Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 351
Die uitverkore geslag en die eindtyd.

Dinsdag 3 Junie 2008 9:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In hierdie kritieke tye kan daar nie genoeg klem gelê word op 
elk van die uitverkorenes se onafhanklike geestelike groei en 
ontwikkeling nie. Sodat hulle as volmaakte Goddelike kinders 
die Goddelike vlak en orde kan bereik waar hulle direk onder 
My Koningskap en nie net vir die komende duisendjarige vrederyk 
nie, maar ook die totale ewigheid sowel as die oneindigheid as 
heilige Melgisedekpriesters werksaam sal raak. 

Met My vorige koms na hierdie aarde het Ek meer as eenmaal 
direk na julle-die uitverkore geslag van hierdie aarde asook die 
eindtyd verwys. Weer sê Ek vir julle; van voor die grondlegging 
van hierdie aarde, ja, voordat die tyd sy eerste sekonde in die 
ewigheid begin aftik het is julle sorgvuldig deur Myself gekies 
en verseël om in hierdie tye tot volle wasdom vir die taak waarvoor 
julle oeroorspronklik geskape is te kan ontwikkel en ontwaak. 

Vir julle as ʼn Eersteling voorbeeld het Ek Self tweeduisend jaar 
gelede na hierdie aarde gekom. Dikwels het Ek melding gemaak 
van die skape van My kudde en dat hulle oor die vermoë sou 
beskik om die klank van My Stem hulle goeie Herder in hul 
harte te kan herken. 

Onder die van julle wat nou hier lees is daar reeds van die 
lammers wat uitbundig opspring by die herken van die klank 
van My Stem. 

Daarom sê Ek nou aan julle dat die meeste kerklike instansies 
godsdienstige leerstellings en raamwerke wat daarop ingestel 
is om maklike beheer deur menslike eenvormigheid te bereik 
daar is vir die skape wat aan die kudde van hierdie wêreld 
behoort. Daarom wil Ek met My wederkoms nou in sig, My lewende 
heilige tempels heeltemal gereinig hê van alle onsuiwerhede wat 
van hierdie wêreld is. 

Sodat Ek met die volheid van My Gees in lewende Liefdes vlamme 
in hul harte tot die volmaakte volheid van hul gees kan neerdaal 
en hulle daardeur tot die volle werksaamheid in My Heilige Naam 
kan kom. Heilig is hierdies omdat die dood geen mag meer oor 
hulle sal hê nie. Ja, salig en heilig is almal wat hulle siel van die 
verrottingsvrug van hierdie wêreld bevry. 


Openbaring 352 
Een van die grootste sondes.

Woensdag 4 Junie 2008 14:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In die verre verlede het die grootste ligdraer wat daar is ewig geval 
tot die duisternis. Huidig in die hede wat nou is in die vêrste punt 
van die land van Kus is daar ʼn ontwaking van sekere geeste
waarvan weinig in hierdie wêreld iets van wis. 

In selfverheffing het Lucifer geval en van al die sondes wat daar is 
is die selfverheffing seker een van die grootstes wat daar is. In die 
laaste dae van alle tye wat nou is word alles geskei tussen goed 
en kwaad. 

Van die grootste geeste wat daar is, is om tot hul volmaakte orde 
te kan ontwikkel hulle as kleine swakke mense op hierdie aarde 
gesit. Om tot hulle volle potensiaal te kan kom is alle moontlike 
sondes vir hul as teenpool tot versoeking gesit. 

Met die hulp en leiding van die Gees is meeste van hierdie sondes 
reeds op hul plek gesit. Die grootste teenvoeter wat nou nog vir 
hulle oor is is die selfverheffing wat tydig en ontydig voor elke 
moontlike deur van hul lewe is. 

Meer as tweeduisend jaar gelede was gebore as ʼn kleine 
swakke mensekind; die groot EK IS. In hierdie tyd is dit Migael 
wat kleiner as die kleinste kindjie is. In selfverheffing span satan 
vir uitsonderlike geeste nou ʼn bose lis. Maar in eenvoud is die 
antwoord lank gelede reeds aan hul gegee om in hierdie tye in 
alles- maar alles altyd die kleinste teenoor die naaste te is. 



Openbaring 353 
Met genoeg geld in hongersnood.

Saterdag 7 Junie 2008 08:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Energiebron en olie, daarmee saam raak kos nou vinnig orals baie 
skaars. Orals waar Mammon met winsbejag-oë om hom kyk is dit 
net verlies wat hy om hom begin gewaar. 

In groot getalle kom die grotes nou by mekaar om hul teen die 
gemeenskaplike vyand- “honger” te kan skaar. Swyend bly hul 
leuse; eendragtig trek ons teen God ʼn laer, deur Hom kry die 
wêreld tog net onnodig baie swaar. 

In een beurs stort hulle nou groot fondse bymekaar. Met baie geld 
tot hul beskikking sit hulle nou die koppe bymekaar. In Mammon 
lê die oplossing nou vir hulle kant en klaar. Met genoeg geld trek 
ons die wa deur die drif al is dit ook hoe swaar. 

Energiebron en olie raak nou vinnig klaar, ywerig probeer die 
wêreldleiers om met groot bedrae baie kos op te gaar. In arm 
lande raak alle lewensmiddele orals baie skaars. 

Dekades lank is die massas deur die mag van geld beheer. In die 
tyd van hongersnood wil die moondhede geheel die wêreld nou 
met kos beheer. Maar ook vir hulle raak alles nou baie swaar. 

In elke poging staan My vergeldingsengel met sy oordeel swaard. 
Met oordeel en pes speel hy met al hul oeste kant en klaar. O’ 
Mammon, op jou gemoed lê al jou goud en geld nou baie baie 
swaar. In hongersnood speel die dood nou maklik met jou klaar. 



Openbaring 354 
Nie vir álle volkere en nasies bedoel.

Maandag 9 Junie 2008 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Voortdurend en met goeie reg word daar gehamer op die feit dat 
alle uitlatings aan die meetsnoer van die Skrif gemeet moet word, 
maar bittermin van die vele sogenaamde baie ’wyse’ skrifstudente 
is self bereid om die volle uitgespelde waarheid van die Heilige 
Skrif hulle eie te maak en die volle waarheid vir dit wat dit is te 
aanvaar. 

Om hulle eenwêreldgodsdiens waar Ek as ʼn liefdevolle 
soetsappige god uitgebeeld word wat kwansuis al wat ʼn geloof 
en afgod onder een geloofsdak wil akkommodeer, ja, om hierdie 
leer as waarheid aan die wêreld te verkoop, sal hierdies tot 
vervelens toe verwys na waar daar geskryf staan dat die Woord 
aan alle volkere en nasies verkondig moet word. Minwetend dat 
juis in hierdie wydverkondigde maar versmade Woord die oordeel 
en nie die redding vir die wêreld lê nie. 

Onder die mensdom is daar maar weinig in hierdie dae wat oor die 
vermoë beskik om die volle waarheid in die Waarheid te kan erken 
en die getalle van die wat in hierdie eindtyd gered gaan word is 
skrikwekkend min. 

Die wat hierdie Woord weereens beterweterig wil betwyfel kan 
hulle gerus maar weer tot die Skrif wend en hulle sal vind dat die 
getalle van die verseëldes, ja, die getroue Israeliete wat uit groot 
gevare gered gaan word, met maklik berekenbare getalle uit ʼn 
wêreldbevolking van biljoene, angswekkend min is. 

In die dae van My lewe op hierdie aarde het een van My studente 
My genader vir ʼn meer spesifieke uitleg oor die gelykenis van 
die Saaier waar daar indirek sowel as direk verwys word na die 
vermorste verkondiging, asook die absorberende onvermoë van 
die Woord aan ʼn  wêreld wat nie bereid is om op ʼn gevestigde 
langtermyn die waarheid sy eie te maak nie. Min is die saad en 
skaars die gees van goeie vrugbare grond vir die opbrengs van 
die oes van ʼn handvol edelsaad wat op die regte tyd in ʼn 
vredetydperk deur die Goeie Saaier tot ʼn ondenkbare groot 
vrugbare oes gesaai sal word. 

Daarom het Ek in gelykenisse gespreek sodat die wat nie moet 
verstaan nie, dalk sou verstaan en dit wat nie op ʼn spesifieke 
tydstip moet wees nie, vir redding sou nader staan. Daarom raai 
Ek die menigte van beterweterige skrifgeleerdes aan om eerder 
noukeurig na hulle eie sieleheil om te sien voordat hulle in 
onkunde links en regs saad wil uitskiet waar dit gaan lê en 
verdor, deur die voëls opgepik word of deur die dorings van 
die lewe verswelg gaan word en sodoende tot ewige vermorsing 
kan gaan.



Openbaring 355 
“span die belt en raak bietjie taf” 

Dinsdag 10 Junie 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die finansiële mark ry wipplank op en af en die oliepryse draf die 
wêreldekonomie nou heeltemal kaf. Die mensdom staan verstom, 
voedselpryse raak nou heeltemal laf. 

Desperaat word regerings deur die armes gepla. Mooi word daar 
aan hulle gevra: “die armoede wat ons huidig dra, dit word nou 
baie swaar.” In menig land word desperaat gekla: “sien ons las 
en raak ʼn bietjie saf.” Maar as antwoord kry hulle: “span die belt 
en raak ʼn bietjie taf” 

Baie plekke is daar nou oral wat verspoel, haweloos wonder baie 
wat is nog die doel. Terwyl die aarde op verskillende plekke onder 
aardbewing dreun, verpletter is die menigtes wat in wanhoop hul 
nood uit steun. 

Uitgeput raak die wêreldhulpfonds, heeltemal te veel gaan 
binnekort op hierdie kierie steun. Noukeurig hou baie hierdie 
vreemde situasie dop vir wanneer hulle wêreldplanne nie meer 
so goed wil klop. Daarvoor hou hulle My as nooduitgang in die 
agterkop. Met ʼn wik en dan weer ʼn weeg, ʼn miskien of miskien 
nie afhangend oor hoe sake gaan verloop, na daardie kant sal 
hul vir hul sieleheil toe loop. 

Met hierdie gesindheid is dit waarmee meeste mense vir hulleself 
ʼn ewigheidsplan voorsien. Vinnig is die tyd nou besig om finaal 
leeg te loop en binnekort staan almal van dit wat die wêreld bied, 
leeg gestroop. Haastig is daar nou baie wat met My ʼn 
vertrouensgesprek wil aanknoop maar met ʼn kortstondige wik 
en weeg is dit nou Ek wat ewig van hierdies af gaan wegloop.
  


Openbaring 356 
Op die aarde gesit tot vervolmaking.

Woensdag 11 Junie 2008 04:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
As ʼn ongelyke oppervlakte is alles brutaal en skurf op hierdie 
aarde gesit om deur wrywing en verweer alles te omvorm tot 
ʼn volmaakte sagte Goddelike kurf. 

Soos sneeuvlokkies wat op die aarde neersif is water deur middel 
van distillasie en afkoeling tot herhaalde suiwering op hierdie 
aarde gesit. 

So is die mens as die kroon van die skepping op die aarde gesit 
om deur smart en ellende die vuilheid van die suiwere te skif. Ja, 
in storm en drang is die mensekind op die aarde gesit en as 
teenvoeter hiervan is vir hom gegee die Heilige Skrif. In sonde en 
jeugdige drif is sondaars op hierdie aarde gesit. Om te oorwin is 
aan hul gegee die moedige Goddelike durf. 



Openbaring 357 
Visioen oor diamant krabbertjies.

Donderdag 12 Junie 2008 04:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ek sien ʼn groot groep mense op ʼn swart rots staan. Daar kom ʼn 
groot swart skêr en sny die mense se dik gesonde hare kort af. 
Die mense bied geen weerstand met die sny van hulle hare nie en 
laat dit vrywillig toe.

Dan kom daar ʼn skraal vrou aan wat voorheen mollig en 
welgesteld was, sy is gespanne en soek naarstiglik na ʼn groot 
bedrag geld om vir haar staanplek te betaal. Ek het skielik twee 
pragtige groot diamant-oorkrabbertjies wat ek vir haar kan gee. 

