.

Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike 
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik. 


              judithdebeer@webmail.co.za
            
            

Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker 
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar 
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later 
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond 
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. 
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.

Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.  

Openbaring 951 
Kom leer iets oor jouself.

Donderdag 21 Januarie 2010 21:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarom poog die mens om My met vleeslike sintuie te absorbeer.
Terwyl Ek smagtend op erkenning in die sentrum van hul gees vibreer.
Waarom wil die mens My altyd in `n gestalte visualiseer.
Om so My stem as 'n antwoord in hul te kan identifiseer.

Daar is die wat dink hul moet eers op die een of ander manier kwalifiseer.
Voordat hul in die Goddelike saligheid gaan kan triomfeer.
O' waarom moet My ewebeeld hulself altyd so kritiseer.
Om daardeur in self-afgryse van My weg te retireer.

Daar is sommige wat in verlange desperaat oor My begin te fantaseer.
Daar is die wat My selfs in liefdesgeweld wil konfronteer.
Wat daarop aandring- toon U nou aan my, my liewe Heer.
Daarom sê Ek aan hierdies: moet die Liefde nooit forseer.
In jou ongeduld gaan jy net die laaste fase vir jouself kompliseer.
In die proses raak jy net met jouself geïrriteerd.

Laat My daarom toe om jou so `n ietsie oor jouself te leer.
Vanuit die realm van die gees het jy jou na die aarde gekeer.
Om met `n leë bewussyn as `n swak mensekind te kom leer-
om oor `n swak menslike natuur te kan triomfeer.

Waarna ook jy soos `n verlore seun weer huiswaarts sal kan keer.
Na liefdevolle Vaderarms waar jy ewig in die erkenning gaan triomfeer.
Huidig het Ek hierdie aarde met `n verseëlde getal engelgeeste beleër.
Ja, wat as swak mensekinders vir My moet kom triomfeer.

Daar kom wel `n tyd waar hul met My krag in hul gaan eksperimenteer.
Maar voor dit sal hul net soos Elia moet leer.
In die krag van `n sielestorm sal Ek My na hulle nie keer.
Ook in die vuur van hul drif sal hul my nie kan identifiseer.
Maar in die Koel Bries van kalm geloof, hoop en liefde-
daarin sal Ek My na hul toe keer.



Openbaring 952
Vreemde ligte, voëls en siektes.

Saterdag 23 Januarie 2010 16:40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ’n gesig raak ek bewus van ligte wat in eienaardige vorme
vanuit die lug skyn en ek hoor ’n Stem wat sê:
dit is Noordpool ligte. Voor hierdie ligte verskyn telefoondrade
wat van hoek tot kant gepak sit met swaeltjies.
Al hierdie Swaeltjies het eienaardige rooi borsies –ek vra
hierna en kry as antwoord: dit dui onder andere op ’n siekte.

 

Openbaring 953
’n Miniatuurson.

Saterdagnag 23 Januarie 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In ’n naggesig sien ek ’n pragtige groot hand met die handpalm na bo –
deur die vingers van hierdie hand hardloop daar sand. Die beeld
verdwyn om weer te verskyn maar hierdie keer hardloop daar water
deur die vingers na benede. Vir die derde keer verskyn hierdie beeld
maar hierdie keer is dit stikdonker om die hand terwyl ek van ’n goddelike
stilte bewus raak.
Terwyl ek my nog oor hierdie stilte toestand verwonder verskyn daar
’n pragtige sagte lig in hierdie hand. Hierdie lig verskerp vinnig al hoe
intenser sodat dit kompleet lyk asof ’n miniatuur jong son
koesterend in hierdie handpalm lê.

Openbaring 954
Die wêreldorde se enorme probleem.

Maandag 25 Januarie 2010 21:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Kyk- slegs `n handvol vanuit die mensdom staan Satan teen.
`n Skerm teen die wind in hul standpunt heeltemal alleen.
Niemand vanuit die wêreld wat belangstellend na hul welstand verneem.
Maar vir die wêreldorde is hul net een enorme groot probleem.

Vanuit Duitsers, Switsers, Boere, 
Belge, sommige Russe, Nederlanders en selfs die Deen.
Ja, alleenlik vanuit die Kaukasiese oorsprong kom die Dawids konings-geen.
Onder die vaandel van Jakob-Israel staan twaalf- elkeen met sy eie embleem.

Maar Edom roep hardkoppig; kyk, ek is tot die uitverkore erfgenaam geseën.
Hul lieg en sê: deur die konings bloedlyn is ons die uitverkore gesalfde een.
Vanuit Londen sal die wêreld van ons uitermatige groot outoriteit verneem.
Kyk ons staan tot in New-York op ons ander kragtige been.

In die Suide van Afrika het ons self `n beeld aan die dier geleen.
Maar in Amerika is hy kwaadaardig tot die gruweldraak gespeen.
Die stem van `n sagte lam is tydelik aan hom, godslasterlik geleen.
As die eindtyd valse vredevors, staan hy God nou openlik teen.
Hy roep vrede- vrede maar sy hart is in haat en nyd versteen.

Waar die regverdige oordeel tref wil hy met sy rooikruis en liefdadigheid kom seën.
Maar dit is slegs om maar net weer die outoriteit oor te neem.
Onder `n afskuwelike wêreldorde is die hele wêreld nou daarmee heen.
Maar daar is niemand vanuit die wêreld wat hieroor treur of ween.

Die oordeelsengele kyk na mekaar en kom eenparig nou ooreen.
Die engel van Europa sê:
die hoer van Babilon asook die Vatikaan sal nou van my verneem.
Hul sal vind in my wraak is ek heeltemal onbeheerbaar ekstreem.

Die engel van Asië sê:
Met wrede oordeel sal ek dit ook met ongekende woede oor my gebied moet neem.
Amerika se engel antwoord:
in my oordeel gaan ek my oor geen smeekrede van watter aard ookal skeel.

Waarop die engel van Afrika laat hoor:
waar ek klaar is bly daar op my oppervlakte oor, bykans geeneen.
Die engel van die eilande sê:
ook my gebiede staan voor `n totale vernietigende probleem.

Vanuit die lug is dit die engel van die lug wat berig:
alle oordeel sal oor die aarde neer reën.
Al wat oorbly is ’n wêreld wat droewig oor `n onafwendbare lot gaan teem.
Maar `n handvol uit die mensdom ontvang nou Elohim se ryklike seën.

Ja, `n skermpie in die wind staan Satan in alles suksesvol teen.
Vir `n bose wêreld raak hierdie paar krygers nou `n enorme probleem.

 

Openbaringe 955
Elke pelgrim se moeisame laaste tog.

Woensdag 27 Januarie 2010 09:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O Pelgrim hoe lank is nog jou moeisame laaste tog.
Deur die oneindige uitspansel van ewigheid en tyd.
Wie staan, O swerwer, vir jou op hierdie tog nou borg.
Terwyl jy van siklus tot siklus ywer in jou stryd.
Is daar op jou missies hoop, maar nêrens geen waarborg.

Dikwels roep jy na God om Hom te kan verwyt.
Jy redeneer en murmureer; die lewe is niks anders as sinsbedrog.
Maar in positiewe tye voel jy oor negatiewe tye tog so spyt.
Terselfdertyd voel elke vraag en antwoord altyd so vergesog.

Aan die een kant staan God se koninkryk so glorieryk.
Aan die ander kant die afdraande pad na `n helle trog.
Daar is beloftes van engele wat salig ewig na jou gaan kyk.
Maar in `n godverlate toestand word die siel nooit versorg.

Daar is `n land waar jy ewig as `n Godskind kan gaan pryk.
Maar in `n hel staan niemand ewig ooit vir jou borg.
Elke siel verlang tog dat God in liefde Sy hand oor hom sal stryk.
O Pelgrim hoe lank is nog jou eensame moeilike tog.

Op `n ewige pad wat kruis tussen goed en kwaad se stryd.
Terwyl jy dikwels vermoed alles is fataal net selfbedrog.
Maar terselfdertyd desperaat na die lewe en die liefde gryp.
Jy jouself oor jou eie onvermoë en kleingelowigheid verwyt.
Bestraffend aan jouself sê die lewe is alles behalwe sinsbedrog.

O Pelgrim maak net seker dat jy in hierdie laaste tyd –
jouself tot saligheid vir die ewigheid met God se hulp versorg.

 

Openbaring 956
Begrip oor tyd.
Woensdag 27 Januarie 2010 21:50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer.
Ek het gevra; gee my die nodige verstand en begrip oor tyd.
Materiële tyd is gelyk aan beweging -moes ek hoor tot my bittere spyt.
Maar tot troos het ek gehoor daar is geen verskil in die geestelike tyd-
vanaf die heel eerste sekonde wat ewig gelede reeds voor nou moes wyk.

Daarna het ek gevra na die onvernietigbare gees wat onverpoos aan moet stryk
terwyl sy materiële bestaan ewig in `n nie bestaan moet beswyk.
Maar in my eie geestes toekoms het ek myself in antwoord hoor vra –
waarom was ek so lank in `n vleeslike gevangenis toegesluit –
weg van die goeie geestesryk.


