Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  


Openbaring 3851

MET WEINIG OM TE MAAI

17 April 2025  Donderdagoggend  02.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, raai-raai die wind het gewaai sodat die skoppelmaai sonder 'n kind
heen en weer sou swaai.  Die gety het gedraai en die pelikaan het
op soek na kos van koers af geswaai.

Die tyd het met spoed van bladsy na bladsy omgeblaai.  Met die oes
skaars in haar skamele saai, had die landbouer weinig om te maai.
Die kaai was leeg met weinig handelskepe in haar baai.  Met net al
sirkelend in die seewaters die altyd honger haai.

Tevergeefs het geestesleiers probeer troos en paai.  Maar steeds
het die afleweringswaens versuim om voedsel by die depo's af te
laai.  Vir 'n handvol meel het vriende mekaar begin verraai.
Mededeelsaamheid was heeltemal in sy maai.

In die strate lê die bloed dik en taai. So, raai-raai die wind het heel-
temal ophou waai.  Maar steeds het die skoppelmaai spookagtig
sonder 'n kind heen en weer, heen en weer, geswaai.

 

Openbaring 3852

IS DIT DALK NEDERLAND?

18 April 2025  Vrydagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, swael en kruit in oorloggeluid.  So begin die koeëls te fluit van Oos na
Wes, Noord na Suid.  Die valse vredesvors is besig om sy swaard te slyp.
Ja, hy slyp en slyp dit vir die groot vergryp.

In 'n oppervlak laag en mensgemaak gelyk.  Begin die see oor 'n duik
te sluip.  Dit is hierna net giftige slyk op slyk.  Waarna dit oraloor na die
dood begin te ruik.

Hierdie land voorsien deur landbou wyd in globale verbruik.  Daar ver-
spil die meel en breek die oliekruik.  Europa roep honger luid:  Daar is
weinig spek of suiwel vir ons ontbyt.  Ook vir middag- en aandete bly
leeg ons buik.

O, swael en kruit globaal word daar binnekort na die swaard gegryp.  In
die groot stede begin dit oraloor te roof en muit.  Oor en weer vermoor
die mens mekaar, vir mekaar se buit.

Daar is geen owerheid of outoriteit wat die globale probleme uit kan
stryk.  Met weinig wat die komende pes en hongersnood gaan kan
ontwyk.  Begin 'n menigte oornag sondermeer beswyk.

Wes, sowel as Oos, begin gierig na Suid-Afrika te kyk.  Dit is die land in
die kontinent van  katastrofiese redding en daaroor kom die grotes tot
samehorige  vergelyk.

Maar vanuit die klein wit volk kom die groot verwyt.  Soos rommel was
ons mos eenkant toe weggesmyt.  Hierop antwoord die Hemel:  Daar-
om sal al die betrokke skuldiges, in die stof moet byt. So, swael en kruit,
die koeëls begin te fluit in oorlogsgeluid.

 

Openbaring 3853

‘N STEM VANUIT DIE EUFRAAT

22 April 2025  Dinsdagoggend  1.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, so diep beswaard, oor rykdom, huis en haard.  So hoor ek die
moederkerk wat bekommerd, binnensmonds begin te praat.  Soos 'n
vasgehakte plaat konsentreer sy op die Vatikaan se groot verraad.

Maar in smaad op smaad, koggel daar 'n engel vanuit die Eufraat.
Hy lag spottend vanuit sy lang spierwit baard.  Hy roep: O, hoer, lank
genoeg het jy in leuen op leuens gepraat.

Gulsig was jou aanvraag na rykdom as 'n onversadigbare vraat.
Geen siel het by jou valse lering iets gebaat.  Met jou internasionale
leuse van, jou volk is my volk, jou God my God, skuur jy tot voordeel
skouer met elke geloof as diè se beste maat.

Om so uit anderman se land en rykdom voordeel te kan baat.  En werk
dit nie volgens jou plan of beraad.  Sal dit verseker en gewis in bloedige
oorlog ontaard.  So het die Vatikaan nou tot die diepste hel ontaard. Die
biskoppe trek daarom hul heel laaste kaart, sodat die Antichris in volheid
kan ontaard.

 

Openbaring 3854

‘N DROOGTE AGTER VLOED

1 Mei 2025  Donderdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wat is sleg en wat is goed?  Dit vra die lafaard sonder mannemoed.
Groen soos gras, wit soos sneeu en rooi soos bloed.  Die oorlog kom
om oor Afrika vlaktes te kom woed.  Swart soos ru-olie en geel soos
goud, in aanvraag eindig dit alles op in silwer en in goud.

Rusland vertoon trots haar oorloggoed.  Maar Amerika het dit reeds
geruime tyd vermoed.  Daarom reageer sy met ongekende spoed.
Dit is te laat vir Afrika om Amerika te beveel om van hier na daar te
skoert.  Deur droogte of in vloed sal God Sy verseëldes aangebring
deur kataklismes wel behoed.

O, wat is sleg en wat is goed?  Kyk in 'n teken van die tyd spartel
speel daar in 'n moddersloet 'n swyn met 'n talmoed in sy snoet.
Kyk Kaïn-Kus staan vol valse  bravade wyl hy sy kamerade
desperaat nader roep.  Maar kort voor lank vlug hy vreesbevange,
op sy kop met sy goed, weer te voet.

Oos en Wes, almal gryp nou gulsig na Afrika se goed.  Alles eet-
baar word in die groot hongersnood vir die massas wreed gesnoep.
Dit hyg, hoes en dit proes, met menigtes al vrekkend van 'n nuwe
kroep.  Ja, onder ‘n biologiese oorlog wat van hierdie kontinent oor
geheel die wêreld gaan woed.

 

Openbaring 3855 

O, DIE BOSE PRIESTERBROEDERSKAP

5 Mei 2025  Maandagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, ritueel-ritueel die Vatikaan staan vir alles materieel.  Verwoord in
'n ou-ou boekrol kamma so intellektueel.  Kom 'n opdrag - as voorreg
mag die priesters maar met die kinders speel.  Maar hulself moet
waak teen enige vorm van aanteel.

Biseksueel of homoseksueel in hulle genot skuil daar wel een reël.
Dit alles word versteek onder die dekmantel van priesterbroeder-
skap geestelik, kultureel.  O, ritueel-ritueel waar die gemeentes hul
in die beoefening van kerkgang erg verveel.  Is dit die predikant wat
beveel en die lidmate hul verbeel, dit alles is so intellektueel aktueel.

Daarom is dit die kerk wat deur 'n liberale media die mens deur
breinspoeling katkiseer.  Almal oud of jonk word geleer dit is
aanvaarbaar om te hoereer.  Ook is dit aan die orde van die dag
om man, vrou of kind te sodomiseer.  Dit is aanvaarbaar om in
volle boosheid oor alles te fantaseer.  Om daarna die vrug daar-
van te aborteer.

