
Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik.
FOR ENGLISH VERSION: revelationsofjudithdebeer.co.za
e-pos: hennovanrooyen@gmail.com
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou.
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 3901
‘N VALSE VREDESTYDPERK
11 Oktober 2025 Saterdagoggend 12.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die beste stuurman staan aan wal en die valse vredesvors lig sy vuis
in oorwinningsbal. Ek hoor 'n harde knal in 'n vreemde bomaanval.
En ek weet die vredestrofee word slegs vir 'n baie kort tydjie uitgestal.
Ek hoor 'n groot trompetgeskal, voor die groot verval. Ek sien die
liberaliste gooi desperaat nou wal. Maar hul verwoestingsloon is 'n
baie bitter beker gal. In broederburgeroorlog raak die Weste
heeltemal mal. Sodat baie in die dood gaan ontval.
Ek sien die Ukraïene staan gestroop en kaal. Terwyl Rusland die
beste vanuit die oorblyfsels haal. Dit is te laat vir die Verenigde
Nasies om hieroor te wil kla of smaal. Daarom word daar inder-
haas 'n eenbetaalstelsel wêreldwyd uitgehaal.
Maar hieroor staan die Ooste glad nie objektief of neutraal. Daarom
sal ook 'n Sjeik die topbestuur van die nuwe eenwêreldorde haal.
Hieroor lig die valse vredesvors sy glas tydens die nuwe eenwêreld-
orde se gruwelfeesmaal.
Dit, gebore vanuit dit, manifesteer globaal wreed brutaal. Daarom
begin die groot Goddelike stilte oor geheel die planeet neer te daal.
Met hul lot vas bepaal het homosapiens hulself totaal gefaal.
Daardeur staan die mens sonder vryheid of wilsbesluit gestroop en
kaal. Want kyk, die nuwe wêreldsisteem is en was die heeltyd
gebasseer op Kommunisties-sosiaal.
Openbaring 3902
DIE HEMEL NONCHALANT NEUTRAAL
14 Oktober 2025 Dinsdagoggend 02.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Van hier na daar oral globaal, sien ek die lewenslig slegs vanuit
'n paar na bowe straal. Dit is die honderd-vier-en-veertigduisend
in somtotaal. Ja, as burgers vir die Nuwe Jerusalem, in die nuwe
vredesryk, in die Goddelike verhaal.
Die hemel berei daarom die Groot Heilige Feesmaal. Daar waar
die Waarheid oor die leuen gaan smaal. Ook die voëls van die
hemel word genooi vir die groot feesmaal.
Maar o, so, wêreld sosiaal en spesiaal, daar in die stede van beton
en staal. Daar val die eerste skaal, en glo my goed dit is brutaal,
so horribaal. Die aarde ruk en skud en die aardbewings is brutaal.
Met alles chaoties en fataal, raak hulp vanuit ander oorde ook nou
minimaal. Die mensdom vloek en laster terwyl hulle dreigend na
die hemel smaal. Maar die hemelskares staan hieroor nonchalant,
heeltemal neutraal. Want hul weet 'n bose wêreld moet vir hul
sondes nou duur betaal.
Openbaring 3903
WAAROM? O, DAAROM
15 Oktober 2025 Woensdagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Waarom, o, waarom, slaan Afrika-Kus so ritmies, luiddrugtig op
sy drom? Daarom, o, daarom, was en is Raka-Gam, nog altyd
aan barbarisme vasgegom. Kyk, altyd dronk, dans hy van
middernag tot oggendstond om sy gloeiende vure wat vlammend
vonk.
Eens woon hy in gate, grot en spelonk. Maar huidig kamma so
goed Westers afgerond. Wil hy net in duur meestal Franse
snyerspakke rond pronk. Maar kyk, hond vreet nou hond en
van die hand na die mond, besteel Raka sy eie soort terstond.
So, waarom, o, waarom lê Raka, eens so vet, rond en gesond?
Nou bloeiend, daar sterwend op die grond, aan 'n dodelike wond?
So kom die antwoord vanuit 'n engel se mond: Dit is oor die dief-
stal van ander man se goed en grond. Veral die grond van die
eens heilige verbond.
So, waarom, o, waarom dans Raka-Kus so dierlik op die ritme van
sy drom? Dit, terwyl hy potsierlik soos 'n onnosel pou rondpronk.
Hier kom die antwoord: Daarom, o, daarom was en is Raka-Kus
nog altyd aan barbarisme vasgegom..
Openbaring 3904
SONDER SIEL OF GEES
17 Oktober 2025 Vrydagoggend 04.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor 'n stem, hy roep hom hees: Nog vis nog vlees, sonder siel
of gees. Begin die nuwe Christenskap haar nuwe wêreldwette vir die
mense voor te lees. Onder die merk van die bees, sal dit daarom nou
vir 'n verlore toekoms wees.
Ek hoor 'n engel roep: Nog vis nog vlees, sonder bloed of been. Kom
die woorde van die wêreldlied, van alle waarheid, heeltemal ontneem.
Met valse beloftes so ekstreem. Maar met naasteliefde hard en koud
soos steen. Moet elkeen hulself van alle staatshulp so gou as
moontlik speen.
Ek hoor 'n profeet wat roep: O, waarheen, waarheen, met nog vis,
nog vlees, sonder bloed of been? Staan binnekort die massas uit-
geteer, maer tot op die skeen. Van alle vryheid of wilskeuses ook
ontneem, sit geheel die wêreldbevolking binnekort met 'n goot
probleem.
Ek hoor 'n volk wat roep: Nog vis nog vlees, sonder DNS, siel of gees.
Kyk daar is geen bloed, daar is geen been. So wie is die valsprofeet,
die Antichris, die bose een? Dit wil ons graag nou van die Vatikaan
verneem. Van hier na daar van globaal oral heen. Wil ons as
wêreldpopulasie weet, vir ons oorlewing en ons veiligheid, nou
waarheen?
