
Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike
oplossing mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik.
judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958.
Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker
en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug. Sy druip haar
standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later
met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond
nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou.
Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep.
Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd-boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang- hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 3951
VANUIT DIE BRAKWATERFONTEIN
1 Mei 2026 Vrydagoggend 07.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek sien `n wêreldswyn wat drink vanuit `n brakwaterfontein. Ek sien
die varswaterfonteine van die aarde is vuil en bruin. Ek sien dodelike
alge wat wyd daarin skyn. Met verskillende dodelike kieme wat oral
globaal verskyn. Ek hoor `n stem wat beveel: Ontruim-ontruim.
`n Ander val hom in die rede met die woorde: Kwarantyn-kwarantyn.
Ek sien `n morsige wêreldswyn saamgevat as een globale bewussyn.
Daarmee saam begin individuele vryheid heeltemal te verdwyn. Ek
hoor `n politieke basuin en sien die Leviatan gedrog as `n app wat op
elke selfoon en TV stel verskyn. Ryk en arm, groot en klein, word
hierdeur beheer met `n merk gekoppel aan die menslike brein.
Die eens heilige altaar het hierna verdwyn. In die plek daarvan staan
`n beeld wat sy opdragte vanaf Lucifer oor geheel die aarde uitbasuin.
Oor groot en klein, verskyn daar globaal boosaardige kankergewasse
wat op al die gemerktes verskyn. Ek sien `n kelk met daarin galbitter
wyn.
Ek sien `n groen, gloeiende klip word na die aarde geslinger in `n
reguit lyn. Die waters van die aarde, see, sowel as varswater, begin
giftig te skuim. Alle hoop verdwyn en ek sien hoedat die
onverseëldes begin drink vanuit hierdie galbitter brakwaterfontein.
Openbaring 3952
EENWêRELD BEURS
4 Mei 2026 Maandagoggend 03.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Diamante, goud, silwer en ivoor, die skatte van die aarde is
uitsluitlik nou net daar om die konings, bankiers en die superrykes
te bekoor. Ek sien `n enkel beurs met al die geldnote van alle volke
en nasies daarin saam as een fonds gestoor.
Die grotes, die konings en al die bankiers sing nou saam in een
globale koor. Individuele eienaarskap in die effektebeurs word
oornag in die kiem gesmoor. Die wat wil oorleef moet gedienstig
en gedwee die wette van die nuwe eenwêreldorde aanhoor.
Met die afleweringsmasjien globaal nou ontspoor. Bly daar net `n
goed beplande wêreld hongersnood vir die massas oor. Die mense
wat wil oorleef, die trap nou gehoorsaam in hul spoor. Geseënd is
daarom diè wat betyds lewensmiddele in die geheim tot hul oorlewing
sou stoor.
Openbaringe 3953
IN GEE EN NEEM
8 Mei 2026 Vrydagmiddag 1.50
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek hoor een wat roep: Gee en gee want my naam is neem en neem.
Daar is een wat sonder voorwaardes maklik gee en altyd `n ander wat
sonder gewete net kan neem. En daarmee het die hemel `n groot
probleem. Daarom neem Sy dikwels van beide terug haar goeie seën,
Ek hoor een wat oor alles kla, teem en ween. Wat van vroeg tot laat op
ander se kragte leun. In hul klaaglied is hul oor die kleinste ding altyd
so ekstreem. Dit, terwyl hul eers weer hier en dan weer daar iets van
ander leen. Maar in hul skuld, daar staan hulle altyd hul goeie gewer
teen. En daarmee het die hemel `n groot probleem.
Daarom neem Sy dikwels van die goeie gewer, sowel as die selfsugtige
nemer terug, Haar goeie seën. Staan daarom o, gesalfdes die miswolke
in julle midde teen. Ja, hulle wat skaamteloos saam julle van die Goeie
Godsmaaltyd net wil eet en neem.
Openbaring 3954
MET DIE GOEIE WYN VERSLAAN
12 Mei 2026 Dinsdagoggend 02.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Vanuit die hemel val daar `n traan want die hel het gekraam. Die wyn
was verslaan en die kos het vergaan. Die tyd het gekom en die tyd het
gegaan, Daarom is dit nou te laat vir leer of vermaan. Die
verseëldes kon dit verstaan, maar dit het die goddeloses heeltemal
ontgaan.
Die dwaas het hoopvol bedel, bakhand rond gestaan. Dit, terwyl
die wêreld besig was om, om hulle te vergaan. Maar soos wat dit
die hoer nie betaam om haar oor haar sedeloosheid te skaam.
Netso is die groot wêreldleiers nie meer oor `n goeie naam begaan.
Die goeie wyn het vergaan en muf en miet het vernietigend deur die
wêreldgraan gegaan. Daarom was daar meer geen edelwyn of vars
brood wat op die heilige altaar kon staan. Ja, want alle christen-
gelowe en kerke het onder die eenheidsmerk van die gruweldier
gestaan.
