekende gevisualiseerde salighede 
met gepaardgaande euforië plaasvind.
Daar gaan geen sterfling My in so`n hiernamaals vind nie.
Dit wat julle onder die hemel of die saligheid verstaan, 
is niks anders as die verskillende geestelike vlakke of dimensies, 
van aktiewe goddelike liefdeswerksaamhede, 
van verskillende meer volmaakte geeste, wat daarop toegespits is, 
om alles in My oneindige skepping, tot meer volmaaktheid 
en sodoende My heerlikheid, aan te spoor nie. 

Al hierdie geestelike aktiwiteite is deurentyd daarop toegespits, 
om tot die voordeel en ontwikkeling van minder ontwikkelde, 
sowel as hoogs ontwikkelde geeste te dien. 
Deur hierdie dienende liefdes aksies, word alles 
en almal in My hele skepping, deurentyd onder mekaar aangemoedig, 
tot eie, sowel as almal se verbetering en geestelike vordering. 
Die hoogste en enigste saligheid wat daar in die oneindigheid bestaan, 
lê in My Goddelike wese self.

Hoe nader `n dienende gees My met aktiewe liefdeswerksaamhede nader, 
hoe meer ontbrand hy in sy liefde tot My en daardeur sal daar ongekende
salighede op salighede, hom meester van hierdie kind van My maak. 
Daarom lê die geheim van die saligheid in die onderlinge aansporing 
tot aktiewe werksaamhede. 
As voorbeeld, het Ek, die Skepper van die hele oneindigheid, 
self na hierdie klein planeet gekom, om die liefdevolle werksaamheid, 
in die praktyk, as `n voorbeeld onder julle uit te leef.

Openbaring 222 
Unieke identiteit en karaktertrekke van ware Israel.

Vrydag 17 Januarie 2008 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Net soos in die dae van die twaalf stamme van Israel,
 
waar elk van hierdie groepe oor sy eie unieke identiteit,
 
wat oor sterk sowel as swak karakter eienskappe beskik het,
 
sodat hulle juis as broers mekaar in alles kon ondersteun.
 
So het ook elk van My apostels oor sy eie unieke karakter
 
en persoonlikheid beskik.
 
Juis het Ek hulle so gekies, dat die een die ander,
 
met sy unieke identiteit, talente asook geestelike gawes,
 
kon ondersteun en aanvul.
My uitverkorenes wat in hierdie dae van die eindtye
 
op hierdie aarde teenwoordig is, bevat elkeen iets,
 
van elke unieke karakter van die bogenoemdes.
 
Waar hulle `n kombinasie van al die fasette, van hulle
voorouers, binne hulle self dra. Hierdies is besig om hulself
 
tot hulle volle potensiaal te ontwikkel en voor te berei,
 
om sodoende diensbaar vir My, in hierdie eindtye te kan raak.
 
Kom ons neem as voorbeeld drie van my bekendste leerlinge,
 
terwyl julle dit in gedagte hou, dat julle nie net die draers
 
van hierdie drie se wese is nie, maar ook die ander nege,
 
sowel as die totale wese van die uitverkore volk.
 
Ja, dit is wat julle binne julle self dra.
 
Johannes wat die sagmoedigste van almal was
 
en juis deur My bemin was as gevolg van hierdie eienskap,
 
was juis weer deur hierdie einste karaktertrek, deur ander
 
as`n swakkeling beskou.
 
Petrus wat op sy beurt weer vurig van aard was,
 
was ook kort van draad. Hy het My met alles in sy wese bemin
 
tog het hy My verloën.
 
Judas was verstandelik en wiskundig die beste van almal toegerus,
maar die blink van die lewe het hom van My weggewink,
 
hy het My verraai.
Al hierdie baie kontraste in die vele karaktertrekke van die hele huis
 
van Israel, is in hierdie tyd in `n mindere of meerdere mate in elke
individuele uitverkorene van My teenwoordig.
 
Daarom moet julle in hierdie kritieke tye, ononderbroke
 
aan julleself arbei, om dit wat binne julle is, in My naam,
 
tot `n unieke skat te ontwikkel, sodat julle as waardige werktuie,
 
onder alle omstandighede, met onbeperkte veelsydigheid,
diensbaar en tot voordeel van vele kan wees.
 