So word hulle kinders van geslag tot geslag geleer om behalwe
vir die priesterskap, hul ouers en outoriteite in elke opsig te
domineer.  Deur verbastering en kloning word alles heilig tot in
die DNS onteer.  So ritueel-ritueel, die Vatikaan staan vir alles
onwelvoeglik en materieel

 

Openbaring 3856

WIE IS KUS?

8 Mei 2025  Donderdagoggend  2.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor myself 'n vraag afvra.  Wat is die oorsaak en doel en wie en
wat is Kaïn-Kus?  Daar kom 'n stem:  Kyk, die koring het opgekom
sodat 'n deel daarvan onder die kaf kan vergaan.  Daarom het ook
eens die paradys volmaak gestaan.

Maar die Adam kon die voorreg daarvan nie mooi verstaan.  Deur
die bose lis van Nagash is sy moeitelose vrye wil daar verslaan.
En in die plek van 'n volmaakte paradys het onkruid tot moeitevolle
arbeid in die vrugbare grond opgeslaan.

Weet daarom Kaïn-Kus is die bastervrug, die kankerroos, die distel
en doring wat tot ergernis in herhaling geil op staan om geen vrug te
dra nie.  Maar net die grond tot Adam se ergernis te verarm, waarna
dit net weer vergaan.

Netso is dit ook die sonde wat in die Adamiet oor en oor in sy siel
op kom totdat die mens deur herhaling verstaan.  Om gereinig deur
die Vergifnis Genade Bloed van haar Skepper, weer as Sy
volmaakte beelddraer in `n volmaakte innerlike paradys op te staan.

Daarom sal ook die landstreek van Kaïn-Kus-Afrika deur die groot
reinigingsvuur moet gaan.  Ja, voordat die twaalf pilare van die
Nuwe Jerusalem vas in hul fondamente in Afrika, anderkant die
riviere van Kus, as ewige woning vir YaWeHesHua en sy bruid sal
staan.

 

Openbaring 3857

DIE KAKIES SE KNEG

10 Mei 2025  Saterdagoggend  04.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor woorde in 'n liedjie terg.  O, die Boerevrymesselaar,
nog altyd die kakies se kneg.  Wat tot heden vandag teen
sy eie bloed veg.  Sien daarom o, Elohim, die geweldige
onreg.  Luister hoe word U volk deur geheel die wêreld bespot
en geterg.

Sy het geen reg om vir haar eiendom of lewe in selfverdediging
te veg.  Sien haar bloeiende wond en kom, o, kom ons Verlosser,
om dit met U Liefde tot genesing te heg.

Bring U oordeel, bring U sekel en versamel vanuit die kaf U
eindtyd edelgerf.  Sif die goeie koring uit en begin die semels
vir die vuuroond op te kerf.  Lank genoeg is Sion deur onrein
voete vertrap en verdruk op haar eie bloedgekoopte erf.
Sodat sy deur die eeue, deur wildernis op wildernis, tot oor-
lewing moes swerf.

Bring haar terug o, Elohim na Sionsberg sodat sy onder U
Melgisedek priesterskap as eersgeborene kan erf.  Ek hoor die
laaste woorde van die spotliedjie wegsterf.  En ek weet Elohim
kom om die bloeiende oop wond van Sy geliefde Boervolk te
kom heg.

 

Openbaring 3858

EK SIEN AFRIKA SE OORDEEL

11 Mei 2025  Sondagoggend  03.10

www.nuuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor 'n wese roep:  'n Enige Aparte El, vir Sy enige geliefde volk.
Ek sien 'n enorme swart aasvoël in vlug oor Afrika gaan.  Ek sien as
teken 'n rooi baret in 'n diep donker graf val.  Waarna 'n dodelike
pes vir drie maande oor Afrika gaan.  Ek sien miljoene der miljoene
in die dood vergaan.

Waarna die pes in drie maal drie tydvakke om geheel die planeet
gaan.  Ek hoor 'n menigte aardbewoners roep:  O, God ons kan
hierdie vreeslike toestand nie begryp of verstaan.  Waarna die
wese roep:  Weet o, alle aardbewoners.  Daar is 'n Enige Aparte
El wat vir Sy enige gekose volk op gaan staan.

 

Openbaring 3859

DIE GROOT VERVAL

12 Mei 2025  Maandagoggend  06.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n Goddelike stilte wat om geheel die wêreld draal.  Sing die
sonbesies in frekwensie in 'n groot kabaal.  Dit lui:  O, die groot
verval, die groot verval en dit is al.

O, hulle sing en vertel in hulle eiesoortige sonbesie taal.  Van atoom
en kern wat 'n groot gedeelte van die planeet gaan bestraal.  Na 'n
Goddelike stilte wat om geheel die aarde draal.  Sien ek 'n ruiter op
'n perd met hul voorkoms grys en vaal.

Om die Skoppensboer se skouers wapper 'n pikswart sjaal.  In sy een
hand hou hy 'n vlymskerp swaard.  In die ander hand balanseer hy 'n
weegskaal. Ek hoor hom roep:  Geweeg-geweeg en te lig bevind in
wêreld totaal.  Beskadig daarom nou die meel en olie sodat niemand
in kosteverhaal vir die verlore wêreld-oes kan betaal.

Ja, stamp die parskuip om en vernietig die wynvat en laat daardeur
die konings broos en kaal.  Versamel die priesters van Baäl en deur-
boor hulle met die swaard van vlekkelose staal.  Bring die karkas
daarvan vir die feesmaal, vir die aasvoëls, die skoonmakers van die
hemel se groot onthaal.

Sodat hulle en hul kinders se bloed deur die aardkors tot in Hel en
Hades na benede spiraal.  Weet God besoek die kinders tot in die
derde en vierde geslag van die wat Hom haat.  So, wee o wee, o
mens, die dag wanneer die groot Goddelike stilte op hierdie aarde
neer kom daal.

 

Openbaring 3860

LUCIFER SE BEELDDRAER

14 Mei 2025  Woensdagoggend  03.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O Shalom-salaam, ook die hemel toeskouers het 'n humorsin.  In
die metafoor van 'n abstrakte visioen.  Sien ek 'n liberale Westerse
eenwêreld burger kniel. Diè is geklee in 'n geruite Islam-Gaza doek
gedrapeer om sy nek.  Hy staan op sy knieë met sy agterstewe in
die lig op 'n matjie luidrugtig aan die bid.

Hy kyk op met 'n Hindoe dot op sy voorkop.  Hy eindig sy oggend
gebed af en met sy een hand slaan hy die Katolieke kruis oor sy
bors.  Hierna vervang hy sy mat met 'n Oosterse joga mat.  Hy
gaan sit kruisbeen in 'n eienaardige posisie plat op sy gat.

