Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 2351

GOD EN SION SE LIEFDE BLY JONK

1 Junie 2016  Woensdagmiddag  12.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Sion in die oerbegin was Ek en jy geestelik nog so jonk en ons liefde
was uiters gesond, ja, die liefde tussen ons het vanuit die Alef
geblom, sodat die Hooglied van Salomo ewighede later vanuit die
melodie daarvan sou kom.  So klink daarom die jubellied van Gabriël,
die groot engelbastion, saam met al die engele in `n koor om hom.
Ons loof Hom, ons loof Hom, ons Skepper Oerbron, ja, ons Suiwer
Heilige Aparte Oerson.

O Sion so het daar vanuit ons suiwer liefde, ons eerste seun, in die
gedaante van `n mens na die aarde gekom.  Maar ook Nagash het jaloers
nader gekom en kyk hy maak toe vir Adam deur Eva heeltemal dom en so
het die ontug deur die baster geen in die edel kroniek se D.N.A gekom
en op daardie oomblik het die leeu vir die eerste keer gevaarlik vir
die lam in die baarmoeder gegrom en daarom het die eerste geestelike
sonverduistering oor die aarde in `n Godverlate toestand gekom.

Maar Sion ons liefde was steeds wonderlik, so jonk en gesond want dit
het steeds uit die krag van die Alef geblom en daarom het God self as
`n Mens tot die Redding van die mensdom gekom en daarom het die lied
van Gabriel die groot engelbastion, in die prediking van Johannes die
Doper, oor die aarde gekom en kyk hy sing:  Ons loof Hom, ons loof Hom,
ons Verlosser wat kom.

Maar weereens het Nagash jaloers nader gekom en kyk hy bring die
menslike liggaam van God op `n folterpaal om en die baster leeu Edom
het vir die tweede keer gevaarlik vir die lam Jakob gegrom en so het
die tweede groot geestelike sonverduistering oor die aarde gekom.
Maar nog steeds was ons liefde o Sion vanuit die Oer Alef so jonk en
uitermatig gesond, want tot in alle ewigheid is ons in die Goddelike
huwelik aan mekaar gebond.

Daarom is dit nou jy Sion wat in die gedaante van die uitverkorenes na
die aarde vir die einde van die tydvak sou kom, ja, sodat Ek in My
wederkoms geestelik in jou hart na die mensdom kan kom.  So luister
daarom na die lied van Gabriël, die aartsengel bastion, wat as die lig
van een van die twee kandelare na `n duister wêreld toe kom.  Ja,
luister na die woorde wat hy daar sing:  Ons loof Hom, ons loof Hom,
ons Ewige Skepper Oerbron, ja, ons Ewige Heilige Enige Oerson.

 

OPENBARING 2352


10 Junie 2016  Vrydagoggend  05.15


‘N LAND WOES EN LEEG

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Daar is geen land so ver so woes ontaard, ja, `n land waar die hel die
groot gruwel uit kom baar.  Daar is geen volk so depressief so diep
beswaar, ja, `n eens heilge volk nou vertrap onder die voet van Raka
die barbaar.

Daar is geen tyd waar soveel hel demoon in een vervloekte land so saam
vergaar, terwyl hulle spottend om die laaste heilges rond baljaar en
dit terwyl die grootste noodtoestand `n kosmopolitiese reënboognasie
wreed die gesig instaar.

Daar is geen land so ver so woes geleë daar Suid onder die ewenaar en
oor daardie land kom daar vanuit die globale mond nou net negatiewe
kommentaar, ja, oor die uiters guur politieke weer wat nooit weer op
gaan klaar.

Daar is `n land sonder siel en hartklop want niemand weet meer waar is
haar kosbaar lewensaar en daarom kan die doodsonrus in haar nou
eenmaal net nie bedaar en daarom bly die inwoners van daardie land so
diep beswaar.

Daar is `n land met bloed so uiters duur betaal, ja, `n land waar `n
nageslag hulle voorsate heeltemal sou faal want in daardie land dans
`n eens uitverkore ras so uitspattig so liberaal saam met Raka in sy
gruwelkraal en daarom het die duisternis permanent in daardie land
neer kom daal.

Daar is geen land so verwoes so bisar, ja, `n land in ses maal ses
seisoene oneindig maer en vir haar noodtoestand is daar nie eers `n
bietjie wind opgegaar en dit terwyl `n groot hongersnood geheel die
wêreld die gesig instaar.

Daar is `n land waar die hel nou al haar gebroedsels in uitbaar,
terwyl `n doodse stilte vanuit die hemel op haar oppervlak neerdaal en
kyk, die heiligdom lê in haar stede en oor haar vlaktes, ja, oor elke
hektaar gestroop, vertrap, so verneder, nou heeltemal kaal.

Daar is `n land waar alles wat onrein is nou uitspattig fuif en in
oorwinning bloeddorstig ronddans want geheel die eens heilige land is
nou sy kraal.  Wanneer begin die herstel van die opstanding, van die heiliges,
in die oprigting van die aparte laer.

 

Openbaring 2353


DIE DODELIKE PIK


12 Junie 2016  Sondagoggend 04.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Terwyl die oënskynlike, onskadelike Molslang, sy prooi stadig dood
druk, seil die Nagadder nader met sy gesplete lip, terwyl die gif van
sy ewe gesplete tong afdrup.  Maar in die swart Mamba se dodelike pik,
daar skuil die ware doodskrik en dit is te laat vir die dwaas om die
slang se kop te probeer vermorsel met `n klip.

So skuil daar in die donker duisternis van Suid-Afrika se politiek nou
die magtelose skrik en die prooi, ja, die armsalige witman sit
vasgevang in `n een wêreldorde se goed beplande bose wip.  Kyk, deur
`n leuenskrif stel die kerk, die politiek se bondgenoot, mos vir sy
uiters onnosele lidmate `n strik en die dodelike vrug daarvan word nou
afgepluk en ook die onskuldiges gaan nou daaronder gebuk.

So lig die gifbeker o Boervolk en begin aan jou eie lamsakkigheid te
sluk want die dodelike swart Mamba lig nou sy kop en is gereed om jou
in elk geval te pik.  Die sweep die slaan onverpoos oor die wit slaaf
se rug en hy gaan onder `n uiters swaar juk gebuk en daar is nêrens
heen waarheen hy kan ontvlug want ook die Weste word nou vir haar
gruwel ontug deur God self getug.

Maar steeds is daar die vreesbevange liberalis, wat vir oulaas
hardloop om oor sy eie soort te loop klik, ja, om daardeur te probeer
om sy eie bas te red, ja, so vir sy eie veiligheid te skik.  Maar kyk,
hy word nou heel eerste deur die dodelike Adder gepik en die spierwit
melk word vinnig suur en dik, terwyl die room van die wei afskif.

So, hoe jy ookal wik of weeg jou vervloekte liberalis, weet dit is
alleen die lewende God wat oor jou lotsbestemming gaan beskik.  Maar
jy, o, Sion en Jerusalem, hoef nie te vrees vir die skrik wat rondseil
in die donker nie want juis deur die verraad, raak die swart Mamba nou
uiters lomp en dik, om so lui in sy winterslaap te kan ontvlug.

In hierdie tyd begin die uitverkorenes om hulle kop weer in hoop en
geloof na die hemel op te lig en kyk, daar bokant die klein, maar
heilige laer, ja, in die helder nuwe oggendlig, daar glimlag dieselfde
engele, wat by Bloedrivier, hulle voorouers se saak, vir hulle sou
oorwin en skik.

 

Openbaring  2354

GAWES

15 Junie 2016  Dinsdagmiddag 04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Sien Siener sien, sodat jy die mensdom met die gawes van die Gees kan
dien en almal daarom in sal sien, ja, dat hulle die komende Oordeel in
al sy aspekte verdien.

Profeteer profeet profeteer, sodat elke volk en ras presies kan weet,
God het die oortredings van al die volke en nasies, nie een oomblik
vergeet.

Genees geneesheer genees, ja, die krankes terwyl jy weet die groot
dodelike pes sal oral, globaal daar wees, maar kyk, die Goddelike
genesing sal slegs vir Sion en Jerusalem daar wees.

Leer o, leermeesters leer, terwyl julle elke woord van die Waarheid,
uiteindelik probeer respekteer.  Kyk, die kaf word nou van die koring
geskei en elke kerk- en dogmaleer word van nou af geteer en veer.

Droom o, oumense droom, terwyl julle vir oulaas op die stoepe van
versorgingsoorde in die laat middagsonnetjie loom, terwyl julle
onthou die meeste van julle het `n te groot liefde vir die wêreld
getoon.

Sien o, kleuters en jongelinge nou julle Godgestuurde gesigte en weet
al die gruwels van hierdie tydvak is bykans uitgedien en weet daarom
dat, op slegs `n paar na van die huidige volwasse geslag, is dit net
julle, hulle kinders, wat die nuwe beloofde land, op die nuwe aarde
sal sien.

 

Openbaring 2355

ONMENSLIK SWAAR

20 Junie 2016  Dinsdagoggend  06.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Om die profetiese rede te baar is onmenslik swaar en al die aanvalle
op die boodskappers kry net nooit nie klaar, terwyl al die kritiek ook
nie wil, of gaan bedaar.  Ja, bykans almal maak teen die lewens-
bestaan van God se profeet erg beswaar en klippe word vir die
doodsvonnis by die hope opgegaar.

Om die profetiese rede te baar is voorwaar oneindig swaar, met soveel
negatiewe gevoelens uit alle oorde wat neerdrukkend om hom skaar.
Maar God, sy dank, trek daar om die profeet so onsigbaar, maar
altyd beskermend `n engelelaer, terwyl die waarheid, die leuen, tot op
die einde blatant die gesig in sal staar.

Om die profetiese rede te baar is werklik onmenslik swaar, maar die
beroerder van Israel is nou eenmaal daar, ja, om die skrif teen die
muur uit te kom klaar.  Oor `n God geliefde, maar so `n gruwelvolk,
wat hulle geslagte lank nog altyd agter Baäl loop skaar en dit terwyl
hulle teenoor hulle Elohim uitvaar.  Daarom is elkeen van hulle se
lewe, nog voor die einde van hierdie tydvak klaar.

Om die profetiese rede te baar is voorwaar onmenslik swaar en die
aanvalle vanuit die hel kry tydens sy aardse bestaan net nooit nie
klaar.  Maar steen vir steen, pak hy in woorde, die twaalf klippe van
die heilige altaar.  So werp hy die mantel, ja, die harige sak en kyk
dit gaan met die vyand van God binnekort bitter swaar.  Maar ook in
die verloop van nog en nog `n  jaar, sal die verdrukking oor die
wederstrewiges nie opklaar of bedaar.

Om die profetiese rede te baar is onmenslik swaar, maar die olie in
die kandelaar raak nooit op of klaar en die Lig vanuit die hemel bly
altyd vir Sion en Jerusalem daar, want toe Israel maar net nog `n
kleuter was, het God reeds Sy onsterflike Liefde aan hom verklaar en
nou dat hy, al is dit `n papperd van `n man, is Hy steeds vir hom
daar.  So, stenig maar jou profete o, Israel en kruisig jou
boodskappers, maar My Liefde vir jou o suiwer oorblyfsel sal Ek net
nooit laat vaar.

Ja, om die profetiese rede te baar is ondenkbaar baie swaar en die
aanvalle uit alle oorde kry net nooit nie klaar, met die donker
kritiek wat ook nooit gaan bedaar.  Maar tog bly daar altyd vanuit `n
dorp of stad iemand wat die Woord van God, diep in sy hart vir ewig sal
bewaar en aan daardie een sal Elohim Homself tot op die laaste dag bly
openbaar.

 

Openbaring 2356

SKEIDING

22 Junie 2016  Woensdagoggend  07.30

nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Oor `n baie groot gebied hier op aarde klink daar `n lied en die
woorde daarvan lui:  O laat Elohim se Grote Wil nou alleen geskied en
skei daarom nou die Edomiet van die ware Israeliet want kyk die
bastergeen word die heiligdom vir ewig altyd summier verbied.  Ja,
daar klink `n lied, kom staan nou saam o, heiliges en sif die meel en
verwyder daaruit al die onrein miet en skei so die suiwer Israeliet
vanuit die midde van die onrein Kusiet.

Oor `n groot Suidelike gebied klink daar oor `n groot gebied `n Stem
wat soos Donderweer die volke en die nasies nou hiet en gebied en dit
terwyl engele soos bliksemstrale deur die hemelruim skiet.  Die woord
van hierdie lied lui:  Lank genoeg behandel die wêreld die
uitverkorenes heeltemal te stief en daarom is die heiligdom so
passief.  Ja, lank genoeg het hierdie toestand ook geheel die hemel
diep gegrief en daarom word die rasegtes nou voor God weer diep
gelief.

Oor `n baie groot gebied klink daar nou `n onheilspellende oorlogslied
en die dood het baie akkommodasie om Kanaän aan te bied en kyk, die
groot rooi beret sal aan sy einde val onder die hand van `n vrou, ja,
onder die ou oordeel van die Keniet en kyk Kus se enorme getalle
verdwyn hierna in die verte, ja, in die niet.

Oor `n groot gebied klink daar `n vreeslike verskrikkingslied terwyl
die heiliges nou vir alles wat onrein is, hulle omgewing oplettend
bespied.  Kyk, ook Mammon het die volke en die nasies nou klaar gehiet
en gebied en Mammon se voete van yster en klei het verbrokkel en hy lê
erg beseer in groot ongerief.  So gaan die goeie opbrengs van die land
nou na Jakob Israel en dit is heeltemal gratis en verniet en Sion en
Jerusalem ontvang vanuit die hemel `n minnebrief en die woorde daarvan
lui:  O My bruid, Ek het jou vir ewig, altyd, so oneindig lief.

 

OPENBARING 2357

'N GESIG

23 Junie 2016  Donderdagaand  08.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Sonder enige waarskuwing verskyn daar in `n breuk van `n sekonde `n
gesig voor my in die vorm van `n  reuse spierwit paddastoel
rookkolom. So vinnig en onverwags as wat dit plaasgevind het is
hierdie gesig weer verby.

 

Openbaring 2358


‘N DRUPPEL BLOED IN PIKSWART ROET


2 Julie 2016  Saterdagmiddag 05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

`n Eienaardige towenaar trek `n haas vanuit sy hoed en die lyk siek,
trietsig en nie baie goed, kyk, die heel ergste word nou vermoed want
daar val `n druppel bloed in pikswart roet, terwyl die groot pes dit
self nou haastig globaal uit wil kom woed.  Aan die hemelwand verskyn
daar nou `n snaakse hemelgloed en die son en maan lyk rooi bebloed en
die sterre staan weer in `n reguit lyn en net daarna, in `n perfekte,
negentig grade hoek.

