Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 451 
Die voorvadergees en sy kinders.

Woensdag 8 Oktober 2008 14:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In Afrika word ʼn baie bont bok aan die voorvadergees as ʼn offer 
geslag. Op ʼn antwoord moet die ringkoppe nou geduldig wag. In 
ʼn baie donker Afrika nag laat die maan onheilspellend op sy 
misleidende lig nou wag. 

Die beeste bulk en die krale ruk. ʼn Sangoma buk om die as van 
ʼn uitgebrande vuur oor die Suid-Afrikaanse politiek uit te skud. 
ʼn Spiespunt word in bloed gedoop iemand word tevergeefs 
haastig uitverkoop. ʼn Toordokter stap met sy bene wyd, sy ma 
en pa se bloedstroom lê baie wyd. Die dolosbeendere en die 
leiervere lê wyd oopgesprei. Die kinders van die Suide van 
Afrika gaan eerste aan die pen moet ry. ʼn Enorme bloedbad 
is glad nie te vermy. 

Die liberaalgesindes wat het saam met die kinders van Afrika 
die voorvadergees bely. Gaan ewig saam met hul bondgenote 
in die donkernag van Afrika en die doderyk ingly. Daarom moet 
die kinders van die lig hulle in hierdie tye opreg verbly. In die 
dimensie van Lig gaan hul vir ewig bly. 


Openbaring 452 
Nou sleep Mammon die wêreld saam.

Donderdag 9 Oktober 2008 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Vir jare lank was dit oraloor net geld se vrolike klank. Niemand 
wis dit was die heeltyd net die dood se stank. Mammon was toe 
menigeen se god in die wêreldbank. Maar skielik loop die hele 
wêreld mank. Vir wie moet die mensdom hieroor nou bedank. 

Ja, die wêreld het geruk en rol. In vooruitgang het almal saam 
‘gerock’ niemand kon hul stuit in hul weelderige amok. Nog en 
nog was nooit genoeg. Al hoe meer en meer het die wêreld in 
vooruitgang ingeploeg. 

Met die surplus is ook Afrika grootdoenerig gevoed. So het die 
kooplui in goud en silwer hoog gehou- hul dure moed. Nie een 
van hulle het God nodig gehad om hulle te behoed. Vir geld het 
menigeen van die wêreld met sy siel geboet. Nie een van hulle 
wis hul hardloop in ʼn begrafnisstoet. Mammon het alleen oor 
die wêreld as ʼn hoogmoedige heerser gewoed. 

Maar alles het sy eie tyd so gaan ook die ruk en rol se geldmaaktyd 
verby. Daar is niemand wat die nadors van hierdie partytjie kan 
vermy. In die oorskietreste van die fees het daar niks vir die 
toekoms van die oorvloed oorgebly. 

Afrika het nooit geleer om regop te kan staan om self met sy kop 
bo water te kan bly. Nou gaan die grote wêreldhonger hul eerste 
onderkry. Maar spoedig gaan Europa en die hele wêreld saam met 
hul swaar- en hongerly. 

Die duiwel lag terwyl hy ruk en rol, vrolik was die ekonomie vir 
hom net ʼn goedkoop partytjie en ʼn grote 'jol'. Dit is die 
wêreldekonomie wat daar vou vanuit die mensdom kom eis 
dit ʼn enorme tol.


Openbaring 453 
Hoevele male het Ek julle al besoek.

Vrydag 10 Oktober 2008 17:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elke liewe dag kry Ek vanaf die aarde vanuit duisende harte oor 
en oor dieselfde versoek. O’ my Meester wanneer kom U my tog 
besoek. Op hierdie versoek laat weet Ek klokslag, vandag kom Ek 
jou, My kind besoek. Ja, vandag gaan Ek ʼn Goddelike besoek aan

jou woning laat geskied, wat het jy My kind, om My as Gas te kan 
bied. 

Met blase op My voete kom Ek as ʼn pelgrim van ver en Ek is baie 
moeg, gaan jy My verwelkomend en met blydskap groet of gaan 
jy verbitterd om My ore wroeg en sê- jy self is baie moeg. As ʼn 
pasiënt kom staan Ek voor jou deur, Ek kla en vra jou; help My 
asseblief weer op die been. Gaan jy My met jou liefde wil genees 
of liewer oor jou eie pyn en lyding kla terwyl jy kamma koorsig 
kreun en steun. Gaan jy probeer om My te genees of My liewer 
beskuldig deur My eie sonde is Ek glad nie te genees. 

As die vyand kom Ek nou na jou deur, gaan jy My doodslaan 
of in nooi met ʼn hartlike, 'kom maar binne monseigneur'. Skugter 
gaan Ek aan jou deur kom klop, naak gaan Ek wees van My tone 
tot My kop. Gaan jy geïrriteerd wegkyk of vriendelik vir My ʼn kleed 
in die hand stop. 

Stukkend na siel en gees gaan Ek voor jou deur kom staan. 
Gaan jy My help of sê: jammer, vir jou is alles ook na die maan. 
As ʼn dronkaard gaan Ek voor jou deur kom staan, gaan jy My 
help of My woedend oor My foute net vermaan. 

Met My honger kinders kom Ek voor jou kombuis nou staan, 
gaan jy ons voed of wegstuur sonder eers ʼn groet of gaan jy 
My voed en sê hou goeie moed daar is genoeg om ons almal 
na siel en liggaam te kan voed. 

Vandag kom Ek na jou hart se deur, gaan jy wis die stank wat 
om die bedelaar hang is God se eie geur. Met jou uitnodiging 
kom staan Ek hoeveel male voor jou deur, met die ink van jou 
liefde het jy self die kaartjie ingekleur. Waarom is dit My kind 
dat jy die heeltyd oor My afwesigheid in jou lewe treur. 
Telkemale neem jy jou uitnodiging vanuit My hand om dit self 
net weer stukkend op te skeur. 


Openbaring 454 
Nou wag droogte, pes en verdriet!

Saterdag 11 Oktober 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op menig plekke word die aarde deur stormwater oopgeskeur. 
Op ander plekke is dit tere grassprietjies wat oor ʼn bietjie vog 
nou treur. Ja, boom en plant wat sonder druppels oor hul eie 
einde treur. ʼn Wilger wat tussen nat en droog homself in twee 
moet skeur. Fleurig wou die blomme hulself nog eenmaal met 
die lewe inkleur. Maar deur die argeloosheid van die mens het 
hul hierdie voorreg nou ook verbeur. In vlam en wind word die 
laaste groen op menig plek tot swart gekleur. 

Op baie plekke gaan mens en dier in droogte of oorstroming 
oor die verlies van kos nou treur. In menig lande word die water 
nou met bloed gekleur min regerings gaan hulle aan die pes in 
die drinkwater steur. Daar is so baie wat die mense in hierdie 
tye gaan verbeur. Oor leë wiegies gaan baie moeders droewig 
treur.


Openbaring 455 
Wou jy dalk Elia wees?

Sondag 12 Oktober 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wie is daar onder die heilige volk wat op die troon van ʼn koning 
wil spring. Homself soos ʼn gevalle Saul as ʼn vloek oor sy nasie wil 
bring. Wie is daar wat hulself as ʼn Elia na vore wil bring. Laat hom 
daarom vuur vanuit die hemel as teken voor die hele volk na vore 
bring. 

Ja, wie is daar wat ʼn profetestaf op eie outoriteit omhoog oor God 
se heilige volk wil bring. Terwyl hul hoër as die Godheid, datums 
gekap uit klip na vore wil bring. Wie is daar wat die harige kleed 
van sak oor sy eie hoof wil bring. Om oor sy eie hoof die salf van 
olie van ʼn koning te kan laat bring. Wie is daar wat hand oor die 
bors oor ʼn dooie vlag sy eie lof wil besing. Hul wat nie eers die 
geringste redding oor hulself teweeg kan bring wil die oordeel 
van ʼn Elia oor die nasies en volkere van die wêreld bring. 

My volk sal Ek Self vanoor die hele wêreld bymekaar uitbring. 
My Vaderarms sal Ek self om My klein hulpelose kuddetjie bring. 
Myself sal Ek as hul Koning in hul midde bring. Hosanna sal die 
heilige engele sing terwyl hul beskermend ʼn laer om die kleintjies 
van God sal bring. 

Weet daarom dat enigeen wat homself as die voorloper op die 
voorgrond wil dring, homself in skaamte buite die kring van die 
heiliges sal moet wring. In die heel voorste gevegslinie staan 
kleiner as die kleinste kind die voorloper as die mees miskende 
heel agterste kind.


Openbaring 456
Die handelsmerk van 666.

Maandag 13 Oktober 2008 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oor Europa hang ʼn eens edel dooie swaan, 
die Weste gooi mekaar met die ergste blaam. 
Tot sy ondergang is Amerika se sterre besig om te verskiet.
Sy beeld van Vryheid verdwyn vir ewig in die niet. 

Biddend is dit hul siel wat die massas nou aan die antichris wil 
bied. In Londen is dit ʼn Jood wat Euros’ willekeurig na vore skiet. 
ʼn Eenwêreldgeldstelsel wil hul nou aan die hele wêreld bied. 
Maar eentonig kom die oordeelslied; daar is niks wat die wêreld 
tot sy finansiële redding kan bied. 

Spoedig kom die tyd. 
Die handelsmerk van 666 staan oor die hele wêreld wyd. 
Biljoene gaan vir oulaas hul siel ewig aan die duiwel bied. 
Maar uit die opregte getroues se mond kom die oorwinningslied. 
Die Nuwe Jerusalem word op hierdie aarde aan die uitverkorenes 
gebied.


Openbaring 457 
Ewig tot hul verderf.