Openbaring 223 
Die ou siener.
 
Sondag 20 Januarie 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Die ou siener vanuit julle ou tyd se gesigte gaan nou met kort tussenposes
vinnig in vervulling gaan. Ja, die donker tye oor hierdie kontinent het
naby gekom en daarmee saam nader `n ou uitgediende tydvak, 
nou vinnig sy einde.
Cholera, Maagkoors en Malaria gaan binnekort `n epidemie 
van ongekende aard veroorsaak. Terwyl onbeteuelde woede, 
in die vorm van onluste en terreur, oral sy kop in Afrika 
en ook die wêreld gaan uitsteek.
Wee elkeen oor wie die toorn van die Almagtige, 
in hierdie tye sal ontbrand.

Openbaring 224 
Om standpunt vir My in te neem.

Maandag 21 Januarie 2008 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Die tyd het gekom om jou standpunt vir My teen die wêreld in te neem.
Oor wêreldgoedere en verlore liefdes sal jy nooit weer hoef te ween.
Bose magte sal alles in die stryd werp om jou lojaliteit van My weg te neem.
Beskerming sal daar oral om jou wees, 
My liefdesengele vir jou tot `n grote seën.
Die tyd het vir jou gekom om standpunt vir My teen die Satan in te neem.
Fier sal jy vir My, jou Skepper staan, 
jou blik vreesloos gerig op menig goddeloses om jou heen.
Soet lispelend sal Satan alles in die stryd werp, 
om jou, van My te probeer weg neem.
Maar oor wêreldgoedere en verlore liefdes 
sal jy nooit nie weer hoef te ween.
Waar jy ookal gaan, daar sal My Goddelike blik 
elke voetstap van jou, ryklik seën.
 
Openbaring 225 
Die Vader se lieflike barmhartigheid

Dinsdag 22 Januarie 2008 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Soos `n besorgde Vader wat nie die tugroede sal spaar, 
om `n kind van Hom vir sy eie beswil, 
tot voorbereiding vir die lewe op te voed nie. 
Net so het Ek nog nooit My geliefde uitverkore volk, 
van dit gespaar wat hulle in ongehoorsaamheid 
oor hulle self gebring het nie.
Net soos `n liefdevolle vader nooit `n kleintjie, wat vir troos 
huilend nader staan, opsy sal stoot nie. Net so het Ek ook altyd 
My uitverkore volk, met liefde in My arms opgeraap,
die oomblik wat hulle in volle berou, beteuterd voor My kom staan, 
om in ootmoed, nederig om verskoning te vra.
Weereens het My kleine volk deeglik verbrou, 
maar Ek hul Vader bly die heeltyd aan hierdie ontroues getrou. 
Deur hul diep berou, gaan Ek hul hand seëvierend in oorwinning 
oor die Satan hou.
Kom nou Sion toon My jou berou, sodat Ek, jou Vader, 
jou weer liefdevol, in My Goddelike arms vas kan hou.

Openbaring 226
 
Depressie en resessie

Woensdag 23 Januarie 2008 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Depressie en resessie, ja, met mot en roes 
lyk die wêreldekonomie maar woes. 
Waarheen sal die rykaards in hierdie tye van wanhoop koes. 
Valuta en effektebeurs, 
nutteloos raak elke gierigaard se sware beurs. 
Nóg en nóg was nooit genoeg, 
terwyl die armes vir `n hongerloon moes swoeg. 
Skat op skat dit het die rykaard vir homself in die bank geoes. 
Maar met depressie en resessie, ja met mot en roes, 
lyk die wêreldekonomie maar woes. 
Gekom! Gekom! roep `n grote Engel luid, 
God se tyd het nou oor hierdie wêreld gekom. 
`n Skat, `n grote skat, die het die rykaards hier op aarde 
vir hulself vergaar en maer is die liefdesaar 
van elk hul lewensjaar. 
Kom saam! Kom saam! roep nog `n engel luid, 
jou maat moet ek eers vir jou afweeg. 
Jou skaal die het jy vir jouself gestel. 
Daarmee word vir elke een gemeet 
hoeveel het hy deur sy liefdegawes vir sy hemelskat vergaar.
 