Die pous en die vatikaan is die antichris trojaan wat hul arms oop
gasvry om alle gelowe begin slaan. Daarom kraai drieduisend maal
drieduisend keer die wêreldhaan. Die edelwyn was daarom verslaan
en die wêreldfeestafels was brutaal omgeslaan. Ja, want YaHWesHua
kom om langs Sion, Sy ware bruid te staan.
Kyk, op Sy bruilofsfeestafel verander die laaste suiwer water in die
heel beste edelwyn om langs die nuwe Brood (Woord) vir die
Melgisedek tydperk te staan. En vanuit die hemel val daar hierdie
keer `n vreugdestraan, om in triomf oor geheel God se skepping te
gaan.
Openbaring 3955
LOU EN FLOU
15 Mei 2026 Vrydagoggend 07.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Met een hand sweer ons trou aan God, terwyl ons met die ander hand
steeds desperaat aan die wêreld vashou. Op hoop, geloof en liefde het
ons kwansuis gebou. Maar op hoogmoed, trots en selfliefde het ons vas
vertrou.
Op die breë weg na die hel is op verganklike materie gebou. Maar die
nederige nou Weg na die hemel is alleen, om stewig aan YaHWesHua
se hand vas te hou. Net Sy liefde kan ons deurentyd regop hou.
Die uiteinde van elke beskawing is om deur oorlog die selfmoord graf
te grou. Dit, terwyl homosapiens tevergeefs droom van op- en herbou.
Daarom brand ook hierdie tydvak se lamp reeds pateties flou.
Washington en Moskou is twee stede wat droom om met mekaar te trou.
Sodat alle ander stede van die wêreld in `n optog agter hulle kan aantou.
Daarom het die eindtyddraak een lyf, met vele koppe, met staal tande,
om die nasies mee fyn te kou.
Maar die huweliksfees word `n begrafnisrede van lanfer en rou. Ja,
want die stert van die draak heet London en sy is aan die verskillende
koppe in verraad ontrou. Al die wêreldmag wil sy net aan haarself
toe vertrou.
Daarom val vanuit die draak se regterklou, Suid-Afrika as die
oorwinningstrofee, vir `n kort oomblik vasgehou. Ja, want daar is
geen koning of wêreldorde wat met die heel laaste heiligdom gaan
skou. Daarom kom die einde van die tydvak en dit kom gou.
Openbaring 3956
TEENOOR TRUMP ‘N “TRAMP”
18 Mei 2026 Maandagoggend 00.05
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die duisternis brand `n lamp en tot geestelike oorwinning staan
teenoor Trump `n “Tramp”. Die koning het hoogmoedig op sy troon
gesit. In die bos het die boemelaar nederig gebid. Die “beast” het
gegrynslag met sy ystergebit. Maar die verseëldes was verseël
deur `n ondeurdringbare hemelskild.
Die ou duisternag was swaar en pikswart soos `n diep, donker put.
Maar die opkomende nuwe sonskyndag was lig, helder, suiwer wit.
Vanuit `n wêreldhoogmoed koningstand, daar heers Donald Trump.
Geklee in toiings, nederig gebore vanuit geen adelstand. Daar bid
beskeie maar kragtig God se boemelaar, sy uitgekose “Tramp”.
Vanuit elke windrigting, tot in elke kontinent en land. Daar omsingel
versmorend die hel, die mensdom van alkant. O, kyk net hoe die
stede brand. Daar is geen koopkrag, daar is geen kontant. Die lug,
see en land se vervoersisteme staan heeltemal gestrand. Die
verbruikers staan afhanklik van die digitale merk en vanuit Trump
se hand.
O, die duiwel se vurk is gevaarlik getand. Maar wee, o, wee, vir die
wêreld, God se vlymskerp swaard kap sekuur en dit sny alkant. O,
die Gees van God in die mens is lewend, dit verlig in Wysheid die
siel en verstand. Maar die kennis van die wêreld behoort aan Satan.
Hierdie kennis is nutteloos en donker, dit is onaktief en dormant. So,
weet daarom o, mens, in hierdie duisternis brand daar wel `n helder
lamp. En in Geestelike oorwinning sit daar teenoor `n eenwêreldorde
en die magtige Trump. `n Sakgeklede boemelaar, ja God se eie, so
geliefde “Tramp."
Openbaring 3957
JOHANNES DIE DOPER
20 Mei 2026 Woensdagoggend 01.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die groot droogte van die planter en die stroper. Luister ek na
die lied van Johannes die Doper. Hy sing: O, goud, silwer en koper,
wee, o, wee elke koper en verkoper. Kyk, geheel die ekonomie is
binnekort bankrot, verlore.
Met geen graan in die silo`s, skure of opgaar store. Sterf heel eerste
in die groot hongersnood Afrika-Kus en al sy More. So luister ek in
die stilte van al die wêreld se groot oliebore. Na die woorde van
die Oordeelsopeningslied van Johannes die Doper.
Hy sing uit volle bors: Open o, mense julle dom, dowe ore. En sien
daar kom geen redding vir julle meer na vore. Vanuit die geestelike
realm klink dit hom na in engele kore. O, nuttelose goud, silwer en
koper. Wee, o, wee nou die dag van elke koper en verkoper.