Maandag 13 Oktober 2008 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Nog ʼn bietjie sluimer nog ʼn bietjie slaap. 
Van ʼn ruggraatlose wurm tot ʼn toegewikkelde wêreldpaap. Die 
wêreldkind is besig om verveeld oor sy geestelike toekoms te 
gaap. In ʼn tyd wat hul wêreld om hul verbrokkel en vergaan is 
hul steeds besig om die materiële óm hulle, bymekaar te skraap. 

Nog ʼn bietjie sluimer en nog ʼn bietjie slaap. 
So min is die opregtes wat op die koms van God nog waak. Terwyl 
die aarde in sy eie hitte loom en slaap gaan hy binnekort tot in sy 
diepste naat oopkraak. Waarmee gaan die rykes hulself in hierdie 
kataklisme voed met hul dure smaak. 

Nog ʼn bietjie sluimer en nog ʼn bietjie slaap. 
Eenkant lê en wag op die wêreldkind, die eindtyd draak. Alles uit 
die mensdom wil hy vir die ewige afgrond bymekaar kom maak. 
Maar vir die uitverkorenes is klaar die sluimer en klaar is ook die 
slaap. Uit hul oë vee God se kinders nou die wêreldse vaak. In hul 
siel is dit wat hul vir ewig nou gaan ontwaak. Vir God se oorlog is 
hul besig om hul teen die duiwel klaar te maak. Terwyl die wêreld 
sluimer en slaap kom die heilige engele om die uitverkorenes van 
die wêreldse kwaad weg te kom kaap. Al wat vir die duiwel oorbly 
is om homself te sit- in skaak. 

Woedend wil die satan nou sy hel op God se kinders kom uitbraak. 
Maar die aarde open haar mond en sit met water die duiwel nog ʼn 
keer in skaak. Woedend moet die eindtyd draak omdraai om teen 
homself oorlog te kan maak. 

Nog ʼn bietjie sluimer en nog ʼn bietjie slaap, 
ewig tot hul verderf is die wêreldling ook besig om te ontwaak.


Openbaring 458 
Die nagevolge van H.A.A.R.P.

Dinsdag 14 Oktober 2008 13:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Klein onderhoudings- natuurgesies staan nader om skoorvoetend 
by die Skepper oor die versteurings van hul ordes te treur. Alle 
ordes op die aarde en in die atmosfeer word huidiglik deur hoë 
frekwensies versteur. Hierdie toestand word deur versteurde eens 
gelykmatige D.N.A diep betreur. 

Hul baie delikate ordes word nie meer tot die hoogste 
Goddelikheid goedgekeur. Daardeur moet hulle hul ontwikkeling 
tot op hul volgende dimensionele vlak verbeur. Soos ongeneeslike 
kanker neem die bose vibrasie van alles op en om die aarde besit. 

Deur bose radiogolwe word alles wat gesond is in ʼn 
siektetoestand omgesit. Soos ʼn erge koors is dit die aarde se eie 
atmosfeer wat tot sy ondergang in ʼn te hoë hitte om hom sit. Soos 
ʼn ongekende swaartekrag is die duiwel besig om alles wat rein en 
suiwer is uit mens, plant en dier te druk. 

In wanhoop is die hoop besig om orals te verflou. Aan die fraiings 
van die laaste geloof probeer ʼn paar enkeles desperaat nog klou. 
Maar die hele aarde is besig om in sterwens-stuiptrekkings stadig 
maar seker tot ʼn troostelose niks te verflou. 

Met die wapen van versteurde frekwensie is dit satan wat in 
oorwinning sy vuis omhoog hou. Dit is die klein natuurgesies wat 
hul versteurde traantjies na die Skepper uithou. Treurig sê hulle: 
Ons taak aan U wou ons nooit nie verbrou. 

Maar vir satan se planne het God lank voor die tyd ʼn teenvoeter 
gereed gehou. In Sy seëlbewaarders gaan die grote krag van God 
ontvou. In die versteurde hoë frekwensies gaan ʼn kernmis om die 
aarde vou en op die bose wêreld kom binnekort neer ʼn giftige dou. 

Oor alles wat die bose wêreld gevoer het in hulle mou, oor dit alles 
gaan hul ewig in die hel hul lippe stukkend kou. Maar aan die wat 
was die hele tyd aan God getrou, om hulle gaan die engele van 
God ʼn beskermende laag teen alle bestralings vou. 


Openbaring 459 
Tyd vir huigel is verby.

Woensdag 15 Oktober 2008 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die tyd van die volle Waarheid het aangebreek, daar is niks of 
niemand wat sy ware inhoud meer kan verdoesel of versteek. 
Die sluier oor die leuen word vir ewig afgeskeur. Die duister is 
besig om met al sy onsuiwerheid na vore te tree. 


Alle boosheid word nou tot op die been oopgebreek. Die tyd is 
verby waar die wolf as die lam kan naderstaan. Vir die slang om 
homself as ʼn engel van die lig te kan waan. Ja, ewig verby raak 
die tyd waar die oog in medelye kan stort ʼn kamma traan. 

Ontbloot kom elke siel in die lig van die Waarheid staan. Kerk en 
politiek kom in hul volle naaktheid in die openbaar nou staan. Die 
vader van die leuen kom homself as die grootste leuenoffer aan sy 
leuendienaars bied. 

ʼn Leuen-oplossing gaan hy deurentyd nou aan die wêreld bied. 
As valse waarheid gaan dit in leuenagtige vuurwerke oor die hele 
aarde geskied. Kwaad en nogmaals kwaad gaan mekaar in valse 
bondgenootskap die hand nou bied. 

Maar as ʼn enkel son gaan die Waarheid Sy lig aan die opregtes 
kom bied. Goed en kwaad gaan mekaar in vyandskap ewig die 
hand van vriendskap nou verbied. Weet daarom dat dit wat jy as 
inhoud het om te bied, sonder jou keuse na sy gelyksoortigheid 
gaan geskied.


Openbaring 460 
Verraaiers is verdoem.

Vrydag 17 Oktober 2008 10:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die lyn van edelsaad is in hierdie volk maar baie dun gesaai. Slegs 
die heel beste koringkorrels word aan die einde van die oes uit hul 
gemaai. Die gemanipuleerde saad word deur hul eie geestelike 
onvrugbaarheid verraai. In massaproduksie was hul deur ʼn bose 
wêreldorde vir ʼn eenwêreld sisteem gesaai. Op die einde van die 
dag het die duiwel ʼn enorme oes om vir homself te kan braai. 

Hoeveel maal het die haan sy oordeel oor hierdie aarde nie 
uitgekraai. Deur ʼn Petrus- en ʼn Judasgees is Ek deur hierdie 
volk ontelbaar maal verloën en ook verraai. Die loënaar het Ek 
vergewe al het hy My ook hoeveel keer versmaai. Maar op die 
verraaiers, gaan Ek vir ewig My rug op hulle draai. 

Terwyl ʼn kamma heilige volk hul in die genot van wêreldsondes 
baai en terselfdertyd ʼn heilige kring van Christenskap die heeltyd 
om hul eie hoofde draai gaan Ek winde van vernietiging oor die 
wêreldontwikkeling en sy smerige ekonomie laat waai. 

In hierdie selfde tyd gaan Ek uit die laaste bloubloed van hierdie 
volk ʼn Goddelike bloudruk-kind vir ʼn nuwe wêreldtoekoms aflaai. 
Moorddadig in sy bloedlus- soos ʼn haai, gaan satan om hierdie 
heilige groepie die heeltyd draai. Maar uit die Goddelike 
verseëldes gaan hy nie een van hierdies vir sy verdoemde 
koninkryk kan maai. 

In groot getalle het die 'Boerevolk' in hoogmoed hul rug op My 
gedraai. Soos kinders het hul met dit wat die wêreld bied gespeel-
ja, geskoppelmaai. In ootmoed en nederigheid wil hul hulself nie 
na My toe omdraai. Maar hoogmoedig wil hul die heeltyd oor 
mekaar net koning kraai. 

Ja, met elke hanekraai word Ek steeds verloën en elke dag vir geld 
verraai. Die lyn van edelsaad is in hierdie sogenaamde heilige 
volkie maar baie dun gesaai. Skraal is die edel-oes wat Ek uit 
hierdie eens heilige volkie vir ʼn nuwe wêreldtoekoms gaan maai. 

Openbaring 461 
Satan se plan vir Amerika.

Sondag 19 Oktober 2008 23:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In Amerika staan aan weerskante van ʼn tou. Om teen mekaar 
kragte te kan meet ʼn bont haan en ʼn pou. Die een slaan na die 
ander met ʼn kamma lae hou. Die ander antwoord met ʼn kwinkslag 
vanuit sy mou. 

Die een vergadering op die ander word vir die ondersteuners 
gehou. Sodat elke burger sy stemreg trots omhoog kan hou. 
Maar beide kandidate het aan satan beloof hul lojaliteit en hul 
ewige trou. In illusie word ʼn stemdag vir ʼn reeds verlore volk 
gehou. 

Terwyl die duiwel verveeld staan om aan sy onderlip te kou 
wag hy op die totale wêreldekonomie om heeltemal te vou. 
Deur die antichris wil hy met sy wonderwerke voor die hele 
wêreld met homself kom skou. 

ʼn Nuwe stelsel wil hy as kitsoplossing voor almal se neuse kom 
hou. Wee elkeen wat nie aan hierdie aangebode wortel van hom 
wil kou. In hul massas staan die mensdom nader om hul hand en 
hoof vir hierdie oplossing uit te hou. 

Die Gees besluit om Hom vir ewig van hierdies te distansieer 
en te onthou. Geseënd is daar wêreldwyd honderd-vier-en-veertig-
duisend wat verbete aan hul geloof en God nou klou. Kragtig kom 
die Gees van God om hierdie getroue Israeliete vou. 

Ja, in Amerika is dit waar twee bondgenote in kamma- kompetisie 
teen mekaar trek, die sportiewe tou. Tot in die ewige afgrond het 
hul aan satan beloof hul ewige lojaliteit en trou. 


Openbaring 462 
Twee gevegshane.