Naskrif 
Valse opkikkerings van hoop in die wêreld-ekonomie 
gaan tevergeefs wees, omdat alles maar net weer plat gaan val.

Openbaring 227 
Definisie van die geloof
 
Donderdag 24 Januarie 2008 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Jy vra My na ‘n definisie van die geloof en Ek antwoord jou 
dat geloof ‘n kragtige kombinasie van ‘n onwrikbare wil, 
sonder enige twyfel is. 
En sou julle die geloof gelykstaande aan die grootte van ‘n klein 
mosterdsaad binne julleself dra, sou julle daarmee berge kon versit.

Een van die hoofredes hoekom julle na hierdie wêreld gestuur is,
is juis om julle self in die geloof na behore te kom skool. 
Vra My daarom om julle te versterk om van die twyfel wat binne julle is 
ontslae te raak, sodat julle in volle geloof, die heeltyd, aan my kan vashou. 
Geen mens kan tog enige resultate verwag deur aan My in ongeloof vas te 
wil hou nie. Daarom het Ek met My sending na hierdie aarde dikwels die 
volgende vraag aan die krankes na liggaam en gees gevra, “. . glo jy 
dat Ek jou kan genees”, en wanneer die betrokkenes opreg geantwoord het, 
“Ja, ek glo”, was die resultate ook dadelik sigbaar. 

Die liefde is in onbeperkte maat daar vir die mens om na sy goeddunke mee 
te handel, so is ook die vrye wil. Maar aan die geloof, daaraan moet die mens deurentyd werk, omdat die graad van die mens se geestelike groei en ontwikkeling, juis in die krag van sy geloof lê.

Daarom sê Ek weer, vra My hulp sodat julle die twyfel in julle self kan oorwin, 
sodat julle kragtig in julle geloof en daardeur in julle werke kan raak. 

Openbaring 228 
Die predikers staan op `n leuenverhoog.
Saterdag 26 Januarie 2008 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
In hoogmoed wil menig mens soos Judas Iskariot van ouds, 
langs My, sy God en Skepper staan, 
homself wil hy langs My verhoog, 
om vandaar hoogdawerend sy betoog, 
oor siele wat in wanhoop na My, vir hul redding poog, 
van alles wat waar is, uit hul harte te beroof, 
en so hul siel heeltemal van die goeie uit te loog.
So staan die predikers op `n leunverhoog, 
Kom nader! kom nader! word alle sondaars gul genooi,
ja, kom nader om julself in wanhoop, 
voor dit wat vals is, neer te gooi. 
Op hierdie menslike wanhoopsverhoog, 
wil hierdies, hulself nou as die mens se redder,
en God se uitverkorenes, nog meer verhoog.
In twis en tweedrag daar lê Satan se mag en krag. 
Wie kan daar enige liefde van My verwag. 
In haat en nyd kan geen hart in deemoed 
en liefde vir sy naaste versag.
In hierdie nyd en stryd, 
word My wederkoms in leuen en Godslastering afgewag.
Wie is daar wat in hierdie tye nog opreg
na My wederkoms in hul harte smag, 
terwyl meeste ydel en hoogmoedig na My Goddelike krag 
tot selfverheffing in hul wese smag

Openbaring 229 
Vissers van mense.

Sondag 27 Januarie 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Hartseer was die klank van die visserslied,
 
oor die wateroppervlak het dit droewig geskied,
 
terwyl hul die nette vrugteloos oor die visserskuit se kante skiet.
 
Hulle hart en siel die wou hulle nou vir ewig aan hul Meester bied.
In hul hart het daar `n vae hoop ontvlam,
 
daar waar hul `n man gewaar het op die strand.
 
Niks te ete kon hul die vreemdeling bied.
 
Na die regterkant moet jul, jul nette skiet,
het Hy hul met outoriteit gebied.
Met al hul spierkrag moes hul nou aan die net beur.
 
Soveel vis was daar, dat die nette daarvan wou skeur.
 
Deur herkenning het nou hul liefde ontbrand,
 
daar waar hul My gewaar het op die strand.
In sy hart het Ek hom gebied
 
oorwinnend was sy jubellied.
 