Openbaring 3905
GEEN OLIE IN DIE LAMP
19 Oktober 2025 Sondagoggend 01.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met die olie in ons lamp bykans heeltemal verdamp. Loop vanuit die
uurglas boonop nog die laaste sand. Met kuite wat kramp strompel
die pelgrim met sy laaste krag deur die woestynsand.
Ek hoor 'n stem wat roep: Van hier na daar globaal gaan geheel die
wêreld brand. In Afrika land met Kain-Kus as die ewige kind van
skand. Daar loop hongersnood en pes soos bondgenote hand aan
hand.
Met nêrens meer werksgeleenthede vakant. Staan produksie in fabrieke
morsdood dormant. Met geen waarde meer geheg aan die rand verdwyn
oornag bykans alle kontant.
Met die olie in die prepperslamp tot op die bodem bykans heeltemal ver-
damp. Roep die dwase maagd na die wyse maagd: O, gee my net tot
redding asseblief jou hand.
Maar die antwoord kom: Kyk net op na die hemelruim in die middel van
die aand. En sien daar in die sterrestand. Daar skyn Alsem en dit vang
geheel die wêreld heeltemal onkant. Ja, met vader Tyd reeds lankal lank
in die tand. Loop vanuit die uurglas nou skrikwekkend vinnig die heel
laaste sand.
Openbaring 3906
IN MATERIE VASGEVANG
1 November 2025 Saterdagoggend 04.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
So onlosmakend ewig diep in jou eie gruwelwêreld vasgevang.
Het jy o, wêreldmens, gebore helgesant, jou kosbaar siel vir
ewig aan Satan verpand. In jou liefdeswerke was jy afwesig,
lou dormant. Met slegs materie loop jy alewig hand aan hand.
Met jou siel verkwansel teen 'n prys gekoppel aan sent en rand.
Sweer jy slegs onder politieke mag jou trou aan volk en vader-
land. Na kinders neig seksueel die Broederbond se pedofiele
gruweldrang. O, bose wêreldling van ewig skand. Ja,
gebroedsel van Nagash die slang.
Voor die Oordeelsgees van God staan jy nie verskrik, bevrees
of bang. Daarom sleep jou kronkelgang deur die Christenkerk
se hoogste rang. Gebreinspoel luister die gemeentes in 'n
trans na jou leuen, lispelsang. Ja, met 'n klein goue kruisie
wat skynheilig om jul nekke hang.
Onlosmakend in wêreldgruwel vasgevang. Staan die mens
verlore in die drukgang van 'n eenwêreldorde vasgevang.
Sonder gees, siel of verstand. Loop die nuwe wêreld Christen
familiêr met Satan hand aan hand. As die gevalle engel het
hy hul met sy valse lig heeltemal onkant gevang.
Openbaring 3907
PELGRIM OP REIS
5 November 2025 Woensdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Van hier na daar waarheen lei jou lewensweg o, Pelgrim? Luister
daarom o, mens na die lied van die Geesteswind. Sodat jy jou
weg deur die wêreldleuen terug na die suiwer Waarheid heen
kan vind.
Eens was jou voete aan die illusie van politiek en kerk vasgebind.
Deur die invloed van die media is jou gesonde verstand totaal
verslind. Daarom is jy aan die valse glans van klatergoud en
verganklike materie vasgebind.
Van hier na daar waarheen is jou siel oppad o, Pelgrim? Ja,
met jou wêreldoffer op die altaar van die gruweldier gebring.
Het jy jou loflied tot die vals profeet gesing. In 'n wêreldorde
kerk was jou hande in gebed saamgewring. Met jou siel aan
Babilon verkoop, wat het jy oor om vir jou ewigheid te kan win?
Van hier na daar waarheen nou Pelgrim? Luister daarom na die
noodroep van die Geesteswind. Sien die wêreldling staan doof,
stom en blind. Deur die aanslag van die leuen word die lig in die
Waarheid deur die duisternis verdring. Dit, terwyl 'n stikdonker
nag alhoe wyer om die wêreld uitkring.
Sien daarom die aasvoëls wat al hoe nader om hul feesmaal kring.
Ja, daar waar die wêreldaas in ontbinding stink. Van hier na daar
waarheen nou o, Pelgrim? Luister daarom na die droewig lied deur
engelekoor oor jou gesing.
Geweeg, geweeg en heeltemal te lig bevind. Word die galbitter
beker van die hel vir jou o, wêreldling nou ingeskink. En terwyl
jou lewensskip na die dieptes van Hel en Hades wegsink. Bly
nog net die woorde oor van hier na waar is jy oppad o, wêreld-
pelgrim?
Openbaring 3908
VIR OULAAS TEEN ‘N WINS
6 November 2025 Donderdagdagoggend 01.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Soos die liggies aan 'n kersfeesboom hang die sterre aan 'n string.
Dit, terwyl die son in die middel daarvan al om en om tydloos spin.
Die koring word vir oulaas teen 'n wins ingebring. Voordat die
wêreldorde ook die vrye handel kom verdring.
Ek hoor 'n engelekoor wat sing. Te laat-te laat vir omdraai of besin.
En so kom die vernietigende einde voor die nuwe opbouende begin.
So wat o, mens is daar nog oor om in hierdie tydvak te kan win?
In die hoogste wêreldtoring daar woon Satan reeds nou as koning.
In die skouspel van sy vuurwerkvertoning. Verskyn daar vanuit sy
voorkop die klein gruwelhoring. Om sy gruwelaltaar hang soos die
liggies van die kersfeesboom, dit, veelkleurig aan 'n string.
Sedig staan daar die Christengesin, terwyl hulle die valse ligdraer
lof toesing. So kom ook die konserwatiewes om hom hul lof toe te
bring. Sien daarom o, Godverseëldes, die waansin het globaal
reeds begin.
Met nêrens meer geen Wysheid of Waarheid, word net die leuen
globaal versin. En met die goeie koring reeds van die verdorwe
kaf uitgewan en gewin. Gaan die groot verdrukking vanaf 2026
gou begin.
