Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

 

Openbaring 3551

IN REëNBOOGKLEURE

9  Mei 2023  Dinsdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die verre verlede se eeueoue gebeure.  Daar ontsluit die reeds
so lank geslote dimensiedeure.  Dit wys `n tydvak waar Noag soveel
gruwels moes aanskou en belewe.  Sien daarom die Oordeel daarvan
in grusame, volle gebeure.

Luister daarom o, mens ook na die smeekredes in vurige gebede van
ou profete in die kontrak van `n eens heilige volk se verlore ede.  Ja,
onderteken in `n Goddelike dokument, met die ink van die reënboog
se kleure.

Sien daarom in die vaalgrys newe van hierdie hede die wêreldling se
toekoms in haglike gebeure.  Dit het sy ontstaan vanuit die walglike
kleure en geure van die liberale rede, omskryf in Sataniese, mimieke,
reënboogkleure.

Weet daarom o, wêreldling, dit is vir ewig verby, met jou sogenaamde,
goeie, materiële  lewe.  Daarom is dit die tyd waarin homosapiens van
vrees sal begin bewe.  Kyk, deur vuur en swael, lê verwoes al hulle
infrastrukture, hulle dorpe en stede.

Daarom kom tevergeefs hulle laaste wanhopige smeekredes in desperate
gebede.  Sien, die laaste Oordeels- en nie Vredeskontrak, word nie weer
in die gelofte onderteken van reënboogkleure.  Maar dit word onderteken
in die witwarmvlam, van die laaste groot vuur se bloedrooi kleur.

 

Openbaring 3552

HERLAAI EN LAAT WAAI

11 Mei 2023  Donderdagoggend  01.00 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n oorlogsveld met lyke besaai.  Ek hoor 'n generaal wat paai.
Hy roep:  Dit is tyd om te hokaai.  Maar 'n ander "warlord" beveel:
Herlaai en laat waai.  Dit is nou heeltemaal te laat om, om te wil swaai.
Ja, om van anargie na vrede om te draai.

Met die vet nou in die vuur, word die kaiings tot houtskool uitgebraai.
In Afrika het Kanaän homself in Kus verraai.  Daarom het die
politieke winde in verwoestende tolwinde in alle rigtings geswaai.
In hierdie groot chaos gesaai, het die dood 'n enorme oes gemaai.

In hierdie kontinent krap die groot moondhede, moedswillig, in mekaar
se slaai.  Maar vanuit die Oekraïne sal die oorlogswinde eerste na die
Weste oorwaai.  Die groot kanonne staan swaar gelaai. Dit sal sonder
'n wapenstilstand onverpoos laat waai.  Die een na die ander land is
daarom spoedig in hul maai.  Ja, met die VN se vlag wat nooit weer
oorwinnend aan die vlagmas sal waai.

 

Openbaring 3553

VANUIT DIE PHOENIX SE AS

12 Mei 2023  Vrydagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die oseaan in haar eie gety verslaan.  Het die maan haar bloedrooi
vir haar aarde geskaam.  Die duisternis het in slierte, soos 'n harige
sak, voor haar verby gegaan.  Die Phoenix het op daardie oomblik tot
as vergaan.  In die plek daarvan het 'n draak opgestaan.

Die Ooste het as 'n magtige oorlogsmasjien na die Weste geslaan.
Maar ook die Weste se planne was klaar beraam.  Met 'n kernbom
het sy aggressief teruggeslaan.  Maar die groot hongersnood het
die heel hardste geslaan.  In Amerika het die enorme graanlande
sonder oes gestaan.

Globaal was daar vir vleis en suiwelprodukte geen alternatiewe plan te
beraam.  Ook die vee en pluimvee het sonder voer onder gegaan.  Die
rooi waarskuwingsligte was globaal nou oral aan.  Rantsoen was die
oorlewingsplan se desperate naam.  Maar die groot pes het met
kwarantyn teenoor haar kom staan.

Onder die groot sonsverduistering het die draak gekraam.  En kyk, die
gedrog se naam was Leviatan.  Met geheel die wêreld in vergaan, was
dit te laat om verder te vermaan.  In die geboorte van die waan, het
die gees van verskrikking om die aarde gegaan.  Ek het 'n stem hoor
roep:  Te laat vir rou en te laat vir 'n traan.  Kyk, die duisternis het
reeds in slierte, soos 'n harige sak voor die bloedrooi maan kom staan.

 

Openbaring 3554

SONDER ELEKTRIESE GERIEF

13 Mei  2023  Saterdagoggend  01.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n donker nag waar 'n ster verskiet.  Hoor ek iemand saggies neurie
in 'n lied.  Tong in die kies, het Amerika oor 'n groot verlies, haar
vir Suid-Afrika goed vervies.  Maar Afrika te dom om te pleit in askies.
Vra as parasiet alweer sonder om te sê asseblief.  Vir net nog meer
kos en verversings, netjies verpak in plastiek.

As `n gebore dief, luister hulle mos na geen raad of advies.  In hier-
die kontinent is weinig nog 'n bietjie kreatief.  Laat staan nog van
konstruktief.  Maar steeds eis die Afrika massa, Westerse gerief.
Daarom kom in hulle pikdonker nag so sonder krag.  Die groot ellende
aangesluip soos 'n dief.

Dit kom op die gezoem van vlerkmusiek, op die ritme van die muskiet.
Die pes hou in sy hand ‘n brief met ongewenste statistiek.  Dit meld
groot lewensverlies, globaal onder die publiek.  Dit vertel van massas
wêreldwyd dodelik siek.  Ja, in 'n tyd waar alhoe meer lande staan
sonder elektriese gerief.

 

Openbaring 3555

LAAT DIE OOR NOU HOOR

14 Mei 2023  Sondagoggend  02.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Uit 'n strofe van 'n engelekoor kom die waarskuwingswoord:  Wie 'n oor
het laat hom hoor.  Met die stryd klaar verloor, wie is die sot wat hom
nog deur die illusieglans van die wêreld laat bekoor?  Met smart op
smart vir die volke en die nasies gestoor.  Kom die dood en dit kom
in dubbeldoor.

In midde-Afrika langs 'n droë watervoor.  Lê massas lyke in
burgeroorlog uitgemoor.  Met die water bitter, is ook die laaste
bietjie meel vrot en goor.  Daar is  geen reserwes vir hierdie krisis
opgeberg of gestoor.  Wêreldorganisasies het eens hulle hulp beloof.
Maar diè hou hulle nou blind en doof.

Hieroor word die hare wild gekloof.  Dit, terwyl China en ook Indië
steeds gierig Afrika se hulpbronne beroof.  Vanuit Noord na Suid
beweeg ontelbaar vlugtelinge in blinde geloof.  Daar na Suid-Afrika
beweeg hierdie hongerstoet onstuitbaar voort.  Hul dink in die land
van melk en heuning reën dit steeds brood.

Maar hulle het vergeet, die kosprodusent is van sy grond beroof.  Met
soveel Boere reeds uitgemoor, is daar weinig van hulle oor wat in
produksie nog met kos kan toor.  Wie 'n oor het laat hom daarom hoor.
Luister daarom na die stroof vanuit 'n engelkoor.  Dit lui:  Dit is te laat
vir gebed en ook geloof.  Kyk, die oordeel kom in `n enorme katastroof.

 

Openbaring 3556

MAN IN ‘N VLAM

15 Mei 2023  Maandagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n man in 'n vlam.  Vanuit die vuuroond is hy vir hierdie tyd
gewan.  Met 'n dokument in sy een hand.  Kom hy om Europa te verlam.
In sy ander leë hand, is daar geen koringgram, vir Oos sowel as Wes
uitgewan.  Ek sien 'n man in 'n vlam.  Agter Jakob aan, kom Laban.  Hy
eis as suiwer ram slegs 'n rasegte lam.

Hy vra:  Wie is nou eintlik die San?  Verban daarom vanuit die Suide
ook vir Gam.  Bring daarom ook vir Ephraim en laat hulle 'n groot
streek beman.  Kyk, vir 'n nuwe tydvak kom daar vanuit hul 'n nuwe
stam.  Waarvan al die volke en die nasies verskrik weg sal skram.

Ek sien 'n man in 'n vlam.  In sy hand is 'n boog gespan.  Dit is
Rusland met 'n plan.  Kyk, vir die Jood bring hy papvrot ham.
Wat geheel die Weste gaan verlam.  Vir Amerika bring hy sy vlam.
Sodat al hul groot stede gaan verbrand.  Hy vang hul heeltemal
onkant.  Hy maak van hul die kind van skand.  Ja, ek sien 'n man
in 'n vlam.  Vanuit 'n vuurwarm oond is hy vir hierdie tyd gewan.