Naak het Petrus homself oor die kant
 
na My in blydskap geskied.
Eensaam is die klank van my eindtyd se lied,
 
waar dit in hierdie eindtye geskied,
 
terwyl hulle vrugteloos die blye boodskap in alle rigtings skiet.
 
So graag wil hul My aan alle sondaars as verlossing bied.
Spoedig gaan hulle in hierdie tye ontbrand.
 
Na alle kante moet jul die nette skiet.
 
So gaan Ek hul met outoriteit gebied.
 
Met al hul geloofskrag gaan hul aan die nette beur.
 
Soveel sondaars gaan daar wees,
 
dat die liefdesnette daarvan sal wil skeur.
Oorwinnend sal nou wees hul verlossingslied.
 
God se grootste vangs het in die eindtyd geskied.

Openbaring 230
 
Die bloed is klaar gesmeer.

Maandag 28 Januarie 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Die lam is geslag. die bloed klaar gesmeer aan die deurkosyn. 
In donker tye sal Ek saamtrek dit wat is Myn. 
In die krisis wat jul land nou alreeds beleef, 
is dit na jul land van melk en heuning, 
waarna elke Afrika vlugteling nou streef. 
Ek het gewaarsku vanuit die ruimte sal as voorloper julle eie rommel kom,
wat menige kataklisme vanuit die lug vooruit sal kom. 
Ek het gepraat maar in antwoord was My volk mos stom, 
soos kleintjies wou hul huppelend agter nabootsers en die leuen aankom.
Vanuit Mosambiek, ja, reg rondom julle Republiek, 
styg al wat ellende is nou na sy hoogste piek. 
In elke Adamiet sien elke drenkeling sy hoop opskiet. 
Ek het gewaarsku en geraas en ook mooi gepraat. 
Moed het Ek jul ingepraat
en aangejaag om My deel van jul hart te maak. 
Maar `n ander se saak 
die wou jul liewer najaag. 
So het die tyd al nader gekom. 
In My opregtes se harte 
gaan My wederkoms oopblom. 
Die lam is reeds geslag 
en klaar is die Bloed aan My uitverkorenes se hart se deur gesmeer.

Openbaring 240
Waarom hou julle nie by julle belofte.

Vrydag 9 Februarie 2008 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Lampies gevul met olie van hoop tweeduisend jaar lank het baie 
geslagte op My- hul Meester gewag om op wolke van Goddelike 
prag na hierdie aarde te kom. Menige een is daar wat die mantel 
van sak in hierdie tyd soos ʼn koningskleed om hul skouers wil 
dra. Maar wie is daar wat die kleed van martelaarskap vir My- hul 
God in tye soos die wil dra? 

Diep is die sug van My kinders wat moedeloos na ʼn leë hemel 
staar met oë waarin die hoop stadig maar seker wegtaan. Terwyl 
hulle siel dit uit kreet; wanneer, O’ wanneer gaan jy O’ stilswyende 
hemel ons Verlosser vanuit jou leë wolke baar. Genoeg! Genoeg 
het ons aan ons aardse lot gedra. Geen vonk meer van enige 
geloof is daar oor om te bou aan ʼn toekoms sonder enige hoop. 

O’ Maagde van My ewige trou waarom kan julle nie by julle belofte 
hou. Ewighede het Ek julle vir hierdie tyd in stand gehou sodat 
julle, My kinders My werke vir alle ewighede kon uitbou. Op 
Golgota was Ek tot die bitter einde aan julle getrou bly daarom 
ook aan My, julle God, in hierdie tye getrou. 

Openbaring 241 
ʼn Valse soetsappige vrug.

Sondag 10 Februarie 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In euforieë van goddelike gloed. Dit is waar die meeste mense 
na My soek. Maar die een wat sy honger naaste voed vir hom is 
dit wat Ek ewig gaan behoed. 

Wie is daar wat ʼn ware van ʼn valse profeet kan onderskei? 
Eenmalig was Moses van ouds. Vele is daar nou wat hom 
in hierdie tye wil oorskry. Na die hoogste bergtop wil hulle 
hul vlerke van fantasie nou sprei.