Hy punt sy duim en middelvinger na bo en begin in 'n trans met
'n hmm….. gonsgeluid vanuit sy keel.  Met hierdie oggend ritueel
afgesluit, versit hy homself honger na 'n restaurant.  Vir `n voor-
gereg dring hy aan op 'n halaal spyskaart en sluit sy hoofdis af
met kosher nagereg.  By sy huis aangekom plaas hy sy Bybel,
Talmoed en Koran op `n leestafel.

Hierna slaan hy luidrugtig op sy ingevoerde Afrika-drom.  Hy
plaas hierdie skouspel vir “likes” op Tik-Tok en verkondig mee-
gevoer die Ubuntu gees.  Tot verdere vertoning skommel hy
sy persoonlke dolossakkie.  Hy gooi brandewyn in `n ritueel
as `n tipe aanbieding op die vloer uit en kommunikeer met sy
Voorvadergeeste.

Vir die absolute kersie op die koek rond hy dit alles af met 'n
Julius Malema rooi baret op sy kop.  Hierna identifiseer hy vir
die volgende paar uur as 'n vrou.  Uitgevat in `n spektakel uit-
rusting van reënboogkleure as 'n fopdosser, bring hy sy aand
teen betaling in  “rooilig” omgewing deur.  So sluit hy sy aand
af met sy boude weer omhoog gemaneuvreer om `n totale ander
rede as sy oggend gebed.

 

Openbaring 3861

HY WAG

18 Mei 2025  Sondagoggend  05.30

www.nuutsteoopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Hy sit in die skadu van sy skip en hy wag.  Vanuit die verte klink 'n
hiëna se huil-lag.  Hy hoor daarin die hemel se groot aanklag.  Ja,
oor die Goddelike orde in elke opsig deur die mens verkrag.

Hy oordink die mensdom se wrede, sedelose, gruwel gedrag.  Wyl
hulle in hul bloedrituele hul kinders as offers vir duisende afgode ag.
Hy sit in die skadu van sy ark en hy wag.  Op die duisternis van die
komende pikdonker nag.

Hy luister na die gepeupel se spotlag.  Hy sien hoedat hulle sy
voorbereiding op 'n kataklisme diep verag.  Dit, terwyl sy siel om
die redding van hulle siel smag.  Noag sit in die skadu van sy ark
en wag op God se laaste opdrag.

Hy hoor in die hiëna se huil-lag.  Tog die hoop daarin dat God ook
die oorlewingslewe van die onrein dier sal ag.  So kom die dag en
Noag kry sy opdrag om sy hart nie teenoor die goddelose te versag.

Die eerste donderslag kom in die ondertoon van God met 'n alles-
oorheersende slag.  O, wee daarom 'n verdorwe mensdom het te
lank op hulle redding laat wag.  Hulle smeekhulproep word deur
die hemel met die diepste minagting verag.

Moses sit  op sy berg in die woestyn voor die beloofde land en hy
wag.  Elia sit langs die spruitjie Krit en hy wag.  Jona sit onder sy
skaduboompie en hy wag.  Daniël sit langs die gruwel wêreldbeeld
van Nebukadneser in die leeukuil van hierdie bose wêreld en hy
wag.

Johannes die Doper sit langs die Jordaan en hy wag.  So sit 'n
boodskapper in Suid-Afrika en wag.  Ja, al die profete van die
verlede tot in die hede sit en wag op Elohim se komende groot
deurlugtige dag.

 

Openbaring 3862

MET BLOED OP DIE HANDE

20 Mei 2025  Dinsdagoggend  01.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek luister na 'n groot kabaal.  Dit kom in 'n geroesemoes van stemme
plaaslik, sowel as globaal.  Dit kom in verwyt in herhaal op herhaal.
Dit beveel:  Dit is tyd vir die Bantoe-pluraal om vir hul misdade in
wandade te betaal.

O, kyk net hoe drup die bloed van hulle hande, dit is horribaal.  In al
hulle gruweldade was hulle wreed, gewetenloos en brutaal.  Met
anderman se bees, skaap en bok, spekvet, onwettig in hul kraal.

So het hulle, hul nog altyd, op Kaukasies se voorspoed, tot oorlewing
bepaal.  So, luister net na die groot kabaal.  Daar waar Raka in verwyt
in hul wraak, hulle haat en verraad nou op mekaar uithaal.

Dit moor en dit brand, terwyl die vure wyd oor Afrikavlakte uit gaan
spiraal.  Dit, terwyl die Gees van Verskrikking op die massas neer
gaan daal.  In hul vlug na nêrens, daar waar hul almal, in eie
bekende omgewings gaan verdwaal.

Daar kom ook die groot kostekort en dit laat die menigte, massas
honger en kaal. Kyk ook hoe donker is die duisternis wat op die
stede, plakkerskampe en vlaktes neer gaan daal.

Dit val in die vorm van 'n dodelike pes, in ongekende sterwens-
getalle, as `n skrikwekkende skaal.  Luister daarom na die groot
kabaal, voordat die mees verstikkende, Goddelike stilte, op die
wêreld neer kom daal.

 

Openbaring 3863

SLAGGEREED EN BEREDE

30 Mei 2025  Vrydagoggend  04.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die duisternis sidder en bewe. Ja,  voor die aangesig van YaWeHesHua,
die Ewige Lig wat lewe.  O, kyk net na Sy Heilige Naam geskryf in
Trippel Sewe.  Waar dit skitterend skyn van Sy kroon, op Sy ewige
hoof, so soewerein, Goddelik, verhewe.

O, kyk net na 'n bose wêreld wat vreesbevange sidder en bewe.
Vasgevang in haar eie leuen sonder waarheid, wysheid, verstand
of gesonde rede.  Daar is geen hoop vir hierdie wêreld, daar is geen
strewe.  In stede daarvan eggo 'n verlore mensdom se wanhopige
sterwenskrete.

O, die duisternis sidder en bewe.  Voor die aanklag van ontelbaar menig
skimme vanuit die verre verlede.  Hulle verwyt:  Daar is geen toekoms
in hierdie verrotte, verlore hede.  Daarom staan die vier perde van
Openbaring reeds slaggereed en ten volle berede.

Die skale val en onder die Gees van Verskrikking is geheel die wêreld
waansinnig besete.  Ja, die wêreld sidder in haar angs en sy bewe.
Die magtiges, die konings en bankiers, nou sonder enige gewete.
Ontneem die massas nou van hul kosbare vrye wil en lewe.