Die Waterdraer en die Maagd lees nou vanuit dieselfde boek en iemand
vra:  Waar staan ons met die Kreef want kyk, hy is so effe soek.  Maar
die Boodskapper span sekuur sy boog, terwyl sy oë nou wakker na die
adder soek.

Die einaardige towenaar trek nou `n staf vanuit sy bolpunt hoed en
daar val weer `n druppel bloed in pikswart roet en Kaänan-Kus gaan
nou diep beswaard gebuk onder sy eie vloek en kyk dit is die groot
hongersnood wat Afrika en Asië nou eerste gaan besoek.  Iemand vra,
waar is nou al die bravade en die valse mannemoed want oraloor, daar
skuil, nou net die papbroek.

In die plek van die towenaar verskyn daar nou `n engel en in sy hand
hou hy `n reuse grysblou vadoek.  In sy ander hand hou hy `n
skropemmer terwyl hy vrolik sing, alles wat vuil is gaan nou behoorlik
boet.  Daarna ledig hy sy emmer oor Europa en dit bring `n reuse vloed
en terwyl die waters kolk en woed, gryp hy `n versuipte spekvet vark
aan sy snoet terwyl hy roep, ook die Jood sal nou moet boet.  So val
daar `n druppel basterbloed in vuil swart roet, terwyl Bileam sy eie
leer vanuit die diepste hel vervloek.

Op `n ander horsion verskyn dieselfde engel nou op die rug van `n
reeds lank vergete Mammoet en in sy hand hou hy weer `n reuse groot
spierwit doek en kyk hy slinger dit oor Rusland op God se versoek en
die grootse sneeustorm ooit, bars los en dit laat geheel daardie volk
diep bedroef en terwyl moedertjies ween en vadertjies vloek, skuil
menigtes in die dieptes van ou uitgewerkte soutmyngroef,  Ja, hel
sowel as hemel trek nou vir die wêreld iets baie stief vanuit hul hoed
en soos in Handeling 26:14, spreek God, nie net in
Hebreeus, maar ook in Afrikaans, vanuit Sy Oordeelsboek.

 

Openbaring 2359


VET EN MAER


3 Jul;ie 2016  Sondagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

In die verte sien ek haar, ja, `n vrou, aan die een kant vet en aan die
ander kant besonders maer.  In haar een hand hou sy hongersnood en in
haar ander hand `n verlepte koringaar, terwyl sy eers die dood en dan
die laaste kosbare lewe op die planeet uitbaar en kyk die wêreld het
vir sy ondergang niks positiefs opgegaar.

In die verte sien ek nou `n man daar staan, aan die een kant fris en
aan die ander kant uiters maer.  So staan hy onverskrokke daar en omdat
hy alles kon verstaan het hy die mensdom kom probeer vermaan.  Drome
kon hy goed verstaan, om so die geheime en die raaisels daarvan te kon
verklaar, ja, om so die laaste knope maklik los te kon maak en daarom
is dit nou ook weer Daniël se tyd om die skrif teen die muur uit te
kom klaar, want kyk, die perde van Openbaring staan klaar slaggereed
vir die laaste groot oorlog nou in die hoef beslaan.

In die verte sien ek `n grysaard daar staan, ja, aan die een kant vet
en aan die ander kant baie maer en kyk die jeug het weinig Wysheid vir
sy eie ouderdom opgegaar en daarom kan die dwaas in hierdie tyd geen
Wysheid baar en al wat oorbly is babas wat drome droom terwyl kleuters
dit in gesigte uit sal klaar en daarom sal die jonges in die laaste
dae teen die leuens van die oues en hulle kerke uitvaar en die groot
onrus sal wêreldwyd nie weer bedaar.

In die verte sien ek `n bedelaar daar staan, aan die een kant vet en
aan die ander kant uitsonderlik maer en sy een oog het na die rykaards
en sy ander oog na die armes gestaar en dieselfde noodlottige lot het
beide die gesig ingestaar.  So kom daar in die verte ook `n bose
boodskapper, ja, die seun van Peor, aan die een kant vet en aan die
ander kant maer, en hy kom om groot verdeeldheid in die midde van Edom
in te laat vaar en kyk die verdeelde broerderskap in Engeland is
onversoenbaar.

Ek sien `n profeet in die verte daar staan, ja, aan die een kant vet en
aan die ander kant maer, `n sukkelaar sowel as `n oorwinnaar,  en beide
sy kante is terwille van die nederigheid onafskeidbaar.  Maar nogtans
staan hy met sy voete aan weerskante van die ewenaar en die moeder van
alle aardbewings word van die Suid- tot die Noordpool met skok ervaar,
terwyl die wêreld tevergeefs om hulp na die hemel staar.

Ek sien `n ou siener in die verte daar staan, aan sy een kant vet en
aan sy ander kant maer, terwyl hy geskok na sy eie gesigte van die
verlede staar en kyk, daar kom `n Groot Engel en dit is tyd om die
bokke tussen die skape uit te ja, want in `n referendum was die keuse
mos tussen nee en ja, en die vryebouers kies toe mos in plaas van
Elohim eerder Mammon en die songod Ra en daarom moet geheel die wêreld
binnekort die merk van die dier tot hulle oorlewing dra.

 

OPENBARING  2360


‘N KONINGSKROON


11 Julie 2016  Maandagoggend  12.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer


In die psalmgedig waar die Wysheid die dwaasheid so oorwinnend nou
hoon, ja, in daardie lied is alles so rein en so skoon.  So sing my
siel, O my Ere Koning, U alleen is my Oorwinningskroon, wat so
seëvierend oor my eie menslike swakheid uittroon.

In die soetse lied al kabbelend soos `n koel waterstroom, met U Gees
wat as die Alfa my hart as `n grens nou omsoom, so word daar twaalf
heilige toonbrode in U heilige ark nou aan my getoon, ja, elk van
hulle in die gedaante van `n aardsgebore menslike persoon.

Op die wysie van die heilige wind in die heel mooiste droom, daar waar
twee riviere en twee oseane die heilige land nou omsoom.  In die
nuwe land in die toekoms weer so rein en so skoon, daar waar die
uitverkorenes as Sion in die Nuwe stad Jerusalem gaan woon, met die
Melgisedekkroon wat oor alles uittroon, ja, as die Aparte Kern van
elke atoom.

Vir die musiekleier op die wysie waar die lig die duisternis nou hoon,
daar word eens twaalf growwe klippe nou as geslypte, gepoleerde
edelgesteentes in een rots as die heilige altaar vertoon en kyk die
lieflike offer daarop is die eerstelinge nou rein en so skoon en hulle
dra as mede erfgename saam met YaHWeshua die Koningskroon.

So sing my siel, ja, in hierdie heel mooiste droom, vir U my El daar
waar U in die Allerheiligste van die weergeborene se hart woon, ja,
daar word alles so vredevol, so volmaak, so ontwikkel, so rein en vir
ewig so skoon, binnekort vir geheel die skepping vertoon.

 

OPENBARING 2361


LANDE SE ENGELE


12 Julie 2016  Dinsdagnag  11.30


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Daar sit `n engel so hartseer en droefgeestig op die oewer van die
Rhyn en hy verlang na `n vrou eens so skoon en rein.  Kyk, in
Duitsland het die Gees gekwyn en in Frankryk het Sy heeltemal van die
toneel af verdwyn.  In Portugal en Griekeland is Sy deur
verbastering heeltemal ondermyn om daar nooit weer as `n Lig in hulle
midde te verskyn.

In Londen op `n openbare plein sit Engeland se engel in diep
emosionele pyn, terwyl hy desperaat sy nood na Nederland en België toe
probeer sein.  Sy boodskap lui:  Kyk, in die midde van Europa kom daar
groot venyn, terwyl hulle mekaar op elke manier gaan ondermyn en
daarom gaan die eindtyddraak binnekort verskyn en hy is `n slak met
baie glibberige slym waaruit die merk van die dier gaan verskyn.

In Switserland op `n berg in die Alpe op `n baie hoë kruin, sit daar
`n engel en hy blaas nou baie hard op sy basuin, terwyl hy roep, kyk,
die Saksiese volkere het mekaar liederik ondermyn, en daarom raak die
waters van die seë nou op plekke rooi en op ander plekke weer
vuilbruin en infrastrukture verander globaal nou oral in puin.

Daar sit `n engel op `n trein, ja, `n trein op pad na die vatikaan se
plein en kyk hy sing `n lied met woorde wat rym, terwyl hy vertel van
baie komende pyn.  Ja, hy sing, hierdie keer vertoon ek dalk
onbenullig en klein, maar steeds bly die wurm van die dood, om te maak
waarmee ek wil, nog altyd mein en daarmee is ek nou oppad na `n baie
bose brein, ja, `n sluwe verstand wat God mos op elke gebied so
geslepe wou ondermyn.

Oor Europa verskyn `n engelesfeer wat al hoe dowwer in die verte skyn,
met die laaste glans daarvan wat oor daardie kontinent se horison
begin verdwyn.  Hulle sing `n lied wat vertel van `n hoer wat alles
wat Kaukasies was sou ondermyn.  Ja, hulle sing, skink vir Babilon nou
haar heel laaste galbitter wyn, want kyk haar mag is besig om vinnig
te verdwyn en al wat daarvan gaan oorbly is net die draak se glibberige
walglike slym.


OPENBARING 2362


ENGELAND - ‘N BLOEIENDE WOND


14 Julie 2016  Donderdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

In `n loeiende wind met `n spook-somer-koue skielik so snerp is
die lans gereed en die swaard nou vlymskerp, kyk, die lot is klaar
gewerp, so wat is die waarheid nog werd, ja, met alles uit die mond
van die wêreld net `n hoop snert.

Ja, met die hoer van Babilon niks anders as net `n goedkoop klein tert
is ook May bykans vir niemand in die toekoms iets werd en daarom hou
Elizabeth in haar een hand `n dor ruiker en in die ander beplooide
hand net leë koringare in `n morsdooie gerf en so is daar vir Esau-
Edom werklik niks meer oor om te kan erf.  So begin menig Engelsman ook
nou na niks en nêrens te swerf want die maat is gemeet en op hulle
meetstok word nog net die Oordeel uitgekerf.

In `n loeiende wind met `n spookagtige koue so snerp, val daar `n
rooikop kind en met `n bloeiende wond rou in die nerf, is alles vir `n
eenwêreldorde skielik bederf.  Kyk, dit is nou te laat om die guns
van die wêreld te probeer werf en al wat oorbly is net die reste van `n
gruwelvolk nou stadig maar seker besig om te sterf.  So word stede en
dorpe se strate nou met bloed, rooi geverf, want die lot is gewerp en
die effektebeurs is net `n klomp snert.  Ja, met die waarheid nou net
`n Oordeel, is dit vir die oordeel van die wêreld, nie meer `n Pond of
`n Euro, wat sê nog `n Pennie daar werd.

 

OPENBARING 2363

‘N STUKKENDE PAPPOT

19 Julie 2016  Dinsdagoggend  03.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Afrika is `n suur vuil pappot, swart aangebrand en heeltemal ontsier
en daar is niemand wat dit weer skoon kan skuur.  Ja, Afrika is `n
smerige pappot met vrot kooksels ingesuur en vir sy herstel is daar
geen genesing of kuur.  Afrika is `n gekraakte pappot, geroes en
heeltemal opskuur en die skerwe daarvan gaan binnekort vir herwinning
na die groot vuur.  Afrika is `n omgeskopte vuil  pappot, langs `n
uitgebrande vuur en oral oor verbrokkel nou die infrastruktuur.

So sing daar nou `n groot engel deur die Oordeel self aangevuur en die
woorde van hierdie lied is nou duidelik hier.  So sing die engel:  Kyk,
die sout is laf en die suiker is af en al wat oorbly is net die kaf
want die sprinkaanplaag het deur die meel gedraf en daarom is dit
nou te laat vir die groot honde om vir die maan te probeer blaf en dit
is die rede dat duisend maal duisende gaan beland in `n massagraf.

Afrika is `n suur driepoot pappot swart aangebrand en die aanbrandsels
daarvan is goor en suur en daar is niemand bevoeg wat dit ooit weer
skoon kan skuur.  So vaar daar binnekort miljoene onwelkome passiers op
bootjies van plastiek en papier na Europa vir hulle gerief en groot
plesier.  Kyk, Europa is mos nou die nuwe pappot deur eeue heen
sorgvuldig deur die Weste in al haar fasette skoongeskuur, ja, as die
wêreld se mees bruikbaarste infrastruktuur.  Daarom sing die
sprinkaanplaag nou uitbundig met groot vlerkegegons, ons is uiteindelik
hier.  So, weg met die vlytige mier, want kyk, ons verober alles, in
hulle so goed opgevulde skuur.

So sing daar nou `n groot engel deur die Oordeel self aangevuur en
die woorde van sy lied is duidelik en dit is nou hier.  So sing
die engel, kyk, die sout is nou laf en die suiker is af en al wat
oorbly is net die nuttelose kaf want die sprinkaanplaag gaan deur die
laaste graan draf en daarom is die Fransman lankal laf en die Duitsers
raak heeltemal af, met die Engelsman wat wegwaai as die kaf, terwyl
ook die Nederlanders ontbind, want ook hulle was die groot honde wat
tot nadeel van die wêreld vir die maan sou blaf, met België, ja, as
die groot oorsprong van die massagraf.

 

OPENBARING 2364

HEMEL OF HEL

21 Julie 2016  Donderdagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

In hierdie lewensspel, is jou vriende, of jou hemel, of jou hel.  So
beweeg my siel saam `n ware vriend in alles altyd parallel.  So, waarom
sal ek my langer oor mooiweersvriende kwel, want oor menige sulke
vriende, ja, in getal, so sonder tel, daaroor sal my siel haar nie
meer langer oor ontstel.

In hierdie kosbaar lewensspel, is jou vriende, of jou hemel, of jou
hel en daarom soek ek van nou af in elke vriend `n kosbaar stukkie van
my Goeie El.  Maar vind ek in een van hulle `n tweegesig of `n
rugsteker, roep ek hulle sonder enige gewetenswroeging toe vaarwel
want in voorspoed of in teenspoed, daar bly `n ware vriend ewig altyd,
jou troue 'pel'.

In hierdie kosbaar lewensspel, is jou vriende, of jou hemel, of jou
hel.  So kom daar dikwels `n valse vriend, so voorbeeldig, vanuit `n
kerk, ja, as `n edelman daar hoog in tel. En dikwels kom die trouste
vriend, as `n skurk,  daar vanuit `n kartel.  Ja, `n valse vriend kom
graag met `n heuningkwas terwyl hulle jou net `n klomp leuens vertel,
maar kom die aanslae van die lewe, roep hulle jou vinnig toe vaarwel.
Terwyl `n ware vriend, jou in die vuilste 'gutter' steeds as sy
kosbaar vriend, op sal tel.