Openbaring 957 
Die oerknal en die kosmos.
Donderdag 28 Januarie 2010 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die uiters onmeetlike verte van die groot heelal.
Ja op die laaste skokgolwe van die ewige groot oer knal.
Stol alles vir `n oomblik voordat dit uitmekaar kan val.

Voordat alles in `n nuwe ewigheid kan terugkeer na hul oorspronklike stal.
Hang daar `n klein blougroen planeet in die vorm van `n bal.
Terwyl dit huiwer op die ewige afgrond van Hades se verlore dal.

Tot verrotting is dit deurtrek met die gevalle ligdraer se gal.
In versnelde verbrokkeling is alles besig om uit mekaar uit te val.
Waansin is besig om normaal te vervang en bykans almal word mal.

Vra jy die mensdom- identifiseer die Godheid van die groot heelal.
Word in hierdie kritieke uur gespeel en God lyk vir hul soos `n sokkerbal.
Maar hul wis nie; in die hand van Satan is hul planeet nou die speelbal.
Maar net Elohim kan bepaal of dit gaan staan of val.

Maar voordat die gety gaan draai van die groot heelal.
Staan daar op die aarde getroues op `n pad so smal.
Vanuit die troon van God roep die martelare -vol is ons nou in getal.

Kyk die Nuwe Jerusalem word ook nou vir die aarde uitgestal.
Werp daarom dit wat onrein is van die aarde in die dood se ewige dal -
sodat `n gereinigde aarde nie die ewige afgrond te beurt kan val.
Sodat met die terugkeer van die kosmos na die goddelike geboortestal -
Melgisedek kan seëvier oor ondenkbare gereddenes, oneindig in hul getal.


Openbaring 958
‘n Damwal wat gaan breek.

Donderdagnag 28 Januarie 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
In `n naggesig verskyn daar `n ligkol en in hierdie ligskynsel sien ek `n
damwal met `n klein krakie aan die een kant. Skielik vergroot hierdie kraak 
na die middel van die wal en water begin daar uitstroom. 
Die volgende oomblik bars die hele damwal aan stukke 
en stort saam met `n ongekende watergeweld na benede
.


Openbaring 959
Erge verspoelings in Rusland.

Vrydag 29 Januarie 2010 02:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek sien hoedat sneeu begin smelt in `n gebied wat lyk na die Siberiese
woude van Rusland en wat `n groot modder pappery veroorsaak. 
Hierdie modder toestand word vererger deur vroeë reëns 
wat neerstort en ook erge verspoelings veroorsaak.



Openbaring 960 
Nou gaan alles net erger word.

Vrydag 29 Januarie 2010 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek hoor `n stem wat sê: van alles wat is word daar nou net meer. 
Waar dit droog is sal dit net droër word en waar dit nat is 
sal dit in die meeste gevalle net natter word. 
Koue sal met elke nuwe winterseisoen net kouer word 
en warm somers sal nou bloedig warm word.

Openbaring 961
Die mens bly ‘n stommerik
!
Vrydag 29 Januarie 2010 11:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Gaan na die mier jou luiaard -kyk en word wys. 
Maar die mens bly `n stommerik al is hy oud en grys. 

Word `n miernes bedreig word die eiers heel eerste gegryp. 
Maar argeloos aborteer die mens sy eie -om wat te probeer bewys. 

Kyk net na die kraaie; om `n profeet het hul met kos vir hom gekrys. 
Maar spottend- honend sal die mens na die boodskappers van God toe wys. 

Kyk na die vink; oor en oor bou hy vir sy gesin `n huis. 
Maar lafhartig verkies `n eens uitverkore volk om te verhuis. 

Kyk na die diere van die veld, by hul soort hou hulle hulself kuis. 
Maar in verbastering laat die mens veragtelike bloed deur hul are druis. 

In die natuur is dit die wet van oorlewing wat deur alles bruis. 
Maar aan sy gemaksone klou die mens soos `n walglike luis.

Kyk na die leeu- majestueus is dit koninklike bloed wat deur hom druis. 
Maar die witman staan met sy kop in die gruis soos `n volstruis. 

Ja, kyk na die natuur- in die Goddelike orde is alles reg en wys. 
Maar kyk net na die mens; hy bly `n stommerik al is hy oud en grys.

 

                                                                                                                       Openbaring 962 
Hoogmoed sowel as die nederige.

Saterdag 30 Januarie 2010 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In die krag van mens sowel as natuur vind mens hoogmoed sowel as die nederige.
Kyk, na benede vloei water sonder uitsondering altyd so nederig.
Maar voor haar ongekende hoogmoeds krag voel alles so bewerig. 

Alles moet buig en swig voor die verterende krag van vuur se gewig. 
Maar uit die nederige kentering van sy diensbaarheid, kom voedsel so geurig. 
Luister na die klaaglied van die wind so droewig sag en treurig. 
Maar jubelend roep die natuur waar die wind saggies huil is dit altyd reënerig. 
Maar onstuitbaar raak sy op haar spoor van vernietiging so humeurig. 

Ja in die krag van elke krag is daar hoogmoed sowel as die nederige. 
Waar die hoogmoed heers is alles afbrekend so uitermatig onplesierig. 
Maar in die nederigheid is alles sedig, salig en uitermatig so vredig.

                                                                                                                                            

Openbaring 963
`n Traan val uit die hemel.

Saterdag 30 Januarie 2010 05:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Lank gelede is daar geprofeteer oor `n tyd en dit is vandag.
In `n groot hofsitting is dit satan en sy demone wat lag. 
Oor `n langverwagte eindtyd gruwel oordeelsdag. 
Die oer aanklaer staan weer reg met nog `n groot klag.

Ryp is die oes van `n wingerd wat breek onder sy eie vrag. 
Die seisoen is oop vir `n ongekende grote sondaars jag. 
Oor die aarde wapper nou Hades se gruwel eienaarsvlag. 

Oorwinnend triomfeer Satan oor verlorenes magteloos in sy mag. 
Seëvierend staan hy daar in sy somber donker krag. 
Terwyl alles verdrietig in selfverwyt nou versmag. 

Medelyende groot engele sfere wat as jurie na die aarde trag. 
Terwyl hul op die grootse hofuitslag ooit nog wag. 
Ja, terwyl `n Vader as Regter luister na sy kinders se hof verslag.

Terwyl die aanklaer aframmel die een na die ander bose klag. 
O hoe wreed is dit vir die liefde wanneer sy in haarself moet versmag. 
Vanwaar put God in Sy droefheid en hartseer nou Sy krag. 
Oor soveel kinders wat nie in saligheid vreugdevol om Hom gaan lag. 

Nie `n Regtershamer- maar `n Traan val uit die hemel en engele retireer in ontsag. 
Oor `n duisternis wat sak oor `n aarde in `n ongekende smartvolle nag.

Openbaring 964 
’n Volk het op dwaasheid vertrou. 

Maandag 1 Februarie 2010 11:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
O Hoe dwaas was `n volk wat in sy goedertrou op alles wat boos en dwaas
was wou vertrou. Ewig word die lot van `n Vrymesselaars- de Klerk, 
in die argiewe van die ewige duisternis, saam met die van die dier 
en die valse profeet ingevou.

Daar is `n spreekwoord wat lui: twee vlieë met een klap maar Ek sê vir
julle dit was vele-vele vlieë met een hou die dag waarop `n finale lot op
hierdie klein maar suiwer uitgekose volkie aan die Suidpunt van Afrika 
sou val en waar dit veronderstel was om te dien tot `n stille dood van 
`n volk se identiteit en rassuiwerheid om hul daardeur nie net as `n 
proefneming te misbruik nie maar ook om vir die res van die wêreld 
tot voorbeeld en daardeur tot navolging in hierdie Nimrods-Bileam 
sisteem te dien en wat dan ook die laaste ontbrandingspunt sou wees 
vir `n oorkoepelende wêreldsisteem, gedelegeer deur `n eeue oue bose 
sataniese-orde, sodat dit van hier finaal in die praktyk kon manifesteer. 

Maar so kom ook die dag en daar is `n handvol wat sal staan as een liggaam, 
klein van gestalte, maar suiwer blosend-rooi net soos `n bloedjong 
Dawid van ouds, heeltemal ontwapen, teenoor die verteenwoordigende magtige 
gestalte van `n oënskynlike onoorwonne reus, om met nederige krag, gesetel in 
die krag van hul El hierdie drog liggaam tot `n noodlottige val te kan bring. 

Ja, ’n konings volk word nou onder die naam van Sion-Melgisedek, die geliefde 
van God gebore en hierdies sal as een liggaam tot oorwinning in `n ewige 
nuwe Konings Priesterorde dien en so sal die oog ewig altyd die kwaad sien
en die hand wat die swaard vashou sal dit nie verskoon nie, maar onder die vuis 
van geregtigheid sal die kwaad dit ewig nooit weer in die aparte heiligdom van 
Elohim kan dring nie. 

Maar buite sal wees die honde en die hoereerders en almal wat die kwaad liefhet, 
dit doen en dien.