Openbaring 3909
DIE ENGELE WEEN
7 November 2025 Vrydagoggend 04.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor die branders dreun. Ek hoor die berge kreun. Ek hoor die
aardplate skeurend steun. En ek weet dit is God se engele wat oor
die verlies van soveel mense siele ween.
Ek sien ontelbaar mense harte tot harde klip versteen. En ek vra:
O, my God met hul moontlik redding waar nou heen? Maar in 'n
oomblik so stil sereen. Kom die Groot Goddelike stilte waar selfs
die engele ophou ween.
Die donderweer is stil sonder vog of reën. Die woord "vrugbaar"
staan sonder enige seën. Selfs die oorlogsweduwees het ophou
rou en ween. Daar is niemand wat in hierdie oomblik daaraan
dink om te kla of teem.
Maar skielik begin die branders weer donderend te dreun. In
tsunami golwe ongekend ekstreem. Onder vuurspuwende
vulkaangeweld begin die berge diep te kreun. Dit, terwyl die
aardplate skreeuend, skeurend steun.
Met nêrens meer voorspoed of 'n bietjie seën. Is dit nou te laat
vir bid of ween. Ja en met die tydvak nou vir ewig daarmee heen.
Sit globaal die wêreldpopulasie met 'n enorme, onoplosbare, groot
probleem.
Openbaring 3910
DIE LAASTE PES
8 November 2025 Saterdagoggend 01.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien 'n swart perd kom aangestorm vanuit Wes. Ek sien sy ruiter
swaai 'n vlag en daarop staan ses-ses-ses. Hy dra 'n swart sak
met die inhoud daarvan weer 'n groot pes.
En vanuit Oos na Wes lê die kontinente soos 'n sterwende dier, diep
gekwes. Die hemel roep: O, mens leer vir oulaas tog 'n les en gee
nou vinnig bes. Maar die duiwel stook sy vuur daar in sy es.
Vlymskerp slyp hy sy mes, vir geheel die mensdom res. Hier en daar
staan een of twee hom wel teen en hul doen hul bes. Maar kragtig
soos die Witkruis Arend neem God hulle veilig as Sy kuikens, na
Sionsbergtop, na Sy nes.
Maar vir die wêreldres onder die merk van trippel ses. Kom die bose
swere as die heel laaste dodelike pes.
Openbaring 3911
‘N VREEMDE KOUE
12 November 2025 Woensdagoggend 07.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor 'n stem wat sing: O, hier kom 'n ding o, wêreldling wat 'n
menigte mense om gaan bring. Ek sien aan 'n boom hang liggies
aan 'n string. Terwyl 'n stikdonker nag al hoe wyer daarom uitkring.
Ek voel 'n vreemde, dodelike koue oor die Weste aangebring. Met
sneeustorms op sneeustorms wat 'n menigte in verkluiming verslind.
Ek sien 'n baie bitter beker word vir die wêreld ingeskink.
Suid-Afrika is een van die eerstes wat daarvan moet drink.
Ek ruik iets op die Afrika kontinent wat walglik stink. Ek sien ontel-
baar baie lyke wat daar lê en ontbind. Ek hoor 'n stem wat
waarskuwend sing: O, hier kom 'n ding o, wêreldling wat volke en
nasies bloeddorstig om gaan bring. Om die son en die maan skyn
daar in dieselfde nag en dag gelyktydig 'n kring.
Ek hoor engele droewig waarskuwend sing: Terwyl demone waan-
sinnig, uitspattig, rond rinkink. Ja, hul vier fees en dans aanbiddend
om die gruweldier onding. Die bankiers en konings is hierdie
helfees uiters goedgesind. Dit, terwyl die huidige handelstelsel al
hoe dieper in die moeras wegsink.
Die digitale merk word hierna hoe nader gebring. Ek sien 'n
ongeneeslike bloeiende wond nooit weer tot genesing gebring. En
ek hoor 'n stem wat sing: Te laat om die hande nou in gebed saam
te probeer wring. Want hier kom 'n ding o, wêreldling wat 'n menigte
der menigtes tot ewige binding om gaan bring.
Openbaring 3912
JOOD VERSUS JUDA
15 November 2025 Saterdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, kyk net na die goddelose wêreldfees geoffer aan Baäl die aan-
stormende bees. So kom daar in die tekens van die tye nou te lees.
Die profetiese woorde ook afkomstig by monde van die seuns van
Zebedeus.
Met ook die waarskuwings geskryf in die boek Mattheus. Sal die wat
selfvoldaan eerste was miskien nou laaste wees? En die wat laaste
was mag dalk eerste wees? Daarom sal daar in die stam van die
verdorde wilde wêreld vyeboom ewig nooit weer 'n geestesvrug
aan wees.
So, hef jou geloofstem aan o, Sion en roep luid: Luister o, nuttelose
berg, gaan werp jouself daarom nou in die see. So, wee die Jood
wat die ware Juda se erfreg in besit wil neem. Die klip wat die Vrye-
bouer-messelaars verwerp het, was die Enig, Ewig, Alleen Hoeksteen.
So sal Hy weer in Sy wederkoms van YaHWeH kom om Syne in Gees
en Waarheid aan te neem. Daarom word die Melgisedek Koninkryk
alleen aan hul gegee. Daarom val die goddelose wêreldreus nou by
die voete van hul afgod Baäl en Zeus. Ja, daar by die flikkerende
liggies van hul gruwelwêreld Nimrods-Kersfees.
Openbaring 3913
DROOGTE OOR ‘N GEDEELTE VAN DIE AARDE
20 November 2025 Donderdagoggend 04.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Verwoestend het die son neer geskroei. Die eens vol riviere het
terstond op gehou met vloei. In die boord, wingerd en graanland,
was daar geen groei. Daarom was 'n menigte landbouer se
hande in bankrotskap vasgeboei.