In hierdie lewensspel is jou vriende, of jou hemel, of jou hel.  So is
goeie vriendskappe selde rosig ingekleur, ja, in sagte pastel want `n
goeie vriend sal jou maklik tot jou voordeel uit kan skel, terwyl hy
jou tog terselfdertyd van sy groot liefde vir jou vertel.  `n Goeie
vriend sal nooit iets neerhalend agter jou rug van jou vertel, maar
sal `n ander jou sondes of foute oorvertel, sal so `n goeie vriend hom
daaroor diep ontstel.

In hierdie kosbaar lewensspel, is jou vriende, of jou hoogste hemel, of
jou diepste hel want daar is vriende wat jou teleurstellend maklik neer
gaan vel, maar soms kom daar verby, eens `n vyand en kyk, hy word jou
goeie vriend, omdat hy die een is wat jou op gaan tel.  So is daar
ewig altyd `n storie oor vriende te vertel en daarom vra ek aan U, o
my El, maak van my, vir my vriende, net tog `n goeie 'pel', ja, net `n
kleine hemel en nie `n grote hel.  Maar bowe al, weet ek, ek het
een Vriend wat my ewig nooit neer gaan vel en dit is U my God, my
Goeie El.

 

OPENBARING 2365

NIMROD, SALOMO EN DIE WESTE

26 Julie 2016  Dinsdagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

En Nimrod was die jagter en hy lok sy prooi deur die mimiek van die
rottevanger, die katlagter.  Ja, teen die Gees gelaster staan `n
wêreldbevolking nou uitgebaster en Babel die groot eenwêreldorde, die
verkragter, dra nou die sataniese doodsmasker.

So kom daar `n tyd en almal noem dit die tyd van die 'groot kwel' en
die wêreld word vanuit `n satelliet opgedeel, ja, sel vir sel en elk
daarvan is `n driehoek, `n piramide, op mekaar gestapel, sel vir sel en
elke sel, is ses el by ses el by ses el en die hoogte en die laagte
daarvan is ook ses el.

So laat elkeen, vryman of slaaf wat kan lees en tel, nou begin om die
slotsom van die verhaal te vertel want wyd is die poorte wat lei na die
hel en die voorstanders van trippel ses sal poog om al hulle
teenstanders neer te vel.

En Salomo was die slagter, die groot vrye bouer van vele tempels en hy
was die wetgewer en agteraf ook die groot Godsveragter en hy lok sy
prooi in die mimiek van die hooglied van die rottevanger, die
versteurde katlagter.  Teen die Gees gelaster staan die suiwer
kroniek nou ook uitgebaster, met Babilon die groot eenwêreldorde as
die verkragter en die Bileamsleer dra nou die sataniese doodsmasker.

So kom daar `n tyd en almal noem dit die tyd van groet, ja, van die
'groot vaarwel' en kyk die telefoon is nie meer langer daar om
vriendskaplik rond te bel, of om wêreldnuus oor te vertel.  Maar dit
is daar vir die handel, `n mobiele-bank, geplaas in elke hand, om in `n
geldlose stelsel, denkbeeldige kapitaal te tel.

Ek, die Weste was die jagter- eens die slagter, met die ridderorde daar
agter en kyk hierdie Leviatan gryp met sy vele tentakels al die volke
en nasies nou net vaster.  Ja, teen die Gees gelaster staan `n
wêreldbevolking onder die vaandel van 'we are one' nou uitgebaster en
die uitgebasterde teenstander daarvan, naamlik die Oosterling, dra nou
die doodsmasker.

So kom daar `n tyd en almal noem dit die tyd van die hel want geheel
die inhoud daarvan is op die aarde neergevel.  Kyk, die Europese unie
was die heeltyd net `n broederskap kartel, binnekort nie meer langer
in tel, want uit haar doodsvonnis, uit haar sterwe,  ja, haar as, word
`n onsuksesvolle eenwêreld burgerskap nou bestel en elke vrye bouer het
ywerig, aan hierdie nuwe, maar so kortstondige, eenwêreld tempel gebou.

Ja, hulle het gebou, steen op steen, sel op sel en die droom was een
taal, een kultuur en een kleur vel.  Hierdie struktuur is `n piramide,
ses el, by ses el, by ses el en die hoogte sowel as die laagte daarvan
is ook ses el en hierdie piramide is die valse Jerusalem, die valse
Sion, `n ou Joodse broederskap en dit is die poort na die ewige
materiële dood, ja, die hek wat lei na Hades en hel.

 

OPENBARING 2366

TYD RAAK GENOMMER

29 Julie 2016 Vrydagaand   20.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Dit raak tyd vir die mens om homself ernstig te begin bekommer.  Kyk,
die dae van die jare raak nou genommer, met die groot verwoesting wat
alles gaan oordonder.  Ja, in die seisoen van wind en storm lê menig
plakkerskamp, maar ook dorpe en stede verwoes en misvorm.  So word
alles deur kateklismes en natuurrampe, maar ook menslike chaos,
heeltemal omvorm.

 Daarom raak dit stadig maar seker tyd en die nuwe
lewensnorm lui, raak nou vinnig onafhanklik, selfonderhoudend en leef
so ver as moontlik `n bietjie afgesonderd.  Kort voor lank gaan
oproerige massas die stede, dorpe en plase bestorm en daarmee saam
gaan produsente, fabrieke en infrastrukture vinnig onder. 

 So is daar niks meer positief oor waaroor die mens homself oor kan verwonder
Want die jare, maande, weke, dae en ure raak nou genommer, met die
verwoesting wat alles gaan oordonder en kyk, Afrika gaan heel eerste in
onlus, hongersnood en pes heeltemal onder.


OPENBARING 2367

DIE BONTPERD

31 Julie 2016  Sondagaand  23.00

www,nuutsteop[enbaringevanjudithdebeer

Ek sien `n bontperd wild oor die vlaktes van Amerika gaan en kyk sy
ruiter is `n reeds lang gestorwe Rooihuid  en net hy kan die wilde
streek van hierdie dier verstaan.  Ja, ek sien `n vaal, wit en bruin
gekolde perd oor die vlaktes van beide die Amerika kontinente gaan en
kyk die ou weë van daardie landstreke het heeltemal vergaan en daar is
niemand wat `n nuwe toekomsweg oop kan baan want die landsvlae lê in
twee geskeur en hieroor kom daar `n loflied vanuit die keel van elke
Mohammedaan terwyl alles, nie Kaukasies, dit luidrugtg beaam.

Ek sien `n bontperd aggressief op sy agterpote tussen liberaal en
konserwatief regop staan en ek sien `n vlymskerp swaard wat sekuur
deur die broederskap-handdruk van die 'Masons" gaan.  Ek sien `n vrou
geklee in weelderige klere wat vinnig in vodde vergaan en sy ween oor
die verlore broederskap en vanuit haar linkeroog kom daar `n pikswart
traan en oor haar regterwang rol `n bloederige traan.  Ek hoor `n stem
wat roep, laat die banvloek nou deur die Weste gaan, want die merk van
die dier gaan alles wat heilig is in elk geval probeer verslaan.

Kyk, twee lê op een bed in omhelsing maar net een van hulle, uit
tienduisend sulke pare, sal op die weg na die nuwe aarde gaan, terwyl
al die ander in die chaos van die eindtyd sal vergaan en dit omdat
hulle die ware weë deur die Ordes van God nie kon of wou verstaan.

Ek sien die bontperd wat nou verskrik op sy agterpote staan want
vanuit die hemel kom daar `n Witperd en op sy rug sit `n Glansende
Ruiter en ek hoor baie stemme roep:  Heilig-heilig is elkeen wat oor
die vermoë beskik om die Lewende Woord, ja, wat die Gees van Elohim
kan verstaan.


OPENBARING 2368

SION EN JUDA

1 Augustus 2016  Maandagoggend  07.47

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Sion is `n meisie klein en fyn en kyk, sy huil, want sy verkeer in
baie groot pyn.  Sy roep na haar ouboet, ja, na Juda en sê:  Alles om
my is net chaos en puin.  Ja, sy sê:  Kom tel my op en dra my na
Jerusalem na die Heilige Bergtop se kruin, terug daar na die paradys
se lieflike tuin.

Maar Juda is doof want tussen hom en Sion is `n  baie groot kloof en
daarom het satan hom sy geestelike gehoor beroof.  Daarom roep die
aartsengele nou saam met Sion en die woorde van hulle koor lui:  O, Juda
begin om jou El weer met jou liefde te loof, sodat Hy jou weer kan
verhef tot die twaalf stamme se onmiddelike hoof.

So begin die Gees om weer Juda se hart met die Sewe Geeste te vul en
oor die vlaktes van Suid-Afrika klink Juda die leeu wat nou
oorwinnend brul en dit word met die volgende woorde aangevul.  Kyk,
satan het homself alweer gekul, want ewig altyd, alleen net God Se
Wil.  So kom daar oor die vlaktes nou die hoefgedonder van `n spierwit
bul en hy verwilder Raka, nou heeltemal  disgeoriënteer en dit op `n
pikswart os se rug, soos `n misoes fetus, opgekrul.

So rig Sion haar nou op en sy is steeds rein en klein maar nou ver van
fyn.  Kyk, vir eons is sy gelouter, maar ook gekoester, as die
kosbaartse pêrel tussen die vleuels van `n gerub toegevou in die vorm

van twee spierwit oesters en kyk, sy verskyn nou as die eindtyd verwoester.

 

OPENBARING 2369

DIE GRUWELDIER IS HIER

3 Augustus 2016 Woensdagoggend 02.30

www.nuutsteopenbaringvanjudithdebeer

Die gekloonde dier, `n bloedsuiende vampier is hier, so skink die
katolieke gruwelwyn en die walglike christenbier want geheel die
wêreldkaart word binnekort met mensebloed ontsier.

Die gekloonde dier het geen hart, geen lewer of `n nier want sy
blikbrein is `n rekenaar, sy lyf `n robot en hy is met goud en silwer
blink geskuur.

Die gekloonde dier is `n skrikwekkende kreatuur en hy dra `n
purper mantel met `n vreemde gemengde tekstuur en al die landsvlae van
die wêreld is daarop uitgeborduur.

Die gruweldier is hier en op sy kop dra hy `n kroon en daarop staan
geskryf, `n eenwêreldorde  regering en bankwese bestuur.

Die gekloonde-gemanipuleerde dier het die kop van `n reuse groteske
mier en dit rus op die lyf van `n baie gespierde vreesaanjaende stier.

Oor sy bolyf pryk die kolle van `n Afrika luiperd en oor sy agterlyf
strek die strepe van `n Belgiese tier.  Vanuit sy oë skiet vuur en
vanuit sy bek drup soutsuur terwyl hy na die uitverkorenes gluur, maar
sy heerskappy is van korte duur.

Die gekloonde dier, `n bloedsuiende vampier, is nou openlik hier en
tussen London en Johannesburg lê sy gedeelde hoofkwartier en `n baie
groot bankier, `n Jood so opskuur, is sy hoofportier.

Hierdie deurwag, ja, hierdie spesifieke portier, lui `n klok, terwyl
hy roep:  Bring die vyfpuntster want dit is nou die dier se uur en sy
merk moet oral oor nou globaal seëvier.

Die gekloonde dier is hier en sy naam is Gog en sy van Bedrog en hy is
`n afskuwelike vampier,  maar sy teenstander die Magog is ook nou
hier. So, skink die gruwel vonkelwyn en drink die walglike wêreldbier want

kyk, geheel die wêreldkaart word binnekort met mensebloed ontsier.


Openbaring 2370

‘N EENWêRELD BASTER STAM

14 Augustus 2016  Sondagaand 20.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

`n Handvol ys en `n vuisvol vlam, so wie is Adam, wie is Kus en wie is
Gam.  Ja, wie is die wat uit Kain kom en wie is die wat uit Set uit
stam.  Kyk, daar was nog altyd vir Elohim `n edel offer, `n suiwer ram
of Lam.  So, waarom word uit die kosher die onrein ham verban, want kyk
die Jood kom self vanuit die baster Edom stam.

`n Handvol menslike 'feces' en `n handvol dieremis en beide daarvan
weeg in waarde nie eers `n nuttelose milligram.  So, wat `n gruwel
Bileam-wêreldorde ookal beplan, die geboorte van daardie kind, laat
die hoermoeder daarvan heeltemal verlam, want `n eenwêreldorde baster
stam vergaan in trurat tot in die heel eerste geen van die laaste San.

`n Handvol evolusie en `n handvol Adam en kyk die Gees van God word
vanuit hierdie kreatuur tot in ewigheid verban.  Oral oor die wêreld
daar gedy nou Satan's baster stam, maar daar is net een volk, ja, deur
Jakob voer God Sy meesterplan.  So, kyk net na die uitspansel daar
waar die hemelman sy boog heen span en luister, hy roep na Josef's
hulp want ook vanuit die stam van Dan word daar twaalfduisend vir die
goeie uitgewan en so word die suiwer wol vanuit die vuil bokhaar
uitgekam.

Kyk, die Apartheid is verslaan en die heiligdom het onder onrein voete
vergaan.  So, wie het die vuur in die Allerheiligste geblus en wie het
die vlam dood laat gaan.  Ja, die Boer het die waarheid geken want sy
voorsaat het die goddelike kroniek goed verstaan en hulle het geweet
`n handvol Adam en `n handvol Gam en die seën van God is daarna
heeltemal gedaan.

So, `n handvol ys en `n handvol vlam, ja, `n handvol yster en `n
handvol klei en in hierdie kreatuur is dit met die mens, nou `n
gedrog, totaal gedaan, want kyk, die tydvak is in elk geval oud, siek
en op sy laaste, nou heeltemal gedaan.


Openbaring 2371

‘N NOODROEP

15 Augustus 2016  Maandagnag  23.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n vreeslike songloed klink die landbouer se noodroep: Hoe lank o
God word die mens nog beproef, ja, met die sprinkaanplaag wat
permanent in ons midde vertoef.  Ja, ons bid vir seën in `n bietjie
reën, maar u stuur droogte of die vloed, terwyl die onreg in ons midde
voortwoed.

In `n  stikdonker nag soos roet, staan die laaste oorblyfsels van
`n volk en in hul hand hou hulle die bedelaarshoed terwyl hulle
uitroep:  O God kyk, in duisende stukke skerwe lê ons heel laaste moed
en Raka drink oorwinnend ons martelaarsbloed.  So, hoe lank moet die
onskuldiges nog saam met die skuldiges boet.

In `n son uitbarsting met radioaktiewe strale wat na die aarde toe
spoed, daar roep Jakob verskrik:  God het my weer geslaan en my ander
heup het ook nou gegroet en daarom lê ek nou neergevel sonder enige
moed.  Ja, Israel ween en sê:  Ek wil U nie meer langer teenstaan of
troef, so wil U my God, in U groot Genade, Vrede en met simpatie, nie
so `n bietjie by my vertoef.