Openbaring 965 
Verniet was die mensdom vermaan.

Woensdag 3 Februarie 2010 11:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Uitgedien raak ydele eiendomsreg en besit nou heeltemal na die maan. 
Die grotes en rykes van die aarde leef in `n absolute illusiewaan. 
Eiendomme, besittings en alle goedere gaan bykans alles vergaan. 
Maar die skuld daarvan bly in die data-banke van satelliete voortbestaan. 
Deur markmanipulasie lê daar soveel onverbruikte graan en vergaan. 
Maar deur muf en miet sal ook dit tot niks moet vergaan. 

So het daar deur twee millenniums die tyd gekom en ook gegaan. 
Oor en oor was die mensdom heeltemal verniet oor alles vermaan. 
In tevergeefse oorlewing probeer almal desperaat om ’n plan te beraam. 
So probeer menigtes om in die eindtyd desperaat hul man te kan staan. 
Maar deur koop en verkoop word almal maar net weer platgeslaan. 

Nie deur berou maar in wanhoop roep baie nou na God se naam. 
In hul materiële nood wil hul Hom dwing om te verstaan. 
Maar hardkoppig weier hul om weg te beweeg vanuit die wêreldraam. 
Daarom lê hulle voor alles en almal behalwe hulself die blaam. 
Terwyl hul voortgaan om onder nuwe skuld te teken hul naam. 
Sodat daar net meer nuwe benouende kettings om hul kan slaan. 

So is daar nou biljoene wat magteloos oor die aarde rondstaan.
Terwyl die laaste hoop op herstel stadig maar seker wegtaan. 
Soveel onbetaalde skuld in bedrag onmoontlik om te beraam.
Al sou al die wêreld se eiendomme in kataklismes vergaan. 
Sal die skuldeisers steeds bakhand voor skuldenaars kom staan. 

In bewegende satelliet liggies teen die koepel van die aand – 
waar hul om en om beweeg in hul nimmereindige baan. 
Bly die skuld van die skuldenaar in die databanke daarvan voortbestaan.


Openbaring 966 
Wanneer God met jou baklei.

Donderdag 4 Februarie 2010 09:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

Ek het gevra na die lewe se oorsprong, doel en sin. 
Die volgende antwoord het tot my verbaasde gemoed deurgedring. 

Dit het tyd geword om jou oor ander vraagstukke te besin. 
Weet wanneer God met jou baklei is dit wanneer Hy jou diep bemin. 
Dit is deur tugtiging en die roede dat Hy Sy Vaderliefde na jou toe bring. 
Weet ook dat die ware lewe en liefde eers deur loutering kan begin. 
Ja, daardeur word jy vir die ewige salige lewe vir God gewin. 

So word elke mens die Godgegewe vrye wil in alles gegun. 
Om sodoende sy eie dieptes willekeurig te kan ontgin. 
Maar dikwels beweeg die mens tot sy val, op ys so baie dun. 
Dit is wanneer God in liefde Sy tugroede tot redding nader bring. 
Sodat die sondaar sy hande weer biddend voor Hom saam kan wring. 
Die waarheid omtrent die lewe weer tot hulle kan deurdring. 

So word die mens telkemale deur die liefdevolle tugtiging terug gebring. 
Deur loutering word hul siel vir God se koningkryk gewin. 
So, weet wanneer die lewe onverstaanbaar tussen pyn en genot spin. 
Jy in verwarring dink jy verstaan die doel hiervan so bittermin. 
Jy raadop vra na die lewe se oorsprong, einde, asook doel en sin. 
Sal die volgende ou waarheid weer tot jou verbaasde gemoed deurdring. 
Jy sal weet- wanneer God met jou baklei dit juis is wanneer Hy jou so diep bemin.


Openbaring 967 
Die materiële binding.

Vrydag 5 Februarie 2010 09:30 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O waarom bly ek in die geestelike realm `n stomme leek. 
Daar is iets in my siel wat in kennis ontbreek. 
Aangebring deur die duisternis van ’n verstandelike streek. 

Daarom wil ek desperaat die volgende van U af smeek.
Om die materiële binding om my gees stukkend te steek. 
Sodat dit soos ’n damwal om my oop kan breek. 
En U geestelike waters kan gaan oor my dorre streek. 
Die krag daarvan dit vernietigend op die boosheid kan wreek. 
Die gereinigde aarde van my siel in U liefde kan week. 
Sodat nuwe geestelike spruitsels deur my oppervlak kan breek. 

Waarom staan die leuen teenoor hierdie kennis nou so week. 
Terwyl die mag van satan onder hierdie woorde verbreek.
In die kennis en liefde van my El is ek nooit weer `n leek.
Satansmagte word vir ewig altyd oor my siel verbreek. 
Deur die weergeboorte word die krag van die hel gebreek. 
Laat daarom die damwal van binding nou stukkend breek. 
Sodat `n weergebore kind die hand na sy Vader uit kan steek.


Openbaring 968 
In ’n ondraaglike swaar tyd.

Saterdag 6 Februarie 2010 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n tyd so ondraaglik swaar en ekstreem. 
Is daar `n kudde wat in nood en verlange ween; 
kyk ons woon in `n wêreld met `n enorme probleem. 

Hul vra: O God stuur ons asseblief net van U seën. 
Ja stuur U krag sodat ons `n bietjie daarvan kan leen. 
Laat U liefde oorvloedig op ons neer reën. 
Soos troue maagde wag ons op U - elke een. 
Waar ons kyk is daar net sonde om ons heen.
Raadop roep hul; luister na ons probleem. 
Anders sal ons net meer hartstogtelik moet ween. 

So kyk die liewe Vader nou in hul rigting heen.
Sy twee olyfbome stuur hy nou daarheen. 
Tussen hul kom staan ook God as die Hoeksteen. 
En terwyl die kinders nog so saggies droewig ween. 
Word hul op die voorkop met God se naam geseën. 

Persoonlik word hul by die hand deur hul El geneem. 
Na waters van rus- daar ly Hy hul nou heen. 
Oor ’n eens verlore toestand het hul ewig klaar geween. 
Ewig nooit staan hul weer voor `n sondes probleem. 
Terwyl Sy liefde nou oorvloedig oor hul neer reën.

 

Openbaring 969 
’n Goddelike dokument.

Saterdag 6 Februarie 2010 08:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die tyd nader vinnig waar `n heilige uitgekose Goddelike 
samevoeging as een liggaam met die krag van `n Abraham 
wat geklee is met die rassuiwerheid van Jakob 
tesame met die vindingrykheid van Josef 
gepaardgaande met die leiers eienskappe van Moses 
met die dapperheid en deursettingsvermoë van Joshua 
wat op sy beurt toegerus is met die krag van `n Simson 
wat gekombineerd is met die koninklike integriteit van `n gesuiwerde Dawid 
wat weer geseën is met die wysheid en vindingrykheid van Salomo 
tesame met die ongelooflike intelligensie van Daniël 
wat op sy beurt weer geklee is met die deemoed en geduld van Job 
wat wag op die wederkoms van hul Messias 
om met die toegewydheid van Sy apostels die tyd te deurstaan 
van die laaste fase van `n tydvak om in oorwinning te oorhandig die kroon 
van Priesterlike Koningskap aan die enige groot EK IS 
om van onder Sy Heilige Aparte Outoriteit te kan heers- 
nie net oor die nuwe aarde nie maar ook om hierdie volmaakte Goddelike 
Koninklike staat in die totale ewigheid uit te kan dra.


Openbaring 970 
`n Volmaakte kring.
Saterdag 6 Februarie 2010 11:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So klink die lied van engele wesens wat sing: 
alles wat was is en sal weer wees 
en so kom die Woord van begin tot einde in `n volmaakte ring 
en in ’n al hoe nouerwordende liefdeskring 
word alles weer volmaak bymekaar uitgebring.


Openbaring 971 
Soos `n nederige sondaars mensekind.

Sondag 7 Februarie 2010 10:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Waarom wil grote aartsengele ook as kleine kinders hier kom staan. 
Wat kan daar nog wees wat hul in die groot wysheid nie verstaan. 
Van hoek tot kant het hul tog al deur die grote skepping gegaan. 
Van voor die sondeval tot nou het hul alles as getuies deurstaan. 
Die onmeetlike krag van Elohim ervaar en dit ook baie goed verstaan. 

Maar daar is `n klein maar ook ’n baie groot iets waarvoor hul wil naderstaan. 
In die dimensieryk van die weergeboorte nie baie ver hiervandaan. 
Staan die nuwe kind van God deur Sy liefde aangegryp nou diep aangedaan. 
Soos `n pasgebore kind word hul na Sy trotse Vaderbors gebring- styf teenaan. 

Nie in `n wieg maar `n harde krip is ook God gebring 
vir ons om beter te verstaan. 
Vanuit Sy volmaakte soewereiniteit het Hy deur `n onvolmaakte hel gegaan. 
Om na Siel, Liggaam en Gees 
as `n volmaakte Identiteit voor die mens te staan. 
Vir die mens as voorbeeld om die toets van onvolmaak 
na volmaak te kan deurstaan. 