Kyk daarom net hoe val die Oordeel in al haar fasette oor die
kontinente se groot stede.  In die globale komende groot honger-
snood is daar vir die massas niks te ete.  Dit, terwyl die dodelike
pes geheel die planeet in 'n doodstank omgewe.

Om die handelsroetes van die oseane se sewe seë.  Raak die
handelskepe oornag iets van die verlede.  O, Babilon die duisternis
ween, sy sidder daaroor terwyl sy bang bewe.  Ja, voor die Almagtige
Aangesig van Sion se Verlosser, die Ewige Lieflike Lig wat getrou en
regverdig tot in alle ewigheid lewe.

 

Openbaring 3864

NOG ‘N BIETJIE SLUIMER

31 Mei 2025  Saterdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Nog 'n bietjie sluimer en nog 'n bietjie slaap.  Kyk, op die stadsmuur
is daar geen wag wat waak.  Nog 'n bietjie sluimer en nog 'n bietjie
slaap.  Onverwags soos 'n dief in die nag kom die tyd en die mens
het haarself versaak.

O, nog 'n bietjie sluimer en nog 'n bietjie slaap.  Die luiaard haat
mos die arbeidsvreugde van sy veronderstelde oggendtaak.  Die
oes lê daarom wyd en braak.  Maar die maaier was te moeg vir
God se saak.  Daarom het hy hom weerhou van hierdie allesoor-
heersende belangrike taak.

Nog 'n bietjie sluimer en nog 'n bietjie slaap.  Oorgegee aan 'n nag
se vermaak, het die pragtige oggend vergaan onder die luiaard se
laat slaap.  So kom Satan se naspraak in nog 'n bietjie sluimer slaap.
En kyk Nagash seil deur die drome in die vorm van 'n veelkleurige
vuurdraak.

Waarna die dromer ontwaak en hy vind hy staan armoedig, honger
en naak.  Terwyl hy in sy wingerdgriep roes die vorige nag se bose
kwaad probeer uitbraak.  Maar in nog 'n bietjie sluimer en nog 'n
bietjie slaap is daar nou eenmaal vir die luiaard net geen hoop of
raad.

 

Openbaring 3865

WANNEER LUNA OPHOU BLINK

7 Junie 2025  Saterdagoggend  01.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Dit was volmaan maar Luna het ophou skyn en blink.  Ook die sterre
aan die hemel wou nie meer langer skitterend wink.  Daarom het groot
dele van die droë land onder die see verdrink.

Die riviere het ver binnelands ingestoot sodat van die varswaterlewe
asook die dooie vis daarvan sou stink.  Maar die krappe het dit
oorleef om in hul hordes die groot feesmaal te geniet van alles wat
sou ontbind.

Dit was weer volmaan, maar om Luna was daar nou 'n eienaardige,
bloedrooi, slierterige kring.  Wat die maan se glans tot 'n vuilbruin
oranje sou verdring.

Daarna het daar 'n groot ster geval, gevolg deur sy eie brokstukke in
'n skouspelagtige stertstring.  Dit het bitter groen giftige alsem na
die riviere en varswaterfonteine van die aarde gebring.

Ek het hierna geluister na die droewige fluitgehuil van die stormwind.
En in die hemelruim het ek trane op die tweeling se wange sien blink.
Die planeet se aardplate het wild hul weg eers oor mekaar en daarna
weg van mekaar gevind.

Die klank daarvan het soos die vals note van 'n vreesaanjaende trompet
geklink.  Vir 'n derde keer was dit volmaan, maar Luna het onverwags
skuiling in die skadu van die aarde gevind.

Ek het 'n aartsengel hoor sing, van volmaan tot donkermaan, dit is die
stof en rook van vulkane en aardbewings, in die slot hoofstuk, wat die
lig van die son en die maan oor die aarde kom verdring.

 

Openbaring 3866

MISSIELVUUR VANUIT DIE HEMELRUIM

10 Junie 2025  Dinsdagoggend  04.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

'n Stad, eens met goud beslaan, lê nou in rommel, roet en as vergaan.
Die kanonlope en gemoderniseerde Stalinorrels het wild missiele
uitgekraam.  Daarom het vuur vanuit die hemelruim op die aarde
toegeslaan.

Inderhaas wou die eens ongelowiges nou oorlewingsplanne beraam.
Maar van alle energie ontdaan, was daar na die groot val, nie krag
oor om op te kan staan.  Die massas het waansinnig geskreeu,
geskop en geslaan.

Maar hulle het self die sweep gevleg, wat hulle sou kasty en slaan.
Die groot bankiers het verward en onseker rondgestaan.  Want die
mag van geld het in haar eie hebsug heeltemal onder gegaan.

Ek het 'n stem hoor roep:  Dit is die onwettige immigrant Trojaan wat
soos `n sprinkaanplaag die burgers van die Weste in hulle eie tuiste
sou verslaan.  Kyk, diè staan diep beskaam, met hul wange nou nat
betraan.

Ja, oor hulle liberale denkwyse, tot hul ondergang, deur hulself
begaan.  Tevergeefs het die ou profete en skrifte vermaan.  Die
openbaring daarvan kon en wou die wêreldling nie verstaan.

Daarom het hierdie tydvak nou in haarself vergaan.  En al wat oorbly
is die groot gruwel wat in die plek van die heiligdom op die aparte
offertafel in trippelses op gaan staan.

 

Openbaring 3867

RIVIERE VAN BLOED IN VOLLE VLOED

14 Junie 2025  Saterdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, die eindtydboodskap is galbitter, maar die einde daarvan
suikersoet.  So begin alhoe meer infrastrukture in verval te groet.
Die storms woed globaal verwoed, met ook die riviere in vloed op
vloed.

Onblusbare vure begin orals verterend, vernietigend te woed.
Daarom het die oorlog soos 'n windaangedrewe veldbrand van
land tot land begin spoed.  Ja, met gestorte mensbloed soos
spruite in volle vloed.

Die pes het geseëvier in 'n onmeetlike lange begrafnisstoet.
Lyke het verstrooi gelê soos weggooigoed.  'n Stem het geween:
O, waar is daar nog `n bietjie mannemoed?

O, waar is daar nog 'n landsleier wat sy volgelinge in die groot
hongersnood gaan kan voed?  O, die eindtydboodskap bly vir die
wêreldling galbitter, want hul moet nou eenmaal vir hul bose dade
boet.

Maar die uiteinde van dit alles is vir Sion en die ware Jerusalem
suikersoet.  Met die vooruitsig van 'n duisendjarige vredesryk, net
vir die verseëlde uitverkorenes bedoel.

 

Openbaring 3868

DIE CHAOS VAN VERWOESTING

17 Junie 2025  Dinsdagoggend  01.10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, soort by soort, van Oos na Wes, aan wie gaan die wêreld na die
groot oorlog behoort?  Kyk, in oorlogs- en in handelsvloot, sink daar
oornag menig baie boot.  In die rylied van die dood, klink daar skoot
op skoot, in bloedbevlekte lood.