Nadat ek dit aan haar gegee het neem ons dit na ʼn juwelier vir 
ʼn waardebepaling. Die agent by die juwelier se oë rek toe hy die 
krabbertjies sien. Hy wys vir ons die etiket wat steeds aan die 
krabbertjies is en meld dat dit in die Twin Towers in Amerika 
gekoop is. Alhoewel die krabbertjies miljoene Rande werd is 
bied hy net R16000 aan. Ons wil weet wat die rede vir die lae 
bedrag is, hy sê ons moet kyk, die glans van die diamante het 
heeltemal verdof. 



Openbaring 358
Geld wel, maar niks om te koop.

Donderdag 12 Junie 2008 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Rook en hittedamp, krampagtig begin die mens se hart in vrees 
nou kramp. Eentonig is die mynmasjinerie wat vraatsugtig in die 
dieptes van die aarde voortstamp. Onverklaarbaar begin die 
wêreld op baie plekke brand en menig fabrieke raak gestrand. 
Tekstiel en papier raak nou skaars en duur. Handelaars begin 
nou mekaar oor voorrade aan te gluur. Plastiek raak ook skaars 
en op en die verpakkingsbedryf raak nou in die sop.

Die wêreld industrie raak orals in die knyp, maar hoogmoedig 
hou baie van hulle nog die nekke styf. Raap en skraap, heeltemal 
te laat probeer regerings vir ʼn arm tyd op te gaar. Geld is daar 
oorgenoeg van in die Wêreldbank opgegaar, maar van 
lewensmiddele is daar vir miljoene mense maar min gespaar. 

Oral waar die mens hom vir hulp heen keer is dit oral net die 
armoede wat hul ʼn les wil leer. Mammon wil die wêreld soos ʼn 
god beheer, met hom is dit wat Ek nou die gek mee skeer. Ja, die 
klok is aan die muur, Armoede en agteruitgang wat onafskeidbaar 
met mekaar die skouer skuur. 



Openbaring 359 
Om die Heilige Gees te bedroef.

Saterdag 14 Junie 2008 16:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Uit die dorsland van hulle siel, die woestynlandskap van die gees, 
uit die Godverlate landskap van hulle menswees, daar staan die 
wêreldling in woesteny en chaos nou heeltemal alleen en wees. 

Met trompetgeskal in duidelike klank tweeduisend jaar lank is 
Woord en waarskuwing wyd en syd verkondig aan alle geslagte 
oor ʼn hele wêreld- hard en luid. In die einde van die tyd, droewig 
is die roep. Vir die geestelike armoede van die siel kom steeds 'n 
fluistering, sag en hees: jy bly My kind, ʼn Vader wil Ek vir jou wees 
terwyl die laaste hoop verbrokkel en breek. Maar om die Stem van 
God se Gees van sy eie siel weg te keer, is dit die mens self wat sy 
vingers in sy ore steek. 

Ewig word vermors die heilige soeke na die lewensdoel. Om te 
wees of nie te wees en droewig verlaat die Gees die wêreldling 
se siel en vlees. Uit die Boek van die Lewe word vir ewig die 
verlorenes se name gevee. Ondenkbaar is die Verlosser se 
genade. Tot die uiterste het die mens God op elke gebied 
beproef, maar onvergeefbaar is die sonde om die Heilige 
Gees van God te bedroef. 



Openbaring 360 
Die wonderlike onbaatsugtigheid.

Maandag 16 Junie 2008 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wie is daar onder die geeste wat as ʼn belangrike eregas aan 
die hooftafel by die huweliksfees saam met die bruid en die 
bruidegom wil plaasneem? Om ten aansien van homself hom  
vol te stop met die beste wat daar is terwyl daar ʼn menigte van 
arm kinders deur die vensters na binne kyk. Om met honger oë 
maar denkbeeldig saam te smul aan dit wat op die bruidstafel is. 

Ja, net so lyk die een wat desondanks die geestelike behoeftes 
van broers en susters, altyd heel voor in die koor as die heel 
belangrikste eindtydgeeste voor wil staan. Maar die genooide 
eregas wat aan sy Gasheer sê: “Vergewe my, maar hoe kan ek 
van U tafel geniet terwyl daar die is, arm aan die Gees, wat ook 
begeer om van dit wat U tafel bied te kan geniet.” 

Met trane van vreugde sal Ek so een aan My Goddelike bors 
vasdruk. Ek self sal hom die versekering gee dat hy vir ewig mag 
geniet van dit wat die bruidstafel hom bied. In soveel oorvloed sal 
dit vir hom geskied dat hy self aan die armes van Gees dit sal kan 
bied, wat die tafel van die hemele hom ewig oorvloedig aan sal 
bied. 

Openbaring 361 
’n Groot oordeel staan nou gereed. 

Woensdag 18 Junie 2008 17:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vir dekades lank het die leuse gelui; dit betaal om te adverteer. 
Die mens is tydig en ontydig genooi om te koop- net al hoe meer 
en meer. Vergeet van kontant en Rand, vir krediet kan die mens 
sy huis verpand. 

Hoe meer hy wissel en deel hoe meer krediet kom na sy kant. 
Sonder kontant in die hand kan die mens van die oggend tot die 
aand net koop en nogmaals koop. Al wat industrie is, die is nou 
op volle produksie-loop, maar in alle vraatsug lê daar kort voor 
lank ʼn nare knoop. Van te veel en nogmaals te veel raak die 
wêreld van sy energiebronne gestroop. 

Met ʼn "genoeg is nou genoeg" dit is waarmee die aarde nou 
reageer. “Nog altyd het ek al my bewoners gevoed, maar genoeg 
het ek nou van vraatsugtige parasiete wat onversadigbaar op my 
teer, onvrugbaar sal ek my rug nou op hulle almal keer en selfs die 
heel rykes sal hulle self nie teen die armoede en hongersnood kan 
verweer.”

Geen moondheid of regering kan hierdie oordeel van die 
mensdom wegkeer. Soos ʼn vaartuig sonder stuurman op ʼn rowwe 
see, onstuimig stort die valuta en die effektebeurs binnekort nou 
neer. In plaas van koop en koop is dit nou spaar en spaar, so wil 
dieselfde slimmes ʼn bankrot gemeenskap nou vermaan. Hoe bring 
ʼn mens die kloutjie nou by die oor. Vir meeste verbruikers is alles 
nou oor.

Ja, hoe kan die mensdom dit alles ooit verstaan, vir meeste van 
hulle is alles na die maan. ʼn Groot oordeel staan nou gereed, nog 
ʼn engel gaan met sy hand oor die oppervlakte van die aarde vee. 
Onstuimig raak die finansiële see, vinnig sal regerings nou moet 
dink. Die pensioenfonds-skippie gaan binnekort in menig land nou 
sink.



Openbaring 361(b) 
Elke oog gaan Ek open.

Donderdag 19 Junie 2008 07:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In pyn en genot, met temperature wat klim en val, op sy sintuig en 
gevoel reageer die mens maar min. Terwyl die homosapiens oral 
om hom kyk sien hy niks. Oral is daar klank, maar hy hoor dit nie. 
Reuke en geure is daar volop, maar hy ruik dit nie. Ja, heeltemal 
oorbluf en dom kyk oënskynlike intelligente mense na wêreldwye 
versteurings, gebeure en verval. 

En een en almal staan stilswyend en stom. En die Boek van 
Openbaring staan in sy volle blom. En eensaam klink die klank 
van die Gees wat lok en roep. In die na-nag van die nagwaak van 
vêraf kom die roep: "Die Meester kom, die Meester kom!" En met 
olie in hul lampies klein in hul getal, gaan getrou die heilige 
maagde hul Bruidegom met blydskap tegemoet. 

In ʼn doofstom wye wêreld is daar niemand anders wat hoor- die 
klank van heilige huweliksklokkies, ook nie een wat ruik, die 
volmaakte soete reuk van hemelblomme. ʼn Enkele wêreldling 
wat kan voel die teenwoordigheid van ʼn sagte koel Goddelike 
bries. Maar elke oog- die gaan Ek open en hartverskeurend gaan 
wees die ewige verlies wanneer elke enkeling die wederkoms van 
die Seun van God gaan sien. 


Openbaring 362 (a) 
Die bloudruk van alle tyd.

Vrydag 20 Junie 2008 09:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Met ʼn naelstring aan die moeder vas, met ʼn magnetiese band klou 
die maan aan die aarde vas. Om mekaar tuimel hul voortdurend 
om die son. Vanuit hierdie beweging kom voortdurend die aardse 
tyd se bron. In hierdie tuimelaars se meetkrag van hul tyd staan 
dikwels in ʼn reguit lyn, in mekaar se skaduwee en duisternis vir 
ʼn oomblik tot hul spyt. 

In een uit ʼn miljoen sonsverduisterings, stil vir ʼn oomblik die 
dimensionele tyd. Van die kleinste tot die grootste maan, of dit 
een of meer is wat om hul moeder staan. Ook die planete wat 
weer in hulle ordes om hul sonne gaan. Sonnestelsels wat weer 
op hul beurt om groter middelsonne gaan. 

Elk van hulle het sy eie tyd en is op hul beurt ʼn ratjie in die funksie 
van die groot ratwerk van alle tyd. ʼn Duisend aardse jaar is bloot ʼn 
enkel dag in die Skepper se kalenderjaar. ʼn Dag, ʼn duisend jaar in 
die ewige geestelike dimensionele jaar. Elke kind wat op hierdie 
aarde tot sy Goddelike weergeboorte verjaar as ʼn ewige ligdraer 
word daar in hulle sentrum gestoor, ja, die bloudruk van alle tyd 
word deur die Skepper Self vir ewig in hulle bestaan bewaar. 


Openbaring 362 (b) 
Waar gaan ʼn mens die Vader vind?

Vrydag 20 Junie 2008 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Waar gaan ʼn mens die Vader vind? Jy kan loop waar jy wil, jy kan 
maak en jy kan breek. Jy kan doen wat jy wil, God het Homself met 
die sondeval vir die mens versteek. Indien die slimme mens vir 
homself ʼn skippie kon bou om die oneindigheid van hoek tot kant 
te kon deurkruis en beskou. Ewig sal hy op hierdie ewigheidsvaart 
kan gaan, maar nêrens gaan hy die plek bereik waar hy sal kan sê: 
Hier het ek die Skepper van alles gevind. 

So kon die slimme mens nog altyd intensief in al wat ʼn ou geskrif 
of geloofsraamwerk gaan en nog nooit het iemand die Godheid 
konkreet hieruit vir die mens tevoorskyn gebring. So goed en diep 
as moontlik het menig wysgeer homself in die diepste filosofie 
gebring, maar nog nooit kon hulle die Seun van die mens lewend 
daaruit tevoorskyn bring. 

Menig kerk met sy geloof het die hoop op ʼn ewigheidslewe van 
baie siele geroof. In die sigbare dood word alle tekens van die 
lewe vir die toeskouer ewig gestroop. So klein is die mens in 
vergelyking met God en so min as wat hy die einde van die 
oneindigheid ooit sal kan naspeur, so min sal hy die bestaan 
van die Godheid in die materiële ruimte kan naspeur. 

Eenvoudig het God dit daarom vir die mens gemaak om die 
Godheid te kan vind. Kan die mens die Skepper van die Lewe 
in die eie bestaan vind? In ʼn mens se liggaam, sag en broos, het 
God hierdie aarde betree om Homself aan elke mens te kan gee. 
Daarom het Hy Homself met die opregte harte van Sy kinders kom 
klee. In hierdie tyd sal elkeen wat wil, die Beeld van sy Skepper in 
die oë van ʼn werklik weergebore kind vind. 


Openbaring 363 
Die edelboom se onrein takke.

Maandag 23 Junie 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Liberaal het menigeen homself vir die Goddelike orde vererg. In 
skaamte sy gesig oor sy eersgeboortereg voor die hele wêreld 
verberg. Sy kinders verkleur om God te terg. Sy siel, die het hy 
in twee geskeur en so die genade Gees vir ewig verbeur. 