Oorverdowend het die sirenes globaal begin te loei. Rooi het die
donker nag onheilspellend onder bomgeweld gegloei. Swart was
dorpe en stede deur brandstigting tot as verskroei. Ter wille van
oorlewing het burgers moordend met mekaar oor kos begin te
stoei.
Ook het 'n dodelike kiem oornag uitgebroei. Vanuit voël en pluimvee
het hierdie mutasie tot Oordeel oor die mens gegroei. Die mens het
gelaster en die hemel daaroor verfoei. Met geen heuning in die korf
of melk in die speen van die eens so heilige koei. Het ook die eens
beloofde landstreek "Israel" haarself intern doodgebloei.
Die Jodedom en Islam was die oorsaak dat die oorlog globaal sou
groei. Onder verstikkende hitte het die son steeds meëdoenloos
aanhou skroei. Sodat groot riviere oor groot streke in ongekende
droogte sou ophou vloei. Daarom was daar in die boord, wingerd
en graanland, weinig, of geen groei.
Openbaring 3914
DROOGTE EN REëN
21 November 2025 Vrydagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die top van Karmel het verdor en daarom het die weivelde begin te
ween. Kyk, nêrens is daar meer geen seën. Met net vel en been, o,
waar nou met die kudde tot hul oorlewing heen? Die son sal die vuur
aansteek. Sodat die groot droogte haar kan kom wreek.
Die oordeel het die wilde woeste perd ingebreek. Sy vurige ruiter kom
om die volke en nasies biddend te laat smeek. Op een plek sal God dit
wel laat reën. Maar op `n volgende streek val daar geen vog of seën.
Die sprinkaan sal die laaste groenigheid verorber en verteer. Maar
steeds sal niemand hul besin of bekeer.
O Amos-Amos kyk die top van Karmel lê verdor met die aardkors
daaronder dood en bros. Vaalgrys sprei die hongersnood oor die
wêreld haar doodskaros. Daar is geen vrug in die boord en in die
wingerd hang geen druiwetros. Die dodelike pes breek boonop los.
Kyk, dit kom as 'n skrikwekkende kolos.
Met geen wag of waak by die deurpos. Begin globaal die soldate
vanuit die voorste linies te dros. Maar kyk, die drones trek
genadeloos, dodelik, op hulle los. In Suid-Afrika roep die Boer,
chaos o, chaos, uiteindelik het jy gekom om ons te verlos.
En van sy vreeslike juk uiteindelik verlos, loop die eens verdrukte so,
gedienstige os uiteindelik vry en los. Globaal begin die aarde sidder
en beef, met haar aardplate los en bros. So weet o, wêreld dit is `n
les wat julle baie duur gaan kos.
Openbaring 3915
MET EUROPA VERBY
24 November 2025 Maandagoggend 00.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Verby, verby met Engeland verby. Is dit siener en profeet wat hul oor
Edom se val verbly? O, sy is besig om dit van alkant te kry. Vir
presies dit wat sy eens vir die Boer tot verdrukking sou voorberei.
Verby, verby met Europa verby. Is dit die boek van Openbaring wat
haar oor Babilon se val verbly. Haar handelsstryd het sy alleen vir
Mammon die geldgod gestry. Daarom sal sy vir ewig in die binding
van materie moet ly.
Verby, verby met die Weste sowel as die Ooste verby. Beide aanbid
mos die Nebukadneserbeeld met bros voete van yster en klei. Daar-
om word die vuuroond vir die verbranding van die laaste kaf voorberei.
So word die room van die wei vir die ewigheid geskei.
Verby, verby met Jood sowel as Arabier verby. Die sekel het gehak, die
byl het gekap en die swaard het tweesnydend gesny. Daarom moet dit
wat verlore is, nou in Hades gaan ly. Ja, in hulle loon aan Lucifer
toegewy. Vir duisende jare was hulle bondgenote wat die heeltyd met
mekaar sou oorlog maak en baklei.
Verby, verby met die bose Vatikaan vir ewig verby. Deur hul moeder,
Katolieke geloof het hul geheel die dogter, Christendom verlei. Deur
die leuen het hulle die weg vir die Christengemeentes voorberei.
Daarom word hierdie verlorenes deur duiwels gehoon, bespot en
gekasty. Terwyl hulle hul oortredinge en sondes in die hel aan
demone en helpriesters moet bely.
Openbaring 3916
VABOND IN DIE VAKBOND
25 November 2025 Dinsdagoggend 02.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, vabond in die vakbond, kyk hoe uiters kort brand jou lewenslont.
O, Raka weet jy daarom, waarom? Slaan jy so Westers gekultiveerd
steeds op jou Afrika-drom?
Oor jou “copy cat” en gesteelde identiteit en kamma vooruitgang, staan
jou Voorvadergeeste heeltemal verstom. Jou Ubuntu gees het jy
verraai, verloën vir die blinkgoed van die Christendom.
Ook jou natuursiel verpand vir `n bedelbakhand uitgehou na die
Westerse omkoopbron. O, Raka dwaas ewig altyd so onnosel dom.
Daar waar jy saam 'n eenwêreldorde sit in jou snyerspak vasgegom.
Daar begin die Jodedom klaar vir ander moondhede oor Afrika
kontinent se ryk bronne te grom. O, Raka weet daarom, agterbaks,
bly jy teenoor jou eie soort net 'n jakkals, net 'n hond. Ja, 'n
verflenterde hiëna as 'n kamma maanhaarleeu vermom.
Daar waar jy nou woon in stede van staal, glas en beton. Daar slaap
steeds jou massas in plakkershuisies soos armsalige slawe op die
grond. Daarom bly jou weë net 'n uitgetrapte voetpad skeef en krom.
Daar waar dit ewig altyd terug lei na jou barbaarse vure as jou lewens-
bron. Ja, daar waar alleen jou primitiewe natuursiel in vreugde oop
kan blom. Slaan daarom o, Raka maar ritmies op jou drom. Daar in
jou orde as jou eiesoortige bastion.
