Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

 

Openbaring 3251

SKIMME VANUIT DIE VERLEDE

10 Mei 2022  Dinsdagoggend  04.55

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die skimme van die verre verlede.  Kom die ou spoke tot die
hede.  So spreek die goeie geeste in hulle gebede.  Die wyse luister
na hul goed bedoelde spreuke.  Maar in dooie, dorre, woestyn streke,
luister die dwaas eerder na die valsprofete se leuenpreke.

Vanuit die skimme van lank gelede.  Kom ou spoke as insig tot die
hede.  So bring die goeie geeste in profetiese rede.  Die vaste wete,
dat die huidige, moderne mens, die eindtyd gaan belewe.  Maar vir die
dom wêrelddwaas, bly dit alles om’t ewe.  Terwyl hulle steeds, alle
gruwels, aanklewe.

Vanuit die skimme van die verlede.  Kom die stemme van spoke, tot die
wat nou lewe.  Hulle verskyn vanuit die newe.  Hulle gaan aktief deur
dorpe en ook stede.  Hulle vertel van die nou weg en waarsku ook oor
die wye skewe.  In hul preke beveel hul aan:  Sweer alleen aan Elohim
jul geloftes en julle edes.  Terwyl jul eerbiedig, voor Sy Aangesig bewe.

Vanuit die skimme van die verre verlede.  Kom die spoke van gister nou
tot die hede.  Ja, in die tekens van die tye, waar hulle soos lugfakkels,
helder rondswewe.  Deur boetedoenings is hulle lank gelede, reeds van
benede, na bowe verhewe.  Hulle roep:  Ook ons het eens op aarde
gelewe.  Daarom weet ons van `n hiernamaals, met dorre streke.  Maar
ons weet ook van sondaars se kragtige gebede.  Waar hul uitroep:  O,
God sal U ons asseblief  ons sondes vergewe?  By U, wil ons vir ewig,
salig lewe.

 

Openbaring 3252

DIE DODEMARS

11 Mei 2022  Woensdagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die strale van die Groot Ewig Middelson.  Gaan ons Koning, in die
weergeboorte van volmaakte eerstelinge, in Oordeel na die wêreld kom.
Luister daarom na die waarskuwingsboodskap van die Groot Bastion.
Daar waar die leeu van Juda, anderkant die riviere van Kus, saggies,
maar gevaarlik, begin te grom.

Luister daarom ook na die dodemars gespeel op brass, trompet en drom.
In die eerste groot val van Edom, die vervloekte Jodedom.  Kyk daarom
ook na die groot rookkolom, wat uitstyg bokant Jerusalem, maar ook
die Engelse stad London.  Luister na die slag van bom op bom, terwyl
dit soos paddastoele, in die lugruim oopblom.

Sien hoe verduister die maan en ook die son.  Proe hoe bittergal is die
eens soet waterbron.  Kyk, in die waansin van verskrikking, maal die
massas, soos redelose diere al om en om.  Oral om hulle verkrummel
hulle stede, van glas, staal en beton.  Sonder `n oplossingsantwoord,
skud die mens sy kop magteloos dom.  Ja, oor die tragiese einde van
`n tydvak, in haar slotsom.

 

Openbaring 3253

DIE NAR……

12 Mei 2022  Donderdagoggend  02.05  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, daar is `n nar en hy praat geoefend, emosioneel, afgemete en
bedaard.  Ja, want die komediant het in `n politikus en daarna in `n
kamma soldaat ontaard.  As marionet speel hy sy rol, terwyl hy sy
poppemeesters, die nuwe wêreldorde napraat.  So, smart op smart,
dit is net `n nabootser, `n akteur, wat die noodlot so uittart.

Met sy liberale hart teenoor God verhard, is sy persoonlikheid, on-
gevoelig, koud en swart.  Onverbiddelik staan hy vir `n loon, vir die
Weste se part.  Ook onder die dekmantel van Poland, roep hy
uitdagend hard.  Terwyl hy by monde van Duitsland tot in Italië, sy
vyand uittart.  Met Engeland en Amerika hou hy sy gruwel wêreld-
beraad.

Maar kyk, lande in die Midde-Ooste, raak bewus van sy agenda en
verraad.  Graag speel hy altyd  die “underdog” kaart.  Deur sy toe-
doen sterf van `n land, meer as `n kwart.  O, daar is `n nar, `n
komediant, ver van voorbereid en paraat.  Maar heel astrant lig hy
teenoor `n reus, dom sy swaard.  Maar onverwags beweeg alles
skielik met `n vaart.  Geheel die Weste word gedompel in spot en
smaad.  Met hul infrastrukture tot die uiterste verwoes en geskaad.

 

Openbaring 3254

IN DIE LIEFDESHOOGLIED

13 Mei 2022  Vrydagoggend  1.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wat die hart van vol is, loop die mond van oor.  So laat die Liefdes-
hooglied van Elohim jou nou bekoor.  Sodat jy kan weet wat het Hy
vir Sion, vir haar ewigheid gestoor.  In Sy Minnelied, in die
vergelyking van Hemelse metafoor.  Veredel die boodskap daarvan,
geheel die skeppingsgehoor.

In die woorde van hierdie lied, weet Satan, hy het die stryd reeds
lank voor die grondlegging van die aarde verloor.  Ja, want daar is
niks wat God se liefde, vir Sy bruid Sion, kan uitwis of doodsmoor.
Wat die hart van vol is daarvan loop die mond van oor.  God het
Hom daarom, aan Sy beminde, aan Sy Sion, verloof.

In hierdie huwelik, is dit die volkome weergeboorte van Godskinders
wat geheel die totaliteit bekoor.  In hierdie ongekende Liefde, waar
Hy bekeerde sondaars, ewig nooit sal verstoot.  Skink daarom o,
hemelwesens, nou die Hemelse Verlossingswyn en breek o, profete,
Sy Lewende Woord.  Ja, vir die volmaakte weergeboorte, is dit ewig
altyd, die enigste antwoord.

Wat die hart van vol is, daarvan loop die mond van oor.  Luister
daarom na die Hooglied in Goddelike Vergifnis, aan die kronieke
van Set beloof.  Sien die ongekende Genade in die krag van slegs
`n mosterdsaad geloof.  Hou jou daarom o, mens, nie langer  vir die
Liefdeshooglied van Elohim dom en  doof.  Sing daarom saam in
hemelkoor, terwyl jy in jou eie woorde, in jou persoonlike hooglied,
jou God en Vader, prys en loof.

 

Openbaring 3255

EENOOG AS BLINDE KONING

14 Mei 2022  Saterdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die land van die blindes, daar waar Eenoog koning kraai. Daar is
die offergawe altyd, so beperk en saai.  Ja, want die kerk het alte
mildelik, vir hulle self, die heel beste snitte, van die offerdier gebraai.
Daarom is dit, waarom die groot wêreldleuen, in alle rigtings, woes,
rond begin waai.  Met `n uiteinde, van geheel die planeet, spoedig in
sy maai.

Luister daarom na die woorde van `n ou-ou liedjie, wat al om en om in
sirkels, om sy eie deuntjie draai.  So kom die oeroue boodskap daaruit.
Dit wat jy saai, is dit wat jy gaan maai.  Daarom het die dag gekom en
die wêreldsisteem het lank genoeg koning gekraai.  Vir die heel laaste
oes, word daar nou van voor, na agtertoe geblaai.

Maar vanuit Dubai tot in Mumbai, begin die Oordeelswinde nou wild en
woes te waai.  Vanuit Shangai tot in ou Tafelbaai, daar lê Babilon se
skepe, gestrand in menig baie baai en kaai.  Met kos nêrens meer te
versmaai, word daar ook weinig brandstof, globaal afgelaai.  Maar in
die land van die blindes, daar waar Eenoog koning kraai.  Daar bly die
politieke leuens, steeds in “Fake Nuus” vir die massas ronddraai.

 

Openbaring 3256

DIE IDIOOT

15 Mei 2022  Sondagoggend  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met 'n intelligensietoets glad nie geslaag. Kom daar vanuit 'n groot
demoonvergadering in Den Haag, die volgende, dringende vraag.
Ja, oor die magtige Westerse leier, oënskynlik, heeltemal onbevoeg
en vertraag.  Ek hoor die wêreldbankiers daaroor kerm en klaag.
Hulle beweer,  geheel die ekonomie is heeltemal deur sy dom foute
en toedoen, tot bykans niks verlaag.

Van oraloor kom nou die globale vraag.  Vat hom sekuur en laag en
smyt hom sondermeer, vinnig uit aan sy kraag.  Maar onwillig om hul
fout te erken, bly die liberalis daaroor uiters traag.  Daarom beskuldig
hulle as oorsaak, eerder die pes en plaag.  Maar die massas begin
ontstoke hulle maak te maak.  In wraak begin hulle oral te protesteer
en staak.  Maar in burgeroorlog kom hulle groot deurbraak.

Desperaat ontwaak 'n kamma eenwêreldstaat nou in die gedaante
van die eindtyddraak.  Die merk van die dier, maak hulle oornag, 'n
kamma, omgee oplossingstaak.  Maar dit is heeltemal 'n te harde
neut om te kraak.  Die vrye denkers staan onverbiddelik vir hulle eie
saak.  Oor hulle vryheid word daar jaloers gewaak.  Maar in die
verraad, van die groot burgervervolging, lê 'n onvergeeflike, baie
bitter smaak.

 

Openbaring 3257

KLEIN EN GERING

16 Mei 2022  Maandagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Biddend met die hande saamgewring.  Wyl die groot onheil al hoe
naderkring.  Word in groot versugting in gebed gesing.  Nederig
staan ons nou voor U so klein en gering.  O, God, hoe swaar gaan
ons gebuk, onder U Oordeelstugtiging?  Gee ons daarom rigting
en bring vir ons verligting.  Onder wêreldswetsverpligting staan
ons in totale ontnugtering.

Biddend met die hande saamgewring.  Word in versugting in gebed
gesing.  Eens het U Jakob in die woestynland gevind.  Na koel
waterstrome het U Israel gebring.  Deur U ongekende liefde, was
Sion nog altyd beskermend, omring.  U Heilige engele, het Jerusalem
gevoed op heuning.  Uself, het haar versadig met hemelse koring.
Sal U daarom U verdrukte, vertrapte volk, se vyand ombring?  Sal U,
U ware uitverkore volk, vanuit die vreemde, weer huis toe bring?

Biddend met die hande saamgewring, is dit die Boervolk, wat in
ootmoed sing.  O, God, in ons erfdeel, staan ons as die vreemdeling.
Aan U alleen kom die wraak toe in vergelding.  Laat almal daarom
weet, ons staan onder U beskerming.  Ons, die alleen onbenullige,
bewende, skerm in die eindtydwind.  Ons wat weer ons weg, so
bitter graag na U wil vind.  Ja, na U ons Hemelse Vader,  as U
Goddelike kind.

