.
Heelwat lesers ondervind probleme met die  Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te  gebruik. 
              judithdebeer@webmail.co.za
            
            
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat  onder geen leiding van enige
  menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
  kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
  nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
  internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
  word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
  gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
  waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  
Openbaring 551 
  Die mentaliteit van die Wêreldmoondhede.
  Dinsdag 13 Januarie 2009 12:00
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
ʼn Baie-baie ou krokodil van die Nyl en ʼn draak wat homself 
verbeel hy is koning leeu toon mekaar nou hul gevaarlike klou. 
Die trofee van die Leviatan wil beide nou as die wenner omhoog 
kan hou. Jood en Moslem trek terug hul bolip om die slagtande 
dreigend na mekaar uit te kan hou. 
ʼn Lou Christendom probeer om die lyf so skraal as moontlik te 
hou. Agter ʼn kruis van bedrog probeer die Weste om homself 
alweer onskuldig te hou. Tot op die laaste probeer hy soetsappig 
die brood met botter aan beide kante gesmeer te hou. 
Maar in hul vraatsug het hul die keer heeltemal te veel afgebyt om 
te kan kou. Hoe kranklik is tog die hele wêreld en dit is baie erger 
as bloot net ʼn verkoue. Tot selfvernietiging staan ʼn wêreld gebind 
in onbreekbare politieke toue. 
Op soveel maniere begin die volkere mekaar wreed op meer as 
een manier af te knou. In ʼn baie ou taktiek hou Rusland oor ander 
volkere die swaard van koue. In wêreldstrukture waar alles ineen 
tuimel en vou kan niemand meer op die woord van ʼn ander 
vertrou. 
Die vinger van blaam word oor en weer na mekaar uitgehou. 
Verskillende volkere en gelowe is besig om mekaar nou hatig 
uit te jou. Boosaardig word daar nou heen en weer geskrou; 
al ons graan en proteïene gaan ons vir ons self nou hou. 
Die antwoord kom; ons olie en ons energiebronne gaan ons ook 
nou net vir ons self uithou. Soos kinders wat baklei is niemand 
bereid om te toon- enige vorm van berou. En vir ʼn 'heilige' oorlog 
begin die verskillende martelare hulself nou gereed te hou. 
Die ekonomie is besig om onder hierdie toestande tot niks te vou. 
Binnekort gaan daar baie meer vou as net tweelingtorings in die 
stede se geboue. In chemiese oorlogvoering gaan die mens nou 
op groot skaal verbrou. 
Terwyl die massas aan satan gaan sweer hul trou. Is dit in volle 
geloof en vertroue wat die heiliges hul toekoms kalm in die hand 
van hul Verlosser, ja, aan My gaan toevertrou. 
Openbaring 552 
Horende dowes en siende blindes.
Donderdag 15 Januarie 2009 06:00
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
Meer as dikwels duik die volgende vraag by jou op en mense wil 
van jou weet of die tyd van die einde nou uiteindelik op hande is 
en op jou beurt projekteer jy dit weer na My en Ek antwoord jou: 
dat daar niemand so blind is soos die een wat met ʼn helder blik 
om hom rondkyk maar niks kan of wil waarneem of raaksien nie. 
Oral en op elke gebied is elke denkbare orde deur die mens en die 
mens alleen se toedoen wreed versteur. En op ʼn bykans ritmiese 
wyse speel daar oral onstuimige gebeure op ʼn gereelde basis af 
wat weer opgevolg word deur onheilspellende stiltes wat op hul 
beurt weer geen kalmte in hul dra nie. 
Hoe nader hierdie tydvak nou sy einde nader hoe meer intenser 
en hewiger raak die wêreldgebeure waar dit hulle afspeel en vir 
geen mens is dit moontlik om vir homself ʼn voorstelling te kan 
maak oor die omvang van die verwoesting van ʼn einde 
aangebring deur ongekende kataklismes wat in die nabye 
toekoms tot reiniging van hierdie aarde gaan plaasvind nie. 
In My Wysheid het Ek dit so voorsien dat die mens tydens sy 
aardse lewe nie die spesifieke dag of uur van sy dood vooruit 
kan bepaal nie en so het Ek ook al by herhaling gemaan dat 
geen mens oor die vermoë sal beskik om die presiese uur of 
dag van die einde van hierdie tydvak vooruit te kan sien nie. 
Laat daarom die vyeboom wat huidiglik in sy volle bot staan 
vir julle tot teken genoeg wees om te weet dat die koms van die 
Seun van die mens reg voor die deur staan. Verskerp daarom 
die geestelike gehoor omdat julle Verlosser dalk reeds besig 
is om aan die deur van jul harte te klop en julle hom dalk nie 
hoor nie omdat julle te besig en toegespits is dat niks julle 
moet ontgaan van die sensasie van elke klein 'detail' van die 
slotverhaal van hierdie aarde, soos wat sy huidiglik in haar 
hoogs ontwikkelde stadium daar uitsien nie. 
Wie ʼn oor het laat hom daarom hoor en wie ʼn oog het laat hom 
sien en vul julle lampe van geloof met die hoop van jul liefde 
omdat die gemurmel van die twee strooijonkers die Bruidegom 
en Sy gevolg reeds vooruitkom. Ja, waak sodat die bruilofstoet 
julle nie dalk in julle dooie wêreldse slaap verby kan gaan nie.
 