 

Openbaring 3557

WRAAK

16 Mei 2023  Dinsdagoggend  00.10

www.nuutsteopenbaringevanjuidthdebeer.co.za

Ek hoor 'n kreet, 'n stem wat breek.  Ek sien 'n man swak en week.
Langs sy vrou en kind, deur Raka doodgesteek.  Ek sien die haat
ontsteek.  Daar waar die naasteliefde nou ontbreek.  Ek sien
dieselfde bloedmaat, word nou uitgemeet.  Stop daarom nou die
skynheilig kerkgepreek.

Ek luister na die eerste koeëlklap wat die stilte breek.  Ek sien 'n
bloedbad oor die land in elke streek.  Ek sien 'n kakiehemp met bloed
deurweek.  Die Skoppensboer noem dit sy bloedkleed.  Met geheel sy
gesig, met vyandsbloed besmeer.  Is hy besig om homself te wreek.

In sy hand hou hy 'n slagtersmes gereeed.  Met elke steek op steek,
daar verslap vir geen oomblik sy dodelike greep.  Sy vyand, diè het hy
aan die keel nou beet.  Met soveel lyke, wat hy uit sy pad uit sleep.  Ek
hoor 'n kreet met Skeba wat nou smeek.  Ek sien Raka, desperaat sy
eie kind opvreet.

Ja, in 'n land deur Kaukasies nou aan die brand gesteek.  Ek hoor hul
roep:  Lank genoeg was ons swak en week.  Daarom sal ons die
kettings van ons kentering, met geweld oopbreek.  Daar langs die graf
van 'n blanke vrou en kind, wreed doodgesteek.  Daar het die laaste
wanaangepaste naasteliefde in die grootste haat ontsteek.

 

Openbaring 3558

DIE EKONOMIESE TREIN VERPAS

17 Mei 2023  Woensdagoggend  04.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n kris-kras pas, het 'n ekonomiese demoon sy trein na die hel verpas.
Daarom word katoen nou vir wol geklas.  Gras word gars en koring word
as rys uitgewas.  Ek hoor iemand roep:  Van hemp en dagga vleg ons
vlas, waarmee ons die toue wel aanmekaar sal las.

Kyk, in bek-en-klouseer oor die velde ontlas.  Lê Afrika vlakte
toegegooi onder dooie dierekarkas.  In 'n tekort aan gas, begin menig
lande maar die belt vas te trek in vas.  Die "superrykes" woonagtig in
huise van glas.  Begin nou self onder die groot armoede te bars.

Met elektriese krag tussen aan en af.  Is tussen die boom en die bas,
die hout net uitgebrande as.  Met 'n basterras, waar kinders in
plakkerskampe in modderwater rondplas.  Word klere en linne lankal
nie meer skoon gewas.

Op die see dobber daar 'n skip sonder 'n mas.  Hierdie luukse jag word
nou deur die armsalige vissersskuit as agterlik verag.  Eens roep daar
in Amerika 'n stem:  Drein die morsige politieke moeras.  Maar die
liberalis het hierdie begrip sondermeer verwerp en verag.

Daarom heers tot hul ondergang die trans en tras.  Met die pedofiel
wat die kind onbetaamlik betas.  Vergeet ook die homoseksueel om
sy vuil agterent te was.  So kom alles onnatuurlik en waansinnig nou
vanuit die kas.  Daarom gaan die ekonomie gebuk onder 'n geweldige
las.  Want in 'n kris-kras pas, het 'n heldemoon die trein na Hades
verpas.

 

Openbaring 3559

KRING OM DIE MAAN

20 Mei 2023  Saterdagoggend  02.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n aardbewing aangebring deur 'n kring om die maan.  Was in die
voorlaaste tekens van die laaste tye, die waarskuwings beslis nie mis
te verstaan.  Die dwaas het hierna in totale sotheid oorgegaan.  Daar-
om het die Wysheid waardig en stil eenkant toe gestaan.

Ja, sodat 'n dom wêreld dit alles, nie dalk tot haar redding, kon begryp
of verstaan.  In die dreunings van aardbewings, waar aardplate al grof
skuiwend oor mekaar gaan.  Het 'n tsunami sonder voor waarskuwing
onverwags toegeslaan.

Hierdeur het menig infrastrukture ver langs 'n kuslyn vergaan.  In
daardie kontrei het ook die rook van 'n groot vulkaan, deur die
atmosfeer, reg rondom die aarde gegaan.  Ja, sodat die son en maan
in bloedrooi kleur, van die een horison tot die ander, teenoor mekaar
sou staan.

 

Openbaring 3560

DIE VALSE VREDESVORS ROEP

21 Mei 2023  Sondagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n pikdonker nanag sonder 'n dagbreekgloed.  Het ek die valse
vredesvors hard hoor roep:  Ja, na sy wêreldorde weermag troep
het hy bevelend geroep.  Hy het hulle beveel, breek nou finaal die
konserwatiewes se moed.  Ja, versmoor hulle wreed in strome van
hul eie bloed.

Laat Oos en Wes mekaar in bloedige oorlog, blitssnel besoek.
Beperk daarom ook wêreldwyd alle moontlike oorlewingsgoed.
Weerhou die hand van die globale ploeg.  Sodat die massas
onder armoede en hongersnood kan wroeg.

Kyk, in 'n ongekende droogte verlang die mens nou na die eens
verwoestende vloed.  Hulle ween en roep:  Dit was voorwaar wel
bitter, maar tog ook soet.  Daar was vis aan die hoek in ons voor-
spoed.  In die Westerse oorvloed was ons van niks gesnoep.

Op ons tafel was daar brood en selfs ook koek.  Met volop botter
en ook kaas, geberg in die dreineringsdoek.  So was die volke en
die nasies vir dekades goed gevoed.  Maar met die groot droogte
wat wêreldwyd gaan woed.  Staan menig land spoedig verhonger,
met net die bedelhoed.

 

Openbaring 3561

VREES…….

22 Mei 2023  Dinsdagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Onder demoniese gelag luister ek na die Christendom se klag.  Vanuit
hulle vrees put Satan nou sy krag.  Hy heers oor hulle met ongekende
mag.  Ja, hy eis van hulle  eenwêreldburgerskap.  Dit, sonder enige
keuse, verpligtend, netsoos slawe in eendrag.

Onder sy helverdrag geld slegs sy Sataniese gesag.  Hy plaas op alle
persoonlike eiendom sy beslag.  Daar is niks of niemand wat hy
respekteer of ag.  Daar is geen mens of wese, waaroor sy bose hart
versag.

Deur die liberale denkwyse verkry hy sy mag.  Dit, terwyl hy die
liberalis self, tot in sy diepste wese verag.  In 'n pikdonker wêreld-
nag, luister ek na 'n heldemoniese gelag.  Ek sien geheel die
wêreld wat struikelval onder 'n ongekende vrag.  Daar waar hulle
voortsteier onder die helder kleure van hul reënboogvlag.

Vir die losprys van hul siel, offer hulle nou desperaat enige bedrag.
Terwyl hulle ewig tevergeefs na vryheid gaan smag.  Onder 'n ewige
sonsverduistering verdonker die Christenkerk en verdwyn hul eens
sonskyndag.  Daarom verlang hulle na die Wet en Orde van God,
eens so deur hul verag.  Maar vanuit hul pikdonker nag, kom net die
afskuwelike klank, van die heldemoniese gelag.

 

Openbaring 3562

KIND VAN SKAND

23 Mei 2023  Dinsdagoggend  05.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Wie roem hom op sy verstand, terwyl hy die Wysheid van die Gees,
vanuit sy hart verban?  Dit is niemand anders as die kind van ewige
skand.  Ja, wat sy siel vir 'n euro, dollar, pond of `n rand, aan die
hel verpand.  Wie lê daar so hulpeloos verlam?  Kyk, dit is die kind
van Gam, onder die heerskappy van Islam.

Daarom slaan Afrika binnekort van hoek tot kant.  Ja, van die een
na die ander land, heeltemal aan die brand.  Daar bo in die Sudan,
verander die eerste vonk in 'n bloedige vlam.  Dit veroorsaak 'n
geweldige onmenslike toestand.  Dit ontsien geen bevolkingsgroep
of stam.

Maar vanuit die niet verskyn Rusland en in alle opsigte is hy heel-
temal arrogant en astrant.  Dit vang die Weste met haar teenwoor-
digheid in Afrika heeltemal onkant.  In haar eie grondgebied in
Europa, staan 'n trans Engeland reeds ontman.  Met haar
geldlose stelsel sonder enige kontant.

So word daar in rantsoene afgemeet in skamele gram op gram. So,
wie roem nog op hul wêreldse verstand?  Dit, terwyl hulle die Gees
van Wysheid vanuit hulle harte verban.  Daarom sal slegs die suiwer
opregtes woon in die pragtige beloofde land.  Terwyl die dwaas en
die Goddelose in die ewige vuur sal brand.

 

Openbaring 3563

IN WINDGEWEEN

24 Mei  2023  Woensdagoggend  02.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n deuntjie wat aanhoudend teem.  Hoor ek 'n liedjie in windgeween.
Dit lui:  O, waar is al die blomme heen?  Waarheen is ook al die eens
so oorvloedige seën?  Eens was die mens op melk en heuning vet
gespeen.  Maar in die groot hongersnood staan hul nou maer en
uitgeteer tot op die been.