Om deur hierdie vuurproef as volmaakte goddelike kinders 
voor Sy troon te staan.
Om in verheerlikte status Sy grote liefde soveel beter te verstaan. 
As volmaakte houers word hul met Sy Gees gevul 
en hoef daarom nooit weer ver van Hom te staan. 
In Sy onmeetlike liefde sal hulle nou ewig dig teenaan Hom kan staan. 

Dink daarom nederig ondersoekend in die vervolg nou baie mooi daaraan. 
Die aartsengel Gabriël 
kan nie soos `n kind vir die grote Vaderliefde naderstaan. 
Maar as `n nederige sondaars mensekind 
kan ook hy kinderarms liefdevol om God se bene slaan. 
Sodat Elohim se grote Vaderhand 
ook in deernis oor sy kinderhoof kan gaan. 

Daarom roep hemelwesens: 
wie is daar wat nog die weg van `n aartsengel wil gaan. 
Wanneer hul as swakke sondaarskind die weg na die Vaderhart kan baan. 
O waarom streef die mens om as grote engele die weg na hul El te gaan. 
Terwyl hul nou die geleentheid het om as weergebore kinders 
voor Elohim en die skepping te kan staan.

Openbaring 972 
Oorverdowend was die ja. 

Dinsdagmiddag 9 Februarie 2010
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Vanweë `n broederbond bloed-eed, ja, vanweë.
Is daar geen land so ver alleen of woes geleë. 
Geen volk deur soveel gewraakte bloed geklee. 
Met satan saam bose planne teen eie bloed gesmee. 
In verbastering staan hul nie eers voor hul God verleë. 
Walglik hul verrotte loon- in liberalisme is dit geklee. 
Ewig nooit staan hierdie lafaards hul eie foute teë. 
Hoe uiters besoedel is hul weg in die wêreld weë. 
Oorverdowend was hul ja en so uiters beskeie die nee. 
In die drukgang van `n wêreld was hul soos stomme vee. 
So staan `n volk nou in sy eie bloedskuld geklee. 
Elke dag stap daar vanuit hul geledere die laksman mee. 
In bloed spore stap hierdie volk nou in oordeels weë.
Maar daaroor voel hul verraaiers nie een oomblik verleë.
In `n landjie in die Suide so ver alleen geleë. 
Was eens oorverdowend die ja en so beskeie die nee. 
Deur eie keuse het hul die weg na die hel betree.
Wat is daar nou vir hul in `n leë toekoms geleë.

 

Openbaring 973 
’n Klaaglied sonder meriete.

Woensdag 10 Februarie 2010 07:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za


Judith de Beer
Hoe fataal die klaaglied wat in meriete nie voor God bestaan. 
Hoeveel maal was Israel nie al deur Hom vermaan. 
Om nie in verbastering met ander gode voor Hom te staan. 
O waarheen sal hul nou in hul verdrukking kan gaan. 
In hul goeie tye het hul mos so ver van God gestaan. 
Waarheen sal hul nou gaan met die skuld van eie blaam. 
In `n tyd wat hul saam met die wêreld moet vergaan. 
Van Oos na Wes, Suid na Noord het die Boere in sonde gegaan.
Van die bose weë van satan kom hul nou vandaan. 
Om arrogant om genade voor God te kom staan. 
Hul onderskat Hom steeds en dink Hy gaan verstaan. 
Hoe vals kom hul voor- met die oë kamma betraan. 
Hul sê: in goedertrou het ons agter kerke aangegaan. 
Lê daarom voor hul deur nou die verwytende blaam.
Maar laat ons ook saam die eindtyd maagde naderstaan. 
Van voor die grondlegging het U ook geweet van ons bestaan. 
Kyk, oor ons vee ook U engele droewig weg `n traan. 
Laat daarom U gelofte in die bloed van Jakob vas bly staan. 
Maar oor hul klaaglied kom net `n skrikwekkende stilte te staan. 
Ewig nooit weer `n Vaderstem wat hul in liefde gaan vermaan. 
Hoe fataal is `n verlore klaaglied wat nie voor God bestaan.

                                                                                                                   0penbaring 974 
’n Goddelike feit.

Donderdag 11 Februarie 2010 23:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens het God rein as verheerlikte mens na die hemel opgevaar. 
Maar eers het Hy Hom hier tussen swak sondaars kom skaar. 
Daarom is die volgende vir sommiges raar maar baie waar. 
Wees gemaklik met dié feit; jy is en bly net `n swak sondaar. 
Daarby krank en siek, vind jy altyd die Geneesheer daar. 
Maar by dit so volmaak, daar gaan jy God beslis nie gewaar. 

Om jouself daarom as `n swakke sondaar te verklaar. 
Is vir die eie ek somtyds maar moeilik en baie swaar. 
Maar die een wat die volgende onomwonde kan verklaar. 
As `n sondaar sal ek my by My Verlosser gaan skaar. 
Hoopvol na verlossings genade sal ek na Hom opstaar. 
Aan Hom vertel die baie sondes maak my moeg en klaar. 

Ook sal ek aan Hom vra om Sy goeie Gees in my hart te baar. 
Sodat ek kan weet wat is vals en wat is waar. 
Ja my siel wil ek in Hom vir die goeie bewaar. 
Terwyl ek myself so van Satan en `n wrede hel gaan spaar. 

In die weergeboorte wil ek na die hart van my El opvaar. 
Om sodoende eenmalig in die ewigheid te kan verjaar. 
Waar ek trots voor mens en engel gaan verklaar.
In die berou van `n sondaar vind jy God ewig altyd daar. 

So, al is die pad as onvolmaakte ook hoe swaar. 
Weet- vir sondaars het God na die aarde gekom en dit is baie waar.


Openbaring 975 
Dit is binnekort weer Maart.

Vrydag 12 Februarie 2010 01:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So kom en gaan die tyd en binnekort is dit weer Maart. 
Die wêreld spoed na sy einde met `n blitsige vaart. 
Tevergeefs die moeite en verdriet waarby niemand gaan baat. 
Om aan die einde van `n tydvak te vind ons is tot niks in staat. 
Eensaam alleen vind ons in bykans niemand meer `n maat. 

Op hierdie aarde in `n tydvak van `n goddelose staat. 
Vra ons aan God: my God waarom het U ons wees gelaat. 
In hierdie goddelike stilte, waarop maak ons nou staat. 
Deur u onttrekking is dit vir baie nou ewig te laat. 
Waarop gaan `n wêreld hom nou moet verlaat. 
O daar was `n tyd waar die mens so oneindig baie by kon baat. 

Ja. `n tyd waar hul kon luister na U goeie raad. 
Waar hul ook so baie kon baat deur `n enkel goeie daad. 
Maar die mens staan U toe gewetenloos teen in bose verraad. 
Om saam met `n slegte wêreld U te kon spot en smaad. 
Terwyl hulle hulself verbaster in die bloedlyn van bose saad. 
En hulself oorgee aan elke denkbare gruweldaad.
`n Blinde wêreld bevolking sien nie teen hulself nou die verraad. 

So kom en gaan die tyd en dit is binnekort weer Maart. 
Die duiwel maak hom klaar en gooi sy laaste kaart. 
Hy win `n hele wêreld huis en haard. 
So bring hy in; `n enorme vangs jaart na jaart. 
`n valse Christendom lê uitgestrek op sy rug se naat. 

Maar daar was `n paar verseël- die hele tyd paraat. 
Wat luister wanneer hul God ernstig met hulle praat. 
Al was hul sondaars, was die duiwel nooit hulle maat. 
Uit hul geledere staan daar twee, drie of meer met `n plakkaat. 
Daarop staan geskryf binnekort is dit weer die maand van Maart. 
So verskyn die begin maar ook die einde van `n bose wêreldstaat. 

So word die wêreld nou ook deur God verlaat. 
Waarop maak die mens in hierdie goddelike stilte staat. 
Op die krag van Satan het hulle hul mos verlaat.
Die hemel sug: O wêreld- daar is niks meer oor waarby jy kan baat.

 

Openbaring 976 
Uitverkorenes- besin!

Vrydag 12 Februarie 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die engele roep na die uitverkorenes: die tyd het gekom om te besin. 
Die tyd is hier vir die laaste verdrukking om te begin. 
Kyk in jul getalle staan jul teenoor die wêreld so min. 
En daar is niks meer wat Satan julle nou gaan gun. 
Maar weet; vanaf die begin van tyd is julle vir hierdie tyd gewin. 
Met Sy naam op jul voorhoof geskryf is julle Elohim s’n. 
Onder die naam Sion word julle diep deur Hom bemin. 
Vir `n nuwe Koning-priesterorde is julle puntenerig gewin. 
Op `n nuwe aarde in `n nuwe toekoms kom baie weer deur julle in. 
Die ware goud word in hierdie tyd as hemel eiendom ontgin. 
Die heilige ark word nou ook in die nuwe tempel ingebring. 
Daarom is dit nou tyd vir die uitverkorenes om ernstig te besin.