Openbaring 553 
ʼn Onderdrukte willose geslag.
Vrydag 16 Januarie 2009 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
In onnatuurlike dwang vasgevang begin die mens nou oral op te 
let. In alles wat die wêreld bied verdwyn die sprankel en die pret. 
Menig wêreldvoete raak nou al hoe traer in hul tred. Maar hul kan 
hul nie teen die wêreldsisteem verset. 
Hul kom en gaan, ja, hul hele lewe is in ʼn voorgeskrewe raamwerk 
vas geset. Die mens het ʼn willose slaaf geraak van wet op wet. Nie 
eers ten koste van sy siel kan hy homself hierteen verset. Terwyl 
die satan uit sy hulpbron, die mens, net skep en nogmaals skep 
span hy om die totale wêreldbevolking net al hoe nouer sy helle 
net. 
ʼn Gruwel eenwêreldorde voer homself soos ʼn parasiet op willose 
mense vet. In menige mense ontstaan daar deesdae ʼn 
onverklaarbare drang, daar is iets waarop hulle nie die vinger kan 
lê waarna hul verlang. In volkome vryheid is daar mense wat nou 
wil gaan-hul eie koers en gang. 
Die wêreldbevolking is moeg daarvoor om onderdanig te staan, 
die heeltyd vir alles om hom bang. Hul het genoeg van die leuens 
en bedrog. Ja, van die geloofsdruk se bedrieglike sang. Daar is 
baie wat deesdae weier om langer aan die lippe van wêreldorde-
predikers te hang. 
Genoeg het hul gehad van wêreldmanipulasie wat predik: draai 
sagmoedig die heeltyd jul ander wang. Die mens het moeg geraak 
om soos ʼn willose trekdier gestuur te word deur die sisteem se 
stang. 
Die heiliges gaan weier om langer te staan onder die onderdrukkers-
heerskappy van die oeroue slang. Watter mensgemaakte wet gaan 
ʼn kind van God kan plaas onder ewige dwang om langer te swig 
onder die begeerte van ʼn sataniese wêreldse drang. 
Die wêreld kan kom met sy onregverdige wetgewings, sy wapens 
en ook die skrik van gevangenisse, ja, met elke vorm van dwang. 
Maar hy sal nie meer langer die swaard van oordeel oor die koppe 
van My kinders kan laat hang. 
O’ wee die bose wanneer Ek sy oog oor een van My kinders kan 
vang. Ek stuur My verlossings-engel om duisende met die 
weemoed lied van die dood te kom vang. In pes op pes, ja, in 
Malaria en Cholera ook in Vigs en elke tropiese smet sal die dood 
se stank oor die hele aarde kom hang. 
In oorlog en aardbewing, in storm en vloed, in getygolwe met ʼn 
see wat raas en ook onmenslike temperature sal die dood massas 
vir hom kom vang. Jy, O satan, sal Ek heel laaste tot jou ewige 
oordeel met jou eie nette van die wet kom vang.  
Openbaring 554 
Waar die mense se hare baie kroes.
Vrydag 16 Januarie 2009 15:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
In ʼn bloedsmaak proe baie mense se monde binnekort na roes. 
Die een mens gaan van die ander een in vrees wegkoes. 
In ʼn land waar die mense se hare baie kroes. 
Trek ʼn longsiekte binnekort oor ʼn kontinent nou woes.
Openbaring 555
Vertrou My ten volle.
Saterdag 17 Januarie 2009 09:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
Die mens wat My volkome met heel sy lewe vertrou, só ʼn mens sal 
dit tot in alle ewigheid nooit berou. In die Wysheid van My Liefde 
wil Ek elke kind van My veilig toevou. Van die kwaad en duisternis 
wil Ek hul ewig weg van hou. 
ʼn Nuwe gelofte bring Ek met hul in stand wat tot in alle ewigheid 
gaan hou. Lojaal en in Liefde bied Ek en die uitverkorenes mekaar 
vir ewig ons trou.
As bewakers gaan My hemelwagters nou hul oog oor My 
skeppinge vir My hou. Oneindig die salighede wat hul tot 
in alle ewigheid gaan aanskou. 
Ja, elke mens wat My met heel sy al vertrou weet dat Ek sy 
belange altyd as eerste prioriteit beskou. So ʼn mens sal dit 
tot in alle ewigheid nooit berou.  
Openbaring 556 
Antwoorde op vrae.
Saterdag 17 Januarie 2009
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer  
Vraag 1: Die identiteit en funksie van die voorloper?
Die woord van die voorloper is: Die tyd is hier en die Verlosser 
kom, open daarom die hart (die gees) om Hom te kan ontvang 
sodat die geestelike kommunikasiekanaal tussen God en mens 
herstel kan word. 
Die voorloper as persoon is weinig van belang en is slegs ʼn 
dienende bode wat ʼn opdrag kom uitvoer en self hier op aarde 
is om vir kindskap in aanmerking te kan kom. Dit is baie-baie 
belangriker om Goddelike kindskap met die lewe op aarde te 
bereik as om ʼn profeet te kan wees. Ons Meester en Verlosser 
Jahshua (Jesus) is al wat van belang is, dit is deur Hom wat 
ons tot Goddelike kinders opgewek gaan word. 
Vraag 2: Wat kan die mens in sy eenvoud aan God bied? 
Wat die skaal betref, sit jou hele hart vir Hom daarop dit is 
al wat Hy van jou verlang. Die res sal spontaan kom. 
Openbaring 557 
Satan se drogleer word finaal beëindig.
Sondag 18 Januarie 2009 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer  
Die mense dien God met ʼn skuldgevoel geskep deur ʼn 
eendenkende eenwêreldmonstertempel by hul ingekweek. 
Maar die Messias-Verlosser het na die wêreld gekom om 
hierdie bindings-las oor die mensdom te kom verbreek. 
In die tyd van die Seun van die mens het die volgende 
profesie getrek oor die hele Israel streek. Vandaar het dit 
oor die millenniums gekom om dit telkemale op satan se 
drogleerstellings te kan kom wreek. 
Die Woord het gelui: Die goddelose tempel sal Ek in drie 
dae kom afbreek, ja, die mag van die sonde sal Ek deur die 
oorwinning van die graf kom verbreek. Die priesters asook 
skrifgeleerdes het spottend met God hieroor die draak gesteek. 
Oor hul eie sotlike kwinkslae het hul hulself laggend dubbel 
gevou en hul gebreek. Hul het hul volgelinge aangemoedig 
om die Waarheid onder klippe van verdagmaking te steek. 
Satan self het nog altyd deur tempeldienaars ʼn drogleer 
ten koste van die Waarheid oor die wêreld gepreek. Maar 
ongestoord het die Messias vir drie jaar, maar ook ewig 
aan die mensdom gebring- Sy ware Liefdes-leer. 
Ja, die Verlosser het gekom om te verlos en Sy kinders te 
leer om hul in Waarheid en Gees weg van valse tempelleer 
te keer. Hy het hul kom leer om hul nie soos slawe deur valse 
strukture te laat beheer. 
Deur Sy leringe en bergpredikasie kry alle valse strukture tot 
heden en vandag op die een of ander tyd en manier altyd baie 
seer. Aan oorspronklikheid het dit satan en sy werktuie net nog 
altyd ontbreek en deur vervalsings het hul altyd die Woord van 
Waarheid na die leuen probeer omkeer. 
Kry hul nou deur die woord van die opregtes so ʼn bietjie seer kan 
hul as gevolg van hul gebrek aan oorspronklikheid net uit hul eie 
valse bybels kwoteer. So probeer hul die mensdom oor en oor uit 
hierdie valse geloof-gevangenisse te beheer. 
Satan se dienare word in kweekskole gekweek om met togas die 
mensdom vir hul konings en regerings te beheer. Soos ʼn dol hond 
sal satan se priesters tot die uiterste gaan om die mense se oë met 
satan se ontlasting vir die Waarheid toe te smeer. 
Maar die tyd het gekom en die Verlosser-Messias is weer aan die 
kom om die sonde weg te kan weer. Om ʼn eenwêreldorde met sy 
valse politieke kerke vir ewig tot op die laaste steen om te kan 
keer. 
Openbaring 558 
Trippe trappe trone.
Maandag 19 Januarie 2009 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
In die onskuld van ʼn kleuter ritrympie kom plant die antichris 
sy wonderbone. ʼn Wonderplant ontspring en herrys bokant 
die wolke in wonderpatrone. 
Satan neurie ʼn liedjie; ek bring vir julle die gans met goue eiers 
jul klomp morone. So klink die woorde van sy lied se verleidings tone. 
Trippe trappe trone 
kyk die dier se baie koppe en sy krone. 
Trippe trappe trone 
kyk hoe trippel baie voete nou na die bose wêreldtrone. 
Trippe trappe trone 
op die trappe buite die heiligdom staan biljoene dooie klone. 
Trippe trappe trone 
trippel ses staan op die wêreldbevolking se voorhoof as 
handels krone. 
Ja, trippe trappe trone 
die wêreld funksioneer nou op sy wellus en sonde hormone. 
As Lucifer se bruid kom staan ʼn verslete hoer van Babilon 
as ʼn kamma skone. 
Maar die wonderplant stort skielik neer, sy samestelling was 
gebou uit illusie-protone. 
Gretig hou die massas hul hande uit en walglik is hul papvrot lone. 
Trippe trappe trone 
kyk hoe trippel en trappel miljoene voete om die antichris te sien 
op sy wêreldtrone. Ja hul stoot en stamp en staan om beter te kan 
sien op die punte van hul tone. 
Openbaring 559 
Die haan kraai vir oulaas.
Dinsdag 20 Januarie 2009 05:00 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
Dit is middernag en skrikwekkend kraai oor ʼn verlore wêreld vir 
oulaas die haan. Hoe lank is die mens deur die skrifte, oorlewering 
en profete nie vermaan. Oor ʼn dag wat sou kom waar die hele 
wêreld vir ʼn kort heerskappy onder satan sal vergaan. 
Oor baie eeue en jare het die tyd gekom en ook gegaan. Die 
swaard van skeiding word nou brutaal tussen die wêreldpopulasie 
ingeslaan. Met ʼn slag val die hamer en die verdrukkings bod word 
nou toegestaan. Op ʼn paar mense na is dit die groot meerderheid 
wat nou agter die satan aangaan. 
Die duiwel vertoon so sag soos ʼn lam terwyl hy sy gevaarlike 
slagtande in die hele wêreld kom slaan. Die mense buig in die stof 
en hef ʼn loflied vir hul bose mensgod aan. Terwyl hul in die ewige 
afgrond en die poel van vuur agter hom aangaan. 
Heilige engele bedek hul hoof en vra; O’ God hoe kan ons dit ooit 
verstaan. Ja, die wyser van die tyd het op die donkerste uur van 
die mensdom kom staan. Godverlate kom ʼn bose wêreld teen die 
kwaad in homself te staan. 
Bedroef is dit die Gees van God wat uit die massas onttrek om hul 
nooit weer te vermaan. Maar in hierdie godverlate wêreld kom God 
as die ewige oorwinnaar in die harte van Sy handvol uitverkorenes 
nou staan. So kom uiteindelik die dag waar die Oordeel Sy sekel 
kom slaan en die kaf word nou ewig geskei van die Goddelike 
graan.
Openbaring 560 
ʼn Vraag en ʼn openbaring.
Dinsdag 20 Januarie 2009 10:00 
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
Ek wil ʼn vraag vra-en verskoon my, ek voel redelik “oningelig” 
hier. Ek verstaan dit goed dat die identiteit van die “voorloper” 
van minder belang is en dat hy/sy ook maar net op aarde is (in 
die vlees) om Goddelike kindskap te bereik (mits dit nog nie 
bereik is nie). Vanuit openbaring 556 verstaan ek dat die 
“voorloper” reeds hier is. Maar weet dié persoon alreeds 
dat hy/sy spesifiek die geroepe een is vir daardie taak?
Ek weet nie presies wat die taak van die voorloper behels 
nie (ek is in die donker hieroor). Ek weet dit is om “paaie 
gelyk te maak” maar wat behels dit alles in hierdie tydvak? 
Is die voorloper dan nie een en dieselfde wese wat voorheen 
onderskeidelik in die vlees was as eers Elia en later Johannes 
die doper nie? En is die voorloper weer in die manlike liggaam? 
En as die voorloper dan inderdaad die einste Elia of Johannes is
dan het hy sekerlik alreeds sy kindskap bereik nie waar nie? Ek 
klink en is dalk té nuuskierig, maar weet jy wie die voorloper is? 
En is hierdie persoon- wie hy/sy dan nou ookal tans in die vlees 
mag wees (sy/haar hedendaagse identiteit)- inderdaad die einste 
Elia / Johannes?
Wie dit dan nou ookal mag wees, ek sou in elk geval graag wou 
weet wie dit is, want dit is onbeskryflik wonderlik net om te kan 
weet dat die persoon wat as voorloper dien reeds is. Die hele 
ding rondom die voorloper is vir my sulke goeie nuus- so 
wonderlik.
Antwoord: 
Al sou die twee voorlopers reeds Goddelike kindskap bereik het, 
sal hulle nog steeds tot aanmoediging van ander daarna streef. 
Daarom is hierdie bodes waaronder een van hulle op ʼn tyd as Elia 
bekend gestaan het en daarna as die Doper en in hierdie tyd weer 
gestuur word om nederiger as die kleinste Goddelike kind in 
wording oor die aarde die koms van die Messias uit te kan roep. 
Daar is heelwat geeste wat in hierdie tyd graag in die skoene 
van die twee voorlopers sal wil staan, maar wat ʼn uitermatig 
dom begeerte is omdat elke eindtydgees of missiedraer se 
roeping uiters uniek is en elkeen van hulle op sy eie gebied 
ʼn voorloper vir die Messias behoort te wees. In My regverdige 
Liefde kan daar geen voortrekkery by betrokke wees nie, 
inteendeel gaan die oënskynlike bevoorregtes die mees 
ongemaklike opdragte kry. 
Ek is nie liewer vir Johannes as byvoorbeeld Daniël of 
een van die ander nie, maar daar is van elkeen net een 
en daarom het Ek elkeen lief juis vir wie en wat hy of sy is. 
Die taak en einde van die voorlopers is in elk geval so onsmaaklik 
en onvleiend dat niemand hulle dit op die einde gaan beny nie. 
Daar behoort met goeie reg groot opgewondenheid onder die 
verseëldes te heers omdat daar huidiglik soveel bekende name 
onder die hemelwesens is wat nou op die aarde as mense is om 
as gaste en getuies teenwoordig te kan wees op die huweliksfees 
van die Bruidegom met sy teerbeminde bruid Sion. 
Net om deel te kan hê aan hierdie proses is ondenkbare genade 
en wat doen ʼn wêreld? Hul daag vandag by hul miljoene op om 
satan en die wêreld te kan vereer. 
Maar om terug te keer; om tot Goddelike kindskap te kom is die
hoogste orde van saligheid wat enige wese ooit kan bereik. Dit is 
ʼn duisend maal beter om die Koning se kind te kan wees as bloot 
net ʼn dienskneg of bode en daarom is die voorloper bereid om die 
kleinste van die Goddelike kinders van die eindtyd te wees. 
En net soos met die lewe en sterwe van Johannes die doper sal 
die wêreld eers wis wie dit was na sy heengaan. 
Maar vir die verseëldes sal Ek dit in hul hart lê en kort voor lank 
sal die eindtydgeeste hulself sowel as hul mede hemelbewoners 
herken. Moet ook nie dat die manlike of vroulike geslag met 
betrekking op die eindtyd geeste vir julle tot ʼn kopseer wees nie, 
maar laat dit vir julle genoeg wees om te weet dat ʼn volmaakte 
hemelwese in al sy aspekte volledig is en Ek hom daarom met ʼn 
missie of opdrag kan stuur, in watter vorm Ek dié ookal benodig.
Openbaring 561
  Wat kan ʼn Vaderhart ooit meer begeer.
  Woensdag 22 Januarie 2009 23:45
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
O’ My liewe kinders voel in hierdie tye baie broos en wees. 
Hul roep en roep na My, hul Vader, hulself met tye hees. My 
Teenwoordigheid wil hul so graag nou in of om hul iewers 
net raak kan lees. 
Ongeduldig laat hul nou weet; 'lank genoeg het ons onsself 
nou beheer'. U, ons Leidsman en ons Koning moet oor ons 
in ons midde nou kom heers. Genoeg het ons van ʼn verrotte 
bose wêreld- nou vir eers. 
U ons God en Vader moet ons nou self van U Wysheid en U 
Liefde kom leer. Ons wag en wag en vra: kom daal nou in 
ons harte met U volheid neer. Lank genoeg het ons na die 
wolke nou gestaar ons oë is al daarvan seer. Ons verlang 
na U teenwoordigheid by ons- net al hoe meer en meer. 
Hul pleit en kla en hardkoppig sê hul: ons sal aanhou vra 
net weer en weer. Hierdie pleidooi van My kinders maak My 
hart oneindig baie teer. Binnekort gaan Ek My met blydskap 
na hierdie kleintjies van My toe keer. 
O’ wat is daar wat ʼn Vaderhart ooit meer kan vra of begeer. 
As kinders wat ongeduldig wag op hul Vader om Homself in 
Liefde na hul te keer.
Openbaring 562 
Visioen aangaande die ekonomie.
Donderdag 22 Januarie 2009 23:30
 www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer 
Ek vra na die ekonomie se stand en in ʼn gesig sien ek ʼn 
houer op ʼn baie hoë plek staan. Dit kantel en daar val 
ondenkbaar baie note uit, dit dwarrel na benede terwyl 
dit in die wind wegfladder.
Openbaring 563 
DEUR GOD VERSEËL.
Vrydag 23 Januarie 2009 02:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Die hele wêreld is van alle geregtigheid totaal en al gedreineer. 
  Al wat beskawing is word by die dag net al hoe meer verrinneweer. 
  In skynvrede gaan die valse vredevors nou oor die hele wêreld 
  regeer. Alle mag oor die lewe en dood van elke siel- dit is wat hy 
  nou begeer. 
  
  Swart gerubs op bokpote wat hul eerbiedig na hul duister vors 
  nou keer. Die wêreldbevolking word nou in een piramiedevorm in 
  gegroepeer. Walglik loop die boosheid oor dit alles soos pikswart 
  teer. Vanuit een bose-oog kyk satan van die punt daarvan oor die 
  hele wêreld neer. 
  
  Hy weet hy het die hele wêreld nou onder sy volle beheer. 
  Sy kamma valse vrede laat hy oor die hele wêreld nou proklameer. 
  So kry hy ook ten einde laaste oor alle banke en finansies die volle 
  beheer. Deur die merk van die dier gaan alle handel binnekort 
  net deur hom kan funksioneer. 
  
  Maar hieraan gaan die heiliges hul glad nie steur. Woedend gaan 
  die satan hierdie aksie van God se kinders nou bespeur. Weereens 
  laat hy oor die hele wêreld proklameer dat hierdies alle regte op 
  lewensmiddele nou moet verbeur. 
  
  Tierend kwaad sien hy dat hul hieroor ook nie in die minste treur. 
  Die heeltyd word hul deur die Liefde van hul goeie Vader 
  opgebeur. Woedend is daar nog iets wat die antichris tot sy nadeel 
  nou bespeur. Minagtend is dit God se sakgekledes wat hul nou na 
  hom toe keer. 
  
  Hul kom om satan en sy bose wêreld op elke gebied te teer en 
  veer. Elke oordeel uit hul mond maak die wêreld op baie plekke 
  seer. Wraakgierig wil die bose hom nou na die uitverkore kinders 
  van God toe keer. 
  
  Hierdeur maak hy die grootste fout waaruit hy tot sy eie 
  ondergang gaan leer. Waar daar geskrywe staan; DEUR 
  GOD VERSEËL, daar lê niemand sy bose hand op neer.
  
  
  Openbaring 564 
  Die vrou in die Goddelike saamgestelde orde.
  Saterdag 24 Januarie 2009 08:50
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Iemand het jou met die volgende vraag genader oor wat verstaan 
  behoort te word oor die onderdanigheid van die vrou in die 
  huwelik. 
  
  Ek antwoord jou dat die woord onderdanig inderdaad dikwels in 
  konteks gebring word met die woord minderwaardig. Die mens 
  (man sowel as vrou) het Ek na My beeld geskape en nêrens in My 
  Goddelike samestelling is daar iets minderwaardiger aan verbonde 
  of teenwoordig nie. Die menslike paar het Ek geskape om oor die 
  aarde te heers en nie om onderdanig daarteenoor te staan nie. 
  
  
  In My wysheid het Ek die vrou reeds uit die rib van Adam tot ʼn 
  volmaakte aanvulling aan sy sy geskape om hom as ʼn maat en 
  metgesel in sy taak te kan bystaan. Ek het die vroulike wese in 
  haar bestaan meer 'skoner' en delikater as die man geskape om 
  hom daardeur te motiveer om in sy manlike krag, sy taak op aarde 
  na die beste van sy vermoë te kan verrig. 
  
  Ek het nie die vrou geskape sodat die man in bombasme oor 
  haar moet heers om sodoende sy manlikheid te kan bewys nie, 
  maar as sy fisiese swakkere moet hy hom oor haar ontferm en 
  haar ook beskerm. Indien Ek die vrou as ʼn minderwaardige 
  altyd aan die man onderdanige wese wou skape, sou Ek haar 
  as ʼn gelykenis van ʼn minderwaardige en minder intelligente 
  wese uit een van Adam se voetbeentjies geskape het sodat 
  sy vir ewig aan haar onderdanige en minderwaardige 
  oorsprong herinner kon word. 
  