O, skroot op skroot, wie kan die chaos van die groot verwoesting nog
Verwoord?  Kyk, na ru-olie word daar desperaat nou globaal geboor.
Suinig word die graan deur regerings vir hulself gestoor.

Met weinig vrug in die wingerd of die boord.  Smeek die massas
desperaat om net 'n snytjie brood.  Met geen drinkwater in die dorre
watervoor.  Wat bly daar in hoop nog vir die mense oor?

O, soort by soort, van Wes na Oos, aan wie gaan die beheer van die
wêreld na die oorlog nou behoort?  Maar kyk, onverwags gaan Oos
en Wes in eenheid nou akkoord.

In goud, silwer of ivoor, in een geldstelsel sal die wêreldhandel nou
globaal aan een ekonomie behoort.  Kyk, vir 'n kortstondige wyle
stop die massamoord.  Maar dan gaan die oorlog net weer
onverpoos voort.

So, sing in skoot op skoot, in lood op lood, weer die rylied van die
dood.  Die skale val, hulle gaan nou groot.  En in soort by soort is
dit Gog teenoor Magog in oorlog in haat ontbloot.

 

Openbaring 3869

DIE GROOT VERBOD

20 Junie 2025  Vrydagoggend  05.20

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, huis, paleis, pondok, in die groot geween van trane en in snot.
Luister daarom, in die komende groot verbod, sterf die woord
oorskot.  Oornag heers in 'tit for tat'  die woord boikot.

Die rykes van die aarde sit in sak en as en ween net soos Job.
Dit, terwyl die armes hulle hieroor hoon en spot.  Kyk by die
aandeelmark staan daar op die eens ryk voorbok se voorkop,
nou die woord armsalige sot.

O, huis, paleis, pondok, van die ryk tot arm man, begeer 'n menigte
nou 'n goed versteekte grot.  Luister na die afslaer wat hoopvol roep:
Oop is die mees aantreklike bod.  Maar niemand koop, want almal is
bankrot.

Met hulle kop op die blok.  Begin die ou, sowel as nuwe koning vir
hulle onderdane te jok.  Van Engelsman, Ier tot Skot, nêrens vind
mens meer 'n troue patriot.  In Afrika heers in pes en plaag die
sprinkaan en Australië die afskuwelike pesdraende rot

In kommerwekkende versnelling begin globaal, die gevaksineerdes
se bloed in hulle are te klot.  Die sterftes daarvan lei tot menigte lot.
Met elektrisiteit infrastrukture boonop nog net 'n dormante krok.

Begin alle bederfbare produkte, soos vleis, pluimvee en suiwel te
vrot.  So kom daar vanuit  huis, paleis en plakkerspondok, die groot
gekners van tande in die bitter geween van trane en in snot.

 

Openbaring 3870

GAAN DIE ROOI BEER GLOBAAL REGEER?

21 Junie 2025  Saterdagoggend  3.45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Weer en weer en nog  'n keer het Rusland besluit om haar vyand uit
te sorteer.  Ja, vir respek en eer sal die Rus wel graag oor die wêreld
wil regeer.  Daarom word nog 'n vredesversoek gekanselleer.

Die Weste probeer weer en weer om nog 'n keer met die Rooi Beer
te kommunikeer.  Maar Rusland meen sy word te veel gekritiseer.
Dit, terwyl die Weste kernwapens gerig op haar monteer.

O, luister daarom na die VN wat so kla en murmureer.  Dit, terwyl
Rusland haar net beter mobiliseer.  So, wie is daar wat hierdie
reus kan rond rangeer?  Ja daar is geen moondheid wat haar kan
kontroleer.

O, kyk, Rusland wik en sy weeg terwyl sy haar vyand goed takseer.
Voordat sy hulle onverwags gaan teer en veer.  So kom daar binne-
kort die eerste kernbom skrikwekkend op haar vyand neer.

Die massas gaan hierdeur baie moet ontbeer.  Met soveel van alles,
wreed versteur, bly daar nog weinig oor om van te begeer.  So, wee
die regering wat besluit om in nog 'n frontier teen Rusland te
mobiliseer.

 

Openbaring 3871

DIE VATIKAAN HET ‘N SPOOK

22 Junie 2025  Sondagoggend  2.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

In 'n gesig oor die Vatikaan, sien ek 'n vuurtjie smeulend rook.  Ek
sien daarin 'n spook wat boos oorkook.  Dit is 'n non, lank gelede
deur 'n pous wreed vermoor.

Sy roep:  Hoor, o, hoor, in 'n gesprek tussen die tempeliers, deur my
aangehoor.  Word daar besluit:  Word daar nou vir goud of word daar
vir olie geboor?  Vir die voordeel daarvan trek die Jood alweer heel
voor

Maar eers eis Lucifer sy bloedoffer in dubbeldoor.  Die voorste
kardinaal, 'n bloeddorstige karnivoor, kom vinnig met die volgende
voorstel voor.  Hy roep:  Ons kul die wêreld hier, ons kul hul daar
en wys hulle ons kan net soos die vals profeet Beor ook toor.

Daardeur sal ons die massas skool, al weet almal reeds die kerk is
'n derderangse hool.  Maar tussen die Suid- en Noordpool, moet 'n
moordkontrakteur 'n spesifieke president vermoor.

Daardeur sal ons die helfte van die mensdom wel bekoor.  Ja, in 'n
gesig oor die Vatikaan sien ek 'n vuurtjie wat eienaardig rook.  Ek
sien daarin 'n spook wat van haar laat hoor, in die vele stemme van
'n nonnekoor.  Hulle sing, wees veral versigtig vir die een met net
een bakoor.

 

Openbaring 3872

WANNEER SILO KOM

28 Junie 2025  Saterdagoggend  05.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebee.co.za

O, luister na die stem in die Koel Aandwind van die Groot Bastion.
Heilig, heilig kom dit in die ware vredeswoord shalom.  In `n koor
sing die verseëlde uitverkorenes saam onder die apartgestelde
wolkkolom.  O, ons het gekom, ons het na die aarde gekom, om
HOM in SY wederkoms te sien kom.

Hulle sing:  O, kyk net na bowe en sien die oorwinningsvlug van die
kleine valk onder die oorkoepelende beskermende vleuels van die
Goddelike falkon.  Luister daarom ook na die Levietiese aankon-
diging in die lied van Aäron.  Dit kom luid, selfs vanuit die verre
Libanon.