Openbaring 3958
DIE GEES VAN ELIA IS LOS
30 Mei 2026 Saterdagoggend 00.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Sê vir die Jood die gees van Elia is los. Hy sit en wag vir jou by
jou deurpos. Sy Oordeel kom in rassuiwer, twaalf maal twaalf
skale, elkeen afgemeet in `n gros. Vanuit hulle Offer-os drup
daar vet en bloed soos galbitter wyn vanuit `n oorryp, rooi,
druiwetros.
Sê vir die Jood Elia is hier en hy sit by sy poort. Hy kom van bak-
na stuurboord en hy bring vir hom `n galbitter woord. Sê vir hom,
voor die Regterstoel is sy saak reeds verhoor. En die valse
Israeliet, naamlik die Jood, het haar ewigheidsaak verloor.
Ja, sê vir die Jood, vir sy valse Israel bly net die vallende skale van
Oordeel oor. Sê ook vir hom, daar by sy bunkers gebou in soveel
verskuilde vallei en natuurlike moot. Daar klink reeds die rylied van
die dood op `n droefgeestige noot.
Dit is bykans te laat om te vlug voor die hernieude vlaag van vlietende
yster en lood. Kyk, ook hulle koning word vermoor en op die bodem
van die see lê gestrand hul handelsvloot. `n Droogte kom en dit is
versengend warm en die wêreldhongersnood is enorm groot.
Kyk daarom op na die sterrehemel en sien die eens vrugbaar Bul,
nou `n gekastreerde Os. En die Oordeel sprei oor die wêreld haar
vaalgrys, vreesaanjaende, karos. Die stede brand, so ook die veld
en bos.
Sê daarom vir die Jood, die gees van Elia is hier en hy is los. Hy
sit en wag daar vir jou by jou deurpos. En weet o, Jood, dit gaan
jou alles, maar alles kos. Ja, want vanuit jou Offer-os drup daar
vet en bloed, soos galbitter wyn vanuit `n oorryp rooi, druiwetros
Openbaring 3959
VEILIG BY U
5 Junie 2026 Vrydagoggend 02.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Soos wat die wind haar geboorte in die konveksiestrome vind. Soos
wat die daeraad haar aan die eerste strale van die son vasbind. So
wil ek, al is my woorde ook hoe gering. My loflied wil ek sing en my
hulde aan U my Skepper bring.
Half verlore, maar soekend het ek tog my weg na U gevind. My
geesteswonde deur my eie sonde aangebring. Diè het U nie verwytend
maar liefdevol, genesend verbind. Onmondig soos `n kind het ek my
hierna aan U opgedring. Ek was bang dat die dood en hel my in hul
kake sou verslind.
Daarom voel ek my alleen veilig in U beskermingskring. Soos wat
elke stroompie en rivier hul weg na die see toe vind. Soos wat die
lente haar geboorte in die sterwingsoomblike van die winter vind.
Netsoos wat die embrio haar tot oorlewing met haar naelstring aan
die baarmoeder vasbind.
Ja, soos die lewende vonk wat vanuit die dooie flint ontspring.
Sodat die kerslig `n donker vertrek kan verlig tot `n warm sagte
goue tint. So kom my woorde en al is dit ook hoe gering. Maar
daarmee wil ek my hulde bring om my loflied tot eer van U my El,
my God en Skepper, vanuit volle bors te sing.
Openbaring 3960
DROOGTE
11 Junie 2026 Donderdagoggend 02.40
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die tyd het gekom en die tyd het gegaan. Die wyn het verslaan en
die kos het vergaan. Daarom is dit te laat vir leer of vermaan. Die
laaste bietjie rede is in elk geval met mis en klatergoud beslaan.
Met die nuttelose inhoud daarvan tot mot en roes vergaan.
Kyk daarom net na die onpaar op die dansbaan. Daar waar die
wyse en die dwaas nie kan sinkroniseer om in `n wals oor te gaan.
Luister daarom nou na die bitterblaam daar waar die hordes nou
hul self gekose regerings teen begin staan.
Die son gaan verduister sodat daar `n harige sak om die maan
kan gaan. Daarna sal die tyd vir `n kort oomblik stil gaan staan.
Voordat dit in volle spoed na die einde van die tydvak oor sal gaan.
Hierna sal die hel haar laaste volle inhoud oor die wêreld uitkraam.
Die son sal neerskroei sodat `n onmenslike droogte oor groot dele
van die aarde sal gaan. Hongersnood sal soos `n verskeurende
monster voor die verbruikers kom staan. En kyk die klein kindertjies
staan met hulle wange nat betraan. Maar steeds sal die mens haar
nie oor al haar gruwels skaam.
Hulle sal hulle nie bekeer maar inteendeel sal hulle die Hemel in al
Haar Ordes teen staan. Terwyl die goddeloses met hulle selfgeskepte
alternatiewe intelligensies, as afgode, om sal gaan, Daarom het die
tyd gekom om snel vinnig in haarself te vergaan. Ja, want die goeie
sout het verslaan en met die onvrugbare vyeboom is dit weldra
gedaan.