  Ook het Ek nie die vrou uit die kopbeen van die man geskape 
  nie sodat sy daaraan herinner kan word dat sy nie die hoof is 
  en daarom die man nie op haar beurt met die fyn en soms 
  'bose lis' wat sy as talent en in haar aard van die slang 
  ontvang het te moet manipuleer om sodoende op haar 
  beurt oor hom te kan heers nie. 
  
  Maar juis het Ek die Eva uit die middelpunt van die manlike 
  sentrum vanuit ʼn rib geskape sodat sy knus in die holte 
  van sy manlike beskerming kan nestel. Daarom is dit goed 
  wanneer die man homself so handhaaf dat die vrou in liefde 
  en respek na haar maat kan opsien en so is dit ook goed 
  wanneer die man in respekvolle liefde sy lewensmaat as 
  sy gelyke teen sy hart koester en beide vanuit hierdie 
  oogpunt deurentyd daaraan werk om sodoende die 
  Goddelike orde te kan handhaaf en mekaar altyd so 
  waardig te kan wees.
  
  
  Openbaring 565 
  Luister na die dringendheid binne julself.
  Maandag 26 Januarie 2008 0:900
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer 
  ʼn Gedeelte van ʼn gedagte uit ʼn brief aan jou lui as volg: "Ek 
  wonder; gaan ons slegs as deelnemende toeskouers die tyd 
  beleef of gaan, kan en mag ons ʼn werkende diensbare deelname 
  in die groot plan van God hê". Ek wil hiermee nie inmeng in die 
  grote plan van God nie, ek praat van die gewone mens, 
  werkersvlak en met spesifieke verwysing na elkeen se talente 
  of gawes wat God vir ons gegee het, of moet ons net alles aan 
  God oorlaat?
  
  En Ek antwoord jou:
  Wanneer julle die onrein gruwel sien staan waar dit nie hoort nie 
  en hierdie dinge 'n aanvang neem wanneer die prins van 
  duisternis die Adam van sy heerskappy oor die aarde met die hulp 
  van die bose mensdom beroof het, ja, op hierdie dag het die groot 
  verdrukking hom reeds geruisloos soos ʼn reuse luislang, om ʼn 
  verlore wêreldbevolking kom kronkel en die wat op hul dakke 
  staan moet nie afkom nie en die, besig op hulle lande moet hul 
  nie omdraai na dit wat agter is nie. 
  
  Ja, die geseënde oes moet hulle nie tot hulle ewige ondergang aan 
  ʼn bose stelsel probeer verhandel nie. Maar elkeen van die heiliges 
  moet sy skuiling in die onoorwinbare 'Rots en Bergvesting" van 
  die Allerhoogste vind. My geliefde kinders sal tot ontwaking in hul 
  verskillende ordes, gawes en talente kom tot voordeel van hulself 
  sowel as die ander heiliges wat Ek oor hulle pad sal bring. 
  
  In die verskeidenheid van die verskillende Goddelike gawes sal 
  hierdies as ʼn een-liggaam kragtig in My Naam op verskillende 
  plekke werksamig raak. Daarom maan Ek julle om in hierdie tye 
  gehoorsaam te wees aan dit wat julle as ʼn dringendheid binne 
  julself ervaar en vul julle lampe met die nodige olie sodat julle 
  nie sonder die nodige lig betrap sal word wanneer die Bruidegom 
  verby gaan kom nie. 
  
  Handhaaf deurentyd ʼn fyn balans tussen die geestelike en fisiese 
  behoeftes en hou ook die wonderwerk van die vermeerdering van 
  die brode en vissies vir jul as voorbeeld en weet daarom; daar 
  waar ʼn kind van My die nodige inisiatief geneem het om in opregte 
  geloof voorsorg te tref, daar sal Ek ook dit tot hul beskikking so 
  vermeerder dat dit in alle behoeftes sal voorsien. 
  
  Maar dit deur die wêreld in sy silo's opgegaar, dit sal Ek net soos 
  in die dae van Josef waar die Egiptenare in hul eie huishoudings 
  tot hul eie voordeel koring opgegaar het en Ek dit deur goggas tot 
  niet laat gaan het, ja, net so sal Ek die noodvoorraad van ʼn bose 
  eenwêreldorde tot vernietiging bring.
  
  
  Openbaring 566 
  Wie sy lewe liefhet…
  Dinsdag 27 Januarie 2009 10:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Sodat dit nie vir julle tot ʼn onverwagse skok sal kom en julle knieë 
  hulle taak sal weier en daarom onder julle sal ingee nie gee Ek 
  julle almal die volgende gesig in woorde weer. 
  
  In die groot verdrukking wat daar oor die aarde kom gaan daar ʼn 
  bloedige vervolging intree en die verdrukkers gaan slagoffers as 
  gevangenisse neem en in hierdie tydperk gaan die sogenaamde 
  beskawingspeil van die mens in totale onbeheerste barbarisme 
  ontaard en hulle sal die weerloses na die moderne amfiteaters 
  (stadions) bring en net soos in die antieke tye sal hul tot die 
  vermaak van die boosaardige skares gemartel, vermink en 
  gedood word. 
  
  Die brandstapels van weleer sal vervang word met brandende 
  motorbande en menslike liggame sal as brandende fakkels dien 
  om die pikdonker nag te kan verlig. 
  
  Aan jou, My kneg, wat nou te bang raak om verder te wil skryf, sê 
  Ek nou dat die getal van die martelare wat onder My tafel roep 
  reeds volledig sal wees en hierdie slagoffers daarom nie deel 
  van hulle sal uitmaak nie. Wee daarom die vreesagtiges wat vir 
  die behoud van hul lewens hul vir beskerming na My teenstander 
  en die wêreld wend omdat die wolf in hierdie dae haar eie kleintjies 
  gaan verskeur. 
  
  Die een wat sy lewe liefhet sal dit verloor, maar die een wat bereid 
  is om sy lewe terwille van My en die naaste af te lê sal die lewe vir 
  ewig sy eie maak.
  
  
  Openbaring 567 
  Die Boemelaar tussen die nalopers. 
  Woensdag 28 Januarie 08:30 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  So stap die eindtydgeeste in hul onderskeie groepe saam. Flink 
  heelvoor loop die voorlopers en hul gee die pas nou aan. 
  Onophoudelik is hul besig om hul medereisigers oor alles te 
  vermaan. Voor hul Meester wil almal met hul goed voltooide 
  opdragte nou gaan staan. 
  
  Elkeen begeer om by hul eindbestemming heelvoor by die Meester 
  te kan staan. In hul flinke reis nooi hul gul die wat hul op hul pad 
  verbygaan saam. Oor die wat agterbly stort hul heimlik hartseer 
  tog ʼn traan. Hier en daar in hul pelgrimsreis sluit ʼn naloper as 
  nagedagte in hul agterhoede saam. So slenter hierdies 
  onopsigtelik maar tog hoopvol agter die ander aan. 
  
  So stap die voorlopers eendag verby ʼn boemelaar wat langs die 
  pad daar staan. Die nalopers in hul slakkepas wat ook nou verby 
  hom moet gaan, kyk in deernis na sy eensame figuur en uit eie 
  ondervinding is dit hul wat hom verstaan. 
  
  Gul nooi hul hom- kom nou met ons op ons reis nou saam. Daar is 
  iets, ja, iets wat jy nou baie mooi moet verstaan, dit is die Meester, 
  ja, die grote Meester waarheen ons nou gaan. Hul vertel hom van 
  hul lewe en hul verlore stryd met hul sondes saam. Vrolik babbel 
  die nalopers op hul weg met die vreemdeling nou hartlik saam. 
  Hy deel hul droefnis, ja, hul traan en hy lag ook met hul grappies 
  saam. Heelvoor loop die voorlopers kwaai met hul groep nog aan. 
  So kom die tyd en die hele prosessie kom by die nuwe Jerusalem 
  se poorte aan. Die afwesigheid van die Meester, daarvan kan die 
  voorlopers nou glad nie verstaan. 
  
  Hul draai hul om om die luidrugtiges tot stilte te vermaan. 
  Verbaas bly hul verstom nou staan; omgeef met hemellig is 
  dit die agterlopers wat dig teen die Meester van alle heelalle 
  staan.
  
  
  Openbaring 568 
  Dwaas en liberaal.
  Donderdag 29 Januarie 2009 02:45 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Nog nooit in die menslike geskiedenis het ʼn volk ʼn groter fout 
  begaan as juis nou. Ja, pronkerig wou ʼn uitverkore volk met 
  hulself voor die wêreld as wenners skou. 
  
  Hul geloof en liefde vir hul God raak toe baie oppervlakkig en 
  uitermatig lou. Hul roep: “Hef op die sanksies O’ Mammon en 
  ons siel as beloning bied ons jou”. Ja, dislojaal en ontrou het 
  God se volk voor Hom verbrou. Hul sit met ʼn toekoms wat geen 
  vooruitsig vir hul inhou. 
  
  Liberale lugkastele het hul vir ʼn nageslag op los sand probeer 
  bou. In bondgenootskap het hul ʼn Godgegewe toekoms in die 
  hand van hul vyand toevertrou. Hul Goeie God het hul minagtend 
  vir die gek probeer hou. 
  
  ʼn Paar getroues wat hul lojaal by hul verbond met hul God wou 
  hou is hatig deur hierdies as dom en agterlik uitgejou. Met ʼn 
  meerderheidstem word die getroues toe van enige besluitneming 
  af weggehou. Spottend lag ʼn sataniese wêreld vir ʼn baie dom volk 
  in hul mou. 
  
  Alles wat heilig was word nou vermakerig van ʼn eens heilige 
  volkie weggehou. Voor hul vyand moet hul flikflooi en kruip om 
  iets van hul eie identiteit te probeer behou. Ook hul maagde word 
  tot hul uitwissing vir verbastering na ander uitgehou. 
  
  Ja, liberaal het heel ʼn volk tot hul ondergang vir hulself ʼn graf 
  gegrou. Mammons-vooruitgang is beloof aan satan- hul lojaliteit 
  en trou. Deur hul eie toedoen word hierdie volk deur die hele 
  wêreld nou as ʼn swakkeling afgeknou. 
  
  Hul Mammonsloon gaan Ek boonop as straf binnekort ook van 
  hul weghou. Vreesbevange gaan hul-hul eie vernietiging en 
  ondergang deur hul selfaangestelde oorheersers aanskou. Hul 
  hande gaan hul in ellende nou smekend na My, hul enige God, 
  wil uithou.
  
  Maar onvergeeflik was hierdies ewig aan My ontrou. My gesig 
  gaan Ek ook nou ewig van hul skande weghou. Maar aan Jakob 
  sal Ek My oer-belofte nie vergeet nie, ja, Ek sal dit onthou. Getrou 
  aan Myself sal Ek dit tot in alle ewigheid in stand hou. 
  
  Daarom het Ek in verseëling ʼn handvol edelsaad van ewigheid af 
  uitgehou. Uit hierdie saadlyn sal Ek wel ʼn volk vir die nuwe aarde 
  se toekoms uitbou. 
  
  
  Openbaring 569
  Konfrontasie en oordeel.
  Donderdag 29 Januarie 2009 13:00
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
  Oor die skoonheid van die dogters van die aarde het hemelwesens 
  hul eens met wellus verstom. Op ʼn berg het die seuns van die 
  hemel in verraad teen God bymekaar gekom. In rebellie het hul 
  bymekaar gaan staan op die berg Hermon. 
  
  Die prins van Hades was ook as ʼn seun van God onder hul 
  vermom. Sêmfazâz hul leier, het hul in self vervloeking tot ʼn 
  ooreenkoms laat kom. In geheimhouding hou hul hulself toe 
  voor die Skepper stom. Sêmfazâz het deur versnitting en 
  vermenging met kloning vorendag gekom. 
  
  Hul het gehoereer en ge-eksperimenteer en gedrogte en reuse 
  het vir ʼn tydperk oor die aarde tot pyniging vir die mens gekom. 
  Deur hierdie besoedeling en verbastering het vir baie die einde 
  en ondergang oor die aarde gekom. 
  
  Onder Arakiba en Ramiël asook Kobial en Taniël het die mensdom 
  onder die grootste versoekings gekom. Onder die aanvoerder 
  Azazel het oorlogstuig die wêreld met bloedvergieting verstom. 
  Tot vandag is dit deur hom dat ontelbaar baie deur oorlogvoering 
  omkom.
  
  Deur die glans van goud en silwer, ja, deur neon kleure het hy 
  die wêreld agter hom laat aankom. Die wêreld het uitspattig begin 
  dans op die ritme van die sonde-drom. Verstom het die mensdom 
  gesien hoe kom hul in groot getalle om. 
  
  Migael en Uriël ook Rafael en Gabriël het oor die bloedvergieting 
  vir die mensdom na vore gekom. Hul is toegelaat om in 
  konfrontasie en met oordeel oor die gevalle seuns van God te 
  kom. Uriël het aan Noag die boodskap gebring; die hele bose 
  wêreld gaan in ʼn vloed omkom. 
  
  Maar ʼn saadlyn word in Noag bewaar vir geslagte wat nog moes 
  kom. Vir die engel Rafael het die opdrag gekom; bind Azazel in 
  die dieptes tot Ek op die wolkkolom van hemelwesens na die 
  aarde vir sy ewige oordeel sal kom. 
  
  Aan Gabriël is gesê: teen elke verbasteraar sal jy tot hul ewige 
  ondergang kom, deur jou sal die aarde se oppervlak weer skoon 
  kan kom. 
  