Openbaring 3917
NET DIE OORDEEL EN LIEFDE SAL WEET…….
27 November 2025 Donderdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Net die vulkaan sal weet of verstaan, waar kom al sy lawa vandaan.
Om brandend versmorend daarmee deur valleie tot in woongebiede
te kan gaan. Net die aarde sal weet of verstaan, waarom daar
dodelike trillings en bewings tussen haar aardplate onstaan. Ja,
sodat stede en infrastrukture daarvan tot stof kan vergaan.
Net die see sal weet van die diepte van haar oseaan, waaruit die
tsunami golf verwoestend wyd oor die droë land gaan. Slegs die
wind kan weet of verstaan waar kom haar konfeksiestrome
vandaan. Sodat sy in verwoestende storms om die aarde kan
gaan.
Net die vuur sal weet of verstaan, waar kom sy eerste vonk vandaan.
Om verterend deur woud, veld, dorp en stede te kan gaan. Daarom
sal net die Oordeel weet of verstaan, waar kom sy vallende skale
vandaan. Om daardeur te poog, om die mens te leer, om die Goeie
Wil, Weg en Orde van die Enige Skepper beter te verstaan.
Net haat sal weet of verstaan waar kom haar woede vandaan om in
wraak op 'n vyand steeds 'n medemens toe te slaan. Net die hoog-
moed sal weet of verstaan waar kom haar misplaaste trots vandaan.
Ja, om God in alles teen te probeer staan. Dit, sodat sy aan die
einde van haar aardse bestaan maar net weer terug na Lucifer te
kan gaan.
Net die hebsug sal weet of verstaan, waar kom haar onversadigbare
honger na materie vandaan. Sodat sy soos 'n swart gat alles verslind
wat om haar gaan. Net die moordenaar sadis, sal weet of verstaan,
waar kom sy bloedlus vandaan. Om slegs vir die genot daarvan, 'n
ander se lewe sonder rede dood te slaan.
Net die dief sal weet of verstaan waar kom sy verwronge begeerte
vandaan. Om gewetensloos op anderman se eiendom toe te slaan.
Net die owerspelige sal weet of verstaan, waar kom die helhormone
vandaan. Om in elke gruwel, seksueel, wanaangepaste daad, die
Goddelik, geskape homosapiens, in diere oor te laat gaan.
Net die onskuldige fetus sal weet of verstaan, van die hel van aborsie,
waardeur 'n Godgegewe, ongebore baba, deur die verwerping van
sy/haar eie moeder moet gaan. Maar bowe dit al sal slegs alleen net
die oneindige Liefde van God se Eniggebore Seun weet of verstaan.
Waarom Hy vrywillig deur 'n ongekende pynlike kruisdood sou gaan.
Sodat elke berouvolle sondaar, gesuiwer deur Sy kosbare bloed, weer
aanvaarbaar, voor ons Hemelse Vader kan staan.
Openbaring 3918
TWINTIG-SES-EN-TWINTIG
25 Desember 2025 Donderdagoggend 08.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Wanneer die sterre se lig in die glans van die oggendson verdof.
Staan die Boervolk mank, maar trots, weer op vanuit die stof. 'n
Gedeelte van hulle gee weer aan God Sy eer en lof. En in die
Hooglied van die Bruidegom maak Hy Sion, Sy beminde opnuut
weer die hof.
Sing daarom o, Jakob, sing jou blye loflied tot ere vir jou God
hardop. Kyk, die Nuwe Jerusalem vergader reeds op die Heilige,
Aparte, Bergtop. Ja, op daardie dag wanneer die hoogmoed se
illusieskynsel voor die lig van die nederigheid gaan verdof.
Op daardie dag ontpop die Boervolk weer tot 'n ware, suiwer,
opregte, patriort. Lig daarom jou hoof o, Jakob. En luister jou
Verlosser staan vir oulaas voor jou deur en Hy klop. Hy roep
en fluister: Luister o, Sion, die vier perde van Openbaring
hardloop reeds op volle galop.
Die laksman staan gereed met sy sekel en sy strop. Daarom is
daar niemand wat die vallende skale oor twintig-ses-en-twintig
kan keer of stop. Dit is die jaar van die finale keuse, want die
tyd is op. So, wie gaan jy kies o, Jakob, staan jy agter Lucifer of
kies jy sonder skroom jou Enige God?
Die skape word nou geskei van die bokke, elkeen in sy eie trop.
Die aardbewings raak rof, met berge wat in vulkane ontplof. So
word die tsunami's ook nie meer langer deur die Genade gestop.
Die storms is woes en onbeskof, met reuse haelstene wat
verpletterend neerplof.
Die dreineringsisteme van die stede raak daardeur verstop.
Daarom verander die wolkekrabbers oornag in onbewoonbare
strukture en krot. Groot skepe word in die oseaan, deur golwe,
of is dit bomme omgedop. Daardeur raak die goeie koring en
graan op sekere plekke heeltemal op.
'n Dodelike pes daag onverwags globaal weer op. Inderhaas
poog menigtes om in oornag preppers te ontpop. Sluip-
moorde in politieke kringe raak aan die orde van die dag en
word voltrek deur die mafiamop. Weereens begin die vliegrtuie
neer te stort en die dood eis sy fatale tol.
Maar wanneer die donker, duisternag se sterre, se lig ver-
duister, om in die glans van die nuwe oggendson te verdof.
Op daardie dag staan die Boervolk mank en bewerig maar
trots, weer vanuit die stof van die aarde, voor die Aangesig
van haar God op.
Openbaring 3919
‘N WêRELDSTORM AAN DIE KOM
26 Desember 2025 Vrydagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die lug het die atmosfeer die groot drukking vasgegom. Ja,
vir die groot wêreldstorm wat gaan kom. Sien daarom die groot
Exodus wat uit die Weste kom. Heel voor in hierdie marathon
hardloop los voor die Christendom.