In hittegolwe wat vibrerend oor die vlaktes woed, begin landbouer en
verbruiker nou saam na die hemel om hulp te roep, terwyl die een na
die ander kateklisme dit self uitwoed.  Kyk, die maan skyn nou
dieprooi soos vars mensbloed en `n reguit sterrelyn verander in `n
perdehoef.  So, wie gaan op die Groot dag van God na die berge vlug en
wie gaan magteloos maar net bly vertoef.

 

Openbaring 2372

KERK - GOD HET ‘N AFSKU IN JOU WERK

15 Augustus 2016 Maandagmiddag  15.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Kyk, o kerk Ek het `n afsku in jou werk want jy was My kinders met `n
vuil waslap deurtrek met drek.  Ja, jou gemeentes is nou heeltemal
besete en beserk want hulle word met die uitskot van satan versterk.
Jy, o Katolieke kerk, van jou het Ek my lankal heeltemal onttrek en vir
jou o Protestante kerk, het Ek in My Heilige Vergadering ook nie meer
langer enige plek.

Jy, o kerk, die groot voorstander van die gruweldier se merk, jou
oordeel kom en dit is sonder einde of perk.  Kyk, in jou voorhof lê `n
pikswart engel met `n gebreekte vlerk en al jou biskoppe sidder want
hulle weet dit is te laat om te onttrek.  Jou pous staan gereed by die
hel se hek want al jou leraars is reeds geruime tyd vir die verderf
gewek.

Daarom o kerk het ek `n afsku in al jou gruwel werk, want jy was my
kinders met `n vuil lap met drek deurtrek en jou offers is onrein
diere, vrot en ontbind, lankal gevrek.  Jou lofliedere vertel net van
jou gruwelwerk en al jou musiekinstrumente kan net demone opwek en
daarom is die ewige afgrond jou enigste toekomende blyplek.


Openbaring 2373


DIE WOORD


22 Augustus 2016  Maandagaand 23.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

Oos, Wes, Suid of Noord, wie of wat is die wegwyser na die hemelpoort.
So wat groei in die wingerd en wat groei in die boord want Lewende
Water en Lewende Brood is God se Genade en Sy Woord, ja, met Heilige
Wyn as Vergifnis in Goddelike Bloed verwoord.  Kyk, die wet is geen
waarborg na die ewige lewe en nog minder dien dit daarheen as `n
paspoort.  Maar alleen die opregte liefde is die ewige antwoord.  So
rimpel die Koel Gees saggies oor die kalm water en vanuit `n paradys,
ja, `n vrugbare Deltaoord, kom daar `n wit perd op galop en sy Ruiter
heet die Ewige Woord.  So neem my O my El na waters waar U Rus is
en voed my op U lewende brood.  Saai U lewende mosterdsaad in my
lewensaarde en maak my geloof in U soos berge so groot.

Oos, Wes, Suid of Noord alleen net met U uitverkorenes gaan U in die
toekoms akkoord want in die wêreldwingerd groei daar onkruid met
distels in die globale boord en die leuen vertroebel die water van
Babilon se reeds so vuil oord.  So kom daar vanuit die gruwelstad `n
grys perd en sy ruiter heet die dood en kyk sy liefde is onreg en haat
en oral heers daar in onrus en doodslag net massamoord en al wat
oorbly is net verwoeste oorlogstuig in geroeste skroot.


Openbaring 2374

MET BLYDSKAP VERBY

26 Augustus 2016 Vrydagmiddag 13:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer

O waaroor kan ons, ons nog verbly, want van gister bevry, met 'nou
net' sopas verby en dit terwyl ons `n angswekkende onseker toekoms in
gly.  Uit foute geleer probeer ons nou versoekings vermy, ja, met die
hoop dat ons, ons daardeur by die voete van God neer kan vly.

O waaroor kan ons, ons nog verbly met die eindtyd so naby en dit
terwyl ons weet die groot verdrukking gaan almal onderkry en daar is
niks wat ons kan doen om hierdie heel grootste toets te systap of
vermy.

O waaroor kan ons, ons nog verbly want oral om ons daar verval ons
kontrei.  Bykans op elke gebied word ons net gekasty terwyl ons
verbete net om oorlewing baklei, ja, met Mammon wat ons boonop net om
elke hoek en draai probeer verlei.  So is ons lewenspad met distels en
dorings uit geplavei, met ons oorswaar lewenslas lankal heeltemal
oorskry.

O waaroor kan ons, ons nog verbly, met oral net ekstreem
weerstoestande nie te vermy.  Ja, met vreeslike kateklismis wat ons
gaan onderkry, terwyl die mensdom onder hongersnood en pessiektes gaan
ly.  Kyk, woestyngebiede raak oornag deurnat soos `n oeroue vlei, met
komende vloed fratsgolwe skrikwekkend hoog in gety.

O waaroor kan ons, ons nog verbly, want van gister bevry, met hierdie
oomblik sopas ook ewig verby en dit terwyl ons `n skrikwekkende
onseker toekoms binne gly.  Probeer daarom om uit foute geleer,
onnodige versoekings te vermy, ja, met die hoop om jou vir ewig in
vrede, by die voete van Elohim neer te kan vly.

 

Openbaring 2375


‘N 'DRONE' MET ‘N KIEM


28 Augustus 2016 Sondagaand  8.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

As `n spikkel in die lug, verskyn daar `n 'drone' en netsoos `n 'cone'
is dit in 'bladlood' om `n voorwerp toe gechroom.  Hierdie tuig word
beheer deur `n kleine kiel en daarin versteek is `n  laboratorium
kapsule, en daarin skuil `n baie gevaarlike mikroskopiese klein virus
in die vorm van `n reptiel.

Kyk, hierdie kiem gaan niemand wie sy pad kruis oorsien, want dit is
hier om as `n biologiese wapen te kom dien.  Ja, iewers op aarde
verskyn daar oor `n horison `n verdagte 'drone' en netsoos `n baie
einaardige 'cone' is dit met lood toe gechroom .  So, watter land roep
eerste:  Kyk, die laboratorium gekweekte pes is hier, deur ons vyand, in
`n kleine vlieënde trojaanse perd in ons midde ingestuur.

 

Openbaring 2376


WêRELDWAANSIN


1 September 2016 Donderdagmiddag  14.00

www.nuutsteopenbaringevanjuidthdebeer.co.za

Geheel die wêreld is nou behoorlik deurmekaar, met die kerk en
politiek op elke gebied so mal, ja, in waansin so bisar.  Kyk, die
hoer van Babilon is nou te oud om te kan baar en haar man die draak
spat nou ook heeltemal uitmekaar.  Sy kop rol hier en sy ledemate daar
en sy oë lê wyd verprei van mekaar.  Sy een oog kyk leweloos na die
Weste terwyl die ander oog net so dood na die Ooste staar.  Ja, al sy
ledemate is verrot en val nou uitmekaar en kyk,  geen koning, politkus
of geestelike, sit hom ooit weer as `n eenheid aanmekaar.

So staan die valse vredesvors na vore as net die man, `n kamma
towenaar en hy sê, ek kul jul hier en ek kul jul daar en kyk net wie
slaan vir die laaste rondte alleen die snare van die wêreldkitaar.
Maar Rusland bulder, hierdie nonsens sal ek nooit aanvaar en daarom sal
die gerammel van my oorlogwaens ook nie bedaar.

Geheel die wêreld is in waansin nou heeltemal deurmekaar en die Weste
is heeltemal te laat met hulle nou so swak bedekte regse beswaar, want
die groot migrasie na Europa en die Weste gaan nie bedaar.  So raak
globale politiek nou die grootste dobbelaar en elke land verloor elke
spin van die rouletterol en dit maak die reeds verswakte ekonomie
uiters vinnig klaar.  Maar die politieke leiers lieg blatant vir Jan
publiek en sê:  Dek die feestafel want die gans met haar goue
eiers is amper gaar.

Geheel die wêreld is in waansin nou heeltemal deurmekaar en van Oos na
Wes, Suid na Noord, ja, om en om die planeet vlieg menig baie
hoopvolle pendelaar.  Maar hulle lewensdroom oor `n vredesbestaan word
nooit bewaar want al val die draak ook hoe uitmekaar sal `n sataniese
eenwêreld burgerskap die mensdom vir `n volle verdrukking die gesig
instaar, ja, en dit voordat die laaste uur, van die laaste dag, van
die einde van hierdie tydvak sal verjaar.

Geheel die wêreld is nou mal, heeltemal deurmekaar, ja, met die
mensdom so diep beswaar, wyl die gees van waansin en tweespalt net nie
wil bedaar.  Kyk, die son word swart en die maan word bloed en die
sterre val soos vrot vrugte in `n pes oesjaar.  In die hemelruim vlieg
`n ander draak en sy vuurstert slaan alles deurmekaar, terwyl die
oordeel in Sy vallende skale oor geheel, die planeet aarde, in wraak
rondbaljaar.  Ja, met die gees van waansin wat nie gaan bedaar, begin
ondanks al die chaos, die nasies en volke, nou ernstig oorlog, teen
mekaar te verklaar.

 

Openbaring 2377

'N GEESTELIKE VERGADERING


2 September 2016 Vrydagaand 23.00 


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wyl die tyd nou vinnig nader, staan daar die geroepenes, wat in U Naam
o Vader, nou geestelik globaal begin vergader.  Ja, daar is die
doeners en die daders, die basuinblasers, die profete, die skrywers
asook die vertalers.  Daar is geestelike manne en met U volle
wapenrusting staan hulle paraat en berede, gereed met U Woord op
Goddelike Parade en daar is ook vroue en hulle waarde is ver bokant
diè van goud, diamante of enige korale.

Kyk, in die eindtyd wingerd is daar werkers en hulle voed die hongeres
en klee die armes, ja, die naaktes sowel as die kales.  Daar is die
voorbereiders en hulle vul versteekte skure en leë sale.  Ja,  oor
geheel die aarde se uitgestrekte berge en dale staan die geroepenes
onder die leiding van U Gees nou nader.  Die engele juig terwyl hulle
roep:  Kyk, die heiliges begin uiteindelik te vergader en luister hulle
spreek nou werklik in liefdeshemel tale.

So begin satan en sy hordes ook nou te vergader en die hel met geheel
sy inhoud reageer vir `n vale.  Kyk, daar staan dapper heilige
martelare en oor hulle liggame lê daar bloedige hale, maar steeds kruis
hulle met die bose hulle verdedigingsswaarde.  Die engele roep:
Onskatbaar-onskatbaar, is hulle ewige hemelse waarde, berei daarom
vir hulle die hemelfeesmaal en bring vir hulle droë lippe Goddelike
wyn en die Heilige Apart Gestelde Water.

Terwyl die eindtyd nou vinnig nader, staan daar globaal, die
versteekte verseëldes, die uitverkorenes, ja, die geestelike
bittereinders nou in `n Goddelike geestelike vergadering nader en
hulle roep:  Wees in hierdie tyd o, Elohim, onse Hemelse Vader, ons
enigste Raadgewer en ons Goeie Berader.

 

Openbaring 2378

SATAN, VROLIK EN DRONK

3 September 2016 Saterdagmiddag  13.47


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op `n wêreld hoofsnelweg kom die duiwel slinger-slinger aangestap en
hy sing sy dronkmanslied terwyl hy sy skubberige hande vrolik saam
klap.  Ja, hy praat luidrugtig met homself en lag baldadig vir sy eie
grap, voordat hy onverwags in die middel van die pad, papdronk omkap.

`n Biskop kom tot sy hulp nou uiters vinnig aangestap terwyl sy
baadjiepante komies agter hom aanflap.  Hy buk oor die duiwel terwyl
hy verbaas na sy asem snak en voordat hy homself kan keer het hy die
identiteit van die duiwel, as diè van elke pous uitgelap.

`n Priester kom nou haastig by om die mond van die biskop toe te klap,
ja, voordat nog harde feite diè se tong ontsnap.  Ook `n Protestantse
doktorpredikant kom haastig aangestap en met `n bietjie geurige sap,
begin hy die duiwel liggies lawe, deur hom saggies maar liefdevol op sy
bokkebakkebaard wange te klap.

Die duiwel kom hierna vinnig by, terwyl hy sy lippe vir nog gruwelwyn
op mekaar smak en hy begin om al die kerkamptenare om hom onbeskof af
te jak.  Ja, hy sê:  Katoliek sowel as Protestant is intellektueel maar
baie vlak want geheel hulle geloofsidee was vir eeue lank, my, die
duiwel se eie grote grap.

So het ek, Satan, stap vir stap, op `n paar uitsonderings na, geheel
die mensdom as een tropdier voorberei op my sataniese
wêreldburgerskap.  Die duiwel lag voort in sy steeds vrolike besope
dronkenskap terwyl hy sê:  Maar kyk ek raak toe verveeld en vergryp
myself aan die hoer van Babilon se goed gegiste gruweldruiwesap en so
word die waarheid uit die mond van `n dronk duiwel voor die laaste
fase van my deeglik uitgewerkte plan uitgelap.  Ja, die Voorsienigheid
Self laat dit toe, sodat die wat wil, nog steeds my bose plan kan
ontsnap.

Die duiwel strompel nou orent terwyl hy slinger-slinger op die wêreld
hoofweg voortstap.  Hy sing sy dronkmanslied en dit lui: Wie behalwe
die uitverkorenes kan my ontsnap, daarom gee ek glad nie om, my plan
het uitgelap, want kyk, die mensdom is in geheel sy wese in elk geval
te slap, om my die duiwel, op enige manier te kan systap.

 

Openbaring 2379


DIE TWAALFDE DIMENSIONELE DEUR


9 September 2016 Vrydagmiddag  16.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za



Ek hoor `n stem wat roep:  Grendel, ja, sluit nou die laaste twaalfde
dimensionele deur, sodat die meer gevorderde geestelikes vir `n kort
oomblik oor die groot verlies in wêreldgeledere kan treur.  Kyk, deur
soveel Goddelike Ordes deur die mensdom so onverskillig versteur, is
nie net volke en nasies nie, maar ook bloedbroers nou uitmekaar
geskeur en die hemel staan oor selfs die laaste heilige-oorblyfsel,
diep teleur.

Daarom sal daar in die laaste groot Goddelike stilte, ook die
uitverkorenes vir `n oomblik lank, ja, in `n godverlate toestand, God
se Gees, in hulle grootste toets ooit, moet ontbeer.  So, geseënd is
die wat ondanks hierdie skrikwekkende toestand steeds gedetermineerd
vorentoe beur, ja, net omdat hulle weier om die nabyheid en liefde
van hulle El, vir `n oomblik te verbeur.