  Maar aan Migael het die opdrag van God gekom: Jy is die vors 
  onder wie se swaard elke bose gees in die lug om sal kom.
  Maar Gabriël sal suiwer elke ongeregtigheid en oortreding 
  wat oor die aarde gaan kom. Vanuit die vier aartsengele is dit 
  weer uit Uriël se mond wat God se oordeel oor die aarde gaan 
  kom. 
  
  So is elke profesie van die profete besig om tot ʼn bose wêreld 
  se ondergang in vervulling te kom. Soos blits sal jý, Migael met 
  jou vorste as oorwinnaars oor die bose gespuis in die lug nou 
  kom. 
  
  Ja, die tyd het gekom en jy O’ Gabriël, moet jou swaard van 
  reiniging oor die aarde se oppervlak laat kom. In jou regverdige 
  vergelding sal staan- ʼn hele wêreld verstom. 
  
  Nie deur water nie maar deur vuur, ja, deur ʼn atoombom sal die 
  aarde in hierdie tydvak tot sy ondergang maar ook reiniging kom. 
  As die seëlbewaarder van die ewige afgrond en poel van vuur 
  is jy Rafael, die engel wat die sleutel hiervan ewig gaan toekom.
  
  
  Openbaring 570 
  Vyf stemme van oordele.
  Saterdag 31 Januarie 2009. 05:40 
   www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer  
  Ek word wakker terwyl die volgende in ʼn gesig voor my afspeel;
  ek sien ʼn lang pikswart tolwind wat vanaf die bodem van die aarde 
  verby die wolke tot in die ewigheid strek. Dit beweeg tydsaam oor 
  die oppervlakte van die aarde terwyl dit gevul word met die 
  gruwels van die wêreld. 
  
  ʼn Stem sê: “Elke keer wanneer dit versadigingspunt gaan bereik 
  gaan die inhoud daarvan met brute geweld op verskillende plekke 
  op die aarde agterbly”. 
  
  ʼn Ander stem antwoord en sê, “Ja in die oplossings en nogmaals 
  oplossings van die 'grotes' gaan die wêreld sy grootste skades 
  ly”. 
  
  ʼn Derde stem sê: “O’ kyk net, wie sou ooit kon wis daar is soveel 
  voete van klei” 
  
  ʼn Vierde stem lag en antwoord, “Ja, in al die koalisies en gedeelde 
  regerings is dit vir Afrika eerste verby”. 
  
  Al vier sê: “Bring die vyfde stem vir die eerste keer nou by”. 
  Hy antwoord: “Onder hittegolwe sowel as sneeu sal ons die 
  wêreld nou bitter laat ly”.
Openbaring 571 
  'n Beskrywing van die aartsengele en onderhoudingsengele.
  Saterdag 31 Januarie 2009 09:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Iemand wil van jou weet of die getal van die aartsengele vier of meer is,
    en of hul diensbaarheid beperk tot spesifieke goddelike opdragte is. 
    Ek antwoord jou dat die woorde op jul planeet nie genoeg is, om al die 
    aarts- en onderhoudings engele, van al die oneindige heelalle met al hul
    ondenkbaar, ontelbare sonnestelsels en planete, op te kan noem nie. 
    Hoe nader `n volmaakte gees aan God staan, hoe groter raak die grense 
    van sy geestelike orde en sfeer, wat sy totale onbeperkte arbeidsveld insluit 
    en wat `n planeet of sonnestelsel en selfs ook heelalle kan omsluit.
    Terselfdertyd raak so `n gees verhoudingsgewys teenoor die
    oneindige-ewigheid van die Skepper, net al hoe kleiner in die sentrum van
    homself en so bly die werksamige ordes en verlengstukke van die goeie
    Elohim Skepper, altyd in volmaakte harmoniese balans met Homself. 
    Die aartsengel Gabriël kan hiervoor as een van die voorbeelde nader 
    gebring word. Sy opdragte aangaande hierdie aarde is besig om in volmaakte
    diensbare gehoorsaamheid tot voltooiing te kom, wat hom in al hoe nouer,
    salige kringe, om God se liefdes sentrum laat kring. Daarom word hy en ook
    ander in sy orde onder hom, net soos hul God en Meester eens, as kleine
    mensekinders, na hierdie aarde in nietigheid gebring, om so hul volmaakte
    sirkel, as goddelike kinders te kan volbring.
  
Openbaring 572 
  Donker tye vir die vermaakbedryf.
  Saterdag 31 Januarie 2009 13:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  In `n gesig sien ek skielik iemand wat net soos die afgestorwe popster
    John Lennon lyk en hy wys met sy wysvinger na iemand, ek kyk en sien die
    sanger Michael Jackson wie se gesig skielik in `n kopbeen verander en
    iemand sê: "Die donker en baie moeilike tye het ook nou vir die vermaak-
    bedryf gekom". Direk na hierdie gesig ondervind ek `n geweldige negatiewe
    aanslag vanuit die onderwêreld en dit verskrik my só dat ek vir `n oomblik
    huiwer om hierdie gesig neer te skryf.
    
    
    Openbaring 573 
      Satan se eenwêreld lied.
    Sondag 1 Februarie 2009 06:30 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Deur die misbruik van God se Woord word die wêreld tog so maklik beheer.
  Die rade en sinodes stamp die koppe oor hoe om die bokke in een kraal te kan keer. Oor die wet en profete, ja, oor die Woord word daar baie gespekuleer. 
  Hul kom ooreen om die Waarheid slim na die leuen om te keer. 
  
  In massa-manipulasie word die mensdom deur die kerke vir Satan aangekeer. 
  Die mens word gebreinspoel en geleer om gruwels onder naasteliefde te akkommodeer. In ʼn satans-euforie laat hulle hul selfs leer deur die wat ander sodomiseer. 
  
  Die Wet en Woord van God leer; die baster moet jy van God se vergadering wegkeer. Maar deur die wêreldraad van kerke word die gemeentes deur die Bileams-basterleer beheer. In ʼn valse naasteliefdesleer wil Satan in ʼn een-gemengde ras oor die aarde regeer. 
  
  In bose akkoorde het Satan ʼn eenwêreldlied tot ewige ondergang vasgevang.
  Gevaarlik neurie hy saggies en so klink sy lied se bose sang: 
  Predikant, pastore en predikers kom maak die mensdom sag en bang. 
  Ons neem hul siel en steel hul gees en laat dit deur geld vervang. 
  Ons leer hul; draai onder naasteliefde vir elke gruwelsonde die ander wang. 
  Verloor jul selfrespek en gee jul oor aan elke sondedrang. 
  
  Deur die grootste leuen leer hul die mens; God het vir elke 'gruwelsonde ' 
  aan ʼn kruis kom hang. Die sondaar hoef vir redding maar net aan die lippe 
  van die valse leraars te hang. So is ook die uitverkore volk vir alles- tot hul 
  eie skaduwee nou bang. Vir elke hou van Satan draai hul maar gedweë die 
  ander wang.
  
  Maar die mooiste lied is deur God se engele ook vir die aarde gekomponeer. 
  In die mooiste akkoorde kom hierdie lied vanuit die hemel op die aarde neer.
  Dit vertel van helde wat as rebelle hul deur die Satan nie gaan laat leer.
  Van Goddelike krygers wat dapper die boses na Hades gaan aankeer. 
  Dit vertel van ʼn Waarheid wat ewig regverdig in liefde en vrede 
  oor ʼn nuwe aarde gaan regeer. 
  
  Ja, dit vertel ʼn verhaal van ʼn slang wat tevergeefs probeer, 
  maar in alle ewigheid nooit oor God se kinders sal kan regeer.
  
  
  Openbaring 574 
    Sonder die Skepper se variasie en verskeidenheid.
  Maandag 2 Februarie 2009 23:50 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
    
    Judith de Beer
    In die variasie en verskeidenheid 
    kan die mens die veelsydigheid van die goeie Skepper raak lees. 
    In die unieke eie reg is daar niks of niemand
    wat minderwaardig teenoor iets of iemand anders hoef te wees. 
    Hoe vervelig sou dit tog nie op die aarde wees, 
    as daar van elke soort net een sou wees. 
    Een boom, een plant en elke bergreeks sou net soos die ander wees.
    In een blom hoe volmaak ookal sou daar net verveling wees. 
    Ja, hoe sou die een die ander sonder verskeidenheid ooit kon waardeer. 
    Hoe sou mense mekaar kon vertel kyk hoe verander die wolke en die weer. 
    Verskillende kleure en geure sou daar ook nie meer wees 
    Vaal sou elke dag die mens se voorland wees. 
    Net een verhaal sou daar wees om vir die mensdom uit voor te kon lees. 
    Oor en oor sou die mense elke keer moes vier dieselfde fees. 
    Net een nasie sou daar wees en kort voor lank sou elke mens net `n robot wees. 
    Elke kind sou presies maar net soos die buurkind wees. 
    Nêrens sou daar meer die liefde vir die eie wees. 
    Voëls en skoenlappers sou in verskeidenheid nie meer oor die velde heers.
    Kleure sou van mekaar nie meer geskei kon wees, 
    deurmekaar sou dit vaal op die Skepper se palet nou wees. 
    Nou van wie sou die nuwe denkrigting deesdae wees, 
    dat elke volk en taal gestroop van hul uniekheid, 
    liberaal in een mandjie nou saam moet wees, 
    om vaal as een bastergeslag, as robotslaaf, 
    onder Satan se eendenkende heerskappy te kan wees.
  
Openbaring 575 
  Die liefde vir die goedversorgde lekker vlees.
  Dinsdag 3 Februarie 2009 06:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de beer
  In die liggaam en die vlees is dit die dood wat oor die lewe heers. 
    In olies en massering, ook pamperlang en grimering, 
    orals is dit die vlees wat heers. 
    Ja, dit is die vlees, ja, die lekker vlees, 
    die toppunt van die mense se aardse genot en fees. 
    Met hul goedversorgde vlees wil die mens altyd heelvoor in die kalklig wees. 
    Op menig voorblad moet daar altyd wees die vrou se naakte vlees. 
    Mans kommunikeer met mekaar suggestieus en hees, 
    met handgebaar vertel hul mekaar 
    'O my god daar moet nie `n haartjie aan my lyf uit sy plek uit wees'. 
    Hul verlei mekaar oor en weer met hul goedversorgde geparfumeerde vlees. 
    In die mode wil elke gek met sy 'goedgeklede' vlees nou wees. 
    Vir die genot van die vlees word verstoot en afgeskeep God se heilige gees. 
    Sonder die gees met bloot die verrotte vlees, 
    waarmee gaan die siel homself na die dood genees. 
    Gaan die vlees, ja, die lekker vlees 
    die beskermer van die lewe in bitter moeilike tye wees? 
    Gaan die roompies en die poeiers, die grimering en die kwassies, 
    `n teenvoeter vir die vrees nou wees. 
    Gaan die goedversorgde handjies die byle en die kapmesse weg kan keer? 
    Gaan die sagte vlees dalk `n harde pantser teen die koeëls kan wees. 
    Gaan die goed uitgewerkte dieetplan `n antwoord 
    op die grote hongersnood nou wees. 
    Gaan die lyftaal die antwoord op selfbeskerming teen die vyand wees. 
    Uit alles wat `n mens hierbo kan lees, 
    is dit in die liefde vir die vlees,
    waar die dood op die einde oor die lewe gaan heers.
  
  
  Openbaring 576 
    ʼn Opregte klaaglied en berou.
  Dinsdag 4 Februarie 2009 23:50
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
  Judith de Beer
    In ʼn klaaglied hef Sion haar hoop en liefde nou na 
    My toe op. Sy sing: Kyk ek het geval, maar met die 
    hulp van my God staan ek weer op. Ja, Sion treur 
    en ween, sy sing en sê: ek was ontrou, ek het verbrou- 
    O’ help my God en hef my skuld teenoor U nou op. 
    In haar klaaglied toon sy haar berou en sy hef haar 
    hoop na My troon toe op. 
  
    Ja, sy sing en sê: ek het hoereer en ook gespeel 
    maar met die hulp van my Losser staan ek uit my 
    sondes op. Sy smag en vra; O’ my God tel my uit 
    my ellendes tog net op, neem my saam na U heilige 
    berg se top. 
  
    Ek antwoord haar: Na jou, O’ skaaptoring, sal Ek 
    kom. By jou, O’ berg van Sion sal Ek stop. Deur die 
    wêreld was jy verlei en die Satan wou jou leer om My 
    te fop, ja, hy wou jou verblind en vang met sy bose 
    strop. Maar My skape sal jy wees, ja My kudde, My 
    ewig heilige trop. Jou Koning sal Ek wees, saam as 
    een Liggaam sal Ons funksioneer, Ek as die Koning, 
    ja, die heilige Kop. 
  
    O’ Sion Ek self sal jou reinig, met My bloed sal Ek jou 
    was, van elke sonde sal Ek jou skoon kom skrop. My 
    bruid sal Ek self kom klee, met ʼn sluier witter as sneeu, 
    om haar koninklike Goddelike kop. Op ʼn wittebrood sal 
    Ek Sion op My wit perd neem, die ewigheid in op ʼn stywe 
    galop. 
  
    Staan op, staan op, O’ dogter van Sion sodat jy vir My 
    die oes kan dors. Daar is ewig onder die nasies niemand 
    meer wat ooit met jou sal kan mors. Van jou skande maak 
    Ek jou skoon en om jou hals hang Ek ʼn koninklike ketting- 
    om jou bors. Oor die volkere sal jy wees ʼn wetgewer, ja, ʼn 
    koninklike vors. 
  