Openbaring 977 
Korintiërs 13 en die tyd van nou. 

Saterdag 13 Februarie 2010 23:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Eens is daar geskryf dat niemand wat deur die gees spreek, 'Jesus' `n
vervloeking kan noem nie, maar Ek sê vir julle dat iemand wat deur die
ware Gees spreek, sal sê dat Jashua ewig in Sy Waarheid as `n Seën in
Verlossing vir dit wat heilig is, tot `n val en vervloeking teenoor alles
wat leuenagtig is, sal staan. 

Eenmaal het daar deur die pen van Paulus die volgende pragtige woorde 
wat so dikwels dubbelsinnig deur die wêreld misbruik word gevloei: Al sou 
ek die tale van mense en engele spreek maar ek nie die liefde het nie 
dan sou ek `n klinkende metaal of luidende simbaal word en al sou ek ook 
my goed (volk, land, taal, kultuur ens.) uitdeel en my liggaam oorgee 
om verbrand (vermoor, verkrag of verbaster) te word en ek het nie die liefde 
(jeens my onderdrukte bloedvolksgenote nie) sou dit my niks baat nie. 

Die liefde is lankmoedig en vriendelik (maar julle volk is kortgebonde 
en hatig teenoor mekaar) Die liefde is nie jaloers nie- maar hier sê Ek vir julle: 
EK SELF is die LIEFDE en EK is `n jaloerse EL wat die misdaad van 
die vaders besoek aan die kinders tot in die derde en vierde geslag van die 
wat My haat, maar terselfdertyd waak Ek jaloers oor dit wat aan my behoort. 

Die liefde praat nie groot en is nie opgeblase nie (maar julle praat by monde 
van julle regerings soos hoogmoedige opgeblaasde paddas in die kring 
van die wêreld spotters in hul eenheidsvergaderinge van `n nuwe 
Sataniese wêreldorde. 

Ja, die liefde handel nie onwelvoeglik nie (maar pornografie, owerspel, 
aborsie, bedrog en alles wat vuil is word 'liberaal' onder meeste van julle 
as aanvaarbaar geakkommodeer). 

Die liefde soek nie sy eie belang nie (maar vir die voortbestaan van 
besighede, sport en diesmeer het julle geen gewetenswroeging gehad 
oor die voortbestaan en oorlewing van ander volksgenote nie. 

Die liefde word nie verbitterd nie (en hierdie sin word afgedruk in die kele 
van die wat huidig deur ander se dwaling aan die korste end moet trek). 
Is nie bly oor die ongeregtigheid nie maar is bly saam met die waarheid 
(presies die teenoorgestelde is van toepassing op dit wat jul huidige 
geloofsvoorskrifte en kerke bied).

Ja die verwronge valse liefde van hierdie volk bedek alles en dit sluit 
gruwelmoorde op volksgenote, vroue, swakkes en bejaardes asook 
onregmatige grondonteinings en vele meer in) dit glo alles (ja voorwaar 
glo dit alles wat ’n eenwêreldorde deur sy hoerkerke en regerings aan 
julle opdis) hoop alles (om selfs ten koste van alles wat eens vir julle 
kosbaar en dierbaar was deur `n bose wêreld aanvaar te kan word 
en daarom- verdra julle ook alles- net soos verstandlose diere die 
slagting verdra wat na hulle toe kom. 

Ja die ware liefde vergaan nimmer meer- maar profesieë sal in vervulling 
kom en weer tot niet gaan, tale sal ophou en so sal ook al die versamelde 
kennis en wetenskappe tot niet gaan. 
Ons ken ten dele en profeteer daarom ook ten dele maar wanneer 
die Volmaakte binnekort sal kom sal dit wat nou ten dele is in oordeel 
vir die wêreld tot niet gaan. 

Toe hierdie volkie nog `n kind was het hul gedink en geredeneer soos `n kind, 
maar uit hul geledere staan `n handvol getroue bittereinders nou as `n
volwasse man en hulle het die dinge van `n kind afgelê. Nou sien hul nog
in `n raaisel maar binnekort sal hul van aangesig tot aangesig sien. 

Nou ken ons ten dele maar sal spoedig ten volle ken net soos wat ons 
geken is. En nou bly oor die waaragtige Geloof die ware Hoop en die 
suiwer Goddelike Liefde waarvan hier die heel grootste die LIEFDE is.


Openbaring 978 
Die regering of God?

Sondag 14 Februarie 2010 23:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In kruiwaens vol briewe word daar nou geskryf. 
In `n land van roof en moord raak onmoontlik ons verblyf. 
Kyk, deur misdaad word ons tot raserny gedryf. 
Daarom sal ons met duisende briewe om regerings ore kyf. 
Dag vir dag voel ons verkragting en moord aan ons lyf. 
Oud en jonk, soveel lyke in die dood klaar verstyf. 
Daarom dat ons nou ’n klaaglied voor ons regering bedryf. 
Terwyl ons weet hul luister nie na ons jammerlike gekyf. 
Ja meer as tienduisende briewe aan ’n regering geskryf. 
Maar uit ’n hele volk -aan My geskryf- nie eers vyf. 
Maar ’n handvol staan die heeltyd in My arms veilig styf.
’n Liefdesbrief het Sion wel in haar hart vir My geskryf.
Daarom bly daar nog ’n handvol veilig in hul verblyf. 
Maar aan hul wat hoopvol briewe aan regerings skryf. 
Sal vind hul voel nog steeds die misdaad aan hul lyf.

Openbaring 979 
Lafaards uit eie keuse.
Maandag 15 Februarie 2010 10:45

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Daar waar die aasvoëls draai kom die stank van `n karkas heen. 
Kyk die aas is nou bykans al tot op die been ontbeen. 
Waaroor is dit nou weer wat hierdie volk so droewig ween. 
In hul liberalisme skep hul mos toe vir hulself `n probleem.

In `n land van brandende bande, rook, klippe en baksteen. 
In dubbelvisie sien hul mos kwaad as goed- net soos `n skisofreen.
Deur hul eie toedoen staan hul in vrees nou heeltemal versteen. 

Daar trek hul nou oorsee en al wat jy sien is hul hakskeen.
Hul wuif die vaderland toe en sê ons gaan na veiligheid heen. 
Om vandaar die doodslag oor hul volk waar te kan neem. 
Maar hieruit ontstaan daar vir hul ’n heeltemal nuwe probleem. 

Ewig te laat raak dit om oor `n verwerpte identiteit te ween.
Vir die vlugteling word die siel van `n Boer ewig ontneem. 
As ’n ge-immigreerde Afrikaner word hul ander volkere se probleem. 
Waarheen dink die lafaards hardloop hul nou eintlik heen. 
Oral oor die wêreld is daar binnekort een en dieselfde probleem. 

Maar in die hart van `n opregte Boer lê ewig altyd God se seën. 
In die grootste gevaar bring Hy Sy hand van veiligheid om hulle heen. 
Terwyl Hy hul met alles vanuit sy grote Vaderhart gaan seën. 
Hy sê: van die opregtes se hoof word nie `n enkel haar geneem. 
Vanuit hul geledere word vir die nuwe aarde gelê- `n hoeksteen.

Laat daarom die wat uit eie keuse hul van hul volk vervreem. 
Die waarheid onomwonde baie duidelik- swart op wit verneem. 
In die hart en siel van die opregte Boer lê ewig altyd God se seën.

Openbaring 980 
Die seëlbewaarders se volgende oordeel.

Dinsdag 16 Februarie 2010 12:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Soveel oordele lê daar nog in die seëlbewaarders versteek. 
Weereens word `n oordeelshand na die aarde uitgesteek.
Trompetgeskal wat daar deur die wolke van die aarde breek. 
Wat word daar hierdie keer op die aarde stukkend gebreek. 
Soveel lewensmiddele wat die mens weer gaan ontbreek.
Terwyl soveel lydendes weer om hulp gaan vra en smeek. 

Waarom wil heel die wêreld die hande nou biddend uitsteek. 
Waarom raak die vrygewige moondhede nou so skielik bleek. 
Waarom vra `n wêreld; waarom laat God ons in die steek. 
Waarom stamel die predikers nou so onbeholpe in hul preek. 
Waarom is die wetenskap ook so swyend nou net `n leek. 

Terwyl in trompetgeskal die oordeelsengele hul kom wreek. 
In `n spel van een-twee-drie ons kies nou hierdie streek. 
Laat ons daarom sien wie kan die meeste stukkend breek.
Ja, soveel oordele in die seëlbewaarders nog versteek. 
Maar een vir een word hierdie oordele nou oor die aarde stukkend gebreek.


Openbaring 981 
Binnekort val ’n hele land.

Woensdag 17 Februarie 2010 06:45
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So raak alle tyd ook nou lank en geel in die ou tand. 
Maar `n hele wêreld bly onbeholpe in hul sotheid gestrand. 
Ja ontbloot in hul onkunde staan daar nou soveel blatant. 
Maar ten koste van alles wil hul beheer elke sent en rand. 