Hy roep:  Geval-geval het die eens magtige Edom, onder die
oorlogsrook van sy eie afgod Dagon.  Maar kyk net na Sion, na haar
sal dit nie kom.  Die groot Oordeel sal sy verseker ontkom.  Ja, want
ook sy het gekom, ja sy het gekom, om HOM haar Bruidegom te sien
kom.

Daarom sal Melgisedek as Ewige Hoëpriester Koning, vir geheel Sy
skepping, as Verlosser kom.  Kyk, oraloor staan die groot stede van
glas en beton beleër reg rondom.  Die Oordeel daarvan weeg swaarder
as triljoene in ton.  Daarom verbrokkel al Mammon se infrastrukture,
gebou van staal en beton.

Nie vir een van hulle is daar enige verskoning in `n Goddelike pardon.
Maar luister, o, luister, al julle apartgestelde verseëldes, na die
Goddelike Lied van julle geliefde Groot Bastion.  Hy sing:  Heilig-
heilig is daarom nou die ware aparte vredeswoord shalom.  Daarom
het die verseëldes gekom, om HOM, hulle YaHWeHshua, Verlosser,
te sien kom.

 

Openbaring 3873

‘N ONGEKENDE STORM

1 Julie 2025  Dinsdagoggend  02.30  

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Soos op `n stukkende ou kitaar, het die wind eentonig gesing op net
een snaar.  Die storm kon en wou nie bedaar, terwyl die wolke net
meer vog op sou gaar.  Die bliksemstrale het vreesaanjaend wild
rond baljaar.  Terwyl konveksiestrome reuse ysbrokke uit so baar.

Ja, die weer was onverklaarbaar, onnatuurlik, swaar.  Daarom het die
pendelaar onseker na bowe gestaar.  Alwetend dat die tyd hom nie
betyds na sy bestemming uit gaan spaar.  Die bome was gestroop
tot op die laaste blaar.  Diè was ontwortel, verstrooi en heeltemal
deurmekaar.

Met die kragtoevoer bykans onherstelbaar onklaar, was die krag-
drade soos `n kraaines, gekoek, totaal deurmekaar.  Die graanland
was verwoes sonder `n enkele bruikbare koringaar.  Daarom sit die
versekeraar toe maar moedeloos met sy hand in die haar.  Deur die
ongekende verwoesting was selfs die verslaggewer sonder enige
kommentaar.

Dit, terwyl hy in `n afvoerpyp na die verminkte lyk van `n ou bedelaar
sou staar.  Die paar oorlewendes het hulle soos nat gereënde hoenders
wanhopig bymekaar geskaar.  Die plakkerskamp, sowel as die vooruit-
strewende woongebiede was nie een uitgespaar.

Maar soos op `n stukkende ou kitaar het die stormwind voort gesing,
gehuil op net een snaar.  Ja, daar in sy lied wat vertel van `n 
ongekende orkaan wat die  Suidelike gebied van Afrika in verwoesting
nie uit gaan spaar.

 

Openbaring 3874

‘N STER WAT VERSKIET IN DIE SIEK POLITIEK

4 Julie 2025  Vrydagoggend  4.40

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

So het Lucifer se siek wil wel geskied in sy eie val wat soos `n ster
sou verskiet.  O, hoe siek is die wêreldse politiek en dit met manne
boonop deurtrek van ouderdom en rumatiek?  Ja, in hulle eentonige
retoriek waar hulle mekaar se waansinnige foute oor en oor mimiek.

In `n Sataniese boodskap geskryf in bose liriek, kom die musiek tot
breinspoeling ge-orkestreer vir die globale publiek.  So kom die nuwe
pous se lied kwansuis geskryf in smaakvolle klassiek.  Maar daar waar
die leuennote na nêrens heen opskiet, verdwyn dit sondermeer in `n
duister donker niet.

Vir `n oomblik was dit daar vinnig, vliet.  Maar dit had geen sub-
stansiële waarheid of wysheid om `n reeds verlore wêreld iets
aan te bied.  Lucifer se bose beplanning het wel deur sy politieke
marionette geskied.  Maar in hulle val was hulle soos `n vallende
ster wat in die diep swartgat van Hades gaan verskiet.

Daarom het die leuenwoord demokrasie meer geen vryheid of
toekoms om sy slaaf gebonde stemmers aan te bied.  Kyk daarom
o, Jerusalem op na Sionsbergpiek.  En neem slegs dit aan wat die
Gees van Waarheid en Wysheid het om jou aan te bied.

 

Openbaring 3875

TE LAAT VIR GELOFTES EN EDES

8 Julie 2025  Dinsdagoggend  01.15

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Vanuit die verre verlede tot in die hedendaagse hede.  Kom daar
vervloeking sowel as opbouende bede.  Uit die mond van God se
profete, uit die sinvolle rede van sy askete.  Kom die voorloper as
wegwyser in sy volle wete.

Met menigtes in die laaste dae van hierdie tydvak reeds oorlede.  Is
daar tog diè wat tot geestelike ontwaking en opstanding ewig sal lewe.
Kyk, die vier perde van Openbaring staan reeds opgesaal, heeltemal
berede.  Met vier aartsengele as ruiters in die saal, wat hulle tot
die oorlog van die seuns van God gaan begewe.

Hulle trek hulle swaarde vanuit hulle skredes.  Hulle beskerm die
groot wit Arend wat met die vrou en kind van Openabring na hulle
plek van veiligheid heen swewe.  Hierna begin die aarde in haar
diepste wese te ruk en te bewe.  Deur die aantrekkingskrag van
haar maan beweeg sy alhoe skewer.

Ja, al slingerend soos `n dronk man om haar eie baan aangedrewe.
So begin ook die mens se valse moed in haar hoogmoed haar nou
te begewe.  Die massas reageer in waansin sonder enige gesonde
verstand of goeie rede.  Van oraloor weerklink magteloos hulle
wanhoopskrete.

Vanuit alle oorde kom die diep gesug van desperate gebede.  Die
mens roep na die hemel en smeek:  O, God ons wil lewe.  Luister
daarom nou na ons geloftes en ons edes.  Maar kyk, dit is te laat,
hoop het haarself in haar moed begewe.  Ja, sodat wêreldse
geloof ewig nooit weer sal herlewe.

 

Openbaring 3876

O, AL DIE VALS GELOWE

10 Julie 2025  Donderdagoggend  04.30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, wie het met die naam Here-Here Baäl van my af weg gedwaal?  Wie
aanbid kosher en loof en prys halaal?  Wie staan daar as Christen nog
koud, nog warm en roep tussen Gees en wêreld staan ek lou neutraal?

Wie mediteer daar voor `n Boedhabeeld met net diè as sy mentor en
moraal?  Wie roep saam met die pluraal na die Ubuntu Voorvadergees
en verkeer met Raka in verbastering so sosiaal?