Ek hoor twee stemme nou saam uitroep:  Kyk ons is Migael en Gabriel
die sleuteldraers, so waar is die slot en grendel van die laaste
twaalfde geestesdimensionele deur.  Is dit bo tussen die eindelose
sterre of vind ons dit in die heel laagste sfeer en ek hoor `n ander
stem antwoord:  O Kyk net na die kleine aarde al sirkelend om haar
son, terwyl sy om en om, in dag en nag, om haar eie as roteer.

Roep daarom nou alvier haar aartsengele saam om in Gees en Waarheid
met mekaar in Elohim se Teenwoordigheid te kommunikeer, ja, sodat Gees
en materie nou van aangesig tot aangesig met mekaar kan verkeer.  Weet
daarom Gabriel en Migael getuig nou in die vlees met Rafael en Uriel
tot voordeel van die mens in die Gees.  Daarom staan die twee
kandelare nou tydelik as materie en  die vlam daarvan is suiwer gees
en weet dit is slegs God Self, wat die lamp tot `n suiwer son kan
ontsteek.

Weet daarom dat Gees en Waarheid die enigste sleutel is tot die
twaalfde geestesdimensionele deur.  So salig en heilig in hulle
verrukking is die twaalfduisend maal twaalfduisend wat op die einde
daardeur, want  kyk, voor hulle geopen is die Nuwe Jerusalem se ewige
deur.

 

Openbaring 2380


SKAAL, BEKER EN SWAARD


11 September 2016  Sondagoggend 08.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien `n Skaal, `n Beker en `n Swaard, ja, in die hande en aan die
Sy van `n ou maar kragtige gespierde Man met `n Spierwit Baard.  Ek
sien Hom staan op `n hoë berg, met rondom Hom daaronder geheel die
wêreldkaart.  Ek sien Hy dra `n lang spierwit gewaad en met soveel
bliksemstrale om Sy Gelaat, kan my oë hulle nie vir `n oomblik in
daardie rigting verlaat.

Ek hoor `n stem wat vra:  O waarom vra jy Hom nie om Sy raad en ek
fluister omdat dit my as sondaar tog nie sal baat want ek is bevrees
ek maak Hom dalk net kwaad.  Maar die stem antwoord nou self `n
bietjie kwaad:  O wees eenkeer tog net `n vrou, van `n bietjie durf en
daad en weet op Sy groot Genade kan jy jou verseker maar verlaat.

So staan ek nader maar my hart wil in angs en vrees net nie bedaar en
my poging is alles behalwe dapper of kordaat.  Maar vreesbevange voeg
ek tog die woord by die daad en gaan staan onseker by die Soom van Sy
Gewaad.  Ek hef my oë op, maar lig dit net tot by die punt van sy
Silwer Spierwitbaard en skielik begin die Wysheid self in my hart te
praat.

Die Wysheid sê:  Kyk, Ek is die Kruis en aan die Dwarsbalk elke Skaal
en die wêreldonreg het in sy volle massa op My neergedaal en met maat
vir maat gemeet, is die gruwels op aarde nou heeltemal te swaar en kyk
dit maak My baie kwaad.  Daarom ledig Ek dit nou om dit in volle
Oordeel op die wêreld uit te laat.

Ek hoor `n knal en sien `n skaal wat oorverdowend val en onder op die
groot wêreldkaart skuif `n enorme aardplaat en `n reuse aardbewing is
verwoestend in sy totaal.  Ek hoor die stem wat sê:  Miskien het jy
nou die moed om iets te vra of dalk net oor te wil praat.  Maar my
keel is droog en my tong is lam en my oë sak af na die beker in Sy
hand en ek sien ook dit is in volle maat en ek weet dit is tyd vir die
wêreld om vir al haar gruwels te betaal.

Die Beker kantel en gooi Sy volle maat en elke denkbare pes en plaag
word op die wêreldkaart losgelaat.  Elke land en staat begin om hulle
beste weerstand uit te haal.  Maar die engele smaal en vra:  Waarom
roep julle o, mensdom nie nou na julle kerkgod Baäl want kyk die
Vaalperd staan klaar gereed opgesaal en al julle pogings op oorlewing
gaan net faal.

Ek hoor die stem wat weereens praat en wat my vra of ek nou iets wil
vra of sommer net `n bietjie praat.  Maar steeds nie in staat om te
kan praat begin my oë te dwaal na Sy grote Swaard.  Ek sien dit swaai
omhoog en word daarna hard op die aarde neergelaat en dit reën bloed
en oral word dit rooi oor die grote wêreldkaart.

Oor see en land kom die oorlogstuig nou in volle vaart en missiele
trek sekuur soos `n goed gestuurde ’dart’ en iemand roep die grootse
atoombom val miskien iewers in `n toekoms Maart.  So, wee elke
wêreldling, ja, elke materiële vraat, want geheel die wêreld gaan
hulle op die groot dag van die Gog en Magog verlaat.

Ek sien `n lang gespierde maar nou bloedjong Man met `n Goue Baard en
ek sien in Sy hand hou Hy `n goue bakkie met daarin suiwer goue
koringsaad en ek hoor `n stem wat sê:  Kyk, die ou weë het nou
verbygegaan, so het jy o mensekind nou die moed om te kan praat.  Ek
lig my oë na die man se Hoof en sien die bliksemstrale het verbygegaan
en ek het die grootheid van die oomblik goed verstaan.

Ek sien die mees mooiste suiwer Liefde stralend vanuit Sy oë oor die
nuwe aarde gaan en ek sien Sy Nuwe Daad met Sy goeie geoeste saad wat
al saaiend oor die nuwe aarde gaan en my tong raak los, wyl my loflied
na Hom opgaan.  Ja, omdat Sy Wysheid in my hart, my nou goed laat
verstaan, dat vanuit die as van hierdie Oordeel, Sy Liefde vir die
mens, weer op sal staan.

 

Openbaring 2381

RUILHANDEL

12 September 2016 Sondagmiddag 15:35 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor stemme uit die toekoms praat en ek weet daar kom twee groepe
ewig nooit weer te versoen.  Ja, ek hoor `n stem wat sê:  Ek gee jou
tien appels vir jou waatlemoen en `n halwe skaap vir daardie groot
kalkoen.  `n Pot vol vars bonesop vir `n boerpampoen en ses groot
eiers vir daardie perlemoen.  Kyk, ek gee jou hierdie goeie oulap vir
tien van daardie suurlemoen.  So, wat gee jy my vir hierdie spinasie
nog so kraakvars en groen.

Maar stop nou eers die ruil, want kyk, daar kom Coen, pasop vir
daardie man want met sy nuwe van is hy mos na die merk van die dier
vernoem en daarvoor staan hy sterk in krediet in die miljoen.  Waar hy
kan, sal hy, die, nog nie met die dier se merk versoen, baie maklik
leed of kwaad aandoen.  Ja, van sy siel het hy mos maklik afstand
gedoen en daarom verraai hy sy eie bloed maklik met `n klapsoen.
Daarom moet ons so gou as wat ons kan, al is dit ook met moord, van
hom wegdoen.

Kyk, ek gee jou `n goeie perd vir daardie ou Citroen en ook `n handvol
goeie pille vir daardie vet galjoen.  Ek gee jou hierdie kosbaar sout
vir daardie nog bruikbaar kinderskoen en as ek weer kom, `n koppie
suiker vir die ander skoen.  Ek ruil jou hierdie baadjie vir daardie
jas want beide is nog in goeie fatsoen.  Maar staan eers nader, sodat
ek jou kan groet met `n opregte broedersoen en laat weet die ander ons
ontmoet weer oor `n week, by die verlate ou groen pawiljoen.

 

Openbaring 2382


OORDEEL KOM VANUIT GOD SE HAND


22 September 2016 Donderdagoggend 02.30


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Stank vir dank vertoef `n bose wêreld in haar gruwels te lank.  So, wie
is bestand teen die oordeel afkomstig vanuit God se hand.  Kyk,
handelskepe lê gestrand, die hyskrane omgestamp, in die laaisones van
hawens, tot op die grond afgebrand.  In geen kontrei of land kom daar
regtig meer enigiets tot voordeel van die mens tot stand.  Ook die
banke kom tot stilstand, so, wat beteken nog die Euro, die Pond,
Dollar, Rand of elke nuttelose verband.  Maar die wêreld hoop steeds
op die nuttelose werke van sy eie verstand, terwyl hy steeds sy siel
aan satan vir nuttelose kontant, ru-olie en goud probeer verpand.

Kyk, die Weste het Ek ondersoek van hoek tot kant en gevind al haar
regerings is almal aan satan bloedverwant en hulle terg My openlik, ja,
blatant en daarom lig Ek nou teen hulle My oordeelshand.  Daarom roep
elke nuusagentskap en koerant nou van die oggend tot die aand,
“Onkant-onkant ons is met ons broek op ons knieë gevang".  So raak die
Weste nou vreesbevange en bang want haar Europese unie is heeltemal
mank en almal blameer Duitsland, België, Frankryk en Nederland want
hulle is hoofsaaklik daarvoor te bedank.

Oral hang nou Mammon se stank en vanuit sy ontbinding kom ewig nooit
weer iets tot stand.  So lig die Ooste haar kortstondige oorwinnigskelk
en drink haar ironiese selfvernietigende drank, ja, al luisterend na
haar eie ondergang in oorlogsklank, met Dagon se oorlogsbuskruit rook
wat reg rondom die aarde begin rank.  So, wie is bestand teen die
Oordeel komende vanuit Elohim se hand want kyk die handel en
passasierskepe lê oral gestrand met die hyskrane omgestamp in
laaisones van hawens nou afgebrand, met ook alhoe minder vragvliegtuie
wat op lughawens begin lan, raak winkelrakke leeg en word dit nie met
nuwe voorrade, lewensmiddele en kos vervang.

Die uurglas is leeg, dit staan sonder sand en niemand is meer teen die
globale ondergang bestand.  Afrika bedel nou uiters blatant en
tevergeefs probeer sy haarself as `n ekonomiese uitkoms aan `n reeds
so sukkelende wêreld te verpand.  Maar almal beskou haar oor `n
afstand en dit met `n baie lang tand want resessie word oornag met
depressie vervang en eie oorlewing raak nou elke land se eerste
prioriteit en grootste drang.

 

Openbaring 2383


DIE MENS ‘N WESE SONDER REDE


23 September 2016  Vrydagoggend 04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In ons smeke na vergifnis vir al ons gebreke, vra ons in ons bede om
goddelike berusting en vrede.  In ons teleurstelling oor soveel foute
begaan vanuit ons verlede, rig ons daarna maklik ons toekomshoop op
ons eie verbetering deur ons werke van nou in die hede.  So dikwels
was ons foutief en onredelik in ons argumente en rede, maar nou sweer
ons klaar weer hoog en laag in ons nuwe ede.

Ja, in goed sowel as kwaad daar is die mens so ekstreem omstrede en na
vooruit- sowel as agteruitgang daarheen wend hulle gelyktydig hulle
skrede.  Uit die as van hulle verwoestende oorloë daaruit wil
homosapiens altyd weer herlewe en vanuit die as en die rommel daarvan
bou hulle hul nuwe infrastrukture en stede.

Na die hoogste pieke van ontwikkeling wend hulle hul strewe, maar met
die mees ongelooflikste ontdekkings is hulle net nooit nie tevrede.
Die mens hardloop herwaarts en derwaarts soos krappe en gaan oor alles
emosioneel baie tekere en voed hulle op die afval van die lewe netsoos
krewe, net om aan die einde van hulle dae te beweer, kyk, ons het
werklik gelewe.

Ja, oor die werke van hulle hande daaroor voel die mens homself
uitermatig verhewe en daarom  vergeet hulle om voor die Aangesig van
Elohim oor hulle hoogmoed te bewe.  Met rykdom, daarmee wil die mens
homself graag so dikwels as moontlik omgewe, om op vlerke van goud en
silwer na `n valse Mammonshemel te kan swewe.

Elke misstap en sonde het die mensdom al ekstreem belewe en hulle
onverskillige antwoord daarop is, kyk, God is mos goed en daarom sal
Hy al ons oortredinge, ons altyd oor en oor net vergewe.  So jakker
die mensdom rond in weelderige voertuie, ja, so gemaklik vierwiel
aangedrewe en hulle voel hulle self in bykans elke gemaksone so
geweldig teverede.

Ja, die mens draai maklik sy rug op sy foute vanuit die verlede en kyk
hoopvol na die toekoms en leef voluit in `n nuwe sondige hede.  Maar
steeds vra die mens so skynheilig in die smeke van sy kwansuis so
ernstige gebede.  O skenk ons vergifnis vir al ons tekortkominge,
foute en gebreke en bring daardeur vir ons berusting en volkome
gemoedsvrede.

 

Openbaring  2384

NIMROD EN BILEAM IS HIER

25 September 2016 Sondagmiddag 15.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die hel het gebaar en Nimrod het geïnkarneer en uitdagend staan hy vol
selfvertroue en bravade as die wêreld veroweraar, ja, die god van die
wêreld nou daar.  Reeds halfpad daar, maar nog steeds onklaar, staan
die hedendaagse moderne toring van Babel daar en niemand vanuit al die
volke of nasies maak daarteen enige noemenswaardige of ernstige
beswaar.  Kyk, kort voor lank is die nuwe wêreldorde bedeling gereed
en klaar, sodat geheel die wêreldbevolking, hulle as een kuddedier
daarom moet skaar.

Die kultuurgod van Raka en die Adamiet staan hand aan hand saam om die
groot gruwel obelisk as `n eenheid daar en in `n eenwêreldtaal word
die groot gruwel van ouds weer uitgebaar en geen landsgrens word
daarna meer gerespekteer of gespaar en nêrens op aarde vind `n
apartgestelde kind van God meer `n heilige altaar.

In hierdie vreeslike tyd op aarde is daar maar net een groot tollenaar
en dit is Nimrod wat al die skatte van die aarde om sy gruwelleer
vergaar, want om hom die dier, sal groot en klein, arm of ryk, jonk of
oud, vryman of slaaf, sy merk (666) as sy eiendom dra en dit terwyl
hulle die draak aanbiddend, sonder enige vrye wil of keuse soos
zombies sal aanstaar.

Die hel het gebaar en kyk Bileam die ou towenaar en Nimrod staan as
onafskeidbare kamerade  bymekaar en hulle verbind as satanspriesters
nou die pous en die hoer van Babilon in die huwelik as `n walglike
wêreld koninklike egpaar en daaroor wil die gejubel en gejuig vanuit
die gemeentes net nie bedaar.  Maar die papvrot gort is lankal gaar en
kort voor lank is dit ook met al die kerke klaar want die Weste raak
tydens die groot verdrukking heeltemal onbruikbaar.