Ek hoor 'n stem wat roep: Geval-geval het die groot hoer Babilon.
Met haar saam, lê ook gesneuwel, haar minnaar, die ou Mammon.
Die eens gladde weë van die ekonomie loop nou skeef en krom.
In bataljon op bataljon ry die troepedraers deur die strate van die
stede van die Jodedom.
O, Jerusalem-Jerusalem, vanuit die verre verlede tot in hierdie hede,
kom jy weer en nog 'n keer om. Waarom staan jy hieroor so stil
verstom? Kyk jou gruwels o, Jodedom, weeg voor God en hemel, 'n
duisendmaal tienduisend ton. As 'n valse Maanhaarleeu vermom,
wou jy as Juda, as 'n koning oor die wêreld kom.
Ja, met die heerserstem van Lucifer as die wêreldbastion. Daarom
verduister daar oor jou driehoek nou die strale van die Masonson.
Jou vyfpuntster verdwyn agter 'n donker oorlogswolkkolom.
Jerusalem, ook jou susterstad gaan val, by name London. Dit is
die Groot Rooibeer Rusland, wat met ontblote slagtande vir Europa
naderkom.
Openbaring 3920
O, MARA-MIRRE
27 Desember 2025 Saterdagoggend 10.00 10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Mara-Mirre, o, so bittersoet, deur ellende, maar ook voorspoed. Is die
Boervolk van die wieg tot die graf, tot oorlewing opgevoed.
Mara-Mirre, o, so bittersoet, vanuit heldedade geskryf in Boerebloed.
Het onse God, hierdie volk vanuit verlede tot in die hede bewaar en
ook behoed.
Mara-Mirre, o, so bittersoet, uit smart en vreugde, skyn uit die donker
duisternis nou die nuwe oggendgloed. O, Mara-Mirre in droogte en
ook in vloed. In vuur en vlam, in brande teen ons horisonne in
bloedrooi gloed, kom daar wel weer, keer op keer, vir die Boervolk
net voorspoed.
O, Mara-Mirre, eers bitter, dan weer soet. Kyk hoe steel Raka al
ons plase en ons goed. Maar God verseker ons, o, My volk, hou
net goeie moed. Lig respekvol nou voor My jul hoed. Kyk, dit is
die Heilig, Aparte Gees, wat Alleen net julle in hierdie eindtyd
groet.
O, Mara-Mirre, eens so galbitter daarna heuningsoet. Kyk, Ek breek
jou vyand, Ek breek hulle heel laaste moed. Daarom is daar niks of
niemand wat Afrika-Kus, kan beskerm of behoed. Geheel die
kontinent lê swart verbrand soos roet.
Mara-Mirre, o, so bittersoet. Reg rondom die wêreld strek binnekort
'n lang begrafnisstoet. Dit, terwyl die einde van die tydvak na sy einde
spoed. Maar Mara-Mirre o, jy so bittersoet, deur ellende maar ook
voorspoed, is jy o, Boervolk tot oorlewing, vir die nuwe tydvak
opgevoed.
Openbaring 3921
IN VLOED EN KATAKLISME
1 Januarie 2026 Donderdagoggend 1.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In vloed op vloed waar Amerika en Afrika moet boet. In vloed en
kataklismes word ook Asië en Europa nie behoed. Kyk, die dorpe
en die stede lê in rommelhope soos weggooi goed. Terwyl
ongekende storms net aanhou tier en woed.
In die duister, donkernag skyn ver `n oranje bloedrooi gloed. O, vuur
en vlam in rook en pikswart roet. Ver en wyd strek oor die vlaktes
die vreemde begrafnis stoet. Die oorlewendes vlug naak te voet en
almal staan bakhand met die bedelhoed.
Die aarde ruk, die aarde skud. Soos domino’s val die aardplate
eenparig in gelid. Die mense snik die massas bid. Maar Alsem-
galbitter, raak die varswater put. Ja, die aarde bewe, sy ruk en
pluk, terwyl sy alles op haar bodem stukkend skud. Wolkekrabbers
word sondermeer as rommel die grond ingespit.
Die berge swel in hul druk. Terwyl hul rookwolke en lawa soos spuug
die lug in spit. Te laat vir bid, terwyl die tsunami’s begin opruk, om
alles onder watergeweld uit mekaar te ruk en pluk. In sak en as waar
die mens nou wenend sit. Daar weet hulle dit is te laat vir smeek en
bid.
In vloed op vloed sal die volke en die nasies boet. Onder vuur en
vlam in pikswart roet, daar verloor die mense nou al hul goed. Ja,
die aarde ruk en skud en die mensdom huil en snik. Dit, terwyl die
see die droë land geweldadig plat kom druk.
Openbaring 3922
‘N WONDERSKONE DROOM
5 Januarie 2026 Maandagoggend 04.20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, eens had ek `n wonderskone droom. Waar ek onder die geesteswingerd
van my Skepper woon. Ek vra in daardie droom: O, skink vir my `n koel
kristalkelk vol stilte en rond dit af met Wysheid as die room.
Bring daarna vir my `n warm beker suiwer liefde afgerond met eenvoud
as die kroon. Weerhou van my o, God die hoogmoedsheerserstroon.
Terwyl U my met die opregte gawe van nederigheid beloon.
O, eens had ek `n wonderskone droom. In daardie droom was my sitbank
by die voetbank van my God se troon. En in daardie droom was geheel
die Goddelike dimensie met `n onbeskryflike ligglans omsoom. Daar
sien ek `n uitgestrekte hemelboord. In die middel van daardie
wonderskone oord sien ek die Ewig Lewend Boom.
Die kosbaar Vrug daarvan heet Vergewe sodat almal wat daarvan eet
vir ewig kan lewe. Met die woord Liefde bo alles ewig altyd so verhewe.