Van die edelboom word die onrein takke vir ewig geskeur. Gruwel 
en verwoesting het hul oor hulself gebring. In selfbespotting sal 
hul as willose slawe hul verrottingslied aan die hele wêreld bring. 
Oor ʼn sot gaan niemand ʼn simpatieke traan na sy oog toe bring. 
Gruwelooslik is hierdie lied wat die draak as vermaak nou aan 
die wêreld bied.

Onmenslike wette word oor geregtigheid gebring. In plaas 
van seën sal Ek ʼn vloek oor bloedgrond bring. As goedkoop 
bemesting sal die Vergeldingsengel menig lyke in die aarde 
bring. Eentonig sal die dood sy lied in onlus oorlog en 
epidemie sing. In vloed en aardbewing, ja, in plaag en hongerdood 
sal ʼn vraatsugtige wêreld sy antwoord vind. 

Die vrye wil van Heiliges wil hulle onder dwangwette bring. Soos 
aasvoëls na ʼn hiëna-maal wil die Oosterling ook oor dit wat heilig 
is smaal. Gretig wil hulle in oorvloed maai daar waar hulle nooit 
nie het, gesaai.
 
Ja, oor Afrika wil die Oosterling kom koning kraai. Hy dink die kind 
van Skeba is dom, met wapens en beloftes wil hy nou na hom toe 
kom. Na heilige bloedgrond wil Sjina vry, in woede gaan die dood 
hul in menig kataklismes onderkry. Maar triomferend sal Ek My 
uitverkorenes van dit wat onrein is weghou, My Goddelike Hand 
sal Ek beskermend om Sion vou.



Openbaring 364 
Die menslike materiële brein.

Dinsdag 25 Junie 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Alle lewende organismes wat tot op so ʼn vlak ontwikkel is dat die 
voortbestaan daarvan afhanklik is van ʼn eie ontwikkelde brein is 
ondergeskik aan die menslike brein wat die mees ontwikkelde vorm 
van alle materie is wat in ʼn vrye toestand in die totale oneindigheid 
voortkom. 

Die menslike brein is egter niks anders as ʼn netwerk van organiese 
weefsel en vloeistof wat ʼn natuurlike lewende “hardeskyf” vorm wat 
oor die uitstekende vermoë beskik om die oneindig baie verskillende 
lewend elektriesgelaaide impulse van vibrerende en wrywende klank- 
sowel as liggolwe, deur middel van die sensitiewe senuweedrade wat 
in die sintuie voorkom te kan absorbeer en verwerk, om dit dan te 
vergelyk met soortgelyke data wat vanaf die eerste selvorming van 
hierdie orgaan se bestaan in sy triljoenvoudige liasseersisteem geberg is. 

As die meestermaterie oor al hierdie vir hom waarneembare ondergeskikte 
materie, beskik die menslike brein verder oor die skeppende vermoë om 
deur middel van sy liggaam, dit wat hy waarneem deur die graad van sy 
intellek te omvorm en aan te pas om dit sodoende tot sy voordeel aan 
homself te kan onderwerp. Die medium waardeur al hierdie funksies tot 
werking kom, bestaan nie net uit die atmosfeer van hierdie aarde nie, 
maar die hele oneindigheid van die totale skeppingsruimte wat in der 
waarheid niks anders as ʼn aaneenlopende lewende substansie is nie 
en wat hoofsaaklik bestaan uit verskillende gasse en stowwe asook 
klank- en liggolwe wat deur hulle voortdurende beweging en wrywing 
ʼn lewende elektriese lading veroorsaak wat in ʼn nimmereindigende 
kettingreaksie alles met alles in verbinding bring en waarvan die mens 
op sy nog betreklike primitiewe vlak nog bitter min van weet en verstaan. 

Die menslike brein is dus basies niks anders as ʼn sender wat radiogolwe 
ontvang en uitstuur en deur middel van lig, beelde kan vaslê en projekteer 
nie. Alle waarneembare materie is deurentyd in verskillende grade van 
ontwikkeling of disintegrasie, ja, alles is deurentyd besig om opgebou 
of afgebreek te word met die tydelike instandhouding wat tussen hierdie 
twee pole werksamig is en onderworpe aan die verganklikheidswet van 
die materie is die breinweefsel wat as ʼn briljante liasseerkabinet vir die 
mens dien, tot vernietiging gedoem. 

Maar die onsienlike inhoud wat ʼn lewende onvernietigbare energie is 
en die kennis van positief en negatief, ja, goed en kwaad bevat en wat 
op hierdie stadium met ʼn selfbewuste identiteit omvou is wat die mens 
nou ʼn lewende siel noem het tot op ʼn geestelike onvernietigbare vlak 
gekom waar dit of voordelig of nadelig vir die hele oneindige materiële 
sowel as geestelike skepping kan wees en waar daar nou op hoër 
geestelike vlak besluit word wat daar met die verdere ontwikkeling of 
moontlike kentering van hierdie onsterflike selfbewussyne moet word. 

Op ʼn latere stadium sal Ek meer oor die verskillende materiële 
en geestelike ordes uitbrei. 


Openbaring 365 
Herken hom -hy is lank en soel.

Vrydag 27 Junie 2008 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn gruweltyd wat die voorloper van die groot verdrukking is 
is daar klaar menigeen wat in die diepte van sy nood radeloos 
wanhopig sy pyn uitsug. In die klimaks van hierdie sware tyd 
gaan daar net soos met Job menigeen wees wat diep beklae 
en ook beskimp-sy geboorte, lewenslot, ja, sy hele bestaan in 
hierdie erge tyd. 

Maar in hierdie groot verdrukkingstyd kom ook die mees 
verwonderings-verrassingstyd en waar die mens in oorvloed 
gaan verwag, by daardie bron gaan hy niks ontvang. Maar soos 
in ʼn snerpende koue winternag by ʼn kleine vuurtjie wat weldadig 
met sy hitte op ʼn verkluimde pelgrim wag, so sal die Reddings-
gees van God in die mees onaantreklike verpakkings as 
verrassings op menigeen in hierdie tye wag. 

In oorvloed het die mens sy liefde en sy tiende aan sy kerk gegee 
en in sy nood gaan hy vir hulp nou nader aan hierdie organisasies 
tree. In valse spyt gaan die kerke nou kamma trane uit hul oë 
uitvee: “Ons hand en hart is leeg, die valse lig en leuen het ons 
klaar oorvloedig aan die mens gegee en daar is niks, maar niks 
meer oor om in hierdie tye aan jul swape uit te deel.” 

Radeloos soos verlate diere sonder hul beskermings-kraal gaan 
menig kudde in verwarring en vrees rondmaal, mekaar se vrees 
die gaan hul ruik en nêrens gaan daar vir hul ʼn geestelike plekkie 
wees waar hul veilig weg sal kan kruip. Maar in die hart van een 
of twee of dalk ʼn bietjie meer wat hul liefde opreg na My wou keer, 
ja, vir hierdies sal Ek self die blik na My warm Liefdesvuurtjie in 
hul koue winternag toe keer. Na ware beskutting sal Ek hulle in 
ʼn brutale tyd heen lei- sag en teer. 

Daar waar die massas in benoudheid maal en woel sal in hul 
midde skielik staan- die valse profeet saam met die Antichris-
lank en soel. 


Openbaring 366
Ewig te laat vir enige berou.
Dinsdag 28 Junie 2008 07:00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vir hulself toeberei lê in hul hande die feesmaal van die 
dood. Losbandig deur die vrye liefde, ongeneeslik lê 
verderf en verrotting tot hul ondergang in hul eie skoot. 
Meer as tweeduisend jaar gelede is daar teen hierdie 
miswolke geprofeteer wat in hoogmoed hulself deur 
niemand oor iets van die Wysheid wou laat leer. 

Syfers, die wil hul spottend omkeer om met God die gek te kan 
skeer. Van beide kante sal ons ("four, 4") vir die meester van die 
duisternis biddend regop staan en verwonderd sal daar menigtes 
agter hierdie opposisie van God nou gaan. ʼn Dubbel plus nog een 
van dieselfde soort, laggend lei ʼn gruwelwêreldorde menigtes weg 
van God se hemelpoort. 

In die matriks van die wêreld vasgevang kom die lied van die 
bose gekamoefleer in pragtig valse engel-gesang. Nader al 
hoe nader kring die dood om menigtes in sy nette te kan vang. 

Maar vreesloos stap die kinders agter die fluitspeler van Suid-
Afrika se Rotterdam. Na die voet van die heilige berg het hul 
gekom om God te belaster en te terg. Oordeelsengele wat hul 
in hul woede oor hierdie arrogansie vir die hele wêreld nou 
vererg. In die oordeel wat daar oor hierdies kom, gaan die 
uitverkorenes hul gesig uit respek vir God verberg. 

Treurig gaan daar menigtes van engele in klaaglied ween oor 
verlore kinders vir ewig daarmee heen. In die oordeel wat hul 
in hul eie hande hou, ja, aan dit wat die wêreld bied wou hul 
desperaat mos klou. Ewig te laat is dit vir hulle nou vir enige 
vorm van berou. As ʼn Valse Jerusalem wil London met haarself 
voor al die stede van die wêreld skou. Wie aan haar beloof hul 
lojaliteit en trou die is ywerig besig om hul eie graf saam met 
haar te grou. 

In Ierland bring Ek ʼn geloof-vesting teen haar tot stand en hierdeur 
gaan al haar planne in die toekoms tot as verbrand. Die skrif is tot 
Engeland se ondergang aan die muur, uit hul ekonomiese hand is 
dit 666 wat tot verwoesting na die hele wêreld gluur. 


Openbaring 367 
Willoos, stom en dom.

Sondag 29 Junie 2008 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ God, hoe lank nog voordat U ons verspilde bloed kom wreek, 
op hierdie aarde is ons wreed gedood, menigtes van ons. Oor 
ons liefde en geloof vir U, tot in die dieptes van ons hart 
deurboor. In heb- en vraatsug onder God se naam is in 
menig kruistog onskuldig bloed tot oorlopens oor baie 
eeue heen vergiet. Brutaal is menig ras en volk onder die 
sware hand van ridderskap gedwing tot bloedige Christenskap. 

Heeltemal gestroop van hul identiteit en godsdiensvryheid, 
het menig martelaar deur hul protes vir hulself op brandstapels 
ʼn wrede dood gekoop. Deur sending op hul afgedwing is Afrika 
slim deur die Weste op sy knieë gedwing. Wie het enige iemand 
die reg gegee om God op hierdie manier aan vrye wesens op te 
dwing. 

Vrymesselaars en Ridderskap, die Basterjood en Engelsman, 
deur al die eeue heen was hul saam ʼn gedugte span. Oor baie 
jare heen was slu- briljant net altyd nog hul bose plan. Die Woord 
en ook die gewete van die mens, dit het hul tot niks verkrag. Deur 
die leuen van alle leuens word daar deur die Vatikaan, ja, deur die 
hoer van Babilon ʼn valse Christus aan ʼn blinde doofstom wêreld 
deur bloed en goud verkoop. 

ʼn Grote Christendom staan lafhartig tot hul ondergang verdoem. 
Sonder vryheid van hul denke staan hulle heeltemal willoos stom 
en dom. Redeloos soos stomme diere staan hul gehoorsaam in ʼn 
raamwerk vir hulle saamgetrek deur die wêreldraad van kerke. Vir 
die vryheid van die mens se gees het God self die tempelorde in 
Jerusalem in drie dae tot niks gebreek. 

Manhaftig en beskermend tree die mens vir sy valse vors na 
vore maar sy God, die laat hy in die steek. Op die fondasie van 
menig heilig bloed het ʼn sataniese wêreldorde sy bose troon 
gebou. Biljoene is daar wat aan hierdie drogleuen as die 
waarheid vasklou. 

Die getal raak vol en die tyd het gekom, die martelare se klere 
is klaar gewas. In die bloed van die Lam het hul dit wit gemaak. 
ʼn Weeklaag gaan daar nou oor die hele wêreld gaan, die engel 
van die dood gaan sy sekel sekuur en diep in hierdie aarde slaan. 