 

Openbaring 3258

DIE GESPLETE TONG

17  Mei 2022  Dinsdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In eeueoue satanskrif, uitgegrif, op Hadesklip.  Daar waar dit van
Nagash, die bose slang, se gesplete tong afdrup.  Skuil daar in die
valse vrede, nog altyd, net addergif.  Daarom staan die volke en die
nasies, binnekort, diep bedruk.  Onder 'n gruwel Westerse, een-
wêreldorde, word hulle oornag vreeslik verdruk.  Ja, onder onmens-
like wetgewing, wat hulle totaal gaan onderdruk.  Net soos slawe
van weleer, moet hulle, hul, na die wil van hul selfgekose
oorheersers skik.

So word die bitter vrug van wêrelddemokrasie nou verpligtend
gepluk.  Noodgedwonge moet geheel 'n Westerse wêreld dit
sonder keuse afsluk.  In die addergif wat van 'n eenwêreldorde
se gesplete tong afdrup.  Skuil nou 'n waansin vrees, vir die dood,
verskuil in 'n spuitnaald se prik.  Maar miljoene het heeltemal te
laat wakker geskrik.  In die woede van selfvernietiging, bly daar
niks anders oor, as om hulle geliefde naastes in verraad te verklik.

 

Openbaring 3259

WAARDELOSE GELD

18 Mei 2022  Woensdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n vreemde nuwe spel.  Met goud en silwer nutteloos gesmelt.  Speel
die kinders van die hede, met waardelose geld.  Terwyl die ouers hulle
nostalgies, in staaltjies vertel.  Eens kon ons alles, daarmee koop
en bestel.  So staan geheel die wêreld nou diep ontsteld.  Met 'n leuse
wat lui.  Trek vir die groot honger, deeglik in die belt.  Dit is oor die
komende enorme hongersnood wat hulle, hul so kwel.  Met bykans alle
regerings nou niks meer anders, as net 'n bose kartel.  Begin al die
konings en bankiers, soos rowers, in die onderwêreld rond te dwel.

Met soveel demone, nou geaktiveer vanuit die diepste hel.  Is dit
Europa wat nou waansinnig skel.  Sy begin haar eise prontuit uit te
spel.  Maar niemand laat hulle meer deur haar voorskryf of vertel.
Vanuit Amerika, kom 'n baasspelerige bevel.  Maar die ander
moondhede spot en skel.  Moet ons, ons nou daaroor ontstel?  In
ongekende selfmoord, roep menigtes die lewe nou toe, met 'n finale
vaarwel.  Hulle sweer die bestaan op aarde, is in elk geval reeds
lankal, die diepste hel.

 

Openbaring 3260

DIE SIKLUS VAN KOM EN GAAN

19 Mei 2022  Donderdagoggend  03.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die somer het vergaan sodat die winter kan nader staan.  Die Woord het
vermaan maar die mens kon dit nie verstaan. Die pes en hongersnood
het nader gestaan.  Sodat in die nagevolg daarvan, alles in oorlog moet
vergaan.  Maar steeds wou die mens, deur dit alles, hom/haar nie laat
vermaan.  Daarom het Vrede, treurig weggegaan en in haar plek het die
groot verwoesting kom staan.  `n Eenwêreldorde het beveel.  As een
staan ons nou almal saam.  Maar wee elkeen wat eenkant toe staan.
Na die galgtou, na die skavot, sal julle moet gaan.

Daarom het die somerson vergaan en die winter het in haar yskristalle
nader gestaan.  So het die son opgekom om maar net weer altyd onder
te gaan.  En in die duisternis van die bangmaak, donkermaan.  Was die
laaste Wysheid onder die mensdom nou heeltemal gedaan.  Daarom het
nog `n tydvak gekom om maar net weer te vergaan.  So, wat was die doel
van homosapiens in bestaan?  Daar is weinig, wat die siklus van dit alles,
werklik verstaan.

 

Openbaring 3261

IN DIE OOMBLIK VAN NOU

20 Mei 2022  Vrydagoggend   02.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n verlede met weinig om te onthou.  Soek ek na `n toekoms, maar
daar is niks om aan vas te hou.  Ek kyk om my heen, na my huis, my
wêreld en al is ek `n vrou.  Het  ek dit, met my eie hande gebou.  Ek
weet dit alles is `n illusie, `n lugspieëling, in verdamping, al te gou.
Maar die lewe is in die oomblik van nou en daarvan, wil ek sonder
enige voorbehoud, nou eenmaal net hou.

Al brand die hoop in my lewenslampie soms ook hoe flou.  Weet ek
altyd ek het `n God waarop ek kan vertrou.  So dikwels sien ek Sy
hand wat Hy so vriendelik, uitnodigend na my toe uithou.  En met
my lewenssfeer soms in depressie so grou, verander in daardie
Goddelike oomblik, geheel my bestaan, in die heel mooiste hemel-
blou.

So leef ek in `n wêreld, met die liefde vir mekaar, maar baie flou  Ek
hoor hoedat `n wêreld mekaar oor alles toesnou.  Ek sien oorlog-
geteisterde gebiede, met oral vars grafte gegrou.  In hierdie vreeslike
wêreld, heers oral net die bitter rou.  Ek weet dit is die einde van `n
tydvak, in verval, nooit weer op te bou.

En  terwyl ek my hande oor die lewe van nou, desperaat in aanbidding
voor my God saamvou.  Hoor ek Sy stem wat roep.  Bly net altyd vas op
My vertrou.  Kyk, Ek kom verseker in My wederkoms na die wêreld daar
by jou en weet Ek kom wel gou.  Ek open my oë en sien op `n blaar, `n
pragtige druppel dou.  In daardie druppel is dit die grote see, se lieflike
akwamarynblou wat ek aanskou.

Ek weet ek wil hierdie oomblik vir ewig altyd vashou.  Want in ‘n verlede
met weinig om te onthou.  Tot in `n onseker toekoms, met niks om te
aanskou, is daar ook niks om aan vas te hou.  Maar ek bestaan as
bewussyn, verseker vas, in die oomblik van nou.  En in hierdie
Goddelike oomblik, waar ek Hom in my kleine hart vashou.  Weet ek,
ek het `n Grote God, met ongekende Liefde, wat vir alle ewigheid
aanhou.

 

Openbaring 3262

NETSOOS JANNES EN JAMBRES

21 Mei 2022  Saterdagoggend  03.45 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Netsoos Jannes en Jambres sal die wêreldling, die waarheid van
God, tot in hul siel verpes.  Ja, in die laaste dae, die dae van
Satansdrek, word 'n drogsisteem gebore vanuit die sinodes van
die  kerk.  Tot voordeel van hulself, laat die superrykes van die
aarde, die massas, as onwetende slawe vir hulle werk.

Daarom begin hulle binnekort, om die volke en die nasies, as hulle
eiendom te merk.  Die konings en bankiers, dink hulle staan sonder
teenstand, in oorheersing, baie sterk.  Maar die wêreldpopulasie
bereik daaroor binnekort hulle perk.  In protesterende, globale
massastakings, raak verskillende volke en nasies heeltemal beserk.

Hulle staan na vore in groot getalle en hulle raak baie sterk.  Die
oorheersers prokklameer hierna vinnig “Martial law” en bevel.  Maak
die oproeriges soos redelose diere, as voorbeeld vir die ander, voor
die voet nou vrek.  Ja, behandel die belastingbetalers, brutaal, net
soos drek.  Laat hulle met weinig brood en loon net nog harder werk.

Hiermee redeneer die onderskeie regerings, hulle ruk hulle burgers,
met vrees in die bek.  Al wat nou heers in die groot verdrukking, is
net die dier se merk.  Maar soos reeds genoem, is die mens lankal
verby sy perk.  In die grootste Exodus ooit, begin die mense in alle
windrigtings te trek.  Hierdie groot choas gaan maar net weer tot
Rusland se voordeel strek.

Ja, want netsoos Jannes en Jambres, was dit die miswolke van
liberalisme, wat die ordes  van God, tot in hul siel sou verpes.  Weet
daarom die groot gruwel bestaan uit die woordjie Wes.  Leer daarom
o, kind van God nou finaal jou les.  Begin daarom gerus ernstig oor
jou ewigheid te stres.  Vermy daardeur alles, vanuit die wêreld-
sisteem, soos die dodelike pes.

 

Openbaring 3263

NET ‘N NUTTELOSE DUIT

22 Mei 2022  Sondagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die misdamp van rook en kruit.  Daar waar die massas nou moor
en muit.  Kom 'n gestalte aangestap wat 'n eentonige deuntjie fluit.
Daarmee saam hoor ek 'n Alt sing hard en luid.  Met woorde van 'n lied
wat lui.  Die Dollar, Euro asook die Pond, val tot 'n nuttelose duit. So
staan daar binnekort miljoene voertuie doelloos rond in totale onbruik.

Vanuit die eens groot misbruik, kom desperaat nou die herbruik.  Maar
met die groot hongersnood nou heeltemal ontsluit.  Roep die massas.
Wee o, wee, waarmee vul ons nou ons buik?  Kyk, daar is niks wat die
groot hongersnood meer kan keer of stuit.  Desperaat probeer regerings
hulle onvoorsiene val nou op enige manier te fnuik.  Maar dit is
onmoontlik om hierdie onoorkombare wêreld probleme te ontduik.

Ja, daar waar die konings en bankiers, loodreg met die kop eerste, na
benede duik.  Vanuit die misdamp van oorlog, rook, swael en kruit.
Daar probeer regerings nou met mal oplossings vir almal besluit.  Maar
in ongekende massa onlus, heers slegs die drang na lewensmiddele in
buit.  Met niks wat die waansin in die choas kan keer of stuit.  Word
geheel die hel nou globaal ontsluit.

 

Openbaring 3264

DIE WEDUWEE SE KRUIK

23 Mei 2022  Maandagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit is nou die tyd vir die twee kandelare, die twee getuies, om te getuig.
Terwyl hulle in eerbied en gebed voor Elohim neerbuig.  Roep hulle.
Kyk, vanuit die weduwee se kruik, is daar meer as genoeg vir Sion se
gebruik.  Maar vanuit twee vissies en vyf brode, word die oorlewing,
in twaalf mandjies broodbrokstukke, vir Jerusalem ontsluit.

Juig daarom o, uitverkorenes, ja juig.  God self is die Stuurman van
julle oorlewingstuig.  Maar vir die wêreld kom daar 'n lied wat die
Skoppensboer, die Doodsengel, fluit.  Dit kom op die deuntjie, wat
die doderyk vir miljoene gaan ontsluit.  So sien ek die eerste teken
in die vorm van 'n bloedrooi spruit.  Dit verander in 'n sterk rivier,
met bloed wat in alle rigtings daaruit spuit.  Op hierdie rivier vaar
daar 'n pikswart skuit.