    En Sion se klaaglied word haar jubellied en sy sing; al het ek 
    geval staan ek weer op. Al was ek in die duisternis, hef my 
    Koning en my God, ja, my Bruidegom my vir ewig altyd op.
  
  
    Openbaring 577 
    Die man van staal en Jan Alleman.
  Woensdag 4 Februarie 2009 16:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Jan Taks loop spekvet rond en skreeu 'kyk ek is kaal' 
    maar ek is die man van staal 
    en vir my naaktheid moet die man op straat maar net betaal. 
    Met belasting op belasting 
    kom hy vir die bodemlose staatskis net haal en nogmaals haal. 
    Die regeringsmenere bars uit hul spekvet naat en heeltemal oorvoed 
    lyk hul almal soos `n volgestopte baal. 
    Gewetenloos maak hul die werkersklas hul slaaf, 
    om vir al hul oorvloed en hul rykdomme te kan betaal. 
    Op stemdag laat hul almal soetsappig vir hul kruisies haal,
    oor en oor lieg hul vir die kiesers grof banaal. 
    Agteraf word daar spottend oor die gepeupel gesmaal 
    en nooit word een van die arme kiesers met hul weelderige funksies onthaal. 
    Maar vir hierdie onthale moet die arme belastingbetaler ook maar net weer betaal. 
    Vir `n infrastruktuur wat die hele bevolking faal, 
    daarvoor moet die werkersklas maar net deur hul nekke voor betaal. 
    Nog uit die hospitale en ook nie uit die skole 
    is daar vir hul enige voordeel uit te haal. 
    Die belastingbetaler moet behalwe vir sy belasting ook vir elke diens betaal. 
    Vir grondbelasting moet hul ook deur die tande betaal, 
    maar om hul eiendom te beskerm het die staat hul ook lankal reeds gefaal. 
    Met belasting op belasting 
    word die belastingbetaler net al hoe meer fyngemaal. 
    Maar die dag het gekom en dit is God se belasting engel 
    wat as oordeel op die aarde neer gaan daal. 
    Rekenskap vir bloedgeld kom hy van die wêreldregerings nou haal. 
    Die regeringsmenere is nou die gepeupel waaroor hy gaan smaal. 
    Die wêreldbeurs raak bankrot, dood en vaal 
    en met waardelose geld waaruit gaan hul nou hul belasting geld verhaal. 
    Waarmee gaan hul, hul verdedigingsmeganisme betaal. 
    Hatig gaan die sekuriteitsmagte nou die regeringsmanne 
    vir verantwoording voor die massas haal. 
    Die kiesers moet hul maar vir die ergste agter hul gekose regerings skaar, 
    die eindtyd oordele is besig om hul almal in te haal.
    Maar elkeen wat op My in plaas van regerings vertrou het, 
    gaan Ek self na veilige hawens kom haal.
  
  Openbaring 578 
    Sterflik of onsterflik.
  Donderdag 5 Februarie 2009 11:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  In `n uittreksel in `n brief aan jou wil iemand die volgende weet: Tydens
    ons huisgodsdiens lees ons in Mattheus 16 v 28 waar die Meester aan sy
    dissipels sê, dat daar sommiges is wat die dood nie sal smaak, totdat Hy
    en Sy koninkryk weer sal kom nie. Dit is nogal `n moeilike begrip om te
    verstaan, omdat ek die woord van die Vader letterlik opneem, beteken dit
    vir my menslike begrip dat daar diegene is, wat al vir meer as tweeduisend jaar 
    die aarde bewandel....
    
    Vir die mens om beter te kan verstaan, 
    wil Ek hul graag liefdevol met die volgende woorde vermaan. 
    Waarom kwel die mens hom oor die lengtespan van sy verganklike liggaam. 
    Klerasie het vir die mens deur die jare gekom en gaan. 
    Wie steur hom nog aan klere uit sy jeug reeds lank vergaan.
    Waarom kan die mens dit nie verstaan, 
    sy vlees is slegs die kleding van die siel terwyl dit oor die aarde gaan. 
    Onverganklik in hul skoonheid is dit die siel en gees 
    wat volmaak voor die Skepper gaan staan. 
    Ewig nooit gaan die mens 
    oor vergane verganklikheid stort `n hartseer traan.
    Onsterflik het elke gees van die oerbegin as `n wese volledig daar gestaan. 
    Ewig, ewig gaan hul in onverganklikheid bly voortbestaan. 
    In die verganklikheid van die vlees 
    word die mens bloot opnuut aan sy nietigheid teenoor die Skepper vermaan. 
    Dikwels kom `n gees in opdrag een of meer keer 
    op die aarde in `n liggaam staan. 
    So het daar uit die profete 
    een of meer in die oertyd al in `n liggaam hier kom staan. 
    Met My lewe hier op aarde het van hul weer langs My Sy kom staan. 
    Vir My wederkoms is hul klaar weer hier 
    om nog `n maal vir My oor die aarde te kan gaan. 
    Of `n begrip nou 'sterflik of onsterflik is, die feit bly staan, 
    almal wat lewe sal vir 'goed of kwaad' ewig bly voortbestaan.
  Openbaring 579 
    Die groot verdrukking kom in bankrotskap. 
  Saterdag 7 Februarie 2009 07:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Daar is baie wat dink die groot verdrukking 
    gaan in die vorm van geloofsverdrukking na die wêreld kom. 
    Maar die geloofsverdrukking het lankal reeds deur geloofsmanipulasie 
    na die mensdom gekom.
    Deur die verskillende beheerrade van die geloofsgroepe 
    was die leuen as die waarheid lank gelede reeds baie goed vermom. 
    Menig skrifstudent het gedink hul is so slim 
    om `n verdraaide woord so goed op te kan som. 
    `n Eens edel suiwer leer is omvorm na `n bose eenwêreld norm 
    en die mensdom se bestaan draai nou tevergeefs daarom. 
    Met `n geloof op dryfsand gebou 
    staan die wêreld voor onvoorsienbare krisisse nou verstom. 
    Deur onoorkombare ekonomiese probleme 
    is dit werkloosheid wat nou as die verdrukker na die mensdom toe kom. 
    Die ellende is besig om soos paddastoele oor die hele wêreld oop te blom. 
    Die wêreld vestig hul hoop op `n industriële en finansiële messias, 
    wat tot hul redding nou moet kom. 
    Hul valse verlosser sit klaar in `n eenwêreld-regeringstoel tot hul ondergang, 
    ja, vir hul om ewig om te kan kom. 
    Maar aanbiddend kyk almal na hom op en hul sê vir mekaar kom ons volg hom. 
    Wondertekens gaan hy nou vir ons doen 
    wat die hele wêreld stil gaan laat staan heeltemal verstom. 
    Satan grinnik in sy mou 
    as `n engel van die lig is hy gekamoefleer, ja, as die antichris vermom. 
    Redeloos soos diere bly die massas in hul troppe ewig dom. 
    So is dit die groot verdrukking 
    wat in bankrotskap in `n volgende fase na die wêreld kom. 
    `n Engel roep: O honger-honger waarom is jy so traag in jou stryd 
    om die mensdom so swaar en tydsaam om te laat kom. 
    Waarom moet jy die mens van sy waardigheid stroop. 
    Waarom eens-trotses om leë asblikke saam laat drom. 
    Ja, hy roep en sê: O groot verdrukking 
    waarom moet jy mense van hul behuising stroop om hul in koue om te laat kom. 
    Hy roep na sy maat en sê: O engel van die dood 
    waarom laat jy massas voor nuttelose hospitale in die strate van `n pes omkom. 
    Waarom skud jy die aardplate 
    sodat deur aardbewings vulkane op baie plekke kan oopblom. 
    Koud antwoord die engel van die dood: 
    Baie het ek om te doen; moet nie as `n struikelblok in my taak oor my pad nou kom.
  Openbaring 580 
    Die Rabbi, die skrifstudente en die gelykenis.
  Maandag 9 Februarie 2009 16:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Eendag het daar oproerig `n klomp skrifstudente 
    mekaar oor die leuen en waarheid probeer vermaan. 
    Elkeen wou die ander laat weet dat dit slegs hy is 
    wat die waarheid kan verstaan. 
    Ten einde laaste het hul na `n baie-baie wyse Rabbi gegaan. 
    Hul wou van Hom weet hoe is die waarheid nou eintlik te verstaan. 
    Hy neem as voorbeeld `n lemoen 
    en laat dit tussen drie persone op `n tafel staan. 
    Vriendelik wil Hy van hul weet wat hul daar voor hul sien staan. 
    Die eerste persoon wat `n voorstander van korrekte feite is sê: 
    ek is `n man van woord en daad, my ja is my ja en my nee is my nee, 
    wit is wit en swart is swart en voor my sien ek een goudgeel lemoen nou staan. 
    Hierop staan die tweede nader en sê: 
    ek is `n filosoof wat in alles die oneindige raak kan sien en voor my sien ek die
    potensiaal van oneindig baie lemoene staan; 
    indien `n mens die pitte sou plant en weer sou plant vir baie bome 
    en daardeur oneindig baie lemoene se voortbestaan. 
    Die derde persoon sê kortaf ek is `n gebruiker ek vra nie veel 
    nog minder verantwoord ek myself en nog veel minder as dit
    probeer ek om iets van al jul onsin te verstaan. 
    Hierop neem hy die lemoen en eet dit op en sê: 
    ek sien niks, maar in my ingewande werk dit fluks.
    Hierna roep die goeie Rabbi nou weer al die studente goedig saam. 
    Hy vra hul kon hul iets van elk se waarheid uit hierdie lesse nou probeer verstaan. 
    Vriendelik nooi Hy hul om nou voor die regte Waarheid te kan kom staan. 
    Hy vertel aan hul die praktiese waarheid is die lemoen wat nou as voeding 
    deur die derde persoon se liggaam gaan. 
    Hy seën hul en Hy sê, geseënd is die een wat sonder wik of weeg 
    die Woord opneem en met vreugde eet, sodat die voeding daarvan, 
    sy siel kan help om dit ewig te kan verstaan.
Openbaring 581 
  God se wonderlike legkaart van liefde.
  Dinsdag 10 Februarie 2009 14:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
  Judith de Beer
  Geduldig stuk vir stuk 
  maak menigeen dikwels `n legkaart oor `n lang tydperk klaar. 
  Met die laaste stukkie wat in sy plek inpas sug die mens en sê; kyk net daar. 
  Hy laat dit raam om vir ure daarna te kan staar. 
  Hy hoop dat sy kinders dit vir komende geslagte sal bewaar. 
  So word ook elke mensekind sel vir sel gebou 
  totdat sy moeder hom op die regte tyd moet baar. 
  Hul leer eers kruip en regop staan 
  voordat hul met kleuter-spoortjies oor die wêreld vaar. 
  Haastig draf hul nou om vader tyd se klok om net die hele tyd te kan verjaar. 
  So kom en gaan ook elke legkaartstukkie vir hulle jaar na jaar. 
  Verlore as `n tiener is dit met `n kop vol drome wat hul in die wolke staar. 
  So kom die regte legkaartstukke ook weer bymekaar. 
  In hul voortplanting is dit die mens 
  wat vir voortbestaan weer `n nuwe kind moet baar. 
  Dikwels dink die mens in die doodskis staan sy laaste legkaartstukkie daar. 
  Van God wil hul ook dikwels weet van hier gaan ons na waar? 
  Vriendelik antwoord die Skepper: Ook Ek is nog nie met My legkaart klaar.
  Oneindig staan My legkaart oor My hele skepping vir julle daar. 
  Ondenkbaar eons werk Ek aanmekaar 
  om dit as erfenis vir my kinders te kan bewaar. 
  Maar staan maar nader sodat Ek My liefdeswerk solank aan jul kan openbaar. 
  Sien die kontoere vir die oneindigheid is klaar reeds daar. 
  Kyk die lug en see, ja, elke stukkie van die goddelike hemel sal jul ook kan gewaar. 
  Daar in die middel van My legkaart 
  staan die nuwe stad Jerusalem voltooid al lankal klaar. 
  My Kind het Ek eens van jul planeet met die wolke weg laat vaar. 
  Maar binnekort stuur Ek Hom weer tot redding na julle daar. 
  Om die laaste kosbare stukke van My legkaart 
  ewig veilig in hul plekke te kan bewaar. 
  Oor die hele ewigheid sal staan My grote legkaart 
  ook uiteindelik ewig kant en klaar.
 
Openbaring 582 
  Die engel van vuur en ys.
  Woensdag 12 Februarie 2009 10:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
    Judith de Beer
  Dit is die vyfde engel wat die ander vier oor sy situasie nou konsulteer.
    Hy vra aan hul; moet ek met nog meer vuur die aarde kom verteer. 
    Miskien moet ek dalk `n bietjie meer koue op die wêreld om kom keer. 
    Aldag weet ek nie so mooi hoe om my grote opdrag van hael en vuur, 
    ja, ys en sneeu te hanteer. 
    Die ander wil nou van hom weet: waarom wil jy jou deur ons laat leer. 
    Met ys en vuur hoef jy jouself in hierdie tye glad nie te beheer.
    Deur kataklisme kan jy die mens so veel jy wil maar `n les kom leer. 
    Sou dit jou behaag mag jy maar met hul die gek ook skeer. 
    Die engel dink nou diep en sê; deur al my werke wil ek God net eer. 
    Met vuur en ys wil ek die grootste gruwelplekke nou verteer. 
    Daarom sal ek my blitsig nou om die aarde keer. 
    Wee die land wat ek volgende `n les gaan leer.
  