Maandag 20 Oktober 2008 00:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In Suid-Afrika staan aan weerskante van nog ʼn tou. Twee swart 
hane wat die spore dreigend na mekaar toe uithou. Die een slaan 
na die ander met ʼn harde jeugdige vuishou. Die ander antwoord 
met die oues wat met moordwapens agter hom aantou. 
ʼn Nasie sorgvuldig deur die wêreldorde tot een veelkleurige 
reënboog opgebou. Gaan in sy oorspronklike kleure tot 
splintergroepe oor die hele land uitdou. 

In nood en angs gaan ʼn volk skielik onthou. Êrens in hul verlede 
het hul hul God tot hul skande in vergetelheid toegevou. Om hul 
sondige lewe nou as ʼn kosbaarheid te kan behou. 

Smekend is dit wat hul die hande nou na Hom toe uithou. Groot 
werke het hul in Sy Naam gedoen- wil hul Hom nou laat onthou. 
Maar die Stem van God is stil teenoor ʼn nasie wat teenoor Hom 
was so lou en ontrou. 

Pikdonker raak die nag se duisternis wat om hierdie land gaan 
vou. Maar die kleine kudde wat was die hele tyd aan God getrou. 
Word van die wrede kwaad weggeraap en beskermend in Sy 
Goddelike hande toegevou. 

Ja, in Suid-Afrika staan twee gevegshane aan weerskante van 
ʼn toutrek tou. Agter hulle staan hulle navolgers tot die dood toe 
getrou.


Openbaring 463 
Soos 'n Daniël van ouds.

Dinsdag 21 Oktober 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Versier met goud en edelgesteentes staan die koning van die 
duisternis met sy buik gevul met gruwelsondes baie dik. Met 
die dobbelsteen van die dood is dit na veral die armlande waarna 
hy nou mik. 

Dronk in sy bloedlus is dit tussen Afrika en die Ooste waarna hy 
besluiteloos mik. Ja, meer as duisend jare is daar ʼn sekere 
bloedlyn wat as heersers die hele wêreld wil besit. Oor elke siel 
wil hul as konings oor die mag van lewe en dood beskik. 

ʼn Selektiewe groep wil die wêreldorde as hul dienaars en hul 
slawe met behulp van die tegnologie aan hul onderskik. Die 
groot surplus van die mensdom moet hulle aan die komende 
massa-uitwissing onderskik. In ʼn wedloop probeer die 
wêreldpopulasie hulself as die beste sisteemslawe op die 
bors nou tik. 

Die vryheid van ʼn eie keuse deur God self aan hul beskik, dit smyt 
hul eenkant om hul in vrees aan hierdie monstermoondhede te kan 
onderskik. Om hul soos willose poppe in die slawerny raamwerke 
van hierdie sataniese poppemeesters te kan druk. Met hul hoof na 
die materie gebuig is dit wat hul gedienstig in aanbidding voor hul 
duister god nou buk. Met hierdie gruwelorde is hierdie beskawings 
tydvak besig om baie vinnig na sy einde toe te tik. 

Maar soos ʼn Daniël van ouds is daar ʼn groep wat nie gedienstig 
voor hierdie gruwelgod gaan buk. Die leeukuil en die vuuroond 
van die wêreldorde laat hulle glad nie skrik. Na die 
Melgisédek troon van God, dit is waarna hulle in vryheid mik. Sy 
Genade en Veiligheid sal God oor elk van hierdies se hoofde laat 
beskik. 

Soos ʼn Alexander die grote wou die duiwel nog altyd na 
wêreldoorheersing mik. Maar die ewige vuuroond het hy vir 
homself en sy sataniese trawante tot hul ewige ondergang beskik. 


Openbaring 464 
'n Tyd om te bou.

Woensdag 22 Oktober 2008 18:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar is ʼn tyd om te bou en ook ʼn tyd om te breek, so het 
gespreek die prediker van ouds. Daar is niks wat die mens 
van sy moeitevolle arbeid vir homself tot in sy graf kan behou. 


Soos ʼn Nimrod van ouds wou menig nasies vir hul torings en 
stede tot by die voetbank van God opbou. Beskawings wat het 
tot hul toppunt in glorie gebloei gaan soos mis voor die son tot 
niks verflou. 

Uit die as van ʼn oorlog het Duitsland homself as ʼn reus in sy 
ontwikkeling opgebou. As ʼn wenner het hy vinnig weer sy vuis 
oor al die ontwikkelde lande gehou. 

Ja, met bloed, sweet, trane en verdriet het soveel nasies oor 
geslagte heen aan hul infrastruktuur gebou. As die Eerstewêreld 
is ons beskawingspeil die heel beste het die Weste trots hul banier 
omhoog gehou. 

Met produksie op produksie het dele van Asië desperaat probeer 
om by hierdie pronkperd se stywe pas vol te kan hou. 
Hulpbehoewend het Afrika beteuterd die heeltyd aan die kortste 
end agterna getou. 

Infrastrukture is deur die Westerling vir hierdie kontinent 
daargestel om net in stand te kan hou. Maar al hierdie pogings 
is deur hierdie nasies met die grootste minagting en wantroue 
beskou. Vernielsugtig het die gees van Afrika sy beskawingspeil 
laag en primitief gehou. 

Maar hoe dit ookal sy, hoe hoog ookal die beskawingspeil of 
hoe diep die graf van ʼn infrastruktuur in rou. Die tyd het nou 
naby gekom vir alles om in armoede hongersnood oorlog en 
kataklismes weer tot niks te vou. Al wat die aarde suinig vir 
haar volgende tydvak gaan uithou. Is ʼn Goddelike uitverkore 
groep om ʼn nuwe nasie vir ʼn duisendjarige vredesryk te kan 
bou.


Openbaring 465 
'n Illusie wat vergaan.

Donderdag 23 Oktober 2008 10:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die mens is bloot die oorblyfsel van sy gister se bestaan. Sy more 
is miskien net ʼn moeitevolle of dalk ʼn vreugdevolle traan. Soos die 
aarde soos ʼn wiel om en om tol om sy eie baan. Is die tyd op 
hierdie aarde besig om voortdurend te kom en ook te gaan. 

So het duisende geslagte oor hierdie planeet eeue lank gekom en 
gaan. So strompel die wêreld onverpoos voort in sy illusie van ʼn 
waanbestaan. ʼn Oomblik gelede sowel as gister is vir ewig na die 
maan. Elke volgende oomblik is reeds besig om in die niet van die 
ewigheid weg te taan. 

Wie is daar wat iets van ʼn more se toekoms op hierdie aarde 
werklik kan verstaan. ʼn Begin met ʼn einde; met ʼn ontstaan wat 
net weer moet vergaan. Wat daar tussen is is die aardse lewe en 
tyd wat die mens probeer om te verstaan. 

Maar in die tyd van die Gees is ʼn breuk van ʼn sekonde ʼn hele 
ewigheid wat daar ontstaan. Die illusie van ʼn materiële bestaan 
word ʼn ewige lewe wat voor sy Skepper kom staan. Waarom stort 
die mens oor die verlies van ʼn illusie-lewe ʼn verdrietige traan. 
Terwyl die werklike lewe in ʼn tydlose ewigheid voortbestaan. 

Daarom nooi Ek elkeen om in die verganklikheid van hul aardse 
tyd reeds in die ewige tyd van die Gees nader aan My lewende 
troon te kom staan.


Openbaring 466
ʼn Volkswagen embleem.

Donderdag 23 Oktober 2008 11:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn onverwagte visioen sien ek skielik ʼn groot Volkswagen 
embleem wat tussen ʼn klomp rommel lê en roes. 


Openbaring 467 
Vir drie en ʼn half-jaar lank.

Saterdag 25 Oktober 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Terwyl winde van vernietiging oor hierdie hele aardse oppervlakte 
waai. Die duiwel soos ʼn verwoestende tolwind om die aarde 
draai om homself onheilspellend as ʼn aasdier ten toon te stel in 
die gedaante van ʼn pikswart kraai. Om alles om hom te kan 
verskeur soos ʼn roofsugtige bloeddorstige haai. Soos ʼn hond 
is die duiwel besig om hom na sy eie uitbraaksel om te draai. 

Maar ook in hierdie tyd-kom soos ʼn Koel Briesie wat saggies oor 
die aarde waai. Die Gees om Homself in die hart van Goddelike 
kinders te kan kom saai. Soos ʼn skone maagd wat haarself in 
kristalhelder reine water baai. Word ʼn pasgebore Goddelike volkie 
in heilige doeke vir die toekoms toegedraai. 

Vele is daar vir wie hierdie woorde tevergeefs in die wind weg 
gaan waai. Maar vir ʼn sekere tydperk sal hierdie woorde in 
herhaling as ʼn bevestiging om die aarde draai. Vir drie en ʼn 
half-jaar lank is die haan besig om drie en ʼn half keer oor die 
aarde te kraai. Die magte van Lig en duisternis gaan elk hulle 
eie oes uit die mensdom kom maai.


Openbaring 468 
Die hoogste Outoriteit.

Sondag 26 Oktober 2008 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Rilling gaan daar deur die hele liggaam van die aarde gaan. In 
hierdie siddering gaan sy kantel in haar omwentelingbaan. Die 
sonsverduistering wat daar oor die aarde gaan kan dalk die 
ontydige skaduwee wees van die maan. 

Miskien is dit die aarde wat haar oor haar skielike beweging 
voor die son nou skaam. Of dalk kry die vreemde tekens aan 
die hemelruim hieroor nou die bitter blaam. Hoe dit ookal sy; 
hierna skreeu die wêreld eenparig uit een mond saam. As een 
man sal ons teen die oordeel van God nou staan. Maar as 
antwoord kry hul dat die laaste voorspoed ook nou van die 
aarde weg gaan taan. 