Die Weste se bodem lê onbewerk, verniel en onvrugbaar nou heeltemal
vertrap onder die onrein voete van haar verdrukkers, naamlik die
verbasteraars.  Kyk, Elohim luister na geen aanklag vanuit die mond
van Europa asook geheel die Weste nie en Hy gaan Hom ook nie in
beskerming by haar skaar want sy het haar nie gehou by SY WOORD en
OPDRAG, ja, geskryf soos in Deuteronomium sewe, vers twee en drie nie,
maar het haar instede daarvan in ontug en wellus met Kanaän-Kus
verswaer, terwyl sy onrein kinders sonder getal, by die hordes sou
baar.

 

Openbaring 2385


TWEE STEMME IN TWEE TALE


28 September 2016   Woensdagmiddag   15.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor twee stemme praat en die eerste roep:  Love is now hard, cruel
and rude, with hate so soft and smooth.  The moon is red like blood
and the sun is zoot, while the kingdom of the ant crumble under
soldiers boot.  Bitter is the fruit of truth, but sweet the lie of
the poison root.  So, listen to global guns - how loud they shoot, while
all around the world now the nations loot.  Yes, love is now bitter,
hard and rude, with hate so tender, soft and smooth.

So hoor ek die tweede stem wat roep:  Ja, kyk die maan word bloed en
die son so swart soos roet, so wie sou kon weet en wie sou kon vermoed,
dat haat en liefde mekaar met `n minnaarskus sou groet.  Dit terwyl
die ganse mensdom vir die sondes van konings, regerings en bankiers
moet boet.  So, wee die dag, ja, die dag van die groot globale
begrafnisstoet.

 

Openbaring 2386

GOD BREEK NOOIT SY WOORD OF EED

5 Oktober 2016  Woensdagmiddag  13.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die profeet het gevra:  Moet asseblief nie my stukkie vis vergeet en die
volk het hom uitgelag en gesê:  Hier is vir jou `n giftige slang om
van te eet.

Die profeet het gevra, om net `n klein stukkie brood te kan eet en die
volk het gesê:  Hier is vir jou `n harde klip om aan te vreet.

Die profeet het gevra, kyk, ek is naak, gee my, al is dit ook maar net
`n armoedige kleed en die volk het spottend gesê, jy sal maar net moet
leer om daarmee saam te leef.

Die profeet het gesê, kyk, God het my gestuur met waarskuwings, sodat
julle Sy volk, betyds kan weet.  Maar die volk het geantwoord, jy dink
jy is iets en daarom sal jy ons uiterste haat beleef.

Die profeet het gesê:  Laat ons na liefde en eensgesindheid streef,
sodat ons in ons midde kan sien en laat leef, maar die volk het
geskreeu, jou maat het ons vir jou met klippe uitgemeet.

Die profeet het in volharding gepreek, moet nie julle heilige kroniek
vergeet, maar die liberale gedeeldte van die volk het hul heilige
d.n.a met verbastering deurweek.

Die profeet het geroep:  Dit is tyd om voor die Almag van God te begin
beef, maar die volk het uitgeroep, laat Mammon eerder opnuut in ons
midde herleef.

Die profeet het gewaarsku, kyk, die planeet waggel, sy staan binnekort
heeltemal skeef en die volk het gespot en gesê:  Laat ons daarom eet
en drink en voluit leef want die lewe is `n grote fees.

Die profeet het geroep, kyk, die dier is hier en hy dra die horings van
die gruwelbees en die massas het gejuig en gesê:  Laat hy alleen nou
oor ons heers,

Die profeet het bewend hees gefluister:  Kyk, oral oor onttrek God se
Gees en die gemeentes het spottend geantwoord en waarom sal ons dit
nou vrees.

Die profeet het geswyg want `n groot Goddelike stilte het oor die
aarde neergedaal want die groot gruwel en al die sondes van die mens
was kompleet.

En die profeet het by homself gedink, God het nou ook die verseëldes
heeltemal vergeet en `n Stem vanuit die hemel het hom geantwoord, die
maat is nou vol gemeet.

Ja, die Stem het gesê en dit is nou tyd vir jou profeet om te eet, so
hier is twaalf edelvisse en twaalf hemelbrode, begin daarom dadelik
om te eet.

Hierna het die Gees weer gepraat en gesê:  Voorwaar, kyk,  jy is
werklik heeltemal naak, so dit is tyd om jou te klee, maak daarom die
harige mantel wat jy eens afgewerp het weer jou kleed.

Begin daarom weer profeet, om te profeteer en bring nader die groot
Oordeelsleed, sodat die mensdom kan weet, God breek ewig nooit Sy
Woord of Eed.

Gee heel eerste aan die vertrapte-onverbeterlike volk, in plaas van
brood, harde klippe om te eet en weerhou hulle van die edelvis se
vlees, maar gee hulle Nagash om aan te vreet.

Skeur van hulle lyf die rykmanskleed, sodat hulle vertrappers en
vyand, hulle volle naaktheid, asook hulle skaamte kan beleef.

Stuur die swaard in hulle midde sodat hulle en hulle kinders se vars
bloed, hulle eens erfgrond tot in haar diepte kan deurweek.

Ja, profeteer profeet, maar weerhou van die eens heilige (aparte) maar
nou gruwelvolk, die hemelwoord, sodat slegs die uitverkorenes die
Brood van God onder mekaar kan breek.

Laat val `n Oordeelskaal sodat die aarde daarvan woes begin sidder en
beef en laat Alsem ook nie haar uiters bitter missie vergeet.

Maar bowenal maak los die boeie van die dier, ja, die dier met die
horings van die gruwelbees, sodat die nasies weer kan leer, om te
sidder en te beef, want hulle gruwelmaat het nou vol gemeet.

 

Openbaring 2387


DIE TYDVAK SE LAASTE UUR


7 Oktober 2016  Vrydagoggend  09.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Luister net na die eentonige tik-tok van die tydvak se laaste uur en
kyk hoe verterend is die vlamme van Hades se onblusbare vuur en sien
hoe diep, somber en grou is die waters van die doodsrivier.  Kyk, net
na die eienaardige vorm  van die eindtyd dier, ja, met verwarrende
kleure, strepe en kolle, weet niemand is dit nou `n leeu, `n luiperd
of `n tier.

Maar kyk in sy kop is dit twee mense oë wat wreed en bloeddorstig na
die nasies en volke gluur en `n stem roep hard uit:  Kyk, vanuit alle
skepsele is hy die mees bose wreedste kreatuur.  So wee, ja, wee die
dag van sy kort maar dodelike koninkryksuur en daarom laat God nie
toe dat dit te lank duur want anders sou selfs die heiliges, dit nie
tot op die einde daarvan kon verduur.

Luister net na die eensame geloei van die wind en kyk net hoe treur
geheel die natuur, ja, met so skrikwekkend- wisselvallig, geheel die
planeet se temperatuur.  Sodat die mensdom verskrik daarvan uitroep:
Hoe lank gaan ons nog die vloede en die droogtes kan verduur.  Kyk,
net hoe leeg staan die wêreld se voedselskuur, terwyl die son sy
strale nou onafgebroke, so ongenaakbaar, na die aarde stuur.

Luister daarom net na die eentonige tik-tok van die tydvak se laaste
uur en weet Satan het sy mees skrikwekkende demone vir hierdie
vreeslike tyd gehuur.  So kyk net na die verwarrende politieke kolle
van die eindtyddier en weet die gevalle engele is in die gedaantes van
konings, politisie, geestelike en veral die groot Joodse bankiers nou
hier.

En dit terwyl hulle met die dooie oë van reptiele en vampiere na al
die volke en nasies tuur want in hulle wese word hulle deur die
intelligensie van Lucifer aangevuur.  Kyk, in hulle oë flikker die
vlamme van hel en hades se onblusbare vuur, met missiele wat kernvuur
wyd oor die aarde wil stuur.  Ja, Satan droom daarvan om God se
skepping met geweld te kan bestuur en daarom is die mensdom, vir die
bose, net `n willose waardelose pion, wat hy na willekeur in sy matrix
plan, na sy eie ewige afgrond toe stuur.

 

Openbaring 2388

AMERIKA

8 Oktober 2016  Saterdagmiddag  15.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die Amerikaanse politieke toekoms word in `n bokskryt op `n goedkoop
sirkus gebou en kyk `n kandidaat val flou en die opposisie sweer vinnig,
ja, gru en effens rou, Clinton, lyk ongesond, oud, grys en om die oë
so effe af en grou.

Maar kyk sy word met die hulp van drup en opkikkers, asook vitamien B,
dapper regop gehou en so begin haar oë weer spoedig venynig
geniepsig te vernou en sy gee Trump, `n onder die belt lae hou.  Maar
die herstel weer vinnig en begin om haar weer bekkig toe te snou,
terwyl haar gevolg om weerwraak skrou.

Oral wapper die Amerikaanse vlag, soos die goedkoop stertvere van `n
pou, maar kort voor lank hang dit halfmas in pikswart rou.  Die
Amerikaanse toekoms word in `n donker krisistyd op uiters goedkoop
smaak en vertoon gebou en `n vrou wat veronderstel is, om in haar
kombuis vir kleinkinders en liefdadigheid te bak en brou, ja, die wil
`n groot moondheid in sy ondergang, kamma, ekonomies, regop hou.

Kyk, Obama wil steeds deur Hillary, die heersersepter, in sy hand
vashou en daarom lag satan nou heerlik in sy mou, ja, in die
linkerkant van die Phoenix se gruwelklou, met die oorwegende liberale
denke van `n volk wat kliphard poog, om die Kaukasiese ras in Amerika
se graf te grou, want aan vermenging, sweer die onderkruipers mos
hulle ewige trou.

Amerika o, Amerika, wanneer toon jy voor God, oor jou grootheidswaan
jou berou want jy is besig om jou groot "American dream" in die
lanferlappe van dood en rou toe te vou.  Kyk, HY is klaar besig om
Rusland sterker as jy na vore te hou, so, was jy Amerika maar warm of
was jy maar koud, maar nou bly jy in `n groot gedeeldte van jou
bevolking uiters lou en daarom kan `n verkeerde presidentskeuse jou
diep berou.  So laat daarom elke 'prepper' dit waarmee hy besig is,
hom nou ernstiger as ooit, mee besig hou.

 

Openbaring 2389


DIE DIER VERSUS VERSEëLDES


9 Oktober 2016  Sondagoggend   07:50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Babilon die hoer, die groot gemeente, die gevalle christendom, ja, die
Weste het by alles wat bo in die hemel en onder op die aarde is
gesweer, dat sy alleen die wêreld sal beheer en domineer en oor alles
en almal op aarde deur haar eenwêreldorde sal heers  Daarom het sy
haar wetgewing deur die mond van die dier (die ekonomie) waarop sy ry,
probeer proklameer en elke lewende siel onder haar beheer was hierdeur
erg geterroriseer en daardeur onmenslik getraumatiseer.

Ja, niemand was toegelaat om met enige beswaar of verweer teen haar
kamma interne demokrasie te protesteer en kyk die mens se vrye wil of
besluit was daar nie meer want om in `n geldlose tydperk te kon
oorleef, moes hulle noodgedwonge as die dier se slawe eiendom, sy
brandmerk, naamlik die mikroskyfie, met geheel hulle verstand en
bestaan, met hulle alles eer.

So daal Satan self as die groot Illuminati wêreldheer, die engel van
skynlig, die god van die wêreld, ja, as die groot verdukker, tussen
die mensdom neer en vir drie en `n halwe jaar is daar niemand, behalwe
die verseëldes, wat teen hom kan protesteer.  Die dier sal alles as sy
eiendom merk, soos `n reunhond daarteen urineer en niemand kan die
stank daarvan besweer en wie dit sal waag om dit te kritiseer sal op
die plek onthoof word, van sy lewe ge-elimineer.

Maar kyk, Ek deel julle `n verborgenheid mee, so, salig en heilig is
twaalfmiljoen wat wel hierdeur hulle aardse lewe sal ontbeer want deur
die eerste opstanding sal ook hulle in verheerlikte vlees, werkers van
die goddelike Gees in die ewigheid wees.  Maar wat betref die drie en
`n halfjaar verdrukking moet daar ook werkers van die Gees teenwoordig
in menslike vlees wees en daarom is daar honderd-vier-en-veertigduisend
vanaf hulle geboorte vir hierdie doel verseël.

Vanuit hulle midde skyn die Onblusbare Lig van die Sewe kandelare, ja,
Elohim se Volmaakte Gees, waaruit die twee Olyfbome, ja, die twee
getuies, die een vanuit hemelgees en die ander vanuit aardse vlees
profeteer.  Hulle sal op hulle beurt die dier en sy hoer met haar
vals profeet en al die draers van die dier se merk kom trotseer en
hulle uitermatig irriteer, om op elke gebied met tekens vanuit die
hemel en plae op aarde, ja, deur vallende skale, die wêreld-
infrastruktuur asook die mensdom se bestaan te verrinneweer.  Kyk, die
dier het gedink hy kan regeer, maar Alleen God het die mag om te kan
PROKLAMEER en daarteen het hel en hades tot in alle ewigheid geen
verweer.

Openbaring 2390

LUISTER O WêRELDDWAAS

14 Oktober 2016 Vrydagaand  19.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Daar waar aasvoëls op lugstrome al om en om sweef en sirkelend draai,
weet, daaronder lê die karkas feesmaal, die stinkende wêreldaas.  So,
luister net na die groot politieke geraas en weet o, liberale wêreld-
dwaas dit is die eindtyddraak, die slang Nagash, wat nou so sis en
blaas.  Ja, in sy ellelange leuenmedia relaas, want die gruwel
gekamoefleerde grotes van die wêreld, ja, die mees vooraanstaande 'masons'
is nie van plan, om in hul magsug, die aftog te blaas.

Daar waar die ster van Suid-Afrika saam al die ander groot diamante
vonkel en skitter tussen uitgesoekte smarag en topaas, ja, gemonteer
op koninklike krone om te wys wie is die wêreld se koning en baas en
wie is nou eintlik maar net 'goim',  die massaniemand, net die
grotes se slaaf en klaas.  So weet daarom o, wêrelddwaas, daar waar die
rykdom is, daar is dit die stinkende aas en dit is net jou eie
'demokratiese stem' wat toelaat dat korruptes oor jou regeer en raas.

Daar by die Vatikaan waarheen al die kerkleiers hulle so graag heen
haas, om saam met die Joodse pous en groot Joodse bankiers, vinger
versnapperinge te geniet, van die heel beste wyne, kaviaar en kaas, om
net daarna as die eenwêreldorde se marionette, as hulle spreekbuise,
hulle terug na hulle onnosele liberale volgelinge te haas.  So weet
daarom o, dom christengemeentes, ja, jou opperste, uiterste,
stompsinnigste dwaas, om jou nie oor jou spoedige liberale ondergang
te verbaas.