O’ Engeland, die dag het vir jou en jou bondgenote gekom. 
Niemand gaan daar in jou oor wees wat gaan sing "God save 
the Queen". Laag en swart gaan jou vlag oor jou velde hang, 
jou koningin die word nou baie bang. Vir haar is daar geen God
wat met Sy beskermende hand haar gaan vang. 



Openbaring 368 
Die skadelike gevolge van sendingwerk.

Sondag 29 Junie 2008 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Gekamoefleer onder die mooi woord 'sending' wat niks 
anders is as oënskynlik beskaafde, maar nog steeds bloedige 
kruistogte wat weer op sy beurt niks anders is en was as 
geloofsmanipulasie nie, wat deur middel van gewetens- en 
geloofsdwang onderwerp is aan die 'holrug geryde' verdraaide 
woord van "gaan heen en verkondig die Woord aan alle volkere 
en nasies regoor die hele wêreld” nie. 

Ja, hierdie heilige woorde is eeue lank deur koningshuise 
en regerings deur middel van hul mondstuk, die kerk, misbruik 
om met bloedige gevolge hulself deur die Woord van God te 
kon regverdig om sodoende hulself te kon vergryp aan dit wat 
deur die Goddelike goeddunke as eiendom aan die verskillende 
volkere en nasie uitgedeel was. Met ʼn altyd-teenwoordige Bybel 
in die hand het hulle beheer oor bykans die hele wêreld se 
grondstowwe verkry. 

Ja, so het die vrome sendeling altyd eerste by die sogenaamde 
primitiewe volke opgedaag en spoedig daarna het die ellende en 
oorlogsmasjiene gevolg om die 'barbaar' met die Christengeloof 
op sy plek te sit en terselfdertyd van sy onontginde rykdomme te 
’verlos'. 

Wat ironies is is dat die selfaangestelde instrumente wat 
skynheilig en kruipend die gruweltaak vir hul monstermoondhede 
verrig, hulself altyd as die slagoffers en heilige martelare voorhou 
terwyl hulle die ware slagoffers van hierdie bose agendas as die 
minderwaardige en breinlose idiote voorhou wat sonder hulle 
sogenaamde geestes- en gesondheidsorg waaronder veral die 
inenting van verskillende siektes wat bloot tot gevolg gehad het 
dat die natuurlike weerstand van hierdie mense in die slag gebly 
het en dit met katastrofiese gevolge. Ja, dat hulle sonder die 
bogenoemde hulp tot kwansuise selfvernietiging tot in die 
onderste hel verdoem sou wees. 

Neem as voorbeeld Amerika, Australië en Afrika, waar die 
inboorlinge binne hulle onderskeie ordes in ʼn paradysagtige 
toestand vir eeue en nogmaals eeue onder die beskermende 
hand van die Skepper gedy het. Tot op ʼn dag wat gierige 
koninkryke besluit het dat dit tyd is om almal onder die 
vaandel van godsdiens van die sterkste outoriteit van die 
dag van hulle grondgebied en rykdomme te beroof. 

Om hulleself in hierdie tyd te verontskuldig word die vinger 
deurentyd beskuldigend na ʼn klein groepie mense aan die 
Suidpunt van Afrika met haat gewys en terwyl hulle die 
aandag baie noukeurig op hierdies hou, manipuleer hulle 
weereens alles en almal om dit wat hulle maar net kan in 
hulle gierige en vraatsugtige sak te kan steek. Maar vir hierdie 
gruwel-vyand van God en mens het Ek op My beurt in hierdie 
tyd ʼn gevaarlike vyand gestuur. Die sappige been is uitgegooi 
en wreedaardig sal hond, jakkals en hiëna mekaar daaroor 
verskeur. 

Die groot Olie sjeik van die Ooste se hart sal Ek verder verhard 
en die leiers van Afrika sal die Weste uittart en soos ʼn hond wat 
na sy eie braaksel terugkeer sal hul tevergeefs op gesteelde 
skatte probeer teer.


Openbaring 369 
Een grote nare klug.
Woensdag 2 Julie 2008 11:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Verdrietig trek alles in die natuur hul in hul droefenis terug. In 
klaaglied gaan plante en die diereryk menige profesieë uitsug. 
In die sterreruim om die son en maan en ook ons eie lug, kom 
daar tekens om die mens oor sy sondeval te tug. As weerspieëling 
van alle kwaadwilligheid hier op aarde is daar tussen menig 
geeste goed of kwaad, die hele tyd nou onlus in die lug. 

In die dieptes van die aarde raak alles ook berug, ook hier wil 
negatief en positief mekaar die hele tyd betug. Die aardplate is 
dit wat kreun en steun en swaar-moedig op mekaar nou rus. Met 
ʼn verrottings-asem is dit die dood wat die lewe hier op aarde nou 
kom kus terwyl alles in die natuur, in die wete van die oordeel 
van hul ondergang van alles weg wil vlug. 

Weerbarstig is dit die mens wat homself met die leuen van satan 
tot gemoedsrus wil sus. In ʼn valse Sabbat is alles nou in ʼn kamma 
rus. Maar spoedig, in die verwoesting wat daar oor die aarde kom 
word alle hoop tot niks geblus. Leer daarom uit dit wat die natuur 
nou tot verdoemenis uitsug, alle valse vrede in hierdie tye is net 
een grote nare klug. 


Openbaring 370 
Afrika- en ander oergeeste.

Woensdag 2Julie 2008 22:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Onverwags het ek die volgende gesig gehad. 
Ek het gesien hoedat daar ʼn vroulike gees uit ʼn graftombe wat in 
die vorm van ʼn piramiede is, na vore tree om haarself in ʼn sittende 
houding voor die goue standbeeld van ʼn leeu neer te vly. Sy het 
haar arms hoog bokant haar hoof opgetel om dit liefkosend en 
besitlik om die nek van die leeu te vou. 

Hierdie vrou was beeldskoon en volmaak gevorm en ek het 
gesien dat dit die gees van Cleopatra was. Die beeld het skielik 
in ʼn drie dimensionele beeld, drie keer na mekaar vergroot. (Dit 
het voorgekom asof die beeld drie maal vanuit homself elke keer 
in ʼn groter vorm na vore kom). 

Hierna het die beeld as ʼn agtergrond vervaag en in die plek 
daarvan het ek ʼn Afrika-koning in volle tradisionele gewaad 
voor linies en nogmaals linies van krygers sien staan. Bokant 
sy hoof het hy ʼn masjiengeweer met beide sy hande vasgehou 
en hy het homself na sy koningin wat die gees van Skeba was, 
gedraai. Hierdie vroulike gees was groot, omdat sy haarself met 
die meeste lande van Afrika versterk het. 

Ook het ek gesien dat die gees van Cleopatra in bondgenootskap 
met die gees van Skeba gaan. Hierna het daar ʼn beeld van die 
gees van Isebel, die verleidster verskyn wat haarself vergestalt 
het in die vryheidsbeeld (statue of liberty) en op haar beurt het sy 
haarself versterk met die hulp van haar suster, by name die hoer 
van Babilon. Wat op haar beurt weer steun op haar owerspelige 
dogters wat hulleself wêreldwyd bevind. Op die agtergrond was 
daar nog ʼn paar vroulike oorlogsugtige geeste wat hulself 
voorlopig verberg het vir ʼn spesifieke tyd om hierna na vore 
te tree wanneer die ander reeds heeltemal verswak is. 

Openbaring 371 
Kentering teenoor vryheid.

Sondag 6 Julie 2007 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Elke volwasse regdenkende mens is die stuurman van sy eie 
lewens-skippie. Waar dit vir sommiges voel asof die ellende 
waarin hulle hulself bevind toegeskryf kan word deur hulle 
omstandighede of die invloed of beheer wat ander oor hulle 
lewe uitoefen, is dit egter bykans altyd as gevolg van die feit 
dat dit deur die betrokke mense se eie meestal willose 
besluitneming is. 

Kentering of vryheid is die twee verskillende pole waarop elke 
mens se lotsbestemming op hierdie aarde berus en alle negatiewe 
gevolge word bykans altyd deur ʼn onverantwoordelike wilsbesluit 
vooraf gegaan. 

Gedane sake het geen keer nie. Die mens is geneig om negatiewe 
gebeure en traumas voor die deur van die sogenaamde 
onafwendbare lewenslot te lê. 

Dikwels wil die mens in sy bitterheid vir My tot verantwoording 
roep vir dit wat hulle in verkeerde besluitneming oor hulself 
gebring het. Die meeste oorsake van alle ellendes op hierdie 
aarde berus op die maklikste uitweg of oplossing van dit wat 
die oomblik bied. In die oënskynlik maklike oplossing lê dikwels 
op die langeduur bykans altyd ʼn fatale besluit waar dit altyd 
moeilik is om nou die regte antwoord vir die oplossing van die 
probleem te vind. In alle onopgeloste mislukkings kom lê die 
onaangename kentering omdat die mens nou in sy probleem-
situasie in sy wese en siel tot ongelukkigheid gebind is. Maar 
as teenvoeter hiervan het Ek vir die mens as ʼn teenpool vir die 
kentering, die lokkende vryheid daargestel wat op sy beurt weer 
die lewensvreugde huisves wat in staat is om die siel te bevry van 
alles wat hom tot die eie verdoemenis kwel. 

Die volkome vryheid lê nie daarin om selfgeskepte probleme 
traak-my-nie-agtig sonder enige verantwoordelikheid oorboord 
te gooi nie, maar dit lê juis daarin om met ʼn blymoedige en 
verantwoordelike gemoed korte mette van onaangename 
situasies en lewenswyses te maak. 

Daar is egter ʼn baie wyse spreekwoord onder julle mense 
wat as volg lui: “voorkoming is by verre baie beter as 
genesing”. Maak dit daarom in julle toekoms julle “motto” 
om alle besluite meer noukeurig en met die nodige wysheid 
en minder impulsiwiteit te neem. Sodoende sal julle vir julself 
baie minder probleme op die hals haal.

Met ʼn bietjie gesonde nabetragting sal die mens nou vind dat alle 
bestaande probleme op watter vlak van die lewe ookal of dit nou 
indiwidueel of op ʼn breër vlak van die samelewing waar dit 
gemeenskappe, volkere of die hele wêreld insluit, die mens bykans 
altyd self verantwoordelik is vir alle bestaande probleme wat daar 
op hierdie wêreld teenwoordig is. 

Selfs die onvoorsienbare gebeure wat in die vorm van rampe 
of kataklismisse oor die aarde kom en wat niks anders as die 
oordeels-gevolge van dit is wat die mensdom met 
onverantwoordelike besluitneming en handelswyses tot 
versteurde Goddelike ordes teweeg gebring het nie. 


Openbaring 372 
Waar is alles nou vir ewig heen?

Dinsdag 08 Julie 2008 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer r
Waar is al die trots en hoogmoed van alle generasies heen. 
Tot wurmkos en die doderyk is alles daarvan daarmee heen. 

Waar is ʼn duisend geslagte oor die eeue heen. 
Oor menig verlore bloedlyne is dit wat engeleskares ween. 

Waar is al die magtige koninkryke van die aarde heen.
Op die einde van die dag was nie een van hul deur God geseën. 

Waar gaan al die vrugbare oeste van hierdie tye heen. 
As verwoesting sal vloedwaters en vuur as skade oor die 
landbou grond van die aarde reën. 

Ja, waar is al die kos van die wêreld skielik heen. 
Plaag, pes en droogte sal eentonig daaroor teem.

O’ Waar is al die rykdomme van die grotes ook nou heen.
Die hart van menig gierigaard het satan sonder uitsondering versteen. 

Daarom is al die goeie seën 
vanuit die hemele oor die aarde daarmee heen. 

Waar is al die gesondheid van die mens en dier nou heen. 
Deur bose navorsing is alle balans verrot, versteur tot in die been. 

O’ waar is al die voorspoed en die vettigheid nou heen.
Weggeteer en maer raak menig volk nou tot op die skeen. 

Waar, O' waar is al die voeding en behuising vir oorbevolking skielik heen. 
Tot die bedelaarstaf verdoem. 
Waar gaan arm lande vir biljoene honger monde kos nou leen. 