In ʼn enorme hittegolf wat daar nou oor die aardse oppervlakte 
gaan. Bid menigeen vir ʼn bietjie vog vir die stort van ʼn kosbare 
traan. Met infrastrukture wat nou oral onbruikbaar staan. Val daar 
droewig nie meer ʼn druppel water vanuit menig meeste kraan. 

Oral gaan die ergste siektetoestand oor die hele wêreld ontstaan. 
Ja, alles wat verkeerd kan gaan, gaan in skokgolwe oor die hele 
planeet nou gaan. Met die ergste tugroede gaan die 
oordeelsengele hierdie aarde slaan. Wie die hoogste Outoriteit is, 
dit gaan elke regering en individu nou baie mooi verstaan. 


Openbaring 469 
Geld se waarde.

Dinsdag28 Oktober 2008 10:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wêreldwyd gaan geld waardeloos in die son rondlê om te vergeel. 
Dartelend soos blare gaan die wind doelloos daarmee speel. Geen 
dief op hierdie aarde gaan belangstel om van hierdie geld te kan 
steel. 

In menig kinderspel gaan kinders kaarte onder mekaar uitdeel. Met 
eens kosbare geld gaan hul hulself as die eens rykaards van die 
aarde verbeel. In eindelose toue staan die mensdom vir 
kospakkies wat regerings desperaat gaan probeer uitdeel. 

Kommerwekkend is daar van die graansoorte in die silo’s van die 
wêreld nie meer veel.  Met ʼn kosbare diamant in ʼn goue ring staan 
ʼn eens rykaard gretig nader vir ʼn handvol meel. Ja, met hul siel as 
pandstuk probeer menigeen ʼn oorlewingskontrak met die duiwel 
verseël. 

Is dit ʼn engel of ʼn mens wat roep; hou die laaste bietjie olie in die 
bottel heel? Beskadig alles maar net nie die laaste bietjie meel. 

Ja, oral oor die wêreld gaan arm kinders met waardelose geld 
wat op straat rondlê speel. Laggend gaan hulle hul as die eens 
ongekende rykaards van die aarde verbeel. Soos roofsugtige 
diere gaan menigeen probeer om ʼn stukkie droë brood van sy 
naaste vriend te kan steel.


Openbaring 470 
Iemand is besig om te verloor.

Dinsdag 28 Oktober 2008 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oral oor die wêreld word dieselfde liedjie aangehoor. Iemand is 
besig om te verloor, ja, iemand is besig om te verloor. Mammon 
kry die wind heeltemal van voor. 

Soos ʼn eentonige refrein kom in een stem die grotes se koor. Met 
sinsbedrog gaan ons met die wêreldpopulasie se koppe toor. Hul 
eie belastinggeld gaan ons by die tonne in die banke stoor. Met 
rente op rente gaan hulle met inflasie teen hul eie kapitaal verloor. 

Die domme mensdom dink die moondhede is besig om besorgd 
hul probleme dood te smoor. Maar in ʼn bloeddorstige stryd is hul 
besig om al hul spaargeld te verloor. Die wipplankspel van op en 
af raak vir baie nou ietwat goor. Hul vermoed binnekort gaan hul 
pensioenfondse ook die stryd verloor.

Maar steeds word die mense in valse hoop tot koop en nogmaals 
koop aangespoor. Soos ʼn redelose trekdier word die stomme 
mensdom tot die uiterste toe gemoor. Ja Mammon kry die wind 
van voor. Die mens is besig om sy swaarverdiende geld vir altyd 
te verloor

Openbaring 471 
Voete gebou van yster en klei.

Woensdag 29 Oktober 2008 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Uit die suiwerste edelgoud was jou hoof geskep, O’ Babel. As ʼn 
god het jy in vyandskap teen My getrek- jou koninklike sabel. 
Jou magtige beeld van koninkryke is in stand gehou deur ʼn 
duisendjarige goue kabel. 

Dreigend en onheilspellend was jy baie meer as Nebukadnesar se 
droomgesig en fabel. Geset in witgoud en silwer was jou romp, ja, 
jou arms en jou bors. Na mag en wêreldoorheersing het jy 
eindeloos net gedors. ʼn Strewe na ʼn ware vrederyk, daarin het 
jy nooit iets van jouself gemors. 

Geslagte lank het jy jouself verryk, agter goud en silwer 
oopgebreek die aarde se kors. Jou buik en lendene was 
gepoets tot die rykste glans van koper. Eindeloos lank was 
jou handelskaravane en op elke wêreldmark was jy die heel 
sterkste verkoper. Tot en met vandag was jy in effektebeurs 
en valuta altyd die heel voorste koper. Tot jou ewige val kom 
staan teen jou- Johannes, ja, die doper. Van die gebruik van 
edelmetale het jy soos ʼn kranksinnige dier weggewei. Jou 
verstand het jy verloor en vir jouself voete gebou van yster 
en klei. 

ʼn Koningskleed van purper sal jy nooit weer met suiwer wol vir 
jouself kan brei. Jou naam as ʼn grote koning gaan jy ook nooit 
weer oor die wêreld kan versprei. ʼn Klip raak los en tref jou 
swakke voete van yster en klei. Jou magtige beeld stort in duie 
en al wat van jou oorbly is nuttelose stof en deur die winde van 
die aarde word dit tot niks versprei. 

Maar die klippie kom Homself tot ʼn stewige rots oor die aarde 
uitbrei. Soos ʼn bruid haar tabberd, kom die nuwe stad Jerusalem 
haarself ewig oor hierdie stewige fondasie oopsprei. 


Openbaring 472 
Laat staan die onmin.
Donderdag 30 Oktober 2008 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Elke liewe dag wil die mens met alles om hom net die heeltyd 
oorlog maak. Waarom kan die mens sy naaste in liefdevolle vrede 
net nie laat sodat elkeen kan optree na sy keuse en sy eie smaak. 
Indien elkeen tog net oor sy eie bose spraak en tong kon waak. 

Om jou naaste met die tong te verskeur maak van jou op die einde 
van die dag net ʼn bose draak. Om iemand met harde woorde te 
kwes is verseker lelik en ook baie laak. Dit stel die skut daarvan 
as ʼn hellekind die heeltyd net aan die kaak. 

Wat gaan al die toorn en die naywer die mens tog baat. In die 
hiernamaals word elkeen ewig net gekonfronteer met sy eie haat. 
Waarom kan die mens vir eenkeer sy gramskap en jaloesie net 
nie agterlaat. Om in Goddelike Liefde die heeltyd vir homself net 
vriende te kan maak. Ja, elke dag kry hy vir homself ʼn 
splinternuwe hemelmaat. 

Indien die mens ontslae kon raak van al die oordeel en die wraak. 
Sou soveel mense kon optree so reg na God se smaak. Indien 
elkeen met sagte woorde rou wonde tog net heel wou maak. 
Sou die duiwel sy bose taak hier op aarde summier moes staak. 
Wat gaan dit die mens tog baat om ʼn ander met wrede woorde 
verdag te maak. Gaan dit hom as ʼn kind van God laat uitstaan in 
sy goedkoop wraak? 

In die verdoemenis lê jaloesie en naywer se werke baie braak. 
Vanuit hier kom menig bitter selfverwyt, waarom het ons nie teen 
die nare gif van ons eie tong gewaak. Aan skinder en laster moet 
ons nou ewig kou met ʼn baie bitter smaak. 


Openbaring 473 
Die mensdom en hul talente.
Vrydag 31 Oktober 2008 12:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soveel talente het Ek gratis aan die mense weggegee. Maar wat 
maak die roekelose mensdom tog daarmee. Kan dit hulle met mag 
en geld of groot rykdomme nie beklee, word elke Goddelike talent 
groot of klein onder die mat ingevee. Met nege, tien of soms selfs 
ʼn bietjie meer is soveel mense met baie talente ryklik toegeklee. 
Maar al wat meeste talent-draers doen is om hul gawes onder 
maatemmers weg te steek. Sodat hul nooit weer hul hoof oor 
moontlike moeite hieraan verbonde hoef te breek 

Maar vir die kleur van geld is hulle vinnig bereid om iets hiervan 
weg te gee. Selfs met geestelike gawes word daar net in diens van 
Mammon opgetree. 

Talente is Goddelike stukkies wat Ek van Myself weggee. Die 
draers hiervan moet dit op hul beurt mildelik aan hul naastes 
gee. Maar in hierdie tyd is daar soveel wat bakhand vir geestelike 
gawes nou wil nader tree. Sonder enige verdienste wil hul ontvang 
om ten aansien van hulself vir die wêreld weg te kan gee. 

Op die voorgrond wil hul met bonatuurlike talente nader tree. 
Om hulself hoogmoedig voor die mensdom met die mag van 
God te kan klee. Maar hul talente lank voor hul geboorte deur 
God aan hul gegee. Dit het die luiaards mos vroeg in hul lewe 
onder maatemmers ingevee. 

Nodeloos is dit vir hierdies om vir die uitstorting van die Gees 
nader te tree. Dit as eiendom aan hul gegee maar so sorgvuldig 
goed deur hul versteek. Vir ewig sal hul nou tevergeefs om hierdie 
versmade talente smeek. Hierdie versteekte pakkette word nou 
deur die engele oopgebreek. As ʼn bonus word dit nou in die sakke 
van die vlytiges gesteek. 


Openbaring 474 
'n Oeroue ewige knal. 

Saterdag 1 November 2008 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ʼn onmeetlike oeroue ewige knal. 
Het materie ontstaan uit Lucifer, die ligdraer, se val. 
In die geestelike realmsentrum van die heelal. 
Staan die kleine aarde vasgevang in hierdie sondeval. 
Ewig geplant in hierdie troostelose dodedal. 
Staan die mens se Verlossing- die bitter kruis van gal. 
In die oerbegin is ʼn boom as teenpool geplant vir die sondeval. 