O sirkus-sirkus in die omtrek van die hele grote land.
Beskik satans handlangers ooit oor `n intelligente kant. 
Politieke partye wys mekaar agressief die ontblote tand. 
Teenoor landsprobleme staan die een ongepoets- nonchalant. 
Die ander weer vermakerig tog so arrogant. 
Maar hul skiet met spek en lieg openlik so blatant. 
Hul haat mekaar maar is in boosheid aan mekaar verwant. 

Maar `n ewe dom bevolking kies nog die heeltyd die een of ander kant. 
So, spieëltjie, spieëltjie aan ou Tafelberg se kant. 
Wie is nou eintlik die domste in die Suideland. 
Van regerings en politieke partye sonder enige verstand. 

O sirkus-sirkus in die omtrek van die hele land. 
Geen ontwerpersklere of snyerspakke gee aan iemand ’n bietjie verstand. 
Maar so het die menigtes met `n stemreg ook hul siel verpand. 
So val daar binnekort `n hele land aan die Suidekant. 
En satan vang toe `n kamma slimme nasie so blatant.


Openbaring 982 
O' Sion My bruid.

Woensdag 17 Februarie 2010 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
O hoe Goddelik die stilte aan die heiliges toegewy. 
In saluut staan engele vir `n Goddelike paar opsy. 
Terwyl die Bruidegom openlik flankeer en Hy Sy liefling vly. 
Kom na My hart My beminde om van My liefde te kry. 
Vir jou is die tyd van swaarkry ook binnekort verby. 

Verbly jou o Sion ja jy moet jou nou verbly. 
Kyk die dag van ongeregtigheid gaan ook vir jou verby. 
Eens het `n hele wêreld jou soos die pes vermy. 
In alles het hul jou, O’ uitverkorene, mos bestry. 
Maar die tyd het gekom waar jy jou liefde openlik kan bely. 
Terwyl `n bose wêreld stadig maar seker die afgrond in gly. 

O Bruid van My hart hoe moeg is jy al gestry. 
Teen `n hele wêreld moes jy al so oneindig baie ly. 
Maar die tyd het gekom vir die Bruidegom om Hom te verbly. 
O Sion My bruid, die huweliksfees word nou vir ons reg gekry. 
Vir ewig gaan jy, My beminde, aan My sy kom bly. 
Oor jou is dit wat engeleskares hul saam met My verbly. 

So klink die lied nou aan ’n Goddelike paar toegewy. 
Kyk die tyd van hierdie tydvak is binnekort verby. 
Sion word as Bruid vir Elohim van ’n bose wêreld bevry.



Openbaring 983 
So word die liefde geïdentifiseer.
Donderdag 18 Februarie 2010 12:00

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Ek worstel en vra terwyl ek met alles probeer. 
Ja ek sê ek wil weet hoe word die liefde geïdentifiseer. 
Terwyl ek nog so stilswyend by myself sit en filosofeer. 
Kom die Gees om my in hierdie vraagstuk te akkommodeer. 
Ek word bewus van die lig wat in liefde om my vibreer. 
Terwyl ek my deur die gees na die oer skeppingsverhaal toekeer. 

So kyk God in die begin op Sy groot komplekse skepping neer. 
Hy weet onwrikbaar dat hy dit slegs in die Liefde gaan kan akkommodeer. 
Daarom word al die Goddelike Karaktereienskappe van toe af deur die liefde beheer. 
Met Goddelike erns word sorgsaam die instandhouding met alles beheer. 
Deur die instink word spontaan die sorgsame Goddelike Liefde 
tot voortbestaan vir spesies toegekeer. 

Maar by die mens word die liefde altyd deur die vrye wil geëvalueer. 
Ja teenoor Sy hele skepping voel Elohim toe oneindig baie teer. 
Maar teenoor die mens voel God in liefde nog baie meer. 
Daarom besluit Hy om Homself in deemoed as nederige mens na hul te keer. 
En die Liefde kom lê Homself as 'n offer vir hul op die altaar neer. 


Hier leer Elohim self- verwerpte liefde maak oneindig baie seer. 
Aan 'n folterpaal op Golgota word met Liefdesbloed 
die bose van sy eiendom weggekeer. 
Sodat die Liefde vir ewig oor 'n bose toestand kan regeer. 
Ja die suiwer liefde gaan sovêr om selfs die diepste hel te penetreer. 
So word die donkerste duisternis met liefdeslig geïnfiltreer. 
Eeue oue gevangenis kettings word deur die Liefde stukkend gebreek. 
Sodat gevangenis as vrye kinders na die liefdevolle huis van God terug kan keer. 

Laat ons daarom die Liefde van ons El staande toesalueer. 
Ja die liefde weet om dit self te alle tye te kan beheer. 
Om nooit die eie behoefte in selfsug te laat regeer. 
Ook laat die liefde dit self nooit in 'n goedbedoelde poging keer. 
Dit doen alles om die kwaad van die bemindes weg te keer. 
In nederigheid laat die liefde dit self ook maklik leer-
om in alles altyd net 'n bietjie beter te kan probeer. 

Ja liefde is emosie wat in praktyk werklik altyd baie hard probeer. 
Weet daarom dat die liefde op die einde bykans altyd gaan triomfeer. 
Maar weet ook; verwerpte liefde kry oneindig baie seer. 
Ja weet dat herhaalde verwerpte liefde dit droewig weg kan keer. 
En waar Elohim se liefde ontbreek, word 'n Godverlate toestand na die mens gekeer. 
Maar van hierdie verskriklike toestand wil julle nie nou leer. 

Maar weet dat deur die beoefening van ware liefde 
kan die mens terug na 'n volmaakte toestand keer.
Laat ons daarom as voorbeeld deur die volmaakte Goddelike eienskappe 
alles oor die liefde leer.

Openbaring 984 
’n Gesig oor armoede en dood.

Vrydag nag 19 Februarie 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n droomgesig verskyn `n jong sowel as `n middeljarige vrou 
elk met `n pasgebore baba op hul skoot. Die twee babas verander 
gelyktydig in twee wit houers wat nog steeds vasgehou word 
deur hierdie twee vroue. Die een houer vertoon vaal en grys 
van binne terwyl dit gevul is met allerhande vorme van die dood, 
terwyl die ander een swart van binne is en op sy beurt gevul is 
met die ergste vorm van swaarkry en armoede.


Openbaring 985 
Politieke ryperde.

Sondag 21 Februarie 2010 21:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Wil enige iemand iets in die politieke wêreld verkry. 
Word daar net wyd en suid op die armes se rug gery. 
Aan `n wêreld word gewys; kyk hoe swaar word daar oral gekry. 
Met armes wat onder die heel ergste omstandighede moet ly. 

Kandidate roep luid: die armoede moet ons met alles bestry. 
`n Antwoord op hierdie probleem het ons eksklusief gekry. 
Vir `n vinnige oplossing- kom stem daarom net vir my. 
So word die een na die ander politieke sitplek maklik verkry. 

En al wat armes is het hulself weer heeltemal verniet verbly. 
Met elke nuwe politieke aanstelling gaan hul net swaarder kry.
Omdat die politikus net die heel beste besoldiging moet kry. 
So moet die armes nou maar net onder hul eie onnoselheid ly. 
Terwyl hul-hulself bereidwillig as ryperd 
deur die politikus tot in die stof laat ry.

 

Openbaring 986 
Nou net 'n aasdier.
Maandag 22 Februarie 2010 07:30 

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Op nasionale paaie lê vergruis-verpulp die trotse adelaar van die lug.
Verneder tot aasdier probeer hul dooie diertjies van die pad af inwurg.
Hoe kry hierdie spesies ooit weer hul eie habitatte en jagvelde terug.
Ja, kyk na die eens trotse edel adelaars van die lug. 

Oor die valk en arend is so dikwels digterlik gedig. 
Majestueus was hul die gevleuelde ridders van die lug. 
Sekuur akkuraat op hul prooi was hul skerp sig gerig.
In die meedoënlose jag was hul altyd gevrees, berug. 


Maar iets sit hul toe in hul edel-adel orde terug. 
Niks anders as `n beskawingspeil verrot in elke opsig. 
Elke delikate orde word wreed deur die mens ontwrig. 
Hul laat die natuur in elke opsig disintegreer, sidder en sug. 

Ja in vraatsug na materiële voorspoed sit hul alles terug. 
Hul maak van God se skepping ’n lagwekkende klug. 
So, kyk nou na die eens trotse adelaars van die lug. 
Eens neem hul altyd vars prooi na hul neste terug. 
Nou raak hul getal min soos hul aas van die pad af inwurg. 

Op nasionale paaie lê verguis-verpulp die valke van die lug. 
Nog `n aanklag teen die mens in elke poging van sy bose vrug. 
So was ook hierdie volk `n uitstekende vakman sonder enige klug. 
Oor hul geskiedenis en dapper dade was digterlik gesug. 

Deur hul intelligensie, kennis en vakmanskap, pluk baie die vrug. 
Wyd en Suid was wêreldwyd oor hul doen en late berig. 
Maar met hul oë nie meer op hul God en Skepper gerig.
Terwyl hul deur eie toedoen aan `n eenwêreldorde vrug moet wurg. 
Is daar nêrens `n plek van veiligheid waarheen hul kan vlug. 