Openbaring 3961
IN DORRE VELDE
12 Junie 2026 Vrydagoggend 04.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Dit gesaai word nou gemaai en op die kaai is daar geen produkte om
vir uitvoer op te laai. Onheilspellend het die wind om en om in `n
tornado gedraai. Die landskap was met rommel, eens dorpe en stede,
wyd besaai.
Daarna het `n ou en gerimpelde hand van `n profeet na die volgende
bladsy om geblaai. En die reëndraende wind het terstond opgehou
met waai. Die son het gebrand en die mens het in hul eie sweet
uitgebraai.
Maar hulle het nie van hulle verkeerde weë omgedraai. Die landbouers
het opgehou met ploeg en saai. Daarom was daar ook geen voer vir
die diere en vee gemaai. Die dorre velde was wyd met die dooie
karkasse van diere besaai.
Die kerke het gebid en probeer om lidmate te kalmeer en te paai,
Maar die haan het drie keer vir die Baälpriesters van `n valse
Christendom gekraai. Die moederhoer, die Vatikaan, het eeue lank
haar kinders skaamteloos verloën en ook verraai.
Daarom draai daar oor die pousdom nou `n pikswart kraai. Terwyl
droë winde al om en om die ewenaar reg rondom die aarde draai.
Ja want elke gruwel eens gesaai, word in Oordeel nou gemaai.
Daarom is daar geen produkte soos groente, vrugte, suiwel, vleis of
graan op die mark of by die kaai. Ja, om dit vir eie gebruik of uitvoer
op te laai. Onheilspellend is dit net `n droë wind wat bly waai, om,
om en om in `n dodelike tornado te bly draai.
Openbaring 3962(a)
‘O GOSH, WE ARE OFF THE GRID”
14 Junie 2026 Sondagoggend 01.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Elia sit by sy spruitjie Krit. Hy roep: Wee, o, wee met wêreldsonde
in skuld op skuld is daar nêrens meer `n bietjie onskuld. Ek sien
`n engel met `n swaard en skild. Die hel reageer hieroor boos en
wild. Hierna loop soldate in `n reguit lyn in militêre gelid.
Ek hoor `n Engelsman wat wild uitroep: "O gosh, we are all of the
Grid." Ek voel hierna die aarde ruk, ek voel dit skud. Ek hoor `n
menigte angsbevanges hardop bid. Dit, terwyl die aarde op
verskeie plekke oop begin te split
Ek sien `n diep, donker put met lawa wat gloeiend daarin prut. Die
as daarvan is verby kookpunt wit. Demone peul daaruit aggressief
en wild. Ek sien die Vatikaan eeue lank net `n Satanssektes kult.
Die pous staan voor `n deur en roep in kode, drie keer Rut. Daar
agter werk `n ystersmid wat die groot gruwelbeeld met goud ver-
guld. Ek hoor die pous roep hom toe om vinnig op te skud.
Sodat al die gelowe saam as een oor die wêreld uit kan sit. Ek
sien `n bose sweer met etter geel en vuilwit. Ek sien `n pes wat
geen genesing duld. Ek hoor regerings roep: Dit is dan dit.
Begin daarom om onder militêre wet die siekes saam die dooies
in massagrafte in te spit. Die soldate eens in militêre gelid, die
hardloop nou ongeorganiseerd wyd en wild. Ek hoor weer die
Engelsman angstig roep: “O gosh, we are all of the grid.”
Openbaring 3962(b)
‘N NASIE HET VERBROU
25 Junie 2026 Donderdagoggend 07.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Ek luister na 'n pikswart raaf se gekrys, geskrou. Op die wysie van 'n
doodsmars kom dit, verbrou-verbrou. Die woorde lui: Suid-Afrika het
haar eie graf gegrou. Nog koud nog warm, in alles o, so uiters lou. So
het sy op daardie fondasie, 'n reënboognasie, 'n nuttelose, basterras
gebou.
Daarom brand die lig van God oor Suid-Afrika versmorend flou.
Deur geheel die wêreld word haar regering as 'n nuttelose bose
bende uitgejou. Maar vanuit 'n kleine suiwer groep word wel onthou.
En terwyl hulle oor hul verlore erfenis bitter rou. Staan hulle voor God
in deemoed, in diep berou.
Ja, oor al hul menig sondes en ontrou. En terwyl die woorde van hul
vadere weer in hul gemoed ontvou. Roep hul luid: Skenk weer aan
ons die krag o, Vader om te handhaaf en te hou. Sodat die erfenis
van ons vadere weer ons kinders kan omvou. So luister ek na 'n
ou-ou lied in bykans vergete woorde van gister se onthou. O, oranje
blanje blou, kom o, Elohim, kom na Sionsvolk in 'n handvol eerbaar
Boere vir die eindtyd uitgehou.
In die hand van die valse beeld van Vryheid (Statue of Liberty) word
'n dooie vlam van hoop desperaat vir die wêreld vasgehou. Met die
gerammel van die groot oorlog wat vanuit Moskou begin ontvou.
Hoor ek die pikswart raaf se gekrys, geskrou. En op die wysie van
'n dodemars kom die woorde weer, verbrou-verbrou.