Aan ʼn kruis ʼn Man wat hang- ontbloot en kaal. 
Om menig siel te kan red uit die dood se vaal. 
Aan die linkerkant ʼn man wat Hom hoon en smaal. 
Aan die anderkant een wat roep; sal U my uit die dood kom haal. 
As antwoord kom die grootste verlossingsboodskap 
op die aarde neerdaal. 

O’ dood, waar is tog nou jou angel en ook jou vaal. 
Vir ewig word jy in die vuuroond tot as en niks gemaal. 
In die doodslandskap wat daar nou op die wêreld neerdaal 
Is Ek weer die Middelpunt. 
Die kruis word tussen goed en kwaad die groot weegskaal. 
O’ waar O’ wêreldling is tog nou al jou spot en ook jou smaal.
Vir ewig kom Ek om berouvolle sondaars 
as My kinders van hierdie aarde haal.


Openbaring 475 
Die onverskillige mensdom.

Sondag 2 November 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In sak en as, ja, in lanfer staan ʼn hele wêreldpopulasie in rou. 
Te lank het die mensdom teen God gestaan- onverskillig en lou. 
Oral gaan daar opklink ʼn weeklaag van pyn in globale rou. Op 
vele maniere is die wêreld besig om deur sy eie toedoen in 
ondergang te vou. 

ʼn Magtige kataklisme is besig om tot ʼn groot uitbarsting op te 
bou. Stadig maar seker ontvou oor Amerika- en vandaar oor die 
hele wêreld die draak se klou. In proklamasie roep hy: Die groot 
verdrukking kom en haar naam is Jesebel- my vrou. 

Angsbevange probeer ʼn paar wêreldlinge met hul kaal hande om 
vir hul gate te grou. Maar in vrees is dit vinnig wat hul onderdanig 
voor die nuwe sisteem vou. Hartverskeurend is dit hul siel wat hul 
as offer vir die satan uithou. Die regerings van die wêreld sweer 
aan die antichris en sy monstermoondheid hul ewige trou. 

Die wêreld sing; vir ewig is ons verlore laat ons daarom ʼn 
helleparty in jolyt hou. Met die bloed van die heiliges sal ons 
ʼn heildronk hou terwyl ons aan satan beloof ons lojaliteit en 
trou. 

Droewig is dit engeletrane wat oor verlorenes oor hierdie aarde 
uitdou. In hierdie tyd kom die Gees Hom saggies om Sy 
verseëldes vou. In die grootste gruweltyd kom Hy om ʼn handvol 
mense veilig te hou. Teen Sy Vaderbors gaan Hy hul teer en 
Liefdevol vashou. Laat die Draak daarom sy lied van verskrikking 
oor die wêreld maar hou. Die ewige afgrond is vanaf die oerbegin 
vir hom en sy gevolg in gereedheid gehou.


Openbaring 476 
Waarskuwing op waarskuwing.
Dinsdag 16 September 2008 11:10

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Sekuur en listig span die duiwel vir die mens sy laaste bose lus. 
Daar is nie een van die wat aan hom behoort wat sy vangtou gaan 
mis. Saggies neurie die dood sy laaste valse gerusstellende lied. 
Vrede, valse vrede, dit is wat satan die mens in hierdie gruweltyd 
nou bied. Met ʼn valse vredes wiegelied word die mensdom aan die 
slaap gesus.

Die tyd het gekom maar die wêreldbevolking is besig om houtgerus 
te rus. Waarskuwing op waarskuwing aan die mens deur God aan 
hom gerig- daarvoor is niemand lus. Met wantroue word elke eindtyd 
profesie vinnig en sekuur deur die wêreld tot niks geblus.

Maar vinnig gaan hierdie mense tot hul spyt nou wis. Die oordeel 
van die eindtyd kom nou daagliks verseker en gewis. Wat kan die 
wêreldmoondhede as teenvoeter hierteen bied? Daar is niks, maar 
niks wat hul kan doen wanneer God se grote wil gaan geskied. 

In komende benouende tye dink die mens hy gaan hom vir 
veiligheid na sy kerk toe bring. Maar juis hier gaan die dood die 
laaste bietjie lewe uit hul wring. Vir hul selfbehoud wil hul as offers 
die verseëldes nou vir satan bring. Tot in hul sterwensoomblik 
probeer hul pronkerig staan in satan se spotterskring. 

Terwyl satan in hierdie tyd die een gruwel na die ander oor die 
aarde baar is kragtige engele besig om hul om God se kinders te 
skaar. Om dit wat heilig is trek hulle ʼn veilige en ondeurdringbare 
laer. Met groot oë gaan My kinders na ontsaglike gevare staar. 
Maar nie een van hulle word deur hierdie plae in die minste gepla. 
My beskerming gaan hulle nou orals onder mekaar gewaar. 

Moorddadig is dit satan en sy grotes wat ook hierdie wonderwerke 
onder die verseëldes gewaar. Die ergste verdrukking en 
vervolging denkbaar wil hul nou oor hierdies stuur. Maar kragtige 
hemelhelde is as beskermers oor hierdies gestuur. Aardbewings, 
storms en vloedwaters word op hul beurt as vernietiging en 
verdrukking oor die verdrukkers gestuur. Ja, vinnig nader nou 
die einde met sy laaste jare, ja, sy laaste uur. 


Openbaring 477 
Satan se dobbelspel.

Maandag 3 November 2008 13:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Magtige piramiede het satan gebou uit menig baie groep en sel. 
Oorkoepelend het hy sy Babelse koninkryk oor die aarde opgestel. 
Soveel van die mensdom het hulle as satan se slawe laat tel. Almal 
was welkom om te kom deel in hierdie dobbelspel. 

Van die politiek tot en met die ekonomie- almal het ʼn kans gewaag 
in die duiwel se Russiese-roulette. Die noodlot was hul god en 
niemand het hul gesteur aan God se gebod en Sy wet. Soos 
akrobate in ʼn baie fyn dodelike spel. Is die wêreld besig om 
homself vir oulaas op die kant van ʼn baie gevaarlike afgrond 
op te stel. Na benede wag die val wat afstort tot in die hel. 

Laat almal wat wil daarom nou baie fyn oplet. Die skrif is aan die 
muur en die eindresultaat van hul keuse is al wat die mens nou 
het.Met baie waagmoed het die mens gewik. Nie die noodlot nie- 
maar God gaan nou beskik. Die einde van die dobbelspel gaan 
nou vinnig na sy einde toe tik. In ʼn wêreldwye oorkoepelende 
gevaarlike bose kartél. Is die satan besig om sy onbruikbare 
slawe en pionne spottend toe te waai-vaarwel. 

Weet daarom, Russiese roulette is ʼn baie gevaarlike spel. 
Godverlate roep die spelers hiervan maklik die lewe ewig toe 
vaarwel.


Openbaring 478 
Die vyeboom het klaar gebot.

Dinsdag 4 November 2008 7:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Gaar is die gort en die eindtyd oordeel word op die wêreld 
uitgestort. Vanaf die hoogste bergtop blaas ʼn engel sy eindtydlied 
op die blaasbalk van ʼn Skot. Die grootste gedeelte van Europa 
raak ook deel van die duiwel se komplot. In die gedaante van ʼn 
mens gaan satan sy wondertekens nou oor die aarde uitstort. 

Die vyeboom het met groen lote klaar oor die hele aarde gebot. 
Die uitverkorenes ruik sterk iewers is daar ʼn dooie rot. Al hoe 
deursigtiger raak die duiwel se bose planne en sy wrede plot. 
Die kinders van God kom nou agter- die dae raak baie kort. Van 
My wil hulle weet wat gaan nou van hulle word. Troostend is dit 
My Gees wat Ek oor hulle kom uitstort. Ek antwoord: Nie een van 
julle getalle gaan daar vir My nuwe koninkryk kort. 


Openbaring 479
ʼn Tong is aan die dier gegee.

Dinsdag 4 November 2008 8:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
ʼn Tong is daar nou aan die dier gegee. Groot en Godslasterlike 
woorde gaan daar nou oor die wêreld vee. In alle handel hou hy 
nou God se kinders teë. Maar sy handelskepe gaan Ek vernietig 
op die see. Sy grote Babilon gaan Ek van die oppervlakte van die 
aarde vee. 

Ja, sy handelstede gaan onder magtige aardbewings ingee. 
Met ʼn son van verskroeiing hou Ek alles op hierdie planeet 
nou teë. In hierdie oordeel hou die mensdom hul hoofde vas 
en skreeu- wee, O’ wee. Maar in die oordeel is daar nog baie 
meer wat Ek aan die wêreld gaan gee. 

Met oorlog en bloed gaan Ek satan en sy trawante klee. 
Geslagte lank is daar bose planne teen My koninkryk gesmee. 
Alles so sorgvuldig deur hul opgebou gee nou skielik mee. 
In ʼn baie kort tyd word alles hiervan ewig van die aarde afgevee.


Openbaring 480 
Die Prins van duisternis is hier.

Woensdag 5 November 2008 00:05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die laaste uur van hierdie tydsduur word nou met bloed gehuur. 
Uit die mond van Henog is daar vanuit die oertyd waarskuwings 
hieroor uitgestuur. Gebore vanuit die land van vulkaan en vuur. 

Ook Skeba het as deel die helfte van sy siel uit Afrika gestuur. Sy 
laaste stukkie daglig word nou na die donker ingewande van die 
aarde terug gestuur. Die Prins van duisternis is hier. Groot en klein 
wil nou met hom die skouer skuur. Soos Kain is hy deur die slang 
na die reine bloedlyn toe gestuur. 

Soos ʼn Bileam word hy as ʼn vloek vir die aarde en teen God se 
uitverkorenes gehuur. Maar soos ʼn Korag word daar na sy triomf-
uur vir hom en sy metgeselle ʼn verteringsvuur vanuit die hemel 
gestuur. Ruk daarom vinnig wat heilig is vanuit hierdie verterende 
vuur. Die wêreld nader nou vinnig sy einde, ja, sy laaste uur.