Deur hulle vel daar beur die ribbebeen, knieknop en ook die skeen.
Van vettigheid en oorvloed is daarvan, meer nêrens geen.  So kom
daar vanuit die groot Goddelike stilte, so heilig en sereen.  Slegs die
Oordeelsbelofte van 'n verseggende droogte sonder vog of `n druppel
reën.

Op die wysie van 'n groot geweeklaag en geween.  Kom die deuntjie
wat aanhoudend bitter teem.  Dit lui, O, waar o, waar is al die skone
blomme heen?  Ja, in die eens oorvloed van die wêreld, deur die
Oordeel nou van ons ontneem.  So sit geheel die wêreld binnekort
met 'n groot probleem.  Deur hul eie toedoen was hul harte teenoor
hul goeie God mos tot klip versteen.

In Sy goeie Wet en Ordes, daar staan hul Hom in alles teen.  In hul
Godslasterlike taal het hulle elke woord gemeen.  Daarom word hul
van alle Godsgenade nou ontneem.  Laat die droewige deuntjie daar-
om nou maar aanhou teem.  Ja, in 'n liedjie van droewige windgeween.
So luister ek na die woorde:  O, waar is al die blomme heen?  Kyk, dit
het verdwyn, saam al die eens so oorvloedige Goddelike seën.

 

Openbaring 3564

SOOS ‘N BLIKSEMSTRAAL

25 Mei  2023  Donderdagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Van regoor die Suezkanaal, kom daar 'n blinktuig, in verblindende,
vlekvrye metaal.  Met 'n wiel in 'n wiel, wat in alle rigtings gaan.
Het die Gees van Oordeel, tussen die volke en nasies kom staan.
Heen en weer het sy gesnel, in aansien soos 'n bliksemstraal.

In haar aanslag so fataal.  Daar roep sy:  Verbaal, was jy o, mens,
teenoor God en hemel so banaal.  Daarom stroop ek homosapiens
rot en kaal.  Kyk, daar op hulle landerye, sonder wingerd, boord of
graan.  Is daar ook geen vee oor in hulle skamele leë kraal.

Die Oordeel kom as ruiter op die Vaalperd en in haar een hand hou
sy 'n skaal.  In haar ander hand swaai sy 'n swaard van vlymskerp
staal.  Agter haar bloedspoor, lê die dodetaal, ontelbaar in totaal.
So kom daar vanuit 'n ou profetiese verhaal, 'n nuwe openbaring vir
hierdie tyd vertaal.  Met die Oordeel daarvan ondenkbaar kolosaal,
word die derde wêreldoorlog, vanuit hierdie vallende skaal gehaal.

 

Openbaring 3565

VALSE VREDESVORS

26 Mei 2023  Vrydagoggend  02.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n naggesig verskyn daar in my droom.  'n Wêreldikoon wat hom
meewarig aan my kom vertoon.  Hy spot en treiter en vertel sonder
om te blik, bloos of te skroom.  Hy sê:  Kyk, ek staan teenoor God in
parallelle idioom.  As die vallende blink môrestêr, het ek, Lucifer, my
nou in 'n mens kom kloon.

Ja, om my so as die valse vredesvors aan die wêreld te kom vertoon.
Kyk, tydens my heerskappy sal geen grens meer 'n land omsoom.  As
`n eenwêreldtaal word Engels as die Babiloniese kommunikasie aan-
getoon.  As die alleen wêreldheerser, verhef ek my weer, ver bokant
God se troon

Met die wei nou afgeskei van die melk, verorber ek gulsig God se room.
Om hulle as my beste slawe, om my te laat woon.  In my droom word 'n
persoon as die Antichris gekroon.  Vanuit sy neusgate daar blaas die
hel se stoom.  In die mis daarvan word in dubbelvisie aan my vertoon.
En kyk, hy is voorwaar in twee gekloon.  Die een staan daar as 'n dom
moroon.

Terwyl die ander homself vertoon as 'n super intelligente ikoon.  Maar
in sy heerskappy voer hy slegs vir 'n klein, klein tydjie die bo-toon.
Voordat Gabriël hom in kettings tot binding kom onttroon.  So verdwyn
daar vanuit my naggesig, Lucifer, as die wêreldikoon.  Die aarde raak
hierna so vredevol, suiwer en skoon.  Daar waar honderd-vier-en-
veertigduisend, in die vredestydperk, tot verheerliking van Elohim
gaan woon.

 

Openbaring 3566

SWART POUS

27 Mei 2023  Saterdagoggend  04.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien die pous oud, siek en krom.  Voor hom kniel al wenend 'n
bejaarde en `n bloedjong non.  Maar heeltemal onverwags kom hy
skielik om.  Oor die Vatikaan sak die laaste strale van die son.  Ek
hoor hierna 'n hiëna wat probeer om soos 'n leeu te grom.  Met 'n
swart pous wat vanuit Edom nader kom.

Terwyl die massas aanbiddend om hom saamdrom.  Sien ek hy is die
grysvaal aandblom, wat in die duisternis van valse hoop, vir die wêreld
blom.  Ook is hy die galbitter bron, die baster afstammeling vanuit
die Jodedom.  Sy valse vredesgroet is die misleidende shalom.

Hy is die afgod Mammon wat in sy heerskappy regeer oor Babilon.
Met sy hoofdienskneg, 'n 33 Mason.  Is sy hoofkantoor gesetel in 'n
vertrek met 'n muriel van vloer tot plafon.  Met sy valse tekens laat
hy die volke en die nasies heeltemal verstom.

Hy beskou die suiwer oorblyfsel, die klein Boervolk, as sy vyand, 'n
los kanon.  In sy wêreldhof is daar vir hulle geen versagting of
pardon.  Maar blitssnel sluit sy kort verhaal af in die oordeel van sy
slotsom.  En in die donker duister wêreldnag verlep en vrek die
vaalgrys aandblom.

 

Openbaring 3567

STRAATPROFEET

28 Mei 2023  Sondagoggend 01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor 'n straatprofeet wat profeteer.  Daar waar hy tussen bedelaars
en dwelmslawe rond verkeer.  Hy roep, bekeer bekeer.  Kyk, geheel
die Weste staan binnekort tot haar ondergang beleër.  En terwyl julle
alreeds soveel moet ontbeer.  Is daar binnekort niks oor vir jul maag
om te verteer.

Maar daar is niemand wat uit sy boodskap iets wil leer.  Dit, terwyl
sommige minagtend op hom urineer.  O, was daar maar net een wat
hom in sy boodskap wou eer.  Hom in sy roeping net `n bietjie wou
respekteer.  Kyk en sien hierdie straatprofeet was 'n engel in die
gestalte van 'n mens gekamoefleer.

Deur God self gestuur, wou hy vir hierdie verlorenes, tot redding iets
kom probeer.  Maar weereens stel hierdie tydvak ook in hierdie poging
so teleur.  Selfs in die mees haglike omstandighede wil die mens hom
in hoogmoed niks laat leer.  Hierna sien ek 'n sny gemufde brood met
niks daarop gesmeer.  Ek sien twee vroue mekaar in 'n bloedgeveg
daaroor verskeur.

Daarnaas sit 'n kleuter, wat droewig oor sy dooie moeder treur.  Dit is
oor sy lykie wat 'n groep mense mekaar die volgende dag soos wilde
diere gaan verskeur.  Hierna sien ek in 'n windstilte die wind nie meer

roteer.  Daarom het ook die konveksiestrome ophou sirkuleer.
Daarom kom `n droogte wat vernietigend alles op sy dak om gaan keer.

In die naklank van die eggo hoor ek steeds die straatprofeet wat in stil
stegies vir al die dooies profeteer.  En ek wonder of hulle siele in hul
hiernamaals van kwaad na goed  om kan keer.  Maar hartseer weet
ek dat die hemel, ook oor al die verlore siele van die eens straat-
bewoners treur.

 

Openbaring  3568

IN VLAMME GLOED

31 Mei 2023  Woensdagoggend  01.00  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n sonsverduistering so swart soos roet.  Skyn 'n volmaan rooi soos
bloed.  Oral brand die planeet in 'n bloedrooi gloed.  Terwyl bos en
graanland onder verterende vlamme groet.

In Suid-Afrika begin Kaukasies met hul lewe boet.  Raka begeer inhalig
al hul materiële goed.  Dit breek die lafaard se laaste moed.  Maar
iemand roep:  Kyk, ons kan en ons moet.  Lank genoeg het ons gewroeg.
Kom ons veg nou terug verwoed.

Ek hoor 'n volk wat wenend wroeg.  O, ons is so moeg, lank genoeg slaan
ons die hand aan die ploeg.  Ja, ons is moeg want lank genoeg is daar
op ons gespoeg.  Ek hoor hul roep:  O, God skenk ons die nodige moed.
Sodat ons die daad nou by die woord kan voeg.