Openbaring 583 
  Te laat gaan jy jouself blameer.
  Donderdag 12 Februarie 2009 09:10 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
  Judith de Beer
  So keurig moontlik vir julle om te kan verstaan. 
    Probeer ek van vroeg tot laat jul met woorde te vermaan. 
    Sodat jul die laaste houvas op die sondes kan verslaan. 
    Hemelwesens in rou is besig om oor menig verlore siele te stort `n bitter traan. 
    In die selfverwyt gaan daar niemand wees behalwe jouself om te kan blaam. 
    Menig jaar het ek die geslag van Noag stiptelik oor hul einde vermaan. 
    Met elke spyker, elke plank in die ark het die oordeel al hoe nader aan hul gestaan. 
    My werkers het van vroeg tot laat geroep om hulle te vermaan. 
    Maar laggend het daardie geslag hul gespot en met harde woorde terug geslaan. 
    So word hierdie geslag met goed gekose woorde die hele tyd deur My vermaan. 
    So roep die Woord en sê kom weg daar 
    waar jul op die rand van die ewige afgrond staan. 
    Maar woedend roep die mense en sê; 
    ons sal ons nie deur hierdie woorde laat vermaan. 
    In die oordele oor die wêreld 
    probeer Ek nou desperaat om die volkere te laat verstaan. 
    Maar daar is niks maar niks wat hul tot hul redding wil verstaan. 
    In die laaste vyf van eenhonderd en twintig jaar 
    het Ek die geslag van Noag intensief vermaan. 
    Maar te laat het die menigtes voor die ark se geslote deure gaan staan. 
    Die tyd is hier en vinnig is `n tydvak besig om in sy laaste fase te vergaan. 
    Die meeste van jul waarskuwingstyd is ookal na die maan. 
    Maar wêreldwyd is daar baie min wat dit wil verstaan. 
    Selfs in die uitverkorenes se midde 
    is hul besig om mekaar jaloers met tweespalt te verslaan. 
    Wie is daar wat in hierdie tye vir My onwrikbaar saam gaan staan. 
    Nie eers die genooide gaste kan die erns van hierdie laaste tyd verstaan. 
    Tot hul skande 
    kan hulle hul nie eers oor die smeekrede van hul grote Vader skaam.
  
  
  Openbaring 584     
    Die verskriklike omvang van die onrein gruwel.
  Donderdag 12 Februarie 2009 21:00       
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za  
  
  Judith de Beer
  `n Uittreksel vanuit `n brief aan jou lui as volg: 
    In openbaring 565 staan van die onrein gruwel, kan jy dalk meer inligting 
    gee wat dit behels.
  
    Antwoord: 
    Wee die vroue wat in daardie dae swanger sal wees en soog, maar geseënd 
    is die onvrugbares omdat hul in komende tye hul vrug sal dra. 
    Maar geseënd is sy wat die goddelike vrug dra, op die vlerke van `n arend
    sal sy na veiligheid gedra word. 
    Die onrein gruwel sou in hierdie dae so `n verskriklike efek op alles 
    en almal uitoefen dat indien daar nie `n heilige verseëling sou plaasvind nie, 
    geen vlees dit op hierdie aarde sal kan oorleef nie. 
    Satan self kom in hierdie dae tot sy volle bose wasdom en sal manifesteer 
    in elke denkbare faset waar die Gees van God nie teenwoordig is nie. 
    Die realiteit omtrent hierdie gruwelheerskappy gaan so geweldig wees, 
    dat dit nie moontlik is om `n voorstelling daarvan te maak nie. 
    Die groot gruwel is te vergelyk met `n man wat homself in `n digte woud 
    bevind maar nie die vermoë het om die bome van die bos te kan onderskei nie. 
    Net so het hierdie wêreld in een enorme gruwel ontaard. 
    Die mens kan nie meer tussen goed en kwaad onderskei nie. 
    Oorwonne as `n willose slaaf, staan die mens vasgevang onder die ergste 
    denkbare magspel van die bose. Sodoende het die mens sy grootste geskenk, 
    naamlik die Godgegewe vryheid vir ewig verbeur. 
    Tot en met hede het alles, hoe verdorwe ookal nog, op die een of ander manier, 
    willekeurig of onwillekeurig, onder die werksamige organisasieorde 
    van die goeie Skepper gefunksioneer. 
    Maar met die manifestasie van die groot gruwel, te midde van dit wat veronderstel 
    was om heilig te wees, onttrek die Heilige Gees Homself van hierdie wêreld.
    'n Godverlatenheid wat niemand homself kan voorstel nie, kom in die
    vorm van die grootste verskrikking ooit oor die hele wêreld. 
    Die Gees gaan slegs te vinde wees in die harte van die verseëlde uitverkorenes, 
    ja, tydens hierdie tydperk tree daar `n tyd in wat ongeëwenaar in sy soort was, 
    of ooit weer sal wees. 
    Engelgeeste sal ononderbroke aktief in opdrag van Elohim beskermend 
    om die heiliges, ja die verseëldes, wat hulself nog in die vlees bevind, wees. 
    Sonder hierdie voorkomingsmaatreël sou niemand hierdie laaste verskriklike fase 
    kon oorleef nie. Om hierdie gruwel, wortel en tak, van hierdie aarde uit te roei, 
    gaan die aarde deur `n reinigingsproses gaan, wat geen lewende wese 
    of organisme onaangeraak gaan laat nie. 
    Maar soos in die dae van Noag gaan `n sekere aantal mense 
    deur die genade van God, onder veiligheid gebring word, vanwaar hulle weer 
    op die regte tyd oor die aarde versprei sal word, om as aartsvaders en moeders, 
    in `n nuwe vredestydperk, hul rol te kan vervul. 
    Dit wat onvrugbaar was, sal vrugbaar wees en vrug in oorvloed dra en die dae 
    van hul lewe sal so wees, dat hulle hul kinders se kinders,
    geslagte lank sal kan sien opgroei, in die weë van die Allerhoogste Skepper, 
    in `n duisendjarige vredesryk.
Openbaring 585 
  Satan se oplossing vir wêreldmense, teen God.  
  Maandag 16 Februarie 2009 10:30 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
    Judith de Beer
  In `n eendenkende rigting het Satan homself listig as `n eenwêreld god verklaar. 
    In wêreldeenheid leer hy die massas sal ons elke probleem op kan klaar. 
    In een taal waar in ons mekaar tog so maklik kan verstaan. 
    Bou ons `n eenheidsryk oor die aarde vir alle tye ongeëwenaar. 
    Om alles te vergemaklik plaas ek binnekort vir die mensdom `n eengeldstelsel daar. 
    Om so elke probleem vinnig in `n kits op te kan klaar. 
    Elke oordeel van God sal ons nou vreesloos in die gesig kan staar. 
    Die toring van Babel bou ons in eenheid ook nou vir eens en altyd kant en klaar. 
    Kyk alles wat God jul bied gee ek, Satan, jul ook oorvloedig daar. 
    As plaasvervanger vir die Heilige Gees staan `n kerk om elke hoekie vir julle daar. 
    Maak die vrees vir jul godverlate toestand julle moeg en klaar, 
    kan julle in valse hoop en euforie 
    na my selfaangestelde predikante daar gaan staar. 
    So staan daar nou in `n reuse poppekas die bose gruwelraamwerk kant en klaar.
    Willoos hang daar biljoene poppe aan hul toutjies vir Satan daar. 
    Sielloos en dood is hul oë wat vir hul opdragte na hul bose poppemeester staar. 
  
  
  Openbaring 586 
    Ons was tot vervelens toe dringend vermaan.
  Dinsdag 17 Februarie 2009  08:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Verward en eensaam is daar menigtes wat nou droewig om hul staar. 
    Hul roep en vra; O waar kan ons net iets van ons God gewaar.
    Alles wat die wêreld bied stem ons  tog so uiters diep beswaard.
    Oral oor die wye wêreld heen word daar net smart en pyn gewaar.
    Nêrens is daar wet en orde waar ons vir gemoedsrus en veiligheid ons kan skaar.
    Waar ons ookal kyk is dit net satansgruwel wat ons om ons gewaar.
    In ons goeie tye het ons die liefdesband met ons God nie bewaar.
    Maar lojaal het ons, ons by alles wat die wêreld bied geskaar.
    Terwyl die menigtes nou magteloos om hul heen vir redding staar.
    Is daar in die verte ‘n ark van redding of is dit nou ‘n kleine menselaer 
    wat hulle daar gewaar.
    Opgewonde wil hul nou haastig daarheen gaan om hul by hierdies te kan skaar.
    Maar as struikelblok kom staan daar in hul weg ‘n oordeelsengele skaar.
    Aan hul word vertel 
    die heiliges het hul lojaal deur wêreldspot en nyd vir God bewaar.
    Die engele verwyt en sê; 
    Die breë weg van gruwel wou jul met mag en mening die hele tyd net baan.
    Agter elke hartstog het jul sonder wik of weeg hals oor kop heen gegaan.
    Maar hul treur en sê; niemand sien ons ween, ja, ons spyt en ook ons bitter traan.
    Van vroeg tot laat word ons op elke oorlewingsgebied meedoënloos net geslaan.
    Waar kom in hierdie dae ons redding en ons hulp vandaan.
    Alle wêreldpogings word voor implementering tot mislukking reeds geslaan.
    Deur die Woord van God was ons van vroeg tot laat, 
    ja, tot vervelens toe dringend vermaan.
    Maar eiesinnig het ons by dit wat die wêreld bied lojaal gestaan.
  
  
    Openbaring 587
  Ek is U minnelied, en U hooglied.
  Vrydag 20 Februarie 2009 15:30
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
  Judith de Beer 
    Nog ’n bietjie sluimer nog ’n bietjie slaap, 
    deur die leuen is die hele wêreld aan die slaap gesus. 
    Die skrif staan met neonletters teen die globale muur 
    maar die wêreldpopulasie voel houtgerus. 
    Satan jubel en hy juig terwyl hy selfvoldaan getuig; 
  “kyk my reuse buit self gevang deur my bose lis.” 
    In hierdie tyd sug daar wanhopig menig baie kind. 
    Hul fluister soveel duister wat die kosbare lig verdring. 
    So graag wil ons tot eer van God ons lied van die lewe oor die aarde sing. 
    Met ons hart in ons hand wil ons dit as liefdesoffer na Sy troon toe bring. 
    Uitbundig wil ons ons lied oor alle heelalle uit laat kring. 
    Oor ons sonde-toestand het ons ewig klaar ons hande wanhopig saamgewring. 
    Ja, vrolik wil ons sing, 
    kyk sondaars staan as goddelike kinders nou om U in ’n kring. 
    Op die pieke van die aarde op ’n toppunt van ’n berg 
    daar waar die aarde en atmosfeer mekaar liefkosend kus. 
    Daar waar die liefdesgees in ’n Koel Bries oor die aarde trek as ’n ligte mis. 
    Onseker staan verskuil Sion daar in ’n digte nis. 
    Sy prewel en sy pruil; “My bruidegom hoe lank moet ek U nog mis. 
    Ek is U minnelied, ek is U hooglied, en U is my groot Ek Is.”
    Maar wat die kleine Sion nou eenmaal net nie kan wis, 
    is dat sy die hartklop van die grote Elohim is. 
    Lank genoeg het die Bruidegom sy bruid oor haar huweliksdatum laat gis. 
    En die aarde juig 
    terwyl die heelalle hulself binnekort voor die goddelike huwelikspaar gaan buig. 
    Staan nou nader die wat ewig gaan saamtrek in Melgisedek se tuig. 
    Ja oorverdowend kom van Sionsberg die engeleskare se gejuig. 
    God en Sion wat in huweliksbelofte vir mekaar koketterig die knieg nou buig 
    om ewig van mekaar en die goddelike liefde te kan getuig. 
  
  
  
  Openbaring 588 
    Ja op die wysheidsvlerke van die arendsrug 
  Saterdag 21 Februarie 2009 9:15
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
    Die weg van aardse vlees is deur die ewigheid berug.
    Die werke daarvan is meeste van die tyd net ’n dooie vrug. 
    Die mens streef daarna om tussen goed en kwaad sy eie opinie te kan lug.
    In die heerskappy van die vlees 
    is dit die begeerte wat die kennis uit die siel uit wurg. 
    Maar die kind van God is toegerus met moed en durf tot in hul diepste murg.
    Deur hul sfeer word sondaars weer gebring na die Messias-brug.
    Op die wysheidsvlerke van die arendsrug 
    bring ek Sion op haar nooiens vryheidsvlug. 
    Tussen Elohim en sondaar word die duister kloof deur die Lig oorbrug. 
    Vlees en gees sal in eenheid met hul siel nou salig sug.
    O Sion ewig bring ek jou na die wysheidspieke van My berge terug. 
    Wyd oor die oneindige ewigheid sweef nou hierdie blye gerug. 
    Aan die hand van sy broer is die verlore seun op pad na sy Vader terug. 
    Ja op die wysheidsvlerke van die arendsrug 
    bring Ek deur Sion al My eiendom na My toe terug. 
  