O, eens had ek `n wonderskone droom, daar waar ek onder die
geesteswingerd van my Skepper woon. En waar Hy Hom alleen in die
stilte van die Koel aandwind aan die mens vertoon.
Ek roep na Hom en vra: O, was my van my sondes suiwer, silwerskoon
en hou daarmee saam my dwase tong tog net in toom. Skink daarom vir
my `n koel kristalkelk vol van heilig stilte en rond elke woord vanaf my
tong alleen met U kosbaar Wysheidswoord.
Openbaring 3923
SALIG IS DIE WAT ARM VAN GEES IS
8 Januarie 2026 Donderdagoggend 04.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Daar is `n Bybelvers wat lui: Salig is die wat arm van Gees is, want
aan hulle behoort die koninkryk van God en die hemel. Tydens my
jeugjare was ons dan ook deur die kerke geleer dat dit van toepassing
was op hulle wat verstandelik gestrem of vertraag is.
Maar met hierdie verduideliking was ek selfs as kind mee uiters
ongemaklik. Omdat dit nie vir my sin kon maak dat `n mens
verstandelik ontoereikbaar moes wees om te kon kwalifiseer vir
burgerskap van die hemel.
Daarom het ek onlangs hierdie onderwerp weer in Gees en Waarheid
aangeroer. Waarop ek duidelik die volgende waarheid daaroor ontvang
het. Dit lui as volg: Met die vele vertalings en oordrag van die
Bybel het sekere woorde en sinspelings vanuit hierdie vers verlore
gegaan.
Hierdie vers moet dus as volg lui: Salig en heilig is hulle wat
nederig voor die Aangesig van God bely dat ondanks al hulle insig
en kennis, hulle steeds arm aan die Gees van Wysheid, Waarheid
en Liefde is. Daarom sal daar oorvloedig vir hulle van SY GEES
bygevoeg word.
Daarom sal die koninkryk van God en hemel oorvloedig teen-
woordig in hulle verstand sowel as hart wees. En wat beteken dat
die koninkryk van die hemel reeds tydens hulle aardse lewe aan
hulle behoort.
Openbaring 3924
SKAAL VAL ONDER DIE OUTORITEIT VAN DIE BOERETAAL
10 Januarie 2026 Saterdagoggend 02.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Daar val `n skaal en dit reën bloed, swael en hael. Dit is tyd, ja dit
is tyd, om vir die vertrapping van God se volk te betaal. O, hoe
kosbaar was eens die Boeretaal. Waar vertel sou word van soveel
dapper daad in held verhaal.
Daar word vertel van oorwinning maar ook van faal. Van `n volk
se seën en ook potensiaal. So Goddelik mild oor hul uitgestort in
maksimaal totaal. Maar in hulle voorspoed staan hul toe so lou,
neutraal.
Met een voet in hul kultuur, staan hul met die ander een, in die
Bantoe-Ubuntu kraal. In hul kerke bid hul saam elke kleur en geur
so intens liberaal. Ja, daar op hul knieë voor `n Eenwêreld god by
name Here-Baäl.
Luister daarom na die klank van staal op staal in `n land met `n
generaal, maar met die kwalifikasies van `n onbevoegde korporaal.
Ek hoor `n skaal wat val, wyl hy roep: Lank genoeg was die oorlog
net `n bekgeveg en verbaal. Lank genoeg was alles so abnormaal
gereken as die normaal.
`n Bloedbad kom en glo my vry dit is fataal. So, sing jou oorlogslied
o, Boer en sing dit weer in jou skone taal. Luister jou krygslied word
direk vanuit Afrikaans in hemeltaal vertaal. Daar waar dit soos soet
wierook na die hemel op spiraal.
Ja, voordat die groot Goddelike Stilte kortstondig op `n bose wêreld
neer kom daal. Sing daarom o, Boer vanuit volle bors jou krygslied en
veredel weer jou bloed en bene daardeur tot suiwer staal. Ja, in die
vreeslose dapper lied van `n Boere heldverhaal.
Openbaring 3925
IN KOOP EN VERKOOP
14 Januarie 2026 Woensdagoggend 01.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Deur koop en verkoop word daar sondermeer van die hemel na die hel
oorgeloop. O, die markprys van elke wêreldsiel lê vir die Jood nou oop
en bloot. So, aan wie o, Christen gaan jy tydens die groot verdrukking
behoort?
Waar skuil die eens aangebode valse hoop van die wêreld filantroop?
Want vir `n droë brood word `n siel nou sondermeer verkoop. Van
hier na daar van stuur- na bakboord, word nog `n siel verkwansel vir `n
wêreld paspoort.
So, hardloop die rustelose reisiger van oord na oord reguit na hul ewig
dood. In koop en verkoop word die verbruiker vir die trippelses
omgekoop. O, die kamma wêreldwyse, die stomme idioot, het hulself
hierdeur van hemel burgerskap beroof.
Van alle vryheid hier op aarde het hul hulself beroof. Daardeur
verdwyn vir hulle ook die laaste bietjie hoop. O, skoot op skoot in
lood op lood. O, kyk net hoe lê al die glansstede van die wêreld in
afval skroot op skroot. So kom die chaos in verval en dit is enorm
groot.
Maar homosapiens bly ondanks dit alles blind en doof. Ja, met
hul laaste bietjie verstand in die groot leuen toegeknoop. Die
laaste winkelrakke lê binnekort leeg gestroop. Daar is geen olie,
daar is geen wyn, daar is geen meel of brood. Want in koop en
verkoop was die siel tevergeefs aan Lucifer verkoop.
Openbaring 3926
‘N BLOED DEURWEEKTE KLEED
15 Januarie 2026 Donderdagoggend 05.20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In leed op leed met `n bose wêreld o, so wreed. Word `n skaal vir die
mensdom nou af gemeet. Ek hoor `n kreet in `n stem wat breek. Ek
luister na `n kind wat klaend smeek. Ek sien `n hart met `n dolk
deursteek. Ek hoor `n biskop preek met niemand wat sy valse woord
ontleed
Ek sien `n bloed deurweekte kleed en ek weet die tyd raak vinnig nou
kompleet. O, skeet op skeet met soveel wond ontsteek. So kom daar
`n dodelike pes in elke kontinent en streek. Ek sien bankiers bewend
bleek. In `n geldlose stelsel waarna sal hul kliente nou kan streef?