Vermoor, vergruis, verpulp staan hul elke dag in hul getalle terug. 
Hoe kry hierdie ras ooit weer hul God gegewe erfenis terug. 
Hoe droewig hul klaaglied en tevergeefs die pleidooi in jammerlike gesug. 
Uit die reste van wat was kry hul oorskiet tot oorlewing terug. 
As `n aasdier op eie bodem is hierdie volk nou net nog `n klug. 
Tot eie vernietiging het hul weer geëet aan ’n verbode vrug.


Openbaring 987  
Selfs engele kyk weg.
Maandag 22 Februarie 2010 24:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In goeie tye skenk niemand mos aan God ’n waarderingsblyk. 
Maar agter Satan se werke kan hul mos fluks aanstryk. 
Waarmee kan mens die identiteitloosheid van ’n dooie vergelyk. 
In ’n wêreld waar massas in hul onkunde gaan beswyk. 
Op ’n stywe pas is `n hele wêreld besig om aan te stryk. 
Terwyl menigtes die heeltyd ongemaklik-agterdogtig loop en omkyk.
Wis hul daar is iets belangrik wat hul die heeltyd mis kyk. 

Hul probeer om die verlede, hede en die toekoms met mekaar te vergelyk. 
Maar ’n klinkklaar, voor die hand liggende antwoord bly hul ontwyk. 
En dit is: die tyd is besig om met `n ongekende spoed te verstryk. 
Waar ’n aand binne enkele ure voor die oggend gaan moet wyk. 
Die dag in nog ’n korter tydperk na die aand gaan aanstryk.
Die maan binne ’n enkel uur eers Noord dan Suid sal pryk. 
Baie sal paniekerig wonder waarom die aarde haarself so rondsmyt.

Terwyl kusgebiede voor enorme vloedgolwe gaan moet wyk. 
Geheel die kontinente sal verander in modderige slyk. 
Iemand sal vra waar is Holland heen met sy baie sterk dyk. 
Die mens verstrooi sal lê in ontelbaar baie identiteitlose lyk. 
Terwyl iemand sal roep: kyk oral is daar net krappe waar jy kyk. 
Is dit ’n droom of die werklikheid waarna ek nou kyk. 

In hierdie tyd gaan niemand vra wie was arm of wie was ryk. 
Daar is niks waarmee die mens die identiteitloosheid van ’n lyk kan vergelyk. 
Niemand gaan tussen die dooies vir geliefdes soek of kyk. 
Verslae gaan selfs die engele oor soveel oordeel weg moet kyk.


Openbaring 988 
Wie is baas.

Dinsdag 23 Februarie 2010 08:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So staan luidrugtig die orkes gereed in koper en brass. 
Om die materie aan te kan kondig met `n groot geraas. 
Hoogmoedig wil die vlees dit altyd op die hoogste plek laat plaas. 
Sodat almal hul oor verrotting, geklee in goud kan verbaas. 

Die materie wat dit self so graag in intelligensie wil verplaas. 
Wil dit self toe eendag in ’n geestelike sfeer laat verplaas.
Deur die wetenskap maak dit in proefneming toe ’n groot geraas. 
Deur ’n ontploffing word dit toe na heel ’n ander dimensie verplaas. 

Hier lyk alles so dof dit kom hom voor hy kyk deur gaas. 
Daarom wil hy hom nou vinnig na die hoogste outoriteit toe haas. 
Om te kan verneem na watter planeet is hy nou eintlik verplaas. 
Sodat almal daar hul oor die vooruitgang van die mens kan verbaas. 

Die vlees begin beveel- want ook hier dink hy, hy is die baas. 
Hy word op en af bekyk en gevra; wie was jy nou weer laas. 
Baie vinnig moet hy homself nou oor die volgende feit verbaas.
Gestroop van die vlees staan hy nou in Hades heeltemal in `n waas. 
Hier vind hy vinnig uit die gees was nog die heeltyd sy baas. 

Skielik wens die materie hy was baie meer bevoeg as `n Klaas. 
Nadat hy vind sy vlees is net ‘as’ op die aarde in ’n eenvoudige vaas.

 

Openbaring 989 
Aan ’n moedelose kneg.
Dinsdag 23 Februarie 2010 22:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Aan `n kneg, moeg en gedaan in die tuig. 
Wat vra: hoe lank moet ek nog getuig. 
Vir verlorenes wat hul nie wil laat oortuig. 
Kyk tot in my siel raak ek leeg gesuig. 
Wat kla oor gruwels heeltemal te ruig. 
Wanneer kom die dag dat ek in God kan juig. 

Ja aan `n kneg wat mor en kla in die tuig. 
Ewig nooit hoef jy voor `n wêreld te buig. 
Deemoedig sal jy in die tuig vir My bly buig. 
Kyk niemand hoef jy te beïnvloed of te oortuig. 
Die boom van wêreldgeloof is te oud om te verbuig. 
`n Wêreld wil mos nie My sagte Woord toejuig. 
Daarom sal jy van al die oordeel moet getuig. 
Selfs al moet jy miskien sterf in jou tuig. 
Weet- jy het hemel-vriende wat jou aansporend toejuig.

 

Openbaring 990 
Kyk nou oral om jou heen.
Dinsdag 23 Februarie 2010 22:10 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Daarom sê Ek aan My kneg dit is tyd om op te hou met ween. 
Open jou geestelike sig en kyk oral om jou heen. 
Jy sal vind om jou staan grote hemelskares heen. 
Ook sal jy vind in My verseëldes ken jy reeds menigeen.
Vanuit hul midde vloei oorvloedig My hulpbronne en seën. 
My salwing oor hul sal hul ook spoedig waarneem. 

Ja, My gawes sal oorvloedig op hul hoofde neer reën. 
Gevul met My grote krag kyk hul nou moedig om hul heen.
Dapper nooi hul Satan; staan maar nader met elke probleem. 
Sodat ʼn bose wêreld van Elohim se krag kan verneem. 
Vanaf die oerbegin het Ek hul as uitverkorenes aangeneem. 
Om hul aan die einde van hierdie tydvak as My eie te seën. 

Weet daarom, my kneg, jy staan nie meer eensaam- alleen. 
Vanuit hierdie uitverkorenes kan jy soveel vriende tot jou neem. 
Saam as een liggaam staan julle vir My die bose teen. 
Vee daarom af jou onnodige trane en hou op met ween. 
Ja, open jou geestelike sig en kyk nou oral om jou heen.

 

Openbaring 991 
Visioen oor vlinders.

Woensdag 24 Februarie 2010 02:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n visioen verskyn `n pragtige vlinder wat vyf pragtige pêrelagtige
eiers lê. `n Hand neem hierdie eiers en lê dit in `n skulpagtige houer
neer. Vier van hierdie eiers bly by mekaar lê terwyl een aanhoudend
wegrol. Direk hierna kom vier van die eiers uit maar nie die een wat
eenkant lê nie. 

Ek verstom my oor die vier pragtige vlinderagtige wesens wat 
uitgebroei het. Die vyfde eier breek ook nou oop, waarop die 
mees eienaardigste mot sy verskyning maak. Dit het `n harde 
kort swart lyf met bene daaraan vasgeheg wat hard en stokkerig 
is en waarvan die pote so skerp soos naalde is. Op die rug van 
hierdie mot pryk daar `n paar klipharde bloedrooi vlerke, ook het 
dit `n gespikkelde kop met ’n afskuwelike bek. 

Die hand verskyn weer en skuif die houer met die vier mooi vlinders 
eenkant, maar nou wil die mot met mag en mening by hulle wees. 

Ek verwonder my oor hierdie gesig en vra daarna, waarop ek 
die volgende antwoord kry: gaan dink daaroor maar wees terselfdertyd 
uiters versigtig- oor dit- wat julle in die vervolg -onder dit- as julle eie 
gaan akkommodeer.

 

Openbaring 992 
Binnekort gaan die poppe dans.

Woensdag 24 Februarie 2010 13:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Verskuil in politieke kringe sit daar openlik hans. 
Uitgeslape ’n vyand so vals-vriendelik verskans. 
Hy gryp wild en wyd na elke moontlike kans. 
Hy weet net hoe om baie na sy pype te laat dans. 

O, in die politiek is daar nou net eenmaal geen balans. 
Die media maak iemand woedend en binnekort gaan die poppe dans. 
Uit ’n bobbejaantrop sit daar altyd ’n brandwag op ’n krans. 
In plakkerskampe bespreek hul druk sy opdragte saans. 

Die sangomas werk hulself nou op in ’n duister trans. 
Oor die hele land sit aggressief in kringe, bloeddorstige mans. 
Die impi’s sal op sy bevel vir hom die oorlogsdans dans. 
Ja, binnekort gaan die poppe landwyd begin te dans. 
Wie agterbly in die stede vat in hierdie tyd ’n baie groot kans.


                                                                                                               Openbaring 993 
God se sambok. 