Ek sien die hemel kom hulle tegemoet.  'n Pes breek uit in 'n dodelike
kroep.  Dit maai onder een etniese groep.  Dit strek van een kontinent
tot 'n volgende in 'n lang doodstoet.  En in die sonsverduistering so
swart soos roet, skyn daar 'n volmaan rooi soos bloed.

 

Openbaring 3569

‘N VREEMDE BLINK VOORWERP

2 Junie 2023  Vrydagoggend   04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die hemelruim sien ek 'n vreemde voorwerp blink.  Ek hoor iemand
hardop dink.  As ek daarna kyk, word ek verseker blind.  Ek sien die
vreemde ding, wat nader kom in 'n woeste warrelwind.  Ek hoor 'n
omroeper wat desperaat probeer om woorde daarvoor te vind.

Maar 'n groot moondheid begin hom summier te sink.  Hul beweer, hy
het alweer te veel gedrink.  In die hemelruim sien ek die voorwerp al
hoe nader blink.  'n Vreemde vibrasie begin sy weg deur die atmosfeer
te vind.  Oral kom die vraag:  Is dit ons goedgesind?  Terwyl 'n ander
dink:  Ek ruik 'n rot wat stink.

Oornag verdwyn daar vreemd  oraloor man, vrou en menig kind.  Die
groot wegraping word hieroor verdink.  Daar is selfs gemeentes wat 'n
heildronk hierop drink.  In die hemelruim begin die vreemde ding nou
in helder kleure blink.  Om die aarde waai 'n wind wat stink.  Vanuit
'n galbitter beker word daar vir die mens nou ingeskink.  Terwyl
niemand verseker uit kan vind.  Wat is die voorwerp wat al hoe nader
blink.

 

Openbaring 3570

HIERVANDAAN NA DAARVANDAAN

4 Junie 2023  Sondagoggend  01.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, ver hiervandaan na daarvandaan.  Het die tyd gekom om net weer weg
te taan.  Deur die eeue het die Woord geprofeteer en ook vermaan.  Maar
die kosbaar Woord van Elohim is sondermeer in die wind geslaan.  Vir die

boodskapper daarvan, het die wêreld hulle geskaam.  Ver verwyder van sy

boodskap, het hul eenkant toe gestaan.

Die profete is deur hul gestenig en doodgeslaan.  Maar om die Baältempel
op die plein van die Vatikaan.  Daar het die massas eenparig bankvas ge-
staan.  Om hul vervalste bybel, het hul die hande, in vervoering saam
geslaan.  Deur die groot leuen het hul, hul sondermeer laat vermaan.

Om so die eenwêreldorde leuen van Satan, as hulle waarheid aan te neem
en gedienstig te verstaan.  Daarom moet hierdie tydvak vinnig, van hier
na daar, gou vergaan.  Sodat die Gog en Magog kan begin om onder-
skeidelik saam, soort by soort te staan. Daarna kan die Ooste en die
Weste mekaar in “tit vir tat” met hul bomme stukkend slaan.

Maar voor dit alles, sal die grootste depressie ooit, voor die wêrelddeur
kom staan.  In 'n geldlose stelsel wat niemand mooi kan verstaan.  Juis
daardeur sal alle materie wel vergaan.  O, ver hiervandaan na daarvan-
daan, kom daar 'n tyd, waar elke poging tot niks sal vergaan.

 

Openbaring 3571

MET HORINGS VAN VUUR

5 Junie 2023  Maandagoggend  03.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Met die kolle van 'n tier, staan daar 'n vreemde stier.  Wat met bloedbelope
oë na die mensdom gluur.  Hy is 'n bloedsuiende vampier.  Met elke dag 'n
godslasterlike gier, glinster sy horings teen die hemelruim in vlamme van
vuur.  Oor sy enorme karkas bult grotesk, spier op spier.

So manifesteer vanuit 'n heldemensie die gruweldier.  Om God en hemel
in alles teen te staan, dit is sy helplesier.  In 'n Satansaanbiddingsbiduur,
is sy priesters besig om in rook 'n rituele bloedoffer na hom te stuur.  Kyk,
dit is dan ook mensbloed daar op sy altaar in die vuur.

'n Liberale menigte volg nou hierdie nuwe bloedkultuur.  Hierna is daar vir
die groot verval geen genesing of 'n kuur.  Ek hoor 'n stem wat roep:
Hoe lank gaan hierdie vreeslike gruweltyd voortduur?  Ek sien 'n pen
wat sekuur op papier, eers tydsaam, dan blitssnel voortstuur.

Ek sien hierdie papier verander in die ou Jerusalemmuur.  Ek sien
die skrif op hierdie muur van klippapier, verander in letters van
verwoestende vuur.  Dit lui:  Die tyd is hier in die groot verwoesting
van die helkultuur.  Aanbid daarom o, wêreldling die gruweldier want
dit is nou sy uur.

Daarom word die ou gruweltempel in vlamme vir die gruweldier op-
gestuur.  Wee daarom die dag van die liberale denker se bose biduur.
Kyk, die dier van Openbaring eis soos 'n gulsige bloedvampier.  Al die
bloed van sy volgelinge, wat so graag met hom wou skouer skuur.

 

Openbaring 3572

WOORD

8 Junie 2023  Donderdagoggend   02.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was
en is God.  Die Woord het gespreek en gesê:  Laat daar lig wees.  Daar-
na kon geen duisternis die lig verduister nie.  Omdat die nag slegs die
oorsaak van 'n planeet is, wat haar in haar omwenteling, vir 'n oomblik
van haar Son wegdraai.  Om so in haar eie skadu in 'n oomblik van rus
te skuil.

So het daar eens 'n man van God gekom om van hierdie Lig te getuig.
Die maan het hom nederig voor die son neergebuig sodat Johannes
kon getuig.  Hy het geroep:  Ek is die stem in die woestyn.  Ek is die
martelaar op die wêreldplein.  Ek is die een wat soos mis voor die
groot middelson verdwyn.  Ja, op die dag wanneer die lig van die
hemelkoninkryk tot redding oor die mens kom skyn.

Die voorloper het getuig van die neerdaal van die Gees in die vorm van
'n spierwit duif.  Die Duif was die Woord en Woord was van God.  Die
Woord het getuig en YaHweH die Onsienlike Leeu het sienlik geword
in die Lam Yahweshua.  So kom in hierdie tyd van die tye, die getuie
weer om as voorloper te getuig.  Hy getuig van die Lig van die Verlosser
wat in Sy weerkoms oor die weergeboorte van die kinders van God sal
skyn.  En kyk, die kortstondige wêreldnag, sal voor die ewige dag, van
die duisendjarige vredesryk verdwyn.

 

Openbaring 3573

TRANSFORMASIE

9 Junie 2023  Vrydagoggend   05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die armsalige transman dink hy is vroulik, klein en fyn.  En die transvrou
blaas kamma manlik, vanaf haar bier die skuim.  Maar op die wêreldplein
paradeer vir oulaas die liberale wêreldswyn.  Terwyl hul reënboogvlag in
vuur en vlam gaan verdwyn.

Konserwatief poog om weer sy plek terug te kleim.  Maar 'n bose
eenwêreldorde laat haar nie so maklik ontruim.  Daarom sal ook die
strale van die volmaan onder die gloed van die son verdwyn.  Die
laaste liberale hoop sal kwyn.  En al wat vir die wêreld oorbly is net
lyding, gepaard met bitter pyn.

 

Openbaring 3574

SKEEF SOOS ‘N KRAP, KOM DIE KREEF

10 Junie 2023  Saterdagoggend  02.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Deur die hemelruim beweeg die kreef.  Soos 'n krap kom hy krom en
skeef.  Ek hoor 'n stem wat breek:  O, wat gaan ons vanaf hierdie tyd
beleef?  Is dit 'n rooigety, of 'n pes, wat daar aan die kreef se knypers
kleef?  In 'n kreet gebore vanuit vrees, kom 'n vers vanuit die boek van
Openbaring voorgelees.  So kom die wêreldorde wat nou begeer om
te regeer.

Ja, om oor alles wat asemhaal te heers.  Sy kom as Isebel wat as
profetes poog om te profeteer.  Sy verlei alweer die kerke om agter
haar aan te hoereer.  Kyk, van al haar gruwels wil sy haar nie bekeer.
Daarom werp die skale alles liberaal, op hul sterfbed neer.

Onder 'n vreeslike verdrukking kom almal om wat hul van hul bose
werke nie wou bekeer.  Onder 'n ongekende pes, sal al hulle kinders
tot in die dood krepeer.  Daarom word onder die teken van die kreef,
`n vuur aan die brand gesteek.  Wat sal woed oor menig land en
streek.  Ja, in 'n oorlog wat wêreldwyd uit gaan breek.