Waar trek al wat stryd- en oorlogswa is nou heen. 
In verwarring staan bondgenoot en vriend mekaar nou as die 
vyand teen. 

O’ waar is al die produksie van die wêreld heen. 
In droë olieboor is alles daarmee heen. 

Waar gaan al die nywerheidstate ook nou heen 
hul hart en siel as bose werktuie aan die satan uitgeleen. 
In ʼn toekomsblik is dit op hul wat die kernbomme neer gaan reën. 
Sonder uitsondering is elk van hul tot ewige verdoemenis geseën. 

Soos ʼn ou-ou klaaglied wat sy bitter wysie oor baie verlore eeue 
uitween, is dit net oor verlore sondaars ewig daarmee heen wat 
engeleskares droefgeestig voor die troon van God nou ween.


Openbaring 373. 
Aan elkeen sy eie mate uitgemeet.

Vrydag 11Julie 2008 09:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Troosteloos in onafwendbare globale verval probeer steeds 
die wêreldling pateties na vooruitgang streef. Maar in wanhoop 
en vrees, dit is waar menigeen op die rand van die ewige afgrond 
leef. In die oordeelstyd van alle tye sal daar geen seën nie, maar 
net vervloeking gaan daar oor die aarde heers. Op regeringsvlak, 
ja, in wet en orde sal daar oral net vrees en chaos heers. 

In die gruwel en verwoesting wat daar oor die hele wêreld gaan 
wees gaan daar niks suksesvol vir die nasies tot genesing wees. 
In die tekens van die eindtyd, aan die begin van die einde van 
hierdie verskriklike tyd net onlus, oorlog en verwoesting is al 
waarvan die mens gaan lees. Sonder hul God raak die mensdom 
nou heeltemal weerloos en wees. 

Eeue lank het die mens, God op elke gebied beproef, die Gees 
deur heb- en vraatsug diepbedroef. Deur mag en heerssug het die 
mens sy eie grootste vyand geraak. Deur God verlaat lê biljoene 
siele naak broos, weerloos en braak. Wie of wat is daar wat hulle 
tot genesing nou aan kan raak. 

Tot die bitter einde het die uitverkorenes vir die wederkoms van 
God gewaak. Met goeie voorsorg hul lampies met genoeg heilige 
olie vir ʼn baie donker nag volgemaak. Oorstelp van vreugde gaan 
hul Sy koms na hierdie wêreld tot hul volkome saligheid nou 
smaak. 

Van alles wat die mens besit, daarvan kan hy soveel hy wil tot 
hulp en redding vir sy naaste uitdeel. Maar uit die kan van die 
vrye wil kan elkeen toegerus met slegs sy eie deel dit nie tot 
genesings met onverstandige mense deel. Vir elkeen het God 
slegs sy eie mate uitgemeet. Moet daarom nie in genadetyd 
met die barmhartigheid van God probeer speel. 


Openbaring 374 
Waarna streef die mens op hierdie aarde. 

Sondag 13 Julie 2008 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wat en waarna is dit wat die mens die meeste na op hierdie aarde 
streef. Wat is dit wat hom tot op sy laaste oomblik aanspoor en 
motiveer. Gaan die mens homself deur goed of kwaad laat beheer. 
Ja, waarna is dit wat elkeen die heel meeste begeer. Is dit dalk om 
as die wenner altyd eerste oor die wenstreep te kan tree. Of dalk 
om in hoogmoed oor ander te kan regeer. Miskien om die hele 
wêreld met ongekende krag te kan beheer. 

Vir baie is dit om in pret en plesier die aarde op sy dak om te keer. 
Of dalk om ydel die ouderdom en dood met mag en mening weg 
van die liggaam te probeer keer. Deur goud en glans, ja, mag en 
geld as die grotes van die wêreld na vore te kan tree. Miskien is 
daar ʼn paar wat van die liefde van God wil kom leer besorgd 
probeer om die bose van hul naastes weg te keer. Ander wat poog 
om aan die einde van hul lewe na God terug te keer. 

Hoe dit ookal sy goed of kwaad, almal nooi Ek gul; kom vly jul 
by My voete neer. Laat My Wysheid julle in Liefde oor julle aardse 
sending kom leer. Kom open julle hart sodat die Seun van die 
mens in die sentrum van jul hart na binne kan tree. Sodat julle 
daaruit tot voordeel van jul naaste sowel as julself tot ewige 
saligheid kan funksioneer. Baie vinnig sal julle vind dat julle 
die hele wêreld nou met My Liefde wil beheer. 

Die kwaad sal julle nou vurig van die goeie wegkeer. Sinnelose 
pret en plesier sal julle na Goddelike waardigheid omkeer. Die 
koue lig van goud en glans met jul warm liefdesvuur tot as 
verteer. Selfliefde en die ydelheid sal jul omskep tot warm 
naasteliefde- sag en teer. Om hulself as ʼn weergebore kind na 
My nuwe Jerusalem te kan keer, dit is al wat die mensekind nou 
met oorgawe sal begeer. 


Openbaring 375 
Melgisedek, die volmaakte kind.

Maandag 14 Julie 2008 17:40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Van die grootste aartsengele tot die kleinste gesie wat daar in die 
oneindigheid is. Vat liefdevol mekaar se hand om uit volle bors ʼn 
loflied aan hul Skepper te bring. In die fynste lig-eter wat daar is, 
kristalhelder is dit die reinste geeste wat daar sing. Heilig! Heilig! 
Is die loflied wat hul na God toe bring. 

Gerubs wat die hoogste Offer, die Eersteling na die troon van Lig 
toe bring. Vier en twintig ouderlinge wat al hoe nader om die 
Skepper kring om die kroon van Koningskap aan God te bring. 
Heilig! Heilig! Al hoe intenser is dit wat die hemelwesens nou sing. 

Die Liefdespunt van God se hart, ja, Sion die uitverkorene word 
binnekort in die allerheiligste ingebring. Geseënd is elke kind 
deur engele na hierdie bruilofsfees gebring. Heilig! Heilig! 
Oorweldigend is dit die engeletoon wat nou deur die oneindigheid 
weerklink. 

Vir die hele skepping om te aanskou word Melgisedek as die 
volmaakte kind deur gerubshande omhoog gebring. Deur die 
wolke van die hemele getrou waaragtig, die Geregtigheid, ja, 
die Koning van alle konings wat tot die redding van sy uitverkore 
kudde na hierdie aarde deurdring. In basuingeskal en donderslag 
die grootste oordeel ooit word oor hierdie aarde gebring. satan en 
sy werktuie word vir ʼn baie-baie lang tyd tot verlossing van die 
wêreld gebind. 


Openbaring 376 
Rondom materiële geboorte, lewe en dood. 

Dinsdag 15 Julie 2008 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Alle bestaande materie in die totale oneindigheid hetsy dit nou 
die verskillende hemelliggame in hulle onderskeie ordes en bane 
is of die kleinste mikroskopiese organiese, of nie-organiese sel 
of atoompie is en of dit nou die vrydenkende mens op hierdie 
aarde is, ja, alle bestaande materie word deur die sorgsame 
liefdeswil van die Skepper en daarom deur die Goddelike 
verantwoordelikheid ín stand gehou. 

In alle materiële ontwikkeling lê daar die ontstaan, groei en 
beperking. Op een of ander tyd bereik alles ʼn klimaks waarna 
dit stagneer om daarna stelselmatig of skielik agteruit te gaan 
om sodoende te kan sterf. By alles wat daar is verskil die 
ontwikkelingstydperk en lewensduur. 

Net soos wat daar sonne met ʼn ondenkbare lang lewensduur 
in die oneindigheid is, net so is daar ook eendagvliegies wie 
se kort lewensduur op hul beurt oneindig lank teenoor sommige 
enkelvoudige organismes of seldiertjies is, wie se lewens-span 
tot vlietende sekondes beperk is. 

Ja, alles en almal het volgens hul eie unieke wese hul regmatige 
tyd en plek in God se groot skeppingsruimte. Vir alles kom daar 
ook ʼn tyd waar die bloeitydperk van die materiële sowel as die 
geestelike groei en ontwikkeling verbygaan. 

In die gestagneerde dood en vergaan daarvan onttrek die 
Goddelike instandhouding waarby ondenkbaar baie vir die 
menslike materiële oog, onsienlike engelgeeste by betrokke 
is hulself om hulle hierna opnuut by nuwe groeiende Goddelike 
projekte te kan voeg. 

Die dooie toestand waarin die eens lewende objek homself nou 
bevind word met goeie reg deur julle mense as ʼn Godverlate 
toestand beskryf. So is daar ook ʼn begin en ʼn einde aan elk van 
die verskillende ontwikkelings periodes wat hulself sporadies 
op hierdie klein planeet aarde afspeel. 

Spoedig het dit ook nou die tyd geraak waar hierdie tydvak sy 
onvermydelike einde nader en in die klimaks van hierdie tyd 
vind die groepering van die gelyksoortiges en daaronder die 
skeiding tussen goed en kwaad plaas. Ook die onsienlike 
positiewe of negatiewe kragte is besig om hulself by die 
ewige verval of die ewige geestelike groei te voeg. 

Elke mens is vanaf sy geboorte toegerus met die sorgsame 
Goddelike hulp van opbouende en beskermende engelgeeste, 
maar terselfdertyd as ʼn teenpool vir die vrye wil ook blootgestel 
aan negatiewe geeste. 

Toegerus met die vrye wil het die kroon van die skepping, die 
mens, die vryheid van keuse om homself na sy eie goeddunke by 
Goed of kwaad te voeg en daarvolgens sal die goeie engele asook 
die slegte geeste hulself hergroepeer. Die wat het sal nog meer 
ontvang en die wat nie het nie sal ook dit verloor wat hulle as 
eiendom toegereken was. 

Die beskermingsengele van die verlorenes sal hulleself onttrek 
om hulle in hierdie tyd as hulp by die uitverkorenes van God te 
voeg en by die verlorenes sal daar ʼn Godverlate toestand tot hul 
ewige ondergang intree.


Openbaring 377 
Abidam-madibA- vader van lig of duisternis?

Dinsdag15 Julie 2008 20:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vir die nag om die dag te probeer kopieer. Met sintetiese lig-dit is 
waarmee die duisternis die gek nou skeer. In ʼn raaisel in die einde 
van die eindtyd wat verband hou met die eerste tyd van die 
begintyd. In ʼn duister-engelhand is die kodesleutel van die ewige 
afgrond. Ook kom daar ʼn oordeel vanuit ʼn grote Engelmond. 

Abidam-madibA vader van die lig of duisternis. Wat wag daar op 
die wêreld- ʼn fees of ʼn begrafnis. In ʼn jaar waar menigtes smeek 
om valse vergifnis wag daar op biljoene die grootste droefenis. 
ʼn Engel gooi sy oordeelskaal met woede op die aarde neer. Die 
aarde gaan haarself tot in haar ingewande oopskeur. ʼn Mond 
word aan ʼn dier gegee, wie gaan al die doodsbeendere van die 
wêreld wegvee?


Openbaring 378 
Die oordeel tree stil nader.

Dinsdag 16 Julie 2008 16:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Kinders kinders altyd kinders, waarvoor die wêreld kwansuis 
omgee. Deur pes en kataklisme gee die rykes vir die armes ʼn 
jubelfees, Nimrodfees, Christenfees, Mandelafees, is dit dalk 
die nuwe kersfees. Agter hul nuwe god aan skreeu die wêreld 
hulself nou hees. 

Die hele jaar deur, vrolik word gehou as inwyding die nuwe fees. 
In rock en roll vier menigeen die nuwe liberale vryheidsgees. Van 
die bande van ʼn Christuskind raak hulle nou genees. Saam met 
die nuwe wêreldorde met sy nuwe god, dit is al waar hulle nou wil 
wees. 

Vrygewig met elke fees word geskenke en donasies as omkoop 
offers aan die siek en armes gegee. Maar stil-stil is dit die 
olyfbome wat nou nader tree om met God se Oordeel die wêreld 
skoon te kom vee. Vrygewig is dit ook die dood wat nou nader 
tree. As geskenkhouer in menig doodskis wil ook hy sy geskenke 
kom gee.