Van aangesig tot aangesig wil hulle My nou daar op die hoogste 
berge kry om vir hulle naaste ʼn valse weg na ʼn skynhemel te 
kan voorberei. Hemelse lig sal hul namens My oor die wat 
gehoorsaam na hul luister nou oopsprei. Die wat in hul twyfel 
vir hulle word die val na die ewige hel voorberei.

Wee, O’ wee jou aarde die valse profete staan op jou berge se 
hoogste rug om na die mensdom te bring ʼn valse soetsappige 
vrug. Oorkoepelend is hulself nou die verlossende brug as die 
enigste weg vanuit hierdie wêreld na die hemele terug. Op 
hoogmoedsberge daar gaan julle My glad nie vind, maar in die 
leë oë van ʼn blinde daar sal julle My lig vind. Sonder bene het 
Ek by die tempeldeur van jou hart opgedaag, maar meedoënloos 
het jy My daar weggejaag. 

Naak het Ek voor jou kom staan, maar in jou oë was daar geen 
medelye traan. In die tronk het Ek droewig en alleen gesit en daar 
was niemand wat ʼn arm van troos om My kom sit. Maar die een 
wat sy honger naaste in hierdie tye met die Waarheid voed vir 
hom sal Ek tot in alle ewighede behoed. 

Openbaring 242 
In die eindtyd-rondte.
Maandag 11 Februarie 2008 18:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer er
Seshonderd-Ses-en-Sestig. Pronkerig stap satan in die eindtyd 
arena rond terwyl hy self skaterend die klok tussen die rondtes 
rondswaai. Ja, in die eindtyd-rondte gaan die duiwel laggend oor 
ʼn gevalle mensdom koning kraai. Bose angels vanuit die hel gaan 
onophoudelik die onverseëldes met ongekende pyne steek. Terwyl 
bose swere vol van etter op die mense se liggame oop gaan breek. 
In hierdie tye van diep berou gaan die mense mekaar met groot 
verwyt toesnou: "Die Waarheid- die het julle die hele tyd gehad, 
maar dit het julle vir julself gehou". 

Maar in lewensgevaar het My getroues hul dikwels gewaarsku en 
toegespreek om met satan se handel te breek en ook van sy merk 
weg te beweeg.

Maar in spot en smaad het hul hul broers in groot verraad sonder 
enige lewensmiddele in die steek gelaat. Nog steeds in hierdie 
ongekende pyn wil die verlorenes hulself op My kinders wreek. 
Daarom word daar nog meer vanuit die hel op hulle losgelaat 
maar nog steeds is daar nie een van hulle wat hul op My, hul God, 
wil verlaat. 

Eerder wil hulle die dood by hul inlaat om so van hulle verrotte 
liggame ontslae te kan raak. Maar deur aardbewing en die pes 
het die doderyk oorversadig geraak. Homself daarom op 
welverdiende rus verlaat. So sal die maande kom en gaan 
totdat ʼn nuwe engel met nog skaal na die aarde sal kom.

Openbaring 243 
Om in hierdie tye groot te praat.

Dinsdag 12 Februarie 2008 18:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Daar is baie wat in hierdie tye groot wil praat, maar min is die 
getalle van die wat werklik in hul siel is- paraat. Skielik is almal 
nou My grootste maat, maar vir baie is dit ongelukkig heeltemal 
te laat. 

In tye van voorspoed en jolyt was ʼn ware vriend van My wat 
graag My Naam in geselskap wou bely vinnig as vervelig 
uitgekryt en vanuit die wêreldse geselskap uitgesmyt. 

Met geligte wenkbroue wil die wêreldlinge op ʼn rooi tapyt nou 
skielik nader staan. My ware kinders- die moet nou vinnig vir 
hul opsy staan sodat hulle in die ereplek langs My kan kom 
staan.

Lieftallig wil hul kwansuis nou koer: "op liefdadigheids banket 
het ons in koningsklere vir fondsinsameling vir die arme rond 
gepronk". Met goud en diamante het ons onsself behang om 
die wêreld se oë op ons uitspattighede te kan vang. Daarom 
wil ons U ook nou met ons 'baie belangrike persoonlikhede' 
eer O’ Heer.

Maar as antwoord sal hierdie wêreldlinge van My die volgende 
kry "staan vinnig weg van My" vir jou het Ek nooit geken. Maar 
aan die een wat My nog altyd met liefde en trots wou bely vir 
hom is dit wat Ek nou nooi "kom staan jy hier dig teenaan My 
sy".