So hoor ek die wêreldpopulasie wanhopig smeek.  Maar die Oordeel
hou net aan met wreek.  Ek luister na 'n ontwaakte Christendom se
wanhopige gepreek.  Maar dit is te laat vir gebed, gesmeek.  Kyk,
nie deur alleen die see, maar aan die hemelwand, kom in `n rooigety,
skeef die kreef.  Ek hoor iemand vanuit die VN smeek.  Kom laat ons
vergewe en vergeet.  Maar die vuur is klaar aangesteek, vir 'n oorlog
wat wyd uit gaan breek.

 

Openbaring 3575

GEEN SKAAP OF BEES

11 Junie 2023  Sondagoggend  00.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die onvrugbaar veen van 'n oes ontneem.  Daar hoor ek 'n honger geween.
Dit teem in groot gekreun en gesteun terwyl dit wanhopig verneem:  O, waar
is al die graan en koring heen?  In vis nog vlees, met geen skaap of bees.
Waarop gaan ons die kinders van die aarde voed en speen?

In onverklaarbare verwoestende reën, met sikloon en orkaan, die een na die
ander een.  Sit Amerika kort voor lank met 'n baie groot probleem.  Met

hulle winkelrakke van al hul voorrade leeg ontneem.  In die tekens van die

tye nou te lees, krimp in depressie, die totale wêreldbeurs.

Mammon eens 'n reus, het as koning ophou heers.  Maar met Satan nou as
Zeus, kom die dier embleem van die bees.  En onder die heerskappy van sy
merk lei hy geheel die wêreldpopulasie aan die neus.  Hy beheer hulle almal
deur hul eie vrees.  Met vlees wat nou heers oor Gees.  Was die tekens van
die tye heeltemal te laat, tot redding van die massas raak gelees.

 

Openbaring 3576

TE SWAAR DIE VRAG

12 Junie 2023  Maandagoggend  05.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, hoe swaar die vrag, gedra onder die minimum krag?  Hoe swaar die drag,
in die pikdonker nag?  Hoe swaar die vrag onder 'n eenwêreldorde vlag?
Daar waar 'n gruwelsisteem die wet en orde van God nie meer respekteer
of ag.

Wie betaal die gelag waar die eens heilige volk nou versmag?  Deur hul
verdrukkers vermoor, vertrap en verkrag.  Daar kom geen helpende hand
vanuit geheel die wêreld wat hul ag.  Maar so kom daar 'n dag, met ver-
woestende krag waar die Oordeel nie langer op hom gaan laat wag.

Op daardie dag tref Hy Kus met 'n vreeslike slag.  Die Weste sal Hy in hul

ondergang verag.  Oor die Ooste sal Hy nie versag.  Aan Rusland sal Hy
sê:  Aan jou skenk Ek eens die krag.  Maar oor My kleine Boervolk het jou
hart nie versag.  Daarom breek Ek ook jou oorkoepelende mag.

Die gees van waansin sal daarom nie langer op haar laat wag.  Die gees
van vrees en verskrikking sal kom met verwoestende krag.  Die gees van
skeiding sal slaan in tweespalk krag.  Die hemel sal die Weste en die
Ooste in geen opsig ag.  Maar Sy hand sal rus op Sy oorblyfsel.  Die
kleine Boervolk, teer en sag.  Op daardie dag, het hulle lank genoeg op 
Sy weerkoms gewag.

 

Openbaring 3577

SOLOVLUG

13 Junie 2023  Dinsdagoggend  09.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Op die note van 'n ou-ou deuntjie, na die verlede teruggeblaai.  Het in
die solovlug van die eensaam kraai.  Daar waar woeste winde hom van
sy koers sou waai.  Die Raaf nie weer na Noag in die Ark teruggedraai.
Daarom sal Sion in haar eensaam vlug in die wêreld, nie weer na die
glans van materie terugdraai.

Ja, daar waar sy in haar solovlug, om Sionsbergtop in sirkels draai.  Om
nooit weer die geestesgenadevoeding van Elohim te versmaai.  Op die
plato van daardie hoogte sal sy Suiwer Gees saai.  Om in oorvloed vir
haarself, in die Melgisedekorderyk, vir die nuwe tydvak te maai.  Sodat
die nuwe generasie nie weer die goeie vanuit die Hand van hulle
Skepper sal versmaai.

 

Openbaring 3578

DIE OORBLYFSEL VAN DIE BOER

15 Junie 2023  Donderdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die lied van `n hemeltroebadoer, kom vanuit die heimwee van
'n duif se eensame koer.  Die verhaal van die Boer eens trots en stoer.
Maar daar in sy vertrapte land, waar sy eens dapper heldedade, nie
meer hartsnare roer.  Daar is sy nageslag soos die Israeliete van ouds,
terwille van oorlewing, na ander lande weggevoer.

Met 'n groot gedeelte van hulle in die basterpot van DNS omgeroer.  Is
die eens trotse Boer, daarom nou gevraag of ongevraag,  heeltemal in
hul moer.  Met sy Oranje, Blanje, Blou, wat lankal nie meer in die blou
van sy hemel, aan sy vlagpaal in ligstrome roer.  Daar is sy mond ook
in die vryheidslied van sy volkstem toegesnoer.

Daar waar die edeloorblyfsel in hul dagtaak lusteloos rondsloer, om
vir  Rakasbuik tot barstens toe te boer.  Ja, in 'n onbeheerbare aanwas,
waar hulle miljoene vet moet voer.  Terwyl diè, net hulle ondergang van
alkant af beloer.  Maar so kom daar vanuit die hemellied van die groot
Troebadoer.

`n Lied op die klank van tamboeryn en tromboer.  Dit lui:  Ek bly julle
Enige God en daarom bly Ek oor julle jaloers.  Ek vestig alleen julle
as My skerm in die eindtydwind en niemand sal julle vanuit julle
staanplek verroer.  Kyk, die oorblyfsel van die Boer maak Ek weer
sterk, sober en stoer.  Daar in hulle land en kyk in hul hand bulder
weer oorwinnend die roer.  En daar om hul voete lê gestorwe hul
vyand nou self heeltemal in sy moer.

 

Openbaring 3579

OPENBARINGE VAN VERSKILLENDE SOORT

17 Junie 2023  Saterdagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die boustene van woorde kom luid die lirieke geskryf in sagte,
maar ook wrede, harde, akkoorde.  Dit beier deur Openbaringe van
verskillende soorte.  Dit klink dwarsoor die Ooste, die Weste, die
Suide, tot in die verre Noorde.  Dit open vir die skale hulle so lank
geslote poorte.

Dit fluit op die klank van missiel en geweerskote.  Dit verdor in groot
droogtes, die graanlande, wingerde, asook die vrugteboorde.  Vanuit
die boustene van eeueoue woorde, kom die ode in kode, vanuit die
mond van 'n hemelgestuurde bode.  Dit open die poorte van Hades
vir die dode.

Dit toon die kerk in elke generasie se bose sinode.  Waar knielend
hulle gemeentes, al biddend in groot gehore, hul neerbuig voor beelde
van brons en silwer, in goud gegote.  In hul midde, daar pryk hul groot
gruwelgerubs met bokhorings op bokpote.  Hul aanbid dit ter
bevordering van al hul ryk bote wat vaar oor die seeroetes in reuse
handelsvlote.

Kyk, dit is alles die dier, die pasaangewende sisteem en dit bepaal
elke gier en mode.  Maar vanuit die boustene van woorde, kom vanuit
die mond van die hemelbode nou die volgende harde, wrede, woorde.
Maar weinig luister na die verskuilde ode, verstaan die kode, of die
impak van sy woorde.

Daarom bekruip ongesiens 'n dodelike pes hulle vanuit alle oorde.
Die aardplate rammel en die stede val in baie wêreldoorde.  Die
groot wêreldoorlog eis in ongekende getalle ook sy dode.  Die groot
hongersnood kom in 'n droë geboorte.  Die hemel sluit oor groot
streke haar waterpoorte.  So kom vanuit die boustene van woorde,
die lirieke geskryf in waarskuwende wrede en harde akkoorde.

 

Openbaring 3580

OORDREWE BRAAF

21 Junie 2023  Woensdagoggend  03.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die vlug van die pikswart raaf, was Raka die swaap, soos altyd
oordrewe braaf.  Met die slaaf nou baas, word die beskawing tot niks
weggeskaaf.  So, wie gaan in die laaste paragraaf die eenwêreldorde
in hul mislukking laaf?  Ja, wanneer hulle agterkom hulle het heeltemal
te veel in die verkeerde party belê en gewaag.

In die vlug van die pikswart raaf.  Wou die Mason in sy gierige raap en
skraap, Raka die swaap, mos in alles behaag.  Hy maak toe van hom
sy baas.  Kyk, hy praat en sê:  Ek, Kaukasies is nou jou klaas, jou
nederige, gehoorsame slaaf.  Ek gee jou gratis my grond en ek gee
jou my plaas.