Openbaring 3963
TE LAAT VIR LIBERAAL OM TERUG TE DRAAI
2 Julie 2026 Dinsdagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Aai-aai die witborskraai, van regs na links is omgeswaai. En vir 'n
rugbybal is 'n land en 'n volkserfenis skaamteloos verraai. Maar dit
gesaai word nou gemaai. En vanuit die assies van die dronkmans-
braai. Loop daar bloed, rooi, dik, donker taai.
Desperaat word die gewere nou gelaai. Sonder hoop op oorwinning
in herlaai. Want dit is te laat vir liberaal om, om te swaai. Aai-aai
die witborskraai, luister na die lied van verloën, verraai. Dit is die
haan wat daar in Oordeel drie keer kraai. Voordat die
Skoppensboer sy groot oes vir die doderyk kom maai.
In Suid-Afrika se hawens en in haar kaai, word wapens van groot
verwoesting binnekort afgelaai. Oor die beheer van Afrika kontinent
krap die groot moondhede nou in mekaar se slaai. So aai-aai die
witborskraai, na dertig jaar word daar na gister teruggeblaai.
Ja, na daar waar 'n eens uitverkore volk haar Goddelike erfenis
vir 'n rugbybal sou verraai. Van regs na links het hulle
skaamteloos omgeswaai. In hulle politieke winde van verandering
is hulle Goddelike identiteit vir ewig weggewaai.
In die Ubuntu-gees het hul skaamteloos geil gebaai. Die
Aparte, Heilige Gees het hul bedroef, hulle het Haar versmaai. So,
aai-aai die witborskraai, daar is geen weg vir liberaal om weer na
terug te draai.
Openbaring 3964
RU-OLIE IS DIE AARDE SE LEWENSBLOED
7 Julie 2026 Dinsdagoggend 04.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Diep in haar are het die aarde haar lewensbloed as ru-olie gestoor.
Maar sy is vinnig besig om haar lewenskrag te verloor. Deurdat die
mens soos 'n dorstige parasiet daarna boor.
Wee daarom die weg van die handelswatervoor. Daar waar die
moondhede die stryd teen mekaar gaan verloor. Laat die wat
daarom ore het nou hoor. Na die oordeelslied van vier
aartsengele saamgesing in een koor.
In die woorde van die metafoor verskeur die karnivoor nou die
herbivoor. Terwyl die omnivoor sonder weerstand haar eie stryd
verloor. Die groot skale val nou in dubbeldoor.
Die vuurspuwende berge gaan die aardbewings in kataklismes
voor. Die tsunami's soek met die infrastrukture in vernieling
skoor. Die uitmergelende hittegolwe laat geen oes vir die
mensdom oor.
Ja, want die aarde bloei deur wonde tot diep in haar ru-olie are
ingeboor. So is die uiters dom mens besig om haar habitat en
haar kosbare planeet stadig maar seker te vermoor.
Openbaring 3965
‘N DODELIKE SNEEU
10 Julie 2026 Vrydagoggend 02.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Vanuit `n dodelike diep donker kuil. Daar waar ysige winde loeiend
skreeuend huil. Kom die desperate roep van die verkluimde spreeu.
Ja, in die laat winter van 'n dodelike sneeu.
Ek luister na die yskoue wind wat huil. Na kinders in plakkers-
kampe wat nie teen die koue kan skuil. En in die sterwensroep
van die seemeeu. Sien ek ook die dood van die binnelandse
leeu.
In die stalle waar bibberend die volbloed perde skuil. Sterf in
die yskoue wind daar buite die eens so taai donkie en die muil.
In die desperate roep van die spreeu. Luister ek na die angs-
krete van hierdie vreeslike eeu.
Ek hoor vuil, honger kinders wat bedelend pruil en ek sien hulle
ouers wat desperaat tot hul oorlewing iets probeer ruil. En
vanuit die dodelike, diep, donker kuil kom daar `n desperate
gehuil.
Openbaring 3966
DIE DOOD KIES SY EIE FEESMAAL
11 Julie 2026 Saterdagoggend 06.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Oor berg en oor dal kom oorverdowend die knal. Van 'n wêreld-
oorlog tot homosapiens se onvoorsiene val. Luister daarom na
die trompetgeskal. Sien die waansin in massas nou heeltemal
mal.
Met menigtes wat in die dood gaan ontval. Kom daar so bitter
soos gal, vanuit die groot onmeetlike heelal. Nou die kleine
aarde se groot verval. Vanuit die Vaalperd se stal, kom 'n
ruiter wat smaal.
Hy roep: In hongersnood en pes vat ek dit wat ek kan en weet
ek sal. Met miljoene der miljoene wat gaan ontval. Wee daarom
die dag van kosher en halaal. Want vir sy fees kies die dood sy
eie maal.
Oor berg en oor dal val daar soos 'n bliksemstraal 'n skaal. Dit
beteken die einde van alle wêreld prag en praal. Luister daarom
na die gees van waansin in `n wêreld totaal waansinnig heeltemal
mal.
Openbaring 3967
SLUIT JERUSALEM NOU JOU GRUWELPOORTE
12 Julie 2026 Sondagoggend 01.10
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Van benede na bowe, kom daar 'n klaaglied in droewige note. Vanuit
die Suide tot bo in die Noorde kom dawerend die akkoorde. Dit kom
hard en luid in Oordeelswoorde. Sluit daarom o, Jerusalem jou
gruwelpoorte. In jou midde daar skuil Edom in al sy bastersoorte.