Wie roep daar o, Here-Here in U naam het ons die bybel tot `n ver-
draaide leuen vertaal?  Wie het as Katoliek vir die vergewing van
hulle sondes, biegpriesters daarvoor met geld betaal?

Wie staan daar kwansuis as My gesant in die gedaante van `n
predikant, maar verkeer met mans seksueel anaal?  Kyk, hulle
almal staan skynheilig gemasker by Satan’s maskerbal.

Waar vandaan hulle na die diepste hel neer gaan daal.  So, wee
elkeen wat My aanroep onder die naam Here-Here Baäl.  O, Ek
ken hul nie, hulle almal het My gefaal.

So, wee o, wee elke bose mens en weet jy gaan vir jou mistasting
duur betaal.  Ja, oor jou roekelose lewensverhaal en jou verlore
Godgegewe potensiaal.

 

Openbaring 3877

IN DIE LIED VAN HEMELSKARES

11 Julie 2025  Vrydagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Die laaste oorlewendes van hierdie aarde het hul loflied aan hul
Skepper gebring.  Jerusalem het uit volle bors saam gesing in
haar vreugde vir haar God gebring.  In verrukking het Sion gesing
en haar Hooglied liefdeslied aan haar Bruidegom gebring.

Die hemelskares het uit volle bors gesing.  Ja, in hul hulde aan ons
Enig, Ewig, EL gebring.  Om die Groot Middelson was daar lieflik,
stralend `n goue kring.  Dit was die Serafs en die Gerubs wat hul
ewig eerbetoning aan ons grote Skepper bring.  Die troue seuns
van God het ook hulle liefdeslied na Hom gebring.

O heilig, heilig daarom hierdie hemelkoor wat die Nuwe Lied na Sy
ewig woning bring.  Maar weet daarom, elke skepsel of bewussyn
wat kan dink.  Dit is die kleine, nederige mens wat as geredde
sondaar in volle weergeboorte die eerste note van hierdie Nuwe
Lied vir ons Ewige Koning Vader bring.

 

Openbaring 3878

MET DIE MAAT VIR DIE BOER GEMEET

12 Julie 2025  Saterdagoggend  04.10 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor `n volk al kermend kyf.  Hulle roep en sê:  Kyk o, kyk, vanaf
ons erfgrond, ons grondgebied, word ons nou verdryf.  Ons politieke
outoriteit het ons as burgers sondermeer afgeskryf.  Die onwettige
immigrant, die druk hul liefdevol teen hul boesem o, so styf.

Maar ons as belastingbetalers moet die volle spit afbyt.  Maar die
indringers se misbruik word gemaklik teen die skatkis afgeskryf. 
Dit, terwyl hulle maar belastingheffing mag ontduik.  So gaan ons
beursies gebuk onder `n enorme duik.  Dit, terwyl ons kinders ween
met `n leë buik.

Ook vir ons geloof veg ons nou die volle stryd.  Met die onwettige
immigrant se godsdiensbeoefening ver meer as net gelyk.  Op
straat daar vloek die indringers ons dat ons ore daarvan tuit.  Maar
wee die goeie burger wat net skeef in hulle rigting kyk.

Ek hoor Europa al kermend kyf.  Hulle roep en sê:  Eens voer ons
teen die aparte Boer in Suid-Afrika die volle liberale stryd.  Op ons
aandrang is hul met die banvloek van hul plase en vanuit hul land
verdryf.  Ja, met `n "Free Mandela" het ons hulle as die laagste slyk
uitgekryt.

Daarom is hulle burgerregte vandag totaal ongelyk.  Maar kyk, so val
die skaal en breek die kruik.  En met dieselfde maat deur ons vir hul
gemeet, word ons nou vanuit ons eie dorp, stad en land, deur veral die
Afrika immigrant uitgedryf.  So voel ons die vergryp nou aan ons eie
lyf.  En met die skrif geskryf teen die Westerse muur betaal Kaukasies
vir sy verraad nou die volle prys.

 

Openbaring 3879

RAKA SE ONRUS

15 Julie 2025  Dinsdagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Daar waar hy luilekker op sy agterent rus.   Daar om sy bierpotte wat
boosaardig borrel en gis.  Luister ek na die skoorvoetende lied van
Afrika-Kus.  Dit kom op die note van Raka se onrus.  Dit eindig in
refrein in onlus op onlus.

In die woorde van die lied oorweeg Kain-Kus die raad van die sluwe
kommunis.  Maar voor hy weet of wis het hy hom heeltemal met die
Weste vergis.  Deur die verlies van hulle skenkings van net gee en
gee.  Kom Amerika in die terugneem daarvan in surplus op surplus.

So, waar o, Afrika is jou vermoë vir `n gesofistikeerde politieke twis?
Kyk, om jou trek al stywer die selfmoord lis. Kyk, daar waar jy steeds
so luilekker op jou agterstewe rus.  Terwyl jy op die voordele van
Sassa berus, het jy jouself heeltemal te lank in  jou gemaksone
gesus.

Al wat nog vir jou oorbly is opstand en onrus wat oorgaan in onreg-
matige vergryp en onlus.  Want voordat jy weet of wis, is dit die
groot hongersnood wat in die ergste omstandighede in jou leë
bierpotte gis.

 

Openbaring 3880

WERKLOOSHEID

24 Julie 2025  Donderdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor 'n stem wat roep:  O, gee my werk, ek is jonk en sterk.  Weer
en weer hoor ek hom roep:  Ek het 'n graad, maar sal ook werk as
junior klerk.  O, gee my net 'n werk, al ruim ek ook op, die vuilste
drek.

As refrein hoor ek in 'n duisend maal 'n duisend stemmekoor.  O, gee
ons werk voordat ons van die honger vrek.  Met werk in ons land nou
tot die uiterste toe beperk.  Sal ons vanuit ons geboorteplek ook na
ander land toe trek.

Kyk ons sente het ons reeds tot die uiterste toe vir die noodsaaklikste
uitgerek.  Ons regering maak beloftes maar hou ons vir die gek.  O,
ons ly groot gebrek en vra net om `n werk.

Sondae bid ons in die kerk, maar word steeds in alle hoop beperk.
Vanuit Suid-Afrika kom magteloos die smeekrede vanuit die martel
bitterbek.  O, gee ons werk, ons is jonk en sterk.

Die massas raak hierna heeltemal boos, beserk.  Hulle skreeu, gee
ons werk want ons ly groot gebrek.  Gee ons werk, voordat ons van
die honger vrek.  Ek sien hierna hoedat rookkolomme oor geheel
die land optrek.

Ek sien hoedat die ANC hulle nou stil-stil so “onskuldig” van dit
alles begin onttrek.  Hierna begin die blankes vir hulle veiligheid in
spontane groepe saamtrek.