Openbaring 481 
Die duisternis sal wyk voor die Lig.

Vrydag 07 November 2008 03:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waar die daglig kom om die duisternis met ʼn môregloed te tint. 
Daar verdwyn die nag om ʼn nuwe skuilplek in sy eie skaduwee 
te kan vind. Ewig nooit sal die duisternis die lig binne hom kan 
verslind. Maar die lig het die vermoë om die duisternis tot niks 
te bind. 

Die kinders van die duisternis gaan mekaar in een gruwelnag 
nou vind. Maar soos ʼn opkomende son gaan straal- elke liewe 
Goddelike kind. Waar gaan die duister donkernag homself nou 
kan bevind. Waar ʼn paar sonne saamgebind teenoor hom kom 
staan om hom tot ewigheid te verblind. 

Terwyl miljoene hulle onder die mag van satan nou laat bind. 
Is die verseëldes besig om mekaar voel-voel met God se hulp 
te vind. In heiligheid word elk van hul se siel met God se Gees 
tot heiligheid getint. Jubelend omhoog hou hul nou die 
wapperende oorwinningslint. Ja, ewig nooit sal jy, O’ nag, die 
lig in jou bose mag kan bind. O’ duisternag omring deur engele 
van lig, jy sal nooit weer jou plek van glans in die hemele terug 
kan vind.


Openbaring 482 
Vir ewig is dit klaar gespeel.

Vrydag 07 November 2008 09:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die heilige engele sing; 
daar is ʼn liedjie wat ons so baie, ja, tog so baie kan verveel, 
ja verveel. 
En dit is die duiwel wat hom so pronksugtig stompsinnig kan 
verbeel, ja, verbeel. 
As ʼn grote koning, ja, ʼn koning 
wil hy die heeltyd oor die aarde loop en speel, ja, net speel.
Kwaadlustige duiweltjies wil hy van vroeg tot laat net teel, 
ja, net teel.

In sy selfsugtige spel voel hy vir niks en niemand veel, 
ja, vir niemand voel hy veel. 
ʼn Ander se behoeftes en verlanges kan hom nie eers ʼn bietjie 
skeel, ja, nie in die minste skeel. 

Word die kamma-koning teengestaan sit hy op- ʼn grote keel, 
ja, ʼn enorme keel. 
Hy skop en slaan en laat niks op sy bloedspoor heel, ja, niks 
bly heel. 

In die grootste nood en hongersnood gryp hy die laaste bietjie 
meel, ja, die heel laaste meel. 
Boosaardig skreeu hy vir die wêreld: ek sal niks hiervan met julle 
deel, ja, met julle deel. 
Julle laaste wyn en olie, ja, ook jul goud gaan ek van julle steel, 
ja, van julle steel. 
En die wêreldpopulasie maak ek koorsig siek en geel, 
ja, sommer baie geel. 

En die heilige engele sug; hierdie liedjie is besig om hul erg te verveel, 
ja, te verveel. 

Die tyd het gekom om met die waansinnige duiwel klaar te speel, 
ja, klaar te speel. 

Van sy bose werke bly daar nie meer veel, 
ja, niks hiervan bly ooit weer heel. 

En eentonig raak sy liedjie rampspoedig nou sy eie deel,
ja, sy eie deel. 

Waaroor gaan die duiwel hom nou kan verbeel, ja, verbeel. 
Sy bose spel het hy op hierdie aarde klaar gespeel, 
ja, vir ewig is dit klaar gespeel.


Openbaring 483 
Die horlosie stap na sy einde.

Sondag 9 November 2008 18:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die horlosie stap stadig maar seker na sy einde se kant. 
Oral is die politiek in haat nou aan die brand. 
Wanordelik verloor die massas nou hul heel laaste verstand. 
In hul waansin dink hulle hul is teen die krag van God bestand. 

Boos en boos vat in bondgenootskap nou mekaar se hand. 
Teen die heiliges smee hul ʼn laaste hegte helse band. 
Vir die laaste stryd is hul gewapen tot teenaan die tand. 
Ondenkbaar groot is hul getalle net soos die see se sand. 

Op see en land gaan Ek oeroue handelsroetes nou laat strand. 
Die duiwel dink hy hou sy laaste troefkaart triomferend in sy hand. 
Sy handelsmerk wil hy nou op elke mens deur sy tegnologie laat 
inbrand. Maar elke verseëlde kind bied hierteen die heftigste 
teenstand.

Die heilige engele breek deur die eteriese fyn geestelike wand. 
Om in ʼn materiële drogwêreld te kom staan aan die heiliges se 
kant. So laat die duiwel maar voortspoed op sy bose trant. 
Ondenkbaar lank hou die Goddelike orde vir hom en sy trawante 
ʼn ewige gevangenis in stand. 


Openbaring 484 
Aan die einde van Afrika.

Sondag 9 November 2008 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Tevergeefs wend die satan hom na die uitverkorenes met sy 
vangtou en sy bose lus. Aan die einde van Afrika- ver anderkant 
die riviere van Kus. Daarheen gaan Ek van My verseëldes bring 
met die hulp van ʼn grote lugbus.

Daar sal wêreldwye heilige vlugtelinge in ʼn gruweltyd vind- hul 
rus. My inwonende heilige kinders sal hierdies verwelkomend 
as hul broeders kus.

Ja, troostend sal vleesgebore engele hierdie beangste maar 
suiwer kronieke tot kalmte sus. Daarom maak Ek My kinders 
anderkant die riviere van Kus stadig maar seker van hul rol 
as gashere in die eindtye bewus.


Openbaring 485 
Die ware Voorloper.

Maandag 10 November 2008 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
As ʼn grote held toegerus met bonatuurlike krag is daar menigeen 
wat My in hierdie dae wil dien. Maar indien Ek in ʼn oogwink van 
probleme ontslae wou raak sou Ek die mees kleinste engelgees 
in My koninkryk vir hierdie taak laat kom om My te dien. 

Ja, sonder om ʼn oog te knip kan Ek ʼn magtige son laat ontstaan 
of ʼn ondenkbare groot planeet soos mis voor die son laat vergaan. 
Waarom sal Ek daarom ʼn mens met soveel bonatuurlike krag 
toerus om met sy onvolmaakte verstand wêreldprobleme met 
die swaai van ʼn towerstaf uit te wis? 

Waarom sou die God van die grote heelal in die gestalte van ʼn 
kleine mensekind neerdaal na hierdie kleine planete-bal? Net om 
sonder enige Goddelike krag kragteloos aan ʼn folterpaal te hang 
as teenvoeter vir die grote sondeval. Van Goddelike krag was Ek 
heeltemal verlaat, verguis en met trane van bloed het Ek kom 
staan vir elke swakke sondaar se saak. 

Soveel is daar wat in hierdie tyd as die voorloper met bonatuurlike 
krag nader wil staan vir God se saak. Maar so bitter min is die wat 
regtig weet, klein en nederig het Ek aan die kruis as die ware 
Voorloper vir elkeen as ʼn voorbeeld kom staan. 

In die einde van hierdie tydvak lê die arbeidsveld van die 
selfverloëning baie braak en in die opregte nederigheid lê 
die grootste oorwinning vir God se saak. ʼn Ware voorloper 
sal so nietig soos ʼn kleine kind in kinderlike eenvoud laat 
val- die grote eindtyd draak. 

So, waar lê die motto nou van hierdie hele saak, is dit om die 
duiwel tot ʼn val te bring met ʼn Goddelike bonatuurlike maat. 
Of is dit om hom in die eenvoudspel van ʼn kleine Goddelike 
kind vir ewig te sit- in skaak.


Openbaring 486
In daadwerklike gebeure.

Dinsdag 11 November 2008 18:15 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vir duisende jare is die heilige geskrifte deur vele geslagte van 
die mensdom gelees. Die koms van die Seun van die mens was 
altyd op die voorgrond van ʼn klein groep se gedagtes gewees. 
In daadwerklike gebeure is dit in die tekens van die tye wat die 
hedendaagse mens nou van hul einde lees. Waarskuwing op 
waarskuwing was daar van geslag tot geslag vir die totale 
mensdom gewees. 

Gepredik en geleer het menig geroepene oor eeue lank gespreek- 
hulself heeltemal hees. Maar in alle geslagte wou meeste van die 
mense liewer deel van ʼn verlore wêreld wees. Hul het gereken hul 
het na die wêreld gekom vir een lewenslange genotvolle fees. Tot 
die heel uiterste het hul gegaan om te behaag hulle sondige vlees. 
Met minagting en geweld het hul van hul weggewerp die kosbare 
Heilige Gees. Maar aan die einde van hul lewe het hul benoud 
geroep: O’ God waarom laat U ons nou wees. 

Ook in hierdie tye roep die wêreld wild en wyd kom staan nader vir 
ʼn enorme fees. Kyk, vir Mammon slag ons die laaste bedrieglike 
vette bees. Ja, kom vier saam fees die Woord van God het ewig 
klaar oor ons geheers. 

Slegs ʼn paar verseëldes bly oor wat die heilige Woord van God 
nog lees. Maar in ellende op ellende gaan die wêreldmens nou 
sy eie droewige einde lees. Net soos van ouds roep ʼn gevalle 
mensdom voor geslote arkdeure hulself heeltemal hees. Hul 
roep en smeek en vra; "O’ God waarom laat U ons nou heeltemal 
ouerloos en wees."


Openbaringe 487 
‘Keer jul na My Vaderarms terug’

Woensdag 12 November 2008 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die aarde se hele atmosfeer en wese voel afgemat en bedruk. 
Onverklaarbaar is daar iets wat op menigeen se gemoedere druk. 
Soveel is daar wat wêreldwyd in swartgalligheid sug. Nêrens is 
daar iemand by wie hulle hul vrese kan lug. Donker is die 
depressie wat die laaste blymoedigheid uit hul wurg. Iets vreeslik 
is aan die kom dit weet hulle tot in hulle diepste murg. By menig 
berader maak hulle ʼn draai waar hul verskonend kug. Ons wil net 
weet of God ons dalk nie oor al die wêreldsondes gaan kom tug. 