Ek hoor die nasies roep, deur ons owerhede heeltemal vergeet. Daar-
om sal ons ons wreek en vernietigende vure in dorpe en stede aansteek.
Voor die voet sal ons plunder, in vandalisme alles breek. Want wat is
daar nog oor om voor te leef?
Ek hoor `n stem beveel: Daar is geen olie nog minder `n handvol meel.
Laat ons daarom begin om kinders te steel. Ek sien `n byl ek sien `n
beul, ek sien hul lot word wreed verseël. Ek sien `n tyd sonder orde,
wet of reël. Vleis of vlees alles voor die voet word opgevreet.
O, leed op leed met die gruwelmaat uitgemeet. Ja, met die lot verseël
word niks meer in die wêreld heel. O, laat `n verdorwe wêreld daarom
sidder en laat hul in hul angs en sweet verskrik nou beef. Luister
daarom o, verseëldes na die desperate smeek en weet die Oordeels-
maat is vir die wêreld uitgemeet.
Openbaring 3927
UIT DIE VUUR GERUK
17 Januarie 2026 Saterdagoggend 03.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Gebore op ons lewenspad het hierdie lewensweg onder druk spoedig
in twee gevurk. Deur geluk en ongeluk was ons gestig maar ook getug.
Menig maal onder druk was ons vele kere meer as dit, vanuit die vuur
geruk,
Onder groot gesug kla ons dikwels oor ons sware juk. Maar meestal
het ons self die lat gepluk. Daarom trap ons dikwels willens en wetens
in Satan’s strik. Op `n vergesig wou ons, ons oë op die hemel rig.
Maar ons versuim ons God gebore plig. Dit, terwyl ons na niks en
nêrens vlug. Met die illusie glans van die wêreld op gesmuk. Het
ons monumente vir ons self opgerig. Kerke het ons gebou vir ons
ego as `n kruk.
.
Deur geld was ons verruk en vir die Oordeel het ons nie geskrik.
Dikwels deur ons naaste diep ontstig. Kry ons hul in weerwraak wel
weer terug. Liberaal so verlig was geheel die wêreld net `n duister,
donker klug.
Beroemd of berug, pluk die mens van sy werke self die bose vrug.
Gebore as kinders van die lig, rig ons na die duisternis ons
lewensplig. So het ons lewenspad in die breë- en smal weg in twee
gevurk. Deur sosiale druk het `n menigte te laat voor die ewige
afgrond wakker geskrik.
Openbaring 3928
WANNEER DIE OORLOG BEGIN
19 Januarie 2026 Maandagoggend 02.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Eienaardig rooi het die môrester geblink. Heeltemal te laat was die
trane desperaat weggepink. Die wêreldwyn was ingeskink en die
dwaas en swyn het daarvan aanhou drink. In `n heildronk was die
glase saam geklink. Die valse vredesvors het die komende oorlog
goed deurdink.
Ru-olie was in opgaartenks by die vate vol verslind. Die laaste goud
en silwer was inderhaas gemunt. Oos en Wes was mekaar in geen
opsig meer goed gesind. Selfs bondgenote se hande was om die
een of ander rede vasgebind.
Geen medikasie kon sy weg na veral Afrika toe vind. Kyk, die
kontinent was in sy eie onvermoë weggesink. Kus het nou
desperaat die Boer gesmeek om weer vir hom te dink en om
hul saam te bring in hul kring.
Maar die skale het besluit dit is reeds ver verby daardie punt. Op
die vlerke van die wêreldwind was die oorlog na Afrika toe gebring.
Ja, om die ryk grondstowwe daarvan te kom verslind.
So word die skepe van verskillende vlote om die Kaap van Goeie Hoop
gesink. Op see het `n menigte matrose verdrink en op land was die
voetsoldate wreed vermink. Die atmosfeer het van swael, vuur, rook,
roet en ontbinding gestink.
Ook Babilon het geween, haar handelskepe het hul sterwensweg na
die bodem van die see gevind. Europa het gesmeek, Amerika moet
haar wonde kom verbind. Maar diè het dit nie vir `n oomblik in
simpatie oordink.
Navo was nou heeltemal ontbind. Daarom het Rusland en Amerika
mekaar in `n vredeshandskud as bondgenote gevind. Ja, sodat die
groot verdrukking oor geheel die wêreld onder satteliet tegnologie
kon begin.
Openbaring 3929
O, DIE NOODLOT TREK HAAR KAART
20 Januarie 2026 Dinsdagoggend 03.45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Januarie, Februarie, Maart, die noodlot trek haar kaart. So ook die
oorlog binnekort haar swaard. Die Maanhaarleeu wys sy volgroeide
baard. Die groot Rooibruinbeer vertoon sy bloedig aard.
Die mens staan diep beswaard. Die vrees en angs wil nou eenmaal
nie bedaar. Desperaat word allerhande voorrade opgegaar. Die
koring en die graan staan maar swak in die aar.
Die pluimvee, bees en skaap staan ondervoed en brandmaer. Die
suiwelprodukte maak die mense siek en naar. Met elektrisiteit nou
kosbaar en skaars. Word die laaste bietjie kos ook nie behoorlik
gaar.
Die eindtyd tokkel eentonig voort op net een snaar. Met soveel
kataklismes wat die mens die gesig instaar. Januarie, Februarie,
Maart, huis en haard, almal hou nou nood beraad.
Hulle roep: Kom ons trek eenparig laer sodat ons ons bymekaar
kan skaar. Maar al wat gebeur is dat vriend en vyand in onpaar
hul tevergeefs met mekaar in sonde verswaer.