Openbaring 244 
Tolwind, orkaan en sikloon.

Woensdag 13 Februarie 2008 17:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Alle ordes is wreed versteur. Ook die natuur gaan hom nie 
meer aan sy eie wette steur. Drukking en konveksiestroom 
in die atmosfeer beweeg natuurkragte wild op eie stoom. 
Woedende storms word vinnig vanuit onskuldige warrelwinde 
gebore wat speel-speel om mekaar rondomtalie. 

Tergend vou tolwinde hulself soos goedkoop tjalies om plekke 
en stede in veral Amerika. Papiertjies wat in strate rond dartel 
met blare wat soos skoenlappers in die wind rondfladder. Sirenes 
wat skielik oorverdowend luier terwyl kerkklokke waarskuwend 
beier. Mense wat angstig met kinders na bunkers steier terwyl 
tolwind, orkaan en sikloon alles deurmekaar mekaar vir die 
eerste maal op dieselfde tyd en plekke vind. Dit waarin die 
mense hulle nou gaan bevind is in geen geskiedkundige 
geskrif te vind. 

Openbaring 245 
Raka die mensaap.

Donderdag 14 Februarie 2008 17:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ Vasteland van Afrika van almal was jy die meeste onstabiel- in 
die Leviatan en Raka-daar lê jou bose siel. Listig en lokkend is jy 
ewig in jou wese die slang se siel. Dit wat groei vanuit die sweet 
van Adam dit wou jy nog altyd net verniel. Vanuit jou vervloekte 
aarde daar roep Abel se vermoorde siel. 

Gekom en gegaan- so het die wiel oor duisende jare tot jou laaste 
val gedraai. In Nimrod as god wou jy jou toring tot in My ewighede 
inbou, maar jou het Ek gebreek om deur taal en kultuur jou van 
My af weg te stuur. 

Nederig moes jy jou voor My Aangesig hou, maar op die 
influistering van die Weste-daarop het jy vertrou. Weereens 
was jy, O’ Kain, aan My ontrou. My grote gerig die gaan Ek nou 
oor jou hou.

My martelare se bloed roep vanaf die aarde na My, hul God, wat is 
ewig getrou. Swart sal Ek brand dit wat was blank en ontrou. Ewig 
sal wees ʼn goddelike verraaier se groot berou. Droogte en vloed, 
Vuur en koue, aardbewing en oorlog, hongersnood en pes, ja, die 
Leviatan en Raka het vir hulself ʼn ewige graf gegrou. 

Openbaring 246 
My lewende Migdol.

Vrydag 15 Februarie 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In mensgemaakte torings daar gaan niemand My in alle ewighede 
vind. Maar in die hart van ʼn opregte kind daar sal julle My lewende 
Lig vind. Met oneindig baie torings as bakens daarmee wil die 
wêreld met sy duister kennis My skape na onkunde en die verderf 
bring. 

Ja, met Babilon-klokke wat oorverdowend beier daarheen moet 
My kudde onder geestelike dwang steier. Torings opgerig vir My 
verstrooide skape is kerkers van valse hoop en duistere lig. Dit 
wil die valse engel van lig nog altyd vir My skape as ʼn droewige 
vesting oprig. My ware plek van samekoms, My lewende Migdol, 
dit is jul geestelike toring van liefde, geloof, hoop en insig. In dié 
sal julle My as jul Verlosser in julle eie harte vind. Die roep van 
die goeie Herder sal deur die stem van My lewende Migdol 
vanuit My gewekte kinders se harte oor die hele aarde weerklink. 
My verstrooide kudde van oor die hele wêreld sal ʼn veilige plek 
in Jakob nou vind.

Openbaring 247 
Slegs ʼn handvol edelsaad. 

Sondag 17 Februarie 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Slegs ʼn handvol edelsaad gaan Ek vir My uithou. Baie min is die 
wat tot op die bitter einde vir My gaan staan, hul God, getrou. My 
Goddelike hande sal Ek beskermend om hierdies vou. Wee die 
wat is nie warm of koud, ja, wee die wat teenoor My staan as 
heeltemal lou. 