Ween daarom o, wêreld, ja ween, want Satan is die stuurman op
hierdie vaartuig.  Kyk, vanuit hierdie skuit, kom 'n onwelriekende
reuk en dit is die groot ontbinding wat so ruik.  Ek hoor die twee
getuies getuig.  Hulle roep die wêreld toe.  Wee o, wee, vir julle
is daar in die groot hongersnood geen weduweekruik.  Maar van-
uit twee skerpioene en vyf slange, word ondergang vir geheel 'n
bose wêreld ontsluit.  Ween daarom o, mensdom, daar is niks,
wat julle val kan keer of stuit.

 

Openbaring 3265

SIEN MET DIE OOG, HOOR MET DIE OOR

24 Mei 2022  Dinsdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Kyk met jou oë en hoor met jou oor.  Luister daarom na die woorde
van die lied, van die hemeltenoor.  Wyl die soet melodie daarvan jou
siel bekoor.  Sing daarom o, Sion, sing saam in engelekoor.  Ja want
Satan gaan die stryd teenoor jou verloor.  Vir jou is die Melgisedekorde
in geestesoorwinning gestoor.  Maar Lucifer gaan weereens die stryd in
sy eie materie verloor.  Vir hom is daar net swaar kettings in die diep
donker put gestoor.

Waar hy vir 'n duisendjaar, in sy eie hoogmoed moet versmoor.  'n
Verlore wêreld het hom mos as 'n goud, glansende, ikoon gekroon.
Net om te vind hy was niks anders as net 'n duister, donker, aaklige
demoon.  As die grotes en die konings van die wêreld was hy gekroon.
Tot die trippelses dier en draak was hy gekloon.  Die massas het in
biljoene agter hom aangestroom.  In sy glansstede van glas en beton
wou hulle woon.  Van waar hulle die waarheid van God sou hoon.

 

Openbaring 3266

BRAND OP BRAND

25 Mei 2022  Woensdagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien brand op brand en hoor 'n stem wat roep.  Dit is nou stank vir
dank.  Ek sien die wêreldbank onderstebo op sy dak geland.  Ek sien
die eiensdomsmark, onverwags, totaal gestrand.  Ek sien die Weste
domastrant, sonder denke, sonder enige verstand.  Ek hoor die Ooste
roep.  Eens was die Weste iemand, maar is nou niemand. Kyk, met
haar sluit ons nooit weer 'n handelsband.  Ek sien vlam op vlam, in
brand op brand.

Vernietigend kom dit in flank op flank, van alkant.  Met geen oplossing
daarteen bestand, hoor ek 'n stem wat roep.  Binnekort is dit ook
gedaan met alle kontant.  In debiet en krediet, verhandel almal met 'n
merk, vanaf hulle voorkop of die hand.  So loop ook in Suid-Afrika, die
Rand, onverwags weg soos nuttelose as in die sand.  Met nêrens meer
werk vakant, is daar ook geen kos om voor te dank.  Ek sien in vlam op
vlam, nou motorbande brand.

Ek sien oor hierdie land, die eenwêreldorde reënboog skand.  Dit is
van hoek tot kant reg daaroor gespan.  Ek hoor 'n stem wat roep.  Vir
dit eens skoon en blank, nou vuil in stank, gebore as die kind van skand.
Daarmee sluit God ewig nooit weer 'n hegte band.  So, bring die vlam en
laat dit alles brand.  Vanuit elke windrigting hardloop dit oor geheel die
land.  Ek sien vlam op vlam en in hongersnood slaan ook die kosbaar
graan nou aan die brand.  Ek sien 'n leë bedelhand, met geen brood
daarin, om God voor te dank.

 

Openbaring 3267

MET DIE DIEF GEDAAN

26 Mei 2022  Donderdagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die trotsaard wou hom nie laat vermaan.  Daarom was dit met onreg-
matige rykdom gou gedaan.  Ek sien 'n volk, trots in diknek, hoog-
moedig staan.  Maar in hul vet wat goor vergaan, lê daar vinnig net 'n
geraamte in verslaan.  Met die dief gedaan, kan ook die dwaas, sy on-
verwagse val nie verstaan.  So dans Raka in die duisternis van die
donkermaan.  Ja, al om en om sy vuur, wat lankal nie meer bestaan.
Sy vroue ween in snot en traan.

Hulle huil oor hul groot getalle, sonder verstand, uitgekraam.  In die
groot hongersnood wat verwoestend oor die wêreld gaan.  Is daar vir
haar menigtes, geen hoop op kos en geen hoop op graan.  So het
daar eens sewe vet koeie opgestaan.  Maar die sekel het dodelik na
hul slagaar toe geslaan.  Luister daarom na die laaste roggelkraai van
die sterwende maer werfhaan.  Daar waar hy vir oulaas kraai, terwyl
die diknek, vir ewig ondergaan.

 

Openbaring 3268

IN AANBIDDING VOOR DIE GRUWELDING

27 Mei 2022  Vrydagoggend  00.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die geluksgodin wat steeds lok en wink.  Maar haar eens voor-
spoedboot het reeds klaar gesink.  Terwyl ook Babilon se lippe
uitlokkend, vogtig blink.  Terwyl die wêreldling vir oulaas dorstig
aan haar borste drink.  Begin die konings van die Weste, met
mekaar 'n heildronk klink.  Ja, met mensebloed, in  hul silwerkelke
ingeskink.

Maar weet ook God se Oordeel, is reeds vir hierdie eenwêreldorde
ingeskink.  So, wat het die sogenaamde grotes van die wêreld tog
gedink?  Om met Satansorde saam rond te rinkink?  Ja, met alles
oënskynlik bo so blink.  Was dit net die ewige dood wat daar onder
stink.  Die koningshuis van Engeland o, so slinks.  Diè het hulle
koningin mos uitgestal, netsoos 'n Egiptiese sfinks.

Daarmee saam het hulle die groot onheil oor geheel Europa gebring.
So, wie staan daar in die Mason Orde, vir oulaas in 'n bose kring?
Kyk, in aanbidding kniel hulle eerbiedig voor die groot gruwelding.
Nog man, nog vrou, ryg daardie ding, haar drogkinders uit in 'n string.
Daarom word bose swere nou oor al haar volgelinge gebring.  Kyk,
die wêreldsoldate marsjeer so flink, maar spoedig lê hulle in vlak
grafte heeltemal vermink.

Terwyl moeders gebroke, daaroor 'n traan wegpink.  Begin die volgende
oorlogskreet, al klaar weer op te klink.  Vanuit ou Kaukasiese Wiking
bloed, word Odin, as oorlogsgod, weer nadergebring.  Maar dit is
Dagon wat sy damp en rook oor die wêreld bring.  Ja, met die dode-
mars wat oral globaal opklink.  Het die geluksgodin ook klaar gelok
en gewink want haar eens rykdom, lê in menig handels- en oorlogsboot,
diep gesink.

 

Openbaring 3269

DIE HERERO EN DIE DUITSER

28 Mei 2022  Saterdagoggend  02.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Raka kom met 'n vreemde versoek, om iemand in huisarres te besoek.
Saam sit 'n skelm en 'n "kroek" en 'n sangoma speel met sy toorgoed.
As 'n offergawe staan daar peperduur whiskey, uitgestal op 'n luiperd-
vel, in 'n hoek.  Maar die geeste vra na meer, hulle vra om bloed.  Die
bene word geskud en saam 'n dobbelsteen en 'n skulp, val dit na
benede met 'n spoed.

Die vingerbeen van 'n aap, wys na 'n nekwerwelbeen van 'n hoender-
haankoekoek.  Dit voorspel iemand manlik, hoog in die politiek, gaan
moontlik met sy lewe boet.  Vanuit Namibië kom 'n lang Herero aan-
gestap.  Op sy kop dra hy 'n kuilhoed.  Hy stap vinnig met 'n spoed,
reguit af op 'n Duitser, sonder om enige iemand te groet.  Hy begin
woorde in die Kaukasiese man se gesig uit te spoeg.

Hy roep:  Jou pa het groot moeilikheid met my oupa gesoek.  Jou ma
het my ma soos 'n slavin laat boet.  So, wie gaan jou teen Afrika se
woede behoed?  In die Weste se dag van nood, kom jy met jou skepe,
na my hawe aangespoed.  Aan Afrika kom sit jy voet aan wal met
mannemoed.  Jou oorlogstente slaan jy op, tot ver verby Windhoek.
Maar Namibië is nie meer Suidwes se Duitse goed.  Daarom gaan
Rusland jou ver buite jou eie grense laat boet.  Kyk, oor ou vendettas,
soek meer as Afrika jou bloed.

 

Openbaring 3270

OP SATAN VAS VERTROU

29 Mei 2022  Sondagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op 'n wêreld vas vertrou, was daar vir 'n leë toekoms op los sand
gebou.  Desperaat aan materie geklou, was die ewige graf, met eie
hand gegrou.  So, wat is daar aan die einde van die lewe om te aan-
skou?  Ja, met alle tevergeefse pogings heeltemal verbrou.  Roep
daar 'n stem:  Was jy maar warm of was jy maar koud.  Maar met
beide voete geanker aan weerskante van die skeidingstou.  Wou
julle vir jul 'n veilige agterdeur  by die wêreld sowel as by God
oophou.

Daarom was julle in al julle werke lou en aan geeneen van julle
liefdes, in lojaliteit getrou.  Op 'n drogsisteem vas vertrou, was die
liberale wêreldvaandel hoog gehou.  Ja, agter Babilon, het die
menigtes getrou aangetou.  Aan al die gruwels, het hulle, hul siel
toevertrou.  Terwyl hulle die blye Boodskap van Verlossing, met
minagting sou wantrou.

Op een bed saam, was dit man saam man, op 'n ander een, lê vrou
by vrou.  Dit, terwyl hulle die Goeie Ordes van God, godslasterlik, uit
sou jou.  Daarom brand die reeds dowwe liggie van die eindtydlamp
nou uiters flou.  Die laaste hoofstuk van die tydvak word in dimensie
argiewe toegevou.  En in die laaste groot verval, kom daar ewig nooit
weer, herbou.  Al wat oorbly in die geween en gekners van tande, is
net die ewige, bitter rou.

 

Openbaring 3271

VIR DIE UITVERKORE WEERGEBORE

30 Mei 2022  Maandagoggend  03.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die deuntjie van soprane, alte en tenore.  Kom die nuwe loflied,
tot die ore van ontelbaar, geesteswesens, in hemelgehore.  Gerubs
saam Aartsengele staan in verukking oor hierdie Ode nou na vore.
Hulle kyk verwonderd na die Kind van Openbaring vir die eindtyd
gebore. 