Openbaring 379 
Dit hoor 'n mens in elke gesprek.

Woensdag 16 Julie 2008 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In rook en damp- orals raak die wêreld aan die brand. In menig 
land is dit die graan en woud wat in rook en as verdamp. In 
konveksiestroom, vogdamp en baie stoom. Moeg is dit die aarde 
wat in haar eie hitte loom. Vinnig is die tempo waarteen die poolys 
smelt. Al hoe warmer raak dit om die ewenaarsbelt. Sneeu en hael 
orals gaan ys homself laat geld, sneeustorms word in die middel 
van die somer aangemeld. 

Versteurde weerpatrone wat oral groot kommer wek. Groot 
probleme aan die kom, dit hoor ʼn mens in elke gesprek. 
Oorstromings hier en droogtes daar. Wat wag op die mensdom 
die res van hierdie jaar. Al die goeie raak nou vinnig klaar, wat 
het die mens vir homself in goeie jare opgegaar. 

Die aarde swenk en swaai om skielik op haar sy te draai. Met 
die aarde wat nou kantel, sneeu vorm op ʼn ander plek ʼn nuwe 
poolys mantel. Ja, alles raak versteur en deurmekaar, maar steeds 
bittermin is die wat hul by God wil skaar. 


Openbaring 380 
'n Wêreldsirkus vol van ape.

Donderdag 17 Julie 2008 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn enorme wêreldsirkus wat daar is is die politiek ʼn aaphok 
waar verskillende spesies meeding om met aapstreke en 
kaperjolle die aandag van ewe dom toeskouers op hulself te sit. 
Hoe dommer en lawwer die toertjies hoe groter die bewondering 
en ook die applous. 

 As ʼn leier vir hulself wil die mens die grootste aap vir homself 
voorhou. So wie is die grootste aap, die een binne of buite die 
aap se hok. Met die potensiaal en intelligensie skokkend min 
word herhaling van ʼn wenresep tot sy uiterste gekopieer na 
almal se sin. 

In Amerika vanuit ʼn ou verslete Kennedy hok word deur ʼn 
aapwyfie met ʼn stringetjie pêrels aan haar aapmannetjie se sy 
ʼn hele land tot ondergang gelok. In die hart van ʼn uitgeskopte 
mannetjie aap roep daar om wraak die onverfynde ongerepte 
'bos'. 

In sy wraak ontketen hy met ontblote slagtande ʼn bloedige oorlog 
in ʼn wêreld apehok. In snyerspakke kom die ringkop-ape nou 
bymekaar. Oënskynlik intelligent probeer hul om nou ernstig te 
frons en vanuit hul beste aapstreke en domme renons is dit die 
hele wye wêreld wat tot sy ewige ondergang in die mens se eie 
onnoselheid neerplons.

Openbaring 381 
O’ was ek maar net ʼn doudruppel.

Donderdag 17 Julie 2008 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Ag al sou ek maar net ʼn doudruppel in U skepping hier op 
aarde kon wees. U son van Liefde sou U mildelik oor my laat 
skyn. Sodat ek ʼn straal van U Goddelike glans in my 
waterdruppel hart kon opvang. U Goddelike Liefde sou ek 
in my oomblik van glorie oor my kleine omgewing laat skyn. 

Die tenger grassprietjie waarin ek in my oomblik van ekstase sou 
hang, die sou ek in my sterwensoomblik in my val na benede, ja, 
met die vog van my lewe-daarmee sou ek sy tere wortels benat. 
Die onsterflike Goddelike glans sal hy nou as voedsel na sy 
blaartjies toe vat.

Op sy beurt sal die tere plantjie in naasteliefde haarself offer 
as voedsel aan ʼn herkouende koei. Dié sal weer op haar beurt 
lewensmelk aan ʼn kleine mense baba bedien. Die lewensvonk 
van God se glans sal jy nou in sy ogies kan sien. Kragtig sal 
hierdie kind opgroei om God se Liefdeslig in ʼn baie donker 
wêreld uit te kan straal. 

O’ was ek maar net ʼn doudruppel om ʼn Ligstraal van U Liefde 
op te kon vang…


Openbaring 382 
Moenie op valse profete en swendelaars vertrou.

Sondag 20 Julie 2008 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Alte lekker lag die duiwel vir die mens in sy mou. Met bykans alles 
is die mens voortdurend besig om te knoei en te verbrou. Van die 
oggend tot die aand is hul besig om hul eie graf te grou. Die 
mantel van geloof- dit wil hul willekeurig rondswaai om al wat ʼn 
afgod is daarin toe te kan draai. Die eie gewete probeer hulle om 
die hele tyd te paai terwyl hul toelaat dat die bose onkruid tussen 
hulle goeie saad saai. 

Hul God, dié is hul besig om te versmaai terwyl hulle hulself in die 
kalklig van die wêreld en die duiwel baai. Die wysers van die einde 
is vinnig besig om na die einde toe te draai. Vir die wêreld gaan 
daar wees geen positiewe ommeswaai. Oral gaan daar nou wees 
sensasionele leerstellinge wat elk op sy eie mishoop wil koning kraai. 

Derduisende navolgers gaan tot hul ewige ondergang in hierdie 
bedrogspul braai. Aan elke idool wat die mens se pad nou kruis, 
aan hierdies wil hul die siel en gees nou toevertrou. Ja, op elke 
tweede swendelaar wil menigeen sy volle geloofsoortuiging bou. 

Op mens en leerstellings wil kamma gelowiges die hele tyd 
vertrou. Aan die hand van ʼn mede swakke mens wil hul vir 
geloofsekerheid vasklou. Elke geit en gier wat die wêreld bied 
dit wil hul met Goddelike verering aanskou. Bitter min is die 
wat die oë gerig op hul Skepper nog hou. 

Met ʼn wêreld wat vinnig besig is om te verbrokkel en vergaan is 
nog steeds die massas se geloof in God maar baie flou. Daarom 
verkies hulle om die oë op valse profete te hou. Voortvarend wil 
hul die Goddelike seën oor hulle eie hoofde hou. Maar die 
Goddelike Toorn, dit is wat hulle in groot skrik gaan aanskou. 

In groot getalle wil die mens nou skuil om vir hulself ʼn 
geloofsvesting te bou, maar hul vergeet dat God vir hom slegs 
ʼn huis in die hart van ʼn opregte gelowige bou. Moet daarom nie 
op mense en prinse vertrou, maar alleen op jou God moet jy jou 
vertroue hou. Wil jy aan die hand van ʼn mens vir jou 
geloofsekerheid vasklou of wil jy jou oë gerig op jou God en 
Skepper vir jou ewige saligheid hou. 


Openbaring 383 
Keer na My Gees in jou hart.

Maandag 21 Julie 2008 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Preek en nogmaals preek, dit wil die mens van vroeg tot laat, ja, 
van die oggend tot die aand vir sy naaste die hele tyd afsteek. 
Ywerig word daar die hele tyd gepreek; pret en plesier, rook en 
drank, seks en elke sondige gier, daarmee moet die mensdom 
nou vinnig breek. 

So wil elke predikant en lekeprediker tog te graag vir elke sondaar 
hier kom leer terwyl hul met skynheilige gesigte die eie sonde vir 
die wêreld toesmeer. 

So besig is hulle om die sonde van hul naaste weg te keer dat 
hulle skoon daarvan vergeet om die mensdom van My Grote 
Liefde te kom leer. 

Elke sondaar wat homself in sy volle liefde na My toe keer, by 
elk van hulle sal Ek persoonlik kom oopbreek die sonde van 
die bose sweer. Sodat elke kind gereinig deur My Liefde hulself 
nou na My heilige koninkryk toe kan keer. Vir Wysheid moet die 
mens homself na My Gees in sy eie hart toe keer. Vinnig sal 
hulle weet om deur 'n reine lewe, My, hul God te eer. 


Openbaring 384 
Massas word verlei.

Maandag 22 Julie 2008 23:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In Sjina is die laaste fakkel wat daar op hierdie aarde gaan brand. 
Vanuit Afrika slaan eentonig ʼn donker trom, ʼn Engel roep verstom 
“O’ God waarom”? Die wêreld staan verruk-verstom, hul held die 
antichris is aan die kom. Vanuit Irak tot in die verre Japan en 
Pakistan roep ʼn eenwêreldorde; vrede! Valse vrede vir elke vrou 
en man. 

Ja, spottend roep die draak laggend oor die hele wêreld luid; 
satan kom vir homself ʼn enorme oes vanuit die mensdom buit. 
Massas word verlei om ewig weg te vaar op die hel se 
verdoemenis skuit. Groot die oorwinning vir die slang. Maar bitter 
kort sy tragiese heerserstyd. 

Geweldig vir die eindtydstryders is hul smartvol stryd. Maar as 
ewige oorwinnaars klim hulle uit die laaste bloedige kryt. Vele 
getroue kinders gaan deur die ergste verdrukking ooit nie kan 
sterwe. Gereinig as die eindtyd oorwinnaars gaan hulle die nuwe 
aarde van God beërwe. 


Openbaring 385 
'n Visioen van klippe en rotse.
Dinsdag 22 Julie 2008 02:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In ʼn droomvisioen kyk ek op na die hemel en sien hoedat ʼn streep 
klippe en rotse in ʼn reguit lyn skuins deur die aarde se atmosfeer 
kom. Ek wys met my vinger daarna en skreeu 'kyk'. Dit is so 
werklik dat ek aan ʼn jongman wat skielik langs my staan vra; is dit 
werklik of sien ek ʼn visioen? 

Waarop hy antwoord, dit is werklik en dit is wat op die aarde in die 
toekoms wag. Hoe lank is die toekoms wou ek weet. Hy het gelag 
en gesê dat God se kinders sal weet.


Openbaring 386 
Maar grynsend lag die dood.

Dinsdag 22 Julie 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vogtig gaan die Ooste stoom, oor Indië en sy bure kom die ergste 
‘monsoon’. ʼn Tolwind wat homself tot ʼn monsterstorm kloon, 
Amerika gaan homself as ʼn erge rampgebied vertoon. 

So staan menig land nou nader vir hul loon. God gaan nie 
een van hulle verskoon. Op Afrika wag die ergste hongerloon. 
Droewig gaan die klaaglied wees van die bederlaarstoon. Oral 
op die wêreld gaan riviere hulle banke en walle oorstroom, 
van soveel sterftes en ellendes het niemand ooit kon droom. 
Selfversekerd staan die wêreld hulpfonds nader onder groot 
vertoon. As ʼn 'god' wil die wêreldraad van kerke en die Rooikruis 
hulleself nou kom toon. 

Grynsend lag die dood, hy kom om almal nou van alles te 
verskoon. Alle pogings is vir hom die van ʼn moroon. Sy sekel 
swiep en slaan, alles om hom maak hy met vuur en water skoon. 
Ja, branders gaan wyd oor die land uitsoom, heeltemal te laat 
gaan dit vir menigtes wees om nou hul berou aan God te toon. 


Openbaring 387 
Die verguisde uitgesoekte volk
.
Woensdag 23 Julie 2008 20:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Stukkend gebreek lê die kruik van seën, verpletter lê die skerwe 
oor die hele wêreld heen. Met ʼn Vaderhart wat weemoedig ween 
het Ek ʼn uitgesoekte volk aan ander volkere uitgeleen. Ja, ʼn kruik 
gevul met belofte en seën. 

As ʼn sluitsteen wou Ek, die Hoeksteen, hul aan die mensdom 
uitleen. Waar ookal hulle hulself bevind het die seën in oorvloed 
net oor almal uitgereën. Maar ʼn vloek oor die aarde, dit is wat 
almal oor hul meen. 

Jaloers in haat staan elke volk hul op hierdie aarde teen. In die 
eindtyd wat nou oor die aarde kom gaan vanuit hierdie volk My 
missiedraers blom. Verguis, vertrap gaan hul as oordeel oor 
hierdie wêreld kom. In die Hand van God sal elkeen van Sy 
stukkend-skerwe veilig kom, ja, herstel as die mees volmaakte 
kruik deur God se Liefdesgom. Volmaak verseël sal Sion weer 
as God se nuutgevulde kruik as Goddelike seën na die nuwe 
aarde kom. 