In jou tempel vergader Lucifer se hel sinode. In jou valse gelofte en
skynheilige ode, staan jou gruwel gerubs, uitgestal op onrein bokpote.
Jou valse ark in gruwels vasgegote. Verdwyn oornag tot as in geheel
sy grootte.
Luister daarom o, al julle valse Jode. Julle priester word onrein deur
die bloed van soveel dode. Die valse leer in al julle Rabbi's se
opleidingskole. Verdwyn in Hades se diepste brandende hole.
Vanuit die Suide tot bo in die Noorde. Ja, vanuit beide se ysige pole.
Lui dawerend, YaHWeH se Oordeelsakkoorde. Dit kla Jerusalem
aan oor soveel profete en martelare se moorde. Luister daarom o,
Jakob nou na die heilige note in hemel aparte woorde.
Bring daarom vir die ware kinders van die rasegte Israel nou die
heilige wyn en die apartgestelde brode. En weet die nuwe Heilige
Altaar word gebou op die bloed van die Boervolk in 'n nuwe Ewige
Gelofte, in 'n enige alles omvattende kode.
Openbaring 3968
DIE VERLORE SEUN
14 Julie 2026 Dinsdagoggend 05.20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In 'n Koel Aandwind hoor ek die suiwer lied van 'n Goddelike kind.
Hy sing: O, my God, my Vader, met heilige bande van onbreekbare
liefde is ek vir ewig aan U hart vasgebind.
Eens was ek verlore, doof, stom en blind. Moelik het ek my pad na
U, na my Vaderhuis teruggevind. Moeg van wêreldvoeding, het `n
honger na U Gees, my soekend, terug na U beskerming, gedwing.
Verlangend wou ek my toevou in die arms van U, my Vader se
Alwysheidskring. In die Koel Aandwind hoor ek weer die lied van 'n
eens verlore wêreldling. Met sy hande al biddend, in sy hallelujah
pryslied tot God gebring.
Hy sing: Eens ag ek my Goddelike erfnis so uiters gering. In
dobbelhuise en bordele het ek bykans my siel omgebring. Oral
daar wou ek goedkeuring vind. Maar het net gevind dat my vlees
in verwerping sou ontbind.
In die diepte van my siel het ek gesmag na Waarheid, maar het in
die glans van die wêreld net die leuen gevind. Hoogmoed en mag
was vir my in geld vasgebind.
Daarom het ek deemoedig my weg na U betyds teruggevind.
As U seun is ek terug verwelkom en aan my vinger pryk weer
'n Goddelike ring. Daarom wil ek my loflied aan U, in die Koel
Aandwind van U liefde, dankbaar na U toe bring.
Openbaring 3969
REGERINGS MET GEVALLE PILARE
15 Julie 2026 Woensdagoggend 03.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, hoe later al hoe kwater. Kyk die groot oorlogslaer trek al hoe
nader. Vanuit die kamma doener en dader kom net die een na
die ander grote flater. Vanuit die soet en bitter van mirre of mara.
Is lande nou mekaar se bondgenootmate of andersins hul vyands-
hater.
So tokkel die wêreld politiek se marsmusiek eentonig voort op ou
geroeste snare. Oos en Wes staan nou saam in onderskeie pare.
Babilon staan met haar hand in die hare. Niemand ag haar meer
na haar waarde. Weinig begeer nog haar koopware.
Die Weste kook in al hoe hoër celsius grade. Ja, met weinig oeste
In haar droë aarde. In haar boorde verskrompel en verdor die
vrugtebome se blare. Met nêrens eens 'n bietjie groen klawer ver-
honger die vee in die voerkrale.
Die groot hongersnood kom vir `n nare nou vinnig nader. Maar
niemand luister na die verbruikers se diep besware. Diè protesteer
in enorme skares. Maar regerings eens beskou as sterk pilare.
Die staan sonder rede in hulle kamma wysheidsrade.
O, hoe later net alhoe kwater. Kyk net hoe bitter raak die laaste
drinkwater. Die Owerhede roep: Wat maak ons nou met al die
derduisende kadawers? Massas sterf met giftige bloed in hul
ontsteekte are. Maar steeds trek al hoe nader, die wêreld se
vele oorlogslaere.
Openbaring 3970
EL NINO–EL NINA
20 Julie 2026 Maandagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
El Nino-El Nina kom die woorde in die lied van Elia. Die katolieke
bid: O, wees ons tog net genadig moeder Maria. Maar van hul
bose weë kan hulle hul nie bekeer. Daarom sal die son hulle
brandend verteer. En terwyl hulle klaend murmureer. Aanbid
hulle maar steeds hul afgod Baäl as heer.
In die woorde El Nino-El Nina kom die groot droogte in die lied van
Elia. Dit beweeg van Suid-Korea tot reg rondom die aarde terug tot
by Noord-Korea. Homosapiens laster ten hemele in hulpelose
verweer. Terwyl die manne mekaar steeds goddelooslik sodomiseer.