Die land raak wild, dit raak 'n helse, bose, plek.  Ja, dit raak 'n
plek waar niemand meer uit gaan, om al is dit net vir `n honger-
loon, tot oorlewing te gaan werk.

 

Openbaring 3881

DIE DUIWEL KAN WEL TOOR

27 Julie 2025  Sondagoggend  03.30

www.nuutsteopenbaringevanjdithdebeer.co.za

In die metafoor van wen-wen in die groot wêreld verloor.  Word die
wysheid nie meer langer deur die leuen versmoor.  Wie ore het, laat
hom daarom hoor.  Wie hom doof hou daarvoor, moet alles maar
verloor.

Met niks meer om in die wêreld te verloor, wat het jy tot oorlewing
vir jou en jou geliefdes gestoor?  Kyk, die duiwel kan deur oëver-
blindery wel `n bietjie toor.  En kort voor lank stel hy ons aan
die handelsmerk trippelses daarmee  voor.

Daardeur begin die oortollige massas mekaar vinnig uit te moor.
In die idioom van die sogenaamde Amerikaanse droom.  Word
daar 'n een globale koning vir geheel die wêreld gekroon.

Ja, vir 'n fantasie kamma wêreld waar almal deur illusie in bedrieg-
like vrede saam sal woon.  Daarom word verskillende geldstelsels
heeltemal onttroon.  Met 'n oorkoepelende digitale stelsel wat alle
transaksies aan sal toon.

Daardeur word alles en ook almal in 'n eenwêreldrekenaarsisteem
ingekloon.  Ja, op 'n planeet waar almal nou as sisteemslawe
sonder enige vrye wil of besluit as eenwêreldburgers sal woon.

 

Openbaring 3882

IN KOEëLS WAT FLUIT

30 Julie 2025  Woensdagoggend  02.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek sien 'n offertafel met daarop 'n enkele verskrompelde pampel-
moes.  In 'n gesig hoor ek 'n siek perd proes.  Daarmee saam
begin die massas dodelik te hoes.

Met die dorpe en stede nou chaoties oes.  Is ook die winkel-
sentrums gestroop en heeltemal verwoes.  Die koeëls die fluit
en die Boere moet net koes.  Vanuit die politiek kom 'n stem
wat wanhopig roep:

Versoen-versoen, maar heeltemal te laat is alles reeds verdoem.
In die stede en die dorpe is die laaste bietjie drinkwater vrot en
groen.  Met geld heeltemal waardeloos, word daar maklik met
note in 'n miljoen as vuurmaakgoed weggedoen.

Ek sien 'n offertafel met daarop 'n verskrompelde ou vrot pampoen.
Raka kruip daarom, bakhand, op sy knieë met hare wat wild kroes.
Die koeëls die fluit in alle rigtings en almal, sonder uitsondering,
moet nou koes.

Ek sien oorlogskepe in Afrika hawens aandoen.  Ek hoor bomme
wat val in 'n donderende boem-boem.  Met vuur word daar met
die dodelike kieme weggedoen.

Tussendeur dit alles sien ek hier en daar 'n landery weer in groen.
Ek hoor 'n stem wat sing:  Al lê alles verbrand en oes, is dit maar
net weer die boer, wat bly plant en oes.

 

Openbaring 3883

MET GOLWE GROOT, ROF EN BRUIN

2 Augustus 2025  Saterdagoggend  04.50

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Ek hoor iemand sing:  Die Oordeel is soos 'n pruim, suur en bruin.
O, die Oordeel is ruim en die sand en grein in die geweldige stof-
storm is vir die longe dodelik fyn.

Ook die see is rof en bruin, ek sien eers 'n duin, daarna 'n
bergkruin wat onder die seewater verdwyn.  Ek hoor sirenes en
noodberigte wat uitbasuin:  Ontruim-ontruim, maar in versuim is
dit reeds te laat en die dorpe en stede lê in puin.

Groot en klein, 'n menigte het in die dood verdwyn.  Met die Oor-
deel rof in venyn, sien ek die golwe van die see wat skrikwekkend
skuim.  Tot  daar in die verte waar dit oor die horison verdwyn.

Ek sien Sion lig oorwinnend haar glas en 'n aartsengel skink vir
haar hemelwyn.  Sy profeteer, in 'n kort tydperk is dit klaar met
elke wêreldswyn.  In daardie tyd sal elkeen weet, net God is
groot, met elke mens nietig, klein.

 

Openbaring 3884

IN NOOD OP NOOD

4 Augustus 2025  Maandagoggend  07.00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, heilig Woord op Woord, daarmee saam gaan die hemel nou
akkoord.  Die engele sing op hoë frekwensie noot.  Daarmee
saam gaan die wind ysig koud vanuit menig oord akkoord.

O, nood op nood, kyk daar is geen brood.  O, nood op nood, daar
kom die dood in die groot hongersnood.  Voor die nuwe tempel-
poort daar bid 'n Rabbi Jood.  Die pous gaan daarmee saam
biddend voort.

Maar dit is nou soort by soort en globaal heers daar massamoord. 
O, heilig Woord op Woord, die vlymskerp swaard lê globaal
ontbloot.  Rusland gaan onverwags, heeltemal, oorboord

Van Oos na Wes, Suid na Noord, daar vaar skrikwekkend sy
enorme oorlogsvloot.  In skoot op skoot, daar reën dit lood op
lood.  Die valse vredeswoord lê in bloed ontbloot.

O, heilig daarom die profetiese Woord op Woord.  Daarmee saam
val die skale in verwoesting groot.

 

Openbaring 3885

‘N HEMELBAN

7 Augustus 2025  Donderdagoggend  01.20 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

O, hoe droog die Genadedam?  Maar kyk, vir Sion bly die grond
steeds klam.  Met die goeie koring klaar vanuit die oes gewan,
begin die kaf in die vuuroond brand.

Meel en olie word nou afgemeet in gram op gram.  Maar nêrens
is daar geen vleis vir die pan.  'n Oorblyfsel vanuit Dan word deur
genade vinnig inbeweeg by Efraim.

Kus probeer inderhaas desperaat inbeweeg by Islam.  Maar diè
draai sy rug op elke stam van Gam.  Afrika word hard en wreed
getref met 'n hemelban.  Dit versprei vinnig, van volk tot volk,
stam tot stam.

Maar met geen hoop of plan, is dit net die Dood wat sy vangnet
oor Afrika uit gaan span.  O, hoe droog die eens so groot Genade-
dam?  Maar kyk, vir die suiwer kroniek bly die grond steeds hoop-
vol klam.  Die goeie graan is reeds vauit die oes gewan.  Dit,
terwyl die kaf in die vuuroond brand.