Dit, terwyl ek ook my suiwer dogter in jou besoedelde kraal injaag.
Ook gee ek jou my kultuur en identiteit om jou verder te behaag.
Terwyl jy ook met my intellektuele eiendom na willekeur, “kak aan
kan jaag”.  In die hoogmoedsvlug van die pikswart raaf.  Daar seil
die wit Westerling nou deur sy eie toedoen, onderdanig, plat op sy
maag.

 

Openbaring 3581

‘N STORM WAT BROEI

23 Junie 2023  Vrydagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n lente sonder blommegroei waar die vrugtebome sou weier om te
bloei.  Het die wind onheilspellend geloei, in 'n storm wat verwoestend
sou broei.  Die martelaar was hulpeloos geboei, wyl sy vrou en kind
stadig dood sou bloei.  'n Volk tot die been toe vermoei, se haat het
onbeheers begin groei.

Die eindtydson het meëdoenloos, moordend, oor hulle geskroei.
Terwyl God hierdie volk se dooie takke, sonder genade weg sou snoei.
Die oorlogsirenes het sonder voor waarskuwing, skrikwekkend, begin
loei.  Met mensbloed wat soos vlak riviere, al stollend en kruipend, deur
strate sou vloei.

Waansin en rede het soos wilde diere met mekaar oor outoriteit gestoei.
Met geen harmonie of vrede wat hierdie geveg tot oplossing kon skoei.
Met homself as stuurman op sy lewensboot vasgeboei, kon die pelgrim,
die reisiger na sy ewigheid, homself nie na veiligheid, aanwal toe roei.

Kyk, in die vet jare van oordadige groei, het niemand vermoed die
groot droogte sou kom in die gedaante van 'n maer uitgeteerde koei.
Daarom het die eindtydwind sonder ophou, onheilspellend bly loei.
Terwyl die martelaar wanhopig sou roep:  O, God het ek my dan
heeltemal tevergeefs vir geen saak uitgebloei?

 

Openbaring 3582

‘N GEOPENDE DEUR

24 Junie 2023  Saterdagoggend  04.30

ww.nuutsteopenbaringevanjuidthdebeer.co.za

Vanuit `n geopende deur wat nie meer kan sluit.  Vloei daar maar
weinig voldoende krag  van my uit.  Maar die valse Jood wat dit alles
aanvanklik sou ontsluit.  Kom op die einde, om hulle voor die Woord
van Oordeel neer te buig.  Daarom kom die Woord van groot
beproewing nou tot Oordeel oor geheel die wêreld uit.

Dit kom in die vorm van 'n vallende kluit.  Die klank daarvan is
skrikwekkend luid.  Luister daarom na die Dood wat sy deuntjie
uitdagend fluit.  Hy kom sekuur en reguit oor die doodsrivier gevaar
in sy pikswart skuit.  Hy kom veral vir die Jood, vir Hel en Hades as
buit.

Terwyl geheel die wêreldmassa onbeheerbaar onder mekaar begin
moor en muit.  Kom vanuit 'n geopende ruit.  Die Woord in Waarheid,
oor geheel die aarde uit.  Dit kom in die vallende skale om van die
Oordeel te getuig.  Dit, terwyl nie die wêreld, maar wel die aarde,
haar bang en nederig voor haar Skepper neerbuig.

 

Openbaring 3583

GRUWELBEELD

26 Junie 2023  Maandagoggend  06.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die getal van 'n mens bereken, kom die gruweldier in sy beeld, sy
spraak en sy teken.  Ek hoor 'n stem wat roep:  O, wat sal dit alles
tog beteken en wat gaan dit alles ontketen?  In antwoord goed
bereken, word die prentjie vir homosapiens meer volledig geteken.

Kyk, daar is 'n handvol vir Elohim se Koninkryk op hul naam geken.
Maar die res van 'n bose wêreldpopulasie is vir die hel bestem.  Die
dier is die uitvoerende wil, in die intelligensie, in die bose sfeer,
van `n eenwêreldorde vasgepen.  Sy beeld is die wêreldsisteem
waardeur hy homosapiens tot diere kom tem.

Sy teken skuil in die totale getal vir die hel gewen.  Deur `n handels-
merk word dit onder hulle vel vasgepen.  Daarom word dit aangebring
op hul liggaam en opgeneem deur hul siel vir ewig, permanent.  Daar-
om word so `n siel vir eons in die kern van soliede klip vas gesement.

 

Openbaring 3584

CHAOS

27 Junie 2023  Dinsdagoggend  01.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n deur, ek hoor iemand klop.  Ek maak dit oop en voor my
staan die gees van chaos.  En kyk, oor geheel die wêreld bars die
waansin los.  Daar is niks of niemand wat die wêreldpopulasie vanuit
hierdie situasie kan verlos.  Ek sien bees en skaap, doodgevrek, in
trop op trop.

En terwyl swerm voëls morsdood vanuit die hemel “drop”.  Sien ek
mense rondslinger en hoor hul kla van 'n vreemde gefluit in hul kop.
Dit, terwyl hulle desperaat hul vingers in hul ore probeer prop.  Met
menigtes wat bewusteloos hiervan omdop.  Raak op verskeie
plekke die oppervlak van die aarde los en bros.

Ek hoor 'n stem en hy trek malwaansinnig los:  Hy skreeu, kyk dit
is te laat om nou teen die prikkels te probeer skop.  Daarom begin
massas mense in totale chaos om kos op te top.  Daarom raak niks
op die winkelrakke meer verlore of vrot.  Menigtes begin om teen
hulle regerings te plot.

Die eens hoogmoedige snob nou self diep in die sop.  Probeer selfs
die armsalige boemelaar uit sy stukkie droë brood te fop.  Ek sien 'n
deur, ek hoor iemand klop.  Ek maak dit oop en voor my brand die
veld en bos.  Ek sien hierdie vuur bars oor groot gedeeltes van die
wêreld los.  Ook Australië verdwyn onder 'n vaalgrys, rook, askaros.

 

Openbaring 3585

WAT BAAT DIT JOU O, SIEL?

30 Junie 2023  Vrydagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die lewe van die mens, kruis die hemel en die hel, dikwels met
mekaar hul swaarde. Deur die leerskool van hierdie aarde, bepaal
die siel haar eie ewigheidswaarde.  Wat sal dit jou o, mens daarom
baat, om jou voete te rig na die kwaad?  Wat baat jou siel by
verraad, terwyl jy jou naaste om elke rede haat?

Kyk van jou tong daar drup die smaad, terwyl jy alles om jou skaad.
Om geen rede voel jy altyd beswaard, terwyl depressie tot 'n
vernietigende monster in jou ontaard.  Tot selfmoord instaat, staan
jy teenoor God en hemel, onredelik obsternaat.  Raak daarom o,
mens, net 'n bietjie bedaard.

Volg met 'n bietjie inspanning die Goeie se raad.  Voeg die woord by
die daad en maak van 'n vyand 'n maat.  Maak van 'n slegte 'n goeie
saak.  Vergeet van die wraak en ontwikkel vir gesonde pret en plesier
'n bietjie smaak.  Verlustig jou in die kleinste taak en plaas daardeur
vir ondeug in skaak.

Sien die armsalige en observeer die naak, terwyl jy dankbaar teenoor
God, vir hulle kos en klere maak.  Staan vir hemel se saak, wyl jy
deurentyd teen die bose waak.  Ja, maak van God jou vriend en maat,
terwyl jou siel verewig hierdeur salig daarby gaan baat.  Terwyl jy
weet in die lewe van die mens kruis goed en kwaad deurtentyd met
mekaar die swaard.  Want deur die leerskool van die aarde bepaal die
siel haar eie ewigheidswaarde.

 

Openbaring 3586

BELOFTE, GELOFTE

4 Julie 2023  Dinsdagoggend  03.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ja is ja en nee is nee, met die woord miskien, wat geen meriete
verdien.  Maak daarom  jou woord jou woord, want kyk, slegs met
die waarheid gaan dit akkoord.  Met die spreek van `n belofte, is dit
so goed en wel, of jy maak hierdeur met God self 'n gelofte.  Wit is
wit en swart is swart, gooi dit bymekaar en dit baar oral net smart.

Tyd is tyd en hy wat nie hou by `n vasgestelde tyd, word as onbe-
troubaar uitgekryt.  Deur begeer word die oë altyd na ander se
besittings gekeer.  Daarom kan so 'n persoon homself nooit na eie
waarde evalueer.  Steel bly ewig altyd steel en hy wat daarin deel,
word verseker die hel se deel.

 

Openbaring 3587

ARK

5 Julie 2023  Woensdagoggend  05.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Noag het 'n ark gebou en daaroor het die spotters hom uitgejou.  Maar
Noag het volhard en met sy waarskuwings aangehou.  Daarvan het die
mense net mooi niks gehou.  Noag het gepleit:  Kyk, die Oordeel kom
en dit kom gou.  Maar die sondaars het hardnekkig met hul gruwels
volgehou.