Niks vanuit die Gees gebore, is daarom vir die ewigheid
verlore.  Die duisendjarige vredestydperk, is daarom net vir die
verseëldes beskore.  Kyk daarom, o, uitverkore weergebore,
vanuit jou geestesinnerlike na bowe.  Sien die wederkoms soos
reeds lank gelede aan julle vooruit belowe.

Maar op duister, donker, vreesaanjaende note.  Kom vir die wêreld,
die oordeelsakkoorde, van die groot wêreldkatastrofe.  Open daar-
om julle ore en luister o, wêrelddowe.  O, het julle maar o, volke en
nasies, julle bekeer van julle afgodsgelowe.  Het julle julself maar
van kranse neergewerp, na benede, tot in die heel diepste klowe.

Maar julle het My uitverkorenes, in onreg gesleep na julle wêreld-
howe.  Hulle aardse lot was bepaal deur julle eenwêreldorde,
sataniese filosowe.  Vanuit julle afskuwelike kerksinodes, ver-
kondig julle gruwelbodes, aan die mensdom in Sataniese leuen-
kode.  Die doodsvrug, deur God verbode, prys julle in Satanskode.
Juig daarom o, uitverkorene, oor die wonderwoorde, in die lied
van die lewe, deur die Seun van God aan julle belowe.  Maar
ween o, wêreld, vir julle kom daar vanuit die hel net die lied van
die dode.

 

Openbaring 3272

SKRYF NET DIT

31 Mei 2022  Dinsdagoggend  00.01

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek het 'n stem hoor sê:  Skryf elke sewende vers in die Boek van
Openbaring in volgorde, sonder paragrawe, reg onder mekaar
Neer.  So het ek dit gedoen.

Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat
Hom deursteek het.  Al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou
bedryf. Wie 'n oor het, laat hom  hoor, wat die Gees aan al die
gemeentes sê.  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die
Boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.  En skryf
aan die engel in Filadelfia:  Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat
die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en nie sluit nie, en Hy sluit
en niemand maak oop nie.  En die eerste lewende wese was soos
'n leeu, en die tweede lewende wese soos 'n kalf, die derde lewende
wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese
was soos 'n arend wat vlieg.  Hy het gekom en die boek
geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.  En toe Hy
die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde
lewende wese sê:  Kom kyk!  Uit die stam van Simeon twaalfduisend
verseëldes; uit die stam van Levi twaalfduisend verseëldes; uit die
stam van Issaskor twaalfduisend verseëldes;  En die eerste engel
het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng,
en dit is op die aarde gegooi. En 'n derde van die bome het verbrand,
en al die groen gras het verbrand.  En die voorkoms van die sprinkane
was soos diè van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle
koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle
gesigte was soos die gesigte van mense.  Maar in die dae
van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal
blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye
tyding verkondig het aan Sy diensknegte die profete.  En wanneer hulle
hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom,
teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.  En daar het
oorlog in die hemel gekom:  Migael en sy engele het oorlog gevoer teen
die draak en die draak en sy engele het oorlog gevoer.  Dit is ook aan
hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en
aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.  Die engel van
oordeel het met 'n groot stem gesê:  Vrees God en gee Hom heerlikheid,
want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en
die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.  En een van die
vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee,
vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.  En ek het
'n ander een uit die altaar hoor sê:  Ja, Meester Elohim, Almagtige,
waaragtig, en  regverdig is U oordele.  Toe sê die engel vir my:  Waarom
het jy jou verwonder?  Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel
en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.
Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na diè
mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen.  Omdat sy in haar
hart sê:  Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek
nooit sien nie.  Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom
die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en Sy vrou
het haar gereed gemaak.  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal
die Satan uit sy gevangenis ontbind word.  Hy wat oorwin sal alles
beërwe; en  Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun
wees.  Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie
van hierdie boek bewaar.

 

Openbaring 3273

OP DIE WYSIE VAN ‘N ENGELKIND

1 Junie  2022  Woensdagoggend  00.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Na hierdie kode Openbaring, hoor ek 'n engelkind en hy hoon spottend
'n duiweldemoon.  Hierdie engelkind sing in ongelooflike Hemeltoon:
Wanneer Hy weer kom, kom haal Hy Sy pêrels, vir Elohim se kroon.  Ja,
daar waar Sy pêrels, al glansend in Heerlikheid, by Hom gaan woon.

O, kyk net na die aarde, hierna, so suiwer, silwerskoon.  Dit word deur
honderd-vier-en-veertligduisend, uitverkorenes, in die vredestydperk
bewoon.  Luister daarom na die engelkind wat sing:  Wanneer Hy weer
kom, kom haal Hy Sy pêrels, al Sy fraaie pêrels, vir YaHWeshua se
kroon.  Deur Sy kosbaar Bloed, nou verheerlik so skoon, word hulle
van al hulle sondes, vir ewig verskoon.

In verrukking met oneindig saligheid beloon, sing hulle Sy nuwe lied,
heilig, apart en vroom.  Wanneer Hy weer kom, wanneer Hy weer kom,
bring Hy saam Hom Sy hemelse loon.  Daar vanuit die paradys, waar
vier riviere glansend stroom, om die Ewig Lewende Boom, goddelik te
omsoom.  Die oue van Dae, die Ewige Wyse, wat sit op Sy Skeppings-
troon.  HY gaan SY ENIGE SEUN, voor al die hemelskares as die
Melgisedek Verlosser kroon.  Ja, met 'n hooftooisel van kosbare
pêrels, uitgekies vir YaHweshua se kroon.

 

Openbaring 3274

RAKA DIE DWAAS

2 Junie 2022  Donderdagoggend  05.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit Kanaän het Gam gegaan.  Sodat Kus vanuit hierdie DNS voort
kon bestaan.  Maar soos wat dit met die stomme dwaas maar altyd
gaan.  Is dit Raka wat vir hul onbevoegdheid, pa moet staan.  Vanuit
hout en stok, strooi en modder, kon hy wel vir homself 'n plan beraam.
En soos wat die wind die een dag oor sy stroois sou gaan.  Het die
storm die volgende dag oor die leë vlakte daarvan heengegaan.  Die
oergeeste het Raka tog wel verstaan en hulle het hulle nie vir hom
geskaam.

Daarom het die natuur hom in eiesoortige kundigheid, ter wille van sy
oorlewing bygestaan.  Maar in die sonlig het hy hom vir sy eie huid
geskaam.  Daarom het hy altyd in die nag opgestaan.  Terwyl hy
hartstogtelik sou bid vir die maan, het hy vrolik om sy vuur gedans.
Die sterlig het as getuie, oor sy bloedige strooptogte heengegaan.  Ja
terwyl hy soos 'n weerwolf sou tjank vir die maan. Van daar af sou hy
roof en moor net waar hy ook al gaan.

Kyk, hierdie kreatuur laat hom deur niks of niemand leer of ook
vermaan.  Vir sy bier plant hy wel 'n bietjie graan.  Terwyl hy in 'n
besope toestand altyd sy vroue stukkend slaan.  Vanuit Kanaän het
Gam gegaan en Edom het hom in Kus as hul broeder in die Weste,
vanuit hulle liberale son, op laat staan.  Daarom sal die eens helder
daglig oor Europa ook vergaan.  En in hul pikdonker nag, daar sal die
strooptogte van Raka, deeglik en vernietigend, oor hul grondgebiede
gaan.

 

Openbaring 3275

AMERIKA HEELTEMAL GODDELOOS

3 Junie 2022  Vrydagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, Amerika-Amerika in jou kom en gaan beweeg jy roekeloos.  In
jou handel en jou wandel o, so boos.  Kan jy oor jou gruwels, voor
God, lankal nie meer blik of bloos.  Teen jou eie soort staan jy
harteloos.  Daarom het jy in jou val, geen God wat jou gaan troos.
In jou arrogante politieke weë, dwaal jy rigtingloos.  Om geen goeie
rede is jy altyd rusteloos.  Deur aborsie op aborsie, is jy kort voor
lank ook kinderloos.  Daarom is geheel jou toekoms doelloos.  O,
Amerika-Amerika, in jou kom en gaan so roekeloos.  Jy voel so
nutteloos en dit laat jou moedeloos.

Jou vyand kom van Noord, hul kom van Oos, hul kom stil geruis-
loos.  Hulle tref jou hier, hulle tref jou daar en slaan jou vuisvoos.
Jou dollar raak globaal heeltemal waardeloos.  Met jou infra-
strukture binnekort totaal verwaarloos.  Staan jou regering
hulpeloos.  Jou onwettige immigrante woon kosteloos, maar jou
belastingbetaler is huisloos.  Ja, jou burgers nou haweloos, is
jou kiesers heeltemal moedeloos.  O, Amerika in jou kom en gaan
was jy heeltemal te roekeloos.  Daarom staan jy teenoor Rusland
swak en broos.

 

Openbaring 3276

MET EUROPA DAARMEE HEEN

4 Junie 2022  Saterdagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Oor die vlaktes van Europa heen.  Staan die bewoners daarvan
verstok versteen.  In vloed op vloed reën dit daar aaneen.  In die
moeras modderveen, is geheel hul oes daarmee heen.  Die arme
burgers daar, die kreun en steun.  Dit dring deur murg en been.
Hulle bid nou openlik vir net 'n bietjie seën.  Maar die hemel het dit
alles van hul ontneem.  Op die winkelrakke met soveel produkte
daarmee heen.  Is daar geen melk om hul suigelinge mee te speen.
O, Europa sit met 'n groot probleem.  Desperaat probeer hierdie
lande om van mekaar af te leen.

Maar in 'n globale oorlog, waar die vyand net neem en neem.  Ja,
daar waar bomme sonder ophou oor dorp en stad neerreën.  Kom
oor die vlaktes van Europa nou so obseen.  Die jammerklank van
vroue wat sonder ophou ween.  Oor al hul mans en seuns, as soldate,
in grafte daarmee heen.  So speel ook die spoke van hul kinders, in
rommelparke, stil sereen.  Desperaat sit Europa haar vir oulaas teen
haar vyand teen.  Maar oor Buckingham paleis wapper in die toekoms
die sekel en die hamer as oorwinningsembleem.

 

Openbaring 3277

IN ROOF EN MOORD

5 Junie  2022  Saterdagoggend  02.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, die diefstal loop heelvoor en korrupsie gaan uitspattig groot.  In
moord op moord gepleeg so oop en bloot.  Is dit nou eenmaal net
die nuwe tendens se beloop.  Dit koop en verkoop en daar lê nou
die knoop.  Ja, daar waar die verbruiker met sy swaar verdiende
goedjies loop.  Daar word dit maar net weer in diefstal van hom
gestroop.