 

Openbaring 2391

VIR DIE GROOT FEESMAAL TE LAAT

15 Oktober 2016 Saterdagmiddag 16.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die van bo-geborenes het hulle met goeie vooruitsigte na hulle aardse
missie in die vlees gehaas want hulle het geweet so `n geleentheid is
gereserveer - eenmalig en in die ewigheid uiters skaars.
Ja, hulle het goed geweet dat `n engel homself deur hierdie
geleentheid, indien suksesvol, van `n dienende gees, tot `n goddelike
kind kon verplaas.  Om daarna saam met die Koning van alle konings en
die Priester van alle priesters, ja, hulle Hemelse Vader aan te sit
vir die groot feesmaal.

So kom daar uiteindelik die dag waarop die Koning sy boodskapper stuur
met die opdrag dat die genooides hulle na Sy eetmaal moet haas.  Maar
die genooides was oor die onverwagse tyd daarvan baie verbaas.  Die
eerste se verskoning was, o kyk, ek moet my nou eers ongelukkig na my
besigheid toe haas.  Die volgende het in sy bedankingsbriefie laat
weet, kyk, ek is sopas die baas van `n splinternuwe plaas en my
arbeiders is lui en daarom moet ek eers met hulle loop raas.  Die
derde het sonder omhaal gesê:  My lewe lank is ek `n oujongkêrel, maar
einde ten laaste vind ek my bruid en na die preekstoel gaan ek my nou
heen haas.

So weier meeste van hierdie van bo-gebore uitgenooides, die
uitnodiging van die Vader se groot feesmaal.  En Die Groot Gasheer sê:
Kyk, teen hulle geestelike mislukking getuig net hulle eie verskonings
en relaas, laat daarom die dienende geeste in vlees, hulself na hulle
liggaamlike dood,  as ewige dienare van die goddelike kinders, hulle
terug in hulle dienende dimensie as geestelike werkersklas verplaas.

Aan die boodskapper word nou gesê:  Kyk, My groot feesmaal is egter
nou gereed en klaar en Ek wil nou eenmaal goddelike kinders, al
jubelend om My laat skaar.  So, gaan daarom uit op die wêreldstraat en
soek in die stegies want kyk, vanuit sondaars, hoere, dronkaards,
boemelaars, ja, vanuit die armes en wêreldverwerptes, word daar wel vir
My dierbare kinders gebaar en aan hulle sal Ek My Ewige Vaderliefde in
oormaat openbaar.

 

Openbaring 2392

GOD MET ONS


23 Oktober 2016 Sondagoggend 11.00


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Graag deel ek die volgende gesprek, waarin iemand my kliphard probeer
oortuig dat ons God se Seun, slegs as Jesus en met geen ander naam mag
aanspreek nie en my antwoord hierop was as volg:  Vandat ek my
verstand het, was ek volgens die Afrikaanse vertaling van die Bybel
opgevoed en geleer dat Sy Naam Jesus is en toe ek `n kind was, het ek,
al was dit soms hoe moeilik, tog probeer om te doen, soos wat `n kind
geleer was om te doen.

Maar nadat ek meer volwasse was, het ek `n dringende behoefte
ondervind om met behulp van die Gees, self die verskillende
vertalings en geskrifte te ondersoek.  So het ek op `n massa inligting
en geskiedkundige informasie afgekom, wat die skeppingsverhaal, sowel
as die Wet en Profete, asook die Nuwe Testament sou insluit en my
gevolgtrekking was dat meeste van dit, alhoewel dikwels verdraai, tog
goed was.  Maar dat die deurlopende onderliggende boodskap van die
Goddelike- sowel as die naasteliefde asemrowend is.

Ja, ek het gevind dat in die boodskap van die Liefde, daar `n
fenominale geskenk van God vir die mens was en dit is die vrye wil.
So het ek in my verdere soeke geleer dat die naam Jesus die Griekse
weergawe van Sy Naam is en dat YaHWeshua vanuit `n meer Hebreeuse
agtergrond kom en skielik het ek `n keuse gehad.  Die Naam YaHWeshua
was soos `n sagte melodie, ja `n wonderbaarlike simfonie op my
gehoor, wat dan ook die lliefdessnare van my hart soos niks anders kon
roer nie.

So, hou op om met my te verskil en met my rusie te maak, omdat my
Godgegewe vrye wil my toelaat om Hom te noem volgens my liefde en maak
ook jy daarom gebruik van dieselfde wonderlike voorreg en noem Hom
volgens jou keuse en liefde op die Naam van jou voorkeur, ja, sodat
ons saam in vrede en harmonie kan uitroep:  GOD MET ONS.

 

Openbaring 2393

DIE SKEIDING HET BEGIN

25 Oktober 2016 Maandagnag 24.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Te laat-te laat om te besin want die groot skeiding het klaar begin
en tussen links en regs kom daar groot onmin en dit tussen broers en
susters vanuit een en dieselfde gesin.  Kyk, haat en tweespalt is
groot, met eensgesindheid en die liefde so min en die een sal die son
oor die ander se hoof nie meer langer toelaat of gun.

Te laat-te laat vir omdraai of besin want die groot skeiding het
klaar begin.  Die verstand is in breinspoeling gebind en daarom is die
gesonde rede heeltemal blind en die liefde nou oral so
skraal en min want in kettings van haat is dit vasgebind.  Ja, met die
swaard wat so honger bloeddorstig oral net wil verslind, terwyl
menigtes in die kloue van die dood gaan ontbind.

Te laat-te laat om te besin want die groot skeiding het klaar begin
en dit in een volk en een nasie, ja, tussen eens boesemvriende, sowel
as tussen ouer en kind.  Kyk, die een is vuur en die ander is wind,
terwyl hulle mekaar in die chaos van die eindtyd warrelwind verslind.
Die koue lig van die maan skyn in repe deur die harige sak en die
atmosfeer is bloedrooi getint en die liberalis sal sy weg na die
Vaderhuis nooit weer terugvind.

Te laat-te laat vir omdraai of besin want die skeiding tussen goed en
kwaad het klaar begin.  Kyk, in die huwelik kan beide partye mekaar
nie meer vind, om mekaar langer met eensgesindheid te kan bemin.  Van
die oggend tot die aand is dit nou net twis en onmin en man en vrou
sal mekaar se bloeiende wonde nie meer langer versorg of verbind.

Te laat-te laat vir omdraai of besin met soveel burgeroorloë wat oral
in binnekringe begin.  Kyk, daar is een wat bo na die bergtop agter
die son opklim, met die ander wat in die diepte van die duisternis
verdwyn soos `n vergete skim.  So staan daar by die liberale ouer
vanuit een gesin nou bankvas sy ewe liberale kind, terwyl die ander
kind weer sy weg na sy regse ouer toe vind want die groot skeiding het
globaal begin.

Te laat-te laat vir omdraai of besin want die kaf en die koring word
geskei en die opbrengs is karig, dit is so uiters gering en baie min.
Daarom beteken die Oordeel  vir baie die einde, maar vir die
verseëldes `n vars nuwe begin.  So, bring nou nader die swaard wat
verdeel want lank genoeg swem daar in een sirkel, die verwoestende
haai, sowel as die sagmoedige dolfyn se vin.

 

Openbaring 2394

RASPOETIN FLUISTER

26 Oktober 2016 Woensdagmiddag 16.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Raspoetin fluister, luister o Putin en gee my `n kort oomblik jou
gehoor, sodat jy kan hoor wat het God vir jou vyand, die Weste gestoor.
Kom stap saam met my op gister se spoor en sien wat het Noord, Oos en
Suid, nie al alles in Engeland en bondgenoot se onversadigbare
rykmanskoffers verloor.

Raspoetin fluister, luister o Putin, oor die vlaktes van Siberië
neurie daar `n engelekoor en die woorde van hulle lied lui:  Wie
verstaan die metafoor van miljoene siele, oor so baie jare en dit vir
die siek magheb van veral Westerse konings, vermoor.

Raspoetin fluister, luister o Putin, eens wou ek `n stompsinnige Tsaar
se gehoor met die boodskap van God bekoor, maar hy was stadig en traag
en is daarom deur die dood in verraad deurboor en daarom het God
toegelaat dat miljoene in komende jare hulle lewe in Rusland sou
verloor.

Raspoetin fluister, luister o Putin en leen vir `n kort oomblik my jou
gehoor, sodat jy duidelik kan hoor, God gee jou die krag van die sekel
en hy gee jou die mag van die hamer en maklik sal jy o, Rusland nie
sommer verloor.  Maar wee jou, die dag wanneer jy jou hand sal lig,
teen die skraal oorblyfsel, die skerm in die wind, in die pragtige
land van die Suide, spesiaal vir God se nuwe ryk gestoor, ja, wee
elkeen wat sal poog om `n verseëlde van God te probeer vermoor.

Raspoetin fluister, luister o Putin, moet nooit laat die vlei- of
leuentaal van `n Jood jou oor bekoor.  Kyk, God gee aan Rusland ruim,
in dubbelmaat, ja, in die vrugbaarheid van die dubbeldoor en waar jy
wel sal val, daar tel Hy jou op want ook `n groot gedeelte van jou
landstreek word na die groot verwoesting vir die nuwe tydvak gestoor
en kyk oor jou wyd uitgestrekte vlakte wei in groot getalle weer die
Omnivoor en baldadig jag die Karnivoor.

Raspoetin fluister, luister o Putin, ja, luister o, Rusland, want wat is
daar wat jy kan verloor.  So, verwoes maar jou vyand se infrastruktuur
en verwoes hulle olieboor, want kyk die grotes van die wêreld is
wraakgierig, nou so bloeddorstig op jou spoor.

 

Openbaring 2395

‘N VRAAG OOR JOHANNES

29 Oktober 2016 Saterdagmiddag  17.03

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Iemand wil in die volgende skrywe weet:  Ons lees in Luk. 9: 7-9  dat
Herodus verward was oor YaHWeshua se indentiteit, spesifiek a.g.v Sy
werke:  Mens kan dus aflei dat Johannes ook soortgelyke wonderwerke
gedoen het wat nooit opgeskryf was nie.  Ons vraag is dus:  Aangesien
die verkondiging van die evangelie van die koninkryk direk gekoppel is
aan werking van wonders, was die wonderwerke wat ons aanvaar, wat
Johannes gedoen het, nooit opgeskryf nie, vir `n rede.

Antwoord:  YaHWeshua self verwys op `n geleentheid na die profeet
Johannes as die profeet Elia en dit is algemene kennis dat Elia oor
die gawe van wonderwerke beskik het.  Byvoorbeeld, soldate wat hom as
`n gevangene na Agab wou neem, die slaan op sy woord dood neer.  Die
wonderwerk van die weduwee se kruik.  Die opwekking van die ontslape
seun.  Die waterdeurdrenkte offerhout wat spontaan op sy gebed
ontvlam.  Die droogte wat hy voor dit uitgeroep het en daarna die
wolkbreuk wat hy oor die koning se hoof uitgespreek het, asook die 'man
alleen' teregstelling van honderde Baälpriesters, ens...

In die nuwe testament waar die reeds bejaarde Elizabeth swanger is met
hierdie selfde profeet- aartsengelgees, spring hierdie ongebore baba
van pure blydskap en vreugde op in die moederskoot, nadat die maagd
Maria, ook swanger met YaHweshua, by haar opdaag.  Dit opsig self is
alreeds `n groot wonderwerk.  Maar Johannes se missie was hierdie keer
as voorloper, ja, sy doel was uitsluitlik om aan die volk die blye
boodskap te verkondig, hulle te onderrig en hulle voor te berei, op die
Messias, ja, die Verlosser van Israel, die Seun van God, die Seun van
die mens, se koms.

Daarom was dit nie vir hom nodig om met wonderwerke die aandag op
homself as `n bo-menslike wese te vestig nie, omdat die lamp ewig
nooit helderder as die Son kan en mag skyn nie.  Daarom wys Johannes,
vir YaHWeshua, as die Meester uit aan die skare, met die volgende
woorde.  Kyk, ek is nie eens werd, om Sy skoenrieme vas te maak nie.

 

Openbaring 2396

VULKAAN-VULKAAN

2 November 2016 Woensdagmiddag 14.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vulkaan- vulkaan, o waar kom jy in jou ontstaan so skielik vandaan,
terwyl jou rook en roet al om en om jou aarde gaan, wyl die mens die
omvang van jou krag nie mooi kan verstaan.

Vulkaan- vulkaan, waarom is dit dat al die goeie koring en die graan,
so vinnig onder jou rook en as vergaan, sodat net die honger
skrikwekkend daar bly staan.

Vulkaan- vulkaan, jou vonke gaan die veld en stede aan die brand laat
slaan en daar is niemand wat die skielike suurstoftekort so mooi gaan
kan verstaan.

Vulkaan- vulkaan, jy skommel die planeet en laat wankel die maan,
terwyl soveel landstreke onder onverwagse aardbewings vergaan.

Vulkaan- vulkaan, jy verduister die son en laat mens, sowel as dier se
oë onophoudelik traan en kyk in massahisterie, daar heers alleen, die
vrees en waan.

Vulkaan- vulkaan, jy laat tsunamies oor groot kusstreke gaan, ja,
terwyl jou as en lawa hoog die lug in opgaan, met bliksemstrale wat
skrikwekkend oral uitslaan.

O Moeder van alle vulkane, ja, baie groot vulkaan, waar kom jy so
skielik, so sonder enige rede of waarskuwing nou vandaan.


Openbaring 2397

LIBERALE HOER

3 November 2016 Donderdagmiddag  15.03

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met so min wat die Waarheid ken en nog minder wat met die Wysheid wou
omgaan, so wie is daar werklik oor, wat die Sewe Geeste van God
verstaan, om daardeur op die weg van die ewige salige lewe te kan
gaan.  Oor die vasgestelde ordes van God was die mens wel dikwels
deeglik vermaan, maar die groot meerderheid het besluit om deur
versteurde ordes op die gruwel breë weg van satan, na die hel in die
ewige afrond te gaan.

Kyk, die groot hoer se naam is Liberaal en haar god se naam is Here-
Baäl.  Haar stad heet Babilon, waar sy alle kleure en geure tot `n
baster pappery, `n eenwêreldburgerskap probeer opmaal.  Sy ontbloot
haarself en staan voor koning, Jood en bankier naak en kaal en laat
haar vir haar dienste net soos `n prostituut betaal.

Teen alles heilig (apart) suiwer en konserwatief, laster sy in die
gruste taal so verbaal en dit terwyl sy alhoe dieper in die diepste
duisternis afdaal.  So word Babilon nou staan gemaak op `n weegskaal
en sy word geweeg en te lig bevind want sy is siek, sy ly aan `n
ongeneeslike kwaal.

Kyk, al haar minnaars begin haar nou te faal en dit maak haar kwaad,
sodat sy hatig begin te smaal.  Sy spot en sê:  Luister o wêreld nou na
my verhaal en sien al die grotes, Jode, konings en bankiers, het ek
eens so eroties, ruim in my minnaarsbed onthaal en daarom deel hulle
almal nou in my ongeneeslike kwaal en daarom sal al die nasies
daarvoor duur moet betaal.