Noag het gewaarsku oor bitter spyt en groot berou.  Maar daaroor lag
sy bure toe vir hom heerlik in hul mou.  Op een mooi dag kom daar
van oraloor diere spontaan na die ark aangetou.  Hieroor het die
spotters gespot:  Kyk die mal profeet is besig om vir homself 'n sirkus
op te bou.

Maar onverwags raak die lug eendag onheilspellend grys en grou.  Na
die binnekant van die ark neem Noag toe sy kinders en sy vrou.  Agter
hom sluit God self die grendel van die arkdeur vinnig gou.  Die hemel
open hierna haar sluise soos nog nooit vantevore ooit aanskou.

Smekend het die massas hulle hande na die ark om toevlug uitgehou.
Maar heeltemal te laat vir jammer en berou.  Het die watermassa as
die doderyk self sy arms om hulle toegevou.  Hierna het die tyd gekom
en weer gegaan om tussen die blaaie van die geskiedenis te verflou.

Ja, tot in hierdie moderne tyd van nou.  Weer het die Woord van God
gekom om 'n ark van hoop te bou.  Maar weer het die spotters dit
jillend uitgejou.  Maar die Openbaringe het volhard en met die
waarskuwings volgehou.  Daarvan het die kerk en sy gemeentes
net mooi niks van gehou.

Die boodskappers het bly pleit, kyk die Oordeel kom en Sy kom gou.
Maar die sondaars het hierna eers hardnekkig met die heel ergste
gruwels volgehou.  Oral het die tekens van die tyd nou vinnig begin
ontvou.  Maar die moderne mens hou hul blind en wil dit nie aanskou.

Die son het geskroei met 'n vreeslike hitte wat nie wou verflou.  Maar
oor al hul sondes toon die wêreld steeds geen berou.  So kom daar
spoedig die groot dag van ween en rou.  En op daardie dag is dit te
laat om 'n verhouding met God te probeer bou.  Kyk op daardie dag
skeur die planeet haar oop, in 'n reuse massagraf, vir menigtes
gegrou.

 

Openbaring 3588

SON WAT SKROEI

8 Julie 2023  Saterdagoggend   04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien ‘n droë storm broei in `n bloedrooi stofsproei.  Ek voel die son
wat in hittegolwe skroei oor riviere wat ophou vloei.  Ek sien veld en
bos pikswart tot as verskroei.  Ek sien 'n kontinent waar landbouers
met 'n wrede droogte stoei.

Met miljoene siele nou deur 'n hongersnood vermoei.  Hoor ek sirenes
loei en ek sien 'n koning magteloos vasgeboei.  Ek hoor massas
protesteer, ons het ons regerings nou ontgroei.  Lank genoeg het ons,
ons vir hulle leeg gebloei.  Ja, ek sien 'n droë storm broei in `n kurk-
droë rooi stofsproei.

 

Openbaring 3589

SUID-AFRIKA

9 Julie 2023  Sondagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In Suid-Afrika word 'n vuur gestook.  Ek sien 'n brand wat rook en 'n
pot oorkook.  Ek sien dorp en stad kaal gestroop.  Ja, met weinig
winkels wat nog kos verkoop.  Ek sien `n filantroop wat heel voor
hardloop.  Ek hoor hom roep:  O, waar is my paspoort?  Ek sien
'n landingstrook wat Amerika desperaat vir sy gestrande burgers
probeer uitkoop.

Maar in skoot op skoot, sink Rusland ook alweer hier hulle hoop.
Ek sien rondom die Suezkanaal word alles in bloed op bloed ge-
doop.  En in gesinkte boot op boot, verdwyn menig land se
handelsvloot.  In Afrikakontinent word 'n vuur gestook.  Dit begin
te rook en van klein, gaan dit globaal na baie groot.

 

Openbaring 3590

DIE GROOT MENEER

10 Julie 2023  Maandagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor 'n stem vanuit die Pentagon wat iemand eer.  Hy roep:  Meneer-
meneer, u is nou ons alleen bevelvoerder en opperheer.  Daarom sal ons
u opdragte tot die laaste woord en druppel bloed toe eer.  Daarom word
ons nou vanuit links sowel as regs, as een gegroepeer.

Wee daarom elke siel wat dit sou waag om u te kritiseer.  Kyk, die
Withuis, Engelse koningshuis en selfs die Vatikaan, werp hulle voor u
voete neer.  En terwyl die Ooste kopkrappend hieroor spekuleer.  Begin
die VN om hul kernbomme in die rigting van Rusland te monteer.

In die Weste begin menig massas opstandig daarteen te protesteer.
Maar hulle owerhede roep:  Weg met almal wat die staat teenstaan
of probeer intimideer.  Daarom word daar vinnig 'n wet geproklameer.
En die woord protesteer, diè word vervang met terroriseer.  Enige
oortreder daarvan word 'n les, met die doodstraf self geleer.

Waardeur die massas vinnig begin retireer.  Die man op straat begin
om nou baie te ontbeer.  Dit is die demokraat, nou die heel wreedste
outokraat, wat oor Kaukasies regeer.  Hy is die selfaangestelde koning
wat begeer, om oor geheel die wêreld te kan regeer.  Kyk, geheel die
Pentagon roep hom toe:  O, meneer-meneer, u alleen is ons bevel-
voerder en ons opperheer.  Daarom word alleen u woord nou deur ons
gerespekteer.

 

Openbaring 3591

DIE LAASTE KAART

14 Julie 2023  Vrydagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, dit is laat maar niemand waak.  Ek sien oraloor hoe die haat ontwaak
in wraak op wraak.  Die oorlog lê wyd en braak en oor dit alles daar
sweef die draak.  Maar soos 'n vasgehakte plaat hou die media steeds
aan om stront te praat.  Die massas raak nou vinnig ongeduldig en
obsternaat.  En oraloor begin die volke protesteer en staak.

Die Weste gooi haar laaste kaart.  Maar niemand steur hulle aan hier-
die mandaat.   Menigtes soek na Afrika, desperaat vir pasaat.  Die
rykes roep:  Kyk, ons betaal ruim in ons en ook karaat.  Maar die
antwoord kom, wat baat ek by goud en diamant, met my lyf so honger
en ook naak?  Kyk, net na brood, daar neig nou ons smaak.

O, dit is laat met niemand wat meer waak.  Terwille van oorlewing begin
mense desperaat nou planne maak.  In plaas van geld word goedere
verruil veral vir saad.  Maar die dwaas belê steeds in vermaak.  Maar
die wyse mens luister eerder na goeie raad.  Oraloor begin verraad
menig binnekringe skaad.

Ja, met soveel familiebande wat mekaar versaak.  Begin in smaad op
smaad, man en vrou, mekaar in die groot skeiding te verlaat.  Die Dood
staan wydsbeen geklee in sy somber grys gewaad. Hy staan oor `n
massa mense-oes wyd en braak. Hy vermorsel hulle meedoënloos
tussen sy slagtande met sy ysterkaak.  O, dit is reeds baie, baie laat en
dit met geen wagte wat op die mure waak.

 

Openbaring 3592

BAäL IN DIGITAAL

16 Julie 2023  Sondagoggend  00.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Bloedig en brutaal kom vanuit die offergawe van Baäl die woord betaal.
Daarom eis die Christenkerk nog altyd sy tiende so wyd rojaal.  Hierdie
versoek word dan ook vanuit die Vatikaan tot in elke susterskerk goed
verstaan.

Met Babilon as koopkrag polities nou wyd sosiaal.  Baat die man op
straat uit hierdie wêreldsisteem maar minimaal.  Maar die konings en
bankiers leef steeds ryk en rojaal.  Terwyl hulle die swak wêreldleiers
wyd onthaal, spruit daar vanuit hulle omkoopgeld geen moraal.

Vanuit 'n een Babiloniese wêreldordetaal, vloei Engels globaal aan-
vaarbaar as verbaal.  So kom sy bloedig en brutaal, vanuit die gruwel-l
afgodsmond van Baäl.  En met alles nou verby fataal, raak dit tyd vir
jou o, mens, om vir Babilon, met jou kosbaar siel te betaal.

Luister daarom na die groot hoer wat roep:  Sy beveel, kyk, sonder
my digitale merk, staan almal gestroop, kaal en naak.  Ja, met net die
deuntjie van die dood wat om hulle draal.  Daarom heers bloedig en
brutaal, die groot leuen in die Christenkerk, nog altyd in die beesafgod
Baäl.

 

Openbaring 3593

DOBBELHUIS

17 Julie 2023  Maandagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In die flikkerneonligte van die dobbelhuis, met almal daar waansinnig
deurmekaar.  Daar waar die dobbelsteen wild in sy roulettedans
rondbaljaar.  Weerkaats daar in die selfmoord van menig dobbelaar,
die glasige oë, van vandag se miljoenêr en môre se bedelaar.