  
  Openbaring 589 
    Oor die aarde klap ’n sweep.
  Sondag 22 Februarie 2009 7:30
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer 
    Oor die aarde klap ’n sweep wat alles oop kom klief. 
  ’n Stem wat roep en vra: waarom behandel julle dit wat heilig is so stief? 
    In een stem antwoord ’n bose wêreld nou diep gegrief. 
    Uit die mond van die Skepper word ons minagtend mos gespuug, 
    daarom staan ons teenoor elke goddelike geliefde nou baie aggressief. 
    Toornig sarkasties sê hul; spaar ons daarom tog die melodrama asseblief. 
    Elke naam van die heiliges 
    word mos agter slot en grendel bewaar in die hemel-argief. 
    Terwyl ons in Hades ewig moet gaan staan in die grootste ongerief. 
    Maar ’n kodeskrif staan daar ook vir die bose kind 
  ’n boodskap geskryf in hiëroglief. 
    En binnekort behandel ons alles wat heilig is ondenkbaar baie stief. 
    Onheilspellend is die donderweer wat met bliksemstrale 
    die aarde nou oop kom klief. 
    Terwyl ’n engel roep en sê: Wee o wee, 
    vir ’n bose wêreld kom daar ekonomies nou die grootste ongerief. 
  
  
  Openbaring 590 
    Vir jul verbastering is daar geen verskoning.
  Maandag 24 Februarie 2009 22:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
    Groot die verskrikking wat wag op die wêreld en veral die stedeling.
    Vasgevang en omring deur die oorweldigende stank van ontbinding. 
    Versteek in riool pype sit menig verskrikte man, vrou en kind as verstekeling.
    Kermend kom vanuit ruïnes van wat eens wolkekrabbers was 
    die hulproep van `n beseerde enkeling. 
    Al sirkelend kring voëls van die hemel 
    om stede van die dood vir voedsel tot vertering. 
    Globaal sak menigtes vreesbevange op die aarde neer in aanbidding. 
    Maar nêrens vind hul troos en hulp vir hul tot enige verligting. 
    Wenend in hul verskrikking smag hul nou na enige vorm van bekering. 
    In die ergste kataklismes aan die mens bekend 
    val menigtes ten prooi `n oorkoepelende verrotting. 
    Vir die aarde tot ewige herwinning deel alle materie die lot van die ontbinding. 
    Maar die groot Tuinier het `n edeltakkie deur Sy eie hand in versnitting, 
    opsy gesit vir Sy ewige eksklusiewe besitting. 
    Geslagte lank is onopsigtelik `n suiwerloot ingeënt 
    op die wilde-wêreldbos vir hul veilige beskutting. 
    Die tyd het gekom om die nuttelose kaf te skei van die edel koring. 
    Ja, die tyd het gekom om `n suiwer bloedlyn te bring, 
    na die woning van hul ewige Koning. 
    Getrou aan haar suiwerheid staan die dogter van Jerusalem nader 
    vir haar ewige beloning. 
    Sy kyk na haar susters en sê: Vir jul verbastering is daar geen verskoning. 
    Onsuiwerheid kan dit self nooit weer tot suiwerheid bring. 
    Ja, nie eers deur die heel beste proses of kloning. 
    Vanuit `n wêreldbasterras neem die groot Tuinier 
    deur middel van die beste versnitting,
    weer die delikate fyn edeltakkie 
    en ent dit weer op die boom van goddelike oorsprong, 
    tot voordeel van die oneindigheid se beskutting. 
    Op die bodem van die aarde ontstaan daar `n fisiese en geestelike skudding. 
    Oneindig wyd die saligheid van die leërskares se verrukking. 
    In die palm van die Skeppershand lê vir `n ondenkbare oes 
    die suiwerste korrel van die mees edelste koring. 
    Weer word `n nuwe goddelike kind gebore vir die Messias ewig tot `n woning
Openbaring 591 
  Nou is daar menig selfmoord-springer.
  Woensdag 25 Februarie 2009 07:10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Waar O waar is nou die wêreld se bose Mammon-gelukbringer. 
Die aandelemark ry wipplank op om net te val. 
Nou is daar menig selfmoord-springer. 
Oor die hele wêreld klink nou swartgallig 
die lied van Satan se bose demoniese singer. 
Soos bure wat die heeltyd kwaadwillig na mekaar wys 
met `n beskuldigende vinger. 
Word daar wêreldwyd op die nuusbulletin 
nou oor en weer van mekaar geskinder. 
Hul sê; kyk hierdie of daardie land se geld word net al hoe minder. 
Nou poog hul om ons op elke ekonomiese gebied 
met in en uitvoer die heeltyd te verhinder. 
Die wêreld wys nuusflitse van Afrika se ondervoede kinders. 
Hul vertel mekaar die stomme goed is maerder as die dood so tinger. 
Hul sê deur pes en vigs raak hierdie kontinent se populasie 
stadig maar seker net al hoe minder. 
Hul sê deur Afrika se onvermoë 
is dit hulle wat die wêreld in sy ekonomiese groei so hinder.
Soos `n sprinkaanplaag baar hul net al hoe meer nog honger kinders. 
Daardeur raak die graan in die wêreld silo’s net al hoe minder. 
Maar woedend wys die armes op hul beurt na die rykes 
hul beskuldigende vinger. 
Hul sê hierdies wou mos die heeltyd van die een rykdom 
na die ander fladder soos `n vlinder. 
Agter `n bak hand wil niemand meer diplomaties beskaafd 
van mekaar meer skinder. 
Openlik vyandig wys die moondhede na mekaar 
nou ook die beskuldigende vinger. 
Satan lag terwyl sy lied oor die wêreld weerklink 
uit die mond van sy demoniese singer. 
Ja, hy lag terwyl hy die wêreldbevolking na hom in Hades gebied
met sy gekromde wysvinger. 
Op hierdie noot begin die aarde weer droewig
om haar eie wentelbaan te slinger. 
Die oordeelsengele sê: 
Daar is niks meer oor wat ons nou in ons taak verhinder. 
Versnel die tyd draai nou vinniger die heelal horlosie se slinger. 
Trek die beskermingslaer om God se kinders in al nouer kringe.
Kom ons blaas in hul midde die ramshoring 
en bring na vore hul heel beste koordansers en hul sangers.
Sodat hul aan Elohim die hoogste lof en eer 
as suiwer offer nou nader kan bring. 
Daar is niemand onder die heerskappy van Lucifer 
wat die naderende oordele oor die wêreld nou langer meer kan verhinder.
Openbaring 592 
Die spieëlbeeld van God.
Dinsdag 26 Februarie 2009 07:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Judith de Beer
Die mens is die heeltyd op soek na die een of ander wonderwerk of teken,
maar juis is die totaliteit gekonsentreer as `n teken, in die kleine nietigheid 
van die vleesgebore mens. So het daar eens lank voor alle tyd se ontstaan 
hemelwesens aan Elohim gevra: toon aan ons U self vanuit U onuitspreeklike, 
onaanskoulike liefdeslig, al is dit deur `n teken, sodat ons U beeld vas kan vang, 
om dit so te kan bewaar, vir elke oomblik in U oneindigheid waar ons na U verlang. 
Die groot Pottebakker het besluit; 
uit die kleine aarde se klei sal Ek vorm iets soos MY. 
Met My eie gees sal Ek dit toerus om in die oneindigheid as My verteenwoordiger 
te kan staan dig teenaan My Sy. 
So sal Ek ewig deur hul mond My grote liefde aan My hele Skepping kan bely. 
Maar die gevalle seun van lig het hatig hierdies hul posisie beny. 
Listig het hy hul in sy bose dooie donkerte in laat gly.
Maar die goeie Skepper het besluit hierdie kosbare D.N.A stukkies van MY,
kan Ek ewig nooit in die duisternis laat agterbly. 
Daarom sal Ek self in die materiële beeld van My gaan bly. 
Aan `n vloekhout sal Ek die grootste pyn 
tot redding vir My kosbare bloudruk gaan ly. 
Ek sal hul leer om deur My gestorte bloed tot ewige oorwinning te kan stry. 
Die hele oneindigheid was oor hierdie grootste teken nou baie bly. 
Oor die hele oneindigheid het die lig geweet om die duisternis te alle tye te vermy. 
Maar nou kom staan in hierdie tyd die grootste teken ook voor My. 
Hul vra so baie mooi aan My, toon U self weer aan ons 
en maak ons harte daardeur baie bly. 
Ek vra aan hul waarom hul so lankal die spieël met My beeld daarin so vermy. 
By hul hand neem Ek nou hierdie kosbare bloudruk stukkies van My. 
Ja, Ek neem hul na die groot goddelike spieël en sê: 
Kyk nou daarin jul kleine verlengstukkies van My, 
in die spieëlbeeld voor jul sien julle die heeltyd nog net vir MY.
 
  Openbaring 593 
    Die tyd het gekom vir die doodsklok.
  Vrydag 27 Februarie 2009 13:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  In trotse hoogmoed staan die hele wêreld nog steeds verwaand. 
    Daar is niks maar niks wat hulle net so `n bietjie kan beskaam. 
    Trots sê hul daar is geen oordeel hoegenaamd wat ons ooit kan kom vermaan. 
    So spaar die moeite om ons iets oor die eindtye te laat wil verstaan. 
    Vir elke oordeel wat daar oor die wêreld ontstaan. 
    Daarvoor het ons lankal reeds deur die slimme wetenskap `n plan beraam. 
    In lang lyne kom vele mense nou voorkomend vir entstof staan. 
    Die vrees vir moordkieme het by die meeste mense reeds lankal weggetaan. 
    Voorspel `n doemprofeet `n aardbewing gaan daar oor die aarde gaan. 
    Antwoord die wêreld rustig: 
    Deur die rigterskaal word ons betyds teen vloedgolwe vermaan. 
    Die wêreld spot en sê daar is geen grote God wat ons regtig teen kom staan. 
    Vir elke kataklisme, ja, vir elke noodtoestand 
    het ons voorkomend lankal reeds `n plan beraam. 
    Die wêreld lag en sê dalk is die oordeelsengele lui 
    of dalk is hulle net `n bietjie skaam. 
    Miskien is hul spiere te sag om behoorlik hard te kan slaan. 
    Hoe dit ookal sy ons is magtig en laat ons nie deur ouvroustories kom vermaan. 
    Binnekort laat ons ook elke doemprofeet weet waar hulle met ons gaan staan. 
    So raak die lankmoedige geduld van die Skepper 
    met `n bose wêreld nou ook gedaan. 
    Hy laat aan elkeen van Sy werkers weet 
    draai nou heeltemal oop elke oordeels kraan. 
    Laat daar niks meer wees wat in versagting in julle arbeidsveld kom staan. 
    Open die watersluise van die hemel en laat daar baie weerlig op die aarde slaan. 
    In vuur en nogmaals vuur 
    moet die mens die waarskuwings van God nou begin verstaan. 
    Open die hemelweg van die maan se baan, 
    sodat groot getygolwe die stede langs sommige kuste kan stukkend slaan. 
    Laat daar oor die een helfte van die aarde die ergste vuur en hittegolwe gaan. 
    Oor die ander helfte moet die drinkwater vries in menig baie kraan. 
    Laat ook die kos en brandstofpryse opskiet sodat niemand dit meer kan verstaan. 
    Versterk die pes en laat dit oor die mens en dier se vlees nou gaan. 
    Laat die waters van die aarde in verrotting bitter alsem oor die planeet nou staan. 
    lank genoeg is die wêreld populasie oor en oor vermaan. 
    Maar skoorvoetend het `n wêreld minagtend voor God kom staan. 
    Ja, die tyd het gekom 
    en dit is die doodsklok wat daar nou oor die oppervlakte van die aarde slaan.
  Openbaring 594 
    Satan was nog altyd selfgesentreerd en laak.
  Saterdag 28 Februarie 2009 10:30 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  Judith de Beer
  Laggend praat die duiwel met homself en sê: 
  Binnekort sit ek die hele wêreld met een skuif in skaak. 
  Hy tik homself selfvoldaan op die skouer en sê: 
  Die hele wêreld lê vir my tot `n oes nou oop en braak. 
  Ja, binnekort laat ek hordes op hierdie wêreld staak. 
  Maar Mammon vra: Ek is jou bondgenoot waarom neem jy nou op my jou wraak. 
  Satan lag en sê: Niemand weet beter as jy 
  elke daad van my was nog altyd selfgesentreerd en laak.
  Oorbodig raak ook jy nou binnekort in jou eens grote taak. 
  Daar is niks wat jy of enige iemand kan doen omtrent hierdie saak. 
  Maar hierna frons die duiwel en sê: al wat my nog so `n bietjie pla, 
  is `n kleine pion wat onopsigtelik maar gevaarlik waak. 
  Alles werp ek in die stryd en kort voor lank stel ek hierdies ook aan die kaak. 
  Vir die mensdom is daar niks meer oor wat hul kan doen 
  om die lewe `n bietjie beter te kan maak. 
  Van vroeg tot laat, ja, van soggens tot saans
  is al wat leef en beef besig om stukkend te skeur. 
  Oor al die goedheid wat hul eens nie kon waardeer, 
  is hulle nou besig om droewig oor te treur. 
  Hul kla en sê waarom moet al hierdie slegte dinge die heeltyd met ons gebeur. 
  Ons het tog dikwels probeer 
  om van die heel slegste sondes afkeurend weg te beur. 
  Maar onder `n swaar selfopgelegde wêreldvrag 
  moet hierdies maar net moeitevol voortbeur. 
  Maar aan My moedige kleine pion stuur Ek `n boodskap om hulle nou op te beur. 
  Daar kom `n tydperk waar die aarde sal rus van elke vorm van Satan se terreur. 
  Daar sal niemand meer wees wat oor enige onreg sal treur. 
  `n Kleine kleuter sal homself met `n eens giftige slang vermaak.
  Niemand sal hul daaraan steur of daaraan dink 
  om so `n kleintjie te beskerm of te bewaak. 
  Die leeu sal saam die lam wei sonder om hom in leed aan te raak. 
  In hierdie vredevolle tyd word alle oorloë en rusies vir ewig gestaak. 
  Ja, niemand gaan meer teenoor iemand staan boosaardig en laak.
  Soet sal wees die mens se slaap, ja, so volmaak die vaak. 
  Sodat Jakob se droomgesig in sy nakomelinge kan ontwaak. 
  Engele sal met `n wysheid geestesleer 
  tussen hemel en aarde volbring hul goddelike taak. 
  Geen bose sondes meer om te kom staan vir die duiwel se saak. 
  Vir `n duisend jaar word Lucifer gebind as die eindtyd draak.
Openbaring 595
  Die Bybelse vrou Rut en haar bloedlyn.
  Sondag 1 Maart 2009 06:30 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de beer
    Jy kom met die volgende vraag na My en wil meer weet omtrent die Bybelse
    vrou Rut asook haar bloedlyn, wat deur baie gekoppel word aan die
    Moabitiese volk. Terwille van `n bietjie gesonde oefening vir die brein,
    sowel as die ontwaking van die gees, beantwoord Ek jou vraag met die
    volgende veronderstelling en ook `n teenvraag: Ter inleiding herinner Ek
    jou ook net weer daaraan dat in die opgetekende oorlewinge van die 
    oer testamentiese figure, sover terug soos tot en met Abraham en selfs
    verder, het hierdie manne as gevolg van hul rondtrekkende nomadiese
    bestaan, vir hulself vroue, tot voortplanting van hul saadlyn, vanuit hul
    eie bloedlyn, uit ander landstreke gaan werf. 
    Wat terselfde tyd `n aanduiding is dat hierdie spesifieke bloedlyn reeds lank gelede 
    oor `n wye gebied verspreid was. 
    Maar om terug te keer na jou vraag en die hede: Neem as `n voorbeeld jouself. 
    Meer as driehonderd jaar gelede het jou voorouers, hulself hier aan die 
    Suidpunt van Afrika kom vestig. `n Paar eeue later probeer jy 
    ter nagedagtenis van hulle, en terwille van die nakomelinge, desperaat 
    om jou oorspronklike identiteit te behou en sodoende klassifiseer jy jouself 
    onder die vaandel van die Boervolk, om die suiwerheid van jou bloedlyn 
    daardeur te kan bewys. Maar die res van die wêreld beskou jou na meer as 
    driehonderd jaar as `n goed gevestigde Afrikaner, boonop toegerus 
    met `n eie taal, wat nie net vir julle nie, maar ook onder ander bevolkingsgroepe, 
    onder Afrikaans, as `n kommunikasie taal dien. Onder die huidige politieke stelsel 
    word dit nog `n stappie verder gevoer en almal in hierdie landjie 
    anderkant die riviere van Kus, word nou onder een oorkoepelende sambreel, 
    as `n een reënboognasie geakkommodeer. 
    Veronderstel nou jou ridder op sy witperd maak sy verskyning
    vanuit een van die Saksiese volkere, vanuit jou oeroorsprong. Hy maak jou
    sy bruid om net `n paar jaar later sy tydelike aardse woning met die van
    die ewige te verwissel. Jou seer geliefde skoonma, wat haar ook in die
    tussentyd by julle gevestig het, besluit deur die verlies van haar geliefdes 
    nou verbitterd, om terug te keer na die land van haar oorsprong.
    Jy besluit om saam haar te gaan na `n land wat baie geslagte gelede die
    vaderland van jou voorsate was. Jy verwittig haar nou ook daarvan met die
    volgende bekende woorde: ek gaan waar u gaan, u volk is my volk en u God
    was nog altyd my God. So gesê so gedaan en kort voor lank arriveer julle
    in die land wat in die toekoms ook jou land sal wees. Spoedig begin die
    bure die nuwe intrekker druk te bespreek en jy word sonder omhaal die vrou
    van donker Afrika genoem en heel moontlik gaan daar oor `n paar geslagte
    heen, na jou verwys word, as die donker vrou van Afrika. Nou vra Ek jou:
    Wat maak hierdie stelling nou van jou, en watter groot implikasie kan dit
    nie hê op jou suiwer oeroorspronklike bloedlyn nie. 
    Daarom antwoord Ek jou: 
    Dink daaroor en antwoord jou vraag in volle eerlikheid nou aan jouself.
  Openbaring 596 
    Die vissers van Satan.
    Maandag 2 Maart 2009 07:00 
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
      