Sy Lag en sê:  Wee die een wat van links nou wil omswaai na regs want
jy het jou eie lot klaar bepaal en vir versteurde ordes, word daar
deur `n enorme kateklisme in die toekoms duur betaal en die sisteem
en merk van die dier sal die wêreldling se smartlike lot steeds
bepaal.

So, geseënd is hulle wat ondanks elke poging van die liberaal die
Waarheid wou ken en met die Wysheid wou omgaan want alleen hulle kan
die Erns, die Ordes, die Wysheid en die Liefde van God vir Sy skepsele
en skepping tot hulle ewige oorlewing verstaaan.

 

Openbaring 2398

‘N LESER SKRYF EN WIL WEET…..

6 November 2016  Sodagoggend  07.00


www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

N.a.v. openbaring 1504 wil ek graag hoor of jy dalk uitklaring kan gee
rondom wie die pre-Adamitiese geslag geskep het, enige uitklaring
rondom hierdie sal hoog op prys gestel word.


Die pre-Adamitiese geslag het ontstaan vanuit evolusie wat
voortgespruit het vanuit die, van ondergeborenes, wat deel uitmaak van
die oerval van die een derdes van die gevalle seuns van God en dit
alles is onderafdelings van Sy groot skeppingsplan, omdat daar maar
net een Skepper is en kan wees.  God self sê:  `n Dag is vir Hom soos
`n duisendjaar en andersom.  Net sowel kan dieselfde vir miljoene
jare van evolusie-ontwikkeling getuig.  Hierdie pre-Adamitiese ras
was reeds lank voor Adam en Eva op aarde en dit was dan ook na hulle
waarheen Kaïn gestuur was nadat hy vanuit die paradys gedryf was.
Hierdie eens uiters primitiewe halfontwikkelde homosapiens ras het dan
ook `n geweldige D.N.A hupstoot deur Kaïn gekry wat hulle in `n kort
tyd baie meer beskaaf het.  Maar terselfdertyd het Kaïn se nageslag
deur hierdie inteling die Goddelike geen verloor en Kaïn se nageslag
kon nie soos sy broer Set en die se suiwer Adamitiese nageslag, direk
met God kommunikeer nie. Lees gerus Genesis 4 vers 14 tot 26.

Die Adamiet  is deur Elohim self op Aarde vir `n spesifieke doel
geskape en het Sy lewende asem (Gees) ontvang om tot voordeel van
geheel die planeet daaroor te heers en was daarom verbied om hulle
goddelike D.N.A (na die beeld van God geskape) te vermeng en daarom was
daar so getrou `n kroniek van geslagregisters in die bybel oor
duisende jare van onderskeie bloedlyne  gehou.

 

Openbaring 2399

WESTE

6 November 2016  Sondagoggend  11.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Weste o Weste in jou eie oë so groot en vernaam.  Oor al jou foute en
gruwels gepleeg teen God se ordes het jy jou net nooit nie geskaam.
Jy stoot jou bors rond voluit en voor God en hemel staan jy so
verwaand.  Kyk, jou foute en mislukkings lê jy altyd voor
andermansland se deur, as die se blaam.

Begeer jy anderland se goud, mangaan, ru-olie of uraan, orkestreer jy
vinnig `n burgeroorlog in hulle binne bestaan, net om daarna as hulle
kamma redder vinnig nader te staan.  Ja, waarna jy as die poppemeester
jou daargestelde- selfaangestelde- regerings, jou eise en begeertes na
hulle rykdomme, goed laat verstaan.

So steel en roof jy oor geheel die planeet sonder om te blik of te
bloos of jou in die minste daaroor te skaam.  Kry jy nie jou sin begin
jy soos `n stout bederfde kind rondom jou te skop en te slaan en
beskuldig summier die Ooste, hulle bedreig jou voortbestaan.

Weste o Weste in jou eie oë is jy `n god so groot en vernaam, wat hom
oor niks hoef te skaam.  Jou Joodse base manipuleer die ekonomie, ook
elke mineraal, asook al die kospryse, ja, van suiwel, vis, vleis tot
graan en so bepaal hulle elke man op straat se val of voortbestaan.

Jy o Weste, beheer die aptekersmark, sodat almal kruipend afhanklik
voor jou vir hulle gesondheid moet staan.  Ja, jy laat bykans geheel
die wêreldpopulasie in elke opsig afhanklik voor jou staan terwyl jy
hulle deur jou kamma demokrasie laat glo, dat hulle, as vrye mense oor
die aarde gaan.

Weste o Weste, dit raak tyd dat jy jou voor die aangesig van God en
hemel begin te skaam en daarom stel God `n beuel oor jou aan, ja, Hy
stel Rusland aan om jou nie op jou kragtige borsplaat, maar op jou
swak voete, `n mengsel van yster en klei te slaan.  Sodat geheel jou
magtige beeld verbrokkel oor geheel die aarde neer sal slaan.  Waarvan
niks, behalwe die gruweloorblyfsel, vir die kort sataniese
heerskappy van die dier,  ja, vir drie en `n halfjaar plus `n paar
weke, as die laaste skeiding, tussen kaf en koring, sal voortbestaan.

Weste o Weste, so ondeursigtig maar enorm groot staan in jou midde
reeds die Oosterse Trojaan en soos een man staan hulle op teen jou so
spontaan, ja, met soveel van jou stede wat in pikswart rook sal
vergaan.  Weste jou liberale verligte god was die heeltyd Lucifer en
met sy uiters versteurde gruwelordes, het hy elke goeie Wet en Orde
van God teengestaan.

Dit is daarom O Weste dat jy jou groot val na benede in die ewige
afgrond goed moet verstaan,  want jy was die Adam, die gekose
outoriteit, wat tot regverdige voordeel en seën van almal oor geheel
die planeet aarde moes staan.  Maar jou begeerte na mag en materie het

in die plek daarvan kom staan en daarom sal slegs 'n handvol uit jou

midde tot die duisenjarige vredesryk in die nuwe stad Jerusalem bly

voortbestaan.

 

‘N UITLEG OOR OPENBARING 2394

 Callie Herbst is om `n meer breedvoerige uitleg en inligting oor Raspoetin
Gevra na aanleiding van Openbaring 2394  en ons deel graag sy baie
 interessante skrywe hieroor met u.

 Ek weet nie veel van
Rasputin af nie, maar dat hy wel van die bedelstand afkomstig was, en
aanvanklik ook maar `n losbol was en het drank en meisies bokant alles
verkies. Lateraan het hy die “monnikskleed” aanvaar en as gevolg van
sy lewenservaringe kon hy die Tsarina van Rusland nl. Alexandra, se
klein seuntjie, wat die troonopvolger was, van `n bloedsiekte red.  Dit
het die Tsaar en Tsarina welgeval en het hom met ope arms ontvang.

Dit het hom `n plek in die hofhouding van Tsaar Nicolaas II besorg, tot
ontsteltenis van die hoë lui wat in die Tsaar se diens was. Tot in so
`n mate dat daar `n geheime verhouding tussen hom en die Tsarina onstaan
het, want hy was onweerstaanbaar vir haar.  Die hoë lui kon nie hierdie
situasie aanvaar nie, veral as die Tsaar weg was op sy oorlogs-
ekspedisies, was die partytjies vol aan die gang.

Die hoë lui reël toe op een van die partytjies dat `n straathoer vir
Rasputin met `n mes in die maag steek deur hom so te probeer vermoor,
sodat van sy ingewande by sy maag uitgepeul het, maar hy oorleef die
aanslag.  Daarna nooi hulle hom weer en voer hom koekies met arseen
vermeng, maar ook hierdie aanslag oorleef hy.  Nou word `n bende gehuur
om hom dood te slaan, draai hom toe in `n karros en gooi hom in die
rivier waar hy na drie dae uitgespoel het.

Of Rasputin `n profetiese aanleg gehad het, skyn wel uit sy prefetiese
woorde wat hy aan Nicolaas II gesê het naamlik; "Jy sal voorspoedig
wees in jou aanslag teen die vyand en die soldate sal voor jou val -
maar as ek omkom aan die hand van jou eie mense, sal die Russiese soldate
by die miljoene op die grondgebied van Moedertjie Rusland val" Wat
Openbaring 2394  van Judith betref, sien ek die diepte van die
openbaring baie duidelik as mens dit saam met die geskiedenis volg -
veral die 1ste en 2de Wêredloorloë, en dit is soos volg:

Deurdat Rasputin in elke paragraaf vir Vladimir Putin in sy oor
fluister, dui op die dringendheid van die tydperk waarin ons nou lewe -
en nie net dit nie, maar ook die feit dat hy in vers 1 aan Putin die
afloop van die geskiedernis wil herinner deur te stap op gister se spoor
waar die gruweldade van die Weste nl. Engeland en Amerika (die
geallieerde magte) op pad na die roof van rykdom wyd uitgestrek lê van
Noord, Oos en Suid.

In vers 2 fluister hy weer die dringendheid in `n lied oor wat gebeur
het in die vlaktes van Siberië waar niemand weet van die miljoene
Russiese siele wat deur verraad deur die Weste daar omgekom het nie.  In
die hedendaagse geskiedenis word baie ophef gemaak van die "gruweldade"
van die Nazi's en Hitler se opkoms en sy 3de Ryk - en die verwoesting
wat hy aangevang het - maar weet die mensdom van die miljoene soldate -
nie net aan Russiese kant nie - maar ook Duitse soldate wat deur verraad
omgekom het. Genl. D.D Eisenhower, (die Jood) die opperbevelvoerder van
die Amerikaanse magte het belowe dat alle krygsgevangenes - beide aan
die Duitse en Russiese kant moet gevoed en versorg word om sodoende
later vrygelaat te word, so is aan die Amerikaanse publiek vertel, maar
in die geheim is dit `n ander storie - in die Russiese Steppe het
honderde-duisende Duitse soldate vasgeval sonder dat daar enige voedsel
of mediese hulp aan hulle gebied is - en dieper in die Siberiese Steppe
het letterlik miljoene Russiese soldate gelê en wag vir voorraad en
mediese hulp - want die geallieerdes het hulle voorraadlinies afgesny.
Toe die toestand begin krities raak, het die Amerikaanse hoë offisiere
vir Eisenhower gesmeek om toe te laat dat voorrade afgelaai moet word -
maar Eisenhower het geweier. Hierdie soldate lê nog by die miljoene onder
die ys - vergete deur die Weste en Eisenhower se verraad.

Vers 3 word Putin weer daaraan herinner aan die dringende boodskap dat
die Tsaar gehoor moet gee aan die boodskap van God en eerder moet vlug -
en ironies genoeg was dit die einste Rasputin wat die Tsaar en sy gesin
deur verraad verloën het aan die "Boljevic Askinazim Jode" wat die hele
Alexander Nicolaas gesin uitgemoor het. Die rede hiervoor was dat die
Jode bewus was van die feit dat die Tsaar en sy gesin (waarvan daar baie
nasate oor die wêreld versprei is) `n sytak van die "Huis van Dawid"
was wat in ongeveer 604 voor Messiah, uit die stam van Juda oor die
Zagros gebergtes getrek het, oor die Krim Skiereiland en `n dinastie as
die "Wit Russe" van Rusland gevestig het. Menige koningshuis in Europa
het hulle afstammelinge aan hierdie "Huis" te danke - selfs ou "Liesbet
van Engeland" en haar sogenaamde verbasterde koningshuis kan mens
terugvoer na hierdie geslag wat uit Juda ontstaan het.

In vers 4 word die "oorlogswapens" genoem naamlik die 'sekel' waarmee
gemaai word, en met `n 'hamer' word alles stukkend geslaan. Maar in
Jeremia 51 word die 'hamer' ook as oorlogswapen in die hand van Jakob
voorgestel:  Vers 19:  "Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is
die Formeerder van alles en is die Septer van Sy Erfenis; JaHWeH van die
skeppings-leërmag is Sy Naam. 20:  Jy is vir My `n HAMER en
oorlogswapens;  en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou verwoes Ek
koninkryke".  In hierdie vers word daar ook `n ernstige waarskuwing aan
Putin gerig om nie die "skermpie in die wingerd", die oorblyfsel, die
verseëldes, aan te raak nie.

In vers 5 is dit duidelik dat Putin se Rusland in die komende oorlog nie
ongeskonde daarvan sal afkom nie, want 'Jakob se hamer' sal hom ook goed
bykom want `n groot deel van die Russiese ryk sal ook verwoesting sien,
en weereens sal daar miljoene soldate op die 'Steppe in Siberië val"
maar hy word gewaarsku om hom nie oor te gee aan die leuentaal van die
Jood nie, maar ons weet dat Putin nie ooghare vir die Jood het nie - in
elk geval is Putin ook dan `n agter-agter kleinseun van Tsaar Alexander
II - en dit verklaar dalk die dringendheid van die intense wraak wat
hierdie "bloedlyn" teenoor die Weste koester - want miljoene onskuldige
siele roep om wraak en die onreg wat gepleeg is roep om vergelding.

Vers 6 bevestig maar weer die feit dat die lande mekaar se infrastrukture
gaan verwoes, en so kan die mens teruggeplaas word na die middeleeue
waar die mensdom weer jare gaan neem om te herstel - ruilhandel is ons
voorland....!

Openbaring 2400

‘N VRAAG OOR ONREIN KOS

13 November 2016 Sondagmiddag 15.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die volgende vraag:

Ons het vriende wat 'gelowiges' is.  Haar man kom gereeld by ons aan
huis en my vriendin wil graag kos saamstuur uit liefde.  Die kos wat sy
wil saamstuur,  is kos wat ons uit die Skrif uit ons perspektief,  as
onrein beskou.  In so 'n geval,  eet ons wat sy wil stuur ter wille van
die liefde,  of is dit belangriker om in liefde 'nee dankie'  te sê ter
wille van die eet van rein voedsel ?

Antwoord:

Hierop kan maar net weer aangehaal word vanuit ons Meester se eie
Woord:  En dit is, dit is nie wat in die mond ingaan nie, maar wel dit
wat verbaal daaruit kom, wat bepaal of die mens in sy wese rein of
onrein is.  Daarom kan elkeen maar gerus eet volgens sy eie gewete.
Maar let wel dat dit tog `n duisend keer beter is, om terwille van
Vrede en Liefde, die goedbedoelde maaltyd van `n vriend, hetsy dit aan
kosher of ander geloofstandaarde voldoen aldan nie, ja, om sodoende
daardeur die vriend se voedselgawe in sy/haar gewete te akkommodeer en
dit met die vaste wete, dat dit wat God juis nou deur die regte
gesindheid van die mens rein gemaak het, deur niemand as onrein geag
mag word nie.

Nr 2401 vervolg op volgende bladsy