El Nino-El Nina kom die dor woorde in die lied van Elia. Die son
skyn moordend neer en met valse bravade sing die katolieke: O,
Mamma Mia onse moeder Maria. Regerings begin mekaar oor en
weer te kritiseer. Die Ooste en die Weste staan tot die tande toe
bewapen en beleër.
Ja, sodat die Gog en Magog mekaar tot beide se ewige ondergang
kan verteer. En terwyl die aarde skeef al om en om haar eie as
roteer. Begin die son soos `n dodelike vuur in wilde uitstralende
hitte en vlamme, om die Weste en die Ooste, daarna die Noorde
en Suide te verteer.
Openbaring 3971
DIE WYSHEIDSLIED VAN SHIRA
22 Julie 2026 Woensdagoggend 01.30
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, wee die weg van die vleeslike hartstog. Die verterende vuur daarvan
word nie geblus, terwyl die vlees daarvan verrot. Weet daarom wanneer
die boom van die verbode vrug bot. Is die vrug daarvan net die spotter
wat met homself spot .
Luister daarom na die wysheidswoorde van Shira. Dit lui: Twee soorte
mense vermeerder in oortreding en drie hoop tot hul eie ondergang op
die Toorn van God. Wat in furie gaan neerkom op die hartstogtelike
begeerte wat brand soos vuur wat nie geblus kan word, totdat ditself
verteer het nie. So handel ook die homoseksueel met sy vleeslike
liggaam totdat sy eie vuur hom verteer.
So is ook die man wat verbaster en vir wie alle brood so soet soos
koek is. Kyk, hy hou nie op totdat hy in sy eie skande sterwe nie. Hy
is ‘n man wat van sy eie bed wegdwaal, terwyl hy redeneer, niemand
hoor of sien my nie. Kyk, die mure van my eie huis verberg my
skande. Terwyl hy vra: Wie sal my terughou van my gruwels?
So ‘n man dink nie aan die groot en deurlugtige dag van sy hoogste El
nie. Die oë van die mens is sy enigste vrees en hy wis nie dat die oë
van die Skepper YaHWeH tienduisend maal ligter as die son is nie. Sy
alwetende oë sien al die weë van die mens en sien al sy geheime
plekke. Weet daarom, voordat alle heelalle geskape was, was dit
alles reeds aan Hom bekend. Daarom sien Hy ook alles wat tot aan
die einde reeds voltooi is.
So is ook die rasegte vrou wat haar man verlaat en ‘n erfgenaam by ‘n
verbasterde voortbring. Want eerstens verwerp sy die wet van die Aller-
hoogste El. Ten tweede oortree sy teen haar man asook teen haar eie
suiwer ras. Ten derde vermeng sy haarself met ‘n verbasteraar en bring
sy onsuiwer saadlyn voort. Daarom sal sy deur haar suiwer soort
verwerp word. Oor haar kinders sal tot in die tiende geslag besoeking
kom.
Haar seuns sal ewig nooit wortel skiet nie. En haar takke sal geen
vrugte van seën voortbring nie. Ja, sy sal net ‘n vervloekte
nagedagtenis voortbring en haar skande sal tot aan die einde van
die dae nooit uitgewis word nie. Almal wat uiteindelik deur Goddelike
verseëling gaan oorbly sal weet. Dat daar niks beter is as om die
wette en ordes van YaHWeh te eerbiedig en vrees nie. En dat daar
niks soeter is as om Sy gebooie tot ewige saligheid te bewaar nie.
Openbaring 3972
‘N VAKSIEN VOED ‘N KIEM
30 Julie 2026 Woensdagoggend 4.20
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
O, verdriet op verdriet met die tye so morbied. Kom daar vir die
Wêreldgesondheidsorganisasie net kritiek op kritiek. Want wee,
o, wee, ‘n menigte raak oornag dodelik, ongeneeslik siek.
Met geen geneesmiddels vanuit die Weste om aan te bied. Smeek
Afrika desperaat om selfs net ‘n paar dosisse morfien. Maar kry as
antwoord, dalk help in die tussentyd `n bietjie nikotien. Kyk, ons
werk naarstigtelik aan ‘n moontlike vaksien. Wie weet dalk help dit
binnekort, net miskien.
Maar wee, o, wee, kyk hierdie goedgekeurde vaksien, begin toe om
die dodelike kiem as voeding te dien. Die Wêreldgesonheids-
organisasie raak hierna kamma oornag so rigied. Met alle blaam
wat nou uitsluitlik net op die vervaardigers geskied.
O, verdriet op verdriet, met die tye nou so uiters morbied. Ongekende
getalle raak oornag dodelik, sterwend siek. So raak dit alleen die
magtige nuwe gemuteerde kiem, wie se dodelike wil wêreldwyd gaan
geskied.
Openbaring 3973
MET LAWA WAT PRUT
4 Augustus 2026 Dinsdagoggend 05.15
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Die vier perde van Openbaring hardloop wyd en wild. Terwyl die
aarde van Noord na Suid begin te tilt. Vanuit en vanaf, ‘n baie
hoë bult, begin lawa borrelend te kook en prut. Dit kom
gloeiend vanuit ‘n baie diep, donker put.