Maar professioneel word hul vinnig in sielkundige- en 
geloofsraamwerke teruggedruk. Kwaai word aan hul gevra; 
glo julle nog soos kinders aan die duiwel met sy vurk. 

Die mens stap weg met net ʼn groter swartgalligheid en ʼn dieper 
sug. Hy verlang na iets en weet nie dit is om sy vrese teenoor God 
te kan lug. Hul voel nog meer bedruk omdat hul niks het om te kan 
bied as ʼn geestelike arbeidsvrug. 

Deur die dood wil hul nou desperaat na ʼn ewige nie-bestaan toe 
vlug. Maar vir elkeen van hul staan Ek daar en wink hul hoopvol 
na die lewe terug. In sielerus kan elk van hulle by My voete sit en 
van alles ontslae raak met ʼn verlossings sug. Nie een wat sy 
toevlug na My toe neem wil Ek met ʼn Oordeel tug. Tot in die laaste 
uur van hierdie tyd roep Ek hoopvol na verlore sondaars: 'keer jul 
na My Vaderarms terug'.


Openbaring 488 
Die laaste politieke kruis.

Donderdag 13 November 2008 09:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So min was die wat hul skoon vir My gehou het, ja, rein en kuis. 
Die mens het sy rug gekeer op My verlossingskruis. Met hul 
stemreg het hul vir die wêreld getrek hul eie verdoemenis-kruis. 
Menigtes gaan hierdeur verloor hulle eiendom, ja, hulle hele haard 
en huis.Vir ewig bly ʼn kruiper altyd ʼn swakke verloorder en ʼn 
kleine muis. 

Wie deel het aan hierdie wêreld het geen deel aan My Koningshuis. 
Die Roepstem van My Gees het verdrietig tevergeefs by hul ore 
verbygesuis. Maar wawyd wakker was hul om te luister na die 
lokstem van die politieke spreekbuis. 

Oor die wêreld rys omhoog die duister mag se verdrukkings bitter 
vuis. Niemand gaan daar wees wat sal kan sê; hier is ons grense, 
ja, hier is ons tuis. In ʼn gisting gaan die wêreldling in ʼn eenwêreld 
brousel tot verrotting bruis.

Maar My verseëldes dra trots oor hul skouers My oorwinnings-
kruis. Hul sal hul hand weerhou om te trek hulle laaste politieke 
kruis. In gereedheid word vir hul gebring ʼn grote 
verwelkomingsfees in hul eie Vaderhuis.


Openbaring 489 
Die Goddelike familieband.

Saterdag 15 November 2008 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die Goddelike familieband is besig om al hoe nader om die 
uitverkorenes te bind. Maar menigeen is daar onder die heiliges 
wat nog altyd dink. Hul is heeltemal te onwaardig om hulself te 
noem- My kind. Waarom is die mens in sy liefde tog so blind? 
Waarom kan hul My, hul Vader, nie in die liefde van hul harte vind? 
Wat sal elke aardse ouer van homself nou dink. Elke keer wanneer 
hy sy kind in liefde nader wink, dié elke keer in twyfel vra; is ek 
regtig u ware kind? Ja, hoe sal ʼn ouer sy volle vreugde in so ʼn 
kind kan vind wat sê: ek is nie goed genoeg om myself te kan 
noem u eie bloed-kind. 

Daarom vra Ek aan elke kleine liewe Goddelike kind.Wanneer 
Ek jou in My Vaderliefde na My hart toe wink. Kom na My met 
oë wat in liefde vir My- jou Vader blink. Om nooit hierna weer 
in onwaardige twyfelmoedigheid weg te sink. Hierdeur gebreklik-
minderwaardig van jou status as ʼn Goddelike kind verdrietig weg 
te hink. 


Openbaring 490 
Die gruwel van verbastering.

Sondag oggend 16 November 2008 08:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Oor die hele wêreldwyd is die kroniekvolk wyd en suid verstrooi. 
So het ook die bose sy saadlyn oor die hele aarde se oppervlak 
ontplooi. Die bose se aanbieding lyk vir die wêreldburger oral tog 
so mooi. So min is die wat rein oor gruwelsondes nog kan bloos 
bloedrooi.

Sedeloos word almal aangemoedig om te spring in die 
verbasterings-kooi. Skaamteloos word elke kleur en geur, ja, al 
wat leef en beef word gul genooi. Om in die grootste orgie ooit 
te kom spring in die wêreld se eenmankooi. 

Die hoer van Babilon se nakomelinge word vir die laaste oorlog 
met die basterkleed getooi. Oor die wêreld staan ʼn oordeelsengel 
in sy hand omhoog- ʼn brandende sooi. Vir die kiem van gruwels 
word ʼn nuwe maat op die aarde uitgegooi. Miljoene lyke word 
hierdeur in die aarde toegegooi. 

Openbaring 491 
Ons Leidsman en Berader.

Maandag 17 November 2008 13:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Hoe goed ken menig heilige kind nie die magtelose gevoel van die 
geestelike wipplankreis van op en af. Ja, die salige 'hoog' van blye 
verwagting en Goddelike afwagting. Ook die volgende oomblik se 
tuimel na benede van kennislose teleurstelling. Die een oomblik 
se heerlike gevoel- ons is op hierdie aarde met ʼn ongekende 
Goddelike missie en ʼn heilige doel. Soms in oomblikke van helder 
weerligstrale huiwer daar die kennis van die aardse ewensdoel. 
Net om in die duisternis wat op daardie oomblik volg te vra wat 
is geleer uit hierdie helder oomblik van die ewigheids-
erkenningsgevoel. 

Kermend kreun die siel; agter hierdie ondeurdringbare dowwe nis 
skuil die diensbaarheid van My Goddelike werkersorde wat ek so 
mis. Hierdie wesens roep na hul Skepper in hierdie donker aardse 
nag. O’ God, wat ookal op ons in die toekoms mag wag in hierdie 
tyd waar die nag al hoe nouer om die mens nou nader. Vra ons U 
desperaat O’ Vader, wees in ons taak ons Leidsman en ook ons 
Berader. 

Deur Sy Wysheid is dit Sy Stem wat na hul harte kom. Hierdie tyd 
is aan die heiliges gegee om hulself in volle vryheid op te kan 
som. Van jul ewigheidsgeheue is jul tydelik beroof sodat julle 
onafhanklik en uit vrye keuse My kan loof. Om met die swaard 
van skeiding deur jul digte lewensbos die pad van die ewige lewe 
na My oop te kloof. 

As ʼn teenpool staan die satan daar, vir ʼn grote sondeval maak hy 
homself weer klaar. Maar in hierdie tyd het die aarde ʼn paar heilige 
engele vir God se altaar gebaar. Binnekort word elk van hulle van 
hulle heilige identiteit gewaar. Maar tot op die regte oomblik word 
hul veilig van satan se gruweloë gespaar.


Openbaring 492 
Elke skepsel hoe flambojant of plein.

Dinsdag 18 November 2008 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Elke son of planeet hoe groot of klein. Ja, elke skepsel hoe 
flambojant of plein. Elke sonnestelsel in die groot heelal se 
nimmereindigende tuin. Elke geboorte van ʼn skepping- ook 
die wat lankal lê daar in hul puin. Elke son wat sy lewenslig 
uitstraal as sy lewens sein. 

Ja, elke planeet wat hierdie lig weerkaats al is hul ook hoe plein. 
Soos die aardse see wat nimmereindigend oor sy oppervlakte 
dein. Oral roep die skepping: “in ons Skeppershand beweeg ons 
op die hoogste kruin." As ʼn ruimtelandmerk lê die Suiderkruis oor 
die hemelruim in ʼn reguit sein. 

Die wonderwerk hiervan lê ewig ondeurgrondelik in die diepste 
hemelgrein. Kosbaar beweeg daar ook die kleine aarde vrugbaar, 
groen en bruin. Saggies tot my siel fluister die Alef ook die Tav: 
'op die oomblik van jou geestelike kruin sal Ek jou van A tot Z 
deur die oneindigheid neem op ʼn geestelike toer in die heelal 
se eie trein'.


Openbaring 493 
Deur gierigheid huur jy 'n laksman.

Woensdag 19 November 2008 11:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Alles is deesdae tog so onbekombaar duur. 
Deur gierigheid het die mens vir homself ʼn laksman gehuur. 
Op hul nerwe moet menigeen nou deur hul begroting skuur. 
Elke happie kos smaak nou skoon hiervan suur.
Onoorkombaar hoog het geraak die finansiële muur. 
Verterend sprei inflasie oor die wêreld soos ʼn vernietigende vuur. 
Hongersnood is die noodroep wat Afrika wêreldwyd uitstuur. 
"Span die belt" antwoord die Weste, dit is die enigste kuur. 

Na die hemel wil menigeen nou hul smeekrede heen stuur. 
Maar hael, bloed, oorlog en ook ʼn grote pes word daar vir die 
wêreld gestuur. Die kontinent van Afrika raak heel eerste oor 
die muur. Die grond raak deur ontelbaar baie lyke giftig en suur. 
Daar is niemand wat hul vir die gruweltaak laat wil verhuur. 
Om die bodem met stootskrapers te kom skoonskuur. 
Met edelbloed is lank gelede van hierdie lande vir suiwer 
nageslagte gehuur. 

Daarom sal Ek reinigings-engele na hierdie besmette grond toe 
stuur. Om My heiliges bou Ek ʼn sterk ondeurdringbare veilige 
muur. Terwyl Ek vuur oor die oppervlakte van die aarde gaan 
stuur. Gaan My kinders opgewek in hul harte na My wederkoms 
in die wolke tuur.



Openbaring 494 
’n Klein rekenaarplaat.