In ongekende prysverhogings word die stomme volk ook beroof.
Vir hul gekerm en hul gekla, daarvoor hou die belastinggaarder
hom heeltemal doof.  Ja, diefstal loop heelvoor en korrupsie gaan
uitermatig groot.  Terwyl die kerk 'n lidmaat doop, word diè, deur
hul oudstes van sy geld beroof.  Met voedselpryse tot op die been
oopgekloof, begin die arme massas ook nou maar saam te roof.

Globaal beweeg hongersnood nou na die woord katastroof.  Met
die woordjie hoop ook reeds lankal uitverkoop.  Raak dit ook
gedaan met die begrip geloof.  Die massas voel hulle is selfs van
Godsgenade, heeltemal beroof.  So loop die diefstal nou heelvoor
en korrupsie gaan enorm groot.  Die arbeider besef, hy het
homself vir niks afgesloof.  Met geen luukse om vir homself aan
te koop.  Wat bly daar oor wat hy vir homself kan veroorloof?

Daarom begin die massas maar om hulle denke te verdoof.  Maar
feit bly staan, daar is geen olie daar is geen brood.  So, waarmee
voed hulle, nou hul honger kroos?  Die goewerment staan hieroor
koud, gevoel- en emosieloos.  Heeltemal gewetenloos, is die woord
simpatie, nou mos vanuit die oudedoos.  En steeds loop die
diefstal voor en korrupsie gaan uitspattig groot.

 

Openbaring 3278

BANVLOEK VIR DIE BOERVOLK

6 Junie 2022  Maandagoggend  02.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Onder 'n vlag, rooi, swart en groen.  Het 'n gruwel Masonorde
mos beveel, versoen-versoen!  In miljoen op miljoen, word
almal hierna, nou jou broer genoem.  Maar 'n engel begin dit
nou openlik op die naam te noem.  Hy roep:  O, Jakob-Israel,
wat het jy nou aan jouself gedoen?  Kyk, in  verstand en wys-
heid was jy dom en groen.   Ook die harsings in jou kop, is soos
die binnekant van 'n vrot pampoen.

Jy druk jouself daardeur in 'n hoek.  Jy staan magteloos en pis
jouself papnat, net soos 'n papbroek.  Daardeur het jy jouself
vervloek en ook vergeet, God self, gee eens aan jou die wag-
woord, in banvloek.  Elohim het daarom nou jou hart en niere
kom ondersoek.  Maar met nêrens meer 'n bietjie mannemoed.
Is daar niks meer suiwer-edel, aan jou Boerebloed.

Kyk, daarom verdwyn jou naam vanuit Sy ewigheidsboek.  So,
bring o, oordeelsengel nou die storm en die vloed.  Verbrand die
velde, dorp en stad, tot pikswart roet.  Ja, sodat daar niks oorbly,
vir hulle om op te voed.  Kyk van Oos na Wes, Suid na Noord,
trek oraloor die groot begrafnisstoet.  Die Boer moet in bitter rou,
oor al sy menig sondes boet,

Ja, hy moet weet, eens was hy God, se dierbaar, uitverkore goed.
So, breek o, engel daarom nou hulle laaste moed.  Hierdie volk,
het hulle Enige, Aparte, God, uitdagend in Bileamsvermenging
mos versoek.  En terwyl die tydvak nou so vinnig na haar einde
spoed.  Tref God self, 'n groot gedeelte van Sy eens uitverkore
volk, met die banvloek.

 

Openbaring 3279

7 Junie 2022  Dinsdagoggend  03.10

DIE WêRELDKONSERT

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die groot wêreldkonsert, raak die hoofspelers nou heeltemal beserk.
Die Oekraïne speel die rol, van die arme voël met die afvlerk.  Soos `n
stert tussen die bene "underdog", pis Poland desperaat sy eiendom af,
met `n urinemerk.  Terwyl Engeland en Italië, hulle ridderkostuums,
vir hulle onderskeie rolle aantrek.  Begin Turkye ook gretig vir 'n rol in
die konsert, by Rusland, gat te lek.

As dekor, staan daar `n afbeelding van die Vatikaan as kerk.  Maar
die bankiers, as konsertregisseurs, roep ongevoelig. Weg met hierdie
sinnelose drek.  Duitsland wil hom onverwags in selfregverdiging, van
die konsert onttrek.  Maar Oostenryk en Switserland dreig, ons maak
jou persoonlik vrek.  Grootbek Amerika laat weet ons sal in die hoof-
rol, sommer geheel die  “scenario” dek.

Maar Europa skreeu, probeer jy my alweer, in outoriteit, beperk?
Afrika speel die rol van 'n boemelaar, wat sy bedelhande na alkante
toe uitstrek.  China vertolk die rol van hul kamma redder, wat hulle
uit die moeras op moet trek.  Israel het die rol, waar die Jode
globaal vir die groot oorlog saam moet trek.  Hier is hul nuwe tempel,
as die dekordoek opgetrek.  Palestina het die rol as vyand en Israel
behandel hulle alweer net soos drek.  In die groot wêreldkonsert word
die gordyne nou vir die groot vertoning oopgetrek.  Geheel die
verhoog is met bloed, taai en rooi geverf.

Die konsert begin met `n  toneel waar Europa besig is, om woes oor
kosaankope, met ander lande tou te trek.  Vanuit die hoek van die
verhoog, roep die groot wereldhoer in `n histeriese stem.  Laat
almal globaal nou nader staan vir die dier se merk.  China gil, sluit
vir almal, vinnig gou, die kwarantyn se hek.  Sodat geheel die wêreld
daar buite van die nuwe pes kan vrek.  Rusland roep, lank genoeg
het ek myself, in waardigheid beperk.  Daarom kom ek in volle wrede
mag en weet ek is geweldig sterk.  Met al die spelers nou totaal
beserk, is geheel die wêreld in volle waansin, stapelgek.

 

Openbaring 3280

DIE VERRAAD SLAAN RAAK

8 Junie 2022  Woensdagoggend  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O bitter blaam-bitter, bitter-blaam,  daar waar die vonnis, tevergeefs,
van die een na die ander gaan.  So word met verraad, sekuur, nou
raak na mekaar geslaan.  En drie maal kraai die hoenderhaan.
Daar in Suid-Afrika waar alles in choas gaan vergaan.  Die woord
bedrog het mos korrupsie uitgekraam. Terwyl niemand hulle hieroor
net 'n bietjie kon skaam.  Daar stort hulle wel, oor verlore buit, 'n
bitter traan

Eens daar in herrineringlaan, was daar sonder genade, hard na
apartheid toe geslaan.  Met die wit vel wat vir alle onreg pa moes
staan.  Het die volmaan, na donkermaan, in menig baie maande
oorgegaan.  Die jare het gekom en die jare het gegaan.  Ja, in
'n eens so ryk, voorspoedige land, wat onder korrupsie sou
vergaan.

Terwyl die Chinees en Pakistani, vir die oorvloed room daarvan,
nader sou staan.  In 'n verlore land, nog net 'n naam.  Daar waar
God se goeie Ordes, vir bedrog en korrupsie opsy moes staan.
Daar heers onder die diknek, nou die bitter blaam.  Ja, in `n
vonnis, waar die skuldige superrykes, in elk geval, nie na die
tronk hoef te gaan.

 

Openbaring 3281

MET ALLES IN SY MOER

9 Junie 2022  Donderdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n mengelmoes bevolkingskardoes.  In koeël gefluit waar almal
verwilderd koes.  Daar waar die hare wild in alle rigtings kroes.  In
waansin wild, wyd, wreed en woes.  Daar begin in gehyg die groot
gehoes.  Kyk, op die lande is daar ook niks om van te oes.  Die
dorpe en stede lê verbrand, verwoes.  Met meeste infrastrukture,
stukkend en geroes.

Die Boer eens so statig en stoer.  Diè is ook nou bykans heeltemal
in sy moer.  In 'n land waar bykans almal gierig na mekaar se
eiendom toe loer.  Daar waar dienslewering net soos 'n luidier
(sloth) stadig sloer.  In daardie land verstil binnekort die gedreun
van vervoer.  Terwyl transportsindikate met mekaar oorlog voer.
Terwyl vakbonde mekaar se monde oor en weer, oor alles en nog
wat, boosaardig snoer.

Daar het toerisme ook met Covid oorlog gevoer.  Ja met
weinig toeriste oor, wat nog deur hierdie land wil toer.  Die velde,
informele nedersettings, dorpe en stede lê swart verbrand soos
roet.  Maar tog is dit steeds beter hier, as vir al die landsverlaters
wat dit in vaarwel sou groet.  Kyk, globaal lyk dit ooraloor nog
meer skrikwekkend, onstabiel en woes.  Daarom moet die mens
nou maar eenmaal vir al hulle oortredings boet.

 

Openbaring 3282

VAN VOEDSEL ONTSê

10 Junie 2022  Vrydagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met koeie wat moe en skape wat blêr, weier die henne om langer eiers
te lê.  Maar van meer en  nog, daarvan wil die mens nou eenmaal hê.
Met te veel in Mammon belê.  Het die wêreldpopulasie, hulself van
stapelvoedsel ontsê   In elke land en kontrei het Amerika mos sy eier
gelê en het daardeur sy eie stabiliteit verlê.  So het die konings van
die aarde, mos almal by Babilon aangelê.

Maar met bykans almal se finansiële gô nou uit, is wêreldvooruitgang
ook heeltemal pê.  Soos 'n windgat rakker, het Engeland sy pet in alle
rigtings gelig en geroep:  Ek sê, ek sê.   Kyk, almal se rykdomme, dit
wil ek vir myself mos hê.  Nou draai hul sanksies teen hulself en
Rusland roep spottend uit:  Pê-wê!  Maar die koeie bly moe en die
skape die blêr, terwyl die henne weier om langer eiers te lê.  Ja, in
‘n ongoddelike toestand, waar die hongersnood die massas, voedsel
gaan ontsê.

 

Openbaring 3283

ONTBEER-ONTBEER

11 Junie 2022  Saterdagoggend  01.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Al wat oorbly van die goeie ou dae om van te kus en te keur, is net
om daaroor te bly fantaseer.  Met alle ordes nou versteur, is dit net
ontbeer-ontbeer.  Kyk, binnekort, word alles deur 'n eenwêreldorde
gekontroleer.  Luister daarom na die gekerm en gekreun, van
sterwende hongeriges, wat hartverskeurend ween.