Die aarde begin sonder ophou ruk en skud. ‘n Reuse golf kom
aangerol oor strande eens soos skitterend wit. Ek hoor iemand
wat hardop huil en bid. Wyd oor die vlakte lê hierna tonne dooie
vis. Ek sien ‘n menigte hardloop reguit in ‘n eienaardige gelid.
Globaal sien ek groot vure gloeiend stomend sis. Maar daar is
niemand oor om die vlamme te blus. Ook die son die brand en
die kontinente raak heeltemal oorverhit. In hierdie groot chaos
heers oraloor nog net die ongeduld. Oos en Wes, wêreldwyd
raak regeringshoofde onder hul burgers nou uiters ongewild.
In bloedige burgeroorlog staan liberaal en konserwatief teenoor
mekaar in ‘n onversoenbare versus. In Suid-Afrika begin die
bierpot tot barstens toe te gis. Ja in ‘n stik donkernag waar
niemand in die nagwaak durf slaap of rus. En voordat iemand
weet of wis, is daar in die silo’s meer geen graan in surplus.
Die ANC skiet in verwyt en blaam nou links en regs, wyd en wild.
Dit, terwyl hulle die heeltyd hul teiken mis. Want kyk die Jood sit
toe mos die heel tyd agter die groot Afrika onrus.
Die vier perde van Openbaring hardloop wyd en wild. Want die
christen susterskerke het mos doof en blind godslasterlik die
heeltyd die afgod Baäl aanbid. Daarom begin die planeet van
Noord na Suid heeltemal skeef te tilt.
Openbaring 3974
DIE EWIG SWERWENDE ISRAELIET
8 Augustus 2026 Saterdagoggend 02.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In helder kleure waar note al skitterend verskiet. Kom daar
wonderskone suiwer musiek. Dit kom in die suiwer lied
gefluit deur die pragtige lorikiet. Dit vertel die wanderslied
van die ewig swerwende Israeliet.
Ja in ‘n eeueoue retoriek, daar waar hulle hul ook al bevind,
seën God nog altyd daardie gebied. Maar suiend soos ‘n
parasiet, teer Raka daarop as die niksnut Kusiet . Ook al
snuffelend volgend op hulle spoor, kom die ewig honger
hïena Edomiet. Ja, om toe te sak op die seën en erfdeel
van Jakob, die suiwer godgekose Israeliet.
Om diè daarna van hulle geseënde werke en grondgebied te
verbied. Luister daarom o, apartgestelde Sion’s Boervolk na
die suiwer fluitmusiek van die pragtige hemel lorikiet. ‘n
Lied wat waarsku om nie te luister na die misleidende lied van
die Joodse rabbi leviet.
En wat altyd voortspruit vanuit die groot leuen van die wêreld
politiek. Kyk, die tyd snel nou daarom vinnig vliet. Sodat die
Groot Oordeel oor die wêreld kan geskied. Daarom kom die
groot pes op die vlerke van muskiet, voëls en vlermuis
aangevlieg.
Ja, om haar Oordeel so oor die wêreld uit te giet. Hierna is
dit te laat o, wêreldling om oor jou sondes te bieg. Die pad
na jou ewige saligheid het jy self o, liberalis gekortwiek.
Maar jy o, Sion luister na die waarskuwingslied van die
helderkleurige pragtige hemel lorikiet.
Openbaring 3975
VANUIT DIE KELK VAN DIE LIEFDE
10 Augustus 2026 Maandagoggend 05.00
www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
Spoedig gaan die groot verdrukkingstyd ook verby en ‘n feesmaal van
Goddelike Genade word vir Sion voorberei. Vanuit die kelk van Liefde
gaan sy in oormaat kry. By die hand van haar Bruidegom word sy vir
die Melgisedek vredestydvak ingelei.
Vir ongekende eons was sy reeds vir hierdie doel voorberei. Ja, voor
die begin van alle tyd, is sy in die hand van die groot Beeldhouer,
tot edel sagte klei gebrei. Sy eie lewend asemgees, is deur haar wese,
tot sy ewig huweliksmaat berei.
Eens had sy as ‘n kleine meisie, haar skugter by Sy voete neergevly.
As ‘n jonge dogter het sy dikwels ook met Hom baklei. Maar deur
Satan was sy ewig nooit van Hom weggelei. Al het diè ook hoe
hard probeer om haar te verlei.
Deur haar ewigheidsontwikkeling roep sy dikwels, o, my God bly by
my. Daarom was Sy vlerke van beskerming ewig altyd oor haar oop-
gesprei. Ja, spoedig gaan die groot verdrukkingstyd wel verby.
En weldra is dit ook vir ewig verby. Met die eens gruwel
eenwêreldorde beeld, staande, op voete van modder, yster en klei.
Lank genoeg het Sion en Jerusalem desperaat teen hierdie groot
onreg baklei.
Lank genoeg was die martelare gemartel en gekasty. Daarom
word die groot hemelfeesmaal nou vir hulle voorberei. En vanuit
die volmaakte kelk gevul met Goddelike Liefde en Barmhartigheid,
gaan hulle in oormaat kry.