Donderdag 20 November 2008 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
O’ hoe kom die hele wêreld nou vir antwoorde bymekaar. 
Tevergeefs gooi hulle hul leë koppe bymekaar. Vir elke plan staan 
die duiwel skelmlistig daar. Eenparig probeer die wêreld hom nou 
teen My oordele skaar. 

Hul leë beloftes hou hul vir die mensdom voor as waar. Aan die 
einde van elke verskoning kom daar weer ʼn nuwe 'maar'. Al die 
verskonings aan die wêreldbevolking raak nou op en klaar. Oral 
in die ekonomie is die gort nou behoorlik gaar. 

Met ʼn uitklophou staan die satan vir die laaste rondte klaar. 
Die een dier wis die ander een se mag uit, kant en klaar. As ʼn 
eenkopdier gaan hy nou ʼn eenwêreldkind vir die wêreld baar. 
ʼn Een geldstelsel- dit is wat die wêreld in die gesig nou staar. 

Met ʼn beeld wat wêreldwyd so listig soos ʼn slang kan praat. 
Breinspoel hul die mens om die hand en hoof te hou vir ʼn 
kleine rekenaarplaat. Maar vir elke plan van die duiwel staan 
My oordeelsengele klaar paraat. 

Die satan dink verniet hy is God se maat. Probeer hy hier, tref Ek 
hom met ʼn oordeel in ʼn ander staat. In droogte, oorstroming en 
hongersnood gaan Ek groot dele van die wêreld laat. Elke ou 
Egiptiese plaag word die wêreld se nuwe maat. Waar is die 
regeringshoof wat My hierin teen gaan staan. 

So, laat die antichris sy wondertekens op die aarde maar loslaat. 
So kort is sy tyd- skaars het hy klaar gepraat of ewig is dit vir hom 
te laat. Elke siel wat hom na sy afgrond volg word vir ewig deur 
God verlaat.


Openbaring 495 
Wees altyd nederig voor God.

Vrydag 21 November 2008 10:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Na die ryk en wêreldberoemdes het Ek nie gegaan. Maar nederige 
vissers het vir My as apostels kom staan. Waarom wil My 
uitverkorenes in hierdie tyd hulself as onvoldoende waan. Hulself 
daardeur daarvan weerhou om in hul roeping te kom staan. 

Ja, tussen nederige vissers het Ek eenmaal kom staan. Ek het hul 
geleer en oor baie dinge kom vermaan. Ek het hul gevra: "Kom 
stap My pad nou met My saam." Hul bote ook hul nette en hulle 
familie het hulle net so laat staan. 

As vissers van ondenkbaar baie mense het hul tot vandag teenaan 
My sy kom staan. Ja, hul lewenspad het hul saam met My oor die 
aarde gegaan. So wandel hul nog steeds saam met My oor My 
grote hemellaan. Oor die mure van My Nuwe Jerusalem gaan hul 
name vir ewig geskrywe staan. 

In hierdie tyd kom Ek nou om My werktuie dringend te vermaan. 
By jul hart se deur kom Ek nou baie ernstig staan. Volg My! Roep 
Ek julle, kom nou met My saam. As vissers moet julle deur die 
groot verdrukking vir My nou gaan. 

Maar moet as die voorste en belangrikste apostel nie voor My 
kom staan. Maar dienend moet jy met ʼn voetwaskom voor jou 
broer gaan staan. Stort oor dit wat jul moet agterlaat nie ʼn enkele 
traan. In jou weergeboorte stap Ek en jy die pad nou vir ewig 
saam. As ʼn Melgisedekvisser gaan jul met nette van liefde 
deur al My skeppings gaan.


Openbaring 496 
O’ wee- ʼn engel van die dood!

Vrydagmiddag 21 November 2008
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 
Wie gaan rekenskap van die toestande in die tronke gee. Wee! O’ 
Wee; ʼn engel van die dood het die gevangenisse van die wêreld 
binnegetree. Groot onlus en rumoer klink daar van agter tralies 
oor die wêreld op wyd en suid. 

In menig tronke gaan gevangenisse nou bloedig muit. Alles gaan 
die veroordeeldes tot hul voordeel uitbuit. Donker rook trek vanuit 
gevangenisse die lug in op en uit. ʼn Oordeelsengel in 
mensegedaante het hul mos opgesluit. 

Wee O’ wee; siektetoestande gaan menig bandiet met die dood 
se kleed kom klee. Die pes is dit wat nou ook in die tronke tree. 
Bloedig gaan menig selmaats mekaar uit die pad uit vee. Ja, wee 
O’ wee; ʼn engel van die dood het die tronke van die aarde 
binnegetree.



Openbaring 497 
ʼn Onheilskruis.

Saterdag 22 November 2008 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
In die Suide van Afrika in ʼn groot basterleeuhok. 
Jaag ʼn jong leeu vir sy koning nader ʼn vette bok. 
Dit is die amp van opvolgkoning wat hom nader lok. 
Maar listig sien die koning hierdie pogings van sy bobaas kok.

Die ander leeus raak bang en laat hul wegry in ʼn grote trok. 
Hul weet daar kom in hierdie leeuhok groot amok. 
Vir hulself maak hul skerp- menig baie stok. 
Elk van hierdie leeus soek ʼn stuk van daardie vette bok. 

Ja, daar is ʼn jong leeu met die naam van Julius. 
Hy dink sy trop is sterk maar sy mag is swak en prosieus. 
Iewers is daar iets wat onheilspellend op die agtergrond ruis. 
Dit is ʼn opstand wat onder hul eie geledere begin indruis. 

Iemand gaan met iemand bloedig swaarde kruis. 
Oral word omhoog gehou die swartmag se bangmaak vuis. 
Menigeen word in hierdie proses tot ʼn pappery vergruis. 
Aan die skaars witleeu gee Ek My raad; bly liewer tuis. 

My lammers waarsku Ek: Hou jul eenkant skoon, ja, rein en kuis.
Nêrens moet julle jul inmeng met hierdie leeus se onheilskruis.



Openbaring 498 
Fyn en ingewikkeld is die onderskeidingslyn!

Saterdag 22 November 2008 14:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer 

Op die oomblik wat die spermsel die ovum met die lewenslig 
deurskyn. Is dit die lewe en die dood wat saam in een vorm 
verskyn. In die verwekkings-oomblik van die vlees lê klaar 
die dood en gryns. In die dood van die vlees is dit die ewige 
lewe wat weer verskyn. Hoe fyn en ingewikkeld is hier tog die 
onderskeidingslyn. Gaan die siel in die duisternis van die dood 
verdwyn. Of gaan sy ewig in die lewenslig van God soos ʼn son 
nou skyn. 

Terwyl ook hierdie tydvak in homself wegkwyn. Om in sy 
sterwenspyn vir ewig in die niet te verdwyn. Is dit in die 
eerste geboortepyn waar ʼn nuwe toekoms op die aarde se 
horison verskyn.


Openbaring 499 
Mense sal enigiets glo behalwe die Waarheid!
Sondag 23 November 2008 12:05 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 

Judith de Beer 
Eenmaal het Ek ernstig tot die uitverkore volk gespreek. Die 
Woord van verlossingsredding het Ek vir hul kom preek. Maar die 
leuen wou hul behaag en op die Waarheid het hul hulself gewreek. 
My Waarheid het hul nou hatig onder oordeelsklippe gesteek. Vir 
My het hul baie kwaad die rug ewig toegekeer. Maar in My grote 
Liefde was Ek teen sondaars nog altyd sag en week. My apostels 
het Ek geleer om die brood van Waarheid oor My kudde oop te 
breek. 

Die skrif het Ek lankal aan die mens gegee en hul beveel: "Skryf 
My Woord vir altyd neer." Maar soos die slang in die paradys het 
satan hom listig na die Woord gekeer. Die leuen het hy met 
heuning om die Waarheid kom smeer. Vinnig het die mens hul 
met gemak na ʼn valse waarheid toe gekeer.

In hierdie tyd word die volle Waarheid weer oor die aarde 
oopgebreek. In bespotting word dit hoogmoedig deur menig 
'kamma' skrifstudent bespreek. In alles word die Waarheid 
met hul oerdomme leuens weerspreek. In hierdie tye word 
My hart vir onverbeterlike duiwels nooit weer week. 

Geslagtelange leuens word as oordeel oor hierdie laaste 
bose geslag se hoofde oopgebreek. Dit is die vader van 
die leuen wat hom skaterend op sy eie kinders wreek. 

Uit die poel van vuur kom daar binnekort ʼn aaklige gesmeek. 
Stuur ons ʼn eenvoudige Lasarus om krummels van die Waarheid 
vir ons te kom breek. Maar vir ewig droewig word die verwerpte 
Waarheid vir hierdies nou versteek.


Openbaring 500 
ʼn Ou les.

Maandag 24 November 2008 06:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer 

Oor die wêreld raak die sterftes net al hoe meer en meer. 
Maar die wêreldorganisasies dink hulle het alles onder beheer. 
Hul dink in ʼn krisis kan hul inbeweeg om alles net te keer. 
Ja, hulle dink hul is in staat om alles met hul kennis af te weer. 

Maar die kiempopulasie is besig om met die spoed van lig te 
muteer. Met ongekende mikroskopiese wapens kom hul om 
die mens ʼn dure les te leer. Hul verkenners is klaar besig om 
die menslike liggaam te infiltreer. Vir ʼn groot feesmaal berei 
hul die mens voor as hul laaste gasheer. Op hul bloed gaan 
hul soos klein vampiertjies teer. Die virus en ook die kiem 
gaan alles in hul pad verteer. Geen Rooikruis of witjas gaan 
hul op hul oorlogspad kan keer. 

Onsienlike wesentjies kom om die mens en ook die diereryk 
te teer en veer. Ja, oral oor die wêreld raak die sterftes net 
al hoe meer en meer. Uit hoeveel openbarings het Ek hierdie 
les nie al oor en oor vir jul kom leer.