In laaste pogings word daar desperaat vir hulle gekollekteer.  Maar
selfs die barmhartige Samaritane roep:  Kyk, ook ons het dit nie
meer.  Ja, met die armoede wat ook nou in ons midde begin
triomfeer.  Moet ook ons kinders leer om selfs die heel noodsaak-
like te ontbeer.  Maar horende doof word die bakhand steeds
dringend, bedelend, na hulle toe gekeer.  Ja, met die parasiet wat
sonder simpatie net aanhou om op sy gasheer te teer.

So kom ook die staat met mening op die arme belastingbetalers
neer.  Ook hulle eis hulle pond vleis, net meer en meer.  Wee
daarom elke burger wat die staat deur enige teregwysing hieroor
sou kritiseer.  So, al wat oorbly van die goeie ou jare, van te kus
en te keur.  Is om maar net op die herinneringe van eens oorvol
feestafels te fantaseer.  Ja, terwyl die massas hulself moet
programmeer, om in die nabye toekoms, baie minder voedsel as
tevore te verteer.

 

Openbaring 3284

VOETGANGER EN KAALVRETER

12 Junie 2022  Sondagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die treksprinkaan het verwoestend verby gegaan.  Die voetganger het
by alles vreetbaar geaard.  Die kaalvreter het ontaard en die afknyper
was by uitnemendheid 'n vraat.  Die hongersnood was in die ergste
graad.  Die volke en die nasies was diep beswaard.  Hierdeur raak die
massas onbeheerbaar, heeltemal obsternaat.  Maar die regerings had
geen oplossing of enige raad.

Kyk, saam met die plaag het die pes ook ongevraag opgedaag.  Met
entstof was daar onverantwoordelik gewaag.  Daardeur het die
wetenskap  God blatant uitgedaag.  Daarom was die dood wild in hulle
midde ingejaag.  Enorme stofstorms het gekom en gegaan.  Die droë
land was ook deur tsunami's erg geskaad.

Verwoestende vure het oraloor ontaard.  Teen super droogtes was
menig land nie paraat.  Ook globaal, daar trek die oorlog, wreed sy
swaard.  Met elke moontlike pes en plaag, wat die wêreldpopulasie
nie wou verlaat.  Wou die mens Satan steeds in alles goed behaag.
Kyk, elke denkbare gruwel het hulle steeds nagejaag.  O, hulle het
gedobbel en hulle het alles gewaag.

Maar op die goeie nou weg na die Hemel daar was hul voete traag.
Terwyl hulle met elke sonde God uit wou daag.  Daarom sal die
treksprinkaan weer en weer verby moet gaan.  Soos die kaalvreter is
Raka onversadigbaar in sy aanvraag.  Ook die pes kom weer en weer
aangestorm en tref mens sowel as dier in die bors en ook die maag.
So val die skale in plaag op plaag.  Ja, want die mens het heeltemal
te veel gewaag.

 

Openbaring 3285

NET SOOS DOM KINDERS

13 Junie 2022  Maandagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit ou Tafelbaai tot in Saldanhabaai.  Hoor ek 'n ou-ou liedjie al
om en om sy eie deuntjie, deur geheel die Suide van Afrika draai.  Die
woorde lui:  Aai-aai, die ou witborskraai.  Daar waar hy saam al vier
die windrigtings in sy wilde vlug laat waai.  Terwyl hy onheilspellend
net soos die aasvoëls in sirkels draai.  Terwyl hy in kryskraai  in
woordespel, net soos die Afrika-papegaai laat waai.  Die woorde kom:
Met die oes binnekort verklein tot net `n bonsai.  Is dit gou verby
met die woord hokaai.

Met die tyd ewig nooit weer terug te draai.  Is dit ook lankal reeds
verby die hoop van omdraai.  Die laaste Genadetyd was minagtend
mos versmaai.  Soos dom kinders speel die politici, mos blinde blik-
aspaai.  Maar die hongersnood laat hom nie keer of paai.  Met min
gesaai word in oes ook weinig gemaai.  In plaas van “dubbel-o-seven”
se “spy-o-spy”, speel die Boervolk mos verraad, verraai-verraai.

Met die haan wat vanaf die kerktoring, in drie plus drie, dit drie
keer, in trippelses uitkraai.  Het die predikante met hul leuentaal,
die afgodsoffer vir die dierdraak op die Heilige, Aparte altaar
uitgebraai.  Ook die Boervrou eens so sterk en taai.  Die tooi haar
nou soos die hoer van Babilon kleurvol, ja, kamma al te fraai.
Daarom is haar kinders in hul DNS  swak en in hul maai.  Dit in
swakheid eens gesaai, word nou tot skande omgedraai.  En daar
vanuit ou Tafelbaai tot in die verre Moembai.  Ja, vanuit elke baai
tot in elke kaai, daar roep Babilon en Mammon, hul handelskepe
binnekort toe met `n vaarwel-ghoebaai.

 

Openbaring 3286

DIE BOERE-EKSODUS


14 Junie 2022  Dinsdagoggend  01.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wat is daar om te weet en wat om te verstaan?  In 'n verlore saak
reeds lankal verby en gedaan.  Met  'n  Ja-stem was daar saam groot
gepraat.  Maar in die Boere-eksodus was hierdie kiesers eerste om die
land te verlaat.  Maar wee die Nee-stemmer wat openlik hardop hieroor
sou murmureer en praat.  Die waarheid maak egter seer en dit maak
hulle woedend kwaad.

Hulle kinders gebore daar in verre ander land.  Diè weet nie meer om
in hul suiwer skone moedertaal te kan praat.  So neem die Duiwel op
God se eens geliefde volk sy uiterste wraak.  Die hemel ween
hartstogtelik oor 'n groot gedeelte van soveel verlore suiwer edelsaad.
Kom daarom o, klein oorblyfsel, dit is tyd vir julle om te ontwaak.  Dit
is julle wat moet staan teen die woede van die eindtyddraak.

Dit is julle wat as getuies, dapper en onverskrokke moet naderstaan
vir God se saak.  Julle is die seëlbewaarders wat jaloers oor die
laaste oorblyfsel van rassuiwerheid moet waak.  Voeg daarom nou die
woord by die daad en begin ontwaak.  Weet God sal julle nooit in julle
edeltaak versaak.  Stel daarom nou Satan, vir sy duisendjarige binding,
uiteindelik aan die kaak.

 

Openbaring 3287

MET DIE DOOD WAT NA DIE OOSTE SLAAN

15 Junie 2022  Woensdagoggend  04.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die middernag van 'n donkernag, val daar vanuit 'n onheilspellende
duisternis, 'n pikswart bitter traan.  Die engel van die dood het sy
sekel getrek om dit vir 'n enorme oes deur Indië te slaan.  Die ruiter
op die Vaalperd sal ook verwoestend deur Pakistan tot in Afghanistan
gaan.

In die middel van die dag, terwyl die son verskroeiend oor Asië stil
sal staan.  Begin die “Grimreaper” met 'n sweep soos `n weerligstraal,
in onmenslike hitte, groot getalle dood te slaan.  Die stank van die
dood en ontbinding sal wyd oor groot gebiede gaan.  Hongersnood
begin hierna, om as `n skrikwekkende werklikheid, in al sy ellende
nader te staan.

Bykans alle gewasse en oeste sal in die ekstreme weersomstan-
dighede onder gaan. Daarom gaan ook 'n groot gedeelte van alle
vee ontbind in miskraam.  Alle hoop sal hierna tot niks taan, want
Redding het versuim om nader te staan.  So word die hande nou
biddend saam geslaan.
Maar die vele dooie afgode is heeltemal onbevoeg om 'n plan te
beraam.  Ook die heilige koei het maer tot teenaan haar rib gestaan.

Met melk en heuning nou heeltemal gedaan, was daar ook meer
geen suiwer water oor in die kraan.  Moeders het geween en vaders
was nat betraan.  So ver as wat die oog kon sien het mense langs
verassings en grafte in rou gestaan.  Ook die brandhout vir verassings
was lankal reeds gedaan.  So het die son bloedrooi oor die Ooste
gegaan.  Terwyl die donkermaan onder een en dieselfde
omstandighede oor Afrika sou gaan.

 

Openbaring 3288

EENS HET JY GEWEET

16 Junie 2022  Donderdagoggend  03.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, mens, eens het jy geweet, maar het toe vergeet.  Ja, dat God Alleen
as die Alsiende weet.  Hy stuur na julle Sy askeet, maar deur julle
dwaasheid gemeet, doen julle hom leed.  Want van die verbode vrug,
daarvan wil die wêreldmens steeds in oorvloed aanhou met eet.  Deur
wetenskaplike kennis dink julle dat julle alles weet.  Maar God alleen
weet, in alles bly julle net `n dom leek.

In verstand en wysheid het die wêreldmens dit gewis nie te breed.
Daarom sal hulle tot in alle ewigheid, as die stommerik heet.  O, mens,
eens het jy geweet maar het toe weer aspris vergeet.  Daar is net een
en dit is God wat in Alsiendheid alles weet.  Hy stuur in Genade na die
wêreld, Sy eniggebore Seun.  Maar met Sy kleed eers in Sy eie
bloed deurweek, word Hy wreed en naak, aan 'n folterpaal deursteek.
Ja, want van die verbode vrug, daarvan wil die mens, tot sy onder-
gang steeds eet.

Van industriële voortuitgang, dit wil hulle deurentyd meer van weet.
Maar die Brood van die Lewe, daarvan wil hulle nie breek.  Uit die
gruwelhand van Babilon wil die wêreldmens soos 'n vark mos vreet.
Maar na die kelk van die ewige lewe, daarna wil hulle nie 'n hand
uitsteek.  O, mens, in die oerbegin het jy eens geweet.  Maar in jou
vergeet om geestelik te kan oorleef, moet jy deurentyd na Elohim
jou hand uitsteek.

Maar met die maatstaf van ontug in verbastering uitgemeet.  Het die
mens die hand gretig na die verbode vrug, die vrug van die dood
uitgesteek.  Deur milleniums heen was hul nageslagte daarom met
swakheid deurweef.  Daarom het die Goeie Aparte Gees (Heilige
Gees) van hulle bestaan vergeet.  Maar met die maat nou vol en
afgemeet.  Is daar een ding wat die wêreldmens binnekort goed
sal weet.  Dit was 'n fout om julle goeie God so makllik te vergeet.
Daarom wag daar nou op die wêreld, net die einde van 'n tydvak,
in ongekende leed.

 

Openbaring 3289

DIE WAANSIN LOOP


17 Junie 2022  Vrydagoggend  04.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In moord op moord, daar skiet die skoot en wêreldwyd daar trek die
lood.  Wild en wyd begin die waansin loop.  Met nêrens meer 'n bietjie
hoop, gaan die dood nou uiters groot.  Asof geheel die wêreld aan hul
behoort, loop die jood net soos 'n idioot, alweer heel voor.  Die
Weste sing hulle as voorbeeld na, in 'n wêreldwye koor. Daarom lê die
massagraf vir hul wyd en oop.  Met hul ekonomie binnekort uitverkoop,
word hul stede ook gestroop.