Skitterend sal wees die antichris in al sy wêreldprag. Vinnig word 
harde dapper helde voor sy subtiele aanslag sag. Bewonderend 
kyk hul nou op na sy grote wêreldmag. Vinnig staan hulle nou 
onder sy besitsreg en eindomswette pag. Baie kort is sy valse dag 
van kamma goddelike krag. Vinnig word nou afgeskakel sy skynlig 
prag. 

Honend hoor die wêreld satan onheilspellend vanuit ʼn stikdonker 
nag nou lag. Oop staan die poorte van die grote hel wat op 
biljoene nou wag. Saggies kerm menig siele terwyl hulle in die 
grootste selfverwyt nou smag. Nooit het ons geglo dat hierdie 
eindtyd dag op ons in ons wildste drome sou wag. 

Openbaring 248 
ʼn Enkele suiwer ras.

Maandag 18 Februarie 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ Israel, jou God, jou broer en ook jou erfenis die het jy telkemale 
kruipend voor jou vyande se voete versaak. Geval, geval O' ʼn 
duisend maal het jy van jou oeroorsprong geval nog telkemaal 
wat jy jou rug op My, jou God gedraai het. 

Valse vredes- en handelsverdrae het jy al hoeveel maal gesluit 
met konings wat jy aan jou kant wou kry. Vir jou, O’ Israel word 
daar vir die laaste maal ʼn valse weg voorberei. Klap daarom weg 
die valse hand van misleidende vriendskap wat enigeen in hierdie 
dae na jou gaan uithou. 

Op My alleen- jou God- moet jy vertrou. Daar is niemand op wie jy 
jou heil in hierdie dae kan bou. As valse vredeoffer sal hul ook jou 
gevangenes  as omkoopgeskenk na jou uithou, maar weer sê Ek: 
Vertrou op My, Ek self sal omsien na elke martelaar van My. 

ʼn Enkele suiwer ras sal Ek tot My eer vanuit ʼn verspreide Israel 
as die ware leeu van Juda opbou. Hul sal wees vir almal wat leef 
tot ʼn grote seën. Ja, vir jou is daar vanaf Adam tot nou ʼn erfenis 
opgebou. Daaroor hoef jy met niemand te kibbel of te kou. Vertrou 
slegs op My, jou God en jou volle seën sal jy vanuit My, jou ewige 
Koning se hand ontvang om ewig vir jouself te behou. 

Openbaring 249
Drukpot van die hel.

Maandag 18 Februarie 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Drukpot van die hel. In die dieptes van die aarde is daar ʼn 
eindelose lawa-sel. Met ʼn aardplaat wat in ʼn nuwe posisie 
sak stoot lawa verby ʼn miljoen jaar oue dak. Na die aardkors 
se swakste plek, dit is waarheen stoom en as onder enorme 
druk optrek. Op die seebodem en ook die vasteland dit is waar 
die aarde binnekort oop gaan bars. ʼn Berg gaan ook sy eie top 
wegblaas. Geen tyd gaan daar vir baie wees om hulself na 
veiligheid te haas.

Openbaring 250 
En daarom-jou kneg.

Maandag 18 Februarie 2008 19:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In voortplanting- daar lê die dood en in alle vlees daar bly die dier. 
Met My Gees, daarmee word ʼn profeet geklee. 
Tot nou was die leuse van elk wat was groot; 
ek is die koning en jy is my kneg 
as my dienaar sal jy my voed en ook klee. 
Nou het die dag gekom van; ek is jou koning en daarom jou kneg. 
Daarom sal ek in hierdie tye jou voed en ook klee. 

Vanuit My groot Goddelike broodmandjie van die tyd 
daar haal Ek Wysheid en Kennis uit dit alles op sy regte tyd. 
My profete wat Ek met hierdie Kennis na die aarde stuur 
word gestuur met ʼn missie van suiweringsvuur. 

Daarom het elk van hulle op hierdie aarde sy eie sendings uur 
tussen hulle het Ek gebou ʼn geestelike skeidings dimensie uur. 
Ou en nuwe wyn in een houer maak die wynsak suur. 
Wat gaan Ek die mensdom op die ou end gee as ʼn suiweringkuur.