Openbaring 388 
Die laaste geloof taan weg.

Vrydag 25 Julie 2008 10:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vinnig is die laaste geloof in God besig om weg te taan. Wanhopig 
kyk ook die uitverkore kinders na hul God met ʼn moedelose traan. 
Die ergste kwaad is nou die beste goed, so laat die duiwel almal 
baie mooi verstaan. 

Verblind deur wêreldglans kom menigtes nou in die lyn van satan 
staan. So bitter min is die wat nog weet of hul kom of gaan. Alleen 
sal die kinders van God in hierdie tye staan. In ongeregtigheid is 
die hele wêreld besig om nou te vergaan. 

Ja, so min is die wat tussen al die kwaad nog iets van God se 
goedheid wil verstaan. In ʼn tyd wat moeilik vir hul is om selfs iets 
van hulself te kan verstaan. Ja, in hierdie tye moet Ek gedurig nog 
My kinders kom vermaan om so vas soos ʼn rots vir hul geloof te 
bly staan. 

Deur ʼn mengelmoes van alles wat die wêreld op sy kop laat staan 
sal hul met My hulp vir hulself ʼn weg tot fisiese en geestelike 
oorlewing moet oopbaan. Moeilik gaan dit ook vir Myne in hierdie 
tye gaan, maar menigtes van engele stuur Ek om hulle by te kom 
staan. Vinnig, baie vinnig gaan ook hierdie tyd vergaan. As 
oorwinnaars gaan My kinders oor hierdie wêreld staan. 


Openbaring 389 
Die woord en sy gevolge.

Saterdag 26 Julie 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
In die begin was die Woord en die Woord was God. In Sy groot 
Liefde was elke gespreekte Woord ʼn volbringde daad en alles 
het hul gestalte en orde volgens die Woord van God aangeneem. 

Aan alles wat lewe het God ʼn kommunikasiekanaal elkeen 
volgens sy eie soort gegee. Aan Sy ewebeeld het die Skepper 
die Woord op die mens se tong gegee. Maar ook die "slang" het 
met sy valse woord oor die mens se tong kom vee. 

Daarom het die Woord tot redding van die mens Homself met 
vlees kom klee om sodoende as ʼn tweesnydende swaard die 
leuen van die Waarheid te kon skei. Daar is niks so buigsaam 
soos die gespreekte of geskrewe woord nie. Die weergawe 
daarvan neem altyd die identiteit aan van die gewer daarvan. 

ʼn Venynige identiteit bied ʼn woord met ʼn geniepsige byt. So 
keer ʼn sagmoedige persoonlikheid met dieselfde woord die 
grimmigheid af. Ja, een en dieselfde woord tussen ʼn groep 
mense gaan vinnig uiteenlopende reaksies ontlok. Uit een 
geskrewe stuk gaan daar ʼn paar verskillende betekenisse 
kom. Elke mens gaan daaruit tevoorskyn bring wat hy binne 
homself as die waarheid of die leuen huisves. 

Met tragiese gevolge probeer baie om hul eie siening van die 
Woord as die waarheid deur middel van manipulasie en met 
geestelike geloofsgeweld aan andere te bedien. Vanaf die 
mens se oerbestaan, ja, vanuit die mees antieke tye het die 
mens probeer om deur middel van visuele beelde sekere 
begrippe op klip, klei, vel en later ook papier te bring. Om 
sodoende latere geslagte in aanraking met hul oeroorsprong 
te kon bring. 

Elke latere waarnemer hiervan het sy eie konteks hieruit 
tevoorskyn gebring. Hoe meer beskaafd die mens geraak 
het hoe meer verfynd het sy skrif geraak en elke begrip het 
in letter en klank oorgegaan. Soos die lied van ʼn voël se 
gesang het die Woord, soet of bitter tussen die mens kom 
hang. 

So het die mens die Waarheid met die leuen kom vervang. Maar 
soos wat Ek die woord as kommunikasie na die mens se tong 
gebring het so het Ek ook in My Wysheid as teenvoeter vir die 
kwaad, My Gees van Waarheid na die mens se hart gebring om 
sodoende die mens, ná die eet van die vrug van kennis van Goed 
en kwaad met My hulp en Waarheid by te kon staan. 

Welke woorde die pad van die mens ookal kruis daarmee moet hy 
na die binnekamer van sy eie hart gaan. Na die graad van sy lig of 
duisternis sal elke woord vir hom bring sy Waarheid sy vreugde of 
die leuen met die gepaardgaande ellende en droefenis. 


Openbaring 390 
Verblind deur liggelowigheid.

Maandag 28 Julie 2008 05:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Listig kom die duiwel nou as die mens se kwansuis vriendelike 
vennoot. Lieftallig-besorgd doen hy homself voor as die wêreld 
se grootste filantroop. In hierdie tye het hy homself van sy duister 
gelaat gestroop, homself in ʼn skyn en valse lig tot verleiding van 
die wêreld gedoop om sodoende op homself te bou- ʼn blinde 
wêreld se laaste hoop. 

Deur gesondheidsorg en kos is hy besig om die armes se siel 
te koop. Deur goud en glans het die rykes van die aarde hulself 
lankal reeds aan hom verkoop. Gelate is dit die massas wat 
verwonderd agter die duiwel aanloop, hy kul hul hier en hy kul 
hul daar, met politiek het hy ʼn hele wêreld blind getoor. In hul 
eie liggelowigheid het hy hul ewige ondergang gestoor. 

Pronkerig dirigeer satan self die selfmoordlied van die 
eenwêreldkoor, ritmies kom die klank van ʼn wêreldbevolking 
wat hulself gaan uitmoor, in elke uithoek van die wêreld word 
hierdie lied van die dood aangehoor. Daar is niks maar niks wat 
die snelle verloop hiervan dood kan smoor, alles maar alles in 
die mens se siel raak Godverlate en goor. 

Terwyl industriële masjinerie eentonig tevergeefs vir ʼn sterwende 
aarde rykdomme oopboor lag bulderend die duiwel, die valse 
wêreldvriend, ja, die grootste filantroop.

Openbaring 391 
ʼn Tweeduisendjarige legkaart word voltooi.

Dinsdag 29 Julie 2008 19:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die laaste brokstukke word gegooi ʼn tweeduisendjarige 
legkaart word voltooi, harig soos ʼn sak raak die maan die 
son raak bloedrooi. ʼn Stem wat roep: Hoe lank, hoe lank? 
ʼn Engel antwoord: Dit is nader as ʼn klipgooi. 

Vanoor die hele wêreld kom onrein voete om die heiligdom in die 
aarde te stamp. Die gruwel hardloop soos ʼn hondsdol hond wild 
en wyd deur die hele land. Nege uit tien van die suiwer volk het na 
die wêreld gedraai, die regverdige word deur hulle vir geld verraai. 

Maar vir elke druppel edelbloed wat nou gaan val bring die engel 
van die dood tienduisende van die wêreld na die dodedal. Die 
aarde kreun en steun om finaal oop te kraak, die oseaan wil 
homself oor die aarde kom uitbraak. In vrees word die lippe 
stukkend gekou, in elke mond kom ʼn wrange bloedsmaak, maar 
nog steeds koggel en terg die slang en steek met God die draak. 

Toornig roep die aartsengele nou om wraak, een vir een laat elke 
oordeelsengel sy skaal nou val. Waansinnig raak die hele wêreld 
nou in hierdie oordeel mal. Maar verseël en beskut in die hand 
van God, is daar honderd-vier-en-veertigduisend wat nie saam 
met die wêreld in die ewige put en afgrond gaan val. 


Openbaring 392 
Die vryheid van jou siel en gees.

Woensdag 30 Julie 2008 21:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Volkome vry waai die wolke waar hul hulself met die kleurestrale 
van die son kan bind, baldadig in hul vryheidspel is daar geen 
kleurskema wat hul kan begrens of bind. Vrolik wapper die lint 
in die hare van ʼn kind wat in volkome vryheid rondomtalie in 
die wind. 

My hand het Ek geopen sodat jy vry soos ʼn skoenlapper 
jou weg na die lewe kon vind. Waarom laat jy jou deur die 
wêreld met sy sonde bind My kind? Net so vry soos die 
wind wat homself aan geen uithoek van die aarde laat vasbind 
moet ook jy in jou vryheid, jou afkeer of jou liefde vir My vind. 
My grootste geskenk aan jou is die vryheid van jou siel en gees, 
My kind. Hierin sal jy die weg van die liefde terug na My Vaderhart 
toe vind.


Openbaring 393 
God se pad met Sy uitverkore volk.

Donderdag 31 Julie 2008 01:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Tussen die Alfa van Genesis tot en met die Omega van die 
Openbaringe lê die onuitspreeklike oneindige weergawe van 
die groot 'EK IS'. 

In Eksodus lê weer die in- sowel as die uittog van ʼn uitverkore 
volk, vanuit die paradys tot in die hel van die Egiptiese slawehuis 
en vandaar weer terug tot in die beloofde land. 

Vanaf ballingskap tot en met kruistog, van koningskap tot slaaf, 
vanaf die een uithoek van die aarde tot en met sy vêrste wand.
Die einde van alles hiervan begin weer met ʼn Genesis, ja, ʼn nuwe 
tydvak kom weer tot stand. 

In Aäron en Levi lê Levitikus en priesterskap, die geestelike seën 
sowel as die materiële vloek. 

In die getalle van Numeri word ʼn Koperslang verhoog sodat 
sondige sterwendes die oë daarop kan rig en bly lewe. 

Deuteronomium kom om wet en orde na die uitverkore volk te 
bring. So volg deur die heilige geskrifte, die rigters en die profete, 
ook vroue, troues sowel as ontroues. 

In Konings kom ʼn sterke volk tot stand, 
om weer net so vinnig te verbrokkel en te val. 

In Psalms word God besing en in Klaaglied weer beskimp. 
Deur Spreuke spreek die Wysheid en geduldig preek die Prediker. 

In die Kronieke lê die goue draad van die begin tot die einde 
van die Goddelike D.N.A. In letter en woord het God alle kennis 
vir die mens deur die heilige skrif gegee. 

Ja, tot redding van die mens het die Woord Homself met die vlees 
kom klee om hierdie aarde te kon betree en sodoende die mens 
met God se eie Mond die Waarheid te kon leer. 

Soos Moses se koperslang word die Seun van die mens aan ʼn 
vloekhout omhoog gebring sodat die wat die oog op Hom gerig 
hou, die lewe vir ewig kan behou. 


Openbaring 394 
Wee hom wat die oeroue D.N.A versteur.

Maandag 4 Augustus 2008 00:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Vanuit stof is die mens gemaak en tot stof sal hy weer terugkeer. 
Ja, uit die elemente van die aarde, grond, water, vuur, lug en lig, 
het God die mens gestig. 

Reeds vanaf sy vroegste begin lank voor sy sterwensdag, rus 
die menslike liggaam klaar in die stof van die aarde. Soos die 
fossielspore van oeroue vergane varings of soos herfsblare 
wat neer fladder na die aarde, lê geberg in die aarde die lank-
vergete gestorwenes se onvernietigbare D.N.A, in hul eerste 
baba hare. 

Wie het die unieke wonderlike patrone op elke mens se vinger 
aangebring en wie het die volmaakte lewens-simfonie in elke 
unieke D.N.A laat uitkring. Ja, die geheimenis van alle uniekheid 
lê in die simmetriese patrone van die D.N.A. Volmaak is die 
triljoene spirale van water, lig en klank om as ʼn eenheid ʼn 
Goddelike lied aan die Meester van alle lewe te kan bied. 

Wee! die hand wat in verandering, aan die boustene van God 
wil tas. Op so ʼn wêreld kom ʼn onuitspreeklike las, die spiraal 
sal homself ontknoop, verwronge sal hy hom vleg en knoop 
en in kankergewas en plaag sal ellende oor hierdie hele wêreld 
opdaag. 