Hulle infrastrukture lê verbrand, verniel, tot in die aarde in gesloop.
So. waarmee gaan die Weste nou koop en ook verkoop?  Kyk,
depressie begin hul ver vooruit te loop.  Nooit weer word die
wêreldjood as die voorlopers van vooruitgang geherdoop.  Die hel
lê nou wyd en oop en Satan merk die wêreldling as sy eiendom met
'n pikswart poot.  Die groot gruwel staan op die plek van die
heiligdom, daar waar dit seker en gewis nie hoort.

Die wêreldfilantroop sing oorwinnend daaroor op `n hoë noot.  Die
merk van Satan gaan globaal nou groot en die graf lê wyd, oop en
bloot.  Ja, terwyl die massas hulself oor hierdie afgrond stoot.  Kom
daar vir 'n handvol Godskinders, YaHWeshua self, op Sy reddings-
boot.  Kyk, vir hulle gaan die Genade, wyd, oneindig groot.  Kyk,
Elohim se Naam, word op hulle voorhoof, as Sy eiendom gedoop.
Ja, soos wat dit van die oerbegin, tot in alle ewigheid hoort.

 

Openbaring 3290

SOOS 'N MAK MAKOU

18 Junie 2022  Saterdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, met gruwelfout op -fout, verdof die glans van goud.  Op die brand-
stapel brand `n groot hoop, weggooihout.  Soos 'n mak makou, het
die wêreldmens mos agter 'n eenwêreldsisiteem aangetou.  Oor hul
ewigheidstoestand was hulle nooit benoud.  Met die sout nou laf,
waarmee word dit weer gesout?  Ja, die kind was stout, maar in
teregwysing tugtig niemand hom op sy boud.  Daarom is hy voor
sy tyd reeds afgeleef en oud.

Met opregte liefde nou so afsydig koud, wat bly daaroor vir die
mens se behoud?  Met elke nuwe winter raak dit net al hoe meer
koud.  Maar steeds brand die stede, dorpe, velde en die woud.  In
ongekende hongersnood, met weinig om aan te kou.  Begin die
massas mekaar nou lasterlik uit te jou.  Met honger kinders wat
desperaat aan oorskietskille klou, is menslike genade, uiters lou.
So word die bedelhand nou minagtend toe geskrou.

In troubeloftes, swak en flou, begin man en vrou, mekaar ook van die
oggend tot die aand uit te jou.  In die bitter koue oggenddou, lê bok,
bees en skaap, swak en flou in `n sneeukombers toegevou.  Ook vir
hulle is daar niks om aan te herkou.  Die weer is trietsig, grys en
grou.  Met massas mense wat hartverskeurend om oop grafte rou.

Die oliekruik staan leeg en daar word geen wyn in die vat gebrou.  Die
stede lê verwoes en word nooit weer in hul prag herbou.  Vir die Weste
was Rusland al te gou en daarom raak hul drukgang nou baie nou.  As
ou bondgenote begin Europa mekaar uit te jou.  Met bankiers en
konings wat mekaar verwytend toesnou.  So word die Weste se
sanksies teen ander, na hulself uitgehou.  Met gruwelfout op -fout,
verdof die glans van wêreldgoud.

 

Openbaring 3291

VANUIT VERGELEë

19 Junie 2022  Sondagoggend  12.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit 'n plekkie daar in Vergeleë.  Kom die ou-ou Openbaringe in
nuwe Profesieë.  Maar dit is vir die wêreldling nou heeltemal ongeleë.
Oor God, is die moderne mens mos nie meer verleë.  Die wêreld-
massas staan soos die oneindigheid van die grote see.  In die drukgang
van 'n eenwêreldorde beweeg hulle na hul slagting, net soos stomme
vee.  Oor die ewige afgrond stort hul neer in hul bose weë.  Terwyl
hulle oor die voortbestaan van hul siel, nie in die minste meer omgee.
Kyk daar na  Hades en die Hel strek hulle bose weë.  Terwyl hulle vir
niks of niemand, net meer `n bietjie omgee.  Maar so begin hulle
swak bodem nou onder hulle meegee.

Maar kyk, in sak en as, sit daar wel `n paar in ootmoed geklee.  Wat
vir die Woord en Waarheid van God steeds diep omgee.  Op die goeie
smal weg na saligheid gee hulle vaste treë.  Soos goeie wyn, alleen
vir God beleë, is dit hulle wat in barmhartigheid nog vir ander omgee.
Maar as martelare word hul deur die wêreldlinge lasterlik toegeskree.
In Suiwer wit klere word hulle deur Elohim se engele vir die Ewigheid
geklee.  Luister daarom, vanuit 'n plekkie, daar in Vergeleë.  Kom die
ou-ou Openbaringe in nuwe profesieë.  Maar in die ryk van brommers
en van vlieë.  Daar sit die wêreldmens hul met mag en mening teen
die Waarheid teë.  Al wat bose gruwel is dit geniet hulle wel terdeë.
Daarom word hulle naam, vanuit die Boek van die Lewe, vir alle
Ewigheid, uitgevee.

 

Openbaring 3292

EDOM SAL OMKOM

20 Junie 2022  Maandagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, waarom het Amon Gad om laat kom?  Om dieselfde rede sal in die
dae wat kom,  Amon se oorlogskreet weer oor die velde kom.  Die valse
Jood-Dibon moet daarom in sy valse grondgebied omkom.  In balling-
skap sal hulle rondswerf netsoos hul afgod Milkom.  Deur sy eie
arrogante dwaasheid gaan Edom beslis omkom.  Waarna die Falkon
swewend oorwinnend oor Sionsberg sal kom.

Die wit Albino maanhaarleeu sal op daardie dag bloedstollend grom.
Kyk, in daardie tyd, sterf die heel laaste held van Edom.  In die
groot oorlogskreet wat globaal gaan kom.  Kom die hamer en die sekel
verwoestend neer en Rusland vergeld alle kwaad gepleeg teen Sion.
Luister daarom na die eentonige ritme van die Afrikadrom. Weet dit is
die voorloper van die groot oorlog Armageddon.

Om die oorskiet feesmaal daar waar die aasvoëls saamdrom.  Lê wyd
versprei die doodsbeendere van die eens so magtige, maar onreg-
matige, grondbaron.  Die vertrapte Boer, die eens los kanon, ontvang
op hierdie dag, vanuit die hand van die engel Gabriël, Elohim, se
persoonlike vergifnispardon.  Op daardie dag staan die laaste
oorblyfsels van die nasies diep verstom.  Ja, in hierdie tyd wanneer
die pragtige helder strale van die Nuwe Son, oor Sion en Jerusalem
op sal kom.

Kyk, teenoor die pikswart verbrande velde staan die spierwit lelie nou
in volle blom.  Die Bruidegom pluk vir sy bruid Sion, hieruit `n ruiker
van die roos Saron.  Luister daarom nou na die ou-ou Levitiese
priesterslied van Aäron.  Daar waar dit oorgaan in die Nuwe Lied van
die Groot Bastion.  Weet die nuwe Melgisedekorde, het finaal tot
Redding van geheel die skepping gekom.

NASKRIF
AMON:  Van die Ammoniete
GAD:  Gad is die oudste seun van Jakob en Silpa en die broer van Aser.  Hy is
een van die stamvaders van die volk Israel.
DIBON:  Die hoofstad was Dibon.  Volgens die Bybel het Moab dikwels gebots
met sy Israelietse bure in die Weste.
MILKOM:  Milkom was ‘n god van Ammoniete.  Hy was waarskynlik een van die
Gode van die doderyk en het ‘n rol gespeel in die dodekultus  (die vereniging
van die  dooies).  Milkom word nege keer in die Bybel genoem, meestal in die
boek Jeremia.  Volgens sommiges is Milkom ‘n ander naam vir die god Molek
wat ook in die Bybel genoem.

 

Openbaring 3293

DIE NUWE EEU

21 Junie 2022  Dinsdagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In `n dodelike Goddelike stilte, na die heel laaste bloedstollende
skreeu.  Is aan die einde van hierdie eeu, geheel die planeet, oortrek
van dik sneeu.  Op `n bergtop staan `n groot kragtige spierwit leeu.
As Goddelike teken vlieg daar bokant hom, `n skitterwit albatros-
meeu.  In die kake van Juda die leeu, pryk die oorblyfsel van `n
verminkte pikswart spreeu.  Weet dit is die begin van die eerste dag,
van die Nuwe Vredestydperk Eeu.

 

Openbaring 3294

WESTE SE DILEMMA

22 Junie 2022  Woensdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vals by die baard gesweer, staan die ortodokse Jood, kaal met sy kop
geskeer.  Amerika lê onderstebo geteer en veer.  Engeland kan kom
wat wil, haar vyande nie besweer.  Duitsland poog om haar inderhaas
te bekeer.  Maar ook al haar stede is binnekort beleër.  Italië pobeer
haar uit haar penarie redeneer.  Maar haar Vatikaan het heeltemal
teveel rykdomme begeer.

Frankryk lê op haar dak omgekeer.  Tevergeefs wou sy as oorwinnaar
poseer.  Nederland word tot onvrugbaarheid gekastreer.  Kyk, die
gruweldier het haar eerste gepenetreer.  Geheel Europa lê verwoes
verskeur.  Oorwinnend oor haar staan die groot Rooi Beer.  Switserland
lê morsdood, met haar agterent heeltemal oopgeskeur.  Sy wou haar
mos deur die grotes en die magtiges van die aarde laat sodomiseer.

Afrika word grotendeels verwoes.  Sy word tot in haar dieptes omgekeer.
Kus het mos heeltemal buite sy orde teveel begeer.  Oor die Adam wou
hy mos in outoriteit regeer.  Daarom het die hemelhof gesit, besluit
en geproklammeer.  Vanuit die Noorde tot in die verre Suide, sal slegs
die Nuwe Jerusalem oorleef.  Ook oor Australië en New Zealand word
daar baie spesifiek gestippeleer.  Tot `n totale wildernis, sonder die
teenwoordigheid van homosapiens, word sy na haar oertoestand terug-
gekeer.

 

Openbaring 3295

DIE VALSPROFEET PSIGOPAAT

23 Junie 2022  Donderdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wie is die bose psigopaat wat nie in skaamte kan blik kan bloos?  O,
wie is die koelbloedige persoon wat kortstondig sit op die wêreldtroon?
Kyk, hy staan daar so vroom, terwyl hy God tart en hoon.  Alles
behalwe `n moroon, kom hy voor as `n uiters intelligente persoon.  In
sy kortstondige eenwêreldryk, met kamma valse vrede omsoom.  Daar
waar stomend, gissend vanuit die hel, reeds die derde wêreldoorlog
loom.