      Judith de Beer
      Halsstarrig hou die menigtes hulself nou eenmaal dom en blind. 
      Deur massa manipulasie laat hul hulself so maklik bind. 
      Vir variasie waai hulle van die een na die volgende voorgeskrewe geloof 
      so koersloos soos die wind. 
      Om nooit dit waarna hulle hunker in werklikheid te kan vind. 
      Deur geloofstrukture laat hul hulself deur onbreekbare kettings bind.
      Voorgeskrewe sisteemraamwerke hou hul siel ewig in `n gevangenis gebind.
      Om ewig nooit die goddelike vryheids wysheid te kan vind. 
      In die duister wêreldkerk(ers) hardloop menigtes sonder enige vryheid 
      die heeltyd in hul eie selfgeskepte mure in. 
      Vir hul siel tot verlossing is daar in hierdie tronke geen vryheid te vind. 
      Hul geestelike leiers merk die vryheidsvlug van God se kind. 
      Onvergenoeg vind die wêreld se geestelike leiers 
      die vryheidsvreugde van hierdies ook glad nie na hul sin. 
      Slu poog hul daarin om die vryheidskind
      in hul drogleerstelling vas te kan bind. 
      Deur bose lokaas probeer hul om die vrye adelaars 
      in `n vanghok te laat klim.
      Ge-eikte bybelversies laat hul nou aan hul bose hoeke bind. 
      Op Internet en traktate, ja, oral gooi hul die aas 
      om die goddelike kennis te kan verwring. 
      Deur herhaling probeer hul deur breinspoeling 
      om die mense aan hul leerstellings vas te bind. 
      As vissers van Satan probeer hulle 
      om die vrye kind van God vir die hel te win.
Openbaring 597 
  Alle politieke partye lieg met leë beloftes.
  Dinsdagoggend 3 Maart 2009 05:45
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
  Judith de Beer
  Wanneer kry die mens ooit eendag `n bietjie insig en verstand. 
    Ja, wanneer leer die mens ewig nooit loop God en politiek hand aan hand. 
    Deur onnoembaar baie politieke maneuvers sit die mensdom nou in drek gestrand.
    En oproerig oor hierdie situasie 
    raak die hele wêreld binnekort aan die brand. 
    Al wat regering is, is reeds totaal bankrot, ja, finansieël gestrand.
    Maar met leë beloftes 
    lieg elke politieke party vir hul ondersteuners altyd nog net blatant. 
    Die politieke slagspreuk lui: Gee ons julle ondersteuning 
    en onder ons regering in jul beurs het jul binnekort meer geld 
    aan die einde van die maand. 
    Ja, hulle lieg en sê: Gee ons julle kruis 
    en sonder misdaad wandel julle kort voor lank weer veilig in die aand. 
    Die leiers van die verskillende politieke partye lig hul lip. 
    Hul knor en wys mekaar nou hul gevaarlike tand. 
    Hul hap na die nie- gerigestreerde 
    en insinueer; sonder die trek van jul kruis is jul vir ewig gestrand. 
    Wat het julle in elk geval oor, 
    deur die politiek het jul reeds alles verloor- ook jul land. 
    So poog elke politieke party om God te speel 
    oor mens, dier, see en land. 
    Hul sê: Onttrek julle laaste bietjie geloof van God 
    en kom smee met ons `n smerige politieke band. `    
    Hul lieg en sê: Na julle belange sal ons kyk 
    solank jul net jul siel vir die wêreld verpand. 
    Maar in Hades raak hierdies kort voor lank 
    ewig in hul eie politieke wellus gestrand. 
    Ja, in `n wêreldbrander verdwyn vinnig 
    elke wêreld politieke naam, 
    kortstondig geskryf in die wêreld se sand. 
    Die paar wat nie deel het aan die wêreld
    sal hand aan hand, ewig met My saamstap 
    aan die oneindige hemelwand.
Openbaring 598
  'n Mummie met 'n papegaaikop.
  Woensdag 4 Maart 2009
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
  
    Judith de Beer
    Die volgende eienaardige tafereel speel in 'n visioen voor my af. 
    Ek sien 'n mummie met 'n papegaaikop geklee in 'n outydse Romeinse rok. 
    Hy staan in die pous se plek en herhaal die woorde wat sy wêreldordemeesters 
    hom voorsê. Sy aanhangers hang aan sy lippe en op hulle beurt herhaal hulle 
    goedkeurend weer alles wat hy sê. 
    Eenkant in die lug hang 'n engel en herhaal weer wat hulle sê met dié verskil 
    dat hy die woord "vals" voor elke woord invoeg. 
    So klink die woorde van die eerste mond tot die laaste. 
    Oplossings, oplossings, oplossings, valse oplossings. 
    Vrede, vrede, vrede, valse vrede. 
    Genesing, genesing, genesing, valse genesing. 
    Hierna vat die engel alleen die woord, waarop hy namens almal praat en sê: 
    Dood, dood, dood, daar is geen valse dood, 
    die hele wêreld word van nou af van alles gestroop.
  
  
  Openbaring 599 
    Vergeef ons maar en draai jou wang.
  Woensdag 4 Maart 2009 19:00
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
    Judith de Beer
    Tussen twee geliefde broers was daar eens 'n ernstige geskil aan die gang. 
    Terwille van die liefde en die vrede 
    draai gedwee die een vir die ander een sy wang. 
    Hy laat vaar sy eie plan, sy voorkeur en sy drang. 
    Geduldig laat hy sy broer in liefde gaan sy gang. 
    In skaamte laat die ander een sy kop nou hang. 
    Weg is al die tweespalt, ja, die nyd, die nare rusiedrang. 
    So het Ek ook my leerlinge eens kom leer om in broederskap 
    haat met liefde te vervang. 
    Maar deur hierdie einste les, het Satan deur woordverkragting 
    die kinders van die lig kom vang. 
    Met 'n verdraaide woord maak hy deur sy kerke toe baie mense bang. 
    So klink die valse engel van die lig se bose sang. 
    Ja, Satan sing: Wees vir alles, selfs jou eie skaduwee nou bang. 
    Jou geloof en liefde vir jou God moet jy met vrees vervang. 
    Onderdanig moet jy toegee aan elke begeerte en sonde van jou vyande se drang. 
    Dit wat vir jou heilig is moet jy ten koste van jouself laat gaan. 
    Listig lispel die slang; 
    op elke gebied moet 'n kind van God hom deur kwaadwilliges laat vang. 
    Ja, hy lag en sê: Draai vir selfverdediging maar net jou ander wang. 
    Met diefstal, verkragting en moord word jul volkie elke dag vir die dood gevang. 
    Maar raai; die dominee en die kerke sê: 
    Vergeef en draai maar net die ander wang. 
    Anders raak jul God dalk kwaad en kom hy julle as die booswigte vang. 
    Hul laster deur te insinueer dat God sy ewebeeld kom leer 
    om vir ergste gruwels maar net te draai hul ander wang. 
    Maar die gemeentes is so pateties bang 
    dat hul maar aan die droglippe van hul predikers hang. 
    So gaan 'n verrotte wêreld in 'n verrotte tyd sy verrotte gang. 
    Maar vinnig nader die tyd dat slim sy eie baas kom vang. 
    Die verdraaiers van God se woord gaan aan hul gruweltonge in Hades hang. 
    Satan se helhandlangers gaan hul onophoudelik ewig slaan en sê: 
    Vergeef ons maar en draai maar net jou ander wang.
  
Openbaring 600 
  O Abba Vader ontferm U oor my.
  Donderdag 5 Maart 2009 18:30
  www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za 
  
  Judith de Beer
  Deur U verlos van wêreldsondes voel ons so van onsself gedrein. 
    Abba Vader in ons swakheid staan ons voor U nou so baie klein. 
    Ons wil ons leë sondaarsharte vul met U liefde en bely: 
    O God ewig is U nou myn. 
    U bloed het U gestort daarom raak ook ek nou skoon en rein. 
    Soos U grote liefde wat oor al U ewighede skyn. 
    Wil ook ons U liefde na U skepping om ons uitsein. 
    In die gestalte van `n gerespekteerde mens wou ons U behaag 
    maar U sê: Staan maar liewer nader- so `n bietjie plein. 
    Grote woorde wou ek in my liefde na U toe sein. 
    Maar weer antwoord U: Bid maar liewer tot My soos `n kindjie klein. 
    Eens het ek lank gelede voor U gekniel in my kleutergebedjie so goed getrein. 
    Maar die onskuld daarvan het verlore geraak op my wêreld lewens sondes trein. 
    Daarom bid ek nou tot U vanuit my allerdiepste grein. 
    Met die woorde van my eerste gebedjie 
    probeer ek nou kinderlik my liefde na U uitsein. 
    Ja, ek bid en vra; O Abba Vader ontferm U oor my, U kindjie klein. 
    Maak my hartjie asseblief tog skoon en rein.
    Sodat ook ek U grote liefde met my kleine liggie in `n donker wêreld 
    tot eer van U uit kan sein.