Die wat wil beheer en manipuleer, ja, die wat wil God speel 
sal tot hul ewige afgryse tot niks wegteer, ook die aarde sal 
hul koud die rug toekeer. Hul eie verwronge D.N.A sal tot 
ewige onvrugbare dooie klip omkeer. Ewig! Ewig sal hul 
nooit weer deur middel van die lewe een van God se heilige 
bousteentjies kan beheer. 
 

Openbaring 395
Bly binne die orde van geslagsgemeenskap.

Dinsdag 5 Augustus 2008 11:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Iemand het aan jou ʼn vraag gestel omtrent die toelaatbaarheid 
aangaande die seksuele omgang in en buite die huwelik en of 
die daad beperk behoort te word tot bloot die verwekking van 
ʼn kind en ook oor die toelaatbaarheid daarvan vir die mens
om sy toegeneentheid en liefde op so ʼn wyse teenoor ander te 
kan uitdruk en uitleef. Verder het die vraag gelui; wanneer maak 
die mens homself skuldig aan hoerery. 

Ek antwoord jou dat die volle betekenis van die woord 'owerspelig' 
reeds baie van die bogenoemde vraag beantwoord. Omrede die 
losbandige owerspeligheid, wat op ʼn sporadiese en gereelde 
basis, onder die Israelvolk plaasgevind het, is daar deur die wette 
aan Moses, aan die volk die nodige maatstaf sowel as voorskrif 
aangaande hierdie onderwerp gegee. 

Nog altyd wanneer die volk in watter tydvak ookal hulle hierby 
gehou het het dit met daardie betrokke geslag in meer as een 
opsig goed en voorspoedig gegaan. Maar die oomblik wanneer 
ʼn volk in seksuele losbandigheid verval het, was die totale 
ondergang van daardie volk reeds in sig. Waarvan julle volkie 
ʼn uitstekende voorbeeld na die skraap van julle sedewette is, 
waar onder andere pornografie en ander gruwels onder die 
sogenaamde "volwasse vermaak" geakkommodeer is. 

Die mens het Ek as man en vrou, ja, as ʼn paar het Ek hulle 
geskape sodat ook die voortplanting van die materiële mens 
op ʼn suiwer en liefdevolle wyse deur hulle kon geskied. Wie 
daarom binne hierdie orde bly, doen daarom nie verkeerd 
wanneer hulle mekaar in die grootste respek en liefde 
liggaamlik nader nie. 

Maar waar dierlike wellus of dit nou binne of buite die 
huwelik verband voorkom, was en sal dit altyd ʼn gruwel in 
die oë van God bly. Oor hierdie onderwerp staan daar in die 
Heilige skrif geskryf; wie trou doen goed, maar wie nie trou 
nie doen beter. Dit is om hierdie eenvoudige rede dat ʼn 
mens wat nie op die vlees gefokus is nie baie meer op die 
ontwikkeling van sy onverganklike siel en gees ingestel is. 
Daarom hang dit weereens, van elke mens se vrye wil af 
waar sy grootste prioriteit jeens die tydelike verganklike 
liggaam of sy ewige onverganklike lewe lê.


Openbaring 396 
Menslike selfsug vernietig die aarde ongesiens.

Dinsdag 5 Augustus 2008 18:15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Terwyl hierdie planeet in aardverwarming oor sy eie einde ween 
jaag bus, trein en vliegtuig sinneloos oor die hele wêreld heen. 
Terwyl die aarde wankelmoedig om sy eie as rondskuif 
is ʼn wêreldbevolking besig om vrolik te bras en fuif. 

Terwyl sedelose vroue vir groot bedrae by die rykaards pruil 
is daar sterwende honger kinders wat in wanhoop huil.
Terwyl die mens vrolik kaperjol op elke goue strand 
is sy wêreld besig om hom tot as te brand. 

Terwyl die industrieë op volle produksie galop 
raak die laaste skone lug en gesonde suurstof op. 
Terwyl die mens al sy vuilheid in die riviere en die seë in pomp 
raak alles wat leef en groei, grys en afgestomp. 

Terwyl die mens wellustig hoer en speel 
lê sy spesie op die Hadeshoop- geaborteer, dor en geel. 
Terwyl die mens homself as ʼn god oor hierdie wêreld verbeel 
word sy erfdeel in die ewigheid deur die satan van hom weg gesteel. 

Terwyl die mens in hierdie tyd eindeloos net koop en koop 
word sy aarde ongesiens tot niks gesloop.


Openbaring 397
Wie deel het aan die wêreld…

Donderdag 7 Augustus 2008 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wie deel het aan die wêreld is sonder enige vryheid en daarom 
gebind en so ʼn wêreldling het geen deel aan My nie. Volkome 
vryheid is om jouself in liefde teenoor die Skepper, jouself sowel 
as die naaste met verantwoordelike selfdissipline volgens die 
Goddelike orde te kan handhaaf sonder om enige wêreldse 
riglyn of raamwerk, slaafs na te volg. 

Die mens is geneig om die woord "bindinge" met die okkulte te 
vereenselwig. Menigmaal het vele mense tot die uiterste gegaan 
om hulle omgewing en woongebied te reinig van alles wat volgens 
hulle oordeel van okkultiese oorsprong is, hetsy dit nou kuns met 
ʼn antieke ʼn kultuur of ʼn godsdienstige agtergrond is en of dit 
hedendaagse musiek met ʼn sinistere ondertoon is. 

Al hierdie gewoel en gewerskaf het selde of ooit ʼn positiewe 
verbreking van enigiets teweeg gebring en te midde van al hierdie 
gespook en spartel, het die gebinde wêreldse mens geen moeite 
aangegaan om homself te bevry van dit wat ʼn wêreldse sisteem 
hom tot ʼn willose slaaf laat bind het nie. Sy god aanbid hy op 
voorskrif in ʼn wêreldse raamwerk terwyl hy homself slaafs na 
elke modegier klee, ook sy hare laat hy volgens die nuutste 
voorskrif kap. Hy bou en meubileer soos aan hom deur die 
sisteem geleer. 

Sy kind voed hy op om ʼn willose slaaf vir die wêreldorde te 
kan wees. Ja, in alles laat hy homself soos ʼn willose dier beheer. 
Vanaf sy opstaan tot en met sy slaap hardloop die gebinde slaaf, 
om Lucifer- sy god te kan behaag. 

Daarom sê Ek weer: Wie deel aan hierdie wêreld het, die het geen 
deel aan My.


Openbaring 398
Die laaste Avondmaal van die eindtyd.

Saterdag 9 Augustus 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Staan nou nader kinders van genade ʼn klaarbereide feesmaal 
staan gereed. Ja, die laaste Avondmaal van die eindtyd staan 
kant en klaar gereed. Nog eenmaal kan die sondaar sy hulde 
aan sy Verlosser bring. 

In ontelbaar baie stukke is die Brood deur die Woord gebreek 
om as versoening aan ʼn kruis op Golgota, aan die mens in liefde 
te gee. Hoe kosbaar tog die hemelse wyn, ja, gereinig deur die 
bloed van die Lam kan die mens nou van die Goddelike kronieke 
afstam. 

Geheilig as ʼn Goddelike tempel, kan elke kind van God nou 
naderstaan om as die laaste gehuurdes in die wingerd van 
die Skepper te kan kom staan om as gewekte wesens hul 
loon en krag van die Seun van die mens te kan ontvang. 
Ja, staan nou vinnig nader kinders van genade, die laaste 
Avondmaal van die eindtyd staan kant en klaar gereed.


Openbaring 399 
So het die menslike blik dof geraak.

Sondag 10 Augustus 2008 02:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Stil-stil het die blye lewensvonk verlore gegaan. Langsamerhand 
het die lig en glans tot niks weggetaan vaal en grys het ʼn digte 
gordyn voor die venster van die siel kom hang. Die menslike blik 
wat ʼn stukkie van die hemel kon opvang, het dof en leweloos 
geraak. 

Satan het biljoene lewend vir die hel en dood kom vang. In ʼn 
geprogrammeerde wêreld waar alles oënskynlik klopdisselboom 
in ʼn goed georganiseerde eendersdenkende wêreldrigting 
verloop. In hierdie sogenaamde beskawingspeil het die mens 
meer as net sy vryheid verloor. Sy unieke kreatiwiteit sy trots 
en waagmoed, sy manlike integriteit sowel as krag, ja, sy hele 
siel het hy in hierdie goedkoop 'Matriks spel' verloor. 

Bedroef het die Goddelike Gees die robotmens aan sy eie lot 
oorgelaat. Satan is dit wat nou met die vingers klap en speel 
om die wêreld-roulette wiel te laat spin en draai en waar die bal 
val, daar bly dit lê of dit nou die wêreldekonomie is wat wipplank 
ry en of dit ʼn grote hongersnood is wat die mensdom laat ly. Of 
dit nou ʼn bloedige oorlog of ʼn vrolike spele is, daar gehoorsaam 
die wêreldmens soos net ʼn outomaat kan. 

Met ʼn 'ja' my eenwêreldmeester ons sal, hoe goddeloos en 
wispelturig ookal elke gril en gier van u, sal ons behaag. Om 
vir homself in vryheid te kan dink daar raak die mensdom nou 
heeltemal willoos en traag. 

Maar in hierdie troostelose tyd sal Ek manne en vroue wek. Die 
vonkel van My Gees sal Ek self in hul oë opwek, onder vreemde 
omstandighede sal Ek hulle na mekaar toe trek, die Goddelike 
kreatiwiteit sal blink vanuit hul oë oor hierdie wêreld straal. 

Versterk met My Goddelike Krag sal hul as heilige engele voor 
die mense kom staan. Waar hul kyk, daar wyk die dood se vaal, in 
hul midde sal die Seun van die Lewe kom staan. Die eens magtige 
wêreldorde sal tot niks voor hul vergaan. Soos mis voor die son, 
sal biljoene lewende dooies tot die illusie wat hul is vir ewig 
vergaan. 


Openbaring 400
Die olyfbome op hul oordeelspad.

Sondag 10 Augustus 2008 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Die meetsnoer word gebring, helgeeste is dit wat nou oor die 
wêreld uitkring. Die grootste skaal word vanuit die skatkamer 
van God gehaal om menig regerings met sy oordele fyn te kom 
maal, maar kleiner as die kleinste kind is harig sy mantel en 
verslete sy sak. Op ʼn deemoedige esel word vele oordele vir 
die wêreld gepak, stowwerig en vaal, ja, lank en droog, maar 
terselfdertyd ook baie kort is die verdoemenispad. Bitter min 
is die wat die pad saam met ʼn oeroue profeet wil stap. 

By koningshuis en ambassade word die neus vies vir hom 
getrek. Daar wag hongersnood, pes, oorlog, aardbewing en 
ellende vir die plek waar God se kneg met onverrigter sake 
van vertrek. Intelligensiedienste steek oor hom by hul 
owerstes die draak en gek maar soos bloedhonde jaag 
hul agter elke woord van sy gesprek. 

As mens is hy heeltemal kragteloos en vaal, maar God se krag 
word vanuit sy siel en gees gehaal. Erg menslik is hy bang dat 
hy self nie die paal gaan haal, daarom word vir sy ondersteuning 
sy hemelmaat iewers vanuit die mensdom vir hom gehaal. 

Menigeen is daar wat alte graag hul skoene wil volstaan, maar elke 
eindtydgees is geroep om vir God sy eie weg oor hierdie aarde te 
kan gaan. Elke mens het sy beurt om met sy lewe deur hierdie 
wêreld te gaan. 

Reïnkarnasie is nie aan die orde van die dag, maar elke ou profeet 
het ook gretig op die einde van die tyd gewag. Ja, ook hul siel en 
gees het na hul ordes en werksaamhede in die Melgisedek-orde 
gesmag. 

Terwyl die hemelwesens heilig, heilig sing is dit die 
eindtydgeeste wat al hoe nader in hul begeerte om God nou 
kring. So, bring die Olyfbome nou haastig op hul oordeelspad 
sodat al die skale uit volle bors nou saam tot eer van God kan 
sing.