In 'n vuil stegie vertel 'n boemelaar sy hartseer verhaal.  Hy sê:  Eens
was ek 'n suksesvolle makelaar en vooruitstrewend was ek ook 'n
ryk handelaar.  Maar in die flikkerneonligte van die dobbelhuis, raak
my denke toe heeltemal deurmekaar.

Kyk, die dobbelwêreld heers toe betowerend oor my sinne soos 'n
geslepe towenaar.  Maar spoedig eis sy wel haar volle deel as 'n
harde tollenaar.  Tussen dobbelhuis en haard, raak ek toe 'n meer as
gereelde pendelaar.  Ja, wat met my laaste bietjie geld hoopvol elke
Casino binnevaar.

Al maak my liewe vrou en kinders ook hoe diep beswaar.  My dobbel-
lus, nou 'n duiwel, kan nie weer tot rustigheid bedaar.  En dit, deur die
jare so swaar en sorgvuldig vir my oudag opgespaar.  Dit verdwyn in
'n oogwink in die klokkespel van flikkerneonligte met die dobbelsteen
wat wild rondbaljaar.

Met al my geld en fondse spoedig op en klaar.  Staan ek ontnugter,
leeggestroop tot in my siel toe naar.  En in my klaaglied nou so
droewig, diep beswaar, is daar net hierdie vuil stegie vir my as leë
toekoms en `n hawe uitgespaar.

 

Openbaring 3594

WEE O, AFRIKA

19 Julie 2023  Woensdagoggend  05.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Trippe, trappe, trone, aan skerwe lê al die wêrelddrome.  Die Ooste en
die Weste verloor elk 'n baie belangrike koning.  Wee daarom die dag
van graan, vir Afrika as beloftebeloning.  Kyk, Kus word as kontinent,
'n globale, vervloekte woning.

Trippe, trappe, trone, muf en miet verwoes die gratis mielies en die
koring.  Die silo’s raak 'n leë onbruikbare toring.  Tot daar bo in
Afrika se horing bid die massas om net 'n hand mielies en `n bietjie
bone.

Maar die volgende antwoord kom vanuit Rome.   Dit alles is as gevolg
van julle eie onbeheerbare hormone.  Daarom is kos in julle oorbe-
volking, tydens die groot hongersnood, julle defnitief nie beskore.

Trippe, trappe, trone, vanuit 'n vreemde, saamgevoegde volkere-
vertoning.  Verskyn daar onverwags vyf blink krone.  Maar Suid-Afrika
trap onverwags op almal se tone.  Daarom antwoord in verwoesting,
die vernietigende atome.  Dit verpletter al die Ooste en die Weste se
eens so hoopvolle drome.

 

Openbaring 3595

SPIES, SKILD EN SEKEL

21 Julie 2023  Vrydagoggend  03.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n spies in die grond gesteek.  Ek sien 'n skild reg daaroor in
twee gebreek. Ek sien Kain-Kus staan swak en week.  Hy erken, ek
Raka, was nog altyd 'n dwaas en leek.

Ek hoor vanuit die Vatikaan 'n soetsappige gepreek.  Waardeur die
pous sy dubbelsinnige hart probeer versteek.  Ek hoor 'n groot hulp-
kreet.  Terwyl Rusland se sekel, Afrika wreed deursteek.

Ek weet die tyd raak uitgedien en dit is kompleet.  Ek sien die dood
geklee in 'n oorlogskleed.  Hy gaan wyd en suid en is ongelooflik
wreed.  Ek sien hierna vir Gabriël as `n Oordeelsengel in 'n mens
versteek.

Hy laat die konings van die aarde, bewend, swak en week.  In op-
drag van die hemel ondersteun hy die klein Boervolk en maak hul in
regverdige woede wit en bleek.  Maar hy laat hulle ook sondermeer
weet.  Slegs in hul enig El, staan julle volmaak, kompleet.

 

Openbaring 3596

GIFGASSE

22 Julie 2023  Saterdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n berg wat stoom, met bloedrooi lawa wat daaruit stroom.
Ek sien 'n rookkolom in die vorm van 'n kroon.  Terwyl dodelike
gifgasse die lig instroom.  Vanuit 'n buite seisoen kom daar oor
die Ooste 'n verwoestende monsoon.  Vanuit `n menigte van
rekordvloede span hierdie een beslis die kroon.  Dit, terwyl dit
menig oes nie gaan verskoon.

Ek luister na 'n groot geween in 'n hongersnood wat Indië hoon.
Oor Pakistan en Bangladesh span dit verwoestend ook die kroon.
Ja, ek sien 'n berg wat stoom en hoor hoedat die skale al
grommend die mensdom hoon.  'n Ongekende hongersnood word
hierna aan my vertoon.  Maar die nuwe pes span oor dit alles wel
die kroon.  In 'n onverklaarbare verskynsel verlep die een na die
ander boom.  Wêreldwyd volg dit een en dieselfde kommer-
wekkende patroon.

 

Openbaring 3597

EEN BEVEEL EN ALMAL DOEN

24 Julie 2023  Maandagoggend  03.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n rooi geklede skare op 'n groot pawiljoen.  Maar jaloesie
ontstaan hierna wyd en groen.  Deur 'n Judassoen val Suid-Afrika
alweer uitmekaar deur haar eie toedoen.  Maar 'n man met `n vet
fatsoen, die beveel en almal doen.  Twee Afrika stamme hardloop
saam in 'n sirkel soos 'n mal kalkoen.  Daardeur verloor beide hulle
politieke skoen.

Bo in Kameroen, in 'n dodelike droë seisoen, word tekorte nie meer
langer vir die massas verbloem.  Rusland bied groothartig 'n verlepte
pampoen en Amerika skenk desperaat 'n vrot lemoen.  Kyk, wêreld-
wyd heers binnekort die groot rantsoen. Ja, met die Dood wat met
oorpopulasie weg begin te doen.

 

Openbaring 3598

VERVLOEKING

26 Julie 2023  Woensdagoggend  00.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In Hollywood verskiet 'n ster.  Haar naam is Charlize Theron.  Eens was
sy 'n seksbom.  Maar nou is sy net oud en krom.  Met dit eens so kamma
liberaal en slim, maar nou so dom.  Staan geheel die wêreld oor Holly-
wood se intellegensie stil verstom.

Kyk, oor alles en almal wat vanuit Suid-Afrika na geheel die wêreld
sou kom.  Daar weeg die vervloeking oor daardie nasies soos 'n ton.
Die aasvoëls begin daarom, om die wêreldkarkas saam te drom.  Luister
daarom na die Openbaringslied van die groot Bastion.  Hoor hoedat die
groot maanhaarleeu vir die wêreldekonomie begin te grom.

Sien die proteas staan in Suid-Afrika teen die rantjies oordadig pienk
in blom.  Ja, in hul roulied oor dit wat oor die wêreld kom.  "The
devil in the sky" was mos in die kontrak handskud van die Masons
vermom.  Daarom val in London Mammon heel eerste om.  Kyk, in
Hollywood verskiet nou die een na die ander ster en almal kom om.
En van haar gruweldier, daar val die beeld van Babilon.

 

Openbaring 3599

VERSTEEKTE GOUD

28 Julie 2023  Vrydagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n seël wat breek en hoor 'n bankier wat smeek.  Ek sien goud
word inderhaas versteek.  Die koning van Brittanje staan hieroor
verskrik en bleek.  Ek sien hoedat Rusland onverwags 'n grens oorsteek.
Ja, met 'n maat klaar uitgemeet.  Draf die Dood in globale leed op leed
rond in 'n bloeddeurweekte kleed.  Oornag begin kapitaal in kontant te
ontbreek.  Dit terwyl die massas ween oor weinig om te eet.

Met Afrika alweer heelvoor as die groot pateet.  Word die groot honger-
snood in dubbelmaat vir haar uitgemeet.  Groot getalle begin te sterf
van 'n vreemde skeet.  Maar die WGO wil skielik niks hiervan weet.
Ek sien 'n seël wat breek in die Vatikaan se dubbelsinnige gepreek.
Ek weet die mens het die woord naasteliefde heeltemal vergeet.
Want in elke land en streek, daar heers nou slegs die woorde,
wraak en wreek.

 

Openbaring 3600

LEEGGESTROOP

29 Julie 2023  Saterdagoggend  03.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n vreemde knoop in 'n kleed in bloed gedoop.  Ek sien die
winkelrakke staan leeggestroop.  Met vele silo`s tot op hul bodem
ook naak gesloop.  In skoot op skoot in 'n reënvlaag lood, gaan die
onlus in Suid-Afrika skrikwekkend groot.

Oor die oseaan kom Rusland inderhaas met haar vloot.  Heel eerste
sink sy 'n VN boot.  Die wedloop om Suid-Afrika as trofee lê nou wyd
en oop.  Kyk, die prys is enorm ryk en groot.  In die hart van menig
Boer ontvlam daar valse hoop.  Daarom voel die hemel haar genoop.
Om die vreemde knoop in die kleed nou dieper in die bloed te doop.

NR 3601 VERVOLG OP VOLGENDE BLADSY