Woensdag 24 Februarie 2010 18:30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Oorverdowend die slag en gebeier van die oordeelsklok. 
Die oneindigheid word nou tot swyende stilte geskok. 
Deur die verskriklike slag van God se sambok. 
Die heelal fluister- die aarde is alweer die sondebok. 

Deur die mens se toedoen is al die baie amok. 
Oor `n versteurde aarde hoe verskriklik die wrok. 
Maar tartend staan die mens steeds spottend onverskrok. 
Om God met hul dade tot die uiterste uit te lok. 

So tref keer op keer nou die aarde- God se sambok. 
Binnekort verdwyn die hawens en elke droë dok. 
Stede en dorpe verander in vervalle krot en krok. 
Die mensdom begin nou erg vir sy sondes op te dok. 

In vinnige bekerings is hul besig om vir God te jok. 
Maar alles beweeg na hul einde met `n dodelike tik-tok.
Aan ’n oordeelsengel word gesê: staan bietjie terug met jou stok. 
Met ’n vreeslike slag tref God self die aarde met Sy sambok. 
Geheel die skepping word deur hierdie slag tot stilte geskok.

 

Openbaring 994
Aardbewings van die toekoms.

Woensdagaand 24 Februarie 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Ek word bewus gemaak van nog ’n aardbewing en ek sien ’n stad 
met advertensie borde met Oosterse skrif daarop. 

’n Stem sê: kom ek wys jou hoe gaan die aardbewings van die toekoms 
lyk. Ek sien weer soos in ’n vorige visioen ’n aardplaat wat regop die lug 
insteek, maar hierdie keer hel dit so ver agteroor dat dit reg agteroor val.

 

Openbaring 995
Eie belang en naasteliefde. 
Donderdag 25 Februarie 2010 07:30

www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
So raak baie van `n toestand gewaar 
waar almal in oorlewing net op hulself konsentreer. 
In `n tyd waar die liefde vervaag 
en elkeen se behoeftes oral begin regeer. 
Ja in `n tyd waar ook God se beeld vervaag 
en niemand meer regtig vir mekaar omgee. 
In hierdie tyd begin die selfbejammering 
in die oortreffende trap by baie intree. 

Nou is dit so; God het die liefde mildelik 
in verskillende emosie vorms aan die mens gegee, 
om dit so op hul beurt weer na ander uit te kan kanaliseer. 
So is jammerte aan die mens gegee 
om die barmhartigheid na die naaste uit te keer. 
Maar in `n bose klipharde wêreld waar eie belang haat en nyd triomfeer. 
Waar die liefde bloot misbruik word om mekaar gewetenloos te manipuleer. 
Sit menig opregtes met opgehoopte jammerte wat hul nie na buite kan keer. 
Omdat die liefde haarself nie meer in die barmhartigheid uit kan kanselleer. 

So begin die jammerhartigheid nou in die selfbejammering te triomfeer. 
Maar die selfbejammering is altyd heeltemal op die eie ek gebaseer. 
Waar die 'ek' regeer is dit maar net weer satan wat triomfeer. 
Daarom moet die mens leer om in hierdie tye sy emosies altyd te beheer- 
om sodoende met verskerpte aandag 
op ander se emosionele behoeftes te konsentreer. 
Om juis in hierdie verskriklike bejammer waardige tyd 
die barmhartigheid na ander te keer.

Maar weet ook, 
mens mag enige tyd die Goddelike deernis na jouself toe keer. 
Maar nooit mag selfbejammering in oorhand oor die mens triomfeer.


Openbaring 996 
’n Gesig oor verwerking van vleis.

Saterdag 27 Februarie 2010 06:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
In `n gesig sien ek hoedat die verwerking van vleis in ’n groot 
fabriek skielik toeneem. In bulk word daar maand-pakke van 
negentig pakkies vleis vir drie etes per dag opgemaak. Die hele 
maand pak bestaan uit nege verskillende produkte van tien pakke 
elk en dit sluit onder meer kouevleise, pluimvee, vark, skaap, bees, 
haas, wild, vis, ensomeer in. 

Dit word teen ’n uiters billik- bekostigbare prys direk aan die 
verbruiker verhandel. Die middelmanne staan gretig nader maar 
word geweier. Hierdie manier van bemarking is ’n reuse sukses 
waarby slegs enkelinge winsgewys by gaan baat en waarby biljoene 
rande in die toekoms betrokke by kan wees. 
Maar skielik en onverwags stort hierdie hele industrie in duie 
en oral waar ek kyk lê onbruikbare karkasse rond.

 


Openbaring 997 
Die stem van verraad.

Saterdag 27 Februarie 2010 12:50 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
Wysheid was eens te lees in die grysheid van die Boer se baard. 
Maar in verraad word regs toe links en daar word net liberaal gepraat. 
Listig, lispelend word daar in vleitaal misleidend met mekaar gepraat. 
Vanuit eie geledere vloei nou die bose gewraakte Vrymesselaar spraak. 
Sag-sluipend soos `n slang en die naam daarvan is niks ander as verraad. 
Om eie bloed te versaak is uit alles wat daar is die heel laagste daad.
Maar vir mag en beheer gee niemand meer om, om ’n ander se saak te skaad. 

Die val van ’n volk begin toe onder die misleidende woord beraad. 
Deur mag en beheer staan Satan altyd nader as die koning van kwaad. 
Eers laat hierdie volk homself wild en wakker al hoe dommer praat. 
Daardeur verloor hul alles: taal, kultuur, land, huis en haard. 
Maar raai; deur dieselfde mond laat hulle hul nou weer ompraat. 
Vanuit eie midde luister hul aandagtig na die eenwêreldorde se bose raad. 

`n Oorkoepelende beheerliggaam 
gooi deur Vrymesselaar pionne weer sy troefkaart. 
En `n swaapagtige volk 
laat hom deur kerk, vakbond en Boere organisasies ompraat. 
O, in die verraad is alles en almal altyd mekaar se kamma maat. 
Doring en distel verdring op die land nou die heel laaste goeie saad. 

Geheel is 'n volk klaar tot sy ondergang onherstelbaar geskaad. 
Maar die stem van verraad bly nog steeds hul heel beste maat. 
So staan hierdie volk ewig nooit weer in eenheid voor hul God paraat. 
Maar `n oorblyfsel uit hul midde bly ongeskonde God se nasaat. 
Daarom waarsku Ek My uitverkorenes: 
moet in geen opsig met die wêreld oor enige iets saampraat.


Openbaring 998 
’n Nadelige invloed op aarde.

Saterdagmiddag 27 Februarie 2010 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de beer
In `n geestelike ervaring voel dit asof ek aan die binnekant van `n tonnel
na buite staan en kyk. Orals lê daar padwerke voorwerpe rond en verstrooi.
Buitekant woed `n ongekende storm met soveel water wat neerkom dat dit
onmoontlik is om te beskryf. 

Die volgende oomblik voel dit asof ek myself in die buitenste ruim bevind 
en ek gewaar `n enorme planeet en vermoed dat dit Jupiter kan wees. 
’n Vreemde verskynsels soos `n groot stofwolk breek deur die ringe 
om die planeet en ek kry die gevoel dat `n abnormale toestand besig is 
om dit op die planeet af te speel.


Openbaring 999 
’n Desperate klanklose gil.

Sondag 28 Februarie 2010 15:00 
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer
Die wêreld kyk na sy toekoms deur `n pikswart donker bril. 
Hul kyk onwillekeurig, om in koue rillings daarvoor te gril. 
Eenparig open ’n eenwêreld mond in `n ontsettende klanklose gil. 
Wanhopig kyk hul na die hemel maar dié beantwoord hul blik koud en kil. 

Waar is nou die vrolike wêreldjolyt waar almal so kon speel en jil. 
In die goeie tye van koop en verkoop draai mos om Mammon, die hele spil. 
Hul liefde, geloof en hoop in God was mos net `n mooi ronde nul. 
Hul het die Goddelike waarskuwings bespot 
en die boodskappers maak hul stil. 

Deur hul eie kamma wêreldwysheid is hul tot ewige ondergang gekul. 
Ja deur kerk en politiek tot gehoorsame wêreldoutomate gedril. 
Deur `n uitdagende leefwyse bewys- hul handel nét na die sisteem se wil. 
Ja, die wêreld staan geskok-verstom in sy onkeerbare ondergang nou stil. 

Onsigbaar vir die geestelike blindes staan engele nou sigbaar- maar stil. 
Hul spot en pla terwyl hul vra: het die wêreld dan nie vir alles `n pil. 
Deur die engele se doen en late 
geskied oor die aarde nou God se oordeels wil. 

So kyk `n verlore wêreld na geen toekoms deur `n pikswart duister bril. 
Wat hul sien laat hul sidder en beef om tot in hul diepste wese te gril. 
Eenparig open `n eenwêreld mond 
in `n desperate, afgryslike maar klanklose gil.

 

Openbaring 1000 
’n Aardbewing onder die see.

Sondag 28 Februarie 2010 22:00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Judith de Beer

In `n gesig sien ek `n aardbewing maar hierdie keer is dit onder die see.
Groot golwe kring in alle rigtings uit.