So kom hy na vore as `n kunsmatige, kammakastige, nederige persoon.
Maar tog dans hy rond, as net die flambojante, kunssinnige, persoon.
Met sy paleis in die Weste, sy toevlugsoord in die Ooste, wyl hy ook
in die Suide en die Noorde woon.  Is hy man, sowel as vrou en met
gemengde bloed is dit as gedrog, vanuit alles gekloon.

Om hom versamel as skare, staan die sogenaamde, wêreldroom.
Maar in hul patetiese, saamgeflanste, wêrelddroom.  Is hulle almal
maar net Babilon, se rydier, haar dom, onderdanige moroon.  Ja,
daar waar hulle as die valsprofeet se gewillige slawe woon.  Daar
dink hulle dom, hulle word met goud, diamante en allerhande ryk-
domme beloon.

Maar kyk, net die drekput was die heeltyd hulle troon.  Met net die
stank van menslike fesies en ontbinding wat hulle domein omsoom.
Maar in hulle groot geweeklaag, binnekort, globaal gehoor.  Het
hierdie elite van die aarde, alles in `n enkele uur verloor.  Die
flikkerligte word hierna vir altyd uitgedoof.

Die lokstem van vermaak word nie meer, veral vanuit Hollywood
gehoor.  So het die sportgod ook sy heel laaste wedstryd totaal
verloor.  Die klank van geld word nêrens globaal meer gehoor.
Ja, al die blinkende en skitterende dinge wat so diep kon bekoor.
Dit word in die dieptes van die aarde deur die groot kataklisme
gestoor.

Die heilige engele sing hieroor in `n koor.  Heilig-Heilig-Halleluja,
die heil en die heerlikheid, met alle Mag en Krag, wat slegs aan
onse Elohim behoort. So kom hierdie kragtige woorde nou tot
elke horende oor.  So, wie was nou weer die valsprofeet, die
psigopaat eens so uitermatig boos?  Ja, die een met die drek
DNS, wat in skaamte, nie kon blik of bloos.

 

Openbaring 3296

RUILHANDEL IS BINNEKORT HIER

24 Junie 2022  Vrydagoggend  05.05

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die deeg te lank ingesuur, is die brood nou wêreldwyd vrot en suur.
Die kleikelk staan uitgestal met goud geglasuur.  Maar die kopers
mompel, die wyn daarbinne is heeltemal te duur.  In plaas van koop en
verkoop probeer die Weste om te huur.  Maar in die komende groot
depressie staan die bankiers heeltemal oorstuur.

Babilon staan soos `n goedkoop krismisboom, verspot versier.  Maar
haar eens so gewillige verbuikers retireer en roep:  O, hoe afgryslik
is hierdie onsmaaklike kreatuur.  Kyk, vir haar herstel is daar geen
hoop, genesing of kuur.  Met haar groot val reeds geruime tyd geskryf
teen haar eie stadsmuur.  Het die uitstel van die eindtyd reeds heel-
temal te lank geduur.  Wee daarom die dag van die eenwêreld-
burgerskap kultuur.

Met die Weste wat vir oulaas hoopvol na mekaar toe tuur.  Bulder die
groot Rooi Beer.  Nie een van julle is my gelyke of portuur.  So, waarom
sal ek langer julle Westerse kultuur voor my aangesig verduur?  Met
julle vele sanksies so uiters dom na my gestuur.  Begin Rusland om vir
meer aanvalle na oral heen te gluur.  Die Weste se horisonne raak
hierna met oorlogsrookkolom erg ontsier.

Met die deeg nou heeltemal te lank ingesuur, is die brood nou wêreld-
wyd, papvrot en suur.  Die een na die ander ekonomiese swartdag
word nou dwarsdeur die finansiële week aangevuur.  Die beleggers
ween en pleeg selfmoord in hierdie benoude uur.  Hulle weet vir
herstel is daar ewig nooit weer genesing of kuur.  In vet hoofletters
staan daar nou geskryf op die globale muur:
KYK, RUILHANDEL IS UITEINDELIK HIER!

 

Openbaring 3297

EKONOMIESE VLOEDWATERS

25 Junie 2022  Saterdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringe van judithdebeer.co.za

Versot op die oorgroot aanbod het die verbruikers versuim om te
pasop.  Met die ekonomie nou totaal in die sop.  Verloor die
regerings ook heeltemal kop.  Van paleis tot krot, op plase, besig-
hede, huise en die hele lot.  Werp niemand binnekort meer 'n
aanvaarbare bot.  Spoggerig soos 'n skouperd, het die efffekte-
beurs eens vrolik “gefoxtrot."  Daarna oorgegaan op 'n stewige
galop.  Alles het gevlot, maar oornag het dit skielik in 'n koekspul
saam geklot.

Die wegholjaagtog was egter in volle gang en niemand kon dit
meer keer of stop.  Almal troos:  Kyk dit eens af, skiet wel weer op.
Maar feit bly staan met alles nou papvrot.  Spoel die ekonomiese
vloedwaters hoog oor die kop.  Die beleggers se maag trek op 'n
krop en in die keel kom 'n wurgende knop.  Die selfmoordenaar
tuimel na benede met 'n geweerskoot in die kop, wat hom heel-
temal agteroor skop.  'n Angstige stem roep:  Kyk dit alles bly
steeds net “drop.”  Dit skiet hierna  nooit weer op.

Babilon ween, haar man Mammon, het sy toets gedop.  Met geen
pap in die pot wil die huisvrou se begroting ook lankal nie meer
klop.  Met die skuldeiser wat dwingend aan menig deur klop.
Was van spoghuis tot pondok, die rykaard die heeltyd net 'n sot
en daarom val die hele lot.  Ook die modepop gryp skielik vir
oorlewing na 'n mop.  Maar ook dit bring nie vleis in die pot.
Ja, heeltemal versot op 'n te groot aanbod het die verbruikers
versuim om te pasop.

 

Openbaring 3298

DIE PLAKKER EN SY MAKKER

26 Junie 2022  Sondagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor 'n liedjie al om en om in my kop ronddraai.  Met die volgende
woorde wat wild laat waai:  Word wakker, word wakker, voor jou deur
staan gereed die plakker.  Vlytig soos die vroeë oggend bakker, is hy
egter die bose rakker.  Hy staan daar saam sy makker.  Hulle eis jou
plaas, jou huis en ook elke morg en akker. O, hy bly 'n wrede rakker
en daarom word die massagraf net alhoe wyer en ook vlakker.

Ek hoor 'n liedjie al om en om in my kop ronddraai.  Net soos die
vroeë more haan wat nie wil ophou kraai.  Hy kraai, word wakker,
word wakker.  Kyk, die onlus begin by die vrugtepakker.  Voor jou
deur staan klaar die pakker daar saam sy makker.  Hulle eis jou
plaas, jou huis en daarmee saam ook elke akker.  Jou knieë word
lam, jou spiere word al hoe swakker.  So, wanneer word jy o,
dwaas, nou uiteindelik wakker?

 

Openbaring 3299

MET DIE RAAISEL GEOPENBAAR

27 Junie 2022  Maandagoggend   04.00

nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die drie en 'n half verskrikkingsjaar, word die Melgisedekraaisel
geopenbaar.  Die Godskind word tot redding, maar ook tot Oordeel
gebaar.  Die hel staan hieroor diep beswaar.  Die wêreld trek hierna
oneindig swaar en niemand word gespaar.  Die politiek het ontaard
en met konings en regerings raak dit klaar.  Die massas begin
gewaar.  Dit is alleen die dood wat hulle die gesig instaar.  Alle
besittings word nou as allemanseiendom verklaar.  Burgers betoog,
maar niemand luister meer na hulle beswaar of kommentaar.  Daar
waar die massas hul saamskaar, is dit nou net loodkoeëls wat hulle
binnevaar.

Die gort is behoorlik gaar, met oorlogskepe wat globaal, dreigend,
rondvaar.  Saam die leë koringaar, is die vetmaak os ook uitgeteer
en maer.  Die pes baljaar met weinig medikasie nog beskikbaar.
Die antichris tree na vore as die towenaar.  Hy roep:  Ek kul jul hier,
ek kul jul daar.  In my grootste bondgenoot was ek en die christen-
kerk `n onafskeidbare hegte paar.  Ek is die valse engel van lig,
waarom al die gemeentes hulle trou sou skaar.  Maar `n goeie
engel roep hard:  Kyk, in die drie en `n half verskrikkkingsjaar
word die groot raaisel wel tot redding vir die Godskinders
opgeklaar.

 

Openbaring 3300

VIR BETER OF VIR SLEG

28 Junie 2022  Dinsdagoggend  01.00

nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vir beter of vir sleg, het ons ons vir ons naaste goed vererg.  So
hardloop ons maklik met hulle na die gereg.  Om ons saak daar
deur menseregters te besleg.  Net om te vind dikwels is ons eie
oortredinge net so erg.  Maar om dit te verdwerg, voel ons
daaroor so ongeërg.  O, vir beter of vir sleg, waarom ken ons nou
eenmaal net nie ons perk?

Aan onsself wil ons kwansuis altyd werk.  Daarom sit die mens
Sondae skynheilig in die kerk.  Die een dag ingetoë, die volgende
dag weer heeltemal beserk.  So is ons in ons keuses nie beperk.
Maar staan in ons geloof so kamma sterk.  Kyk, in ons boosheid,
ken ons geen maat of perk.  Maar ons troos ons daaraan dat ons
wel daaraan werk.

“For better or for worse.”  Ja, vir beter of vir sleg, wat is goed en
waarmee moet ons weg?  Die tong praat graag van ander sleg.
Maar tog ken die hart `n ander beter weg. Met die een dag vir
jou naaste goed vererg.  Voel jy die volgende dag oor die mis-
stap weer onverstaanbaar ongeërg.  So berei ons ons maar
almal voor vir die laaste groot geveg.  Net om te vind, God
het in ons hart ook 'n oorvloed van barmhartigheid opgeberg.

So dikwels as wat ons, ons aan die sonde heg.  Kan ons, ons
weer net so vinnig vir die demone in en om ons, ons vererg.
Daarom wys God ons daar is wel 'n beter weg.  Kyk, daar
kom `n dag waarop elke mens gaan sterf.  Net om te weet
vir sy ewigheid het hy niks vanuit homself verwerf.  Terwyl
die ewigheid nou oneindig voor die siel uitstrek.  Wil die
sondaar as Godskind sy saligheid so graag erf.  So, wat is
daar o, mens nou vir jou in klip uitgekerf? Want vir beter of
vir sleg, aan watter een het jy jou toe, vir die ewigheid vas-
geheg?

VERVOLG OP VOLGENDE BLADSY